Waak en Bid / Watch and Pray

omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie / for ye know not when the time is (Mark 13:33)

Maak die Christendom Nog ‘n Impak in die Wêreld?

Posted by Thomas on May 21, 2008

INLEIDING

Brian McLaren 2 Die post-moderne oorgang is goed op dreef, maar dit is nog steeds ‘n proses. Die vroeë dekonstruktiewe fase van die post moderne oorgang is besig om na ‘n meer konstruktiewe en kreatiewe ontwikklelingsfase te vorder, wat (vir my) in die breë kultuur geïllustreer word deur denkers soos Wendell Berry en Ken Wilber, plus ‘n antal van ons wat spesifiek vir die Christengemeenskap skrywe. (Daar is natuurlik sommige mense wat nog steeds veg teen hierdie vroegste fases, sonder om te besef dat die ‘gevegslinies’ verander. Maar, ek behoort nie gevegsbeelde te gebruik nie, want ek sien dit nie so in nie). Ten spyte van al die werk wat ons reeds gedoen het en al die vordering wat ons gemaak het, het ons nog ‘n ver pad om te gaan – Brian McLaren (Uit die Engels vertaal ) (Klem bygevoeg).

. . . daar sal ‘n Universele kerk verskyn, en die definitiewe hooftrekke daarvan sal teen die einde van hierdie eeu verskyn . . . Hierdie kerk sal Alice Bailey tot aksie aangespoor word deur die Christus en sy dissipels wanneer die uitstorting van die Christus-beginsel, die WARE tweede Koms volbring is . . . die Christenkerk in sy veelvuldige vertakkinge kan as die nukleus dien om wêreld–verligting te bereik . . . die kerk as ‘n leerfaktor behoort die groot basiese leerstellings te neem en (d.m.v. die vernietiging van die ou vorme waarin hulle uitgedruk en gehou word) hulle ware en innerlike spirituele betekenis openbaar. Die belangrikste werk van die kerk is om te onderrig, en onophoudelik te onderrig, en om die uiterlike gedaante te bewaar met die doel om die menigtes wat gewoond is aan kerkgebruike, te bereik. Leiers moet opgelei word; Bybelkennis moet versprei word; die sakramente moet misties vertolk word, en die kerk se krag om te genees moet gedemonstreer word. – Alice Bailey [1] (Uit die Engels vertaal) (Klem bygevoeg).

Flip Loots het in sy weeklikse program “Oop Gesprek” twee agtereenvolgende Sondae (4 en 11 Mei) die vraag “MAAK DIE CHRISTENDOM Dries Lombaard NOG ‘N IMPAK IN DIE WÊRELD?” onder die loep geneem. Sy twee gaste was Dr. Piet Muller, skrywer en Piet Mullertoekomskundige en Dries Lombaard gemeentekonsultant, betrokke by die e-kerk en “African Mosaic.” Albei die gaste het soms mooi dinge kwytgeraak wat die oningeligte luisteraar sou kon aanspoor om  hulle op die skouer te klop en te sê “Wel gedaan goeie en getroue dienskneg.” Ek het egter al geleer om die postmoderne toekomskundiges en ander postmoderne geleerdes se woorde met ‘n knippie sout te neem want dit wat hulle sê, klop nie altyd met dit wat hulle werklik bedoel nie. Nouja, ek moet erken dat dit uiters moeilik is om vas te stel wat die eintlike bedoelinge agter mense se woorde is omdat “bedoelinge” as sondanig woorde van die hart is terwyl die gesproke woorde soms en selfs ook dikwels net woorde van die mond is. Daar is egter, soos ek mettertyd agtergekom het, ‘n redelike waterdigte manier om vas te stel of iemand se woorde en sy bedoelinge harmoniseer — en dit is deur vergelyking en assosiasie. Een van die mees enigmatiese fenomene van ons postmoderne tyd is dat geestelike leiers met oortuiging bely dat hulle Christene is. Hulle sal vir jou sê hulle glo in Jesus Christus se kruisdood, sy opstanding en sy hemelvaart en dat hulle Hom volg en navolg en tog skroom hulle nie om hedendaagse leraars, denkers en filosowe wat hierdie dogmatiese leerstellings verloën, te ondersteun, na te volg en selfs te nooi om as sprekers in hulle kerke op te tree.

Gaan na Deel 1

——————————————————————————————————–
2. Alice Bailey, The Externalization of the Hierarchy, 1957, Lucis Publishing.) Lucis Trust het aanvanklik bekend gestaan as Lucifer (Satan) Trust. Lees gerus
http://en.wikipedia.org/wiki/Lucis_Trust.

9 Responses to “Maak die Christendom Nog ‘n Impak in die Wêreld?”

  1. Amanda Oosthuizen said

    Sondag 25 Mei se Oop Gesprek handel oor: Wees lief vir jou naaste of haat die vreemdeling – wat wil God? Xenofobie, oftewel vreemdelingehaat, het die afgelope tyd ‘n wrede bloedspoor in die land gelaat. In sommige gevalle is selfs kinders, bejaardes en eiendom nie ontsien nie in die wraakveldtog om vreemdelinge te verdryf of dood te maak. Die vraag is egter: is dit hoe Christene optree? Watter geleentheid vir Dr. Flip Loots om een van twee dinge met die program te doen. Gebruik dit om die profesieë in die Bybel te bespreek. Wanneer ‘n Christen die hele vers 7 van Mat 24 in een koerant lees, dan moet hy mos die Here kan verheerlik oor die betroubare Woord wat Hy vir ons gegee het.

    Mat 24:7,8 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.

    Miskien kan hy ‘n gas kry wat aan die luisteraars kan verduidelik of daar ‘n verband is tussen gister se koerant, Mat 24 en Open 6. Tweedens kan hy die luisteraars daarop wys dat wanneer die moorde ons walg, dan verstaan ons hoe die Here ons sien as kinders van Adam en Eva:

    Mat 5:21-22 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.

    Watter geleentheid om dan weer die blye Evangelie van Jesus Christus te verkondig:

    Rom 5:6-11 Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe. Want nouliks sal iemand vir ‘n regverdige sterwe vir ‘n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn. Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is. En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het.

    Hierdie twee benaderings sal die Here verheerlik en verloste sondaars se geloof versterk. Sou hy eerder die anti-christelike koninkryksteologie wil bevorder, spekuleer ek dat die Delphi tegniek só kan werk:
    Tesis: Christene kan ook maar lekker geweldadig wees. Kies uit die volgende: Die Kruistogte, Die Inkwesisie, twee Wêreld Oorloë, kolonialisasie, apartheid, Amerika in Irak. Vir balans noem 911 en Israel se aggressie in Libanon, Gasa en die ‘Wes-oewer’ en die geweldadige ‘God van die Ou Testament se banvloek’. Bewys xenofobie in Christene aan die hand van een van die volgende: Probleme in die vroeë Kerk, die Reformasie, denominasies, sektes, verdeelheid en verdagmaking in die kerk, agterdog teenoor ander gelowe (ons is mos maar almal kinders van een God) en die gesloer met kerkhereniging.
    Antitese: God se Koninkryk lyk nie so nie. God is immers liefde. Hou die Christelike leefwyse voor, versteek die Christus (Jesus).
    Sintese: Christene moet ophou met hulle onverdraagsame, liefdelose veroordeling van ander en moet nou rekonsilieer met die wêreld. Daarom moet die Bybel nuut gelees word in die konteks van die post-moderne mens. Spoor Christene aan om, as volgelinge van Jesus, die evangelie van liefde uit te dra deur goeie werke te doen aan die gemarginaliseerdes. Bevestig dat Christene moet besig wees ‘where God is already at work‘. In kort, wat die kerk nou nodig het is Rick Warren se PEACE-PLAN en sy 40 Days of Luv.

  2. Amanda Oosthuizen said

    Die vraag: ‘is dit hoe Christene optree?’ was toe nooit gevra nie. Ek was heeltemal verkeerd. Spr 10:19.

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>