Daar is deesdae so ‘n wanklankige kakofonie van stemme wat oral opklink rondom die godsdiens en spiritualiteit dat ‘n mens kwalik kan byhou. Die ironie, of sal ek liewer sê, die gevaar hiervan is dat hierdie kakofoniese wanklanke voortspruit uit die monde van persone wat hoë aansien geniet by hulle kerkgenote, akademiese kollegas en selfs by mense van ander gelowe. Hulle is mense wat in die samelewing bekend staan as manne van God, maar is hulle dit werklik? Die Here sê dat ons hulle sal uitken aan hulle vrugte maar deesdae word ‘n mens gedwing om ook die vrug van hulle monde onder die loep te neem.
Waarom skarrel en tas hierdie sg. “manne van God” in die newels van die ontluikende spiritualiteit rond om nuwe idees te formuleer oor die godsdiens; om die Bybel en veral die Evangelie te herverwoord; om alles te verander, soos Brian McLaren dit in sy boek “Everything must Change” dit stel;” en om “Nuwe
Drome vir Nuwe Werklikhede” te koester, soos Dr. Nelus
Niemandt dit in sy boek met dieselfde naam uitspel? Waarom . . .? Ons het nie nodig om ver te gaan soek vir ‘n antwoord nie omdat Paulus dit reeds duisende jare gelede neergepen het.
2 Tim 4:3 . . . want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. (Klem bygevoeg)
Alles Moet Verander
Toe my vrou en ek onlangs inkopies gaan doen het, het ons by ‘n advertensiebord verby gery waarop die woorde “It is time to change to a new homeloan.” gepryk het. Terwyl ek in die motor vir haar sit en wag het, het ek ‘n advertensie oor die radio gehoor wat min of meer soos volg geklink het, “Dit is tyd om te verander na ‘n ander kortermynverserking.” Byna onmiddellik daarna het hulle ‘n liedjie gespeel waarin die woorde, “I don’t know where I’m going, but I’m going.” gespeel het. Dit onderstreep die feit dat ons hele kultuur deursuur is met ‘n gesug na verandering. Die woorde “It is time to change” en “I don’t know where I’m going, but I’m going” was vir my so kentekenend van die Ontluikende Kerk dat ek nie anders kon as om te glimlag nie, hoewel dit eintlik maar ‘n baie tragiese aangeleentheid is. Verandering moet kom, buig of bars, al weet ons nie so mooi waarheen dit ons uiteindelik gaan lei nie. In ‘n onderhoud met Brian McLaren waarin die onderhoudvoerder gevra het om anoniem te bly het hy die onsekerheid van die pad waarop die Ontluikende Kerk hom begeef soos volg in sy vraag verwoord.
One blogger who refers to you as the godfather – not sure how you feel about that – offered another metaphor. You’re telling people there’s this great new restaurant across town, and they go there with you, only to hear on arrival that the menu won’t be printed for another twenty years. (Klem bygevoeg)
McLaren het soos volg gereageer:
I can see how that’s frustrating. I think the metaphor makes the
point very well. But I wonder if I could put a spin on it. Maybe that story should continue by the people saying, “Hey, let’s go in the kitchen and see if we can help create some new recipes.” If we get more people involved in the creative process, maybe it will only be ten years, not twenty. I think people need to feel empowered, like they’re contributors, not consumers buying the latest “postmodern ministry in a box” program. We’re all in this thing together. (Lees hier) (Klem bygevoeg).
Dit laat my nogal dink aan wat Prof. Malan Nel, Direkteur van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening by die Universiteit van Pretoria wat ook betrokke is by voortgesette bedienings-ontwikkeling in die NG Kerk, in die program “Oop Gesprek” (Sondag, 14 Septemeber 2008) gesê het:
Ons het arm geword aan die waarheid wat in die vroeë kerk sterker gefunksioneer het. Een persoon het nie die wysheid in pag nie. Die
onderskeiding van die wil van die Here is ‘n kollektiewe – die Bybelse woord “corpus” vir liggaam – is ‘n korporatiewe onderneming. Dis deel van die teologie . . . In goeie akademiese onderrig moet jy met al jou gespreksgenote rekening hou en dominees behoort gemeentes te help om te verstaan dat dit is ons verantwoordelikheid om saam te worstel oor hoe verstaan ons die leiding van die Heilige Gees deur ‘n teks. (Klem bygevoeg).
Ons kan die waarheid dus eers vaspen wanneer al die gespreksgenote, gespreksvennote of rolspelers saam besin het oor die waarheid en saam tot die slotsom kom om te sê “Dis die ware waarheid.” Die probleem is egter dat die akademici meesal eensydig besluit wat die waarheid is en dit van bo-af (paternalisties) op die arme voetsool lidmate van hulle gemeentes afdwing. Dit is presies wat op die oomblik gebeur met die indoktrinering van die Ontluikende Kerk. En wanneer sommige van die gemeentelede nie met hulle saamstem nie word hulle voor tugkomitees gedaag om hulle op vernederende wyse te viktimiseer en sommige word soms versoek om maar liefs hulle goedjies te vat en uit die kerk pad te gee. Die uitdrukking “saam te worstel oor die Skrif” is mos deesdae die aller-nederigste manier om die Bybel te lees. Hulle moet net oppas om nie te lank saam te worstel oor Johannes 3:16 nie terwyl hulle eie gemeentelede moontlik ‘n Christuslose ewigheid binnegaan.
Brian McLaren het ook in die bg. onderhoud gesê:
The postmodern transition is well underway, but it’s still in process. The early deconstructive phase of the postmodern transition is evolving into a more constructive and creative phase, exemplified (for me) by thinkers and writers like Wendell Berry and Ken Wilber in the culture at large, plus a number of us writing specifically for the Christian community. (Of course, some folks are still fighting against the earliest phases, not realizing that the “battle lines” keep moving. But I shouldn’t use battle imagery, because I don’t see it that way.) For all the work we’ve done and all the progress we’ve made, we still have so far to go. – Brian McLaren (http://www.brianmclaren.net/archives/000133.html) (Klem bygevoeg).
Hoe op deeske aarde kan jy jou vertroue plaas in ‘n ding wat niemand weet waarheen dit op pad is nie omdat dit nog in ‘n proses van ontwikkeling is? Paulus het gesê:
2 Tim 1:12 Om hierdie rede ly ek ook hierdie dinge; maar ek skaam my nie, want ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié dag toe. (Klem bygevoeg)
Johannes skryf:
1 Joh 5: 10-13 Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie. En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God. (Klem bygevoeg).
Enigiemand wat sê ons moet eers lank saamsit om te worstel oor die betekenis van die bg. Skrifgedeeltes moet ten minste ‘n klap van die windmeuel weghê. Ek vra weer: Hoe lank gaan die Suid-Afrikaanse kerkgemeenskap hierdie wolwe in skaapsklere verduur? Hoe lank nog? Die “ontluikende” Christen weet nie so mooi waarheen hy op pad is nie en ook nie wat sy eindbestemming is nie. Hy worstel met die nederigste nederigheid saam met ander ontluikende Christene oor die betekenis van Bybeltekse want hulle wil darem nou nie soos die funfamentalistiese Christene so arrogant wees om te dink hulle het die volle waarheid in pag nie. Daarom is hulle, soos Stephan Joubert en sy maatjie Rob Bell, selfs bereid om die kultuur buite die kerk te omarm, om kers op te steek by die Boeddhiste en selfs ook die ateïste (wat die Here sommer reguit dwase noem – Ps 14:1) om hulle nuwe “brand” van die Christendom te verryk en aan te vul met hulle waarhede. Die Bybelse Christen, daarenteen, weet waarheen hy op pad is en wat sy eindbestemming is.
Dit is veral die eksponensiële ontwikkeling van die tegnologie wat die mens op ‘n baie subtiele manier breinspoel om verandering goedsmoeds te aanvaar. Wat vandag ‘n nuutjie is, is more verouderd en die verouderde dinge word summier soos ou uitgediende rekenaarkomponente weggegooi. Maar kan ‘n mens dit met die Christelike Godsdiens wat op God se Woord begrond is, doen? Durf ons die eeu-oue waarhede in die Skrif verander om aan te pas by ons postmoderne kultuur? Die leraars en voorbankers in die Ontluikende Kerk dink blykbaar so. Maar wat sê God:
1 Pet 1: 24, 25 Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.
Menere die ontluikende leaars, akademici, en kerklidmate, het julle dit gehoor? Julle is soos ‘n blom van die gras wat vir ‘n kort tydjie hier op aarde is (tot so 90, 95 jaar as die genade van die Here dit toelaat) en dan sterf julle soos ‘n blom wat droog geword het en afval. Maar, die Woord van die Here bly tot in alle ewigheid.
Ek het onlangs ‘n transkripsie van Stephan Joubert se preek wat hy op Sondag 1 Maart vanjaar by Kemptonkruin gelewer het onder oë gehad en raai wat? Ja u het reg geraai. Hy het ter inleiding gesê: “Die interessante is, vriende, die wêreld verander.” Nee! Dr. Joubert, die wêreld het nie verander nie en is ook nie besig om te verander nie. Dieselfde ou sondes wat ons voorvaders gedoen het, is nog steeds dieselfde ou sondes wat ons vandag nog doen. Vandag se ouens en veral die kerk is net ‘n bietjie meer toegewend in die doen van daardie sondes. En daar is nog steeds net een oplossing vir dieselfde ou sondes — die kruisdood van Jesus Christus. Niks het verander nie. Die hart van die mens is nog steeds die bedrieglikste ding onder die son (Jer 17:9).
Hy verwys dan na Dan
Kimball, een van die leierfigure in die Ontluikende Kerk in Amerika en voltydse leraar in San Diego, wat tot die slotsom gekom het dat die kerk op pad is na nêrens. Sy woorde is “The Church is going nowhere slowly.” So ongeveer 2 minute na sy inleidende woorde oor die Ontluikende Kerk sê Stephan Joubert ‘n baie diepsinnige waarheid wat my nogal baie sterk herinner aan die woorde van die Here Jesus toe Hy sy dissipels uigestuur het om die Evangelie te verkondig. Ek haal aan:
Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, “engage” die Romeinse kultuur en prakseer vindingryke idees, weë en maniere om te kyk of julle die kultuur binne julle eie geledere (die kerk) met die kultuur van die Romeinse heidendom kan versoen want dit is my soewereine wil dat die kultuur binne die kerk en die kultuur buite die kerk mekaar moet ontmoet. Ek wl ook hê dat julle die dissipels wat deur die jare na julle kom, moet leer om dieselfde te doen. Luister baie mooi na my. Dit is rêrig ”bad” daarbuite, sleg en sondig, maar ek wil nie hê julle moet te veel klem daarop lê nie. Dis darem te paternalisties en liefdeloos. Daar is ‘n baie beter manier om hulle kultuur te omhels. Sit die Evangelie in hulle midde sover hulle dit kan verstaan; maak die Evangelie wat Ek aan julle verkondig het, relevant en siedaar, kul jou hier en kul jou daar, hulle sal julle met ope arms ontvang en met ongekende dankbaarheid vereer.
Net om te wys dat ek niks uit my duim suig nie en dat ons voortreflikste teoloë die Here Jesus getrou navolg en te alle tye gehoorsaam is aan sy opdragte, haal ek vir julle aan wat Stephan Joubert gesê het.
In die lig daarvan [“The Church is going nowhere slowly.”] het Dan Kimball-hulle agtergekom, en ‘n klomp ouens na hom ook, dat die eerste groot uitdaging wat ons het, is om te kyk of die kultuur binne die kerk en die kultuur buite die kerk mekaar kan ontmoet . . . Studie op studie, volgens hulle, [het] begin wys dat die kultuur buite die kerk so vinnig verander dat die kultuur binne die kerk, al wat hulle kan sê is: “It is bad out there.” sleg, sondig. Maar, dat daar ‘n beter manier is om daardie kultuur te omhels en die Evangelie, so ver moontlik hulle dit dan nou verstaan, relevant daarbinne neer te sit.
In kort kom dit daarop neer dat die reeds uitgediende “Christendom”, soos hulle dit graag noem, alewig net ‘n veroordelende vinger na die wêreld gewys het om hulle sondes en verlorenheid te beklemtoon, pleks daarvan om hulle kultuur te omarm en die Evangelie sodanig aan te pas dat die wêreldling dit kan verstaan. Dit gaan my verstand te bowe dat leraars wat veronderstel is om die Evangelie te ken en dit onvervals aan mense oor te dra sodat wêreldlinge gered kan word, daarop aandring dat die kerk hom by die wêreld moet aanpas. Nouja, hulle kan gerus probeer maar ek kan hulle verseker dat Jesus Christus (die Jesus van die Bybel) nie saam met hulle in dieselfde juk sal trek nie. Luister wat sê HY:
Joh 7:7 Die wêreld kan julle nie haat nie; maar My haat hy, omdat Ek van hom getuig dat sy werke boos is. (Klem bygevoeg)
Miskien moet ons hierdie gedeelte uit die Bybel uitskeur want dit herinner te veel aan die ou kultuur binne die kerk en dis tog nie wat ons ontluikende vriende wil hê nie, nê? Die wêreld sal en kan jou nie haat as jy soos Stephan Joubert en sy ontluikende pêlle die kultuur van die wêreld omarm en nie soos Jesus sy bose werke aanspreek nie. Jakobus, die broer van Jesus, het die liefhebbers van die kultuur van die wêreld baie strenger bestraf.
Jak 4:4 Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.
Sodra ‘n persoon wat daarop aanspraak maak dat hy kind van God is, kompromie maak met die wêreld en sy kultuur omarm, begin God teen daardie persoon te stry. Daar kom ‘n diep skeiding wat eers weer reggestel kan word wanneer die persoon sy sonde van kompromie voor God bely en hom heelhartig tot Hom bekeer.
Die Evangelie van Jesus Christus is nie maar sommer net ‘n kultuur soos enige ander kultuur nie, en nog minder is dit ‘n kultuur wat aanpasbaar gemaak kan word om ander kulture in die wêreld te omarm. Die Evangelie sentreer om die kruis van Jesus Christus wat die krag en die wysheid van God is (1 Kor 1:18). Dit is die unieke, eenmalige, onveranderlike en ewige manier waardeur God die sondes van bekeerlinge kan vergewe. Daarom sê die Skrif, “Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word” (Ps 130: 4). Dit beteken dat daar alleenlik by God ‘n saliggewende vergewing van sondes is en kan wees. Geen ander kultuur of godsdiens kan hierdie vergifnis vir mense bied nie en tog durf Stephan Joubert sê, soos ek later aandui, dat ander godsdienste ook waarhede in pag het. Dit kom neer op godslastering, of hy dit wil erken of nie.
Maar kom ons kyk vir eers na Dan Kimball wie Stephan Joubert so hoog aanprys en vereer. Die webblad “Lighthouse Trails Research” het soos volg sy boek “They Like Jesus but Not the Church” geresenseer:
According to Kimball’s book, there are two categories of Christians. Here is the first Kimball describes:
Kimball masterfully condemns Christians who are pro-Israel, take the Bible literally, study Bible end time prophecy and talk about hell, and likens them to negative, arrogant, unloving and vengeful people. He makes a mockery of the Bride of Christ and thus a mockery of Christ Himself. Kimball is careful to install built in defenses into the book that will self-validate his message. He says that if you are uncomfortable reading the book, it may be that you NEED to read the book because you are guilty of all these things. So who is going to want to say anything bad about Kimball’s book? The glue that binds all this together is in Kimball’s last chapter, “A Great Hope for the Future.” He starts the chapter off with a quote by mystic Henri Nouwen. You see Kimball is a contemplative proponent. He promotes the use of labyrinths and stations of the Cross (meditative centers). He also encourages lectio divina and recommends books by mantra meditation proponents like Gary Thomas, Mike Yaconelli, John Michael Talbot, Brian McLaren and others. In They Like Jesus But Not the Church Kimball recommends Henri Nouwen’s book, In the Name of Jesus and John Shelby Spong’s book, Rescuing the Bible from Fundamentalism (though he gives a disclaimer of this latter but still thinks it’s good to be “familiar” with it). However, Kimball gives no disclaimer for his recommendation of Nouwen who said:
|
Die verandering wat plaas moet vind, is dus ‘n wegbeweeg van die fundamentele waarhede in die Skrif omdat die wêreld nie baie hou van die fundamentaliste wat vir hulle leer dat hulle eers waaragtigtig tot bekering moet kom alvorens hulle in die hemel toegelaat kan word nie. Dis darem te paternalisties. Hulle soek ‘n Jesus wat nie so sreng leerstellig is nie, maar een wat hulle knus en warm kan laat voel in hulle sondige kultuur. Stephan Joubert en sy vriend, Dan Kimball, vergeet gerieflikheidshalwe dat die regte Jesus gesê het:
2 Joh 9 Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun.
Miskien moet Stephan Joubert weer ‘n slag goed gaan kyk wat die leer van Christus alles behels.
Het ander gelowe ook dalk die waarheid in pag?
Voordat ek Stephan Joubert aan die woord stel oor sy siening van die waarheid, wil ek my klein groepie lesers net weer herinner aan wat die Bybel oor die waarheid sê.
Joh 17: 38, 39 Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog ‘n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek ‘n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem. Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? (Klem bygevoeg).
Dit is opvallend dat Pilatus nie gevra het wat “die waarheid” is nie maar “wat is “waarheid.” Dit wil vir my lyk of hy eintlik gevra het: “Wat is die essensie van waarheid?” of om dit so ‘n bietjie anders te stel, “Wat is dit wat die waarheid as waarheid bevestig?” Waaraan meet ‘n mens die waarheid? Die enigste waterdigte en betroubare toets om te bepaal of enige geestelike waarheid volhoubaar vrymakend is, moet dit opgehou word teen die lig van ‘n onveranderlike, ewigdurende, en essensiële bron van waarheid en ons het beslis so ‘n waarheid — Jesus Chrisus wat gesê het “Ek IS die Waarheid.” ‘n Waarheid wat nie in staat is om vry te maak nie, vry te maak van die leuen en die sonde nie, is geen waarheid nie, en ons het beslis so ‘n waarheid — Jesus Christus wat gesê het, “Julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vrymaak.” Baie ander gelowe onderskryf en verkondig sekere waarhede wat in die Christelike godsdiens teruggevind kan word, maar dit kan nie vrymaak nie omdat dit Jesus Christus, die essensie van waarheid, uitsluit. Neem bevoorbeeld begrippe soos barmhartigheid (“compassion”), liefde, hulpvaardigheid, mededoëndheid, sagmoedigheid, en nederigheid; dit is almal geestelike waarhede wat in sommige ander godsdienste gevind en selfs uiteleef word, maar dit beteken net mooi niks nie omdat die onderbou en fondament van daardie waarhede in ander godsdienste ontbreek. Jesus self het gesê, “Sonder my kan julle niks doen nie.” Dit is dus geheel en al futiel om waarhede in ander godsdienste te soek en te glo dat ons daaruit kan leer. Luister nou wat sê Stephan Joubert in weerwil hiervan.
Hy (Rob Bell) sê jy moet die kultuur “engage.” Jy moet gaan luister
na die Boeddhiste. Jy moet gaan hoor wat sê daai ouens. Dan skrik Christene hulle dood, want hulle hoor nie wat Rob Bell mooi sê nie. Hy sê nie word soos hulle nie, hy sê maar gaan lees hulle goeters, gaan hoor hoekom hulle so belangrik is. Hulle het ook dalk waarheid. Waarheid is nie net in die Christendom nie. Waarheid vind jy by Judaïsme. Jy kan waarheid vind by ateïsme. Jy kan waarheid vind by wie ook al (ook by Anton la Vey se Satanskerk, prof. Joubert?). God se algemene openbaring is ‘n bietjie wyer, maar jy sê Jesus is die Here. Dis waarnatoe jy op pad is met hulle met so ’n beweging.
Om te sê “Jesus is die Here” beteken net mooi niks nie.
Mat 7:21-23 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! (Klem bygevoeg).
So terloops, Stephan moet nie sommer aweregs uitsprake maak oor wat Rob Bell sou gesê het en nie sou gesê het nie sonder om die feite in oënskou te neem. Rob Bell het nog nooit gesê “word [nie] soos hulle nie.” Trouens hy het op ‘n keer baie duidelik gesê:
“This is not just the same old message with new methods. We’re rediscovering Christianity as an Eastern religion, as a way of life. (Christianity Today The Emergent Mystique). (Klem bygevoeg).
Moenie dink dat hy daarmee wil sê dat die Westerse spiritualiteit in lyn gebring moet word met die Hebreeuse spiritualiteit in die Ooste nie. Sy teenwoordigheid by die “Seeds of Compassion” Konferensie verlede jaar (11-15 April) in Seattle, Amerika, spreek boekdele. Daar het hy in eerbied voor die
14de geïnkarneerde Dalai Lama van Tibet gebuig en hom as “His Holiness” (hy word as ‘n god beskou) aangespreek. Bell se hele siening rondom versoening en rekonsiliasie pas baie goed in by die “Seeds of Compassion” van die Dalai Lama. Hy sê:
[T]here are around a billion people in the world who don’t have clean drinking water, and 46 million Americans don’t have health care. That means if they get sick, they don’t have anywhere to go. Half of the world, 3 billion people, live on less than two American dollars a day, so the world is an emergency. It’s on fire. It’s drowning. It’s an absolute crisis, and when followers of Jesus can think of nothing better to do with their time than to pick apart and shred to pieces the work of other followers of Jesus who are trying to do something about the world, that’s tragic, and I don’t owe those people anything. The world is desperately in need of people who will break themselves open and pour themselves out for the reconciliation of all things. When a Christian can find nothing better to do with their time in the face of this much pain and heartbreak, you start realizing that some Christians need to be saved. (Klem bygevoeg) (Relevant magazine)
Hy suggereer dus dat Christene wat nie bereid is om hande van barmhartigheid uit te steek na ‘n wêreld wat besig is om te verdrink nie, ongered is. Sy suggestie kom op niks anders neer as ‘n werkesaligheidsgeloof nie. Ek wonder net wat die een man aan die kruis langs Jesus, wie se hande en voete soos dié van Jesus aan ‘n houtkruis vasgespyker was, kon doen om die pyn en lyding van mense in die Romeinse Ryk te verlig. Ek weet net dat hy nou saam met Jesus in die paradys is.
Sodra jy van die Evangelie ‘n “social Gospel” wil maak, loop jy die gevaar om dié dinge wat die Here Jesus alleen in staat is om te doen, by Hom oor te neem en in eie krag te wil doen. HY het nie gesê “julle moet alles nuut maak” nie maar “Ek maak alles nuut.” Dit sal alleenlik plaasvind nadat die Satan, die Antichris en die valse profeet in die poel van vuur gewerp is en die ongelowiges by die Wittroon oordeel geoordeel is. Dit gaan hier oor God se skepping van ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde en nie die doen van filantropiese werk om van hierdie teenswoordige wêreld ‘n beter plek te maak nie. Hoe lees die Ontluikende leraars die Bybel? Hulle verstaan meesal nie die gedeeltes in die Bybel wat oor die eindtye handel nie omdat hulle dit as “ontvlugtingsteologie” beskou.
Indien Jesus Christus se aanspraak dat Hy die enigste waarheid is, soos HY ook daarop aanspraak maak dat HY die enigste weg en lewe is, wel die waarheid is, en as die Christelike godsdiens se aanspraak dat hy hierdie waarheid onvervals verkondig, ook die waarheid is, dan is die waarheid in geen ander godsdiens nie omdat Christus self in geen ander godsdiens is nie. In die lig hiervan, is Stephan Joubert se uitspraak dat waarheid nie net in in die Christendom is nie, uiters skokkend want dit suggereer dat Jesus Christus (dié Waarheid) gemeenskap het met die duiwel en sy gevalle engele. Paulus daarenteen sê onomwonde:
2 Kor 6:14-16 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode?
Word die Stem van die Kerk (“Eklesia” of die uitgeroeptes) al hoe stiller?
So, ek kan verstaan dat die stem van die tradisionele kerk al hoe stiller raak. Dit is die wêreld waarin ons lewe. Dis waar die “emergent church” [in]kom. Nou is daar verskillende soorte “emerging churches” en “emergent churches.” Ek vind my by ‘n groep van hulle wat ‘n groot passie het om die wêreld weer terug te wen, iemand soos Rob Bell in Amerika wat sy eie huis verkoop in Grand Rapids en tussen die armste mense in die stad intrek. Rob Bell is waarskynlik tans die mees sigbare, die mees prominente jong Christen leier in die VSA. As die Here wil, dan sien ek hom die 16 Maart, dan eet ek saam met hom ontbyt daar in Grand Rapids – Stephan Joubert
Ek kry gereeld nuusbriewe van sendelinge wat skryf oor die formidabele groei van die Kerk in Sjina ten spyte van, of moet ek liewer sê, by wyse van die gruwelike vervolging onder die Christene. Dit staan soos ‘n paal bo water dat vervolging dikwels die Bybelse manier is om groei, en in die besonder geestelike groei, onder God se kinders aan te wakker en te bevorder maar ook om hulle gemaksones so ‘n bietjie te skud sodat hulle na ander mense kan begin uitreik met die Evangelie van verlossing. Ons sien dit in Handelinge 8. Hierdie vervolging onder die Christene in lande soos Sjina, die Soedan, en ook elders in die Ooste, is vir my ‘n klinkklare bewys dat die Here sy belofte gestand doen en die Kerk bou in weerwil van die duiwel se pogings om die Kerk te vernietig. Het HY dan nie self gesê: “ . . .op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie”? (Mat 16:18). Maar nee, die Emergents het ‘n towerstaffie ontwerp, genaamd “contextual and cultural engagement” om die wêreld weer terug te wen vir Christus. Terug the wen . . . ? Op watter stadium in die geskiedenis van die wêreld het die wêreld Christus geken en toe weer teruggeval sodat hulle nou weer teruggewen moet word? Dit is nou maar weer net die ou-ou storie van, “Ons moet die Koninkryk van God hier en nou op aarde vestig sodat ons almal in ‘n wonderlike Utopia van vrede kan lewe.” Die stem van die tradisionele kerke in Suid-Afrika en ook elders in die Westerse wêreld is miskien besig om al hoe stiller te raak omdat hulle lank nie meer die suiwere Evangelie van Jesus Christus verkondig nie, maar die kerk in die Ooste is besig om die Kerk met hulle eie bloed en die genade van God te bou. G’n wonder Tertullius het op ‘n dag gesê: “The blood of the Martyrs is the seed of the Church.” Let asseblief op Stephan Joubert en al die ander “emergent” gurus: Dis nie Rob Bell se “cultural engagement” wat die Kerk bou nie maar die bloed van die kruis van Christus en almal wat sy bloed met hulle eie bloed omhels (“engage”) wat aan die die Kerk (die Bruid van Christus) haar groei en stukrag verleen.
Stephan sê voorts:
Dit [die Ontluikende Kerk] het met mense te doen wat ‘n passie het om te sê [ons wil] die wêreld vir Jesus in ons generasie weer terugkry; die kultuur weer terugkry. En daarom gaan ek nie hulle kultuur kritiseer nie, maar ek gaan dit “engage.” Daarom gaan ek nie ander ouens se spiritualiteit aanvat en my waarhede postuleer nie. Ek gaan luister wat hulle sê. Want ek kan die waarheid bewys ad infinitum soos, as ek in die 1960′s geleef het, en ek debateer met Boeddhis of ‘n Hindoe, sal ek daar sit en sê hier is my waarhede, hier is my goeters. Nou sal ek as ek in die “emerging church” is, sal ek sê, kom ons luister . . . Ek wil jou nie probeer verander nie, maar jy het ook die reg om te hoor hoe ek glo en ek gaan nie ekskuus sê vir wie ek is nie. Ek gaan nie my geloof in jou keel afdruk nie.
Die Evangelie van Jesus Christus gaan juis oor ‘n diepgrondige verandering wat begin by die verandering van jou gemoed. As ek so luister dan wonder ek of Stephan Joubert en die ander ontluikende leraars die Evangelie van Jesus Christus werklik ken. Die Bybelse Christene (Bruid van Christus) het nog nooit die lewende Water van God in mense se kele afgegooi of afgedruk nie. Hulle het in gehoorsaamheid aan Christus, soms ten koste van hulle lewens, SY woorde getrou aan mense oorgedra sodat hulle self ‘n besluit kon maak of hulle die Lewende water verniet wil neem al dan nie.
Openb. 22:17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.
Die Evangelie van Christus kom beslis nie neer op ‘n dialoog tussen mense van verskillende gelowe om bloot net wedersydse respek vir mekaar se geloofsoortuigings te kweek nie. Die ontluikende predikers gee voor dat hulle hul mede aardse reisgenote baie lief het en hulle vir Christus wil terugwen, maar dit is ‘n liefde wat nie tred hou met God se liefde nie. God se liefde is ‘n gee-liefde en nie net ‘n sê-liefde nie en dit help ook net mooi niks om, soos Rob Bell dit stel, “to break yourself open and to pour yourself out for the reconciliation of all things” as jy versuim om ‘n verloregaande wêreld te vertel dat God sy eie Seun verbrysel het sodat hulle met Hom versoen kan word. Sodra jy klem lê op jou eie offervaardige goeie dade om die wêreld se kultuur terug te wen, soos Stephan Joubert Rob Bell telkens in sy preek die lof besing het, dan vervaag die betekenis van Jesus se kruisdood in die agtergrond. Daarom sê die Bybel dat wanneer ons barmhartigheidswerk doen ons linkerhand nie moet weet wat ons regterhand doen nie. In weerwil hiervan prys Stephan Joubert die barmhartigheidswerk van Rob Bell ten hemele.
Wat doen Rob Bell om die Evangelie uit te dra? Hy verkoop sy huis. Hy sit sy kinders in die armste skool waar die “drug lords” is en hy gaan bedien hulle met die Evangelie. Hulle is betrokke in Soweto saam met Johan Geyser-hulle van Mosaïek met ‘n reuse armsorg projek in sy gemeente.
Wonderlik! Maar . . . . .
Verkondig Rob Bell die Evangelie?
Stephan sê:
Ek het hom [Rob Bell] al sien optree, baie keer. Hy stap op daai verhoog, met sy swart bril en sy weird klere en sy kitaar, maar as hy sy mond oopmaak dan is dit die Evangelie. (Klem bygevoeg).
Die vleeswording of inkarnasie van die Here Jesus Christus by wyse van die maagdelike geboorte is die kern van die Evangelie. As Hy nie in die gedaante van ‘n mens na die aarde gekom het nie sou Hy nooit vir ons sondes aan die kruis kon betaal nie. Daarom is dit dan ook so gevaarlik om die maagdelike geboorte te ontken of te onderspeel want elkeen wat dit doen, plaas homself in die kader van die Antichris. Luister weer ‘n slag hierna:
1 Joh 4: 1-3 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan. Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
Rob Bell sê in sy boek, Velvet Elvis op bladsy 027 dat hy in die maagdelike geboorte van Christus glo, maar op bladsy 026 sinspeel hy op die gedagte dat ‘n persoon nog steeds ‘n Christen kan wees en die Here waarlik lief kan hê al sou hy nie in die maagdelike geboorte glo nie. Hy maak die deur dus wyd oop vir ‘n antichristelike siening van die maagdelike geboorte sonder om sy eie siening daaroor in die gedrang te bring. Hy het dus ‘n dialektiese en dualistiese siening oor die maagdelike ontvangenis. Hy gebruik albei na gelang dit nodig is om aan te pas by die gehoor waarin hy hom bevind. Hy is dus niks anders as ‘n twee-gat jakkals nie
In sy vergelyking van die Christelike Godsdiens met ‘n trampolien, sê Bell die volgende:
What if tomorrow someone digs up definitive proof that Jesus had a real, earthly, biological father named Larry, and archeologists find Larry’s tomb and do DNA samples and prove beyond a shadow of a doubt that the virgin birth was really just a bit of mythologizing the Gospel writers threw in to appeal to the followers of the Mithra and Dionysian religious cults that were hugely popular at the time of Jesus, whose gods had virgin births?
But what if, as you study the origin of the word “virgin” you discover that the word “virgin” in the gospel of Matthew actually comes from the book of Isaiah, and then you find out that in the Hebrew language at that time, the word “virgin” could mean several things. And what if you discover that in the first century being “born of a virgin” also referred to a child whose mother became pregnant the first time she had intercourse?
What if that spring [of the trampoline] were seriously questioned? Could a person keep on jumping? Could a person still love God? Could you still be a Christian? Is the way of Jesus still the best possible way to live? Or does the whole thing fall apart? (026,027)
Rob Bell saai maar eintlik twyfel in die harte van sy lesers deur te sê “Is dit ook so dat God gesê het . . .?”
Dan Kimball, van wie Stephan met groot lof in sy preek praat, het ook ‘n algeheel onbybelse siening van die verlossing in Christus. Hy skryf:
“Without a doubt, the books that have made the most influence in my thinking on discipleship and spiritual formation for the emerging church are the following from Dallas Willard. Renovation of the Heart: Putting on the Character of Christ (NavPress 2002) and The Divine Conspiracy: Rediscovering Our Hidden Life in God (Harper Collins, 1998)” —Dan Kimball from his newsletter, 2002
The following is an excerpt of an article written by Dallas Willard, in which he hypothetically responds to a college girl who was raised a Christian but has now rejected the Christian faith and believes all paths lead to God …
“What Paul is clearly saying is that if anyone is worthy of being saved, they will be saved. At that point many Christians get very anxious, saying that absolutely no one is worthy of being saved. The implication of that is that a person can be almost totally good, but miss the message about Jesus, and be sent to hell. What kind of a God would do that? I am not going to stand in the way of anyone whom God wants to save. I am not going to say “he can’t save them.” I am happy for God to save anyone he wants in any way he can. It is possible for someone who does not know Jesus to be saved.”—Dallas Willard, Apologetics in Action.
Ons kan tereg vrae: Waaroor gaan die Evangelie dan nou eintlik? Dit is duidelik dat die Evangelie besig is om ‘n drastiese gedaanteverwisseling te ondergaan en die rede hiervoor is omdat die verkondigers van hierdie Evangelie die gedaante van godsaligheid het maar die krag van die ware Evangelie verloën het. Ek sluit af met hierdie tekse in julle midde.
Joh 10:26 Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle gesê het.
Joh 10:27 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
Ek kan maar net weer soos in die verlede ‘n ernstige versoek rig tot Stephan Joubert dat hy hom sal bekeer van die pad waarop hy hom tans begewe want dit is ‘n verderflike pad.
Moet ons Werklik Nuwe Maniere vind om die Evangelie te Verkondig?
Stephan Joubert sê in sy preek:
Ons moet nuwe maniere vind. Ons moet nuwe gestaltes vind. Ons moet nuwe gespreksvennote vind. Ons moet luister as die grootste groeiende spiritualiteit in die wêreld, tans nie die Christendom is nie. Dan moet ons gaan vra hoekom nie? Hoekom groei die Boeddhiste die vinnigste? Wat het hulle wat ons nie het nie? Hoekom kry die Amerikaanse Neurologiese Vereniging, as 40 000 van die wêreld se neuroloë saamtrek, die Dalai Lama om hulle te kom toespreek? Hoekom kry hulle die Dalai Lama, die hoof van die Boeddhiste?
Ons voortreflikste teoloë in die land wil nou maar eemaal nie verstaan dat sukses nie gemeet word aan getalle nie. Dit is beslis nie die hoeveelheid koppe wat die barometer vir sukses is nie. Indien getalle die litmustoets moes wees vir sukses dan was die hel ‘n helse suksesvolle plek gewees. Sê die Here Jesus dan nie juis dat daar maar baie min is wat die nou poort en die smal pad wat na die ewige lewe lei, vind nie? (Mat 7:13; Luk 13:24). En dan wil die Ontluikende leraars op die koop toe die nou poort en die smal pad toemaak en sluit deur vir die mense te sê, : Daar is ander maniere, ander gestaltes, ander gespreksvennote, ander vinnig-groeiene spiritualiteite wat julle kan help om die regte pad te vind. Wat sê God:
Jer 6:16 So spreek die HERE: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie. (Klem bygevoeg)
Ek moet u miskien dan maar vertel, Stephan Joubert, waarom 40 000 neuroloë van die Amerikaanse Neurologiese Vereniging ‘n afgod, die 14de geïnkarneerde Dalai Lama, gevra het om hulle toe te spreek en nie iemand wat die Here Jesus liefhet en waarlik volg nie. Soos Israel van ouds sê hulle ook: “Ons wil daarin [die ou paaie] nie wandel nie.” “Gee eerder vir ons nuwe maniere, nuwe gestaltes, nuwe gespreksvennote nuwe vinnig-groeiende spiritualiteite. Daarin lê ons heil, ons toekoms, ons vrede en ons redding.”
Ten slotte wil ek weer eens baie ernstig by jou pleit, Stephan Jounert: Bekeer jou van jou verkeerde weë want jy speel met vuur.