Waak en Bid / Watch and Pray

omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie / for ye know not when the time is (Mark 13:33)

Is jy kwaad vir jou Buurman? Neem wraak! Brand sy huis af! Dis ‘n natuurlike reaksie!

Posted by Thomas on June 8, 2009

House burning Ons land het darem nie ‘n gemis aan goeie raadgewers nie. Dink daaraan: Stephan Joubert moedig Christene aan om by mense van ander geloofsoortuigings te leer; Jannie Pelser vra, Maar kan ons nie maar ook by die New Age dinge leer nie. En nou kom Hennie Stander met een van die briljanste uitsprake vorendag wat gerus maar as die uitspraak van die jaar bestempel kan word. In eergister se uitgawe van sy blog (Sondag, 7 Junie) vertel hy hoedat Pres. Barack Obama  op ‘n vredesending na verskillende lande in die wêreld tans besig is om mense te leer dat vrede moeilik en nie goedkoop is nie. In Duitsland het hy die Israeli’s en die Palestyne gewaarku dat hulle baie moeilike stappe sal moet doen om vrede te bewerkstellig. ‘n Mens kan net raai wat daardie stappe moet wees; Israel sal maar net nog meer grondgebied aan die Palestyne moet afstaan; Jerusalem sal in twee verdeel moet word; die veiligheidsmuur wat Israel tussen hulle en die Palestyne gebou het, sal gesloop moet word; en die Palestyne sal hulle eie soewereine staat met ‘n gedeelte van Jerusalem as hulle hoofstad moet kry. Moeilik en nie goedkoop nie? . . . Vir wie nogal? En siedaar! Vrede, vrede skree hulle wanneer ‘n skielike verderf hulle oorval (1 Thessalonicense 5:3).

Om sy aanname dat vrede nie maklik of goedkoop is nie nog beter te verduidelik, vertel Hennie van ‘n werker in Johannesburg wat hierdie afgelope week sy werkgewer se huis in ‘n gegoede woonbuurt afgebrand het omdat hy gedink het hy word benadeel. Dan sê Hennie met die wysheid soos dié van ‘n Delphi-orakel: “Dit is ‘n natuurlike reaksie om so op te tree.” Moet ons hieruit aflei dat die Tweede Wêreldoorlog waarin Hitler miljoene Jode uitgeroei het ‘n natuurlike reaksie was? Was die destydse grusame vermoording van miljoene mense in Rwanda ‘n natuurlike reaksie?

Ek nooi u om gou-gou saam met my ‘n hofsaak by te woon waarin ‘n man aangekla word van brandstigting en waartydens verskeie mense dood is. Hy word verteenwooordig deur adv. Hennie Stander, een van die briljantste advokate in ons land.

Regter: Hoe pleit u?

Advokaat Stander: Onskuldig! u edelagbare. Dit was ‘n natuurlike reaksie van die man om so op te tree.

Die regter loer met groot bewondering oor sy dik brilraam na adv. Stander, slaan met sy houthamertjie op die regbank en skree: “Onskuldig! Die saak is gesluit!” Die brandstigter glimlag breed, omhels Stander met groot dankbaarheid en stap as ‘n vry-man uit die hof om voort te gaan met sy natuurlike reaksies.

Blykbaar is Hennie Stander salig onbewus van Jannie Pelser se “Nuwe Hartstigting” wat ons hele gemeenskap wil omdolwe met sy “nuwe waardes en norme.” Moontlik het hy ook nog nie gehoor van Graham Power se projek genaamd “Onbeskaamd Eties” nie. Pelser en Power is tot die dood toe bekommerd oor die misdaad, geweld, korrupsie en onetiese optredes onder ons mense, maar Stander sê: Ag nee wat, dis tog nie so ‘n groot probleem nie. Dit is alles maar net natuurlike reaksies om so op te tree. Jannie! ek het ‘n uiters belangrike werk vir jou om te doen ter wille van ons land en sy mense. Skakel tog asseblief vir Hennie en tik hom so ‘n bietjie oor die vingers omdat hy julle werk in die wiele ry. Terwyl julle swoeg en sweet om nuwe waardes en norme en etiese optrede onder ons mense in te burger, breek Hennie alles af deur te sê dat “dit meer gewoon of natuurlik is om wraak te neem . . . Dit is ‘n natuurlike reaksie om so op te tree.” Veronderstel ons plaas vir julle (Jannie en Graham) in die een hoek van ‘n bokskryt en Hennie in die ander. Vir wie dink julle gaan die skare misdadigers, geweldenaars, en korrupte politici toejuig en ondersteun?

Die soort vrede wat Hennie Stander bepleit wanneer hy sê: “Dit is nogal iets wat ’n mens moet onthou, naamlik dat vrede nie maklik of goedkoop is nie. Dit vra altyd groot opoffering en ’n duur prys. Die rede is doodgewoon omdat vrede ’n onnatuurlike reaksie is. Dit is meer gewoon of natuurlik om byvoorbeeld wraak te neem”,” is ‘n vrede wat die wêreld jou gee. Die Here Jesus het juis na hierdie wêreldse vrede verwys  toe hy gesê het:

Johannes 14:27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie.

Die vrede wat die Here Jesus sy volgelinge gee is ook nie goedkoop nie. Hy het ‘n geweldige hoë prys daarvoor bepaal toe Hy sy lewe aan ‘n vloekhout, die kruis, vir ons sondes afgelê het. Dit is ‘n vrede wat nie net alle verstand te bowe gaan nie maar jou ook ‘n goddelike liefde gee vir ander mense, en ja selfs ook jou vyande, sodat jy geen wraakgedagtes of onmin jeens hulle koester nie. Troens, jy streef om die evangelie aan hulle te bring sodat hulle waaragtig tot bekering kan kom en sodoende ook die vrede van Christus kan smaak. Die wêreld kan jou vrede gee (die Here Jesus het diit nie betwis nie) maar dis ‘n vrede wat beslis nie vrede kan bewerk tussen jou en God nie. Trouens, die vrede wat die wêreld jou gee kan nooit die stigma van onvrede wat aan ‘n ongelowige kleef, afskud nie. Daarom sê die Here dat daar eintlik nooit werklike vrede in die hart van die ongelowige kan wees nie.

Jesaja 57:20-21 Maar die goddelose is soos ‘n onstuimige see; want dit kan nie tot rus kom nie, en sy waters gooi slyk en modder op. Geen vrede, sê my God, vir die goddelose nie!

Iemand het eenmaal gesê: “Man is restless until he finds rest in God through Jesus Christ.” Dis ‘n vrede waaraan jyself nie nodig het om te werk nie. Dis nie ‘n vrede wat jyself kan skep nie en nog minder is dit ‘n vrede wat jy in eie krag, geloof, energie, wilskrag, simpatie, geregtigheid, verbeelding en deur die triomf van beginselvastheid kan meebing. Dis ‘n vrede wat aan jou geskenk word dié dag wanneer jy na Christus kom om jou saak met Hom reg te maak, tot bekering te kom en jou hele lewe aan Hom oor te gee sodat Hy jou kan gebruik soos Hy wil. Dis ware vrede en nie soos Hennie Stander dit omskryf in die woorde van iemand anders wat sou gesê het nie:

Peace has to be created, in order to be maintained. It is the product of Faith, Strength, Energy, Will, Sympathy, Justice, Imagination, and the triumph of principle. It will never be achieved by passivity and quietism.”

Hennie sluit sy kort artikel op sy blog af met hierdie woorde.

Maar dit is die moeite werd om vrede te soek. Immers, God vra dit van ons.

Nee Hennie, die Here verwag nie van ons om vrede te soek soos die wêreld dit aan ons wil gee nie—deur ons eie skeppingsvermoë, geloof, krag, energie, wilskrag, simpatie, geregtigheid, verbeelding en die triomf van ons eie beginselvastheid nie—en jy as belydende Christen behoort dit te weet.

1Thessalonicense 5:3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.

16 Responses to “Is jy kwaad vir jou Buurman? Neem wraak! Brand sy huis af! Dis ‘n natuurlike reaksie!”

  1. I was actually going to say something to Gezelle as well regarding her comment but then I forgot. Oh hang on I remember, “As jy niks goed van iemand kan sê nie, bly liewer stil.”

    Gazelle, before you point fingers as people who supposedly insult other people, please first point your little finger at people who insult and mock JESUS CHRIST.

    Is covering up for wicked men more important than the disguising mocking words they say about Jesus Chris the Son of God who I am sure you ‘profess’ to be your savior. Are you one of those who raises their hands in church looking all sincere, but that’s all it is, a show.

    And believe it or not, this might came as a shock to you, but it’s those who mock and insult Jesus Christ like you do because you stand up for liars that makes Christianity look like a waste of time.

    But then that’s what Satan wanted from the start so that the church would run into his arms instead.

    PS, if you don’t want to do your job and stand up for Jesus, then please don’t get in the way of others who love their job, loving Jesus Christ and His Word.

  2. Nico said

    Re: Die werker wat die huis afbrand.
    Ek moet vandag met Hennie saamstem dit is ‘n natuurlike reaksie vir die mens wat God verwerp het. Dat alle ongeredde mense (en selfs soms christene) nie so optree nie is net die genade van God wat hulle terughou sodat hulle nie die boosheid wat hulle in hulle harte bedink letterlik uitvoer nie.

    Gen 6:5 “Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al (nie net party nie) die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur (nie af en toe nie) net sleg was,”
    Ps 14:3 “Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.” (elke enkele een)
    Ps 53:3 “Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen nie, ook nie een nie.”
    Joh 3:19 “en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.”
    My hakies in die Bybel aanhalings.

    • Thomas said

      Nico, jy haal sekere dele uit die Bybel aan asof jy verskoning wil maak vir die mens se goddelose optredes. Hoe ver dink jy gaan jy kom om in ‘n hof ‘n brandstigter te verdedig deur vir die regter te sê: “Dit is ‘n natuurlike reaksie om so op te tree.”? Indien jy dit sou kon regkry om die regter se vonnis in die guns van die brandstigter te swaai, is jy voorwaar ‘n briljante advokaat en sou jy dit waarkynlik ook kon doen met die hemelse Regter.

      My betoog teen Hennie se relaas was hoofsaaklik gemik op die verband wat hy gemaak het tussen ‘n “natuurlike reaksie” en “vrede wat [kwansuis] alleenlik deur harde werk, moeite en wilskrag” verkry word. Ons moet baie versigtigtig wees om nie wêreldse wyshede bo dié van goddelike wysheid te kies en dit dan as wysheid in die openbaar te verklaar nie. Hennie se bewonderaars neem my kwalik wanneer ek vir hulle Bybelverse aanhaal, maar hulle aanvaar heel gelate Hennie se Bybelaanhalings omdat hy, anders as ek, nie ‘n hond en ‘n vark is nie.

      Hennie het ‘n gulde geleentheid gehad om ‘n Bybelse perspektief op vrede aan sy lesers oor te dra maar pleks daarvan het hy Barak Obama as vredemaker voorehou en Dorothy Thompson se eienaardige idees oor vrede aan sy lesers opgedis, en op die koop toe het hy een van die eienaardigste opmerkings denkbaar gemaak toe hy gesê het “Dis ‘n natuurlike reaksie om so op tre tree.” Leer hy dit ook vir sy kinders?

      Die doel van die teksgedeeltes wat jy aangehaal het, is ten eerste nie om vir die mens te toon hoe sleg hy is nie, maar om vir hom te wys hoe dringend noodsaaklik hy Jesus Christus nodig het om hom van daardie dinge te verlos. Vrede, my vriend, is nie iets waarvoor jy hoef te werk nie, net so min soos weat jy vir jou saligheid kan werk. Vrede is ‘n Persoon wat gevalle sondaars sy vrede kan gee alleenlik wanneer hulle hul heelhartig tot hom te bekeer. Na die maan met Barak Obama en Dorothhy Thompson se vredespogingtjies. Dit loop altyd uit op oorlog en onvrede omdat die mens sy tye van vrede gebruik om voor te berei vir oorlog.

      Joh 14:27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.

      Hoor jy dit? God GEE sy vrede aan elkeen wat Hom as hul Verlosser ken en het dus nie nodig om moeilike stappe te doen (ala Barak Obama) alvorens hulle dit deelagtig kan word nie. Met dank aan een van my grooste kritici wil ek afsluit deur te sê: “As jy niks goeds kan sê oor die vrede wat Jesus Christus alleen vir jou kan gee nie, bly dan maar liewer stil.

      • Nico said

        Kan die mens wat nie weergebore is nie enige iets anders as sonde doen? Selfs weergebore christene moet aanhoudend stry teen die sondige natuur want sonde kom ‘natuurlik’ vir ‘n mens. Jy vertaan my gebruik van ‘natuurlik’ verkeerd. Ek verdedig nie in die minste die sondige optrede van die werker wat die huis afgebrand het nie. Ek sê dit is ‘natuurlik’ vir ‘n slaaf van sonde om sonde te doen want na die sondeval het alle mense ‘n sondige natuur (volgens die Bybel aanhalings). ‘n Regter is veronderstel om ‘n aangeklaagde volgens die wet te beoordeel en nie volgens sy natuurlike neigings nie.
        Daarom is almal wat nie deur Jesus Christus gered is nie, strafwaardig voor God.
        Ek het net saamgestem met die frase waar Hennie sê dat dit ‘natuurlik’ is vir ‘n sondige mens is om wraak te neem deur bv ‘n huis af te brand.
        Ek sê nêrens dat ek met Hennie se hele artiekel of aanhalings van Dorothy Thompson en Barack Obama saamstem nie.

        • Thomas said

          Daar is meer ongelowiges in die wêreld as gelowiges. Stem jy saam, Nico? Ons kan dus aflei dat meer ongelowiges hulle werk verloor as ongelowiges, nie waar nie? Tog hoor ‘n mens baie min dat ongelowiges die gereg in eie hande neem en hulle werkgewers se huise afbrand omdat dit kwansuis die natuurlike ding is om te doen. Waaraan sou jy sê kan ‘n mens dit toeskryf? Is dit nie miskien omdat elke mens, ook die ongelowiges, ‘n godgegwe gewete het wat hulle daarvan weerhou om natuurlike dinge soos die afbrand van huise te doen nie?

          Ek stem nie met jou saam dat die mens wat nie weergebore is nie niks anders kan doen as sondig nie. Die Here Jesus self het gesê “En as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle? Want die sondaars het ook dié lief wat vir hulle liefhet” (Lukas 6:32). Is om iemand lief te hê ‘n sonde?

          • Nico said

            “Paulus sê in werklikheid hier, Man! julle kan so hard probeer as julle wil om die norme en waardes van eerlikheid, medemenslikheid, selfbeheersing en verantwoordelikheid uit te lewe; julle gaan netsoos ek telkens in die doldrums van onbeholpenheid, mislukkings en wanhoop verval. Moenie dink dat ‘n nuwe hart genoeg is nie. Ek het reeds ‘n nuwe hart ontvang, maar nou kom ek agter dat daar nog steeds ‘n ander beginsel in my woel en werskaf en dit is my ou Adamnatuur, daardie lelike ding wat voortdurend sê ‘ek wil dit en dat doen, ek wil sus en so maak, ek, ek, ek . . .’ Dis juis hierdie lelike ding in my wat Jesus verhinder om sy lewe van nederigheid en sagmoedigheid waarin Jannie se waardes soos eerlikheid, medemenslikheid, selfbeheersing en verantwoordelikheid ingebed is, in en deur my uit te lewe. Maar, dank die Here, die Heilige Gees het my oortuig dat Jesus en Jesus alleen my kan verlos van hierdie liggaam van die dood (die ou Adamnatuur) wat hoegenaamd nie in staat is om Jannie se mooi norme en waardes uit te lewe nie. Al wat Hy van my verwag is om te reken dat ek dood is vir die sonde en lewend gemaak is vir God. Daarom kan ek met vaste oortuiging sê ‘Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.’”
            I rest my case, you said it.

            • Thomas said

              Paulus het nie huise afgebrand nie, het hy? En enige ander gelowige wat huise begin afbrand omdat hy/sy te na gekom is, moet baie seker maak of hulle werklik gered is. Jy het tog seker al gelees wat Paulus in Hebreërs 10:30 sê: “My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here;”

              In Romeine 7 praat Paulus nie noodwendig van growwe sondes nie, maar van die mooi eienskappe van die vlees wat probeer om God te behaag, sonder enige sukses. Hy het keer op keer misluk. Jesaja het gelowiges se beste werke ‘n besoedelde kleed genoem (Jesaja 64:6). Gaan lees maar gerus in ‘n goeie kommentaar wat daardie “besoedelde kleed” werklik is. Let wel, Jesaja verwys nie nie na ongelowiges nie maar gelowiges en dis juis die fout wat Hennie Stander maak wanneer hy nie ‘n onderskeid maak tussen gelowges en ongelowiges nie. In sy oë is dit vir albei groepe ‘n natuurlike reaksie om wraak te neem. Let wel, hy het nie gesê dis ‘n natuurlike neigiing nie, maar dat dit ‘n natuurlike reaksie is. “Reaksie” is iets wat jy daadwerklik doen. Corrie ten Boom wie se hele familie (Pa, ma en suster) in ‘n Nazi konsentrasiekamp omgekom het omdat hulle gedurende die Tweede Wêreldoorlog Jode in hulle huis versteek het, was die enigste oorlewende na die oorlog. Sy het later op ‘n dag tydens een van haar wêreldreise om die Evangelie te verkondig ‘n man ontmoet wat homself na afloop van een van haar optredes aan haar voorgestel het: “Ek is die man wat jou pa, ma en suster in die Nazi konsentrasiekamp vermoor het. Ek het instussen tot bekering gekom. Ek het Jesus Christus as my persoonlike Saligmaker ontmoet. Hy het my al my sondes vergewe en ek wil by jou weet of jy my ook sal vergewe?” Sy het hom lank aangekyk maar kon nie haar hand na sy uitgestrekte hand uitsteek nie en begin bid: “Here, U weet hoe moeilik dit vir my is om nie vir hierdie man kwaad te wees nie, maar deur U genade en deur die krag van U Gees is ek in staat om hom heelhartig te vergewe.” Sy het toe haar hand uitgesteek en die hand van haar familie se moordenaar gegryp en hom heelhartig vergewe terwyl die man met trane in sy oë haar innig bedank het. Ja! sy kon sekerlik wraak neem en die huis van die moordenaar van haar mense afbrand en nog boonop miskien ook sy hele familie uitwis omdat sy gedink het “wraak is ‘n natuurlike reaksie.”

              Hennie Stander laat meestal gulde geleenthede verbyglip om die Bybelse en Christelike perspektief op alledaagse gebeure vir sy lesers te skilder m.d.g. dat hulle ‘n verkeerde beeld kry van wat reg en verkeerd is. As ‘n brandstigter se wraak geregverdig word deur ‘n uitspraak soos “dis ‘n natuurlike reaksie om so iets te doen” dan is dit mos ook ‘n natuurlike reaksie om iemand te vermoor, nie waar nie? . . . en wie sê ‘n moordenaar het nog nooit Hennie Stander se blog gelees nie? Watter indruk moet hy dan kry van ‘n Christen wat sê “Ag! moenie worry nie, dis maar net ‘n natuurlike reaksie.” Vertel eerder vir die mense dat God daardie natuurlike neiging om sondes te wil doen, kan en wil wegneem. Maar nouja, Hennie Stander is nie juis baie ingenome met die idee om Skrifwaarhede met Bybelversies te staaf nie. Hyself gebruik soms Bybelverse maar word kwaad wanneer ander mense, soos Amanda en ek, al in die verlede op sy blog gedoen het. So tussen hakies, ons is nie meer welkom op sy blog nie want dis ‘n natuurlike reaksie om mense wat nie met hom saamstem nie, te “excommunicate.”

    • Amanda said

      Nico, wat Thomas gesê het. Hou ook ingedagte dat Prof. Stander polities aanvaarbare opinies lug. Hy het geskryf:

      Pres. Barack Obama is tans op besoek aan verskillende lande. Hy het ondere andere tans in Duitsland gesê dat die Palestyne en die Israeli’s baie moeilike stappe sal moet doen om vrede te bewerkstellig. Hy het ook gesê dat hulle uithouvermoë aan die dag sal moet lê.

      Dit is nogal iets wat ’n mens moet onthou, naamlik dat vrede nie maklik of goedkoop is nie. Dit vra altyd groot opoffering en ’n duur prys. Die rede is doodgewoon omdat vrede ’n onnatuurlike reaksie is. Dit is meer gewoon of natuurlik om byvoorbeeld wraak te neem.

      Hy tref geen onderskeid tussen Israel se selfverdediging en die Arabiere se Islam ideologie van oorname nie. Die twee is nie dieselfde ‘natuurlike reaksie’ nie. Islam beteken ’submission’ en daar kan net vrede kom wanneer die hele wêreld onderwerp is aan hulle god. Die einde sal eers kom wanneer elke Jood vermoor is. Kan jy onthou hoe die Israelis uit hulle huise gedra is om Gaza aan die Arabiere te bemaak in ruil vir vrede? Ja, hulle het opgeoffer en hulle het duur betaal. In ruil daarvoor het hulle daaglikse missiel aanvalle op hulle burgers gekry vanuit Gaza plus die slagspreuk: Today Gaza. Tomorrow Jerusalem. Daniel Pipes het toe reeds geskryf oor wat die noodwendige gevolg van Israel se opoffering gaan wees.

      We stand at an interpretive divide. If Israel’s critics are right, the Gaza withdrawal will improve Palestinian attitudes toward Israel, leading to an end of incitement and a steep drop in attempted violence, followed by a renewal of negotiations and a full settlement. Logic requires, after all, that if “occupation” is the problem, ending it, even partially, will lead to a solution.

      But I forecast a very different outcome. Given that about 80% of Palestinian Arabs continue to reject Israel’s very existence, signs of Israeli weakness, such as the forthcoming Gaza withdrawal, will instead inspire heightened Palestinian irredentism. Absorbing their new gift without gratitude, Palestinian Arabs will focus on those territories Israelis have not evacuated. (This is what happened after Israeli forces fled Lebanon.) The retreat will inspire not comity but a new rejectionist exhilaration, a greater frenzy of anti-Zionist anger, and a surge in anti-Israel violence.

      Palestinian Arabs themselves are openly saying as much. A top Hamas figure in Gaza, Ahmed al-Bahar says “Israel has never been in such a state of retreat and weakness as it is today following more than four years of the intifada. Hamas’s heroic attacks exposed the weakness and volatility of the impotent Zionist security establishment. The withdrawal marks the end of the Zionist dream and is a sign of the moral and psychological decline of the Jewish state. We believe that the resistance is the only way to pressure the Jews.”

      A Hamas spokesman, Sami Abu Zuhri says likewise that the withdrawal is “due to the Palestinian resistance operations. … and we will continue our resistance.”

      Others are more specific. At a mass rally in Gaza City last Thursday, about 10,000 Palestinian Arabs danced, sang, and chanted, “Today Gaza, tomorrow Jerusalem.” The commander of Gaza’s Popular Resistance Committees, Jamal Abu Samhadaneh announced Sunday, “We will move our cells to the West Bank” and warned “The withdrawal will not be complete without the West Bank and Jerusalem.” The Palestinian Authority’s Ahmed Qurei also asserts, “Our march will stop only in Jerusalem.”

      Pres. Obama en Prof. Stander se mooi woorde mislei die goedgelowiges.

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>