Waak en Bid / Watch and Pray

omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie / for ye know not when the time is (Mark 13:33)

Plaas u bestelling vir DVD’s oor dwaalleringe in die kerk hier

Posted by Thomas on October 12, 2009

Bestel- en betaal prosedure vir DVD 1 oor die “Emerging” Kerk Seminaar

Koste : R 100 + R20 (versendingskoste) = R 120

Spoedpos : R 40 ekstra

U kan TELEFONIES bestel by TEL (011) 472- 6964 of SEL 082 689- 7603

OF per E-POS by sarelwtl@telkomsa.net

OF per LANDPOS by Posbus 88, Florida Hills, 1716.

BELANGRIKE INLIGTING wat u saam met u bestelling moet verskaf:

1. TITEL, NAAM en VAN.

2. TELEFOONNOMMERS: Huis, Werk en Selfoon.

3. E-POS ADRES – indien u oor e-pos beskik.

4. POSADRES en POSKODE – waarheen DVD gepos moet word.

5. WATTER DVD u verlang en die HOEVEELHEID.

6. DATUM waarop u die bestelling plaas.

7. BEROEP – indien u dit wil verskaf.

8. KERVERBAND – indien u dit wil verskaf.

9. PROBLEME met dwaalleer in u omgewing – indien u dit wil verskaf.

HOE U MOET BETAAL:

˜ Maak seker u betaal die regte bedrag – insluitende versendingskoste.

˜ Ons bank besondehede: ABSA rekening in die naam van S.J. vd Merwe

Rek No: 625 172 683 – geen takkode nodig vir ABSA.

˜ Indien u by ‘n ABSA Bank inbetaal – vul asb u naam en van aan die

regter onderkant van die deposito-strokie in by “deposito verwysing”.

˜ Indien u per internet of telefoonbankdienste betaal – vul asb u naam en

van in by “begunstigde se verwysing”.

˜ U hoef geen bewys van betaling deur te faks nie. Solank u net u naam

by “verwysing” invul, sal u betaling outomaties op ons internet bankstaat

verskyn. Sodra ons u betaling daar sien, pos ons u bestelling.

˜ Indien u ’n tjek aan ons pos – LW: maak dit uit aan S.J. vd Merwe.

Sodra ons u tjek ontvang, pos ons u bestelling.

ANDER DVD’s en CD’s oor DWAALLEER in die KERK en TEOLOGIE

1. “Nuwe” Strominge in die Teologie: Word die Hart van die

Evangelie Uitgeruk?

1-UUR DOKUMENTÊRE DVD oor die dwaalleer van die sg Jesus

Seminaar en die Nuwe Hervorming en hoedat dit die Teologiese

Opleiding van die die NG Kerk infiltreer. Hier kan u aan die hand van

eksklusiewe video-materiaal, die standpunte van verskeie teoloë uit hulle

eie mond hoor.

’n MOET SIEN vir elke Christen wat dit nog nie gesien het nie.

Koste: R 100 + R 20 versending = R 120. Spoedpos: R 40 ekstra

2. Dwaalleer in die Kerk en Teologie.

STEL VAN 3 LERING DVD’s (± 6 ure in totaal) opgeneem tydens ’n

dagseminaar aangebied deur Sarel van der Merwe.

DVD 1 ˜ Persoonlike getuienis Sarel vd Merwe: Bekering vanuit die New

Age Beweging.

˜ Wat is Dwaalleer ? – ’n Bybelse Perspektief.

DVD 2 ˜ In diepte Kritiese Evaluering van die verskillende aspekte van

die dwaalleer waarna kortliks in die Nuwe Strominge DVD

verwys word soos die sg “Nuwe” Wêreldbeeld, Godsbeeld,

Christologie, ens.

˜ Weerlegging van die teëwerpinge van die teoloë teen die Nuwe

Strominge DVD.

DVD 3 ˜ Hoe moet ons Dwaalleer in die Kerk hanteer ? – Bybelse en

praktiese riglyne.

˜ 8 Bybelgelowige Christene vertel hulle persoonlike verhale van

hoe hulle deur dwaalleer uit hulle eie gemeentes verdryf is.

Koste: R 150 vir die stel van 3 DVD’s + R 20 versending = R 170.

Spoedpos: R 40 ekstra

3. Teologiese Opleiding van die NG Kerk Onder Skoot .

1-UUR CD van ’n debat oor die Nuwe Strominge DVD tussen Sarel van

der Merwe (vervaardiger van die DVD) en prof Cas Vos en dr Flip du Toit

(van die Fakulteit Teologie van Tukkies) – uitgesaai tydens twee

agtereenvolgende RSG Oopgesprek radioprogramme. Hierdie CD werp

heelwat meer lig op die verskillende sake wat in bg DVD’s ter sprake kom.

Hierdie CD word GRATIS saamgestuur wanneer enige van bg

DVD’s bestel word.

˜ LW: Die bg versendingkoste van R 20 (+R 40 vir spoedpos), is voldoende, selfs al sou u die volledige stel van 5 DVD’s + 1gratis CD bestel.

˜ Wees so vriendelik en stuur hierdie e-pos oor ons DVD’s ook aan Christen vriende op jou adreslys, met die versoek dat hulle dit weer aan hulle vriende sal stuur, ens. Dit is belangrik om hierdie boodskap van waarskuwing so wyd en vinnig as moontlik te versprei.

2 Responses to “Plaas u bestelling vir DVD’s oor dwaalleringe in die kerk hier”

  1. Amanda said

    Mnr. Sarel van der Merwe het in sy promosie materiaal geskryf:

    In hulle soeke na “nuwe maniere van kerkwees” in ‘n postmoderne tyd, het verskeie leiers van die Ontluikende Kerk gaan kers opsteek by van die voorste New Age denkers en Intergeloofs-mistici in die wêreld. In sy boek Quantum Spirituality: A Postmodern Apologetic beskryf bekende Emergent- leier Leonard Sweet, New Agers soos Matthew Fox, M. Scott Peck, Ken Wilber en David Spangler as “New Light Leaders” en sê dat hulle sy persoonlike rolmodelle en vernaamste leermeesters is. Rob Bell, ‘n ander baie prominente Ontluikende Kerk-leier, begelei sy gemeentelede in die doen van Joga- oefeninge tydens “eredienste”. Die Hindoe “Joga Meesters”, beweer hy, kan ons leer hoe om waarlik volgelinge van Jesus te wees. In sy boek Velvet Elvis, propageer hy die boek van New Ager Ken Wilber oor “Integrale Spiritualiteit”. (Soos ‘n ware postmodernis sê Wilber op sy webtuiste dat “Integrale Spiritualiteit” die hoogste vlak van spiritualiteit is waar mens ontdek dat jy uitgestyg het bo uitgediende idees dat een Godsdiens waar en ‘n ander onwaar is.) Rob Bell was ook verder ‘n aktiewe deelnemer aan die groot Seeds of Compassion Intergeloofs-konferensie van die Dalai Lama, Boeddhistiese leier van Tibet. Die Emergent leier Brain McLaren, verkondig op sy beurt dat Boeddhiste, Hindoes en Jode “volgelinge van Jesus” kan word sonder om hulle oorspronklike geloof te verlaat en Christene te word.

    Talle sg “behoudende” Suid Afrikaanse teoloë en kerkleiers wat nie deur vorige dwaalstrome soos die Jesus Seminar en Nuwe Hervorming meegesleur was nie, het nou blykbaar met groot ywer ingekoop op Emergent. In ‘n poging om die kerk “relevant” te maak vir die postmoderne mens, het hierdie teoloë die deure van die kerk in SA wyd oopgegooi vir Emergent leiers soos Leonard Sweet, Rob Bell, Brain McLaren, Tony Jones, Erwin McManus, ens. In sy boek Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede: Geloofsgemeenskappe in pas met ‘n Postmoderne Wêreld, propageer prof Nelus Niemandt van Tukkies hierdie bg Emergent-leiers, hulle idees en die postmoderne paradigma sonder enige voorbehoude. Onder die opskrif: My kop is geswaai, skryf die bekende prof Stephan Joubert in sy voorwoord tot die boek: “Nelus Niemandt is een van die invloedrykste denkers…Sy insigte is asemrowend…” Die Nuwe Drome boek sê hy, is ‘n “absolute juweel…kop-oopmaak materiaal …horison­verskuiwend…sonder twyfel die belangrikste boek op die Suid-Afrikaanse kerklike toneel…”. Joubert skryf verder: “Nelus het goed daarin geslaag om die insigte van die mees invloedryke eietydse denkers oor kerkwees in homself te internaliseer en op vars maniere te verwoord!”

    Die Kerkbode plaas ‘n voorblad artikel oor die advertensie, maar doen nie die moeite om die seminaar self te ondersoek nie. In die artikel word Prof. Niemandt aangehaal:

    ’n mens huiwer eintlik om op die wilde stellings van mnr Van der Merwe te reageer.

    Wilde stellings? Prof. Niemandt sê ook:

    Die reklamemateriaal daarvoor kan in drie woorde opgesom word: leuens, laster en liefdeloos.

    So ons het Prof. Niemandt se woord dat wat Mnr. Van der Merwe geskryf het, leuens is. Maar in sy weerlegging by Kemptonkruin sê Dr. Stephan Joubert dan self:

    Hy (Rob Bell) sê jy moet die kultuur “engage.” Jy moet gaan luister na die Boeddhiste. Jy moet gaan hoor wat sê daai ouens. Dan skrik Christene hulle dood, want hulle hoor nie wat Rob Bell mooi sê nie. Hy sê nie word soos hulle nie, hy sê maar gaan lees hulle goeters, gaan hoor hoekom hulle so belangrik is. Hulle het ook dalk waarheid. Waarheid is nie net in die Christendom nie. Waarheid vind jy by Judaïsme. Jy kan waarheid vind by ateïsme. Jy kan waarheid vind by wie ook al God se algemene openbaring is ‘n bietjie wyer, maar jy sê Jesus is die Here. Dis waarnatoe jy op pad is met hulle met so ’n beweging.

    Ds. Jannie Pelser is ook opgewonde oor die New Age:

    “Is God se openbaring, God se werk, nie groter as net die Christendom nie? Sou daar nie ook elemente wees, sou ons nie by mekaar kon leer [nie], selfs al moet dit nou die New Age wees. Maar as ek dink rondom die kontemplatiewe . . . ‘n stil word voor God, ‘n oopstel voor God. is dit nie ‘n winsmoment nie?”

    En Dr. Giullaume Smit is dit eens:

    Ongetwyfeld is dit ‘n winsmoment. Die Bybel self sê vir ons, in Romeine nogal, dat waar die mense nie die wet van Moses het nie, gaan God in hulle harte kyk want hulle skryf hulle eie wet in hulle harte neer en die konteks daar is baie duidelik dat dit gaan oor mense wat nie die openbaring van die Jode gekry het voordat hulle Christene geword het nie, of dan nou selfs doodgegaan het sonder blootstelling aan die Joodse geloof of die Christelike geloof nie. ‘n Mens kry die idee dat die Bybel self die uitspraak lewer dat God met die hele wêreld besig is, ook buite om die Christendom. Daarmee sê ek nie almal gaan hemel toe nie. Daarom sê ek ons moet daai vraag op die tafel sit dat God besig is met alles en met almal en dat ons die draers van die openbaring is, as gelowige Christene, maar spesifiek wil ek dan ook sê, die winsmoment is die feit dat ons die geleentheid het om in gesprek te tree met kultuuruitinge wat ons in staat stel om tot stilstand te kom sodat ons weer op ‘n vars manier kan hoor wat God vir ons wil sê. Jy het na die kontemplatiewe verwys. Die kontemplatiewe lê toevallig in die vroeë kerk . . . en kom uit die kloosterera uit en as ‘n mens daarop sou ingaan dan dink ek nie ‘n mens moet die baba met die badwater uitgooi nie. En ‘n mens moet veral ook bereid wees om, wanneer ‘n mens mense wil beoordeel, in gesprek met hulle te tree en na hulle te luister want om ‘n ding krities te ondersoek beteken nie dat jy net foute uitlig nie maar dat jy ook na die persoon se hart gaan kyk en na sy integriteit gaan kyk.

    Dr. Joubert, Ds. Pelser en Dr. Smit het in hulle ‘weerleggings’ Mnr. Van der Merwe se punt vir hom gemaak en Prof. Niemandt verkeerd bewys.

    Prof. Niemandt praat egter die waarheid wanneer hy sê:

    Kort gelede nog het hy by wyse van ’n DVD teologiedosente van dwaalleringe beskuldig. Ná ’n groot klomp ondersoeke en vergaderings het die kerk hulle onskuldig bevind.

    Ja, hulle is onskuldig bevind, omdat die NG Kerk besluit het om ruimte te maak vir ander interpretasies en ongeloof.

    Ek sal bly wees as iemand my kan antwoord: Is dit nog moontlik om dwaalleer in die NG Kerk te pleeg of word alle leringe nou aanvaar? Het iemand dalk ‘n verwysing na die mees onlangse skuldigbevinding van dwaalleer in die NG Kerk?

  2. Amanda said

    Ek wonder of die leierskap van die sterwende NGK die tekens van die tye, die onbesorgdheid van die gemeentelede, reg lees? Ek wonder hoe lank dit hulle sal neem om die finale hindernis te oorkom en te doen wat hulle moet doen om te oorleef?

    Ek dink Mnr. Van der Merwe se waarskuwing is die laaste een wat Christene gaan kry. Nou kom die oordeel.

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>