Waak en Bid / Watch and Pray

omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie / for ye know not when the time is (Mark 13:33)

Om welkom te wees of nie welkom te wees nie? . . . dis die vraag (met dank aan Hamlet)

Posted by Tom Lessing on December 26, 2011

Kliek op die onderstaande skakel om na
Stephan Joubert se welkom video te kyk

Die ou woordjie “welkom” het deesdae verskillende betekenisse in ons wonderlike post-moderne kultuur. Daarom moet jy baie mooi luister wanneer iemand vir jou sê “welkom” want dit mag miskien net wees dat hy vir jou lieg. Wanneer Jesus Christus iemand welkom geheet het, het Hy dit altyd opreg en so reg uit sy hart uit bedoel. Hy het niemand weggestoot, verstoot of verdryf wat na Hom gekom het nie. Sy welkom was ‘n “genuine” welkom want Hy kon en kan nog steeds nie lieg nie omdat Hy waarlik God is. Ook sy ware dissipels (volgelinge) behoort netsoos Hy almal wat na hulle kom met hartlike, ope en welkome arms te ontvang omdat Jesus hulle geleer het om soos HY te wees en soos HY te wandel.

Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het. [1 Johannes 2:6]

Maar nouja, ons weet almal dat die Satan die een is wat onverpoos lieg omdat hy die vader van alle leuens is.

Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan. [Johannes 8:44]

Oeps, Johannes, dink jy nie miskien jy het dit te kras gestel nie? Kon jy nie maar liewer so ‘n toegewinkie hier en daar maak nie? Ek dink byvoorbeeld aan die ouens wat vir jou sê “jy’s welkom” maar dit nie eintlik bedoel nie. Dis darem mos nie so erg nie, is dit?

Toe ek onlangs na ‘n lang ruk weer op die virtuele e-kerk se webblad ingaan en Stephan Joubert se welkom video kyk het ek gedink: “Fantasties! Daar’s so baie vrae wat ek wil vrae, veral nou dat hy in die openbaar geb(l)ieg het dat sy e-kerk nog nooit deel was van die “Emerging Church” en ander mities nie. Ek het sommer dadelik hulle intekenaarvormpie ingevul (ek was so eerlik dat ek selfs my regte gebooortedatum verstrek het) en . . . en . . . siedaar ek was skielik een van die nuutste lede van e-kerk. Hoera! Ek moes myself natuurlik ‘n paar keer knyp om seker te maak dat ek nie droom nie, maar so wragtig Stephan en sy span het my so wrintie toegelaat om een van hulle gespreksgenote, verhoudingsmaatjies, medereisigers, ens. ens. te word. Miskien, het ek gedink, het hulle my onvoorwaardelik aanvaar omdat ons in die Kersgety was en Kersfees is mos ‘n  tyd van www (willenswetende-welkome-welwillendheid).

Soos reeds gesê, ek het baie vrae op my gemoed gehad (Stephan het ons geleer om soos kinders te wees wat voortdurend baie vrae vra) en sonder om toe te laat dat ‘n enkele grashalmpie onder my voete groei het ek dadelik aan die werk gespring. Hier volg die drie van my kommentare wat hulle aanvanklik op hulle webblad geplaas het.

EkerkKommentaar deur Tom Lessing 3 ure gelede

Paulus het sekere Griekse digters aangehaal en dit as aanknopingspunt gebruik om die Evangelie van Jesus Christus aan die Atheners wat vir niks anders tyd gehad het as om iets nuuts te sê en te hoor nie, te verkondig. Hul beheptheid met nuwe dinge het gemaak dat hulle nooit tevrede was met die ou gebaande paaie in hulle veelgodedom godsdiens nie, in die mate dat hulle ‘n altaar vir ‘n onbekende God opgerig het. Paulus het hulle Griekse digters aangehaal maar nooit gesê dat wanneer die Atheners hulle monde oopmaak hulle die suiwer Evangelie verkondig nie.

So-ook is die leiersfigure van die Ontluikende Kerk en hulle navolgers nooit tevrede met die ou gebaande paaie in die Christendom nie (Jeremia 6:16). Hulle is voortdurend besig om God se Woord te her-verwoord, te verander en aan te pas by die kulture van ons tyd, kwansuis om die post-moderne mens met al hulle komplekse vrae en probleme makliker vir die Here te bereik. Brian McLaren het byvoorbeeld ‘n boek geskryf, getiteld “Everything must Change. ‘ Nelus Niemandt haal vir Leonard Sweet in sy boek “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede” aan wat gesê het: “A sea change of transitions and transformations is birthing a whole new world and a whole new set of ways of making our way in the world.” Waarom moet alles verander as Jesus die enigste Waarheid, Weg en die Lewe self nooit verander nie? (Hebreers 13:8).

Soos Paulus haal die “Emergents” mekaar lustig aan en lees ook mekaar se boeke. Daar’s natuurlik niks daarmee verkeerd nie. Ek doen dit ook. Maar sodra jy soos Stephan Joubert wat hulle gereeld aanhaal en hulle boeke lees sê: “Rob Bell — ek het hom al sien optree — baie keer. Hy stap op daai verhoog, met sy swart bril en sy weird klere en sy kitaar, maar as hy sy mond oopmaak dan is dit die Evangelie. Dieselfde met Dan Kimball”

Hoe nou gemaak? Sodra iemand soos Rob Bell wat die Bybelse leerstellings van Christus se maagedlike geboorte en die bestaan van die hel bevraagteken as ‘n suiwer evangelieprediker geprys word, dan’s daar groot fout. Paulus het nooit so-iets gedoen nie.

EkerkKommentaar deur Tom Lessing 2 ure gelede

“IS EKERK UITVERKOOP AAN CHRISTUS? Ja, Hy is die Een, die enigste Een! Hy IS en bly die regie roete Godwaarts!”

Wat my ietwat dronkslaan is dat Stephan ruiterlik erken dat Jesus die enigste Weg, Waarheid en Lewe is, maart og ontken hy dat Joh 14:6 die post-moderne mens kan oortuig dat Jesus inderdaad sê wie Hy is. Hy verklaar op e-church:

Don’t get me wrong — I believe John 14:6 with my whole heart: Jesus is the way, the truth and the life. He is the only One! But I also know that people who dont believe this will probably never be convinced if I Keep on providing them with unintelligible answers to even stranger questions. Their question to me/us would probably be something like: “Show me the money! Show me in your own life what it menas to follow Jesus, then we could probably have a conversation. Ist’s not so much our beliefs, but our integrity in terms of following Jesus in the smallest details of our lives through service, sacrifice, humility and generosity that will provide intelligible answers to the right questions here in our day.

Nie eens Jesus kon Jersualem oortuig dat Hy die Weg, Waarheid en lewe is met sy dienswerk en nederigheid nie (Matt 23:37). Wat laat ons dink dat ons dit kan doen? Selfs Alice Bailey, een van die voorbankers van die New Age, het verklaar dat dit ons diens, offervaardigheid, mildadigheid en nederigheid is wat ‘n verskil in die wereld maak. Dis nie wat die Bybel ons leer nie:

Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God [Rom 10:17]

EkerkKommentaar deur Tom Lessing 2 ure gelede

Daar’s een ding wat my van Stephan Joubert beïndruk en dit is dat hy nog altyd volgehou het dat om’n volgeling van Jesus te wees, beteken nie om Sondag na Sondag die kerkbanke vol te sit en met vroom gesig die belydenisskrifte op te sé nie. Julian Muller wat nie in ‘n letterlike nie maar ‘n metaforiese opstanding van Jesus glo, spog daarmee dat hy die geloofsbelydenis elke Sondag opsê (Matt 15:8).

Een van die mans wat saam met Jesus gekruisig is, het Hom tydens sy lewe nooit gevolg nie en tog het die Here hom gered. Waarom? Omdat sy krom en verdraaide siening rondom die leerstelling aangaande Jesus Christus uiteindelikvoor sy dood regestel is. Johannes, die apostel van liefde, het nie vernietgesé nie:

Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. [2 Jn 1:9]

Na aanleiding hiervan wil ek baie graag vir Stephan vra waarom hy tydens ‘n konferensie by die Mosaïek Kerk in Fairlands, Johannesburg gesé het: “Jesus never linked onto the priestly story” (Leviticus). Dis mos totaal ongehoord om so-iets te sé. Is die offers in Levitikus dan nie juis deur God ingestel om aan te dui op watter wyse en wat die betekenis is van Jesus Christus se kruisdood nie. Hoe kon HY hom daarvan distansieer (“not link Himself to it”) as Hy dit self ingestel het?

Ek glo nie die horlosie het 24 uur verbygetik nie toe ek verneem dat hulle my met welkome verligting vir ewig en altoos van hulle webblad verban het. So lyk die verbannings kennisgewing.

E-kerk banneling

Ek glo vas dat hulle my inderdaad wederegtelik verban het. Al wat ek gedoen het was om Stephan woord vir woord aan te haal en met opregtheid vir hom te vra om daarop the reageer. Gewoonlik is die antwoord: “Jy het my uit konteks aangehaal.” Dit was ook Julian Muller se “famous” woorde toe hy Sarel van der Merwe se video “Nuwe Strominge in the Teologie” gekritiseer het. Ek kon nog nooit verstaan waarom hierdie ouens vir jou kwaad word wanneer jy hulle eie woorde herhaal en aanhaal nie. Ons leer uit die mond van die Here Jesus dat:-

. . . van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag. Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word. [Mat 12:36-37]

Ook hulle sal eendag voor die regterstoel van Jesus moet staan om verantwoording te doen vir die dinge wat hulle gesê het. Ek kan maar net raai wat hulle vir Jesus gaan sê wanneer HY hulle gaan herinner wat hulle op daardie dag, op daardie uur en op daardie minuut gesê het.

Nee wag so ‘n bietjie, Jesus. Dis darem nou nie “fair” om my buite konteks aan te haal nie. Het Paulus dan nie ook self die heidense Griekse digters aangehaal om vir hulle te vertel dat U die onbekende God is nie?

Ek kry toenemend die indruk dat Stephan Joubert nie vir Jesus nie maar vir Leonard Sweet volg want wat hy ookal doen en sê so doen en sê hy hom presies agterna.

Lennie en Stephan

Lennie: Kom Stephan, volg my. Die "Emergent Church" is reeds verouderd. Ons moet iets nuuts vind soos die ouens daar in Handelinge 17

Sorry, the comment form is closed at this time.

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.