Is dit die EI se erns om daadwerklik dwaalleringe in die NG Kerk aan die kaak te stel of is hulle ook maar besig om in die tydsgees van relatiwisme die goue middeweg te volg en met gevoude hande te sê: “ons kom ooreen om nie ooreen te kom nie” (“we agree to disagree”)? Hulle brief aan alle predikante adem deurentyd hierdie onbybelse kompromiterende houding. Die brief lê geweldig baie klem op die onderlinge, horisontale verhoudings tussen die EI, die Kuratorium en die dosente van die Teologiese Fakulteit aan UP terwyl hulle nie ‘n enkele keer na die belangrikheid van die verhouding met God verwys nie. Mooi woordjies oor goeie verhoudings kom deurentyd in hulle brief voor: Die Kuratorium meen die uitbou van verhoudings met die dosente en studente, maar ook met die kerklike publiek is belangrik . . . Ons moet werk aan verhoudings, want probleme kan makliker opgelos word as daar goeie verhoudings en vertroue is. Meer gereelde kontak en oop deure vir gespreksgeleenthede en meer toeganklike strukture is nodig. Hoe op dees aarde verwag die EI en Kruratorium om goeie verhoudinge te kweek as flagrante dwaallweringe die verhouding met God vertroebel? Hoe verwag die EI en Kuratorium om “‘n beter toegeruste student aan die einde van die studiejare te lewer wat aan die brand is vir die Evangelie en wat ‘n verskil in hierdie sondige wêreld gaan maak” as dwaalleringe aan ons studente opgedis word? Ek het ‘n klompie jare gelede in ‘n debat oor die internet met ‘n persoon wat met die oog op die kweek van beter verhoudings die uitdrukking “agree to disagree” onderskryf het, die volgende geskryf: The maxim “agree to disagree” is just another way of saying “doctrine divides but love unites.” Have we become so stupefied by the worldwide ecumenical thrust to unite all religions and bring about a global peace that we have forgotten how to discern the truth from the lie, even to the extent that we are prepared to “agree to disagree?” It is nothing less than one of the devil’s infamous strategies to keep the Gospel of salvation hidden from lost souls. One of the reasons why we have accepted the maxim “agree to disagree” is that we have lost our zeal to suffer reproach for the sake of Jesus Christ. Have we become so sensitized to the whims of the world that we would rather follow the middle road of compromise than to face like a man the hissing and scoffing of a world that has become crazy? If Christians do not know or doubt that they hold the truth and do not believe that they are obligated to preach and teach the truth, then there is something drastically wrong in their Christian make-up. Paul cried out “Woe to me if I do not preach the gospel!” For him to have said something so profound, he must have known and must have been very confident that he held the truth and that he was compelled to preach it. God Himself said: “Howbeit when he, the Spirit of truth, is come, he will guide you into all truth: for he shall not speak of himself; but whatsoever he shall hear, that shall he speak: and he will shew you things to come.” Was He lying when He said this? We dare not barter the Truth of God for a silly maxim such as “agree to disagree.” It is New Age jargon brought into the church though the backdoor by false prophets and teachers. If you submit that neither the one nor the other is walking in the truth or in love, who are they who do walk in the truth and in love? How do you discern those who are indeed walking in the truth and in love? The apostle John was delighted to hear that some of the spiritual children of the lady (Cyria) were walking in the truth but he also discerned those imposters, seducers, deceivers and false leaders who did not walk in the truth and in love. (2 John verses 4-7). John wasn’t prepared to agree to disagree with them for the sake of a false love. He identifiied them and warned against them just as Paul did so very often. Have you ever thought how many people might finally land up in hell because many Christians agreed to disagree? Is the presentation of the Gospel a rollercoaster ride to reach an amicable agreement? Paul said: “For do I now persuade men, or God? or do I seek to please men? for if I yet pleased men, I should not be the servant of Christ. But I certify you, brethren, that the gospel which was preached of me is not after man. For I neither received it of man, neither was I taught it, but by the revelation of Jesus Christ” (Gal 1: 10-12) Servitude to Christ and His truth involves reproach, rejection, persecution, criticism, to be ignored by others, false accusations etc. Konflik, onderonsies en selfs witwarm verskille tussen Christene was dwarsdeur die geskiedenis ‘n onafskeidbare deel van die Christendom. Paulus skryf: 1 Co 11:19 Daar moet trouens partyskappe (“haireses”) onder julle wees sodat dit bekend kan word wie van julle die toets kan deurstaan. Paulus! Wag so ‘n bietjie! Wil jy vir ons sê daar moet noodwendig dwaalleringe in ons midde kom? Ons wil dan juis die vervlakste kettrery onder ons uitban. Jammer broer Paulus, jy is tog reg want dit wat jy hier sê klop honderd persent met wat een van die Ou Testamentiese profete gesê het: Deut 13: 1-3 As ‘n profeet of een wat as dromer optree, by jou opstaan en jou ‘n teken of wonder aankondig, en die teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde: Laat ons agter ander gode aan loop—wat jy nie geken het nie—en hulle dien, dan moet jy nie luister na die woorde van dié profeet of na dié man wat as dromer optree nie; want die HERE julle God beproef julle om te weet of julle werklik die HERE julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel. Die woordjies “toets” en “beproef” sit nie altyd so lekker in ‘n Christen se woordeskat nie. Ons wil dit eerder vermy omdat dit dikwels uitloop op omstandighede wat ons liefs nie sou wou hê nie. Kyk maar ‘n slag weer na wat God in Deut 8:2-3 sê: En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing (toetsing), om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie. En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan. Ek sal nooit vergeet nie hoedat ‘n tannie by wie ons gereeld Bybelstudie gedoen het (sy is nou 94 jaar oud) altyd vir ons daaraan herinner het dat God voortdurend ons geloof toets en dan met nadruk gesê het: “Geloof wat nie getoets word nie is nie geloof nie.” In Maleagi sê die Here: Mal 3:3 En Hy sal sit: ‘n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die HERE in geregtigheid ‘n offer sal bring. In die ou dae het smelters gebuk oor die smelterspot gesit en dit voortdurend bly roer sodat die onsuiwerhede na die oppervlak kon kom en hy dit met ‘n spesiale lepel of skepding kon afskep en weggooi. Hy het dit gedoen totdat hy sy gesig in die spieëlgladde oppervlak van die gesuiwerde goud kon sien. Dit is wat God met elkeen van sy kinders wil doen — 1Pet 1:7 sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus; Die enigste rede waarom die EI en enige ander Christene bereid moet wees om in gesprek te tree met die Kuratorum en sommige van die dosente aan die Teologiese Fakulteit is om vir hulle te waarsku: “Bekeer julle van julle verkeerde weë terwyl daar nog tyd is. Moenie die Heilige Gees weerstaan nie.”
Archive for June 15th, 2008
DIE EI EN HULLE BRIEF AAN ALLE PREDIKANTE (DEEL 2)
Posted by Thomas on June 15, 2008
Posted in Uncategorized | 1 Comment »