Waak en Bid / Watch and Pray

omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie / for ye know not when the time is (Mark 13:33)

Archive for March 15th, 2010

Die Post-moderne Jesus

Posted by Tom Lessing on March 15, 2010

Stephan Joubert het waarskynlik ‘n kleintjie dood aan Godsdiens. In een van sy onlangse preke wat hy op 14 Februarie vanjaar tydens ‘n erediens in die Moreletapark NG Gemeente gelewer het, het hy soos so baie ander vorige kere weer die arme “kerk” aangevat oor haar onvermoë om die wêreld te verander. ‘n Mens sou kon saamstem dat “godsdienstigheid” of “kerkisme” soos dit ook altoos bekend staan, nie noodwendig God se goedkeuring wegdra nie. Sê die Here dan nie juis dat in die laaste dae mense die gedaante van godsaligheid sal hê maar die krag daarvan sal verloën nie? Daarom is die fenomeen “Stephan Joubert” so ‘n uiters moeilike enigma om te verstaan wanneer hy die “kerk” so ruig kritiseer maar nie juis omgee om hom met kerkleiers wat die Evangelie van Jesus Christus openlik en skaamteloos in die openbaar verdraai, te vereenselwig nie. Hy het ‘n ewige renons in die gemaakte-heiligheid in die kerk maar heul graag met die onheilige praatjies van sy kontemplatiewe vriende. Hoe rym dit? Voordat ons sy preek in meer detail onder die loep neem, kom ons kyk dan nou eers na enkele dinge wat sy kontemplatiewe maatjies al in die verlede gesê het en waarskynlik die afwaartse, of sal ek eerder sê, afvallige neiging in sy “godsdienstige” lewe teweeg gebring het.

Miskien sal dit goed wees om met Ron Martoia te begin omdat hy waarskynlik die grootste invloed op Stephan Joubert het. Die volgende is ‘n uittreksel uit die Konferensie wat hy op 29 Januarie 2007 met kerkleiers in Conover, N.C. gehou is.

Despite decades of tweaking evangelistic methods, there is little evidence that many Christians are experiencing true life change, Ron Martoia told church leaders Jan. 29. (Wat Ron Mortoia eintlik bedoel het, is dat Christus nie daarin kon slaag om mense se lewens te verander nie, ten spyte van sy belofte dat Hy die goeie werk wat Hy in sy dissipels begin het, sal voleindig [Filippense 1:6]. Stephan Joubert, wat Ron Martoia se klankbord in Suid-Afrika is, maak dieselfde aanklag teen die evangeliese metodes van die sg. pre-moderne en moderne periodes, nl. dat dit misluk het om die wêreld te verander).

Perhaps . . .  that failure is because Christians in the Western world have been prone to think of salvation as a “point-of-sale” transaction that focuses on getting to heaven instead of appreciating that Jesus came to fulfil the Old Testament promise of shalom, a concept that suggests wholeness, wellness, and peace. (As dit nie ‘n klap in die gesig is van Jesus Christus is nie dan weet ek darem nie so mooi nie. Jesus het dan juis gesê: “Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” Jesus wil baie graag hê dat almal moet wees waar hy nou is in die hemel, maar die tragiese is dat die meeste mense nie daar wil wees nie omdat hulle kwansuis sy “shalom” (vrede) hier op aarde wil bewerkstellig (1 Thessaloniscense 5:3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.)

Preaching about forgiveness from sin becomes increasingly ineffective in a postmodern world where a sense of guilt and obligation is less often operative. In contemporary American culture, one can no longer assume that people identify themselves as sinners in need of grace. (Hoe op dees aarde kan Ron Martoia voorgee dat die gevestigde en Bybels gefundeerde evangeliese metodes misluk het terwyl hy die soenverdienste van Jesus Christus, veral t.o.v. die vergifnis van sondes, minag. Sy beskuldiging is in werklikheid ‘n ontkenning van Christus se belofte dat Hy sy kerk sal bou en dat selfs die poorte van die doderyk dit nie sal oorweldig nie (Mattheus 16:18). Mense wat reken dat hulle nie vergifnis hoef te kry vir hulle sondes nie en dus nie God se genade nodig het nie, maak hulle skuldig aan die aanklag in 1 Johannes 1:10: “As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. . . . As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.”

“People may not think of themselves as sinners going to hell, but they seek wholeness and recognize they’re not there,” he said. (Watwou!  . . . heelheid en heilsaamheid sonder die vergifnis van sondes? Heelheid, heilsaamheid, geluksaligheid kan alleenlik jou deel word wanneer God self in jou woning maak deur sy Gees, en dit op sy beurt kan alleenlik voltrek word wanneer die oorsaak vir sy afwesigheid in jou diepste binneste uit die weg geruim word. En glo dit as u wil daar is net een ding wat keer dat God in jou woning maak — jou sondes en jou ongeloof; jou oortreding van al God se wette en verordeninge want as jy net een enkele een daarvan oortree, het jy hulle almal oortree. Skuldgevoelens volgens die wil van God is ‘n goeie ding en daarom sê die Skrif: Want die droefheid volgens die wil van God werk ‘n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood.” (2 Korinthiërs 7:10). Die droefheid van die wêreld, soos Ron Martoia dit stel, is om te smag na transformasie maar sonder enige berou vir jou sondes en die wete dat jy God se genade nodig het. Hierdie soort droefheid of berou loop uit op die dood, die ewige dood. Die ontkenning dat mense sondevergifnis nodig het, is maar eintlik ‘n verwerping van die kruisdood van Jesus Christus want Hyself het gesê: “Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.”- Lukas 5:32. Die “regverdiges” is die ouens wat glo hulle het nie die sondevergifnis en die genade van God nodig nie. Om die waarheid te sê hulle is die post-moderne Fariseërs wat soos die Farisieërs van ouds geglo het hulle is reeds regverdig (d.w.s. reeds midde in die Koninkryk van God hier en nou) en dus geen behoefte het aan die soendood van Jesus Christus nie).

Die uitdrukking “salvation as a ‘point-of-sale’ transcation” is waarskynlik ‘n sinspeling op die gedeelte in 1 Johannes 1: 8 – 10: “As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.” Die woordjie “as” dui op die voorwaarde wat God stel alvorens ‘n sondaar vergifnis vir sy sondes kan ontvang en dis juis hierdie voorwaarde “as jy dit doen, sal Ek dat doen” waarvan Ron Martoia met minagting praat as “a ‘point-of-sale’ transcation.” Volgens Martoia sien die post-moderne mense hulleself nie as sondaars wat op pad hel toe is nie maar as mense wat smag na transformasie; hulle soek eerder na algehele heilsaamheid maar het dit nog nie bereik nie — ‘n heilsaamheid wat nie deur ‘n ingrype van God en deur sy genade bewerkstellig word nie maar d.m.v. ‘n eindelose pelgrimstog en ‘n nimmereindigende soeke na die waarheid. Op bls 16 van sy boek “Transformational Architecture: Reshaping Our Lives as Narrative” stel Ron Martoia dit as volg:

Like countless others, Chad is a guy who wants to talk about the journey, be on the journey, explore paths and trails of the journey, but he doesn’t want to let anyone short-circuit the journey or tell him exactly which steps and direction the journey should take. Chad is responding to the way he has been designed on the inside. Something about what he senses deep inside leads him to think that this journey is worth pursuing.

Chad is representative of a much larger group of people in the United States who are on a spiritual quest and looking for conversation partners but are uninterested in pat, canned, certain, scripted, prepackaged answers. (Klem bygevoeg)

Die laaste paragraaf kan soos volg geparafraseer word: “Chad verteenwoordig ‘n groot groep mense in die Verenigde State wat op ‘n spirituele pelgrimstog is en op soek is na gespreksgenote, maar moet asseblief om die dood net nie vir hom verse uit die Bybel aanhaal nie want hy haat gepaste, klaar-in-die-kannetjie, sekere, skriftuurlike, voorafverpakte antwoorde.” Dit bewys maar net weer eens dat die Bybel die foutlose, ewige en onveranderlike Woord van God is want Paulus het reeds duisende jare gelede voorspel dat mense soos Chad en ‘n menigte ander in Amerika en Suid-Afrika in die laaste dae nie meer die gesonde leringe van die Bybel sal verdra nie omdat hulle vir hulle leraars sal versamel (die post-moderne woord vir “leraar” is “conversation partner”) wat hulle oortjies streel (2 Timotheus 4:3). Hulle sal luister na hulle “partners in conversation” omdat dié vir hulle alles sal vertel wat hulle graag wil hoor en nie wat God vir hulle sê nie. Ek kan u verseker dat Ron Martoia en sy confidante, Stephan Joubert, twee van die beste nommerpas eindtyd-leraars is aan wie se lippe derduisende pelgrims op soek na die “unreachable star” en die “impossible dream” deesdae hang. Miskien moet Chad hom eerder met heilige ontsag en eerbied voor God op sy aangesig neergooi en luister na sy woorde in Spreuke 12: 28 en 15: 24: “Op die pad van geregtigheid is lewe, en die rigting van dié pad is onsterflikheid” EN “Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk.” Maar nee, Ron Martoia, Stephan Joubert en Chad is baie wyser as God want hulle is “uninterested in pat, canned, certain, scripted prepackaged answers.”

 . . . want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede (2 Timotheus 4:3).

Stephan Joubert het die volgende gloeiende reklame oor Ron Martoia se tweede boek “The Bible as Improv” geskryf toe dit ‘n klompie jare in Suid-Afrika vrygestel is:

As one of the sharpest and most eloquent theological minds of our day, Ron Martoia in this delightfully well-written book invites us into a new, conjunctive stage of faith where paradox, society and God can exist in peaceful tension. From a new vantage point, where the Bible is no longer viewed as an owner’s manual to make everything hum but as a classic, we are challenged to live the biblical text through new conversations we engage in with the text. The jazz metaphor serves as another equally helpful image to convey the meaning of the dance of improv where the Bible becomes the score that we, in the company of other Jesus-followers, constantly immerse ourselves in. In this way the Bible comes alive through the music we are making with our lives. This masterful book by a modernday prophet in blue jeans will open up fresh new pathways for all who wish to finally replace their dated reading maps of the Bible.”

- Stephan Joubert: Extraordinary Professor of New Testament studies. University of Pretoria, and editor echurch/ekerk

U het reeds gesien wat Ron Martoia rondom die onderwerpe “sonde,” “vergifnis” en “genade” gesê het en dat dit hoegenaamd nie met die Bybel strook nie. Om die waarheid te sê, dit is onbeskaamd anti-Bybel, anti-God, anti-Christus en anti-Christendom. En tog loof Stephan Joubert hom as “een van die skerpste en mees uitgelese teologiese geeste van ons tyd.” Miskien het dit nog nie tot sy “extraoridnary professor’s” brein deurgedring nie, maar sy lofsange oor Ron Martoia is eintlik ‘n treursang oor Jesus Christus wat presies die teenoorgestelde as Ron Mortoia m.b.t. die sonde, vergifnis en genade gesê het.

Moontlik het u al voorheen van die sg “jazz metafoor” gehoor. Soos u seker weet gebruik die musici in ‘n jazz orkes nie ‘n klaar- of voorafgeskrewe partituur (“score”) om musiek te maak nie. Hulle is uitmuntende improviseerders wat op die ingewing van die oomblik tydens die verloop van hulle samespel in staat is om musiek te maak sonder ‘n voorafgeskrewe partituur. Skynbaar is die Ontluikende Kerk se leiersfigure nog nie so improvisasie vaardig nie; hulle gebruik darem nog die Bybel as ‘n partituur (“score”) om hulle “dance of imrpovisation” saam met ander Jesus-volgelinge uit te voer. Maar, in hierdie geval is die Bybel nie ‘n klaar- of voorafgeskrewe  “partituur”(geslote kanon) nie maar ‘n partituur wat improviserend deur die ontluikende pelgrims op hulle nimmereindigende reis na die waarheid en deur hulle gesamentlike ervarings op hulle pelgrimsreis gemusiseer (geskryf) word. In kort kom dit daarop neer dat elkeen se improvisasie (lewenservaring) soos hy of sy die Bybel sien en interpreteer, geldend, korrek en aanvaarbaar is en mag onder geen omstandighede gekritiseer word nie (omdat dit maar net weer eens die “judging gene” in hoogste rat sou sit). Die volgende uittreksel kom uit die artikel “Are Ron Martoia, Stephan Joubert and Nelus Niemandt Experts in their Field?” en spel vir ons baie duidelik uit wat Ron Martoia en sy Suid-Afrikaanse confidante van die Woord van God dink.

Ron Martoia het tydens een van sy besoeke aan Suid-Afrika op 28 Augustus 2009 by ‘n konferensie wat gehou is in die Pierre van Ryneveldt NG Gemeente o.a. die volgende gesê:-

  • “Die belydenis dat die Woord vlees geword het, is ‘n saak wat die kerk deesdae uitdaag.” – Ron Martoia (1 Johannes 4:2 en 3: Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.)
  • “God is nie die Bybel nie, alleenlik maar die Woord van God.” – Ron Martoia (Ek is byna 100% seker dat Ron Martoia boeke skryf, nie om sy lesers te oortuig dat hyself sy boeke is nie maar dat dit net papier en ink is om die woorde van Martoia duidelik te artikuleer. Daar is talle mense, o.a. Stephan Joubert, wat sy duidelik geartikuleerde en geboekstaafde woorde as die alfa en omega van die post-moderne kontemplatiewe spiritualiteit beskou. Hulle glo dus alles wat hy sê en skryf sonder om dit in die minste te bevraagteken. So-ook is die Bybel nie God nie maar sy duidelik geartikuleerde woorde om sy wil aan die mensdom te openbaar en bekend te maak. Maar anders as die duidelik geartikuleerde woorde van Martoia in sy boeke word die duidelik geartikuleerde woorde van God in die Bybel bevraagteken en selfs openlik deur die kontemplatiewe kerklui verwerp. Hulle handhaaf ‘n soort vervanginsteologie; vervang maar net die woorde van God in die Bybel met die woorde van Martoia in sy boeke en jy’s goed op pad om die Koninkryk van God hier en nou op aarde gouer en beter gevestig te kry.)
  • “Die Bybel is maar net ‘n storie.” – Ron Martoia (As die Bybel maar net ‘n storie is, dan is Ron Martoia en Stephan Joubert asook die hele kontemplatiewe spiritualiteit ook maar net ‘n storie. Daar is egter ‘n wawye verskil tussen die storie van die Bybel en die storie van Martoia, Joubert en die kontemplatiewe broederskap — die Bybelse storie is onomkeerbaar waar (Numeri 23:19, Psalm 119: 160, Johannes 17: 17) terwyl hulle storie onomkeerbaar vals en ‘n spul leuens is.)
  • “Die Bybel is vol aksiebelaaide stories wat op verskillende maniere in ons lewens toegepas kan word.” – Ron Martoia (Het u opgemerk dat die aksiebelaaide stories van die Bybel op verskillende maniere in ons lewens toegepas kan word? Dit kom daarop neer dat die Bybelse stories nie universele, onveranderlike en ewige waarhede is nie, maar dat elke Jan Rap en sy maat die aksiebelaaide stories verskillend in hulle lewens kan toepas. Jou besondere belewing van die stories is nie noodwendig dieselfde as die volgende persoon s’n nie, maar dit diskwalifiseer nie jou eie of die volgende persoon se belewenis daarvan nie. Albei is ewe waar omdat dit nou jou ervaring is wat die stories waarmerk en bekragtig en nie die geïnspireerde waarheid van God’s Woord nie. Die post-moderne volgelinge van Jesus se siening van die Bybel is nie meer gehoorsaamheidsgedrewe nie maar ervaringsgedrewe.)
  • Iets regtig groots is in die wêreld aan die gang, ons is in ‘n Nuwe Wêreld en jy het net twee opsies. Sluit aan of vergaan.” – Ron Martoia (Ron Martoia kon maar net sowel gesê het ons is op pad na ‘n Nuwe Wêreld Orde en almal wat weerstand bied, sal of gemarginaliseer of uit die weg geruim word. Dit is maar dieselfde dreigtaal strategie wat Brian Mclaren en Alice Bailey gebruik. Lees gerus hier. Is dit nie ironies nie? Stephan Joubert verklaar in sy aanbieding “Being a Radical Pilgrim and Prophet” tydens die Kongres by Mosaïek Kerk (Fairlands, Johannesburg van 4-5 September 2009) dat daar nie soiets soos “in” of “uit” is nie. En tog verdoem sy geestelike mentor, Ron Martoia,, almal wat nie met hulle Nuwe Wêreld orde wil saamspeel nie as die “uiters,” die ouens wat nie “in” is nie maar “uit” en die enigste manier om te voorkom dat hulle vergaan, is om by hulle “in” te sluit of aan te sluit.)
  • “Mense wat die Nuwe Wêreld beveg sal vergaan, sal stof word, stowwerig in hulle spiritualiteit.” – Ron Martoia (Almal weet tog reeds dat die begrip “stof word” na die dood verwys. Die Bybel sê duidelik “tot stof sal jy terugkeer.” Wat Ron Martoia dus eintlik bedoel wanneer hy sê die weerbarstiges is stowwerig in hulle spiritualiteit, is dat hulle geestelik dood is (verlore is).
  • “Alle gelowe het deel aan twee dimensies – Logos en Mythos.” – Ron Martoia (Alle gelowe, insluitende die Christendom, is dus maar dieselfde.)
  • “Jy het geen keuse om in die post-moderne wêreld te lewe nie. Jy is daar in!! Sluit aan of vergaan” – Ron Martoia (Soos ons reeds hierbo gesien het, is die kontemplatiewe broeders lief om almal wat nie met hulle saamstem nie, te dreig. Natuurlik is alle gelowiges in hierdie siek wêreld waarin leuens, valshede en onderduimsheid aan die orde van die dag is, maar hulle is beslis nie deel van hierdie wêreld nie [Johannes 17:16], en daarom moet hulle ligte laat skyn in ‘n post-moderne wêreld wat al hoe donkerder word.)
  • “Beweeg vanaf fokus op informasie na fokus op visualisering en spiritualiteit” – Ron Martoia (Wat bedoel Ron Martoia met visualisering? Lees asseblief die volgende internet artikels indien u meer inligting wil hê oor kontemplatiewe visualisering hier en hier. Ron Martoia raai die lesers van sy boeke aan om nie te fokus op die informasie (leerstellings) wat in die Bybel voorkom nie maar om eerder te fokus op hulle ervarings wat hulle by wyse van kontemplatiewe visualisering ondervind. Dit is blatante okkultisme.)
  • “Metanoia beteken bekering. Maar moet asseblief nie op julle knieë val en julle tot God bekeer nie. Dit is nie wat ek bedoel nie” – Ron Martoia (Wat bedoel Ron Martoia met die woord “metanoia” as dit vir hom nie ‘n heelhartige bekering tot God is nie? Kom ons kyk hoe lyk Martoia se “Metanoia” of is dit “Mart(en)oia?” In ‘n neutedop is Mart(en)oia se Metanoia ‘n paradigma skuif vanaf jou eng en verouderde siening rondom die Evangelie na ‘n groter prentjie en hierdie groter prentjie is niks anders nie as die omarming van die Nuwe Wêreld Orde (in die Ontluikende Kerk se paradigma ook bekend as die Koninkryk van God) waarin elke Jan Rap en sy maat van watter godsdienstige oortuiging ookal ‘n heerlike tuiste vind. En raai raai waarom moet sondaars asseblief nie op hulle knieë val en hulle tot God bekeer nie? Omdat al die  ander godsdienste wat Ronnie Mart(en)oia in hierdie Nuwe Wêreld Orde (kwansuis God se Koninkryk) wil betrek, bekering tot die God van die Bybel minag en verwerp. In hierdie Koninkryk van God is daar nie ‘n koning wat rondgaan om te kyk of iemand sonder ‘n bruilofskleed ingekom het nie en vir sy diensknegte opdrag gee: “Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande [Mattheus 22:11-13].)
  • “Metanoia beteken om oor jouself te kom, kom uit by ‘n groter plek, kry ‘n groter gemoed, word uitgenooi na ‘n groter prentjie, word uitgenooi na ‘n groter gemoed, kom uit jou klein gemoedjie.” – Ron Martoia (Martoia kon gerus ook gesê het: “Verlaat die nou pad en sluit by ons aan op die breë pad wat na die verderf lei)
  • “Ons is nie geroepe om gesonde leerstelling te lewer nie – ons is in die menswees-besigheid” – Ron Martoia (Hoe weet ‘n mens dat iemand wat sê hy is ‘n volgeling van Jesus in werklikheid nie ‘n volgeling van Jesus is nie? Almal wat sê hulle is volgelinge van Jesus maar Jesus se opdrag verontagsaam om ander te leer om alles te onderhou wat Hy ons beveel het, is nie ‘n volgeling van Jesus nie (Mattheus 19; 2 Johannes vers 9).
  • “Hoeveel het die dissipels geweet? Niks!” – Ron Martoia (Mattheus, Markus, Lukas, Johannes, Petrus, Judas, Jakobus, Paulus het niks geweet nie en daarom het hulle 27 Nuwe Testamentiese boeke geskrywe wat tot vandag toe die toets van die tyd deurstaan het. Sal Ron Martoia se boeke die toets van die tyd deurstaan? Ek twyfel want God sê: “Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.” Ron Martoia sal lank reeds in sy graf wees maar God se Woord bly tot in alle ewigheid).
  • “Jesus, dink ek, het gekom om beter mense te maak, nie Christene nie.” – Ron Martoia (Ron Martoia en Stephan Joubert is, in Mart[en]oia se eie woorde, nie Christene nie maar die beste mense op aarde of sal ek eerder sê “beter” mense as die Christene. Siestog, arme ou Paulus het seker maar die kat by die stert beet gehad toe hy in wanhoop uitgeroep het: “ . . . ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie. [Romeine 7:18]. Mart[en]oia se aanname dat Jesus gekom het om van ons beter mense te maak, suggereer dat ons reeds goeie mense is en net nodig het om nog beter mense te word.)

‘n Ander kontemplatiewe mede-pelgrim van Stephan Joubert is Rob Bell. Soos Ron Martoia wat die belangrikheid van sondevergifnis minag, so minag Rob Bell die maagdelike geboorte van Jesus Christus en suggereer dat dit nie nodig is om daarin te glo om ‘n volgeling van Jesus te kan wees nie.

What if tomorrow someone digs up definitive proof that Jesus had a real, earthly, biological father named Larry, and archeologists find Larry’s tomb and do DNA samples and prove beyond a shadow of a doubt that the virgin birth was just a bit of mythologizing the Gospel writers threw in to appeal to the followers of the Mithra and Dionysian religious cults that were hugely popular at the time of Jesus, whose gods had virgin births? But what if as you study the origin of the word virgin, you discover that the word virgin in the gospel of Matthew actually comes from the book of Isaiah, and then you find out that in the Hebrew language at that time, the word virgin could mean several things. And what if you discover that in the first century being “born of a virgin” also referred to a child whose mother became pregnant the first time she had intercourse?

What if the spring was seriously questioned?

Could a person keep jumping? Could a person still love God? Could you still be a Christian? Is the way of Jesus still the best way to live?

Or does the whole thing fall apart?” (pp. 26-27).

Rob Bell vergelyk die leerstellings in die Bybel met ‘n springmat. Al sou een van die vere wat die mat styf span verwyder word of breek, kan ‘n mens nog steeds spring. Die stukkende veer maak dus geen verskil nie. Jy hoef dus byvoorbeeld nie in die maagdelike geboorte, of die Drie-eenheid van God, of die liggaamlike opstanding van Christus, of die wederkoms van Christus te glo nie. Dis kwansuis nie belangrik nie omdat jy nog steeds ‘n Christen kan wees al sou jy nie in een van hierdie leerstellige waarhede glo nie. Jy kan miskien nog spring wanneer een van die vere in ‘n springmat breek of verwyder word, maar jy gaan beslis van die vet in die vuur spring wanneer jy een van God se leerstellings verwyder want die Skrif sê baie duidelik: “Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die HERE julle God mag onderhou, wat ek julle beveel” (Deut. 4:2) EN “ . . . as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is (Openbaring. 22: 19).

Soos Ron Martoia, het Rob Bell ook ‘n baie lae dunk van die goddelik geïnspireerde onfeilbaarheid van die Bybel.

“When everything gets answered, it’s fake. The mystery is the truth” (p. 33).

“The people who eventually wrote all of this down [the Bible] weren’t sitting there with their hand and the pen moving as if controlled by some outside force.
The writers of the Bible had agendas” (p. 66).

God sê:

2 Petrus 1:3 Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug,

1 Timotheus 6:3-4 As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog,

Volgens die leerstellings en kennis van Christus het sy goddelike krag alle gelowiges (nie die onegtes wat glo dat ”wanneer alles beantwoord word, dit nie eg is nie”) alles geskenk wat hulle nodig het om ‘n oorvloedige goddelike en godvrugtige lewe in en deur Hom te lewe. Enigeen wat dit ontken is verwaand en verstaan niks nie en is alewig besig om bose agterdog te saai met hulle leuens.

Die post-moderne Ontluikende Kerk ontken dus dat waarheid proposisioneel, absoluut, rasioneel en seker kan wees en beskuldig enigeen wat waarheid in hierdie lig sien as arrogant en onbuigbaar wat daarvan hou om andere te oorheers. Ons vermoë om te “weet,” sê hulle word gemoduleer deur ons kultuur wat beheers word deur emosionele en estetiese ervarings, asook ons erfenis. Maar hierdie “wete” of kennis moet in pag gehou word sonder om daarop aanspraak te maak dat dit die enigste kulturele waarheids-uitdrukkings is. Die gevolg hiervan is dat rasionaliteit vervang word met gevoelens, waarheid met ervarings, eksklusiwiteit met inklusiwiteit, objektiwiteit met subjektiwiteit en absolutisme met relativisme. Hule promulgeer pluralisme, bejeen alle aansprake op waarheid met agterdog, verklaar dat alle waarheid sonder aansprake op universele geldigheid, objektiwiteit en absolutisme aangebied word. Daarom is dit te verstane dat Stephan Joubert ewe gemaklik van Jesus kan praat as die Waarheid, die Weg en die Lewe maar terselfdertyd in navolging van Rob Bell kan sê dat daar ook waarheid is in ander godsdienste soos die Boeddhisme, ja, en selfs die ateïsme. In hulle oë is waarheid of die een of die ander, of beide en . . .

Omdat hulle weier om te erken dat waarheid proposisioneel is, vermy en versaak hulle enige verantwoordelikheid om die Christelike leerstellings te verdedig. Die nasionale koördineerder van Emergent Village sê bevoorbeeld: “We must stop looking for some objective Truth that is available when we delve into the text of the Bible.” Brian McLaren huldig dieselfde idee wanneer hy sê: We must be continually aware that the ‘old, old story’ may not be the ‘true, true story.” Neil Livingston, ‘n leier in die Ontluikende Kerk familie, het gesê: “The truth of the Bible, like any truth, is not best seen ‘objectively’ … Where then can I find authority that I can be sure of? … As we said before we cannot simply ‘go to the book.’ Truth cannot properly reside as a mere proposition on a paper. Truth lives in persons and relationships.” (Stephan Joubert het al by verskeie geleenthede dieselfde mening oor proposionele waarheid gehuldig). Chad Hall, ‘n ontluikende aanhanger, lewer as volg kommentaar wat algemeen is onder hierdie groep: “As one friend puts it, we need to have a ‘Who Cares?’ theology” Nouja, hierdie “who cares theology” sal jou reguit hel toe neem as jy jou nie bekeer nie.

Dit was dan sommige van die super ontluikende predikers met wie Stephan Joubert omgaan en wat sy spirituele lewensbaan beïnvloed het. Is daar nog vir hom tyd oor om om te draai en terug te keer na Jesus Christus van die Bybel? Natuurlik is daar; hy moet net by God pleit om genade en vergifnis en die bg. persone en alles wat hulle reeds in die openbaar kwytgeraak het, volkome repudieer. Maar kom ons keer nou terug na sy preek op 14 Februarie vanjaar wat hy by die Moreleta Park NG Gemeente gelewer het.

Nadat hy in ‘n kort inleiding vertel het hoedat die kranige atleet, Derek Redmond in 1992 tydens die Barcelona Olimpiese Spele sy dyspier beseer het en met die hulp van sy vader, Jim Redmond, huppelend die 400 meter semifinaal wedren voltooi het, klim Stephan Joubert behoorlik onder die kerkmense in. ‘n Mens sou miskien eerder vewag dat hy soos Paulus ‘n wedren sou gebruik om juis die noodsaaklikheid vir afsondering (heiligmaking) te beklemtoon wanneer hy sê:

Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal. En elkeen wat aan ‘n wedstryd deelneem, onthou hom in alles—húlle nogal om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ‘n onverwelklike. (Klem bygevoeg)

Maar nee! Stephan Joubert steur hom skynbaar nie aan so-iets soos heiligmaking nie want syns insiens is alles reeds heilig en niemand is in of uit nie; almal het alreeds deel aan die universele heiligheid in God se Koninkryk. Hoor ‘n bietjie wat hy sê:

Hierdie [Derek Redmond se vasberadenheid om die wedren te voltooi] het die simbool geword vir die Olimpiese Spele van vasbyt en van deurbyt en van mense ondersteun en van daar wees. Miskien is dit ‘n beeld waarmee ek vanaand saam met jou wil vir ‘n oomblik nadink oor Jesus , oor Jesus vir wie ek staan, vir wie ek wil “vote” omdat Hy my bekeer het van my bekering en ek wil jou uitdaag vanaand om saam met my bekeer te raak van jou bekering en om van die pawiljoen af te klim, en saam te kom speel saam met Jesus. Want die dilemma is as Jesus in Markus 1 vers 15 sê: “Bekeer julle want die Koninkryk van God het naby gekom” dan het bekering ‘n term geword wat geskaak is en gekaap is en “ge-hijack” is deur die kerk, deur godsdiens en het meeste mense, ja baie godsdienstige bekerings, selfs ‘n godsdienstige bekering na ‘n Jesus wat aan die hoof staan van ‘n godsdienstige “enterprise,” genaamd “kerk.” Maar godsdienstige berkerings maak dat jy op ‘n sekere manier lyk, leef en praat. Dit bring jou nie, soos wat jy verlede week gehoor toe Johan Smit die reeks begin het, regtig in ‘n verhouding nie; dit maak jou net vromer. Dit maak jou net heiliger. (Thomas sê: Ek wonder wie het die woord “metanoia” “ge-hijack.” Ek gee u drie raaie. Ja, u het reg geraai. Sy naam rym nogal met die woord “metanoia” — ja, dis ou Ronnie Martoia, of is dit nou weer “Mart[en]oia wat gesê het: “Metanoia beteken bekering. Maar moet asseblief nie op julle knieë val en julle tot God bekeer nie. Dit is nie wat ek bedoel nie.” Wanneer Stephan Joubert dus sê: “Hy [het] my bekeer van my bekering” dan bedoel hy eintlik dat hy sy “knie-voor-God-bekering” minag en in die plek daarvan die “Mart[en]oia -bekering” vir homself toegeëien het.

Godsdiens, wat is dit? Wel, godsdiens se diepste bedoeling is om my ‘n beter “ek” te maak. Dis amper soos daai dieet advertensies. Vroeër was ek geestelik oorgewig maar “watch my” nou; nou is ek “ge-streamline.”Nou leef ek soos wat die Here wil hê. (Thomas sê: Blykbaar het Stephan Joubert vergeet wat Paulus in 2 Korinthiërs 5:17 vir ons sê: “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge[die ou lewe, insluitende dans, drink en dobbel] het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.”) Godsdiens laat my my hele lewe lank teen uiterlike dinge “fight” teen uiterlike dinge veg. Ek dink ek het julle al vertel, maar ek onthou toe ek so ‘n tjokkertjie was, daar in graad ses rond, het ons ‘n katkisasie boek gehad wat gesê het ‘n mens moet oppas vir die drie groot “d’s” — dans drink en dobbel. En ek het gewonder of ou doom gedink het ons graad sessies spring elke middag uit en dan drie “d” ons, dans drink en dobbel ons voor ons ouers by die huis kom. (Thomas sê: Ou Stephan het seker gedink hy gaan sy hele lewe lank ‘n sesjarige tjokkertjie bly en dat ou doom se waarskuwings dus nooit op hom van toepassing sou kon wees nie). Hoekom het hy dit vir ons gesê, maar dit was die soort mentaliteit maar ou doom het ons nie gewaarsku teen die groot “s’e” teen skinder en selfsug nie, maar as ons die drie “d’s” nie doen nie is ons OK. En godsdiens doen nog ‘n ding met jou, bo en behalwe dat dit jou laat veg teen sekere dinge, sit dit die heeltyd ‘n verskriklike skuldgevoel op jou. Jy doen altyd te min; jy kan die beste geestelike week van jou lewe hê maar jy kan weet jy het met godsdiens te doen as jy by daai godsdienstige “venue” instap en hulle sê vir jou “jy’t dit alweer nie gemaak nie,” of “dit was te laat,” “dit was nou te laat gewees hierdie keer,” “Dis nou goed wat jy gedoen het, maar dis te min en te laat.” Godsdiens, jy weet jy’s in die kloue van godsdiens, as jy die heeltyd voel dis ons teenoor hulle, dis ons teenoor die res, dis ons heiliges op ons hopie, ons “holy huddle,” ons “holy bubble” en die res is daarbuite as ons net die pawiljoen vol sit, as ons net meer mense kan kry, as ons net meer ouens op ons perseel kan kry, as ons net meer ouens by ons programme kan kry, dan is ons besig met godsdiens. (En ek dag dan Ron Martoia het gesê dat Jesus juis gekom het om beter mense van ons maak. Hoe dan nou, Stephan?)

Nou, hier’s elemente van waarheid in al hierdie dinge; die probleem is godsdiens sê dit gaan eksklusief hieroor. Daarom sien jy dat jy behoort aan ‘n godsdienstige beweging as godsdienstiges alhoemeer aktief raak en die wêreld alhoeminder verander. Ek het ‘n bietjie gaan kyk na die denominasie waaraan jy en ek behoort wat vanaand hier is. Hulle sê daar kom elke Sondagoggend 300, 000 mense in ons land na die NG Kerk toe – 300, 000 plus. Ek het gaan uitwerk, dit is een miljoen sewehonderd en sestien duisend man-ure; miskien moet ek dit polities korrek sê, mens-ure. Daar kom “massive” baie ouens kerk toe, massief baie mense is in godsdiens. Daar’s duisende ouens . . . in voltydse bediening maar lyk Suid-Afrika vir jou beter na hierdie een miljoen sewehonderd en sestien duisend mens-ure? Dis net wat Sondae-oggende in die kerk sit. Ons sit die banke vol. Die wêreld verander nie en daarom het godsdiens, bo en behalwe dat dit gaan oor ‘n verbetering van jouself, dat dit gaan oor jou stryd teen uiterlike dinge, dat dit gaan oor hierdie “holy huddle”,” hierdie heilige groep waarby jy moet wees; hoe meer van ons by daai groep is, hoe meer raak ons dan laastens teen die res. Godsdiens is ons en hulle. . . .

Ek onthou toe ek so ‘n jong outjie was, ek dink ek het al vertel, toe ek tot bekering gekom het, het ‘n verskriklike godsdienstige bekering gehad. Ek was heilig soos jy nog nooit gesien het nie. Ek het my plate stukkend gegooi want een of ander ou het gesê as jy dit agteruit luister is daar boodskappe op wat jy nie moet hoor nie. En ek het my vriende afgeskryf want hulle het gedans, kan jy dit glo? En ek dink hulle het gedrink. En, en, en, en niemand het by my radius van 10 meter van Stephan se ore af gevloek nie; heilige ore, nê, en heilige oë. Ek het geen sonde gesien nie en heilige mond; niemand het lelik gepraat nie. Maar ek het agtergekom as daai tien meter radius verby is dan doen ek al daai ander goeters. (Stephan Joubert maak ‘n bespotting van Jesus se uitspraak in Mattheus 5:13: “Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.” Sout is ‘n verderf-werende element en is veronderstel om mense te keer om in jou teenwoordigheid te vloek en die Here se Naam ydelik te gebruik). So, ek was goed op pad om eendag voor die Here te gaan staan en te sê: “Here, jy weet, ek het darem ‘n tien meter heilige radius rondom myself gehad.

As dit nie die toppunt van ironie is nie, dan weet ek darem nie so mooi nie. Stephan kla steen en been oor die godsdiens en die godsdienstiges in hulle “holy bubbles” wat voortdurend skuldgevoelens op ander laai deur vir hulle te sê: “jy’t dit alweer nie gemaak nie” of “dis te laat, jy’s hierdie keer te laat” of “wat jy gedoen het is goed, maar dis te min” terwyl hyself ‘n geweldige skuldlas op die NG Kerklui plaas. Syns insiens sit ‘n massiewe hoeveelheid mense elke Sondagoggend in die kerk wat gelykstaande is aan een miljoen sewehonderd en sestien duisend man-ure of mens-ure (om polities korrek te wees), maar hulle is te sleg om Suid-Afrika te verander. Wil hy voorgee dat hulle reeds te laat is in hulle pogingtjies om ‘n verskil te maak in Suid-Afrika en dat hulle dit nie gaan maak nie? Hoe lui die ou spreekwoord? — “soek jouself gerus maar eers agter die deur” en hou op om ander van dinge te beskuldig waaraan jy jouself skuldig maak.

Die dilemma, sê Stephan Joubert, is dat die godsdienstiges die term “metanoia” (bekering) gekaap het, soveel so dat die meeste mense “godsdienstige bekerings” gehad het na “’n Jesus wat aan die hoof staan van ‘n godsdienstige ‘enterprise’, genaamd “kerk.” Dis skreiend opvallend dat Joubert nie net die “godsdienstiges” met sy heilige karwats bykom nie, maar ook die Hoof van die “kerk,” ja en selfs ook die goddelose NG Kerk. Miskien moet ons eers ‘n rukkie stilstaan om te kyk wat die Woord kerk beteken. Die woord vir kerk is “ekklesia” wat “uitgeroeptes” beteken. Dit sê alreeds vir jou dat die “ekklesia” ‘n spesiale groep mense is wat van die res van die wêreld of wêreldlinge afgeskei is. Een van die definisies wat die Enhanced Strongs Lexikon voorsien lui as volg:

An assembly of Christians gathered for worship in a religious meeting a company of Christians, or of those who, hoping for eternal salvation through Jesus Christ, observe their own religious rites, hold their own religious meetings, and manage their own affairs, according to regulations prescribed for the body for order’s sake.

Daarmee wil ek nie te kenne dat die NG Kerk per se, of enige ander kerk of denominasie in die geheel die uitgeroeptes is nie. Die onderskeie denominasies of kerkgroepe wat deur die eeue heen ontstaan het, het nog altyd uit gelowiges en ongelowiges (naam-Christene) bestaan. Daarom sou ek so graag wou hê dat Stephan Joubert baie duidelik vir ons moet uitspel wat hy met die woord “kerk” bedoel. Die feit bly staan dat wanneer die apostels in die Nuwe Testament na die “kerk” verwys het, het hulle dit altyd gedoen met die oog op die “uitgeroeptes” wat die opdrag ontvang het om nooit enige gemeenskap met die werke van die duiwel te hê nie maar dit eerder te bestraf (Efesiërs 5:11), nie in dieselfde juk te trek met die ongelowiges nie omdat die liggaam van Christus geen ooreenstemming het met Belial die duiwel nie (2 Korinthiërs 6:14) en om hulle van die wêreld af te sonder omdat die geringste bietjie liefde vir die wêreld vyandskap meebring met God en van hulle egbrekers en egbreeksters maak (Jakobus 4:4). Dit beteken natuurlik hoegenaamd nie dat die gelowige geen kontak met die ongelowiges moet hê nie. Dit beteken gewoon dat terwyl hulle in die wêreld is hulle nes die Here Jesus Christus nie van die wêreld is nie (Johannes 17:15 en 16). Hulle is reeds burgers van sy koninkryk (Kolossense 1:13) en moet dus sy koninkryksbeginsels uitlewe. Wat behels hierdie koninkryksbeginsels? In ‘n neutedop kom dit daarop neer dat hulle moet lewe (praat, dink en wandel) soos die Here Jesus self gewandel het toe Hy nog op aarde was (1 Johannes 2:6) en dis gladnie so moeilik om vas te stel hoe Hy gewandel het nie, veral as jy in ag neem dat Hy te alle tye sy lewe lank ‘n heilige lewe voor sy Vader in die hemel gelei het. En dit is  presies wat Hy van ons verwag wanneer HY die opdrag gee: Wees heilig want Ek is heilig (1 Petrus 1:16). Is dit die bekering waarvan Stephan Joubert hom bekeer het, met die gevolg dat mense nou met groter gemak en vrymoedigheid in sy teenwoordigheid kan swets en waarskynlik ook die Naam van die Here as ‘n vloekwoord kan gebruik? Het die sout dan laf geword nou dat hy hom van sy sg. godsdienstige bekering bekeer het tot die metanoia van die nimmereindigende kontemplatiewe reisplan van die Ontluikende Kerk? Is dit die rede waarom Joubert hom nie meer kwel wanneer mense in sy teenwoordigheid vloek nie? Nee! die doel is om die jeug te breinspoel en te stroop van Bybelse morele waardes.

Moontlik het u agtergekom dat Stephan Joubert se taalgebruik deurspek is met anglisismes soos “ge-hijack”, “ge-streemline” ens. Dis nie om dowe neute nie. Hy doen dit doelbewus om die jongmense in die sakkie te kry sodat hy hulle makliker kan breinspoel met sy kontemplatiewe idees. Terwyl Bill Clinton nog die Goewerneur was van die staat Arkansas, het hy en sy vrou Hillary The Governor School gestig met die doel om die bestaande openbare skole te hertruktureer. As deel van die breinspoel prosedure is die studente aangemoedig om vloekwoorde deel te maak van hulle alledaagse spreektaal, juis met die doel om hulle te stroop van Byblese morele waardes. Die Ontluikende kerk met hulle “swetsgierige” predikers doen presies dieselfde. ‘n Onlangse steekproef deur die Barna-groep toon dat 92% van die leraars wat hulle met die ontluikende kerk en die etikette “emerging” en “emergent” vereenselwig, glo dat vloekwoorde maar “ok is in die regte omstandighede.” Indien jy die veelvuldige kulture in die wêreld wil “engage” soos Stephan Joubert in navolging van Rob Bell al by geleentheid gesê  het, is dit nodig om vir die wêreld te wys jy is nie beter as hulle nie en dat ‘n vloekwoordjie hier en daar geoorloof is ( Dit help jou om die denkbeeldige tien meter radius van heilige grondgebied wat jy met jou “godsdienstige bekering” rondom jou gekweek het, uit die weg te ruim en op gelyke voet te plaas met jongmense.

Dit is opvallend dat die predikers in die ontluikende kerk met groot minagting van die “kerk” praat (en nou verwys ek weer eens nie van ‘n spesifieke kerk of denominasie nie, maar na die “ekklesia”). Soos ons hierbo gesien het, is hulle preke gewoonlik deurspek met neerhalende uitsprake t.o.v. die kernleerstellings van die “kerk,” o.a. t.o.v. sonde, verlorenheid, die hel, die  hemel, bekering, heiligmaking en selfs ook oor die Hoof van die “kerk.” Sê Paulus dan nie juis dat Jesus Christus die Hoof van die liggaam, dit is  die gemeente is nie? (Kolossense 1:18). As bekering nie na die Hoof van die liggaam is nie, na wie of wat moet dit dan wees? Omdat hulleself geen sistematiese teologie met konkrete leerstellings onderskryf nie, kan hulle blykbaar nie anders as om die bestaande bybelgefundeerde leerstellings van die “kerk”  voortdurend aan te val en te verkleineer nie. Soos ek reeds vermeld het, is hulle hele aanslag dekonstruktief en nie opbouend nie. Brian McLaren het bevoorbeeld gesê:

Die post-moderne oorgang is goed op dreef, maar dit is nog steeds ‘n proses. Die vroeë dekonstruktiewe fase van die post moderne oorgang is besig om na ‘n meer konstruktiewe en kreatiewe ontwikkelingsfase te vorder, wat (vir my) in die breë kultuur geïllustreer word deur denkers soos Wendell Berry en Ken Wilber, plus ‘n antal van ons wat spesifiek vir die Christengemeenskap skrywe. (Daar is natuurlik sommige mense wat nog steeds veg teen hierdie vroegste fases, sonder om te besef dat die ‘gevegslinie’ verander. Maar, ek behoort nie gevegsbeelde te gebruik nie, want ek sien dit nie so in nie). Ten spyte van al die werk wat ons reeds gedoen het en al die vordering wat ons gemaak het, het ons nog ‘n ver pad om te gaan – Brian McLaren (Uit die Engels vertaal ) (Klem bygevoeg).

Wat hy gesê het kom honderd persent ooreen met wat Alice Bailey gesê het:

. . . daar sal ‘n Universele kerk verskyn, en die definitiewe hooftrekke daarvan sal teen die einde van hierdie eeu verskyn . . .Hierdie kerk sal tot aksie aangespoor word deur die Christus en sy dissipels wanneer die uitstorting van die Christus-beginsel, die WARE tweede Koms volbring is . . . die Christenkerk in sy veelvuldige vertakkinge kan as die nukleus dien om wêreld–verligting te bereik . . . die kerk as ‘n leerfaktor behoort die groot basiese leerstellings te neem en (d.m.v. die vernietiging van die ou vorme waarin hulle uitgedruk en gehou word) hulle ware en innerlike spirituele betekenis openbaar. Die belangrikste werk van die kerk is om te onderrig, en onophoudelik te onderrig, en om die uiterlike gedaante te bewaar met die doel om die menigtes wat gewoond is aan kerkgebruike, te bereik. Leiers moet opgelei word; Bybelkennis moet versprei word; die sakramente moet misties vertolk word, en die kerk se krag om te genees moet gedemonstreer word. – Alice Bailey [1] (Uit die Engels vertaal) (Klem bygevoeg).

Stephan Joubert het in sy preek dit baie goed reggekry om die “basiese leerstellings” van die kerk te neem en die “uiterlike gedaante te bewaar met die doel om die menigtes wat gewoond is aan kerkgebruike te bereik.” Tewens hy het Ron Mortoia se raad om nie te fokus op die geykte informasie in die Bybel nie maar om te visualiseer (om te fantaseer) baie goed nagevolg. Hy het ‘n paar dinge gesê wat hoegenaamd nie in die Bybel teruggevind kan word nie en na behore sy verbeelding gebruik om vryelik dinge te visualiseer nadat hy uit Lukas 24, die gedeelte toe Jesus na sy opstanding die twee Emmausgangers tegemoet geloop het, uit Eugene Peterson se Die Boodskap voorgelees het.

Kom ons kyk dan nou vir eers na enkele dinge wat hy gesê het wat heeltemal aweregs van die Bybel is. Soos reeds vermeld, het hy die gedeelte uit Lukas 24 vanaf vers 13 voorgelees, die gedeelte waarin Jesus die twee Emmausgangers tegemoet geloop het om vir hulle die Skrrifte oop te maak en aan hulle te verduidelik dat Hy moes ly, gekruisig word en die derde dag weer opstaan uit die dode. Stephan preek gereeld daaruit want dit is een van sy aller gunstelinge gedeeltes in die Bybel.

dove-02


Stephan Joubert: ”Toe ons sulke tjokkertjies was, het ons altyd in die huis . . . dan hoor ons van die Christene onder die Kommuniste; dan hoor ons hulle kry so ’n Bybel, dan skeur hulle hoofstukke uit, dan kry elke ou ‘n hoofstuk. Ek het altyd gedink die arme ouens wat Levitikus kry en die arme ouens wat Numeri kry, wat maak hulle daarmee?”

Het u die tikkie sarkasme in Stephan Joubert se stem gehoor toe hy sê: “Ek het altyd gedink die arme ouens wat Levitikus kry en die arme ouens wat Numeri kry, wat maak hulle daarmee?” Wat maak hulle daarmee?  Jy behoort te weet want jyself het op ‘n kol tydens een van jou Bybelstudies in Pretoria ‘n speletjie met jou mede-Bybelgenote en getroue Bybellesers gespeel toe jy die boek Spreuke as’t ware uit die Bybel geskeur en gevra het: “The other day at a Bible school I did at a church in Pretoria, I asked the people to play a little game with me. And the game was about, let’s for a moment, say to ourselves, we only have the book of Proverbs in the Old Testament. What would our spirituality look like? And it was like a shocking game for us all, because you won’t find in the book of Proverbs anything about the cult, cultus (sic). There’s no temple. There’s no religious personnel. There’s no holy times or holy foods or holy stuff. There’s only one life and it is the real life. There’s only this life where I live and God is immediately in this life or not.” Wat maak hulle daarmee? Wel, Stephan jy behoort te weet wat hulle daarmee maak aangesien Lukas 24 een van jou aller gunsteling hoofstukke in die Bybel is. En tog lyk dit of jy die kernbelangrike boodskap in jou aller gunsteling hoofstuk keer op keer mislees en oor die hoof sien. Jy het tog sekerlik gesien dat Jesus die Skrifte vanaf Moses en al die ander profete vir hulle uitgelê het en al dié dinge wat in hierdie geskrifte op Hom betrekking het, verduidelik het en dat hulle harte brandende in hulle was toe Hy op pad met hulle gepraat en hierdie Ou Testamentiese Skrifte vir hulle uitgelê het? Soos jy seker ook weet, word die eerste vyf boeke in die Bybel, die Pentateug, aan Moses toegeskryf en jy weet tog sekerlik ook dat Levitikus en Numeri nou al vir duisende jare deel vorm van die Pentateug. Jesus het dus ‘n geweldige hoë premie op hierdie twee boeke geplaas toe Hy aan die twee Emmausgangers verduidelik het hoe o.a. hierdie twee boeke Hom verheerlik. Nes die twee Emmausgangers was ook die harte van die Christene onder die Kommunisme brandende toe sommige van hulle Levitikus en Numeri uit die enkele bladverskeude Bybel ontvang het. Ook hulle harte het geswel van dankbaarheid omdat hulle geweet het dat Jesus ook in Levitikus en Numeri se bladsye gevind kan word. Hy is ook dáár en omdat Hy ook dáár is, loop hulle brandende harte oor van dankbaarheid en opregte aanbidding.

En jy, Stephan, is jou hart ook brandende wanneer jy Levitikus en Numeri lees of is jy hoofsaaklik ‘n Speuke-man wat die “Sage from Heaven” volg en navolg omdat Spreuke kwansuis nie die “religious life” wat jy so haat verteenwoordig nie maar die “real life” soos jy dit stel? Kom ek herinner jou aan jou neerhalende akkolades rondom Levitikus, een van dié twee boeke wat Jesus met ontsag aan die twee Emmausgangers voorgehou het omdat dit ook betrekking het op sy lyding en sy opstanding.

Wisdom was all about finding the will of God in the book of Proverbs, but wisdom was about the right way of living. The other day at a Bible school I did at a church in Pretoria, I asked the people to play a little game with me. And the game was about, let’s for a moment, say to ourselves, we only have the book of Proverbs in the Old Testament. What would our spirituality look like? And it was like a shocking game for us all, because you won’t find in the book of Proverbs anything about the cult, cultus (sic). There’s no temple. There’s no religious personnel. There’s no holy times or holy foods or holy stuff. There’s only one life and it is the real life. There’s only this life where I live and God is immediately in this life or not. And it is the wise person, and not the fool, who will be able to see where God is and where God is going. It’s a way of life. It’s not in propositions. And secondly, you don’t find the will of God like many people who lived their lives in other stories from the Word of God. In the book of Proverbs you won’t find anything about prophecies, dreams, revelations, getting like some people say in church, getting scripture. You know this thing? “I just got Scripture.” Another lady, I have told this story, another lady the other day said to me: “You know, I stand on Bible.” I said: “Ma’am, that is great. Get off and read it. It is better . . . In the book of Proverbs your would never decipher God’s will through that. It’s a way of life. It’s a way of thinking deciphering, surrounding you with wise people, observing, experiencing, sensing, living in reality. You don’t sit and read a book and then you know how it works. You don’t follow a program at a church or at a synagogue and then you understand how God works. You live in a real life. ”

Bravo Stephan! Jy het die dame darem maar goed op haar plek gesit toe sy sê sy staan op haar Bybel en jy haar ewe professorlik aangeraai het om eerder af te klim en dit te lees. Maar sê my, lees jy jou Bybel gereeld? Dit lyk nie so nie want net iemand wat nie gereeld sy Bybel lees nie sal so iets waansinnig kwytraak soos: “Jy sit nie en lees ‘n boek en weet dan hoe dit werk nie.” Eers sê jy vir die dame sy moet haar Bybel lees en dan vertel jy ons jy sit nie en lees die Bybel om te weet hoe dit werk nie. Toemaar, moenie te sleg voel nie. Dit is maar net een van jou paradoksale raaisels wat net jy en jou ontluikende boeties kan ontsyfer. Hoe dit ookal sy, is dit enigsins moontlik om ons land se konstitusie met al sy gepaardgaande wette te leer ken sonder om die konstitusie te lees? Natuurlik nie. Iemand wat andersins sou dink, moet waansinnig wees. Netso kan niemand God se wette leer ken as hy/sy nie God se boek lees nie. Die Bybel sê tog baie duidelik, en alleenlik diegene wat sy Boek gereeld lees sal weet: “Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.” [Romeine 7:7].

Jy het telkens gesê jy is ‘n volgeling van Jesus en dat jy vir Hom stem, maar dit lyk nie juis of jy met Hom saamstem oor die belangrikheid van Levitikus en Numeri nie. Trouens jy het in weerwil van Jesus Christus se hoë dunk van Levitikus die volgende daaroor gesê:

Israel definitely did not live according to the creation story. Yes, they [the Israelites] did use the story of the Exodus. They had their feasts, their three annual feasts that were organized around these stories. They would use some of the implications of those stories, but the story that won in the end, in Israel, was the priestly story. If you were born and raised an Israelite, you knew about holy – unholy, clean – unclean, pure – impure, in – out, us – them. This is the priestly story. It is all about purity. It is all about who is in and who is out. . . .

And now suddenly Jesus comes and you have the four dominant stories of Israel. You have the creation story, you have the Exodus, you have the priestly story and the wisdom story And interestingly enough, Jesus is not a reformer. He is not a reformer trying to reform some of the stories. Jesus did not link onto, particularly, the purity story, never at all. Jesus, if I might, may put it like this, Jesus links onto the, to wisdom. And if you understand this, it will change the entire understanding of Jesus. Jesus takes the fourth story of Israel, the story that did not win, the story that belonged to the upper classes: the story of wisdom. (Emphasis added)

Weer eens, as jy jou Bybel gereeld lees, sou jy weet dat die priesterlike storie in Levitikus met al sy offers direk heenwys na Jesus Christus en sy soendood aan die kruis. Die Jesus waarna jy verwys wat hom nie met die reinheidstorie (soos jy dit noem) vereenselwig het nie, moet dus ‘n ander Jesus wees.

Kan jy nog steeds met oortuiging sê dat Jesus nooit aansluiting gevind het by die priesterlike storie in Levitikus nie terwyl Hy die moeite gedoen het om vyf ure lank in die snikhete son van die Jerusalem woestyn saam met Kleopas en Maria te stap terwyl Hy o.a. Levitikus vir hulle oopgemaak het sodat hulle kan verstaan dat Moses spesifiek en hoofsaaklik oor Hom in Levitikus geskrywe het?

dove-02


Stephan Joubert: “Ek hoop vanaand gaan ek en jy as ons saam met Jesus reis vir wie ek wil stem, vir wie ek my lewe wil gee, wat my wil losmaak van ’n godsdienstige bekering, wat wil sê: as jy, as jy “metanoia,” bekering wil hê, soos Markus 1 vers 15, kom loop saam met My.”

Om Stephan Joubert se siening rondom die woord “metanoia” (bekering) te verstaan, is dit nodig om eers weer vir Ron Martoia nader te wink want Stephan na-aap maar eintlik vir Ronnie. Ons het reeds hierbo gesien dat Martoia se bekering nie tot God is nie omdat hy nie van jou verwag om op jou knieë voor God neer te val en jou tot Hom te bekeer nie. Nee! dis darem te veel van n “point-of-sale transaction” (“as jy dit doen dan sal ek dat doen”). Jy moet jou darem tot iets groters as dit bekeer, iets wat jou sal vrymaak van jou klein gedagtewêreld en jou in die groter prentjie van hierdie Nuwe post-moderne wêreld sal bring. Wat behels hierdie nuwe prentjie? In die eerste plek gaan hierdie veranderde gemoedstoestand (“metanoia” beteken om anders te begin dink) nie om ‘n eksklusiewe nie maar ‘n inklusiewe wêreldbeeld — daar is nie so iets soos in of uit, gered of nie-gered, heilig of onheilig, ons teenoor hulle in hierdie utopiese paradys nie. Stephan Joubert se bekering van ‘n godsdienstige bekering na ‘n “Mart-en-oia” bekering het waarskynlik plaasgevind toe Hy besef dat redding nie ‘n daadwerklike ervaring is wat jy meemaak wanneer jy jou saak met God regmaak nie (Jesaja 1:18), en wanneer jy op jou knieë neerval en jou tot God bekeer nie. Nee! die “Mart-en-oia” is ‘n proses (pelgrimstog) wat jy betree wanneer jy besluit om saam met Jesus te loop. Hoe ver moet jy loop? “So lank as wat dit nodig is. ‘As long as it takes.’” sê Stephan Joubert. Die vraag is, om wat te bereik? – metanoia (bekering)? Hoe lank en hoe ver moet jy saam met Jesus loop alvorens jy die sekerheid het dat jy hemel toe gaan as jy sterwe?

Om die “Mart-en-oia” te laat klop verkondig Stephan ‘n paar baie eienaardige dinge rondom die twee Emmausgangers – Kleopas en Maria. Hy plaas hulle in sy eie gehate godsdienshoekie en verwys na hulle as mense wat hulle rug op God gekeer het. Syns insiens het die gebeure op Opstandingsondag  soos volg verloop.

”Dis die dag toe die engele weer die ritssluiter van die hemel oopmaak soos in Lukas 2” en vir die Here sê “Ons het ‘n partytjie vir U gereël.” U het gewen; ‘n feesmaal wag op U. Kom huistoe.” Maar Jesus wys hulle uitnodiging van die hand omdat Hy twee mense sien loop het op pad na Emmaus. Hulle het hulle rug op God gekeer en Jesus kan dit nie vat as mense hulle rug op Hom keer nie. Nee, Mnr. die Professor Joubert, Jesus Christus tree nie so banaal op nie wanneer die mense hulle die rug  op Hom keer. Luister ‘n slag weer hierna:

En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort—gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My. Maar hy het treurig geword oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad. [Markus 10:21-22]

En dan verloop die gebeure soos volg:

dove-02


Stephan Joubert: “Hy kan dit nie uitstaan dat mense wegstap nie en Hy doen nie die godsdienstige ding om vining ‘n weerligstraaltjie te kry om hulle te gooi nie. Hy doen nie ‘n ding om vir hulle te sê, weet julle as julle vanaand doodgaan, gaan julle hel toe nie, nê? HY doen nie die godsdienstige ding wat baie kerkmense doen nie; hy sê nie, nee hulle het hulle kans gehad, laat hulle loop, “keep on walking.” Nee, nee, niks daarvan nie. Hy sê vir die engele, Hou julle fees. Ek gaan ‘n bietjie stap.”

Benewens die feit dat ons nêrens in die Skrif lees dat die engele die hemel soos ‘n ritssluiter oopgemaak het en Jesus genooi het om dadelik huistoe te kom omdat hulle ‘n groot feesmaal vir Hom gereël het, is daar ook geen sprake van Kleopas en Maria wat hulle rug op God gekeer het nie. Maar nouja, dis alles deel van sy confidante, Ron Martoia, se briljante nie-gosdienstige raad om nie op die informasie voor hande te fokus nie, maar op visualisering en spiritualiteit. Mense wil tog so graag storietjies hoor wat hoegenaamd nie in die Bybel voorkom nie omdat hulle so graag in die gehoor gestreel wil wees.

Wat bedoel Stephan Joubert wanneer hy sê die engele het weer (nogal “weer”) die ritssluier van die hemel oopgemaak? Het hulle die ritssluiter van die hemel oopgemaak sodat Jesus huistoe kon kom om die feesmaal wat hulle kwansuis vir Hom gereël, te geniet? Dit is of was nog nooit nodig gewees om die hemel soos ‘n ritssluiter vir Jesus of sy engele oop te maak sodat hulle heen en weer die aarde en die hemel kon besooek nie. Daar is talle plekke in die Ou Testament waar Jesus Christus voor sy vleeswording saam met sy engele mense op aarde besoek het en weer terug is hemel toe. Daar is en was dus net een groep wesens vir wie die hemel vanweë die sondeval gesluit was — die mensdom, en om te suggereer dat engele die hemel soos ‘n ritssluiter oopgemaak het, is godslasterlik. Die hemel is eers weer vir die mensdom oopgeskeur toe Jesus aan die kruis uitgeroep het: “Dit is volbring!” en toe die swaar voorhangsel as bewys daarvan van bo na onder geskeur is (Mattheus 27:51).

Stephan Joubert suggereer dat die rede waarom Jesus saam met Kleopas en Maria in die snikhete son gestap het, was om hulle te verlos van hulle godsdienstigheid en om dit te kon doen het Hy nie die godsdienstige weg gevolg om hulle met ‘n weerligstraaltjie te gooi en vanuit die hoogte vir hulle te sê hulle gaan reguit hel toe nie (soos die verfoeilike godsdienstiges so graag  doen nie). Nee, Hy stap saam met hulle. Suggereer Joubert dat Kleopas en Maria, die oom en tannie van Jesus soos hy hulle identifiseer, ongered was en hulle rug op God gekeer het? Indien Stephan Joubert hulle twyfel oor die opstanding van Jesus uit die graf en hulle verfoeilike godsdienstigheid as die teken van hulle ongeredheid interpreteer, dan was die elf dissipels ook ongered omdat hulle almal getwyfel het oor sy opstanding. Hulle het juis getwyfel omdat hulle die Ou Testamentiese profesieë oor Hom in Moses se pentateug (insluitende Levitikus en Numeri) en die profete nie geken het nie en daarom het Hy dit vir hulle stap vir stap uitgelê. Skynbaar het hulle “ongeredheid” en verfoeilike godsdienstigheid hulle astrant gemaak omdat, soos Joubert dit stel:

dove-02


Stephan Joubert: “So dis Jesus se oom en tannie en hulle is kwaad vir Jesus. Kleopas begin stap; hy pak sy tas en hy waai. Hy’s ontnugter want die lewe is hard. Nie eers as jy godsdienstig is, is jou veiligheid gewaarborg nie want hy was godsdienstig. Hy was saam met Jesus in sy groep en nou tref die swaarkry van die lewe hom en godsdienstiges kan nie swaarkry “handle” nie. Hulle kan glo as dit veilig is en as almal heilig is en as die sondaars doer is en net nie by ons is nie en as God ons seën en as dit strome van seën op ons reën, maar as moeilikheid kom, as hulle hul werk verloor en die misdadigers begin wen en hulle bid en die hemele bly toe en dit reën nie en die misdadigers hardloop in die strate, dan sê hulle vir die Here: Waar is U? Dan sê Jesus, hou my dop, ek loop saam met julle.”

Hier vertoon Stephan weer eens sy fantastiese vermoë om te visualiseer of te fantaseer. Jesus vra vir Kleopas en Maria: “ . . . waarom is julle bedroef? maar nee, Stephan Joubert sê Kleopas en sy vrou was kwaad vir Jesus. Hoe kon hulle vir Jesus kwaad wees as hulle nog nie eens op daardie tydstip geweet het die Persoon met wie hulle gepraat het, Jesus was nie? Ja! miskien was hulle ontnugter maar kwaad . . . beslis nie. Jesus wat die harte van buite na binne en van binne na buite ken en tot in elke mens te diepste wese kan sien, het gevra “ . . . waarom is julle bedroef?” en nie “ . . . waarom is julle so kwaad?” nie.  Die woord skuthropos { skoo-thro-pos’} beteken om droefgeestig en kop onderstebo te wees.

Hulle vraag aan Hom: “Is U alleen ‘n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie? dui hoegenaamd nie op woede nie maar verbaasde dronkgeslanenheid. Die hele Jerusalem en selfs die vreemdelinge wat van elders besoek afgelê het, het geweet Jesus is gekruisig, maar hierdie “vreemdeling” het skynbaar niks daarvan geweet nie en dit het hulle totaal dronkgeslaan. Maar nouja, Stephan Joubert moet die toneel op so ‘n negatiewe wyse skilder want hoe anders kan hy die godsdienstiges bykom. Hy moet hulle in ‘n slegte lig plaas want hulle kan swaarkry kwansuis nie “handle” nie. Net hy en sy vriende in die Ontluikende Kerk kan swaarkry “handle” want hulle is die enigstes wat saam met Jesus stap omdat hulle hul van hulle godsdienstige bekerings bekeer het.  Ek noem dit nie ‘n bekering van ‘n godsdienstige bekering nie maar plein afvalligheid.

Hoe sê die Amerikansers? “You aint heard nuttin yet.” Hoor wat sê Stephan Joubert voorts.

dove-02


Stepan Joubert: En Kleopas is so blind soos baie godsdienstiges want godsdienstiges ken net een roete, kerk toe en terug, kerk toe en terug, maar in die wêreld? –  jy verwag nie die Here daar nie en as jou lewe aan stukke lê? –  jy verwag nie die Here dáár nie. En dis die Jesus met wie ek wil saamloop; dié Jesus wat meer dáár is as hier. Ja Hy’s hier ook,. ekskuus, moet my nooit verkeerd hoor nie. Hy is vanaand hier maar weet jy, jy gaan Jesus meer dáár sien, is meer hulle Jesus as my Jesus. Dis meer die nie-gelowiges, die twyfelaars, die ouens wat nog ‘n keer ‘n slagoffer was van misdaad, dis die ouens wat nog ‘n keer hulle werk verloor het; dis die ou wat nog ‘n keer agtergekom het ek speel net tweede viool. Dis dáár waar Jesus is. Jy moet net mooi kyk.”

Dit is duidelik dat Stephan Joubert juis nie mooi kyk nie. Dié Jesus van wie Joubert hier praat is nie dié Jesus van die Bybel nie. Dis ‘n ander Jesus. Jesus Christus, soos ons Hom in die Woord van God leer ken, is alomteenwoordig. Hy is gelyktydig en ewe veel op alle plekke en nie meer op sekere plekke as hier waar die godsdienstiges hulle kerk hou nie. Wat wil Joubert eintlik sê? Daarmee sê hy dat God sy woning ook by ongelowiges maak omdat daar syns insiens nie so-iets is soos heilig en onheilig, gered en ongered, ons en hulle nie. Ja, Hy is alomteenwoordig maar HY woon beslis nie in alle mense nie. Daarom sê die Skrif: “ . . . as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie” (Romeine 8:9). Maar kom ons kyk vlugtig na wat een van Stephan Joubert se gunsteling boeke, Spreuke, met groot wysheidd oor die ongelowiges sê.

Spr 10:3  Die HERE laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg.

Spr 10:11 Die mond van die regverdige is ‘n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.

Spr 10:16 Wat die regverdige verwerf, is vir die lewe; die inkomste van die goddelose is tot sonde.

Spr 10:25  Wanneer ‘n stormwind verbygaan, is die goddelose nie meer nie; maar die regverdige is vir ewig gegrondves.

Spr 10:28  Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan.

Spr 10:32  Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is, maar die mond van die goddelose is pure valsheid.

Spr 11:10 Oor die voorspoed van die regverdiges jubel ‘n stad, en as die goddelose omkom, is daar gejubel.

Spr 12:7 Die goddelose mense word omgekeer, en hulle is daar nie meer nie; maar die huis van die regverdiges bly staan.

Spr 13:9 Die lig van die regverdige brand vrolik, maar die lamp van die goddelose gaan dood.

Spr 13:25 Die regverdige eet totdat hy versadig is; maar die maag van die goddelose ly gebrek.

Spr 15:6 In die huis van die regverdige is ‘n groot skat, maar in die inkomste van die goddelose is verwarring.

Spr 15:29 Die HERE is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy.  (Nee, nee, nee, nee, dis darem nie waar nie, sou Stephan Joubert waarskynlik sê: Hy is dan juis meer by die nie-gelowiges en die twyfelaars as by die arme godsdienstige drommels wat die kerkbanke vol sit elke Sondagoggend). 

En dit, vrinne, is Stephan Joubert se gunsteling boek, die sg “wisdom story” wat presies die teenoorgestelde sê as wat hy hierbo vir ons probeer wysmaak het. En dan wil Stephan Joubert ons vertel dat die Here Jesus Christus meer by die nie-gelowiges is as by die gelowiges. Sy eie geliefkoosde boek, Spreuke (wysheidspreuke), verklaar presies die teenoorgestelde. Wie moet ons glo – Die Here wat nie kan lieg nie of Stephan Joubert wie se hart bedrieglik is bo alle dinge (Jeremia 17:9)? Stephan se wysheid is beslis ‘n wysheid wat nie van bo is nie. “

Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels; [Jakobus 3:15]


[1] Alice Bailey, The Externalization of the Hierarchy, 1957, Lucis Publishing.) Lucis Trust het aanvanklik bekend gestaan as Lucifer (Satan) Trust. Lees gerus http://en.wikipedia.org/wiki/Lucis_Trust.

Posted in Missionêre Kerk, Ontluikende kerk | Tagged: , , , , , , , , | Comments Off

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.