‘n Nuwe God-Verklaarde Manier om Verlore Siele in Suid-Afrika te Red
Posted by Thomas on June 22, 2009
Read the English version here.
God het waarskynlik ‘n spiksplinternuwe fondament vir die redding van tien miljoen Suid-Afrikaners gelê en bekragtig. Hy het na bewering besluit dat die offerdood van sy Seun aan die kruis geheel en al onvoeldoende en ontoereikend is en het nou ‘n vrou, Elza Meyer, ‘n leier predikant by Moreletapark se NG Kerk, gekoöpteer om Christus by te staan in sy plaasvervangende lyding vir ons sondes aan die kruis. Elza se seun, Pieter, was instrumenteel om hierdie nuwe weg van saligheid teweeg te bring. Hier’s wat Elza op haar blog “Turn2God” geskryf het:
Tydens die Oos-Kaap konferensie was daar ’n aanval van die bose op my liggaam. Ons kon nie die effek daarvan gebreek kry nie, totdat ek laatnag my seun, Pieter, gebel het en hom gevra het om vir my te bid. Hy het 10 miljoen siele, gered en gedoop, geëis in ruil vir die aanslag op my lewe. Dit het onmiddellik geëindig. Moreletapark Gemeente is deur die Here gelei om ’n nuwe doelwit vir die gemeente te formuleer nl. 10 miljoen siele binne 10 jaar. Die oorhoofse doelwit is om 10 miljoen siele met die evangelie te bereik en hulle dissipels van Jesus te maak (Klem bygevoeg).
Hoe gaan hulle die Evangelie verkondig? Gaan hulle die verlore siele wat hulle vir Christus wil bereik, vertel dat Christus hulle wil red omdat Hy toegelaat het dat Elza Meyer ‘n hewige demoniese aanval op haar lewe oorleef? Nee . . .? Hoor ek miskien ‘n koor van Moreletapark se lidmate wat sing “Nee! ons gaan dit nie so doen nie”? Die ironie is dat hulle alreeds begin het om dit so te doen op Elza se blog “Turn2God.” Het hulle dan nog nooit gehoor van Paulus se waarskuwing in 1 Korinithiërs 3:11 nie?
1 Kor. 3:11 Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.
Jy’s volkome verkeerd, broer Paulus. Het jy nog nie gehoor van die spiksplinternuwe hoeksteen en fondament wat onlangs in die Moreletapark NG Kerk Gemeente gelê is nie? Nog nie . . .? Jy’s verspot. God gaan 10 miljoenverlore siele in die bestek van tien jaar in Suid-Afrika red (‘n miljoen per jaar) in ruil vir Elza Meyer se oorlweing van ‘n hewige demoniese aanval op haar lewe. Wat het jy gesê, Paulus? Het ek jou hoor sê ”Godslasterlik?” Nee, nee, nee, nee en nog ‘n nee, Paulus. Hoe durf jy sê dis godslasterlik. Jy’s te oudmodies. Ons leef in die verligte postmoderne dae en ons is besig om die Evangelie op baie ander maniere aan verlore siele in Suid-Afrika te verkondig. Ons Suid-Afrikaanse predikers is van die vindingrykstes ter wêreld . . . dink jy nie so nie, Paulus.
Ek is versot op die Woord van God en hou daarvan om waarhede wat ek nooit kon dink om dit daar te vind nie, op te diep. Ek was nogal verbaas om die volgende juweel in die Bybel te vind.
Lukas 16:8 . . . want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig.
Ag nee wat, broer Paulus! Jy probeer seker snaaks wees! Wel ek het so gedink totdat ek ‘n blog van ‘n ateïs gelees het wat in sy kommentaar op Elza Meyer se onbybelse eise die vraag vra: “Is skynvroomheid (huigelary) nie ‘n sonde nie?” Te midde van duisende vroue (en miskien net soveel mans wat onder die pantoffelregering by die Moreletapark Gemeente staan) wat sê hulle is Christene en Elza se nuwe manier om die Evangelie te verkondig met ontsag bejeen, en selfs ook ‘n nuwe doelwit vir die Moreletapark gemeente daargestel het, is daar ten minste een persoon, ‘n ongelowige, wat in die teenwoordigheid van gees behou het en dwarsdeur die hele skynvroomheid kon sien en vriendlik genoeg was om te waarsku teen die sonde van huigelary. U kan lees wat die woord “sanctimony” beteken, hier sien en glo my dis nie mooi nie, gladnie mooi nie.
Wat op aarde is besig om in ons geliefde land te gebeur? Elza Meyer sê ons moet “Terugkeer na God.” Stephan Joubert sê: “Nee, dis die verkeerde
rigting. Christene is nie veronderstel om na die Bybel of na God toe terug te keer nie. Hulle moet vorentoe gaan na God toe en die pad vorentoe is om moedig te gaan waar niemand nog voorheen gewaag het om te gaan nie.” Dit laat my nogal dink aan Buzz Lightyear in “Toy Story” wat gewaag het om te gaan na “eindeloosheid en nog verder” totdat hy besef het sy vlerke is vals. Dan is daar ook nog Jannie Pelser en Graham Power wat sê: “Nee! ons manier is die beste. Laat ons nuwe norme en waardes aan elke persoon in ons geliefde land Suid-Afrika uitdeel en alles sal net honkie-dorie wees.” Dink hulle werklik hulle sal tien miljoen verlore siele in Suid-Afrika kan bereik met hierdie soort kakefonie van leuens?
Dit lyk nie juis of Angus Buchan se optredes tot dusver by die Moreletapark NG Kerk enige blywende invloed op die predikante en die mans en vrouens in die gemeente gehad het nie. Waar oom Angus ookal preek, moedig hy die mans aan om hulle vrouens lief te hê en vermaan die vrouens om onderdanig te wees aan hulle mans. Watter tipe “mighty men” het oom Angus by sy “Mighty Men” Konferensies hand grootgemaak wat versuim om hulle vrouens te waarsku teen Elza Meyer se dwaalleringe, of is hulle ook maar onderdanig aan die pantoffelregering in die gemeente? Elza Meyer self is nie juis ‘n goeie voorbeeld vir die vrouens wat blykbaar die manspredikers en die hele gemeente met ‘n ysterhand regeer, en boonop nog die weg vir die hele gemeente aandui van hoe om in te koop op haar onbybelse eise vir die redding van 10 miljoen verlore siele in ruil vir haar wonderbaarlike oorlewing van ‘n hewige demoniese aanvaal op haar lewe. Is dit werklik moontlik dat nie ‘n enkele manspredikant of enige ander manlike lidmaat haar oor haar onbybelse en Godslasterlike leringe gewaarku het nie?
Daar is net ‘n enkele, aanvaarbare en voldoende fondament (eis) wat Christene aan God mag voorlê vir die redding van verlore siele, en raai wat . . .? . . . dit is nie Elza Meyer se oorlewing van ‘n hewige demoniese aanval op haar liggaam nie. Dis suiwer en eenvoudig net Godslasterlik en sy en haar seun, tesame met die hele Moreleta Gemeente behoort God om vergifnis te vra vir hulle afvalligheid en rebellie. Dit was Jesus Christus se eie verskeurde en bebloede liggaam, en syne alleen, wat versoening meegebring het tussen verlore sondaars en die Almagtge God. Jy vind dieselfde dwalinge in die Roomse Kerk. Padre Pio wat vir 45 jaar gereeld stgmata ervaar het, het daarop aanspraak gemaak dat meer geeste uit die dood hom in sy sel besoek het as lewende mense, en die ander monikke sê dat hulle ‘n menigte stemme wat met hom gepraat het, gehoor het. Vader Pio het beweer dat hierdie mense uit die vagwevuur op pad was na die hemel om vir hom dankie tê omdat hy namens hulle vir hulle sondes gely het om hulle uit die vagevuur te kry. Om die waarheid te sê, hy het as nuweling toe hy ‘n monnik geword het, die owerste toestemming gevra om vir die sondes van die wêreld te ly en dié het hom toe die toestemming verleen. Sy stigmata (wat niks anders as demoniese aanvalle was nie) was gewaand sy lyding. Christus se lyding was nie voldoende nie en hy moes dit dus aanvul of daarop verbeter.
Keer terug na God? Sekerlik! maar dan moet dit nie die manier wees waarop Elza Meyer en haar Hadassa sussies en “Mighty Men” die Suid-Afrikaners vir Christus wil wen nie. God sal nooit as’t nimmer sondige mense toelaat om vir verlore siele te bie op die basis wat Elza Meyer, haar seun en die hele Morelettapark Gemeente dit wil doen nie. Julle is mislei en julle is besig om ander te mislei. Hou op met julle nonsens!


Eljo Engelbrecht said
Dankie dat die volle waarheid hier so duidelik uitgebring word.
Hou aan om die misleiding te ontbloot sodat mense se oê kan oopgaan en hulle kan terugkeer na Jesus Christus ons enigste Verlosser en Saligmaker, en na Sy Woord.
Charles van Schalkwyk said
Ek kry net `n idee dat agter hierdie berig sit `n stukkie kwaadwilligheid en eie reg om te kan oordeel oor ander. Jesus self het toe hulle die straat vrou veroordeel het gevra die een wat sonder sonde is moet die eerste klip gooi. Thomas gooi jy die klippe my ou maat?
Ek het Elsa se dokumente deurgegaan en sal nog iewers met haarself wil kontak as ek weer in Pta uitkom maar my belewenis as `n buitestaander is heeltemal teenstrydig met joune.
Liefde in Jesus,
Charles
Thomas said
Enigeen wat God se verlossingleer verander, verdraai of afwater, is besig met die ergste vorm van kwaadwilligheid en elkeen wat dit goedpraat, is self besig met kwaadwilligheid. Wat sê die Skrif?
Haal dus maar eers die balk uit jou eie oog.