Waak en Bid / Watch and Pray

omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie / for ye know not when the time is (Mark 13:33)

Archive for June 21st, 2008

ERVARINGSTEOLOGIE – IS DIT BYBELS VERANTWOORDBAAR?

Posted by Thomas on June 21, 2008

‘N KRITIESE BESKOUING VAN DANIE VELDSMAN SE “JOHAN-HEYNS GEDENKLESING” “OOR VERWONDERING EN VERVREEMDING VAN TEOLOGIESE NADENKE: ‘N ERVARINGSPERSPEKTIEF” WAT HY OP 27 MEI 2008 AAN UP GELEWER HET – DEEL 4

IS DAAR ‘N ONDERLIGGENDE UNIVORMIGE OF EENVORMIGE ERVARING WAT ALLE ERVARINGS NA ‘N ENKELE BRON KAN TERUGHERLEI?

Hierdie vraag kan ook soos volg bewoord word: “Wat is die oorsprong en die finale einddoel van meditasie?” Anders gestel “Wat is die oorsprong en einddoel van die ervaringsteologie wat in die ‘Emerging’ kontemplatiewe spiritualiteit gewortel is?” Ek het die volgende beskrywing van die einddoel van meditasie op robertrigpa, ‘n Boeddhis, se YouTube video webblad gevind.

The whole point of spiritual [enlightenment] is to free the mind of its grasping to the pure knowing. The is the core of meditation at the highest level. Meditation at the beginning may be method orientated . . . but the point of it all is to free the mind of its grasping . . . by slowly allowing the clouds to dissolve and revealing the nature of our pure mind. And it is when you come to discover this and experience this [that] you experience the pure mind. You experience clear awareness and where is that? . . . with you, always, always, unchanging. Emotions and thoughts may be happy, sad but the fundamental mind of that is always constant. It is actually coming to know this . . . out of it comes the great simplicity, contentment, joy, happiness, even though your world or life may be complex outside, but because you discovered the inner freedom of mind, of the natural simplicity . . . you find natural peace.”

God sê sonder omhaal van woorde ‘n paar keer in sy Woord “Maar die goddelose is soos ‘n onstuimige see; want dit kan nie tot rus kom nie, en sy waters gooi slyk en modder op. Geen vrede, sê my God, vir die goddelose nie!” (Jes 57:20,21). Enigeen wat God se Vredesweg deur sy Seun Jesus Christus en die bloed van sy kruis wat die vrede aanbring, verwerp, is ‘n volmaakte kandidaat vir die duiwel se “engel-van-die-lig” na-apery van God se vrede. Soos reeds gesê, hoef jy nie meer deur ‘n geloof in die gegote bloed van Jesus Christus in die teenwoordigheid van die allerheiligste God in sy allerheiligste (“sanctuary“) te kom nie; jy hoef maar net m.b.v. meditasie en ander mistieke en okkulte New Age tegnieke jou gemoed (verstand) te verlig om te ervaar dat jy voortdurend in God se teenwoordigheid is. Trouens, jyself word ‘n “portable sanctuary.” Richard Foster sê op die “Be Still” DVD waarin Beth Moore en Max Lucado ook ‘n groot aandeel het:

“The wonderful thing about contemplative prayer is that it can be found everywhere, anywhere, any time for anyone. We become a portable sanctuary, (1) so that we are living our life, wherever it is, aware of the goodness of God, the presence of God.”

Jan Johnson, ‘n skrywer en gereelde spreker oor Christen spiritualiteit sê:

“Contemplative prayer, in its simplest form, is a prayer in which you still your thoughts and emotions and focus on God Himself. This puts you in a better state to be aware of God’s presence, and it makes you better able to hear God’s voice, correcting, guiding, and directing you . . . In the beginning, it is usual to feel nothing but a cloud of unknowing . . . If you’re a person who has relied on yourself a great deal to know what’s going on, this unknowing will be unnerving.”

Jesus Christus het gesê : “Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie” (John 14:27). Hierdie vrede is nie ‘n vrede wat deur goedkoop en piepklein maniertjies van mense in die hand gewerk word nie. Dit is ‘n uiters duurgekoopte vrede wat God self in sy Seun, Jesus Christus, aan die kruis vir ons bekom het en dit kan alleenlik deur die Heilige Gees in die harte van sy bloedgewaste kinders verwerklik word. God het geen belang by die mens se pogingtjies (ervaringsteologieë) om in sy allerheiligste teenwoordigheid te kom nie. Dit is niks anders as afgodery nie. Die hemel is reeds oopgeskeur en elkeen wat wil kan op grond van Christus se gegote bloed tot Hom nader en daagliks in sy heerlike teenwoordigheid lewe. Sy regverdige oordele word afgeweer alleenlik wanneer Hy die bloed sien (Eks 12:13).

In sy slotparagraaf verwys Danie Veldsman na 1 Kor 13:12 (“Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is”) om te bewys dat daar “geen kantklaar definisies [is] waarin ons meen om God mee vas te pen nie” maar vergeet gerieflikheidshalwe om te sê: “Daar staan ook geskrywe.” Inderdaad daar staan ook geskrywe: “Die verborge dinge is vir die HERE onse God; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid . . .” (Klem bygevoeg). Ek het reeds telkemale en herhaaldelik na een van die kardinale geopenbaarde dinge in die Bybel verwys, nl. die enigste God-aanvaarbare manier om Hom te nader en dit is d.m.v. die gegote bloed van sy Seun Jesus Christus. Natuurlik kan ons klein-bietjie verstaan van die bloed van Christus ons nie ‘n kantklaar difinisie voorsien waarin ons God mee kan vaspen nie, maar dit sê beslis vir ons hoe onnaspeurlik en ondeurgrondelik heilig HY is. Gaan kyk maar gerus na die artikels, lesings, en boeke van die post-moderne “Emerging Church” fasiliteerders. Hulle lê geweldig baie klem op die liefde van God maar verwys nouliks of ooit na God se heiligheid, sy regverdigheid en sy geregtigheid. Dit is konsepte van God wat nie so lekker in die woordeskat van die moderne mens pas nie en moet dus liefs vermy word. Daarom sluit Danie Veldsman af met ‘n persoonlike lofspraak oor die liefde sonder om ‘n enkele keer te verwys na die heiligheid en geregtigheid van God.

Ek sluit af. Om blywend te droom beteken vir my konkreet: om hier en nou saam verbeeldingsvol in geloof, hoop en liefde te lewe in God se teenwoordigheid. Maar op verrassende wyse is, volgens die bybel, die liefde die grootste. Nie geloof (en dus ook al ons teologiese ontwerpe!) of hoop nie, maar liefde.

God is nie net die essensie van liefde nie; sy liefde is onlosmaaklik in sy waarheid ingebed en enigiemand wat sy waarheid (openbaringe van Homself en die mens) verag en verwerp kan hoegenaamd nie daarop aanspraak dat hulle Hom of hulle medemens liefhet nie. Daarom sê Paulus so duidelik in 2 Thess 2:10 en 11 dat almal wat die liefde tot die waarheid om gered te word nie aangeneem het nie, die gevaar loop om die leuen te glo. Christus het nie in sy Hoëpriesterlike gebed gevra dat sy Vader sy dissipels in sy liefde moet heilig nie, maar wel in sy waarheid.

Joh 17:17 en 18 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid. Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.

Na wie gaan die NG Kerk en veral die jong studente aan die Teologiese Fakulteit van UP luister — die professore, doktors en dosente wat niks anders as stof en as is nie of God wat nie ‘n mens is dat Hy sou lieg nie? (Num 23:19).

NS. Luister gerus na die volgende audio clip van Rob Bell om te sien in hoe verre die kontemplatiewe (meditatiewe) spiritualiteit die jeug reeds besoedel het. http://archive.constantcontact.com/fs005/1100344847345/archive/1102128919418.html\

Voetnotas

1 Dries Lombaard van die e-kerk en “Mosaic Africa” verwys daarna as ‘n “Portable Spirituality:” RSG, Oop Gesprek, 4 en 11 Mei

Posted in Uncategorized | Leave a Comment »