WOORD VAN GOD OF WOORDE VAN MENSE OOR GOD?
Posted by Thomas on June 23, 2008
IS DIT KORREK OM TE SÊ DAT DIE BYBEL VIR JOU PERSOONLIK DIE WOORD VAN GOD WORD EERS WANNEER JY DIE HEILIGE GEES ONTVANG? – DEEL 3 Ons het reeds in deel 2 flussies na Rom 10:17 gekyk. Kom ons kyk nou na die hele gedeelte in Romeine 10:13-17: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig! Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê: Here, wie het ons prediking geglo? Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God Hieruit is dit baie duidelik dat die Bybel en veral die prediking van die Bybel mense se oë oopmaak vir hulle verlore toestand en dus nodig het om hulle tot God te bekeer. Paulus sê onomwonde dat die geloof voortspruit uit die prediking van die Bybel. Indien dit waar sou wees dat ‘n mens eers die Heilige Gees moet ontvang voordat die Bybel vir jou persoonlik die woord van God kan word, beteken dit dat die mens eers gered moet word voordat hy kan aanvaar dat die Bybel nie maar net mense se woorde oor God is nie. Op sy beurt beteken dit dat iemand eers arbitrêr (sonder sy wete en wilskeuse) deur die Heilige Gees gewederbaar moet word voordat hy kan glo. Ons kan dit soos volg voorstel: Onbekeerde of ongeredde – aanvaar dat die Bybel nie die Heilige Gees geïinspireerde Woord van God is nie maar slegs woorde van mense oor God. As sodanig onbreek dit hom aan die geloof wat uit die gehoor is en deur die Woord van God bewerk word. As die ongeredde nie op hierdie wyse tot bekering kom nie, op hoedanige manier kom hy dan tot bekering? Daar is net een ander alternatief. Hy moet tot bekering kom deur ‘n soewereine en arbitrêre ingrype van die Here sonder dat dit vir hom nodig is om die Woord te glo. Bekeerde of geredde – aanvaar en glo eers na sy soewereine en arbitrêre uitverkiesing tot saligheid dat die Bybel inderdaad die Woord van God is en nie maar net woorde van mense oor God nie. Die gevolg is dat die Bybel eintlik maar geen rol gespeel het in sy redding nie en daarom hoef dit ook geen rol te speel in die redding van mense van ander godsdienste en geloofsoortuigings nie. Kan u sien waarom die Bybel gedegenereer moet word? In ‘n onderhoud met Robert Schuller se Hour of Power het Billy Graham die volgende gesê: Schuller: Tell me, what do you think is the future of Christianity? Graham: I think that everybody that loves Christ or knows Christ, whether they’re conscious of it or not, they’re members of the body of Christ and that’s what God is doing today. He’s calling people out of the world for His Name, whether they come from the Muslim world, the Buddhist world or the Christian world or the non-believing world, they are members of the body of Christ because they’ve been called by God (d.w.s. ‘n soewereine en arbitrêre uitverkiesing sonder die nodigheid om die Woord van God te glo). They may not even know the Name of Jesus, but they know in their heart that they need something that they don’t have and they turn to the only light that they have and I think that they are saved. They’re going to be with us in heaven. Schuller: I’m so thrilled to hear you say that. There’s a wideness in God’s mercy (Ja! So ‘n breedheid dat God die nou poort en die smal pad finaal toegegooi het en tans net één pad – die breë pad – vir die mens toelaat om te neem). Graham: There is, there deinitely is. (1) Sou dit die waarheid wees, is bg. aanhaling uit Romeine ‘n infame leuen. Op sy beurt beteken dit dat die Here Jesus ook ‘n leuenaar is. Ons moet onthou dat Paulus die Evangelie regstreeks van Christus ontvang het. M.a.w. sy briewe is nie gebaseer op die oorvertellings van die ander apostels nie. Gal 1:11, 12 Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie. Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus. Dit beteken tog sekerlik dat Rom 10: 13-17 ook regstreeks uit die mond van Jesus Christus gekom het. As Hy — soos baie valse apostels en profete vandag ook glo — maar net ‘n mens was en nie ook terselfertyd volkome God is nie, sou dit nie verkeerd wees om te sê dat die Bybel maar net ‘n mens se woorde oor God is nie. Petrus, net soos Paulus, het ‘n regstreekse openbaring van God ontvang dat Jesus die Christus is (Mat 16: 16, 17). Vlees en bloed het dit nie aan hom geopenbaar nie, maar God self. Dit is dus God se woord en nie maar net bloot ‘n mens se woorde oor God nie. Indien die hedendaagse valse apostels en profete sou volhard om te sê dat die Bybel maar net mense se woorde oor God is, is daar beslis iets verkeerd met hulle voete (Jes 52:7). Hulle kan nie daarop aanspraak maak dat hulle voete lieflik (pragtig, mooi, en fraai) is nie en hoort beslis nie toegelaat te word om op God se preekstoel in die kerke te staan en preek nie. Hulle is besig om verlore sondaars weg te dryf van die Here Jesus Christus. Ek onthou toe ek baie jare gelede in ‘n Afrika was, het ek ‘n swartman ontmoet met seker van die lelikste en vuilste voete wat ek nog ooit in my lewe gesien het. En tog sê God sy voete is lieflik, mooi en fraai omdat hy bereid was om die Evangelie as die Woord van God aan sy eie mense te verkondig, en glo my vry baie van sy landgenote het deur sy prediking waarlik tot bekering gekom. Die enigste gevolgtrekking waartoe ek kan kom oor predikante wat verkondig dat die Bybel maar net woorde van mense oor God is, is dat hulleself eers tot bekering moet kom en dit sal eers gebeur wanneer hulle glo dat die Bybel waarlik die onfeilbare en onveranderlike WOORD VAN GOD is. Voetnotas
(Klem bygevoeg).
1 http://www.youtube.com/watch?v=axxlXy6bLH0&feature=related
Amanda said
Hier is ‘n interesante reeks artikels: Are you being “Led away with the Error of the Wicked” to the New Age Ark of Oneness? (Part 1) deur Tamara Hartzell. (9 dele)
‘People in Christianity today are falling for the wiles of the devil, including his counterfeit “God” and counterfeit “Christ,” because they are neglecting, disregarding, avoiding, rejecting, rebuffing, or outright casting aside and discarding the armor of God. Desiring the new world themselves, they are laying down the sword of the Spirit, which is the Word of God, and waving the white flag of surrender to the advancing interfaith forces of Oneness.
Those who surrender are being spiritually prepared to board the nearly-completed Ark of Oneness that is to take humanity into the new world. This spiritual Ark is being built as a vessel of “peace” and “safety” for all who choose to belong to this new world. Those who are making this choice are replacing God’s “outdated” and “irrelevant” armor with stylish culturally-correct clothes hand tailored by the god of this world to be far more comfortable and pleasurable to wear on their spiritual journey to his new world.’
Amanda said
Oy!
CBF presenter questions Christ’s deity.
‘In the computer age, Killinger argued, religion moved from a belief in doctrines to a quest for self-fulfillment drawing on useful tidbits from an eclectic variety of faith traditions.
“Doctrine isn’t the driving force to many people today” except “to the fundamentalists who insist on it,” Killinger said. “But doctrine is a thing of the past now religiously.”
Pastors can follow this cultural shift by preaching about Jesus’ human side rather than insisting that He was God and that He always existed, Killinger said.
“There’s an altered view of Scripture and of the role of Christ,” he said of Christianity in today’s world. “Christ is still Savior to most of us, but maybe in a slightly different way than before.’