Waak en Bid / Watch and Pray

omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie / for ye know not when the time is (Mark 13:33)

Archive for July 29th, 2009

Die rol van die vrou in die kerk

Posted by Tom Lessing on July 29, 2009

“Kontekstualisering,” die post-moderne foefie om die Bybel binne sy bepaalde kulturele tydsbestek te lees en te interpreteer, het ‘n baie handige towerstaffie in die hande van die hedendaagse Paulusse en Petrusse geword om kernwaarhede in die Skrif te verander of selfs geheel en al uit te skryf. As iets in die Bybel ons hedendaagse verwronge vryheidsin bedreig is dit mos baie maklik om te sê: “ Sus of so is nie meer in ons moderne kultuur aanvaarbaar nie omdat dit slegs vir sus of so binne Paulus en Petrus se kulturele raamwerk gegeld het.” Raai wat! Prof Hennie Stander het, soos te wagte, in sy vierde en skynbaar laaste aflewring van sy reeks oor die rol van die vrou die spreekwoordelike “cherry op die koek gesit” en Paulus se uitsprake rondom die vrou agter die tralies van kultuurgebondenheid en tydsgebondenheid toegesluit. Hennie, jy’s vir eers weer aan die woord:

In 1 Timoteus 2:11-12 sê Paulus “’n Vrou moet in die erediens stil en onderdanig wees en haar laat leer. Ek laat haar nie toe om daar onderrig te gee of oor die man gesag uit te oefen nie.” Die vraag is nou of hierdie ’n algemene beginsel is wat vir alle eeue in alle kerke geld, en of dit ’n lokale aangeleentheid is. Ons moet onthou dat nie alle uitsprake in die Bybel bedoel is om vir alle tye te geld nie. . . . Net so, reken ek, is Paulus se opdrag aan Timoteus dat ’n vrou stil en onderdanig moet wees, en nie onderrig mag gee nie, ook tydsgebonde. Binne die kultuur van daardie tyd moes ’n vrou altyd stil en op haar plek wees.

So ‘n bek moet jam kry want dit gebeur nie aldag dat ‘n eksegeet van sy formaat met slegs twee versies uit die Skrif so ‘n grondverskuiwende afleiding kan maak nie. Op die oog af sou ‘n mens waarskynlik kon toegee dat die twee versies kultuurgebonde is maar lees jy verder word dit ietwat moeiliker om die opvolgende dinge waarna Paulus verwys en onlosmaaklik deel vorm van verse 11 en 12 kultuurgebonde en tydsgebonde te maak. Hoe op deeske aarde gaan jy vers 13 kontekstualiseer en kultuurgebonde en tydsgebonde maak?

Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva.

Hennie, ten einde standhoudend (konsekwent) te wees in jou gekontekstualiseerde redenasies, MOET jy, ek herhaal, MOET jy die verse wat op 11 en 12 volg ook in aanmerking neem. Die woordjie “want” sê tog  baie duidellik dat vers 13 deel vorm van die vorige twee verse en voorsien aan ons die rede waarom die vrou nie toegelaat word om in kerklike en gesinsverband gesag oor die man uit te oefen nie. Of, miskien sou jy wou redeneer dat Adam se posisie as eersgeskapene kultuurgebonde en tydsgebonde is en dus nie ‘n algemene beginsel vir alle eeue is nie maar slegs ‘n lokale aangeleentheid is. Maar kom ek maak dit vir jou en jou kollegas aan die Universiteit van Pretoria makliker. Ons gaan ter wille van ons hedendaagse post-moderne, post-mortem kultuur nie meer glo dat Adam die eersgeskapene van God was nie, maar Eva en dat die man in werklikheid uit een van haar ribbebene gemaak is. Siedaar! ons het nou nie meer nodig om van die vrou te verwag om onderdanig te wees aan die man nie maar dat die man onderdanig moet wees aan die vrou, dat die ouers onderdanig moet wees aan die kinders en dat die werkgewers onderdanig moet wees aan die werknemers. Die Elza Meyers en ander vroue predikante kan maar nou lustig voortgaan om gesag in hulle onderskeie kerke uit te oefen en vir die mans te leer wat NIE in die Bybel staan nie. Myns insiens is die mans wat hulle deur vroue in die kerk laat leer (sommige daarvan is van die ergste vorme van dwaalleringe) ‘n klomp lamsakke wat versuim om hulle Godgegewe opdragte in hulle gemeentes uit te voer, of miskien is hulle nie waarlik deur God geroep om as predikante in hulle gemeentes te dien nie en is  dus maar net ‘n spul huurlinge.

Adam is eerste geskape maar Eva is eerste verlei en het eerste in die oortreding gekom. Dit is die volgende rede waarom die vrou nie in ‘n gesagsposisie oor die man mag heers nie en weer eens kan dit nie as ‘n kultuurgebonde en tydsgebonde gebeurlikheid beskou word nie. Sou enigeen dit wil waag om Eva se oortreding kultuurgebonde en tydgebonde te maak, sou jy dan ook moes redeneer dat haar oorteding geen gevolge vir ons hedendaagse kultuur en tyd het nie. Waarom dink u het die duiwel die vrou geteiken met sy slinkse verleidinge en nie die man (Adam) nie. Ek hou ogal van Barnes se verklaring van vers 14.

Verse 14. And Adam was not deceived. This is the second reason why the woman should occupy a subordinate rank in all things. It is that in the most important situation in which she was ever placed, she had shown that she was not qualified to take the lead. She had evinced a readiness to yield to temptation; a feebleness of resistance; a pliancy of character, which showed that she was not adapted to the situation of headship, and which made it proper that she should ever afterwards occupy a subordinate situation. It is not meant here that Adam did not sin, nor even that he was not deceived by the Tempter, but that the woman opposed a feebler resistance to the temptation than he would have done, and that the temptation as actually applied to her would have been ineffectual on him. To tempt and seduce him to fall, there were needed all the soft persuasions, the entreaties, and the example of his wife. Satan understood this, and approached man not with the specious argument of the serpent, but through the allurements of his wife. It is undoubtedly implied here that man, in general, has a power of resisting certain kinds of temptation, superior to that possessed by woman, and hence that the headship properly belongs to him. This is, undoubtedly, the general truth, though there may be many exceptions, and many noble cases to the honour of the female sex, in which they evince a power of resistance to temptation superior to man. In many traits of character, and among them those which are most lovely, woman is superior to man; yet it is undoubtedly true that, as a general thing, temptation will make a stronger impression on her than on him. When it is said that “Adam was not deceived,” it is not meant that when he partook actually of the fruit he was under no deception, but that he was not deceived by the serpent; he was not first deceived, or first in the transgression. The woman should remember that sin began with her, and she should therefore be willing to occupy an humble and subordinate situation (Klem bygevoeg).

But the woman being deceived. She was made to suppose that the fruit would not injure her, but would make her wise, and that God would not fulfil his threatening of death. Sin, from the beginning, has been a process of delusion. Every man or woman who violates the law of God is deceived as to the happiness which is expected from the violation, and as to the consequences which will follow it.

“The law of God” waarna Barnes hier verwys gaan juis oor die verordeninge van God ten opsigte van die rol wat die man en die vrou in gesins- en kerkverband moet speel. As ons sy verordeninge rondom die man en die vrou in ‘n gesin, die nukleus van die kerk, verontagsaam sal ons die vrugte daarvan pluk en die kerk is besig om tans die vrugte daarvan te pluk omdat God ons oorgegee het aan allerhande dwaalleringe. Die rede? . . . omdat God se orde in die samelewing totaal oor boord gegooi word.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , | Comments Off

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.