Waak en Bid / Watch and Pray

omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie / for ye know not when the time is (Mark 13:33)

Posts Tagged ‘Calvinisme’

Om uitverkies te wees of nie uitverkies te wees nie

Posted by Thomas on August 7, 2009

BurningHeretics Sodra die uiters moeilike onderwerp van die UITVERKIESINGSLEER ter sprake kom, is dit gebiedend noodsaaklik om dit vanuit twee lewenssfere of bestaanssfere te beskou — die een vanuit die bestaanssfeer waarin God lewe (buite tyd en ruimte) en die ander vanuit die bestaansfeer waarin die mens lewe (binne tyd en ruimte). Omdat die mens op aarde binne tyd en ruimte vasgevang is, moet die Bybel noodwendig terme gebruik wat vir die mens verstaanbaar is. Daarom word begrippe soos “voor die grondlegging van die wêreld” in die Skrif gebruik omdat dit vanuit die mens se perspektief êrens in die verlede plaasgevind het en gevolglik nie in ons onmiddellike gesigsveld sigbaar is en natuurlik ook nooit in ons onmiddellike gesigsveld kan wees nie. Alleenlik die onmiddellike hede binne die onmiddellike omvang van ons individuele lewensruimtes is vir ons sigbaar en tasbaar. Vir God wat buite tyd en ruimte lewe is daar nie so-iets soos verlede, hede en toekoms nie. Om hierdie rede kan Hy en Hy alleen sê “EK IS.” Terwyl ons alleenlik maar kan sê “ek was gister,” “ek is nou” en “ek sal more wees,” sê God deurentyd “EK IS.” Streng gesproke is dit dus verkeerd om te sê: God weet alles omdat Hy in die toekoms kan sien. Nee! God is alwetend omdat Hy ons verlede, hede en toekoms (ja! die ganse geskiedenis en toekoms van die mens) met een oogopslag alles gelyktydig sien en hoor. Daarom kon Dawid met oorweldigende verwondering en bewondering sê: “Want daar is nog geen woord op my tong nie—of U, HERE, U ken dit geheel en al” (Ps 139:4). Dit wat ek gister, verlede week, verlede jaar of miskien selfs tagtig jaar of meer gelede gesê, gedink en gedoen het, en ook in die toekoms mag sê en dink en doen, is oop en bloot voor God en Hy sien en hoor dit alles asof ek besig is om dit nou te doen. Daarom sê Paulus: “En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het” (Heb 4:13). Om hierdie rede is dit alleenlik die bloed van Christus wat alle dade wat ons in die verlede gedoen het, in die hede doen en nog in die toekoms sal doen en wat God as “nou-dade” sien en hoor, kan wegwas en versoen (toedek) sodat God nie meer daaraan dink nie.

In die lig van die bogenoemde is die begrip “voor die grondlegging van die wêreld” dus vir God nie iets wat Hy in sy lewenssfeer as die verlede aansien nie. Dit is en bly nog steeds vir Hom ’n “nou-gebeurtenis.” Wanneer die Bybel dus praat van “voor die grondlegging van die wêreld” word dit spesifiek gedoen om ’n moeilik verstaanbare begrip binne ons lewenssfeer van denke te bring en is ons genoop om dit vanuit ons persektief van tyd en ruimte te beskrywe en te verstaan.

Omdat God reeds voor die grondlegging van die aarde geweet het wie almal deur die geloof in sy Seun (Wie natuurlik ook in God se lewenssfeer reeds vóór die grondlegging van die wêreld gekruisig is) op sy Evangelie sou reageer, glo en tot bekering kom, het HY besluit om hulle vóór die grondlegging van die wêreld in sy Seun uit te verkies. God het dus op grond van SY onwankelbare alwetendheid besluit om hulle (almal wie se bekering, hetsy in die verlede, hede of toekoms, Hy as ’n “nou-bekering” sien en hoor) vóór die grondlegging van die wêreld in sy eie lewenssfeer in sy Seun uit te verkies. Dit beteken egter nie dat die mens in sy eie lewenssfeer nie nodig het om deur die geloof op die prediking van die Evangelie te reageer en tot bekering te kom nie. Paulus se bekering kan as voorbeeld gebruik word. Hoewel God hom reeds van die skoot van sy moeder afgesonder het (uitverkies het vir ’n spesifieke doel), moes Paulus nog steeds tot bekering kom. Hy moes nog steeds die Naam van die Here aanroep vir sy redding. Hoe kon God iemand van die skoot van sy moeder afsonder nog voordat hy tot bekering gekom het? Omdat God in sy lewenssfeer reeds voor die grondlegging van die wêreld geweet het dat Paulus Hom in die gebed sou aanroep om redding en deur sy geloof in die volbragte werk van Christus tot bekering sou kom. In hierdie naratief van Paulus se afsondering van die skoot van sy moeder en sy eie bekering vind ons ’n samevloei van God se lewenssfeer en dié van die mens — nl. God se wete in SY lewenssfeer van wie tot bekering sal kom en wie nie, en Paulus se bekering in DIE MENS se lewenssfeer.

Hierdie uitverkiesing beteken hoegenaamd nie dat God voor die grondlegging van die wêreld besluit het om slegs ’n sekere groepie gekose uitverkorenes soewerein en arbitrêr (monergisties) te red en die res tot die ewige hel te verdoem nie. Dit sou beteken dat die mens — wat geskape is na die beeld van God — nie ’n wil van sy eie het nie en dus nie in staat is om by die aanhoor van die Evangelie in geloof daarop te reageer en tot bekering te kom nie. Om hierdie rede maak die Calvinisme onbybelse uitsprake soos dat die mens totaal verdorwe is en nie in staat is om die Evangelie te verstaan of daarin te glo nie en daarom moet God soewerein en arbitrêr (monergisites) ingryp om slegs die uitverkorenes te wederbaar, waarna geloof dan as ’n geskenk aan hulle gegee word. Ten diepste lê hierdie beskouing ingebed in die Calvinisme se vertolking van God se alwetendheid. Die Calvinisme glo nie dat God alwetend is nie, altans nie soos die Skrif dit vir ons verklaar nie. Calvyn het gesê:

. . . maar aangesien Hy die dinge wat gaan gebeur, vooruitsien, enkel alleen omdat Hy dit vooraf verorden het om so te gebeur, is dit vrugteloos [verwaand] om oor voorafkennis te debateer terwyl dit duidelik is dat alle gebeurtenisse plaasvind op grond van sy soewereine beskikking.[1]

Gover Gunn, ’n geharde Calvinis, stel dit so:

Die idee dat God die toekoms ken sonder dat Hy dit beplan en gekontroleer het, is heeltemal vreemd aan die Skrif.[2]

In kort kom hierdie siening daarop neer dat God reeds voor die grondlegging van die wêreld geweet het wie gered sou word en wie nie omdat HY toé al besluit het wie HY soewerein en arbitrêr (monergisites) gaan red en wie nie. Sy soewereine beskikking van alle dinge (selfs die sonde, soos die Calviniste glo) maak Hom aldus “alwetend.” Hier sien ons weer eens dat hierdie siening die mens nie net van sy goddelike gawe om keuses te kan maak, ontneem nie maar hom inderdaad reduseer tot ’n willose “zombie” wat nie kan verstaan nie en ook nie kan glo nie.

Calviniste kyk jou maar bra skeef aan wanneer jy vir hulle sê dat God se uitverkiesing (wat Hy binne die terrein van sy lewenssfeer maak/gemaak het) gepaard gaan met die indiwidu se persoonlike verantwoordelikheid om (binne die terrein van sy lewensssfeer) die Evangelie te glo en in gehoorsaamheid aan die eise van dié Evangelie tot bekering te kom. Die rede hiervoor is omdat hulle God se lewenssfeer, en veral ook sy karaktereienskap van alwetendheid, afwentel na die vlak van die mens se lewenssfeer van tyd en ruimte. Indien alle dinge plaasvind op grond van God se soewereine beskikking en dat Hy vooruitsien, enkel alleen omdat Hy dit vooraf verorden het om so te gebeur, plaas dit Hom onmiddellik op die vlak van die mens. Wat verhoed die mens om te sê: “Ek voorspel dat ek volgende week ’n nuwe kar gaan ry” en wanneer die tyd aanbreek die kar te koop net om dan te sê: “Ek het mos vooruit gesê ek gaan ’n nuwe kar ry”? Op die terrein van die okkulte en in die besonder die sg. gawe van heldersiendheid is dit presies wat die duiwel en sy demone doen. Hulle sê byvoorbeeld d.m.v. hulle mediums dat dit of dat met ’n persoon gaan gebeur, net om alles wat hulle “voorspel” het op die bestemde tyd te laat gebeur sodat die persoon wat die mediums geraadpleeg het moet glo dat hulle die vermoë of gawe het om in die toekoms te kan sien en voorspel.

As ons werklik erns wil maak met die feit dat God (binne sy bestaanssfeer) diegene in Christus kon/kan uitverkies wat HY reeds voor die grondlegging van die wêreld geweet het hulle deur die prediking van die Evangelie (binne ons bestaanssfeer) en in geloofsgehoorsaamheid tot Hom sou bekeer, sal dit nie so moeilik wees om baie van die sg komplekse verse waarin die woord “uitverkiesing” voorkom, te verstaan nie. Kom ons neem as voorbeeld Mattheus 22: 14:

“Want baie is geroep, maar min uitverkies.”

Hier is dit opvallend dat die twee bestaanssfere van God en mens as’t ware harmonieus saamvloei. Die “roeping” vind plaas in ons lewenssfeer van tyd en ruimte terwyl die “uitverkiesing” reeds plaasgevind het in God se lewenssfeer waarin Hy alles as “nou-gebeurtenisse” sien en hoor. ’n Mens sou soos ’n opregte Calvinis kon argumenteer dat die oorgrote meerderheid mense wat genooi word na die huweliksmaal hulle rug daarop keer omdat hulle nie uitverkies is nie . . . of is dit nie miskien net andersom nie? Kan dit nie miskien wees dat God hulle in sy lewenssfeer (waarin Hy alles as “nou-gebeurtenisse” sien en hoor) nie uitverkies het nie omdat Hy reeds voor die grondlegging van die wêreld geweet het hulle sal sy uitnodiging na die huweliksmaal van die Bruid in ons lewenssfeer onder hulle voete vertrap?

Die beste kommentare verklaar dat die genooides wat na die bruilof geroep is die huis van Israel (Jode) is van wie Jesus gesê het: “Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ‘n stad van die Samaritane nie; maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel. En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom” (Matteus 10:5 en 6). Die eerste genooides na die bruilofsmaal was die huis van Israel aan wie die Evangelie eerste verkondig is en die mense wat op die lane en kruispaaie gevind is, die heidene. Die vraag is: Het die eerste genooides (huis van Israel) die roep na die bruilof geminag omdat hulle nie uitverkies is nie? Indien dit die waarheid sou wees beteken dit dat die Heilige Gees ’n lelike blaps begaan het in al die ander plekke in die Bybel waar Israel God se uitverkore volk genoem word. Die Here sê byvoorbeeld in Romeine 11:28 dat die Jode ter wille van die heidene nog steeds vyande van die Evanglie is maar volgens die uitverkiesing God se bemindes ter wille van die vaders is. Hoe bring ’n mens die kloutjie by die oor? Die feit dat die meeste gekies het om eerder hulle aandag te wy aan hulle plase en besighede en hulle bevoorregte posisie as eerste genooides versmaai het, toon baie duidelik dat die mens in staat is om ’n berekende wilsbesluit te maak en nie, soos die Calvinisme glo nie, geen wil van sy eie het nie. Die Calvinisme omseil hierdie tameletjie deur te sê dat die mens nie in staat is om die goeie te kies nie maar voortdurend net die slegte kan kies. Was die keuse van die heidene wat uit goeies en slegtes bestaan het en die diensknegte op die lane en kruispaaie moes gaan soek om die bruilofsmaal by te woon, ’n slegte wilsbesluit?

Die gelykenis bereik sy ontknoping wanneer daar ’n persoon (waarkynlik uit die heidendom) onder die gaste gevind word wat nie ’n bruilofskleed aangehad het nie. Hoe het hy ingekom? Skynbaar het die diensknegte hom as iemand met ’n bruilofskleed beskou omdat hy moontlik die gedaante van godsaligheid gehad het maar die krag daarvan verloën het. Niemand is gedwing om ’n bruilofskleed aan te trek nie. Daarvan getuig die persoon wat ingekom het sonder ’n bruilofskleed. Hoe dit ookal sy, dit was na aanleiding van hierdie persoon se wederegtelike toegang tot die bruilofsmaal dat die Koning gesê het: “Want baie is geroep, maar min uitverkies.” Daar sal in vergelyking met die geweldige hoeveelheid mense wat sedert die begin op aarde geleef het plus die hoeveelheid wat nog tot die einde hier op aarde sal lewe, baie min mense gered word. Die oproep of uitnodiging tot bekering word (in die mens se lewenssfeer) aan alle mense gerig maar die uitverkiesing (in God se lewenssfeer waar Hy alles as “nou-gebeurtenisse” sien en hoor) kom die meeste mense nie toe nie omdat hulle (in hulle eie lewenssfeer van tyd en ruimte) weier om hulle tot God te bekeer. In kort: God het hulle reeds voor die grondlegging van die wêreld nie IN CHRISTUS uitverkies nie omdat Hy toé reeds geweet het dat hulle sy Evangelie nooit sal glo nie en hulle dus nooit tot Hom sal bekeer nie. Moet ons dit toeskryf aan die Calvinistiese leer dat slegs ’n klein hoeveelheid spesiale uitverkorenes uitverkies is of dat die meeste mense nie die nou poort en die smal weg vind nie? (Matteus 7:14)

Hoe moet ons die uitverkiesing in die lig van Matteus 7:14 vertolk? Miskien moet ons eerder vra of die eerste genooides (die huis van Israel) gered kon gewees het as hulle die roeping om die bruilofsmaal by te woon nie versmaai het nie. Of miskien ook vra, as die persoon wat sonder ’n bruilofskleed betrap is tog wel vóór sy toegang tot die bruilofsmaal ’n bruilofskleed aangetrek het, ook gered kon gewees het. Dit is hipotetiese vrae wat deur baie mense gevra word en dus ’n antwoord vereis.

Uit hoofde van die feit dat die eerste genooides geroep is om die bruilofsmaal by te woon en die persoon sonder ’n bruilofskleed ook deur die uitgestuurde diensknegte (binne ons lewenssfeer) genooi is, kan mens met sekerheid aanvaar dat hulle wel almal gered kon gewees het. Ja! Natuurlik het God in sy lewenssfeer buite tyd en ruimte gesien en geweet dat hulle die uitnodiging onder hulle voete sou vertrap, maar dit beteken nie dat hulle binne ons lewenssfeer van tyd en ruimte nie tot bekering kon kom nie. Waarom sou die koning sy diensknegte uitstuur om die eerste genooides en die persoon sonder ’n bruilofskleed te roep as Hy by die ingang na die bruilof moontlik vir hulle sou sê: “Jammer mense, julle kan nie inkom nie want julle is nie uitverkies nie. My Vader het reeds voor die grondlegging van die aarde besluit om julle hel toe te stuur” Veronderstel die inwoners van Jerusalem, van wie Jesus gesê het “Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!” het tog besluit om onder SY “vlerke” skuiling te neem, net om dan deur Hom weggewys te word omdat Hy hulle nie uitverkies het nie. Dink daaraan, God het reeds voor die grondlegging van die wêreld geweet dat die inwoners van Jerusalem hulle nie tot Christus sou bekeer nie — omdat hulle nie wou nie (en nie soos die Calviniste glo omdat hulle nie uitverkies is nie), en tog het Jesus nog steeds die uitnodiging aan die kinders van Jerusalem (binne ons lewesnsfeer) gerig om onder sy vlerke skuiling te neem. Dit dui onomwonde daarop dat hulle almal wel deeglik tot bekering kon kom maar hulle wou nie.

Dit blyk dus baie duidelik dat slegs diegene wat ’n bruilofskleed, God se vereiste vir ’n nuwe gewederbaarde lewe, met ’n berekende wilsbesluit ontvang en aantek (d.w.s. deur die geloof in hierdie lewenssfeer tot bekering kom), in God se bestaanssfeer van tydloosheid (voor die grondlegging van hierdie wêreld) IN CHRISTUS uitverkies is. Dit pas in by wat ek vroeër gesê het, en dit is dat God se uitverkiesing (wat Hy binne SY bestaanssfeer maak/gemaak het, ’n sfeer waar alles en almal gelyktydig oop en bloot voor sy aangesig is) gepaard gaan met die indiwidu se persoonlike verantwoordelikheid om (binne sy eie bestaansfeer) die Evangelie te glo en in gehoorsaamheid aan die eise van dié Evangelie hom tot God te bekeer.

Om op te som: God, in sy bestaanssfeer, sien en hoor eensklaps en gelyktydig almal se dade, woorde en denke en weet dus vooraf wie in ons bestaanssfeer tot bekering kom en Hy kan/kon op grond daarvan elkeen van hulle in Christus uitverkies — selfs, soos ons dit volgens die Bybelse term leer ken, “voor die grondlegging van die wêreld.” Die anderkant van die munt is ewe waar. God, in sy bestaanssfeer, sien en hoor eensklaps en gelyktydig almal se dade, woorde en denke wat nie op sy uitnodiging tot bekering en saligheid reageer nie en kan/kon hulle dus NIE voor die grondllegging in Christus uitverkies nie. Hierdie uitverkiesing is NIE geskoei op die Calvinistiese siiening van die uitverkiesing nie, nl. dat God reeds voor die grondlegging van die wêreld slegs ‘n uitgesoeke klompie uitverkorenes uitverkies het tot saligheid en die res tot die ewige vuurpoel verdoem het omdat dit sy welbehae was en is.

Die onderstaande diagram is ’n poging om die twee bestaanssfere waarin God en die mens lewe te omskrywe

en na aanleiding daarvan ‘n Bybelse verklaring te voorsien van die uitverkiesingsleer

Uitverkiesing

Dit is uiters tragies dat die Calviniste voortdurend sekere tekse voorhou as Skrifgeldige bewysstukke vir hulle uitverkieslingsleer sonder om die betekenis daarvan binne die konteks waarin dit voorkom in oënskou te neem. Die frase “baie is geroep, maar min uitverkies” kom twee keer in die Nuwe Testament voor (Mattheus 20:16 en 22:14). Die uitverkiesing in hoofstuk 20 vers 14 is ‘n uitverkiesing tot spesiale dienswerk en handel spesifiek oor die “Heer van die Wingerd” se prerogatief om die arbeiders te beloon soos Hy wil, ongeag die hoeveelheid ure, dae, weke of jare wat hulle in die wingerd werk. Sy beloning is nie geskoei op arbeidsintensiwiteit nie maar op sy soewereine besluit om elkeen te beloon soos Hy wil. Daarom sal hulle wat eerste was, laaste wees en die laastes sal eerste wees. Hier sien ons baie duidelik weer eens dat daar geen aanneming van die persoon by God is nie. Dit gaan dus oor die GOEDHEID van die Meester en nie om die verdienste van die arbeiders nie. God se ewige GOEDHEID is ewe voldoende en regverdig vir elke arbeider wat Hy roep om in sy wingerd te werk. In  elk geval, die arbeiders is veronderstel om in sy wingerd te werk omdat hulle Hom bo alles liefhet en dankbaar is vir sy geweldige groot verlossing en nie om te kyk wat hulle uit Hom kan kry nie. As hy sou besluit om jou iets te gee, is dit GOED en al sou Hy ook besluit om jou niks te gee nie, is dit ook GOED want HY IS GOED. Alles wat Hy doen is GOED en Hy en is jou beloning (Psalm 73:25). Kom ons keer nou terug na ons twee tekse in Matteus.

Die woord KLĒTOS (κλητός) word in albei die tekse gebruik vir “roep” en het twee betekenisse, afhangende van die konteks waarin dit gebruik word, nl.:

Om geroep of uitgenooi te word (na ‘n banketete).

1a) — uitgenooi (deur God in die verkondiging van die Evangelie) om die ewige lewe deur Christus in die Koninkryk van God te verwerf.

1b) — uitgenooi om een of ander dienswerk te verrig.

Hierdie uitnodiging (roeping) word aan alle mense gerig (Titus 2:11) maar dis nie almal wat volgens die eise van die evangelie daarop reageer nie (Matteus 7: 13, 14). Die evangeliese eise is “geloof,” (in die volmaakte en volbragte werk van Jesus Christus as jou Plaasvervanger aan die kruis) en “bekering” (‘n heelhartige ekenning en belydenis van jou sondige verlorenheid teenoor God en ‘n wegdraai van jou selfgesentreerde lewe na God) SODAT Hy jou kan red. God se uitverkiesing wat Hy voor die grondlegging van die wêreld binne sy lewenssfeer gemaak het, berus op SY vooruitwete of voorafwete van elke indiwidu se persoonlike reaksie op die uitnodiging wat die Here deur die prediking van sy evangelie (binne ons lewenssfeer) maak. HY het nie vooruit of vooraf besluit wie HY wil red en wie HY wil verdoem nie.


[1] Johannes Calvyn: Institute van die Christelike Godsdiens, III, 23, 6

[2] Grover E Gunn, The Doctrine of Grace, p. 13

Posted in Calvinisme | Tagged: , , | 41 Comments »

Alleenlik Calvyn se Uitverkorenes is Verlore? Die Verworpelinge is nie . . .? Kan iemand My Help om Hierdie Raaisel op te Los?

Posted by Thomas on July 25, 2009

Please read the English version here.

Death of the Reprobate

Die volgende kommentaar is iewat langer as die Engelse weergawe. Ek versoek u dus om my te verdra en die hele studiestuk te lees. Deesdae is ons maar traag om te lees en sommiges verkies om eerder na ‘n een of twee-uur lange fliek te kyk voordat hulle iets lees. Ek beskou dit as uiters belangrik om teen die Calvinisme te waarsku want dit is ‘n algehele mistasting en verdraaiing van die Bybelse leerstelling van verlossing. Inderdaad, die Calvinisme sluit die hemel toe vir mense wat gered kon gewees het as hulle nie aan die Calvinistiese uitverkiesingsleer bly vasklem het nie (Mat 23:13)

Ek veronderstel jy weet reeds dat die Gereformeerde broederskap die 500ste herdenking van Johannes Calvyn se The elect verjaarsdag op 10 Julie 1509 vanjaar vier. Jy weet nie? Dan is dit miskien tyd om die spinnerakke van jou geskiedenisboeke so ‘n bietjie af te stof. Ek wil sommer wansuit waarsku dat dit ‘n Calvinistiese raaisel is en hulle is gewoonlik taaier as ‘n Suid-Afrikaanse Boere-toffie. Diegene wat nie weet wat die regte betekenis is van die woorde “wêreld,” “wie ook al,” en “almal” nie moet nie eens probeer om die raaisel op te los nie en eerder sommer dadelik bes gee. Nouja! Kom ons gee die raaisel op deur te begin met ‘n paar kragtige aanhalings uit die mond van sommige van die bekendste en toonaangewende Calviniste.

Daar is baie wat voorgee om die Godheid te beskerm teen ’n aanklag van partydigheid en die leerstelling van die uitverkiesing goedkeur, maar ontken dat daar enigiemand is wat [onherroeplik] verworpe is (Bernard. in Die Ascensionis, Serm. 2). Dit doen hulle uit onkunde en kinderagtigheid omdat daar geen uitverkiesing kan wees sonder sy teendeel, verworpenheid, nie. Daar word gesê dat God diegene wat Hy tot die saligheid aanneem, afsonder. Dit sou uitermatig absurd wees om te sê dat Hy andere toevallig [tot hierdie saligheid] toelaat of dat hulle dit deur hulle eie toedoen verkry wat slegs die uitverkiesing aan ’n paar toeken. Diegene wat God dus oorsien, verdoem Hy, en dit om geen ander rede nie as dat dit vir Hom ’n welgevalle was om hulle van die erfenis wat Hy vir sy kinders gepredestineer het, uit te sluit. (Johannes Calvyn: Institute van the Christelike Godsdiens, Boek 3, Hfsk 23, Sek. 2226) (Klem bygevoeg)

Die Skrif bewys duidelik . . . dat God deur sy ewige en onveranderlike raad eens en vir altyd besluit het wie Hy volgens sy behae een dag tot die saligheid sou toelaat, en wie Hy . . . aan die anderkant, volgnes sy behae tot verdelging sou oordeel. (Johannes Calvyn: Institute van die Christelike Godsdiens, Boek 3, Hfst 7, Sek. 2210)

Want hy praat van die grootsheid van God wie se welbehae dit is om die dwase en oortreders straf op te lê terwyl hy geen behae het om sy Gees aan hulle te gee nie. Dit is ‘n afgryslike versotheid in mense om dit wat grensloos is ondergeskik te maak aan die klein omvang van hulle rede. Paulus noem die engele wat hulle integriteit behou het die uitverkorenes. As hulle onwrikbare standvastigeheid toegeskryf word aan die welbehae van God, dan bewys die rebellie van die ander dat Hy hulle verlaat het. Hieruit kan ons aflei dat daar geen ander beweegrede as verdoeming [verwerping] is nie, wat weggesteek is in die verborge raad van God. (Johannes Calvyn: Institute  van die Christelike Godsdiens, Boek 3, Hfst 23, Sek. 2229)

Nou, aangesien die reëling van alle dinge in die hande van God is, omdat aan Hom die toewysing van lewe en dood behoort, reël Hy alle dinge volgens sy soewereine raad, op so ‘n wyse dat indiwidue gebore word wat van die moederskoot tot ‘n gewisse ewige dood verdoem is en Hom deur hulle verdoeming verheerlik. (Johannes Calvyn: Institute van die Christelike Godsdiens, Boek 3, Hfst. 23, Sek. 2231) (Klem bygevoeg)

God, volgens die welbehae van sy wil [en] sonder enige agting vir meriete, kies diegene wat Hy as seuns uitverkies het terwyl hy ander verwerp en verdoem . . . dit is vir Hom die regte ding om te doen om deur straf te wys dat Hy regverdig oordeel . . . Die Here bewys dus genade aan wie  Hy ookal wil omdat Hy genadig is; Hy bewys dit nie aan almal nie omdat Hy ‘n regverdige regter is. (Johannes Calvyn: Institute van diie Chriistelike Godsdiens, Boek 3, Hfst. 23, Sek. 2234) (Klem deurgaans bygevoeg).

Ek is veral opgewonde, geboei, gefasineerd en betower deur Calvyn se geweldige Bybelkennis. Ek sou nooit die gedeelte in die Skrif kon vind wat sê dat “. . . dit vir Hom ’n welgevalle was om hulle van die erfenis wat Hy vir sy kinders gepredestineer het, uit te sluit” as ek nie deur Johannes Calvyn se briljante insigte en “Institute” verlig was nie. Ek is nie ‘n wafferse Bereaan nie maar ek probeer regtig om alles wat ek uit die mond van hoogaangeskrewe mense wat deur ander ewe hoogaangeskrewe geleerdes hoog geag word te toets en te evalueer. Ek het die skrifte ondersoek en op die volgende gedeeltes afgekom wat nie met Johannes Calvyn se siening oor God dat dit Hom behaag om die verworpeling uit te sluit . . . blah . . blah . . . blah rym nie. Kom ons kyk wat sê hierdie teksgedeeltes.

Esegiël 18: 32 Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here HERE. Bekeer julle dan en lewe. (Klem bygevoeg)

Esegiël 33:11 Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, (Klem bygevoeg)

Jesaja 30:15 Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie

Nou! Is daar enigiemand daar êrens wat vir my die leuenaar kan uitwys? Calvyn het gesê dat dit God se welbehae is om die verworpelinge (die onredbare goddeloses) hel toe te stuur terwyl Hy self sê dat HY geen behae het in die dood van die goddeloses nie; dat dit nie Hy is wat onwillig is om te red nie maar dat die mens self onwillig is om na HOm te kom vir redding. Klink dit miskien soos Calvyn en Luther se dwase leerstelling dat die mens nie ‘n vrye wil van sy eie het nie? Iemand is besig om te lieg en ek is baie seker dis nie God nie.

Numeri 23:19 God is geen man dat Hy sou lieg nie; . . .

Dink daaraan!. God vertel nooit ‘n leuen nie. Hy praat altyd die waarheid want Hy is God, die Weg, die Waarheid en die Lewe. Daar is geen verandering of skaduwee van omkering by Hom nie. (Jakobus 1:17). Uit en gedaan! Capiche? As God altyd die waarheid praat, vanwaar kom diie leuen dan? Waar het leuens hulle oorsprong?  Kom ons doen die regte ding en wend ons tot God wat nooit ‘n leuen vertel nie om uit te vind waar leuens vandaan kom. God sê:

Johannes 8:44-45 Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan. Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie.

Sien julle die probleem? Sodra jy in gebreke bly om te glo dat Jesus altyd die waarheid praat, dan begin jy om in die leuenstrikke van die vader van alle leuens te val, die satan vanself. Sommige mag miskien vir my vra: “Hoe durf jy sinspeel dat Johannes Calvyn, een van die grootste hervormers in die geskiedenis van die kerk, ‘n leuenaar was?” Nee, nee, nee, nee, my vriend, wie jy ookal mag wees, ek suggereer nie dat Calvyn ‘n leuenaar was nie. Ek is besig om te bewys dat God wat geen leuenaar is nie geheel en al iets anders sê as wat Calvyn glo Hy gesê het. Ek is bloot net besig om God se woorde en dié van Calvyn naasmekaar te plaas en ‘n redelike keuse te maak. As God die waarheid praat, volg Hom dan na, maar as Calvyn die waarheid praat, volg hom na. Jy glo óf vir God wat sê Hy het geen behae in die dood van die goddelose nie óf jy glo Calvyn wat gesê het God het ‘n welbehae daarin om die verworpelinge van die erfenis wat Hy vir sy kinders gepredestineer het, uit te sluit. Wees egter gewaarsku dat indien jy sou kies om Calvyn se uitverkiessingsleer te glo, is jy eintlik besig om God tot ’n leuenaar te maak en ons het reeds gesien waar leuens vandaan kom. En moet aseblief nie vir my sê ek verstaan nie wat Calvyn in die bogenoemde aanhalings uit sy Institute gesê het nie. Maar nouja, selfs wanneer jy Calvyn woord vir woord aanhaal, sal ons Calvinistiese vriende jou nog steeds beskuldig van verdagmakery en wanvoorstellings. As Calvinisme die suiwerste uitdrukkiing van die Bybel is en as die Bybel nie ‘n obskure boek is nie, waarom moet Calvinisme dan so esoteries wees?

Hier’s nog ‘n paar aanhalings uit die uitverkore en geheiligde monde van ‘n paar uitverkorenes.

Christus se verlossingswerk het ten doel gehad om die uitverkorenes alleen te red en om redding vir hulle inderdaad vas te knoop. Sy dood was ‘n plaasvervangende ontbering van die straf vir die sonde in die plek van sekere gespesialiseerde sondaars . . . Die gawe van geloof word onfeilbaar deur die Gees geskenk aan almal vir wie Christus gesterf het om sodooende hulle redding te waarborg (David N Steele en Curtis C Thomas, The Five Points of Calvinism, Presbyterian and Reformed Publishing Co. 196, 17) (Klem bygevoeg)

Dit is niks anders as voortrekkery en partydigheid nie hoewel die Calviniste verkies om dit goddelike soewereiniteit te noem. Ons moet weer eens vasstel wie nou eintlik die leuenaar is. Kan dit moontlik die Here wees wat sê Hy toon hoegenaamd geen partydigheid teenoor wie ookal nie (Romeine 2:11) of is dit ons twee gedistingeerde uitverkore gunstelinge wat geen gewetenswroeging het om die Woord van God te verdraai en te vermink nie?

Die volgende verklaring deur nog ‘n gunsteling van God is ‘n egte juweeltjie.

As Jesus vir elke persoon gesterf het, maar elke persoon nie gered word nie, het sy dood inderwaarheid niemand gered nie . . . As Christus gesterf het vir mense wat in die hel sal wees, kan sy pogings eintlik nie ‘n “reddingswerk” genoem word nie [en]   is daargeen werklike reddingskrag in sy bloed nie. Dan sal die krag skynbaar in die wil van die skepsel wees . . . Hierdie dinge lê aan die hart van die Christenboodskap want hulle rus by die voet van die kruis. (Michael Scott Horton, Putting Amazing Back into Grace, Thomas Nelson Publishers, 1991, p. 89) (Klem bygevoeg).

Van wanneer af word die effektiwwiteit en die waarde van Jesus Christus se bloed deur die redding van die hoeveelheid verlore sondaars bepaal, in hieride geval elke persoon? Die redenasie hier is dat as Christus vir alle mense gesterf het maar alle mense nie gered word nie, dan kan sy bloedoffer nie as ‘n reddingswerk beskou word nie. So ‘n scenario maak van sy bloedoffer ‘n waardelose en ‘n algeheel mislukte ding, volgens die Calviniste. Daarom, om dit effektief the maak MOET “alle mense” gered word, maar dit is nie “alle mense” in die sin van die hele wêreld nie. Dit is “alle mense” binne die “wêreld” van die uitverkorenes. Siedaar! Al die uitverkorenes wat gered is en sonder uitsondering gered sal word gee aan die bloed van Jesus sy effektiwiteit en waarde. En ek was nog altyd onder die indruk dat Christus se vlekkelose en absolute sondelose karakter en persoonllikheid as God-Mens die onmeetlike waarde van sy kosbare bloed bepaal het. Nou hoor ek uit die mond van die Calvinistiese suigelinge dat dit die uitverkore gunstelinge van God se sonde-besmette lewens is wat waarde en effektiwiteit van Sy bloed gee. Die sonde-besmette lewens van die verworpelinge (nie-uitverkorenes) het nou een maal net nie die vermoë om soos die sonde-besmette lewens van die uitverkorenes die waarde en effektiwiiteit van Christus se bloed te bepaal nie. Hoe anders dan as die verworplinge nie ‘n kat se kans het om die hel vry te spring nie.

Hier’s nog ‘n ander een van die uitverkorenes se skitterende en verligte idees.

Omdat God net sekeres lief gehad het en nie almal nie, omdat Hy soewereinlik en onveranderlik bepaal het dat hierdie spesiale persone gered SAL word , het Hy sy Seun gestuur om viir hulle te sterf, om HULLE te red en nie die hele wêreld nie (Edwin H Palmer, The Five Points of Calvinism, Baker Books, enlarged ed. 20th prtg, 1999, p. 50) (Klem bygevoeg).

En nou kom ons uiteindelik by die raaisel wat verband hou met Jesus se woorde in Lukas 19:10: “Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.” Hou asseblief in gedagte dat in die Calvinistiese wêreld daar twee groepe mense is – die “uitverkorenes” en die “verworpelinge” en nie “gelowiges” en “ongelowiges” soos die Bybel hulle onderskei nie. Soos ons gesien het in die bogenoemde aanhalings  het Jesus net vir die uitverkorenes gesterwe omdat hulle alleen voor die grondlegging vaan die wêreld gepredestineer is om monergisties gered te word. Aan die anderkant is die verworpelinge deur God uitverkies, selfs nog voor die grondlegging van die wêreld, om in die vuurpoel gewerp te word omdat Christus nie vir hulle gesterf het nie en omdat dit God se welbehae is om hulle te verdoem. Hy het alleenlik vir die uitverkorenes gesterwe. As Jesus gekom het om dié wat “verlore” is te soek en te red en net die uitverkorenes gered word, is die voor-die-handliggende afleiding wat ons moet maak dat slegs die uitverkorenes verlore is/was. Bowendien, as die verworpelinge nie gered kan word nie omdat hulle voor die grondlegging van die wêreld uitverkies is tot die ewige verdoemenis, het Jeesus nie gekom om hulle te soek en dien red nie en daarom kan ‘n mens aflei dat hulle nie verlore is nie. Laat my toe om dit soos volg op te som

1. Jesus het na ons wêreld gekom om die wat verlore is te soek en te red.

2. Alleenlik die uitverkorenes word gered.

3. Gevolglik is alleenlik die uitverkorenes verlore en nie diie sg. verworpenes nie.

4. As die verworpenes nie verlore is nie, eenvoudig omdat Jesus gekom het om die wat verlore is (net die uitverkorenes) te soek en te red, beteken dit volgens die eienaardige Calvinistiese denke dat elke indiwiduele verworpene hemel toe sal gaan omdat nie ‘n enkele een van hulle verlore is nie.

Die finale vraag wat beantwoord moet word, is:

Is die verworpelinge verlore? Indien jou antwoord ‘n ja is dan moet jy erken dat Jesus na die aarde gekom het om ook vir hulle te soek en te red. As dit waar is, dan het Jesus inderdaad ook vir hulle (die verworpelinge) aan die kruis gesterwe. As jou antwoord ‘n nee is, dan bevestig dit my verklaring dat alleenlik die uitverkorenes verlore is.

Van die Ontluikende Kerk se felste kritici kom uit die geledere van die Calvinisme, o.a. Bob de Waay, Paul Washer, John McArtur ensomeer. Die ironie is dat hulle dwaalleer aanspreek terwyl hulle self aan ‘n dwaalleer verknog bly. (Kyk maar gerus weer ‘n slag wat Calvyn in die aanhalings hierbo gesê het om te sien in hoeverre die Calviniste op ‘n dwaalspoor is m.b.t. die verlossingsleer). Ook hier in Suid-Afrika is daar heelwat leraars wat baie uitgesproke is oor die dwaalleringe in ons opledingseminare en kweekskole maar wat hulle terselfdertyd blind staar teen die dwaalleringe in eie geledere, t.w.  die Calvinisme. Dis nogal opvallend dat baie van hulle ywerig en hard stry teen dinge soos die evolusieteorie, prostitusie, homoseksualisme, aborsie ensomeer maar sodra jy hulle verlossingsleer (uittverkiesingsleer) aan die

View Jan Grey & Theo Danzfuss

hand van die Skrif evalueer, is hulle onmiddellik op die agterpote en val jou persoonlik aan. Ekself het op ‘n dag in hulle visier gekom toe ek die Gereformeerde belydenisskrifte onder die loep geneem het. Twee bekende leraars, di. Jan Grey (wat tans in Australië woornagtig is) en Theo Danzfuss het in geen onsekere taal vir my laat verstaan dat my uitgesprokenheid oor die belydenisskrifte en my eskatologiese menings rondom die 1000-jarige vrederyk op aarde Charismatiese en selfs Kommunistiese ondertone weerspieël. Ook is daar aan my meegedeel dat enigeen wat weier om die Gereformeerde belydenisskrifte te onderskryf maar liefs hulle ry moet kry.

Skynbaar is die onderskrywing van die Drie Formuliere (Belydenisskrifte) die enigste tasbare bewys dat jy uitverkies en dus gered is. Hoe anders dan as jy nie weet hoe en wanneer jy jou deur die geloof tot God bekeer het en Hy jou uit genade gered het nie. Sodanige bekerings, waar jy jouself deur die geloof tot God bekeer SODAT Hy jou uit genade kan red, is ‘n onding in die Calvinisme omdat dit die Here kwansuis van sy soewereiniteit beroof. Dit maak kwansuis van jou ‘n medewerker van die reddingsdaad. Jou heelhartige onderskrywing van die Drie Formuliere of belydeniskrifte (en natuurlik ook jou volharding tot die einde toe) word dus die enigste manier waarop jy kan weet of jy uitverkies en gered is. Om te verduidelik wat ek bedoel, haal ek vir u aan wat Ds. Theo Danzfuss in sy verweer teen my sieninge rondom Calvinisme en die belydenisskrifte in ‘n e-pos geskryf het:

Nou wil ek aan Tom ‘n paar vrae vra, voordat ons verder sinvol kan gesels. As die vrae snaaks klink vra ek om verskoning, Ek bedoel dit opreg sodat ons  kan weet van watter basis af ons met Tom gesels.

Ons weet nou al van ‘n klomp dinge wat hy nie glo nie, maar volgens die Bybel moet ons dit wat ons wel glo helder en duidelik bely (Rom 10:8-10), daarom die volgende vrae. Om net te antwoord ek glo die Bybel is nie voldoende antwoord nie. Ons weet almal dat mense die Bybel radikaal verskillend verstaan. Geloofsbelydenis beteken tog nie net om te dat jy glo nie, dit beteken mos ook- veral – om te wat jy glo.

4. Is ons verlossing God se werk, of is dit ons werk, of is dit 50/50 samewerking, of hoe sien hy dit?

1.  Hy aanvaar nie die gereformeerde belydenisskrifte as sy vertolking van die Skrif nie. Dit sê hy duidelik. Watter belydenisskrifte aanvaar hy dan wel as die korrekte vertolking van die Bybel? Of het die Kerk deur die eeue nog nooit die Woord reg verstaan nie?

2. Hy is blykbaar nie ‘n lidmaat van enige gereformeerde kerk nie (as my afleiding verkeerd is, dan sal ek weer verskoning vra).  Aan watter kerk (of kerklike denominasie) behoort hy dan wel?

3. Hy glo skynbaar nie in die (Calvinistiese) uitverkiesingsleer nie.  Hoe verstaan hy dan self wel die honderde Skrifgedeeltes in die Bybel oor die uitverkiesing (bv Ef 1:4vv; Joh 15:16;Matt 22:14; Eseg 20:5 ens. ens.)?

Dit was en is nog steeds nie nodig om verskoning the vra vir die soort vrae wat gestel is nie. Trouens, dis maar dieselfde soort vrae wat Calviniste my nog altyd tydens my debatte met hulle oor die internet gevra het. Sodanige vrae dui onomwonde op die grondslag of fondament waarop hulle hul uitverkiesing (redding) begrond. ‘n Gesoute prediker wat deur die Here geroep is om  die Evangelie te verkondig sal net een vraag vra en dit is: “Gee jy om om my te vertel hoedat jy vergifnis ontvang het vir jou sondes en tot wederbaring gekom het?” Maar nouja! skynbaar is sulke tipe vrae taboe in die geledere van ons Calvinistiese vriende omdat die mens as totaal verdorwe wese nie in staat is om uit eie oorweging te kan glo nie en dus eers monergisties (eensydig, aribtrêr en soewerein deur God) gewederbaar moet word (sonder geloof) voordat die gawe van geloof aan hom/haar gegee kan word. Dit kom daarop neer dat jy as uitverkorene eers monergisties gered moet word voordat jy werklik kan glo, en dit ten spyte van die talryke verse in die Bybel wat sê dat jy eers moet glo alvorens jy waarlik tot redding kan kom. Dis niks anders as om die wa voor die perde in te span nie.

Theo sê o.a. “Ons weet almal dat mense die Bybel radikaal verskillend verstaan. Geloofsbelydenis beteken tog nie net om te dat jy glo nie, dit beteken mos ook veral – om te wat jy glo.” So ‘n radikale uitspraak dat almal die Bybel verskillend verstaan weerspreek eintlik Romeine 10:8 tot 10 waarna hy verwys omdat Paulus juis aandui hoe eenvoudig en maklik dit vir die mens is om die Evangelie te verstaan en te vertolk. Kom ons kyk dan nou eers vers vir vers na hierdie gedeelte.

Vers 8:

Maar wat sê dit? — Paulus vra inderwaarheid “Hoe lui die leersteling van regverdigmaking deur die geloof,” of “hoe moet ons dit verstaan?” “Wat moet gedoen word t.o.v. hierdie leerstelling?”

Naby jou is die woord — Paulus verwys hier na Moses se taalgebruik in Deuterononium 30:14 en dit beteken dat hierdie leerstelling so naby is aan enige persoon dat enigeen dit kan verstaan en omarm. Die leerstelling van regverdigingmaking deur die geloof in die volbragte werk van Jesus Christus aan die kruis is so eenvoudig en so naby elke persoon (binne die bereik van elke persoon) dat dit eintlik onmoontlik is om twee of meer verskillende interpretasies daarvan te koetser. Maar nee, en dit is wat Calvinisme so uiters tragies-ironies maak; volgens hulle is die mens so intens en diep verdorwe dat hy/sy die Evangelie nie kan verstaan nie en eers monergisties gewederbaar moet word deur die Heilige Gees voordat hulle dit kan verstaan (die uitverkorenes natuurlik en nie die verwoorpelinge nie want hulle het nie ‘n kat se kans om ooit tot bekeriing te kom nie omdat hulle reeds voor die grondlegging van die wêreld uitverkies is tot die ewige verdoemenis).  James White skryf:

Die Gereformeerde standpunt is dat die mens nie in staat is om die Evangelie te verstaan en te omhels nie, of in geloof en bekering tot Christus te reageer nie, [altans] nie voor God hom van sonde vrymaak en hom geestelik wederbaar nie. [1]

‘n Sondaar (ag ekskuus, net die uitverkore verlore sondaars) moet eers sonder geloof gered word voordat hulle gered kan word deur geloof.

Arthur Pink verklaar dat:

die sondaar, opsigself, hom nie kan bekeer en glo nie. [2]

Nouja! dit noop my om weer te vra: wie lieg? — Paulus wat die Evangelie regstreeks van Jesus Christus ontvang het of White en Pink? Ek het ‘n baie sterk vermoede dat dit nie Paulus kan wees nie.

In jou mond — Hierdie gedeelte is geneem uit die Septuagint, Deuteronium 30:14. Dit beteken dat die leerstelling van verlossing alreeds so alombekend en so maklik verstaanbaar was, dat dit deel geword het van hulle alledaagse spreektaal. Daar was dus nie so-iets dat mense die Bybel radikaal verskillend verstaan het nie. Hulle was dit almal eens dat daar net een korrekte vertolking van die verlossingsleer was en almal het dit in hulle mond (alledaagse spreektaal) geneem. Soos Moses het die apostels die Evangelie van verlossing onvervals en so dikwels gepredik dat dit onmoontlik was vir die hoorders om twee of meer interprasies daaraan te koppel.

In jou hart —  Die ter harte neem (hartgrondige koestering van en gehoorsaamheid aan hierdie maklik verstaanbare en heerlike verlossingsleer) het die mense aangespoor om dit nie net daagliks op hulle lippe te neem en dit te verkondig nie, maar ook om dit daagliks in hulle gedagtes te oordenk en met voortdurende dankbaarheid teenoor die Here vir so ‘n verlossing uit te lewe.

Dit is die Woord van geloof wat ons verkondig — Paulus maak seker dat sy lesers en hoorders baie duidelik verstaan dat hierdie leerstelling wat hy sopas omskryf het  — ‘n verlossingsleer wat almal kan verstaan en omarm — dié enigste en enigste ware verlossingsleer is en dat dit net op een manier vertolk kan word. Enige ander vertolking daarvan is vals en misleidend. Daarom kon Paulus met absolute oortuiging en met die grootste liefde sê:

Gal 1:8 en 9 Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees. Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees!

So terloops, hierdie gedeelte is die enigste in die hele Bybel waar dieselfde woorde onmiddellik na mekaar herhaal word. Dit toon vir ‘n mens hoe uiters, uiters belangrik dit is om die Evangelie van Jesus Christus onvervals te verkondig soos Paulus dit gedoen het.

Vers 9

As jy met jou mond die Here Jesus bely — Hierdie belydenis is nie maar net ‘n kognitiewe erkenning dat Jesus Christus gekruisig is en uit die dood opgestaan het nie. Dit beteken beslis ook nie dat as jy elke Sondag die Apostoliese geloofsbelydenis in die kerk opsê en al die belydenisskrfte onderskryf dat jy gered is nie. Selfs diie duiwels weet en glo dat Jesus Christus gekruisig is en uit die dood opgestaan het en hulle sidder (Jakobus 2:19). Dit beteken ook nie eens soos Theo dit gestel het nie nl. “Geloofsbelydenis beteken tog nie net om te dat jy glo nie, dit beteken mos ook- veral – om te wat jy glo.” Selfs nie eens “wat jy glo” het enige saliggewende betekenis nie. Dit is “HOE JY GLO” wat finaal gaan bepaal waar jy die ewigheid gaan deurbring. Ek sê dit op grond van Jesus se woorde in Johannes 7:38 “Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.” En dit is presies waaroor die belydenis in hierdie gedeelte van Romeine 10 gaan. Die woord vir “bely” in vers 9 dui op ‘n openbare verklaring of erkenning (“profession” in Engels) en beteken om dit te spreek (te verklaar) wat honderd persent ooreenstem met iets wat iemand anders spreek en verklaar. Daar is dus geen ruimte vir verkillende menings of interpretasies soos Theo dit wil hê nie omdat die iets wat iemand anders spreek en verklaaar dié onveranderlike en gegewe standaard is waarvolgens die waarheid vertolk moet word. In hierdie geval is die iemand niemand anders nie as God self. Wat Hy m.b.t. die Waarheid spreek en verklaar, is onomkeerbaar en ewig die enigste waarheid en jou persoonlike belydenis (professie) moet honderd persent met Syne ooreenkom anders kan jy nie aanspraak maak op ware redding nie. Jou belydenis moet dus absoluut in akkoord of in harmonie wees met alles wat God as die waarheid voorhou en verklaar. ‘n Belydenis van jou geloof is dus ‘n openbare verklaring of professie van jou heelhartige toestemming (ooreenstemming) dat alles wat God oor Homself en die mens sê die enigste en ewige waarheid is. Dit sluit alles in wat Hy omtrent ons verlore en sondige toestand en ons dringende nood vir ‘n Saligmaker verklaar; dit het betrekking op alles wat hy omtrent Homself sê, t.w. sy heiligheid, sy regverdigheid, sy regverdige oordele, sy wet en sy genade; dit sluit alles in omtrent die noodsaaklikheid van ‘n algehele hartsverandering en heilige lewenswandel, en die dood en die oordeel; dit sluit ook alles in wat Hy verklaar omtrent die hemel en die hel. As jy nie glo en bely soos die Skrif (God self) oor al hierdie bg. dinge sê nie, dan kan jy nie aanspraak maak op redding nie. Dan is jou belydenis anti-Bybel en anti-God al klink dit hoe mooi en hoe reg.

Maar wag! Die eerste ding wat die Calviniste vir jou sal sê is dat die belydennisskrifte juis honderd persent met alles wat God rondom al die bg. dinge sê, ooreenstem en honderd persent presies netso verklaar. In hierdie kommentaar het ek reeds hierbo onomwonde bewys dat wat Calvyn en ander toonaangewende Calviniste m.b.t. die verlossingsleer sê geheel en al iets anders verklaar as wat God in sy Woord verklaar. As Jesus Christus gekom het om te soek en te red dié wat verlore was/is (Lukas 19:10; Mattheus 18:11) dan beteken dit tog sekerlik dat alleenlik diesulkes wat onder die oortuiging van die Heilige Gees besef hulle is verlore (helverdiende sondaars is), gered kan word. Enigiemand wat nog nooit tot die oortuiging gekom het dat hy/sy verlore is nie, het nie ‘n Salighmaker nodig nie (Mattheus 9:12). Jesus Christus kan alleenlik diegene vind wat weet hulle is verlore want dis alleenlik hulle wat ‘n diepgrondige versmagting het na ‘n Saligmaker. Maar nee! die Calviniste en hulle belydenisskrifte verklaar dat die mens nie in staat is om te kan glo nie; nie in staat is om te kan glo dat hulle verlore is nie omdat hulle nie die Evangelie vanweë hulle hartgrondige verdorwenheid kan verstaan en glo nie. Hulle moet (sonder gelooof en sonder ‘n hartgrondige besef van hulle verlorenheid) monergisties deur God gewederbaar word en dan eers ontvang hulle die geloof as ‘n geskenk om te kan glo.

Artikels 6 van hoofstuk 1 uit die Dortse Leerreëls lui as volg:

6. Dat God aan sommige mense in die tyd die gawe van die geloof skenk en aan ander dit nie skenk nie, volg uit sy ewige besluit. Immers: Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend (Hand 15:18), en Hy doen alles volgens die raad van sy wil (Ef 1:11). Volgens hierdie besluit maak God genadiglik die harte van die uitverkorenes ontvanklik – hoe verhard hierdie harte ook al mag wees – en buig hulle om tot geloof. Hulle wat egter nie uitverkies is nie, laat Hy volgens sy regverdige oordeel in hulle boosheid en verharding bly. Hierin veral kom vir ons tot openbaring die diepe, barmhartige en tegelyk regverdige onderskeiding tussen die mense wat almal ewe verlore is. Dit is die besluit van die uitverkiesing en verwerping wat in die Woord van God geopenbaar is. (Regverdige onderskeiding . . . ? Hoe regverdig is dit om ’n onderskeid te maak tussen almal wat ewe verlore is? – Kolossense 3: 25) Verkeerde, onreine en onstandvastige mense verdraai hierdie leer tot hulle eie verderf, maar aan die heiliges en godvresendes gee dit ‘n onuitspreeklike troos. (Diegene wat dus nie glo in die Calvinistiese siening van die uitverkiesing nie, is “verkeerde, onreine en onstandvastige mense” wat Calvyn se leer verdraai tot hulle eie verderf).

Let asseblief baie noukeurig op dat, volgens die Calviniste, geloof nie uit die gehoor en die gehoor nie deur die Woord van God is nie (Romeine 10:17). Geloof moet alleenlik monergisties en alleenlik in die harte van die uitverkorenes ingegee (geskenk) word omdat elkeen wat dit durf waag om te glo TOT saligheid of om dit te durf waag om te glo alvorens hy/sy gered kan word, maak hom/haar skuldig aan ‘n werkesaligheidsgeloof — so asof geloof ‘n werk is. Daar word nie ‘n enkele keer in die bg. artikel 6 van die Dortse leerreëls melding gemaak van die feit dat ‘n persoon eers moet besef hy/sy verlore is alvorens hy/sy gered kan word nie. Maar wag, die Calviniste het ‘n baie goeie antwoord hierop hoewel hulle antwoord geskoei is op ‘n verdraaiing van die Woord. Hulle is baie lief om Efesiërs 2: 8 en 9 aan te haal. Daar sê dit mos baie duidelik dat geloof ‘n gawe van God is, nie waar nie? Kom ons kyk na die ou 1953 en die nuwer 1983 Afrikaanse vertalings hiervan.

Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;

Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God.

In die bg. vers lyk dit of die neuter woord “dit” spesifiek na geloof as die gawe verwys terwyl die 1983 vertaling baie duidelik sê dat hierdie redding nie uit onsself kom nie omdat dit (hierdie redding) ’n gawe of geskenk van God is. Dit is dan ook “hierdie redding” wat God as gawe aan almal skenk wat dit deur die geloof WIL ontvang. ’n Geskenk kan alleenlik ’n geskenk wees wanneer dit in ontvangs geneem word deur die persoon aan wie die geskenk gegee word. Daarom sê Johannes in Openbaring 22: 17: “laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.” Geloof is dus niks anders as ’n berekende wilbesluit om na die Here te kom om sy lewende water (“hierdie redding”) as gawe of geskenk uit sy hand te ontvang nie. Ten spyte hiervan glo die Calviniste dat geloof ’n gawe is wat alleenlik aan die uitverkorenes gegee word en dit alleenlik deur ’n soewereine ingrype van God omdat die uitverkorene vanweë sy algehele verdorwenheid nie in staat is om die Evangelie te verstaan nie. Wat my betref grens dit aan godslastering omdat dit die karakter van God skend.

Daar is talle voorbeelde in die Skrif waar geloof as die voorwaarde vir redding afgeskilder word en dit ook baie duidelik stel.

Ten slotte wil ek dan nou oorgaan tot die beantwoording van Ds. Theo Danzfuss se vrae. Hy skryf

1.  Hy [dis nou ekke] aanvaar nie die gereformeerde belydenisskrifte as sy vertolking van die Skrif nie. Dit sê hy duidelik. Watter belydenisskrifte aanvaar hy dan wel as die korrekte vertolking van die Bybel? Of het die Kerk deur die eeue nog nooit die Woord reg verstaan nie?

Ek beroep my op Jesus Christus se woord in Johannes 7:38: “Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.” Ek het nie ‘n klomp belydenisskrifte nodig om vir my die Woord van God te vertolk nie. Theo se vraag “Of het die Kerk deur die eeue nog nooit die Woord reg verstaan nie?” klink vir my alte veel na die Roomse siening dat die Skrif alleen nie genoeg is nie maar dat kerktradisie ook ‘n belangrike rol speel in die bepaling van korrekte Skrifuitleg en –vertolking. Paulus het nie juis baie vertroue gehad in die kerkvaders wat na sy dood die kerk sou binnesypel nie.

Hand 20:29-30 Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.

Theo skryf voorts:

2. Hy is blykbaar nie ‘n lidmaat van enige gereformeerde kerk nie (as my afleiding verkeerd is, dan sal ek weer verskoning vra).  Aan watter kerk (of kerklike denominasie) behoort hy dan wel?

Waarom vra Theo my so ‘n vraag? Is dit omdat hy glo dat jy aan die regte kerk moet behoort voordat die poorte van die hemel vir jou oopgemaak kan word? Ek kom saam met ‘n klompie gelowiges in ‘n huis byeen waar ek weier om die uitverkiesingsleer soos dit deur die Calvinsme verkondig word, te leer. Ons verkondig —

DAT:

  • Jesus Christus (die eniggebore Seun van God) die enigste Saligmaker is wat deur die werking van die Heilige Gees uit die maagd Maria gebore is en vir almal (nie net die sg. uitverkorenes) aan die kruis van Golgota gesterf het.

  • God aan elke indiwidu ‘n vrye wil of vrye keuse gegee het om sy uitnodiging tot saligheiid te aanvaar of te verwerp. (Openbaring 22:17).

  • Die reddende genade van God aan alle mense verskyn het en nie net aan die sg. uitverkorenes nie (Titus 2: 11).

  • Jesus Christus fisiek/liggaamlik en letterlik uit die dood opgestaan het, weer opgevaar het na die hemel vanwaar Hy die eerste keer gekom het, en weer sal terugkeer, eers by die Wegraping vir sy Bruid en daarna (na die sewejarige groot verdrukking) om die oorblyfsel van sy uitverkore volk Israel te red uit die mag van die antichris en sy volgelinge wanneer Hy al die nasies gaan oordeel, en dat Hy sy beloftes aan Abraham, Isak en Jakob m.b.t. hulle beloofde land finaal gestand gaan doen.

  • Die Bema-troon oordeel in die hemel vir gelowiges na die Wegraping gaan plaasvind waartydens elkeen se werke wat hy/sy in hulle aardse liggaam gedoen het deur vuur getoets gaan word om te bepaal wie lone en krone sal ontvang (1 Korinthiërs 3:10-15).

  • Die finale antichris wat sy verskyning nog moet maak ‘n man sal wees wat homself as God sal voordoen en in die herboude tempel in Jerusalem (nie die geestelike tempel wat uit alle gelowiges bestaan nie) sal sit om deur die hele wêreld aanbid te word; dat talle Jode en heidene gedurende hierdie tyd (die Groot Verdrukkiing) tot redding gaan kom maar met hulle lewens sal boet vir hulle geloof in Jesus Christus (Openbaring 20).

  • Die Here Jesus by sy Tweede Koms (nie die Wegraping nie), soos dit in Sagaria 14 beskrywe word, die antichris met die asem van sy mond gaan verdelg en in die vuurpoel van die verderf gaan smyt, en dat Hy sy beloofde duisend jaar van vrede hier op aarde gaan oprig om vanaf die troon van sy vader Dawid in Jerusalem oor die ganse aarde met ‘n ysterstaf te regeer (Lukas 1:30-32). Ons verwerp die anti-chiliastiese (Augustiaanse) simboliese duisendjarige vrederyk wat kwansuis sedert Christus se eerste koms ‘n aanvang geneem het en nou al vir meer as 2000 jaar voortduur. Dis absurd.

  • Die Satan wat tydens die duisensjarige vrederyk in die afgrond gebind was weer vir ‘n rukkie vrygelaat gaan word om die nasies te verlei tot oorlog teen Jesus Christus en die laer van die heiliges; dat hy ook in die poel van vuur gewerp gaan word waar die antichris en die valse profeet reeds vir ‘n duisend jaar sal wees (Openbaring 20).

  • Alleenlik die ongelowiges na afloop van die duisend-jarige vrederyk op aarde by die Wittroon oordeel geoordeel gaan word. Daar is dus geen gesamentlike oordeel waar die gelowiges en ongelowiges gelyktydig geoordeel word nie (Openbaring 20).

  • God die huidige kosmos met vuur gaan vernietig om daarna ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde te skep.

Theo borduur voort:

3. Hy glo skynbaar nie in die (Calvinistiese) uitverkiesingsleer nie.  Hoe verstaan hy dan self wel die honderde Skrifgedeeltes in die Bybel oor die uitverkiesing (bv Ef 1:4vv; Joh 15:16; Matt 22:14; Eseg 20:5 ens ens)?

Ek wil begin met ‘n teenvraag voordat ek Theo antwoord. Hoe verstaan jy Johannes 3:16, Theo?

Want so lief het God die WêRELD gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat ELKEEN wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die WêRELD te veroordeel nie, maar dat die WêRELD deur Hom gered kan word. HY wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar HY wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.

Verduidelik vir ons, Theo, na wie verwys die “wêreld,” “elkeen” en “hy” in hierdie alombekende verse — net na die uitverkorenes of na die ganse mensdom? Hiervolgens is geloof tot redding die prerogatief vir die verkryging van die ewige lewe en indien “wêreld,” “elkeen” en “hy” net na die uitverkorenes verwys dan sou dit beteken dat sommige van die sg. uitverkorenes wel verlore sal gaan omdat daar sommiges van die “elkeen” en “hy” is (wat dan ook na die uitverkorenes verwys) nie sal glo nie.

Hoe verklaar jy die volgende verse, Theo?

Titus 2: 11 Want die reddende genade van God het aan ALLE MENSE verskyn (1953 Afrikaanse vertaling).

Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan ALLE MENSE verskyn. (1983 Afrikaanse vertaling).

Mattheus 11:28 Kom na My toe, ALMAL wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

2 Petrus 3: 9 Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ONS en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat ALMAL tot bekering moet kom.

Openbaring 22:17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat HOM wat hoor, sê: Kom! En laat HOM wat dors het, kom; en laat HOM wat wil, die water van die lewe neem, verniet.

Verwys “alle mense,” “almal,” “ons,” en “hom” net na die sg. uitverkorenes of na die ganse mensdom? Indiien dit net na die uitverkorenes verwys sou ons baie moeilike woord-toertjies moes uithaal om dit te maak-pas in die eienaardige uitverkiesings-legkkaart van die Calvinisme. Vat nou maar net vir 2 Petrus 3:9. As die woord “almal” net na die uitverkorenes verwys dan moet die woord “sommige” ter wille van regdenkende konsekwentheid ook na hulle verwys. Dit sou dan beteken dat sommige van die uitverkorenes wel verlore kan gaan en inderdaad ook verlore sal gaan. Die “sommige” kan volgens die Calvinisme nie na die verworpelinge (nie-uitverkorenes) verwys nie omdat dit juis God se welbehae en wil is dat hulle verlore moet gaan, en Petrus sê dan juis dat God NIE WIL Hê dat “sommige” verlore moet gaan nie. Hoe rym dit, Theo? Jy is ‘n leraar van jou volk, en jy weet hierdie dinge nie? (Johannes 3:10).

Kom ons kyk na Jesus se woorde in Mattheus 11:28. Verwys die “almal” ook daar net na die uitverkorenes? Indien dit wel net na die uitverkorenes verwys sou ons weer eens woordverdraaiings, woordspeletjies en woordtoertjies moes uithaal. Ek is baie seker jy stem saam dat Jesus se uitnodiging (dit is ‘n uitnodiging, nie waar nie?) om na Hom te kom ‘n onlosmaaklike deel van sy Evangelie is. Goed! ons stem darem oor een ding saam. Stem jy saam dat sy uitnodiging om na Hom te kom ‘n wilsbesluit aan die kant van die uitgenooides verg? Nie? Beteken hierdie gedeelte dan dat omdat, volgens die Calvinisme die mens nie ‘n wil van sy eie het nie en hy ook nie in staat is om vanweë sy verdorwenheid die Evangelie te verstaan nie, dat Christus se uitnodiging neerkom op ‘n onweerstaanbare magnetiese krag wat alleenlik die uitverkorenes na Hom toe trek? Maar natuurlik, die Bybel sê mos baie duidelik: “Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag (Johannes 6:44). Die Calviniste vergeet gerieflikheidshalwe dat daar ook geskrywe staan “En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal ALMAL na My toe trek” (Johannes 12: 32). As jy hierdie twee tekse saambring beteken dit maar net dat God op geen ander manier verlore sondaars na sy Seun kan trek as deur sy kruisdood nie. Of miskien verwys die “ALMAL” maar weer net na die uitgesoekte uitverkorenes.

As ons al die bg. teksverse in oënskou neem in terme van dat “wêreld,” “almal,” “alle mense,” ens. na die ganse mensdom verwys, dan kan die “honderde skrifgedeeltes” (daar’s ongeveer net 31 verwysings in die Ou en Nuwe Testamente na “uitverkiesing” en nie honderde nie, Theo) onmoontlik na ‘n uitverkiesing tot saligheid verwys. Dit is nie ‘n uitverkiesing tot redding nie maar ‘n uiverkiesing to seëninge en gekose dienswerk. Marvin R. Vincent, ‘n gesaghebbende op Bybelse tale verduidelik as volg:

Ekloge, election [is] used of God’s selection of men or agencies for special missions or attainments . . . [Nowhere in the New Testament is there any warrant for the revolting doctrine that God predestined a definite number of mankind to eternal life and the rest to eternal destruction.” [3]

Kom ons kyk nou na die teksgedeeltes waarna ds. Theo Danzfuss verwys.

EFESIëRS 1:4-6

Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.

Die hoofonderwerp in die eerste twee hoofstukke van Efesiërs is nie verlossing nie maar al die geestelike seëninge wat volg op redding, d.w.s die verlossingsresultate wat God reeds voor die grondlegging van die aarde vir alle gelowiges vooruit bepaal het. Ons sien dit baie duidelik in vers 13.

Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël (1983 Afrikaanse vertaling).

Die ou 1953 vertaling stel dit as volg:

in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,

Hier is daar geen sprake van ‘n monergistiese wederbaring of soewereine uitverkiesing nie, t.w. ‘n arbitrêre wederbaring deur die Heilige Gees sonder dat die sg. uitverkorenes nodig het om te glo en sonder dat hulle nodig het om die Evangelie te verstaan, omdat hulle totaal verdorwe is en kwansuis nie in staat is om die evangelie te verstaan nie. Paulus verklaar baie duidelik dat die Efesiërs eers die evangelie gehoor het, verstaan het en geglo het voordat hulle hul tot God bekeer en Hy hulle gered het. Hoe moet ons die begrip uitverkiesing in hierdie gedeelte dan verstaan? Dit beteken gewoon dat God almal wat hy reeds voor die grondlegging van die wêreld geweet het hulle deur die prediking van die Woord en deur die geloof tot Hom sou bekeer SODAT Hy hulle kan red, vooruitbestem (gepredistineer) het om heilg en sonder gebrek in Christus te wees en boweal om saam met Hom aan die regterhand  van die Vader in die hemele te sit. Hierdie uitverkiesing (predestinasie) is dus ‘n uitverkiesing tot seëninge en NIE tot redding nie. As dit wel ‘n uitverkiesing tot redding was, dan moet ons al die bg. teksgedeeltes wat ek hierbo bespreek het, uit ons Bybels skeur omdat dit vir ons baie duidelik sê dat God ALMAL wil red maar dat ALMAL nie gered word nie, nie omdat God volgens sy welbehae hulle nie uitverkies het nie maar, omdat hulle nie die evangelie van verlossing wil glo nie en die kruis (die krag en die wysheid van God) onder hulle voete vertrap (1 Korinthiërs 1:18).

JOHANNES 15:16

Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

Enigeen wat ‘n werkgewer soek om deur hom in diens geneem te word, weet dat dit die werkgewer se prerogatief is om te kies wie hy in sy diens wil aanstel omdat hy kandidate soek wat sy produk die beste kan bemark en verkoop. Dit is daarom interessant dat Jesus die woordjie “aangestel” gebruik het om te verduidelik wat hy met sy “uitverkiesing” bedoel het. In die ou Griekse kultuur het die leerling (dissipel) gekies wie hy as leermeester wou hê omdat hy graag sy spesifieke leringe wou verkondig en uitleef. Elkeen kon dus maar kies wie en wat hy wou navolg. Paulus het met hierdie kultuur in Athene te make gekry waar almal vir niks anders tyd gehad het as om voortdurend vir iets nuuts te soek nie (Handelinge 17:21). Nee! sê die Here Jesus, Ek werk nie so nie. My uitverkiesing (aanstelling) van volgelinge moet My “produk” wat geen ander leermeester kan produseer nie, bemark en daardie produk is om die vrug van die Heilige Gees te dra en nie net moet dra nie maar voortdurend moet bly dra. Die uitverkiesing is dus weer eens nie ‘n uitverkiesing tot redding nie maar ‘n uitverkiesing tot ‘n spesiale missie of sending en hierdie sending behels die dra van die vrug van die Heilige Gees. Indien hierdie uitverkiesing ‘n uitverkiesing was to redding sou die Here Jesus nooit vroeër in dieselfde hoofstuk (vers 3) vir hulle gesê het dat hulle reeds rein (gered) was deur die Woord wat Hy tot hulle gespreek het. Redding of verlossing geskied dus nie deur die Calvinisitese uitverkiesing nie maar deur die prediking, die hoor, die verstaan en die glo van die evangelie en niemand, maar niemand, word hiervan uitgesluit nie AS hy/sy wil glo en hom/haar wil bekeer. Dit is uiters, uiters, tragies dat die Calviniste voortdurend ‘n teks soos Johannes 15:16 voorhou om hulle onbybelse uitverkiesingsleer te staaf en sulke uiters belangrike teksgedeeltes soos Johannes 15:3 geheel en al oor die hoof sien.

MATTHEUS 22:14

Want baie is geroep, maar min uitverkies.

Ai toggie, dis darem nie “kosher”  om slegs ‘n gedeeltejie van ‘n groter geheel aan te haal en dan te sê: Sien jy! Die Calvinistiese uitverkiesingsleer is die reine waarheid. Ek gaan nie nou hierdie teks bespreek nie maar beoog om dit in ‘n volgende kommentaar in groter detail te behandel.

ESEGIëL 20:5

. . . en sê aan hulle: So spreek die Here HERE: Die dag toe Ek Israel uitverkies het, het Ek my hand opgehef vir die geslag van die huis van Jakob en My aan hulle bekend gemaak in Egipteland; ja, Ek het my hand vir hulle opgehef en gesê: Ek is die HERE julle God.

As daar ‘n teksgedeelte is wat onteenseglik bewys dat daar nie so-iets is soos ‘n uitverkiesing tot redding nie, dan is dit hierdie een. Die woorde “uitverkies,” en uitverkiesing” beteken om vanuit ‘n bepaalde groep mense slegs net sekeres uit te kies en te plaas in ‘n posisie of status wat hule radikaal van die ander (dié wat nie gekies is nie) onderskei en skei. Indien “uitverkies” en uitverkiesing” betrekking gehad het op die keuse van ‘n sekere groep mense uit die geledere van ‘n groter groep mense tot redding of saligheid en indien ons konsekwent wil wees in die hantering van die betekenis van die woorde in hierdie spesifieke opsig, dan moes God slegs ‘n klompie Jode uit die volk van Israel gekies het en die res verwerp het. Het Hy? Hoegenaamd nie! Die hele volk van Israel word in beide die Ou en Nuwe Testamente die uitverkorene van God genoem (Jesaja 45 :4; 65: 9 en 22; Mattheus 24:31) In Deuterononium 7:6-8 sê die Here:

Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou [die hele volk] het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.

Hier sien ons baie duidelik dat God die hele volk van Israel uitverkies het. Daar is dus hoegenaamd geen rede om te twyfel dat God die hele volk van Israel “met koorde van liefde getrek het” en bo al die ander volke uitverkies het om vir Hom ‘n heilige en afgesonderde volk te wees. En tog het die meeste Israeliete geweier om hulle tot God te bekeer en hulle in ongebreidelde rebellie aan afgodery oorgegee. Was hulle reeds voor die grondlegging van die wêreld uitverkies tot die eiwge saligheid? So-ook het die Here Jesus viir Judas getrek met koorde van liefde en hom uitgekies om sy dissipel te wees.

Johannes 6:70-71 Jesus antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ‘n duiwel! En Hy het bedoel Judas Iskáriot, die seun van Simon; want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was.

Judas Iskáriot was een van die bevoorregtes wat Jesus uitverkies het om sy dissipel te wees. Was hierdie uitverkiesing tot redding gewees? Onmoontlik! want nes die meeste uit die uitverkore volk van God, Israel, verlore gegaan het, so het Judas ook verlore gegaan.

Theo vrae ten slotte:

4. Is ons verlossing God se werk, of is dit ons werk, of is dit 50/50 samewerking, of hoe sien hy [dies nou ekke] dit?

Theo en Jan, sonder geloof kan God niemand red nie. Kom ek sê dit vir julle weer: SONDER GELOOF KAN GOD NEMAND RED NIE. Ons lees in Hebreërs 11:6 “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.” En tog verkondig die Calviniste die leuen dat niemand vanweë hulle algehele verdorwenheid in staat is om God te soek nie en ook nie om te glo nie en eers monergisties deur die Heilige Gees gewederbaar moet word voordat God geloof as ‘n gawe aan die sg uitverkorenes kan gee. Sou jy en Jan sê dat die frase “want hy wat tot God gaan, moet glo . . “ op ‘n werk dui en die mens dus ‘n medewerker maak in die toekenning van geregtigheid? Natuurlik is verlossing een honderd persent God se werk maar Hy kan en sal niemand red nie, nie voordat ‘n verlore sondaar sy dringende nood vir ‘n Saligmaker besef en die Evangelie van verlossing glo nie. Hoe op deeske aarde kan julle van die allerheiligste God verwag om iemand te red wat nie uit eie oorweging glo in die volbragte werke van Jesus Christus aan die kruis nie; wat nie die gepredikte Woord van God verstaan en nie in die geloof daarop kan reageer nie?  Ten spyte hiervan het Ds. Jan Grey in sy e-pos aan my met crescendo-vet-letters soos volg geskryf:

Haai nou my ou broer Tom!: Jy praat hierbo van: "’n verlossingsleer wat geskoei is op die leuen van die uitverkiesingsleer tot saligheid." My goeiste! Die Bybelse Nuwe Testamentiese Verlossingsleer is geskoei is op die waarheid van die uitverkiesingsleer tot saligheid!  . . .

Ek kan ongelukkig geen ander afleiding maak nie … hier stry jy nie teen Teo Danzfuss, Luther, Calvyn, die Nederlandse Geloofsbelydenis, ens. nie; MAAR TEEN GOD SELF! As die Bybel nie die maatstaf is nie, kan ons mos nie verder praat nie!

Ek wonder wie is nou eintlik besig om teen God te stry? Wat moet ons hieruit aflei? In die eerste plek moet ons tot die slotsom kom dat wanneer uitverkiesing in die Bybel vermeld word, dit altyd ‘n uitverkiesing is tot diens, tot missie (sending) en tot seëninge vir almal wat hulle reeds deur die geloof tot God bekeer het en nooit tot redding nie. Die tweede gevolgtrekking waartoe ons moet kom, is dat die Calvinistiiese uitverkiesingsleer nie ‘n Bybelse leerstelling is nie en dus ‘n ander Evangelie, ‘n ander Jesus en ‘n ander gees verkondig (2 Korinthiërs 11:4). Ek wil dus ‘n dringende beroep doen op die persone wat ek in my kommentaar genoem het en, soos ek ook in die verlede met die aanhangers van die Ontluikende Kerk gedoen het, hulle dringend versoek om hulle te bekeer van hulle Calvinistiese dwaalleringe en om te begin om die ware Evangelie van verlossing met ‘n passie te verkondig sodat verlore sondaars  gered kan word. DOEN DIT ASSEBLIEF TER WILLE VAN JESUS CHIRSTUS EN SY EVANGELIE.

Ek wil ten slotte net graag iets byvoeg wat ek dink baie belangerik is. In sy e-pos aan my het ds. Theo Danzfuss gesê:

“Net soos dit my goeie reg is om te bely dat die gereformeerde belydenisse my persoonlike geloofsoortuiging is… so verstaan ek die Bybel… en daarvoor gaan ek niemand verskoning vra nie… net so is dit Tom se reg om te sê dat hy die Bybel anders verstaan..”

Dit is darem nie Skriftuurlik korrek om te sê dat elkeen van ons die Bybel maar anders kan verstaan nie. Indien jou stelling korrek is, sou die Heilige Gees nooit die Gees van Waarheid genoem kon word nie en nog minder sou Hy ons in alle waarheid kon lei (Joh 16:13). Hy sou dan eerder die Gees van verwarring genoem kon word wat elkeen die reg gun om die Bybel te vesrtaan soos hy wil. Dit laat my alte veel dink aan die post-moderne skeef-trek van die waarheid omdat daar kwansuis nie meer absolute waarhede is nie; elkeen se vertolking van die waarheid is ’n brokkie van die geheelprentjie, amper soos ’n legkaart waarin elkeen se siening uiteindelik netjies inpas. Die Here Jesus het hierdie onskriftuurlike siening hok geslaan toe Hy gesê het: “Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei” (Joh 7:38). Hy het ook gesê: “My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het. As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek. Hy wat uit homself spreek, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van dié Een wat Hom gestuur het, Hy is waaragtig en daar is geen ongeregtigheid in Hom nie (Joh 7:16-18). As die Seun van God dit nie durf waag het om anders te spreek as sy Vader nie, wie dink ons is ons miskien om elkeen die Bybel anders te verstaan? So—ook praat die Heilige Gees nie uit Homself nie, maar spreek alles net wat Hy hoor (John 16:13). Ek aanvaar nie die Belydenisskrifte nie omdat dit die Skrif nie net t.o.v. die sotereologie weerspreek nie maar God se karkater op onnadenkende wyse wanvoorstel.


[1] James R White: The Potter’s Freedom (Calvary Press Publishing, 2000) p. 78

[2] Arthur W Pink: The Sovereignty of God (Baker Book House, 2nd prtg. 1986) p. 149

[3] Marvin R. Vincent, Word Studies in the New Testament (Charles Scribner’s Sons, 1924), IV:16

Posted in Calvinisme | Tagged: , , , , , , , , | Leave a Comment »

Ons wil nie luister nie en ons sal nie luister nie

Posted by Thomas on January 30, 2009

Sommige van die mees tragiese gebeure in die Ou Testament was toe Israel keer op keer in God se gesig vir Hom gesê het: “ons wil nie luister nie en ons sal ook nie luister nie.” The anti-Stephen syndrom. I can't hear you while yo're disagreeing with me.

Jer 6:17 Ek het ook wagte oor julle gestel en gesê: Luister na die geluid van die basuin. Maar hulle het geantwoord: Ons wil nie luister nie.

Jer 7:27 Ook moet jy al hierdie woorde aan hulle meedeel, maar hulle sal na jou nie luister nie; en jy moet na hulle roep, maar hulle sal jou nie antwoord nie.

Jer 22:21  Ek het met jou gespreek in jou sorgelose rus, maar jy het gesê: Ek wil nie luister nie. Dit was jou weg van jou jeug af, dat jy na my stem nie geluister het nie.

As jy mooi kyk na die bogenoemde verse, sal jy sien hulle is almal nat van die trane van die profeet — die trane van die wenende profeet, Jeremia, soos hy ook genoem is. Daar was ook  ‘n ander profeet wat groter is as Jeremia wat op ‘n dag met ‘n gebroke hart en stem uitgeroep het:-

Mat 23:37 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!

As die mens, volgens die Calvinisme, nie ‘n wil van sy eie gehad het nie, sou die Here Jesus nooit met so ‘n diepgrondige hartgebrokenheid kon uitroep, “en julle wou nie.” Dit, net so terloops.

Dit was voorwaar tragiese insidente in die geskiedenis van Israel, maar daar is iets wat vandag nog tragieser is.

2Tim 4:3 . . .  daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, (Klem bygevoeg).

Deesdae is die mense darem so ‘n bietjie meer beskaafd; hulle sê nie botweg “ons wil of sal nie luister nie — Hulle sê: “Ons wil en sal luister na die predikers en leraars na wie ons graag wil luister, wat ons ore en ons harte met hulle mooi motiverings- en selfbeeldpreke streel, wat nie soos die nare fundamentalistiese Christene vir ons vertel dat daar ‘n verskriklike periode van ‘n Groot Verdrukking en ‘n Armeggadon op hande is nie, ‘n verdrukking wat daar nog nooit in die verlede en nooit weer in die toekoms sal wees nie. Ons wil nie hoor dat Jesus se wederkoms voor die deur is om die wêreld te oordeel nie. Ons wil eerder luister na leraars wat ons vertel dat die hele wêreld vir Christus gewin kan word en dat Sy Koninkryk hier en nou deur die nuwe super-apostels van die Ontluikende kerk en hulle missionêre volgelinge gevestig kan word. Gee eerder vir ons sulke leraars want ons is moeg om te luister na die fundamentalistiese Christene wat voortdurend vir ons sê ons moet ons bekeer en ook in ons pasoppens moet wees om nie mislei te word nie. Die Here sal in elk geval nie toelaat dat ons mislei word nie want HY is ‘n God van liefde.”

Hulle smag nie na ‘n sjirurg wat die doodsgevaarlike kanker kan uitsny nie maar na kwaksalwers wat pleistertjies opplak en met ‘n mooi soet stem vir hulle sê “Toemaar, alles sal regkom. Die toekoms vorentoe is blink, rooskleurig en belowend. God het ‘n besondere doelgerigte lewe vir julle in die oog. Julle moet dit maar net ontdek. Lees my boek en julle sal verseker weet wat daardie doel is.” Ons sien hierdie tendens ook telkens by die inhuldiging van nuwe presidente waarby die outeurs van hierdie “blockbuster” boeke dikwels die inhuldingsgebede doen. Hulle belowe almal vrede in die Midde-Ooste en ‘n wonderlike nuwe era wat op die horison vir ons wink. Wat sê die God wat hemel en aarde gemaak en die mens na sy beeld geskape het en gereed staan om die weerbarstiges te oordeel?

1Tes 5:3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.

Dit is nie dat die mens nie die vermoë het om sulke ernstige waarskuwings te verstaan nie. Hulle verseg om na God te luister. Hulle sê onbeskaamd en met ‘n mooi aangeleerdeDirkie van der Spuy godsdienstige arrogansie: “Ons wil nie luister nie; ons luister eerder na leraars wat vir ons ‘n mooi prentjie van die toekoms voorhou,” en glo my daar is ‘n groeiende kontingent leraars wat die “oor-streel-soekende-Christene” met graagte tegemoet kom en hulle leer dat daar ‘n wonderlike wêreldwye herlewing net hier om die hoek vir ons lê en loer. Jy sal dit waarskynlik weer ‘n slag hoor tydens Moreletapark Gemeente se Daniëlkonferensie (19-21 Maart 2009) wanneer Angus Buchan op dieselfde verhoog sal verskyn met Bennie Mostert en Graham Power en jou sal vertel dat Suid-Afrika reeds midde-in ‘n groot herlewing is.

Klink dit miskien vir jou ‘n bietjie oordrewe en verregaande? Nee!  sê ek, want Suid-Afrika is besig om oorspoel — ek wil amper sê ge-tsunami-niseer — te word  met ‘n spul valse leraars wat God se skape en lammers verslind, verskeur en eenvoudig net opeet. En wie bring hulle hierheen . . . wie nooi hulle om hulle valse leerstellings oor ons land uit te strooi? — niemand anders as ons bekendste plaaslike predikers en hulle megakerke nie. ‘n Mees resente voorbeeld hiervan is die uitnodiging wat die Moreletapark gemeente in Pretoria en een van hulle leierspredikante, Ds. Dirkie van der Spuy, aan Tony Campolo gerig het om hulle as hoofspreker van 19 tot 21 Februarie vanjaar tydens hulle Missions Fest toe te spreek.

Tony Campolo Wie is Tony Campolo?

Die Here Jesus het op ‘n dag gesê dat ons ‘n boom aan sy vrugte sal ken en om dit te kan doen moet ons die vrugte wat die lippe van hierdie leraars voortbring ook toets omdat ons uit ons woorde geoordeel sal word (Mat 12:35-37).

Tony Campolo is ‘n akademiese produk van Eastern University en hy het ‘n Ph.D op Temple University verwerf. Hy is tans Emeritus Professor in Sosiologie aan die Eastern University in St. Davids, Pennsylvania. Hy het reeds om en by 30 boeke geskryf waarvan Revolution and Renewal: How Churches Are Saving Our Cities een van sy bekendstes is. Hy is die stigter van die Evangelical Association for the Promotion of Education (EAPE) en dien ook op die Verwyssingsraad van Renovaré, ‘n New Age ekumeniese organisasie wat die meditatiewe en kontemplatiewe spiritualieit van die vroeë kerk (Roomse Kerk en Woestynvaders) beoefen en bevorder. Hy is ‘n groot aanhanger van Pierre Teilhard de Chardin wat die kosmiese Christus van die New Age verkondig het en nie die Christus van die Bybel nie. Campolo skryf bv. op bladsy 89 van sy boek How to Rescue the Earth Without Worshiping Nature:

If the Shalom of God and the peaceable kingdom of Isaiah 11 are to become real, then new ways of thinking must be established. With some help from St. Francis and Teilhard de Chardin, we just might make it.

Sy woorde “we just might make it” is gelaai met sy hele siening rondom die domeinistiese idee dat die mens self God se koninkryk hier en nou op die aarde kan vestig. Trouens, hy glo vas dat die probleme waarmee die wêreld te kampe het die regstreekse gevolge is van die eindtyd verkondigers en dat hulle selfs die oorsaak is van oorloë. In sy boek Speaking my Mind op bladsy 207 en 215 vaar hy as volg teen die Here Jesus, Paulus, die apostels en die hedendaagse verkondigers van ‘n eintyd Armeggadon en Groot Verdrukking uit.

Their doctrines are a major factor in determining a far-ranging set of consequences that include American policies regarding militarism, the emergence of evangelical Zionism, attitudes toward Palestinians and the role of American geopolitics.

. . . [whose] “impact on geopolitics can only lead to war.

Hoe is dit moontlik dat iemand homself ‘n Christen kan noem terwyl hy hom vereeenselwig met ‘n persoon soos Pierre Teilhard de Chardin wat sulke onbybelse uitlatings kon maak soos die volgende:

. . . a general convergence of religions upon a universal Christ who … satisfies them all: that seems to me the only possible conversion of the world, and the only form in which a religion of the future can be conceived [1] (Klem bygevoeg).

If, as the result of some interior revolution, I were to lose in succession my faith in Christ, my faith in a personal God, and my faith in spirit, I feel that I should continue to believe invincibly in the world. The world (its value, its infallibility and its goodness) – that, when all is said and done, is the first, the last, and the only thing in which I believe. It is by this faith that I live. And it is to this faith, I feel, that at the moment of death, rising above all doubts, I shall surrender myself. [2] (Klem bygevoeg)

Pierre Teilhard de Chardin het hom oorgegee aan sy geloof in ‘n onfeilbare en goeie wêreld en was bereid om by die oomblik van sy dood onwrikbaar aan hierdie geloof vas te kleef. Wat het die Here Jesus van mense gesê wat hierdie wêreldsisteem leer liefkry?

Jak 4:4 Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.

Wat sê Tony Campolo oor die mens?

Sy siening van die mens speel waarskynlik ‘n groter rol in die formulering van sy doktrine oor die eindtye as wat ‘n mens sou verwag. Indien die mens self God of ‘n goddelike wese is, het hy die Here kwalik nodig om  Sy Koninkryk hier op aarde te vestig. Die mens kan dit dan self net so netjies doen.

. . . Isn’t God’s message to sinful humanity that He sees in each of us a divine nature of such worth that He sacrificed His own Son so that our divine potentialities might be realized? … The hymn writer who taught us to sing “Amazing Grace” was all too ready to call himself a “wretch” … Forgetting our divinity and over-identifying with our [Freudian] anal humanity… Erich Fromm, one of the most popular psychoanalysts of our time, recognized the diabolical social consequences that can come about when a person loses sight of his/her own divinity . . . [3]

Demonologie het in Campolo se briljante denke ‘n geheel ander betekenis gekry. As jy nie glo dat jy self God of goddelik is nie, dan speel in jy die hande van die duiwel en sy diaboliese strategie om die gemeenskap te belemmer.

Wat sê Tony Campolo oor verlossing?

I am saying that there is no salvation apart from Jesus; that’s my evangelical mindset. However, I am not convinced that Jesus only lives in Christians.[4]

. . . what can I say to an Islamic brother who has fed the hungry, and clothed the naked? You say, “But he hasn’t a personal relationship with Christ.” I would argue with that. And I would say from a Christian perspective, in as much as you did it to the least of these you did it unto Christ. You did have a personal relationship with Christ, you just didn’t know it.[5]

Jesus is the only Savior, but not everybody who is being saved by Him is aware that He is the one who is doing the saving.[6] (Klem is deurgaans bygevoeg)

Werklik! Die Een wat verlossing bewerk, het juis radikaal die teenoorgestelde gesê:

Joh 17:3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het. (Klem bygevoeg).

Ek wil dit nie graag glo nie, maar Morletapark Gemeente en hulle leierskap se geneentheid om ‘n man te nooi wat die verlossingleer van Jesus Christus so openlik en agresssief teëstaan, is ‘n rooivlag waarskuwing van hoe ver hulle geestelik agteruitgegaan het. Is daar dan niemand in hulle kerk wat die spuug van smaad en hoon van Christus se gesig kan afvee nie? Hier volg nog ‘n paar Tony Campolo uitlatings oor verlossing.

What I am trying to say is that Jesus who incarnated God 2,000 years ago is mystically present and waiting to be discovered in EVERY person you and I encounter.[7]

I do not mean that others represent Jesus for us. I mean that Jesus actually is present in each other person.[8]

One of the most startling discoveries of my life was the realization that the Jesus that I love, the Jesus who died for me on Calvary, that Jesus, is waiting, mystically and wonderfully, in every person I meet. I find Jesus everywhere. The difference between a Christian and non-Christian is not that Jesus isn’t in the non-Christian—the difference is that the Jesus who is within him is a Jesus to whom he will not surrender his life. You say, “Are you saying that Jesus is present in everybody?” I am only telling you what it says in John 1:9; He is the light that lighteth every man, every woman that cometh into the world. The minute you start saying that God isn’t in some people, you’re on the verge of Fascism. Why? Erich Fromm saw that. The minute you can look at somebody and say God isn’t in him–he is only in Christians—that person is pure demon.[9] (Klem is deurgaans bygevoeg).

Wat hy einlik maar sê is dat die fundamentalistiese Christene wat sê jy moet eers die Evangelie van Jesus Christus glo, tot bekering kom en van bo deur God gewederbaar word voordat HY in jou kan woon, ‘n spul demone is. Het jy dit gehoor? Ek vertrou daar is heelwat kinders van die Here in Moreletapark Gemeente wat glo soos die Skrif sê en waaragtig tot bekering gekom het. Vir hulle het ek baie slegte nuus. Sou jy jou verwerdig om te gaan luister na Tony Campolo wat Jesus Christus, jou Saligmaker en Heer, so laster, dan gaan jy daar sit as ‘n “demoon” omdat Campolo jou sonder omhaal ‘n demoon noem. Maar troos jou daaraan dat jy in baie goeie geselskap verkeer omdat Paulus dan ook, volgens die super-apostel Tony Campolo, ‘n demoon was want hy het op ‘n kol gesê:

Rom 8:9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie (Klem bygevoeg).

Selfs die Here Jesus moes dan volgens die super-apostel, Tony Campolo, ‘n demoon gewees het omdat Hy gesê dat dat bitter min mense die Nou Poort en die Smal Pad vind. Maar nee! die ex cathedra uispraak van Tony Campolo bewys onomwonde dat Jesus Christus in alle mense woon al het hulle nog nie die Nou Poort en die Smal Pad gevind nie.

Mat 7: 13 en 14 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind (Klem bygevoeg)

Interessant genoeg, net nadat die Here Jesus hierdie woorde gesê het, het hy sy dissipels gewaarsku teen die valse profete wat dinge sou sê wat nie in harmonie is met sy eie woorde nie. Het HY miskien o.a. na Tony Campolo verwys toe HY dit gesê het?

Vers 15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. (Klem bygevoeg).

Wat sê Tony Campolo oor die meditatiewe of kontemplatiewe spiritualiteit?

Soos u seker reeds weet, word die kontemplatiewe spiritualiteit met sy laberinte, kruisstasies, asemgebede, die stilte, retraits, lectio divina, lectio continua, enneagramme, Emmaus wandelings, “centering prayer,” “coram deo” en Taize al geruime tyd deur verskeie predikante, leraars en akademici in hulle kerke beoefen en bevorder. Dr. Nelus Niemand se boek “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede” het die kontemplatiewe spiritualteit van die Ontluikende Kerk ‘n geweldige hupstoot gegee in die NG Kerk. Hoor wat sê Tony Campolo oor hierdie uiters gevaarlike, antichristelike en onbybelse spiritualiteit.

[M]ysticism [contemplative prayer] provides some hope for common ground between Christianity and Islam. Both religions have within their histories examples of ecstatic union with God … I do not know what to make of the Muslim mystics, especially those who have come to be known as the Sufis. What do they experience in their mystical experiences? Could they have encountered the same God we do in our Christian mysticism?“[10]

Hy skryf in Letters to a Young Evangelical op bladsy 20

In my case intimacy with Christ has developed gradually over the years, primarily through what Catholic mystics call ‘centering prayer.’ Each morning, as soon as I wake up, I take time-sometimes as much as a half hour-to center myself on Jesus. I say his name over and over again to drive back the 101 things that begin to clutter up my mind the minute I open my eyes. Jesus is my mantra, as some would say.[11] (Klem bygevoeg).

Wat sê die Here Jesus Christus?

Mat 6:7 En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.

Miskien sal hulle onmiddellik vir jou sê dat hulle nie die Naam van die Here Jesus as ‘n mantra herhaal omdat hulle gebedsverhoring soek nie, maar net om in sy teewoordigheid te kom. En ek het nog altyd gedag dis alleenlik die bloed van Jesus wat jou in God se teenwoordigheid bring en daar hou.

Attie Nel Ek het onlangs ‘n paar  kommentare op Ds. Attie Nel van die Bergsig NG Gemeente in Rustenburg se blog “Attie se Koffietafel” geskryf in antwoord op sy artikel, “Leef Coram Deo.” In kort handel dit oor twee bekende mistici, Brother Lawrence en Frank Laubach, se boek “Living in the Presence of God.” Toe ek, na aanleiding van die agt maniere wat hy aangevoer het as moontlike wyses om in die teenwoordigheid van God te leef, hom daarop wys dat hy nie ‘n enkele keer melding gemaak het van die enigste manier om in die teenwoordigheid van God te kom en te lewe nie, nl die bloed van Christus (Hebr. 10:19-22), het hy en sy volgelinge soos ‘n “ton of bricks” op my afgekom. Ag, dit was ook nie baie lank daarna nie, toe Ds. Attie my in geen onduidelike taal laat weet het ek is nie welkom op sy blog nie. Die enigste gevolgtrekking waartoe ek kon kom, was, dat sodra iemand God se Woord en die waarhede wat daarin vervat word, opsyskuif ter wille van mense se filosofieë, metodes en slim praatjies, daar ‘n agressie teen Bybelse waarhede en God se kinders by hulle onstaan terwyl hulle die vyande van God liefderik omarm en aanprys.

Jesus Christus het sy volgelinge die opdrag gegee om dissipels te maak van al die nasies en om hulle te leer om alles te onderhou wat Hy hulle beveel het. In die inleiding tot Frank Laubach (1884-1970) se ”Letters by a Modern Mystic” word vertel:

In 1915 Frank Laubach went with his wife to the Philippine Islands as a missionary. After founding churches on the island of Mindanao, he established and became dean of Union College in Manila. In 1930 he returned to Mindanao to work with the Mohammedan Moros who regarded the Christian Filipinos as their enemies. Laubach, however, went with a heart filled with the presence of God and sought only to live among them, not trying to coerce them into Christianity, but living each moment with a sense of God’s presence (Klem bygevoeg).

Terwyl Laubach skynbaar geleer het om elke oomblik in die teewoordigheid van God te lewe, hoofsaaklik by wyse van die beoefening van die mistieke kontemplatiewe spiritualiteit, het baie om hom ‘n ewigheid sonder Christus tegemoet gegaan. So tussen hakies, Tony Campolo is ‘n groot aanhanger van Frank Laubach.

Wat sê Tony Campolo oor die gays?

In sy boek 20 Hot Potatoes verklaar Tony Campolo dat homoseksuele gedrag nie teenstrydig is met die wil van God nie (p.115) en dat homoseksuele oriëntasie nie ‘n keuse nie maar ingebore is (p. 112, 113). Hy skryf:

Actually, Jesus never alludes to homosexuality in his teachings. The fact that homosexuality has become such an overriding concern for many contemporary preachers may be more a reflection of homophobia in the church than it is the result of the emphasis of Scripture [12](Klem bygevoeg).

Hierdie stelling is ‘n flagrante ontkenning dat die hele Skrif deur God (Vader, Seun en Heilige Gees) ingegee is en nuttig is tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, en tot onderwysing in die geregtigheid (2 Tim 3:16). Die Man by wie Abraham gepleit het om Sodom en Gomorra nie te vernietig nie indien daar tien regverdiges in die stad gevind kon word, was niemand anders as Jesus Christus nie (Genesis 18). Daar word nie minder nie as sestien keer in hierdie hoofstuk na Hom verwys as Here (Jehovah – die Selfbestaande Een). Hy het waarskynlik nie na homoseks in sy leringe hier op aarde verwys nie, maar sy oordele rus beslis op homoseks persone indien hulle hul nie tot Hom bekeer en hulle lewenswyse versaak nie, netsoos op enige heteroseksuele persoon wat sou weier om hom tot God te bekeer en sy sondige lewenswyse te versaak. ‘n Heteroseksuele persoon wat net na ‘n vrou kyk met begeerte in sy hart, het klaar owerspel gepleeg en het nodig om hom daarvan te bekeer. Wie is nou beter as wie? Albei, homoseksueel en heterosekuseel, het nodig om hulle te bekeer en hulle sondige lewenswyses te versaak. So-ook moet predikante en gemeentes wat valse leraars uitnooi om hulle toe te spreek, God om vergifnis smeek omdat hulle toelaat dat hulle skape en lammers mislei word.

Ek het op 26 Januarie vanjaar ‘n e-pos aan Moreletapark Gemeente gestuur wat soos volg lui:

Een van die groot litmustoetse wat Jesus aan ons voorgehou het om te bepaal of ons Hom werklik liefhet, vind ons in Johannes 21 toe Hy Petrus drie maal gevra het: “Het jy my lief?” en ook telkens gesê het: “Pas my skape en lammers op en voed hulle.” Ek is bevrees dat Ds. Van der Spuy en almal wat te make het met die reëlings rondom Tony Campolo se besoek aan Moreletapark,  nie juis omgee of Tony Campolo Moreletapark se skape en lammers mislei nie.

Hoe op deeske aarde kan julle as gemeente wat verlede jaar in ‘n hofgeding betrokke geraak het oor ‘n homoseks orrelis in julle gemeente, Campolo toelaat om julle gemeente toe te spreek wat onbybelse menings oor homoseksualisme huldig? “Tony Campolo and his wife Peggy have participated in public debates and discussions about the place of lesbians and gays within church and society. Tony Campolo contends that homosexuality is a sin in practice, though not in orientation. Campolo is ook baie uitgesproke oor die eenheid wat bereik kan word tussen Christene en Moslems d.m.v. die sg. kontemplatiewe spiritualiteit.

Ek vra julle om ter wille van die Here Jesus Christus en sy Evangelie (wat beslis nie deur Campolo gepredik word nie) julle skape en lammers teen hom te beskerm en om sodoende te bewys dat julle die Here Jesus waarlik liefhet (Johannes 21: 15-17).

Hulle het my tot op hede nog nie geantwoord nie. Miskien verkies hulle om soos die Ou Testamentiese Israel te sê: Ons wil nie luister nie. Nouja! na my hoef hulle nie te luister nie, maar sal hulle na die Here Jesus luister wat by monde van die apostel van liefde gesê het:

2 Joh 1:10 en 11 As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.

(Die “groet” in hierdie verband beteken natuurlik nie dat jy nie vir hom “hullo”,” goeiedag of goeienaad moet sê nie. Die “groet” in daardie dae was “shalom” wat beteken “mag die vrede van die Here jou vergesel” of “gaan in die vrede van die Here.” As jy dit vir ‘n valse leraar of profeet sou sê, dan beteken dit dat jy God se vrede ook oor sy valse leerstellings uitroep en dit as sodanig maak jou ‘n medepligtige aan sy bose werke).

Vergun my ‘n laaste vraag aan Ds. Dirkie van der Spuy en die Moreletapark Gemeente: Sien julle kans om gemeenskap te hê met die bose werke van persone wat die Evangelie van verlossing verdraai en sodoende die Naam van Jesus Christus oneer aandoen . . ? Die tyd het gekom vir die kinders van God in Suid Afrika om te waak, vas te staan in die geloof, manlik te wees, sterk te wees (1 Kor 16:13) en te sê, “Tot hiertoe en nie verder nie. Ons het Christus en sy waarheid lief met ons hele hart en ons verseg om voortaan valse leraars toe te laat om die skape en lammertjies in ons gemeentes te mislei. Ons wil gehoorsaam wees aan Jesus Christus, al kos dit ons lewens.” Tony Campolo is met een woord gesê gevaarlik. Lees gerus hierdie insiggewende artikel oor hom.


[1] Pierre Teilhard de Chardin, Christianity and Evolution (New York: Harcourt Brace Jovanovich, 1971), p. 99.

[2] Pierre Teilhard de Chardin, Christianity and Evolution (Collins, 1971), p. 130

[3] Tony Campolo, “Partly Right” 1995

[4] Tony Campolo, National Liberty Journal, 8/99

[5] Tony Campolo, EVANGELICALS AND INTERFAITH COOPERATION, An Interview by Shane Claiborne

[6] Tony Campolo, EP News Service, Oct. 4, 1985

[7] Tony Campolo, “A Reasonable Faith” 1983 p. 171

[8] Ibid, p. 192

[9] In ‘n toespraak in Prestatyn (Verenigde Koninkryk) in 1988,

[10] Tony Campolo, Speaking my Mind, p. 149, 150

[11] Tony Campolo, Letters to a Young Evangelical (New York, NY: Perseus Books Group, 2006), 20.

[12] Tony Campolo, 20 Hot Potatoes Christians are Afraid to Touch, p. 84

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 2 Comments »

Die Pre-Groot Verdrukking Wegraping – Deel 3

Posted by Thomas on January 18, 2009

In my derde en laaste aflewering van die reeks oor die Wegrapingbespreek ek na Dr. M.J. du Plessis van Bellville se beskouing daarvan. Hy skryf:

Ter inleiding moet ’n paar dinge rondom die gebruik van die woord “wegraap” in die Bybel raakgesien word:

  1. Wanneer die woord ”wegraap” in die Bybel gebruik word, is dit elke keer gekoppel aan die oordeel van die Here.
  2. Dit word elke keer gebruik wanneer ’n stuk geskiedenis tot ’n einde kom, byvoorbeeld
  • Die Verbondsvolk se geskiedenis wat beëindig is toe dit oorgegaan het in die Ballingskap;
  • Of dié van die kerk op aarde wanneer die eindoordeel intree.

Teks: Jeremia 8:13 (AFR1953) – Saamskraap, wegraap sal Ek hulle, spreek die HERE. Daar is geen druiwe aan die wingerdstok en geen vye aan die vyeboom nie, ja, die blare verdor. So het Ek ook vir hulle dié bestel wat dwarsoor hulle sal gaan.

Verklaring: Dit gaan oor die straf van God wat in werking kom en dan sy vervulling het in die Ballingskap. Die doel van die Here met die volk wat gesondig het, en nou in Ballingskap gaan, word in die woord wegraap uitgebeeld. Hier word die woord ”wegraap” gebruik om aan te toon dat daar geen oes is nie, maar die landbouer gaan nog ’n keer terug om te kyk of daar nie tog nog iets bruikbaars is wat oorgebly het nie.

Dit is opvallend dat Dr. du Plessis in sy studie oor die Wegraping ’n konkordansie geraadpleeg het en net ’n paar tekse kon vind waarin die woorde “wegraap” en “saamskraap” voorkom. Soos enige ware en gesoute doktorale navorser kom hy toe sommer ook agter dat die teksgedeeltes almal met die oordele van God te make het en siedaar die Wegraping word “elke keer gekoppel aan die oordele van die Here.”  Hy is korrek as hy sê dat die Wegraping te make het met die oordele van God, maar hierdie oordele sal net die onglowiges tref wat sal agterbly om die sewejarige Groot Verdrukking deur te gaan. Wat die gelowiges betref is dit nie ’n oordeel nie maar ’n heerlike ewige saligheid. Ironies genoeg, maak hy regdeur sy studie nie ’n enkele keer melding van die enigste twee gedeeltes in die Skrif waarin Paulus die Wegraping vir ons uitstippel nie — 1 Korinthiërs 15: 51-58 en 1 Thessalonicense 4: 16 -18.

Hoeveel keer moet Paulus se woorde “Kyk, ek deel julle ’n verborgenheid mee”  dubbel onderstreep word voordat dokters, professore en ander hooggeleerdes begin verstaan dat die Wegraping — netsoos die Kerk soos ons dit nou ken — ’n verborgenheid was in die Ou Testament? Vine’s Expository Dictionary of Old and New Testament Words beskryf die betekenis van die woord “musterion” (verborgenheid) as volg:

In the N.T. it denotes, not the mysterious (as with the English word), but that which, being outside the range of unassisted natural apprehension, can be made known only by Divine revelation, and is made known in a manner and at a time appointed by God, and to those only who are illumined by His Spirit. In the ordinary sense a mystery implies knowledge withheld; its Scriptural significance is truth revealed. Hence the terms especially associated with the subject are “made known,” “manifested,” “revealed,” “preached,” “understand,” “dispensation.” The definition given above may be best illustrated by the following passage: “the mystery which hath been hid from all ages and generations: but now hath it been manifested to His saints” (Col. 1:26). (Klem bygevoeg).

Met ander woorde, toe Paulus sê “Kyk, ek deel julle ’n verborgenheid mee”  het hy vir die heel eerste keer ’n geestelike waarheid onder die inspirasie van die Heilige Gees ontsluit wat tot op daardie spesifieke tydstip nog geheel en al onbekend was. Die gevolg is dat die Wegraping hoegenaamd nie ’n kenbare en verstaanbare fenomeen in die Ou Testament kon wees nie omdat dit toe nog nie aan die Ou Testamentiese profete geopenbaar was nie, en tog haal Dr. du Plessis ewe kordaat ’n paar tekse uit die Ou Testament aan om te bewys dat die Wegraping altyd aan die oordele van die Here gekoppel moet word. G’n wonder die Here Jesus het eenmaal vir ’n hooggeleerde Fariseër gesê: “Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?  (Johannes 3:10).

Dr. M. J. du Plessis vervolg:

Teks: Sefanja 1:2-3 (AFR1953) - Saamskraap, wegraap sal Ek alles van die aardbodem af weg, spreek die HERE. Ek sal wegraap mense en diere, Ek sal wegraap die voëls van die hemel en die visse van die see en die struikelblokke saam met die goddelose, ja, Ek sal die mense uitroei van die aardbodem af weg, spreek die HERE.

Verklaring: Hierdie oordeel wat hier aangekondig word, dra ’n dubbelde karakter.

  • Aan die een kant het dit die algemene karakter van die eindgerig wat oor die wêreld gaan kom. Die totale vernietiging wat die Here oor die aarde bring, word hier uitgebeeld. Die Here gaan die aarde saamskraap (eintlik: wegruk!). Dus totaal tot niet maak. Niks gaan verskoon word nie: mense, diere, voëls en visse – alles gaan vernietig word.
  • Aan die ander kant is dit spesiaal teen Juda en Jerusalem gerig oor al hulle sondes teen die Here. Die oordeelsaankondiging kom dan spesiaal weer na die mense toe terug wat eintlik die gerig/oordeel veroorsaak en noem dan by name die goddelose mense. Dis tog die goddeloses wat deur die oordeel van God getref word!

Dr. M.J. du Plessis se aanname dat die begrip van ’n wegraping telkens met die oordele van God vereenselwig word, strook hoegenaamd nie met die Woord van God nie. Het Dr. du Plessis dan nog nooit 1 Petrus 4:17 gelees nie: “Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?”  Om die waarheid te sê, ons leef nou reeds in die tyd waarin die oordele van God by die huis van God begin het. Dit is dus onverantwoordelik en onvanpas om ’n enkele woord uit die Skrif te isoleer en dit in die konteks waarin dit verskyn as dié norm voor te hou vir die gebruik en betekenis van soortgelyke woorde in ander gedeeltes van die Bybel. Die woord “harpazo” (“wegruk,” “opraap,” “wegraap,” “met geweld wegneem,” “uitpluk”) kom bv. dertien keer in die Nuwe Testament voor en die betekenis daarvan word telkens deur die konteks waarin dit verskyn, bepaal. In Johannes 10:29 sê die Here Jesus dat niemand en niks Sy dissipels ooit uit Sy en Sy Vader se hande sal kan uitruk of wegruk (“harpazo”) nie. Dr. du Plessis het geen ander keuse nie as om te erken dat die woord “harpazo” (wegraap) in hierdie verband hoegenaamd niks met die oordele van God te make het nie. Inteendeel dit hou ’n bomenslike seën in vir al God se kinders omdat hulle vir tyd en ewigheid salig verklaar is en niemand kan dit ongeldig maak of ongedaan maak nie. Daarteenoor het die gebruik van dieselfde woord ’n baie negatiewe en skadelike betekenis in Mattheus 13:19 waar die skrywer beskryf hoedat die bose die saad van die evangelie uit die harte van die toehoorders wegruk (beroof). Die alombekende gedeelte in 1 Thessalonicense 4:17 waar dieselfde woord “harpazo” (wegraap) deur Paulus gebruik word, kan (met betrekking tot die gelowiges) ook hoegenaamd nie met die oordele van God vereenselwig word nie. Inderdaad, Paulus sê in die volgende vers dat die Here se kinders mekaar met hierdie woorde moet bemoedig. Paulus sal seer sekerlik nie sy broers en susters deur al die eeue heen aanmoedig om mekaar met hierdie woorde te bemoedig nie indien dit op God se oordele sou uitloop.

Let baie noukerurig daarop dat Dr. du Plessis ’n Nuwe Testamentiese waarheidsbegrip vanuit die Ou Testament wil weerlê terwyl die wegraping in die Ou Testament nog ’n algehele verborgenheid was. Paulus sê baie duidelik in 1 Korinthiërs 15:51 dat die wegraping waartydens die oorlewendes in ’n oogwink van die verganklike na die onverganklike verander gaan word ’n verborgenheid (“musterion”) is wat hyself op daadie tydstip openbaar gemaak het. Die Skriftuurlike gebruik van die woord beteken dat Paulus ’n waarheid wat voorheen onbekend was nou onder die inspirasie van die Heilige Gees bekend gemaak het.

A-millenialiste interpreteer 1 Korinthiërs 15:51-55 as die algemene opstanding van al die dooies (gelowiges en ongelowiges). Indien dit so was, sou dit beteken dat die leer van die opstanding van die dooies in die Ou Testament nog in onbekendheid gehul was en dat Paulus dit eers in die Nuwe Testament as ’n “musterion” openbaar gemaak het. Afgesien van verskeie verwysings van die opstanding van die dooies in die Ou Testament, maak Job, die oudse boek in die Bybel, reeds melding daarvan. Gevolglik moes Paulus na iets anders as net die opstanding in 1 Korinthiërs 15:51-55 vewys het. Inderdaad, dit verwys na ’n unieke gebeurtenis waartydens die-uit-die-dood-opgestane-heiliges en die-in-’n oogwink-veranderde-heiliges gesamentlik die Here in die lug tegemoet gaan om ewig saam met Hom te wees — m.a.w. die Wegraping vóór die sewejarige verdrukking.

Dr M.J. du Plessis skryf voorts:

Vergelyk en bespreek die volgende Skrifgedeeltes:

Teks: Hosea 4:3 (AFR1953): Daarom treur die land, en alles wat daarop woon, kwyn weg: die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om.

Teks: Sefanja 2:3 (AFR1953): Soek die HERE, o alle ootmoediges van die land, wat sy ordening onderhou; soek geregtigheid, soek ootmoedigheid – miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van die HERE.

Teks: Sefanja 3:11 (AFR1953): Op dié dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie.

Verklaring: In hierdie gedeeltes word iets geopenbaar wat vir ons uiters belangrik is: Duidelik word die gelowiges deur die Here begenadig!

Om slegs drie tekse uit die Ou Testament aan te haal om the bewys dat die Here spesifiek die gelowiges begenadig, is seker een van die eienaardigste eksegetiese uitleggings wat ek nog gehoor het. God is ’n God van barmhartigheid en is nie net barmhhartig teenoor die gelowiges nie maar ook die ongelowiges. Daarvan getuig die ganse antieke geskiedenis van die volk Israel. Hoewel God hulle deurentyd gestraf het vir hulle afgodery en ongehoorsaamheid was Hy hulle nog altyd barmhartig. Paulus maak melding hiervan in Romeine 11: 28 as hy sê “Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders.” Die “Amplified Bible” stel dit as volg: “From the point of view of the Gospel (Good News) they [the Jews at present] are enemies [of God], which is for your advantage and benefit. But from the point of view of God’s choice — of election, of divine selection — they are still the beloved [dear to Him] for the sake of the forefathers.”

Dr. du Plessis se poging om te bewys dat God die gelowiges midde in sy oordele beskerm pleks daarvan om hulle geheel en al uit die oordeels-sone weg te neem (weg te raap) deur slegs drie tekse uit die Ou Testament aan te haal is geforseerd en onvanpas. Om die waarheid te sê, een van die tekse wat hy aanhaal (Sefanja 3: 11) kan nie gebruik word om the Wegraping te weerlê nie; dit is ’n Ou Testamentiese profesie wat die realiteit van ’n letterlike duisendjarige vrederyk op aarde bevestig. Interessant genoeg onderskryf die drie verse wat Romeine 11:28 voorafgaan die profesie in Sefanja 3 een honderd persent. “Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend; en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem.  In Sefanja 3: 9-10 beskryf die profeet die morele en geestelike herstel van die nie-Joodse nasies by die Here Jesus se tweede koms na die aarde (nie die Wegraping nie), soveel so dat die nasies tesame met die gewederbaarde oorblyfsel van die Jode gedurende die duisendjarige vrederyk offerhandes aan die Here sal bring in Jerusalem. Sefanja 3:11-20 beskryf die geestelike herstel van die volk Israel. Reg aan die begin van die Millennium (dié dag) sal die Here (soos Paulus dit in Romeine 11:25-27 beskrywe) Israel van al hulle sondes reinig. Daar is dus hoegenaamd geen sprake van God se oordele in Sefanja 3 nie, waartydens die gelowiges (soos Dr. du Plessis impliseer) barmhartigheid ontvang terwyl die ongelowiges Sy straf en oordele moet verduur. Verkeerde eksegese, soos hier die geval is met Dr. du Plessis se interpretasie, is gewoonlik die resultaat wanneer ’n mens enkele tekse gefragmenteerd aanwend sonder om die hele konteks van die hoofstuk of hoofstukke waarin dit voorkom, in ag te neem.

Dr M.J. du Plessis vervolg:

Wat en hoe die wegraping sal wees?

Wat en hoe die wegraping sal wees, word in die Nuwe Testament duideliker geopenbaar. Dis meestal so dat die Heilige Gees al hoe nader aan die tyd wanneer iets moet gebeur, dit al hoe duideliker openbaar.

Om te sê dat die wegraping “duideliker in die Nuwe Testament geopenbaar word” en dat die Heilige Gees al hoe nader aan die tyd wanneer iets moet gebeur, dit al hoe duideliker openbaar” is niks anders as om Paulus se woorde in 1 Korinthiërs 15: 51 onbeskaamd te ontken, “Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word.” Dit is ’n onbestwisbare feit dat die Wegraping as sondanig (inbegrip die feit dat “ons nie almal sal ontslaap nie maar ons sal almal verander word”) geheel en al onbekend was in die Ou Testament. Indien dit reeds in die Ou Testament bekend was, sou Paulus skuldig wees aan ’n leuen toe hy gesê het hy deel ons ’n verborgenheid (“musterion”) mee. Met sy woordgebruik van “duideliker” impliseer Dr. M.J. du Plessis dat die Wegraping (wat hy eksklusief as ’n oordeel van God beskou) alreeds ’n kenbare en verstaanbare gebeurlikheid was in die Ou Testament en dat dit eers in die Nuwe Testament “duideliker” omskryf word. Op die koop toe, gaan Dr. du Plussis voort om tekse uit die Nuwe Testament aan te haal wat net mooi niks met die Wegraping (sooos Paulus dit in 1 Thessalonicense 4 en 1 Korintiërs 15 beskrywe) te make het nie. Lukas 17: 30-37 beskryf nie die Wegraping nie. Inderdaad, dit was Paulus en nie Mattheus, Lukas, Markus of Johannes wat die Wegraping as ’n nuut-geopenbaarde fenomeen aan gelowiges aan die lig gebring het nie. Die Wegraping word nie in die Sinoptiese Evangelies ontvou nie; en daar is slegs ’n sinspeling daarop in Johannes 14.

Dr M.J. du Plessis vervolg:

Teks: Lukas 17:30-37 (AFR1953): Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word. In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie. Dink aan die vrou van Lot! Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou. Ek sê vir julle: In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word. Twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word. Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word. En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê vir hulle: Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.

Verklaring: Die Heilige Gees verwys hier na die tyd van Noag. Dit gaan oor hoe die wêreldgeskiedenis toe was en veral dan hoe die mense was! Hulle lewe was presies soos ons dit vandag ken: hulle het met hulle daaglikse lewe aangegaan – selfs getrou ook. Toe verdelg God hulle almal op agt mense na!

Kom ons kyk dan nou ’n slag baie noukeurig na Lukas 17:30-37. Daar is verskeie merkbare verskille tussen Paulus se openbaarmaking van die Wegraping in 1 Korinthiërs 15:51-58 en 1 Thessalonicense 4:13-18, en Christus se koms in Lukas 17: 30-37. Die hoofkenmerk van die Wegraping is dat die oorblywende lewende gelowiges in ’n oogwink van die sterflike na die onsterflike verander sal word terwyl die ontslape heiliges ook op daardie spesifieke oomblik vanuit die dood opgewek sal word wanneer die Here terugkeer om Sy volgelinge in die lug te ontmoet. Die woord “rhipe” (hree-pay) wat Paulus hier gebruik vir “oogwink” is ’n unieke woord omdat dit slegs eenmaal in die Nuwe Testament voorkom en wel hier in 1 Korinthiers 15. Daar is in Lukas 17 hoegenaamd nie sprake van so ’n blitsvinnige verandering van die sterflike na die onsterflike nie. Kom ons wees eerlik met mekaar en staar die voor-die-handliggende feite vierkantig in die oë. Vra jouself die vraag af — hoe kan ’n persoon wat in ’n fraksie van ’n sekonde (’n oogwink) verander word van ’n sterflike  na ’n onsterflike liggaam om Sy Here in de lug tegemoet te gaan die geleentheid hê om te oordink of hy van die dak moet afgaan om sy eiendom in sy huis saam te neem of om van die landerye terug te keer om iets van sy eiendom te red? Omdat die koms van die Here by die wegraping enige oomblik kan plaasvind en daar geen spesifieke tekens vooraf gegee word om aan te dui dat die Wegraping op hande is nie, is die waarskuwing om nie van die dak af te kom of van die landerye terug te keer om iets uit jou huis te red, totaal oorbodig ten tyde van die Wegraping. Moet die gelowiges (lewendes en dooies) voor of na hulle bonatuuurlike verandering van die sterflike na die onsterflike ag gee op die waarskuwing “In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie?” Indien hulle daarop ag moet gee (kom ons sluit die dooies uit want dit is vir hulle totaal onmoontlik om gehoor te gee aan hierdie waarskuwing) sal hulle noodwendig moet weet wanneer die Wegraping plaasvind. Om nie van die dak of die landerye af te kom om iets uit hulle wonings te red nie, sal hulle moet weet dat die Wegraping op hande is. Dit as sodanig ontneem die Wegraping sy enige-oomblik gebeurlikheids karakter. Dit is nie eens nodig om die vraag of hulle ná hulle bonatuuurlike verandering gehoor moet gee aan die waarskuwing te beantwoord nie. Dit is tog duidelik dat hulle ná hulle bonatuurlike verandering onmiddellik by die Here  en nie meer op hulle huis se dak of in die landerye sal wees nie.

Die tweede koms van die Here na die aarde (nie net tot in die lug nie) daarenteen sal voorafgegaan word deur verskeie baie duidelik herkenbare tekens. Een van die opvallendste hiervan is die gruwel wat die antichris midde die sewe jaar verdrukking in die allerheiligste van die nuutherboude tempel in Jerusalem sal oprig wanneer hy hom as God aan die Jode en die wêreld gaan voordoen. Interessant genoeg, gebruik die Here een en dieselfde woorde wat in Lukas 17: 31-32 voorkom, i.e. “Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom – laat hy wat lees, oplet – dan moet die wat in Judea is, na die berge vlug; wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie; en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.” Met ander woorde, Lukas 17 en Mattheus 24 gaan spesifiek oor sommige van die Jode se onvlugting van die swaard van die Antichris wanneer hy die gruwel in die allerheiligste oprig en nie die Wegraping nie. Inderdaad, Lukas 17, Lukas 21 en Mattheus 24 beskryf die tweede koms van die Here na die aarde soos ons dit in Sagaria 12 en 14: 4 aantref en nie Sy terugkeer voor die sewejarige Groot Verdrukking om Sy volgelinge in die lug te ontmoet en saam met Hom weg te neem (weg te raap) om ewig saam met Hom te wees nie. Hier waarsku die Here dat sy kinders na die berge moet vlug. By die Wegraping gaan daar nie tyd wees om na die berge te vlug nie omdat sy kinders (lewendes en dooies) in ‘n oogwink verander word om soos Hy te wees sodat hulle Hom in die lug kan ontmoet.

Dr M.J. du Plessis skryf voorts:

Vrae:

a) Het daardie mense God geken? b) Waarom het hulle Noag (dan) uitgelag?

Verklaring: Die volgende verwysing is na Sodom. En dan staan daar Griekse woorde wat uitstippel dat die Here se optrede met die Wederkoms presies so sal wees (vers 30). Hy gaan presies dieselfde dinge dan weer doen. God se werkswyse verander nooit, want God Self is in sy Wese onveranderlik. NB die dag van die ”Seun van die mens”. En dan ook die praesens van die woord ”openbaar”: God is dus al daarmee besig! Veral dan ook die Goddelike passief (passivum divinum) wat hier dien as omskrywing van God se Naam: Jesus Christus laat die dinge gebeur – dis die direkte gevolg van sy lyde aan die kruis!

Vers 32 roep Lot se vrou terug in die herinnering – maar dis ‘n waarskuwende voorbeeld wat onthou moet word! Al is sy uit Sodom ”weggeraap” het sy nie die verlossing bereik nie, omdat sy bly terughunker het na die lewe waar die homoseksueles en die rykes (op ’n verkeerde manier!) gebly het. God versteen haar uit die toekoms van haar verlosde gesin uit.

In vers 33 kom die woord ”bewaar” in die aoristus: Die betekenis daarvan is dat daar net een enkele geleentheid is. As jy dit nie nou doen nie, is daar nooit weer ’n geleentheid om dit te doen nie!

Dr. du Plessis sê ’n paar ondeurdagte dinge in die bogenoemde paragraaf wat nie met die Woord van God strook nie. Die feit dat God in Sy wese onderveranderlik is, beteken nie dat Sy werkswyse altyd dieselfde is nie. Daarvan getuig die wyse waarop Hy te werk sal gaan by die Wegraping en Sy Tweede Koms.

WEGRPAING

TWEEDE KOMS

Christus kom net VIR Sy eie (Johannes 14: 3; 1 Thessalonicense 4:17; 2 Thessalonicense 2: 1 Christus kom SAAM MET Sy Eie (1 Thessalonicense 3: 13; Openbaring 19: 14)
Christus kom om sy heiliges in die LUG te ontmoet (1 Thessalonicense 4: 17) Christus kom na die AARDE om die nasies te oordeel en Sy duisendjarige vrederyk op AARDE te vestig (Sagaria 14: 4-21)
Christus kom om Sy bruid OP TE EIS wie Hy met Sy bloed gekoop het (1 Thessalonicense 4:17) Christus kom terug SAAM MET sy bruid (Judas 14; Openbaring 9: 6-14)
Die algehele VERWYDERING van alle gelowiges VAN DIE SFEER VAN DIE AARDE om eers voor die Bema Troon van oordeel te verskyn en dan deel te neem aan die voltrekking van Christus se huwelik in die hemel, (1 Thessalonicense 4: 17; 1 Korinthiërs 3: 12-15) Die openbaarmaking van Christus AAN DIE GANSE AARDE. (Mattheus 24:29-30; Lukas 17: 23-24)
Die Wegraping geskied VÓÓR die Groot Verdrukking (2 Thessalonicense 2:3-4) Die Koms van Christus na die aarde geskied ONMIDDELLIK NÁ die Groot Verdrukking (Mattheus 24:29-31) Die uitverkorenens in hierdie geval is nie alle gelowiges deur al die eeue heen nie, maar spesifiek die Jode en die heidene wat gedurende die Groot Verdrukking tot bekering gekom het — om Christus se beloofde Koninkryk op aarde in hulle natuurlike liggame binne te gaan.
Aleenlik Sy EIE SAL HOM SIEN (1 Thessalonicense 4: 13-19) ELKE OOG sal Hom sien (Openbaring 1: 7).
Die GROOT VERDRUKKING neem sy aanvang (2 Thessalonicense 1:6-9). Die MILLENNIUM OP AARDE neem sy aanvang (Openbaring 20:1-7) Oplaas sal die gebed wat die Here Jesus ons geleer het om te bid volledig beantwoord word — “Laat U Koninklryk kom, laat U will gedkied op die aarde soos in die hemel.”
Alle gewederbaarde kinders van God word geheel en al VANUIT DIE SFEER VAN GOD SE TOORN (m.a.w. die hele wêreld) weggevoer (1 Thessalonicense 1: 5-9; Openbaring 3: 10). Alle ongereddes ERVAAR die toorn van God op die hele aarde (Openbaring 6:12-17).
Daar is GEEN TEKENS wat die Wegraping voorafgaan nie nie (1 Thessalonicense 5: 1-3) TALLE TEKENS gaan die Tweede Koms van Christus na die aarde vooraf (Lukas 21: 11-15)
Die fokus is op die HERE EN SY KERK (LIGGAAM of EKKLESIA D.W.S. UITGEROEPTES) (1 Thesalonicense 4: 13 tot 19) Die fokus is op die HERE, DIE OORBLYFSEL VAN ISRAEL EN DUISENJARIGE KONINKRYK OP AARDE (Mattheus 24: 14)
Die wêreld word MISLEI (2 Thessalonicense 2:3-12) Satan word vir ’n duisend jaar gebind sodat hy die nasies NIE KAN MISLEI NIE. (Openbaring 30: 1-2)

A-millenialiste sê baie graag dat enigeen wat hom nie NOU tot die Here bekeer nie, nooit weer die kans sal kry nie. Op hierdie wyse ontken hulle dat daar ’n letterlike Groot verdrukking van sewe jaar sal wees voordat die Here met die Tweede Koms na die aarde terugkeer (Daniël 9: 27; 11: 31; 12: 11; Mattheus 24:15-15-22). Dit is alleenlik waar van persone wat sterwe sonder om hulle tot die Here te bekeer. Dit geld egter nie vir die ongelowiges (Jode en Heidene) wat lewend die Groot Verdrukking binne sal gaan nie. Baie van hulle (Jode en Heidene) gaan tot bekering kom onder die kragtige prediking van die 144, 000 Joodse Evangeliste (12, 000 uit elkeen van die 12 stamme van Israel). Daarvan getuig Openbaring 20: vers 4b (Daniël 7: 9, 22 en 27) baie duidelik.

Dr M.J. du Plessis vervolg:

  • Drie stelle voorbeelde toon aan hoe die skeiding wat God gaan bewerk, tussen mense wat baie naby aan mekaar is, gaan deursny.
  • Twee op een bed: man en vrou!
  • Twee wat saam by die meul maal: Twee wat saam kos voorberei!
  • Twee wat saam op die land werk: In ons idioom: Twee in een kantoor!

Die inhoud van die dinge wat hier gebeur, is wesenlik dieselfde as wat beskryf word wanneer die Here die mense ”wegraap.” Tog word die woord ”wegraap” nie hier gebruik nie, maar wel die woord ”sal aangeneem word.” (vers 36).

Radikale verskil in woordgebruik

Die radikale verskil in woordgebruik, is: Omdat die Here hier praat van die ”wegraping” van gelowiges, terwyl die ander gedeeltes die ”wegraping” van die ongelowiges/goddeloses openbaar. Die woord ”aanneem” teken ‘n baie teer verhouding tussen die Here en die wat syne is. Dit teken die ervaring wat die ”ander groep mense,” naamlik God se kinders, het van die oordeelsdag.

Dit is duidelik dat Dr. du Plessis ’n Post-Verdrukking Wegraping voorstaan. Dit is egter onmoontlik dat daar so-iets kan wees, om die eenvoudige rede dat Paulus in 2 Thessalonicense 2: 3-12 sê:

Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom, om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie — deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees — asof die dag van Christus al daar is. Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie? En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

Daar was veral drie dinge wat die Christene in Thessalonica ontstel het:

  • Die hewige vervolging en lyding wat hulle verduur het, het hulle gemaak glo dat hulle alreeds midde in die Groot Verdrukking was.
  • Op die koop toe het valse profete ’n brief aan hulle geskryf en voorgegee dat dit van Paulus self afkomstig was om hulle te waarsku dat hulle reeds in die Groot Verdrukking was. Dit opsigself het hulle laat twyfel of Paulus se lering in 1 Thessalonicense 5: 1-11 oor die Wegraping die waarheid was.
  • As hulle reeds in die Groot Verdrukking was, soos sommige sogenaamde outritetêre bronne hulle laat verstaan het, dan het Paulus vir hulle gelieg deur te sê dat “Jesus ons van die toekomstige toorn verlos” (1 Thessalonicense 1: 10) en dat God . . . ons nie bestem [het] tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus” (1 Thessalonicense 5:9). Met ander woode, hulle was bevrees dat hulle die Wegraping misgeloop het.

Om die misleiding waaronder hulle geval het, reg te stel, het Paulus veral drie dinge genoem wat eers moet plaasvind voordat die seun van die verderf (die antrichris) hom kan openbaar. Ek sal nie nou ingaan op almal van hulle nie, maar slegs dié een noem wat op ons diskussie van toepassing is. In vers 6 sê Paulus “En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy (die ongeregtige of seun van die verderf) op sy tyd geopenbaar kan word. Daar is dus tans iets of iemand wat die openbaarmaking van die man met die nommer 666 teëhou of verhinder. Howel daar verskeie interpretasies is oor wie of wat die seun van die verderf teëhou of verhinder, kan daar maar net een Persoon wees wie bonatuurlik sterk genoeg is om dit te kan doen. Die Heilige Gees van God, tans woonagtig in alle gelowiges, is daardie Persoon en Sy wetteloosheid-teëhoudende bediening sal ophou wanneer alle gelowiges uit die weg geruim word by die Wegraping. Sommiges maak beswaar en sê dat dit nimmer as te nooit die Heilige Gees kan wees nie op grond van die feit dat die woord “katechon” die onpersoonlike naamwoord “wat” nie vir die Persoon van die Heilige Gees gebruik kan word nie. Dit is hoogs onbeleefd om na die Heilige Gees te verwys met ’n onpersoonlike naamwoord, sê hulle. Wat hulle uit die oog verloor is dat die Heilie Gees dikwels in die onsydige geslag voorgestel word (Johannes 14:26; 15: 26; 16: 13-14).

Indien die Wegraping eers ná die Groot Verdrukking sou plaasvind wanneer die Here in Sy heerlikheid verskyn, dan moet die hele verloop van die sewejarige Groot Verdrukking sonder die ongeregtige een (Anrichris) afspeel en sal hy hom eers na die Post-Verdrukking Wegraping wat Dr. du Plessis voorstaan, openbaar. Dit is natuurlik geheel en al onskriftuurlik want die Groot Verdrukking begin juis wanneer die Antichris ’n sewejarige verbond met die Joodse volk sluit (Daniël 9: 27; 8:25)

Dr M.J. du Plessis sluit af:

Slot: Waar pas die onderstaande openbaring van die Here in?

(Openbaring 20:4 AFR1953): En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.

Moonlik was hierdie studiestuk as ’n Bybelstudie in Dr. du Plessis se gemeente gebruik. So lyk dit altans want hy vra ’n slotvraag sonder om ’n antwoord te gee. Skynbaar het hy tydens die Bybelstudie sy weergawe van Openbaring 20 uitgestippel sonder om dit ook hier te verwoord. Nietemin, dit is nie te moeilik om sy seining vanuit sy inerpretasie van die Wegraping af te lei nie. Gewoonlik ondersteun diegene wat nie in ’n Pre-Groot-Verdrukking Wegraping glo nie die a-milleniale siening dat ons nou reeds in ’n simboliese duisend jaar van vrede lewe en dat alle gelowiges nou reeds saam met Christus in die hemel regeer, so asof die trone waarvan die apostel Johannes in Openbaring 20 melding maak in die hemel is. Daar is net EEN troon in die hemel waarop die Drie-enige God sit en regeer (Openbaring 4:2). In elk geval, wie oordeel en regeer die gelowiges in die hemel as daar niemand is om te oordeel nie? Ag nee wat! . . . daar is verskeie en duidelik opmerklike ongerymdhede in die a-milleniale interpretasie te bespeur. In die eerste plek sê die Skrifgedeelte in Openbaring 20 nie dat die gelowiges (wat tydens die die Groot Verdrukking getrou was aan die Here Jesus en nie die beeld van die dier [Antichris] aanbid het nie en nie sy merk op hulle voorhoofde en hande ontvang het nie) net sal regeer nie maar ook sal oordeel (“krino”). Die Here gaan aan hulle die mag gee om die ongelowiges en ook die gevalle engele te oordeel (“krino”). Hoe rym dit met die opdrag in Mattheus 7: 1-5 dat ons nie moet oordeel (“krino”) nie en Paulus se uitspraak dat hy hoegenaamd niks uit te waai het met die oordeel van dié wat buite is nie, maar dat God self hulle oordeel (1 Korinthiërs 5: 12 en 13). Indien die gelowiges tans in die hemel saam met Christus regeer, dan moet die twaalf dissipels ook nou reeds op twaalf trone die twaalf stamme van Israel regeer (Mattheus 19: 28). Hoe rym Openbaring 20: 4 met die Nuwe Testamentiese gedeeltes dat ons nie oor andere moet regeer nie? (Mattheus 1: 24; 2 Korinthiërs 1: 24). God het ons nie opdrag gegee om oor andere te regeer nie maar om onderdanig te wees aan die owerhede wat oor ons aangestel is (Romeine 13: 1-6; Titus 3: 1). So-ook moet ons selfs aan mekaar onderdanig wees (1 Petrus 5: 5).

As die gelowiges hulle moet onderwerp aan die gesag wat oor hulle aangestel is en selfs aan mekaar onderdanig moet wees, oor wie regeer hulle dan — die duiwel en sy gevalle engele? Nêrens in die Skrif word daar vir ons geleer dat ons oor die duiwel en sy engele regeer nie. Ja! ons het die outortiteit ontvang om hom en sy gevalle engele te weerstaan en telkens meer as oorwinnaars uit die stryd te tree wanneer hulle ons versoek en aanval, maar ons regeer beslis nie oor hulle nie (Jakobus 4: 7). Die duiwel is beslis nie gebind soos die a-millienialiste dit graag vir ons voorhou nie. Hy is inderdaad soos ’n briesende, brullende leeu wat rondloop om te kyk wie hy kan verskeur en verslind (1 Petrus 5: 8).

Een van die mees tragiese werklikhede van ons tyd is dat talle Christene vandag glo dat hulle oor die duiwel en sy engele regeer — dat hulle hom onder hulle voete vertrap of hulle voet op sy nek geplaas het — terwyl hullseself deur hom mislei is en in allerhande dwaalleringe verval het. Ironies genoeg, is dit gewoonlik diegene wat glo dat hulle oor die duiwel en sy engele regeer wat reeds deur hom verskeur en verslind is.

Regeer die Here Jesus tans oor die hele wêreld waar Hy op die oomblik aan die regterhand van Sy Vader in die hemel sit? By Sy geboorte het die engel Gabriël gesê “Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie” (Lukas 1: 32 en 33). Ek het die volgende stuk geskryf in ’n debat met iemand anders:-

The notion that the Millennial Kingdom is symbolic and that the throne of David, which was promised to be given to the Messiah King, Jesus Christ at His birth, is not a material throne but “rather the conditions of this throne” and thus spiritual in its content, is not in harmony with Scripture. Furthermore it stems from the wrong premise that the church has replaced Israel.

If the throne is of a heavenly and not an earthly nature the promise in Luke 1: 31-33 that “the Lord God shall give unto him the throne of His father David; And He shall reign over the house of Jacob for ever; . . .” would be a very strange one indeed. There is only one throne in heaven (Revelation 21: 3) which the Trinity has occupied from past eternities and will occupy to future eternities. In other words, the throne in heaven has always been and always will be Jesus Christ’s eternal throne which makes it wholly unnecessary to give Him the throne in heaven. It has always been His throne together with the Father and the Holy Spirit. You may recall that Jesus once said:

  • And now, Father, glorify thou me with thine own self with the glory which I had with thee before the world was.” (John 17:5)

The word “doxa” (glory) means something that belongs specifically to God the Trinity, i.e. the kingly majesty which belongs to Him as supreme ruler alone. Although Jesus said in Revelation 3: 21 that He went and sat in His Father’s throne after he had overcome and triumphed by His cross and through His resurrection, it does not mean that He was given permission to sit on God’s throne for the very first time because He had overcome. It simply means that He ascended the throne in heaven at that particular time as the triumphant Overcomer to assume His role as High Priest according to the order of Melchizedek. Hadn’t Jesus been on the throne even before His incarnation and His triumph on the cross, Isaiah could not have seen Him “sitting on His throne high and lifted up” in heaven (Isaiah 6: 1: John 12: 38-41).

Some may argue that the throne in heaven includes the “conditions of the throne of David.” However, the passage in Luke 1: 31-33 unequivocally says that God the Father SHALL give Him the throne of His father David and He SHALL reign over the house of Jacob for ever. The grammar alone is proof that Christ Jesus is presently NOT reigning over the house of Jacob and that He is waiting in heaven, seated at the right hand of God, to be given the throne of His father David on earth. The Holy Spirit often uses the so-called “increasing or growing revelatory method” which means that He reveals a certain portion of the truth in one section before revealing the truth in its entirety in a following passage or chapter. Revelation 3: 21 is one example of this increasing or revelatory method. Note very carefully that Jesus speaks of “My throne” and the “Father’s throne.” Having already seen that there is only one throne in heaven — that of the Trinity — Jesus Christ’s throne (“My throne”) must obviously refer to something else. The Holy Spirit — in His increasing or growing revelatory methodology provides for us a great deal more of the picture in Revelation 5:9-10 and then the entire picture in Revelation 10: 4-6.

  • “And they sung a new song, saying, Thou art worthy to take the book, and to open the seals thereof: for thou wast slain, and hast redeemed us to God by thy blood out of every kindred, and tongue, and people, and nation; And hast made us unto our God kings and priests: and we shall reign on the earth. And I saw thrones, and they sat upon them, and judgment was given unto them: and I saw the souls of them that were beheaded for the witness of Jesus, and for the word of God, and which had not worshipped the beast, neither his image, neither had received his mark upon their foreheads, or in their hands; and they lived and reigned with Christ a thousand years. But the rest of the dead lived not again until the thousand years were finished. This is the first resurrection. Blessed and holy is he that hath part in the first resurrection: on such the second death hath no power, but they shall be priests of God and of Christ, and shall reign with him a thousand years.”

Christ’s throne (His inheritance of His earthly father David’s throne) must therefore be on earth because His faithful disciples will not be allowed to sit on the one throne in heaven on which He alone may sit. Already I hear protesting voices saying that we are already seated in Christ at the right hand of God in heaven and reigning with Him from heaven on earth. I need to say something about Jesus’ present position in heaven where He is waiting for the time to be fulfilled before He can ascend the throne of his father David on earth.

Let’s turn to Peter’s sermon on the day of Pentecost to shed some light on the meaning of Christ Jesus’ present “waiting” in heaven before the throne of His father David will be given to Him on earth. A-millenninarians usually quote Acts 2: 29-30 to prove that ”The reign of Christ on David’s throne is not an event still in the future” but fails to take the Holy Spirit’s “increasing or growing revelatory method” of revealing truth into account.

  • Act 2:29-30
    (29) Men, brothers, it is permitted to say to you with plainness as to the patriarch David, that he both died and was buried, and his tomb is among us until this day.
    (30) Being a prophet, then, and knowing that God swore with an oath to him that of the fruit of his loin, as concerning flesh, to raise the Christ to sit on his throne, see Psalm 132:11

Yet in his second sermon Peter said:

  • Acts 3:19-21
    (19) Repent ye therefore, and be converted, that your sins may be blotted out, when the times of refreshing shall come from the presence of the Lord;
    (20) And he shall send Jesus Christ, which before was preached unto you: Whom the heaven must receive UNTIL the times of restitution of all things, which God hath spoken by the mouth of all his holy prophets since the world began.

No one can deny that Jesus is presently waiting in the throne of His father UNTIL the time of the refreshing of the earth (His Second Coming after the Great Tribulation and prior to the millennial age of peace on earth) is fulfilled. There are several other passages in Scripture that underscore this waiting period.

  • Hebrews 10:12-13
    But this man, after he had offered one sacrifice for sins for ever, sat down on the right hand of God; From henceforth expecting (waiting) till his enemies be made his footstool.
  • Matthew 19:28
    And Jesus said unto them, Verily I say unto you, That ye which have followed me, in the regeneration when the Son of man shall sit in the throne of his glory, ye also shall sit upon twelve thrones, judging the twelve tribes of Israel.

This cannot be in heaven because there will no longer be any judgment or judging passed on anyone in heaven.

  • Matthew 25:31
    When the Son of man shall come in his glory, and all the holy angels with him, then shall he sit upon the throne of his glory.

This will occur when Jesus Christ returns at His Second Advent to sit upon the throne of his father David on earth in Jerusalem at the inauguration of His earthly 1000 year reign of peace.

Dit is dus baie duidelik dat die Here Jesus   tans nieoor die huis van Jakob regeer nie.

SLOTOPMERKINGS

Ek het my al telkens die vraag afgevra: Wat sit nou eintlik agter die weerstand teen die Wegraping terwyl dit so duidelik deur Paulus uitgespel word? Waarom vermy so baie kinders van die Here dit? Hoewel daar verskeie redes aangevoer word, is daar veral een wat telkens soos klokslag na vore kom, nl. dat die kinders van die Here nie beskore is om die groot vervolging deur die Antichris te ontsnap nie omdat dit juis die wyse sal wees waardeur die “kerk” gereinig en gesuiwer sal word. Dit opsigself klink baie mooi en suiwer evangelies, maar is dit waar? Ek verstout my om te sê dat hierdie siening die regstreekse gevolg is van een van die vyf stellings in Calvyn se sg. TULIP — en wel die “P” wat staan vir “Perseverance” (volharding van die heiliges).

Omdat volharding in die Calvinisme dié enigste sigbare bewys is of iemand reeds voor die grondlegging van die wêreld deur God uitverkies is tot saligheid, is dit vir die Calvinis uiters moelik en selfs ondenkbaar om ’n leer soos die Wegraping te aanvaar. ’n Calvinis kan eenvoudig nie aanvaar dat God hom d.m.v. ’n ontsnapping (Wegraping) aan die Groot Verdrukking die geleentheid sal ontneem om by wyse van sy volharding te bewys dat hy ’n uitverkorene en dus gered is nie. Ek het in my gesprekke met Calviniste dikwels ’n tipe bravade teëgekom, soveel te meer dat hulle met minagting neersien om almal wat glo in die Wegraping omdat hulle kwansuis bangbroeke sou wees om nie die Groot Vedrukking mee te maak nie.

Opsommend kan dus gesê word dat die Calvinis glo dat slegs ’n uitgesoekte klompie uitverkorenes reeds voor die grondlegging van die wêreld deur God uitverkies is tot saligheid en dat hulle volharding die litmustoets is vir hulle uiteindelike redding. Die Calvinis het dus in werklikheid geen sekerheid van saligheid nie, nie voordat hy deur sy volharding bewys het dat hy inderdaad gered is nie, en daarom is die Wegraping (die ontsnapping aan die Groot Verdrukking) vir hom taboe.

’n Calvinis het hom eenmaal so teenoor my uitgelaat toe ek hom vra of hy sekerheid het van sy redding. Hy het hom bloedig vir my vererg en soos volg geantwoord:

“Salvation is made secure at the point when your faith in Christ leads you to obedience to him. It is not secured by being double minded. . . . Let me try it again differently; Salvation is not secured by being double minded. It is made secure at the point when your faith in Christ leads you to obedience to Him.”

Dit kom maar net weer daarop neer dat Christus se woorde aan die kruis “Dit is volbring” nie voldoende was nie en dat die Calvinis sy saligheid moet vasknoop deur sy volharding. Dieselfde persoon het my soos volg geantwoord toe ek vir hom sê dat die sekerheid van ’n mens se redding dié belangrikste ding is wat ’n mens hierdie kant van die graf moet weet:

“I disagree that assurance of salvation is the most important thing to know. For a Christian, the most important thing to know is the love of Jesus Christ and how to become more like Him, not a preoccupation on how that effects our own personal gain.”

Hiermee span hy die wa voor die perde in. Hoe kan enigeen die Here liefhê en toenemend na sy beeld herskape word as hy nog nie sekerheid het van sy saligheid nie? Dis mos totaal onmoontlik. Dit is juis jou sekerheid van saligheid (geloofsekerheid) wat jou dring om Christus lief te hê en om soos Hy te word. Iemand anders wat ook nie in die Wegraping glo nie, het my soos volg geantwoord:

“I am assured I have salvation now as I am currently. I continue my assurance by being diligent (Hebrews 6:11). Don’t be sad because by this knowledge, I will be more diligent in God to endure. And those and only those who endure to the end will be saved (Matthew 10:22). . . . I must endure through God’s power and my ultimate salvation is conditioned upon that, like it or not.”

Die verwerping van die Wegraping hou vir die Calviniste dus verband met hulle seining van die saligheid. Hulle volharding, soos reeds gesê, is die finale litmustoets van hulle redding en om dit te kan doen moet hulle in staat wees om te kan volhard selfs ten tye van die Groot Verdrukking. Daarom is die Wegraping vir hulle ’n onding omdat dit hulle van die geleentheid om hulle redding vas te knoop, beroof.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , | 7 Comments »

Hoe behoort die Dissipels van die Here Jesus die Nuwe Jaar tegemoet te gaan?

Posted by Thomas on January 2, 2009

Benewens die feit dat alle dissipels van die Here Jesus die onvervalste Evangelie van God nog steeds aan ‘n verloregaande wêreld moet verkondig en in die krag van die Heilige Gees kragtig moet stry vir die waarheid wat een maal aan ons oorgelewer is, is daar twee ewe belangrike dinge wat ons moet doen.

Kyk na bo

Luk 21:28 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is. (Klem bygevoeg)

Ons leef in ‘n wêreld wat in toenemender mate afvallig word van die enige ware God van Abraham, Isak en Jakob. Ek gebruik doelbewus die benaming “God van Abraham, Isak en Jakob” omdat hierdie afvalligheid ten nouste saamhang met die toenemende wêreldwye vyandiggesindheid teenoor Israel. Die Jode is sedert hulle God-verkreë hervestiging in die Midde-Ooste in 1948 daagliks in ‘n oorlewingstryd gewikkel, en dikwels kom hierdie vyandiggesindheid nie uit die geledere van ongelowiges nie maar grootliks uit die geledere van mense wat hulleself Christene noem. Die tragiese ironie hiervan is dat die sg. “Vervangingsteologie” (“Replacement Theology”) ‘n baie groot bydrae lewer tot die groeiende vyandiggesindheid teenoor die Jode in Israel en ook wêreldwyd. Dit, soos ek in een van my vorige kommentare gesê het, kom kortliks neer op die aanname dat God al die beloftes en seëninge wat Hy in die Ou Testament oor Israel uitgespreek het, nou op die kerk oorgedra het omdat die Joodse volk Christus werwerp het. Hierdie leer word tans ook baie sterk in Suid-Afrika in die geledere van die Calvinisme ondersteun, ten spyte van die talryke uitsprake wat God deurgaans in die Skrif t.o.v. sy volk Israel maak. Maak gerus die volgende teksgedeelte ‘n moet in u arsenaal teen die leuens van die duiwel.

Rigters 2:1 Toe trek die Engel van die HERE van Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met ‘n eed beloof het, en gesê: Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie;

Hoe weet ons dat God sy beloftes aan Israel sal nakom in weerwil van hulle eeuelange ontrouheid, afvalligheid en rebellie?

Num 23:19 God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?

Maar nee . . .! die mensekind wat, soos God sê, so maklik kan lieg, beskuldig die Allerheiligste van leuenagtigheid en verklaar dat Hy sy beloftes aan sy volk Israel nooit sal nakom nie. Wie moet ons glo – vir God of die mensekind wat so maklik kan lieg? Sjoe! dis darem maar ‘n  uiters moeilike keuse wat ons moet maak, nie waar nie? Kom hierdie gruwelike beskuldigings teen God nie maar ook uit harte wat oorskadu is met rebellie en afvalligheid nie? Enigeen wat die nakomelinge van Abramam, Isak en Jakob ter wille van die Vervangingsteologie afskryf en ‘n ikabod-swaard oor hulle koppe hou, is eintlik maar besig om die God van Abraham, Isak en Jakob ook af te skryf. ‘n God wat nie sy beloftes kan nakom nie, is nie betroubaar nie en dis maar eintlik wat die aanhangers van die Vervangingsteologie suggereer.

“En as hierdie dinge begin gebeur . . . kyk dan na bo” Wat is “hierdie dinge” waarna Christus vewys het? Ons vind die antwoord in die daaopvolgende verse.

Luk 21: 29-31 Let op die vyeboom en al die bome. Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is. So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur. (Klem bygevoeg).

Toe Frederik die Grote van Pruise (‘n Ateïs) op ‘n dag sy hofdienaar vra: “Bewys vir my dat God bestaan,” het hy sonder aarseling geantwoord, “Die Jode.” Die Pruisiese monarg was nie in die minste beïndruk nie omdat hy onder die diaboliese invloed van Voltaire was en as ateïs gesterwe het. Geen ander volk het nog ooit deurgemaak wat die Jode dwarsdeur hulle geskiedenis ervaar het nie. Dink daaraan: verskeie indiwidue en volkere het van tyd tot tyd dwarsdeur die geskiedenis probeer om die Joodse volk geheel en al uit te wis, maar God het dit nie toegelaat nie en sal dit ook nooit toelaat nie. Inderdaad, die Here beloof in Jesaja:-

Jes 11:11 En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van die see;
Jes 11:16 En daar sal ‘n grootpad wees vir die oorblyfsel van sy volk wat oorbly uit Assur, soos daar een gewees het vir Israel op die dag toe hulle uit Egipteland opgetrek het.

Dié Joodse uittog “in dié dag” vanuit die vier uithoeke van die wêreld sal plaasvind teen die einde van hierdie wêreldsisteem soos dit tans daaruitsien, maar Jesus herinner ons om nou reeds bedag te wees op die begin van hierdie dinge – d.i. die herstel van sy volk in hulle eie land. God se eindtyd handelinge met sy volk Israel is dus dié belangrikste teken van sy wederkoms en Jesus moedig sy volgelinge aan om na bo te kyk wanneer hulle hierdie dinge sien gebeur.

Bemoedig mekaar

Daar is net twee plekke in die Bybel waarin die woorde “Bemoedig mekaar” voorkom en albei het betrekking op die Wegraping.

1Tes 4:18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.
1Tes 5:11
Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

Die woorde van bemoediging verskyn in verse 16 en 17 van 1 Thessalonicense 4.

1 Thes 4:16 en 17 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

Die woord “bemoedig” (“parakaleo”) is afgelei van dieselfde woord wat gebruik word vir die Trooster of die Heilige Gees (“Parakletos”). Dit kom dus daarop neer dat hierdie “bemoediging” nie maar sommer net ‘n mens-geïnspireerde bemoediging is nie; dit is ‘n Heilige Gees geïnspireerde bemoediging wat uitloop op ‘n definitiewe, onafwendbare en heerlike gebeurtenis – die koms van die Here by die Wegraping. Paulus beskryf die doel van die Wegraping vir ons in 1 Thessalonicense 5: 9 en 10.

1 Thes 5: 9 en 10 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.

Die “toorn” waarna Paulus verwys, is nie die toorn wat God in die laaste oordeelsdag oor al die ongelowiges gaan uitgiet wanneer Hy hulle in die ewige poel van vuur werp nie. Dit verwys na die toorn wat God tydens die sewejarige verdrukking oor almal wat die antichris as God gaan aanbid, sal uitgiet. Dit is hierdie toorn waartoe al die gelowiges nie bestem is nie en deur Jesus Christus weggeraap (“harpazo”) gaan word voordat die sewejarige Groot Verdrukking ‘n aanvang neem. So-ook verwys die “saligheid” in hierdie gedeelte na die finale beslag van al die gelowiges se redding wanneer hulle uiteindelik verlos gaan word van hulle huidige aardse liggame om soos Jesus Christus ‘n verheerlikte en onsterflike liggaam te ontvang. Hierdie belofte staan vas.

Ope 3:10 Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

Ek wil na aanleiding van die bovermelde my bloglesers nie met die tradisionele woorde van “’n Voorspoedige Nuwe Jaar” toewens nie maar met die woorde van die Here Jesus en Paulus – “kyk na bo” en “bemoedig mekaar met hierdie woorde.”

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , | Leave a Comment »