Johannes 8:1-11 En vroeg in die môre het Hy weer in die tempel gegaan, en al die mense het na Hom gekom, en Hy het gaan sit en hulle geleer. En die skrifgeleerdes en die
Fariseërs het ‘n vrou wat in egbreuk betrap was, na Hom gebring. En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op ‘n daad van egbreuk betrap; en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U? En dit het hulle gesê om Hom te versoek, sodat hulle iets kon hê om Hom te beskuldig; maar Jesus het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe. Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste ‘n klip op haar gooi. En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe. En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het. En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie? En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.
Miskien het u ook al gewonder waarom Jesus hurkend op die grond begin skryf het toe die Fariseërs en die skrifgeleerdes ‘n owerspelige vrou na Hom gebring het. Sommiges beweer Hy het dit gedoen om die Fariseërs en die Skriggeleelerdes te herinner dat watter sonde die mens ookal doen — sy dit in die daad of in die gedgates is — dit in ‘n boek in die hemel opgeskryf word en dat dit in die oordeelsdag tevoorskyn gehaal gaan word as bewysstuk teen die oortreders. Om hulle standpunt te staaf, verwys hulle na die gedeelte in die Skrif wat sê dat “die skuldbrief teen ons [al die gelowiges], wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael (Kolossense 2:14). Daarom kon Paulus jubelend in Romeine 8 skryf:
Romeine 8: 1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
Ander beweer weer dat Jesus die Fariseërs en die skrifgeleerdes se dwaasheid om Moses se wette met haat en agressie te handhaaf, aan die kaak wou stel en dusdoende hulle eie bose harte vir hulle oopvlek. Diegene wat hierdie standpunt voorhou, beweer dat Hy verwys het na Spreuke 27:3 soos dit neergepen is deur ‘n man wat self ook ‘n goddelose, afgodiese en owerspelige lewe gelei het.
Spreuke 27:3 Klip en sand is swaar om te dra, maar die ergernis wat ‘n dwaas veroorsaak, is swaarder as altwee.
Die Amplified Bible stel dit soos volg:
Stone is heavy and sand weighty, but a fool’s [unreasoning] wrath is heavier and more intolerable than both of them
Hoe dit ookal sy, ek wil u nooi om gou saam met my in die geestesoog terug te gaan na dié dag toe Jesus Christus, die enigste Verlosser van die mensdom, met sy vinger op die grond geskryf het.
‘n Tengerige vrou word huilend en strompelend voor ‘n skree-mal en jouende klomp mans uitgejaag. Elkeen het ‘n swaar klip in albei die hande en hulle brand behoorlik in hulle ywer vir Moses en sy wette om dit met die bloed van die hoer te bevlek. “Weg met haar! Sy is ‘n skandvlek op ons en die wette van Moses!” skree hulle bokant hulle stemme uit. Die vrou se handpalms en knieë bloei reeds soos sy telkens val en hande-viervoet probeer wegkom van die woedende skare, maar die twee voorste Fariseërs gryp in reëlmaat haar polse stewig vas sodat sy hulle nie kan ontvlug nie. Die wete dat haar man tussen die skare is en moontlik ook klippe dra om haar lewe te neem, sny soos ‘n mes deur haar hart. Skielik sien sy die Man na wie hulle haar gedra-sleep het en soos ‘n hond aangejaag het in die tempel tussen ‘n klompie mense sit. Tot haar eie verbasing is sy nie meer bang nie. Sy vriendelike dog gesaghebbende stem bring ‘n kalmte oor haar wat sy nie kan verstaan nie. Dan word sy weer deur ‘n skel stem teruggeruk na die werklikheid wat hoogdrawend en met gemaakte gesag sê “Meester, hierdie vrou se man het haar met ‘n ander man betrap en in gehoorsaamheid aan die wet van Moses na ons gekom om haar aan te kla. Sy verdien die dood want Moses het beveel dat sulke vrouens gestenig moet word. In sy ywer om Moses te eer, het hy vergeet dat die wet ook vir mans geld en nie net vrouens nie en hoogdrawend gevra “ Wat sê U?”
“Aha! Nou het ons Hom,” dink hulle met handevryf-genoegdoening. “Ons het Hom in ‘n hoek gedryf waaruit Hy hom nie sal kan loswikkel nie, en dit is vir ons die bewys dat Hyself, nes hierdie owerspelige vrou, die dood verdien.” “Aha” dink hulle, “Kyk! Hy kan ons nie antwoord nie. Is dit al wat Hy kan doen . . . om af te buk en verleë met sy vinger op die grond te krabbel?” “Toe sê vir ons” vra hulle weer en weer en weer om Hom in ‘n hoek te drywe. Dan kom die antwoord soos ‘n skerp tweesnydende swaard uit sy mond: “Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste ‘n klip op haar gooi.” ‘n Doodse stille volg wanneer elkeen se gedagtes op onverklaarbare wyse ingekeer en omgekeer word; hulle aandag is nie meer op die slegte vrou gevestig nie maar hulle eie gedagtewêreld. “Ek het net gister met smaak en wellus na ‘n mooi vrou gekyk terwyl ek besig was om God in die tempel te dien,” dink die een. “Maar dit kan tog sekerlik nie sonde wees nie al het hierdie Persoon wat ons as Meester aanspreek op ‘n dag gesê het dat ‘n enkele wellustige blik op ‘n vrou netso goed soos die daad is.” Geeneen van die mans wat met klippe in hulle hande staan, kon dit ontken nie, ook nie die owerspelige vrou se man nie. Hulle was al almal aandadig aan hierde stille, geheime en interne ou sondetjie, maar nouja, hoe sal ons nou weet as Moses net gesê het dat sulke vroue gestenig moet word en die mans daarvan gevrywaar word.
Jesus het nie weer iets gesê nie; Hy het klaargepraat, weer afgebuk en op die grond begin skrywe want dit wat Hy gesê het was genoeg om elke selfregverdigmakende mens se mond te snoer. Toe hulle dit hoor, kla hulle “mooi” en “skoon” Fariseïese gewetens hulle aan en hulle draai een vir een om en gaan weg. Ja! Die hele ou spulletjie kon soos een man omgedraai en weggeaan het, maar hulle het een vir een weggegaan. Terwyl die een omgedraai en weggegaan het, het die ander nog bly staan omdat hulle darem eers seker wou maak of hulle wel in die verlede gesondig het en of hulle sondes netso groot en doodsverdiend was as die sonde van die vrou. “Ja, ek het dit of dat gedoen, maar dit of dat is darem nie so erg soos owerspel nie,” dink hulle.
Die allerversriklikste en hartseerste ding omtrent hierdie episode in die lewe van onse Here Jesus, is dat almal wat die vrou dood wou hê, kragdadig deur Jesus oortuig was van hulle eie sondes maar nie een van hulle — nie ‘n enkele een van hulle — het bly staan om by Jesus om genade te pleit vir hulle redding nie. Hulle het een vir een omgedraai en weggegaan, waarsklynlik om nooit weer by Hom uit te kom nie. Hoekom . . . .? Die antwoord hierop is dat hulle die owerspelige daad van die vrou en haar oortreding van die wette van Moses maar net as ‘n rookskerm wou gebruik om Jesus Christus te beskuldig en uiteindelik om die lewe te bring. Ja! Natuurlik het sulke dinge soos selfveronsuldiging, selfregverdigmaking en ‘n roemryke selfvoldaanheid in hulle skynbare onderhouding van Moses se wette ‘n rol gespeel, maar die eintlike rede was om hulle Messias te pootjie sodat Hy ook ‘n misstap teen Moses se wette moes begaan, hoofsaaklik met die doel om Hom te kan beskuldig en dood te maak. Hulle het omgedraai en weggestap om maar net weer ‘n nuwe plan van aksie teen Hom te smee. Die enigste persoon wat bly staan het, was die owerspelige vrou. Streng gesproke moes sy ook, hoewel sy die slagoffer was in hierdie verhaal, omgedraai en weggegaan het omdat ook sy deur haar gewete aangekla is van haar eie sondes en oortredige. Nee! Dié slagoffer was die enigste een wat agtergebly het. Sy het geweet en ervaar dat hierdie Man wat hulle hul Meester genoem het maar nie as hulle Meester geëer en gehoorsaam het nie, iets vir haar kon doen — iets wat ewigheidswaarde het en toe Hy opkyk vra Hy haar: “Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie? En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.” Hy, die enigste Persoon wat kan en mag veroordeel, het haar nie veroordeel nie. Hy het haar vrygespreek en vrygemaak van haar sonde en die smet van haar sondes en haar opdrag gegee om nie meer te sondig nie.
Niks het sedertdien verander nie. In baie godsdienstige kringe word die vrou veel makliker van die oortreding van hulle wette en reëls beskuldig terwyl die mans dikwels ligter daarvan afkom of selfs nie eens dieselfde strawwe verduur nie. Die volgende berig het onlangs op die webblad Radio Islam verskyn:
A religious court in Malaysia has sentenced a Singapore model to six strokes of the cane for drinking beer in a nightclub. Kartika Sari Dewi Shukarno, has pleaded guilty to consuming alcohol at a hotel nightclub last year. The Sharia High Court judge Abdul Rahman Yunus says the sentence is fair. He says “The cane is aimed at making the accused repent and serves as a lesson to Muslims. Malaysia, operates a two-track legal system. Civil courts function alongside state-based sharia courts, which can try Muslims for religious offences.
Die regter het geen ander keuse gehad om die vrou so ‘n vernerende straf op te lê nie, in die eerste plek omdat die hof waarin sy gevonnis is ‘n religieuse hof is en tweedens omdat die Qur’an en Mohammed mans toestemming verleen om hulle vrouens te slaan. Terwyl die Nuwe Testament (in Efesiërs 5) mans opdrag gee om hulle vrouens life te hê, selfs tot die mate dat hy bereid moet wees om sy lewe vir haar af te lê soos Jesus sy lewe vir ons afgelê het, verklaar die Qur’an sonder omhaal dat die mans hulle vrouens mag tugtig sodra hulle enige tekens van ongehoorsaamheid toon.
In Surah 4:34 staan daar geskrywe:
As for these from women, fear rebellion, admonish them and banish them to beds apart and sourge them.” *
In die Yusuf Ali vertaling lui dieselfde vers onder die opskrif Surah 4. An Nisa’ (Women). In the name of Allah, most gracious, most merciful as volg
As to those women on whose part ye fear disloyalty and ill-conduct, admonish them (first), (Next), refuse to share their beds, (And last) beat them (lightly); but if they return to obedience, seek not against them Means (of annoyance): For Allah is Most High, great (above you all). (Klem bygevoeg)
Dis duidelik dat die word “lightly” later ingevoeg is om die straf wat mans hulle vroue mag toedien, te versag. Maar skynbaar was hierdie slanery nie so ligtelik toegedien toe Islam in sy beginstadia was nie. Daar’s ‘n bekende insident wat al die Moslem geskiedskrywers aanhaal (verwys na Imam al-Nawawi: Riyad al-Salihin, “The Orchards of Righteous Men.” P. 107-108.)
“Umar Ibn al-Khattab came to Muhammad saying, ‘Women have dared to disobey husbands.’ He allowed their husbands to scourge them. Many women approached Muhammad complaining against their husbands because Muhammad received a verse for the Qur’an which commands their husbands to scourcge them.” * (Klem bygevoeg).
In die Kash-shaf (the revealer) deur al-Zamakhshari (Vol. 1, p. 525), lees ons die volgende skokkende openbaring:
On the authority of Muhammad (peace and blessing of Allah be upon him), he said: ‘Hang up your scourge in a place where your wife (or wives) can see it.’ * (Klem bygevoeg)
Ook op die gesag van Asmaa die dogter van Abu Bakr El Sedik, lees ons die volgende:
“I was the fourth wife (among four) of al-Zabauyr Ibn al-Awwam. Whenever he became angry at one of us he struck us with a hook rod until it was broken.” *(Klem bygevoeg).
Baie hedendaagse Moslemskrywers beaam hierdie optrede teen vrouens. In die boek, “You ask an Islam Answers” (p.94 bevoorbeeld), sê Abdul-Latif Mushtahiri die volgende:
“If admonishing and sexual desertion fail to bring forth results and the woman is of a cold and stubborn type, the Qur’an bestows on the man the right to straighten her out by way of punishment and beating provided he does not break her bones nor shed her blood. Many a wife belongs to this querulous type and requires this sort of punishment to bring her to her senses.” * (Klem bygevooeg) (As die mans in die Qur’an die reg gegun word om hulle vrouens te slaan maar slegs ligtelik dan is dit mos nie nodig om ‘n addendum by te voeg wat sê dat hulle net nie hulle bene moet breek of bloed sort nie. Dan moes dit eerder soos volg bewoord gewees het: Die Qur’an verleen aan die mans die reg om hulle ongehoorsame vrouens ‘n les the leer deur hulle ligtelik te slaan maar hulle moet versigtig wees om nie hulle bene te breek of bloed te stort nie.)
In sy boek, The Inidividual Guarantee in the Islamic Law” (p. 63), sê Ahmad Ahmad,’n professor aan die regskollege van die Universiteit van Qatar, die volgende onder die titel Family Problems and Solutions.
“If a woman is afraid that her husband may turn away from her or detest her, she will hasten to bring understanding and reconciliation. But if the husband is afraid that his wife may rebel against him, he hastens to bring mutual understanding by means of exhortation, then by abandonment of the bed, then by scourging which deters.” * (Klem bygevoeg).
Volgens die Qur’an het Allah die man as heerser oor die vrou aangestel, omdat hulle ‘n trappie hoër en beter is as vrouens. Op bladsy 79 verklaar die Jalalan:
“Men have been given authority over women to discipline and control them by the merits of knowledge, intelligence and custody, etc., which God bestowed on some over others.” *
Op bladsy 11 sê die Jalalan:
God preferred men over women, and the reason for the bestowing on this verse (4:34) is a well-known episode which says that a man from the helpers beat his wife, whose name was habiba, the daughter of Zayd. Her father took her to the apostle of God (to complain). Muhammad said: ‘Let us punish him.’ But God sent down this verse 4:34. The woman returned home without having her husband punished. Muhammad said: ‘I intended to do something (that is, to punish the man), but God willed otherwise, and what God wills is better.’” * (Klem bygevoeg).
Wat die ware God en Vader van Jesus Christus werklik wil hê, is om mans en vrouens, soos die vrou wat in sonde betrap is, vry te maak van hulle sondes en hulle weg te stuur met die vermaning om nie weer te sondig nie. Hy het onder geen omstandighede die man oor die vrou aangestel as ‘n superlatiewe wese nie en nog minder het hy die man die reg gegee om sy vrou te slaan of the mishandel. En dan wil baie sg. Christene jou wysmaak dat die God van die Bybel en Allah een en dieselfde God is? ‘n Armsalige en beteuterde Biskop van die Roomse Kerk in Amsterdam, Martinus Muskens, het onlangs versoek dat Christene na God moet begin verwys as Allah omdat dit kwansuis die verhouding tussen “Christene” en Moslems sal verbeter. Dink hy werklik die Moslems gaan die gedeeltes wat Allah vir Mohammad gegee het om in die Qur’an op te skryf waarin hulle aangesê word om Jode en Christene dood te maak, verwyder? Die man is voorwaar “in sy bol gepik.”. Radio Islam het hierdie storie baie gou opgetel en dit in hulle Latest News kolom geplaas.
Hennie Stander het natuurlik weer eens die hele debakel rondom die openbare geseling van ‘n 32-jarige Islamitiese vrou, Kartika Shukarno, versag, netsoos hy die onthoofding van Christene in Somalië onderspeel het. Hennie skryf:
Ek neem aan dat een en elkeen in SA hierdie wandaad teenoor hierdie vrou sal veroordeel. Ek het nogal gewonder hoe voel die Moslems in SA hieroor. Maar ek neem aan dat ook hulle dit sal veroordeel. Alhoewel sekere politici en vroueregtegroepe in Maleisië kritiek uitgespreek het teenoor die straf, is daar tog baie mense in Maleisië wat dit goedkeur, en dink dat dit alles reg is dat sy met ’n rottang geslaan word omdat sy oortree het. Dit is darem snaaks tot watter mate ’n mens beïnvloed word deur die gemeenskap waarbinne jy jou bevind. Solank jy binne ’n situasie is, is dit baie moeilik om objektief van ’n afstand na ’n saak te kyk. Dit is hoekom dit altyd vir my lekker is om ’n rukkie in die buiteland te kom en net weer van ’n afstand af na ons eie land te kyk. Dit gee weer vir ’n mens soveel ander perspektiewe.
Nee Hennie, my ou vriend, die Moslems in Suid-Afrika is nie anders as die Moslems in Moslemlande nie en sal NIE die wrede geseling van ‘n weerlose Moslem vrou in die openbaar teenstaan nie maar dit eerder terdeë goedkeur. Die rede hiervoor is eenvoudig. Soos die regter wat die wrede straf opgelê het geen ander keuse gehad het nie, netso moet alle Moslems dit goedkeur want as hulle dit nie doen nie bring hulle oneer op die name van Allah, sy profeet, Muhammad en die Qur’an, en veral omdat “what God wills is better” hulle finale riglyn is. Jy slaan die bal ook ver mis wanneer jy beweer dat die gemeenskap waarbinne jy jou bevind jou handelinge en leefwyse bepaal. Die gemeenskap se lewens, wêreld en godsbeskouing word bepaal deur die godsdiens wat hulle bedryf, wat op sy beurt weer bepaal word deur die geskrifte van ‘n gemeeskap se godsdiens, in hierdie geval, die Qur’an. Die Christene wat in Somalië deur die al-shahaab Moslems vermoor is, was getroue Moselms totdat hulle Jesus Christus as hulle enigste Verlosser ontmoet het. Daar was dus ‘n tydstip in hulle lewens toe hulle in ‘n regstreekse botsing met hulle Moslemgemeenskap gekom het en het as gevolg daarvan met hulle lewens geboet. Spaar maar gerus jou geld want jy het nie nodig om jou land te verlaat om ander perspektiewe op jou land te kry nie. As ‘n deurwinterde akademikus behoort jy te weet dat jy midde in ‘n gemeenskap en hulle omstandighede moet wees om gesonde perspektiewe daarop te kry. Miskien moet jy jou eie raad navolg en “probeer vir ’n slag om buite jou situasie te staan en objektief na jou eie optrede in ’n bepaalde situasie te kyk.” Dan sal jy ‘n geheel ander perspektief kry op die geweldige stryd wat tans in Moslemklande aan die gang is vir die kosbare siele van mense.
‘n Belangrike naskrif:
Onthou gerus ook maar om jou biertjie en jou wyntjie te geniet want sodra die Moslems hulle shariawette in Suid-Afrika begin afdwing, sal jy nie meer langer jou plesiertjies kan geniet nie. En moenie dink die 70 tot 80% sg. Christene gaan jou help nie. Die meerderheid van hulle wat desesdae verstrengel geraak het in die goddelose Ontluikende kerk volg manne na wat die Moslems se Ramadanfeeste en Bhoedistiese konferensies ewe lustig bywoon. Hulle name is onderskeidelik Brian McLaren en Rob Bell.
——————————————————————————-
* Soos aangehaal in Beyond the Veil, Unmasking Islam deur Abd El Schafi, Pioneer Book Company 2001