Die Domeinistiese Geloof van Angus Buchan (Faith Like Potatoes) – Deel 2
Posted by Thomas on October 2, 2008
Wat is dit . . . van Angus en sy “vermoë” om sulke groot skares te lok? Wat preek Angus werklik? Waarom is daar so min inligting oor wat hy werklik verkondig? — almal moet op hoorsê staat maak, soos byvoorbeeld “Iemand het my vertel dat hy bekering en Jesus Christus predik” of “Ek het van iemand gehoor dat ’n teken bokant een van sy byeenkomste verskyn het wat deur duisende mense gesien is — ’n hartvormige drie-dimensionele wolk het in ’n betrerklik helder hemel gevorm — God alleen kan dit doen en daarom is Angus waarlik ’n man van God.” Stop . . . sê dit weer! ’n Teken in die vorm van ’n hartvormige wolk het in die lug verskyn en dit bevestig dat hy waarlik ’n man van God is? Het ek gesê stop? Ja, ek het. Stop en luister Suid-Afrika — luister en verstaan wat God sê van ’n generasie wat soek na tekens en wonders.
Matteus 12:39 “Maar Hy (Jesus) antwoord en sê vir hulle: ’n Slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken, . . .”
Dit het my aangespoor om Angus weer na te vors. Hier’s wat Angus Buchan te sê gehad het in ’n nuusbrief:
Groete, in Jesus se wonderlike naam. Ek het onlangs van die Izak Steyl Stadion in Vanderbijl Park teruggekeer. Ek wil regtig dankie sê vir Jurie Cilliers en sy span (te veel om op te noem) wat ’n uitstekende werk gedoen het om hierdie byeenkoms te reël. Ons het gesien hoe 35, 000+ mans, vrouens en kinders na die stadion kom, wat om 11 vm begin het. Toe ek om 4 nm begin praat, was die stadion absoluut deurweek met die teenwoordigheid van die Heilige Gees. Ek kan God net dank vir dit wat Hy gedoen het. Ons het ’n teken gehad! Die mense het na die lug gewys terwyl ek besig was om te preek en ek het gedink dis miskien ’n “microlight” wat oorgevlieg het, maar daar was ’n hartvormige wolk in die lug bokant die stadion — ’n ontsagwekkende ["awesome"] bevestiging, weer eens, van ons dierbare Verlosser dat Hy hier in ons midde was! (Klem bygevoeg). [1]
Angus het gesê, “weer?” Ek sal binnekort terugkeer na hierdie een. In elk geval, Angus sê: “Ontsagwekkende ["awesome"] bevestiging — eintlik nee Angus want Jesus sê in 2 Thessalonicense 1:9 “ . . . hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen . . .” Ons sien dus duidelik dat ’n teken NIE ’n bevestiging is dat dit van God kom nie omdat Satan ook ’n hartvormige wolk kan maak.
Hoe weet ons wie die teken laat verskyn het? Wel, ons moet die woorde van die man Angus ondersoek om te sien of alles wat hy sê, oplyn met die Woord van God. As dit teenstrydig is, dan moet ons weet dat die teken nie van God gekom het nie want God sal NOOIT ’n teken gee om die woorde wat sy Woord teëspreek, te onderskryf nie. Angus sê egter ’n interessante ding. In een van sy nuusbriewe sê hy: “Mag die Here u seën terwyl u voortgaan om deur geloof en nie deur aanskouing te wandel nie.” [2]
Angus, waarom het jy dan gesê wat jy hierbo kwytgeraak het oor die teken wat ’n “’awesome’ bevestiging” was terwyl ons deur geloof en nie aankouing moet wandel nie? Is dit omdat jy dit werklik glo — tekens en wonders?
Maar dit was nie die eerste teken nie, (en derhalwe die “weer” in Angus se kommentaar hierbo). ’n Ander een het in April 2007 oor die “Mighty Men” Konferensie verskyn. Hier’s wat Angus daaroor te sê gehad het:
Iemand het onlangs ’n foto aan my gestuur wat hy by die “Mighty Men” Konferensie op Shalom in April 2007 geneem het. Dit toon ’n wit lig wat uit die donker lug neergekom en oor die tent gesprei het. Ek kan dit net beskryf as iets wat soos warm botter gelyk het, wat gesmelt en oor die tent gesprei het.
Ek het Bruno nog nie persoonlik ontmoet nie, die man wat die foto geneem het; hy kom van Phalaborwa, ’n dorp in die noordelike deel van Suid-Afrika. Hy het gehuil toe hy die foto sien en was huiwerig om dit aan my moes stuur want hy was nie seker wat my reaksie sou wees nie. Ek kies om te glo dat dit die Heerlikheid van God oor die tent was, wat propvol was met sewe duisend mans. Ons was besig om oor die Lig van God, die heerlikheid van God se teenwoordigheid op daardie oomblik te praat” – Angus Buchan [3] (Klem bygevoeg)
Dis vreemd; die man in Phalaborwa was huiwerig om die foto te stuur omdat hy nie seker was wat Angus se reaksie sou wees nie? Waaroor was hierdie man bekommerd? Wat het hy verwag moes Angus dan sê: Moenie tekens en wonders navolg nie want hulle maak my bediening nie geldig nie want dis alleenlik wanneer ek die Woord van God in waarheid spreek wat my prediking geldig maak? Nee! Toe Angus die foto sien, kies hy om te glo dat dit die heerlikheid van God oor die tent was terwyl hulle oor die “Lig van God” gepraat het. Wow! Hy kies om te glo. Daar is geen sprake van 1 Johannes nie wat sê ons moet die geeste op die proef stel; glo net. Hy verwag dat tekens en wonders hom moet volg waar hy ookal gaan en sal hulle nooit afkeur nie. En deur dit in sy boek, “A Mustard Seed – A Daily Devotional” te laat druk, is hy besig om ons te vertel dat ons hom moet vertrou omdat tekens en wonders sy prediking begelei en daarom is hy ’n man van God.
Soos hierbo verduidellik praat Angus van HERLEWING in die laaste dae terwyl die Woord van God die teenoorgestelde sê. Wie moet ons glo — die LEUEN van herlewing in die laaste dae wat miljoene na valse leerstellings sal weglei of God se Woord wat sê dat jy moet vashou aan sy Woord en die Waarheid, en om te BID omdat dinge baie SLEG, regtig baie SLEG gaan word in die eindtye. En die enigste hoop is om op Hom te vertrou al word dit hoe sleg.
Die geloof waarvan Angus praat, is ’n oor-prikkelende geloof van Domeinisme — die beginsel om Suid Afrika terug te vat vir God, soort van ding. God wil hê jy moet gelukkig wees. Hy wil hê jy moet te alle tye gesond wees. Hy wil hê jy moet voorspoedig wees. Hy wil hê jy moet ’n wonderlike toekoms hê. Nee! Ek is jammer Angus, God het ons nog nooit enige van hierdie dinge beloof nie. Jesus het gesê: “Julle sal gehaat word te wille van my Naam.” Om gehaat te wees bring nie geluk en voorspoed nie maar alleenlik vervolging. Dis alleenlik WARE geloof in Jesus Christus wat ons krag gee; Jesus gee ons die krag om te volhard al sou ons in die gevangenes beland oor die prediking van die Evanglie of gemartel word omdat ons weier om ’n ander god te volg.
Angus sê:
“Nietemin, dinge word nou so krities dat alle ander dinge skynbaar in die nietigheid vervaag wanneer dit neerkom op ewigheidskwessies, dinge soos ’n man se siel, sy familie, sy huwelik, sy besigheid en sy toekoms, om nie eens te praat van sy volk nie.” [3]
Van wanneer af resorteer familie, huwelik, jou besigheid, jou toekoms (terwyl jy nog in die lewe is) en hierdie volk onder dieselfde kritiese kategorie van individuele saligmaking of redding? Wanneer jy sterf, kan jy nie jou familie, besigheid of jou geld saam met jou neem nie — dis weg! Dit is tipiese “Word of Faith” lering — jy moet net glo en God sal na jou pype dans.
Angus sê:
“Ek wil u regtig aanmoedig om te volhard in die wete dat julle verwagting vir julle lewe, vir julle familie, vir julle land, vir julle visie alleenlik van God kom.” [4]
Geloof gaan nie oor wat God vir jou kan doen nie maar wat jy vir Hom kan doen! — d.i. om die ware Evangelie van Jesus Christus te verkondig. Jou verlossing en die redding van ander is die enigste ding op hierdie aarde waaroor ons bekommerd moet wees!!! [Dit sluit in] ’n WARE bekering van sonde, die aanneming van Jeus Christus as jou Saligmaker [deur te glo] dat Hy vir jou aan die kruis gesterf en sy bloed vir jou gestort het sodat jy gered kan word, die vervulling met die Heilige Gees (en dit beteken nie om in vreemde tale te praat en iemand toe te laat om jou die hande op te lê sodat jy die Heilige Gees kan ontvang nie), die strewe om ’n heilige lewe te lei en om jou van sonde te bekeer en daarvan weg te draai wanneer die Heilige Gees jou oortuig.
Angus sê:
“Dit is alleenlik die getroues wat sal oorwin (Romeine 1:17), die regverdiges sal deur die geloof lewe. Namate ons sien hoedat probleme op elke terrein opduik, polities, finansiëel, moreel , weet ons dat ons as die kinders van die belofte sal slaag. [5]
Dis nog ‘n verdere dwaling van die “Word of Faith” beweging. Hulle eien die beloftes vir Israel vir die kerk toe. Die kerk is nie israel nie en Israel is nie die kerk nie. Die enigste belofte wat ons as geestelike kinders van Abraham het, is dié van verlossing (Galasiërs 3:11). Angus se bediening staan bekend as “Shalom Ministries” en hy noem dit ’n Tabernakel.
“ . . . Ons sal dit in die opelug aanbied omdat ons besorg is oor die sitplek kapasiteit in die tabernakel [by 'Shalom Bedieninge’” [6]
. . . En weerens, die geloof wat hy verkondig is om iets te verkry — politieke, finansiële en morele sukses, ens. Let asseblief op: die Domeinisme hou daarvan om die woord “morele” te vervang met “Koninkrykswaardes.”
Ek het ’n paar maande gelede ’n boek van C. Peter Wagner, getitel “Dominium! How Kingdom Action Can Change the World.” Hy sê:
Christene verstaan dat hulle Koninkrykswaardes alle sfere van hulle persoonlike lewens moet deursuur, hulle families, hulle besighede, hulle politieke lewens en die res.” [7]
Klink dit nie soos Angus nie? Hmmm . . . “klink” is nie die regte woord nie, maar eerder “identies.”
Soos C. Peter Wagner en sy agente, probeer hulle om ’n leermag van Christene op die been te bring wat die wêreld vir Jesus gaan terugneem. Nou is dit ook so dat hierdie predikers in Amerika wat hierdie idee vertroetel, afkomstig is van die “Vinyard Christian Fellowship” wat die “Toronto Blessing” begin het, en toe het Lakeland gekom met Todd Bentley.
Ek het baie Suid-Afrikaanse webtuistes gelees wat die idee verkondig dat hierdie geslag iets spesiaals is en ’n Christenleermag op die been wil bring wat magtig sal wees vir die Here (gebaseer op Joël 2) — en dis veral die jeug wat geteiken word omdat hulle die minste onderskeiding het.
Ek het e-posse aan verskeie eienaar/predikers van hierdie webtuistes gestuur om uit te vind of hulle glo in die ”Koninkryk-nou” lering of “Restourasie leringe. Die meeste van hulle sê nee, en sommige van hulle (nie almal nie) sê dat hulle nie hou van daardie Amerikaanse predikers nie omdat die meeste van hulle ketterse harde koejawels en geldgrypers is MAAR hulle ALMAL sê dit — hulle sê dat hulle almal ’n openbaring of ’n profesie van “God” ontvang het wat dieselfde ding sê wat die “ketterse harde koejawels en geldgrypers” sê. Nou moet ons vra. WAT IS VERKEERD met hierdie prentjie?? Hoe kan mense wat daaarop aanspraak maak dat hulle ware Christene is openbaringe/profesieë ontvang wat presies dieselfde is as die mense wat Nuwe Era (“New Age”) leringe verkondig?
Ek moet dus hierdie vraag vir Angus vra: Waarom bevorder jy Herlewing en Restorasie/Domeinistiese/Koninkryk-Nou lering terwyl mense wat in die okkulte delwe ook dieselfde openbaringe het en probeer om die einste dinge te doen wat jy besig is om te doen? Hulle noem hulleself Christene, en jy ook, maar wie moet ons glo is nou eintlik reg? Dis ’n moeilike vraag om te antwoord, Angus, aangesien julle albei PRESIES dieselfde glo!
Nadat ek ’n bietjie navorsing gedoen het oor sommige van die ander bedieninge wat Angus by sommige van sy konferensies ondersteun, het ek op die naam van Bennie Mostert afgekom. In Maart vanjaar het Angus en Bennie Mostert ’n ander ’n konferensie met die naam “Daniël Konferensie” by die NG Kerk in Moreleta Park in Pretoria aangebied. Dit was soos volg gereklameer:
“Die Daniëlkonferensie vind plaas van 14 tot 16 Maart 2008 by NG Gemeente Moreletapark se Woodlandssentrum in Pretoria. Die sprekers is Angus Buchan, drs. Johan Smith en Bennie Mostert en di. Elza Meyer en Willem Badenhorst.” [8] (Klem bygevoeg)
Wie is Bennie Mostert en waarom is ek so begaan om sy naam te noem? Wel . . . omdat hy bevestig dat Angus Buchan Domeinistiese leerstellings navolg en ook bande het met C. Peter Wagner en sy vennote.
—————————————————————————————————–
(Nota: Angus Buchan het baie van die nuusbriewe waarheen sommige van hierdie skakel heenwys, verwyder)
[1] Kliek asb. hier.
[2] http://www.shalomtrust.co.za/newsletter.php?action=view&name=02_july_2008
[3] http://www.healingtheland.net/books.htm
[4] http://www.shalomtrust.co.za/newsletter.php?action=view&name=12_mar_2008
[5] http://www.shalomtrust.co.za/newsletter.php?action=view&name=09_may_2008
[6] http://www.shalomtrust.co.za/newsletter.php?action=view&name=02_july_2008
[7] Ibid
[8] C. Peter Wager – Dominion! How Kingdom Action Can Change the World, 2008. pg 16.
Johan Slabbert said
Skerp ! Mense wil so graag glo dat Angus dit doen om geld hieruit te maak, terwyl hy geen toegangsfooie vra soos Benny Hinn byvoorbeeld nie.
Ek mis nie een van sy uitsendings op tv Sat en Dinsdae nie aangesien dit my wat ook `n boer is elke keer opnuut inspireer om tot God te bid en na sy stem te luister en nie sommer blindelings my eie idees te volg, gewoonlik met nadelige gevolge, nie.
Ek hoop net ons ou nasie wil `n slag luister na hom en terugkeer tot God wat wel`n plan met ons blankes hier in Suid Afrika het. God het ons nie net hier in die wildernis afgegooi nie Hy wil juis hê dat ons Sy woord moet uitdra aan die miljoene swartes wat nog steeds aan tokkelossies en voorvadergeeswte glo! Allen dan sal dit beter gaan met ons land en sy mense !
Ons moet net glo en aanhou bid daarvoor, God sal sorg vir die res !Ek glo dit met my hele hart want dit het al meermale in my eie lewe gebeur !
Groete;
SLABBIE
071 304 2576
Thomas said
Dagsê Slabbie
Natuurlik is dit van kardinale belang dat mense hulle tot God moet bekeer, maar die geskiedenis toon dat geen land of nasie hulle nog ooit in die geheel tot God bekeer het nie. Die mees onlangse “grootskaalse” herlewing in Suid-Afrika het plaasgevind in die 1960-ger jare onder die Zoeloes in Kwa Zulu Natal.
Die Duitse sendelinge wat die Here gebruik het om die Zoeloes vir Christus te bereik het nooit sg. herlewingsdienste gehou of met groot bravade verkondig dat hulle reeds midde-in ‘n herlewing was nie. Trouens, ‘n sendeling wat die herlewing meegemaak het, het gesê:
“When I speak of revival, I’m not talking about revival meetings. I’m talking about when God Himself rends the heavens and comes down into our midst, and every person there is conscious of the presence of the living God.”
“We hadn’t realised that God never begins with the heathens and the people outside, the people in the streets. He always begins in the house of God, as we find in the first epistle of Peter chapter 4:17. We can’t blame the ungodly for not being converted, if we Christians aren’t being revived and living the right kind of life.”
My groot kommer is dat oom Angus voortdurend verklaar dat ons reeds midde-in ‘n herlewing is. Hy maak dus daarop aanspraak dat God reeds die hemele geskeur het en dat die mense van ons land in groot getalle onder die kragtige oortuiging van sondes gekom het terwyl die teendeel die waarheid is. Daar is eerder ‘n groot afvalligheid van die geloof te bespeur en nie ‘n herlewing nie. Om vir mense by massabyeenkomste te sê “Steek julle hande op en bid hierdie gebed agter my aan” is beslis nie herlewing nie. Dit is ‘n vorm van manipulasie.
Let daarop dat die sendelinge in Kwa Zulu Natal besef het dat God altyd by die huis van God begin (1 Petrus 4:17). Kyk maar gerus hoedat dit deesdae in “die huis van God” hier in Suid-Afrika gaan. Die sg. herlewing wat tans in Suid-Afrika plaasvind, is menslike pogings om ‘n sekulêre staat te verschristelik en om Christelike norme en waardes in die gemeenskap in te burger sonder om Christus se opdrag “Hy wat in my glo soos die Skrif sê . . .” te gehoorsaam.
Die motiewe van mense bepaal in ‘n baie groot mate hulle houding t.o.v. geestelike dinge. Kom ons vra vir onsself die vraag: Waarom wil ons ‘n herlewing hê? Die oorgrote meerderheid van mense wil ‘n herlewing hê sodat dit beter mag gaan met ons land en sy mense; sodat ons boerderye, besighede, gesinslewe ens. ens. mag floreer; sodat die verskriklike vlaag van geweld en korrupsie hokgeslaan kan word. Ek kan jou verseker dat ware herlewings in die meeste gevalle uitloop op vervolging en dikwels selfs marteling. Die Christene in Sjina wat tans van die magtigste herlewings in die wêreld beleef, gaan terselfdertyd gebukkend onder geweldige vervolginge, martelings en baie van hulle het reeds hulle lewens verloor.
God sal nooit ‘n herlewing stuur om ons selfsugtige ou motiewetjies tevrede te stel nie. Vergeet dit! Ja! jy sal waarskynlik vir my 2 Kronieke 7: 14 aanhaal, maar daardie gedeelte het betrekking op Israel en nie die “kerk” nie. Die kerk het toe nog nie eens bestaan nie. Die Christene oor die hele wêreld heen staan wel as God se volk bekend (1 petrus 2:9) maar hulle woon in verskillende lande. Die klein hoeveelheid Christene in Suid-Afrika is slegs maar ‘n baie klein deel van hierdie wêreld-oorspreide volk. Watter land moet God nou genees? Suid-Afrika? . . . of miskien ook al die ander lande waarin God se volk ook woon? Op die ou einde sal hy die hele wêreld moet genees. Dit is wat die sg. Domeinistiese aanhangers in elk geval glo. Hulle wil die hele wêreld verschristelik sodat Christus kan terugkeer. Dit is totaal onbybels omdat God self sê dat die mense al hoe meer die leringe van duiwels in die laaste dae sal navolg. Daar sal ‘n groot afval kom in plaas van herlewings. Waarom het God nog nie Sjina genees van kommunisme nie, en dit terwyl derduisende mense hulle reeds tot God bekeer en groot herlewings ervaar het?
Jy sê ons het ‘n herlewing nodig sodat ons die Evangelie en Sy Woord kan uitdra aan die miljoene swartes wat nog steeds aan tokkelossies en voorvadergeeste glo. Ek kan jou verseker daar is meer “tokkelossies” en “voorvadergeetse” in ons kerke as by die swartes deesdae. Dit word net onder ‘n ander gewaad by die kerke ingedra en dis gewoonlik die predikante wat dit doen. Lees gerus my kommentaar “KAN NORMES EN WAARDES DIE HART VAN ‘N GEMEENSKAP VERANDER?”
Ek het verlede Donderdag, 16 Oktober, ‘n openbare debat by die Teologiese Fakulteit in Pretoria bygewoon. Die tema was “Wie is die ware Jesus – ‘n shamaan (toordokter) of ‘n vaderlose figuur in Galileë of miskien baie meer?” Die sprekers was Dr. Pieter Craffert van die Nuwe Hervormers, Dr. Andries van Aarde wat the boek “Fatherless in Galilee: Jesus as a Child of God” gesryf het. Daarin beweer hy dat Jesus ‘n buite-egtelike kind was, en waarskynlik die kind van ‘n prosituut by ‘n Romeinse soldaat. Die ander spreker was Prof. R. Zimmermann wat nie glo in die persoon van die duiwel nie.
Slabbie, ek wil dus voorstel, indien jy dit op jou hart dra om die Evangelie van Jesus Christus te verkondig, dat jy die klomp “tokkelossies,” “toordokters” en “voorvadergeeste” aanbidders in die kerk bearbei en nie die swartes wat vasgevang is in hierdie dinge nie. Wanneer “die huis van God” in God se wil en in ’n ware herlewingsituasie begin lewe, kan jy dan daaraan begin dink om die evangelie aan die swartes te verkondig.
Onthou! Die Here waarsku ons “Pasop dat julle nie mislei word nie.”
Amanda said
Thomas het geskryf: Ek kan jou verseker daar is meer “tokkelossies” en “voorvadergeetse” in ons kerke as by die swartes deesdae. Dit word net onder ‘n ander gewaad by die kerke ingedra en dis gewoonlik die predikante wat dit doen.
Thomas, as dit regtig, egtig waar is, dan sou ons daagliks daarvan op die voorblaaie gelees het. Herders, ouderlinge en elke broer en boer sou nie gerus het voordat die saak in die reine gebring en gestop is nie. Of hoe? Ja-nee.