Waak en Bid / Watch and Pray

omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie / for ye know not when the time is (Mark 13:33)

Posts Tagged ‘Antichris’

Wat is waarheid?

Posted by Thomas on October 31, 2009

Pilatus het hierdie vraag aan die Here Jesus op die vooraand van sy kruisiging gestel nadat die gesprek soos volg tussen hulle verloop het:

Johannes 18:33-38 Pilatus gaan toe weer in die goewerneur se paleis en roep Jesus en sê vir Hom: Is U die Koning van die Jode? Jesus antwoord hom: Sê u dit uit uself, of het ander u dit van My gesê? Pilatus antwoord: Is ek dan ‘n Jood? U volk en die owerpriesters het U aan my oorgelewer. Wat het U gedoen? Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie. Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog ‘n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek ‘n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem. Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? En toe hy dit gesê het, gaan hy weer uit na die Jode en sê vir hulle: Ek vind geen skuld in Hom nie. (Klem bygevoeg)

stephan-joubertKom ons wees sommer wansuit eerlik met mekaar en verklaar onomwonde dat enigeen wat daarop aanspraak maak dat hy die Here Jesus liefhet en hom volg maar versuim om netsoos HY vir SY waarheid (leerstellings, dogmas, doktrines) te getuig. is besig om homself te bedrieg. So’n persoon kan ‘n duisend keer op ‘n dag sê “Ek is ‘n volgeling van Jesus” maar as hy of sy, SY waarheid nie liefhet nie en nie vir SY waarheid getuig soos Hy dit self gedoen het nie, is besig om ‘n ander Jesus te volg. Ons leef in tye waar daar geweldig baie klem gelê word op liefde, verhoudings, onderlinge gesprek, verdraagsaamheid, barmhartigheid en respek (veral t.o.v. die onderskeie godsdienste in die wêreld), maar hierdie dinge word nagejaag ten koste van die waarheid soos ons in in God se Woord vind. Gevolglik word die waarheid waarvoor Jesus Chirstus as ‘n getuie mens geword en aarde toe gekom het in repies geskeur en in die snippermandjie gegooi. Enigeen wat in gehoorsaamheid vir Jesus Christus se waarheid wil getuig word sonder seremonie as liefdelose, arrogante fundamentaliste bestempel omdat hulle kwansuis veroordelend pleks van liefdevol optree.

WaarheidDis opmerklik dat Pilatus nie gewag het op ‘n antwoord van die Here Jesus nie, maar hom onmiddellik tot die Joodse gespuis gewend het om SY onskuld te verklaar maar ook om Hom in deselfde asem te verdoem deur Hom gerieflikheidshalwe in hulle hande oor te lewer. Ek verstout my deur te sê dat Stephan Joubert waarskynlik ‘n baie beter joppie sou doen om aan Pilatus te verduidelik wat waarheid is. Ek sê dit op grond van sy onlangse relaas oor wat hy as waarheid definieer op e-kerk se webblad. Kom ons wees gehoorsaam aan die Here Jesus, van wie Stpehan getuig dat Hy die essensie van warheid is, en stel alles wat hy op die webblad kwytgeraak het aan die hand van die Skrif op die proef om vas te stel of sy woorde uit God is, al dan nie.

Stephan begin deur te sê:

Die waarheid is nie proposisies, leerstukke, belydenisse of teologiese geskrifte nie. (Klem bygevoeg)

Stephan, soos die meeste ander ontluikende Kerk leiers, is ‘n baie goeie naprater. Trouens, hy gebruik  soms presies dieselfde woorde om sy idees oor te dra.

The truth of the Bible, like any truth, is not best seen ‘objectively’ . . . Where, then can I find authority that I can be sure of? Since God is (by and large) invisible, we are left with ordinary people holding a book. As we had said before, we cannot simply ‘go to the book.’ Truth cannot properly reside as a mere proposition on a paper. Truth lives in persons and relationships.” (Klem bygevoeg). Neil Livingstone

Indien dit nie nodig was om die waarheid in leerstukke (leerstellings, dogmas of dokrines) neer te skryf en in geskriffte saam te vat nie, sou die Here waarskynlik nooit sy eie gekose profete en apostels geïnspireer het om SY waarheid in 66 boeke op te skryf nie. Ons sou dus vandag geen geskrewe bewyse gehad het oor die kernleerstellings rondom Christus se maagdelike geboorte, sy fisieke kruisging, sy fisieke opstanding uit die dood en sy hemelvaart nie. Wat sê die Woord van God — die WAARHEID waarvoor die Here Jesus aarde toe gekom het om ‘n getuienis te wees.

1 Johannes 5: 13 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.

2 Timotheus 3:16 en 17 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Dit is die geskrewe Woord, ‘n samevatting van God se leerstellings, wat God se kinders die sekerheid gee dat hulle nou reeds die ewige lewe as ‘n onontneembare werklikheid besit. Dis vir my tog te ironies dat almal, sekerlik ook Stephan Joubert, aanvaar dat ons land se wetgewing en konstitusie as geskrewe dokument bindend en geldend is vir alle burgers, maar sodra diie Woord van God se wetgewing en leerstellings ter sprake kom, kan ons maar daarmee maak wat ons wil. Dit sou voorwaar dom wees om van die land se burgers te verwag om binne die land se konstitusionele ordeningstukture te lewe as dit nie in ‘n algemeen geldende dokument saamgevat was nie. Objektiewe “kopgimnastiek” is miskien nie die uiteindelike doelwit nie maar dit is beslis die beginpunt vir ‘n lewe van gehoorsaamheid aan God en sy leerstellings. Jesus het dan self gesê: “En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het”  (Johannes 17: 3). Hoe sou ons ooit vir God en sy Seun leer ken as ons nie hulle leerstellings in ‘n leerstuk (die Bybel) beskikbaar gehad het nie. Maar nouja, wanneer Stephan later sê “Sy Waarheid word geleef, gedoen, gesien, gevoel. Hierdie Waarheid gaan veel meer oor die lewe as oor leerstukke” bedoel hy maar eintlik dat die Bybel nie ‘n geslote kanon is nie, maar dat elkeen se persoonlike spirituele reis, gesprekke (“converstations”) en mistieke ervaringe ‘n bydrae maak tot die voorgesette en voortdurende beskrywing, herskrywing en by-skrywing van die Bybel. Dit is dus ‘n “lewende boek” (“open-ended book”) wat nog nie klaar geskrywe is nie.

The Bible is not considered an accurate, absolute, authoritative, or authoritarian source but a book to be experienced and one experience can be as valid as any other can. Experience, dialogue, feelings, and conversations are equated with Scripture while certitude, authority, and doctrine are to be eschewed! No doctrines are to be absolute and truth or doctrine must be considered only with personal experiences, traditions, historical perspectives, etc. The Bible is not an answer book. (Brian, McLaren, A New Kind of Christianity, p. 52.)

EC leader Tony Jones, youth speaker and National Coordinator of Emergent Village, declared, “I am quite convinced that the Bible is a subversive text, that it constantly undermines our assumptions, transgresses our boundaries, and subverts our comforts. This may sound like academic mumbo-jumbo, but I really mean it. I think the Bible is a f***ing scary book (pardon my French, but that’s the only way I know how to convey how strongly I feel about this.)”(Tony Jones,Why is the Emerging Church drawn to deconstructive theology?, The church and postmodern culture: Conversation website, 3-26-2007.) Lees hier. (Klem bygevoeg)

Tony Jones se uit die hel aangesteekte uitspraak dat die Bybel hulle grense oorskry en hulle gemaksug ondermyn, laat my dink aan Psalm 2

Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle. Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik. (Klem bygevoeg)

Het dit nie tyd geword dat Stephan Joubert en sy e-kerk boeties ronduit vir ons sê waar hulle staan t.o.v. sulke sataniese uitlatings nie? Het dit nie tyd geword vir julle om die Ontluikende Kerk leierfigure soos Tony Jones, Brian McLaren, Rob Bell, en Leonard Sweet soos manlike mans in die openbaar te repudieer nie  . . . of moet ons aanvaar dat hierdie klomp God-haters se integriteit en aansien vir julle belangriker is as die allerheiligste Naam van Jesus Christus? Beteken julle vriendskap en broederskap met hierdie valse apostels en profete vir julle meer as julle volgeling-verhouding met Jesus Christus? Hoe kan ons aanvaar dat julle waarlik gered is as julle onbeskaamd voortploeter om hulle lof te besing terwyl hulle God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees se ewige en onveranderlike leerstellings in die Bybel bespot? Die Here sê tog uitdruklik in 2 Johannes 9 dat enigiemand wat nie bly in die leer van Christus nie, nie gered is nie, en tog hou jy, Stephan Joubert, en jou boeties nog steeds vol dat hulle ware en tere kinders van die Here is.

Ons sou vandag die ellendigste van mense wees indien God sou versuim om sy leerstellings m.b.t. die wedergeboorte, heiligmaking en die ewige lewe in sy Woord laat opteken het nie. Selfs ook die feit dat die Here Jesus die essensie van waarheid is, sou vir ons onbekend wees indien dit nie as ‘n leerstelling in ‘n teologiese boek soos die Bybel vir ons opgeteken was nie. Waar anders sou Stephan Joubert leer dat die waarheid ‘n persoon is en dat sy Naam Christus is? Jy kan nie ‘n enkele leerstelling soos dat Jesus die eesensie van waarheid is uit ‘n leerstellige boek soos die Bybel aanvaar nie sonder om ook ander leersstellige waarhede, ook uit ‘n teologiese geskrif soos die Bybel, te aanvaar nie. Dis egter tragies dat Stephan nie die rede waarom Christus die waarheid is volledig aanhaal nie. Hy is nie net die essensie van Waarheid nie, maar ook die enigste Weg en die Lewe na God die Vader. Hy is dus die enigste Waarheid omdat Hy terselfdetyd ook die enigste Weg en Lewe na die Vader is. Waarom versnipper Stephan Joubert Johannes 14:6 op so ‘n onvanpaste wyse? Is dit nie miskien omdat hy al in die verlede verklaar het dat daar ook waarhede in ander godsdienste soos die Boeddhisme en selfs in die ateïsme is nie? Wil hy daarmee te kenne gee dat jy Jesus, die essensie van waarheid, ook in ander godsdienste kan vind op voorwaarde dat jy sy essensiële eienskappe soos dat Hy ook die enigste Weg en Lewe is, weglaat?

Die Ontluikende Kerk plaas geweldig baie klem op barmhartigheidswerk, veral onder die armes en die verstotelinge, maar in 2 Timotheus 3: 16 en 17 sien ons baie duidelik dat as jy nie die hele Skrif as ‘n nuttige leerstuk beskou om leuens te weerlê, die afvalliges tereg te wys en hulle in die geregtigheid te onderlê nie, beteken jou goeie werke net mooi niks nie. Dis dan ook om hierdie rede dat die Here Jesus gebid het; “Heilig hulle in U waarheid; U Woord (leerstellige geskrifte) is die waarheid” (Johannes 17: 17). Heiligmaking word dus pertinent deur God se leerstukke in sy Woord bewerkstellig en nie deur goeie werke nie.

Stephan Joubert sê voorts:

Waarheid is nie objektiewe kennis wat in kerklike dokumente of teologiese laaie weggepak is wat mens na willekeur daar kan uithaal en objektief bespreek nie. Waarheid is nie blote kop-gimnastiek nie. Sulke soort waarheid kos jou nie veel nie.

Toegegee, waarheid wat stof in laaie of op rakke versamel beteken ook niks nie. Leerstellige waarhede wat jy alleen in God se Woord kan opdiep, moet in jou daaglikse lewenswandel ‘n werklikheid wees; dit moet jou hele uitkyk op God, jouself, die wêreld en veral ook die onglowiges in ander godsdienste sodanig moduleer dat jy daarna kyk volgens God se perspektiewe en nie jou eie vooropgestelde idees nie. Stephan het nog altyd die noodsaaklikheid en die belang van kosteberekning in die beoefening van die waarheid beklemtoon. Kosteberekning kom daarop neer dat elke Christen stil moet gaan sit om te besluit of hy werklik bereid is om “na Hom te gaan buite die laer om sy smaad te dra.” (Hebreërs 13:13). Wat is hierdie smaad? Christene wat dit hulle erns maak om die Here Jesus te volg al sou dit ook hulle lewens kos, moet verwag om die smaad en die hoon van hulle eie familielede, vriende, kollegas, mede-Christene, en kerkgenote te verduur. Hierdie smaad en hoon word hulle deel, veral wanneer hulle hard stry vir die leerstellings wat eenmaal deur die apostels aan ons oorgelewer is (Judas 1:3). U kan maar verseker weet dat as Jesus Christus wat aarde toe gekom het om vir die waarheid te getuig ter wille van hierdie waarheid gekruisiig is, gaan elkeen wat ook bereid is om vir dieselfde waarheid te getuig ook verguis, vervolg, verneder en selfs doodgemaak word (soos diit tans in baie lande die geval is). Dis die prys wat elke ware volgeling van Jesus besreid moet wees om te betaal.

Ek het eintlik nog nooit hierdie tipe kosteberekening om Jesus se smaad buitekant die laer te verra by Stephan Joubert of enige van sy mede-ontuikende broers gewaar nie. Trouens, van die toonaangewendste leierfigure wat nog steeds in Stephan Joubert se goeie boekies is, sê soms skreiend godddelose dinge sonder dat hy hulle in die openbaar repudieer, teregwys of ten minste so ‘n bietjie reghelp na aanleiding van 2 Timotheus 4: 1-3.

2 Timotheus 4:1-3 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: ver-kondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening. (Klem bygevoeg).

Indien die Evangelie van Jesus Christus die waarheid is, en ‘n mens sou nogal dink dat dit wel die waarheid is omdat Christus self verklaar het dat die waarheid die mens vrymaak, dan moet Stephan Joubert se ontluikende boeties besig wees om die waarheid te verkondig omdat hulle, volgens Stephan, die Evangelie in die wereld uitdra. Is dit die waarheid? Verkondig hulle werklikwaar die waarheid van die Evangelie. Stephan Joubert dink so.

Rob Bell — ek het hom al sien optree — baie keer. Hy stap op daai verhoog, met sy swart bril en sy weird klere en sy kitaar, maar as hy sy mond oopmaak dan is dit die Evangelie. Dieselfde met Dan Kimball. Ons sit en luister in Amerika, in Los Angeles, laasjaar en soos ek sê hierdie ou het nie een plek, het hy die Skrif oortree nie.  Hy sê “ek glo in die hel, letterlik.” “Ek glo in die opstanding, letterlik.” “Ek glo in die maagdelike geboorte.” “Ek dink homoseksualiteit is verkeerd.” Maar hy word beskou as die leier van die emerging church. Hy lyk net weird . . . . sulke mowhawk hare wat so staan. Dit lyk of daar een of ander, of iets in sy kop ontplof het. Maar dit is mense wat die vraag vra hoe gaan ek die wêreld in 2008, 2009, 2010 vir Jesus bereik? Maar moet ek die kerk transformeer op ’n nuwe manier?

Vir die waarheid om werklik waarheid te kan wees, moet dit onveranderlik, absoluut en onfeilbaar wees. Indien waarheid vandag so en more anders is, d.w.s. as waarheid sommer so goedmoeds aangepas of verander word om nuwe generasies en hulle behoeftes te akkomodeer, kan gister se waarheid hoegenaamd nie meer as die waarheid beskou word nie. Gister se waarheid sou dan nie meer betroubaar wees nie en indien gister se waarheid onbetroubaar is, sal vandag se waarheid oor ‘n klompie jare self ook onbetroubaar wees. Dis die einste rede waarom die ontluikende boeties en sussies voortdurend praat van hulle spirituele reis (“spiritual journey”), ‘n reis waarop hulle voortdurend soek na die waarheid. Brian McLaren sê “We need a new quest” bedoelende dat die ou waarhede uitgedien is.

Hoe dit ookal sy, Stephan Joubert stem blykbaar saam dat die waarheid onveranderlik moet wees want hy sê met oortuiging die volgende:

Maar is die waarheid net proposies, leerstukke en preke? Nee, die waarheid is ‘n persoon. Sy naam is Christus. Sy Waarheid is relasioneel, verhoudings-gedrewe. Sy Waarheid word geleef, gedoen, gesien, gevoel. Hierdie Waarheid gaan veel meer oor die lewe as oor leerstukke. Geen wonder nie dat die eerste volgelinge van Jesus “mense van die Weg” genoem is. Hulle het Waarheid geleef, Jesus se soort. (Klem bygevoeg)

Dit klink baie mooi en suiwer evangelies, maar dis beslis nie die waarheid nie. Christus Jesus het baie meer waarde geheg aan die waarheid van sy Evangelie as aan verhoudingsgedrewe relasies. Trouens Hyself het op ‘n kol baie duidelik gesê:

Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. (Klem bygevoeg).

Hoor u dit? Om enigiemand wat die Evangelie van Jesus Christus wil her-bedink of –oordink, wil herverwoord en “repaint,” as ware en suiwere evangelieverkondigers te loof en te prys, is nie besig om hulle verhouding met Jesus Christus te bou of te verstewig nie maar is juis besig om hulle verhouding met Hom te vernietig deur hulleself onwaardig te maak. Hulle heg meer waarde aan hulle verhouding met valse sg. evangelieverkondigers as aan Jesus Christus en sy waarheid. Hoe durf hulle dit doen as Jesus Christus self sy waarheid bokant sy eie Naam verhewe het?

Ps 138: 2 I will worship toward Your holy temple and praise Your name for Your loving-kindness and for Your truth and faithfulness; for You have exalted above all else Your name and Your word and You have magnified Your word above all Your name!

Indien Jesus Christus die waarheid is, en Hy IS inderdaad die waarheid, dan moet die waarheid ook ewigdurend onveranderlik, onbuigsaam, onfeilbaar en onaantasbaar wees omdat Jesus Christus gister en vandag en tot in alle ewigheid dieselfde is. En tog is Stephan Joubert en sy ontluikende boeties voortdurend besig om die Evangelie (die waarheid van God) te her-oordink (“re-think”), te herverwoord, en te “repaint” (soos Rob Bell dit in sy boek “Velvet Elvis” stel). Die spirituele reis waarop hulle hul begeef maak dat hulle voortdurend dinge verkondig wat hoegenaamd nie met die Woord van God ooreenkom nie. Hoe op deeske aarde kan Stephan Joubert in die openbaar in een van sy preke verklaar dat wanneer Rob Bell sy mond oopmaak dan is dit die Evangelie, as die man God se Woord (dié Woord wat die Evangelie van Jesus Christus bevat) verkleineer? Rob Bell het ‘n besondere lae dunk van die Woord van God. Syns insiens kan niemand met sekerheid sê “Ek ken die Here en sy waarheid” nie. Die beste wat ons kan doen is om inwaarts te keer en te luister na ons innerlike stem. Vir hom is die Bybel te misterieus om volledig verstaan te kan word.

“One of the great ‘theologians’ of our time, Sean Penn, put it this way: ‘When everything gets answered, it’s fake. The mystery is the truth. ”The mystery is the truth” (Velvet Elvis, p. 33).

“Jesus wants to heal our souls, wants to give us the shalom of God. And so we have to stop. We have to slow down. We have to sit still and stare out the window and let the engine come to an idle. We have to listen to what our inner voice is saying.” (Rob Bell: Velvet Elvis: Repainting the Christian Faith p. 118). (Emphasis added)

Een van die groot teoloë van ons tyd, Sean Penn, het dit so gestel: “Wanneer alles ‘n antwoord het, is dit ‘n namaaksel. Die misterie is die waarheid. “Die misterie is die waarheid.”

Jesus wil ons siele heelmaak, wil ons die shalom van God gee. En daarom moet ons stop. Ons moet ons pas verminder. Ons moet stilsit en by die venster uitstaar en die enjin laat luier. Ons moet luister na wat ons innerlike stem sê.” (Klem bygevoeg)

God sê tog baie duidelik dat “sy goddelike krag ons alles geskenk [het] wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug” (2 Petrus 1:3). Let asseblief daarop dat dit “deur die kennis van Hom” is dat sy kinders in staat gestel word om sy  godsvrug te belewe en uit te lewe. Dis nie iets hier binne-in onsself (die innerlike stem) waarna ons moet luister om die vrede van God en sy siels-helende werking te ervaar nie. Jou innerlike stem of intuitiewe waarneming is met een woord gesê onbetroubaar omdat jou hart bo alles bedrieglik en uiters verdorwe is m.d.g. dat jyself dit nie kan ken nie (Jeremia 17: 9). In weerwil hiervan, suggereer Rob Bell dat jou innerlike stem die medium is waardeur God ons siele wil heelmaak en ons die shalom (vrede) van God wil gee. Dit is niks anders as ‘n ander heils-evangelie nie (wat natuurlik nie, soos Paulus gesê het, bestaan nie – Galasiërs 1:6 en 7). Dit kom daarop neer dat jy jou heil in jouself moet soek deur die enjin so ‘n beitjie te laat “idle” sodat jy na jou innerlike stem kan luister. Is dit nie ironies nie? Rob Bell verruil God se Woord wat absoluut betroubaar is en ten volle aangeneem moet word (2 Timotheus 2:11) vir die “innerlike stem” wat geheel en al onbetroubaar is. Moet ons verbaas wees oor Rob Bell se onbybelse uitlatings? Hoegenaamd nie, veral nie wanneer ons in ag neem wat sy siening rondom die verkondiging en uitdra van die Evangelie van Jesus Christus is nie. Luister ‘n bietjie hierna:

“Oftentimes the Christian community has sent the message that we love people and build relationships in order to convert them to the Christian faith. So there is an agenda. And when there is an agenda, it isn’t really love, is it? It’s something else. We have to discover love, period. Love that loves because it is what Jesus teaches us to do. We have to surrender our agendas” (Velvet Elvis, p. 167).

Die Christen gemeesnkap het dikwels die boodskap uitgedra dat ons mense liefhet en verhoudings bou met die doel om hulle tot die Christelike geloof te bekeer. Daar is dus ‘n agenda. En wanneer daar ‘n agenda is is dit nie ware liefde nie, is dit? Dis iets anders. Ons moet liefde ontdek, punt. Liefde wat liefhet want dit is wat Jesus ons leer om te doen. Ons moet ons agendas prysgee.

Rob Bell het ‘n volkome skewe siening van wat ware liefde is. Maar, voordat ons sy baanbrekerswaarhede onder die loep neem wat, soos Stephan ons probeer oortuig, die suiwere Evanglie is sodra die man sy mond oopmaak, moet ons eers gaan kyk wat God sê:

2 Korinthiërs 5:11-14 Omdat ons dan die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig; maar voor God is ons openbaar, en ek hoop om ook in julle gewetens openbaar te wees. Want ons beveel ons nie weer by julle aan nie, maar ons gee julle aanleiding tot roem oor ons, sodat julle iets kan hê teenoor die wat hulle op die uiterlike beroem en nie op die hart nie. Want as ons uitsinnig is, is dit tot eer van God; en as ons by ons verstand is, is dit om julle ontwil. Want die liefde van Christus dring ons. (Klem bygevoeg)

Uit die bg. gedeelte is dit baie duidelik dat Paulus ‘n besondere agenda gehad het en daardie agenda was om mense te probeer oortuig om hulle tot die Here Jesus te bekeer omdat die liefde van Christus hom daartoe gedring het. Dit is uiters belangrik om te weet dat alleenlik diegene wat die vrees van die Here ken se kop reg opgeskroef sal wees om God se agenda van bekering, wederbaring en verlossing aan mense te verkondig. Hulle wat die vrees van die Here nie ken nie sal agendas, insluitende Paulus s’n, prysgee — en dit nogal ter wille van ‘n sg. liefde. Hoedat intelligente en hoogaangeskrewe mense soos Stephan Joubert sulke uitlatings as suiwer envangelie kan beskou, gaan ‘n mens se verstand te bowe. Dink ‘n bietjie daaraan, Rob Bell sê “Ons moet liefde ontdek – liefde wat liefhet want dit is wat Jesus ons leer om te doen.” Van watter Jesus praat hy? Dit kan beslis nie die Jesus van die Bybel wees nie. Paulus sê dat dit nie sy eie liefde is wat hom gedring het om mens met die Evangelie te bereik nie, maar die liefde van Christus (in Hom) wat hom daartoe gedring het. Dis dus ‘n liefde wat jy nie nodig het om nog te ontdek nie of waarvoor jy op ‘n eindelose spirituele reis moet gaan om dit te soek nie. Dis ‘n liefde wat nog altyd daar was omdat Jesus Christus gister en vandag en tot in alle ewigheid onveranderlik dieselfde is. Hy is die essensie van liefde en sy liefde kan jou alleenlik dring wanneer sy liefde in jou hart uitgestort is en dit geskied alleenlik by jou bekering. As jy nog nie tot bekering gekom het nie, sal jy beslis nog nie sy liefde in jou binneste ervaar nie en sal jy noodwendig op ‘n nimmereindigende reis moet gaan om ‘n ander soort “liefde” te ontdek, ‘n liefde wat God se agenda om mense te oortuig om hulle tot Hom te bekeer, eenkant skuiwe. En Stephan Joubert het die vermetelheid om in die openbaar te verklaar dat wanneer Rob Bell sy mond oopmaak, is dit die Evangelie en dat hy ‘n persoon is wat die vraag vra “hoe gaan ek die wêreld in 2008, 2009, 2010 vir Jesus bereik.” Vergeet dit! Hy sal nooit in der ewigheid ‘n enkele persoon vir Christus wen as hy Jesus, Paulus en die ander apostels se agenda om verlore sondaars tot bekering te lei, prysgee nie.

‘n Verkeerde sotereologie lei onomwonde tot ‘n verkeerde siening m.b.t. die ewigheidebestemming van gelowiges en ongelowiges asook ‘n onbybelse benadering tot die regverdige oordele van God. Die liefde wat Rob Bell sê ons moet ontdek, hou verband met sy siening oor die hemel en die hel. Die algemeen aanvaarde vooropstelling wat in baie geestelike kringe geld, is dat ‘n God van liefde nooit enige van sy skepsels ‘n ‘n verskriklike plek soos die hel, sal werp nie. Daarom probeer hulle voortdurend om die hel eerder op ‘n ander plek, soos hier op aarde, te lokaliseer. Rob Bell sê:

“Now if there is a life in heaven, and we can choose it, then there’s also another way. A way of living out of sync with how God created us to live. The word for this is hell: a way, a place, a realm absent of how God desires things to be. We can bring heaven to earth; we can bring hell to earth.

For Jesus, heaven and hell were present realities. Ways of living we can enter into here and now. He talked very little of the life beyond this one because he understood that the life beyond this one is a continuation of the kinds of choices we make here and now.

For Jesus, the question wasn’t, how do I get into heaven? But how do I bring heaven here? The question wasn’t, how do I get in there? But how do I get there, here?” (Velvet Elvis, p. 147).

Nou, as daar ‘n lewe in die hemel is, en ons kan dit kies, dan is daar ook ‘n ander weg, ‘n lewensweg wat nie in harmonie is met hoe God ons geskape het om te lewe nie. Die woord hiervoor is hel: a weg, ‘n plek, ‘n gebied waar God se begeertes vir dinge om te wees, afwesig is. Ons kan hemel op aarde bring; ons kan hel op aarde bring.

Vir Jesus was hemel en hel teenswoordige realiteite. Weë wat ons kan betree hier en nou. Hy het baie min oor die lewe anderkant hierdie een gepraat omdat Hy verstaan het dat die lewe anderkant hierdie een ‘n voortsetting is van die soort keuses wat ons hier en nou maak.

Vir Jesus as die vraag nie, hoe kom ek in die hemel? Maar hoe ek hemel hierheen bring? Die vraag was nie, hoe kom ek daar in nie? Maar hoedat ek hier daar uitkom?

Die Here Jesus het op ‘n dag gesê: “Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele” (Matteus 25: 41). As ons, soos Stephan Joubert, ons sou oorgee aan die Rob-Bell-hemel-en-hel-evangelie, dan moet ons glo dat die Here Jesus, deur wie alles ontstaan het (Johannes 1:3), so wrintie waar die aarde vir die duiwel en sy engele gemaak het. U sien, sodra ‘n mens sulke Bybel-vreemde opmerkings maak dan val ander gedeeltes in die Woord so gevaarlik uit plek dat dit in ‘n sirkus ontaard. Ja, ek word kwaad en ek het die reg om kwaad te word wanneer ek sien hoedat ons jongmense deur sulke snert mislei en verlei word. Hulle vergeet gerieflikheidshalwe Jesus se woorde in Matteus 18: “ . . . maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.” Rob Bell se heils-evangelie — dié een wat Stephan Joubert die ware Evangelie noem — berus op die soort keuses wat ons hierdie kant van die graf maak. As jy ‘n bietjie dieper delf, sal jy agterkom dat Rob Bell maar eintlik verwys na die Oosterse begrip van goeie en slegte karma.

Weer eens, enigiemand wat elke woord uit Rob Bell se mond as suiwer evangelie beskou, moet óf ‘n klap van die windmeul weghê óf moes reeds so ver van die Here af weggedryf het dat hy nie meer die ware evangelie van ‘n valse een kan onderskei nie. Trouens, die Woord van God waarsku baie ernstig teen die gevaar om al hoe verder en verder van die Here af weg te dryf.

Hebreërs 2:1-4 Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie. Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang het, hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het, terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?

Rob Bell dryf soms openlik die spot met die Evangelie van Jesus Christus. Hy skryf onder andere:

“The presentation often begins with sin and the condition of human beings, separated from God and without hope in the world. God then came up with a way to fix the problem by sending Jesus, who came to the world to give us a way out of the mess we find ourselves in. So if we were to draw a continuum of the story of the Bible, Jesus essentially shows up late in the game” (Velvet Elvis, p. 82).

Die aanbieding begin dikwels met sonde en die toestand van mense, geskei van God sonder hoop in die wêreld. God het toe met ‘n manier vorendag gekom deur Jesus te stuur wat na die wêreld gekom het om vir ons ‘n manier uit die gemors waarin ons ons bevind, te gee. As ons dus ‘n konrtinuüm van die verhaal van die Bybel moet deurtrek, dan het Jesus essensiëel laat in die spel opgedaag.

Volgens Rob Bell is God so ‘n bietjie onkant betrap deur die sondeval van die mens en het eers heelwat later in die konrtinuüm van die verhaal van die Bybel besluit om sy Seun te stuur, in die eerste plek nie om vir ons sondes aan die kruis te betaal nie maar om vir ons ‘n nuwe visie te gee omtrent die lewe wat ons met mekaar moet deel en om ons ‘n beter weg aan te dui vir die wêreld waarin ons lewe.

I’m part of this global, historic stream of people who believe that God has not left us alone but has been involved in human history from the beginning. People who believe that in Jesus, God came among us in a unique and powerful way, showing us a new kind of life. Giving each of us a new vision for our life together, for the world we live in” (Velvet Elvis, p. 12).

Ek is deel van hierdie globale, historiese stroom van mense wat glo dat God ons nie alleen gelaat het nie maar van die begin af betrokke was in die mens se geskiedenis. Mense wat glo dat God in Jesus op ‘n unieke en kragtige wyse onder ons kom woon het om ‘n nuwe soort lewe vir ons aan te dui, wat elkeen van ons ‘n nuwe visie vir ons lewens saam en vir die wêreld waarin ons lewe, te gee.

Die sg. herbeskildering van die Evangelie is nie om dowe neute nie. Die hele doel daaragter is om die mensdom en veral die vervalle Christendom voor te berei vir ‘n “Christus” wat ons ‘n nuwe visie sal gee om te leer hoe om met mekaar in vrede en harmonie saam te lewe en om die pad vorentoe vir ons aan te dui.

WHO IS THE CHRIST?

Throughout history, humanity’s evolution has been guided by a group of enlightened men, the Masters of Wisdom. They have remained largely in the remote desert and mountain places of earth, working mainly through their disciples who live openly in the world. This message of the Christ’s reappearance has been given primarily by such a disciple trained for his task for over 20 years.

At the centre of this Spiritual Hierrarchy stands the World Teacher, Lord Maitreya, known by Christians as the Christ. And as Christians await the Second Coming, so the Jews await the Messiah, the Bhuddists the fifth Buddha, the Moslims the Imam Mahdi, and the Hindus await Krishna. These are all names for one individual.

His presence in the world guarantees there will be no Third World War.

WHAT IS HE SAYING?

My task will be to show you how to live together peacefully as brothers. This is simpler than you imagine, My friends, for it requires only the acceptance of sharing.

How can you be content with the modes within which you now live: when millions starve and die in squalor; when the rich parade their wealth before the poor; when each man is his neighbor’s enemy; when no man trusts his brother?

Allow me to show you the way forward into a simpler life where no man lacks; where no two are alike; where the Joy of Brotherhood manifests through all men.

Take your brother’s needs as the measure of your action and solve the problems of the world.

WIE IS DIE CHIRSTUS?

Die mens se evolusie is dwardeur die geskiedenis deur ‘n groep verligte mans, die Meesters van Wysheid, gebaan. Hulle het hoofsaaklik in die verafgeleë woestyn en bergstreke van die aarde gebly en werk grotendeels deur hulle dissipels wat openlik in die wêreld woon. Hierdie boodskap van die Christus se herverskyning word hoofsaaklik deur so ‘n dissipel wat vir meer as 20 jaar opgelei is vir sy taak, uitgedra.

In die senter van hierdie Spiriutele Hiërargie staan die Wêreldleermeester, Heer Maitreya, wat vir die Christene bekend staan as die Christus. En soos die Christene wat wag vir sy Tweede Koms, so wag die Jode vir die Messias, die Boeddhiste vir die vyfde Boeddha, die Moslems vir die Imam Mahdi, en die Hindoes vir die Krishna. Dit is almal name van een persoon.

Sy teenwoordigheid in die wêreld waarborg dat daar nie ‘n Derde Wêreldoorlog sal wees nie.

WAT Sê HY?

My taak sal wees om julle te wys hoe om as broers saam in vrede te lewe. Dit is eenvoudiger as wat julle dink, My vriende, want dit verg maar net ‘n bereidwilligheid om mededeelsaam te wees.

Hoe kan julle tevrede wees met die maniere waarop julle nou lewe: wanneer miljoene honger lei en in ellende sterwe; wanneer die rykes hulle rykdom voor die armes paradeer; wanneer elke persoon sy naaste se vyand is; wanneer niemand sy broer vertrou nie?

Laat my toe om vir julle die weg vorentoe aan te dui na ‘n eenvoudiger lewe waar niemand gebrek lei nie; waar niemand dieselfde sal wees nie; waar die Vreugde van Broederskap deur alle mense gemanifesteer sal word.

Neem jou broer se behoeftes as die maat vir jou aksie en los so die probleme van die wêreld op.

Die bg. volblad advertensie het op Saterdag, 24 April 1982 in die Rand Daily Mail en in koerante dwarsoor die wêreld verskyn. Sedertdien is die Maitreya se dissipels verwoed besig om sy boodskap in die hele wêreld uit te dra. Die naam Christus (Gesalfde Een) moet noodwendig van al sy unieke karaktereinskappe gestroop word om aan te pas by die valse Christus (anti-Chris) wat sal kom om die wêreld onder Satan se heerskappy te bring. Om dit te kan doen moet die Evangelie van Christus natuurlik ook herbedink en herverwoord word om in te pas by die Antichris se doelwitte. Hierdie valse Christus kan hoegenaamd nie sondes vergewe nie en ook nie die ewige lewe in die hemel aan jou voorsien nie; al wat hy vir jou kan doen is om ‘n visie vir ‘n nuwe lewe hier en nou op aarde te verskaf, waarin die ganse mensdom saam onder een spirituele sambreel as broers en susters in vrede en liefde saam verkeer — en om dan te sê “DIE KONINKRYK VAN GOD HET UITEINDELIK HIER EN NOU OP AARDE GEKOM.”

Dit is dan ook een van die hoofredes waarom kennis en insig as sodanig uitgefaseer moet word want die Satan weet baie goed dat ‘n gebrek daaraan die Here se volk ten gronde rig (Hosea 4: 6), en daarom word daar voortdrend vir hulle gesê: “Julle kan die waarheid nie ken nie en daarom moet ons saam daarna soek op ons gesamentlike spirituele reis.” Daar is hoofsaaklik twee duidelike raakpunte in die doelstellings van die Ontluikende Kerk en dié van die sg. Maitreya – hulle wil die armes, die onderdruktes en die vertraptes se lewenspeil ophef en verbeter (wat natuurlik ‘n baie mooi en deugsame ding is) en hulle wil die Koninkryk van God hier en nou op aarde vestig (wat natuurlik ook ‘n baie mooi en deurgsame ding  blyk te wees).  Daar is egter een probleem hiermee: hulle wil dit doen deur die waarheid soos ons dit in die Woord van God opgeteken vind (sy leerstellings, doktrines of dogmas) “repaint,” en “rethink,” sodat dit nie meer langer ‘n beskrywing moet wees van Jesus Christus, die essensie van Waarheid, die Weg en die Lewe, nie maar van ‘n ander Christus wie se taak dit is om vir ons te wys watter pad ons moet loop op ons nimmereindigende spirituele reis sodat absolute waarheid geneutraliseer kan word en ons as broers en susters kan saamlewe (wat natuurlik ook ‘n baie mooi en deugsame ding blyk te wees).

2 Johannes 9-11 Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.  Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.

Let Us Reason Ministries skryf as volg:

The attitude of liberalism is strong in the Emergent church as they try to reshape Christianity into something different. Experience is held above doctrine which is straight out of the New Age movement’s handbook. New age promoter the late Marilyn Ferguson wrote The Aquarian Conspiracy stating, “The radical Center of spiritual experience seems to be knowing without doctrine … the teacher does not impart knowledge but technique. This is the ‘transmission of knowledge by direct experience.’ Doctrine on the other hand, is second-hand knowledge, a danger” (Marilyn Ferguson, The Aquarian Conspiracy pp. 371, 377.)

Posted in Gestuurde Kerk, Missionêre Kerk, Ontluikende kerk | Tagged: , , , , , , | Leave a Comment »

Wat is Liefde? – Deel 1

Posted by Thomas on February 26, 2009

Wanneer ‘n kind nie sy sin kry nie, val hy gewoonlik soos ‘n sak patats neer en stamp sy voete so hard hy kan teen die vloer. Ek weet, want ek het dit self gedoen toe ek ‘n kind was. Party van hulle het nogal die verwaandheid om bokant hulle stemmetjies uit vir ma of pa te skree “Julle het my nie lief nie.” Ons sê dan gewoonlik: “Die klein vabond gooi nou behoorlik ’n ‘tantrum.’” Sommige ouers, en veral oupas en oumas, skrik so groot dat hulle maar toegee want hulle wil darem nie hê die arme bloedjie moet dink hulle het hom nie lief nie. Dis te wreedaardig. Intussen staar hulle hul so blind teen hulle eie sg. liefde dat hulle die kinders tot in die afgrond bederf. Wie lei skade? — die kind natuurlik want wanneer hy uiteindelik groot word en die samelewing toetree, word dit sy modus operandi om dinge in sy guns te swaai. Dit is die prentjie wat voor my opdoem elke keer as ek die verhaal van Simson en Delila lees. Hoewel sy nie soos ‘n stoue kind op die vloer neergeval en haar voete begin stamp het nie (of miskien het sy), het sy dieselfde ou armdraai taktiek gebruik toe Simson nie die waarheid omtrent sy bonatuurlike krag aan haar bekend wou maak nie. “Hoe kan jy sê: Ek het jou lief! terwyl jou hart nie met my is nie? Drie maal het jy my nou al bedrieg en my nie meegedeel waardeur jou krag so groot is nie.” (Rigters 16:15). En siedaar, Delila kry toe haar sin en sy gee haar “beminde” Simson so wrintie oor in die hande van sy vyande. Simson se hart moes in elk geval by die Here wees en nie by Delila nie, want dit gaan in die eerste plek nie om ‘n soetsappige liefde nie maar oor gehoorsaamheid aan God en sy bevele.

Glo my, dieselfde ou taktiek word vandag nog steeds deur ons post-moderne teoloë gebruik wanneer jy hulle met die waarheid konfronteer. Die enigste verskil is dat Simson die waarheid van Delila weerhou het terwyl die “Delilas” van vandag jou van liefdeloosheid, harteloosheid en venyn beskuldig sodra jy hulle bedag maak op die waarheid en die gif wat skuil in die vleispotte van die hedendaagse Skrifgeleerdes wie se gesigte blink gevryf is met ‘n “liefde” wat nie strook met die Bybel nie. In die loop van die afgelope aantal jare waartydens ek kommentaar op verskeie blogs en webtuistes gelewer het, is ek telkens van liefdeloosheid, arrogansie en hooghartigheid beskuldig. Liberale teoloë en hulle meelopers is waarkynlik nie meer so begaan oor die eer van God nie, maar die eer van hulle kollegas, vriende, familielede, hulle kerke en teologiese fakulteite wat hulle so innig lief het. Intussen gee hulle nie ‘n snars om oor wat met hulle op die geestelike terrein gebeur nie. Soos Delila is hulle besig om almal wat hulle kwansuis so innig lief het aan die vyande van God oor te gee. Moreletapark NG Gemeente en hulle herders is ‘n sprekende voorbeeld hiervan wat eersdaags gaan toelaat dat die godloënaar, Tony Campolo, hulle skape en lammers mislei.

Judas 1:16 Hulle is murmureerders wat oor hul lot klae, en volgens hulle begeerlikhede wandel; en hulle mond spreek trotse woorde, terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel. (Klem bygevoeg)

Kom ons speel oop kaarte en laat my toe om sommer prontuit te sê dat die hele struktuur van die Ontluikende Kerk met sy klem op die vestiging van die Koninkryk van God hier-en-nou, op “liefde” (sonder gesonde leerstellings), op “empatie” (sonder gesonde leerstellings) en op “barmhartigheid” (weer eens sonder gesonde leerstellings) berus wat neerkom op ‘n liefde wat nie uit God nie maar uit die hel aangesteek word. Harde woorde? Ja beslis, maar dit is woorde wat voortspruit uit ‘n liefde vir God en sy waarheid, die enigste waarheid wat mense waarlik vrymaak, en ‘n diepe kommer oor die rigting waarin al die kerke in Suid-Afrika tans beweeg. Ek kom agter dat baie teoloë onnadenkend toegeeflik is jeens die Ontluikende Kerk omdat hulle goed bevriend is met kollegas wat die leerstellings van die Ontluikende Kerk uitdra en verkondig. Ek hoor en sien telkens op verskeie internet “blogs” wat die kontemplatiewe spiritualiteit van die Ontluikende Kerk propageer, mense wat sê: “Ek is baie goed bevriend met Nelus Niemandt” of “Ek ken Stephan Joubert persoonlik” of “Ek eet en drink gereeld koffie saam met dié of daardie bekende teoloog.” (Die hedendaagse volgelinge van Jesus in die Ontluikende kerk is kranige koffiedrinkers. Kyk maar gerus op http://www.thinktoomuch.net). Hierdie mense is gou om te praat oor hulle eie sg. “empatie,” “liefde,” “barmhartigheid”(“compassion”) en “medemenslikheid” maar gee nie ‘n duit om of hulle medemens hel toe gaan al dan nie omdat daar vir hulle geleer word dat die hel ‘n mite is, of dat die hemel en hel hier op aarde is en dit hang maar van jouself af hoedanig jy dit vir jouself hier maak. Ek kry die indruk dat hulle bereid is om God en sy waarheid onder die mat in te vee ter wille van hulle vriendskap met teoloë wat onbeskaamd die Here van die leërskare oneer aandoen wanneer hulle hul solidariteit met mense soos Brian McLaren, Leonard Sweet, Rob Bell, Rick Warren, Tony Campolo, en baie ander sonder blik of bloos bevestig. Wat het geword van Christus se voorwaardes om ‘n dissipel van Hom te kan wees toe HY gesê het?:

Luk 14:26 As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie. (Sluit maar gerus ook persone in soos predikante, pastore, professore, toekomskundiges en dies meer wat God se Woord verdraai).

Die post-moderne denkers in die Ontluikende Kerk draai hierdie woorde van die Here Jesus mootjies nek om en verklaar met groot liefde “Ons is volgelinge van Jesus” ten spyte daarvan dat hulle selfs die gruwelikste afvalligheid en dwaalleringe van teoloë wat sê hulle het die Here lief, navolg en ondersteun. Paulus skryf:

Gal 1:10 Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.

Vleitaal is ‘n onding. Hoor wat sê die Here van mense wat deur ander mense gevlei word.

Luk 6:26  Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.

Paulus was bereid om die prys te betaal vir ware dissipelskap en het selfs op ‘n tydstip man-alleen gestaan omdat almal hom verlaat het (2 Tim 4:16). Hoor nou wat sê Stephan Joubert, in skreiende kontras met Paulus wat die Here Jesus waarlik liefgehad het in sy voorwoord tot Nelus Niemandt se boek “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede.”

My kop is geswaai. My belewing van hierdie boek. Stephan Joubert

Nelus Niemandt is een van die invloedrykste denkers en missionêre Suid-Afrikaanse teoloë aan die begin van millennium drie. Sy insigte in ingewikkelde sosio-religieuse vraagstukke is asemrowend, sy nederigheid aansteeklik en sy vermoë om eietydse kontekste en Bybelse kontekste op verstaanbare maniere aan mekaar te knoop, sonder weerga. Daarom dat ek nie kon wag om hierdie boek te lees nie. Wat ‘n absolute juweel. Nuwe drome vir nuwe werklikhede is kop-oopmaak materiaal. Dis propvol wêreldverskuiwende woorde!

Nelus se verstaan van “Christenheid” en die bedreiging wat dit inhou vir die evangelie, saam met ‘n indringende profiel van die post-modernisme en huidige kerklike gestaltes het my ure se genoegdoening verskaf. Nelus vra egter nie net kritiese vrae terwyl hy uitgediende kerklike maskers op meesterlike wyse rondom ons almal afhaal nie. Hy praat juis hooptaal deur nege vars nuwe geloofspraktyke vir ontluikende kerke op ons etenstafel neer te sit. Ewe aangrypend, oog-oopmakend en uitdagend is sy insigte in missionêre gemeentes in die laaste hoofstuk van die boek.

Nuwe Drome Nuwe drome vir nuwe werklikhede is sonder twyfel die belangrikste boek op die Suid-Afrikaanse kerklike toneel oor die Nelus Niemandtafgelope klompie jare. Dit is horison­verskuiwend en kontekstueel. Dit is deurdag, simpatiek, ontblotend, gevaarlik, maar altyd goeie medisyne! Terselfdertyd bied hierdie boek fantastiese hulpmiddels tot eksperimentering vir alle oopkop, saamdinkende gelowiges, met stylvolle visuele toepassings en roerende verhale oor ontluikende kerke.

Nuwe drome vir nuwe werklikhede het my kop van voor af geswaai. Dit is goed, groot en groots! Nelus het goed daarin  geslaag om die insigte van die mees invloedryke eietydse denkers oor kerkwees in homself te internaliseer en op vars maniere te verwoord! Hiermee saam het hy ‘n klompie radikale nuwe insigte op ons elkeen se kerklike voorstoep kom neersit. Lees dit … en droom saam oor die kerk van die Here in die nuwe werklikhede wat voor ons staan.

Doug Pagitt Nouja, ‘n mens moet onmiddellik vra of daar nie ‘n skroef los is nie as jou kop geswaai en oopgemaak word deur iemand wat met ’n aansteeklike nederigheid Harry Potter en ontluikende teoloë omhels wat die Here Jesus in die openbaar verloën, soos o.a. Brian McLaren, Leonard Sweet, Rob Bell Tony Jones, Doug Pagitt en ook ander persoonlikhede van die Ontluikende Kerk. Beide Rob Bell enRob Bell Doug Pagitt na wie Nelus Niemandt in sy boek verwys, het teen die wil van God se opdrag in 2 Kor 6:14 verlede jaar tussen 11 en 15 April tydens die Seeds of Compassion” konferensie in Seattle, Amerika, saam met die 14de geïnkarneerdeDalai Lama Dalai Lama van Tibet (wat as ‘n god beskou word), en Boedhiste, Mohammedane, Hindoes, Jode en ander gelowe op dieselfde verhoog verskyn om te besin oor nuwe wyses waarop barmhartigheid wêreldwyd verspei kan word. En ja, ek het amper vergeet, die immergroen grappiesmaker van die Anglikaanse Kerk, Biskop Desmond Tutu, was ook daar. Hy het langs die Dalai Lama op ’n erestoel gesit. Hulle het deurentyd met mekaar gewedywer om te kyk wie nou eintlik die nederigste was. Desmond het na Lama verwys as “your holiness” en Lama het op ’n keer na Demond verwys as “my boss.” Die Evangelie wentel lank nie meer om die kruis van Jesus Christus en wat Hy  as plaasvervangende slagoffer met ons sondige natuur aan die kruis gedoen het nie, maar om ander se pyn en seerkry jou eie te maak. Sprekers asook konferensiegangers by die konferensie het telkens van hulle eie en ander se stories  van pyn, lyding en seerkry vertel en hoedat hierdie beginsel in alle godsdienste vooropgestel word en dus as ‘n eenheid kan saamwerk om barmhartigheid (“compassion”) in die wêreld te verspei. Die konferensie was Desmond Tutuhoofsaaklik op die jeug gerig. Nelus sê op bladsy 102 van sy boek “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede”

Die waarheid is natuurlik dat dit nie so maklik is om by ander mense betrokke te raak nie. Die indiwidualisme van ons tyd het ons hard gemaak. Dit vat moed om ander se pyn, seerkry en nood jou eie te maak. Maar dit is die evangelie. Een van die beste maniere om ander se pyn en seerkry jou eie te maak, is om te luister na die stories van ander. Stories is die beste medisyne teen alleenheid en indiwidualisme. Dit is eers wanneer ons aan mekaar gebind is en genoeg vertroue het om ons verhale van seerkry met mekaar te deel, dat lewensveranderende genesing kan begin. (Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede, p. 102)

Die Dalai Lama en Desmond Tutu kon hierdie woorde netso as ‘n inleiding tot hulle “Seeds of Compassion” Konferensie gebruik het.

Wat! Ons moet na mekaar se stories luister en mekaar se hartseer, lyding en pyn met mekaar deel sodat daar genesing kan kom? Dit is niks anders as ‘n klap in die gesig van die Here Jesus wat gesê het:

Mat 11:28 en 29 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.

Suid-Afrika, en in die besonder die Suid-Afrikaanse kerke, hoe lank gaan julle hierdie valse leraars en profete verduur? Hoe lank gaan julle nog toelaat dat hulle die Here Jesus se gesig met hulle spuug, hoon, smaad en hulle sg. liefde skend, sy heilige Naam beswadder en oneer aandoen?

Die Evangelie is om ander se pyn, seerkry en nood jou eie te maak? Werklik . . .? Indien dit so was, sou dit beteken dat elke Jan Rap en sy maat in enige ander godsdiens die Evangelie (Goeie Booskap) sou kon uitdra en verkondig omdat, soos die “Seeds of Comapassion” Konferensie aangetoon het, alle godsdienste daarop aanspraak maak dat dit hulle doel is om ander mense se pyn, seerkry en nood hulle eie te maak. Is dit die soort kop-swaaiende leuens wat Dr. Stepan Joubert met die aansteeklike nederigheid van Dr. Nelus Niemandt ten hemele besing en aanprys? Waarom kry so baie mense in ons gebroke wêreld so seer; waarom ly hulle en is hulle nood soms so groot? Statistieke toon dat die gulsige gierigheid, korrupsie en inhaligheid van wêreldleiers, en veral in Afrika, een van die grootste oorsake is van die ellendige armoede en hongersnood waarin miljoene mense hulle tans bevind. Ook hier in Suid-Afrika, is daar byna daagliks berigte in die media van leiersfigure wat die Carl Niehaus grootste belhamels is ten aansien van die verarming van die grootstye deel van die land se bevolking. Carel Niehaus en die groot kerkman, Alan Boesak, is sprekende voorbeelde van leiersfigure wat hulle eie mense se seer, nood en pyn met hulle korrupsie South African politician Allan Boesak addresses the supporters of the newly-formed party,  Congress of the People, Cope, at the final session of Cope's three-day founding conference in Bloemfontein, South Africa, Tuesday Dec. 16, 2008, after announcing he was joining the breakaway party. (AP Photo/Jerome Delay) vererger en vergroot het. G’n wonder die Bybel sê dat die hele wêreld in die mag van die bose lê nie. Die Here waarsku ons in sy Woord dat daar ‘n tyd sal kom wanneer wetteloosheid, anargie en chaos hoogty sal vier omdat die gees van die antichris en sy wetteloosheid die hele samelewing sal deursuur.

Met in agneming van die hoëlui se korrupsie in Suid-Afrika word die oproep om die pyn, seerkry en nood van die mense jou eie te maak ‘n belaglikheid omdat die sg. geestelikes weinig of ooit die werklike oorsake van hierdie lyding en nood aanspreek. Pleks van om dit te doen, begogel die postmoderne geestelikes ons jeug deur hulle aandag af te trek van die werklike probleme in die land en hulle gewoond te maak aan God-onterende boeke en films soos Harry Potter, The Matrix, Lord of the Rings, The Golden Compass, en ander okkultiese media. Nog meer, om hulle verstand te benewel met mistieke praktyke soos Lectio Continua, Lectio Divina, Labarinte wandelings ens. ens.

Harry Potter Stephan besing die lof van Nelus se verstaan van die bedreiging wat die “Christenheid” vir die Evangelie van Jesus Chistus inhou, maar is klaarblyklik heeltemal blind vir die gevare wat Harry Potter en die ontluikende teoloë daarvoor inhou. Nelus skryf soos volg oor die belang wat antieke geloofspraktyke, insluitende towery (wat oorvloediglik in die Harry Potter reeks beoefen word) op ons jeug het.

In die Harry Potter‑reeks illustreer die films die belang van antieke waarhede vir nuwe geslagte. Let op hoeveel boeke daar in die klaskamers en kantore van die skool is waar die verhaal afspeel. Die kinders moet ou-ou waarhede leer. Die kinders moet ook antieke spreuke en lewensreëls aanleer. So word die films (en boeke) ‘n les in die belang van antieke waarhede vir toekomstige geslagte. (Nelus Niemandt: Drome vir Nuwe Werklikhede, p. 138)

Ek sal nie graag eendag in die oordeelsdag in enigeen se skoene wil staan wat ons jongmense op so ‘n gruwelike wyse mislei nie. Daar staan tog immers geskrywe: “ . . . maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.” (Mat 18:6). En tog is Stephan Joubert in ekstase oor die kop-swaaiende goeie, groot, grootse en horisonverskuiwende boek van Dr. Nelus Niemandt.

Voordat ek Nelus Niemandt verder aan die woord stel, wil ek die leser graag net weer herinner aan wat Alice Bailey jare gelede oor die ou antieke leerstellings gesê het:

. . . daar sal ‘n Universele kerk verskyn, en die definitiewe hooftrekke daarvan sal teen die einde van hierdie eeu verskyn . . . Hierdie kerk sal Alice Bailey tot aksie aangespoor word deur die Christus en sy dissipels wanneer die uitstorting van die Christus-beginsel, die WARE tweede Koms volbring is . . . die Christenkerk in sy veelvuldige vertakkinge kan as die nukleus dien om wêreldverligting te bereik . . . die kerk as ‘n leerfaktor behoort die groot basiese leerstellings te neem en hulle ware en innerlike spirituele betekenis openbaar. Die belangrikste werk van die kerk is om te onderrig, en onophoudelik te onderrig, en om die uiterlike gedaante te bewaar met die doel om die menigtes wat gewoond is aan kerkgebruike, te bereik. Leiers moet opgelei word; Bybelkennis moet versprei word; die sakramente moet misties vertolk word, en die kerk se krag om te genees moet gedemonstreer word. – Alice Bailey (2) (Uit die Engels vertaal) (Klem bygevoeg). Alice Bailey, The Externalization of the Hierarchy, 1957, Lucis Publishing.) Lucis Trust het aanvanklik bekend gestaan as Lucifer (Satan) Trust.

As dit nie ‘n bloudruk is vir die Ontluikende Kerk nie dan weet ek darem nie so mooi nie. Sy lê klem op presies dieselfde dinge as die leiersfigure in die Ontluikende Kerk.

  1. Gebruik die ou basiese leerstellings en herverwoord hulle net so bietjie sodat die menigte kerkgangers wat aan die slaap is met ‘n slap riem gevang kan word.
  2. Keer terug na die mistiek van die vroeë kerk (en in besonder die Rooms Katolieke Kerk).

Die vraag is: Waarom moet die Universele (ontluikende Kerk) dan juis bekend staan as ‘n kerk van Jesus- of Christus-volgelinge? Waarom moet die gedaante van godsaligheid behou word? (2 Tim 3:5). Opvallend van hierdie Jesus-volgelinge is dat hulle baie selektief is in hulle keuse van Bybeltekste en veral dié tekste wat nie so lekker verteerbaar is nie gerieflikheishalwe vermy of selfs verwerp. Paulus se uitspraak dat die hele Skrif deur God ingegee is en nuttig is tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, en tot onderwysing in die geregtigheid, is vir hulle onbelangrik omdat dit hulle muilband in hulle vrye keuse om slegs dié tekse te neem wat hulle volgelingskap (dissipelskap) van Jesus beklemtoon. Tekse waarin woorde soos “barmharigheid,” “liefde,” “vrede,” “ontferming,” “goedertierenheid,” “nederigheid,” en “sagmoedigheid” voorkom is hulle kos maar sodra woorde soos “toorn,” “geween en gekners van tande,” “oordeel,” en “poel van vuur” voorkom dan vermy hulle dit soos die dood. Waarom moet die Ontluikende Kerk mense voortbring wat as volgelinge van Jesus bekend staan? Ek dink die antwoord moet gesoek word in die feit dat die Antichris, wanneer hy uiteindelik op die toneel verskyn, sal sê “Ek is die Christus.” Die woord “Antichris” het tegelykertyd twee aanvullende betekenisse – “teen Christus” maar ook “in die plek van Christus.” Die voor die handliggende betekenis hiervan is dat sy volgelinge ook as Christus- of Jesus-volgelinge bekend moet en sal staan. Indien  die Antichris ‘n namaaksels is van die werklike Christus, dan moet sy volgelinge dus ook namaaksels wees van die werklike volgelinge van Jesus. Laat my toe om u te vra: “Volg jy die werklike Jesus van die Bybel of ‘n namaaksel van Hom?” G’n wonder die Here Jesus het gewaarsku nie: “Pas op dat julle nie mislei word nie.”

Die kerk moet dus nie afgeskryf word nie; dit moet net in ou-nuwe (ancient-future) gedaantes waarvan die mistiek ‘n oorkoepelende rol speel, ingebed word om van hierdie wêreld ‘n beter plek te maak. Die kerk is inderdaad reeds deur die post-moderne fasiliteerders (change-agents) gekaap en hulle is besig om Alice Bailey se aanbevelings vir die kerk baie getrou na te volg, of hulle dit wil erken of nie. Kom ons kyk nou wat sê Nelus Niemandt wat daarin geslaag het om Stephan Joubert se kop te swaai (en ek weet nie hoeveel ander predikante se koppe ook nie. Ek kan jou verseker, daar is reeds baie predikante wat Sondae vanaf hulle preekstoele die Ontluikende Kerk aan hulle lidmate opdis, en ook diegene wat nie daarmee wil saamgaan nie, uit hulle kerke ban.

Antieke spiritualiteit

Erwin McManus Ontluikende kerke het ‘n voorliefde vir die antieke spiritualiteit en gebruike wat in die vroeë kerk teenwoordig was . . . Ewin McManus praat van die Christelike lewe as The Barbarian Way om daarmee aan te dui dat dit ‘n lewe van dissipelskap is wat op die gebruike van die vroegste Christene gebou is. Hy sê dat dit ‘n tragedie is dat so baie Christene Jesus as Here bely, maar onder die invloed van Christenheid mak geword het en so die krag van hulle antieke spiritualiteit verloor het.

Die geloofwaardigheid van jou dissipelskap word dus nie meer langer getoets aan jou gehoorsaamheid aan Christus se vereistes vir dissipelskap nie (Matt 16:24; Luk 16:24), maar die gebruike (tradisies) van die vroegste Christene en die krag van hulle antieke spiritualiteit. Paulus het gewaarsku: Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan” (Hand 20:29, 30)

Geestelike dissiplines

Daar is besondere waardering vir die ou gebruike en geestelike dissiplines wat vir baie eeue ‘n groot rol in die Christelike kerk gespeel het. Ontluikende kerke wil ‘n mens juis help om hierdie antieke geloofspraktyke nuut te ontdek en te waardeer. In sekere kerke word sover moontlik by die klassieke gebedsure gehou, terwyl baie van hulle ryklik van die Lectio Continua gebruik maak. Dit is nogal verrassend om te ervaar hoe Tony Jones, een van die leiers in die ontluikende kerke, jongmense leer om antieke geloofsdissiplines te beoefen. Sy boekie “Read, Think, Pray, Live” kon netsowel gedien het as ‘n gids vir gelowiges in antieke tye. Hy bespreek lectio continua, oratio en contemplatio met die grootste gemak en verryk jongmense se geloof deur hierdie antieke dissiplines. Sy uitgangspunt is om weg te beweeg van die modernistiese benadering waar die teks beskou word as ‘n probleem wat opgelos moet word. Dit is nie asof die Here ‘n raaisel, toegedraai in poësie of prosa, geskiedenis of apokaliptiek, brief of Evangelie, aan die mensdom gegee het wat ten alle koste opgelos moet word nie. Dit is nie die mens wat bo-oor die Bybel staan om dit te interpreteer nie — die antieke gewoontes is eerder om jouself onder die Bybel te plaas en toe te laat dat die Bybel jou interpreteer. Len Sweet speel met die Engelse woord understand. “To understand the Bible, you must stand under it!”

In kort kom dit daarop neer dat jy nie meer nodig het om die Bybel met sy poësie of prosa, geskiedenis of apokaliptiek, of selfs die sendbriewe van Paulus en die ander apostels te verstaan nie. Daar is nou ‘n veel makliker en vinniger manier om in die teenwoordigheid van God te kom en te lewe ­­­— die beoefening van die antieke Leonard Sweet kontemplatiewe spiritualiteite­­­­ wat jou leer hoe om jouself   nederig onder die gesag van die Bybel te plaas. Len Sweet beïndruk mense met “sweet” woordespel “To understand the Bible, you must stand under it” maar as jy so ‘n bietjie dieper delf in sy en die ander ontluikende gurus se mening oor Bybelse leerstellings, dan word dit gou duidelik dat hulle hul juis nie onder die gesag van die Bybel plaas nie. Sweet skryf op bladsy 249 van sy boek “Quantum Spirituality” as volg oor die Evangelie van Jesus Christus.

The gospel is a story that is only partially completed. (D.w.s. die Here Jesus se triomfantelike uitroep aan die kruis “Dit is volbring” is betekenisloos). Openess to the mysterious suprises of the Spirit working through Logos, Pathos, Ethos, and Theos must affect our understanding of truth if we are to walk where the concret ends. Old things need to be said in new ways. New things can only be said in new ways. When they get corseted into old concepts, they get distorted and damaged. (Klem byegevoeg).

Volgens die ontluikende teoloë moet jy dus in jou soeke na die waarheid die Evanglie nie in konkrete, klaar-afgebakende grense inperk nie maar met die hulp van ou waarhede nuwe konsepte daaroor ontdek. Is dit miskien die rede waarom Brian McLaren in samewerking met Leonard Sweet ‘n nuwe korrupte vertaling van die Bybel, genaamd The Voice die lig laat sien het? The Voice

Leonard Sweet se “sweet” beeldspraak “To understand the Bible, you must stand under it!” kry ’n geweldige lelike wanklank wanneer jy die voorwoord tot sy boek “Quantum Spirituality” waarin hy erkenning verleen aan die “New Light Leaders” lees. Daarin gee hy o.a. erkenning aan Matthew Fox, die bekende Episkopaalse priester wat die boek “The Coming of the Cosmic Christ” geskryf het. Hierin skryf hy soos volg:

I foresee a renaissance, “a rebirth based on a spiritual initiative” … This new birth will cut through all cultures and all religions and indeed will draw forth the wisdom common to all vital mystical traditions in a global religious awakening I call “deep ecumenism.” [Matthew Fox, The Coming of the Cosmic Christ (San Francisco, CA: HarperCollins, 1988), p. 5.

Daar word gesê dat Stephan Joubert vandag een van die stemme is wat die duidelikste vir die Here in Suid-Afrika opklink. Kom ons toets hierdie lofuiting aan die sg. reëls van assosiasie.

  • Stephan praat met groot lof van Nelus Niemandt.
  • Nelus Niemand besing die lof van Leonard Sweet.
  • Leonard Sweet gee erkenning aan een van die ”New Light leaders,” Matthew Fox.
  • Matthew Fox verkondig die weergeboorte van ‘n spirituele inisiatief wat deur die koms van die Kosmiese Christus in alle kulture en godsdienste ingeadem sal word.

Max Lucado So terloops, Max Lucado het ‘n boek geskryf met die titel “A Cosmic Christmas” waarin hy op lasterlike wyse die vleeswording van Christus beskrywe. Die engel Cosmic Christmas Gabriël ontvang ‘n flesse van die Vader wat aanvanklik leeg is maar wanneer hy weer kyk, sien hy dat dit gevul is met die essensie van Christus.

He [God the Father] motioned toward me, and I responded, kneeling again before Him. Handing me the necklace, he explained, “This vial will contain the essence of Myself; a Seed to be placed in the womb of a young girl. Her name is Mary. She lives among My chosen people. The fruit of the Seed is the Son of God.
Take it to her.”
“But how will I know her?” I asked.
“Don’t worry. You will.”
I could not comprehend God’s plan, but my understanding was not essential. My obedience was. I lowered my head, and He draped the chain around my neck. Amazingly, the vial was no longer empty. It glowed with Light. (Klem bygevoeg)

Het jy opgemerk hoe subtiel jy geleer word om die Bybel nie te verstaan nie maar om soos ‘n zombie maar net gehoorsaam te wees? “I could not comprehend God’s plan, but my understanding was not essential. My obedience was.” Die Here sê dan juis dat sy volk (kinders) te gronde gaan weens ‘n gebrek aan kennis (Hosea 4:6).

En ek was nog altyd onder die indruk dat die Here Jesus uit die maagd Maria gebore is deur die Heilige Gees. Nou hoor ek die engel Gabriël was ook daarby betrokke. Ja, natuurlik het die engel Gabriël as boodskapper van die geboorte van Jesus aan Maria verskyn, maar ek lees nêrens dat hy ‘n fles met die essensie van Jesus in haar moedrskoot moes inplant nie.

Dit is maar weer eens die ou afgesaagde storie van die Julian Mullers van hierdie wêreld dat die Evangelie herverwoord moet word om aan te pas by die post-moderne mens se denke en leefwêreld. Kyk maar weer ‘n slag wat Alice Bailey hierbo gesê het en lees sommer ook wat sy oor die Koninkryk van God hier op aarde gesê het:

Your spiritual goal is the establishing of the Kingdom of God. One of the first steps towards this is to prepare men’s minds to accept the fact that the reappearance of the CHRIST is imminent. You must tell them everywhere that the Masters and Their groups of disciples are actively working to bring order out of chaos. You must tell them that there IS a Plan, and that nothing can possibly arrest the working out of that Plan. You must tell them that the Hierarchy stands, and that it has stood for thousands of years, and is the expression of the accumulated wisdom of the ages. You must tell them above all else that God is love, that the Hierarchy is love, and that Christ is coming because He loves humanity.

“It is time that the church woke up to its true mission, which is to materialize the kingdom of God on earth, today, here and now.… People are no longer interested in a possible heavenly state or a probable hell. They need to learn that the kingdom is here, and must express itself on earth … The way into that kingdom is the way that Christ trod. It involves the sacrifice of the personal self for the good of the world, and the service of humanity…” — Alice Bailey (Cited in chapter 15 of “In The Name of Purpose”).

Ek sluit hierdie eerste deel van my besinning oor die liefde af met hierdie vraag. As Dr. Stephan Joubert so ‘n belangrike stem is wat vir die Naam van Jesus in Suid-Afrika opklink, waarom vereenselwig hy hom met mense wat Jesus Christus se Naam oneer aandoen en verloën? Waarom repudieer hy hulle nie in die openbaar nie? Waarom kies hy nie om gehoorsaam te bly aan die Here wat hy sê hy navolg nie? Waarom doen hy nie wat Paulus gesê het “om hard te stry vir die geloof wat eenmaal deur die apostels aan ons oorgelwer is” nie? Ek wil hom uit die diepte van my hart aanmoedig om hom van sy verkeerde weë te bekeer en daadwerklik te begin om hard te stry vir die Evangelie van Jesus Christus en nie ‘n klomp valse profete se leuens die lof te besing nie. Ware liefde is om God se kudde teen valse leraars en hulle dwaalleringe te beskerm. Doen dit asseblief.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 21 Comments »

Hoe Lank Tyd Is Daar Nog Vir Die Aarde Oor?

Posted by Thomas on January 19, 2009

Oop Gesprek, RSGHoe lank tyd nog . . . ? Hierdie gewigtige vraag is op Sondagaand, 11 Januarie 2009, in die program Oop Gesprek deur Flip Loots aan sy drie gespreksgenote — Dr. Piet Muller, toekomskundige, Pastoor, Lemmer du Plessis, reisende leraar van die AGS van Suid-Afrika en ‘n kenner oor die eindtyd en Prof. Adrio König, dogmatikus aan UNISA wat onlangs ‘n boek oor Openbaring die lig laat sien het — gevra. Dit was egter sommer reg van die begin af duidelik dat die drie here nie oor die eindtyd soos dit vir Flip Lootsons in die Woord van God uitgespel word, sou praat nie, maar hoofsaaklik oor die mens se pogings om moeder aarde van ondergang te red. Hoewel Pastoor Lemmer du Plessis gesê het dat hy hom nie deur die wêrledkrisisse, die donderstorms soos hy dit genoem het, laat intimideer of onderkry nie, omdat hy sy oë op God en sy beloftes gerig hou, het hy as kenner oor die eindtyd, ‘n gulde geleentheid laat verbyglip sonder om vir die luisteraars ‘n Bybelse perspektief op die eindtyd te gee. As programleier moes Flip Loots tog sekerlik gesien het waarop die gesprek afstuur en dit met diplomatiese bedagsaamheid regstel, maar hy het dit nie gedoen nie. “Hoe red ons ons aarde?” moes eerder die onderwerp van sy program wees en nie “Hoe lank tyd is daar nog vir die aarde oor?” nie.

Dr. Piet Muller het die strekking van die gesprek bepaal toe hy die einde van die wêreld metofories beskrywe het. Sy woorde was:

Metafories, wil ek sê, beleef [ons] die einde van die wêreld soos ons dit leer ken het van die Renaissance af Dr. Piet Muller— die wêreld wat oorheers word deur Europa, die blanke lande. Daar is beslis ‘n ekonomiese verskuiwing weg na die Ooste toe. Sjina wat vir baie eeue, voordat die Weste opgekom het, eintlik die grootste ekonomiese moondheid in die wêreld was, is op pad weer soontoe. Die handel tussen Sjina, Australië en Japan . . . is reeds groter as hulle gesamentlike handel met die twee Amerikas; . . . die hele magsbalans is besig om Oos te skuif en dit lyk, . . . . [in] daardie opsig, is [dit] die einde van die wêreld want dit is vreemde dinge waaraan ons gewoond [moet] raak.

Sommige van ons geestelikes (o.a. die Calviniste) en akademici het die vermoë om die betekenis van woorde — in hierdie geval die woord “wêreld”, — met die towerwoord “metafories” op te kikker sodat dit ‘n algeheel nuwe inhoud en betekenis kry. Ons Calvinistiese vriende verklaar dat “wêreld” in Johannes 3:16 nie die totale menseras (van die begin tot nou) insluit nie maar slegs na die uitverkorenes verwys. Die towerwoord “metafories” is beslis ‘n handige post-moderne towerstaffie in die hande van mense wat sekere konkrete Bybelwaarhede bevraagteken maar terselfdertyd tog ook iets van die “waarheid” wil behou. Neem nou maar die konkrete Bybelse waarheid van die letterlik-historiese en fisieke opstanding van Jesus Christus. Baie van ons geestelikes glo nie so daarin nie, maar kan in elk geval nog met redelike oortuiging sê hulle glo in die opstanding; ja, en hulle onderskryf heelhartig die gereformeerde belydenisskrifte omdat hulle ook elke Sondag in hulle onderskeie kerke die Apostolicum opsê. Dit sal in die verloop van hierdie kommentaar duideliker word waarom Dr. Piet Muller nie in ‘n letterlike apokaliptiese vernietiging van die aarde glo nie. Sy siening behels die einde van die Westerse wêreld en die herlewing of opstanding van die Oosterse wêreld.

Dit is dus baie duidelik dat Dr. Piet Muller sy evaluasie van toekomsgebeure en tendense nie op die profesieë in die Bybel begrond nie, maar hoofsaaklik op subjektiewe, post-moderne, metafories-gedrewe gewaarwordinge. Sy einde van die wêreld scenario behels dus die einde van ‘n Westers-georiënteerde wêreldbeskawing en -beskouing en die bloei en die groei van ‘n Oosters-georiënteerde wêreldbeskawing en -beskouing “waaraan ons gewoond moet raak.” Waarskynlik gaan hierdie “gewoond moet raak” ook gepaard met die panenteïstiese siening van God, nl. God is in alles en alles is in God. Die wêreld kan dus nie vergaan nie want indien die aarde waarin God kwansuis immanent teenwoordig is, sou vergaan, sou Hy dus ook daarmee heen wees.

Anders as Prof. Adrio König wat ‘n apokaliptiese siening oor die finale einde van die wêreld huldig, glo Piet Muller nie dat die wêreld op ‘n katastrofiese einde afstuur nie. Syns insiens sal die natuur nie toelaat dat daar met hom gespeel word nie en die tegnologie het die vermoë om baie van die wêreld se kopsere op te los mits die juridici genoeg druk kan uitoefen om die wil daarvoor by mense te kweek. Dr. Piet Muller se hele siening rondom die aarde en die natuur wat nie sal toelaat dat daar met hom gespeel word nie, berus blykbaar op die Oosterse filosofie dat die aardbol ‘n lewende organisme is (die sg “Gaia” hipotese) wat besig is om deur die mens vernietig te word. Daarmee wil ek nie voorgee dat Dr. Piet Muller die Gaia-prinsiep heelhartig ondersteun nie maar dat hy in sy agterkop daarmee speel is nie altemit nie. (Kyk gerus hierna).

Ironies genoeg, was dit nie Dr. Piet Muller wat die bal aan die rol gesit het oor die mensdom se vernietiging van ons planeet nie maar Prof. Adrio König wat sopas ‘n boek oor openbaring geskryf het; — nie dat König die aarde as ‘n lewende organisme beskou nie, maar dit toon maar net weer eens hoe maklik Christene willekeurig of onwillekeurig in die slaggate van die New Age religie kan trap. Sy woorde was:

Piet, is dit nie eenvoudig waar dat ons eintlik aan die einde van ‘n spiraal kom nie; dat die mens net te gevaarlik vir die planeet aarde is en dat daar nie rêrig meer ‘n draai moontlik is nie? Ons moet ekonomiese groei hê . . . om die geweldig vermeerderende mense bevolking van die aarde te voed. Is die mens nie net ‘n te gevaarlike wese vir die planeet nie? (Klem bygevoeg)

Dit is hoogs ironies dat Prof. König ‘n boek oor Openbaring kan skrywe waarin verwoestende apokaliptiese natuurrampe vir die aarde voorspel word, en terselfdertyd so ‘n hartroerende pleidooi vir die bewaring van die aarde kan lewer. Dink hy miskien ons pogings om die aarde te red gaan die apokaliptiese natuurrampe en God se oordele oor ‘n rebelse mensdom hokslaan? Wat bedoel König? Bedoel hy dat die mens ‘n groter gevaar vir planeet aarde inhou as wat die sondegevaar vir die mens inhou? Maar nouja! die post-moderne mens se siening oor sonde (ala Rick Warren en die aardebewaarders) wentel om die bewaring van die aarde en nie om die mens se verwerping van Christus en sy gebooie nie. In antwoord op Flip Loots se vraag: “Wat is die kenmerke daarvan [die eindtyd] en is ons nou werklik daarin” het König die wederkoms van Christus met diplomatiese korrektheid so ‘n bietjie op die agtergrond geskuif en die mens se “verskriklike” sonde teen die aarde weer eens beklemtoon.

Die wederkoms van Christus – Hy sal op die wolke verskyn – kan ons nie [vir ons] voorstel nie. Dis nie vir my maklik om dit direk in verband te bring met die situasie wat ons nou op aarde het nie want terwyl dit God se aarde is, [is] dit ’n klipharde waarheid dat ons God se aarde tot in die grond in kan vernietig. Dis wat sonde is, sonde is om teen die wil van God en teen die raad van God op te tree.

Prof. König se vraag: “Is die mens nie net ‘n te gevaarlike wese vir die planeet nie?” was natuurlik net die regte knoppie om te druk want Dr. Muller het met groot geesdrif soos ‘n wafferse aflosatleet die stokkie by hom oorgeneem en ‘n barshou verder gehardloop daarmee. Hy het soos volg gereageer.

Laat ek dit so stel – deksels gevaarlike wese. Weet jy dat ons in die laaste sestien jaar, as jy nou tot by 2010 gaan, dan het ons in sestien jaar een miljard mense meer geword op aarde. (Klem bygevoeg).

Let asseblief op dat dit nie, soos Christus gewaarsku het, die valse leringe van valse apostels en profete is wat vir die mensdom deksels gevaarlik is nie, maar die mensdom wat vir planeet aarde so gevaarlik is.

“Dis verskriklik” het Prof. König onnadenkend geantwoord. Ek sê “onnadenkend” omdat ek wonder of hy (ons dogmatikus by UNISA) by die geboorte van ’n pragtige bondeltjie vreugde in sy eie familiekring nog dieselfde woord “verskriklik” sou gebruik, veral as die bondeltjie vreugde argumentsonthalwe die wêreldbevolking by sy of haar geboorte sou opstoot van 5,999,999,999 na 6,000,000,000 . . . of miskien gebruik hy die woord “verskriklik” net wanneer ander mense ‘n nuwe bondeltjie vreugde in hulle familiekring verwelkom en sodoende die wêreldbevolking “verskriklik” aanvul. Geagte here, pasop wat julle op Flip Loots se program sê want dis nie almal wat met toe ore luister nie.

Is Prof Adrio König se onnadenkende uitroep van “verskriklik” nie maar ook ‘n direkte uitvloeisel van die wêreld se siening rondom homoseksualisme, aborsie en eutanasie (sg. genadedood) nie? Enigeen wat die geboorte van ‘n bondeltjie vreugde vir sy pappa en mamma, en oupa en ouma as “verskriklik” bestempel, moet noodwendig die drie bg. planeet-beskermende “voorbehoedmiddels” ondersteun en wyd en syd rugbaar maak. ‘n Mens wonder of Prof. König nie besig is om die liefdeloosheid waarvan Christus in Mattheus 24: 12 gepraat het, uit te speel nie: “En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.” Hulle is vreeslik lief vir planeet aarde, die natuur, die omgewing en die diere maar ongebore babatjies kan maar in hulle moederskote vermoor word, siek en ou mense kan maar “genadiglik” doodgemaak word, en normale huwelike kan maar deur die homoseks lewenswyse bedreig word. Kom dit nie neer op die vermoordering van ‘n lewende organisme wat na die beeld van God gemaak is ter wille van ‘n sg. lewende organisme wat nie na die beeld van God gemaak is nie.

So van “uitspeel” gepraat, Robert Muller, die voormalige Assistent Sekretaris Generaal van die VVO wat ook alombekend is as die Filosoof/Profeet van die VVO omdat hy die New Age beweging in die wêreldorganisasie bevorder het, het tydens die Global Citizenship 2000 Youth Congress. wat in 1997 in Vancouver gehou is, pens en pootjies in die skoene van moeder aarde geklim en in die eerste persoon namens haar ‘n hartroerende pleidooi gelewer.

Robert Muller, voormalige Assistent Generaal v/d VVOWhat are you doing to me? You have multiplied the number of beings on this planet from 2.5 billion in 1952 to 5.8 billion today. How could you do this to me? This big population explosion all around the world, and I, the Earth, am supposed to feed them. Why did you do this to me? . . . You are killing me! [1] (Klem bygevoeg)

Amerika se Stonehenge (Georgia Guidestones) wat op een van die hoogste heuwels in Elbert County, Georgia staan, is ‘n massiewe granietmonument wat Robert Muller en die VVO se ekoprogram duidelik uitspel. Inderdaad, dit is niks anders as die New Age se tien gebooie nie.

  1. Maintain humanity under 500,000,000 in perpetual balance with nature.Amerika se Stonehenge
  2. Guide reproduction wisely – improving fitness and diversity.
  3. Unite humanity with a living new language.
  4. Rule passion – faith – tradition – and all things with tempered reason.
  5. Protect people and nations with fair laws and just courts.
  6. Let all nations rule internally resolving external disputes in a world court.
  7. Avoid petty laws and useless officials.
  8. Balance personal rights with social duties.
  9. Prize truth – beauty – love – seeking harmony with the infinite.
  10. Be not a cancer on the earth – Leave room for nature – leave room for nature. (Klem deurgaans bygevoeg)

Die fundamentalistiese Christene word reeds as die kanker van planeet aarde beskou omdat hulle verseg om deel te wees van die lewensgevaarlike en God-onterende New Age eko-religie en die skreiende geestelike afval wat wêreldwyd plaasvind. Rick Warren, die guru en herder van die Ontluikende Kerk en meer as 300,000 leraars wêreldwyd (waarvan ‘n groot deel hier in Suid-Afrika sy sg “PEACE PLAN” bevorder), het reeds by verskeie geleenthede gesê dat fundamentalisme die grootste vyand van die 21ste eeu is.

Wat Flip Loots se drie gaste alles oor die bewaring van ons planeet in sy program Oop Gesprek kwytgeraak het, is dus niks nuuts nie. Hulle het maar net (wetend of onwetend) die oogmerke van die vyande van God in die New Age beweging onderskryf.

Weinig mense is daarvan bewus dat die huidige ekosentriese filosofie van die New Age in Nazi Duitsland groot aftrek gekry het en ook grootliks verantwoordelik was vir die menseslagting onder die Jode. Janet Biehl en Peter Staudenmaier skryf in hulle boek Ecofascism: Lessons from the German Experience as volg:

Ekofacisme -Janet Biehl & Peter StaudenmaierThe “green wing” of the NSDAP was not a group of innocents, confused and manipulated idealists, or reformers from within; they were conscious promoters and executors of a vile program explicitly dedicated to inhuman racist violence, massive political repression and worldwide military domination. Their “ecological” involvements, far from offsetting these fundamental commitments, deepened and radicalized them. In the end, their configuration of environmental politics was directly and substantially responsible for organized mass murder.

No aspect of the Nazi project can be properly understood without examining its implication in the holocaust. Here, too, ecological arguments played a crucially malevolent role. Not only did the “green wing” refurbish the sanguine antisemitism of traditional reactionary ecology; it catalyzed a whole new outburst of lurid racist fantasies of organic inviolability and political revenge. The confluence of anti-humanist dogma with a fetishization of natural ‘purity’ provided not merely a rationale but an incentive for the Third Reich’s most heinous crimes. Its insidious appeal unleashed murderous energies previously untapped. Finally, the displacement of any social analysis of environmental destruction in favor of mystical ecology served as an integral component in the preparation of the final solution.

This is the true legacy of ecofascism in power: “genocide developed into a necessity under the cloak of environment protection.”[2]

For all of these reasons, the slogan advanced by many contemporary Greens, “We are neither right nor left but up front,” is historically naive and politically fatal. The necessary project of creating an emancipatory ecological politics demands an acute awareness and understanding of the legacy of classical ecofascism and its conceptual continuities with present-day environmental discourse. An ‘ecological’ orientation alone, outside of a critical social framework, is dangerously unstable. The record of fascist ecology shows that under the right conditions such an orientation can quickly lead to barbarism. (Klem deurgaans bygevoeg)

Miskien sou Flip Loots, Pastoor du Plessis, Prof. Adrio König en Dr. Piet Muller my van onredelike assosiasie-politiek wou beskuldig, maar die twee here, Muller en König, se mensliewende uitsprake van “deksels gevaarlike wese,” “verskriklik” en “dat die mens net te gevaarlik vir die planeet aarde is, . . .” leen hulle baie maklik tot die filosofie van die gewraakte eerste gebod van die Georgia Guidestones in Amerika — “Maintain humanity under 500,000,000 in perpetual balance with nature.” Ek sidder om te dink waar dit alles gaan eindig as ons geliefde land Suid-Afrika voortdurend blootgestel word aan geleerde akademici, teologiese fakulteite, seminare, geestelikes, predikante, pastore, en ander leiersfigure wat toenemend uit ‘n New Age mond praat en ons jeug verlei en mislei met ‘n ervaringsteologie wat sy ontstaan het in die Roomse tradisie en die mistieke kontemplatiewe spiritualiteit van die Woestynvaders (St John of the Cross, Brother Lawrence), en wat voortgesit is/word deur Brennan Manning, Richard Foster, Thomas Merton, Henri Nouwen, Matthew Fox, Rick Warren, Rob Bell, Tony Jones, Doug Pagitt, Erwin McManus, Nelus Niemandt ensomeer. Miskien sou u wou vra wat hierdie name te make het met die onderwerp van bespreking. Daar word reeds in die geledere van die Ontluikende Kerk gepraat van ‘n “Kerk-ekologie” waarin die idee dat die kerk  as ‘n tuin vooropgestel moet word, voorkeur geniet teenoor die geïnstitusionaliseerde kerke met hulle groot en soms massiewe geboue. Daarom word die sg. retraits wat al hoe gewilder raak buite die kerk se mure in die natuur gehou waarin  die regte atmosfeer geskep word vir kontemplatiewe spiritualiteite (asemgebede, stilte, lectio divina, lectio continua,  laberinte wandelings, ens).

Nie een van Flip Loots se gaste het verwys na die kernbelangrike tekens wat vir ons aandui dat ons in die laaste van die laaste dae lewe nie. Hoewel König op Flip Loots se vraag “Adrio, daar word in die Bybel nogal baie gemaak van die eindtyd. Wat is die kenmerke daarvan en is ons nou werklik daarin?” ‘n redelike lang antwoord verskaf het, het hy nie veel gesê nie. Trouens, hy het dit as ‘n geleenheid beskou om sy “moederlike” besorgheid oor die vernietiging van moeder aarde te beklemtoon. Sy woorde was:

Flip, ja, ons is in die eindtyd maar ons moet nie dink ons is die eerste wat in die eindtyd is nie. Die eindtyd het aangebreek met die koms van die Here Jesus. Jy weet, teks op teks in die Nuwe Testament sê die laaste dae het God tot ons gepraat deur sy Seun (Hebreërs 1:1); in die laaste dae is die Heilige Gees uitgestort (Handelinge 2). Johannes skryf selfs, julle leef in die laaste uur en dit wemel al van antichriste; moenie dink daar gaan nog ‘n spesiale een kom nie; dit wemel al van antichriste sê Johannes en daaruit weet ons, ons is in die laaste uur. Dis baie moeilik om die Bybelse boodskap oor die eindtyd direk nou hiermee in verband te bring omdat daar een onondervedeelbare eindtyd [is] wat met die koms van Jesus begin het en met sy wederkoms gaan eindig. Maar die wederkoms van Christus is ‘n apokolaptiese begrip. Kyk, gewone goed soos hael en goeie reën en so is baie lekker; ons kan dit alles geniet maar as daar gepraat word van ’n wêreldeinde in die Bybel; en as daar gepraat word van die opstanding van alle mense en ’n oordeel, dan moet ons besef dit is apokaliptiese begrippe; die wederkoms van Christus – Hy sal op die wolke verskyn – ons kan ons dit nie voorstel nie. Dis nie vir my maklik nie om dit direk in verband te bring met die situasie wat ons nou op aarde het nie want terwyl dit God se aarde is, is dit ’n klipharde waarheid dat ons God se aarde tot in die grond in kan vernietig. Dis wat sonde is, sonde is om teen die wil van God en teen die raad van God op te tree. (Klem bygevoeg).

Dat die apokaliptiese eindtyd van ‘n sewejarige Groot Verdrukking nog nie aangebreek het nie, is nie altemit nie, hoewel König dit natuurlik nie so insien nie, maar dat die aanloop daartoe besig is om teen ‘n hoë spoed te eskaleer, is ook nie altemit nie. Prof. König onderspeel so effe die laaste dae wanneer hy sê dat ”ons nie moet dink ons is eerste wat in die eindtyd is nie.” Wil hy daarmee te kenne dat ons nie te veel van die huidige omstandighede moet maak nie omdat ons nie moet dink ons is so uniek om nou eers in die eindtyd te lewe nie en omdat die mense reeds sedert die eerste koms van Jesus daarin gelewe het? Dit gaan in die eerste plek nie oor ‘n spesifieke tydsbepaling nie maar oor ‘n toename in frekwensie van die eindtydtekens wat vir ons aandui hoe naby ons aan die einde is. Jesus Christus het nie om dowe neute die eindtyd met die geboortepyne van ‘n vrou vergelyk nie, want netsoos haar pyne in frekwensie toeneem hoe nader die oomblik vir haar aanbreek om geboorte te skenk, netso neem die tekens van die eindtyd in frekwensie toe namate die einde van die wêreld nader kom. Toe die dissipels hom vra: “Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?” was die heel eerste eindtydteken wat Hy genoem het “geestelike misleiding.” Hy het gesê: “Pas op dat niemand julle mislei nie” (Mattheus 24:3).

‘n Mens sou seker soos Prof. König kon redeneer dat geestelike misleiding, valse profete en apostels reeds in die Ou Testament doenig was met hulle vuil werk en dat ons nie die eerstes is wat met hierdie probleem te kampe het nie. Maar, ons moet egter nie uit die oog verloor dat die misleiding in ons eie tyd met rasse skrede toegeneem het nie en dat daar boonop ‘n nuwe dimensie van misleiding togetree het, en dit is dat valse apostels en profete openlik sê dat hulle die Christus (gesalfde van God) is. Trouens, New Agers beweer dat die mens self besig is om geestelik te evolueer na ‘n hoër self en inderdaad ook self ‘n Christus-bewussyn d.m.v. meditatiewe dissiplines kan bereik. Terloops, ons toekomskundige, Dr. Piet Muller, het al self by geleentheid gesê dat ons almal klein Christusse kan word wat natuurlik Prof. König se verwysing na ‘n gewemel van antichriste in Johannes se sendbriewe klinkklaar verifieer. Ongelukkig weerspreek König se ontkenning van ‘n spesiale antichris wat nog moet kom die Here Jesus en Paulus se beskrywing van so ‘n persoon wat inderdaad nog op die wêreldtoneel moet verskyn. Paulus skryf:

2 Thessalonicense 2:3-8 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie? En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

Dit is verstommend hoedat geleerdes sonder enige gewetenswroeging die taalgebruik in die Skrif oor die hoof kan sien om hulle eie agendas te pas. In die bg. gedeelte is die verwysing na die antichris telkens in die enkelvoud wat Paulus se skerp onderskeiding tussen enkelvoudige en meervoudige naamwoorde en voornaamwoorde sonder weerga toelig. Ek glo nie Paulus sou van enkelvoudige naam- en voornaamwoorde gebruik maak indien hy na ‘n gewemel van antichriste wou verwys nie. So-ook het die Here Jesus met ‘n skerp onderskeidingsvermoë tussen enkelvoud en meervoud na ‘n persoon verwys toe hy van die antichris gepraat het en nie na ‘n gewemel van anticrhiste nie.

Johhannes 5:43 Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.

Die res van Flip Loots se gesprek met sy drie gaste het uiters telleurstellend verloop. Pleks daarvan om die kenmerke van die eindtyd vanuit ‘n Bybelse perspektief te bespreek, en soos Petrus ‘n woord van bemoediging aan God se kinders te rig, het dit ontaard in ‘n kompetisie om te te sien watter kerk nou eintlik die meeste vir die noodlydendes doen. Maar, kom ons kyk eers wat Petrus gesê het:

2 Pertus 3:9-15 Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand. Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? — julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt. Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon. Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede. En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het . . .

Voordat ek oorgaan om die drie here se uitsprake rondom die kerk se noodlenigingshulp aan mense onder die loep te neem, wil ek die vinger druk op die kenmerke van die post-moderne missionêre spiritualiteit wat besig is om die Evangelie van Jesus Christus te rysmier. Dit kan opgesom word in Rick Warren se woorde:

“You know, 500 years ago, the first Reformation with Luther and then Calvin, was about beliefs. I think a new reformation is going to be about behavior. The first Reformation was about creeds; I think this one will be about deeds. I think the first one was about what the church believes; I think this one will be about what the church does. The first Reformation actually split Christianity into dozens and then hundreds of different segments. I think this one is actually going to bring them together.”

Daar is veral drie baie subtiele en uiters gevaarlike klemverskuiwings in die post-moderne aanbieding van die Evangelie:

  1. Dissipelskap/Volgelinge van Jesus: Beklemtoon die gedagte dat Jesus Christus net nog ‘n voorbeeld is (soos enige ander gode in ander godsdienste) om na te volg pleks daarvan dat Hy die enigste Weg, Waarheid en Lewe is, wat die voorwaarde stel dat ons Hom alleenlik kan volg as ons ons self verloën en ons kruis opneem.
  2. Leerstellng: Beklemtoon die rol wat die kerk moet speel in noodlenigingsprojekte op die terrein van VIGS, armoede, onderwys, en leierskap, pleks daarvan om klem te lê op Bybelse leerstellings.
  3. Eindtydteologie: Simboliseer/allegoriseer die eindtydteologie van die fundamentaliste; maak dit selfs bespotlik en lê eerder klem op die mens se tegnologiese vermoëns om hulle eie probleme op te los op die terrein van aardverwarming, aardbewaring, die nastreef van vrede en ekonomiese stabiliteit.

Al drie die bg. kenmerke van die post-moderne aanbieding van die Evangelie is in een of al drie die here se uitsprake aanwesig. Ek het vroeër gesê dat hulle met mekaar gewedywer het om te kyk wie se kerk nou eintlik die meeste goeie werke verrig. Flip Loots het sy vraag hieroor soos volg geformuleer:

Adrio, wat is die rol van die kerk in hierdie hele situasie waarin ons nou is. Jy weet, sommige mense beweer dat die kerke opeet terwyl Rome brand. Ek bedoel daarmee die kerk is besig om oor dinge te praat in hulle vergaderings wat nie regtig die mense op voetsoolvlak raak nie. Hulle praat van kerklike strukture, die vrou in die amp, kerkeenheid, die bestaan van die duiwel, en ag so kan ek seker aangaan. Hulle sê die kerke is uit voeling met die krisisse en nood van die land. Hoekom sou jy sê, maak hulle so ‘n stelling?

Prof. Adrio König het soos volg gereageer:

Kyk, dis vreeslik moeilik om oor dié kerk te praat want daar is nie eintlik so ‘n ding nie; jy weet, een groot ding wat nou dié kerk is nie. Die Christendom is geweldig verdeeld in kleiner groepe . . . Die kerk waaraan ek behoort, die NG Kerk, die sou jy kon sê het vir baie jare miskien vreeslik min gedoen, maar weet jy daar’s ‘n geweldige ontwaking; die hele vernuwing in die NG Kerk is darem ook ‘n vernuwing om mense in nood te help en as ek hoor van gemeentes, wat gemeentes doen en uitreik. Maar jou moeilikheid is natuurlik, dit is half op ‘n klein skaal, omdat die kerk nie een geweldige groot sentrale organisaie is nie kan jy nie verskriklik baie doen aan . . . wêreldprobleme nie. Behalwe dat ons, en dit dink ek in die verkondiging van die kerk en die boodskap van die verskillende kerke, sal ons baie duideliker moet praat oor ons sonde om die natuur te vernietig want baie leiers, veral in die Weste en Afrika ook, dié sit in die kerk en ek dink nie ons het vir hulle ‘n duidelike boodskap gegee dat dit in die Naam van die Here tyd is dat ons die aarde, die natuur begin beskerm nie.

Dit herinner my nogal aan die Here Jesus se gevleuelde woorde toe Hy gesê het: “Gaan dan heen, maak van al die mense dissipels van “’Green Peace’, . . . en leer die wêreldse leiers om op te hou sondig teen die aarde en die natuuur en om onmiddellik op te hou om dit te vernietig.” Pastoor Lemmer was dit roerend eens met Prof. König.

Ja! ek dink wat Adrio daar sê, is natuurlik waar. Ek dink ook dat ons predikante teiken gewoonlik ons gehoor waarvoor ons preek en ons speel baie keer, as ek so mag sê, speel ons na die begeertes van ons gehoor toe uit i.p.v. dat ons aktuele sake en dinge wat van belang is, nie net vir die mens nie maar ook vir die wêreld waarin ons leef, aanspreek. Maar as ek net kyk, Flip, na byvoorbeeld die Rapport van die 7de Desember, was daar ‘n interessante artikel oor Pastoor Christo Visser in Rustenburg en dan word daar vertel hoedat hulle begin het met ‘n insamelingsprojek vir mense, en dan wasmasjiene, stowe en yskaste ens.; agterstallige huurgeld is deur hierdie gemeente betaal, skoolgeld is betaal, ‘n splinternuwe houthuis is vir ‘n vrou opgerig in ‘n plakkersgebied, babagoed is vir ‘n swangervrou aangeskaf; so oral is die kerk besig om tog sy ding te doen. Dis nie asof ons nie ‘n bydrae maak tot die maatskappy en en sosiale omgewing waarin ons leef nie. As jy byvoorbeeld dink aan die fantastiese sukses wat ‘n man soos Angus Buchan gehad het met sy optrede op Loftus Versveld en op Nuweland — op Loftus het daar 71 000 mense bymekaar gekom het en op Nuweland waar daar twee dae lank saam 60 000 mense was en, die aksent wat hy plaas op die huwelik om ‘n voorbeeld te noem, en hoeveel getuienisse het ek persoonlik nie gehoor van mense wat na hierdie man geluister het en gesê het “maar die Here het my huwelik gehelp”; dis alles boustene daardie wat die wêreld vir ons beter en aangenamer maak. So oral is daar ligpunte. Daar’s baie duisternis maar oral is daar ligpunte.

Afgesien van die feit dat Flip Loots se drie gaste nie by die onderwerp van die program “Hoe lank tyd is daar vir die aarde nog oor” gebly het nie, het hulle telkens ook die opdragte van God verontagsaam. Dit is voorwaar baie edel om die noodlydendes te help maar dit is beslis nie so edelmoedig om jou eie beuel te blaas nie. Wat het dan van die Here se opdrag in Mattheus 6:2 geword?

Mattheus 6:2 Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ‘n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.

‘n Berig in ‘n sekulêre koerant oor Christene se weldadigheid is gewis nie die Here se wil nie en Prof Adrio König het juis vroeër tereg daarop gewys dat die wese van sonde is om teen die wil van God en teen die raad van God op te tree.

Angus Buchan mag miskien daarin slaag om ‘n fantastiese getalle-sukses te behaal wanneer derduisende mense sy saamtrekke bywoon, maar getalle is nie juis ‘n barometer vir sukses nie. As getalle die litmustoets was vir sukses dan was die hel ‘n helse sukses omdat die meeste mense uiteindelik daarheen gaan. Dit is nie ek wat so sê nie maar die Here self:

Mattheus 7:13, 14 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

Dit is juis hierom dat predikante, pastore, kerke en elke dissipel van die Here Jesus meer begaan moet wees oor die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus as ‘n moeder Teresa-geïnspireerde lewe van weldadigheid aan die noodlydendes. Daarmee sê ek nie dat die kerk sy taak om die noodlydendes te help moet afskeep nie, maar dat die kerk nie nodig het om sy weldade voor ‘n wêreld wat Christus vyandiggesind is met groot fanfare en trompetgeskal te reklameer en probeer verdedig nie. Toe die Griekssprekende Jode begin murmureer het omdat die daaglikse versorging van die wese en weduwees oor die hoof gesien is, het die dissipels as volg daarop geantwoord.

Handelinge 6:1 En in dié dae toe die dissipels vermeerder het, het daar ‘n murmurering ontstaan van die Griekssprekende Jode teen die Hebreërs, omdat hulle weduwees in die daaglikse versorging oor die hoof gesien is. En die twaalf het die menigte van die dissipels byeengeroep en gesê: Dit is nie reg dat ons die woord van God nalaat om die tafels te bedien nie. Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel; maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord.

Hoe weet ons of ons in die eindtyd lewe? Miskien moet ek herhaal wat die Here Jesus gesê het: “Pas op dat niemand julle mislei nie.” Die vraag is: hoe vind hierdie misleiding plaas? Die misleiding kom nie in die vorm van openlike leuens nie, maar hoofsaaklik deur mooi praatjies dat daar vir die wêreld ‘n blink toekoms van voorspoed en ongekende vrede voorlê. Wat sê die Skrif?

1 Thessalonicense 5:3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.

—————————————————————————————————–

[1] An audio recording of this event, including Muller’s speech, is in the author’s file/audio archives. This section of his speech is also included in the facilitator’s guide, When the Earth Still Had 1000 Days, a post-event handbook published by Creative Learning International (May, 1999).

[2] Gröning and Wolschke-Bulmahn, “Politics, planning and the protection of nature”, p. 138

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | Leave a Comment »

Die Pre-Groot Verdrukking Wegraping – Deel 2

Posted by Thomas on January 10, 2009

In hierdie , die tweede aflewering in my reeks oor die Pre-Groot Verdrukking, bespreek ek Ds H.P.M. van Ryn se siening oor die Wegraping wat op 3 Julie 2002 in Die Kerkblad verskyn het. Sy siening rondom die Wegraping is nog steeds die algemene beskouing van die gereformeerde kerke. Hy skrywe:

Die Wegraping is iets waaroor baie gelowiges deesdae praat. Boekwinkels is vol boeke met die Wegraping as tema. Oor die radio hoor ons ook advertensies van gewilde boeke wat oor die Wegraping handel. Maar wat behels die Wegraping en waarom preek Gereformeerde predikante nie daaroor nie?

“Waarom preek gereformeerde predikante nie daaroor nie?” Dis ’n baie goeie vraag omdat dit nie alleen Ds. Van Ryn se subjektiewe benadering tot die apologie blootlê nie maar ook die elgemene gemis aan profetiese perdiking in die gereformeerde kerke oor die algemeen toelig. Gereformeerde predikante preek weinig of ooit oor Ou of Nuwe Testamentiese profesieë hoofsaaklik omdat hulle belangrike eskatologiese gebeure vergeestelik of allegoriseer of omdat hulle dit op die teenswoordige kerk toepas en nie Israel nie (Vervangingsteologie). ‘n Belangrike vraag wat ons natuurlik ook vir ons moet afvra is, van wanneer af is streng gereformeerheid die finale litmustoets waarvolgens Byblese leerstellings uieindelik as reg of verkeerd geëvalueer moet word? Wil Ds. van Ryn voorgee dat die algehele gemis aan die prediking oor die Wegraping onder Gereformeerde predikante ’n klinklare bewys is dat die leer oor die Wegraping ’n mite is? Hoe seker is hy dat ’n gereformeerde predikant nog nooit daaroor gepreek het nie? Om so ’n stelling te kan maak moes hy tot dusver elke preek van alle gereformeerde predikante dwarsdeur die geskiedenis van die kerk gehoor het, wat natuurlik onmoontlik is en sy statistiek gevolglik op ’n baie wankelrige fondament plaas. Is die prediking van gereformeerde predikante die finale barometer waarvolgens ’n mens enige leerstelling toets of is dit die Woord van God? Paulus het hom nie juis aan hooggeplaasdes in die kerk gesteur wanneer suiwer leerstelling onder die loep gekom het nie. Luister wat sê hy in Galasiërs 2:6. Ek haal aan uit die Amplified Bible.

Moreover, [no new requirements were made] by those who were reputed to be something, though what was their individual position and whether they really were of importance or not makes no difference to me; God is not impressed with the positions that men hold and He is not partial and recognizes no external distinctions. Those [I say] who were of repute imposed no new requirement upon me — had nothing to add to my Gospel and from them I received no new suggestions.

Ds. Van Ryn se verwysing na die gereformeerde predikante se posisie in die beslissing van korrekte leerstelings al dan Johannes Calvynnie is maar net nog ’n saadjie wat vanaf die Roomse kerk na die Gereformeerde kerke oorgewaai het. Wat die Priester (Roomse kerk) en die Dominee (“Meester” in die Gereformeerde kerke) sê mag nie betwyfel word nie omdat dit enige verdere vrae m.b.t. Bybelse leerstellings totaal oorbodig maak. Ek het al by verskeie geleenthede in my gesprekke met Martin Luthermense sekere dinge uit God se Woord aangehaal en verduidelik net om later deur die persone gekonfronteer te word met die woorde “Ek het my predikant oor hierdie vraagstuk in die Bybel geraadpleeg en hy stem gladnie met jou saam nie. Ek luister eerder na my predikant want hy is tog immers my herder en nie jy nie.” Dat die oorgrote meerderheid gereformeerde predikante weinig of ooit oor die Wegraping, die letterlike 7-jarige Groot Verdrukking, die Tweede koms van Christus Jesus na die aarde en die daaropvolgende letterlike 1000 jaar van vrede op aarde preek, is te verstane. Die gereformeerde prediking berus hoofsaaklik op Luther en Calvyn wat op hul beurt weer in ’n baie groot mate deur Augustinus beïnvloed is.

Waaraan het A-millennialisme sy ontstaan te danke?

Dit is ironies dat die gereformeerde kerke die kerkvader Augustinus met hoë agting bejeen terwyl hy in ’n baie groot mate die fondamente van die Roomse kerk gelê het.

Daar het in die 3de eeu N.C. ’n duidelike antagonisme teen die pre-millenniale posisie onder Gauis en Clemens Alexandrinus, die Preseptor in die Kategetiese Skool van Alexandrië ontstaan wat op hulle beurt ’n baie sterk invloed op Origines (185-254 N.C.) en Dionysius (190-265 N.C.) uitgeoefen het. Dit is inderdaad ook Origines wat ’n stewige fondament vir die allegoriese metode van interpretasie gelê het maar dit was Augustinus wat die allegoriese siening van die Millennium sorgvuldig gesistematiseer het. Een van die hoofredes waarom die letterlike siening verwerp is, was omdat dit “Joods” van aard is. Daar is veral twee belangrike dinge wat tot die dood van die millenniale hoop in die gereformeerde kerke tot gevolg gehad het.

  • Die Vervangingsteologie wat reeds in die tyd van Paulus sy lelike kop uitgesteek het. Dit behels die geloof dat God al Sy beloftes aan nasionale Israel na die geestelike Israel (die kerk) oorgedra het omdat die Jode Christus verwerp het. Ironies genoeg is dit vandag die sg. Geestelike Israel (die kerk) wat in ’n baie groot mate vir Christus Jesus  vewerp en in toenemender mate valse Christusse, ’n ander Evangelie en ’n ander gees aanhang. Selfs baie van die Gereformeerde Kerke hou hulle besig met onbybelse leerstelinge en verdra die valse leermeesters wat in hulle midde is. En tog noem hulle hulself die “Nuwe Israel.” Hoe rym dit?

  • Die vereniging van kerk en staat onder Konstantyn. Keiser Konstantyn het ter wille van sy eie politieke aspirasies die wêreld en sy menings by die kerk ingedra. Overgeset synde is die hedendaagse kerk besig om ter wille van oorlewing presies dieselfde te doen. Die kerk is nie meer langer daarop ingestel om te weet wat die Here sê nie maar wat die samelewing te sê het oor vraagstukke soos homoseksualisme en dies meer. Daarom haal predikante al hoe meer hedendaagse filosowe, sielkindiges en predikers aan (soos M. Scott Peck, Stephen Covey, John de Martini, Brian McLaren, Leonard Sweet, Rob Bell, Doug Pagitt, en Rick Warren) pleks daarvan om met oortuiging te verklaar “So sê die Here.”

Laat ons kortliks kyk na sommige van Augustinus se belangrikste eienskappe.

  • Augustinus van Hippo, geskilder deur Sandro BotticelliHy was nie ’n gewone Roomse Katoliek nie maar die beroemdste en invloedrykrykste een in die geskiedenis van die kerk.

  • Hy was een van die oorspronklike Roomse Doktors van die Kerk aan wie ’n feesdag op 28 Augustus in die Roomse Katolieke Kerkjaar gewy word.

  • Die ontslape Pous Johannes Paulus II het hom die “algemene vader van ons Christen-samelewing” genoem. In teenstelling met Pous Johannes Paulus II se lofsange, het William P. Grady van hom gesê: “Die misleide Augustinus (354-430) het so ver gegaan om aan die hand van sy boek “Die Stad van God” te verkondig dat Rome die voorreg gehad het om die Millennium (die simboliese 1000 jaar regering van die kerk op aarde) in te lei.

  • Augustinus het die Roomse Kerk gemoduleer in die vorm wat dit vandag nog handhaaf. Die meeste evangeliese kerklui wat ’n letterlike 1000 jaar van vrede op aarde verwerp, het wetend of onwetend onder die betowering van Augustinus gekom ten spyte van sy vaste credo dat “Ek die Evanglie nie sal glo nie tensy ek deur die outoriteit van die Katolike Kerk daartoe beweeg word.” Daar is nouliks ’n enkele dwaalleer wat die Roomse kerk tot vandag toe omarm wat nie by Augustinus ontstaan het nie. Dit sluit die wederbarende kinderdoop in terwyl kinders wat ongedoop doodgaan tot die eiwge hel verdoem word; die noodsaaklikheid van die doop vir die vergewing van sondes; die vagevuur; redding wat alleenlik in die Roomse kerk plaasvind; verlossing deur werke; en vervolging van almal wat die Roomse dogmas werwerp.

  • Hy het die volgende dinge aanvaarbaar gemaak — die Apokriewe boeke wat selfs deur die Jode verwerp is; die allegoriese of simboliese interpretasie van groot gedeeltes van die Skrif, veral met betrekking tot die eindtye asook die allegoriese interpreatasie van die sesdaagse skeppingsverhaal omdat hy gesê het dit nie letterlik verstaan moet word nie.

  • Hy het die persoonlike en letterlike regering van Christus op aarde vir ’n 1000 jaar verwerp en volgehou dat die Kerk (gelowiges) tans regeer en dat Satan gebind is.

  • Hy het benadruk dat Satan tans gebind is op grond van die feit dat “mense self nou en ongetwyfeld tot die einde van die wêreld gerehabiliteer sal word van die geloof dat Satan in die bodemlose put gewerp sal word” (Openbaring 20:1-3). Selfs nog meer verbasend is sy standpunt dat die bodemlose put waarin Satan opgesluit sal word . . . nou alreeds in die dieptes van die blinde harte van die Christus-haters gebind is.

  • Die veragtelike vervolging en dood van miljoene evangeliese Christene en Jode was die gevolg van sy inkwisisie-agtige uitlating: “Waarom moet die Kerk dus nie geweld gebruik om haar velore seuns te dwing om na haar terug te keer nie? Die Here self het gesê ‘Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom . . .’ Daarom is die mag wat die Kerk ontvang het – deur die religieuse karakter en geloof van konings – die instrument waardeur diegene wat in die paaie en lanings gevind word – d.w.s. in die ketterye en divisies – gedwing word om in te kom en laat hullle nie fout vind daarmee om gedwing te word nie.

Die geskiedskrywer Allis skryf:

He (Augustine) taught that the millennium is to be interpreted spiritually as fulfilled in the Christian Church. He held that the binding of Satan (Revelation 20) took place during the earthly ministry of our Lord (Luke 10:18), that the first resurrection is the new birth of the believer (John 5:25), and that the millennium must correspond, therefore, to the inter-adventual period of the Church age. This involved the interpreting of Revelation 20:1-6 as a “recapitulation” of the preceding chapters instead of as describing a new age following chronologically on the events set forth in chapter 19.

Die geskiedskrywer Peters skryf:

It may be briefly stated as a self-evident fact, that the entire spirit and aim of the papacy is antagonistic to the early church view, being based on coveted ecclesiastical and secular power, on extended jurisdiction lodged in the hands of a Primate . . . when a system was founded which decided that the reign of the saints had already begun – that the Bishop of Rome ruled on earth in Christ’s place; that the deliverance from the curse would only be effected in the third heaven; that in the church as kingdom, there was “an aristocracy” to which unhesitating obedience must be rendered; that the prophetical announcements respecting Messiah’s Kingdom were fulfilling in Romish predominance, splendor, and wealth; that the rewarding and elevation of saints was not dependant upon the Second Advent, but upon the power lodged in the existing Kingdom, etc. etc. – then it was that Chiliasm (belief in a literal 1000 years of Christ’s reign on earth), so distasteful and obnoxious to these claims and doctrines, fell beneath the powerful and world-pervading influence exerted against it.

As die Roomse Kerk die dier uit die see is, soos baie evangeliese Christene van die vorige eeu geglo het, dan kan ons sonder enige redelike twyfel aflei dat die leerstellings van die A-millennialisme sy oorsprong by die dier uit die see gehad het. Hoe kan enigeen ’n eskatologiese leerstelling van ’n man aanvaar wie se leerstellings oor genade en verlossing nie tred hou met dit wat die Bybel ons leer nie?

Ds H.P.M. skryf voorts

Aanhangers van dié leer hou verskillende variasies voor en daarom is dit moeilik om presies te sê wat hulle glo. Die Wegraping is in kort ‘n leerstuk wat sê dat Jesus voor sy finale wederkoms skielik eers nog ‘n slag sal kom om die gelowiges te haal. Hy kom die gelowiges haal sodat hulle die tyd van die Groot Verdrukking, wat net voor die finale wederkoms gaan plaasvind, kan vryspring en dit hulle gespaar kan bly.

Die Groot Verdrukking gaan dus net die ongelowiges tref wat op aarde gaan agterbly, want Jesus het sy kerk kom wegraap. Wanneer hierdie tyd verby is, dan gaan Jesus weer kom om te oordeel en dan gaan die ewige lewe aanbreek. In totaal kom Jesus dus drie keer aarde toe – eers met sy geboorte, dan met die Wegraping en dan met die Wederkoms. Dit klink baie troosvol, maar is dit waar? Is dit regtig wat die Bybel sê?

Ja! Dit is regtig wat die Bybel sê. Die Here Jesus self het belowe dat Hy Sy volgelinge (skape) van die Groot Verdrukking sal bewaar sodat hulle dit geheel en al mag vryspring. Dit is algemeen bekend dat die sewe kerke in Openbaring 3 as tipes van die kerk deur die eeue heen gesien word. Wat die Here Jesus toe vir elke afsonderlike gemeente gesê het, sê Hy ook vandag vir elke individuele gemeente wat in die voetstappe van een van die sewe kerke volg. Aan die kerk van Filadelfia het Hy gesê:

Openbaring 3:10 Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

Dat daar ’n spesifieke tydstip (’n uur) in die geskiedenis van die mensdom gaan kom waarin God die ganse wêreld op die proef gaan stel en oordeel, is nie te betwyfel nie. Daarvan getuig die boeke Daniël en Openbaring baie duidelik. Die bewaring gaan dus nie om ‘n vrymaking uit die hand van die antichris nie, maar vanuit die greep van die oordele van God self wat tydens die sewejarige Groot Verdrukking (die uur van beproewing) oor die hele wêreld uitgestort sal word. In die profetiese rede wat Daniël van die engel Gabriël ontvang het, het God gesê dat Hy ’n dekreet van 70 weke of Joodse “Shabuas” (490 jaar) oor Sy volk Israel en Jerusalem uitgevaardig het sodat Hy Sy doel met hulle kan bereik. Vier honderd drie en tagtig jaar van die 490 is alreeds letterlik vervul. Hierdie tydsverloop behels kortliks die volgende.

Vanaf die dekreet wat Koning Artaxerxes aan Nehemia uitgevaardig het en hom die toesetmming verleen het om Jerusalem te herbou (let wel, nie net die tempel nie) tot en met Jesus se intog op ’n donkie in Jerusalem toe Hy Hom openlik as Israel se Messias geopenbaar het, het presies 483 jaar verloop. As hierdie tydsverloop só letterlik vervul is dan moet die oorblywende 7 jaar netso letterlik vervul word. Dit sou voorwaar onvanpas wees om die 483 jaar as ’n letterlike tydsverloop te interpreteer en die oorblywende sewe jaar te vergeestelik (simboliseer). Dat daar tot dusver meer as 2000 jaar verloop het sonder dat die laaste sewe jaar van die 490 jaar in vervulling gegaan het, is ’n voldonge feit. Waarom vertraag God die aanvang van die laaste 7 jaar van die 490 jaar wat Hy oor Sy volk Israel en Jerusalem uitgevaardig het? Ons vind die antwoord in 2 Petrus 3: 9:

Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

M.a.w. God se lankmoedigheid is besig om die laaste sewe jaar waarin Hy Sy regverdige oordele oor die hele aarde gaan uitgiet, uit te stel. Hy is tans besig om te kyk of daar nie nog mense is wat hulle tot Hom wil bekeer nie. Die vraag is nou net: waanneer gaan God sê “Genoeg is genoeg. Tot hiertoe en nie verder nie.”

Daar is veral twee dinge wat op die oomblik nog moet plaasvind alvorens die laaste sewe jaar van die 490 jaar (70 weke) kan begin aftik. Die een vind ons in Romeine 11: 25 en die ander in 2 Thessalonicense 2: 6.

Romeine 11:25 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;

2 Thessalonicense 2:6 En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.

Wat die laasgenoede betref is dit nodig om eers te kyk na die Here Jesus se woorde in Johannes 5:43:

Johannes 5:43 Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hom sal julle aanneem.

Dit is ’n onteenseglike feit dat die “hom” nie net na die leerstellings van ’n spesifieke persoon of na ‘n gees of ‘n klomp geeste verwys nie maar na die letterlike persoon self want dit is ook onteenseglik so dat die Jode niemand as hulle Messias sal aanvaar nie, tensy hy die vrede aanbring wat hy belowe het. Ons beleef tans daagliks op TV die oorlog wat in Gaza in die Midde-Ooste woed. Die Jode met wie CNN en Sky News onderhoude voer, sê telkens dat hulle maar net in vrede saam met die sg. Pallestyne (Jordaniese Arabiere) wil saamlewe. Verskeie wêreldleiers se pogings om hierdie vrede te bewerkstellig, het telkens misluk. Maar, daar is iemand wat moontlik tans reeds in die vleuels van die wêreldverhoog wag om hierdie vrede aan te bring. Hy is die antichris van wie Jesus in Johannes 5:43 gepraat het. Hoewel dit ’n valse vrede sal wees, gaan hy daarin slaag om die Jode te oortuig dat hy hulle langverwagte Messias is wat vir hulle die vrede in hulle eie land sal meebring en hulle sal dan ‘n geskrewe verbond van sewe jaar met hom sluit.

Daniël 9:27 En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

Daniël 8:25 En op grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van die vorste, maar hy sal sonder toedoen van mensehand verbreek word.

Ek hou meer van die KJV se vertaling van Daniel 8: 25 want dit bring die wyse waarop hy sy vernietigingswerk gaan doen vir my baie beter na vore.

“ . . . and by peace (prosperity) shall destroy many: he shall also stand up against the Prince of princes; but he shall be broken without hand.”

Die Here Jesus het in Mattheus 24:15, 16 hierna verwys:

Mattheus 24:15, 16 Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom — laat hy wat lees, oplet — dan moet die wat in Judea is, na die berge vlug; . . .”

Ds, H.P.M. van Ryn skryf voorts:

Begronding? Die woord “wegraping” staan nêrens in die Bybel nie. In die Ou Vertaling staan die woord “wegraap” net drie keer en dit net in die Ou Testament (Jer 8:13; Sef 1, 2 en 3). By aldrie hierdie tekste gaan dit oor God wat ongehoorsames gaan bymekaar maak om hulle te oordeel. Hier is dus nie sprake van ‘n wegraping soos wat hierdie leer bedoel nie.

Dit is ondenkbaar, om nie eens te praat van die onvanpastheid daarvan nie, dat geleerde mense voortdurend een van die swakste en naïefste eksegetiese argumente gebruik wanneer hulle met soveel oortuiging sê “Dié of daardie woord kom gladnie in die Bybel vooor nie.” Dit is darem ’n bietjie te dik vir ’n daalder om aanvanklik te sê dat die woord “wegraping” nêrens in die Bybel voorkom nie en dan onmiddellik te erken dat dit wel in die Ou Testament (ou vertaling) verskyn. Daarby gesê is die “nêrens-in-die-Bybel-te-vinde-strategie” nie baie oortuigend nie. Die woord “drie-eenheid” (“Trinity”) is ook nêrens in die Bybel te vinde nie. Beteken dit dan dat die Drie-eenheid ’n mite is? Die meeste apologete wat versuim om hulle standpunte vanuit die Woord van God te verantwoord of om dit op soliede eksegese te baseer, kap gewoonlik baie gou terug met die teenaanval “Maar dié of daai woord kom nie eens in die Bybel voor nie.” Dit is hierdie soort van subjektiewe argumente wat Bybelse waarhede in ’n baie slegte lig bring by mense wat werklik soek na die waarheid.

Ds. H.P.M. van Ryn skryf dan as volg:

Waarop word die leer van die sogenaamde Wegraping dan begrond? Dit word begrond op gedeeltes soos 1 Tessalonisense 4 :17. Kyk, daar staan dit dan in die Bybel, sal aanhangers van dié leer sê: “Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug: en so sal ons altyd by die Here wees.” Daar staan dit mos. Die Here gaan ons kom wegraap! En kyk maar na Matteus 24: 40, 41: “Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat.” Skielik sal al die gelowiges van die aarde weggeneem word en dan sal die groot verdrukking aanbreek onder die ongelowiges.

Daar is net een manier om 1 Thessalonicense 4: 17 se woorde “saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug” as die wegraping te weerlê en dit is om dit te vergeeestelik. Dit sou natuurlik ’n hele aantal ernstige tameletjies tot gevolg hé. In die eerste plek sou dit moes beteken dat die Here Jesus se wederkoms self ook vergeestelik (allegoriseer) moet word. Verskeie kerkleiers in die NG Kerk is alreeds besig om die wederkoms van Jesus Christus te vergeestelik of om dit heeltemal te ontken, en so-ook met sy opstanding uit die dood.

Soos ek reeds in my inleiding gesê het, gee die opponente van die Pre-Groot Verdrukking Wegraping toe dat daar wel so iets soos ’n opraping in hierdie geedeelte moet plaasvind. Daar staan tog immers baie duidelik geskrywe dat die uit-die-dood-opgestane-heiliges en die lewend-oorgeblewe-heiliges die Here in die lug sal ontmoet. Kom hulle deur hulle eie toedoen en krag daar bo in die lug by die Here uit of gaan hulle deur die bonatuurlike krag van die Here daarheen opgeraap (weggeraap) word? Let daarop dat daar hoegenaamd niks in hierdie gedeeltes van die ongelowiges gepraat word nie. Volgens Openaring 20 sal alle ongelowiges eers na die 1000-jarige vrederyk uit die dood opgewek word om by die Wit-troon oordeel geoordeel en daarna in die ewige vuurpoel gewerp te word (Openbaring 20: 5, 6, 11-15). Die vurigste teenstanders van die Wegraping sal moet erken dat daar ’n letterlike opraping (harpazo) vanaf die aarde na die lug (aer — atmosferiese ruimte bokant die aarde) sal plaasvind. Gevolglik gaan dit nie daarom of daar ’n wegraping gaan plaasvind nie maar wanneer dit gaan gebeur. Ek praat nie van ’n presiese datumbepaling nie, maar of dit voor, midde of na die sewejarige verdrukking gaan plaasvind. Dit maak dus nie saak hoe hard en hoe vurig die teenstaanders probeer om die Wegraping as ’n letterlike en toekomstige gebeurtenis te weerlê nie, hulle kan nie ontken dat 1 Thessalonicense 4:17 se woorde “weggevoer word die Here tegemoet in die lug” ’n letterlike opraping (harpazo) sal wees nie.

Ds. H.P. M van Ryn vervolg:

Weerlegging

Is dit regtig wat daar staan? Dat Jesus die gelowiges van die aarde gaan wegneem sodat hulle die groot verdrukking gespaar kan bly? Staan daar regtig iewers in die Bybel dat Jesus nog twee keer gaan kom? Nee, dit staan nêrens nie. Inteendeel, Matteus 24 waarsku gelowiges juis om gereed te wees vir die volgende en finale koms van die Here – die wederkoms. Daar staan niks van ‘n wegraping voor die wederkoms nie.

Die Skrifgedeeltes waarna die aanhangers van die wegraping verwys, het gewoonlik op Jesus se finale wederkoms betrekking. Die wederkoms self word in hierdie gedeeltes beskryf. Die twee wat op die land werk en waarvan een saamgeneem word en die ander agtergelaat word, is ‘n manier om die oordeel van God te verduidelik. Gelowiges en ongelowiges woon en werk nou nog saam hier op die aarde, maar wanneer die wederkoms aanbreek, dan vind die oordeel plaas en dan word die gelowiges en ongelowiges vir altyd van mekaar geskei – een word saamgeneem na die ewige lewe en die ander word agtergelaat vir die ewige dood. Dit wat in Matt 24: 40, 41 gesê word, word dus herhaal in Matteus 25: 31-33. Hier is definitief geen sprake van ‘n eerste en ‘n tweede wederkoms nie. Alleen maar een enkele wederkoms wat met verlossing en oordeel gepaard gaan.

Dieselfde met 1 Tessalonisense 4: 17. As daar staan: “Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug”, dan troos die Here ons met hierdie gedagte: Wanneer die wederkoms plaasvind, dan kom Jesus en Hy bring die siele van die gelowiges wat reeds gesterf het, saam. Hulle liggame sal dan opgewek word, met hulle siele verenig word en daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so, saam met ons geliefdes wat reeds gesterf het, sal ons vir altyd by die Here wees.

Weer eens, hier is geen sprake van Jesus wat nog twee keer moet kom nie. Dit is baie duidelik ‘n beskrywing van Jesus se finale wederkoms.

Dit is so dat hoofstukke 24 en 25 van Mattheus nie die Wegraping beskrywe nie maar wel die Tweede Koms van die Here Jesus na die aarde om die nasies te oordeel. Dit opsigself is maar een van die hoofverskille tussen die Wegraping en die Tweede Koms. By die Wegraping is dit slegs die opgestane en oorgeblewe lewende heilges wat die Here in die lug tegemoet sal gaan wanneer Hy kom soos ’n dief in die nag. M.a.w. in 1 Thessalonicense 4: 17 is Sy koms (die Wegraping) nie na die aarde nie. By Sy Tweede Koms, lees ons in Sagaria 14: 4, sal Sy voete op die Olyfberg staan en die berg sal van die Ooste na die Weste middeldeur gesplyt word sodat die een kant na die Noorde en die anderkant na die Suide wegwyk. Om hierdie betrokke verskil te akkomodeer, sê die anti-Wegraping groep dat die heiliges (soos beskrywe in 1 Tthessalonicense 4: 17) Hom in die lug tegemoet sal gaan net om Hom onmmiddellik terug te begelei na die aarde om die nasies te oordeel. Dit sou beteken dat daar hoegenaamd geen tyd ingeruim sal kan word vir die Bema-troon oordeel en die Bruilof van die Lam nie, en dat daar dus ook geen sewejarige verdrukking sal wees nie. Hierop sal die a-millenialiste waarskynlik antwoord dat daar net ’n enkele oordeel sal wees van beide die gelowiges en die ongelowiges (Wit-troon oordeel) en dat die uitdeel van lone en krone en die bruilof van die Lam onmiddellik na die Wit-troon oordeel sal geskied. Dit is nie wat die Bybel ons leer nie. In Lukas 12: 35 en 36 waarsku die Here Jesus “En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.” (Lees maar gerus weer die gelykenis van die vyf wyse en die vyf dwase maagde in Mattheus 25). Dit as sodanig spreek boekdele wat ons sal help om ’n paar dinge te onderskei. As die vyf wyse en vyf dwase maagde ’n beskrywing was van die Wegraping dan sou die onverwagse en enige-oomblik element van Sy koms daarmee heen wees omdat beide die gereddes (wyse maagde) en die ongereddes (dwase maagde) hulle self gereed maak om die Bruidegom te ontmoet. As die meeste gelowiges nie eens vandag glo dat die Here enige oomblik soos ’n dief by die Wegraping in die nag kan terugkeer nie hoe op dees aarde kan ’n mens verwag dat die ongelowiges besig is om hulle gereed te maak vir sy koms en die Bruidegom tegemoet te gaan? Die vyf dwase maagde is nie gelowiges nie maar ongelowiges (naam-Christene).

Wanneer die Here Jesus terugkeer met Sy tweede koms, sal die bruilof van die Lam en Sy bruid (alle gelowiges) reeds ’n gedane en afgehandelde saak wees. In my inleiding het ek reeds daarop gewys dat die woord “erchomai” (“het gekom” — Openbaring 19:7), in die geval waar mense betrokke is, nie beteken dat iets op daardie spesifieke oomblik aangebreek het nie, maar dat ’n reeds voldane gebeurtenis van een plek na ’n ander gekom het. In hierdie geval beteken dit dat die “paartjie” (Bruidegom en bruid) na die reeds voldane huwelik van die Lam wat in die hemel voltrek is (ná die Wegraping), by Sy Tweede Koms na die aarde sal terugkeer om die huweliksmaal te geniet. Die Christene se huwelikseremonie is ‘n toonbeeld hiervan. Die huwelik self word in die kerk voor die kansel voltrek waarna die bruilofspaar en hulle gaste na ‘n ander lokaal gaan om die huweliksmaal te nuttig. Die Jode en baie van die heidene wat die sewejarige verdrukking oorlewe, sal dan as gaste na die bruilofsmaal genooi word en die enigste voorwaarde om toegang tot die bruilofsmaal te verkry, sal wees om met ’n bruilofskleed oorklee te wees — om gered te wees (Mattheus 25: 12, 13; Jesaja 61: 10).

Mattheus 22:9-13 Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof. En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword. En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Baie Jode en heidene wat nie tydens die Wegraping die Here in die lug tegemoet gaan nie, sal gedurende die Groot Verdrukking tot bekering kom en met hulle natuurlike liggame toegang verleen word tot die Bruilofsmaal van die Lam op aarde wanneer Jesus met sy Tweede Koms terugeer na die aarde, mits hulle oorklee is met ‘n bruilofskleed. A-millennialiste verkla die Wegraper-gelowiges van drie wederkomste – die eerste koms van Jesus as mens om gekruisig te word, die Wegraping en sy koms soos dit in Sagaria 14 beskrywe word. Daar is egter net twee komste van Hom na die aarde — sy eerste koms as mens en sy tweede koms in Sagaria 14. Sy koms by die Wegraping is  nie na die aarde nie maar in die lug om soos ‘n dief in die nag sy Bruid te kom haal vir die huwelik in die hemel.

Indien die volgende stelling van Ds. Van Ryn waar sou wees: “Wanneer die wederkoms plaasvind, dan kom Jesus en Hy bring die siele van die gelowiges wat reeds gesterf het, saam. Hulle liggame sal dan opgewek word, met hulle siele verenig word en daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so, saam met ons geliefdes wat reeds gesterf het, sal ons vir altyd by die Here wees,” sou dit beteken dat slegs die gestorwe heiliges wat saam met Hom terugkeer by Sy Tweede Koms om met hulle liggame verenig te word, deel sal wees van die bruilof van die Lam in die hemel. Gaan net ’n deel van die Bruid van die Lam langs Hom staan wanneer Sy huwelik in die hemel voltrek word? Onthou, volgens Lukas 12: 35, 36, wanneer die Here trugkom, sal Hy terugkom as die Bruidegom wat reeds Sy huwelik met Sy bruid in die hemel voltrek het: “En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom . . .” Dit beteken dat die volle getal heidene en Jode wat tot redding gekom het in die tyd waarin ons tans lewe, teenwoordig moet en sal wees by die bruilof van die Lam. Inderdaad, Paulus beaam dit wanneer hy sê:

Romeine 11: 25 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het

Dit staan onwrikbaar vas dat die verharding wat tans nog oor die grootste deel van Israel heers deur die Here self uit die weggeruim gaan word sodat Hy weer eens tot hulle harte kan spreek. Dit sal gebeur nie voordat die heel laaste persoon onder die heidene van wie God reeds voor die grondlegging van die wêreld geweet het hom/haar tot Hom sal bekeer en tot redding gekom het nie. M.a.w God het reeds voor die grondlegging van die wêreld geweet wanneer niemand meer onder die heidene hulle tot Hom sal bekeer nie, en alleenlik wanneer die heel laaste persoon ingegaan het, sal God weer met sy volk Israel begin werk. Dit gaan die Here inderdaad ook doen wanneer die sewejarige verdrukking net ná die Wegraping (“totdat die volheid van die heidene ingegaan het”) ’n aanvang sal neem. Die hoofdoel van die Groot Vedrukking is om die volk Israel vir die koms van hulle Messias voor te berei vóór die aanvang van die Millennium Vredeskoninkryk op aarde. Dat die sewejarige verdrukking primêr ’n Joodse aangeleentheid is, word onderstreep deur Jeremia 30:7:

Jeremia 30:7 Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ‘n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.

Die goeie nuus dat die Koning se wederkoms op hande is, sal durende die sewejarige Groot Verdrukking gepredik word soos in die dae van Johannes die Doper en die twaalf dissipels (Mattheus 24: 14). Hierdie keer sal daar in plaas van twaalf, 12 x 12,000 (144, 000) wees wat die goeie nuus sal verkondig.

Nêrens in hierdie gedeelte word die geringste aanduiding gegee dat die gestorwe siele van die heliges eerste opgewek sal word en dat die oorblewende lewende heiliges in ’n oogwink verander sal word om die Here in die lug tegemoet te gaan nie. Die opstanding in Openbaring sal die opstanding wees van die heilges wat gedurende die Groot verdrukking onthoof is vir hulle standvastige geloof in Jesus Christus (Openbaring 6: 9). Dit is nie ’n opstanding tot ’n opraping of  ‘n wegraping in die lug nie, maar alleenlik ’n opstanding om die Millennium koninkryk van Christus binne te gaan.

Openbaring 20:4 . . . en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. (Openbaring 20: 4).

Terloops, indien die tyd waarin ons nou lewe simbolies is van die 1000-jarige Vrederyk op aarde, wanneer het die heiliges wat gedurende die verdrukking onthoof is oor hulle getuienis van Jesus en geweier het om die merk van die dier op hulle hande of voorhoofde te neem, uit die dood opgestaan? Indien die eerste opstanding, soos Augustinus dit aan die Roomse Kerk en die Gereformeerde Protestantse kerke oorgedra het, die bekering en redding van sondaars is, dan moet hulle “opstanding” (berkering en redding) onafwendbaar gekoppel word aan die merk van die bees omdat hulle juis gedood word omdat hulle weier om die merk van die bees te neem. Waar’s die merk van die bees? Openbaring 20: 4 sê tog immers baie duidelik dat hulle ná die Groot verdrukking en vóór die aanvang van die Millennium Vrederyk op aarde uit die dood opgewek sal word. Waar regeer hulle tans as konings saam met Jesus Christus, soos Oopenbaring 20 sê sal gebeur? A-millenialiste sê hulle regeer tans in die hemel oor die simboliese 1000 jaar wat tans aan die gang is op die aarde. As hulle vanuit die hemel saam met Christus regeer, wat het dan van hulle opstanding geword (. . . en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank)? As die opstanding beteken dat dooies soos Jesus Christus liggaamlik uit die dood moet opstaan, dan beteken dit dat die heiliges wat onthoof is alreeds liggaamlik opgestaan het en met hulle nuwe verheerlikte liggame saam met Christus in die hemel regeer. Kan dit waar wees?

Baie Christene interpreteer Mattheus 24: 40, 41 as die Wegraping. Indien dit waar sou wees dan kan groot gedeeltes van hoofstuk 24 nie streng chronologies hanteer word nie. Ons moet in gedagte hou dat die hele hoofstuk die Here Jesus se antwoord is op die dissipels se vraag “Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? Die eerste gedeelte van hulle vraag slaan terug op Sy beskrywing van die vernietiging van Jerusalem en die tempel deur Flavius Vespasianus Titus en die Romeinse magte in 70 NC. Sy opvolgende beskrywing van die sewejarige verdrukking bereik ’n hoogtepunt wanneer die ongelowiges wat gedurende die verdrukking geweier het om hulle tot die Here te bekeer netsoos die ongelowiges in die dae van Noag skielik weggeneem (gedood) sal word om in Hades in bewaring gehou te word tot en met die Wit-troon oordeel na die voleinding van die 1000-jarige Vrederyk op aarde. Die oorblywende gelowiges (diegene wat nie gedood is nie) wat gedurende die Groot Verdrukking tot bekering gekom het onder die prediking van die 144 000 Joodse evangeliste sal met hulle natuurlike liggame toegang tot die 1000-jarige Vrederyk op aarde verleen word (Jesaja 65: 17-25; Mattheus 24: 37-47).

Ds. H.P.M van Ryn skryf voorts:

Onnodige troos?

As dit dan so was dat daar eers ‘n wegraping van die gelowiges sal wees voordat die groot verdrukking aanbreek, dan is groot dele van die Bybel onnodig geskryf, dele wat juis geskryf is om die gelowiges in die verdrukking te versterk en te bemoedig.

Matteus 24: 21, 22 sê byvoorbeeld: “… Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.” Die uitverkorenes word dus nie weggeraap om daardie tyd vry te spring nie, maar God kort die tyd in om hulle tegemoet te kom. Die hele Bybel is ook vol aanmoedigings om tot die einde toe te volhard, soos byvoorbeeld Matteus 24: 13. Waarom sou dit nodig wees as ons dan weggeraap sou word om die verdrukking vry te spring?

Onnodige troos? Paulus moes dan verkeerd gewees het toe hy sy relaas oor die Wegraping in 1 Thessalonicense 4: 13-18 afgesluit het met die woorde:

Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal voor wees nie. Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.

Op verskeie plekke in die Nuwe Testament word die koms van die Here vir Sy volgelinge by die Wegraping telkens as hulle “hoop” beskryf. Hoop, in hierdie opsig, is nie ’n mog-het-troffe tipe hoop nie. Dit is ’n vaste wete en vertroue dat God sal doen wat Hy belowe het. (Johannes 14).

1 Johannes 2:2, 3 Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is (Klem bygevoeg).

Daar is veral twee redes wat aangevoer kan word vir die verkeerdelike interpretasie of die algehele verwerping van die Wegraping:

  1. Die onbybelse aanname dat die kerk Israel as volk vervang het (die sg “Verplasings Teologie”). Die gevolg is dat die Groot Verdrukking nie gesien word as ’n tydvak met hoofsaaklik Joodse kenmerke nie, maar as ’n tyd waarin alle gelowiges se geloof beproef en gesuiwer sal word. Die gevolg is ook dat alleenlik die gelowiges gesien word as die uitverkorenes van God en nie die Jode as God se volk nie.
  2. Die doel van die sewejarige vedrukking is nie om gelowiges se geloof te toets nie, maar om die Joodse volk tot bekering te lei en om die nasies wat hulle nog altyd so sleg behandel en verdruk het, te oordeel. Die eg Joodse karakter van die Groot verdrukking word duidelik omlyn deur die volgende feite in ag te neem.

Ou Testamentiese geskrifte getuig daarvan (Deuteronomium 4:30, 31; Jeremia 30:7; Esegiël 20: 37; Daniël 12: 1; Sagaria 13: 8, 9), die Olyfberg diskussie van Chrsitus getuig daarvan (Mattheus 24: 9-26) en die hele boek van Openbaring getuig daarvan. Dit behels:

  • Daniël se mense.
  • Die koms van die valse Messias wat met die Jode ’n sewejarige vredesverbond gaan sluit.
  • Die verkondiging van die koninkryk.
  • Die vlug op die Sabbat.
  • Die tempel en die heilige plek.
  • Die land van Judea.
  • Die heilige stad Jerusalem.
  • Die twaalf stamme van die kinders van Israel.
  • Die seun van Moses.
  • Tekens in die hemel.
  • Die verbond met die dier (Antichris).
  • Die allerheiligste, die offerande.

Al hierdie dinge spreek van Israel en bewys dat die verdrukking hoofsaaklik ’n tyd is waarin God met Sy antieke mense gaan handel voordat baie van hulle (die oorblyfsel) die beloofde koninkryk op aarde binne sal gaan. (Deuteronomium 30:1-6; Jeremia 30: 8-10).

Dit is waar dat God dikwels verdrukkinge toelaat en gebruik om die geloof van Sy kinders te suiwer en te toets, maar dit is nie die doel van die Groot verdrukking nie. Die aard van die Groot verdrukking word in die volgende skrifgedeeltes uitgespel.

  • GRIMMIGHEID (Sefanja 1: 15, 18; 1 Thessalonicense 1: 10; 5: 9; Openbaring 6: 16, 17; 11: 18; 14: 10, 19; 15: 1, 7; 16; 1)
  • OORDEEL (Openbaring 14; 7; 15: 4; 16: 5, 7; 19: 2)
  • TOORN (Jesaja 26: 20, 21; 34: 1-3)
  • BENOUDHEID (Jeremia 30: 7; Sef. 1: 14, 15; Daniël 12: 1).
  • VERWOESTING (Joel 1: 15; 1 Thessalonicense 5: 3).
  • DUISTERNIS EN DONKERHEID (Joel 2; 2; Amos 5: 18; Sefanja 1: 14-18).

Ds. H.P.M. van Ryn skryf vervolgens:

Die hele Openbaringboek is dan ook eintlik onnodig, want Openbaring is juis geskryf om gelowiges te bemoedig, ook en veral in die tyd van die groot verdrukking. Hoor maar wat sê Jesus in Openbaring 3: 10, 11: “Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.” In hoofstuk 7 word die gelowiges beskryf wat in die groot verdrukking enduit getrou gebly het. Hulle het dit deurgemaak en met God se genade getrou gebly! Hulle is nie voor die tyd weggeraap nie! In hoofstuk 13: 7 lees ons van die antichris dat: “Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en om hulle te oorwin … .” En dan in vers 10: “Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.” As die wegraping wel bestaan, sal die antichris nie teen die gelowiges kan oorlog maak nie en sal hulle nie die volharding en die geloof nodig hê nie.

Openbaring 3: 10 is ’n sleutelvers in die voortslepende polimiek oor die Wegraping. Die teenstanders wil dit hê dat “in die uur van beproewing” beteken dat die Here Sy heiliges midde in die Groot Verdrukking gaan bewaar netsoos Hy sy volk Israel midde in Egipte bewaar het terwyl Hy Sy tien plae oor die land uitgegiet het. M.a.w hulle staan ’n INTERNE beskerming of bewaring voor waar daar hoegenaamd geen sprake is van ’n uittog (opraping of wegraping) nie. Dit is ironies dat Ds. van Ryn ook vers 7 van hoofstuk 13 aanhaal wat baie duidelik sê dat die Here die Antichris gaan toelaat om oorlog te voer teen die heliges en hulle te oorwin. So-ook getuig Openaring 6:9-10; 7-9, 13, 14; 13:15; 14:13; 16:6; 18:24 en 20:4 dat die heiliges ongekende vervolging en marteling sal ervaar. Hoe rym hierdie gedeeltes met Opebaring 3:10 waar die Here belowe dat Hy Sy getroue volgelinge “in die uur van beproewing” sal bewaar. Eers sê Hy, Hy sal hulle bewaar en dan sê die boek van Openbaring dat Hy hulle gaan oorgee aan die verwoestende haat van die Antichris om hulle te oorwin, te martel en dood te maak. Het die Here Hom weerspreek toe Hy dit in Openbaring 3: 10 gesê het”? Ds. Van Ryn protesteer dat “As die wegraping wel bestaan, sal die antichris nie teen die gelowiges kan oorlog maak nie en sal hulle nie die volharding en die geloof nodig hê nie.” Daarmee wil hy voorgee dat, indien daar wel ’n Wegraping is, daar geen gelowiges meer op die aarde sal oorbly nie. Gevolglik sal daar geen gelowiges wees wat die Here in Sy toelatende wil aan die wrede en oorlugsugtige Antichris sal kan oorgee nie. Dit opsigself impliseer dat die reddende genade van God geheel en al gedurende die sewejarige verdrukking skielik gaan opdroog en dat niemand tot redding sal kan kom nie. Openbaring 20: 4 skilder vir ons ’n heel ander prentjie:

Openbaring 20:4 . . . en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.

‘n Menigte Jode en heidene sal gedurende die sewejarige verdrukking onder die kragtige prediking van die 144, 000 Joodse evangeliste tot bekering kom en die meeste van hulle gaan deur die swaard van die Antichris omkom. Hulle gaan hulle koppe verloor. Hoe rym dit met Openbaring 3: 10?

Hoe moet ons Openbaring 3: 10 dan interperteer sodat die bewaring van die heiliges nie met die res van Openbaring bots nie? ’n Mens sou kon redeneer dat die bewaring slegs betrekking het op die geloof van die volhardende heiliges, ma.w. dat God hullle sodanig sal omvou met Sy beskermende genade dat hulle nie hulle geloof verloor nie al sou hulle hul lewens verloor. Maar, dit is nie wat openbaring 3: 10 sê nie. Let noukeurrig daarop dat die vers nie net sê dat die Here Sy heliges van beproewinge en verdrukking sal bewaar nie, maar spesifiek van die “uur van beproewing,” m.a.w. van ’n spesifieke tydsverloop wat oor die hele aarde gaan kom. Volgens die standaard lexikons en grammatika beteken die voorsetsel “ek” in “se tērēō ek tēs hōras peirasmou” (sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing) nie bewaring midde in of binne-in ’n situasie nie. Indien dit so sou wees, sou die begrip “tērēō ek” normaalweg deur “en” of ”para” in die plek van “ek” gebruik moes gewees het. Die voorsetsel “ek” beteken “van binne na buite,” m.a.w dit dui op beweging heeltemal vanuit die “uur van beproewing” wat oor die hele wêreld gaan kom. Dit kan alleenlik plaasvind met die Wegraping. Dit is dus ‘n EKSTERNE en nie ‘n INTERNE bewaring soos die a-millennialiste suggereer nie.

Ds. H.P.M. van Ryn sê voorts:

Ons belydenis

Die leer oor die wegraping word daarom ook in geeneen van ons belydenisskrifte gevind nie. Ons belydenisskrifte (byvoorbeeld Sondag 19 van die Heidelbergse Kategismus en artikel 37 van die Nederlandse Geloofsbelydenis) bely alleen maar die troosvolle finale wederkoms van Jesus Christus.

Nie nodig nie

Ons het nie die leer van die wegraping nodig nie. Nee, ons het die vaste troos dat God in beheer is en ook sal wees tydens die groot verdrukking. Hy sal sy kinders daardeur dra. En daarna sal ons Here Jesus Christus, Hy wat bereid was om vir ons sondes te sterf, weer kom om ons in hemelse blydskap en heerlikheid vir ewig by Hom te neem!

Gereformeerde predikante heg geweldig baie waarde aan die belydenisskrifte (t.w. die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Hedelbergse Kategismes en die Dordtse Leerreëls) asof dit gelykstaande is aan die Woord van God. Hoewel daar heelwat waarhede daarin opgesluit lê, is daar ook baie dinge wat regstreeks van Augsutinus en dus uit die Roomse tradisie oorgeneem is.

Dit is opvallend hoe maklik die uitdrukking “God is in beheer” gebruik word wanneer die Bybelse leerstellings soos die Wegraping, die Groot Verdrukking en die 1000 Vrederyk op aarde te berde kom. Wat bedoel diegene was so lief is om te sê dat God in beheer is met die woord “beheer.” Beheersing of heerskappy beteken tog sekerlik dat die persoon wat in beheer is as koning en regeerder absoluut heers en dat almal doen wat hy sê en beveel. Is God in beheer? As God hier op aarde in beheer was, sou die Here Jesus ons nooit geleer het om te bid nie “Laat U wil geskied soos in die hemel netso ook op die aarde.” Dit alleen bewys onteenseglik dat God se wil tans nie op hierdie ou gebroke aarde van ons geskied nie. Selfs nie eens die kinders van God is almal honderd persent onder Sy beheer nie en doen nie Sy wil honderd persent nie. Daarvan getuig die Here Jesus se woorde in Romeine 6: 12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.” As God self oor ons sterflike liggame geheers het, sou die Here nooit die opdrag gegee het dat ons daaroor moet heers nie. Daar waar God in beheer is, doen almal Sy wil honderd persent uit ‘n rein hart met liefde wat heilige ontsag vir Hom het. Dit is presies soos Sy wil tans in the hemel gedoen word. Hy het nog nooit en sal ook nooit Sy wil of Sy heerskappy op enigiemand afdwing nie. Sy heerskappy is gegrond op ’n wedersydse rein liefde. Daarom het die Here Jesus eenmaal gesê “As julle my liefhet, bewaar my gebooie,” (Johannes 14:15); “Wie my gebooie het en die bewaar, dit is hy wat My liefhet, hom sal my Vader liefhê en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar” (Johannes 14:21); “As julle my gebooie bewaar, sal julle in My liefde bly, net soos Ek die gebooie van My Vader bewaar en in Sy liefde bly” (Johannes 15:10). As God werklik in beheer was oor die ganse mensdom in so ’n mate dat almal honderd persent sy wil gedoen het, sou dit nooit vir Hom nodig wees om die mensdom te oordeel nie. Dit is juis omdat die mensdom nie onder sy totale heerksappy (beheer) wil staan nie dat hy hulle moet oordeel.

Die aanname dat God reeds oor alles op hierdie gebroke wêreld in beheer is, kom van die Calvinistiese seining dat Hy alles voor die grondlegging van die wêreld bepaal, voorsien en beplan het — selfs ook die sondeval en die sondes wat die wêreld tans teister. Om dit enigsins anders te interpreter, sou ‘n flagrante aantasting wees van God se soewereiniteit. Dit is altans wat die Calvinisme glo en predik. As God in beheer was sou die apostel Johannes nooit kon sê dat die hele wêreld in die mag van die bose lê nie (1 Johannes 5:19). Die aanname dat God alreeds in beheer is, is ‘n valse troos want dit wek die indruk dat Sy kinders nie meer nodig het om te waak en te bid nie; dat ons nie nodig het om die duiwel te weerstaan nie; en dat ons hoegenaamd nie meer langer self oor ons sterflike liggame hoef te heers nie.

Ds. H.P.M. van Ryn en die oorgrote meerderheid gereformeerde predikante sê Ons het nie die leer van die wegraping nodig nie. Nee, ons het die vaste troos dat God in beheer is en ook sal wees tydens die groot verdrukking. Hy sal Sy kinders daardeur dra.” Is dit werklik wat die Here Jesus en Sy Woord ons leer? Allermins, want Christus Jesus self het gesê Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie” (Openb. 13:7). Dat God, soos in die geval met Sy Seun, Jesus Christus, Satan by monde van Pilatus die mag gegee het om Hom om die lewe te bring, so sal Satan deur die Antichris die mag gegee word om die meeste van die Jode en heidene wat gedurende die Groot Verdrukking tot bekering kom, om die lewe te bring. En tog sê die gereformeerde predikante dat God Sy kinders daardeur sal dra. Hoe rym dit?

Paulus noem die wegraping in 1 Thessalonicense 4 ’n troos en ’n bemoediging. Dieselfde woord wat hier gebruik word verskyn ook in Johannes 15: 26 nl. “parakaleo.” As die gereformeerde predikante nie die troos (“parakaleo”) van die wegraping nodig het nie, ontstaan die vraag of hulle die Trooster (“Parakleto”) enigsins nodig het. Dit is juis die Heilige Gees in die kinders van God wat hulle aanmoedig om mekaar te troos en te bemoedig met die wete dat die Wegraping enige oomblik kan plaasvind (1 Thessalonicense 4:18). Hoe op dees aarde kan die gereformeerde predikante dan sê dat hulle die leer van die Wegraping nie nodig het nie omdat God altoos in beheer is?

Paulus het die leer van die Wegraping, soos die res van die leer van die Evangelie, regstreeks van ons Heiland ontvang (Galasiërs 1:12). Die gevolg is dat die gereformeerde predikante op uiters gevaarlike grond staan as hulle sê dat hulle die leer van die Wegraping nie nodig het nie. As die verlossing (redding) van die siel ’n primêr belangrike deel van die Evangelie is dan moet die Wegraping ook ewe belangrik wees omdat dit die leer van die finale verlossing van ons totale menswees insluit. Luister na wat Paulus vir ons in 1 Thessalonicense 5: 8-10 sê:

1 Thessalonicense 5:8-10 Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid. Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe. Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

Paulus verwys nie hier na die redding van ’n sondaar se siel wanneer hy hom onder die oortuiging van die Heilige Gees na die Here wend vir die vergifnis van sy sondes nie. Paulus praat hier met mense wat alreeds tot redding gekom het. Die “saligheid” (verlossing) waarna Paulus in vers 9 verwys, kan dus hoegenaamd nie op die saligheid van ’n sondaar wanneer hy tot bekering kom van toepassing gemaak word nie. Inderdaad, die saligheid in hierdie verband verwys na die finale beslag van ons verlossing (gees, siel en liggaam) by die Wegraping wat Paulus in hoofstuk 4 van 1 Thessalonicense beskrywe. So intens heerlik is hierdie finale verlossing dat selfs die hele skepping met reikhalsende verlange daarna uitsien.

Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van god. Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe. En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 2 Comments »

Die Pre-Groot Verdrukking Wegraping – Deel 1

Posted by Thomas on January 3, 2009

Inleiding

‘n Goeie vriend en broer van my in die Here het nie lank voor sy dood nie die artikels van ‘n klompie gereformeerde predikante aan my gestuur waarop ek soos volg kommentaar gelewer het.

Dit is nogal ironies dat almal wat die wegraping ontken tog verplig voel om Paulus se woorde in 1 Thessalonicense 4: 17 “Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees,” met iets van ’n wegraping te vereenselwig. Ds. Rob Visser skryf in sy artikel “Wie Bly Agter?” as volg.

Die Here Jesus kom by sy wederkoms van die hemel af. Dan staan almal wat op aarde geleef het op. Die mense wat dan op die aarde leef verander. Die gelowiges van alle eeue vaar dan van die aarde op en ontmoet in die lug die Here Jesus. Hulle verwelkom hulle God en Redder en gaan dan saam met Hom na die aarde waar Hy dan almal sal oordeel en waar die aarde tot die nuwe aarde word.

Hiervolgens is dit duidelik dat die teëstanders van die Pre-Groot Verdrukking Wegraping erken dat die tweede Koms van Christus Jesus ten minste in twee fases sal plaasvind — d.i. die opraping om Hom in die lug tegemoet te gaan en Sy terugkeer onmiddellik daarna saam met die heiliges na die aarde om die nasies te oordeel. Daar is egter ’n paar wesentlike probleme met hierdie besondere siening. Eerstens, plaas dit die opstanding van almal (gelowiges en ongelowiges) in dieselfde en gelyktydige tydraamwerk terwyl die Bybel uitruklik leer dat hulle nie saam of gelyltydig uit die dood opgewek gaan word nie. Tweedens, bied die aanname dat alle gelowiges (die opgestane dooies en die oogwink-veranderde lewendes) die Here in die lug tegemoet gaan net om onmiddellik weer na die aarde terug te keer, nie tyd vir die voltrekking van die Bema-troon oordeel en die Bruilof van die Lam nie. “Dit is nie waar nie,” sal die anti-wegraap kamp waarskynlik van verontwaardiging uitroep en sê: “Die bruilof vind plaas wanneer Christus met Sy Tweede Koms terugkeer na die aarde onmiddelik nadat Hy Sy bruid in die lug tegemoet gegaan het.”

Wat sê die Skrif? Volgens Openbaring 19:7 sal die Bruilof van die Lam alreeds a voldonge en afgehandelde gebeuretenis wees wanneer Christus Jesus met Sy Tweede Koms na die aarde terugkeer. Daarvan getuig die woord “erchomai” (het gekom) wat ’n reeds voltooide daad aandui en nie iets sal wees wat op daardie spesifieke oomblik gaan plaasvind nie. Die gebruik van die woord waar mense betrokke is, beteken nie dat iets aangebreek het nie maar dat die reeds voldane gebeurtenis van een plek na ’n ander verplaas is of gekom het en in die openbare oog sigbaar geword het. M.a.w. dit dui daarop dat die Bruilof van die Lam alreeds voltrek sal wees wanneer Hy met Sy Tweede Koms na die aarde terugkeer. Dit word ook baie duidelik beaam deur vers 8 wat sê dat aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.” Dit is uiters belangrik om daarop te let dat die regverdigheid van die heiliges in die meervoud is en verwys dus nie na die eenmalige toegerekende geregtigheid wat elke bekeerling by sy redding ontvang nie. Dit verwys na die regverdige dade van die heilges wat die vuurtoets van die Bema-troon oordeel deurstaan het. Ek sal later ’n bietjie meer oor die Bema-troon oordeel sê. Dit beteken nie dat die rein en blink fyn linne (regeverdige dade) van die regverdiges by die Tweede Koms aan die heilges gegee sal word nie. Inderdaad, al die regverdiges kom reeds geklee met rein en blink fyn linne (regverdige dade) wanneer hulle saam met Christus terugkeer. Daarvan getuig Openbaring 19: 14 baie duidelik: “En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.”

So-ook getuig Lukas 12:35, 36 dat die heilges reeds met hulle rein en blink fyn linne beklee sal wees wanneer hulle saam met hulle Bruidegom terugkeer by Sy Tweede Koms. Judas vers 14 sê ook uitdruklik dat tienduisende heiliges saam met Christus sal kom by sy wederkoms na die aarde. Met ander woorde, die heiliges moes hulle rein en blink fyn linne ontvang het by die Bema-troon oordeel nadat hulle van die aarde weggeraap is om Hom in die lug tegemoet te gaan. Die uit-die-dood-opgewekte en lewende-in-’n- oogwink-veranderde heilges sal dus nie weggeraap word om Hom in die lug tegemoet te gaan en dan weer onmiddellik na die aarde terug te keer nie. Hulle sal Hom na sy hemelse koninkryk vergesel waar elkeen volgens sy dade by die Bema-troon oordeel of ’n beloning gaan ontvang of waar sy dade deur die vuurtoets tot niet gemaak gaan word. Daarna volg die bruilof wat ook in die hemelse koninkryk voltrek sal word. Terwyl hierdie dinge in die hemel plaasvind, sal daar ’n ongekende tydperk van verdrukking oor die hele aarde kom wat sewe jaar lank gaan duur (Mattheus 24)

Wat veral baie veelseggend is en onomwonde bewys dat die Bruilof van die Lam ’n voldonge en afgehandelde gebeurtenis sal wees wanneer Christus Jesus met Sy Tweede Koms verskyn, is Sy woorde in Lukas 12: 36: “En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.” Van wie en met wie praat die Here Jesus hier? Praat Hy van en met Sy bruid? Dit sou baie vreemd wees indien dit Sy bruid sou wees vir wie Hy maan om gereed te wees om vir Hom oop te maak wanneer Hy terukeer vanaf die bruilof. As die bruid op daardie tydstip nog op die aarde sou wees om gereed te maak om vir Hom oop te maak, sou dit beteken dat Sy bruid nie saam met Hom in die hemel was nie toe Sy bruilof voltrek is. Watter bruidegom het ooit alleen en sonder sy bruid voor die kansel gestaan toe sy huwelik voltrek is? En tog verwag die a-millennialiste dat die Here Jesus Christus – die Bruidegom van alle bruidegoms – se huwelik sonder Sy bruid aan Sy sy voltrek moet word.

Onthou! In Lukas 12: 35, 36 sê die Here Jesus baie duidellik “En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom . . .” As dit nie die bruid is wat gereed moet maak om vir die Bruidegom oop te maak nie, wie is dit dan? Openbaring 19: 7-16 beskryf die bruilofsmaal wat na die voltrekking van die huwelik plaasvind. Lukas 12: 35 en 36 suggereer dat die huwelik self in die hemel voltrek word maar dat die bruilofsmaal (die huweliksonthaal) op die aarde gevier gaan word. Verskeie gelykenisse in Mattheus, o.a. die gelykenis van die vyf wyse en vyf dwase maagde in hoofstuk 25 en die gelykenis van die persoon wat betrap is sonder ’n bruilofskleed by die bruilofsmaal in hoofstuk 22 is voldoende bewys dat dié feesmaal op die aarde gevier sal word.

Dit is voor-die-hand-liggend dat as die Bruilof van die Lam en die toebereiding van die bruid in haar rein en ongekreukelde fyn linne reeds ’n voldonge en afgehandelde gebeurlikheid sal wees wanneer Christus Jesus na die aarde terugkeer met Sy Tweede Koms, dan moes die bruid op een of ander stadium voor Sy Tweede Koms saam met Hom na Sy hemel verhuis het. Inderdaad, Christus Jesus het belowe: Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Johannes 14: 2, 3). Op hierdie tydstip is dit belangrik om daarop te wys dat die koms van die Here vir Sy eie gepaard gaan met ’n beloning (1 Kontinthiërs 4a: 5; 2 Korinthiërs 5: 10; Openbaring 22: 12). Dit bring ons by die betekenis va die Bema-troon oordeel wat nie met die wit troon oordeel van Openbaring 20:11 verwar moet word nie. Die eersgenoemde is net vir die gelowiges en laasgenoemde net vir die ongelowiges.

Die Skrif omskryf baie duidelik twee tipe opstandings — die opstanding van die regverdiges en dié van die onregverdiges. Sommiges interpreteer Handelinge 24: 17 as ’n enkele en gelyktydige gebeurtenis. As ons egter na Openbaring 20 verse 5 en 6 kyk, is daar twee duidelik onderskeibare opstandings — dié van almal wat gedurende die Groot Verdrukking vir hulle getuienis onthoof is en vóór die duisenjarige vrederyk opstaan om saam met Christus te regeer en alle ongelowiges wat eers ná die duisendjarige vrederyk opstaan om by die wittroon oordeel finaal in die poel van vuur gewerp te word. Maar, hoe nou gemaak met die opstanding van die dooies by die Wegraping. Is dit nie die eerste opstanding nie? Sommiges maak die fout om “eerste” en “tweede”te sien as twee sekwensiële of chronologiese gebeurlikhede, terwyl die Bybel dit nie so bedoel nie. “Eerste” en “tweede” het bloot ’n kwalitatiewe betekenis, in die sin dat die eerste lei tot ’n ewige heerlikheid en die tweede tot ’n ewige verskriklike verdoemenis.

Die opstanding van die ontslape gelowiges soos beskrywe in 1 Korinthiërs 15: 51-55 en 1 Thessalonicense 4: 17 maak deel uit van die eerste opstanding wat lei tot ’n oordeel — die sg. Bema-troon oordeel van Christus. Die doel hiervan is nie om te bepaal of iemand se naam in die Boek van die Lewe voorkom al dan nie, maar om die werke van die gelowiges ná hulle bekering met vuur op die proef te stel om te bepaal wie van hulle lone of krone sal ontvang. Ons lees hiervan in 1 Korinthiërs 3: 11-15:

Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. En as iemand op die fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels — elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

Daar bestaan geen twyfel nie dat die Bema-troon oordeel net vir gelowiges bedoel is. Die persoonlike naamwoord kom te dikwels in 2 Korinthiërs 5:1-9 voor om dit oor die hoof te sien of te ontken. Alleenlik die gelowige kan ’n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele” hê. Alleenlik die gelowige kan “die sterflike deur die lewe verslind” ervaar. Alleenlik die gelowige kan God se werking ervaar wat “ons ook die Gees as onderpand gegee het.” Alleenlik die gelowige kan die sekerheid hê dat terwyl “ons in die liggaam uitwoon, ons van die Here inwoon.” Alleenlik die gelowige kan “wandel deur die geloof en nie aanskouing nie.” Elke gelowige se werk wat hy/sy in die liggaam gedoen het (2 Korinthiërs 5: 10) sal deur vuur op die proef gestel word om vas te stel wie een of meer van die volgende lone sal ontvang:

  • ’n Onverwelklike kroon vir elkeen wat oorwinning kry oor hulle vleeslike natuur (1 Korinthiërs 9: 25).
  • ’n Kroon van Roem en Blydskap vir die sielewinner (1 Thessalonicense 2: 19).
  • Die Kroon van die Lewe vir elkeen wat versoekinge verdra en die toets deurstaan (Jakobus 1: 12).
  • Die Kroon van Geregtigheid wat Sy verskyning (by die Wegraping) liefgehad het (2 Timotheus 4: 8).
  • Die Onverwelklike Kroon van Heerlikheid vir elkeen wat bereid is om die skape die regte voeding te gee (1 Petrus 5: 4).

Dit is duidelik dat die Bruilof van die Lam ná die beëindiging van die Bema-troon oordeel in die hemel sal plaasvind terwyl God se oordele sewe jaar lank oor die nasies onder aanvoering van die Antichris uitgestort sal word. Dit bring my flussies weer by die argument dat die wegraping, volgens die teëstanders van ’n Pre-Groot Verdrukking Wegraping, eintlik maar die Tweede Koms van Jesus Christus na die aarde is wanneer Hy die gelowiges gaan opraap om Hom in die lug tegemoet te gaan net om weer dadelik na die aarde terug te keer om die nasies te oordeel. Sou dít waar wees, sal daar hoegenaamd geen tyd besklikbaar wees vir die Bema-troon oordeel en die bruilof van die Lam nie.

Dit bring my by die volgende vraagstuk wat die teëstanders van ’n Pre-Groot Verdrukking Wegraping voor die deur van die wegraper-gelowiges lê en dit is: Sal die gelowiges deur die Groot verdrukking moet gaan? Twee baie duidelik onderskeibare betekenisse van die woord “verdrukking” word in die Bybel gebruik. Dat die gelowige verdrukking in hierdie lewe moet en sal ervaar is nie altemit nie. Die Here Jesus self het gesê dat ons verdrukking sal hê maar dat ons goeie moed moet hou want Hy het die wêreld vir en namens ons oorwin (Johannes 16:33). Die verdrukking wat gelowiges ervaar, het ’n gans ander doel en betekenis as die Groot Verdrukking waarvan Christus in Mattheus 24 melding maak. In hierdie welbekende hoofstuk waarin Jesus ’n blik op die eindtye gee, definieer Hy die Groot Verdrukking as ’n unieke tyd waarin daar so ’n groot verdrukking sal wees soos daar van die begin van die wêreld af nie was nie en ook nie weer sal wees nie (Mattheus 24: 21). Hy kon dus kwalik na die verdrukking van gelowiges verwys het omdat sodanige verdrukking en vervolging reeds van die begin van die skepping voorgekom het en tot vandag toe nog voortduur. Daar is dus niks unieks aan die verdrukking van die gelowiges nie omdat dit nie net eenmaal en toe nooit weer daarna plaasgevind het nie.

A-millenianiste (Prestriste) plaas die Groot verdrukking in die tydperk 70VC toe Jerusalem en die tempel deur die Romeine onder aanvoering van Flavius Vespasianus Titus vernietig is. Indien dit wel die Groot Verdrukking was dan het Christus gelieg toe Hy gesê het: “Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.” Elkeen wat bereid is om sy intellegensie wat die Here hom gegee het te gebruik, sal gou agterkom dat Hitler se vervolging en moord van 6 000 000 Jode ’n veel groter en intenser of ten minste netso ‘n groot verdrukking was as dié van Titus. As ’n mens die omvang van die Tweede Wêreldoorloog in oënskou neem, dan sou ons die Groot Verdrukking eerder tussen 1938 en 1945 kon plaas omdat Openbaring 3:10 sê dat ’n uur van beproewing oor die hele wêreld kom. Maar, ook die Tweede Wêreldoorlog en enige ander oorloë wat daarop gevolg het, kon gewis nie die Groot Verdrukking wees nie omdat die gebeure wat onmiddelik na die Groot Verdrukking gaan afspeel hoegenaamd nog nie plaasgevind het nie. Vanaf vers 29 van Mattheus 24 lees ons:

“En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.”

Die Wegraping van alle gelowiges om Christus in die lug tegemoet te gaan, is ‘n unieke gebeurtenis wat in sy wese en doel verskil van Christus se Tweede Koms na die aarde. Ek sal in die verloop van hierdie reeks oor die Wegraping hierdie verskille aandui.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , | 7 Comments »

Hoe behoort die Dissipels van die Here Jesus die Nuwe Jaar tegemoet te gaan?

Posted by Thomas on January 2, 2009

Benewens die feit dat alle dissipels van die Here Jesus die onvervalste Evangelie van God nog steeds aan ‘n verloregaande wêreld moet verkondig en in die krag van die Heilige Gees kragtig moet stry vir die waarheid wat een maal aan ons oorgelewer is, is daar twee ewe belangrike dinge wat ons moet doen.

Kyk na bo

Luk 21:28 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is. (Klem bygevoeg)

Ons leef in ‘n wêreld wat in toenemender mate afvallig word van die enige ware God van Abraham, Isak en Jakob. Ek gebruik doelbewus die benaming “God van Abraham, Isak en Jakob” omdat hierdie afvalligheid ten nouste saamhang met die toenemende wêreldwye vyandiggesindheid teenoor Israel. Die Jode is sedert hulle God-verkreë hervestiging in die Midde-Ooste in 1948 daagliks in ‘n oorlewingstryd gewikkel, en dikwels kom hierdie vyandiggesindheid nie uit die geledere van ongelowiges nie maar grootliks uit die geledere van mense wat hulleself Christene noem. Die tragiese ironie hiervan is dat die sg. “Vervangingsteologie” (“Replacement Theology”) ‘n baie groot bydrae lewer tot die groeiende vyandiggesindheid teenoor die Jode in Israel en ook wêreldwyd. Dit, soos ek in een van my vorige kommentare gesê het, kom kortliks neer op die aanname dat God al die beloftes en seëninge wat Hy in die Ou Testament oor Israel uitgespreek het, nou op die kerk oorgedra het omdat die Joodse volk Christus werwerp het. Hierdie leer word tans ook baie sterk in Suid-Afrika in die geledere van die Calvinisme ondersteun, ten spyte van die talryke uitsprake wat God deurgaans in die Skrif t.o.v. sy volk Israel maak. Maak gerus die volgende teksgedeelte ‘n moet in u arsenaal teen die leuens van die duiwel.

Rigters 2:1 Toe trek die Engel van die HERE van Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met ‘n eed beloof het, en gesê: Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie;

Hoe weet ons dat God sy beloftes aan Israel sal nakom in weerwil van hulle eeuelange ontrouheid, afvalligheid en rebellie?

Num 23:19 God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?

Maar nee . . .! die mensekind wat, soos God sê, so maklik kan lieg, beskuldig die Allerheiligste van leuenagtigheid en verklaar dat Hy sy beloftes aan sy volk Israel nooit sal nakom nie. Wie moet ons glo – vir God of die mensekind wat so maklik kan lieg? Sjoe! dis darem maar ‘n  uiters moeilike keuse wat ons moet maak, nie waar nie? Kom hierdie gruwelike beskuldigings teen God nie maar ook uit harte wat oorskadu is met rebellie en afvalligheid nie? Enigeen wat die nakomelinge van Abramam, Isak en Jakob ter wille van die Vervangingsteologie afskryf en ‘n ikabod-swaard oor hulle koppe hou, is eintlik maar besig om die God van Abraham, Isak en Jakob ook af te skryf. ‘n God wat nie sy beloftes kan nakom nie, is nie betroubaar nie en dis maar eintlik wat die aanhangers van die Vervangingsteologie suggereer.

“En as hierdie dinge begin gebeur . . . kyk dan na bo” Wat is “hierdie dinge” waarna Christus vewys het? Ons vind die antwoord in die daaopvolgende verse.

Luk 21: 29-31 Let op die vyeboom en al die bome. Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is. So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur. (Klem bygevoeg).

Toe Frederik die Grote van Pruise (‘n Ateïs) op ‘n dag sy hofdienaar vra: “Bewys vir my dat God bestaan,” het hy sonder aarseling geantwoord, “Die Jode.” Die Pruisiese monarg was nie in die minste beïndruk nie omdat hy onder die diaboliese invloed van Voltaire was en as ateïs gesterwe het. Geen ander volk het nog ooit deurgemaak wat die Jode dwarsdeur hulle geskiedenis ervaar het nie. Dink daaraan: verskeie indiwidue en volkere het van tyd tot tyd dwarsdeur die geskiedenis probeer om die Joodse volk geheel en al uit te wis, maar God het dit nie toegelaat nie en sal dit ook nooit toelaat nie. Inderdaad, die Here beloof in Jesaja:-

Jes 11:11 En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van die see;
Jes 11:16 En daar sal ‘n grootpad wees vir die oorblyfsel van sy volk wat oorbly uit Assur, soos daar een gewees het vir Israel op die dag toe hulle uit Egipteland opgetrek het.

Dié Joodse uittog “in dié dag” vanuit die vier uithoeke van die wêreld sal plaasvind teen die einde van hierdie wêreldsisteem soos dit tans daaruitsien, maar Jesus herinner ons om nou reeds bedag te wees op die begin van hierdie dinge – d.i. die herstel van sy volk in hulle eie land. God se eindtyd handelinge met sy volk Israel is dus dié belangrikste teken van sy wederkoms en Jesus moedig sy volgelinge aan om na bo te kyk wanneer hulle hierdie dinge sien gebeur.

Bemoedig mekaar

Daar is net twee plekke in die Bybel waarin die woorde “Bemoedig mekaar” voorkom en albei het betrekking op die Wegraping.

1Tes 4:18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.
1Tes 5:11
Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

Die woorde van bemoediging verskyn in verse 16 en 17 van 1 Thessalonicense 4.

1 Thes 4:16 en 17 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

Die woord “bemoedig” (“parakaleo”) is afgelei van dieselfde woord wat gebruik word vir die Trooster of die Heilige Gees (“Parakletos”). Dit kom dus daarop neer dat hierdie “bemoediging” nie maar sommer net ‘n mens-geïnspireerde bemoediging is nie; dit is ‘n Heilige Gees geïnspireerde bemoediging wat uitloop op ‘n definitiewe, onafwendbare en heerlike gebeurtenis – die koms van die Here by die Wegraping. Paulus beskryf die doel van die Wegraping vir ons in 1 Thessalonicense 5: 9 en 10.

1 Thes 5: 9 en 10 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.

Die “toorn” waarna Paulus verwys, is nie die toorn wat God in die laaste oordeelsdag oor al die ongelowiges gaan uitgiet wanneer Hy hulle in die ewige poel van vuur werp nie. Dit verwys na die toorn wat God tydens die sewejarige verdrukking oor almal wat die antichris as God gaan aanbid, sal uitgiet. Dit is hierdie toorn waartoe al die gelowiges nie bestem is nie en deur Jesus Christus weggeraap (“harpazo”) gaan word voordat die sewejarige Groot Verdrukking ‘n aanvang neem. So-ook verwys die “saligheid” in hierdie gedeelte na die finale beslag van al die gelowiges se redding wanneer hulle uiteindelik verlos gaan word van hulle huidige aardse liggame om soos Jesus Christus ‘n verheerlikte en onsterflike liggaam te ontvang. Hierdie belofte staan vas.

Ope 3:10 Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

Ek wil na aanleiding van die bovermelde my bloglesers nie met die tradisionele woorde van “’n Voorspoedige Nuwe Jaar” toewens nie maar met die woorde van die Here Jesus en Paulus – “kyk na bo” en “bemoedig mekaar met hierdie woorde.”

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , | Leave a Comment »

Is die Antichris reeds in ons midde?

Posted by Thomas on December 24, 2008

Die Vervangingsteologie

Die Vervangingsteologie (“Replacement Theology”), die aanname dat al die eskatologiese profesieë  en beloftes in die Ou Testament m.b.t. Israel, op die kerk (ekklesia – uitgeroeptes) oorgedra is omdat die Jode korporatief God se Seun verwerp het, gee aanleiding tot ‘n magdom onbybelse afleidings en onwaarhede, veral rondom die wegraping, die daaropvolgende openbaarmaking van die Antichris, sy sewejarige vredesbebond met Israel en die gepaardgaande herbouing van die tempel in Jerusalem, die sewejarige Groot Verdrukking, die wederkoms van Christus na die aarde en die vestiging van sy vredesryk van ‘n 1000 jaar hier op aarde. Hoewel die vervangingsteologie reeds in die tyd van Paulus sy lelike kop uitgesteek het (hy spreek dit aan in sy elle lange brief aan die Romeine, veral in die 9de, 10de en 11de hoofstukke), was dit hoofsaaklik Augustinus wat die simboliese eindtydteologie in sy boek “City of God” gesistematiseer het en gevolglik die wegspringplek geword het vir die verkeerde sienings oor die leer oor die antichris.

Augustinus van Hippo, geskilder deur Sandro BotticelliAugustinus sou by geleentheid in een van sy preke aan ‘n gemeente vra of daar enige indiwidue teenwoordig was wat moontlik die antichris kon wees. Sommige a-millennialiste (teenstanders van ‘n letterlike 1000 jaar van vrede op aarde en dus die simboliese vertolking van die boek Openbaring onderskryf) gebruik hierdie insident om aan te dui dat die antichris nie ‘n indiwidu in die vlees kan wees nie, maar ‘n gees is wat in en deur ‘n menigte persone werksaam is. Ten dele is dit die waarheid, maar nog lank nie die volle waarheid nie. Sommige a-millennialiste gaan so ver deur te sê dat die antichris jy en ek is. Iemand skryf soos volg op hulle blog:

The call here is to heed the warning, not engage in vain speculation; rather, we are to make sure we are lined up to Him, loyal to our LORD! This means that as we lead our lives and run our churches, we have to seek Him and ask, are we being disloyal to our Lord? If so, guess what? The antichrist is not a political figure; it is us…you! We are the ones who are opposing Christ! This aspect is far more important than the speculations, because it all comes down to one thing, loyalty. Are you devoted to Christ or a slave to your will and to the manipulations of others? [1] (Klem bygevoeg)

As dit net gaan om getrouheid en die verslawing aan jou eie wil, dan moet ons ons onself afvra in hoe ‘n mate moet ek, jy en ons getrou wees aan die Here sodat ek en jy en ons nie as die antichris bestempel kan word nie. Sal ‘n glyskaal tussen 0% en 99.99% van ontrouheid ‘n antichris van my, jou en ons maak of moet ek, jy en ons 100% getrou wees aan die Here om nie as die antichris bestempel te kan word nie. Wie van, ek en jy en ons was al ooit ons lewe lank getrou aan die Here? Indien jy, die leser, dit al reggekry het om 100% getrou te bly aan die Here, dan het jy Hom nie nodig om jou Saligmaker te wees nie, want dan het jy vermag wat Hy alleen hier op aarde reggekry het. Inderdaad, jy het dan beslis iets waarop jy kan roem en dit is dat jy nog nooit ‘n enkele sekonde rede daartoe gegee het om as die antichris bestempel te word nie. Hoe is dit moontlik dat Christene in hierdie soort eksegetiese valshede en warrelwinde kan opgaan?

Dit is ietwat van ‘n naïewe gevolgtrekking wat die persoon maak omdat hy nie die volledige Bybelse beskrywing van die antichris in oënskou neem nie. Kom ons kyk vir ‘n slag wat die Bybel oor die antichris sê:

Openbaring 13:1-9 en 11-17 En ek het op die sand van die see gaan staan. (13:1) En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?  En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen. En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster. Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie. . .

. . . En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak. En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is. Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het. En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie. En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.

Indien die anticrhis nie ‘n toekomstige politieke figuur is nie maar “ons” en “ek” en “jy,” dan beteken dit (as ons die bg. aanhaling in oënskou neem) dat die antichris hom reeds in “my,” “jou” en in “ons” geopenbaar het; dat die hele wêreld verwonderd agter “my,” “jou” en “ons” aangaan; dat die hele wêreld die draak (die duiwel) aanbid wat aan “my,” “ons” en aan “jou” die mag gee sodat hulle “my,” “ons” en “jou” ook aanbid; dat “ek,” “ons” en “jy” die mag ontvang het om oorlog te voer teen die heiliges en om hulle te oorwin; dat “ek,” “ons” en ”jy” mag het oor elke stam en taal en nasie. Nog meer, dit beteken dan ook dat die valse profeet wat in verse 11 tot 17 beskryf word, ook nie ‘n persoon kan wees nie maar ook ‘n gees is wat die hele wêreld dwing om die beeld van die anticrhis (d.w.s ‘n beeld van “my,” “jou” en van “ons”) te aanbid. Is die gees van die valse profeet ook in “jou” en in “my” en in “ons” of miskien in ander “onse” en “joue?” Kan u sien hoe absurd dit raak wanneer die antichris net vergeestelik en net as ‘n geestelike invloed vertolk word? Miskien sal u vir my wil sê dat so ‘n siening darem te dik is vir ‘n daalder. Die volgende uittreksels hieruit onderskryf hierdie eienaardige eksegese nog wyer.

There are only four verses in Scripture referring to “antichrist” by name and one has to ask why the apostle John — and only John — mentions him. Well, when were John’s books written? Around 95 to 105 A.D.. The other apostles had all been martyred and John was the only one still alive. By that time, many heresies had entered the church: the Marcionites, the Gnostics, the Nicolaitans, the Balaamites, etc., etc., and John knew about them all.

In my opinion, John’s Gospel and his epistle’s were written primarily to combat those heresies. For instance, John 1:1-18 directly refutes the Gnostic view of the nature of Jesus while the rest of John’s Gospel flatly declares Jesus’ deity and His oneness with God the Father. In my opinion, the four versus in 1st and 2nd John referring to antichrist were written for the same purpose: to combat false views that existed in the early church. The phraes “you have heard” shows that the idea of a coming super bad character called “The Antichrist” was already in the Church. . . .

Die argument dat dit of dat of sus of so net eenmaal of ‘n paar keer, of geensins in die Woord van God vermeld word nie en dus nie gewig verleen aan die Millenniale siening nie, is seker dié swakste stukkie eksegese denkbaar. Die woord “Drie-eenheid” kom nêrens in die Woord van God voor nie. Maak dit van die leerstelling oor die Drie-eenheid ‘n blote mite? Die name “Jesus Christus,” “Christus Jesus” en “Christus” kom nêrens in die Ou Testament voor nie. Moet ons dus aanvaar dat Hy nie in die Ou Testament aanwesig was nie? Hoewel hierdie besondere name van die Seun van God nie in die Ou Testament voorkom nie, word ander besondere name in die Ou Testament aan Hom toegedig:

  • Wonderbaar
  • Raadsman,
  • Sterke God,
  • Ewige Vader,
  • Vredevors (Jesaja 9:5)
  • Lelie van die Dale (Hooglied 2:1)
  • Narsing van Saron (Hooglied 2:1)
  • Die Engel van sy aangesig (Jesaja 63:9)
  • Die Engel van die Here (Exodus 3:2; Rigters 13:15-22)
  • Die Arm van die Here  (Jesaja 51:9; 53: 1)
  • Die Regverdige Spruit (Jeremia 23:5; Sagaria 3:8; 6:12)
  • Die Leërowerste van die Here (Josua 5:14, 15)
  • Die Vors en Gebieder van die nasies (Jesaja 55:4)
  • Die Here van die Leërskare (Haggai 2:7)
  • Die Uitverkorene van God (Jesaja 42:1)
  • God se Metgesel (Sagaria 13:7)
  • Die Wysheid van God (Spreuke 8:12)
  • ‘n Tere Loot voor God se aangesig (Jesaja 53:2)
  • Beproefde Steen; Kosbare Hoeksteen (Jesaja 28:16)
  • Die Son van Geregtigheid (Maleagi 4:2)
  • Die Ster uit Jakob; ‘n Septer uit Israel (Numeri 24:17)
  • Die Herder van Israel (Psalm 80:1)
  • Silo (Genesis 49:10)
  • Die Saad van die Vrou (Genesis 3:15)
  • Heerser van Israel (Miga 5:1)

Omdat die duiwel ‘n na-aper is van God (2 Korinthiërs 11:14) en Jesus vlees en bloed deelagtig geword het, moet sy finale valse Christus noodwendig ook iemand in die vlees hier op aarde wees om sy  na-apery geloofwaardig te maak. Kom ek swaai hierdie stelling so ‘n bietjie om deur te vra: Sou Jesus geloofwaardig wees as Hy net as ‘n gees hier op aarde verskyn het en sou Hy sy werk as Saligmaker kon volbring as Hy net as ‘n geestelike entiteit op aarde verskyn het? (Hebreërs 2:14). Die satan wil juis die vleeswording van Jesus Christus ondermyn deur iemand die mag te gee om as Antichris die Here Jesus Christus se plek in die vlees in te neem.

1 Johannes 4:3 . . . en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.

Hy wil die wêreld dus ‘n ander Jesus bied wat in die plek van en teen Jesus optree. Dit is so terloops wat die woord “antichris” beteken – in die plek van en teen Christus. Netsoos Jesus in die Ou Testament met verskillende name geëien word, so is daar ook verskeie titels en name warrmee die antichris in die Ou Testament geëien kan word.

  • Die horinkie (Daniël 7:8)
  • Die vors wat sal kom (Daniël 9: 26)
  • Die koning wat sal doen net wat hy wil (Daniël 11: 36)

Dit is nie net Johannes wat na hom verwys nie. Hy word ook op verskeie ander plekke in die Nuwe Testament vermeld.

  • Die mens van sonde; die seun van die verderf (2 Thessalonicense 2:3)
  • Die ongeregtige (2 Thessalonicense 2:8)
  • Die dier uit die afgrond (Openbaring 11:7)
  • Die dier uit die see (Openbaring 12:18)

Om agter die kap van die byl  van die a-millennialiste se siening oor die antichris te kom, is dit nodig om eers die preterisitese verklaring van Daniël se profesie oor die 490 weke van jare onder die oë te neem. Presterisme in ‘n Keiser Flavius Vespasianus Titusneutedom glo dat die eskatologiese of eindtyd profesie van Daniël 9: 24-27 in die eerste eeu na Christus se geboorte en veral met die vernietiging van die Joodse tempel in 70 NC deur die Romeinse generaal, Titus, vervul is. Hierdie tydstip in die Joodse geskiedenis, glo hulle, sluit ook die laaste sewe jaar van die 490 weke van jare, te wete die groot verdrukking, in. Daarvolgens is Jesus se verwysing na Daniël 9: 27 in Matteus 24 ook slegs ‘n heenwysing na die verwoesting van die Joodse tempel in 70 NC. Daarmee het hulle dan ook klaargespeel met ‘n toekomstige sewejarige verdrukking en natuurlik ook ‘n letterlike en persoonlike antichris wat ‘n verbond  met die Jode sluit.

Die pretiristiese verklaring van die 490 weke van jare is deur die Jesuïete priester, Luis de Alcasar, geformuleer hoofsaalik as teenvoeter vir die Protestantse Hervormers se aanklag dat die Pous die verpersoonliking was van die antichris. Hugo Grotius was een van die eertse Protestantse teoloë wat Alcasar se vertolking aanvaar het, merendeels om ‘n ekumeniese verhouding met die Roomse Katolieke Kerk te bewerkstellig. Hiervolgens is dit baie duidelik dat die hedendaagse preteriste wat die vervangingsteologie ondersteun, wetend of onwetend, ‘n Rooms Katolieke leerstelling omarm. Een van die hoofkenmerke van die preterisme is die aanname dat die Joodse tempel nie weer herbou gaan word nie. Dit veroorsaak natuurlik ‘n groot tameletjie omdat die Here Jesus self in Matteus na Daniël 9: 27 verwys het om sy dissipels te herinner aan die gruwel van die verwoesting wat sal staan in die heiligdom (van die tempel). Om hierdie tameletjie te omseil gryp die preteriste na tekse in die Woord wat die tempel vergeestelik. Ellis Skolfield verklaar die tempel as volg:

In 2nd Thessalonians 2 we read about a “man” that “sitteth in the temple of God, showing himself that he is Die Inname en Vernietiging van Jerusalem en die Joodse Tempel-70-NC,-geskilder-deur-David-Roberts-1850God.” Many believe that “man” [refers] to “The Antichrist” and surely he is against the Lord, but is he the Antichrist of popular belief? Well, let’s look at the Temple of God. The temple in Jerusalem was destroyed by the Romans in 70 A.D. Many believe 1st Thessalonians was written before that destruction, but Scripture indicates otherwise.

1Thessalonians 2:16 “Forbidding us to speak to the Gentiles that they might be saved, to fill up their sins alway: for the wrath is come upon them to the uttermost.” Look at the tense of the verb — past tense, so to what “wrath” could Paul be referring if it wasn’t the fall of Jerusalem? Consequently, Paul wrote 2nd Thessalonians after the destruction of the temple. Now lets look at where God’s Temple is located after the physical temple in Jeruslaem was destroyed:

1 Corinthians 3:16 “Know ye not that ye are the temple of God, and that the Spirit of God dwelleth in you?”

2 Corinthians 6:16 “And what agreement hath the temple of God with idols? for ye are the temple of the living God; as God hath said, I will dwell in them, and walk in them; and I will be their God, and they shall be my people.”

Ephesians 2:22 “In whom all the building fitly framed together groweth unto an holy temple in the Lord: In whom ye also are builded together for an habitation of God through the Spirit.”

Once we know where the temple is, we can then look at 2nd Thessalonians 2 in a new light . . .

2 Thessalonians 2:3-6 “Let no man deceive you by any means: for that day shall not come, except there come a falling away first, and that man of sin be revealed, the son of perdition; Who opposeth and exalteth himself above all that is called god, or that is worshipped; so that he as God sitteth in the temple of God, showing himself that he is God.”

Now that we understand where the temple of God is during the Christian Era, this “he” that takes his seat in the human heart is obviously not a human being at all, but a spirit, the same “spirit of antichrist” mentioned in 1st and 2nd John . . . and who is the man of sin if it isn’t Satan? [2] (Klem bygevoeg)

Dit klink mos alte veel na die persoon wat gesê het dat “ons” en “jy” en “ek” die antichris is indien ons ontrou is aan die Here (lees gerus maar weer 2 Timotheus 2:13). In die eerste plek is die verklaring hierbo ‘n gruwelike verdraaiing van die einste teksgedeeltes wat Skolfield aanhaal. 1 Korinthiërs 3:16 en 2 Korinthiërs 6:16 sê dan juis dat die tempel van God (die Liggaam van Christus) geen ooreenkoms het met of deelgenootkskap het aan die afgode nie, en waarom nie? – omdat die Gees van God in die indiwiduele en korporatiewe geestelike tempel van God woon. ‘n Sleutelteks wat die preteriste ook verdraai is 2 Thessalonicense 2: 6: 7

En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;

Dit is tog baie duidelik dat indien die antichris of die man van sonde die satan vanself is, dat net ‘n Persoon wat veel sterker en magtiger  is as hy, hom kan teëhou,  en dit is die Gees van Jesus Christus of die Heilige Gees wat in die geestelike tempel van God (die liggaam/Bruid van Christus) woon. Indien dit waar is dat die antichris tans as ‘n geestelike entiteit in die harte van God se kinders of in Sy geestelike tempel sit, is die Heilige Gees besig om in sy werk as teëhouer van die antichris op misrabele wyse te misluk. Neem asseblief kennis dat ek nie hier praat van die geïnstitusionaliseerde kerke soos die Rooms Katolieke Kerk, die drie gereformeerde susterskerke of enige ander Charismatiese kerke nie. Die gees van die antichris is in elk  geval lank reeds op verskillende wyses  in al hierdie kerke doenig, en veral ook in die teologiese fakulteite en seminare regoor die wêreld. Dit is egter ondenkbaar, en grens miskien aan godslastering, om te sê dat die gees van die antichris in die harte van die bloedgewaste kinders van God, d.i. die geestelike tempel van God, sit, hoe klein en gering die kudde wat hierdie tempel uitmaak ookal is, en glo my hulle is beslis ver in die minderheid in vergelyking met die biljoene mense op aarde. Sou dit waar wees dat ‘n geestelike antichris reeds in die geestelike tempel (liggaam van Christus/Bruid van Christus) sit dan het God die Vader versuim om sy Seun se gebed in Johannes 17: 17 en 19 te verhoor.

Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid . . . En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.

Is die antichris net ‘n gees of ook ‘n man wat sy verskyning êrens in die toekoms sal maak?

Dat die gees van die antichris (die gees van satan) sy vuil werk baie lank reeds in die wêreld doen, is nie altemit nie (1 Johannes 4:3), maar daar is ook ander Bybeltekse wat aandui dat hy inderdaad as ‘n manlike persoon op die wêreldtoneel sal en moet verskyn. Die Here Jesus self het van hom gesê:

Joh 5:43 Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.

Miskien sal jy vir my wil sê dat die “hóm? na wie die Here verwys het nie noodwendig ‘n persoon is nie maar ‘n gees. As ons egter die konteks van die gedeelte in ag neem, kan dit onmoontlik ‘n gees wees waarna Jesus verwys het. In vers 17 sien ons dat die Jode Hom wou doodmaak, nie net omdat Hy kwansuis die Sabbat gebreek het nie maar ook God sy eie Vader genoem het en Hom met God gelykgestel het. Die Here Jesus het inwerklikheid vir hulle gesê: Ek staan as die gestuurde van my Vader en as die beloofde Messias van Israel hier voor julle in die vlees maar julle weier om my as julle Koning en God te aanvaar. As iemand anders in sy eie naam (as verteenwoordiger van homself en nie soos Ek as verteenwoordiger van my Vader nie) in die toekoms gaan kom, sal julle hom as julle Messias en God aanvaar en aanbid. Indien die antichris ‘n gees is wat in die huidige geeteslike tempel van God (liggaam van Christus/Bruid van Christus) sit dan moet ons noodwendig die absurde afleiding maak dat die Jode tans die  ware Christene (geestelike tempel met die gees van die antichris) as God aanvaar en aanbid.

2 Thessalonicense 2:3-10 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. . . . En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

Daar is twee baie duidelike en onafskeidbare werklikhede wat vir ons hierbo afgeskilder word:

  1. Die verborgenheid van die ongeregtigheid  wat al aan die werk is. Dit beteken gewoon dat die ongeregtigheid wat tans en lank reeds deur die gees van die antichris (die gees van Satan) in die wêreld gewerk word, op die oomblik nog nie ten volle in ‘n persoonlike antichris geopenbaar is nie omdat hy op die oomblik nog in die verborgenheid is. Niemand weet wie die persoon is nie. Waarom nie . . .?

  2. . . . net  totdat hy wat hom teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word. Soos reeds gesê, is daar net een Persoon wat die antichris kan teëhou en dit is God se Gees wat in sy indiwiduele en korporatiewe geestelike tempel woonagtig is. Eers wanneer Hy wat hom teëhou uit die weg geruim is by die wegraping (voor die laaste sewe weke van jare van Daniël se 490 jaar profesie) sal die antichris hom as persoon aan die Jodedom en die heidendom wat agterbly na die wegraping, openbaar.

Die wegraping soos Paulus dit vir ons in 1 Korinthiërs 15:51-54 en 1  Thessalonicnese 4:13-18 beskrywe, sal voor die groot verdrukking plaasvind waarna die antichris hom aan die hele wêreld gaan openbaar. Die daaropvolgende sewe jaar sal die verskriklikste tyd in die ganse geskiedenis van die mensdom wees. Jesus beskryf hierdie tyd in Matteus 24:

Matteus 24:21 en 22 Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die Die Vier Apokaliptiese Perderuiters, deur Albrecht Dűrerwêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.

Die Gereformeerde teologie wat in baie aspekte nie die invloed van die Rooms Katolieke Kerk afgeskud het nie, het nie net by monde van Augustinus en Calvyn die onbybelse leer oor die uitverkiesing in hulle belydenisskrifte en kerke ingedra nie, maar ook ‘n bespotting gemaak van die wegraping. Ek sal in die volgende twee of drie aflewerings meer daaroor skrywe.

—————————————————————————————————–

[1] http://biblicaleschatology.wordpress.com/tag/augustine/

[2] http://www.ellisskolfield.com/notes-on-antichrist-may-2006.shtml

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | Leave a Comment »

Die Paradoksale Teologie van die Post-moderne Predikers

Posted by Thomas on December 19, 2008

“Teenoorgesteldes is beide waar en geldig”

Die post-modernisme is deurspek met teenstydighede. In die gewone spreektaal verwys ons na hierdie fenomeen as “paradokse.” Dr. Nelus Niemandt, outeur van die boek “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede” omskryf “paradoksaal” as volg:

Die feit dat verskillende wêreldbeskouings gelyktydig ons wêreld beïnvloed, krap sake nogal om. Een van Dr. Nelus Niemandtdie gevolge is ‘n paradoksale wêreld. Paradokse beteken dan twee dinge, wat oënskynlik teenoor mekaar staan, terselfdertyd waar en geldig is. Dit is ‘n geval van “die een en ook die ander”. Ons leef in so ‘n en/ook wereld. Die een ding is waar en ook die ander. Teenoorgesteldes is beide waar en geldig. Die lewe en die werklikheid kan nie meer in eenvoudige swart/wit kategorieë geplaas en verklaar word nie.

Dit lyk my paradokse is deel van die wese van die mens. En mense moet sommer gou leer om daarmee saam te leef. [1] (Klem bygevoeg)

Let asseblief noukeurig op die vet gedrukte gedeelte “Die een ding is waar en ook die ander. Teenoorgesteldes is beide waar en geldig.” As jy baie mooi luister, sal jy die gesis van die slang hoor wat Eva in die Paradys met ‘n soortgelyke leuen verlei het: “Is dit ook so dat God gesê het . . .?” Jy het gewis nie ‘n doktorsgraad nodig om agter te kom dat dit wesentlik ‘n aanslag op die ewig en onveranderlike Woord van God is nie. Nog meer, dit is ‘n georkestreerde aanslag van die satan op Jesus Christus wat gesê het: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” Dié paradoks-fenomeen wat kwansuis “deel [is] van die wese van die mens” gee hom dus die reg om met oortuiging te verklaar dat Christus Jesus die Waarheid is sonder om die ander Christusse wat deesdae oral soos paddastoele opspring, as vals te bestempel. Die tragedie hieromheen is dat verskeie invloedryke predikers in toemender mate paradokse in hulle preke en in hulle kommentare op hulle “blogs” inweef. Hulle erken geredelik gou dat Jesus Christus die enigste Verlosser is, maar erken ook heel dikwels netso geredelik maklik dat andersdenkendes in die teologie ook waarhede in pag het. Ek het reeds in een van my vorige kommentare daarop gewys dat ds. Jannie Pelser van die Rant en Dal Gemeenskapskerk in ‘n onderhoud met Flip Loots[2] paradoksaal daarop gewys het dat die mens by God moet begin indien hy nuwe norme en waardes in die samelewing wil uitlewe maar dat die Christen ander geloofsoortuigings ook moet respekteer.

Op Flip Loots se vraag: “Dit is nie net Christene wat sekerlik met moraliteit moet lewe en kerke wat daardie oproep moet doen nie. Hoe voel julle van die Nuwe Hartstigting oor die, kom ek sê, die volledige samelewing van Suid-Afrika, het ds. Jannie soos volg geantwoord.

jannie-pelser

Ek is so bly jy vra daardie vraag. Maar natuurlik, daar’s baie ander samelewingsverbande en geloofsgroeperinge in Suid-Afrika en as Christene het ons respek en agting vir ander mense en vir hulle oortuigings en as mens begin praat oor eerlikheid, en selfbeheersing, verantwoordelikheid en medemenslikheid, dan sal mense wat in ander groeperinge as die Christelike geloof behoort, ook sê, weet jy, daardie goed is vir ons ook baie belangrik. In ’n sekere sin is hierdie universele waardes . . . (Klem bygevoeg)

‘n Ander mees onlangse voorbeeld van paradoksale teologiese taal verskyn in Prof. Hennie Stander se blogartikels “Hoop vir ‘n Donker Wêreld” en “’n Kerk se Week van Seks.”

In eersgenoemde artikel sê Stander dat Jesus Christus hoop vir ‘n donker wêreld bring, en nie die nuutverkose Amerikaanse President, Barak Obama, nie wat onlangs deur Time-tydskrif aangewys is as “Persoonlikheid van die Jaar” omdat hy “die selfvertroue gehad het om ’n rooskleurige toekoms op ’n donker tydstip te skilder en dat hy die Amerikaners weer hoop gegee het.” Stander sê voorts:

Hiermee het die bekende Time-tydskrif duidelik uitgespel wat dit is waaraan ’n donker wêreld behoefte Proff Hennie Standerhet: die wêreld soek hoop en soek ’n toekoms. Dit is die soort boodskap wat kinders van die Here by uitstek aan die wêreld kan bring. Dit is net jammer dat ons dit nie genoegsaam verkondig nie. Veral in Kerstyd kan ons gerus weer die boodskap verkondig dat Baba Jesus nie net ’n ou hulpelose babatjie in ’n krip is nie.

. . . Dit is die boodskap van hoop waaraan die wêreld so ’n behoefte het. Daarom dat hulle elke woord van hoop van Obama opslurp. Elke volgeling van Jesus sit met ’n veel beter boodskap van hoop in sy skoot. Kom ons vertel dit vir elke mens rondom ons wat honger is daarvoor. (Klem bygevoeg)

En tog sê Stander in een van sy vorige arikels “’n Kerk se Week van Seks” met meesterlike paradoksale ingeborenheid:

Ek het oor die jare heen baie rondgereis en in verskillende gemeentes regoor Suid-Afrika, asook in die buiteland, gepreek. En binne 10 minute nadat ek by ’n kerk is, kan ek sien of dit ’n lewendige en groeiende kerk is, en of dit ’n kwynende kerk is. Laat ek ’n paar eienskappe van groeiende kerke noem:

Dit is kerke waar daar ’n suksesvolle musiekbediening is. Musiek (nie seks nie) speel ’n geweldige belangrike rol. Die prediking moet eenvoudig, maar aktueel, wees. Die mense stel nie belang in dogma en teologie nie. Hulle wil hulp kry oor hoe om gewone daaglikse eise van die lewe te kan hanteer.

Volgens Stander “sit elke volgeling van Jesus met ‘n veel beter boodskap van hoop in sy skoot” maar dit is ‘n boodskap wat dogma en teologie by die venster uitgooi omdat die mense nie meer daarin belangstel nie. Dit klink mos alte veel na Paulus se waarskuwing in sy tweede brief aan Timotheus.

2 Tim 4:3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, (Verwys Paulus hier na die eindtydse Parodaksale teoloë?)

Ek het telkemale in die verlede “Christene” wat dogma en teologie minag gewys op die uiters gevaarlike vuur waarmee hulle speel. Ek haal aan uit die “Amplified Bible.”

2 John 9 Anyone who runs on ahead [of God] and does not abide in the doctrine of Christ [who is not content with what He taught] does not have God; but he who continues to live in the doctrine (teaching) of Christ [does have God], he has both the Father and the Son.

Iemand wat nie in Christus se leerstellings gegrond en gevestig is en daarin bly nie, is beslis nie besig om Hom te volg nie. Trouens, die Skrif sê onomwonde dat hy/sy hoegenaamd nie gered is nie. Kom u agter met watter gevaarlike paradokse een van die voorste teologiese professore in ons land besig is om te speel? Stander is egter nie die enigste leraar wat dit doen nie. Ek het reeds ds. Jannie Pelser se naam genoem, maar so is daar ook andere soos Stephan Joubert wat kop in een mus is saam met Nelus Niemant. Op hulle beurt werk hulle saam met oorsese valse leraars soos Brian McLaren, Doug Pagitt, Rob Bell, Tony Jones, Rick Warren en nog vele ander. Aan die eenkant wil hulle hê Jesus moet vir hulle hoop, voorspoed, vrede, en geluksaligheid gee maar aan die ander paradoksale kant is hulle nie bereid om Sy leerstellings na te volg en dit ook aan andere te verkondig nie.

Soos so baie ander leraars in die kader van die ontluikende kerk, praat Stander telkens van ‘n “boodskap van hoop” vir ‘n donker wêreld wat ‘n toekoms soek. Ek sien nêrens in die Skrif dat die Here Jesus vlees en bloed deelagtig geword het om vir hierdie donker wêreld hoop en ‘n toekoms te gee nie. Die ironie is dat hierdie donker wêreld juis so donker is omdat dit Hom eerste gehaat het en sy volgelinge met net soveel minagting bejeen.

Joh 15:18 As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.

Blykbaar wil Stander vir hierdie wêreld wat Christus en sy ware volgelinge so intens haat, hoop en ‘n toekoms gee sodat dit ongehinderd kan voortgaan om Hom en sy ware volgelinge nog intenser te haat — en dit nogal terwyl hy ‘n boodskap van hoop aan die wêreld opdis wat geheel en gestroop is van Christus se leerstellings (omdat die mense nie meer daarin belangstel nie). Paradoks op paradoks op paradoks is vir Stander en sy meelopers aan die orde van die dag.

Nee! Prof. Stander, die Here Jesus het nie mens geword om vir hierdie wêreld hoop en ‘n toekoms te gee nie. Kom ons kyk ‘n slag na wat Hyself vir ons in sy onveranderlike leerstellings gesê het:

Mat 10:34 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.

Luk 12:51 Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid.

John 12: 46-48 Ek het as ‘n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red. Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.

Luk 19:10 Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was. (Klem deurgaans bygevoeg).

Hy het dus nie gekom om hoop en ‘n toekoms vir en in hierdie wêreld te gee nie maar inderdaad om te red. Wat behels hierdie redding waarvan die Here Jesus hierbo praat?

Kol 1:13 Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,

Verlossing behels nie net die vergifnis en vrymaking van jou sondes nie, maar die oorplasing (die Engelse woord is “transference”) vanuit die mag van die koninkryk van hierdie wêreldsisteem en sy duisternis (waarvan satan die god is) na die koninkryk van die Seun van sy liefde. Daarom het die Here Jesus op ‘n dag gesê “Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin” (Joh 16:33). Weer eens is dit duidelik dat Hy nie gekom het om vir hierdie wêreld hoop en ‘n toekoms te gee nie, maar om dit te oorwin, en dit het Hy met vlieënde vaandels gedoen sodat sy ware volgelinge nie meer nodig het om vertrengel te raak in die wêreld se lekkernye nie.

Die hedendaagse postmoderne predikers en leraars het ‘n subtiele klemverskuiwing gemaak van God na die mens. Alles draai om  die mens – sy toekomsverwagtinge, ideale, hoop, welsyn, voorspoed, gesondheid, sy siening rondom positiwiteit, [3] sy norme en waardes, sy behoeftes ens. Stander stel dit vir ons baie duidelik in sy woorde “Die mense stel nie belang in dogma en teologie nie. Hulle wil hulp kry oor hoe om gewone daaglikse eise van die lewe te kan hanteer.” [4] G’n wonder die Here lag en spot met hulle nie (Ps 2: 4) terwyl hulle in eiewaan dink hulle kan die bande van sy leerstellings (dogma en teologie) stukkend ruk sodat hulle uit die gebreekte erdekruike van hulle eie waansin ‘n bietjie brak en vuil water kan drink. Is dit werklik die hoop en toekoms vir die wêreld waarvan prof. Hennie Stander praat?

Dr. Stephan JoubertDit is opvallend dat ‘n hele klomp leraars, o.a. ds Jannie Pelser, Nelus Niemandt, Stephan Joubert en Jan van der Watt, groot aansien geniet, nie net onder ‘n groot aantal Chrstene nie maar ook die wêreld en die sekulêre pers. So terloops, die feit dat die sekulêre pers Angus Buchan so hoog aanprys, is genoeg rede tot kommer omdat hulle hoofsaaklik beïndruk is met die groot getalle mense wat hy lok. Buchan self maak ook gereeld by sy byeenkomste, op sy webtuiste en nuusbriewe groot gewag van die derduisende mense wat sy byeenkomste bywoon. Die Here Jesus het op ‘n dag gesê:

Luk 6:26 Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.

1Joh 4:5 Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.

Is daar hoop en ’n toekoms vir die wêreld?

Die Here Jesus het een maal gesê:

Joh 5:43 Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.

Die “hóm” na wie die Here Jesus verwys het, is die Antichris wat deur die Jode en die hele wêreld as hulle Messias aanvaar sal word en die skokkende ding hieromtrent is dat sy volgelinge as “Christene” bekend sal staan (2 Tim 3:5). In  die Here Jesus se woorde “en julle neem my nie aan nie” beteken hierdie “aanneem” nie om ‘n gebed agter iemand anders aan te herhaal en te sê “Here, ek neem U as my persoonlike Saligmaker aan” nie. Dit beteken ten diepste om God se leerstellings (dogma en teologie) rondom sy kruis en die gepaardgaande verloëning en sterwe aan die self daagliks met oorgawe te omarm. Daarom het Paulus hom “voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde” (1Kor 2: 2). Die kruis van Jesus Christus is die krag en die wysheid van God (1 Kor 1:17-19) en dit is juis hierdie leerstelling wat die wêreld nie wil aanneem en omarm nie. Dit is dan ook geen wonder nie dat Hennie Stander en die post-moderne paradoksale predikers verklaar dat die mense nie belangstel in dogma en teologie nie maar hulp wil hê oor hoe om hulle gewone alledaagse lewenseise te hanteer. Die gevolg is dat hierdie leraars hulle ‘n Jesus bied wat hulle net as hulle rolmodel (voorbeeld) hoef na te volg.

Om te verduidelik wat ek hiermee bedoel, wil ek graag herhaal wat ek op 22 Mei vanjaar onder die opskrif “Hoe lyk die post-moderne volgelinge van Jesus?” gesê het. Ek het begin met ‘n aanhaling uit Brian McLaren se veelbesproke boek, “A Generous Orthodoxy”

Brian McLarenEk glo nie om dissipels te maak dieselfde moet wees as om volgelinge te maak van die Christelike godsdiens nie. Dit mag raadsaam wees om in baie omstandighede (nie alle nie!) mense te help om volgelinge van Jesus te word en [nog steeds] binne hulle Boeddhistiese, Hinduïstiese en Joodse konteks te bly . . . eerder as om die paradoks op te los via verklarings oor die ewige bestemming van mense wat meer oortuig is deur of lojaal is teenoor ander godsdienste as ons eie, ons moet eenvoudig voortgaan . . . om Boeddhiste, Moslems, Christene en al die ander te help om die lewe ten volle te ervaar op die wyse van Jesus [en] (terwyl ek dit self beter leer ken), ook graag een van hulle sou wou word (wie hulle ookal mag wees), tot watter mate ek kan, om hulle te omhels, by hulle aan te sluit, om hulle wêreld te betree sonder om veroordelend te wees maar met reddende liefde soos myne deur die Here betree is — Brian McLaren (5) (Uit die Engels vertaal) (Klem bygevoeg).

Moeder Teresa (27 Augustus 1910 – 5 September 1997) wat  deur baie Christene met besondere hoë agting bejeen word, het ‘n soortgelyke ding gesê wat Nelus Niemandt en vriende se paradoksale teologie een honderd persent onderskryf:

There is only one God and He is God to all; therefore it is important that everyone is seen as equal before Moeder TesesaGod. I’ve always said we should help a Hindu become a better Hindu, a Muslim become a better Muslim, a Catholic become a better Catholic. We believe our work should be our example to people. We have among us 475 souls – 30 families are Catholics and the rest are all Hindus, Muslims, Sikhs—all different religions. But they all come to our prayers.[6]

Beide Nelus Niemandt en Stephan Joubert praat met groot lof van Moeder Teresa en gebruik dikwels haar liefdadigheidswerk in Kalkutta as voorbeeld om die doelsetellings van die ontluikende kerk te illustreer. Die volgende uittreksel kom uit ‘n artikel van Stephan Joubert op die Elijah Africa” webtuiste

In die Nuwe Testament, voeg hy by, is daar baie minder tekste wat sê jy moet met jou mond getuig as met jou lewe. Dade praat harder as woorde. Oor dié gedagte van onselfsugtige diens noem Niemandt en Joubert vir moeder Teresa as ’n goeie voorbeeld. Joubert trek dit ook deur na die kwessie van reg en verkeerd.

Tradisioneel, sê hy, het die kerk ’n sterk morele sondebeskouing, met lysies soos dans, drink, dobbel en dies meer. Hy bepleit ’n skuif na sosiale verantwoordelikheid waar gelowiges ’n voorbeeld is van ’n samelewing waarin Christus is. Moenie sê wat verkeerd is nie, maar wys en leef wat reg is. Dis ’n skuif van die handhawing van reëls na die uitleef van ’n waardestelsel tussen mense wat dit nié leef nie. (Klem bygevoeg)

Ek het by verskeie vorige geleenthede gesê dat die Christen as nuwe skepping in die Here die verantwoordelikheid het om as lig en sout in hierdie wêreld ‘n voorbeeld te wees vir andere maar sodra ‘n ongebalanseerde klem op jou mooi lewe gelê word, ondermyn dit die Evangelie en Christus se opdrag om dit by elke geleentheid te verkondig. Christus self, die enigste Persoon wat ‘n volslae heilige lewe kon lewe, het op ‘n dag gesê “Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het. (Joh 15:3). Dit was dus nie sy heilige lewe wat mense tot redding gebring het nie, maar God se Woord wat HY aan hulle verkondig het (Romeine 10: 17). Blykbaar steur Nelus Niemandt en Stephan Joubert hulle nie veel aan Christus se vooropstelling van sy Evangelie nie omdat hulle ‘n persoon soos Moeder Teresa as voorbeeld vir hulle ontluikende kerk voorhou. Sy het inderdaad ‘n wonderlike en pragtige voorbeeldige lewe van selfopoffering uitgeleef, maar soos ons reeds gesien het, het sy Christus se opdrag om dissipels te maak van al die nasies, verontagsaam.  Sy het die Moslems en Hindoes wel deeglik met liefde versorg maar haar ongehoorsaamheid aan Christus het die armes in ‘n baie erger toestand gelaat as wat hulle was – ewige verlorenheid. Wil Nelus Niemandt en Stephan Joubert werklik voorgee dat hulle beter kan doen as die helige Seun van God wat die prediking van die Woord van God (en dit sluit die aanspreek van sondes soos dans, drink , dobbel en dies meer in) vooropggestel het? Wat sê die Skrif?

Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. (1 Kor 13: 1-3)

In hierdie gedeelte word “doen” gestel teenoor “liefde.” Dit is egter nie ‘n filantropiese soort liefde nie, maar in die eerste plek ‘n liefde vir God en sy Evangelie (leerstellings, dogma, teologie). Dit is juis hierdie liefde vir God en sy Woord wat verkondig moet word wat die Christen moet dring om mense te vermaan om hulle met God te versoen.

1 Kor 2:14 en 20 Want die liefde van Christus dring ons . . . Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.

Hierdie ongebalanseerde klem op Christene se voorbeeldige lewens as die primêre wyse waarop mense  vir die koninkryk van God gewin  moet word, is ‘n baie subtiele aanslag op die Evangelie van Jesus Christus en die verkondiging daarvan. Paulus het nie vir Timotheus gesê  om net op sy lewe  alleen te let nie maar op sy LEER en sy LEWE (1 Tim 4:6). Miskien kan ‘n mens die hedendaagse post-moderne volgelinge van Jesus as volg beskryf, veral as jy mooi luister na wat hulle oor leersteling sê: Jesus Christus minus leerstelling (reëls, lering, wette, ideologieë) = Jesus volgelinge. Kan hierdie volgelinge van Jesus daarop aanspraak maak dat hulle sy dissipels is terwyl hulle sy leerstellings minag of beskou hulle Hom maar as net nog ‘n rolmodel of ‘n voorbeeld van hoe om te lewe en hulle gewone alledaagse lewenseise te hanteer? Om hierdie vraag te beantwoord moet ons weer eens luister na wat Jesus van die Bybel self gesê het.

Joh 8:31 En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord (leerstellings) bly, is julle waarlik my dissipels. (Klem bygevoeg).

Om soos Jesus te lewe beteken dus om in sy woord (leerstellings) te bly. Hy het ook gesê:

Joh 15:10 As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.

Die aanspraak dat iemand ‘n volgeling van Jesus is sonder om ag te gee op sy leerstellings wat vir ons sê wat ons mag en nie mag doen nie, dui óf op onkunde óf op misleiding óf albei. Selfs Alice Bailey wat haar boeke geskryf het onder die invloed en leiding van haar geestegids, Djwhal Khul, het geroem op die feit dat Jesus haar voorbeeld was. Sy skryf:

Ons het baklei oor die leerstellings waardeur mense gered sal word . . . Ons het die helfte van die wêreld asalice-bailey verlore beskou en slegs die Christen gelowige as gered, en tog het Christus die heeltyd vir ons vertel dat liefde die weg na die koninkryk is, en dat die feit van die teenwoordigheid van goddelikheid in elkeen van ons, ons geskik maak vir daardie koninkryk . . . Mense word nie gered deur ‘n geloof in die formulering van ‘n teologiese dogma nie, maar deur die feit van Sy lewende Teewoordigheid, of die lewende onmiddelikheid van Christus . . . Dit wat uiteindelik ons menslike lewe sal erken is die teenwoordigheid in die wêreld van diegene wat Christus as hulle voorbeeld ken, en herken dat hulle dieselfde goddelike lewe besit, net soos die bekragtiging van die basiese wet van die koninkryk van God, die wet van die liefde, die wêreld finaal sal red – Alice Bailey en Djwhal Khul (7) (Uit die Engels vertaal) (Klem bygevoeg).

Die wêreld smag inderdaad na ‘n Jesus, maar nie die Jesus wat gesê het “Ek IS die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” Hulle wil alleenlik ‘n Jesus hê wat vir hulle die weg aandui; ‘n Jesus wat vir hulle ‘n voorbeeld kan wees in hulle eindelose soeke na die weg en die waarheid en hoe om hulle gewone alledaagse lewenseise te hanteer. Hoewel die antichris hom nog nie as persoon in lewende lywe aan die wêreld geopenbaar het nie (en hy kan ook nie, nie voordat God dit toelaat nie – 2 Thess 2:7), is sy gees (invloed) lankal reeds waarneembaar in die wêreld. ‘n Persoon deur wie die gees van die antichris reeds sedert 1977 merkbaar in die wêreld werk, is die sg. Maitreya. Hy het gesê:

Allow Me to show you the way ― forward, into a simpler life where no man lacks; where no two days are alike; where the joy of Brotherhood manifests through all men.

Mine is the task to lead and guide, but you, willingly, must follow. Otherwise, I can do nothing. My hands are tied by Law. The decision rests with mankind.

When I make Myself known, I shall express the hope of all mankind for a new life, a new start, a readiness to change direction; to see the construction of a New World in which men can live in peace; can live free from fear of themselves or their brothers; free to create from the joy in their hearts; free to be themselves, in simple honesty. [8] (Klem bygevoeg)

Klink dit nie nogal baie na Hennie Stander se wyse woorde nie? – Die mense stel nie belang in dogma en teologie nie. Hulle wil hulp kry oor hoe om gewone daaglikse eise van die lewe te kan hanteer. As ons sy woorde so ‘n bietjie wyer omskryf, sal dit moontlik as volg verwoord kan word: Die mense stel nie belang in Jesus Christus se leerstellings en teologie nie maar soek iemand wat vir hulle die weg kan aanwys oor hoe om hulle gewone alledaagse lewenseise te kan hanteer.

Ek vra weer: “Is daar hoop en ‘n toekoms vir hierdie wêreld?” Die antwoord hierop is ‘n klinklare ja! Maar, dit is ‘n valse hoop en ‘n verskriklike toekoms omdat die Jesus wat die paradoksale postmoderne predikers die wêreld  bied, ‘n valse Jesus is waarvan die profeet Daniël geskrywe het en ek haal aan uit die Amplified Bible:

Dan 8:25 And through his policy he shall cause trickery to prosper in his hand; he shall magnify himself in his heart and mind, and in their security he will corrupt and destroy many. He shall also stand up against the Prince of princes, but he shall be broken and that by no [human] hand.

laat my asseblief toe om jou te vra. Watter Jesus volg jy? Die een wat gesê het: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg” of die een wat sê “Allow Me to show you the way ― forward, into a simpler life where no man lacks; where no two days are alike; where the joy of Brotherhood manifests through all men. Mine is the task to lead and guide, but you, willingly, must follow.” Ek kan met absolute sekerheid sê dat die eersgenoemde na die ewige lewe lei en die laasgenoemde na die ewige verderf, tensy jy jou heelhartig bekeer en jou huidige pad verlaat om deur die nou poort te gaan sodat jy die smal pad kan bewandel. Hierdie poort en weg is ‘n Persoon en sy Naam is Jesus Christus, die Seun van die Lewende God. Die keuse lê by jou. Maak asseblief die regte keuse, ter wille van onse Here Jesus Christus.

(Let asseblief baie noukerurig daarop dat ek nie besig is om persone en hulle persoonlike verhouding met Christus aan te val nie. Ek  ken nie mense se harte nie. God alleen weet wat in hulle harte aangaan. Ek is slegs besig om hulle openbare verklarings aan die hand van die Skrif te ondersoek en te evalueer. Ons taak is om hard te stry vir die geloof wat eenmaal deur die apostels aan ons oorgelewer is. Ek voel baie sterk daaroor dat ek net soveel reg het om die vooraanstaande leraars en predikers in ons land se openbare teologiese verklarings ook in die openbaar aan te vat indien dit nie met God se Woord strook nie. Sou dit wees dat hulle nie met my saamstem nie, is hulle welkom om my vanuit God se Woord te repudieer en verkeerd te bewys).

Gal 1:10 Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.

—————————————————————————————————–

[1] Nelus Niemandt, Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede, Lux Verbi BM, Junie 2007 p. 26  en 27

[2] Oop Gesprek, RSG, Sondag, 23 November 2008, 19:30

[3] Skrifgefundeerde geloof word al hoe meer deur positiewe denke vervang. In een van haar gereelde preke op TBN het Joyce Meyer onlangs gesê dat Christene elke nuwe dag met ‘n positiewe verklaring soos “Iets goeds gaan vandag met my gebeur” en “Ek word by die dag beter.” moet begin. Dit is nie geloof nie maar ‘n okkultiese vertroue in jou eie positiewe denkprosesse. Dit is, met ‘n positiewe woord gesê, suiwer afgodery.

[4] http://www.carpediem.co.za/henniestander/

[5] Brian McLaren, A Generous Orthodoxy, pp. 260, 262, 264

[6] http://www.ewtn.com/MotherTeresa/words.htm

[7] Alice Bailey & Djwhal Khul, The Externalization of the Hierarchy, Section II – The General World Picture, http://laluni.helloyou.ws/netnews/bk/externalisation/exte1087.html.

[8] http://www.share-international.org/background/printed/messages.htm

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 10 Comments »

Die Doelgerigte Misleiding – Deel 1

Posted by Thomas on June 25, 2008

Rick Warren In my gesprekke met NG Kerk lidmate wat in hulle selgroepe (omgee-groepe) Rick Warren se multi miljoen dollar suksesvolle boek "Die Doelgerigte Lewe" behandel het, het ek agtergekom dat hulle hul ore toesluit vir waarkuwings dat Warren ‘n lid van die CFR (Counsel on Foreign Relations) is, dat hy baie nou met die Verenigde Nasies saamwerk om ‘n globale vrede op tou te sit, dat hy aan die spits staan van die sg. kontemplatiewe spiritualiteit om mistieke en okkulte aanbiddingswyses wêreldwyd te bevorder, en dat hy samewerking bepleit tussen Christene, Moslems, en ander gelowe om armoede, ongeletterdheid, onverdraagsamheid ens. aan te spreek. Die fasiliteerder van ‘n selgroep waarvan ek ‘n lid was, het my argumente rondom die bg. waarskuwings telkens geïgnoreer en my laat verstaan dat die inhoud van die boek vir ons aandui hoedanige Christen Rick Warren werklik is en dat dit ook vir ons van onskatbare waarde kan wees. Daarom het ek besluit om eerder die inhoud van die boek onder die loep te neem en die gevare daarin uit te wys as om net op Warren se assosiasie met ongelowiges te fokus. Daar is genoeg inligting hieroor op die internet beskikbaar en dit sal net ‘n duplisering van inligting meerbring as ek dit hier sou herhaal. Ek wil dus graag in die volgende paar weke enkele dinge in sy boek uitwys wat skynbaar nie so maklik deur Christene onderskei word nie en gevolglik baie skade aanrig in die geledere van die gelowiges se selgroepe.

INLEIDING

Toe die Here se dissipels hom gevra het "Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?" het Hy vir hulle ‘n uiters belangrike oprdrag (gebod) gegee—"Pasop dat niemand julle mislei nie." Misleiding is sekerlik dié gemeenste en dié gevaarlikste manier waarop die duiwel en sy apostels gelowiges in hulle greep gevange neem en gevange hou. Ooglopende valse leringe is nie so gevaarlik nie omdat niemand hom sommer goedsmoeds daardeur sal laat mislei nie, maar sodra dieselfde valse leringe in ‘n ander gedaante opegedis word en veral wanneer dit met die kleed van Christenskap oorklee word, word dit uiters gevaarlik. Die onus rus dus op elkeen van ons om te sorg dat ons nie mislei word nie. God gaan dit nie vir ons doen nie. Om die waarheid te sê Hy laat selfs toe dat valse apostels en profete in ons midde kom om ons te toets of ons Hom werklik liefhet (Deut 13). Hy laat selfs ook toe dat valse leerstellings onder die mense gedy sodat Hy diegene wat Sy opdrag verontagsaam om hulle tot Hom te bekeer, kan oordeel. Hy sê as’t ware vir hulle: As julle nie die waarheid wat Ek vir julle in My Woord oordra wil gehoorsaam om gered te word nie, gee Ek julle oor aan die leuen.

En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid. (2 Thess 2: 6-12)

‘n Leser van Warren se boek het onlangs geskryf:-

There are some really good things that Rick Warren brings out. But they always seem to be mixed with so many confusing and theologically weak points that The Purpose Driven Life you go crazy trying to keep it all straight. You will read a great point and then he’ll throw in a quote from Mother Teresa or Aldous Huxley and your mind reels. There’s a push to paint God as a smiley face in the sky – but you have to ignore His justice and anger! Plus, when you are the only ‘naysayer’ in a group it gets old – especially when no one else seems to have anything but praise for the book.

As ‘n Mens mooi kyk, gaan Warren se boek, "Die Doelgerigte Lewe" nie om die verkondiging en bevordering van die ewige en onveranderlike Evangelie van Jesus nie maar om gelowiges en ongelowiges aan ter spoor om saam hande te vat om die euwels van die wêreld aan te spreek en uit te roei. Soos ons later sal sien verkondig hy ‘n "Social Gospel" wat dit ten doel het om ‘n globale vrede in die hand te werk. ‘n Universele vrede waarin almal as ‘n eenheid in liefde kan saamwoon is deesdae nommer een op die prioriteitslys van so te sê al die wêreldleiers, om nie eens te praat van die mees vooraanstande geestelike leiers nie. Die versmagting na vrede is so intens, dat die mens deesdae enigiets sal doen om daardie vrede te bereik — selfs al moet die kerke Christus as enigste Vredemaker verwerp.

Die Here Jesus praat met groot waardering van die vredemakers (Mat 5: 9). Daarmee het Hy egter nie bedoel dat die vredemakers ‘n alliansie moet vorm met die ongelowiges om wêreldvrede te bewerkstellig nie. Die vredemakers is die gelowiges wat die Evangelie onvervals verkondig sodat mense wat tans in vyandskap met God lewe, vrede met Hom kan maak.

Die eintlike doel agter "Die Doelgerigte Lewe" van Rick Warren is om almal (gelowiges en ongelowiges) in ‘n gees van diensbaarheid saam te snoer en om die vrede waarna almal smag d.m.v. hierdie gesamentlike diensbaarheid te berwerkstellig.

HOOFSTUK 1 – ALLES BEGIN MET GOD

Warren begin hierdie hoofstuk met twee anhalings — een uit Kol 1:16:

Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte — alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.

En ‘n aanhaling van die goddelose ateïs, Bertrand Russel:

Bertrand Russel (1872-1970) Tensy jy ‘n God veronderstel, is dit sinneloos om te vra wat die doel van die lewe is.

Die naasmekaarstel van ‘n Bybelse teks en ‘n aanhaling van die ateïs, Bertrand Russel, is nie om dowe neute nie. Die doel daarmee is om die skeidslyn tussen God se waarheid en wêreldse filosofieë te vervaag sodat die mens sensitief-gewoond gemaak kan word daaraan om buite-Bybelse sêgoed van beroemde persone ook as God se waarheid te aanvaar.

Netsoos die "wysheid" van bo of nie van bo kan kom nie (Jak 3: 14-18), is daar ook twee maniere waarop "self-is-me" geëvalueer en hanteer kan word – vanuit ‘n Bybelse perspektief of vanuit ‘n wêreldse oogpunt. "Dit gaan nie om jou nie," (bls. 15) die eerste woorde in hoofstuk 1, skep die indruk dat dit nie die outeur, of jy of ek of enigiemand anders is wat die middelpunt van Rick Warren se reuse suksesvolle boek inneem nie. En tog, namate die leser in die boek vorder, word dit duidelik dat Warren juis die klem plaas op jou en op my sonder om die jou en die my in die lig van God se Woord te evalueer. Dit is nie soseer die geskrewe dinge wat Warren in sy boek kwytraak wat altyd so verkeerd is nie, maar die ongeskrewe Bybelgefundeerde waarhede wat sy boek so gevaarlik maak. Hy het hierdie beginsel by een van sy belangrikste mentors, Peter Drucker, geleer. Drucker verklaar:

The most important thing in communication is to hear what is not being said.Peter Drucker (1909-2005)

Daarmee maak Warren die deur wawyd oop vir sy lesers om hulle eie vooropgestelde idees en hulle eie voorwaardes in die boek in te lees en te definieer. Die uitdrukking "Dit gaan nie om jou nie" is hoegenaamd nie ‘n nuutjie nie. Hierdie konsep het al so diep wortel geskied in die besigheidswêreld dat elke Jan Rap en sy maat dit vandag gebruik. In die besigheidswêreld is sukses die doel waarna elke goeie leier moet nastreef en hy kan dit alleenlik bereik deur andere te help om self ook suksesvol te wees. Travis Wright skryf op sy webblad onder die hoofopskrif Cultivate Greatness/Leadership Training as volg:

Believe it or not, it is NOT about you. You may like to think it is, or act like it is, but it isn’t. It is about the rest of us and how you treat and interact with the rest of us. (1) (Klem bygevoeg).

Op die webblad "Very well Said — Best Selling Books by Subject word die New Age boek The Celestine Prophecy" soos volg geresenseer:

This is a story of one man’s search for truth and the meaning of life. We join him on his journey as he experiences a series of key spiritual insights.

In the book we are told that the insights were found in an ancient Peruvian manuscript. The manuscript maybe fiction, however the insights are true. How do I know? Well I too have experienced them and this happened before I read the book.

The nine insights to experience are:

  • Becoming aware of the "coincidences" in one’s life.
  • Experiencing a heightened understanding of world history and man’s evolution.
  • Becoming aware that all living things have energy fields.
  • Becoming aware that people try to steal other people’s energy, creating conflict.
  • Realising that it’s not about you.
  • Becoming aware that you have a dream and a destiny to fulfil. [Purpose]
  • Becoming aware that many of your thoughts and actions are guided.
  • Realising that other people sometimes provide the answers that you seek.
  • Understanding that mankind is on a journey towards living in perfect harmony with each other and nature, as our world evolves over the next 1,000 years into an Eden-like paradise. (2) (Klem bygevoeg).

Rick Waren se omskrywing van "dit gaan nie om jou nie" verskil dus hoegenaamd nie van die sekulêre wêreld se aanwending daarvan nie, ten spyte van die feit dat hy dit in ‘n Christelike kleed toewikkel. Hy pas die beginsel "The most important thing in communication is to hear what is not being said" tot die maksimum toe wat maar eintlik neerkom op die sg. "open-ended" Evangelie waar die leser die vryheid verleen word om sy eie mening of interpretasie in die boek in te lees of in te prent.

Dit is onomwonde korrek om te sê dat die mens vasgevang is in sy eie egosentriese wêreld van die "self." en dat dit uiters noodsaaklik is om dit aan te spreek. Die vraag is: Hoe moet dit aangespreek word? Dit is juis hier waar Warren versuim om aan sy lesers te verduidelik hoedat alles wat met die ego te make het enkel alleen vanuit die perspektief van die kruis aangespreek moet word. Die kruis van Jesus Christus is die krag en wysheid van God en nie die nastreef van ‘n spesifieke doel hier op aarde nie. Die kruis van Jesus Christus is die enigste effektiewe teenvoeter vir die mens se mees diepgewortelde sonde — sy eie ek of die self. Desondanks maak Warren nie ‘n enkele keer melding van die Here Jesus se oplossing vir dié besondere probleem nie, nl. dat ons die self moet verloën, ons kruis opneem en Hom volg (Mat 16:24). ‘n Mens kan dus tereg vra of sy stelling "Dit gaan nie om jou nie" deel vorm van die Evangelie van Jesus Christus. Is dit Evangelies korrek om te sê "Dit gaan nie om jou nie?" Gaan die Evangelie van Jesus nie juis om jou en om my nie?

As dit nie om jou gaan nie, om wie gaan dit dan? In Daniël 9:26 sê die Heilige Gees dat ‘n Gesalfde uitgeroei (afgesny) sal word maar nie vir Homself nie. (Sy kruisdood het niks vir Hom oorgehou nie — "maar sonder iets vir Hom" soos die 1933 en 1953 Afrikaanse vertalings dit stel).

Selfs die opskrif van hierdie hoofstuk "Alles begin met God" is geheel en al onbybels. Het die sonde met God begin? Soos u later sal sien, glo Warren blykbaar dat God reeds voor die grondlegging van die wêreld die sondes van die mens beplan en bepaal het. As dit nie om jou (‘n verlore siel) gaan nie waarom sê die Bybel "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê" (Joh 3: 16)? As dit nie om jou (‘n verlore siel) gaan nie waarom sê die Bybel dan "Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis?" (Fil 2: 6-8) Het die allerheiligste God nie mens geword ter wille van jou (‘n verlore siel) nie?

As dit nie om jou (die geredde siel) gaan nie, waarom het die Here Jesus gesê "Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is." (Joh 14: 2, 3)? As dit nie om jou (die geredde siel) gaan nie, waarom sê die Bybel "En hulle het wel priesters geword in ‘n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly; maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ‘n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie. Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. (Heb 7: 23-25)? As dit nie om jou (die verlore siel) gaan nie, waarom stuur die Here Jesus vir jou (die geredde siel) oor die hele wêreld uit om die Evangelie te verkondig sodat jy (die velore siel) gered kan word (Mat 28: 19)?

Die uitdrukking "Dit gaan nie om jou nie" wat reeds soos ‘n slagspreuk oor die hele wêreld eggo, klink so mooi Christelik, skriftuurlik en baie vroom, en tog vind dit nie net byval by die gelowiges nie, maar ook die ongelowiges. Djwhal Khul, die Tibetaanse geestegids ("spirit guide") wat sy boodskappe deur die medium Alice Bailey oorgedra het, het die volgende oor die ego van die mens gesê:

The aim should be the development of the habit of meditation all the day long, and the living in the higher consciousness till that consciousness is so stable that the lower mind, desire, and the physical elementals, become so atrophied and starved through lack of nourishment, that the threefold lower nature becomes simply the means whereby the Ego (soul) contacts the world for purposes of helping the race. (1-145). (klem bygevoeg) (3)

Alice Bailey, een van die belangrikste voorstanders van die New Age en die Teosofie, het die volgende oor diensbaarheid gesê:

Service itself is definitely the result of a tremendous inner happening, and when that result is brought about, it will be found to have produced a number of creative secondary causes. These are, primarily, a change in the lower consciousness, a tendency to turn away from the things of the personal self to the larger issues of the group, a reorientation which is real and expressive and a power to change conditions (through creative activity) which is the demonstration of something dynamically new. (klem bygevoeg) (4)

(Later in die boek, promulgeer Warren die sg."asemgebed" wat niks anders as ‘n vorm van meditasie is nie om hierdie samehorigheidsgevoel en diensbaarheidsgevoel onder selgroeplede te bevorder. Luister gerus hierna.

Die doel met die uitskakeling van die ego of die self is dus om groter diensbaarheid aan die gemeenskap in die hand te werk en nie om daagliks in die regte verhouding met God te staan nie. Dit is dus nie verbasend nie dat Warren en die fasiliteerders ("change agents") geweldig baie klem plaas op diensbaarheid (filantropiese werk) asook harmonie en eenheid binne groepsverband (klein selgroepe) wat natuurlik volgens hulle alleenlik deur die effektiewe uitskakeling van die ego of die self bewerkstellig kan word.

Ek onthou baie goed hoedat ‘n lid van ‘n selgroep my daarop attent gemaak het dat hulle hooofsaaklik ‘n sg. omgee-groep is waarin elkeen met ‘n selflose barmhartigheid mekaar dien. Dit opsigself is baie prysenswaardig maar ongelukkig word Skrifgebonde leerstellings en die noodsaaklikheid om te onderskei soveel makliker en summier by die venster uitgegooi omdat hulle in hulle selflose liefde kwansuis nie aanstoot wil gee nie. Enigiemand wat met die geringste onderskeiding probeer om die gevare van misleiding in die "Emerging Church" aan hulle uit te wys, word summier as ‘n beroerder gebrandmerk wat die omgee-gees (ek wonder partykeer of dit nie ‘n omgee-demoon is nie) in die groep versmoor. Liefde sonder waarheid is nie liefde nie. Dit is ‘n valse liefde, ‘n valse manier om vir mekaar om te gee. Selgroepe gee dikwels so baie vir mekaar om dat hulle nie juis omgee of hulle broers en susters mislei word nie.

‘n Vrou het een keer briesend kwaad geword vir my omdat ek gesê het die belangrikste ding in ‘n mens se lewe is om te weet dat jy vergifnis ontvang het vir jou sondes. Ek het dit gesê na aanleiding van die getuienis van ‘n getroude paartjie by ‘n selgroep wat hulle redding gebaseer het op die feit dat hulle in ‘n Christelike huis grootgeword het. Die vrou wat vir my so kwaad geword het, het hulle getuienis aanvaar en was hoogs verontwaardig toe ek voorstel dat ons hulle moet probeer reghelp. Ons moet hulle nie onnodig ontstel nie en sodoende die samehorigheid en omgee-gees onder mekaar belemmer nie. Die boek "An Emergent Manifesto of Hope (emersion: Emergent Village Doug Pagitt resources for communities of faith)" van Doug Pagitt en Tony Jones verklaar dat die volgelinge van die nuwe inklusiewe, An Emergent Manifesto kollektiewe godsdiens nie begaan moet wees om mense uit die kake van die hel te red nie maar om eerder gemotiveerd te wees . . . om in ‘n verhouding te staan met mense wat in baie opsigte anders is. (5) Die fokus moet dus nie soseer op die bekering van individue wees nie maar eerder op die smeding en bevording van verhoudings in groepsverband. Op 2 November 2003 het Warren die volgende tydens ‘n diens in sy Saddleback Gemeenskapkerk gesê:

Now you’ve heard me say many times that the greatest thing you can do with your life is tell somebody about Jesus and invite them to come to know him. If you help somebody secure their eternal destiny that they spend the rest of their life in heaven, not hell, your life counts. Your life matters because nothing matters more than helping get a person and their eternal destiny settled. They will be forever ever grateful and thank you for the rest of eternity—thank you for telling me about Jesus Christ. And I’ve always said that that was the greatest thing you could do with your life. I was wrong. There is one thing you could do greater than share Jesus Christ with somebody, and it is help start a church. Because a church is going to outlast you and everybody else." (klem bygevoeg) (6)

Warren weerspreek homself gruwelik in sy bogenoemde uitspraak. Eers sê hy dat die persoon/persone wie jy na die Here Jesus lei jou vir ewig in die hemel dankbaar gaan wees, maar dan soos handomkeer dat die kerk vir jou en al die ander gaan oorlewe. Hoe kan die kerk iemand wat vir ewig in die hemel gaan lewe omdat iemand anders hom/haar na die Here Jesus gelei het, oorleef? Die ewige lewe beteken tog immers om onveranderd, onbelemmerd, ongeskonde en onafskeidbaar van God tot in alle ewigheid, eindelloos te lewe. Trouens, alle persone wat deur die getuienis van iemand anders tot ware geloof in die volbragte werk van Jesus Christus aan die kruis gekom het, is die ware kerk (ekklesia of die uitgeroeptes). Hoe op dees aarde kan die kerk die gelowiges oorlewe as hulle dan self die kerk is. Wie of wat ookal kan die liggaam van Christus (al die gelowiges) oorleef? Dit is verstommend hoedat mense en veral Christene hulle so maklik kan laat mislei deur sulke snert. G’n wonder Paulus het op ‘n stadium met absolute verbasing uitgeroep: "Dit verbaas my dat julle so gou van God wat julle deur die genade van Christus geroep het, afvallig word en ‘n ander evangelie aanneem. Daar is geen ander evangelie nie! Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai, en dit is hulle wat vir julle in verwarring bring." (Gal 1: 6, 7).

————————————————————————————————–

1 http://cultivategreatness.com/2007/04/16/let-go-of-your-ego-its-not-about-you

2 http://verywellsaid.com/titles/the/the-celestine-prophecy-0446671002.php?sorttype=mosthelpful

3 http://www.lightinfo.org/aab/dkmed.htm

4 Alice Bailey, Esoteric Psychology, Vol. II, pp. 125 – 133

5 Doug Pagitt & Tony Jones: An Emergent Manifesto of Hope (emersion: Emergent Village resources for communities of faith), Baker Books, p. 35

6 Rick Warren, Saddleback Church Service, November 2, 2003; transcribed from http://www.saddlebackfamily.com/peace/Services/110203_high.asx

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | Leave a Comment »