Oogklap-geleerdes
Posted by Tom Lessing on December 15, 2009
Gespesialiseerde geleerdheid is in sekere opsigte ‘n baie goeie ding maar in ander is dit ‘n opperste onding. ‘n Persoon mag bevoorbeeld ‘n gespesialiseerde kenner wees van die ou Klassieke tale soos Hebreeus, Aramees, Grieks en Latyn, maar sodra dit kom by eenvoudiger dinge soos die geskiedenis dan slaan hulle geheue behoorlik toe of hulle sit eenvoudig net oogklappe op. ‘n Baie goeie voorbeeld hiervan is die onlangse storie wat Hennie Stander op sy blog geskryf het oor ‘n Rooms Katolieke priester, Louis Blondel, wat in Diepsloot net buite Johannesburg doodgeskiet is.
Hennie Stander spreek sy misnoeë uit oor die wyse waarop wêreldlinge voortdurend die vinger wys na priesters wat koorknapies molesteer, so asof alle priesters aandadig is daaraan, terwyl hulle die groot opofferings wat die Roomse priesters maak doelbewus ignoreer. Wat Stander uit die oog verloor is dat die Vatikaan doelbewus pedofiele priesters beskerm het toe hulle aanvanklik deur die ouers van gemolesteerde kinders uitgewys en aangekla is om in die hof te verskyn. Dit was eers veel later dat Pous Johannes Paulus II in die openbaar om verskoning gevra het en die Roomse Kerk biljoene dollars aan die gemoleesteerdes uitbetaal het. Hierdie dinge het dekades lank in die Roomse Kerk hoogty gevier sonder dat daar ‘n vinger verroer is om die skuldiges te skors of te ekskomunikeer. Lees gerus maar hier en hier. Om alle priesters onder dieselfde kam te skeer wanneer net sommiges van hulle kindermolesteers is, is sekerlik nie reg nie, maar sodra die kerk waaraan hulle behoort (die Roomse Kerk met sy hoofkwartier in die Vatikaan) hulle beskerm, dan’s daar groot fout.
Die geweldskultuur in Suid-Afrika is natuurlik nog steeds geheel en al onaanvaarbaar en dit is uiters tragies om byna daagliks te verneem hoedat mense op sataniese wyse vermoor word. Ek sê doelbewus “satanies” omdat die Here Jesus self op ‘n kol die duiwel ‘n mensemoordenaar genoem het (Johannes 8:44). Dit is dus vanselfsprekend dat die moordenaars wat die snellers trek sy agente of lakeie is wat sy vuil werk vir hom doen, of hulle dit nou wil weet of te nie. Die moord op ‘n Rooms Katolieke priester is dus geen nuwerwetse ding in Suid-Afrika nie. Volgens die polisieverslag (1 April 2008 – 31 Maart 2009) was daar 2,098,229 gevalle van ersntige misdaadoortredings in ons land. Hier kom ‘n ding wanneer die 2010 sokker wêreldbekertoernooi uiteindelik in die GP (“Gangster’s Paradise”) gaan begin.
Maar kom ons keer terug na ons “oogklap-geleerdes” wat die geskiedenis ignoreer. Hennie Stander skryf:
Een ding moet ons weet, en dit is dat die wêreld al hoe meer vyandig teenoor die kerk gaan wees. Christene sal al hoe meer in onguns verval. Maar dit mag ons nooit daarvan weerhou om goed te doen nie.
Hennie moes darem seker eers so ‘n bietjie teruggaan in die geskiedenis voordat hy so ‘n lukrake opmerking oor “die kerk” durf maak. Van watter kerk praat hy as hy sê “die kerk” — die Roomse Katolieke Kerk, die (i)NG(ee) Kerk, die Dopper Kerk, die Hervormde Kerk, die Ontluikende Kerk (wat maar net ‘n alhoe langer-wordende tentakel is van die Roomse Kerk), die Charismatiese Kerk, die Sewendedaagse Adventiste Kerk of praat hy dalk van alle ware gelowiges dwarsdeur die eeue heen wat as die ware “ekklesia” deur God bestempel word? Indien hy na laasgenoemde verwys, dan wil ek hom aanraai om weer ‘n slag die geskiedenis na te gaan. Dan eers sal hy leer dat dit die laasgenoemde kerk is wat die slagoffer van die ergste misdaad in ganse menseheugenis was. Raai wie het hierdie geweld teen die ware kerk (alle gelowiges) georkestreer en aangeblaas? Nee Hennie, dit was nie Islam nie en nog minder die ateïste; dit was . . . ja, jy’t reg geraai . . . dit was die einste Roomse Katolieke Kerk, dié Kerk wat dogtertjies en seuntjies en selfs babatjies minag deurdat hulle hul molesteerders beskerm en doodluiters in hulle ampte herstel nadat hulle skuldig bevind is. ‘n Anonieme Katoliek het geskryf:
It would be better to be an atheist than believe in the God of the Inquisition. [1]
Die geskiedskrywer Will Durant het die wandade van die Roomse Katolieke Kerk as volg beskrywe.
Compared with the persecution of heresy in Europa from 1227 tp 1492, the persecution of Christians by Romans in the first three centuries after Christ was a mild and humane procedure.
Making every allowance required by an historian and permitted to a Christian, we must rank the Inquisition, along with the wars and persecutions of our time, as among the darkest blots on the record of mankind, revealing a ferocity unknown in any beast. [2]
Durant vertel dat Leo X in 1521 die pouslike bul Honestis uitgevaardig het wat die ekskommunikering van enige siviele amptenaar en die opsegging van sy religieuse voorregte in enige gemeenskap vereis het wat sou weier om die vonnisse van die inkwisiteurs uit te voer. So het Pous Clement V Koning Edward II gedreig:
We hear that you forbid torture as contrary to the laws of your land. But no state law can override [the Church’s] canon law, our law. Therefore I command you at once to submit those men to torture. [3]
Pous Martin V (1417-1431) het die Koning van Poland in 1429 opdrag gegee om die Hussiete (simpatiseerders met die doodgemartelde Johannes Hus) uit te wis.
Know that the interests of the Holy See, and those of your crown, make it a duty to exterminate the Hussites. Remember that these impious persons dare proclaim priniciples of equality; they maintain that all Christians are brethren, and that God has not given to priviliged men the right of ruling the nations; they hold that Christ came on earth to abolish slavery; they call the people to liberty, that is to the annihilation of kings and priests.
While there is still time, then, turn your forces against Bohemia; burn, massacre, make deserts everywhere, for nothing could be more agreeable to God, or more useful to the cause of kings, than the extermination of the Hussites. [4]
John Fox herinner ons in sy Book of Martyrs dat ‘n kerk wat voorgee dat dit onfeilbaar is altyd gereed sal wees om die ongehoorsames te vernietig [5]
Peter de Rosa wys daarop dat Pous Johannes Paulus II —
knows the church was responsible for persecuting Jews, for the Inquisition, for slaughtering heretics by the thousand, for introducing torture into Europe as part of the judicial process. But he has to be careful. The doctrines responsible for those terrible things still underpin his position. [6]
Dave Hunt skryf in sy boek A Woman Rides the Beast (p.249)
Disobedience to the pope became the epitome of heresy. Those guilty of it immediately lost any normal human rights and were summarily put to death. Consider Urban VIII’s 1627 Bull In Coena Domini. Gregory XI had first brought it out in 1372, and Gregory XII reconfirmed it in 1411, as did Pius V in 1568 (who said it was to remain an eternal law in Christendom). Each pope added new touches until it was well-nigh impossible for an admitted non-Catholic to exist in Europe, much as it will be worldwide under Antichrist for any who do not submit totally to him. The bull “excommunicates and curses all heretics and schismatics as well as all who favor or defend them, [including] all princes and magistrates. . . . ” [7]
This bull is still in force today. Nor could it be otherwise, with the ex cathedra pronouncements of four infallible popes behind it. The absolutism remains even though Rome is not presently able to enforce it so blatantly. The Code of Canon Law, Canon 333, par 3, declares: “There is neither appeal nor recourse against a decision or decree of the Roman Pontiff.” Vatican II, of course, says the same. The woman rides the beast, holding the reins! Incredible, but it happened. Heresy in the Church’s eyes was treated as treason against the crown. The Church sought out the heretics, found them guilty, and handed them to the civil authorities for execution. As its secular arm, the state did the Church’s bidding in the execution of heretics, the confiscation of their property, and the enforcement of the Church’s decrees against them and their heirs.
Die ware kerk is dwarsdeur die eeue heen hewig vervolg, nie omdat hulle goed gedoen het nie maar omdat hulle Jesus Christus as die enigste Weg, waarheid en lewe aanbid het. Die teksgedeelte wat Hennie Stander aanhaal uit Matteus 5:11-12 sê juis ““Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê” en NIE ter wille van die goeie werke wat Christene doen nie. Die Roomse Katolieke Kerk lê juis klem op goeie werke en martelaarskap ter wille van hulle goeie werke want hulle glo dat dit hulle tyd in die vagevuur verminder en gouer in die hemel bring. En as hulle geen persoonlike martelaarskap ervaar nie, kasty hulle hulself met swepe soos die voormalige Pous, Johannes Paulus II ook self dikwels gedoen het.
During the 10th-century, whipping was an act that was said to attack the body, the home of the devil, and thus drive out Lucifer (to the delight of heaven and the angels). As part of the daily ritual of monks and nuns, whipping was considered akin to prayer, another way of communicating with, and becoming closer to God. During the 13th-century, self-flagellation was praised as a spiritual sacrifice, a penance, and a mortification for the flesh that was a theatre for God. The act was often done naked, and overcoming the shame of nudity was perceived as a way to return to the sinless state of Adam and Eve in the Garden of Eden. Whipping was done both in private and in public by numerous monastic orders with psalms often being recited during the act. Special prayers and speeches were also read prior to whipping ceremonies that acted as a ritual remembrance of the Crucifixion. By re-creating the suffering of Christ, the flagellants believed that Mary would intercede on their behalf and beseech God to pardon their sins and deliver them from purgatory. Self-flagellation was, in a sense, the best way to fast track one’s admittance to heaven. (Lees hier.) (Klem bygevoeg).
Guido Bourgeois wat gesien het hoedat Louis Blondel doodgeskiet word, sou gesê het dat hy Suid-Afrika nie sal verlaat nie omdat Jesus ook goed gedoen het en nogtans vermoor is. Is Jesus gekruisig omdat Hy goed gedoen het of is Hy gekruisig omdat Hy gesê het Hy is God?
Matteus 26: 62-66 Daarop staan die hoëpriester op en sê vir Hom: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U? Maar Jesus het stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom: Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God, is? Jesus antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel. Toe verskeur die hoëpriester sy klere en sê: Hy het godslasterlik gespreek, wat het ons nog getuies nodig? Kyk, nou het julle sy godslastering gehoor! Wat dink julle? En hulle antwoord en sê: Hy is die dood skuldig.
In lande waar die vervolging van Christene op sy hewigste is, word daar nie vir die Christene gesê om hulle goeie werke te staak nie maar om hulle rug te keer op Jesus Christus en sy Naam te verloën anders word hulle doodgemaak.
——————————————————————————————————————————————————————————————————–
[1] Peter de Rosa, Vicars of Christ: The Dark Side of the Papacy (Crown Publishers 1988), p. 180
[2] Will Durnat, The Story of Civilization, (Simon and Schuster, 1950), vol. IV, p. 784
[3] Ibid, Vol. IV, p. 680
[4] Cormenin, op. cit., pp 116-17, as cited in R.W. Thompson, Tghe Papacy and the Civil Power (New York, 1876), p. 553
[5] Rev. John Foxe, M.A. Book of Martyrs; or, a Gistory of the Lives, Sufferings and Triumphant Deaths of the Primitive as well as Protestant Martyrs: from the Commencement of Christianity, to the Latest Periods of Pagan and Popish Persecution (Edwin Hunt, 1833), from the introduction to the 1833 ed., p. iv based upon the 1824 ed. (improved by important alterations and additions by Rev. Charles A. Goodrich).
[6] De Rosa, op. cit., p. 20
[7] St. Thomas Aqiunas, Summa Theologica (Louis Guerin, Barri-Ducis, 1857), vo0l. 4, p. 90
Sorry, the comment form is closed at this time.