WAT ELKE BESORGDE LIDMAAT EN PREDIKANT MOET LEES!
Die Trojaanse Perd in die NG Kerk
– die Kanker van Evolusie en Liberalisme
’n Voëlvlug oor die hoofstukke van die boek:
Perspektiewe oor teologiese veranderinge binne die NG Kerk oor die afgelope ongeveer vyftig jaar word aan die begin van hierdie boek gegee. Melding word gemaak van die heersende roeringe en die ingrypende implikasies vir die geloof van lidmate en die praktiese lewe van die Kerk.
Daar word gekyk na hoe die ommekeer in Skrifbeskouing ook nie Skrifkritiek en Skrifgebruik onaangetas gelaat het nie. Dit het tot gevolg dat Bybelwaarhede soos die opstanding van Christus, Sy maagdelike geboorte, Sy Godheid en selfs Sy plaasvervangende sterwe verloën
word. Daar kan selfs gevra word: Is die hart van die evangelie nie uitgeruk nie? Die liberale aanslag het verdoemende gevolge op vele terreine. Die hantering van homoseksualiteit word bespreek as voorbeeld van die gevolge van verkeerde besluite aangaande Skrifbeskouing.
Nuwe strominge soos die Ontluikende Kerk en die “Nuwe Hervorming” (NH) kom onder die vergrootglas. Ernstige kommer word uitgespreek oor die ongereformeerde rigting wat hierdie strominge ingaan en die traagheid om met leertug teen teoloë op te tree wat meelopers hiervan is.
Enkele gedagtes word uitgespreek oor die Evangeliese Inisiatief (EI). Alhoewel daar waardering is vir die getuienis wat die EI uitdra ten opsigte van wat die waarheid is, is die vraag: Doen die EI genoeg om ’n omkeer te bewerkstellig?
Evolusie, wat gesien word as die vrot appel in die NG Kerk se kis, kry uitgebreide aandag, omdat die omhelsing van evolusionisme verwoestende en verreikende gevolge het op sake wat deel is van die gereformeerde belydenis.
Die hoofstuk oor die huwelik en saambly toon aan wat met ’n sogenaamde minder veroordelende verklaring ten opsigte van saambly beoog word, naamlik om vir die soveelste keer akkommoderend te wees. Ons kan nie die Woord van God verander om by die kultuur van die dag of om by mense se sienings en filosofieë te pas nie. In Sy Woord is dit duidelik dat seks buite die huwelik deur God verbied word.
Die agste hoofstuk toon aan presies hóé ongelyk die speelveld tussen liberales en behoudendes al geword het. Die media werk op vele terreine aktief mee om postmodernistiese liberalisme in die kerk in te voer.
Skrywers:
-
Dr. Henrietta Klaasing (Skrywer en boeksamesteller)
-
Dr. Hennie Mouton (Skrywer en boeksamesteller)
-
Ds. Gideon Aggenbag (Skrywer)
-
Daniel Louw (Skrywer)
-
Ds. Jan Louw (Skrywer)
-
Ds. Hanan Viljoen (Skrywer)
-
Dr. Koos Visser (Skrywer)
Bydraers:
-
Anna Louw
-
James Maré
-
Pieter Pelser
-
Dr. Kobus Stapelberg
-
Sarel van der Merwe
-
Ellison Mouton
Bestellings
Vir bestellings, kontak Chris Groenewald by:
E-pos: cnnadvies@iburst.co.za
Faks: 012 993 4106
Sel: 082 551 3102
Posadres: Posbus 34093, Glenstansia, 0010
Rekening naam: Forum
Rekening nommer: 92 4414 6049
Tipe rekening: Flexi account
Tak kode: 520 345
ABSA Menlynplein
Om posgeld te spaar kan die boek ook na bestelling en betaling by Chris, self in Doringkloof Centurion afgehaal word by ons sentrale verspreider Heiner Müller. Chris sal sy kontakbesonderhede aan belangstellendes verskaf.
Sekondêre verspreiders waar die boek direk gekry kan word, en posgeld ook tot ‘n mate gespaar kan word, is:
-
Augustine Bookroom, Constantia Park, Pretoria, (Elsabe du Plessis Holdt) 083 302 0388 [www.augustine.co.za]
-
Redding Christelike Boekwinkel, Crookstraat 7, Mosselbaai 044 691 1700
-
Henrietta Klaasing, Groblersdag, Tel: 082 855 2412
-
Daniel Louw, Secunda, Tel: 082 441 7892
-
Jan Louw, Secunda, Tel: 017 634 2321
-
Anna Louw, Ladybrand, Tel: 082 7755 097
-
Gideon Aggenbag, Uitenhage, Tel: 041 961 0888
-
Koos Visser, Middelburg, Tel: 013 243 0296
-
Burger Vivier, Boksburg, Benoni, Brakpan en Kempton Park, Tel: 083 229 5028
-
Anton Mostert, Trompsburg (Suid Vrystaat), Tel: 051 713 0544 of 082 951 7036
-
Christelike Mobiele Lektuur (Edgar Laue), Gustav Voight Sentrum (Independence avenue), Posbus 20927, Windhoek, Namibië, Tel: 0026461 234466
