Die “armoedige Evangelie”
Posted by Thomas on September 20, 2009
Jy kan tot vervelens toe vir die Ontluikende broederskap herhaal dat dit die WAARHEID (suiwer leerstelling) is wat mense vrymaak en nie jou goeie dade aan die armes, behoeftges en “underdogs” nie en nog steeds sal hulle spog met hulle “nuwerwetse” maar “armoedige Evangelie” aan die armes en die stukkendes. In sy OPEBRIEF AAN DIE EMERGING MOVEMENT MENSE het Jaco Strydom ‘n hartroerende pleodooi gelewer dat die emerging church sy potensiaal moet gebruik “om die dokters, die siekes en die malles saam te laat dans.” Hy skryf voorts:
Daar is iets van God se hart wat `n mens nie kry in groot katedrale, roerende gebedsbyeenkomste, teksgetroue Bybelstudies, diep teologiese boeke en selfs in ure se stiltetyd nie – jy kry dit tussen straatkinders en vigspasiënte, in plakkerskampe en in hoerhuise.
Jesus het gesê: “Ek was honger en julle het my iets gegee om te eet, dors en julle het my iets gegee om te drink, ‘n vreemdeling en julle het my gehuisves…”. Dit is deel van God se plan dat die ware Jesus ontdek word tussen die armes, stukkendes en eensames. Mis jy die nood, dan mis jy God.
Insinueer jy dat daar niks van God se hart in rykmanswoonhuise, seilljagte, gholflandgoede, glanstydskrifte, Christian Dior en ander modehuise, en groot finasiële instansies is nie? Indien God se hart net vir die armes en die stukkendes klop dan kan Hy beslis nie sê dat daar by Hom geen aanneming van die persoon is nie. Dan lieg Hy. Die kernprobleem van die ganse mensdom is nie armoede of “stukkendheid” nie maar sonde wat ‘n geweldige skeiding tussen hulle en ‘n onmeetbaar heilige God meegebring het, en sonde is beslis universeel in armes en rykes teenwoordig. Jesus Christus, die Een wat massas mense met vyf brode en twee vissies gevoed het, was nie juis beïndruk gewees met die skares wat Hom gevolg het net omdat hy vir hulle iets gegee het om the eet nie. Trouens, Hy het maar alte goed geweet dat ‘n ongekwalifiseerde goed-doenerigheid aan die armes en behoeftiges ‘n struikelblok vir die Evangelie kan wees. Daarom het Hy op ‘n dag toe die skares Hom so getrou gevolg het, omgedraai en vir hulle gesê:
Lukas 14:25-27 En groot menigtes het saam met Hom gegaan, en Hy het Hom omgedraai en vir hulle gesê: As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie. En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.
Jy kan soveel kospakkies aan die armes uitdeel as jy wil en die dokters, siekes en malles leer om saam te dans en te toy toy to(y)t jy blou is in die gesig; as jy jou nie verloën, jou kruis opneem en Jesus volg nie, sal en kan jy nooit in der ewigheid ‘n dissipel van Hom wees nie. Dit beteken ook dat jy moet ophou om suiwer leerstelling by die venster uit te gooi ter wille van ‘n self-opwenbare kommer oor die armes, behoeftiges en die stukkendes. As jy dan so intens aangedaan voel oor die welsyn van die armes, dan sal jy verplig voel om die Evangelie van verlossing aan hulle te verkondig sodat hulle waaragtig gered kan word. Ek sê dit omdat armoede dikwels veroorsaak word deur ouers wat hulle aan goedkoop drank vergryp en versuim om hulle kinders behoorlik te versorg. Gaan loer gerus maar ‘n slag by die Casinos en ander dobbelhuise in. Dit is niks anders nie as Satanskatedrale waarmee veral die regering miljoene rande verdien maar nie ‘n snars omgee oor die armes se lotgevalle nie (ja, glo dit as jy wil, dis gewoonlik die armes wat die Casinos gereeld besoek want hulle wil gou ryk word). Indien jy dan so begaan is oor die armes, maak jou stem dik teen die euwel van dobbelary in die land want dit het al talle mense se lewens verwoes. Ek weet want ekself het familie gehad wat deur hel gegaan het as gevolg van die euwel van dobbelary. Armoede is tog nie so ‘n vreeslike ding as jy dit in die krag van Jesus Christus verdra nie. Die gemeente van Smirna was so ‘n gemeente en luister ‘n beitjie wat het die Here Jesus van hulle gesê:
Openbaring 2: 9, 10 Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan. Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.
In teenstelling hiermee het Hy die gemeente in Laodicië ernstig vermaan teen hulle gewaande gevoelens van selftevredenheid, grootdoenerigheid en hoogmoed. Hulle het gedink hulle is ryk en kom aan niks kort nie, maar hulle was inderwaarheid arm en beklaenswaardig. So-ook dink vandag se Ontluikende Kerk dat hulle ryk is aan die vermoëns om van hierdie wêreld ‘n beter plek te maak, om die “plight of the poorest of the poor” op te skort en om die Koninkryk van God hier en nou in te bring, maar hulleself is blind, kortsigtig, arm en beklaenswaardig omdat hulle arm is aan gesonde leerstellings en die waarheid. Hoe anders dan, wanneer hulle die waarheid in hulle “geheilighde stildienste” en retraits versmaai en onder hulle voete vertrap.
Die Ontluikende Kerk spog voortdurend daarmee dat hulle die oplossing het vir die hedendaagse probleme in die gemeenskap; hulle is ryk aan nuwe idees, nuwe en voortrefflike maniere om die armes en stukkendes tegemoet te kom en te help, en selfs die dokters, siekes en malles saam te laat dans, maar hulle is misrabel arm aan gesonde leerstelling omdat hulle die waarheid ter wille van hulle eie goeie werke onder die mat invee. Hulle het ‘n baie groter respek en waardering vir Moeder Theresa wat gesê het: “There is only one God and He is God to all; therefore it is important that everyone is seen as equal before God. I’ve always said we should help a Hindu become a better Hindu, a Muslim become a better Muslim, a Catholic become a better Catholic” as vir Paulus wat die Evangelie regstreeks van die Here Jesus ontvang het en op ‘n kol gesê het: “Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!”
Ek wonder of hulle enigsins sal luister of gehoor gee aan Jesus se woorde in Markus 14:7
Want die armes het julle altyd by julle, en wanneer julle wil, kan julle aan hulle goed doen; maar My het julle nie altyd nie.
Die Amplified Bybel lui as volg:
For you always have the poor with you, and whenever you wish you can do good to them; but you will not always have Me
Jy staan onder geen verpligting om die armes en die stukkendes te help nie, maar jy het beslis ‘n opdrag ontvang om die Evangelie van verlossing aan die armes en die rykes te verkondig. Daarom het Paulus gesê:
1 Kor 9:16 Want as ek die evangelie verkondig, is dit vir my geen roem nie; want die dwang is my opgelê, en wee my as ek die evangelie nie verkondig nie!
Pleks daarvan sê die Ontluikende broederskap:
Ons het maniere gevind om die dokters, die siekes en die malles te leer om saam te dans en te toy toy. Halleluja! As hulle klaar gedans het leer ons hulle om in stilte te mediteer sodat hulle in die teewoordigheid van God kan kom.
Magda Kopp said
Wat se dit eintlik Amanda weg met die Bybel weg met die Kerk. Op E-kerk erken hy die gesag van die Woord. Verstaan die man glad nie.
Thomas said
Om die gesag van die Bybel te erken, beteken om dit as die enigste, onfeilbare en onveranderlike Woord van God te aanvaar en om te glo dat dit die enigste boek is wat die verlossingweg deur die Enigste Verlosser, Jesus Christus, openbaar. Hoe kan Stephan Joubert dit as sodanig erken as hy glo dat daar waarhede in ander godsdienste is en met mense soos Rob Bell heul wat saam met die Dalai Lama op dieselfde verhoog verskyn om te besin oor hoe hulle “barmhartigheid” oor die hele wêreld kan versprei? Dis mos onmoontlik.
Amanda said
Die emergents praat ‘n ander taal. Hulle gebruik bekende terme en vul dit met ‘n ander inhoud. Neem die Evangelie as voorbeeld. Die Bybel leer dat Jesus Christus die straf vir ons sonde, die oortreding van die Here se Wet, op Hom geneem het en aan ons Sy geregtigheid, sondeloosheid, skenk. Dit is die Goeie Nuus, prys Sy Naam!
Daarteenoor kom die emergents met ‘n swetterjoel van evangelies en dit is alles slegte, slegte nuus. Hulle som die Evangelie op as ‘jy moet jou naaste liefhê soos jouself’. Slegte nuus. Daardie is die Wet wat ons in elk geval daagliks breek. Help! Stephan het self ‘n paar evangelies. Klink die volgende vir jou soos Goeie Nuus?
Dit is nie die Goeie Nuus nie. Die ontluikendes praat ook in versluierde taal. Dit is eers wanneer hulle ten volle ontluik het, dat hulle reguit sê wat hulle bedoel. Hier is enkele grepe uit ‘n preek deur Shane Hipps en hy gebruik ook die Bybel, Joh1:1-5. Kortliks, hy sê godsdienste is soos verskillende seile, maar hulle almal vang die gees van god:
Die ontluikendes sê ons mag ons eie ‘geloofstradisie’ behou, maar ons moet net bereid wees ‘to move beyond it’. Chris Rosebrough het twee van Shane se preke op Fighting for the Faith onder die loep geneem. Die tweede preek gaan oor enlightenment, ook uit die Evangelie van Johannes! Hier is enkele van Chris Rosebrough se kommentaar oor die seile preek:
Chris vertel oor ‘n telefoongesprek wat hy met Shane gehad het:
Gaan luister gerus, Magda. Chris verwys ook na vorige programme:
Shane Hipps’ Sermon at Rob Bell’s Mars Hill Bible Church on the Spiritual Discipline of Silence
Shane Hipps was ook ‘n spreker by PPP:
What on Earth Was Being Taught at Rob Bell’s Poets, Prophets, Preachers Conference?
Magda Kopp said
Wil graag luister maar dit maak nie oop nie. Magda
Amanda said
Magda, kliek hier. Dit sal jou neem na die regte bladsy. Daar staan:
Onder die datum en links van “click here to listen to this episode” is daar ‘n podcast knoppie. Druk dit en jou rekenaar behoort die program af te laai. Ek hoop jy kom reg. Indien nie, hier is ‘n ordentlike en volledige transkripsie van die eerste preek. The sermon transcribed below, preached October 5, 2008 by Shane Hipps, is called Wind in the Sail. Dit lyk of jy op hierdie bladsy na die relevante gedeelte uit die program kan luister, in plaas daarvan om die hele program by Fighting for the Faith af te laai.
Amanda said
Rob Bell, van wie Stephan Joubert getuig dat hy so ‘n groot Christen is, doen dit weer:
Kul jou hier, kul jou daar en siedaar!
Is dit waarvoor Christene oor die eeue gemartel is? Ek glo nie!
Magda Kopp said
Hierdie mense is so deurmekaar ek lees nerens iets positief iets oor die Goeie Nuus nie. Hulle het beslis hulle eie agenda. Ek het geluister na Ravi Zacharias wat in gesprek was met nog twee persone oor post modernism. Ravia het gese Brian McClaren moet ek quote ” Is Brian McClaren bored with God “. Hy noem sy boek The Secret of Jesus en hy se na 2000 jaar kom Brian McClaren en ewe skielik ontdek hy the secrets of Jesus. Ons kan net vir hierdie mense bid en vra dat die Hemelse Vader hulle van geestelike blindheid sal genees. Baie dankie Amanda.