Waak en Bid / Watch and Pray

omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie / for ye know not when the time is (Mark 13:33)

Archive for January, 2009

Ons wil nie luister nie en ons sal nie luister nie

Posted by Tom Lessing on January 30, 2009

Sommige van die mees tragiese gebeure in die Ou Testament was toe Israel keer op keer in God se gesig vir Hom gesê het: “ons wil nie luister nie en ons sal ook nie luister nie.” The anti-Stephen syndrom. I can't hear you while yo're disagreeing with me.

Jer 6:17 Ek het ook wagte oor julle gestel en gesê: Luister na die geluid van die basuin. Maar hulle het geantwoord: Ons wil nie luister nie.

Jer 7:27 Ook moet jy al hierdie woorde aan hulle meedeel, maar hulle sal na jou nie luister nie; en jy moet na hulle roep, maar hulle sal jou nie antwoord nie.

Jer 22:21  Ek het met jou gespreek in jou sorgelose rus, maar jy het gesê: Ek wil nie luister nie. Dit was jou weg van jou jeug af, dat jy na my stem nie geluister het nie.

As jy mooi kyk na die bogenoemde verse, sal jy sien hulle is almal nat van die trane van die profeet — die trane van die wenende profeet, Jeremia, soos hy ook genoem is. Daar was ook  ‘n ander profeet wat groter is as Jeremia wat op ‘n dag met ‘n gebroke hart en stem uitgeroep het:-

Mat 23:37 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!

As die mens, volgens die Calvinisme, nie ‘n wil van sy eie gehad het nie, sou die Here Jesus nooit met so ‘n diepgrondige hartgebrokenheid kon uitroep, “en julle wou nie.” Dit, net so terloops.

Dit was voorwaar tragiese insidente in die geskiedenis van Israel, maar daar is iets wat vandag nog tragieser is.

2Tim 4:3 en 4 . . .  daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

(Klem bygevoeg).

Deesdae is die mense darem so ‘n bietjie meer beskaafd; hulle sê nie botweg “ons wil of sal nie luister nie — Hulle sê: “Ons wil en sal luister na die predikers en leraars na wie ons graag wil luister, wat ons ore en ons harte met hulle mooi motiverings- en selfbeeldpreke streel, wat nie soos die nare fundamentalistiese Christene vir ons vertel dat daar ‘n verskriklike periode van ‘n Groot Verdrukking en ‘n Armeggadon op hande is nie, ‘n verdrukking wat daar nog nooit in die verlede en nooit weer in die toekoms sal wees nie. Ons wil nie hoor dat Jesus se wederkoms voor die deur is om die wêreld te oordeel nie. Ons wil eerder luister na leraars wat ons vertel dat die hele wêreld vir Christus gewin kan word en dat Sy Koninkryk hier en nou deur die nuwe super-apostels van die Ontluikende kerk en hulle missionêre volgelinge gevestig kan word. Gee eerder vir ons sulke leraars want ons is moeg om te luister na die fundamentalistiese Christene wat voortdurend vir ons sê ons moet ons bekeer en ook in ons pasoppens moet wees om nie mislei te word nie. Die Here sal in elk geval nie toelaat dat ons mislei word nie want HY is ‘n God van liefde.”

Hulle smag nie na ‘n sjirurg wat die doodsgevaarlike kanker kan uitsny nie maar na kwaksalwers wat pleistertjies opplak en met ‘n mooi soet stem vir hulle sê “Toemaar, alles sal regkom. Die toekoms vorentoe is blink, rooskleurig en belowend. God het ‘n besondere doelgerigte lewe vir julle in die oog. Julle moet dit maar net ontdek. Lees my boek en julle sal verseker weet wat daardie doel is.” Ons sien hierdie tendens ook telkens by die inhuldiging van nuwe presidente waarby die outeurs van hierdie “blockbuster” boeke dikwels die inhuldingsgebede doen. Hulle belowe almal vrede in die Midde-Ooste en ‘n wonderlike nuwe era wat op die horison vir ons wink. Wat sê die God wat hemel en aarde gemaak en die mens na sy beeld geskape het en gereed staan om die weerbarstiges te oordeel?

1Tes 5:3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.

Dit is nie dat die mens nie die vermoë het om sulke ernstige waarskuwings te verstaan nie. Hulle verseg om na God te luister. Hulle sê onbeskaamd en met ‘n mooi aangeleerdeDirkie van der Spuy godsdienstige arrogansie: “Ons wil nie luister nie; ons luister eerder na leraars wat vir ons ‘n mooi prentjie van die toekoms voorhou,” en glo my daar is ‘n groeiende kontingent leraars wat die “oor-streel-soekende-Christene” met graagte tegemoet kom en hulle leer dat daar ‘n wonderlike wêreldwye herlewing net hier om die hoek vir ons lê en loer. Jy sal dit waarskynlik weer ‘n slag hoor tydens Moreletapark Gemeente se Daniëlkonferensie (19-21 Maart 2009) wanneer Angus Buchan op dieselfde verhoog sal verskyn met Bennie Mostert en Graham Power en jou sal vertel dat Suid-Afrika reeds midde-in ‘n groot herlewing is.

Klink dit miskien vir jou ‘n bietjie oordrewe en verregaande? Nee!  sê ek, want Suid-Afrika is besig om oorspoel — ek wil amper sê ge-tsunami-niseer — te word  met ‘n spul valse leraars wat God se skape en lammers verslind, verskeur en eenvoudig net opeet. En wie bring hulle hierheen . . . wie nooi hulle om hulle valse leerstellings oor ons land uit te strooi? — niemand anders as ons bekendste plaaslike predikers en hulle megakerke nie. ‘n Mees resente voorbeeld hiervan is die uitnodiging wat die Moreletapark gemeente in Pretoria en een van hulle leierspredikante, Ds. Dirkie van der Spuy, aan Tony Campolo gerig het om hulle as hoofspreker van 19 tot 21 Februarie vanjaar tydens hulle Missions Fest toe te spreek.

Tony Campolo Wie is Tony Campolo?

Die Here Jesus het op ‘n dag gesê dat ons ‘n boom aan sy vrugte sal ken en om dit te kan doen moet ons die vrugte wat die lippe van hierdie leraars voortbring ook toets omdat ons uit ons woorde geoordeel sal word (Mat 12:35-37).

Tony Campolo is ‘n akademiese produk van Eastern University en hy het ‘n Ph.D op Temple University verwerf. Hy is tans Emeritus Professor in Sosiologie aan die Eastern University in St. Davids, Pennsylvania. Hy het reeds om en by 30 boeke geskryf waarvan Revolution and Renewal: How Churches Are Saving Our Cities een van sy bekendstes is. Hy is die stigter van die Evangelical Association for the Promotion of Education (EAPE) en dien ook op die Verwyssingsraad van Renovaré, ‘n New Age ekumeniese organisasie wat die meditatiewe en kontemplatiewe spiritualieit van die vroeë kerk (Roomse Kerk en Woestynvaders) beoefen en bevorder. Hy is ‘n groot aanhanger van Pierre Teilhard de Chardin wat die kosmiese Christus van die New Age verkondig het en nie die Christus van die Bybel nie. Campolo skryf bv. op bladsy 89 van sy boek How to Rescue the Earth Without Worshiping Nature:

If the Shalom of God and the peaceable kingdom of Isaiah 11 are to become real, then new ways of thinking must be established. With some help from St. Francis and Teilhard de Chardin, we just might make it.

Sy woorde “we just might make it” is gelaai met sy hele siening rondom die domeinistiese idee dat die mens self God se koninkryk hier en nou op die aarde kan vestig. Trouens, hy glo vas dat die probleme waarmee die wêreld te kampe het die regstreekse gevolge is van die eindtyd verkondigers en dat hulle selfs die oorsaak is van oorloë. In sy boek Speaking my Mind op bladsy 207 en 215 vaar hy as volg teen die Here Jesus, Paulus, die apostels en die hedendaagse verkondigers van ‘n eintyd Armeggadon en Groot Verdrukking uit.

Their doctrines are a major factor in determining a far-ranging set of consequences that include American policies regarding militarism, the emergence of evangelical Zionism, attitudes toward Palestinians and the role of American geopolitics.

. . . [whose] “impact on geopolitics can only lead to war.

Hoe is dit moontlik dat iemand homself ‘n Christen kan noem terwyl hy hom vereeenselwig met ‘n persoon soos Pierre Teilhard de Chardin wat sulke onbybelse uitlatings kon maak soos die volgende:

. . . a general convergence of religions upon a universal Christ who … satisfies them all: that seems to me the only possible conversion of the world, and the only form in which a religion of the future can be conceived [1] (Klem bygevoeg).

If, as the result of some interior revolution, I were to lose in succession my faith in Christ, my faith in a personal God, and my faith in spirit, I feel that I should continue to believe invincibly in the world. The world (its value, its infallibility and its goodness) – that, when all is said and done, is the first, the last, and the only thing in which I believe. It is by this faith that I live. And it is to this faith, I feel, that at the moment of death, rising above all doubts, I shall surrender myself. [2] (Klem bygevoeg)

Pierre Teilhard de Chardin het hom oorgegee aan sy geloof in ‘n onfeilbare en goeie wêreld en was bereid om by die oomblik van sy dood onwrikbaar aan hierdie geloof vas te kleef. Wat het die Here Jesus van mense gesê wat hierdie wêreldsisteem leer liefkry?

Jak 4:4 Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.

Wat sê Tony Campolo oor die mens?

Sy siening van die mens speel waarskynlik ‘n groter rol in die formulering van sy doktrine oor die eindtye as wat ‘n mens sou verwag. Indien die mens self God of ‘n goddelike wese is, het hy die Here kwalik nodig om  Sy Koninkryk hier op aarde te vestig. Die mens kan dit dan self net so netjies doen.

. . . Isn’t God’s message to sinful humanity that He sees in each of us a divine nature of such worth that He sacrificed His own Son so that our divine potentialities might be realized? … The hymn writer who taught us to sing “Amazing Grace” was all too ready to call himself a “wretch” … Forgetting our divinity and over-identifying with our [Freudian] anal humanity… Erich Fromm, one of the most popular psychoanalysts of our time, recognized the diabolical social consequences that can come about when a person loses sight of his/her own divinity . . . [3]

Demonologie het in Campolo se briljante denke ‘n geheel ander betekenis gekry. As jy nie glo dat jy self God of goddelik is nie, dan speel in jy die hande van die duiwel en sy diaboliese strategie om die gemeenskap te belemmer.

Wat sê Tony Campolo oor verlossing?

I am saying that there is no salvation apart from Jesus; that’s my evangelical mindset. However, I am not convinced that Jesus only lives in Christians.[4]

. . . what can I say to an Islamic brother who has fed the hungry, and clothed the naked? You say, “But he hasn’t a personal relationship with Christ.” I would argue with that. And I would say from a Christian perspective, in as much as you did it to the least of these you did it unto Christ. You did have a personal relationship with Christ, you just didn’t know it.[5]

Jesus is the only Savior, but not everybody who is being saved by Him is aware that He is the one who is doing the saving.[6] (Klem is deurgaans bygevoeg)

Werklik! Die Een wat verlossing bewerk, het juis radikaal die teenoorgestelde gesê:

Joh 17:3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het. (Klem bygevoeg).

Ek wil dit nie graag glo nie, maar Morletapark Gemeente en hulle leierskap se geneentheid om ‘n man te nooi wat die verlossingleer van Jesus Christus so openlik en agresssief teëstaan, is ‘n rooivlag waarskuwing van hoe ver hulle geestelik agteruitgegaan het. Is daar dan niemand in hulle kerk wat die spuug van smaad en hoon van Christus se gesig kan afvee nie? Hier volg nog ‘n paar Tony Campolo uitlatings oor verlossing.

What I am trying to say is that Jesus who incarnated God 2,000 years ago is mystically present and waiting to be discovered in EVERY person you and I encounter.[7]

I do not mean that others represent Jesus for us. I mean that Jesus actually is present in each other person.[8]

One of the most startling discoveries of my life was the realization that the Jesus that I love, the Jesus who died for me on Calvary, that Jesus, is waiting, mystically and wonderfully, in every person I meet. I find Jesus everywhere. The difference between a Christian and non-Christian is not that Jesus isn’t in the non-Christian—the difference is that the Jesus who is within him is a Jesus to whom he will not surrender his life. You say, “Are you saying that Jesus is present in everybody?” I am only telling you what it says in John 1:9; He is the light that lighteth every man, every woman that cometh into the world. The minute you start saying that God isn’t in some people, you’re on the verge of Fascism. Why? Erich Fromm saw that. The minute you can look at somebody and say God isn’t in him–he is only in Christians—that person is pure demon.[9] (Klem is deurgaans bygevoeg).

Wat hy einlik maar sê is dat die fundamentalistiese Christene wat sê jy moet eers die Evangelie van Jesus Christus glo, tot bekering kom en van bo deur God gewederbaar word voordat HY in jou kan woon, ‘n spul demone is. Het jy dit gehoor? Ek vertrou daar is heelwat kinders van die Here in Moreletapark Gemeente wat glo soos die Skrif sê en waaragtig tot bekering gekom het. Vir hulle het ek baie slegte nuus. Sou jy jou verwerdig om te gaan luister na Tony Campolo wat Jesus Christus, jou Saligmaker en Heer, so laster, dan gaan jy daar sit as ‘n “demoon” omdat Campolo jou sonder omhaal ‘n demoon noem. Maar troos jou daaraan dat jy in baie goeie geselskap verkeer omdat Paulus dan ook, volgens die super-apostel Tony Campolo, ‘n demoon was want hy het op ‘n kol gesê:

Rom 8:9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie (Klem bygevoeg).

Selfs die Here Jesus moes dan volgens die super-apostel, Tony Campolo, ‘n demoon gewees het omdat Hy gesê dat dat bitter min mense die Nou Poort en die Smal Pad vind. Maar nee! die ex cathedra uispraak van Tony Campolo bewys onomwonde dat Jesus Christus in alle mense woon al het hulle nog nie die Nou Poort en die Smal Pad gevind nie.

Mat 7: 13 en 14 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind (Klem bygevoeg)

Interessant genoeg, net nadat die Here Jesus hierdie woorde gesê het, het hy sy dissipels gewaarsku teen die valse profete wat dinge sou sê wat nie in harmonie is met sy eie woorde nie. Het HY miskien o.a. na Tony Campolo verwys toe HY dit gesê het?

Vers 15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. (Klem bygevoeg).

Wat sê Tony Campolo oor die meditatiewe of kontemplatiewe spiritualiteit?

Soos u seker reeds weet, word die kontemplatiewe spiritualiteit met sy laberinte, kruisstasies, asemgebede, die stilte, retraits, lectio divina, lectio continua, enneagramme, Emmaus wandelings, “centering prayer,” “coram deo” en Taize al geruime tyd deur verskeie predikante, leraars en akademici in hulle kerke beoefen en bevorder. Dr. Nelus Niemand se boek “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede” het die kontemplatiewe spiritualteit van die Ontluikende Kerk ‘n geweldige hupstoot gegee in die NG Kerk. Hoor wat sê Tony Campolo oor hierdie uiters gevaarlike, antichristelike en onbybelse spiritualiteit.

[M]ysticism [contemplative prayer] provides some hope for common ground between Christianity and Islam. Both religions have within their histories examples of ecstatic union with God … I do not know what to make of the Muslim mystics, especially those who have come to be known as the Sufis. What do they experience in their mystical experiences? Could they have encountered the same God we do in our Christian mysticism?“[10]

Addendum: Indien Jesus Christus, volgens Tony Campolo, reeds in alle mense woon waarom het jy dan ‘n mistieke praktyk soos kontemplatiewe meditasie nodig om ‘n geemenskaplike ooreenkoms tussen die Christendom en Islam te vind. Die inwondende Christus (in Chritene en Mohammedane) is dan mos genoeg bewys vir so ‘n gemeenskaplike ooreenkoms.

Hy skryf in Letters to a Young Evangelical op bladsy 20

In my case intimacy with Christ has developed gradually over the years, primarily through what Catholic mystics call ‘centering prayer.’ Each morning, as soon as I wake up, I take time-sometimes as much as a half hour-to center myself on Jesus. I say his name over and over again to drive back the 101 things that begin to clutter up my mind the minute I open my eyes. Jesus is my mantra, as some would say.[11] (Klem bygevoeg).

Wat sê die Here Jesus Christus?

Mat 6:7 En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.

Miskien sal hulle onmiddellik vir jou sê dat hulle nie die Naam van die Here Jesus as ‘n mantra herhaal omdat hulle gebedsverhoring soek nie, maar net om in sy teewoordigheid te kom. En ek het nog altyd gedag dis alleenlik die bloed van Jesus wat jou in God se teenwoordigheid bring en daar hou.

Attie Nel Ek het onlangs ‘n paar  kommentare op Ds. Attie Nel van die Bergsig NG Gemeente in Rustenburg se blog “Attie se Koffietafel” geskryf in antwoord op sy artikel, “Leef Coram Deo.” In kort handel dit oor twee bekende mistici, Brother Lawrence en Frank Laubach, se boek “Living in the Presence of God.” Toe ek, na aanleiding van die agt maniere wat hy aangevoer het as moontlike wyses om in die teenwoordigheid van God te leef, hom daarop wys dat hy nie ‘n enkele keer melding gemaak het van die enigste manier om in die teenwoordigheid van God te kom en te lewe nie, nl die bloed van Christus (Hebr. 10:19-22), het hy en sy volgelinge soos ‘n “ton of bricks” op my afgekom. Ag, dit was ook nie baie lank daarna nie, toe Ds. Attie my in geen onduidelike taal laat weet het ek is nie welkom op sy blog nie. Die enigste gevolgtrekking waartoe ek kon kom, was, dat sodra iemand God se Woord en die waarhede wat daarin vervat word, opsyskuif ter wille van mense se filosofieë, metodes en slim praatjies, daar ‘n agressie teen Bybelse waarhede en God se kinders by hulle onstaan terwyl hulle die vyande van God liefderik omarm en aanprys.

Jesus Christus het sy volgelinge die opdrag gegee om dissipels te maak van al die nasies en om hulle te leer om alles te onderhou wat Hy hulle beveel het. In die inleiding tot Frank Laubach (1884-1970) se ”Letters by a Modern Mystic” word vertel:

In 1915 Frank Laubach went with his wife to the Philippine Islands as a missionary. After founding churches on the island of Mindanao, he established and became dean of Union College in Manila. In 1930 he returned to Mindanao to work with the Mohammedan Moros who regarded the Christian Filipinos as their enemies. Laubach, however, went with a heart filled with the presence of God and sought only to live among them, not trying to coerce them into Christianity, but living each moment with a sense of God’s presence (Klem bygevoeg).

Terwyl Laubach skynbaar geleer het om elke oomblik in die teewoordigheid van God te lewe, hoofsaaklik by wyse van die beoefening van die mistieke kontemplatiewe spiritualiteit, het baie om hom ‘n ewigheid sonder Christus tegemoet gegaan. So tussen hakies, Tony Campolo is ‘n groot aanhanger van Frank Laubach.

Wat sê Tony Campolo oor die gays?

In sy boek 20 Hot Potatoes verklaar Tony Campolo dat homoseksuele gedrag nie teenstrydig is met die wil van God nie (p.115) en dat homoseksuele oriëntasie nie ‘n keuse nie maar ingebore is (p. 112, 113). Hy skryf:

Actually, Jesus never alludes to homosexuality in his teachings. The fact that homosexuality has become such an overriding concern for many contemporary preachers may be more a reflection of homophobia in the church than it is the result of the emphasis of Scripture [12](Klem bygevoeg).

Hierdie stelling is ‘n flagrante ontkenning dat die hele Skrif deur God (Vader, Seun en Heilige Gees) ingegee is en nuttig is tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, en tot onderwysing in die geregtigheid (2 Tim 3:16). Die Man by wie Abraham gepleit het om Sodom en Gomorra nie te vernietig nie indien daar tien regverdiges in die stad gevind kon word, was niemand anders as Jesus Christus nie (Genesis 18). Daar word nie minder nie as sestien keer in hierdie hoofstuk na Hom verwys as Here (Jehovah – die Selfbestaande Een). Hy het waarskynlik nie na homoseks in sy leringe hier op aarde verwys nie, maar sy oordele rus beslis op homoseks persone indien hulle hul nie tot Hom bekeer en hulle lewenswyse versaak nie, netsoos op enige heteroseksuele persoon wat sou weier om hom tot God te bekeer en sy sondige lewenswyse te versaak. ‘n Heteroseksuele persoon wat net na ‘n vrou kyk met begeerte in sy hart, het klaar owerspel gepleeg en het nodig om hom daarvan te bekeer. Wie is nou beter as wie? Albei, homoseksueel en heterosekuseel, het nodig om hulle te bekeer en hulle sondige lewenswyses te versaak. So-ook moet predikante en gemeentes wat valse leraars uitnooi om hulle toe te spreek, God om vergifnis smeek omdat hulle toelaat dat hulle skape en lammers mislei word.

Ek het op 26 Januarie vanjaar ‘n e-pos aan Moreletapark Gemeente gestuur wat soos volg lui:

Een van die groot litmustoetse wat Jesus aan ons voorgehou het om te bepaal of ons Hom werklik liefhet, vind ons in Johannes 21 toe Hy Petrus drie maal gevra het: “Het jy my lief?” en ook telkens gesê het: “Pas my skape en lammers op en voed hulle.” Ek is bevrees dat Ds. Van der Spuy en almal wat te make het met die reëlings rondom Tony Campolo se besoek aan Moreletapark,  nie juis omgee of Tony Campolo Moreletapark se skape en lammers mislei nie.

Hoe op deeske aarde kan julle as gemeente wat verlede jaar in ‘n hofgeding betrokke geraak het oor ‘n homoseks orrelis in julle gemeente, Campolo toelaat om julle gemeente toe te spreek wat onbybelse menings oor homoseksualisme huldig? “Tony Campolo and his wife Peggy have participated in public debates and discussions about the place of lesbians and gays within church and society. Tony Campolo contends that homosexuality is a sin in practice, though not in orientation. Campolo is ook baie uitgesproke oor die eenheid wat bereik kan word tussen Christene en Moslems d.m.v. die sg. kontemplatiewe spiritualiteit.

Ek vra julle om ter wille van die Here Jesus Christus en sy Evangelie (wat beslis nie deur Campolo gepredik word nie) julle skape en lammers teen hom te beskerm en om sodoende te bewys dat julle die Here Jesus waarlik liefhet (Johannes 21: 15-17).

Hulle het my tot op hede nog nie geantwoord nie. Miskien verkies hulle om soos die Ou Testamentiese Israel te sê: Ons wil nie luister nie. Nouja! na my hoef hulle nie te luister nie, maar sal hulle na die Here Jesus luister wat by monde van die apostel van liefde gesê het:

2 Joh 1:10 en 11 As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.

(Die “groet” in hierdie verband beteken natuurlik nie dat jy nie vir hom “hullo”,” goeiedag of goeienaad moet sê nie. Die “groet” in daardie dae was “shalom” wat beteken “mag die vrede van die Here jou vergesel” of “gaan in die vrede van die Here.” As jy dit vir ‘n valse leraar of profeet sou sê, dan beteken dit dat jy God se vrede ook oor sy valse leerstellings uitroep en dit as sodanig maak jou ‘n medepligtige aan sy bose werke).

Vergun my ‘n laaste vraag aan Ds. Dirkie van der Spuy en die Moreletapark Gemeente: Sien julle kans om gemeenskap te hê met die bose werke van persone wat die Evangelie van verlossing verdraai en sodoende die Naam van Jesus Christus oneer aandoen . . ? Die tyd het gekom vir die kinders van God in Suid Afrika om te waak, vas te staan in die geloof, manlik te wees, sterk te wees (1 Kor 16:13) en te sê, “Tot hiertoe en nie verder nie. Ons het Christus en sy waarheid lief met ons hele hart en ons verseg om voortaan valse leraars toe te laat om die skape en lammertjies in ons gemeentes te mislei. Ons wil gehoorsaam wees aan Jesus Christus, al kos dit ons lewens.” Tony Campolo is met een woord gesê gevaarlik. Lees gerus hierdie insiggewende artikel oor hom.


[1] Pierre Teilhard de Chardin, Christianity and Evolution (New York: Harcourt Brace Jovanovich, 1971), p. 99.

[2] Pierre Teilhard de Chardin, Christianity and Evolution (Collins, 1971), p. 130

[3] Tony Campolo, “Partly Right” 1995

[4] Tony Campolo, National Liberty Journal, 8/99

[5] Tony Campolo, EVANGELICALS AND INTERFAITH COOPERATION, An Interview by Shane Claiborne

[6] Tony Campolo, EP News Service, Oct. 4, 1985

[7] Tony Campolo, “A Reasonable Faith” 1983 p. 171

[8] Ibid, p. 192

[9] In ‘n toespraak in Prestatyn (Verenigde Koninkryk) in 1988,

[10] Tony Campolo, Speaking my Mind, p. 149, 150

[11] Tony Campolo, Letters to a Young Evangelical (New York, NY: Perseus Books Group, 2006), 20.

[12] Tony Campolo, 20 Hot Potatoes Christians are Afraid to Touch, p. 84

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 2 Comments »

Hoe Lank Tyd Is Daar Nog Vir Die Aarde Oor?

Posted by Tom Lessing on January 19, 2009

Oop Gesprek, RSGHoe lank tyd nog . . . ? Hierdie gewigtige vraag is op Sondagaand, 11 Januarie 2009, in die program Oop Gesprek deur Flip Loots aan sy drie gespreksgenote — Dr. Piet Muller, toekomskundige, Pastoor, Lemmer du Plessis, reisende leraar van die AGS van Suid-Afrika en ‘n kenner oor die eindtyd en Prof. Adrio König, dogmatikus aan UNISA wat onlangs ‘n boek oor Openbaring die lig laat sien het — gevra. Dit was egter sommer reg van die begin af duidelik dat die drie here nie oor die eindtyd soos dit vir Flip Lootsons in die Woord van God uitgespel word, sou praat nie, maar hoofsaaklik oor die mens se pogings om moeder aarde van ondergang te red. Hoewel Pastoor Lemmer du Plessis gesê het dat hy hom nie deur die wêrledkrisisse, die donderstorms soos hy dit genoem het, laat intimideer of onderkry nie, omdat hy sy oë op God en sy beloftes gerig hou, het hy as kenner oor die eindtyd, ‘n gulde geleentheid laat verbyglip sonder om vir die luisteraars ‘n Bybelse perspektief op die eindtyd te gee. As programleier moes Flip Loots tog sekerlik gesien het waarop die gesprek afstuur en dit met diplomatiese bedagsaamheid regstel, maar hy het dit nie gedoen nie. “Hoe red ons ons aarde?” moes eerder die onderwerp van sy program wees en nie “Hoe lank tyd is daar nog vir die aarde oor?” nie.

Dr. Piet Muller het die strekking van die gesprek bepaal toe hy die einde van die wêreld metofories beskrywe het. Sy woorde was:

Metafories, wil ek sê, beleef [ons] die einde van die wêreld soos ons dit leer ken het van die Renaissance af Dr. Piet Muller— die wêreld wat oorheers word deur Europa, die blanke lande. Daar is beslis ‘n ekonomiese verskuiwing weg na die Ooste toe. Sjina wat vir baie eeue, voordat die Weste opgekom het, eintlik die grootste ekonomiese moondheid in die wêreld was, is op pad weer soontoe. Die handel tussen Sjina, Australië en Japan . . . is reeds groter as hulle gesamentlike handel met die twee Amerikas; . . . die hele magsbalans is besig om Oos te skuif en dit lyk, . . . . [in] daardie opsig, is [dit] die einde van die wêreld want dit is vreemde dinge waaraan ons gewoond [moet] raak.

Sommige van ons geestelikes (o.a. die Calviniste) en akademici het die vermoë om die betekenis van woorde — in hierdie geval die woord “wêreld”, — met die towerwoord “metafories” op te kikker sodat dit ‘n algeheel nuwe inhoud en betekenis kry. Ons Calvinistiese vriende verklaar dat “wêreld” in Johannes 3:16 nie die totale menseras (van die begin tot nou) insluit nie maar slegs na die uitverkorenes verwys. Die towerwoord “metafories” is beslis ‘n handige post-moderne towerstaffie in die hande van mense wat sekere konkrete Bybelwaarhede bevraagteken maar terselfdertyd tog ook iets van die “waarheid” wil behou. Neem nou maar die konkrete Bybelse waarheid van die letterlik-historiese en fisieke opstanding van Jesus Christus. Baie van ons geestelikes glo nie so daarin nie, maar kan in elk geval nog met redelike oortuiging sê hulle glo in die opstanding; ja, en hulle onderskryf heelhartig die gereformeerde belydenisskrifte omdat hulle ook elke Sondag in hulle onderskeie kerke die Apostolicum opsê. Dit sal in die verloop van hierdie kommentaar duideliker word waarom Dr. Piet Muller nie in ‘n letterlike apokaliptiese vernietiging van die aarde glo nie. Sy siening behels die einde van die Westerse wêreld en die herlewing of opstanding van die Oosterse wêreld.

Dit is dus baie duidelik dat Dr. Piet Muller sy evaluasie van toekomsgebeure en tendense nie op die profesieë in die Bybel begrond nie, maar hoofsaaklik op subjektiewe, post-moderne, metafories-gedrewe gewaarwordinge. Sy einde van die wêreld scenario behels dus die einde van ‘n Westers-georiënteerde wêreldbeskawing en -beskouing en die bloei en die groei van ‘n Oosters-georiënteerde wêreldbeskawing en -beskouing “waaraan ons gewoond moet raak.” Waarskynlik gaan hierdie “gewoond moet raak” ook gepaard met die panenteïstiese siening van God, nl. God is in alles en alles is in God. Die wêreld kan dus nie vergaan nie want indien die aarde waarin God kwansuis immanent teenwoordig is, sou vergaan, sou Hy dus ook daarmee heen wees.

Anders as Prof. Adrio König wat ‘n apokaliptiese siening oor die finale einde van die wêreld huldig, glo Piet Muller nie dat die wêreld op ‘n katastrofiese einde afstuur nie. Syns insiens sal die natuur nie toelaat dat daar met hom gespeel word nie en die tegnologie het die vermoë om baie van die wêreld se kopsere op te los mits die juridici genoeg druk kan uitoefen om die wil daarvoor by mense te kweek. Dr. Piet Muller se hele siening rondom die aarde en die natuur wat nie sal toelaat dat daar met hom gespeel word nie, berus blykbaar op die Oosterse filosofie dat die aardbol ‘n lewende organisme is (die sg “Gaia” hipotese) wat besig is om deur die mens vernietig te word. Daarmee wil ek nie voorgee dat Dr. Piet Muller die Gaia-prinsiep heelhartig ondersteun nie maar dat hy in sy agterkop daarmee speel is nie altemit nie. (Kyk gerus hierna).

Ironies genoeg, was dit nie Dr. Piet Muller wat die bal aan die rol gesit het oor die mensdom se vernietiging van ons planeet nie maar Prof. Adrio König wat sopas ‘n boek oor openbaring geskryf het; — nie dat König die aarde as ‘n lewende organisme beskou nie, maar dit toon maar net weer eens hoe maklik Christene willekeurig of onwillekeurig in die slaggate van die New Age religie kan trap. Sy woorde was:

Piet, is dit nie eenvoudig waar dat ons eintlik aan die einde van ‘n spiraal kom nie; dat die mens net te gevaarlik vir die planeet aarde is en dat daar nie rêrig meer ‘n draai moontlik is nie? Ons moet ekonomiese groei hê . . . om die geweldig vermeerderende mense bevolking van die aarde te voed. Is die mens nie net ‘n te gevaarlike wese vir die planeet nie? (Klem bygevoeg)

Dit is hoogs ironies dat Prof. König ‘n boek oor Openbaring kan skrywe waarin verwoestende apokaliptiese natuurrampe vir die aarde voorspel word, en terselfdertyd so ‘n hartroerende pleidooi vir die bewaring van die aarde kan lewer. Dink hy miskien ons pogings om die aarde te red gaan die apokaliptiese natuurrampe en God se oordele oor ‘n rebelse mensdom hokslaan? Wat bedoel König? Bedoel hy dat die mens ‘n groter gevaar vir planeet aarde inhou as wat die sondegevaar vir die mens inhou? Maar nouja! die post-moderne mens se siening oor sonde (ala Rick Warren en die aardebewaarders) wentel om die bewaring van die aarde en nie om die mens se verwerping van Christus en sy gebooie nie. In antwoord op Flip Loots se vraag: “Wat is die kenmerke daarvan [die eindtyd] en is ons nou werklik daarin” het König die wederkoms van Christus met diplomatiese korrektheid so ‘n bietjie op die agtergrond geskuif en die mens se “verskriklike” sonde teen die aarde weer eens beklemtoon.

Die wederkoms van Christus – Hy sal op die wolke verskyn – kan ons nie [vir ons] voorstel nie. Dis nie vir my maklik om dit direk in verband te bring met die situasie wat ons nou op aarde het nie want terwyl dit God se aarde is, [is] dit ’n klipharde waarheid dat ons God se aarde tot in die grond in kan vernietig. Dis wat sonde is, sonde is om teen die wil van God en teen die raad van God op te tree.

Prof. König se vraag: “Is die mens nie net ‘n te gevaarlike wese vir die planeet nie?” was natuurlik net die regte knoppie om te druk want Dr. Muller het met groot geesdrif soos ‘n wafferse aflosatleet die stokkie by hom oorgeneem en ‘n barshou verder gehardloop daarmee. Hy het soos volg gereageer.

Laat ek dit so stel – deksels gevaarlike wese. Weet jy dat ons in die laaste sestien jaar, as jy nou tot by 2010 gaan, dan het ons in sestien jaar een miljard mense meer geword op aarde. (Klem bygevoeg).

Let asseblief op dat dit nie, soos Christus gewaarsku het, die valse leringe van valse apostels en profete is wat vir die mensdom deksels gevaarlik is nie, maar die mensdom wat vir planeet aarde so gevaarlik is.

“Dis verskriklik” het Prof. König onnadenkend geantwoord. Ek sê “onnadenkend” omdat ek wonder of hy (ons dogmatikus by UNISA) by die geboorte van ’n pragtige bondeltjie vreugde in sy eie familiekring nog dieselfde woord “verskriklik” sou gebruik, veral as die bondeltjie vreugde argumentsonthalwe die wêreldbevolking by sy of haar geboorte sou opstoot van 5,999,999,999 na 6,000,000,000 . . . of miskien gebruik hy die woord “verskriklik” net wanneer ander mense ‘n nuwe bondeltjie vreugde in hulle familiekring verwelkom en sodoende die wêreldbevolking “verskriklik” aanvul. Geagte here, pasop wat julle op Flip Loots se program sê want dis nie almal wat met toe ore luister nie.

Is Prof Adrio König se onnadenkende uitroep van “verskriklik” nie maar ook ‘n direkte uitvloeisel van die wêreld se siening rondom homoseksualisme, aborsie en eutanasie (sg. genadedood) nie? Enigeen wat die geboorte van ‘n bondeltjie vreugde vir sy pappa en mamma, en oupa en ouma as “verskriklik” bestempel, moet noodwendig die drie bg. planeet-beskermende “voorbehoedmiddels” ondersteun en wyd en syd rugbaar maak. ‘n Mens wonder of Prof. König nie besig is om die liefdeloosheid waarvan Christus in Mattheus 24: 12 gepraat het, uit te speel nie: “En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.” Hulle is vreeslik lief vir planeet aarde, die natuur, die omgewing en die diere maar ongebore babatjies kan maar in hulle moederskote vermoor word, siek en ou mense kan maar “genadiglik” doodgemaak word, en normale huwelike kan maar deur die homoseks lewenswyse bedreig word. Kom dit nie neer op die vermoordering van ‘n lewende organisme wat na die beeld van God gemaak is ter wille van ‘n sg. lewende organisme wat nie na die beeld van God gemaak is nie.

So van “uitspeel” gepraat, Robert Muller, die voormalige Assistent Sekretaris Generaal van die VVO wat ook alombekend is as die Filosoof/Profeet van die VVO omdat hy die New Age beweging in die wêreldorganisasie bevorder het, het tydens die Global Citizenship 2000 Youth Congress. wat in 1997 in Vancouver gehou is, pens en pootjies in die skoene van moeder aarde geklim en in die eerste persoon namens haar ‘n hartroerende pleidooi gelewer.

Robert Muller, voormalige Assistent Generaal v/d VVOWhat are you doing to me? You have multiplied the number of beings on this planet from 2.5 billion in 1952 to 5.8 billion today. How could you do this to me? This big population explosion all around the world, and I, the Earth, am supposed to feed them. Why did you do this to me? . . . You are killing me! [1] (Klem bygevoeg)

Amerika se Stonehenge (Georgia Guidestones) wat op een van die hoogste heuwels in Elbert County, Georgia staan, is ‘n massiewe granietmonument wat Robert Muller en die VVO se ekoprogram duidelik uitspel. Inderdaad, dit is niks anders as die New Age se tien gebooie nie.

  1. Maintain humanity under 500,000,000 in perpetual balance with nature.Amerika se Stonehenge
  2. Guide reproduction wisely – improving fitness and diversity.
  3. Unite humanity with a living new language.
  4. Rule passion – faith – tradition – and all things with tempered reason.
  5. Protect people and nations with fair laws and just courts.
  6. Let all nations rule internally resolving external disputes in a world court.
  7. Avoid petty laws and useless officials.
  8. Balance personal rights with social duties.
  9. Prize truth – beauty – love – seeking harmony with the infinite.
  10. Be not a cancer on the earth – Leave room for nature – leave room for nature. (Klem deurgaans bygevoeg)

Die fundamentalistiese Christene word reeds as die kanker van planeet aarde beskou omdat hulle verseg om deel te wees van die lewensgevaarlike en God-onterende New Age eko-religie en die skreiende geestelike afval wat wêreldwyd plaasvind. Rick Warren, die guru en herder van die Ontluikende Kerk en meer as 300,000 leraars wêreldwyd (waarvan ‘n groot deel hier in Suid-Afrika sy sg “PEACE PLAN” bevorder), het reeds by verskeie geleenthede gesê dat fundamentalisme die grootste vyand van die 21ste eeu is.

Wat Flip Loots se drie gaste alles oor die bewaring van ons planeet in sy program Oop Gesprek kwytgeraak het, is dus niks nuuts nie. Hulle het maar net (wetend of onwetend) die oogmerke van die vyande van God in die New Age beweging onderskryf.

Weinig mense is daarvan bewus dat die huidige ekosentriese filosofie van die New Age in Nazi Duitsland groot aftrek gekry het en ook grootliks verantwoordelik was vir die menseslagting onder die Jode. Janet Biehl en Peter Staudenmaier skryf in hulle boek Ecofascism: Lessons from the German Experience as volg:

Ekofacisme -Janet Biehl & Peter StaudenmaierThe “green wing” of the NSDAP was not a group of innocents, confused and manipulated idealists, or reformers from within; they were conscious promoters and executors of a vile program explicitly dedicated to inhuman racist violence, massive political repression and worldwide military domination. Their “ecological” involvements, far from offsetting these fundamental commitments, deepened and radicalized them. In the end, their configuration of environmental politics was directly and substantially responsible for organized mass murder.

No aspect of the Nazi project can be properly understood without examining its implication in the holocaust. Here, too, ecological arguments played a crucially malevolent role. Not only did the “green wing” refurbish the sanguine antisemitism of traditional reactionary ecology; it catalyzed a whole new outburst of lurid racist fantasies of organic inviolability and political revenge. The confluence of anti-humanist dogma with a fetishization of natural ‘purity’ provided not merely a rationale but an incentive for the Third Reich’s most heinous crimes. Its insidious appeal unleashed murderous energies previously untapped. Finally, the displacement of any social analysis of environmental destruction in favor of mystical ecology served as an integral component in the preparation of the final solution.

This is the true legacy of ecofascism in power: “genocide developed into a necessity under the cloak of environment protection.”[2]

For all of these reasons, the slogan advanced by many contemporary Greens, “We are neither right nor left but up front,” is historically naive and politically fatal. The necessary project of creating an emancipatory ecological politics demands an acute awareness and understanding of the legacy of classical ecofascism and its conceptual continuities with present-day environmental discourse. An ‘ecological’ orientation alone, outside of a critical social framework, is dangerously unstable. The record of fascist ecology shows that under the right conditions such an orientation can quickly lead to barbarism. (Klem deurgaans bygevoeg)

Miskien sou Flip Loots, Pastoor du Plessis, Prof. Adrio König en Dr. Piet Muller my van onredelike assosiasie-politiek wou beskuldig, maar die twee here, Muller en König, se mensliewende uitsprake van “deksels gevaarlike wese,” “verskriklik” en “dat die mens net te gevaarlik vir die planeet aarde is, . . .” leen hulle baie maklik tot die filosofie van die gewraakte eerste gebod van die Georgia Guidestones in Amerika — “Maintain humanity under 500,000,000 in perpetual balance with nature.” Ek sidder om te dink waar dit alles gaan eindig as ons geliefde land Suid-Afrika voortdurend blootgestel word aan geleerde akademici, teologiese fakulteite, seminare, geestelikes, predikante, pastore, en ander leiersfigure wat toenemend uit ‘n New Age mond praat en ons jeug verlei en mislei met ‘n ervaringsteologie wat sy ontstaan het in die Roomse tradisie en die mistieke kontemplatiewe spiritualiteit van die Woestynvaders (St John of the Cross, Brother Lawrence), en wat voortgesit is/word deur Brennan Manning, Richard Foster, Thomas Merton, Henri Nouwen, Matthew Fox, Rick Warren, Rob Bell, Tony Jones, Doug Pagitt, Erwin McManus, Nelus Niemandt ensomeer. Miskien sou u wou vra wat hierdie name te make het met die onderwerp van bespreking. Daar word reeds in die geledere van die Ontluikende Kerk gepraat van ‘n “Kerk-ekologie” waarin die idee dat die kerk  as ‘n tuin vooropgestel moet word, voorkeur geniet teenoor die geïnstitusionaliseerde kerke met hulle groot en soms massiewe geboue. Daarom word die sg. retraits wat al hoe gewilder raak buite die kerk se mure in die natuur gehou waarin  die regte atmosfeer geskep word vir kontemplatiewe spiritualiteite (asemgebede, stilte, lectio divina, lectio continua,  laberinte wandelings, ens).

Nie een van Flip Loots se gaste het verwys na die kernbelangrike tekens wat vir ons aandui dat ons in die laaste van die laaste dae lewe nie. Hoewel König op Flip Loots se vraag “Adrio, daar word in die Bybel nogal baie gemaak van die eindtyd. Wat is die kenmerke daarvan en is ons nou werklik daarin?” ‘n redelike lang antwoord verskaf het, het hy nie veel gesê nie. Trouens, hy het dit as ‘n geleenheid beskou om sy “moederlike” besorgheid oor die vernietiging van moeder aarde te beklemtoon. Sy woorde was:

Flip, ja, ons is in die eindtyd maar ons moet nie dink ons is die eerste wat in die eindtyd is nie. Die eindtyd het aangebreek met die koms van die Here Jesus. Jy weet, teks op teks in die Nuwe Testament sê die laaste dae het God tot ons gepraat deur sy Seun (Hebreërs 1:1); in die laaste dae is die Heilige Gees uitgestort (Handelinge 2). Johannes skryf selfs, julle leef in die laaste uur en dit wemel al van antichriste; moenie dink daar gaan nog ‘n spesiale een kom nie; dit wemel al van antichriste sê Johannes en daaruit weet ons, ons is in die laaste uur. Dis baie moeilik om die Bybelse boodskap oor die eindtyd direk nou hiermee in verband te bring omdat daar een onondervedeelbare eindtyd [is] wat met die koms van Jesus begin het en met sy wederkoms gaan eindig. Maar die wederkoms van Christus is ‘n apokolaptiese begrip. Kyk, gewone goed soos hael en goeie reën en so is baie lekker; ons kan dit alles geniet maar as daar gepraat word van ’n wêreldeinde in die Bybel; en as daar gepraat word van die opstanding van alle mense en ’n oordeel, dan moet ons besef dit is apokaliptiese begrippe; die wederkoms van Christus – Hy sal op die wolke verskyn – ons kan ons dit nie voorstel nie. Dis nie vir my maklik nie om dit direk in verband te bring met die situasie wat ons nou op aarde het nie want terwyl dit God se aarde is, is dit ’n klipharde waarheid dat ons God se aarde tot in die grond in kan vernietig. Dis wat sonde is, sonde is om teen die wil van God en teen die raad van God op te tree. (Klem bygevoeg).

Dat die apokaliptiese eindtyd van ‘n sewejarige Groot Verdrukking nog nie aangebreek het nie, is nie altemit nie, hoewel König dit natuurlik nie so insien nie, maar dat die aanloop daartoe besig is om teen ‘n hoë spoed te eskaleer, is ook nie altemit nie. Prof. König onderspeel so effe die laaste dae wanneer hy sê dat ”ons nie moet dink ons is eerste wat in die eindtyd is nie.” Wil hy daarmee te kenne dat ons nie te veel van die huidige omstandighede moet maak nie omdat ons nie moet dink ons is so uniek om nou eers in die eindtyd te lewe nie en omdat die mense reeds sedert die eerste koms van Jesus daarin gelewe het? Dit gaan in die eerste plek nie oor ‘n spesifieke tydsbepaling nie maar oor ‘n toename in frekwensie van die eindtydtekens wat vir ons aandui hoe naby ons aan die einde is. Jesus Christus het nie om dowe neute die eindtyd met die geboortepyne van ‘n vrou vergelyk nie, want netsoos haar pyne in frekwensie toeneem hoe nader die oomblik vir haar aanbreek om geboorte te skenk, netso neem die tekens van die eindtyd in frekwensie toe namate die einde van die wêreld nader kom. Toe die dissipels hom vra: “Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?” was die heel eerste eindtydteken wat Hy genoem het “geestelike misleiding.” Hy het gesê: “Pas op dat niemand julle mislei nie” (Mattheus 24:3).

‘n Mens sou seker soos Prof. König kon redeneer dat geestelike misleiding, valse profete en apostels reeds in die Ou Testament doenig was met hulle vuil werk en dat ons nie die eerstes is wat met hierdie probleem te kampe het nie. Maar, ons moet egter nie uit die oog verloor dat die misleiding in ons eie tyd met rasse skrede toegeneem het nie en dat daar boonop ‘n nuwe dimensie van misleiding togetree het, en dit is dat valse apostels en profete openlik sê dat hulle die Christus (gesalfde van God) is. Trouens, New Agers beweer dat die mens self besig is om geestelik te evolueer na ‘n hoër self en inderdaad ook self ‘n Christus-bewussyn d.m.v. meditatiewe dissiplines kan bereik. Terloops, ons toekomskundige, Dr. Piet Muller, het al self by geleentheid gesê dat ons almal klein Christusse kan word wat natuurlik Prof. König se verwysing na ‘n gewemel van antichriste in Johannes se sendbriewe klinkklaar verifieer. Ongelukkig weerspreek König se ontkenning van ‘n spesiale antichris wat nog moet kom die Here Jesus en Paulus se beskrywing van so ‘n persoon wat inderdaad nog op die wêreldtoneel moet verskyn. Paulus skryf:

2 Thessalonicense 2:3-8 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie? En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

Dit is verstommend hoedat geleerdes sonder enige gewetenswroeging die taalgebruik in die Skrif oor die hoof kan sien om hulle eie agendas te pas. In die bg. gedeelte is die verwysing na die antichris telkens in die enkelvoud wat Paulus se skerp onderskeiding tussen enkelvoudige en meervoudige naamwoorde en voornaamwoorde sonder weerga toelig. Ek glo nie Paulus sou van enkelvoudige naam- en voornaamwoorde gebruik maak indien hy na ‘n gewemel van antichriste wou verwys nie. So-ook het die Here Jesus met ‘n skerp onderskeidingsvermoë tussen enkelvoud en meervoud na ‘n persoon verwys toe hy van die antichris gepraat het en nie na ‘n gewemel van anticrhiste nie.

Johhannes 5:43 Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.

Die res van Flip Loots se gesprek met sy drie gaste het uiters telleurstellend verloop. Pleks daarvan om die kenmerke van die eindtyd vanuit ‘n Bybelse perspektief te bespreek, en soos Petrus ‘n woord van bemoediging aan God se kinders te rig, het dit ontaard in ‘n kompetisie om te te sien watter kerk nou eintlik die meeste vir die noodlydendes doen. Maar, kom ons kyk eers wat Petrus gesê het:

2 Pertus 3:9-15 Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand. Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? — julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt. Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon. Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede. En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het . . .

Voordat ek oorgaan om die drie here se uitsprake rondom die kerk se noodlenigingshulp aan mense onder die loep te neem, wil ek die vinger druk op die kenmerke van die post-moderne missionêre spiritualiteit wat besig is om die Evangelie van Jesus Christus te rysmier. Dit kan opgesom word in Rick Warren se woorde:

“You know, 500 years ago, the first Reformation with Luther and then Calvin, was about beliefs. I think a new reformation is going to be about behavior. The first Reformation was about creeds; I think this one will be about deeds. I think the first one was about what the church believes; I think this one will be about what the church does. The first Reformation actually split Christianity into dozens and then hundreds of different segments. I think this one is actually going to bring them together.”

Daar is veral drie baie subtiele en uiters gevaarlike klemverskuiwings in die post-moderne aanbieding van die Evangelie:

  1. Dissipelskap/Volgelinge van Jesus: Beklemtoon die gedagte dat Jesus Christus net nog ‘n voorbeeld is (soos enige ander gode in ander godsdienste) om na te volg pleks daarvan dat Hy die enigste Weg, Waarheid en Lewe is, wat die voorwaarde stel dat ons Hom alleenlik kan volg as ons ons self verloën en ons kruis opneem.
  2. Leerstellng: Beklemtoon die rol wat die kerk moet speel in noodlenigingsprojekte op die terrein van VIGS, armoede, onderwys, en leierskap, pleks daarvan om klem te lê op Bybelse leerstellings.
  3. Eindtydteologie: Simboliseer/allegoriseer die eindtydteologie van die fundamentaliste; maak dit selfs bespotlik en lê eerder klem op die mens se tegnologiese vermoëns om hulle eie probleme op te los op die terrein van aardverwarming, aardbewaring, die nastreef van vrede en ekonomiese stabiliteit.

Al drie die bg. kenmerke van die post-moderne aanbieding van die Evangelie is in een of al drie die here se uitsprake aanwesig. Ek het vroeër gesê dat hulle met mekaar gewedywer het om te kyk wie se kerk nou eintlik die meeste goeie werke verrig. Flip Loots het sy vraag hieroor soos volg geformuleer:

Adrio, wat is die rol van die kerk in hierdie hele situasie waarin ons nou is. Jy weet, sommige mense beweer dat die kerke opeet terwyl Rome brand. Ek bedoel daarmee die kerk is besig om oor dinge te praat in hulle vergaderings wat nie regtig die mense op voetsoolvlak raak nie. Hulle praat van kerklike strukture, die vrou in die amp, kerkeenheid, die bestaan van die duiwel, en ag so kan ek seker aangaan. Hulle sê die kerke is uit voeling met die krisisse en nood van die land. Hoekom sou jy sê, maak hulle so ‘n stelling?

Prof. Adrio König het soos volg gereageer:

Kyk, dis vreeslik moeilik om oor dié kerk te praat want daar is nie eintlik so ‘n ding nie; jy weet, een groot ding wat nou dié kerk is nie. Die Christendom is geweldig verdeeld in kleiner groepe . . . Die kerk waaraan ek behoort, die NG Kerk, die sou jy kon sê het vir baie jare miskien vreeslik min gedoen, maar weet jy daar’s ‘n geweldige ontwaking; die hele vernuwing in die NG Kerk is darem ook ‘n vernuwing om mense in nood te help en as ek hoor van gemeentes, wat gemeentes doen en uitreik. Maar jou moeilikheid is natuurlik, dit is half op ‘n klein skaal, omdat die kerk nie een geweldige groot sentrale organisaie is nie kan jy nie verskriklik baie doen aan . . . wêreldprobleme nie. Behalwe dat ons, en dit dink ek in die verkondiging van die kerk en die boodskap van die verskillende kerke, sal ons baie duideliker moet praat oor ons sonde om die natuur te vernietig want baie leiers, veral in die Weste en Afrika ook, dié sit in die kerk en ek dink nie ons het vir hulle ‘n duidelike boodskap gegee dat dit in die Naam van die Here tyd is dat ons die aarde, die natuur begin beskerm nie.

Dit herinner my nogal aan die Here Jesus se gevleuelde woorde toe Hy gesê het: “Gaan dan heen, maak van al die mense dissipels van “’Green Peace’, . . . en leer die wêreldse leiers om op te hou sondig teen die aarde en die natuuur en om onmiddellik op te hou om dit te vernietig.” Pastoor Lemmer was dit roerend eens met Prof. König.

Ja! ek dink wat Adrio daar sê, is natuurlik waar. Ek dink ook dat ons predikante teiken gewoonlik ons gehoor waarvoor ons preek en ons speel baie keer, as ek so mag sê, speel ons na die begeertes van ons gehoor toe uit i.p.v. dat ons aktuele sake en dinge wat van belang is, nie net vir die mens nie maar ook vir die wêreld waarin ons leef, aanspreek. Maar as ek net kyk, Flip, na byvoorbeeld die Rapport van die 7de Desember, was daar ‘n interessante artikel oor Pastoor Christo Visser in Rustenburg en dan word daar vertel hoedat hulle begin het met ‘n insamelingsprojek vir mense, en dan wasmasjiene, stowe en yskaste ens.; agterstallige huurgeld is deur hierdie gemeente betaal, skoolgeld is betaal, ‘n splinternuwe houthuis is vir ‘n vrou opgerig in ‘n plakkersgebied, babagoed is vir ‘n swangervrou aangeskaf; so oral is die kerk besig om tog sy ding te doen. Dis nie asof ons nie ‘n bydrae maak tot die maatskappy en en sosiale omgewing waarin ons leef nie. As jy byvoorbeeld dink aan die fantastiese sukses wat ‘n man soos Angus Buchan gehad het met sy optrede op Loftus Versveld en op Nuweland — op Loftus het daar 71 000 mense bymekaar gekom het en op Nuweland waar daar twee dae lank saam 60 000 mense was en, die aksent wat hy plaas op die huwelik om ‘n voorbeeld te noem, en hoeveel getuienisse het ek persoonlik nie gehoor van mense wat na hierdie man geluister het en gesê het “maar die Here het my huwelik gehelp”; dis alles boustene daardie wat die wêreld vir ons beter en aangenamer maak. So oral is daar ligpunte. Daar’s baie duisternis maar oral is daar ligpunte.

Afgesien van die feit dat Flip Loots se drie gaste nie by die onderwerp van die program “Hoe lank tyd is daar vir die aarde nog oor” gebly het nie, het hulle telkens ook die opdragte van God verontagsaam. Dit is voorwaar baie edel om die noodlydendes te help maar dit is beslis nie so edelmoedig om jou eie beuel te blaas nie. Wat het dan van die Here se opdrag in Mattheus 6:2 geword?

Mattheus 6:2 Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ‘n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.

‘n Berig in ‘n sekulêre koerant oor Christene se weldadigheid is gewis nie die Here se wil nie en Prof Adrio König het juis vroeër tereg daarop gewys dat die wese van sonde is om teen die wil van God en teen die raad van God op te tree.

Angus Buchan mag miskien daarin slaag om ‘n fantastiese getalle-sukses te behaal wanneer derduisende mense sy saamtrekke bywoon, maar getalle is nie juis ‘n barometer vir sukses nie. As getalle die litmustoets was vir sukses dan was die hel ‘n helse sukses omdat die meeste mense uiteindelik daarheen gaan. Dit is nie ek wat so sê nie maar die Here self:

Mattheus 7:13, 14 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

Dit is juis hierom dat predikante, pastore, kerke en elke dissipel van die Here Jesus meer begaan moet wees oor die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus as ‘n moeder Teresa-geïnspireerde lewe van weldadigheid aan die noodlydendes. Daarmee sê ek nie dat die kerk sy taak om die noodlydendes te help moet afskeep nie, maar dat die kerk nie nodig het om sy weldade voor ‘n wêreld wat Christus vyandiggesind is met groot fanfare en trompetgeskal te reklameer en probeer verdedig nie. Toe die Griekssprekende Jode begin murmureer het omdat die daaglikse versorging van die wese en weduwees oor die hoof gesien is, het die dissipels as volg daarop geantwoord.

Handelinge 6:1 En in dié dae toe die dissipels vermeerder het, het daar ‘n murmurering ontstaan van die Griekssprekende Jode teen die Hebreërs, omdat hulle weduwees in die daaglikse versorging oor die hoof gesien is. En die twaalf het die menigte van die dissipels byeengeroep en gesê: Dit is nie reg dat ons die woord van God nalaat om die tafels te bedien nie. Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel; maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord.

Hoe weet ons of ons in die eindtyd lewe? Miskien moet ek herhaal wat die Here Jesus gesê het: “Pas op dat niemand julle mislei nie.” Die vraag is: hoe vind hierdie misleiding plaas? Die misleiding kom nie in die vorm van openlike leuens nie, maar hoofsaaklik deur mooi praatjies dat daar vir die wêreld ‘n blink toekoms van voorspoed en ongekende vrede voorlê. Wat sê die Skrif?

1 Thessalonicense 5:3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.

—————————————————————————————————–

[1] An audio recording of this event, including Muller’s speech, is in the author’s file/audio archives. This section of his speech is also included in the facilitator’s guide, When the Earth Still Had 1000 Days, a post-event handbook published by Creative Learning International (May, 1999).

[2] Gröning and Wolschke-Bulmahn, “Politics, planning and the protection of nature”, p. 138

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 1 Comment »

Die Pre-Groot Verdrukking Wegraping – Deel 3

Posted by Tom Lessing on January 18, 2009

In my derde en laaste aflewering van die reeks oor die Wegraping bespreek ek Dr. M.J. du Plessis van Bellville se beskouing daarvan. Hy skryf:

Ter inleiding moet ’n paar dinge rondom die gebruik van die woord “wegraap” in die Bybel raakgesien word:

  1. Wanneer die woord ”wegraap” in die Bybel gebruik word, is dit elke keer gekoppel aan die oordeel van die Here.
  2. Dit word elke keer gebruik wanneer ’n stuk geskiedenis tot ’n einde kom, byvoorbeeld
  • Die Verbondsvolk se geskiedenis wat beëindig is toe dit oorgegaan het in die Ballingskap;
  • Of dié van die kerk op aarde wanneer die eindoordeel intree.

Teks: Jeremia 8:13 (AFR1953) – Saamskraap, wegraap sal Ek hulle, spreek die HERE. Daar is geen druiwe aan die wingerdstok en geen vye aan die vyeboom nie, ja, die blare verdor. So het Ek ook vir hulle dié bestel wat dwarsoor hulle sal gaan.

Verklaring: Dit gaan oor die straf van God wat in werking kom en dan sy vervulling het in die Ballingskap. Die doel van die Here met die volk wat gesondig het, en nou in Ballingskap gaan, word in die woord wegraap uitgebeeld. Hier word die woord ”wegraap” gebruik om aan te toon dat daar geen oes is nie, maar die landbouer gaan nog ’n keer terug om te kyk of daar nie tog nog iets bruikbaars is wat oorgebly het nie.

Dit is opvallend dat Dr. du Plessis in sy studie oor die Wegraping ’n konkordansie geraadpleeg het en net ’n paar tekse kon vind waarin die woorde “wegraap” en “saamskraap” voorkom. Soos enige ware en gesoute doktorale navorser kom hy toe sommer ook agter dat die teksgedeeltes almal met die oordele van God te make het en siedaar die Wegraping word “elke keer gekoppel aan die oordele van die Here.” Hy is korrek as hy sê dat die Wegraping te make het met die oordele van God, maar hierdie oordele sal net die ongelowiges tref wat sal agterbly om die sewejarige Groot Verdrukking deur te gaan. Wat die gelowiges betref is dit nie ’n oordeel nie maar ’n heerlike ewige saligheid. Ironies genoeg, maak hy regdeur sy studie nie ’n enkele keer melding van die enigste twee gedeeltes in die Skrif waarin Paulus die Wegraping vir ons uitstippel nie — 1 Korinthiërs 15: 51-58 en 1 Thessalonicense 4: 16 -18.

Hoeveel keer moet Paulus se woorde “Kyk, ek deel julle ’n verborgenheid mee” dubbel onderstreep word voordat dokters, professore en ander hooggeleerdes begin verstaan dat die Wegraping — net soos die Kerk soos ons dit nou ken — ’n verborgenheid was in die Ou Testament? Vine’s Expository Dictionary of Old and New Testament Words beskryf die betekenis van die woord “musterion” (verborgenheid) as volg:

In the N.T. it denotes, not the mysterious (as with the English word), but that which, being outside the range of unassisted natural apprehension, can be made known only by Divine revelation, and is made known in a manner and at a time appointed by God, and to those only who are illumined by His Spirit. In the ordinary sense a mystery implies knowledge withheld; its Scriptural significance is truth revealed. Hence the terms especially associated with the subject are “made known,” “manifested,” “revealed,” “preached,” “understand,” “dispensation.” The definition given above may be best illustrated by the following passage: “the mystery which hath been hid from all ages and generations: but now hath it been manifested to His saints” (Col. 1:26). (Klem bygevoeg).

Met ander woorde, toe Paulus sê “Kyk, ek deel julle ’n verborgenheid mee” het hy vir die heel eerste keer ’n geestelike waarheid onder die inspirasie van die Heilige Gees ontsluit wat tot op daardie spesifieke tydstip nog geheel en al onbekend was. Die gevolg is dat die Wegraping hoegenaamd nie ’n kenbare en verstaanbare fenomeen in die Ou Testament kon wees nie omdat dit toe nog nie aan die Ou Testamentiese profete geopenbaar was nie, en tog haal Dr. du Plessis ewe kordaat ’n paar tekse uit die Ou Testament aan om te bewys dat die Wegraping altyd aan die oordele van die Here gekoppel moet word. G’n wonder die Here Jesus het eenmaal vir ’n hooggeleerde Fariseër gesê: “Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie? (Johannes 3:10).

Dr. M. J. du Plessis vervolg:

Teks: Sefanja 1:2-3 (AFR1953) - Saamskraap, wegraap sal Ek alles van die aardbodem af weg, spreek die HERE. Ek sal wegraap mense en diere, Ek sal wegraap die voëls van die hemel en die visse van die see en die struikelblokke saam met die goddelose, ja, Ek sal die mense uitroei van die aardbodem af weg, spreek die HERE.

Verklaring: Hierdie oordeel wat hier aangekondig word, dra ’n dubbele karakter.

  • Aan die een kant het dit die algemene karakter van die eindgerig wat oor die wêreld gaan kom. Die totale vernietiging wat die Here oor die aarde bring, word hier uitgebeeld. Die Here gaan die aarde saamskraap (eintlik: wegruk!). Dus totaal tot niet maak. Niks gaan verskoon word nie: mense, diere, voëls en visse – alles gaan vernietig word.
  • Aan die ander kant is dit spesiaal teen Juda en Jerusalem gerig oor al hulle sondes teen die Here. Die oordeelsaankondiging kom dan spesiaal weer na die mense toe terug wat eintlik die gerig/oordeel veroorsaak en noem dan by name die goddelose mense. Dis tog die goddeloses wat deur die oordeel van God getref word!

Dr. M.J. du Plessis se aanname dat die begrip van ’n Wegraping telkens met die oordele van God vereenselwig word, strook hoegenaamd nie met die Woord van God nie. Het Dr. du Plessis dan nog nooit 1 Petrus 4:17 gelees nie: “Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?” Om die waarheid te sê, ons leef nou reeds in die tyd waarin die oordele van God by die huis van God begin het. Dit is dus onverantwoordelik en onvanpas om ’n enkele woord uit die Skrif te isoleer en dit in die konteks waarin dit verskyn as dié norm voor te hou vir die gebruik en betekenis van soortgelyke woorde in ander gedeeltes van die Bybel. Die woord “harpazo” (“wegruk,” “opraap,” “wegraap,” “met geweld wegneem,” “uitpluk”) kom bv. dertien keer in die Nuwe Testament voor en die betekenis daarvan word telkens deur die konteks waarin dit verskyn, bepaal. In Johannes 10:29 sê die Here Jesus dat niemand en niks Sy dissipels ooit uit Sy en Sy Vader se hande sal kan uitruk of wegruk (“harpazo”) nie. Dr. du Plessis het geen ander keuse nie as om te erken dat die woord “harpazo” (wegraap) in hierdie verband hoegenaamd niks met die oordele van God te make het nie. Inteendeel dit hou ’n bomenslike seën in vir al God se kinders omdat hulle vir tyd en ewigheid salig verklaar is en niemand kan dit ongeldig maak of ongedaan maak nie. Daarteenoor het die gebruik van dieselfde woord ’n baie negatiewe en skadelike betekenis in Mattheus 13:19 waar die skrywer beskryf hoedat die bose die saad van die evangelie uit die harte van die toehoorders wegruk (beroof). Die alombekende gedeelte in 1 Thessalonicense 4:17 waar dieselfde woord “harpazo” (wegraap) deur Paulus gebruik word, kan (met betrekking tot die gelowiges) ook hoegenaamd nie met die oordele van God vereenselwig word nie. Inderdaad, Paulus sê in die volgende vers dat die Here se kinders mekaar met hierdie woorde moet bemoedig. Paulus sal seer sekerlik nie sy broers en susters deur al die eeue heen aanmoedig om mekaar met hierdie woorde te bemoedig nie indien dit op God se oordele sou uitloop.

Let baie noukeurig daarop dat Dr. du Plessis ’n Nuwe Testamentiese waarheidsbegrip vanuit die Ou Testament wil weerlê terwyl die Wegraping in die Ou Testament nog ’n algehele verborgenheid was. Paulus sê baie duidelik in 1 Korinthiërs 15:51 dat die Wegraping waartydens die oorlewendes in ’n oogwink van die verganklike na die onverganklike verander gaan word ’n verborgenheid (“musterion”) is wat hyself op daardie tydstip openbaar gemaak het. Die Skriftuurlike gebruik van die woord beteken dat Paulus ’n waarheid wat voorheen onbekend was nou onder die inspirasie van die Heilige Gees bekend gemaak het.

Amillennianiste interpreteer 1 Korinthiërs 15:51-55 as die algemene opstanding van al die dooies (gelowiges en ongelowiges). Indien dit so was, sou dit beteken dat die leer van die opstanding van die dooies in die Ou Testament nog in onbekendheid gehul was en dat Paulus dit eers in die Nuwe Testament as ’n “musterion” openbaar gemaak het. Afgesien van verskeie verwysings van die opstanding van die dooies in die Ou Testament, maak Job, die oudste boek in die Bybel, reeds melding daarvan. Gevolglik moes Paulus na iets anders as net die opstanding in 1 Korinthiërs 15:51-55 verwys het. Inderdaad, dit verwys na ’n unieke gebeurtenis waartydens die-uit-die-dood-opgestane-heiliges en die-in-’n oogwink-veranderde-heiliges gesamentlik die Here in die lug tegemoet gaan om ewig saam met Hom te wees — m.a.w. die Wegraping vóór die sewejarige verdrukking.

Dr M.J. du Plessis skryf voorts:

Vergelyk en bespreek die volgende Skrifgedeeltes:

Teks: Hosea 4:3 (AFR1953): Daarom treur die land, en alles wat daarop woon, kwyn weg: die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om.

Teks: Sefanja 2:3 (AFR1953): Soek die HERE, o alle ootmoediges van die land, wat sy ordening onderhou; soek geregtigheid, soek ootmoedigheid – miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van die HERE.

Teks: Sefanja 3:11 (AFR1953): Op dié dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie.

Verklaring: In hierdie gedeeltes word iets geopenbaar wat vir ons uiters belangrik is: Duidelik word die gelowiges deur die Here begenadig!

Om slegs drie tekse uit die Ou Testament aan te haal om the bewys dat die Here spesifiek die gelowiges begenadig, is seker een van die eienaardigste eksegetiese uitleggings wat ek nog gehoor het. God is ’n God van barmhartigheid en is nie net barmhartig teenoor die gelowiges nie maar ook die ongelowiges. Daarvan getuig die ganse antieke geskiedenis van die volk Israel. Hoewel God hulle deurentyd gestraf het vir hulle afgodery en ongehoorsaamheid was Hy hulle nog altyd barmhartig. Paulus maak melding hiervan in Romeine 11: 28 as hy sê “Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders.” Die “Amplified Bible” stel dit as volg: “From the point of view of the Gospel (Good News) they [the Jews at present] are enemies [of God], which is for your advantage and benefit. But from the point of view of God’s choice — of election, of divine selection — they are still the beloved [dear to Him] for the sake of the forefathers.”

Dr. du Plessis se poging om te bewys dat God die gelowiges midde in sy oordele beskerm pleks daarvan om hulle geheel en al uit die oordeels-sone weg te neem (weg te raap) deur slegs drie tekse uit die Ou Testament aan te haal is geforseerd en onvanpas. Om die waarheid te sê, een van die tekse wat hy aanhaal (Sefanja 3: 11) kan nie gebruik word om the Wegraping te weerlê nie; dit is ’n Ou Testamentiese profesie wat die realiteit van ’n letterlike duisendjarige vrederyk op aarde bevestig. Interessant genoeg onderskryf die drie verse wat Romeine 11:28 voorafgaan die profesie in Sefanja 3 een honderd persent. “Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend; en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem. In Sefanja 3: 9-10 beskryf die profeet die morele en geestelike herstel van die nie-Joodse nasies by die Here Jesus se tweede koms na die aarde (nie die Wegraping nie), soveel so dat die nasies tesame met die gewederbaarde oorblyfsel van die Jode gedurende die duisendjarige vrederyk offerandes aan die Here sal bring in Jerusalem. Sefanja 3:11-20 beskryf die geestelike herstel van die volk Israel. Reg aan die begin van die Millennium (dié dag) sal die Here (soos Paulus dit in Romeine 11:25-27 beskrywe) Israel van al hulle sondes reinig. Daar is dus hoegenaamd geen sprake van God se oordele in Sefanja 3 nie, waartydens die gelowiges (soos Dr. du Plessis impliseer) barmhartigheid ontvang terwyl die ongelowiges Sy straf en oordele moet verduur. Verkeerde eksegese, soos hier die geval is met Dr. du Plessis se interpretasie, is gewoonlik die resultaat wanneer ’n mens enkele tekse gefragmenteerd aanwend sonder om die hele konteks van die hoofstuk of hoofstukke waarin dit voorkom, in ag te neem.

Dr M.J. du Plessis vervolg:

Wat en hoe die Wegraping sal wees?

Wat en hoe die Wegraping sal wees, word in die Nuwe Testament duideliker geopenbaar. Dis meestal so dat die Heilige Gees al hoe nader aan die tyd wanneer iets moet gebeur, dit al hoe duideliker openbaar.

Om te sê dat die Wegraping “duideliker in die Nuwe Testament geopenbaar word” en dat die Heilige Gees al hoe nader aan die tyd wanneer iets moet gebeur, dit al hoe duideliker openbaar” is niks anders as om Paulus se woorde in 1 Korinthiërs 15: 51 onbeskaamd te ontken, “Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word.” Dit is ’n onbetwisbare feit dat die Wegraping as sodanig (inbegrip die feit dat “ons nie almal sal ontslaap nie maar ons sal almal verander word”) geheel en al onbekend was in die Ou Testament. Indien dit reeds in die Ou Testament bekend was, sou Paulus skuldig wees aan ’n leuen toe hy gesê het hy deel ons ’n verborgenheid (“musterion”) mee. Met sy woordgebruik van “duideliker” impliseer Dr. M.J. du Plessis dat die Wegraping (wat hy eksklusief as ’n oordeel van God beskou) alreeds ’n kenbare en verstaanbare gebeurlikheid was in die Ou Testament en dat dit eers in die Nuwe Testament “duideliker” omskryf word. Op die koop toe, gaan Dr. du Plessis voort om tekse uit die Nuwe Testament aan te haal wat net mooi niks met die Wegraping (soos Paulus dit in 1 Thessalonicense 4 en 1 Korintiërs 15 beskrywe) te make het nie. Lukas 17: 30-37 beskryf nie die Wegraping nie. Inderdaad, dit was Paulus en nie Mattheus, Lukas, Markus of Johannes wat die Wegraping as ’n nuut-geopenbaarde fenomeen aan gelowiges aan die lig gebring het nie. Die Wegraping word nie in die Sinoptiese Evangelies ontvou nie; en daar is slegs ’n sinspeling daarop in Johannes 14.

Dr M.J. du Plessis vervolg:

Teks: Lukas 17:30-37 (AFR1953): Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word. In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie. Dink aan die vrou van Lot! Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou. Ek sê vir julle: In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word. Twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word. Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word. En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê vir hulle: Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.

Verklaring: Die Heilige Gees verwys hier na die tyd van Noag. Dit gaan oor hoe die wêreldgeskiedenis toe was en veral dan hoe die mense was! Hulle lewe was presies soos ons dit vandag ken: hulle het met hulle daaglikse lewe aangegaan – selfs getrou ook. Toe verdelg God hulle almal op agt mense na!

Kom ons kyk dan nou ’n slag baie noukeurig na Lukas 17:30-37. Daar is verskeie merkbare verskille tussen Paulus se openbaarmaking van die Wegraping in 1 Korinthiërs 15:51-58 en 1 Thessalonicense 4:13-18, en Christus se koms in Lukas 17: 30-37. Die hoofkenmerk van die Wegraping is dat die oorblywende lewende gelowiges in ’n oogwink van die sterflike na die onsterflike verander sal word terwyl die ontslape heiliges ook op daardie spesifieke oomblik vanuit die dood opgewek sal word wanneer die Here terugkeer om Sy volgelinge in die lug te ontmoet. Die woord “rhipe” (hree-pay) wat Paulus hier gebruik vir “oogwink” is ’n unieke woord omdat dit slegs eenmaal in die Nuwe Testament voorkom en wel hier in 1 Korinthiërs 15. Daar is in Lukas 17 hoegenaamd nie sprake van so ’n blitsvinnige verandering van die sterflike na die onsterflike nie. Kom ons wees eerlik met mekaar en staar die voor-die-handliggende feite vierkantig in die oë. Vra jouself die vraag af — hoe kan ’n persoon wat in ’n fraksie van ’n sekonde (’n oogwink) verander word van ’n sterflike  na ’n onsterflike liggaam om Sy Here in de lug tegemoet te gaan die geleentheid hê om te oordink of hy van die dak moet afgaan om sy eiendom in sy huis saam te neem of om van die landerye terug te keer om iets van sy eiendom te red? Omdat die koms van die Here by die Wegraping enige oomblik kan plaasvind en daar geen spesifieke tekens vooraf gegee word om aan te dui dat die Wegraping op hande is nie, is die waarskuwing om nie van die dak af te kom of van die landerye terug te keer om iets uit jou huis te red, totaal oorbodig ten tyde van die Wegraping. Moet die gelowiges (lewendes en dooies) voor of na hulle bonatuurlike verandering van die sterflike na die onsterflike ag gee op die waarskuwing “In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie?” Indien hulle daarop ag moet gee (kom ons sluit die dooies uit want dit is vir hulle totaal onmoontlik om gehoor te gee aan hierdie waarskuwing) sal hulle noodwendig moet weet wanneer die Wegraping plaasvind. Om nie van die dak of die landerye af te kom om iets uit hulle wonings te red nie, sal hulle moet weet dat die Wegraping op hande is. Dit as sodanig ontneem die Wegraping sy enige-oomblik gebeurlikheidskarakter. Dit is nie eens nodig om die vraag of hulle ná hulle bonatuurlike verandering gehoor moet gee aan die waarskuwing te beantwoord nie. Dit is tog duidelik dat hulle ná hulle bonatuurlike verandering onmiddellik by die Here  en nie meer op hulle huis se dak of in die landerye sal wees nie.

Die tweede koms van die Here na die aarde (nie net tot in die lug nie) daarenteen sal voorafgegaan word deur verskeie baie duidelik herkenbare tekens. Een van die opvallendste hiervan is die gruwel wat die Antichris midde die sewe jaar verdrukking in die allerheiligste van die nuutgeboude tempel in Jerusalem sal oprig wanneer hy hom as God aan die Jode en die wêreld gaan voordoen. Interessant genoeg, gebruik die Here een en dieselfde woorde wat in Lukas 17: 31-32 voorkom, i.e. “Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom – laat hy wat lees, oplet – dan moet die wat in Judea is, na die berge vlug; wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie; en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.” Met ander woorde, Lukas 17 en Mattheus 24 gaan spesifiek oor sommige van die Jode se ontvlugting van die swaard van die Antichris wanneer hy die gruwel in die allerheiligste oprig en nie die Wegraping nie. Inderdaad, Lukas 17, Lukas 21 en Mattheus 24 beskryf die tweede koms van die Here na die aarde soos ons dit in Sagaria 12 en 14: 4 aantref en nie Sy terugkeer voor die sewejarige Groot Verdrukking om Sy volgelinge in die lug te ontmoet en saam met Hom weg te neem (weg te raap) om ewig saam met Hom te wees nie. Hier waarsku die Here dat sy kinders na die berge moet vlug. By die Wegraping gaan daar nie tyd wees om na die berge te vlug nie omdat sy kinders (lewendes en dooies) in ‘n oogwink verander word om soos Hy te wees sodat hulle Hom in die lug kan ontmoet.

Dr M.J. du Plessis skryf voorts:

Vrae:

a) Het daardie mense God geken? b) Waarom het hulle Noag (dan) uitgelag?

Verklaring: Die volgende verwysing is na Sodom. En dan staan daar Griekse woorde wat uitstippel dat die Here se optrede met die Wederkoms presies so sal wees (vers 30). Hy gaan presies dieselfde dinge dan weer doen. God se werkswyse verander nooit, want God Self is in sy Wese onveranderlik. NB die dag van die ”Seun van die mens”. En dan ook die praesens van die woord ”openbaar”: God is dus al daarmee besig! Veral dan ook die Goddelike passief (passivum divinum) wat hier dien as omskrywing van God se Naam: Jesus Christus laat die dinge gebeur – dis die direkte gevolg van sy lyde aan die kruis!

Vers 32 roep Lot se vrou terug in die herinnering – maar dis ‘n waarskuwende voorbeeld wat onthou moet word! Al is sy uit Sodom ”weggeraap” het sy nie die verlossing bereik nie, omdat sy bly terughunker het na die lewe waar die homoseksueles en die rykes (op ’n verkeerde manier!) gebly het. God versteen haar uit die toekoms van haar verlosde gesin uit.

In vers 33 kom die woord ”bewaar” in die aoristus: Die betekenis daarvan is dat daar net een enkele geleentheid is. As jy dit nie nou doen nie, is daar nooit weer ’n geleentheid om dit te doen nie!

Dr. du Plessis sê ’n paar ondeurdagte dinge in die bogenoemde paragraaf wat nie met die Woord van God strook nie. Die feit dat God in Sy wese onveranderlik is, beteken nie dat Sy werkswyse altyd dieselfde is nie. Daarvan getuig die wyse waarop Hy te werk sal gaan by die Wegraping en Sy Tweede Koms.

WEGRPAING TWEEDE KOMS
Christus kom net VIR Sy eie (Johannes 14: 3; 1 Thessalonicense 4:17; 2 Thessalonicense 2: 1 Christus kom SAAM MET Sy Eie (1 Thessalonicense 3: 13; Openbaring 19: 14)
Christus kom om sy heiliges in die LUG te ontmoet (1 Thessalonicense 4: 17) Christus kom na die AARDE om die nasies te oordeel en Sy duisendjarige vrederyk op AARDE te vestig (Sagaria 14: 4-21)
Christus kom om Sy bruid OP TE EIS wie Hy met Sy bloed gekoop het (1 Thessalonicense 4:17) Christus kom terug SAAM MET sy bruid (Judas 14; Openbaring 9: 6-14)
Die algehele VERWYDERING van alle gelowiges VAN DIE SFEER VAN DIE AARDE om eers voor die Bema Troon van oordeel te verskyn en dan deel te neem aan die voltrekking van Christus se huwelik in die hemel, (1 Thessalonicense 4: 17; 1 Korinthiërs 3: 12-15) Die openbaarmaking van Christus AAN DIE GANSE AARDE. (Mattheus 24:29-30; Lukas 17: 23-24)
Die Wegraping geskied VÓÓR die Groot Verdrukking (2 Thessalonicense 2:3-4) Die Koms van Christus na die aarde geskied ONMIDDELLIK NÁ die Groot Verdrukking (Mattheus 24:29-31) Die uitverkorenes in hierdie geval is nie alle gelowiges deur al die eeue heen nie, maar spesifiek die Jode en die heidene wat gedurende die Groot Verdrukking tot bekering gekom het — om Christus se beloofde Koninkryk op aarde in hulle natuurlike liggame binne te gaan.
Alleenlik Sy EIE SAL HOM SIEN (1 Thessalonicense 4: 13-19) ELKE OOG sal Hom sien (Openbaring 1: 7).
Die GROOT VERDRUKKING neem sy aanvang (2 Thessalonicense 1:6-9). Die MILLENNIUM OP AARDE neem sy aanvang (Openbaring 20:1-7) Oplaas sal die gebed wat die Here Jesus ons geleer het om te bid volledig beantwoord word — “Laat U Koninkryk kom, laat U wil geskied op die aarde soos in die hemel.”
Alle gewederbaarde kinders van God word geheel en al VANUIT DIE SFEER VAN GOD SE TOORN (m.a.w. die hele wêreld) weggevoer (1 Thessalonicense 1: 5-9; Openbaring 3: 10). Alle ongereddes ERVAAR die toorn van God op die hele aarde (Openbaring 6:12-17).
Daar is GEEN TEKENS wat die Wegraping voorafgaan nie nie (1 Thessalonicense 5: 1-3) TALLE TEKENS gaan die Tweede Koms van Christus na die aarde vooraf (Lukas 21: 11-15)
Die fokus is op die HERE EN SY KERK (LIGGAAM of EKKLESIA D.W.S. UITGEROEPTES) (1 Thessalonicense 4: 13 tot 19) Die fokus is op die HERE, DIE OORBLYFSEL VAN ISRAEL EN DUISENDJARIGE KONINKRYK OP AARDE (Mattheus 24: 14)
Die wêreld word MISLEI (2 Thessalonicense 2:3-12) Satan word vir ’n duisend jaar gebind sodat hy die nasies NIE KAN MISLEI NIE. (Openbaring 30: 1-2)

Die amillennianiste sê baie graag dat enigeen wat hom nie NOU tot die Here bekeer nie, nooit weer die kans sal kry nie. Op hierdie wyse ontken hulle dat daar ’n letterlike Groot verdrukking van sewe jaar sal wees voordat die Here met die Tweede Koms na die aarde terugkeer (Daniël 9: 27; 11: 31; 12: 11; Mattheus 24:15-15-22). Dit is alleenlik waar van persone wat sterwe sonder om hulle tot die Here te bekeer. Dit geld egter nie vir die ongelowiges (Jode en Heidene) wat lewend die Groot Verdrukking binne sal gaan nie. Baie van hulle (Jode en Heidene) gaan tot bekering kom onder die kragtige prediking van die 144, 000 Joodse Evangeliste (12, 000 uit elkeen van die 12 stamme van Israel). Daarvan getuig Openbaring 20: vers 4b (Daniël 7: 9, 22 en 27) baie duidelik.

Dr M.J. du Plessis vervolg:

  • Drie stelle voorbeelde toon aan hoe die skeiding wat God gaan bewerk, tussen mense wat baie naby aan mekaar is, gaan deursny.
  • Twee op een bed: man en vrou!
  • Twee wat saam by die meul maal: Twee wat saam kos voorberei!
  • Twee wat saam op die land werk: In ons idioom: Twee in een kantoor!

Die inhoud van die dinge wat hier gebeur, is wesenlik dieselfde as wat beskryf word wanneer die Here die mense ”wegraap.” Tog word die woord ”wegraap” nie hier gebruik nie, maar wel die woord ”sal aangeneem word.” (vers 36).

Radikale verskil in woordgebruik

Die radikale verskil in woordgebruik, is: Omdat die Here hier praat van die ”wegraping” van gelowiges, terwyl die ander gedeeltes die ”Wegraping” van die ongelowiges/goddeloses openbaar. Die woord ”aanneem” teken ‘n baie teer verhouding tussen die Here en die wat syne is. Dit teken die ervaring wat die ”ander groep mense,” naamlik God se kinders, het van die oordeelsdag.

Dit is duidelik dat Dr. du Plessis ’n Post-Verdrukking Wegraping voorstaan. Dit is egter onmoontlik dat daar so-iets kan wees, om die eenvoudige rede dat Paulus in 2 Thessalonicense 2: 3-12 sê:

Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom, om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie — deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees — asof die dag van Christus al daar is. Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie? En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

Daar was veral drie dinge wat die Christene in Thessalonika ontstel het:

  • Die hewige vervolging en lyding wat hulle verduur het, het hulle gemaak glo dat hulle alreeds midde in die Groot Verdrukking was.
  • Op die koop toe het valse profete ’n brief aan hulle geskryf en voorgegee dat dit van Paulus self afkomstig was om hulle te waarsku dat hulle reeds in die Groot Verdrukking was. Dit op sigself het hulle laat twyfel of Paulus se lering in 1 Thessalonicense 5: 1-11 oor die Wegraping die waarheid was.
  • As hulle reeds in die Groot Verdrukking was, soos sommige sogenaamde outoritêre bronne hulle laat verstaan het, dan het Paulus vir hulle gelieg deur te sê dat “Jesus ons van die toekomstige toorn verlos” (1 Thessalonicense 1: 10) en dat God . . . ons nie bestem [het] tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus” (1 Thessalonicense 5:9). Met ander woorde, hulle was bevrees dat hulle die Wegraping misgeloop het.

Om die misleiding waaronder hulle geval het, reg te stel, het Paulus veral drie dinge genoem wat eers moet plaasvind voordat die seun van die verderf (die Antichris) hom kan openbaar. Ek sal nie nou ingaan op almal van hulle nie, maar slegs dié een noem wat op ons diskussie van toepassing is. In vers 6 sê Paulus “En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy (die ongeregtige of seun van die verderf) op sy tyd geopenbaar kan word. Daar is dus tans iets of iemand wat die openbaarmaking van die man met die nommer 666 teëhou of verhinder. Hoewel daar verskeie interpretasies is oor wie of wat die seun van die verderf teëhou of verhinder, kan daar maar net een Persoon wees wie bonatuurlik sterk genoeg is om dit te kan doen. Die Heilige Gees van God, tans woonagtig in alle gelowiges, is daardie Persoon en Sy wetteloosheid-terughoudende bediening sal ophou wanneer alle gelowiges uit die weg geruim word by die Wegraping. Sommiges maak beswaar en sê dat dit nimmer as te nooit die Heilige Gees kan wees nie op grond van die feit dat die woord “katechon” die onpersoonlike naamwoord “wat” nie vir die Persoon van die Heilige Gees gebruik kan word nie. Dit is hoogs onbeleefd om na die Heilige Gees te verwys met ’n onpersoonlike naamwoord, sê hulle. Wat hulle uit die oog verloor is dat die Heilige Gees dikwels in die onsydige geslag voorgestel word (Johannes 14:26; 15: 26; 16: 13-14).

Indien die Wegraping eers ná die Groot Verdrukking sou plaasvind wanneer die Here in Sy heerlikheid verskyn, dan moet die hele verloop van die sewejarige Groot Verdrukking sonder die ongeregtige een (Antichris) afspeel en sal hy hom eers na die Post-Verdrukking Wegraping wat Dr. du Plessis voorstaan, openbaar. Dit is natuurlik geheel en al onskriftuurlik want die Groot Verdrukking begin juis wanneer die Antichris ’n sewejarige verbond met die Joodse volk sluit (Daniël 9: 27; 8:25)

Dr M.J. du Plessis sluit af:

Slot: Waar pas die onderstaande openbaring van die Here in?

(Openbaring 20:4 AFR1953): En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.

Moontlik was hierdie studiestuk as ’n Bybelstudie in Dr. du Plessis se gemeente gebruik. So lyk dit altans want hy vra ’n slotvraag sonder om ’n antwoord te gee. Skynbaar het hy tydens die Bybelstudie sy weergawe van Openbaring 20 uitgestippel sonder om dit ook hier te verwoord. Nietemin, dit is nie te moeilik om sy siening vanuit sy interpretasie van die Wegraping af te lei nie. Gewoonlik ondersteun diegene wat nie in ’n Pre-Groot-Verdrukking Wegraping glo nie die amillenniale siening dat ons nou reeds in ’n simboliese duisend jaar van vrede lewe en dat alle gelowiges nou reeds saam met Christus in die hemel regeer, so asof die trone waarvan die apostel Johannes in Openbaring 20 melding maak in die hemel is. Daar is net EEN troon in die hemel waarop die Drie-enige God sit en regeer (Openbaring 4:2). In elk geval, wie oordeel en regeer die gelowiges in die hemel as daar niemand is om te oordeel nie? Ag nee wat! . . . daar is verskeie en duidelik opmerklike ongerymdhede in die amillenniale interpretasie te bespeur. In die eerste plek sê die Skrifgedeelte in Openbaring 20 nie dat die gelowiges (wat tydens die die Groot Verdrukking getrou was aan die Here Jesus en nie die beeld van die dier [Antichris] aanbid het nie en nie sy merk op hulle voorhoofde en hande ontvang het nie) net sal regeer nie maar ook sal oordeel (“krino”). Die Here gaan aan hulle die mag gee om die ongelowiges en ook die gevalle engele te oordeel (“krino”). Hoe rym dit met die opdrag in Mattheus 7: 1-5 dat ons nie moet oordeel (“krino”) nie en Paulus se uitspraak dat hy hoegenaamd niks uit te waai het met die oordeel van dié wat buite is nie, maar dat God self hulle oordeel (1 Korinthiërs 5: 12 en 13). Indien die gelowiges tans in die hemel saam met Christus regeer, dan moet die twaalf dissipels ook nou reeds op twaalf trone die twaalf stamme van Israel regeer (Mattheus 19: 28). Hoe rym Openbaring 20: 4 met die Nuwe Testamentiese gedeeltes dat ons nie oor andere moet regeer nie? (Mattheus 1: 24; 2 Korinthiërs 1: 24). God het ons nie opdrag gegee om oor andere te regeer nie maar om onderdanig te wees aan die owerhede wat oor ons aangestel is (Romeine 13: 1-6; Titus 3: 1). So-ook moet ons selfs aan mekaar onderdanig wees (1 Petrus 5: 5).

As die gelowiges hulle moet onderwerp aan die gesag wat oor hulle aangestel is en selfs aan mekaar onderdanig moet wees, oor wie regeer hulle dan — die duiwel en sy gevalle engele? Nêrens in die Skrif word daar vir ons geleer dat ons oor die duiwel en sy engele regeer nie. Ja! ons het die outoriteit ontvang om hom en sy gevalle engele te weerstaan en telkens meer as oorwinnaars uit die stryd te tree wanneer hulle ons versoek en aanval, maar ons regeer beslis nie oor hulle nie (Jakobus 4: 7). Die duiwel is beslis nie gebind soos die amilliennianiste dit graag vir ons voorhou nie. Hy is inderdaad soos ’n briesende, brullende leeu wat rondloop om te kyk wie hy kan verskeur en verslind (1 Petrus 5: 8).

Een van die mees tragiese werklikhede van ons tyd is dat talle Christene vandag glo dat hulle oor die duiwel en sy engele regeer — dat hulle hom onder hulle voete vertrap of hulle voet op sy nek geplaas het — terwyl hulleself deur hom mislei is en in allerhande dwaalleringe verval het. Ironies genoeg, is dit gewoonlik diegene wat glo dat hulle oor die duiwel en sy engele regeer wat reeds deur hom verskeur en verslind is.

Regeer die Here Jesus tans oor die hele wêreld waar Hy op die oomblik aan die regterhand van Sy Vader in die hemel sit? By Sy geboorte het die engel Gabriël gesê “Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie” (Lukas 1: 32 en 33). Ek het die volgende stuk geskryf in ’n debat met iemand anders:-

The notion that the Millennial Kingdom is symbolic and that the throne of David, which was promised to be given to the Messiah King, Jesus Christ at His birth, is not a material throne but “rather the conditions of this throne” and thus spiritual in its content, is not in harmony with Scripture. Furthermore it stems from the wrong premise that the church has replaced Israel.

If the throne is of a heavenly and not an earthly nature the promise in Luke 1: 31-33 that “the Lord God shall give unto him the throne of His father David; And He shall reign over the house of Jacob for ever; . . .” would be a very strange one indeed. There is only one throne in heaven (Revelation 21: 3) which the Trinity has occupied from past eternities and will occupy to future eternities. In other words, the throne in heaven has always been and always will be Jesus Christ’s eternal throne which makes it wholly unnecessary to give Him the throne in heaven. It has always been His throne together with the Father and the Holy Spirit. You may recall that Jesus once said:

  • And now, Father, glorify thou me with thine own self with the glory which I had with thee before the world was.” (John 17:5)

The word “doxa” (glory) means something that belongs specifically to God the Trinity, i.e. the kingly majesty which belongs to Him as supreme ruler alone. Although Jesus said in Revelation 3: 21 that He went and sat in His Father’s throne after he had overcome and triumphed by His cross and through His resurrection, it does not mean that He was given permission to sit on God’s throne for the very first time because He had overcome. It simply means that He ascended the throne in heaven at that particular time as the triumphant Overcomer to assume His role as High Priest according to the order of Melchizedek. Hadn’t Jesus been on the throne even before His incarnation and His triumph on the cross, Isaiah could not have seen Him “sitting on His throne high and lifted up” in heaven (Isaiah 6: 1: John 12: 38-41).

Some may argue that the throne in heaven includes the “conditions of the throne of David.” However, the passage in Luke 1: 31-33 unequivocally says that God the Father SHALL give Him the throne of His father David and He SHALL reign over the house of Jacob for ever. The grammar alone is proof that Christ Jesus is presently NOT reigning over the house of Jacob and that He is waiting in heaven, seated at the right hand of God, to be given the throne of His father David on earth. The Holy Spirit often uses the so-called “increasing or growing revelatory method” which means that He reveals a certain portion of the truth in one section before revealing the truth in its entirety in a following passage or chapter. Revelation 3: 21 is one example of this increasing or revelatory method. Note very carefully that Jesus speaks of “My throne” and the “Father’s throne.” Having already seen that there is only one throne in heaven — that of the Trinity — Jesus Christ’s throne (“My throne”) must obviously refer to something else. The Holy Spirit — in His increasing or growing revelatory methodology provides for us a great deal more of the picture in Revelation 5:9-10 and then the entire picture in Revelation 10: 4-6.

  • “And they sung a new song, saying, Thou art worthy to take the book, and to open the seals thereof: for thou wast slain, and hast redeemed us to God by thy blood out of every kindred, and tongue, and people, and nation; And hast made us unto our God kings and priests: and we shall reign on the earth. And I saw thrones, and they sat upon them, and judgment was given unto them: and I saw the souls of them that were beheaded for the witness of Jesus, and for the word of God, and which had not worshipped the beast, neither his image, neither had received his mark upon their foreheads, or in their hands; and they lived and reigned with Christ a thousand years. But the rest of the dead lived not again until the thousand years were finished. This is the first resurrection. Blessed and holy is he that hath part in the first resurrection: on such the second death hath no power, but they shall be priests of God and of Christ, and shall reign with him a thousand years.”

Christ’s throne (His inheritance of His earthly father David’s throne) must therefore be on earth because His faithful disciples will not be allowed to sit on the one throne in heaven on which He alone may sit. Already I hear protesting voices saying that we are already seated in Christ at the right hand of God in heaven and reigning with Him from heaven on earth. I need to say something about Jesus’ present position in heaven where He is waiting for the time to be fulfilled before He can ascend the throne of his father David on earth.

Let’s turn to Peter’s sermon on the day of Pentecost to shed some light on the meaning of Christ Jesus’ present “waiting” in heaven before the throne of His father David will be given to Him on earth. A-millenninarians usually quote Acts 2: 29-30 to prove that ”The reign of Christ on David’s throne is not an event still in the future” but fails to take the Holy Spirit’s “increasing or growing revelatory method” of revealing truth into account.

  • Act 2:29-30
    (29) Men, brothers, it is permitted to say to you with plainness as to the patriarch David, that he both died and was buried, and his tomb is among us until this day.
    (30) Being a prophet, then, and knowing that God swore with an oath to him that of the fruit of his loin, as concerning flesh, to raise the Christ to sit on his throne, see Psalm 132:11

Yet in his second sermon Peter said:

  • Acts 3:19-21
    (19) Repent ye therefore, and be converted, that your sins may be blotted out, when the times of refreshing shall come from the presence of the Lord;
    (20) And he shall send Jesus Christ, which before was preached unto you: Whom the heaven must receive UNTIL the times of restitution of all things, which God hath spoken by the mouth of all his holy prophets since the world began.

No one can deny that Jesus is presently waiting in the throne of His father UNTIL the time of the refreshing of the earth (His Second Coming after the Great Tribulation and prior to the millennial age of peace on earth) is fulfilled. There are several other passages in Scripture that underscore this waiting period.

  • Hebrews 10:12-13
    But this man, after he had offered one sacrifice for sins for ever, sat down on the right hand of God; From henceforth expecting (waiting) till his enemies be made his footstool.
  • Matthew 19:28
    And Jesus said unto them, Verily I say unto you, That ye which have followed me, in the regeneration when the Son of man shall sit in the throne of his glory, ye also shall sit upon twelve thrones, judging the twelve tribes of Israel.

This cannot be in heaven because there will no longer be any judgment or judging passed on anyone in heaven.

  • Matthew 25:31
    When the Son of man shall come in his glory, and all the holy angels with him, then shall he sit upon the throne of his glory.

This will occur when Jesus Christ returns at His Second Advent to sit upon the throne of his father David on earth in Jerusalem at the inauguration of His earthly 1000 year reign of peace.

Dit is dus baie duidelik dat die Here Jesus   tans nieoor die huis van Jakob regeer nie.

SLOTOPMERKINGS

Ek het my al telkens die vraag afgevra: Wat sit nou eintlik agter die weerstand teen die Wegraping terwyl dit so duidelik deur Paulus uitgespel word? Waarom vermy so baie kinders van die Here dit? Hoewel daar verskeie redes aangevoer word, is daar veral een wat telkens soos klokslag na vore kom, nl. dat die kinders van die Here nie beskore is om die groot vervolging deur die Antichris te ontsnap nie omdat dit juis die wyse sal wees waardeur die “kerk” gereinig en gesuiwer sal word. Dit opsigself klink baie mooi en suiwer evangelies, maar is dit waar? Ek verstout my om te sê dat hierdie siening die regstreekse gevolg is van een van die vyf stellings in Calvyn se sg. TULIP — en wel die “P” wat staan vir “Perseverance” (volharding van die heiliges).

Omdat volharding in die Calvinisme dié enigste sigbare bewys is of iemand reeds voor die grondlegging van die wêreld deur God uitverkies is tot saligheid, is dit vir die Calvinis uiters moelik en selfs ondenkbaar om ’n leer soos die Wegraping te aanvaar. ’n Calvinis kan eenvoudig nie aanvaar dat God hom d.m.v. ’n ontsnapping (Wegraping) aan die Groot Verdrukking die geleentheid sal ontneem om by wyse van sy volharding te bewys dat hy ’n uitverkorene en dus gered is nie. Ek het in my gesprekke met Calviniste dikwels ’n tipe bravade teëgekom, soveel te meer dat hulle met minagting neersien om almal wat glo in die Wegraping omdat hulle kwansuis bangbroeke sou wees om nie die Groot Vedrukking mee te maak nie.

Opsommend kan dus gesê word dat die Calvinis glo dat slegs ’n uitgesoekte klompie uitverkorenes reeds voor die grondlegging van die wêreld deur God uitverkies is tot saligheid en dat hulle volharding die litmustoets is vir hulle uiteindelike redding. Die Calvinis het dus in werklikheid geen sekerheid van saligheid nie, nie voordat hy deur sy volharding bewys het dat hy inderdaad gered is nie, en daarom is die Wegraping (die ontsnapping aan die Groot Verdrukking) vir hom taboe.

’n Calvinis het hom eenmaal so teenoor my uitgelaat toe ek hom vra of hy sekerheid het van sy redding. Hy het hom bloedig vir my vererg en soos volg geantwoord:

“Salvation is made secure at the point when your faith in Christ leads you to obedience to him. It is not secured by being double minded. . . . Let me try it again differently; Salvation is not secured by being double minded. It is made secure at the point when your faith in Christ leads you to obedience to Him.”

Dit kom maar net weer daarop neer dat Christus se woorde aan die kruis “Dit is volbring” nie voldoende was nie en dat die Calvinis sy saligheid moet vasknoop deur sy volharding. Dieselfde persoon het my soos volg geantwoord toe ek vir hom sê dat die sekerheid van ’n mens se redding dié belangrikste ding is wat ’n mens hierdie kant van die graf moet weet:

“I disagree that assurance of salvation is the most important thing to know. For a Christian, the most important thing to know is the love of Jesus Christ and how to become more like Him, not a preoccupation on how that effects our own personal gain.”

Hiermee span hy die wa voor die perde in. Hoe kan enigeen die Here liefhê en toenemend na sy beeld herskape word as hy nog nie sekerheid het van sy saligheid nie? Dis mos totaal onmoontlik. Dit is juis jou sekerheid van saligheid (geloofsekerheid) wat jou dring om Christus lief te hê en om soos Hy te word. Iemand anders wat ook nie in die Wegraping glo nie, het my soos volg geantwoord:

“I am assured I have salvation now as I am currently. I continue my assurance by being diligent (Hebrews 6:11). Don’t be sad because by this knowledge, I will be more diligent in God to endure. And those and only those who endure to the end will be saved (Matthew 10:22). . . . I must endure through God’s power and my ultimate salvation is conditioned upon that, like it or not.”

Die verwerping van die Wegraping hou vir die Calviniste dus verband met hulle seining van die saligheid. Hulle volharding, soos reeds gesê, is die finale litmustoets van hulle redding en om dit te kan doen moet hulle in staat wees om te kan volhard selfs ten tye van die Groot Verdrukking. Daarom is die Wegraping vir hulle ’n onding omdat dit hulle van die geleentheid om hulle redding vas te knoop, beroof.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , | 8 Comments »

Die Pre-Groot Verdrukking Wegraping – Deel 2

Posted by Tom Lessing on January 10, 2009

In hierdie , die tweede aflewering in my reeks oor die Pre-Groot Verdrukking, bespreek ek Ds H.P.M. van Ryn se siening oor die Wegraping wat op 3 Julie 2002 in Die Kerkblad verskyn het. Sy siening rondom die Wegraping is nog steeds die algemene beskouing van die gereformeerde kerke. Hy skrywe:

Die Wegraping is iets waaroor baie gelowiges deesdae praat. Boekwinkels is vol boeke met die Wegraping as tema. Oor die radio hoor ons ook advertensies van gewilde boeke wat oor die Wegraping handel. Maar wat behels die Wegraping en waarom preek Gereformeerde predikante nie daaroor nie?

“Waarom preek gereformeerde predikante nie daaroor nie?” Dis ’n baie goeie vraag omdat dit nie alleen Ds. Van Ryn se subjektiewe benadering tot die apologie blootlê nie maar ook die algemene gemis aan profetiese prediking in die gereformeerde kerke oor die algemeen toelig. Gereformeerde predikante preek weinig of ooit oor Ou of Nuwe Testamentiese profesieë hoofsaaklik omdat hulle belangrike eskatologiese gebeure vergeestelik of allegoriseer of omdat hulle dit op die teenswoordige kerk toepas en nie Israel nie (Vervangingsteologie). ‘n Belangrike vraag wat ons natuurlik ook vir ons moet afvra is, van wanneer af is streng gereformeerheid die finale litmustoets waarvolgens Bybelse leerstellings uiteindelik as reg of verkeerd geëvalueer moet word? Wil Ds. van Ryn voorgee dat die algehele gemis aan die prediking oor die Wegraping onder Gereformeerde predikante ’n klinkklare bewys is dat die leer oor die Wegraping ’n mite is? Hoe seker is hy dat ’n gereformeerde predikant nog nooit daaroor gepreek het nie? Om so ’n stelling te kan maak moes hy tot dusver elke preek van alle gereformeerde predikante dwarsdeur die geskiedenis van die kerk gehoor het, wat natuurlik onmoontlik is en sy statistiek gevolglik op ’n baie wankelrige fondament plaas. Is die prediking van gereformeerde predikante die finale barometer waarvolgens ’n mens enige leerstelling toets of is dit die Woord van God? Paulus het hom nie juis aan hooggeplaasdes in die kerk gesteur wanneer suiwer leerstelling onder die loep gekom het nie. Luister wat sê hy in Galasiërs 2:6. Ek haal aan uit die Amplified Bible.

Moreover, [no new requirements were made] by those who were reputed to be something, though what was their individual position and whether they really were of importance or not makes no difference to me; God is not impressed with the positions that men hold and He is not partial and recognizes no external distinctions. Those [I say] who were of repute imposed no new requirement upon me — had nothing to add to my Gospel and from them I received no new suggestions.

Ds. Van Ryn se verwysing na die gereformeerde predikante se posisie in die beslissing van korrekte leerstellings al dan Johannes Calvynnie is maar net nog ’n saadjie wat vanaf die Roomse kerk na die Gereformeerde kerke oorgewaai het. Wat die Priester (Roomse kerk) en die Dominee (“Meester” in die Gereformeerde kerke) sê mag nie betwyfel word nie omdat dit enige verdere vrae m.b.t. Bybelse leerstellings totaal oorbodig maak. Ek het al by verskeie geleenthede in my gesprekke met Martin Luthermense sekere dinge uit God se Woord aangehaal en verduidelik net om later deur die persone gekonfronteer te word met die woorde “Ek het my predikant oor hierdie vraagstuk in die Bybel geraadpleeg en hy stem hoegenaamd nie met jou saam nie. Ek luister eerder na my predikant want hy is tog immers my herder en nie jy nie.” Dat die oorgrote meerderheid gereformeerde predikante weinig of ooit oor die Wegraping, die letterlike 7-jarige Groot Verdrukking, die Tweede koms van Christus Jesus na die aarde en die daaropvolgende letterlike 1000 jaar van vrede op aarde preek, is te verstane. Die gereformeerde prediking berus hoofsaaklik op Luther en Calvyn wat op hul beurt weer in ’n baie groot mate deur Augustinus beïnvloed is.

Waaraan het A-millennialisme sy ontstaan te danke?

Dit is ironies dat die gereformeerde kerke die kerkvader Augustinus met hoë agting bejeën terwyl hy in ’n baie groot mate die fondamente van die Roomse kerk gelê het.

Daar het in die 3de eeu N.C. ’n duidelike antagonisme teen die premillenniale posisie onder Gauis en Clemens Alexandrinus, die Preseptor in die Kategetiese Skool van Alexandrië ontstaan wat op hulle beurt ’n baie sterk invloed op Origines (185-254 N.C.) en Dionysius (190-265 N.C.) uitgeoefen het. Dit is inderdaad ook Origines wat ’n stewige fondament vir die allegoriese metode van interpretasie gelê het maar dit was Augustinus wat die allegoriese siening van die Millennium sorgvuldig gesistematiseer het. Een van die hoofredes waarom die letterlike siening verwerp is, was omdat dit “Joods” van aard is. Daar is veral twee belangrike dinge wat tot die dood van die millenniale hoop in die gereformeerde kerke tot gevolg gehad het.

  • Die Vervangingsteologie wat reeds in die tyd van Paulus sy lelike kop uitgesteek het. Dit behels die geloof dat God al Sy beloftes aan nasionale Israel na die geestelike Israel (die kerk) oorgedra het omdat die Jode Christus verwerp het. Ironies genoeg is dit vandag die sg. Geestelike Israel (die kerk) wat in ’n baie groot mate vir Christus Jesus  verwerp en in toenemender mate valse Christusse, ’n ander Evangelie en ’n ander gees aanhang. Selfs baie van die Gereformeerde Kerke hou hulle besig met onbybelse leerstellings en verdra die valse leermeesters wat in hulle midde is. En tog noem hulle hulself die “Nuwe Israel.” Hoe rym dit?
  • Die vereniging van kerk en staat onder Konstantyn. Keiser Konstantyn het ter wille van sy eie politieke aspirasies die wêreld en sy menings by die kerk ingedra. Overgeset synde is die hedendaagse kerk besig om ter wille van oorlewing presies dieselfde te doen. Die kerk is nie meer langer daarop ingestel om te weet wat die Here sê nie maar wat die samelewing te sê het oor vraagstukke soos homoseksualisme en dies meer. Daarom haal predikante al hoe meer hedendaagse filosowe, sielkindiges en predikers aan (soos M. Scott Peck, Stephen Covey, John de Martini, Brian McLaren, Leonard Sweet, Rob Bell, Doug Pagitt, en Rick Warren) pleks daarvan om met oortuiging te verklaar “So sê die Here.”

Laat ons kortliks kyk na sommige van Augustinus se belangrikste eienskappe.

  • Augustinus van Hippo, geskilder deur Sandro BotticelliHy was nie ’n gewone Roomse Katoliek nie maar die beroemdste en invloedrykste een in die geskiedenis van die kerk.
  • Hy was een van die oorspronklike Roomse Doktors van die Kerk aan wie ’n feesdag op 28 Augustus in die Roomse Katolieke Kerkjaar gewy word.
  • Die ontslape Pous Johannes Paulus II het hom die “algemene vader van ons Christen-samelewing” genoem. In teenstelling met Pous Johannes Paulus II se lofsange, het William P. Grady van hom gesê: “Die misleide Augustinus (354-430) het so ver gegaan om aan die hand van sy boek “Die Stad van God” te verkondig dat Rome die voorreg gehad het om die Millennium (die simboliese 1000 jaar regering van die kerk op aarde) in te lei.
  • Augustinus het die Roomse Kerk gemoduleer in die vorm wat dit vandag nog handhaaf. Die meeste evangeliese kerklui wat ’n letterlike 1000 jaar van vrede op aarde verwerp, het wetend of onwetend onder die betowering van Augustinus gekom ten spyte van sy vaste credo dat “Ek die Evangelie nie sal glo nie tensy ek deur die outoriteit van die Katolieke Kerk daartoe beweeg word.” Daar is nouliks ’n enkele dwaalleer wat die Roomse kerk tot vandag toe omarm wat nie by Augustinus ontstaan het nie. Dit sluit die wederbarende kinderdoop in terwyl kinders wat ongedoop doodgaan tot die ewige hel verdoem word; die noodsaaklikheid van die doop vir die vergewing van sondes; die vagevuur; redding wat alleenlik in die Roomse kerk plaasvind; verlossing deur werke; en vervolging van almal wat die Roomse dogmas verwerp.
  • Hy het die volgende dinge aanvaarbaar gemaak — die Apokriewe boeke wat selfs deur die Jode verwerp is; die allegoriese of simboliese interpretasie van groot gedeeltes van die Skrif, veral met betrekking tot die eindtyd asook die allegoriese interpretasie van die sesdaagse skeppingsverhaal omdat hy gesê het dit nie letterlik verstaan moet word nie.
  • Hy het die persoonlike en letterlike regering van Christus op aarde vir ’n 1000 jaar verwerp en volgehou dat die Kerk (gelowiges) tans regeer en dat Satan gebind is.
  • Hy het benadruk dat Satan tans gebind is op grond van die feit dat “mense self nou en ongetwyfeld tot die einde van die wêreld gerehabiliteer sal word van die geloof dat Satan in die bodemlose put gewerp sal word” (Openbaring 20:1-3). Selfs nog meer verbasend is sy standpunt dat die bodemlose put waarin Satan opgesluit sal word . . . nou alreeds in die dieptes van die blinde harte van die Christus-haters gebind is.
  • Die veragtelike vervolging en dood van miljoene evangeliese Christene en Jode was die gevolg van sy inkwisisie-agtige uitlating: “Waarom moet die Kerk dus nie geweld gebruik om haar verlore seuns te dwing om na haar terug te keer nie? Die Here self het gesê ‘Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom . . .’ Daarom is die mag wat die Kerk ontvang het – deur die religieuse karakter en geloof van konings – die instrument waardeur diegene wat in die paaie en lanings gevind word – d.w.s. in die ketterye en divisies – gedwing word om in te kom en laat hulle nie fout vind daarmee om gedwing te word nie.

Die geskiedskrywer Allis skryf:

He (Augustine) taught that the millennium is to be interpreted spiritually as fulfilled in the Christian Church. He held that the binding of Satan (Revelation 20) took place during the earthly ministry of our Lord (Luke 10:18), that the first resurrection is the new birth of the believer (John 5:25), and that the millennium must correspond, therefore, to the inter-adventual period of the Church age. This involved the interpreting of Revelation 20:1-6 as a “recapitulation” of the preceding chapters instead of as describing a new age following chronologically on the events set forth in chapter 19.

Die geskiedskrywer Peters skryf:

It may be briefly stated as a self-evident fact, that the entire spirit and aim of the papacy is antagonistic to the early church view, being based on coveted ecclesiastical and secular power, on extended jurisdiction lodged in the hands of a Primate . . . when a system was founded which decided that the reign of the saints had already begun – that the Bishop of Rome ruled on earth in Christ’s place; that the deliverance from the curse would only be effected in the third heaven; that in the church as kingdom, there was “an aristocracy” to which unhesitating obedience must be rendered; that the prophetical announcements respecting Messiah’s Kingdom were fulfilling in Romish predominance, splendor, and wealth; that the rewarding and elevation of saints was not dependant upon the Second Advent, but upon the power lodged in the existing Kingdom, etc. etc. – then it was that Chiliasm (belief in a literal 1000 years of Christ’s reign on earth), so distasteful and obnoxious to these claims and doctrines, fell beneath the powerful and world-pervading influence exerted against it.

As die Roomse Kerk die dier uit die see is, soos baie evangeliese Christene van die vorige eeu geglo het, dan kan ons sonder enige redelike twyfel aflei dat die leerstellings van die A-millennialisme sy oorsprong by die dier uit die see gehad het. Hoe kan enigeen ’n eskatologiese leerstelling van ’n man aanvaar wie se leerstellings oor genade en verlossing nie tred hou met dit wat die Bybel ons leer nie?

Ds H.P.M. skryf voorts

Aanhangers van dié leer hou verskillende variasies voor en daarom is dit moeilik om presies te sê wat hulle glo. Die Wegraping is in kort ‘n leerstuk wat sê dat Jesus voor sy finale wederkoms skielik eers nog ‘n slag sal kom om die gelowiges te haal. Hy kom die gelowiges haal sodat hulle die tyd van die Groot Verdrukking, wat net voor die finale wederkoms gaan plaasvind, kan vryspring en dit hulle gespaar kan bly.

Die Groot Verdrukking gaan dus net die ongelowiges tref wat op aarde gaan agterbly, want Jesus het sy kerk kom wegraap. Wanneer hierdie tyd verby is, dan gaan Jesus weer kom om te oordeel en dan gaan die ewige lewe aanbreek. In totaal kom Jesus dus drie keer aarde toe – eers met sy geboorte, dan met die Wegraping en dan met die Wederkoms. Dit klink baie troosvol, maar is dit waar? Is dit regtig wat die Bybel sê?

Ja! Dit is regtig wat die Bybel sê. Die Here Jesus self het belowe dat Hy Sy volgelinge (skape) van die Groot Verdrukking sal bewaar sodat hulle dit geheel en al mag vryspring. Dit is algemeen bekend dat die sewe kerke in Openbaring 3 as tipes van die kerk deur die eeue heen gesien word. Wat die Here Jesus toe vir elke afsonderlike gemeente gesê het, sê Hy ook vandag vir elke individuele gemeente wat in die voetstappe van een van die sewe kerke volg. Aan die kerk van Philadelphia het Hy gesê:

Openbaring 3:10 Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

Dat daar ’n spesifieke tydstip (’n uur) in die geskiedenis van die mensdom gaan kom waarin God die ganse wêreld op die proef gaan stel en oordeel, is nie te betwyfel nie. Daarvan getuig die boeke Daniël en Openbaring baie duidelik. Die bewaring gaan dus nie om ‘n vrymaking uit die hand van die Antichris nie, maar vanuit die greep van die oordele van God self wat tydens die sewejarige Groot Verdrukking (die uur van beproewing) oor die hele wêreld uitgestort sal word. In die profetiese rede wat Daniël van die engel Gabriël ontvang het, het God gesê dat Hy ’n dekreet van 70 weke of Joodse “Shabuas” (490 jaar) oor Sy volk Israel en Jerusalem uitgevaardig het sodat Hy Sy doel met hulle kan bereik. Vier honderd drie en tagtig jaar van die 490 is alreeds letterlik vervul. Hierdie tydsverloop behels kortliks die volgende.

Vanaf die dekreet wat Koning Artaxerxes aan Nehemia uitgevaardig het en hom die toestemming verleen het om Jerusalem te herbou (let wel, nie net die tempel nie) tot en met Jesus se intog op ’n donkie in Jerusalem toe Hy Hom openlik as Israel se Messias geopenbaar het, het presies 483 jaar verloop. As hierdie tydsverloop só letterlik vervul is dan moet die oorblywende 7 jaar netso letterlik vervul word. Dit sou voorwaar onvanpas wees om die 483 jaar as ’n letterlike tydsverloop te interpreteer en die oorblywende sewe jaar te vergeestelik (simboliseer). Dat daar tot dusver meer as 2000 jaar verloop het sonder dat die laaste sewe jaar van die 490 jaar in vervulling gegaan het, is ’n voldonge feit. Waarom vertraag God die aanvang van die laaste 7 jaar van die 490 jaar wat Hy oor Sy volk Israel en Jerusalem uitgevaardig het? Ons vind die antwoord in 2 Petrus 3: 9:

Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

M.a.w. God se lankmoedigheid is besig om die laaste sewe jaar waarin Hy Sy regverdige oordele oor die hele aarde gaan uitgiet, uit te stel. Hy is tans besig om te kyk of daar nie nog mense is wat hulle tot Hom wil bekeer nie. Die vraag is nou net: wanneer gaan God sê “Genoeg is genoeg. Tot hiertoe en nie verder nie.”

Daar is veral twee dinge wat op die oomblik nog moet plaasvind alvorens die laaste sewe jaar van die 490 jaar (70 weke) kan begin aftik. Die een vind ons in Romeine 11: 25 en die ander in 2 Thessalonicense 2: 6.

Romeine 11:25 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;

2 Thessalonicense 2:6 En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.

Wat die laasgenoede betref is dit nodig om eers te kyk na die Here Jesus se woorde in Johannes 5:43:

Johannes 5:43 Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hom sal julle aanneem.

Dit is ’n onteenseglike feit dat die “hom” nie net na die leerstellings van ’n spesifieke persoon of na ‘n gees of ‘n klomp geeste verwys nie maar na die letterlike persoon self want dit is ook onteenseglik so dat die Jode niemand as hulle Messias sal aanvaar nie, tensy hy die vrede aanbring wat hy belowe het. Ons beleef tans daagliks op TV die oorlog wat in Gaza in die Midde-Ooste woed. Die Jode met wie CNN en Sky News onderhoude voer, sê telkens dat hulle maar net in vrede saam met die sg. Palestyne (Jordaniese Arabiere) wil saamlewe. Verskeie wêreldleiers se pogings om hierdie vrede te bewerkstellig, het telkens misluk. Maar, daar is iemand wat moontlik tans reeds in die vleuels van die wêreldverhoog wag om hierdie vrede aan te bring. Hy is die antichris van wie Jesus in Johannes 5:43 gepraat het. Hoewel dit ’n valse vrede sal wees, gaan hy daarin slaag om die Jode te oortuig dat hy hulle langverwagte Messias is wat vir hulle die vrede in hulle eie land sal meebring en hulle sal dan ‘n geskrewe verbond van sewe jaar met hom sluit.

Daniël 9:27 En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

Daniël 8:25 En op grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van die vorste, maar hy sal sonder toedoen van mensehand verbreek word.

Ek hou meer van die KJV se vertaling van Daniel 8: 25 want dit bring die wyse waarop hy sy vernietigingswerk gaan doen vir my baie beter na vore.

“ . . . and by peace (prosperity) shall destroy many: he shall also stand up against the Prince of princes; but he shall be broken without hand.”

Die Here Jesus het in Mattheus 24:15, 16 hierna verwys:

Mattheus 24:15, 16 Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom — laat hy wat lees, oplet — dan moet die wat in Judea is, na die berge vlug; . . .”

Ds, H.P.M. van Ryn skryf voorts:

Begronding? Die woord “Wegraping” staan nêrens in die Bybel nie. In die Ou Vertaling staan die woord “wegraap” net drie keer en dit net in die Ou Testament (Jeremia 8:13; Sefanja 1, 2 en 3). By aldrie hierdie tekste gaan dit oor God wat ongehoorsames gaan bymekaar maak om hulle te oordeel. Hier is dus nie sprake van ‘n wegraping soos wat hierdie leer bedoel nie.

Dit is ondenkbaar, om nie eens te praat van die onvanpastheid daarvan nie, dat geleerde mense voortdurend een van die swakste en naïefste eksegetiese argumente gebruik wanneer hulle met soveel oortuiging sê “Dié of daardie woord kom gladnie in die Bybel vooor nie.” Dit is darem ’n bietjie te dik vir ’n daalder om aanvanklik te sê dat die woord “wegraping” nêrens in die Bybel voorkom nie en dan onmiddellik te erken dat dit wel in die Ou Testament (ou vertaling) verskyn. Daarby gesê is die “nêrens-in-die-Bybel-te-vinde-strategie” nie baie oortuigend nie. Die woord “drie-eenheid” (“Trinity”) is ook nêrens in die Bybel te vinde nie. Beteken dit dan dat die Drie-eenheid ’n mite is? Die meeste apologete wat versuim om hulle standpunte vanuit die Woord van God te verantwoord of om dit op soliede eksegese te baseer, kap gewoonlik baie gou terug met die teenaanval “Maar dié of daai woord kom nie eens in die Bybel voor nie.” Dit is hierdie soort van subjektiewe argumente wat Bybelse waarhede in ’n baie slegte lig bring by mense wat werklik soek na die waarheid.

Ds. H.P.M. van Ryn skryf dan as volg:

Waarop word die leer van die sogenaamde Wegraping dan begrond? Dit word begrond op gedeeltes soos 1 Tessalonisense 4 :17. Kyk, daar staan dit dan in die Bybel, sal aanhangers van dié leer sê: “Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug: en so sal ons altyd by die Here wees.” Daar staan dit mos. Die Here gaan ons kom wegraap! En kyk maar na Matteus 24: 40, 41: “Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat.” Skielik sal al die gelowiges van die aarde weggeneem word en dan sal die groot verdrukking aanbreek onder die ongelowiges.

Daar is net een manier om 1 Thessalonicense 4: 17 se woorde “saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug” as die wegraping te weerlê en dit is om dit te vergeeestelik. Dit sou natuurlik ’n hele aantal ernstige tameletjies tot gevolg hé. In die eerste plek sou dit moes beteken dat die Here Jesus se wederkoms self ook vergeestelik (allegoriseer) moet word. Verskeie kerkleiers in die NG Kerk is alreeds besig om die wederkoms van Jesus Christus te vergeestelik of om dit heeltemal te ontken, en so-ook met sy opstanding uit die dood.

Soos ek reeds in my inleiding gesê het, gee die opponente van die Pre-Groot Verdrukking Wegraping toe dat daar wel so iets soos ’n opraping in hierdie geedeelte moet plaasvind. Daar staan tog immers baie duidelik geskrywe dat die uit-die-dood-opgestane-heiliges en die lewend-oorgeblewe-heiliges die Here in die lug sal ontmoet. Kom hulle deur hulle eie toedoen en krag daar bo in die lug by die Here uit of gaan hulle deur die bonatuurlike krag van die Here daarheen opgeraap (weggeraap) word? Let daarop dat daar hoegenaamd niks in hierdie gedeeltes van die ongelowiges gepraat word nie. Volgens Openaring 20 sal alle ongelowiges eers na die 1000-jarige vrederyk uit die dood opgewek word om by die Wit-troon oordeel geoordeel en daarna in die ewige vuurpoel gewerp te word (Openbaring 20: 5, 6, 11-15). Die vurigste teenstanders van die Wegraping sal moet erken dat daar ’n letterlike opraping (harpazo) vanaf die aarde na die lug (aer — atmosferiese ruimte bokant die aarde) sal plaasvind. Gevolglik gaan dit nie daarom of daar ’n wegraping gaan plaasvind nie maar wanneer dit gaan gebeur. Ek praat nie van ’n presiese datumbepaling nie, maar of dit voor, midde of na die sewejarige verdrukking gaan plaasvind. Dit maak dus nie saak hoe hard en hoe vurig die teenstaanders probeer om die Wegraping as ’n letterlike en toekomstige gebeurtenis te weerlê nie, hulle kan nie ontken dat 1 Thessalonicense 4:17 se woorde “weggevoer word die Here tegemoet in die lug” ’n letterlike opraping (harpazo) sal wees nie.

Ds. H.P. M van Ryn vervolg:

Weerlegging

Is dit regtig wat daar staan? Dat Jesus die gelowiges van die aarde gaan wegneem sodat hulle die groot verdrukking gespaar kan bly? Staan daar regtig iewers in die Bybel dat Jesus nog twee keer gaan kom? Nee, dit staan nêrens nie. Inteendeel, Matteus 24 waarsku gelowiges juis om gereed te wees vir die volgende en finale koms van die Here – die wederkoms. Daar staan niks van ‘n wegraping voor die wederkoms nie.

Die Skrifgedeeltes waarna die aanhangers van die wegraping verwys, het gewoonlik op Jesus se finale wederkoms betrekking. Die wederkoms self word in hierdie gedeeltes beskryf. Die twee wat op die land werk en waarvan een saamgeneem word en die ander agtergelaat word, is ‘n manier om die oordeel van God te verduidelik. Gelowiges en ongelowiges woon en werk nou nog saam hier op die aarde, maar wanneer die wederkoms aanbreek, dan vind die oordeel plaas en dan word die gelowiges en ongelowiges vir altyd van mekaar geskei – een word saamgeneem na die ewige lewe en die ander word agtergelaat vir die ewige dood. Dit wat in Matt 24: 40, 41 gesê word, word dus herhaal in Matteus 25: 31-33. Hier is definitief geen sprake van ‘n eerste en ‘n tweede wederkoms nie. Alleen maar een enkele wederkoms wat met verlossing en oordeel gepaard gaan.

Dieselfde met 1 Tessalonisense 4: 17. As daar staan: “Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug”, dan troos die Here ons met hierdie gedagte: Wanneer die wederkoms plaasvind, dan kom Jesus en Hy bring die siele van die gelowiges wat reeds gesterf het, saam. Hulle liggame sal dan opgewek word, met hulle siele verenig word en daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so, saam met ons geliefdes wat reeds gesterf het, sal ons vir altyd by die Here wees.

Weer eens, hier is geen sprake van Jesus wat nog twee keer moet kom nie. Dit is baie duidelik ‘n beskrywing van Jesus se finale wederkoms.

Dit is so dat hoofstukke 24 en 25 van Mattheus nie die Wegraping beskrywe nie maar wel die Tweede Koms van die Here Jesus na die aarde om die nasies te oordeel. Dit opsigself is maar een van die hoofverskille tussen die Wegraping en die Tweede Koms. By die Wegraping is dit slegs die opgestane en oorgeblewe lewende heilges wat die Here in die lug tegemoet sal gaan wanneer Hy kom soos ’n dief in die nag. M.a.w. in 1 Thessalonicense 4: 17 is Sy koms (die Wegraping) nie na die aarde nie. By Sy Tweede Koms, lees ons in Sagaria 14: 4, sal Sy voete op die Olyfberg staan en die berg sal van die Ooste na die Weste middeldeur gesplyt word sodat die een kant na die Noorde en die anderkant na die Suide wegwyk. Om hierdie betrokke verskil te akkomodeer, sê die anti-Wegraping groep dat die heiliges (soos beskrywe in 1 Tthessalonicense 4: 17) Hom in die lug tegemoet sal gaan net om Hom onmmiddellik terug te begelei na die aarde om die nasies te oordeel. Dit sou beteken dat daar hoegenaamd geen tyd ingeruim sal kan word vir die Bema-troon oordeel en die Bruilof van die Lam nie, en dat daar dus ook geen sewejarige verdrukking sal wees nie. Hierop sal die a-millenialiste waarskynlik antwoord dat daar net ’n enkele oordeel sal wees van beide die gelowiges en die ongelowiges (Wit-troon oordeel) en dat die uitdeel van lone en krone en die bruilof van die Lam onmiddellik na die Wit-troon oordeel sal geskied. Dit is nie wat die Bybel ons leer nie. In Lukas 12: 35 en 36 waarsku die Here Jesus “En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.” (Lees maar gerus weer die gelykenis van die vyf wyse en die vyf dwase maagde in Mattheus 25). Dit as sodanig spreek boekdele wat ons sal help om ’n paar dinge te onderskei. As die vyf wyse en vyf dwase maagde ’n beskrywing was van die Wegraping dan sou die onverwagse en enige-oomblik element van Sy koms daarmee heen wees omdat beide die gereddes (wyse maagde) en die ongereddes (dwase maagde) hulle self gereed maak om die Bruidegom te ontmoet. As die meeste gelowiges nie eens vandag glo dat die Here enige oomblik soos ’n dief by die Wegraping in die nag kan terugkeer nie hoe op dees aarde kan ’n mens verwag dat die ongelowiges besig is om hulle gereed te maak vir sy koms en die Bruidegom tegemoet te gaan? Die vyf dwase maagde is nie gelowiges nie maar ongelowiges (naam-Christene).

Wanneer die Here Jesus terugkeer met Sy tweede koms, sal die bruilof van die Lam en Sy bruid (alle gelowiges) reeds ’n gedane en afgehandelde saak wees. In my inleiding het ek reeds daarop gewys dat die woord “erchomai” (“het gekom” — Openbaring 19:7), in die geval waar mense betrokke is, nie beteken dat iets op daardie spesifieke oomblik aangebreek het nie, maar dat ’n reeds voldane gebeurtenis van een plek na ’n ander gekom het. In hierdie geval beteken dit dat die “paartjie” (Bruidegom en bruid) na die reeds voldane huwelik van die Lam wat in die hemel voltrek is (ná die Wegraping), by Sy Tweede Koms na die aarde sal terugkeer om die huweliksmaal te geniet. Die Christene se huwelikseremonie is ‘n toonbeeld hiervan. Die huwelik self word in die kerk voor die kansel voltrek waarna die bruilofspaar en hulle gaste na ‘n ander lokaal gaan om die huweliksmaal te nuttig. Die Jode en baie van die heidene wat die sewejarige verdrukking oorlewe, sal dan as gaste na die bruilofsmaal genooi word en die enigste voorwaarde om toegang tot die bruilofsmaal te verkry, sal wees om met ’n bruilofskleed oorklee te wees — om gered te wees (Mattheus 25: 12, 13; Jesaja 61: 10).

Mattheus 22:9-13 Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof. En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword. En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Baie Jode en heidene wat nie tydens die Wegraping die Here in die lug tegemoet gaan nie, sal gedurende die Groot Verdrukking tot bekering kom en met hulle natuurlike liggame toegang verleen word tot die Bruilofsmaal van die Lam op aarde wanneer Jesus met sy Tweede Koms terugeer na die aarde, mits hulle oorklee is met ‘n bruilofskleed. A-millennialiste verkla die Wegraper-gelowiges van drie wederkomste – die eerste koms van Jesus as mens om gekruisig te word, die Wegraping en sy koms soos dit in Sagaria 14 beskrywe word. Daar is egter net twee komste van Hom na die aarde — sy eerste koms as mens en sy tweede koms in Sagaria 14. Sy koms by die Wegraping is  nie na die aarde nie maar in die lug om soos ‘n dief in die nag sy Bruid te kom haal vir die huwelik in die hemel.

Indien die volgende stelling van Ds. Van Ryn waar sou wees: “Wanneer die wederkoms plaasvind, dan kom Jesus en Hy bring die siele van die gelowiges wat reeds gesterf het, saam. Hulle liggame sal dan opgewek word, met hulle siele verenig word en daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so, saam met ons geliefdes wat reeds gesterf het, sal ons vir altyd by die Here wees,” sou dit beteken dat slegs die gestorwe heiliges wat saam met Hom terugkeer by Sy Tweede Koms om met hulle liggame verenig te word, deel sal wees van die bruilof van die Lam in die hemel. Gaan net ’n deel van die Bruid van die Lam langs Hom staan wanneer Sy huwelik in die hemel voltrek word? Onthou, volgens Lukas 12: 35, 36, wanneer die Here trugkom, sal Hy terugkom as die Bruidegom wat reeds Sy huwelik met Sy bruid in die hemel voltrek het: “En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom . . .” Dit beteken dat die volle getal heidene en Jode wat tot redding gekom het in die tyd waarin ons tans lewe, teenwoordig moet en sal wees by die bruilof van die Lam. Inderdaad, Paulus beaam dit wanneer hy sê:

Romeine 11: 25 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het

Dit staan onwrikbaar vas dat die verharding wat tans nog oor die grootste deel van Israel heers deur die Here self uit die weggeruim gaan word sodat Hy weer eens tot hulle harte kan spreek. Dit sal gebeur nie voordat die heel laaste persoon onder die heidene van wie God reeds voor die grondlegging van die wêreld geweet het hom/haar tot Hom sal bekeer en tot redding gekom het nie. M.a.w God het reeds voor die grondlegging van die wêreld geweet wanneer niemand meer onder die heidene hulle tot Hom sal bekeer nie, en alleenlik wanneer die heel laaste persoon ingegaan het, sal God weer met sy volk Israel begin werk. Dit gaan die Here inderdaad ook doen wanneer die sewejarige verdrukking net ná die Wegraping (“totdat die volheid van die heidene ingegaan het”) ’n aanvang sal neem. Die hoofdoel van die Groot Vedrukking is om die volk Israel vir die koms van hulle Messias voor te berei vóór die aanvang van die Millennium Vredeskoninkryk op aarde. Dat die sewejarige verdrukking primêr ’n Joodse aangeleentheid is, word onderstreep deur Jeremia 30:7:

Jeremia 30:7 Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ‘n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.

Die goeie nuus dat die Koning se wederkoms op hande is, sal durende die sewejarige Groot Verdrukking gepredik word soos in die dae van Johannes die Doper en die twaalf dissipels (Mattheus 24: 14). Hierdie keer sal daar in plaas van twaalf, 12 x 12,000 (144, 000) wees wat die goeie nuus sal verkondig.

Nêrens in hierdie gedeelte word die geringste aanduiding gegee dat die gestorwe siele van die heliges eerste opgewek sal word en dat die oorblewende lewende heiliges in ’n oogwink verander sal word om die Here in die lug tegemoet te gaan nie. Die opstanding in Openbaring sal die opstanding wees van die heilges wat gedurende die Groot verdrukking onthoof is vir hulle standvastige geloof in Jesus Christus (Openbaring 6: 9). Dit is nie ’n opstanding tot ’n opraping of  ‘n wegraping in die lug nie, maar alleenlik ’n opstanding om die Millennium koninkryk van Christus binne te gaan.

Openbaring 20:4 . . . en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. (Openbaring 20: 4).

Terloops, indien die tyd waarin ons nou lewe simbolies is van die 1000-jarige Vrederyk op aarde, wanneer het die heiliges wat gedurende die verdrukking onthoof is oor hulle getuienis van Jesus en geweier het om die merk van die dier op hulle hande of voorhoofde te neem, uit die dood opgestaan? Indien die eerste opstanding, soos Augustinus dit aan die Roomse Kerk en die Gereformeerde Protestantse kerke oorgedra het, die bekering en redding van sondaars is, dan moet hulle “opstanding” (berkering en redding) onafwendbaar gekoppel word aan die merk van die bees omdat hulle juis gedood word omdat hulle weier om die merk van die bees te neem. Waar’s die merk van die bees? Openbaring 20: 4 sê tog immers baie duidelik dat hulle ná die Groot verdrukking en vóór die aanvang van die Millennium Vrederyk op aarde uit die dood opgewek sal word. Waar regeer hulle tans as konings saam met Jesus Christus, soos Oopenbaring 20 sê sal gebeur? A-millenialiste sê hulle regeer tans in die hemel oor die simboliese 1000 jaar wat tans aan die gang is op die aarde. As hulle vanuit die hemel saam met Christus regeer, wat het dan van hulle opstanding geword (. . . en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank)? As die opstanding beteken dat dooies soos Jesus Christus liggaamlik uit die dood moet opstaan, dan beteken dit dat die heiliges wat onthoof is alreeds liggaamlik opgestaan het en met hulle nuwe verheerlikte liggame saam met Christus in die hemel regeer. Kan dit waar wees?

Baie Christene interpreteer Mattheus 24: 40, 41 as die Wegraping. Indien dit waar sou wees dan kan groot gedeeltes van hoofstuk 24 nie streng chronologies hanteer word nie. Ons moet in gedagte hou dat die hele hoofstuk die Here Jesus se antwoord is op die dissipels se vraag “Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? Die eerste gedeelte van hulle vraag slaan terug op Sy beskrywing van die vernietiging van Jerusalem en die tempel deur Flavius Vespasianus Titus en die Romeinse magte in 70 NC. Sy opvolgende beskrywing van die sewejarige verdrukking bereik ’n hoogtepunt wanneer die ongelowiges wat gedurende die verdrukking geweier het om hulle tot die Here te bekeer netsoos die ongelowiges in die dae van Noag skielik weggeneem (gedood) sal word om in Hades in bewaring gehou te word tot en met die Wit-troon oordeel na die voleinding van die 1000-jarige Vrederyk op aarde. Die oorblywende gelowiges (diegene wat nie gedood is nie) wat gedurende die Groot Verdrukking tot bekering gekom het onder die prediking van die 144 000 Joodse evangeliste sal met hulle natuurlike liggame toegang tot die 1000-jarige Vrederyk op aarde verleen word (Jesaja 65: 17-25; Mattheus 24: 37-47).

Ds. H.P.M van Ryn skryf voorts:

Onnodige troos?

As dit dan so was dat daar eers ‘n wegraping van die gelowiges sal wees voordat die groot verdrukking aanbreek, dan is groot dele van die Bybel onnodig geskryf, dele wat juis geskryf is om die gelowiges in die verdrukking te versterk en te bemoedig.

Matteus 24: 21, 22 sê byvoorbeeld: “… Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.” Die uitverkorenes word dus nie weggeraap om daardie tyd vry te spring nie, maar God kort die tyd in om hulle tegemoet te kom. Die hele Bybel is ook vol aanmoedigings om tot die einde toe te volhard, soos byvoorbeeld Matteus 24: 13. Waarom sou dit nodig wees as ons dan weggeraap sou word om die verdrukking vry te spring?

Onnodige troos? Paulus moes dan verkeerd gewees het toe hy sy relaas oor die Wegraping in 1 Thessalonicense 4: 13-18 afgesluit het met die woorde:

Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal voor wees nie. Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.

Op verskeie plekke in die Nuwe Testament word die koms van die Here vir Sy volgelinge by die Wegraping telkens as hulle “hoop” beskryf. Hoop, in hierdie opsig, is nie ’n mog-het-troffe tipe hoop nie. Dit is ’n vaste wete en vertroue dat God sal doen wat Hy belowe het. (Johannes 14).

1 Johannes 2:2, 3 Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is (Klem bygevoeg).

Daar is veral twee redes wat aangevoer kan word vir die verkeerdelike interpretasie of die algehele verwerping van die Wegraping:

  1. Die onbybelse aanname dat die kerk Israel as volk vervang het (die sg “Verplasings Teologie”). Die gevolg is dat die Groot Verdrukking nie gesien word as ’n tydvak met hoofsaaklik Joodse kenmerke nie, maar as ’n tyd waarin alle gelowiges se geloof beproef en gesuiwer sal word. Die gevolg is ook dat alleenlik die gelowiges gesien word as die uitverkorenes van God en nie die Jode as God se volk nie.
  2. Die doel van die sewejarige vedrukking is nie om gelowiges se geloof te toets nie, maar om die Joodse volk tot bekering te lei en om die nasies wat hulle nog altyd so sleg behandel en verdruk het, te oordeel. Die eg Joodse karakter van die Groot verdrukking word duidelik omlyn deur die volgende feite in ag te neem.

Ou Testamentiese geskrifte getuig daarvan (Deuteronomium 4:30, 31; Jeremia 30:7; Esegiël 20: 37; Daniël 12: 1; Sagaria 13: 8, 9), die Olyfberg diskussie van Chrsitus getuig daarvan (Mattheus 24: 9-26) en die hele boek van Openbaring getuig daarvan. Dit behels:

  • Daniël se mense.
  • Die koms van die valse Messias wat met die Jode ’n sewejarige vredesverbond gaan sluit.
  • Die verkondiging van die koninkryk.
  • Die vlug op die Sabbat.
  • Die tempel en die heilige plek.
  • Die land van Judea.
  • Die heilige stad Jerusalem.
  • Die twaalf stamme van die kinders van Israel.
  • Die seun van Moses.
  • Tekens in die hemel.
  • Die verbond met die dier (Antichris).
  • Die allerheiligste, die offerande.

Al hierdie dinge spreek van Israel en bewys dat die verdrukking hoofsaaklik ’n tyd is waarin God met Sy antieke mense gaan handel voordat baie van hulle (die oorblyfsel) die beloofde koninkryk op aarde binne sal gaan. (Deuteronomium 30:1-6; Jeremia 30: 8-10).

Dit is waar dat God dikwels verdrukkinge toelaat en gebruik om die geloof van Sy kinders te suiwer en te toets, maar dit is nie die doel van die Groot verdrukking nie. Die aard van die Groot verdrukking word in die volgende skrifgedeeltes uitgespel.

  • GRIMMIGHEID (Sefanja 1: 15, 18; 1 Thessalonicense 1: 10; 5: 9; Openbaring 6: 16, 17; 11: 18; 14: 10, 19; 15: 1, 7; 16; 1)
  • OORDEEL (Openbaring 14; 7; 15: 4; 16: 5, 7; 19: 2)
  • TOORN (Jesaja 26: 20, 21; 34: 1-3)
  • BENOUDHEID (Jeremia 30: 7; Sef. 1: 14, 15; Daniël 12: 1).
  • VERWOESTING (Joel 1: 15; 1 Thessalonicense 5: 3).
  • DUISTERNIS EN DONKERHEID (Joel 2; 2; Amos 5: 18; Sefanja 1: 14-18).

Ds. H.P.M. van Ryn skryf vervolgens:

Die hele Openbaringboek is dan ook eintlik onnodig, want Openbaring is juis geskryf om gelowiges te bemoedig, ook en veral in die tyd van die groot verdrukking. Hoor maar wat sê Jesus in Openbaring 3: 10, 11: “Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.” In hoofstuk 7 word die gelowiges beskryf wat in die groot verdrukking enduit getrou gebly het. Hulle het dit deurgemaak en met God se genade getrou gebly! Hulle is nie voor die tyd weggeraap nie! In hoofstuk 13: 7 lees ons van die antichris dat: “Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en om hulle te oorwin … .” En dan in vers 10: “Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.” As die wegraping wel bestaan, sal die antichris nie teen die gelowiges kan oorlog maak nie en sal hulle nie die volharding en die geloof nodig hê nie.

Openbaring 3: 10 is ’n sleutelvers in die voortslepende polimiek oor die Wegraping. Die teenstanders wil dit hê dat “in die uur van beproewing” beteken dat die Here Sy heiliges midde in die Groot Verdrukking gaan bewaar netsoos Hy sy volk Israel midde in Egipte bewaar het terwyl Hy Sy tien plae oor die land uitgegiet het. M.a.w hulle staan ’n INTERNE beskerming of bewaring voor waar daar hoegenaamd geen sprake is van ’n uittog (opraping of wegraping) nie. Dit is ironies dat Ds. van Ryn ook vers 7 van hoofstuk 13 aanhaal wat baie duidelik sê dat die Here die Antichris gaan toelaat om oorlog te voer teen die heliges en hulle te oorwin. So-ook getuig Openaring 6:9-10; 7-9, 13, 14; 13:15; 14:13; 16:6; 18:24 en 20:4 dat die heiliges ongekende vervolging en marteling sal ervaar. Hoe rym hierdie gedeeltes met Opebaring 3:10 waar die Here belowe dat Hy Sy getroue volgelinge “in die uur van beproewing” sal bewaar. Eers sê Hy, Hy sal hulle bewaar en dan sê die boek van Openbaring dat Hy hulle gaan oorgee aan die verwoestende haat van die Antichris om hulle te oorwin, te martel en dood te maak. Het die Here Hom weerspreek toe Hy dit in Openbaring 3: 10 gesê het”? Ds. Van Ryn protesteer dat “As die wegraping wel bestaan, sal die antichris nie teen die gelowiges kan oorlog maak nie en sal hulle nie die volharding en die geloof nodig hê nie.” Daarmee wil hy voorgee dat, indien daar wel ’n Wegraping is, daar geen gelowiges meer op die aarde sal oorbly nie. Gevolglik sal daar geen gelowiges wees wat die Here in Sy toelatende wil aan die wrede en oorlugsugtige Antichris sal kan oorgee nie. Dit opsigself impliseer dat die reddende genade van God geheel en al gedurende die sewejarige verdrukking skielik gaan opdroog en dat niemand tot redding sal kan kom nie. Openbaring 20: 4 skilder vir ons ’n heel ander prentjie:

Openbaring 20:4 . . . en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.

‘n Menigte Jode en heidene sal gedurende die sewejarige verdrukking onder die kragtige prediking van die 144, 000 Joodse evangeliste tot bekering kom en die meeste van hulle gaan deur die swaard van die Antichris omkom. Hulle gaan hulle koppe verloor. Hoe rym dit met Openbaring 3: 10?

Hoe moet ons Openbaring 3: 10 dan interperteer sodat die bewaring van die heiliges nie met die res van Openbaring bots nie? ’n Mens sou kon redeneer dat die bewaring slegs betrekking het op die geloof van die volhardende heiliges, ma.w. dat God hullle sodanig sal omvou met Sy beskermende genade dat hulle nie hulle geloof verloor nie al sou hulle hul lewens verloor. Maar, dit is nie wat openbaring 3: 10 sê nie. Let noukeurrig daarop dat die vers nie net sê dat die Here Sy heliges van beproewinge en verdrukking sal bewaar nie, maar spesifiek van die “uur van beproewing,” m.a.w. van ’n spesifieke tydsverloop wat oor die hele aarde gaan kom. Volgens die standaard lexikons en grammatika beteken die voorsetsel “ek” in “se tērēō ek tēs hōras peirasmou” (sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing) nie bewaring midde in of binne-in ’n situasie nie. Indien dit so sou wees, sou die begrip “tērēō ek” normaalweg deur “en” of ”para” in die plek van “ek” gebruik moes gewees het. Die voorsetsel “ek” beteken “van binne na buite,” m.a.w dit dui op beweging heeltemal vanuit die “uur van beproewing” wat oor die hele wêreld gaan kom. Dit kan alleenlik plaasvind met die Wegraping. Dit is dus ‘n EKSTERNE en nie ‘n INTERNE bewaring soos die amillennianiste suggereer nie.

Ds. H.P.M. van Ryn sê voorts:

Ons belydenis

Die leer oor die wegraping word daarom ook in geeneen van ons belydenisskrifte gevind nie. Ons belydenisskrifte (byvoorbeeld Sondag 19 van die Heidelbergse Kategismus en artikel 37 van die Nederlandse Geloofsbelydenis) bely alleen maar die troosvolle finale wederkoms van Jesus Christus.

Nie nodig nie

Ons het nie die leer van die wegraping nodig nie. Nee, ons het die vaste troos dat God in beheer is en ook sal wees tydens die groot verdrukking. Hy sal sy kinders daardeur dra. En daarna sal ons Here Jesus Christus, Hy wat bereid was om vir ons sondes te sterf, weer kom om ons in hemelse blydskap en heerlikheid vir ewig by Hom te neem!

Gereformeerde predikante heg geweldig baie waarde aan die belydenisskrifte (t.w. die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Hedelbergse Kategismes en die Dordtse Leerreëls) asof dit gelykstaande is aan die Woord van God. Hoewel daar heelwat waarhede daarin opgesluit lê, is daar ook baie dinge wat regstreeks van Augsutinus en dus uit die Roomse tradisie oorgeneem is.

Dit is opvallend hoe maklik die uitdrukking “God is in beheer” gebruik word wanneer die Bybelse leerstellings soos die Wegraping, die Groot Verdrukking en die 1000 Vrederyk op aarde te berde kom. Wat bedoel diegene was so lief is om te sê dat God in beheer is met die woord “beheer.” Beheersing of heerskappy beteken tog sekerlik dat die persoon wat in beheer is as koning en regeerder absoluut heers en dat almal doen wat hy sê en beveel. Is God in beheer? As God hier op aarde in beheer was, sou die Here Jesus ons nooit geleer het om te bid nie “Laat U wil geskied soos in die hemel netso ook op die aarde.” Dit alleen bewys onteenseglik dat God se wil tans nie op hierdie ou gebroke aarde van ons geskied nie. Selfs nie eens die kinders van God is almal honderd persent onder Sy beheer nie en doen nie Sy wil honderd persent nie. Daarvan getuig die Here Jesus se woorde in Romeine 6: 12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.” As God self oor ons sterflike liggame geheers het, sou die Here nooit die opdrag gegee het dat ons daaroor moet heers nie. Daar waar God in beheer is, doen almal Sy wil honderd persent uit ‘n rein hart met liefde wat heilige ontsag vir Hom het. Dit is presies soos Sy wil tans in the hemel gedoen word. Hy het nog nooit en sal ook nooit Sy wil of Sy heerskappy op enigiemand afdwing nie. Sy heerskappy is gegrond op ’n wedersydse rein liefde. Daarom het die Here Jesus eenmaal gesê “As julle my liefhet, bewaar my gebooie,” (Johannes 14:15); “Wie my gebooie het en die bewaar, dit is hy wat My liefhet, hom sal my Vader liefhê en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar” (Johannes 14:21); “As julle my gebooie bewaar, sal julle in My liefde bly, net soos Ek die gebooie van My Vader bewaar en in Sy liefde bly” (Johannes 15:10). As God werklik in beheer was oor die ganse mensdom in so ’n mate dat almal honderd persent sy wil gedoen het, sou dit nooit vir Hom nodig wees om die mensdom te oordeel nie. Dit is juis omdat die mensdom nie onder sy totale heerksappy (beheer) wil staan nie dat hy hulle moet oordeel.

Die aanname dat God reeds oor alles op hierdie gebroke wêreld in beheer is, kom van die Calvinistiese seining dat Hy alles voor die grondlegging van die wêreld bepaal, voorsien en beplan het — selfs ook die sondeval en die sondes wat die wêreld tans teister. Om dit enigsins anders te interpreter, sou ‘n flagrante aantasting wees van God se soewereiniteit. Dit is altans wat die Calvinisme glo en predik. As God in beheer was sou die apostel Johannes nooit kon sê dat die hele wêreld in die mag van die bose lê nie (1 Johannes 5:19). Die aanname dat God alreeds in beheer is, is ‘n valse troos want dit wek die indruk dat Sy kinders nie meer nodig het om te waak en te bid nie; dat ons nie nodig het om die duiwel te weerstaan nie; en dat ons hoegenaamd nie meer langer self oor ons sterflike liggame hoef te heers nie.

Ds. H.P.M. van Ryn en die oorgrote meerderheid gereformeerde predikante sê Ons het nie die leer van die wegraping nodig nie. Nee, ons het die vaste troos dat God in beheer is en ook sal wees tydens die groot verdrukking. Hy sal Sy kinders daardeur dra.” Is dit werklik wat die Here Jesus en Sy Woord ons leer? Allermins, want Christus Jesus self het gesê Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie” (Openb. 13:7). Dat God, soos in die geval met Sy Seun, Jesus Christus, Satan by monde van Pilatus die mag gegee het om Hom om die lewe te bring, so sal Satan deur die Antichris die mag gegee word om die meeste van die Jode en heidene wat gedurende die Groot Verdrukking tot bekering kom, om die lewe te bring. En tog sê die gereformeerde predikante dat God Sy kinders daardeur sal dra. Hoe rym dit?

Paulus noem die wegraping in 1 Thessalonicense 4 ’n troos en ’n bemoediging. Dieselfde woord wat hier gebruik word verskyn ook in Johannes 15: 26 nl. “parakaleo.” As die gereformeerde predikante nie die troos (“parakaleo”) van die wegraping nodig het nie, ontstaan die vraag of hulle die Trooster (“Parakleto”) enigsins nodig het. Dit is juis die Heilige Gees in die kinders van God wat hulle aanmoedig om mekaar te troos en te bemoedig met die wete dat die Wegraping enige oomblik kan plaasvind (1 Thessalonicense 4:18). Hoe op dees aarde kan die gereformeerde predikante dan sê dat hulle die leer van die Wegraping nie nodig het nie omdat God altoos in beheer is?

Paulus het die leer van die Wegraping, soos die res van die leer van die Evangelie, regstreeks van ons Heiland ontvang (Galasiërs 1:12). Die gevolg is dat die gereformeerde predikante op uiters gevaarlike grond staan as hulle sê dat hulle die leer van die Wegraping nie nodig het nie. As die verlossing (redding) van die siel ’n primêr belangrike deel van die Evangelie is dan moet die Wegraping ook ewe belangrik wees omdat dit die leer van die finale verlossing van ons totale menswees insluit. Luister na wat Paulus vir ons in 1 Thessalonicense 5: 8-10 sê:

1 Thessalonicense 5:8-10 Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid. Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe. Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

Paulus verwys nie hier na die redding van ’n sondaar se siel wanneer hy hom onder die oortuiging van die Heilige Gees na die Here wend vir die vergifnis van sy sondes nie. Paulus praat hier met mense wat alreeds tot redding gekom het. Die “saligheid” (verlossing) waarna Paulus in vers 9 verwys, kan dus hoegenaamd nie op die saligheid van ’n sondaar wanneer hy tot bekering kom van toepassing gemaak word nie. Inderdaad, die saligheid in hierdie verband verwys na die finale beslag van ons verlossing (gees, siel en liggaam) by die Wegraping wat Paulus in hoofstuk 4 van 1 Thessalonicense beskrywe. So intens heerlik is hierdie finale verlossing dat selfs die hele skepping met reikhalsende verlange daarna uitsien.

Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van god. Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe. En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 2 Comments »

Die Pre-Groot Verdrukking Wegraping – Deel 1

Posted by Tom Lessing on January 3, 2009

Inleiding

‘n Goeie vriend en broer van my in die Here het nie lank voor sy dood nie die artikels van ‘n klompie gereformeerde predikante aan my gestuur waarop ek soos volg kommentaar gelewer het.

Dit is nogal ironies dat almal wat die Wegraping ontken tog verplig voel om Paulus se woorde in 1 Thessalonicense 4: 17“Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees,” met iets van ’n Wegraping te vereenselwig. Ds. Rob Visser skryf in sy artikel “Wie Bly Agter?” as volg.

Die Here Jesus kom by sy wederkoms van die hemel af. Dan staan almal wat op aarde geleef het op. Die mense wat dan op die aarde leef verander. Die gelowiges van alle eeue vaar dan van die aarde op en ontmoet in die lug die Here Jesus. Hulle verwelkom hulle God en Redder en gaan dan saam met Hom na die aarde waar Hy dan almal sal oordeel en waar die aarde tot die nuwe aarde word.

Hiervolgens is dit duidelik dat die teëstanders van die Pre-Groot Verdrukking Wegraping erken dat die tweede Koms van Christus Jesus ten minste in twee fases sal plaasvind — d.i. die opraping om Hom in die lug tegemoet te gaan en Sy terugkeer onmiddellik daarna saam met die heiliges na die aarde om die nasies te oordeel. Daar is egter ’n paar wesentlike probleme met hierdie besondere siening. Eerstens, plaas dit die opstanding van almal (gelowiges en ongelowiges) in dieselfde en gelyktydige tydsbestek terwyl die Bybel uitdruklik leer dat hulle nie saam of gelyktydig uit die dood opgewek gaan word nie. Tweedens, bied die aanname dat alle gelowiges (die opgestane dooies en die oogwink-veranderde lewendes) die Here in die lug tegemoet gaan net om onmiddellik weer na die aarde terug te keer, nie tyd vir die voltrekking van die Bematroon oordeel en die Bruilof van die Lam nie. “Dit is nie waar nie,” sal die anti-wegraap kamp waarskynlik van verontwaardiging uitroep en sê: “Die bruilof vind plaas wanneer Christus met Sy Tweede Koms terugkeer na die aarde onmiddelik nadat Hy Sy bruid in die lug tegemoet gegaan het.”

Wat sê die Skrif? Volgens Openbaring 19:7 sal die Bruilof van die Lam alreeds a voldonge en afgehandelde gebeurtenis wees wanneer Christus Jesus met Sy Tweede Koms na die aarde terugkeer. Daarvan getuig die woord “erchomai” (het gekom) wat ’n reeds voltooide daad aandui en nie iets sal wees wat op daardie spesifieke oomblik gaan plaasvind nie. Die gebruik van die woord waar mense betrokke is, beteken nie dat iets aangebreek het nie maar dat die reeds voldane gebeurtenis van een plek na ’n ander verplaas is of gekom het en in die openbare oog sigbaar geword het. M.a.w. dit dui daarop dat die Bruilof van die Lam alreeds voltrek sal wees wanneer Hy met Sy Tweede Koms na die aarde terugkeer. Dit word ook baie duidelik beaam deur vers 8 wat sê dat aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.” Dit is uiters belangrik om daarop te let dat die regverdigheid van die heiliges in die meervoud is en verwys dus nie na die eenmalige toegekende geregtigheid wat elke bekeerling by sy redding ontvang nie. Dit verwys na die regverdige dade van die heiliges wat die vuurtoets van die Bematroon oordeel deurstaan het. Ek sal later ’n bietjie meer oor die Bematroon oordeel sê. Dit beteken nie dat die rein en blink fyn linne (regverdige dade) van die regverdiges by die Tweede Koms aan die heiliges gegee sal word nie. Inderdaad, al die regverdiges kom reeds geklee met rein en blink fyn linne (regverdige dade) wanneer hulle saam met Christus terugkeer. Daarvan getuig Openbaring 19: 14 baie duidelik: “En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.”

So-ook getuig Lukas 12:35, 36 dat die heiliges reeds met hulle rein en blink fyn linne beklee sal wees wanneer hulle saam met hulle Bruidegom terugkeer by Sy Tweede Koms. Judas vers 14 sê ook uitdruklik dat tienduisende heiliges saam met Christus sal kom by sy wederkoms na die aarde. Met ander woorde, die heiliges moes hulle rein en blink fyn linne ontvang het by die Bematroon oordeel nadat hulle van die aarde weggeraap is om Hom in die lug tegemoet te gaan. Die uit-die-dood-opgewekte en lewende-in-’n- oogwink-veranderde heiliges sal dus nie weggeraap word om Hom in die lug tegemoet te gaan en dan weer onmiddellik na die aarde terug te keer nie. Hulle sal Hom na sy hemelse koninkryk vergesel waar elkeen volgens sy dade by die Bematroon oordeel of ’n beloning gaan ontvang of waar sy dade deur die vuurtoets tot niet gemaak gaan word. Daarna volg die bruilof wat ook in die hemelse koninkryk voltrek sal word. Terwyl hierdie dinge in die hemel plaasvind, sal daar ’n ongekende tydperk van verdrukking oor die hele aarde kom wat sewe jaar lank gaan duur (Mattheus 24)

Wat veral baie veelseggend is en onomwonde bewys dat die Bruilof van die Lam ’n voldonge en afgehandelde gebeurtenis sal wees wanneer Christus Jesus met Sy Tweede Koms verskyn, is Sy woorde in Lukas 12: 36: “En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.” Van wie en met wie praat die Here Jesus hier? Praat Hy van en met Sy bruid? Dit sou baie vreemd wees indien dit Sy bruid sou wees vir wie Hy maan om gereed te wees om vir Hom oop te maak wanneer Hy terugkeer vanaf die bruilof. As die bruid op daardie tydstip nog op die aarde sou wees om gereed te maak om vir Hom oop te maak, sou dit beteken dat Sy bruid nie saam met Hom in die hemel was nie toe Sy bruilof voltrek is. Watter bruidegom het ooit alleen en sonder sy bruid voor die kansel gestaan toe sy huwelik voltrek is? En tog verwag die amillennianiste dat die Here Jesus Christus – die Bruidegom van alle bruidegoms – se huwelik sonder Sy bruid aan Sy sy voltrek moet word.

Onthou! In Lukas 12: 35, 36 sê die Here Jesus baie duidelik “En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom . . .” As dit nie die bruid is wat gereed moet maak om vir die Bruidegom oop te maak nie, wie is dit dan? Openbaring 19: 7-16 beskryf die bruilofsmaal wat na die voltrekking van die huwelik plaasvind. Lukas 12: 35 en 36 suggereer dat die huwelik self in die hemel voltrek word maar dat die bruilofsmaal (die huweliksonthaal) op die aarde gevier gaan word. Verskeie gelykenisse in Mattheus, o.a. die gelykenis van die vyf wyse en vyf dwase maagde in hoofstuk 25 en die gelykenis van die persoon wat betrap is sonder ’n bruilofskleed by die bruilofsmaal in hoofstuk 22 is voldoende bewys dat dié feesmaal op die aarde gevier sal word.

Dit is voor-die-hand-liggend dat as die Bruilof van die Lam en die toebereiding van die bruid in haar rein en ongekreukelde fyn linne reeds ’n voldonge en afgehandelde gebeurlikheid sal wees wanneer Christus Jesus na die aarde terugkeer met Sy Tweede Koms, dan moes die bruid op een of ander stadium voor Sy Tweede Koms saam met Hom na Sy hemel verhuis het. Inderdaad, Christus Jesus het belowe: Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Johannes 14: 2, 3). Op hierdie tydstip is dit belangrik om daarop te wys dat die koms van die Here vir Sy eie gepaard gaan met ’n beloning (1 Korinthiërs 4: 5; 2 Korinthiërs 5: 10; Openbaring 22: 12). Dit bring ons by die betekenis van die Bematroon oordeel wat nie met die wit troon oordeel van Openbaring 20:11 verwar moet word nie. Die eersgenoemde is net vir die gelowiges en laasgenoemde net vir die ongelowiges.

Die Skrif omskryf baie duidelik twee tipe opstandings — die opstanding van die regverdiges en dié van die onregverdiges. Sommiges interpreteer Handelinge 24: 17 as ’n enkele en gelyktydige gebeurtenis. As ons egter na Openbaring 20 verse 5 en 6 kyk, is daar twee duidelik onderskeibare opstandings — dié van almal wat gedurende die Groot Verdrukking vir hulle getuienis onthoof is en vóór die duisendjarige vrederyk opstaan om saam met Christus te regeer en alle ongelowiges wat eers ná die duisendjarige vrederyk opstaan om by die wittroonoordeel finaal in die poel van vuur gewerp te word. Maar, hoe nou gemaak met die opstanding van die dooies by die Wegraping. Is dit nie die eerste opstanding nie? Sommiges maak die fout om “eerste” en “tweede”te sien as twee sekwensiële of chronologiese gebeurlikhede, terwyl die Bybel dit nie so bedoel nie. “Eerste” en “tweede” het bloot ’n kwalitatiewe betekenis, in die sin dat die eerste lei tot ’n ewige heerlikheid en die tweede tot ’n ewige verskriklike verdoemenis.

Die opstanding van die ontslape gelowiges soos beskrywe in 1 Korinthiërs 15: 51-55 en 1 Thessalonicense 4: 17 maak deel uit van die eerste opstanding wat lei tot ’n oordeel — die sg. Bematroon oordeel van Christus. Die doel hiervan is nie om te bepaal of iemand se naam in die Boek van die Lewe voorkom al dan nie, maar om die werke van die gelowiges ná hulle bekering met vuur op die proef te stel om te bepaal wie van hulle lone of krone sal ontvang. Ons lees hiervan in 1 Korinthiërs 3: 11-15:

Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. En as iemand op die fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels — elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

Daar bestaan geen twyfel nie dat die Bematroon oordeel net vir gelowiges bedoel is. Die persoonlike naamwoord kom te dikwels in 2 Korinthiërs 5:1-9 voor om dit oor die hoof te sien of te ontken. Alleenlik die gelowige kan ’n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele” hê. Alleenlik die gelowige kan “die sterflike deur die lewe verslind” ervaar. Alleenlik die gelowige kan God se werking ervaar wat “ons ook die Gees as onderpand gegee het.” Alleenlik die gelowige kan die sekerheid hê dat terwyl “ons in die liggaam uitwoon, ons van die Here inwoon.” Alleenlik die gelowige kan “wandel deur die geloof en nie aanskouing nie.” Elke gelowige se werk wat hy/sy in die liggaam gedoen het (2 Korinthiërs 5: 10) sal deur vuur op die proef gestel word om vas te stel wie een of meer van die volgende lone sal ontvang:

  • ’n Onverwelklike kroon vir elkeen wat oorwinning kry oor hulle vleeslike natuur (1 Korinthiërs 9: 25).
  • ’n Kroon van Roem en Blydskap vir die sielewinner (1 Thessalonicense 2: 19).
  • Die Kroon van die Lewe vir elkeen wat versoekinge verdra en die toets deurstaan (Jakobus 1: 12).
  • Die Kroon van Geregtigheid wat Sy verskyning (by die Wegraping) liefgehad het (2 Timotheus 4: 8).
  • Die Onverwelklike Kroon van Heerlikheid vir elkeen wat bereid is om die skape die regte voeding te gee (1 Petrus 5: 4).

Dit is duidelik dat die Bruilof van die Lam ná die beëindiging van die Bematroon oordeel in die hemel sal plaasvind terwyl God se oordele sewe jaar lank oor die nasies onder aanvoering van die Antichris uitgestort sal word. Dit bring my flussies weer by die argument dat die Wegraping, volgens die teëstanders van ’n Pre-Groot Verdrukking Wegraping, eintlik maar die Tweede Koms van Jesus Christus na die aarde is wanneer Hy die gelowiges gaan opraap om Hom in die lug tegemoet te gaan net om weer dadelik na die aarde terug te keer om die nasies te oordeel. Sou dít waar wees, sal daar hoegenaamd geen tyd beskikbaar wees vir die Bematroon oordeel en die bruilof van die Lam nie.

Dit bring my by die volgende vraagstuk wat die teëstanders van ’n Pre-Groot Verdrukking Wegraping voor die deur van die wegraap-gelowiges lê en dit is: Sal die gelowiges deur die Groot verdrukking moet gaan? Twee baie duidelik onderskeibare betekenisse van die woord “verdrukking” word in die Bybel gebruik. Dat die gelowige verdrukking in hierdie lewe moet en sal ervaar is nie altemit nie. Die Here Jesus self het gesê dat ons verdrukking sal hê maar dat ons goeie moed moet hou want Hy het die wêreld vir en namens ons oorwin (Johannes 16:33). Die verdrukking wat gelowiges ervaar, het ’n gans ander doel en betekenis as die Groot Verdrukking waarvan Christus in Mattheus 24 melding maak. In hierdie welbekende hoofstuk waarin Jesus ’n blik op die eindtyd gee, definieer Hy die Groot Verdrukking as ’n unieke tyd waarin daar so ’n groot verdrukking sal wees soos daar van die begin van die wêreld af nie was nie en ook nie weer sal wees nie (Mattheus 24: 21). Hy kon dus kwalik na die verdrukking van gelowiges verwys het omdat sodanige verdrukking en vervolging reeds van die begin van die skepping voorgekom het en tot vandag toe nog voortduur. Daar is dus niks uniek aan die verdrukking van die gelowiges nie omdat dit nie net eenmaal en toe nooit weer daarna plaasgevind het nie.

Amillennianiste (Preteriste) plaas die Groot verdrukking in die tydperk 70VC toe Jerusalem en die tempel deur die Romeine onder aanvoering van Flavius Vespasianus Titus vernietig is. Indien dit wel die Groot Verdrukking was dan het Christus gelieg toe Hy gesê het: “Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.” Elkeen wat bereid is om sy intelligensie wat die Here hom gegee het te gebruik, sal gou agterkom dat Hitler se vervolging en moord van 6000000 Jode ’n veel groter en intenser of ten minste netso ‘n groot verdrukking was as dié van Titus. As ’n mens die omvang van die Tweede Wêreldoorlog in oënskou neem, dan sou ons die Groot Verdrukking eerder tussen 1938 en 1945 kon plaas omdat Openbaring 3:10 sê dat ’n uur van beproewing oor die hele wêreld kom. Maar, ook die Tweede Wêreldoorlog en enige ander oorloë wat daarop gevolg het, kon gewis nie die Groot Verdrukking wees nie omdat die gebeure wat onmiddelik na die Groot Verdrukking gaan afspeel hoegenaamd nog nie plaasgevind het nie. Vanaf vers 29 van Mattheus 24 lees ons:

“En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.”

Die Wegraping van alle gelowiges om Christus in die lug tegemoet te gaan, is ‘n unieke gebeurtenis wat in sy wese en doel verskil van Christus se Tweede Koms na die aarde. Ek sal in die verloop van hierdie reeks oor die Wegraping hierdie verskille aandui.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , | 7 Comments »

Hoe behoort die Dissipels van die Here Jesus die Nuwe Jaar tegemoet te gaan?

Posted by Tom Lessing on January 2, 2009

Benewens die feit dat alle dissipels van die Here Jesus die onvervalste Evangelie van God nog steeds aan ‘n verloregaande wêreld moet verkondig en in die krag van die Heilige Gees kragtig moet stry vir die waarheid wat een maal aan ons oorgelewer is, is daar twee ewe belangrike dinge wat ons moet doen.

Kyk na bo

Luk 21:28 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is. (Klem bygevoeg)

Ons leef in ‘n wêreld wat in toenemender mate afvallig word van die enige ware God van Abraham, Isak en Jakob. Ek gebruik doelbewus die benaming “God van Abraham, Isak en Jakob” omdat hierdie afvalligheid ten nouste saamhang met die toenemende wêreldwye vyandiggesindheid teenoor Israel. Die Jode is sedert hulle God-verkreë hervestiging in die Midde-Ooste in 1948 daagliks in ‘n oorlewingstryd gewikkel, en dikwels kom hierdie vyandiggesindheid nie uit die geledere van ongelowiges nie maar grootliks uit die geledere van mense wat hulleself Christene noem. Die tragiese ironie hiervan is dat die sg. “Vervangingsteologie” (“Replacement Theology”) ‘n baie groot bydrae lewer tot die groeiende vyandiggesindheid teenoor die Jode in Israel en ook wêreldwyd. Dit, soos ek in een van my vorige kommentare gesê het, kom kortliks neer op die aanname dat God al die beloftes en seëninge wat Hy in die Ou Testament oor Israel uitgespreek het, nou op die kerk oorgedra het omdat die Joodse volk Christus werwerp het. Hierdie leer word tans ook baie sterk in Suid-Afrika in die geledere van die Calvinisme ondersteun, ten spyte van die talryke uitsprake wat God deurgaans in die Skrif t.o.v. sy volk Israel maak. Maak gerus die volgende teksgedeelte ‘n moet in u arsenaal teen die leuens van die duiwel.

Rigters 2:1 Toe trek die Engel van die HERE van Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met ‘n eed beloof het, en gesê: Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie;

Hoe weet ons dat God sy beloftes aan Israel sal nakom in weerwil van hulle eeuelange ontrouheid, afvalligheid en rebellie?

Num 23:19 God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?

Maar nee . . .! die mensekind wat, soos God sê, so maklik kan lieg, beskuldig die Allerheiligste van leuenagtigheid en verklaar dat Hy sy beloftes aan sy volk Israel nooit sal nakom nie. Wie moet ons glo – vir God of die mensekind wat so maklik kan lieg? Sjoe! dis darem maar ‘n  uiters moeilike keuse wat ons moet maak, nie waar nie? Kom hierdie gruwelike beskuldigings teen God nie maar ook uit harte wat oorskadu is met rebellie en afvalligheid nie? Enigeen wat die nakomelinge van Abramam, Isak en Jakob ter wille van die Vervangingsteologie afskryf en ‘n ikabod-swaard oor hulle koppe hou, is eintlik maar besig om die God van Abraham, Isak en Jakob ook af te skryf. ‘n God wat nie sy beloftes kan nakom nie, is nie betroubaar nie en dis maar eintlik wat die aanhangers van die Vervangingsteologie suggereer.

“En as hierdie dinge begin gebeur . . . kyk dan na bo” Wat is “hierdie dinge” waarna Christus vewys het? Ons vind die antwoord in die daaopvolgende verse.

Luk 21: 29-31 Let op die vyeboom en al die bome. Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is. So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur. (Klem bygevoeg).

Toe Frederik die Grote van Pruise (‘n Ateïs) op ‘n dag sy hofdienaar vra: “Bewys vir my dat God bestaan,” het hy sonder aarseling geantwoord, “Die Jode.” Die Pruisiese monarg was nie in die minste beïndruk nie omdat hy onder die diaboliese invloed van Voltaire was en as ateïs gesterwe het. Geen ander volk het nog ooit deurgemaak wat die Jode dwarsdeur hulle geskiedenis ervaar het nie. Dink daaraan: verskeie indiwidue en volkere het van tyd tot tyd dwarsdeur die geskiedenis probeer om die Joodse volk geheel en al uit te wis, maar God het dit nie toegelaat nie en sal dit ook nooit toelaat nie. Inderdaad, die Here beloof in Jesaja:-

Jes 11:11 En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van die see;
Jes 11:16 En daar sal ‘n grootpad wees vir die oorblyfsel van sy volk wat oorbly uit Assur, soos daar een gewees het vir Israel op die dag toe hulle uit Egipteland opgetrek het.

Dié Joodse uittog “in dié dag” vanuit die vier uithoeke van die wêreld sal plaasvind teen die einde van hierdie wêreldsisteem soos dit tans daaruitsien, maar Jesus herinner ons om nou reeds bedag te wees op die begin van hierdie dinge – d.i. die herstel van sy volk in hulle eie land. God se eindtyd handelinge met sy volk Israel is dus dié belangrikste teken van sy wederkoms en Jesus moedig sy volgelinge aan om na bo te kyk wanneer hulle hierdie dinge sien gebeur.

Bemoedig mekaar

Daar is net twee plekke in die Bybel waarin die woorde “Bemoedig mekaar” voorkom en albei het betrekking op die Wegraping.

1Tes 4:18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.
1Tes 5:11
Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

Die woorde van bemoediging verskyn in verse 16 en 17 van 1 Thessalonicense 4.

1 Thes 4:16 en 17 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

Die woord “bemoedig” (“parakaleo”) is afgelei van dieselfde woord wat gebruik word vir die Trooster of die Heilige Gees (“Parakletos”). Dit kom dus daarop neer dat hierdie “bemoediging” nie maar sommer net ‘n mens-geïnspireerde bemoediging is nie; dit is ‘n Heilige Gees geïnspireerde bemoediging wat uitloop op ‘n definitiewe, onafwendbare en heerlike gebeurtenis – die koms van die Here by die Wegraping. Paulus beskryf die doel van die Wegraping vir ons in 1 Thessalonicense 5: 9 en 10.

1 Thes 5: 9 en 10 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.

Die “toorn” waarna Paulus verwys, is nie die toorn wat God in die laaste oordeelsdag oor al die ongelowiges gaan uitgiet wanneer Hy hulle in die ewige poel van vuur werp nie. Dit verwys na die toorn wat God tydens die sewejarige verdrukking oor almal wat die antichris as God gaan aanbid, sal uitgiet. Dit is hierdie toorn waartoe al die gelowiges nie bestem is nie en deur Jesus Christus weggeraap (“harpazo”) gaan word voordat die sewejarige Groot Verdrukking ‘n aanvang neem. So-ook verwys die “saligheid” in hierdie gedeelte na die finale beslag van al die gelowiges se redding wanneer hulle uiteindelik verlos gaan word van hulle huidige aardse liggame om soos Jesus Christus ‘n verheerlikte en onsterflike liggaam te ontvang. Hierdie belofte staan vas.

Ope 3:10 Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

Ek wil na aanleiding van die bovermelde my bloglesers nie met die tradisionele woorde van “’n Voorspoedige Nuwe Jaar” toewens nie maar met die woorde van die Here Jesus en Paulus – “kyk na bo” en “bemoedig mekaar met hierdie woorde.”

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , | Comments Off

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.