Waak en Bid / Watch and Pray

omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie / for ye know not when the time is (Mark 13:33)

Archive for May 14th, 2010

Wolwe in Skaapsklere – deur Japie Grobler

Posted by Tom Lessing on May 14, 2010

wolf-in-sheeps-clothing Sowat 2000 jaar gelede het ons Here aan die dissipels van Sy tyd gesê dat Hy hulle uitstuur soos skape tussen wolwe. (Matt 10:16) En dit is vandag nog steeds die geval. Daar is egter ’n ander kant tot hierdie begrip wat vir gelowiges die uiterste gevaar en misleiding inhou. Dit kom in die vorm van ernstige waarskuwings by monde van verskeie sprekers in die Nuwe Testament.

Die Here Jesus waarsku in Matteus 7:15, “Pas op vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe.” Dieselfde waarskuwing kom van Paulus in Handelinge 20:29, “Ek weet dat daar ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal indring, en hulle sal die kudde nie ontsien nie.” Petrus sê dat, “…daar ook onder julle vals leraars kom. Hulle sal verderflike dwaalleer insmokkel en die Here wat hulle vrygekoop het, verloën.” (2 Pet 2:1) Timoteus waarsku in 2 Tim 4:3 & 4, dat die mense wat nie deur die misleiding sien of na waarskuwings wil luister nie agter hierdie leraars sal aanhardloop omdat hulle dinge sal sê wat lekker op die oor val “…daar sal ’n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend.” Die Ou Vertaling stel dit so, “…omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees.” Die Bible in Basic English is so duidelik, “…shutting their ears to what is true, [they] will be turned away to belief in foolish stories.” Die feit dat hierdie vals leraars “…uit julle eie geledere…na vore [sal] kom…[en] met leuens die gelowiges agter hulle aan sal probeer verlei” (Hand 20:30) maak dit juis meer gevaarlik en kommerwekkend. Hierdie misleiding sal soveel meer oortuigend wees omdat magsvertoon, vals tekens en wonders deel van hierdie misleiding sal uitmaak. Ons sien egter dat omdat die mense agter hierdie goed en vals leraars WIL aanhardloop God die oordeel oor hulle gaan bring deur hulle aan die dwaling oor te gee en dat hulle die leuens van die vals leraars SAL glo! Dit wil dus voorkom asof hulle blind en doof sal bly vir waarskuwings en die waarheid.

“Deur die werking van die Satan sal die verskyning van die wettelose gepaard gaan met groot magsvertoon en allerhande vals tekens en wonders en met gruwelike misleiding van dié wat verlore gaan, omdat hulle nie die waarheid liefgehad en tot hulle redding aanvaar het nie. Dit is ook waarom God hulle aan die mag van die dwaling oorgee, sodat hulle die leuen sal glo.” (2 Tess 2:9‑11)

Die gevolg is duidelik in vers 12, “…so sal almal wat nie die waarheid geglo het nie, maar die ongeregtigheid verkies het, veroordeel word.”

Dit is belangrik om raak te kyk en op te let dat die misleiding uit die Kerk (“uit julle eie geledere”) kom. Hierdie vals leraars verskyn daagliks op televisie deur die CBN/TBN-kanaal in hulle snyerspakke met veel bravade en gladde tonge wat mens amper oorweldig laat. Ons sien selfs hoedat hulle voor groot gehore allerhande “wonders en tekens” verrig en so “geloofwaardigheid” aan hulle optredes verleen. Daar word onomwonde deur hulle verklaar dat die Heilige Gees aan die werk is in hulle vermaaklikheidsoptredes, want dit is allesbehalwe eredienste. Selfs hulle is mislei. En so word ook 2 Kor 11:3‑4 waar:

“Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang. Ek sê dit omdat julle so maklik daarmee genoeë neem as iemand ’n ander Jesus kom verkondig as wat ons verkondig het, en julle neem net so maklik ’n ander gees en ’n ander evangelie aan as dié wat julle van ons ontvang het.”

Hulle gees is NIE die Heilige Gees nie. Hulle verkondig ’n ander evangelie en boonop nog ’n ander Jesus ook. Omdat die misleiding wat so vermaaklik is so lekker is om agter aan te loop het ons hier waarlik met die breë weg te doen, “Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie.” (Matt 7:13)

Soos wat die profete van die Ou Testament en die apostels van die Nuwe, vals profete en dwaalleraars by name genoem het is dit ook vandag nodig om dit doen. Dit sal egter niks help om net name te lys nie, maar daar sal ook geluister moet word na wat hulle sê sodat hulle eie woorde oor hulle sal oordeel. Oordeel? Hierdie vals leraars en hul aanhangers en baie Christene reageer gou op kritiek teen dié leraars met die woorde, “jy mag nie oordeel nie”. Daarom is dit nodig dat kortliks hierby stilgestaan word. Hierdie is ’n verkeerde toepassing van die gedeelte in die Skrif wat oor die veroordeling van mense gaan en nie oor die BEoordeling van hul woorde nie. In soverre dit oordeel (veroordeel) aangaan, net God het die reg om iemand hel toe te stuur of in Sy hemel toe te laat. Dit is nie waaroor dit gaan wanneer iemand se woorde aan die Skrif gemeet word nie! Inteendeel, die Christen word verantwoordelik gemaak om juis dit te doen. Kyk maar na Handelinge 17. Paulus kom met die Evangelie na die mense van Tessalonika en gaan vandaar na Berea toe. Hierdie mense van Berea aanvaar nie net sommer summier wat Paulus sê nie, maar het “…elke dag die Skrif ondersoek om te sien of dit is soos Paulus sê.” (v.11) Die New International vertaling stel dit so: “Now the Bereans were of more noble character than the Thessalonians, for they received the message with great eagerness and examined the Scriptures every day to see if what Paul said was true.” Die Ou Vertaling sê die mense van Berea was meer edelmoedig as die van Tessalonika—juis omdat hulle die Skrif ondersoek en dit wat Paulus gesê het daaraan gemeet het. Dalk is edelmoedig ’n meer akkurate beskrywing van die oorspronklike eugenes. Dit beteken in die Grieks eerbare persoon, eerbaar (nobleman, more noble, noble, noble minded). Johannes skryf ook in sy eerste sendbrief, “Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is.” (1 Joh 4:1) Paulus stel dit so in 1 Kor 14:29, “Wat die profete betref, twee of drie kan aan die woord kom, en die ander moet beoordeel wat hulle sê.”

Die mens is G[g]od

Laat ons dan na ’n paar van hierdie bekende TV evangeliste luister en hoor hoedat hulle verkondig dat die mens eintlik G(g)od is: John Avanzini:

“…the eternal purpose of God has been through the ages…that He is duplicating Himself in the earth.” Morris Cerullo: “…from the beginning of time the whole purpose of God was to reproduce Himself…when we stand up here, brother, you’re not looking at Morris Cerullo; you’re looking at God. You’re looking at Jesus.”

Charles Capps:

“God duplicated Himself in kind!…Adam was an exact duplication of God’s kind!”

Kenneth Copeland:

“God’s reason for creating Adam was His desire to reproduce Himself…He was not a little like God. He was not almost like God. He was not subordinate to God even.”

Hierdie is natuurlik die leer van die “vader” van Rhema, Kenneth Hagin:

“Man…was created on terms of equality with God, and he could stand in God’s presence without any consciousness of inferiority…God has made us as much like Himself as possible…He made us the same class of being that He is Himself…Man lived in the realm of God. He lived on terms equal with God…[T]he believer is called Christ…That’s who we are; we’re Christ!” Hierdie helse leer kom natuurlik uit die tuin van Eden: “Toe sê die slang vir die vrou: ‘Julle sal beslis nie sterf nie, maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken." Dalk is die Engels duideliker: “For God doth know that in the day ye eat thereof, then your eyes shall be opened, and ye shall be as gods, knowing good and evil.”

Die idee dat die mens ’n god is of kan word is natuurlik inherent deel van die Oosterse godsdienste. New Agers leer nie net dat die mens god is, of dat god in alles is nie, maar ook dat die mens die Christus kan wees. Vir hulle is Christus net ’n beginsel. En Kenneth Hagin verkondig dit alles! Al die leraars uit die “Word of Faith”-kamp leer presies hierdie of ander growwe dwaling. Dit is net hierdie paar wat aangehaal is nie, maar dit sluit ook ander bekendes en minder bekendes, nie almal is “Word of Faith” nie, in soos John Arnott, Mike Bickle, William Branham, Paul Cain, Stacey Campbell, Paul (David) Yongghi Cho, Randy Clark, Gerald Coates, Paul en Jan Crouch (TBN), Jack Deere, Creflo Dollar, Jesse Duplantis, Marilyn Hickey, Benny Hinn, Rodney Howard-Browne, Bob Jones, Ray McCauly, George C Otis, Frederick KC Price, Rick Joyner, Oral Roberts, Agnes Sanford, Jerry Savelle, Robert Schuller, Robert Tilton, Peter Wagner, John Wimber.

Jesus in die hel

Nog ’n belangrike dwaling van hulle is dat Jesus hel toe moes gaan. Daar was Hy deur die Satan oorwin en het Hy geestelik gesterf sodat Hy wedergebore kon word. Nêrens in die Skrif is een enkele woord hieroor te vinde nie. Dit is niks anders as satans-geïnspireerde verdraaiing van die Skrif,” met EW Kenyon as “vader.” Benny Hinn vat hierdie dwaling wat ook deur ander soos Copeland, Hagin, Price en vele ander verkondig word, mooi saam:

“Before He died, I should say, on that cross, something happened to Him which began the wheels of the New Creation moving that was this: He died spiritually!… Jesus Christ understood that spiritual death is union with the satanic nature. … What is spiritual death? Separation from God. He who is the nature of God became the nature of Satan when He became sin. First, He died spiritually, and then He died physically, and He was carried for three days and three nights into the underworld as a prisoner. Jesus Christ knew the only way He would stop Satan is by becoming one in nature with him. … He [Jesus] did not take my sin, He became my sin. Jesus Christ had to die spiritually to understand what it means to be dead spiritually. He could not have been a perfect Savior had He not experienced all you’ll ever experience. When Jesus went down to the underworld. … He did not face Satan in hell as God! For had He faced him as God the devil would have said, ‘not fair, not fair.’ … If Jesus went to the underworld as the Son of God, He did not need the Holy Ghost then to raise Him from the dead; He would have raised Himself!” (G. Richard Fisher & M. Kurt Goedelman, The Confusing World of Benny Hinn, Personal Freedom Outreach, 1997:7‑8)

Let op dat Jesus ook betrokke was by Sy opstanding—een van die bewyse in die Skrif dat Hy God is:

“…die Jode het Hom aangespreek en vir Hom gesê: ‘Met watter wonderteken kan u vir ons bewys dat u hierdie dinge mag doen?’ Jesus het hulle geantwoord: ‘Breek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek hom oprig.’ Die Jode sê toe: ‘Ses en veertig jaar lank is daar aan hierdie tempel gebou, en u sal hom in drie dae oprig?’ Met ‘hierdie tempel’ het Hy egter sy liggaam bedoel. Later, nadat Hy uit die dood opgewek is, het sy dissipels daaraan gedink dat Hy dit gesê het, en hulle het die Skrif en die woorde van Jesus geglo.” (Joh 2:18‑22)

Natuurlik is daar ander dele in die Skrif wat sy opstanding aan die Vader en die Heilige Gees toeskryf—weer bewyse vir die bestaan van die Drie-eenheid.

Jesus wedergebore

Nadat drie dae verloop het, het die tyd aangebreek vir Jesus om wedergebore te word—aldus Hinn:

“He [Jesus] is in the underworld now, God isn’t there. The Holy Ghost isn’t there, and the Bible says He was ‘begotten.’ You know what the word ‘begotten’ means? Means ‘reborn.’ … Do you want another shocker? Have you been begotten? So was He. Don’t let anyone deceive you. Jesus was reborn. … Did the Father leave Him?… That’s death! … Did the Holy Ghost come back on resurrection morning? That’s rebirth! He was reborn! He had to be reborn! … If he was not reborn, I could not be reborn!… Everything I’ve gone through He went through first. So don’t question this teaching. Only the immature question it.”

Hy stel dit so duidelik: Hy is reg en die Bybel is verkeerd! En dit terwyl hy minute voor hierdie lering aan die gemeente gesê het,

“…if I say something; the Bible say something else, you believe the Bible.”

Hoe rym dit met sy woorde dat hy nie bevraagteken (“don’t question this teaching”) moet word nie, en meer nog met dit wat Paulus en Johannes geskryf het soos ons vroeër gesien het? Charles Capps sluit hierby aan:

“Jesus was born again in the pit of hell. He was the firstborn, the firstbegotten, from the dead. He started the Church of the firstborn in the gates of hell…He went down to the gates and started His Church there…The Church started when Jesus was born again in the gates of hell.”

Hierdie idees en sienings van hulle is natuurlik glad nie in die Skrif te vinde nie!

Dit bring ons by ’n ander verdraaiing van die Skrif. Hulle is baie lief om die woorde "Moenie aan my gesalfdes raak nie, moenie my profete kwaad aandoen nie!" (1 Kron 16:22 en Ps 105:15) op hulleself van toepassing te maak. Deur dit te doen maak hulle asof hulle onaantasbaar is en dat die straf van die Here op die mense sal afkom wat kritiek uitspreek teen die dwaalleer (baie kere sommer plein nonsens) wat hulle verkondig en gesag daaraan probeer verleen deur aan te kondig dat dit onder leiding van die Heilige Gees of “the anointing” is. “Anointing” maak dalk nog sin want as mens met erns luister en kyk waarmee hulle besig is dan kan hierdie “anointing” slegs die van die duiwel wees.

Kritici is duiwels

Terwyl hierdie manne onaan-tasbaarheid vir hulle self toe-eien en geen kritiek duld nie is hulle baie ernstig deur openlik die wat hulle kritiseer aan te val en selfs te veroordeel. Luister hoedat John Kilpatrick vir Hank Hanegraaff van die Christian Reaserch Institute in die VSA en alle ander Christene wat kritiek teen hulle leer uitspreek as duiwels tipeer en veroordeel:

“Mr Hanegraaff and all other devils, listen up. I’m making a proclamation. I’m speaking this not just to you friends or to impress you, I’m saying this as a man of God from behind this holy desk in the holy environement in the outpouring of the Holy Spirit, and I’m not saying this to you, but I’m saying this for the ears of God; this revival shall not deminish and this revival shall turn into a national awakening…and I’ll tell you something else, Hank Hanegraaff you may feel like you can put on the badge of heaven …I don’t know who told you to be the high sheriff of heaven and go around straightening everybody out…I want to tell you one more thing; you may criticize other people and other moves of God and other ministries, but you’d better leave your hands off this one…Mr Hanegraaff, I want to say something else to you; if you want to keep any kind of semblance of ministry you’d better back-off from this revival and what God is doing. I am going to prophesy to you that if you don’t and you continue to put your tongue and your mouth on this move of God, within 90 days the Holy Ghost will bring you down—I said within 90 days the Holy Ghost will bring you down.”

Hierdie profesie was op 6 April 1997 gemaak. Dit het nie uitgekom nie, dus is Kilpatrick ’n vals profeet. Lees maar gerus Deut 13:1‑4; 18:20‑22; Jer 23:16‑40.

Benny Hinn aan die woord:

“You wonderful people of God quit attacking men of God by name. Somebody’s attacking me because of something I’m teaching. Let me tell you something brother, you watch it!…There is a group here in California that thinks they are the judgment seat of Christ!…You walk around with your stiff lip and collar on your neck—dear God in heaven I wish I could just—ooh! They call it a ‘ministry,’ my foot! You know I’ve looked for one verse in the Bible,…that says ‘If you don’t like ‘em, kill ‘em.’ I really wish I could find it!…Sometimes I wish God would give me a Holy Ghost Machine Gun—I would blow your head off.” (Fisher & Goedelman:4)

Paul Crouch oor mense wat kritiek oor die programme op sy TBN uitgespreek het:

“I think they’re damned and on their way to hell; and I don’t think there’s any redemption for them.”

Of in reaksie op Hank Hanegraaf se besoek aan hom juis oor hulle kompromieë oor die belangrike Christelike leerstellings, terwyl hy in die televisiekamera se lens inkyk:

“If you want to criticize Ken Copeland for his preaching on faith, or Dad Hagin, get out of my life! I don’t even want to talk to you or hear you. I don’t want to see your ugly face. Get out of my face, in Jesus’s name.”

God ondergeskik aan Satan

’n Verdere verrassing kom uit die mond van Kenneth Copeland:

“I was shocked when I found out who the biggest failure in the Bible actually is…The biggest one in the whole Bible is God…Now, the reason you don’t think of God as a failure is He never said He’s a failure. And you’re not a failure till you say you’re one.”

Dit lei natuurlik daartoe dat God nie meer seggenskap of gesag op aarde het nie. Weereens Copeland:

“Adam committed high treason; and at that point, all dominion and authority God had given to him was handed over to Satan. Suddenly God was on the outside looking in…After Adam’s fall, God found Himself in a peculiar position…God needed an avenue back into earth…God laid out His proposition to Abram who accepted it. It gave God access to the earth and gave man access to God…Technically, if God ever broke the Covenant, He would have to destroy Himself…”

Die gevolg? Copeland laat geen twyfel:

“God’s on the outside looking in. He doesn’t have any legal entrée into the earth. The thing don’t belong to Him…if God’s been running things He’s doing a lousy job of it. He hadn’t been running ’em, except when He’s just got, you know, a little bit of a chance.”

Asof dit nie genoeg is nie gaan Copeland voort om God nog verder te verlaag:

“The Bible says that God gave this earth to the sons of men…It left Him on the outside looking in…He had no legal right to do anything about it…He had injected Himself illegally into the earth—what Satan had intended for Him to do was to fall for it—pull off an illegal act and turn the light off in God, and subordinate God to himself…He intended to get God into such a trap that He couldn’t get out.”

Hoedat sulke dwaalleer deur die Kerk van Christus verduur kan word en sulke dwaalleraars as mede Christene (broers) gesien kan word gaan ’n mens se verstand te bowe!

Wortel van Dominionisme

Hierdie dwaalleer lê aan die wortel van Dominionisme—dat die mens alle gesag op aarde het. Dit lei tot die idee van die Nuwe Apostels en Profete-beweging met Paul Cain, George C. Otis en Peter C Wagner as sleutelfigure. Hulle sal weer die Kerk verenig en alle gelowiges as een groot eenheid saamsnoer. Daarom kry ons die Jesus Marse, gebedskettings, 10/40 venster, Transformasies (Otis & Wagner), geestelike oorlogvoering, hek/poortwagters, intersessors—sekere mense wat toegang het tot die Troon en God se oor, NUPSA, Promise Keepers en wat nog meer. Hierdie mense maak erns daarvan dat die gelowiges die aarde moet voorberei alvorens die wederkoms kan plaasvind. As ons na die Bybel kyk dan sien ons dat die dag en uur voor die grondleggeing van die aarde reeds bepaal is, en dat niks wat die mens op aarde doen of nie doen nie dit gaan verander. Die Here Jesus het self gevra, “sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op die aarde vind?” (Lukas 18:8)

Die idee dat die mens in beheer is behoort as arrogansie bestempel te word. Dit word duidelik in Frederick KC Price se woorde weerspieël:

“God has to be given permission to work in this earthly realm on behalf of man…Yes! You are in control! So, if man has control, who no longer has it? God.”

Ons hoor vandag uit die kampe van die poort/hekwagters, intersessors, Nuwe Apostels en Profete en geestelike oorlogvoerders hoedat daar huise, geboue, strate, gebiede, dorpe en stede en selfs lande vir God opgeëis word. Wat het geword van, “Die hemel, selfs die hoogste hemel, behoort aan die Here jou God, ook die aarde en alles daarop.” (Deut 10:14) “Kom tog, o God! Lewer uitspraak oor die wêreld, want al die nasies behoort aan U.” (Ps‑82:8) “…want al die diere in die bos is Myne, die wild op duisende berge. Ek ken al die voëls van die berge; al wat roer op die veld, is Myne. Ek sou jou nie vra as Ek honger sou kry nie, want die aarde en alles wat daarop is, behoort aan My.” (Ps 50:10‑12)???

Weereens waarsku die Bybel, “Sulke mense is vals apostels; hulle gaan oneerlik te werk deur voor te gee dat hulle apostels van Christus is. En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as ’n engel van die lig.” (2 Kor 11:13‑14) Van watter mense word hier gepraat? Dié waarna Paulus in vers 4 verwys. Hulle wat ’n ander Jesus, ’n ander evangelie en ’n ander gees verkondig.

Ons hoor ook dat die mens nie eers moet bid dat God se wil moet geskied nie:

“Never, ever, ever go to the Lord and say, ‘If it be thy will…’ Don’t allow such faith-destroying words to be spoken from your mouth.” (Benny Hinn)

Kruisdood bring nie versoening nie

Wanneer daar aan die leer oor die versoening getorring word is iemand op ’n snelweg, weg van die Christelike geloof na die van die kultes en selfs die okkulte.

Ook die versoening van Christus loop deur onder hierdie leraars. Frederick KC Price:

“Do you think that the punishment for our sin was to die on the cross? If that were the case the two thieves could have paid the price. No, the punishment was to go into hell itself and to serve time in hell separated from God…Satan and all the demons of hell thought that they had Him bound and they threw a net over Jesus and dragged Him down to the very pit of hell itself to serve our sentence.”

Hierdie lering kom lank voor Price eintlik van Hagin af. Copeland, Hinn en nog ander “Word of Faith”‑leraars het ook nie op hulle laat wag nie.

Kom ons luister na Copeland se weergawe:

“When Jesus cried, ‘It is finished!’ He was not speaking of the plan of redemption. There were still three days and nights to go through before He went to the throne…Jesus’ death on the cross was only the beginning of the complete work of redemption.”

Dit is duidelik uit hierdie dwaalleer dat hulle waarlik “…die Here wat hulle vrygekoop het, verloën.” (2 Pet 2:1) Daar is dus weerstand teen die waarheid by hulle en God plaas dit in dieselfde kamp as die sonde van toordery/heksery en afgodery. “Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsêery; eiesinnigheid net so erg as die bedrog van afgodery.” Of in die woorde van die American Standard vertaling: “For rebellion is as the sin of witchcraft, and stubbornness is as idolatry and teraphim.” (1 Sam 15:23)

Verdere misleiding

Die Christelike boekwinkels is vol van die boeke van hierdie dwaalleraars en dit word selfs deur kerke verkoop. Volgens baie Christene is hierdie boeke waardevol en goeie leesstof, maar langs hierdie weg versprei hierdie dwaalleraars hulle dwaalleer subtiel, ’n verdere aanslag op soekende en niksvermoedende Christene wat erns van hulle geloof maak, en so word hul gedagtes en harte verder besoedel sodat hulle van die waarheid af weggelei word. Luister na Paulus se waarskuwing aan die Galasiërs:

“Dit verbaas my dat julle so gou van God wat julle deur die genade van Christus geroep het, afvallig word en ’n ander evangelie aanneem. Daar is geen ander evangelie nie! Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai, en dit is hulle wat vir julle in verwarring bring. Maar al sou een van ons of selfs ’n engel uit die hemel aan julle ’n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat ons aan julle verkondig het—die vloek van God sal hom tref! Ons het dit voorheen al gesê en ek sê dit nou weer: As iemand aan julle ’n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat julle ontvang het—die vloek van God sal hom tref!” (1:6‑9)

In reaksie op besware teen hierdie skrywers se boeke word gesê dat hierdie boeke soos vis is—vol grate. Mens moet net die grate uithaal en die goeie vis daarin soek. Die vraag is, hoeveel mense besit waarlik hierdie onderskeidingsvermoë? Selfs die uitverkorenes kan mislei word. Daarom lê die verantwoordelikheid vierkantig in die hande van die aankopers van die boeke vir hierdie boekwinkels. Mens kry die indruk dit gaan om geld eerder as die waarheid, want hierdie boeke is in groot aanvraag!

Dan is daar ook die opmerking dat daar na die vrugte gekyk moet word. Die vrugte op hierdie manne se werk! Groot opkomste? Neerslaan in die gees? Skreeu en die uiter van nare geluide? Selfs pogings om te ontklee? No ways! Ware vrug is wanneer mense tot opregte bekering kom—die Here Jesus alles in hulle lewe word en hulle lewens dit openbaar:

“Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriende-likheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie. Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig. Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.” (Gal 5:22‑25)

Die vrugte wat op hulle werke volg is dronkenskap (dronk van die nuwe wyn), vals genesings, buite beheer neerslaan en skree soos mal mense en die maak van allerhande dieregeluide en meer…. Dit kan as niks anders as vrot vrugte bestempel word nie!

Geen wonder ons Here het gesê:

“…die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.” Is dit dalk hoekom hierdie manne se optredes mense by die duisende lok? Maak seker u is op die regte pad.

(Aanhalings hoofsaaklik uit Hank Hanegraaf se boek, Christianity in Crisis, Harvest House Publishers, 1993, Oudio bande van sy ander boek, Counterfeit Revival)

Posted in Word of Faith | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | Comments Off

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.