Please read the English version here.
verjaarsdag op 10 Julie 1509 vanjaar vier. Jy weet nie? Dan is dit miskien tyd om die spinnerakke van jou geskiedenisboeke so ‘n bietjie af te stof. Ek wil sommer wansuit waarsku dat dit ‘n Calvinistiese raaisel is en hulle is gewoonlik taaier as ‘n Suid-Afrikaanse Boere-toffie. Diegene wat nie weet wat die regte betekenis is van die woorde “wêreld,” “wie ook al,” en “almal” nie moet nie eens probeer om die raaisel op te los nie en eerder sommer dadelik bes gee. Nouja! Kom ons gee die raaisel op deur te begin met ‘n paar kragtige aanhalings uit die mond van sommige van die bekendste en toonaangewende Calviniste.
Daar is baie wat voorgee om die Godheid te beskerm teen ’n aanklag van partydigheid en die leerstelling van die uitverkiesing goedkeur, maar ontken dat daar enigiemand is wat [onherroeplik] verworpe is (Bernard. in Die Ascensionis, Serm. 2). Dit doen hulle uit onkunde en kinderagtigheid omdat daar geen uitverkiesing kan wees sonder sy teendeel, verworpenheid, nie. Daar word gesê dat God diegene wat Hy tot die saligheid aanneem, afsonder. Dit sou uitermatig absurd wees om te sê dat Hy andere toevallig [tot hierdie saligheid] toelaat of dat hulle dit deur hulle eie toedoen verkry wat slegs die uitverkiesing aan ’n paar toeken. Diegene wat God dus oorsien, verdoem Hy, en dit om geen ander rede nie as dat dit vir Hom ’n welgevalle was om hulle van die erfenis wat Hy vir sy kinders gepredestineer het, uit te sluit. (Johannes Calvyn: Institute van the Christelike Godsdiens, Boek 3, Hfsk 23, Sek. 2226) (Klem bygevoeg)
Die Skrif bewys duidelik . . . dat God deur sy ewige en onveranderlike raad eens en vir altyd besluit het wie Hy volgens sy behae een dag tot die saligheid sou toelaat, en wie Hy . . . aan die anderkant, volgens sy behae tot verdelging sou oordeel. (Johannes Calvyn: Institute van die Christelike Godsdiens, Boek 3, Hfst 7, Sek. 2210)
Want hy praat van die grootsheid van God wie se welbehae dit is om die dwase en oortreders straf op te lê terwyl hy geen behae het om sy Gees aan hulle te gee nie. Dit is ‘n afgryslike versotheid in mense om dit wat grensloos is ondergeskik te maak aan die klein omvang van hulle rede. Paulus noem die engele wat hulle integriteit behou het die uitverkorenes. As hulle onwrikbare standvastigeheid toegeskryf word aan die welbehae van God, dan bewys die rebellie van die ander dat Hy hulle verlaat het. Hieruit kan ons aflei dat daar geen ander beweegrede as verdoeming [verwerping] is nie, wat weggesteek is in die verborge raad van God. (Johannes Calvyn: Institute van die Christelike Godsdiens, Boek 3, Hfst 23, Sek. 2229)
Nou, aangesien die reëling van alle dinge in die hande van God is, omdat aan Hom die toewysing van lewe en dood behoort, reël Hy alle dinge volgens sy soewereine raad, op so ‘n wyse dat indiwidue gebore word wat van die moederskoot tot ‘n gewisse ewige dood verdoem is en Hom deur hulle verdoeming verheerlik. (Johannes Calvyn: Institute van die Christelike Godsdiens, Boek 3, Hfst. 23, Sek. 2231) (Klem bygevoeg)
God, volgens die welbehae van sy wil [en] sonder enige agting vir meriete, kies diegene wat Hy as seuns uitverkies het terwyl hy ander verwerp en verdoem . . . dit is vir Hom die regte ding om te doen om deur straf te wys dat Hy regverdig oordeel . . . Die Here bewys dus genade aan wie Hy ookal wil omdat Hy genadig is; Hy bewys dit nie aan almal nie omdat Hy ‘n regverdige regter is. (Johannes Calvyn: Institute van diie Chriistelike Godsdiens, Boek 3, Hfst. 23, Sek. 2234) (Klem deurgaans bygevoeg).
Ek is veral opgewonde, geboei, gefasineerd en betower deur Calvyn se geweldige Bybelkennis. Ek sou nooit die gedeelte in die Skrif kon vind wat sê dat “. . . dit vir Hom ’n welgevalle was om hulle van die erfenis wat Hy vir sy kinders gepredestineer het, uit te sluit” as ek nie deur Johannes Calvyn se briljante insigte en “Institute” verlig was nie. Ek is nie ‘n wafferse Bereaan nie maar ek probeer regtig om alles wat ek uit die mond van hoogaangeskrewe mense wat deur ander ewe hoogaangeskrewe geleerdes hoog geag word te toets en te evalueer. Ek het die skrifte ondersoek en op die volgende gedeeltes afgekom wat nie met Johannes Calvyn se siening oor God dat dit Hom behaag om die verworpeling uit te sluit . . . blah . . blah . . . blah rym nie. Kom ons kyk wat sê hierdie teksgedeeltes.
Esegiël 18: 32 Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here HERE. Bekeer julle dan en lewe. (Klem bygevoeg)
Esegiël 33:11 Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, (Klem bygevoeg)
Jesaja 30:15 Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie
Nou! Is daar enigiemand daar êrens wat vir my die leuenaar kan uitwys? Calvyn het gesê dat dit God se welbehae is om die verworpelinge (die onredbare goddeloses) hel toe te stuur terwyl Hy self sê dat HY geen behae het in die dood van die goddeloses nie; dat dit nie Hy is wat onwillig is om te red nie maar dat die mens self onwillig is om na HOm te kom vir redding. Klink dit miskien soos Calvyn en Luther se dwase leerstelling dat die mens nie ‘n vrye wil van sy eie het nie? Iemand is besig om te lieg en ek is baie seker dis nie God nie.
Numeri 23:19 God is geen man dat Hy sou lieg nie; . . .
Dink daaraan!. God vertel nooit ‘n leuen nie. Hy praat altyd die waarheid want Hy is God, die Weg, die Waarheid en die Lewe. Daar is geen verandering of skaduwee van omkering by Hom nie. (Jakobus 1:17). Uit en gedaan! Capiche? As God altyd die waarheid praat, vanwaar kom diie leuen dan? Waar het leuens hulle oorsprong? Kom ons doen die regte ding en wend ons tot God wat nooit ‘n leuen vertel nie om uit te vind waar leuens vandaan kom. God sê:
Johannes 8:44-45 Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan. Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie.
Sien julle die probleem? Sodra jy in gebreke bly om te glo dat Jesus altyd die waarheid praat, dan begin jy om in die leuenstrikke van die vader van alle leuens te val, die satan vanself. Sommige mag miskien vir my vra: “Hoe durf jy sinspeel dat Johannes Calvyn, een van die grootste hervormers in die geskiedenis van die kerk, ‘n leuenaar was?” Nee, nee, nee, nee, my vriend, wie jy ookal mag wees, ek suggereer nie dat Calvyn ‘n leuenaar was nie. Ek is besig om te bewys dat God wat geen leuenaar is nie geheel en al iets anders sê as wat Calvyn glo Hy gesê het. Ek is bloot net besig om God se woorde en dié van Calvyn naasmekaar te plaas en ‘n redelike keuse te maak. As God die waarheid praat, volg Hom dan na, maar as Calvyn die waarheid praat, volg hom na. Jy glo óf vir God wat sê Hy het geen behae in die dood van die goddelose nie óf jy glo Calvyn wat gesê het God het ‘n welbehae daarin om die verworpelinge van die erfenis wat Hy vir sy kinders gepredestineer het, uit te sluit. Wees egter gewaarsku dat indien jy sou kies om Calvyn se uitverkiessingsleer te glo, is jy eintlik besig om God tot ’n leuenaar te maak en ons het reeds gesien waar leuens vandaan kom. En moet aseblief nie vir my sê ek verstaan nie wat Calvyn in die bogenoemde aanhalings uit sy Institute gesê het nie. Maar nouja, selfs wanneer jy Calvyn woord vir woord aanhaal, sal ons Calvinistiese vriende jou nog steeds beskuldig van verdagmakery en wanvoorstellings. As Calvinisme die suiwerste uitdrukkiing van die Bybel is en as die Bybel nie ‘n obskure boek is nie, waarom moet Calvinisme dan so esoteries wees?
Hier’s nog ‘n paar aanhalings uit die uitverkore en geheiligde monde van ‘n paar uitverkorenes.
Christus se verlossingswerk het ten doel gehad om die uitverkorenes alleen te red en om redding vir hulle inderdaad vas te knoop. Sy dood was ‘n plaasvervangende ontbering van die straf vir die sonde in die plek van sekere gespesialiseerde sondaars . . . Die gawe van geloof word onfeilbaar deur die Gees geskenk aan almal vir wie Christus gesterf het om sodooende hulle redding te waarborg (David N Steele en Curtis C Thomas, The Five Points of Calvinism, Presbyterian and Reformed Publishing Co. 196, 17) (Klem bygevoeg)
Dit is niks anders as voortrekkery en partydigheid nie hoewel die Calviniste verkies om dit goddelike soewereiniteit te noem. Ons moet weer eens vasstel wie nou eintlik die leuenaar is. Kan dit moontlik die Here wees wat sê Hy toon hoegenaamd geen partydigheid teenoor wie ookal nie (Romeine 2:11) of is dit ons twee gedistingeerde uitverkore gunstelinge wat geen gewetenswroeging het om die Woord van God te verdraai en te vermink nie?
Die volgende verklaring deur nog ‘n gunsteling van God is ‘n egte juweeltjie.
As Jesus vir elke persoon gesterf het, maar elke persoon nie gered word nie, het sy dood inderwaarheid niemand gered nie . . . As Christus gesterf het vir mense wat in die hel sal wees, kan sy pogings eintlik nie ‘n “reddingswerk” genoem word nie [en] is daargeen werklike reddingskrag in sy bloed nie. Dan sal die krag skynbaar in die wil van die skepsel wees . . . Hierdie dinge lê aan die hart van die Christenboodskap want hulle rus by die voet van die kruis. (Michael Scott Horton, Putting Amazing Back into Grace, Thomas Nelson Publishers, 1991, p. 89) (Klem bygevoeg).
Van wanneer af word die effektiwwiteit en die waarde van Jesus Christus se bloed deur die redding van die hoeveelheid verlore sondaars bepaal, in hieride geval elke persoon? Die redenasie hier is dat as Christus vir alle mense gesterf het maar alle mense nie gered word nie, dan kan sy bloedoffer nie as ‘n reddingswerk beskou word nie. So ‘n scenario maak van sy bloedoffer ‘n waardelose en ‘n algeheel mislukte ding, volgens die Calviniste. Daarom, om dit effektief the maak MOET “alle mense” gered word, maar dit is nie “alle mense” in die sin van die hele wêreld nie. Dit is “alle mense” binne die “wêreld” van die uitverkorenes. Siedaar! Al die uitverkorenes wat gered is en sonder uitsondering gered sal word gee aan die bloed van Jesus sy effektiwiteit en waarde. En ek was nog altyd onder die indruk dat Christus se vlekkelose en absolute sondelose karakter en persoonllikheid as God-Mens die onmeetlike waarde van sy kosbare bloed bepaal het. Nou hoor ek uit die mond van die Calvinistiese suigelinge dat dit die uitverkore gunstelinge van God se sonde-besmette lewens is wat waarde en effektiwiteit van Sy bloed gee. Die sonde-besmette lewens van die verworpelinge (nie-uitverkorenes) het nou een maal net nie die vermoë om soos die sonde-besmette lewens van die uitverkorenes die waarde en effektiwiiteit van Christus se bloed te bepaal nie. Hoe anders dan as die verworplinge nie ‘n kat se kans het om die hel vry te spring nie.
Hier’s nog ‘n ander een van die uitverkorenes se skitterende en verligte idees.
Omdat God net sekeres lief gehad het en nie almal nie, omdat Hy soewereinlik en onveranderlik bepaal het dat hierdie spesiale persone gered SAL word , het Hy sy Seun gestuur om viir hulle te sterf, om HULLE te red en nie die hele wêreld nie (Edwin H Palmer, The Five Points of Calvinism, Baker Books, enlarged ed. 20th prtg, 1999, p. 50) (Klem bygevoeg).
En nou kom ons uiteindelik by die raaisel wat verband hou met Jesus se woorde in Lukas 19:10: “Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.” Hou asseblief in gedagte dat in die Calvinistiese wêreld daar twee groepe mense is – die “uitverkorenes” en die “verworpelinge” en nie “gelowiges” en “ongelowiges” soos die Bybel hulle onderskei nie. Soos ons gesien het in die bogenoemde aanhalings het Jesus net vir die uitverkorenes gesterwe omdat hulle alleen voor die grondlegging vaan die wêreld gepredestineer is om monergisties gered te word. Aan die anderkant is die verworpelinge deur God uitverkies, selfs nog voor die grondlegging van die wêreld, om in die vuurpoel gewerp te word omdat Christus nie vir hulle gesterf het nie en omdat dit God se welbehae is om hulle te verdoem. Hy het alleenlik vir die uitverkorenes gesterwe. As Jesus gekom het om dié wat “verlore” is te soek en te red en net die uitverkorenes gered word, is die voor-die-handliggende afleiding wat ons moet maak dat slegs die uitverkorenes verlore is/was. Bowendien, as die verworpelinge nie gered kan word nie omdat hulle voor die grondlegging van die wêreld uitverkies is tot die ewige verdoemenis, het Jesus nie gekom om hulle te soek en dien red nie en daarom kan ‘n mens aflei dat hulle nie verlore is nie. Laat my toe om dit soos volg op te som
1. Jesus het na ons wêreld gekom om die wat verlore is te soek en te red.
2. Alleenlik die uitverkorenes word gered.
3. Gevolglik is alleenlik die uitverkorenes verlore en nie diie sg. verworpenes nie.
4. As die verworpenes nie verlore is nie, eenvoudig omdat Jesus gekom het om die wat verlore is (net die uitverkorenes) te soek en te red, beteken dit volgens die eienaardige Calvinistiese denke dat elke indiwiduele verworpene hemel toe sal gaan omdat nie ‘n enkele een van hulle verlore is nie.
Die finale vraag wat beantwoord moet word, is:
Is die verworpelinge verlore? Indien jou antwoord ‘n ja is dan moet jy erken dat Jesus na die aarde gekom het om ook vir hulle te soek en te red. As dit waar is, dan het Jesus inderdaad ook vir hulle (die verworpelinge) aan die kruis gesterwe. As jou antwoord ‘n nee is, dan bevestig dit my verklaring dat alleenlik die uitverkorenes verlore is.
Van die Ontluikende Kerk se felste kritici kom uit die geledere van die Calvinisme, o.a. Bob de Waay, Paul Washer, John McArtur ensomeer. Die ironie is dat hulle dwaalleer aanspreek terwyl hulle self aan ‘n dwaalleer verknog bly. (Kyk maar gerus weer ‘n slag wat Calvyn in die aanhalings hierbo gesê het om te sien in hoeverre die Calviniste op ‘n dwaalspoor is m.b.t. die verlossingsleer). Ook hier in Suid-Afrika is daar heelwat leraars wat baie uitgesproke is oor die dwaalleringe in ons opledingseminare en kweekskole maar wat hulle terselfdertyd blind staar teen die dwaalleringe in eie geledere, t.w. die Calvinisme. Dis nogal opvallend dat baie van hulle ywerig en hard stry teen dinge soos die evolusieteorie, prostitusie, homoseksualisme, aborsie ensomeer maar sodra jy hulle verlossingsleer (uittverkiesingsleer) aan die
hand van die Skrif evalueer, is hulle onmiddellik op die agterpote en val jou persoonlik aan. Ekself het op ‘n dag in hulle visier gekom toe ek die Gereformeerde belydenisskrifte onder die loep geneem het. Twee bekende leraars, di. Jan Grey (wat tans in Australië woornagtig is) en Theo Danzfuss het in geen onsekere taal vir my laat verstaan dat my uitgesprokenheid oor die belydenisskrifte en my eskatologiese menings rondom die 1000-jarige vrederyk op aarde Charismatiese en selfs Kommunistiese ondertone weerspieël. Ook is daar aan my meegedeel dat enigeen wat weier om die Gereformeerde belydenisskrifte te onderskryf maar liefs hulle ry moet kry.
Skynbaar is die onderskrywing van die Drie Formuliere (Belydenisskrifte) die enigste tasbare bewys dat jy uitverkies en dus gered is. Hoe anders dan as jy nie weet hoe en wanneer jy jou deur die geloof tot God bekeer het en Hy jou uit genade gered het nie. Sodanige bekerings, waar jy jouself deur die geloof tot God bekeer SODAT Hy jou uit genade kan red, is ‘n onding in die Calvinisme omdat dit die Here kwansuis van sy soewereiniteit beroof. Dit maak kwansuis van jou ‘n medewerker van die reddingsdaad. Jou heelhartige onderskrywing van die Drie Formuliere of belydeniskrifte (en natuurlik ook jou volharding tot die einde toe) word dus die enigste manier waarop jy kan weet of jy uitverkies en gered is. Om te verduidelik wat ek bedoel, haal ek vir u aan wat Ds. Theo Danzfuss in sy verweer teen my sieninge rondom Calvinisme en die belydenisskrifte in ‘n e-pos geskryf het:
Nou wil ek aan Tom ‘n paar vrae vra, voordat ons verder sinvol kan gesels. As die vrae snaaks klink vra ek om verskoning, Ek bedoel dit opreg sodat ons kan weet van watter basis af ons met Tom gesels.
Ons weet nou al van ‘n klomp dinge wat hy nie glo nie, maar volgens die Bybel moet ons dit wat ons wel glo helder en duidelik bely (Rom 10:8-10), daarom die volgende vrae. Om net te antwoord ek glo die Bybel is nie voldoende antwoord nie. Ons weet almal dat mense die Bybel radikaal verskillend verstaan. Geloofsbelydenis beteken tog nie net om te sê dat jy glo nie, dit beteken mos ook- veral – om te sê wat jy glo.
4. Is ons verlossing God se werk, of is dit ons werk, of is dit 50/50 samewerking, of hoe sien hy dit?
1. Hy aanvaar nie die gereformeerde belydenisskrifte as sy vertolking van die Skrif nie. Dit sê hy duidelik. Watter belydenisskrifte aanvaar hy dan wel as die korrekte vertolking van die Bybel? Of het die Kerk deur die eeue nog nooit die Woord reg verstaan nie?
2. Hy is blykbaar nie ‘n lidmaat van enige gereformeerde kerk nie (as my afleiding verkeerd is, dan sal ek weer verskoning vra). Aan watter kerk (of kerklike denominasie) behoort hy dan wel?
3. Hy glo skynbaar nie in die (Calvinistiese) uitverkiesingsleer nie. Hoe verstaan hy dan self wel die honderde Skrifgedeeltes in die Bybel oor die uitverkiesing (bv Ef 1:4vv; Joh 15:16;Matt 22:14; Eseg 20:5 ens. ens.)?
Dit was en is nog steeds nie nodig om verskoning the vra vir die soort vrae wat gestel is nie. Trouens, dis maar dieselfde soort vrae wat Calviniste my nog altyd tydens my debatte met hulle oor die internet gevra het. Sodanige vrae dui onomwonde op die grondslag of fondament waarop hulle hul uitverkiesing (redding) begrond. ‘n Gesoute prediker wat deur die Here geroep is om die Evangelie te verkondig sal net een vraag vra en dit is: “Gee jy om om my te vertel hoedat jy vergifnis ontvang het vir jou sondes en tot wederbaring gekom het?” Maar nouja! skynbaar is sulke tipe vrae taboe in die geledere van ons Calvinistiese vriende omdat die mens as totaal verdorwe wese nie in staat is om uit eie oorweging te kan glo nie en dus eers monergisties (eensydig, aribtrêr en soewerein deur God) gewederbaar moet word (sonder geloof) voordat die gawe van geloof aan hom/haar gegee kan word. Dit kom daarop neer dat jy as uitverkorene eers monergisties gered moet word voordat jy werklik kan glo, en dit ten spyte van die talryke verse in die Bybel wat sê dat jy eers moet glo alvorens jy waarlik tot redding kan kom. Dis niks anders as om die wa voor die perde in te span nie.
Theo sê o.a. “Ons weet almal dat mense die Bybel radikaal verskillend verstaan. Geloofsbelydenis beteken tog nie net om te sê dat jy glo nie, dit beteken mos ook veral – om te sê wat jy glo.” So ‘n radikale uitspraak dat almal die Bybel verskillend verstaan weerspreek eintlik Romeine 10:8 tot 10 waarna hy verwys omdat Paulus juis aandui hoe eenvoudig en maklik dit vir die mens is om die Evangelie te verstaan en te vertolk. Kom ons kyk dan nou eers vers vir vers na hierdie gedeelte.
Vers 8:
Maar wat sê dit? — Paulus vra inderwaarheid “Hoe lui die leersteling van regverdigmaking deur die geloof,” of “hoe moet ons dit verstaan?” “Wat moet gedoen word t.o.v. hierdie leerstelling?”
Naby jou is die woord — Paulus verwys hier na Moses se taalgebruik in Deuterononium 30:14 en dit beteken dat hierdie leerstelling so naby is aan enige persoon dat enigeen dit kan verstaan en omarm. Die leerstelling van regverdigingmaking deur die geloof in die volbragte werk van Jesus Christus aan die kruis is so eenvoudig en so naby elke persoon (binne die bereik van elke persoon) dat dit eintlik onmoontlik is om twee of meer verskillende interpretasies daarvan te koetser. Maar nee, en dit is wat Calvinisme so uiters tragies-ironies maak; volgens hulle is die mens so intens en diep verdorwe dat hy/sy die Evangelie nie kan verstaan nie en eers monergisties gewederbaar moet word deur die Heilige Gees voordat hulle dit kan verstaan (die uitverkorenes natuurlik en nie die verwoorpelinge nie want hulle het nie ‘n kat se kans om ooit tot bekeriing te kom nie omdat hulle reeds voor die grondlegging van die wêreld uitverkies is tot die ewige verdoemenis). James White skryf:
Die Gereformeerde standpunt is dat die mens nie in staat is om die Evangelie te verstaan en te omhels nie, of in geloof en bekering tot Christus te reageer nie, [altans] nie voor God hom van sonde vrymaak en hom geestelik wederbaar nie. [1]
‘n Sondaar (ag ekskuus, net die uitverkore verlore sondaars) moet eers sonder geloof gered word voordat hulle gered kan word deur geloof.
Arthur Pink verklaar dat:
die sondaar, opsigself, hom nie kan bekeer en glo nie. [2]
Nouja! dit noop my om weer te vra: wie lieg? — Paulus wat die Evangelie regstreeks van Jesus Christus ontvang het of White en Pink? Ek het ‘n baie sterk vermoede dat dit nie Paulus kan wees nie.
In jou mond — Hierdie gedeelte is geneem uit die Septuagint, Deuteronium 30:14. Dit beteken dat die leerstelling van verlossing alreeds so alombekend en so maklik verstaanbaar was, dat dit deel geword het van hulle alledaagse spreektaal. Daar was dus nie so-iets dat mense die Bybel radikaal verskillend verstaan het nie. Hulle was dit almal eens dat daar net een korrekte vertolking van die verlossingsleer was en almal het dit in hulle mond (alledaagse spreektaal) geneem. Soos Moses het die apostels die Evangelie van verlossing onvervals en so dikwels gepredik dat dit onmoontlik was vir die hoorders om twee of meer interprasies daaraan te koppel.
In jou hart — Die ter harte neem (hartgrondige koestering van en gehoorsaamheid aan hierdie maklik verstaanbare en heerlike verlossingsleer) het die mense aangespoor om dit nie net daagliks op hulle lippe te neem en dit te verkondig nie, maar ook om dit daagliks in hulle gedagtes te oordenk en met voortdurende dankbaarheid teenoor die Here vir so ‘n verlossing uit te lewe.
Dit is die Woord van geloof wat ons verkondig — Paulus maak seker dat sy lesers en hoorders baie duidelik verstaan dat hierdie leerstelling wat hy sopas omskryf het — ‘n verlossingsleer wat almal kan verstaan en omarm — dié enigste en enigste ware verlossingsleer is en dat dit net op een manier vertolk kan word. Enige ander vertolking daarvan is vals en misleidend. Daarom kon Paulus met absolute oortuiging en met die grootste liefde sê:
Gal 1:8 en 9 Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees. Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees!
So terloops, hierdie gedeelte is die enigste in die hele Bybel waar dieselfde woorde onmiddellik na mekaar herhaal word. Dit toon vir ‘n mens hoe uiters, uiters belangrik dit is om die Evangelie van Jesus Christus onvervals te verkondig soos Paulus dit gedoen het.
Vers 9
As jy met jou mond die Here Jesus bely — Hierdie belydenis is nie maar net ‘n kognitiewe erkenning dat Jesus Christus gekruisig is en uit die dood opgestaan het nie. Dit beteken beslis ook nie dat as jy elke Sondag die Apostoliese geloofsbelydenis in die kerk opsê en al die belydenisskrfte onderskryf dat jy gered is nie. Selfs diie duiwels weet en glo dat Jesus Christus gekruisig is en uit die dood opgestaan het en hulle sidder (Jakobus 2:19). Dit beteken ook nie eens soos Theo dit gestel het nie nl. “Geloofsbelydenis beteken tog nie net om te sê dat jy glo nie, dit beteken mos ook- veral – om te sê wat jy glo.” Selfs nie eens “wat jy glo” het enige saliggewende betekenis nie. Dit is “HOE JY GLO” wat finaal gaan bepaal waar jy die ewigheid gaan deurbring. Ek sê dit op grond van Jesus se woorde in Johannes 7:38 “Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.” En dit is presies waaroor die belydenis in hierdie gedeelte van Romeine 10 gaan. Die woord vir “bely” in vers 9 dui op ‘n openbare verklaring of erkenning (“profession” in Engels) en beteken om dit te spreek (te verklaar) wat honderd persent ooreenstem met iets wat iemand anders spreek en verklaar. Daar is dus geen ruimte vir verkillende menings of interpretasies soos Theo dit wil hê nie omdat die iets wat iemand anders spreek en verklaaar dié onveranderlike en gegewe standaard is waarvolgens die waarheid vertolk moet word. In hierdie geval is die iemand niemand anders nie as God self. Wat Hy m.b.t. die Waarheid spreek en verklaar, is onomkeerbaar en ewig die enigste waarheid en jou persoonlike belydenis (professie) moet honderd persent met Syne ooreenkom anders kan jy nie aanspraak maak op ware redding nie. Jou belydenis moet dus absoluut in akkoord of in harmonie wees met alles wat God as die waarheid voorhou en verklaar. ‘n Belydenis van jou geloof is dus ‘n openbare verklaring of professie van jou heelhartige toestemming (ooreenstemming) dat alles wat God oor Homself en die mens sê die enigste en ewige waarheid is. Dit sluit alles in wat Hy omtrent ons verlore en sondige toestand en ons dringende nood vir ‘n Saligmaker verklaar; dit het betrekking op alles wat hy omtrent Homself sê, t.w. sy heiligheid, sy regverdigheid, sy regverdige oordele, sy wet en sy genade; dit sluit alles in omtrent die noodsaaklikheid van ‘n algehele hartsverandering en heilige lewenswandel, en die dood en die oordeel; dit sluit ook alles in wat Hy verklaar omtrent die hemel en die hel. As jy nie glo en bely soos die Skrif (God self) oor al hierdie bg. dinge sê nie, dan kan jy nie aanspraak maak op redding nie. Dan is jou belydenis anti-Bybel en anti-God al klink dit hoe mooi en hoe reg.
Maar wag! Die eerste ding wat die Calviniste vir jou sal sê is dat die belydennisskrifte juis honderd persent met alles wat God rondom al die bg. dinge sê, ooreenstem en honderd persent presies netso verklaar. In hierdie kommentaar het ek reeds hierbo onomwonde bewys dat wat Calvyn en ander toonaangewende Calviniste m.b.t. die verlossingsleer sê geheel en al iets anders verklaar as wat God in sy Woord verklaar. As Jesus Christus gekom het om te soek en te red dié wat verlore was/is (Lukas 19:10; Mattheus 18:11) dan beteken dit tog sekerlik dat alleenlik diesulkes wat onder die oortuiging van die Heilige Gees besef hulle is verlore (helverdiende sondaars is), gered kan word. Enigiemand wat nog nooit tot die oortuiging gekom het dat hy/sy verlore is nie, het nie ‘n Salighmaker nodig nie (Mattheus 9:12). Jesus Christus kan alleenlik diegene vind wat weet hulle is verlore want dis alleenlik hulle wat ‘n diepgrondige versmagting het na ‘n Saligmaker. Maar nee! die Calviniste en hulle belydenisskrifte verklaar dat die mens nie in staat is om te kan glo nie; nie in staat is om te kan glo dat hulle verlore is nie omdat hulle nie die Evangelie vanweë hulle hartgrondige verdorwenheid kan verstaan en glo nie. Hulle moet (sonder gelooof en sonder ‘n hartgrondige besef van hulle verlorenheid) monergisties deur God gewederbaar word en dan eers ontvang hulle die geloof as ‘n geskenk om te kan glo.
Artikels 6 van hoofstuk 1 uit die Dortse Leerreëls lui as volg:
6. Dat God aan sommige mense in die tyd die gawe van die geloof skenk en aan ander dit nie skenk nie, volg uit sy ewige besluit. Immers: Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend (Hand 15:18), en Hy doen alles volgens die raad van sy wil (Ef 1:11). Volgens hierdie besluit maak God genadiglik die harte van die uitverkorenes ontvanklik – hoe verhard hierdie harte ook al mag wees – en buig hulle om tot geloof. Hulle wat egter nie uitverkies is nie, laat Hy volgens sy regverdige oordeel in hulle boosheid en verharding bly. Hierin veral kom vir ons tot openbaring die diepe, barmhartige en tegelyk regverdige onderskeiding tussen die mense wat almal ewe verlore is. Dit is die besluit van die uitverkiesing en verwerping wat in die Woord van God geopenbaar is. (Regverdige onderskeiding . . . ? Hoe regverdig is dit om ’n onderskeid te maak tussen almal wat ewe verlore is? – Kolossense 3: 25) Verkeerde, onreine en onstandvastige mense verdraai hierdie leer tot hulle eie verderf, maar aan die heiliges en godvresendes gee dit ‘n onuitspreeklike troos. (Diegene wat dus nie glo in die Calvinistiese siening van die uitverkiesing nie, is “verkeerde, onreine en onstandvastige mense” wat Calvyn se leer verdraai tot hulle eie verderf).
Let asseblief baie noukeurig op dat, volgens die Calviniste, geloof nie uit die gehoor en die gehoor nie deur die Woord van God is nie (Romeine 10:17). Geloof moet alleenlik monergisties en alleenlik in die harte van die uitverkorenes ingegee (geskenk) word omdat elkeen wat dit durf waag om te glo TOT saligheid of om dit te durf waag om te glo alvorens hy/sy gered kan word, maak hom/haar skuldig aan ‘n werkesaligheidsgeloof — so asof geloof ‘n werk is. Daar word nie ‘n enkele keer in die bg. artikel 6 van die Dortse leerreëls melding gemaak van die feit dat ‘n persoon eers moet besef hy/sy verlore is alvorens hy/sy gered kan word nie. Maar wag, die Calviniste het ‘n baie goeie antwoord hierop hoewel hulle antwoord geskoei is op ‘n verdraaiing van die Woord. Hulle is baie lief om Efesiërs 2: 8 en 9 aan te haal. Daar sê dit mos baie duidelik dat geloof ‘n gawe van God is, nie waar nie? Kom ons kyk na die ou 1953 en die nuwer 1983 Afrikaanse vertalings hiervan.
Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;
Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God.
In die bg. vers lyk dit of die neuter woord “dit” spesifiek na geloof as die gawe verwys terwyl die 1983 vertaling baie duidelik sê dat hierdie redding nie uit onsself kom nie omdat dit (hierdie redding) ’n gawe of geskenk van God is. Dit is dan ook “hierdie redding” wat God as gawe aan almal skenk wat dit deur die geloof WIL ontvang. ’n Geskenk kan alleenlik ’n geskenk wees wanneer dit in ontvangs geneem word deur die persoon aan wie die geskenk gegee word. Daarom sê Johannes in Openbaring 22: 17: “laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.” Geloof is dus niks anders as ’n berekende wilbesluit om na die Here te kom om sy lewende water (“hierdie redding”) as gawe of geskenk uit sy hand te ontvang nie. Ten spyte hiervan glo die Calviniste dat geloof ’n gawe is wat alleenlik aan die uitverkorenes gegee word en dit alleenlik deur ’n soewereine ingrype van God omdat die uitverkorene vanweë sy algehele verdorwenheid nie in staat is om die Evangelie te verstaan nie. Wat my betref grens dit aan godslastering omdat dit die karakter van God skend.
Daar is talle voorbeelde in die Skrif waar geloof as die voorwaarde vir redding afgeskilder word en dit ook baie duidelik stel.
Ten slotte wil ek dan nou oorgaan tot die beantwoording van Ds. Theo Danzfuss se vrae. Hy skryf
1. Hy [dis nou ekke] aanvaar nie die gereformeerde belydenisskrifte as sy vertolking van die Skrif nie. Dit sê hy duidelik. Watter belydenisskrifte aanvaar hy dan wel as die korrekte vertolking van die Bybel? Of het die Kerk deur die eeue nog nooit die Woord reg verstaan nie?
Ek beroep my op Jesus Christus se woord in Johannes 7:38: “Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.” Ek het nie ‘n klomp belydenisskrifte nodig om vir my die Woord van God te vertolk nie. Theo se vraag “Of het die Kerk deur die eeue nog nooit die Woord reg verstaan nie?” klink vir my alte veel na die Roomse siening dat die Skrif alleen nie genoeg is nie maar dat kerktradisie ook ‘n belangrike rol speel in die bepaling van korrekte Skrifuitleg en –vertolking. Paulus het nie juis baie vertroue gehad in die kerkvaders wat na sy dood die kerk sou binnesypel nie.
Hand 20:29-30 Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.
Theo skryf voorts:
2. Hy is blykbaar nie ‘n lidmaat van enige gereformeerde kerk nie (as my afleiding verkeerd is, dan sal ek weer verskoning vra). Aan watter kerk (of kerklike denominasie) behoort hy dan wel?
Waarom vra Theo my so ‘n vraag? Is dit omdat hy glo dat jy aan die regte kerk moet behoort voordat die poorte van die hemel vir jou oopgemaak kan word? Ek kom saam met ‘n klompie gelowiges in ‘n huis byeen waar ek weier om die uitverkiesingsleer soos dit deur die Calvinsme verkondig word, te leer. Ons verkondig —
DAT:
-
Jesus Christus (die eniggebore Seun van God) die enigste Saligmaker is wat deur die werking van die Heilige Gees uit die maagd Maria gebore is en vir almal (nie net die sg. uitverkorenes) aan die kruis van Golgota gesterf het.
-
God aan elke indiwidu ‘n vrye wil of vrye keuse gegee het om sy uitnodiging tot saligheiid te aanvaar of te verwerp. (Openbaring 22:17).
-
Die reddende genade van God aan alle mense verskyn het en nie net aan die sg. uitverkorenes nie (Titus 2: 11).
-
Jesus Christus fisiek/liggaamlik en letterlik uit die dood opgestaan het, weer opgevaar het na die hemel vanwaar Hy die eerste keer gekom het, en weer sal terugkeer, eers by die Wegraping vir sy Bruid en daarna (na die sewejarige groot verdrukking) om die oorblyfsel van sy uitverkore volk Israel te red uit die mag van die antichris en sy volgelinge wanneer Hy al die nasies gaan oordeel, en dat Hy sy beloftes aan Abraham, Isak en Jakob m.b.t. hulle beloofde land finaal gestand gaan doen.
-
Die Bema-troon oordeel in die hemel vir gelowiges na die Wegraping gaan plaasvind waartydens elkeen se werke wat hy/sy in hulle aardse liggaam gedoen het deur vuur getoets gaan word om te bepaal wie lone en krone sal ontvang (1 Korinthiërs 3:10-15).
-
Die finale antichris wat sy verskyning nog moet maak ‘n man sal wees wat homself as God sal voordoen en in die herboude tempel in Jerusalem (nie die geestelike tempel wat uit alle gelowiges bestaan nie) sal sit om deur die hele wêreld aanbid te word; dat talle Jode en heidene gedurende hierdie tyd (die Groot Verdrukkiing) tot redding gaan kom maar met hulle lewens sal boet vir hulle geloof in Jesus Christus (Openbaring 20).
-
Die Here Jesus by sy Tweede Koms (nie die Wegraping nie), soos dit in Sagaria 14 beskrywe word, die antichris met die asem van sy mond gaan verdelg en in die vuurpoel van die verderf gaan smyt, en dat Hy sy beloofde duisend jaar van vrede hier op aarde gaan oprig om vanaf die troon van sy vader Dawid in Jerusalem oor die ganse aarde met ‘n ysterstaf te regeer (Lukas 1:30-32). Ons verwerp die anti-chiliastiese (Augustiaanse) simboliese duisendjarige vrederyk wat kwansuis sedert Christus se eerste koms ‘n aanvang geneem het en nou al vir meer as 2000 jaar voortduur. Dis absurd.
-
Die Satan wat tydens die duisensjarige vrederyk in die afgrond gebind was weer vir ‘n rukkie vrygelaat gaan word om die nasies te verlei tot oorlog teen Jesus Christus en die laer van die heiliges; dat hy ook in die poel van vuur gewerp gaan word waar die antichris en die valse profeet reeds vir ‘n duisend jaar sal wees (Openbaring 20).
-
Alleenlik die ongelowiges na afloop van die duisend-jarige vrederyk op aarde by die Wittroon oordeel geoordeel gaan word. Daar is dus geen gesamentlike oordeel waar die gelowiges en ongelowiges gelyktydig geoordeel word nie (Openbaring 20).
-
God die huidige kosmos met vuur gaan vernietig om daarna ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde te skep.
Theo borduur voort:
3. Hy glo skynbaar nie in die (Calvinistiese) uitverkiesingsleer nie. Hoe verstaan hy dan self wel die honderde Skrifgedeeltes in die Bybel oor die uitverkiesing (bv Ef 1:4vv; Joh 15:16; Matt 22:14; Eseg 20:5 ens ens)?
Ek wil begin met ‘n teenvraag voordat ek Theo antwoord. Hoe verstaan jy Johannes 3:16, Theo?
Want so lief het God die WêRELD gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat ELKEEN wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die WêRELD te veroordeel nie, maar dat die WêRELD deur Hom gered kan word. HY wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar HY wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
Verduidelik vir ons, Theo, na wie verwys die “wêreld,” “elkeen” en “hy” in hierdie alombekende verse — net na die uitverkorenes of na die ganse mensdom? Hiervolgens is geloof tot redding die prerogatief vir die verkryging van die ewige lewe en indien “wêreld,” “elkeen” en “hy” net na die uitverkorenes verwys dan sou dit beteken dat sommige van die sg. uitverkorenes wel verlore sal gaan omdat daar sommiges van die “elkeen” en “hy” is (wat dan ook na die uitverkorenes verwys) nie sal glo nie.
Hoe verklaar jy die volgende verse, Theo?
Titus 2: 11 Want die reddende genade van God het aan ALLE MENSE verskyn (1953 Afrikaanse vertaling).
Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan ALLE MENSE verskyn. (1983 Afrikaanse vertaling).
Mattheus 11:28 Kom na My toe, ALMAL wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
2 Petrus 3: 9 Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ONS en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat ALMAL tot bekering moet kom.
Openbaring 22:17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat HOM wat hoor, sê: Kom! En laat HOM wat dors het, kom; en laat HOM wat wil, die water van die lewe neem, verniet.
Verwys “alle mense,” “almal,” “ons,” en “hom” net na die sg. uitverkorenes of na die ganse mensdom? Indiien dit net na die uitverkorenes verwys sou ons baie moeilike woord-toertjies moes uithaal om dit te maak-pas in die eienaardige uitverkiesings-legkkaart van die Calvinisme. Vat nou maar net vir 2 Petrus 3:9. As die woord “almal” net na die uitverkorenes verwys dan moet die woord “sommige” ter wille van regdenkende konsekwentheid ook na hulle verwys. Dit sou dan beteken dat sommige van die uitverkorenes wel verlore kan gaan en inderdaad ook verlore sal gaan. Die “sommige” kan volgens die Calvinisme nie na die verworpelinge (nie-uitverkorenes) verwys nie omdat dit juis God se welbehae en wil is dat hulle verlore moet gaan, en Petrus sê dan juis dat God NIE WIL Hê dat “sommige” verlore moet gaan nie. Hoe rym dit, Theo? Jy is ‘n leraar van jou volk, en jy weet hierdie dinge nie? (Johannes 3:10).
Kom ons kyk na Jesus se woorde in Mattheus 11:28. Verwys die “almal” ook daar net na die uitverkorenes? Indien dit wel net na die uitverkorenes verwys sou ons weer eens woordverdraaiings, woordspeletjies en woordtoertjies moes uithaal. Ek is baie seker jy stem saam dat Jesus se uitnodiging (dit is ‘n uitnodiging, nie waar nie?) om na Hom te kom ‘n onlosmaaklike deel van sy Evangelie is. Goed! ons stem darem oor een ding saam. Stem jy saam dat sy uitnodiging om na Hom te kom ‘n wilsbesluit aan die kant van die uitgenooides verg? Nie? Beteken hierdie gedeelte dan dat omdat, volgens die Calvinisme die mens nie ‘n wil van sy eie het nie en hy ook nie in staat is om vanweë sy verdorwenheid die Evangelie te verstaan nie, dat Christus se uitnodiging neerkom op ‘n onweerstaanbare magnetiese krag wat alleenlik die uitverkorenes na Hom toe trek? Maar natuurlik, die Bybel sê mos baie duidelik: “Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag (Johannes 6:44). Die Calviniste vergeet gerieflikheidshalwe dat daar ook geskrywe staan “En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal ALMAL na My toe trek” (Johannes 12: 32). As jy hierdie twee tekse saambring beteken dit maar net dat God op geen ander manier verlore sondaars na sy Seun kan trek as deur sy kruisdood nie. Of miskien verwys die “ALMAL” maar weer net na die uitgesoekte uitverkorenes.
As ons al die bg. teksverse in oënskou neem in terme van dat “wêreld,” “almal,” “alle mense,” ens. na die ganse mensdom verwys, dan kan die “honderde skrifgedeeltes” (daar’s ongeveer net 31 verwysings in die Ou en Nuwe Testamente na “uitverkiesing” en nie honderde nie, Theo) onmoontlik na ‘n uitverkiesing tot saligheid verwys. Dit is nie ‘n uitverkiesing tot redding nie maar ‘n uiverkiesing to seëninge en gekose dienswerk. Marvin R. Vincent, ‘n gesaghebbende op Bybelse tale verduidelik as volg:
Ekloge, election [is] used of God’s selection of men or agencies for special missions or attainments . . . [Nowhere in the New Testament is there any warrant for the revolting doctrine that God predestined a definite number of mankind to eternal life and the rest to eternal destruction.” [3]
Kom ons kyk nou na die teksgedeeltes waarna ds. Theo Danzfuss verwys.
EFESIëRS 1:4-6
Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.
Die hoofonderwerp in die eerste twee hoofstukke van Efesiërs is nie verlossing nie maar al die geestelike seëninge wat volg op redding, d.w.s die verlossingsresultate wat God reeds voor die grondlegging van die aarde vir alle gelowiges vooruit bepaal het. Ons sien dit baie duidelik in vers 13.
Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël (1983 Afrikaanse vertaling).
Die ou 1953 vertaling stel dit as volg:
in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,
Hier is daar geen sprake van ‘n monergistiese wederbaring of soewereine uitverkiesing nie, t.w. ‘n arbitrêre wederbaring deur die Heilige Gees sonder dat die sg. uitverkorenes nodig het om te glo en sonder dat hulle nodig het om die Evangelie te verstaan, omdat hulle totaal verdorwe is en kwansuis nie in staat is om die evangelie te verstaan nie. Paulus verklaar baie duidelik dat die Efesiërs eers die evangelie gehoor het, verstaan het en geglo het voordat hulle hul tot God bekeer en Hy hulle gered het. Hoe moet ons die begrip uitverkiesing in hierdie gedeelte dan verstaan? Dit beteken gewoon dat God almal wat hy reeds voor die grondlegging van die wêreld geweet het hulle deur die prediking van die Woord en deur die geloof tot Hom sou bekeer SODAT Hy hulle kan red, vooruitbestem (gepredistineer) het om heilg en sonder gebrek in Christus te wees en boweal om saam met Hom aan die regterhand van die Vader in die hemele te sit. Hierdie uitverkiesing (predestinasie) is dus ‘n uitverkiesing tot seëninge en NIE tot redding nie. As dit wel ‘n uitverkiesing tot redding was, dan moet ons al die bg. teksgedeeltes wat ek hierbo bespreek het, uit ons Bybels skeur omdat dit vir ons baie duidelik sê dat God ALMAL wil red maar dat ALMAL nie gered word nie, nie omdat God volgens sy welbehae hulle nie uitverkies het nie maar, omdat hulle nie die evangelie van verlossing wil glo nie en die kruis (die krag en die wysheid van God) onder hulle voete vertrap (1 Korinthiërs 1:18).
JOHANNES 15:16
Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.
Enigeen wat ‘n werkgewer soek om deur hom in diens geneem te word, weet dat dit die werkgewer se prerogatief is om te kies wie hy in sy diens wil aanstel omdat hy kandidate soek wat sy produk die beste kan bemark en verkoop. Dit is daarom interessant dat Jesus die woordjie “aangestel” gebruik het om te verduidelik wat hy met sy “uitverkiesing” bedoel het. In die ou Griekse kultuur het die leerling (dissipel) gekies wie hy as leermeester wou hê omdat hy graag sy spesifieke leringe wou verkondig en uitleef. Elkeen kon dus maar kies wie en wat hy wou navolg. Paulus het met hierdie kultuur in Athene te make gekry waar almal vir niks anders tyd gehad het as om voortdurend vir iets nuuts te soek nie (Handelinge 17:21). Nee! sê die Here Jesus, Ek werk nie so nie. My uitverkiesing (aanstelling) van volgelinge moet My “produk” wat geen ander leermeester kan produseer nie, bemark en daardie produk is om die vrug van die Heilige Gees te dra en nie net moet dra nie maar voortdurend moet bly dra. Die uitverkiesing is dus weer eens nie ‘n uitverkiesing tot redding nie maar ‘n uitverkiesing tot ‘n spesiale missie of sending en hierdie sending behels die dra van die vrug van die Heilige Gees. Indien hierdie uitverkiesing ‘n uitverkiesing was to redding sou die Here Jesus nooit vroeër in dieselfde hoofstuk (vers 3) vir hulle gesê het dat hulle reeds rein (gered) was deur die Woord wat Hy tot hulle gespreek het. Redding of verlossing geskied dus nie deur die Calvinisitese uitverkiesing nie maar deur die prediking, die hoor, die verstaan en die glo van die evangelie en niemand, maar niemand, word hiervan uitgesluit nie AS hy/sy wil glo en hom/haar wil bekeer. Dit is uiters, uiters, tragies dat die Calviniste voortdurend ‘n teks soos Johannes 15:16 voorhou om hulle onbybelse uitverkiesingsleer te staaf en sulke uiters belangrike teksgedeeltes soos Johannes 15:3 geheel en al oor die hoof sien.
MATTHEUS 22:14
Want baie is geroep, maar min uitverkies.
Ai toggie, dis darem nie “kosher” om slegs ‘n gedeeltejie van ‘n groter geheel aan te haal en dan te sê: Sien jy! Die Calvinistiese uitverkiesingsleer is die reine waarheid. Ek gaan nie nou hierdie teks bespreek nie maar beoog om dit in ‘n volgende kommentaar in groter detail te behandel.
ESEGIëL 20:5
. . . en sê aan hulle: So spreek die Here HERE: Die dag toe Ek Israel uitverkies het, het Ek my hand opgehef vir die geslag van die huis van Jakob en My aan hulle bekend gemaak in Egipteland; ja, Ek het my hand vir hulle opgehef en gesê: Ek is die HERE julle God.
As daar ‘n teksgedeelte is wat onteenseglik bewys dat daar nie so-iets is soos ‘n uitverkiesing tot redding nie, dan is dit hierdie een. Die woorde “uitverkies,” en uitverkiesing” beteken om vanuit ‘n bepaalde groep mense slegs net sekeres uit te kies en te plaas in ‘n posisie of status wat hule radikaal van die ander (dié wat nie gekies is nie) onderskei en skei. Indien “uitverkies” en uitverkiesing” betrekking gehad het op die keuse van ‘n sekere groep mense uit die geledere van ‘n groter groep mense tot redding of saligheid en indien ons konsekwent wil wees in die hantering van die betekenis van die woorde in hierdie spesifieke opsig, dan moes God slegs ‘n klompie Jode uit die volk van Israel gekies het en die res verwerp het. Het Hy? Hoegenaamd nie! Die hele volk van Israel word in beide die Ou en Nuwe Testamente die uitverkorene van God genoem (Jesaja 45 :4; 65: 9 en 22; Mattheus 24:31) In Deuterononium 7:6-8 sê die Here:
Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou [die hele volk] het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.
Hier sien ons baie duidelik dat God die hele volk van Israel uitverkies het. Daar is dus hoegenaamd geen rede om te twyfel dat God die hele volk van Israel “met koorde van liefde getrek het” en bo al die ander volke uitverkies het om vir Hom ‘n heilige en afgesonderde volk te wees. En tog het die meeste Israeliete geweier om hulle tot God te bekeer en hulle in ongebreidelde rebellie aan afgodery oorgegee. Was hulle reeds voor die grondlegging van die wêreld uitverkies tot die eiwge saligheid? So-ook het die Here Jesus viir Judas getrek met koorde van liefde en hom uitgekies om sy dissipel te wees.
Johannes 6:70-71 Jesus antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ‘n duiwel! En Hy het bedoel Judas Iskáriot, die seun van Simon; want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was.
Judas Iskáriot was een van die bevoorregtes wat Jesus uitverkies het om sy dissipel te wees. Was hierdie uitverkiesing tot redding gewees? Onmoontlik! want nes die meeste uit die uitverkore volk van God, Israel, verlore gegaan het, so het Judas ook verlore gegaan.
Theo vrae ten slotte:
4. Is ons verlossing God se werk, of is dit ons werk, of is dit 50/50 samewerking, of hoe sien hy [dies nou ekke] dit?
Theo en Jan, sonder geloof kan God niemand red nie. Kom ek sê dit vir julle weer: SONDER GELOOF KAN GOD NEMAND RED NIE. Ons lees in Hebreërs 11:6 “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.” En tog verkondig die Calviniste die leuen dat niemand vanweë hulle algehele verdorwenheid in staat is om God te soek nie en ook nie om te glo nie en eers monergisties deur die Heilige Gees gewederbaar moet word voordat God geloof as ‘n gawe aan die sg uitverkorenes kan gee. Sou jy en Jan sê dat die frase “want hy wat tot God gaan, moet glo . . “ op ‘n werk dui en die mens dus ‘n medewerker maak in die toekenning van geregtigheid? Natuurlik is verlossing een honderd persent God se werk maar Hy kan en sal niemand red nie, nie voordat ‘n verlore sondaar sy dringende nood vir ‘n Saligmaker besef en die Evangelie van verlossing glo nie. Hoe op deeske aarde kan julle van die allerheiligste God verwag om iemand te red wat nie uit eie oorweging glo in die volbragte werke van Jesus Christus aan die kruis nie; wat nie die gepredikte Woord van God verstaan en nie in die geloof daarop kan reageer nie? Ten spyte hiervan het Ds. Jan Grey in sy e-pos aan my met crescendo-vet-letters soos volg geskryf:
Haai nou my ou broer Tom!: Jy praat hierbo van: "’n verlossingsleer wat geskoei is op die leuen van die uitverkiesingsleer tot saligheid." My goeiste! Die Bybelse Nuwe Testamentiese Verlossingsleer is geskoei is op die waarheid van die uitverkiesingsleer tot saligheid! . . .
Ek kan ongelukkig geen ander afleiding maak nie … hier stry jy nie teen Teo Danzfuss, Luther, Calvyn, die Nederlandse Geloofsbelydenis, ens. nie; MAAR TEEN GOD SELF! As die Bybel nie die maatstaf is nie, kan ons mos nie verder praat nie!
Ek wonder wie is nou eintlik besig om teen God te stry? Wat moet ons hieruit aflei? In die eerste plek moet ons tot die slotsom kom dat wanneer uitverkiesing in die Bybel vermeld word, dit altyd ‘n uitverkiesing is tot diens, tot missie (sending) en tot seëninge vir almal wat hulle reeds deur die geloof tot God bekeer het en nooit tot redding nie. Die tweede gevolgtrekking waartoe ons moet kom, is dat die Calvinistiiese uitverkiesingsleer nie ‘n Bybelse leerstelling is nie en dus ‘n ander Evangelie, ‘n ander Jesus en ‘n ander gees verkondig (2 Korinthiërs 11:4). Ek wil dus ‘n dringende beroep doen op die persone wat ek in my kommentaar genoem het en, soos ek ook in die verlede met die aanhangers van die Ontluikende Kerk gedoen het, hulle dringend versoek om hulle te bekeer van hulle Calvinistiese dwaalleringe en om te begin om die ware Evangelie van verlossing met ‘n passie te verkondig sodat verlore sondaars gered kan word. DOEN DIT ASSEBLIEF TER WILLE VAN JESUS CHIRSTUS EN SY EVANGELIE.
Ek wil ten slotte net graag iets byvoeg wat ek dink baie belangerik is. In sy e-pos aan my het ds. Theo Danzfuss gesê:
“Net soos dit my goeie reg is om te bely dat die gereformeerde belydenisse my persoonlike geloofsoortuiging is… so verstaan ek die Bybel… en daarvoor gaan ek niemand verskoning vra nie… net so is dit Tom se reg om te sê dat hy die Bybel anders verstaan..”
Dit is darem nie Skriftuurlik korrek om te sê dat elkeen van ons die Bybel maar anders kan verstaan nie. Indien jou stelling korrek is, sou die Heilige Gees nooit die Gees van Waarheid genoem kon word nie en nog minder sou Hy ons in alle waarheid kon lei (Joh 16:13). Hy sou dan eerder die Gees van verwarring genoem kon word wat elkeen die reg gun om die Bybel te vesrtaan soos hy wil. Dit laat my alte veel dink aan die post-moderne skeef-trek van die waarheid omdat daar kwansuis nie meer absolute waarhede is nie; elkeen se vertolking van die waarheid is ’n brokkie van die geheelprentjie, amper soos ’n legkaart waarin elkeen se siening uiteindelik netjies inpas. Die Here Jesus het hierdie onskriftuurlike siening hok geslaan toe Hy gesê het: “Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei” (Joh 7:38). Hy het ook gesê: “My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het. As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek. Hy wat uit homself spreek, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van dié Een wat Hom gestuur het, Hy is waaragtig en daar is geen ongeregtigheid in Hom nie (Joh 7:16-18). As die Seun van God dit nie durf waag het om anders te spreek as sy Vader nie, wie dink ons is ons miskien om elkeen die Bybel anders te verstaan? So—ook praat die Heilige Gees nie uit Homself nie, maar spreek alles net wat Hy hoor (John 16:13). Ek aanvaar nie die Belydenisskrifte nie omdat dit die Skrif nie net t.o.v. die sotereologie weerspreek nie maar God se karkater op onnadenkende wyse wanvoorstel.
[1] James R White: The Potter’s Freedom (Calvary Press Publishing, 2000) p. 78
[2] Arthur W Pink: The Sovereignty of God (Baker Book House, 2nd prtg. 1986) p. 149
[3] Marvin R. Vincent, Word Studies in the New Testament (Charles Scribner’s Sons, 1924), IV:16
