Waak en Bid / Watch and Pray

omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie / for ye know not when the time is (Mark 13:33)

Posts Tagged ‘Die Groot Verdrukking’

Die Pre-Groot Verdrukking Wegraping – Deel 2

Posted by Thomas on January 10, 2009

In hierdie , die tweede aflewering in my reeks oor die Pre-Groot Verdrukking, bespreek ek Ds H.P.M. van Ryn se siening oor die Wegraping wat op 3 Julie 2002 in Die Kerkblad verskyn het. Sy siening rondom die Wegraping is nog steeds die algemene beskouing van die gereformeerde kerke. Hy skrywe:

Die Wegraping is iets waaroor baie gelowiges deesdae praat. Boekwinkels is vol boeke met die Wegraping as tema. Oor die radio hoor ons ook advertensies van gewilde boeke wat oor die Wegraping handel. Maar wat behels die Wegraping en waarom preek Gereformeerde predikante nie daaroor nie?

“Waarom preek gereformeerde predikante nie daaroor nie?” Dis ’n baie goeie vraag omdat dit nie alleen Ds. Van Ryn se subjektiewe benadering tot die apologie blootlê nie maar ook die elgemene gemis aan profetiese perdiking in die gereformeerde kerke oor die algemeen toelig. Gereformeerde predikante preek weinig of ooit oor Ou of Nuwe Testamentiese profesieë hoofsaaklik omdat hulle belangrike eskatologiese gebeure vergeestelik of allegoriseer of omdat hulle dit op die teenswoordige kerk toepas en nie Israel nie (Vervangingsteologie). ‘n Belangrike vraag wat ons natuurlik ook vir ons moet afvra is, van wanneer af is streng gereformeerheid die finale litmustoets waarvolgens Byblese leerstellings uieindelik as reg of verkeerd geëvalueer moet word? Wil Ds. van Ryn voorgee dat die algehele gemis aan die prediking oor die Wegraping onder Gereformeerde predikante ’n klinklare bewys is dat die leer oor die Wegraping ’n mite is? Hoe seker is hy dat ’n gereformeerde predikant nog nooit daaroor gepreek het nie? Om so ’n stelling te kan maak moes hy tot dusver elke preek van alle gereformeerde predikante dwarsdeur die geskiedenis van die kerk gehoor het, wat natuurlik onmoontlik is en sy statistiek gevolglik op ’n baie wankelrige fondament plaas. Is die prediking van gereformeerde predikante die finale barometer waarvolgens ’n mens enige leerstelling toets of is dit die Woord van God? Paulus het hom nie juis aan hooggeplaasdes in die kerk gesteur wanneer suiwer leerstelling onder die loep gekom het nie. Luister wat sê hy in Galasiërs 2:6. Ek haal aan uit die Amplified Bible.

Moreover, [no new requirements were made] by those who were reputed to be something, though what was their individual position and whether they really were of importance or not makes no difference to me; God is not impressed with the positions that men hold and He is not partial and recognizes no external distinctions. Those [I say] who were of repute imposed no new requirement upon me — had nothing to add to my Gospel and from them I received no new suggestions.

Ds. Van Ryn se verwysing na die gereformeerde predikante se posisie in die beslissing van korrekte leerstelings al dan Johannes Calvynnie is maar net nog ’n saadjie wat vanaf die Roomse kerk na die Gereformeerde kerke oorgewaai het. Wat die Priester (Roomse kerk) en die Dominee (“Meester” in die Gereformeerde kerke) sê mag nie betwyfel word nie omdat dit enige verdere vrae m.b.t. Bybelse leerstellings totaal oorbodig maak. Ek het al by verskeie geleenthede in my gesprekke met Martin Luthermense sekere dinge uit God se Woord aangehaal en verduidelik net om later deur die persone gekonfronteer te word met die woorde “Ek het my predikant oor hierdie vraagstuk in die Bybel geraadpleeg en hy stem gladnie met jou saam nie. Ek luister eerder na my predikant want hy is tog immers my herder en nie jy nie.” Dat die oorgrote meerderheid gereformeerde predikante weinig of ooit oor die Wegraping, die letterlike 7-jarige Groot Verdrukking, die Tweede koms van Christus Jesus na die aarde en die daaropvolgende letterlike 1000 jaar van vrede op aarde preek, is te verstane. Die gereformeerde prediking berus hoofsaaklik op Luther en Calvyn wat op hul beurt weer in ’n baie groot mate deur Augustinus beïnvloed is.

Waaraan het A-millennialisme sy ontstaan te danke?

Dit is ironies dat die gereformeerde kerke die kerkvader Augustinus met hoë agting bejeen terwyl hy in ’n baie groot mate die fondamente van die Roomse kerk gelê het.

Daar het in die 3de eeu N.C. ’n duidelike antagonisme teen die pre-millenniale posisie onder Gauis en Clemens Alexandrinus, die Preseptor in die Kategetiese Skool van Alexandrië ontstaan wat op hulle beurt ’n baie sterk invloed op Origines (185-254 N.C.) en Dionysius (190-265 N.C.) uitgeoefen het. Dit is inderdaad ook Origines wat ’n stewige fondament vir die allegoriese metode van interpretasie gelê het maar dit was Augustinus wat die allegoriese siening van die Millennium sorgvuldig gesistematiseer het. Een van die hoofredes waarom die letterlike siening verwerp is, was omdat dit “Joods” van aard is. Daar is veral twee belangrike dinge wat tot die dood van die millenniale hoop in die gereformeerde kerke tot gevolg gehad het.

  • Die Vervangingsteologie wat reeds in die tyd van Paulus sy lelike kop uitgesteek het. Dit behels die geloof dat God al Sy beloftes aan nasionale Israel na die geestelike Israel (die kerk) oorgedra het omdat die Jode Christus verwerp het. Ironies genoeg is dit vandag die sg. Geestelike Israel (die kerk) wat in ’n baie groot mate vir Christus Jesus  vewerp en in toenemender mate valse Christusse, ’n ander Evangelie en ’n ander gees aanhang. Selfs baie van die Gereformeerde Kerke hou hulle besig met onbybelse leerstelinge en verdra die valse leermeesters wat in hulle midde is. En tog noem hulle hulself die “Nuwe Israel.” Hoe rym dit?

  • Die vereniging van kerk en staat onder Konstantyn. Keiser Konstantyn het ter wille van sy eie politieke aspirasies die wêreld en sy menings by die kerk ingedra. Overgeset synde is die hedendaagse kerk besig om ter wille van oorlewing presies dieselfde te doen. Die kerk is nie meer langer daarop ingestel om te weet wat die Here sê nie maar wat die samelewing te sê het oor vraagstukke soos homoseksualisme en dies meer. Daarom haal predikante al hoe meer hedendaagse filosowe, sielkindiges en predikers aan (soos M. Scott Peck, Stephen Covey, John de Martini, Brian McLaren, Leonard Sweet, Rob Bell, Doug Pagitt, en Rick Warren) pleks daarvan om met oortuiging te verklaar “So sê die Here.”

Laat ons kortliks kyk na sommige van Augustinus se belangrikste eienskappe.

  • Augustinus van Hippo, geskilder deur Sandro BotticelliHy was nie ’n gewone Roomse Katoliek nie maar die beroemdste en invloedrykrykste een in die geskiedenis van die kerk.

  • Hy was een van die oorspronklike Roomse Doktors van die Kerk aan wie ’n feesdag op 28 Augustus in die Roomse Katolieke Kerkjaar gewy word.

  • Die ontslape Pous Johannes Paulus II het hom die “algemene vader van ons Christen-samelewing” genoem. In teenstelling met Pous Johannes Paulus II se lofsange, het William P. Grady van hom gesê: “Die misleide Augustinus (354-430) het so ver gegaan om aan die hand van sy boek “Die Stad van God” te verkondig dat Rome die voorreg gehad het om die Millennium (die simboliese 1000 jaar regering van die kerk op aarde) in te lei.

  • Augustinus het die Roomse Kerk gemoduleer in die vorm wat dit vandag nog handhaaf. Die meeste evangeliese kerklui wat ’n letterlike 1000 jaar van vrede op aarde verwerp, het wetend of onwetend onder die betowering van Augustinus gekom ten spyte van sy vaste credo dat “Ek die Evanglie nie sal glo nie tensy ek deur die outoriteit van die Katolike Kerk daartoe beweeg word.” Daar is nouliks ’n enkele dwaalleer wat die Roomse kerk tot vandag toe omarm wat nie by Augustinus ontstaan het nie. Dit sluit die wederbarende kinderdoop in terwyl kinders wat ongedoop doodgaan tot die eiwge hel verdoem word; die noodsaaklikheid van die doop vir die vergewing van sondes; die vagevuur; redding wat alleenlik in die Roomse kerk plaasvind; verlossing deur werke; en vervolging van almal wat die Roomse dogmas werwerp.

  • Hy het die volgende dinge aanvaarbaar gemaak — die Apokriewe boeke wat selfs deur die Jode verwerp is; die allegoriese of simboliese interpretasie van groot gedeeltes van die Skrif, veral met betrekking tot die eindtye asook die allegoriese interpreatasie van die sesdaagse skeppingsverhaal omdat hy gesê het dit nie letterlik verstaan moet word nie.

  • Hy het die persoonlike en letterlike regering van Christus op aarde vir ’n 1000 jaar verwerp en volgehou dat die Kerk (gelowiges) tans regeer en dat Satan gebind is.

  • Hy het benadruk dat Satan tans gebind is op grond van die feit dat “mense self nou en ongetwyfeld tot die einde van die wêreld gerehabiliteer sal word van die geloof dat Satan in die bodemlose put gewerp sal word” (Openbaring 20:1-3). Selfs nog meer verbasend is sy standpunt dat die bodemlose put waarin Satan opgesluit sal word . . . nou alreeds in die dieptes van die blinde harte van die Christus-haters gebind is.

  • Die veragtelike vervolging en dood van miljoene evangeliese Christene en Jode was die gevolg van sy inkwisisie-agtige uitlating: “Waarom moet die Kerk dus nie geweld gebruik om haar velore seuns te dwing om na haar terug te keer nie? Die Here self het gesê ‘Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom . . .’ Daarom is die mag wat die Kerk ontvang het – deur die religieuse karakter en geloof van konings – die instrument waardeur diegene wat in die paaie en lanings gevind word – d.w.s. in die ketterye en divisies – gedwing word om in te kom en laat hullle nie fout vind daarmee om gedwing te word nie.

Die geskiedskrywer Allis skryf:

He (Augustine) taught that the millennium is to be interpreted spiritually as fulfilled in the Christian Church. He held that the binding of Satan (Revelation 20) took place during the earthly ministry of our Lord (Luke 10:18), that the first resurrection is the new birth of the believer (John 5:25), and that the millennium must correspond, therefore, to the inter-adventual period of the Church age. This involved the interpreting of Revelation 20:1-6 as a “recapitulation” of the preceding chapters instead of as describing a new age following chronologically on the events set forth in chapter 19.

Die geskiedskrywer Peters skryf:

It may be briefly stated as a self-evident fact, that the entire spirit and aim of the papacy is antagonistic to the early church view, being based on coveted ecclesiastical and secular power, on extended jurisdiction lodged in the hands of a Primate . . . when a system was founded which decided that the reign of the saints had already begun – that the Bishop of Rome ruled on earth in Christ’s place; that the deliverance from the curse would only be effected in the third heaven; that in the church as kingdom, there was “an aristocracy” to which unhesitating obedience must be rendered; that the prophetical announcements respecting Messiah’s Kingdom were fulfilling in Romish predominance, splendor, and wealth; that the rewarding and elevation of saints was not dependant upon the Second Advent, but upon the power lodged in the existing Kingdom, etc. etc. – then it was that Chiliasm (belief in a literal 1000 years of Christ’s reign on earth), so distasteful and obnoxious to these claims and doctrines, fell beneath the powerful and world-pervading influence exerted against it.

As die Roomse Kerk die dier uit die see is, soos baie evangeliese Christene van die vorige eeu geglo het, dan kan ons sonder enige redelike twyfel aflei dat die leerstellings van die A-millennialisme sy oorsprong by die dier uit die see gehad het. Hoe kan enigeen ’n eskatologiese leerstelling van ’n man aanvaar wie se leerstellings oor genade en verlossing nie tred hou met dit wat die Bybel ons leer nie?

Ds H.P.M. skryf voorts

Aanhangers van dié leer hou verskillende variasies voor en daarom is dit moeilik om presies te sê wat hulle glo. Die Wegraping is in kort ‘n leerstuk wat sê dat Jesus voor sy finale wederkoms skielik eers nog ‘n slag sal kom om die gelowiges te haal. Hy kom die gelowiges haal sodat hulle die tyd van die Groot Verdrukking, wat net voor die finale wederkoms gaan plaasvind, kan vryspring en dit hulle gespaar kan bly.

Die Groot Verdrukking gaan dus net die ongelowiges tref wat op aarde gaan agterbly, want Jesus het sy kerk kom wegraap. Wanneer hierdie tyd verby is, dan gaan Jesus weer kom om te oordeel en dan gaan die ewige lewe aanbreek. In totaal kom Jesus dus drie keer aarde toe – eers met sy geboorte, dan met die Wegraping en dan met die Wederkoms. Dit klink baie troosvol, maar is dit waar? Is dit regtig wat die Bybel sê?

Ja! Dit is regtig wat die Bybel sê. Die Here Jesus self het belowe dat Hy Sy volgelinge (skape) van die Groot Verdrukking sal bewaar sodat hulle dit geheel en al mag vryspring. Dit is algemeen bekend dat die sewe kerke in Openbaring 3 as tipes van die kerk deur die eeue heen gesien word. Wat die Here Jesus toe vir elke afsonderlike gemeente gesê het, sê Hy ook vandag vir elke individuele gemeente wat in die voetstappe van een van die sewe kerke volg. Aan die kerk van Filadelfia het Hy gesê:

Openbaring 3:10 Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

Dat daar ’n spesifieke tydstip (’n uur) in die geskiedenis van die mensdom gaan kom waarin God die ganse wêreld op die proef gaan stel en oordeel, is nie te betwyfel nie. Daarvan getuig die boeke Daniël en Openbaring baie duidelik. Die bewaring gaan dus nie om ‘n vrymaking uit die hand van die antichris nie, maar vanuit die greep van die oordele van God self wat tydens die sewejarige Groot Verdrukking (die uur van beproewing) oor die hele wêreld uitgestort sal word. In die profetiese rede wat Daniël van die engel Gabriël ontvang het, het God gesê dat Hy ’n dekreet van 70 weke of Joodse “Shabuas” (490 jaar) oor Sy volk Israel en Jerusalem uitgevaardig het sodat Hy Sy doel met hulle kan bereik. Vier honderd drie en tagtig jaar van die 490 is alreeds letterlik vervul. Hierdie tydsverloop behels kortliks die volgende.

Vanaf die dekreet wat Koning Artaxerxes aan Nehemia uitgevaardig het en hom die toesetmming verleen het om Jerusalem te herbou (let wel, nie net die tempel nie) tot en met Jesus se intog op ’n donkie in Jerusalem toe Hy Hom openlik as Israel se Messias geopenbaar het, het presies 483 jaar verloop. As hierdie tydsverloop só letterlik vervul is dan moet die oorblywende 7 jaar netso letterlik vervul word. Dit sou voorwaar onvanpas wees om die 483 jaar as ’n letterlike tydsverloop te interpreteer en die oorblywende sewe jaar te vergeestelik (simboliseer). Dat daar tot dusver meer as 2000 jaar verloop het sonder dat die laaste sewe jaar van die 490 jaar in vervulling gegaan het, is ’n voldonge feit. Waarom vertraag God die aanvang van die laaste 7 jaar van die 490 jaar wat Hy oor Sy volk Israel en Jerusalem uitgevaardig het? Ons vind die antwoord in 2 Petrus 3: 9:

Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

M.a.w. God se lankmoedigheid is besig om die laaste sewe jaar waarin Hy Sy regverdige oordele oor die hele aarde gaan uitgiet, uit te stel. Hy is tans besig om te kyk of daar nie nog mense is wat hulle tot Hom wil bekeer nie. Die vraag is nou net: waanneer gaan God sê “Genoeg is genoeg. Tot hiertoe en nie verder nie.”

Daar is veral twee dinge wat op die oomblik nog moet plaasvind alvorens die laaste sewe jaar van die 490 jaar (70 weke) kan begin aftik. Die een vind ons in Romeine 11: 25 en die ander in 2 Thessalonicense 2: 6.

Romeine 11:25 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;

2 Thessalonicense 2:6 En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.

Wat die laasgenoede betref is dit nodig om eers te kyk na die Here Jesus se woorde in Johannes 5:43:

Johannes 5:43 Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hom sal julle aanneem.

Dit is ’n onteenseglike feit dat die “hom” nie net na die leerstellings van ’n spesifieke persoon of na ‘n gees of ‘n klomp geeste verwys nie maar na die letterlike persoon self want dit is ook onteenseglik so dat die Jode niemand as hulle Messias sal aanvaar nie, tensy hy die vrede aanbring wat hy belowe het. Ons beleef tans daagliks op TV die oorlog wat in Gaza in die Midde-Ooste woed. Die Jode met wie CNN en Sky News onderhoude voer, sê telkens dat hulle maar net in vrede saam met die sg. Pallestyne (Jordaniese Arabiere) wil saamlewe. Verskeie wêreldleiers se pogings om hierdie vrede te bewerkstellig, het telkens misluk. Maar, daar is iemand wat moontlik tans reeds in die vleuels van die wêreldverhoog wag om hierdie vrede aan te bring. Hy is die antichris van wie Jesus in Johannes 5:43 gepraat het. Hoewel dit ’n valse vrede sal wees, gaan hy daarin slaag om die Jode te oortuig dat hy hulle langverwagte Messias is wat vir hulle die vrede in hulle eie land sal meebring en hulle sal dan ‘n geskrewe verbond van sewe jaar met hom sluit.

Daniël 9:27 En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

Daniël 8:25 En op grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van die vorste, maar hy sal sonder toedoen van mensehand verbreek word.

Ek hou meer van die KJV se vertaling van Daniel 8: 25 want dit bring die wyse waarop hy sy vernietigingswerk gaan doen vir my baie beter na vore.

“ . . . and by peace (prosperity) shall destroy many: he shall also stand up against the Prince of princes; but he shall be broken without hand.”

Die Here Jesus het in Mattheus 24:15, 16 hierna verwys:

Mattheus 24:15, 16 Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom — laat hy wat lees, oplet — dan moet die wat in Judea is, na die berge vlug; . . .”

Ds, H.P.M. van Ryn skryf voorts:

Begronding? Die woord “wegraping” staan nêrens in die Bybel nie. In die Ou Vertaling staan die woord “wegraap” net drie keer en dit net in die Ou Testament (Jer 8:13; Sef 1, 2 en 3). By aldrie hierdie tekste gaan dit oor God wat ongehoorsames gaan bymekaar maak om hulle te oordeel. Hier is dus nie sprake van ‘n wegraping soos wat hierdie leer bedoel nie.

Dit is ondenkbaar, om nie eens te praat van die onvanpastheid daarvan nie, dat geleerde mense voortdurend een van die swakste en naïefste eksegetiese argumente gebruik wanneer hulle met soveel oortuiging sê “Dié of daardie woord kom gladnie in die Bybel vooor nie.” Dit is darem ’n bietjie te dik vir ’n daalder om aanvanklik te sê dat die woord “wegraping” nêrens in die Bybel voorkom nie en dan onmiddellik te erken dat dit wel in die Ou Testament (ou vertaling) verskyn. Daarby gesê is die “nêrens-in-die-Bybel-te-vinde-strategie” nie baie oortuigend nie. Die woord “drie-eenheid” (“Trinity”) is ook nêrens in die Bybel te vinde nie. Beteken dit dan dat die Drie-eenheid ’n mite is? Die meeste apologete wat versuim om hulle standpunte vanuit die Woord van God te verantwoord of om dit op soliede eksegese te baseer, kap gewoonlik baie gou terug met die teenaanval “Maar dié of daai woord kom nie eens in die Bybel voor nie.” Dit is hierdie soort van subjektiewe argumente wat Bybelse waarhede in ’n baie slegte lig bring by mense wat werklik soek na die waarheid.

Ds. H.P.M. van Ryn skryf dan as volg:

Waarop word die leer van die sogenaamde Wegraping dan begrond? Dit word begrond op gedeeltes soos 1 Tessalonisense 4 :17. Kyk, daar staan dit dan in die Bybel, sal aanhangers van dié leer sê: “Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug: en so sal ons altyd by die Here wees.” Daar staan dit mos. Die Here gaan ons kom wegraap! En kyk maar na Matteus 24: 40, 41: “Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat.” Skielik sal al die gelowiges van die aarde weggeneem word en dan sal die groot verdrukking aanbreek onder die ongelowiges.

Daar is net een manier om 1 Thessalonicense 4: 17 se woorde “saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug” as die wegraping te weerlê en dit is om dit te vergeeestelik. Dit sou natuurlik ’n hele aantal ernstige tameletjies tot gevolg hé. In die eerste plek sou dit moes beteken dat die Here Jesus se wederkoms self ook vergeestelik (allegoriseer) moet word. Verskeie kerkleiers in die NG Kerk is alreeds besig om die wederkoms van Jesus Christus te vergeestelik of om dit heeltemal te ontken, en so-ook met sy opstanding uit die dood.

Soos ek reeds in my inleiding gesê het, gee die opponente van die Pre-Groot Verdrukking Wegraping toe dat daar wel so iets soos ’n opraping in hierdie geedeelte moet plaasvind. Daar staan tog immers baie duidelik geskrywe dat die uit-die-dood-opgestane-heiliges en die lewend-oorgeblewe-heiliges die Here in die lug sal ontmoet. Kom hulle deur hulle eie toedoen en krag daar bo in die lug by die Here uit of gaan hulle deur die bonatuurlike krag van die Here daarheen opgeraap (weggeraap) word? Let daarop dat daar hoegenaamd niks in hierdie gedeeltes van die ongelowiges gepraat word nie. Volgens Openaring 20 sal alle ongelowiges eers na die 1000-jarige vrederyk uit die dood opgewek word om by die Wit-troon oordeel geoordeel en daarna in die ewige vuurpoel gewerp te word (Openbaring 20: 5, 6, 11-15). Die vurigste teenstanders van die Wegraping sal moet erken dat daar ’n letterlike opraping (harpazo) vanaf die aarde na die lug (aer — atmosferiese ruimte bokant die aarde) sal plaasvind. Gevolglik gaan dit nie daarom of daar ’n wegraping gaan plaasvind nie maar wanneer dit gaan gebeur. Ek praat nie van ’n presiese datumbepaling nie, maar of dit voor, midde of na die sewejarige verdrukking gaan plaasvind. Dit maak dus nie saak hoe hard en hoe vurig die teenstaanders probeer om die Wegraping as ’n letterlike en toekomstige gebeurtenis te weerlê nie, hulle kan nie ontken dat 1 Thessalonicense 4:17 se woorde “weggevoer word die Here tegemoet in die lug” ’n letterlike opraping (harpazo) sal wees nie.

Ds. H.P. M van Ryn vervolg:

Weerlegging

Is dit regtig wat daar staan? Dat Jesus die gelowiges van die aarde gaan wegneem sodat hulle die groot verdrukking gespaar kan bly? Staan daar regtig iewers in die Bybel dat Jesus nog twee keer gaan kom? Nee, dit staan nêrens nie. Inteendeel, Matteus 24 waarsku gelowiges juis om gereed te wees vir die volgende en finale koms van die Here – die wederkoms. Daar staan niks van ‘n wegraping voor die wederkoms nie.

Die Skrifgedeeltes waarna die aanhangers van die wegraping verwys, het gewoonlik op Jesus se finale wederkoms betrekking. Die wederkoms self word in hierdie gedeeltes beskryf. Die twee wat op die land werk en waarvan een saamgeneem word en die ander agtergelaat word, is ‘n manier om die oordeel van God te verduidelik. Gelowiges en ongelowiges woon en werk nou nog saam hier op die aarde, maar wanneer die wederkoms aanbreek, dan vind die oordeel plaas en dan word die gelowiges en ongelowiges vir altyd van mekaar geskei – een word saamgeneem na die ewige lewe en die ander word agtergelaat vir die ewige dood. Dit wat in Matt 24: 40, 41 gesê word, word dus herhaal in Matteus 25: 31-33. Hier is definitief geen sprake van ‘n eerste en ‘n tweede wederkoms nie. Alleen maar een enkele wederkoms wat met verlossing en oordeel gepaard gaan.

Dieselfde met 1 Tessalonisense 4: 17. As daar staan: “Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug”, dan troos die Here ons met hierdie gedagte: Wanneer die wederkoms plaasvind, dan kom Jesus en Hy bring die siele van die gelowiges wat reeds gesterf het, saam. Hulle liggame sal dan opgewek word, met hulle siele verenig word en daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so, saam met ons geliefdes wat reeds gesterf het, sal ons vir altyd by die Here wees.

Weer eens, hier is geen sprake van Jesus wat nog twee keer moet kom nie. Dit is baie duidelik ‘n beskrywing van Jesus se finale wederkoms.

Dit is so dat hoofstukke 24 en 25 van Mattheus nie die Wegraping beskrywe nie maar wel die Tweede Koms van die Here Jesus na die aarde om die nasies te oordeel. Dit opsigself is maar een van die hoofverskille tussen die Wegraping en die Tweede Koms. By die Wegraping is dit slegs die opgestane en oorgeblewe lewende heilges wat die Here in die lug tegemoet sal gaan wanneer Hy kom soos ’n dief in die nag. M.a.w. in 1 Thessalonicense 4: 17 is Sy koms (die Wegraping) nie na die aarde nie. By Sy Tweede Koms, lees ons in Sagaria 14: 4, sal Sy voete op die Olyfberg staan en die berg sal van die Ooste na die Weste middeldeur gesplyt word sodat die een kant na die Noorde en die anderkant na die Suide wegwyk. Om hierdie betrokke verskil te akkomodeer, sê die anti-Wegraping groep dat die heiliges (soos beskrywe in 1 Tthessalonicense 4: 17) Hom in die lug tegemoet sal gaan net om Hom onmmiddellik terug te begelei na die aarde om die nasies te oordeel. Dit sou beteken dat daar hoegenaamd geen tyd ingeruim sal kan word vir die Bema-troon oordeel en die Bruilof van die Lam nie, en dat daar dus ook geen sewejarige verdrukking sal wees nie. Hierop sal die a-millenialiste waarskynlik antwoord dat daar net ’n enkele oordeel sal wees van beide die gelowiges en die ongelowiges (Wit-troon oordeel) en dat die uitdeel van lone en krone en die bruilof van die Lam onmiddellik na die Wit-troon oordeel sal geskied. Dit is nie wat die Bybel ons leer nie. In Lukas 12: 35 en 36 waarsku die Here Jesus “En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.” (Lees maar gerus weer die gelykenis van die vyf wyse en die vyf dwase maagde in Mattheus 25). Dit as sodanig spreek boekdele wat ons sal help om ’n paar dinge te onderskei. As die vyf wyse en vyf dwase maagde ’n beskrywing was van die Wegraping dan sou die onverwagse en enige-oomblik element van Sy koms daarmee heen wees omdat beide die gereddes (wyse maagde) en die ongereddes (dwase maagde) hulle self gereed maak om die Bruidegom te ontmoet. As die meeste gelowiges nie eens vandag glo dat die Here enige oomblik soos ’n dief by die Wegraping in die nag kan terugkeer nie hoe op dees aarde kan ’n mens verwag dat die ongelowiges besig is om hulle gereed te maak vir sy koms en die Bruidegom tegemoet te gaan? Die vyf dwase maagde is nie gelowiges nie maar ongelowiges (naam-Christene).

Wanneer die Here Jesus terugkeer met Sy tweede koms, sal die bruilof van die Lam en Sy bruid (alle gelowiges) reeds ’n gedane en afgehandelde saak wees. In my inleiding het ek reeds daarop gewys dat die woord “erchomai” (“het gekom” — Openbaring 19:7), in die geval waar mense betrokke is, nie beteken dat iets op daardie spesifieke oomblik aangebreek het nie, maar dat ’n reeds voldane gebeurtenis van een plek na ’n ander gekom het. In hierdie geval beteken dit dat die “paartjie” (Bruidegom en bruid) na die reeds voldane huwelik van die Lam wat in die hemel voltrek is (ná die Wegraping), by Sy Tweede Koms na die aarde sal terugkeer om die huweliksmaal te geniet. Die Christene se huwelikseremonie is ‘n toonbeeld hiervan. Die huwelik self word in die kerk voor die kansel voltrek waarna die bruilofspaar en hulle gaste na ‘n ander lokaal gaan om die huweliksmaal te nuttig. Die Jode en baie van die heidene wat die sewejarige verdrukking oorlewe, sal dan as gaste na die bruilofsmaal genooi word en die enigste voorwaarde om toegang tot die bruilofsmaal te verkry, sal wees om met ’n bruilofskleed oorklee te wees — om gered te wees (Mattheus 25: 12, 13; Jesaja 61: 10).

Mattheus 22:9-13 Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof. En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword. En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Baie Jode en heidene wat nie tydens die Wegraping die Here in die lug tegemoet gaan nie, sal gedurende die Groot Verdrukking tot bekering kom en met hulle natuurlike liggame toegang verleen word tot die Bruilofsmaal van die Lam op aarde wanneer Jesus met sy Tweede Koms terugeer na die aarde, mits hulle oorklee is met ‘n bruilofskleed. A-millennialiste verkla die Wegraper-gelowiges van drie wederkomste – die eerste koms van Jesus as mens om gekruisig te word, die Wegraping en sy koms soos dit in Sagaria 14 beskrywe word. Daar is egter net twee komste van Hom na die aarde — sy eerste koms as mens en sy tweede koms in Sagaria 14. Sy koms by die Wegraping is  nie na die aarde nie maar in die lug om soos ‘n dief in die nag sy Bruid te kom haal vir die huwelik in die hemel.

Indien die volgende stelling van Ds. Van Ryn waar sou wees: “Wanneer die wederkoms plaasvind, dan kom Jesus en Hy bring die siele van die gelowiges wat reeds gesterf het, saam. Hulle liggame sal dan opgewek word, met hulle siele verenig word en daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so, saam met ons geliefdes wat reeds gesterf het, sal ons vir altyd by die Here wees,” sou dit beteken dat slegs die gestorwe heiliges wat saam met Hom terugkeer by Sy Tweede Koms om met hulle liggame verenig te word, deel sal wees van die bruilof van die Lam in die hemel. Gaan net ’n deel van die Bruid van die Lam langs Hom staan wanneer Sy huwelik in die hemel voltrek word? Onthou, volgens Lukas 12: 35, 36, wanneer die Here trugkom, sal Hy terugkom as die Bruidegom wat reeds Sy huwelik met Sy bruid in die hemel voltrek het: “En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom . . .” Dit beteken dat die volle getal heidene en Jode wat tot redding gekom het in die tyd waarin ons tans lewe, teenwoordig moet en sal wees by die bruilof van die Lam. Inderdaad, Paulus beaam dit wanneer hy sê:

Romeine 11: 25 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het

Dit staan onwrikbaar vas dat die verharding wat tans nog oor die grootste deel van Israel heers deur die Here self uit die weggeruim gaan word sodat Hy weer eens tot hulle harte kan spreek. Dit sal gebeur nie voordat die heel laaste persoon onder die heidene van wie God reeds voor die grondlegging van die wêreld geweet het hom/haar tot Hom sal bekeer en tot redding gekom het nie. M.a.w God het reeds voor die grondlegging van die wêreld geweet wanneer niemand meer onder die heidene hulle tot Hom sal bekeer nie, en alleenlik wanneer die heel laaste persoon ingegaan het, sal God weer met sy volk Israel begin werk. Dit gaan die Here inderdaad ook doen wanneer die sewejarige verdrukking net ná die Wegraping (“totdat die volheid van die heidene ingegaan het”) ’n aanvang sal neem. Die hoofdoel van die Groot Vedrukking is om die volk Israel vir die koms van hulle Messias voor te berei vóór die aanvang van die Millennium Vredeskoninkryk op aarde. Dat die sewejarige verdrukking primêr ’n Joodse aangeleentheid is, word onderstreep deur Jeremia 30:7:

Jeremia 30:7 Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ‘n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.

Die goeie nuus dat die Koning se wederkoms op hande is, sal durende die sewejarige Groot Verdrukking gepredik word soos in die dae van Johannes die Doper en die twaalf dissipels (Mattheus 24: 14). Hierdie keer sal daar in plaas van twaalf, 12 x 12,000 (144, 000) wees wat die goeie nuus sal verkondig.

Nêrens in hierdie gedeelte word die geringste aanduiding gegee dat die gestorwe siele van die heliges eerste opgewek sal word en dat die oorblewende lewende heiliges in ’n oogwink verander sal word om die Here in die lug tegemoet te gaan nie. Die opstanding in Openbaring sal die opstanding wees van die heilges wat gedurende die Groot verdrukking onthoof is vir hulle standvastige geloof in Jesus Christus (Openbaring 6: 9). Dit is nie ’n opstanding tot ’n opraping of  ‘n wegraping in die lug nie, maar alleenlik ’n opstanding om die Millennium koninkryk van Christus binne te gaan.

Openbaring 20:4 . . . en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. (Openbaring 20: 4).

Terloops, indien die tyd waarin ons nou lewe simbolies is van die 1000-jarige Vrederyk op aarde, wanneer het die heiliges wat gedurende die verdrukking onthoof is oor hulle getuienis van Jesus en geweier het om die merk van die dier op hulle hande of voorhoofde te neem, uit die dood opgestaan? Indien die eerste opstanding, soos Augustinus dit aan die Roomse Kerk en die Gereformeerde Protestantse kerke oorgedra het, die bekering en redding van sondaars is, dan moet hulle “opstanding” (berkering en redding) onafwendbaar gekoppel word aan die merk van die bees omdat hulle juis gedood word omdat hulle weier om die merk van die bees te neem. Waar’s die merk van die bees? Openbaring 20: 4 sê tog immers baie duidelik dat hulle ná die Groot verdrukking en vóór die aanvang van die Millennium Vrederyk op aarde uit die dood opgewek sal word. Waar regeer hulle tans as konings saam met Jesus Christus, soos Oopenbaring 20 sê sal gebeur? A-millenialiste sê hulle regeer tans in die hemel oor die simboliese 1000 jaar wat tans aan die gang is op die aarde. As hulle vanuit die hemel saam met Christus regeer, wat het dan van hulle opstanding geword (. . . en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank)? As die opstanding beteken dat dooies soos Jesus Christus liggaamlik uit die dood moet opstaan, dan beteken dit dat die heiliges wat onthoof is alreeds liggaamlik opgestaan het en met hulle nuwe verheerlikte liggame saam met Christus in die hemel regeer. Kan dit waar wees?

Baie Christene interpreteer Mattheus 24: 40, 41 as die Wegraping. Indien dit waar sou wees dan kan groot gedeeltes van hoofstuk 24 nie streng chronologies hanteer word nie. Ons moet in gedagte hou dat die hele hoofstuk die Here Jesus se antwoord is op die dissipels se vraag “Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? Die eerste gedeelte van hulle vraag slaan terug op Sy beskrywing van die vernietiging van Jerusalem en die tempel deur Flavius Vespasianus Titus en die Romeinse magte in 70 NC. Sy opvolgende beskrywing van die sewejarige verdrukking bereik ’n hoogtepunt wanneer die ongelowiges wat gedurende die verdrukking geweier het om hulle tot die Here te bekeer netsoos die ongelowiges in die dae van Noag skielik weggeneem (gedood) sal word om in Hades in bewaring gehou te word tot en met die Wit-troon oordeel na die voleinding van die 1000-jarige Vrederyk op aarde. Die oorblywende gelowiges (diegene wat nie gedood is nie) wat gedurende die Groot Verdrukking tot bekering gekom het onder die prediking van die 144 000 Joodse evangeliste sal met hulle natuurlike liggame toegang tot die 1000-jarige Vrederyk op aarde verleen word (Jesaja 65: 17-25; Mattheus 24: 37-47).

Ds. H.P.M van Ryn skryf voorts:

Onnodige troos?

As dit dan so was dat daar eers ‘n wegraping van die gelowiges sal wees voordat die groot verdrukking aanbreek, dan is groot dele van die Bybel onnodig geskryf, dele wat juis geskryf is om die gelowiges in die verdrukking te versterk en te bemoedig.

Matteus 24: 21, 22 sê byvoorbeeld: “… Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.” Die uitverkorenes word dus nie weggeraap om daardie tyd vry te spring nie, maar God kort die tyd in om hulle tegemoet te kom. Die hele Bybel is ook vol aanmoedigings om tot die einde toe te volhard, soos byvoorbeeld Matteus 24: 13. Waarom sou dit nodig wees as ons dan weggeraap sou word om die verdrukking vry te spring?

Onnodige troos? Paulus moes dan verkeerd gewees het toe hy sy relaas oor die Wegraping in 1 Thessalonicense 4: 13-18 afgesluit het met die woorde:

Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal voor wees nie. Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.

Op verskeie plekke in die Nuwe Testament word die koms van die Here vir Sy volgelinge by die Wegraping telkens as hulle “hoop” beskryf. Hoop, in hierdie opsig, is nie ’n mog-het-troffe tipe hoop nie. Dit is ’n vaste wete en vertroue dat God sal doen wat Hy belowe het. (Johannes 14).

1 Johannes 2:2, 3 Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is (Klem bygevoeg).

Daar is veral twee redes wat aangevoer kan word vir die verkeerdelike interpretasie of die algehele verwerping van die Wegraping:

  1. Die onbybelse aanname dat die kerk Israel as volk vervang het (die sg “Verplasings Teologie”). Die gevolg is dat die Groot Verdrukking nie gesien word as ’n tydvak met hoofsaaklik Joodse kenmerke nie, maar as ’n tyd waarin alle gelowiges se geloof beproef en gesuiwer sal word. Die gevolg is ook dat alleenlik die gelowiges gesien word as die uitverkorenes van God en nie die Jode as God se volk nie.
  2. Die doel van die sewejarige vedrukking is nie om gelowiges se geloof te toets nie, maar om die Joodse volk tot bekering te lei en om die nasies wat hulle nog altyd so sleg behandel en verdruk het, te oordeel. Die eg Joodse karakter van die Groot verdrukking word duidelik omlyn deur die volgende feite in ag te neem.

Ou Testamentiese geskrifte getuig daarvan (Deuteronomium 4:30, 31; Jeremia 30:7; Esegiël 20: 37; Daniël 12: 1; Sagaria 13: 8, 9), die Olyfberg diskussie van Chrsitus getuig daarvan (Mattheus 24: 9-26) en die hele boek van Openbaring getuig daarvan. Dit behels:

  • Daniël se mense.
  • Die koms van die valse Messias wat met die Jode ’n sewejarige vredesverbond gaan sluit.
  • Die verkondiging van die koninkryk.
  • Die vlug op die Sabbat.
  • Die tempel en die heilige plek.
  • Die land van Judea.
  • Die heilige stad Jerusalem.
  • Die twaalf stamme van die kinders van Israel.
  • Die seun van Moses.
  • Tekens in die hemel.
  • Die verbond met die dier (Antichris).
  • Die allerheiligste, die offerande.

Al hierdie dinge spreek van Israel en bewys dat die verdrukking hoofsaaklik ’n tyd is waarin God met Sy antieke mense gaan handel voordat baie van hulle (die oorblyfsel) die beloofde koninkryk op aarde binne sal gaan. (Deuteronomium 30:1-6; Jeremia 30: 8-10).

Dit is waar dat God dikwels verdrukkinge toelaat en gebruik om die geloof van Sy kinders te suiwer en te toets, maar dit is nie die doel van die Groot verdrukking nie. Die aard van die Groot verdrukking word in die volgende skrifgedeeltes uitgespel.

  • GRIMMIGHEID (Sefanja 1: 15, 18; 1 Thessalonicense 1: 10; 5: 9; Openbaring 6: 16, 17; 11: 18; 14: 10, 19; 15: 1, 7; 16; 1)
  • OORDEEL (Openbaring 14; 7; 15: 4; 16: 5, 7; 19: 2)
  • TOORN (Jesaja 26: 20, 21; 34: 1-3)
  • BENOUDHEID (Jeremia 30: 7; Sef. 1: 14, 15; Daniël 12: 1).
  • VERWOESTING (Joel 1: 15; 1 Thessalonicense 5: 3).
  • DUISTERNIS EN DONKERHEID (Joel 2; 2; Amos 5: 18; Sefanja 1: 14-18).

Ds. H.P.M. van Ryn skryf vervolgens:

Die hele Openbaringboek is dan ook eintlik onnodig, want Openbaring is juis geskryf om gelowiges te bemoedig, ook en veral in die tyd van die groot verdrukking. Hoor maar wat sê Jesus in Openbaring 3: 10, 11: “Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.” In hoofstuk 7 word die gelowiges beskryf wat in die groot verdrukking enduit getrou gebly het. Hulle het dit deurgemaak en met God se genade getrou gebly! Hulle is nie voor die tyd weggeraap nie! In hoofstuk 13: 7 lees ons van die antichris dat: “Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en om hulle te oorwin … .” En dan in vers 10: “Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.” As die wegraping wel bestaan, sal die antichris nie teen die gelowiges kan oorlog maak nie en sal hulle nie die volharding en die geloof nodig hê nie.

Openbaring 3: 10 is ’n sleutelvers in die voortslepende polimiek oor die Wegraping. Die teenstanders wil dit hê dat “in die uur van beproewing” beteken dat die Here Sy heiliges midde in die Groot Verdrukking gaan bewaar netsoos Hy sy volk Israel midde in Egipte bewaar het terwyl Hy Sy tien plae oor die land uitgegiet het. M.a.w hulle staan ’n INTERNE beskerming of bewaring voor waar daar hoegenaamd geen sprake is van ’n uittog (opraping of wegraping) nie. Dit is ironies dat Ds. van Ryn ook vers 7 van hoofstuk 13 aanhaal wat baie duidelik sê dat die Here die Antichris gaan toelaat om oorlog te voer teen die heliges en hulle te oorwin. So-ook getuig Openaring 6:9-10; 7-9, 13, 14; 13:15; 14:13; 16:6; 18:24 en 20:4 dat die heiliges ongekende vervolging en marteling sal ervaar. Hoe rym hierdie gedeeltes met Opebaring 3:10 waar die Here belowe dat Hy Sy getroue volgelinge “in die uur van beproewing” sal bewaar. Eers sê Hy, Hy sal hulle bewaar en dan sê die boek van Openbaring dat Hy hulle gaan oorgee aan die verwoestende haat van die Antichris om hulle te oorwin, te martel en dood te maak. Het die Here Hom weerspreek toe Hy dit in Openbaring 3: 10 gesê het”? Ds. Van Ryn protesteer dat “As die wegraping wel bestaan, sal die antichris nie teen die gelowiges kan oorlog maak nie en sal hulle nie die volharding en die geloof nodig hê nie.” Daarmee wil hy voorgee dat, indien daar wel ’n Wegraping is, daar geen gelowiges meer op die aarde sal oorbly nie. Gevolglik sal daar geen gelowiges wees wat die Here in Sy toelatende wil aan die wrede en oorlugsugtige Antichris sal kan oorgee nie. Dit opsigself impliseer dat die reddende genade van God geheel en al gedurende die sewejarige verdrukking skielik gaan opdroog en dat niemand tot redding sal kan kom nie. Openbaring 20: 4 skilder vir ons ’n heel ander prentjie:

Openbaring 20:4 . . . en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.

‘n Menigte Jode en heidene sal gedurende die sewejarige verdrukking onder die kragtige prediking van die 144, 000 Joodse evangeliste tot bekering kom en die meeste van hulle gaan deur die swaard van die Antichris omkom. Hulle gaan hulle koppe verloor. Hoe rym dit met Openbaring 3: 10?

Hoe moet ons Openbaring 3: 10 dan interperteer sodat die bewaring van die heiliges nie met die res van Openbaring bots nie? ’n Mens sou kon redeneer dat die bewaring slegs betrekking het op die geloof van die volhardende heiliges, ma.w. dat God hullle sodanig sal omvou met Sy beskermende genade dat hulle nie hulle geloof verloor nie al sou hulle hul lewens verloor. Maar, dit is nie wat openbaring 3: 10 sê nie. Let noukeurrig daarop dat die vers nie net sê dat die Here Sy heliges van beproewinge en verdrukking sal bewaar nie, maar spesifiek van die “uur van beproewing,” m.a.w. van ’n spesifieke tydsverloop wat oor die hele aarde gaan kom. Volgens die standaard lexikons en grammatika beteken die voorsetsel “ek” in “se tērēō ek tēs hōras peirasmou” (sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing) nie bewaring midde in of binne-in ’n situasie nie. Indien dit so sou wees, sou die begrip “tērēō ek” normaalweg deur “en” of ”para” in die plek van “ek” gebruik moes gewees het. Die voorsetsel “ek” beteken “van binne na buite,” m.a.w dit dui op beweging heeltemal vanuit die “uur van beproewing” wat oor die hele wêreld gaan kom. Dit kan alleenlik plaasvind met die Wegraping. Dit is dus ‘n EKSTERNE en nie ‘n INTERNE bewaring soos die a-millennialiste suggereer nie.

Ds. H.P.M. van Ryn sê voorts:

Ons belydenis

Die leer oor die wegraping word daarom ook in geeneen van ons belydenisskrifte gevind nie. Ons belydenisskrifte (byvoorbeeld Sondag 19 van die Heidelbergse Kategismus en artikel 37 van die Nederlandse Geloofsbelydenis) bely alleen maar die troosvolle finale wederkoms van Jesus Christus.

Nie nodig nie

Ons het nie die leer van die wegraping nodig nie. Nee, ons het die vaste troos dat God in beheer is en ook sal wees tydens die groot verdrukking. Hy sal sy kinders daardeur dra. En daarna sal ons Here Jesus Christus, Hy wat bereid was om vir ons sondes te sterf, weer kom om ons in hemelse blydskap en heerlikheid vir ewig by Hom te neem!

Gereformeerde predikante heg geweldig baie waarde aan die belydenisskrifte (t.w. die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Hedelbergse Kategismes en die Dordtse Leerreëls) asof dit gelykstaande is aan die Woord van God. Hoewel daar heelwat waarhede daarin opgesluit lê, is daar ook baie dinge wat regstreeks van Augsutinus en dus uit die Roomse tradisie oorgeneem is.

Dit is opvallend hoe maklik die uitdrukking “God is in beheer” gebruik word wanneer die Bybelse leerstellings soos die Wegraping, die Groot Verdrukking en die 1000 Vrederyk op aarde te berde kom. Wat bedoel diegene was so lief is om te sê dat God in beheer is met die woord “beheer.” Beheersing of heerskappy beteken tog sekerlik dat die persoon wat in beheer is as koning en regeerder absoluut heers en dat almal doen wat hy sê en beveel. Is God in beheer? As God hier op aarde in beheer was, sou die Here Jesus ons nooit geleer het om te bid nie “Laat U wil geskied soos in die hemel netso ook op die aarde.” Dit alleen bewys onteenseglik dat God se wil tans nie op hierdie ou gebroke aarde van ons geskied nie. Selfs nie eens die kinders van God is almal honderd persent onder Sy beheer nie en doen nie Sy wil honderd persent nie. Daarvan getuig die Here Jesus se woorde in Romeine 6: 12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.” As God self oor ons sterflike liggame geheers het, sou die Here nooit die opdrag gegee het dat ons daaroor moet heers nie. Daar waar God in beheer is, doen almal Sy wil honderd persent uit ‘n rein hart met liefde wat heilige ontsag vir Hom het. Dit is presies soos Sy wil tans in the hemel gedoen word. Hy het nog nooit en sal ook nooit Sy wil of Sy heerskappy op enigiemand afdwing nie. Sy heerskappy is gegrond op ’n wedersydse rein liefde. Daarom het die Here Jesus eenmaal gesê “As julle my liefhet, bewaar my gebooie,” (Johannes 14:15); “Wie my gebooie het en die bewaar, dit is hy wat My liefhet, hom sal my Vader liefhê en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar” (Johannes 14:21); “As julle my gebooie bewaar, sal julle in My liefde bly, net soos Ek die gebooie van My Vader bewaar en in Sy liefde bly” (Johannes 15:10). As God werklik in beheer was oor die ganse mensdom in so ’n mate dat almal honderd persent sy wil gedoen het, sou dit nooit vir Hom nodig wees om die mensdom te oordeel nie. Dit is juis omdat die mensdom nie onder sy totale heerksappy (beheer) wil staan nie dat hy hulle moet oordeel.

Die aanname dat God reeds oor alles op hierdie gebroke wêreld in beheer is, kom van die Calvinistiese seining dat Hy alles voor die grondlegging van die wêreld bepaal, voorsien en beplan het — selfs ook die sondeval en die sondes wat die wêreld tans teister. Om dit enigsins anders te interpreter, sou ‘n flagrante aantasting wees van God se soewereiniteit. Dit is altans wat die Calvinisme glo en predik. As God in beheer was sou die apostel Johannes nooit kon sê dat die hele wêreld in die mag van die bose lê nie (1 Johannes 5:19). Die aanname dat God alreeds in beheer is, is ‘n valse troos want dit wek die indruk dat Sy kinders nie meer nodig het om te waak en te bid nie; dat ons nie nodig het om die duiwel te weerstaan nie; en dat ons hoegenaamd nie meer langer self oor ons sterflike liggame hoef te heers nie.

Ds. H.P.M. van Ryn en die oorgrote meerderheid gereformeerde predikante sê Ons het nie die leer van die wegraping nodig nie. Nee, ons het die vaste troos dat God in beheer is en ook sal wees tydens die groot verdrukking. Hy sal Sy kinders daardeur dra.” Is dit werklik wat die Here Jesus en Sy Woord ons leer? Allermins, want Christus Jesus self het gesê Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie” (Openb. 13:7). Dat God, soos in die geval met Sy Seun, Jesus Christus, Satan by monde van Pilatus die mag gegee het om Hom om die lewe te bring, so sal Satan deur die Antichris die mag gegee word om die meeste van die Jode en heidene wat gedurende die Groot Verdrukking tot bekering kom, om die lewe te bring. En tog sê die gereformeerde predikante dat God Sy kinders daardeur sal dra. Hoe rym dit?

Paulus noem die wegraping in 1 Thessalonicense 4 ’n troos en ’n bemoediging. Dieselfde woord wat hier gebruik word verskyn ook in Johannes 15: 26 nl. “parakaleo.” As die gereformeerde predikante nie die troos (“parakaleo”) van die wegraping nodig het nie, ontstaan die vraag of hulle die Trooster (“Parakleto”) enigsins nodig het. Dit is juis die Heilige Gees in die kinders van God wat hulle aanmoedig om mekaar te troos en te bemoedig met die wete dat die Wegraping enige oomblik kan plaasvind (1 Thessalonicense 4:18). Hoe op dees aarde kan die gereformeerde predikante dan sê dat hulle die leer van die Wegraping nie nodig het nie omdat God altoos in beheer is?

Paulus het die leer van die Wegraping, soos die res van die leer van die Evangelie, regstreeks van ons Heiland ontvang (Galasiërs 1:12). Die gevolg is dat die gereformeerde predikante op uiters gevaarlike grond staan as hulle sê dat hulle die leer van die Wegraping nie nodig het nie. As die verlossing (redding) van die siel ’n primêr belangrike deel van die Evangelie is dan moet die Wegraping ook ewe belangrik wees omdat dit die leer van die finale verlossing van ons totale menswees insluit. Luister na wat Paulus vir ons in 1 Thessalonicense 5: 8-10 sê:

1 Thessalonicense 5:8-10 Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid. Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe. Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

Paulus verwys nie hier na die redding van ’n sondaar se siel wanneer hy hom onder die oortuiging van die Heilige Gees na die Here wend vir die vergifnis van sy sondes nie. Paulus praat hier met mense wat alreeds tot redding gekom het. Die “saligheid” (verlossing) waarna Paulus in vers 9 verwys, kan dus hoegenaamd nie op die saligheid van ’n sondaar wanneer hy tot bekering kom van toepassing gemaak word nie. Inderdaad, die saligheid in hierdie verband verwys na die finale beslag van ons verlossing (gees, siel en liggaam) by die Wegraping wat Paulus in hoofstuk 4 van 1 Thessalonicense beskrywe. So intens heerlik is hierdie finale verlossing dat selfs die hele skepping met reikhalsende verlange daarna uitsien.

Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van god. Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe. En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 2 Comments »

Die Pre-Groot Verdrukking Wegraping – Deel 1

Posted by Thomas on January 3, 2009

Inleiding

‘n Goeie vriend en broer van my in die Here het nie lank voor sy dood nie die artikels van ‘n klompie gereformeerde predikante aan my gestuur waarop ek soos volg kommentaar gelewer het.

Dit is nogal ironies dat almal wat die wegraping ontken tog verplig voel om Paulus se woorde in 1 Thessalonicense 4: 17 “Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees,” met iets van ’n wegraping te vereenselwig. Ds. Rob Visser skryf in sy artikel “Wie Bly Agter?” as volg.

Die Here Jesus kom by sy wederkoms van die hemel af. Dan staan almal wat op aarde geleef het op. Die mense wat dan op die aarde leef verander. Die gelowiges van alle eeue vaar dan van die aarde op en ontmoet in die lug die Here Jesus. Hulle verwelkom hulle God en Redder en gaan dan saam met Hom na die aarde waar Hy dan almal sal oordeel en waar die aarde tot die nuwe aarde word.

Hiervolgens is dit duidelik dat die teëstanders van die Pre-Groot Verdrukking Wegraping erken dat die tweede Koms van Christus Jesus ten minste in twee fases sal plaasvind — d.i. die opraping om Hom in die lug tegemoet te gaan en Sy terugkeer onmiddellik daarna saam met die heiliges na die aarde om die nasies te oordeel. Daar is egter ’n paar wesentlike probleme met hierdie besondere siening. Eerstens, plaas dit die opstanding van almal (gelowiges en ongelowiges) in dieselfde en gelyktydige tydraamwerk terwyl die Bybel uitruklik leer dat hulle nie saam of gelyltydig uit die dood opgewek gaan word nie. Tweedens, bied die aanname dat alle gelowiges (die opgestane dooies en die oogwink-veranderde lewendes) die Here in die lug tegemoet gaan net om onmiddellik weer na die aarde terug te keer, nie tyd vir die voltrekking van die Bema-troon oordeel en die Bruilof van die Lam nie. “Dit is nie waar nie,” sal die anti-wegraap kamp waarskynlik van verontwaardiging uitroep en sê: “Die bruilof vind plaas wanneer Christus met Sy Tweede Koms terugkeer na die aarde onmiddelik nadat Hy Sy bruid in die lug tegemoet gegaan het.”

Wat sê die Skrif? Volgens Openbaring 19:7 sal die Bruilof van die Lam alreeds a voldonge en afgehandelde gebeuretenis wees wanneer Christus Jesus met Sy Tweede Koms na die aarde terugkeer. Daarvan getuig die woord “erchomai” (het gekom) wat ’n reeds voltooide daad aandui en nie iets sal wees wat op daardie spesifieke oomblik gaan plaasvind nie. Die gebruik van die woord waar mense betrokke is, beteken nie dat iets aangebreek het nie maar dat die reeds voldane gebeurtenis van een plek na ’n ander verplaas is of gekom het en in die openbare oog sigbaar geword het. M.a.w. dit dui daarop dat die Bruilof van die Lam alreeds voltrek sal wees wanneer Hy met Sy Tweede Koms na die aarde terugkeer. Dit word ook baie duidelik beaam deur vers 8 wat sê dat aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.” Dit is uiters belangrik om daarop te let dat die regverdigheid van die heiliges in die meervoud is en verwys dus nie na die eenmalige toegerekende geregtigheid wat elke bekeerling by sy redding ontvang nie. Dit verwys na die regverdige dade van die heilges wat die vuurtoets van die Bema-troon oordeel deurstaan het. Ek sal later ’n bietjie meer oor die Bema-troon oordeel sê. Dit beteken nie dat die rein en blink fyn linne (regeverdige dade) van die regverdiges by die Tweede Koms aan die heilges gegee sal word nie. Inderdaad, al die regverdiges kom reeds geklee met rein en blink fyn linne (regverdige dade) wanneer hulle saam met Christus terugkeer. Daarvan getuig Openbaring 19: 14 baie duidelik: “En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.”

So-ook getuig Lukas 12:35, 36 dat die heilges reeds met hulle rein en blink fyn linne beklee sal wees wanneer hulle saam met hulle Bruidegom terugkeer by Sy Tweede Koms. Judas vers 14 sê ook uitdruklik dat tienduisende heiliges saam met Christus sal kom by sy wederkoms na die aarde. Met ander woorde, die heiliges moes hulle rein en blink fyn linne ontvang het by die Bema-troon oordeel nadat hulle van die aarde weggeraap is om Hom in die lug tegemoet te gaan. Die uit-die-dood-opgewekte en lewende-in-’n- oogwink-veranderde heilges sal dus nie weggeraap word om Hom in die lug tegemoet te gaan en dan weer onmiddellik na die aarde terug te keer nie. Hulle sal Hom na sy hemelse koninkryk vergesel waar elkeen volgens sy dade by die Bema-troon oordeel of ’n beloning gaan ontvang of waar sy dade deur die vuurtoets tot niet gemaak gaan word. Daarna volg die bruilof wat ook in die hemelse koninkryk voltrek sal word. Terwyl hierdie dinge in die hemel plaasvind, sal daar ’n ongekende tydperk van verdrukking oor die hele aarde kom wat sewe jaar lank gaan duur (Mattheus 24)

Wat veral baie veelseggend is en onomwonde bewys dat die Bruilof van die Lam ’n voldonge en afgehandelde gebeurtenis sal wees wanneer Christus Jesus met Sy Tweede Koms verskyn, is Sy woorde in Lukas 12: 36: “En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.” Van wie en met wie praat die Here Jesus hier? Praat Hy van en met Sy bruid? Dit sou baie vreemd wees indien dit Sy bruid sou wees vir wie Hy maan om gereed te wees om vir Hom oop te maak wanneer Hy terukeer vanaf die bruilof. As die bruid op daardie tydstip nog op die aarde sou wees om gereed te maak om vir Hom oop te maak, sou dit beteken dat Sy bruid nie saam met Hom in die hemel was nie toe Sy bruilof voltrek is. Watter bruidegom het ooit alleen en sonder sy bruid voor die kansel gestaan toe sy huwelik voltrek is? En tog verwag die a-millennialiste dat die Here Jesus Christus – die Bruidegom van alle bruidegoms – se huwelik sonder Sy bruid aan Sy sy voltrek moet word.

Onthou! In Lukas 12: 35, 36 sê die Here Jesus baie duidellik “En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom . . .” As dit nie die bruid is wat gereed moet maak om vir die Bruidegom oop te maak nie, wie is dit dan? Openbaring 19: 7-16 beskryf die bruilofsmaal wat na die voltrekking van die huwelik plaasvind. Lukas 12: 35 en 36 suggereer dat die huwelik self in die hemel voltrek word maar dat die bruilofsmaal (die huweliksonthaal) op die aarde gevier gaan word. Verskeie gelykenisse in Mattheus, o.a. die gelykenis van die vyf wyse en vyf dwase maagde in hoofstuk 25 en die gelykenis van die persoon wat betrap is sonder ’n bruilofskleed by die bruilofsmaal in hoofstuk 22 is voldoende bewys dat dié feesmaal op die aarde gevier sal word.

Dit is voor-die-hand-liggend dat as die Bruilof van die Lam en die toebereiding van die bruid in haar rein en ongekreukelde fyn linne reeds ’n voldonge en afgehandelde gebeurlikheid sal wees wanneer Christus Jesus na die aarde terugkeer met Sy Tweede Koms, dan moes die bruid op een of ander stadium voor Sy Tweede Koms saam met Hom na Sy hemel verhuis het. Inderdaad, Christus Jesus het belowe: Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Johannes 14: 2, 3). Op hierdie tydstip is dit belangrik om daarop te wys dat die koms van die Here vir Sy eie gepaard gaan met ’n beloning (1 Kontinthiërs 4a: 5; 2 Korinthiërs 5: 10; Openbaring 22: 12). Dit bring ons by die betekenis va die Bema-troon oordeel wat nie met die wit troon oordeel van Openbaring 20:11 verwar moet word nie. Die eersgenoemde is net vir die gelowiges en laasgenoemde net vir die ongelowiges.

Die Skrif omskryf baie duidelik twee tipe opstandings — die opstanding van die regverdiges en dié van die onregverdiges. Sommiges interpreteer Handelinge 24: 17 as ’n enkele en gelyktydige gebeurtenis. As ons egter na Openbaring 20 verse 5 en 6 kyk, is daar twee duidelik onderskeibare opstandings — dié van almal wat gedurende die Groot Verdrukking vir hulle getuienis onthoof is en vóór die duisenjarige vrederyk opstaan om saam met Christus te regeer en alle ongelowiges wat eers ná die duisendjarige vrederyk opstaan om by die wittroon oordeel finaal in die poel van vuur gewerp te word. Maar, hoe nou gemaak met die opstanding van die dooies by die Wegraping. Is dit nie die eerste opstanding nie? Sommiges maak die fout om “eerste” en “tweede”te sien as twee sekwensiële of chronologiese gebeurlikhede, terwyl die Bybel dit nie so bedoel nie. “Eerste” en “tweede” het bloot ’n kwalitatiewe betekenis, in die sin dat die eerste lei tot ’n ewige heerlikheid en die tweede tot ’n ewige verskriklike verdoemenis.

Die opstanding van die ontslape gelowiges soos beskrywe in 1 Korinthiërs 15: 51-55 en 1 Thessalonicense 4: 17 maak deel uit van die eerste opstanding wat lei tot ’n oordeel — die sg. Bema-troon oordeel van Christus. Die doel hiervan is nie om te bepaal of iemand se naam in die Boek van die Lewe voorkom al dan nie, maar om die werke van die gelowiges ná hulle bekering met vuur op die proef te stel om te bepaal wie van hulle lone of krone sal ontvang. Ons lees hiervan in 1 Korinthiërs 3: 11-15:

Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. En as iemand op die fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels — elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

Daar bestaan geen twyfel nie dat die Bema-troon oordeel net vir gelowiges bedoel is. Die persoonlike naamwoord kom te dikwels in 2 Korinthiërs 5:1-9 voor om dit oor die hoof te sien of te ontken. Alleenlik die gelowige kan ’n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele” hê. Alleenlik die gelowige kan “die sterflike deur die lewe verslind” ervaar. Alleenlik die gelowige kan God se werking ervaar wat “ons ook die Gees as onderpand gegee het.” Alleenlik die gelowige kan die sekerheid hê dat terwyl “ons in die liggaam uitwoon, ons van die Here inwoon.” Alleenlik die gelowige kan “wandel deur die geloof en nie aanskouing nie.” Elke gelowige se werk wat hy/sy in die liggaam gedoen het (2 Korinthiërs 5: 10) sal deur vuur op die proef gestel word om vas te stel wie een of meer van die volgende lone sal ontvang:

  • ’n Onverwelklike kroon vir elkeen wat oorwinning kry oor hulle vleeslike natuur (1 Korinthiërs 9: 25).
  • ’n Kroon van Roem en Blydskap vir die sielewinner (1 Thessalonicense 2: 19).
  • Die Kroon van die Lewe vir elkeen wat versoekinge verdra en die toets deurstaan (Jakobus 1: 12).
  • Die Kroon van Geregtigheid wat Sy verskyning (by die Wegraping) liefgehad het (2 Timotheus 4: 8).
  • Die Onverwelklike Kroon van Heerlikheid vir elkeen wat bereid is om die skape die regte voeding te gee (1 Petrus 5: 4).

Dit is duidelik dat die Bruilof van die Lam ná die beëindiging van die Bema-troon oordeel in die hemel sal plaasvind terwyl God se oordele sewe jaar lank oor die nasies onder aanvoering van die Antichris uitgestort sal word. Dit bring my flussies weer by die argument dat die wegraping, volgens die teëstanders van ’n Pre-Groot Verdrukking Wegraping, eintlik maar die Tweede Koms van Jesus Christus na die aarde is wanneer Hy die gelowiges gaan opraap om Hom in die lug tegemoet te gaan net om weer dadelik na die aarde terug te keer om die nasies te oordeel. Sou dít waar wees, sal daar hoegenaamd geen tyd besklikbaar wees vir die Bema-troon oordeel en die bruilof van die Lam nie.

Dit bring my by die volgende vraagstuk wat die teëstanders van ’n Pre-Groot Verdrukking Wegraping voor die deur van die wegraper-gelowiges lê en dit is: Sal die gelowiges deur die Groot verdrukking moet gaan? Twee baie duidelik onderskeibare betekenisse van die woord “verdrukking” word in die Bybel gebruik. Dat die gelowige verdrukking in hierdie lewe moet en sal ervaar is nie altemit nie. Die Here Jesus self het gesê dat ons verdrukking sal hê maar dat ons goeie moed moet hou want Hy het die wêreld vir en namens ons oorwin (Johannes 16:33). Die verdrukking wat gelowiges ervaar, het ’n gans ander doel en betekenis as die Groot Verdrukking waarvan Christus in Mattheus 24 melding maak. In hierdie welbekende hoofstuk waarin Jesus ’n blik op die eindtye gee, definieer Hy die Groot Verdrukking as ’n unieke tyd waarin daar so ’n groot verdrukking sal wees soos daar van die begin van die wêreld af nie was nie en ook nie weer sal wees nie (Mattheus 24: 21). Hy kon dus kwalik na die verdrukking van gelowiges verwys het omdat sodanige verdrukking en vervolging reeds van die begin van die skepping voorgekom het en tot vandag toe nog voortduur. Daar is dus niks unieks aan die verdrukking van die gelowiges nie omdat dit nie net eenmaal en toe nooit weer daarna plaasgevind het nie.

A-millenianiste (Prestriste) plaas die Groot verdrukking in die tydperk 70VC toe Jerusalem en die tempel deur die Romeine onder aanvoering van Flavius Vespasianus Titus vernietig is. Indien dit wel die Groot Verdrukking was dan het Christus gelieg toe Hy gesê het: “Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.” Elkeen wat bereid is om sy intellegensie wat die Here hom gegee het te gebruik, sal gou agterkom dat Hitler se vervolging en moord van 6 000 000 Jode ’n veel groter en intenser of ten minste netso ‘n groot verdrukking was as dié van Titus. As ’n mens die omvang van die Tweede Wêreldoorloog in oënskou neem, dan sou ons die Groot Verdrukking eerder tussen 1938 en 1945 kon plaas omdat Openbaring 3:10 sê dat ’n uur van beproewing oor die hele wêreld kom. Maar, ook die Tweede Wêreldoorlog en enige ander oorloë wat daarop gevolg het, kon gewis nie die Groot Verdrukking wees nie omdat die gebeure wat onmiddelik na die Groot Verdrukking gaan afspeel hoegenaamd nog nie plaasgevind het nie. Vanaf vers 29 van Mattheus 24 lees ons:

“En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.”

Die Wegraping van alle gelowiges om Christus in die lug tegemoet te gaan, is ‘n unieke gebeurtenis wat in sy wese en doel verskil van Christus se Tweede Koms na die aarde. Ek sal in die verloop van hierdie reeks oor die Wegraping hierdie verskille aandui.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , | 7 Comments »

Hoe behoort die Dissipels van die Here Jesus die Nuwe Jaar tegemoet te gaan?

Posted by Thomas on January 2, 2009

Benewens die feit dat alle dissipels van die Here Jesus die onvervalste Evangelie van God nog steeds aan ‘n verloregaande wêreld moet verkondig en in die krag van die Heilige Gees kragtig moet stry vir die waarheid wat een maal aan ons oorgelewer is, is daar twee ewe belangrike dinge wat ons moet doen.

Kyk na bo

Luk 21:28 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is. (Klem bygevoeg)

Ons leef in ‘n wêreld wat in toenemender mate afvallig word van die enige ware God van Abraham, Isak en Jakob. Ek gebruik doelbewus die benaming “God van Abraham, Isak en Jakob” omdat hierdie afvalligheid ten nouste saamhang met die toenemende wêreldwye vyandiggesindheid teenoor Israel. Die Jode is sedert hulle God-verkreë hervestiging in die Midde-Ooste in 1948 daagliks in ‘n oorlewingstryd gewikkel, en dikwels kom hierdie vyandiggesindheid nie uit die geledere van ongelowiges nie maar grootliks uit die geledere van mense wat hulleself Christene noem. Die tragiese ironie hiervan is dat die sg. “Vervangingsteologie” (“Replacement Theology”) ‘n baie groot bydrae lewer tot die groeiende vyandiggesindheid teenoor die Jode in Israel en ook wêreldwyd. Dit, soos ek in een van my vorige kommentare gesê het, kom kortliks neer op die aanname dat God al die beloftes en seëninge wat Hy in die Ou Testament oor Israel uitgespreek het, nou op die kerk oorgedra het omdat die Joodse volk Christus werwerp het. Hierdie leer word tans ook baie sterk in Suid-Afrika in die geledere van die Calvinisme ondersteun, ten spyte van die talryke uitsprake wat God deurgaans in die Skrif t.o.v. sy volk Israel maak. Maak gerus die volgende teksgedeelte ‘n moet in u arsenaal teen die leuens van die duiwel.

Rigters 2:1 Toe trek die Engel van die HERE van Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met ‘n eed beloof het, en gesê: Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie;

Hoe weet ons dat God sy beloftes aan Israel sal nakom in weerwil van hulle eeuelange ontrouheid, afvalligheid en rebellie?

Num 23:19 God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?

Maar nee . . .! die mensekind wat, soos God sê, so maklik kan lieg, beskuldig die Allerheiligste van leuenagtigheid en verklaar dat Hy sy beloftes aan sy volk Israel nooit sal nakom nie. Wie moet ons glo – vir God of die mensekind wat so maklik kan lieg? Sjoe! dis darem maar ‘n  uiters moeilike keuse wat ons moet maak, nie waar nie? Kom hierdie gruwelike beskuldigings teen God nie maar ook uit harte wat oorskadu is met rebellie en afvalligheid nie? Enigeen wat die nakomelinge van Abramam, Isak en Jakob ter wille van die Vervangingsteologie afskryf en ‘n ikabod-swaard oor hulle koppe hou, is eintlik maar besig om die God van Abraham, Isak en Jakob ook af te skryf. ‘n God wat nie sy beloftes kan nakom nie, is nie betroubaar nie en dis maar eintlik wat die aanhangers van die Vervangingsteologie suggereer.

“En as hierdie dinge begin gebeur . . . kyk dan na bo” Wat is “hierdie dinge” waarna Christus vewys het? Ons vind die antwoord in die daaopvolgende verse.

Luk 21: 29-31 Let op die vyeboom en al die bome. Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is. So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur. (Klem bygevoeg).

Toe Frederik die Grote van Pruise (‘n Ateïs) op ‘n dag sy hofdienaar vra: “Bewys vir my dat God bestaan,” het hy sonder aarseling geantwoord, “Die Jode.” Die Pruisiese monarg was nie in die minste beïndruk nie omdat hy onder die diaboliese invloed van Voltaire was en as ateïs gesterwe het. Geen ander volk het nog ooit deurgemaak wat die Jode dwarsdeur hulle geskiedenis ervaar het nie. Dink daaraan: verskeie indiwidue en volkere het van tyd tot tyd dwarsdeur die geskiedenis probeer om die Joodse volk geheel en al uit te wis, maar God het dit nie toegelaat nie en sal dit ook nooit toelaat nie. Inderdaad, die Here beloof in Jesaja:-

Jes 11:11 En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van die see;
Jes 11:16 En daar sal ‘n grootpad wees vir die oorblyfsel van sy volk wat oorbly uit Assur, soos daar een gewees het vir Israel op die dag toe hulle uit Egipteland opgetrek het.

Dié Joodse uittog “in dié dag” vanuit die vier uithoeke van die wêreld sal plaasvind teen die einde van hierdie wêreldsisteem soos dit tans daaruitsien, maar Jesus herinner ons om nou reeds bedag te wees op die begin van hierdie dinge – d.i. die herstel van sy volk in hulle eie land. God se eindtyd handelinge met sy volk Israel is dus dié belangrikste teken van sy wederkoms en Jesus moedig sy volgelinge aan om na bo te kyk wanneer hulle hierdie dinge sien gebeur.

Bemoedig mekaar

Daar is net twee plekke in die Bybel waarin die woorde “Bemoedig mekaar” voorkom en albei het betrekking op die Wegraping.

1Tes 4:18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.
1Tes 5:11
Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

Die woorde van bemoediging verskyn in verse 16 en 17 van 1 Thessalonicense 4.

1 Thes 4:16 en 17 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

Die woord “bemoedig” (“parakaleo”) is afgelei van dieselfde woord wat gebruik word vir die Trooster of die Heilige Gees (“Parakletos”). Dit kom dus daarop neer dat hierdie “bemoediging” nie maar sommer net ‘n mens-geïnspireerde bemoediging is nie; dit is ‘n Heilige Gees geïnspireerde bemoediging wat uitloop op ‘n definitiewe, onafwendbare en heerlike gebeurtenis – die koms van die Here by die Wegraping. Paulus beskryf die doel van die Wegraping vir ons in 1 Thessalonicense 5: 9 en 10.

1 Thes 5: 9 en 10 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.

Die “toorn” waarna Paulus verwys, is nie die toorn wat God in die laaste oordeelsdag oor al die ongelowiges gaan uitgiet wanneer Hy hulle in die ewige poel van vuur werp nie. Dit verwys na die toorn wat God tydens die sewejarige verdrukking oor almal wat die antichris as God gaan aanbid, sal uitgiet. Dit is hierdie toorn waartoe al die gelowiges nie bestem is nie en deur Jesus Christus weggeraap (“harpazo”) gaan word voordat die sewejarige Groot Verdrukking ‘n aanvang neem. So-ook verwys die “saligheid” in hierdie gedeelte na die finale beslag van al die gelowiges se redding wanneer hulle uiteindelik verlos gaan word van hulle huidige aardse liggame om soos Jesus Christus ‘n verheerlikte en onsterflike liggaam te ontvang. Hierdie belofte staan vas.

Ope 3:10 Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

Ek wil na aanleiding van die bovermelde my bloglesers nie met die tradisionele woorde van “’n Voorspoedige Nuwe Jaar” toewens nie maar met die woorde van die Here Jesus en Paulus – “kyk na bo” en “bemoedig mekaar met hierdie woorde.”

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , | Leave a Comment »

Is die Antichris reeds in ons midde?

Posted by Thomas on December 24, 2008

Die Vervangingsteologie

Die Vervangingsteologie (“Replacement Theology”), die aanname dat al die eskatologiese profesieë  en beloftes in die Ou Testament m.b.t. Israel, op die kerk (ekklesia – uitgeroeptes) oorgedra is omdat die Jode korporatief God se Seun verwerp het, gee aanleiding tot ‘n magdom onbybelse afleidings en onwaarhede, veral rondom die wegraping, die daaropvolgende openbaarmaking van die Antichris, sy sewejarige vredesbebond met Israel en die gepaardgaande herbouing van die tempel in Jerusalem, die sewejarige Groot Verdrukking, die wederkoms van Christus na die aarde en die vestiging van sy vredesryk van ‘n 1000 jaar hier op aarde. Hoewel die vervangingsteologie reeds in die tyd van Paulus sy lelike kop uitgesteek het (hy spreek dit aan in sy elle lange brief aan die Romeine, veral in die 9de, 10de en 11de hoofstukke), was dit hoofsaaklik Augustinus wat die simboliese eindtydteologie in sy boek “City of God” gesistematiseer het en gevolglik die wegspringplek geword het vir die verkeerde sienings oor die leer oor die antichris.

Augustinus van Hippo, geskilder deur Sandro BotticelliAugustinus sou by geleentheid in een van sy preke aan ‘n gemeente vra of daar enige indiwidue teenwoordig was wat moontlik die antichris kon wees. Sommige a-millennialiste (teenstanders van ‘n letterlike 1000 jaar van vrede op aarde en dus die simboliese vertolking van die boek Openbaring onderskryf) gebruik hierdie insident om aan te dui dat die antichris nie ‘n indiwidu in die vlees kan wees nie, maar ‘n gees is wat in en deur ‘n menigte persone werksaam is. Ten dele is dit die waarheid, maar nog lank nie die volle waarheid nie. Sommige a-millennialiste gaan so ver deur te sê dat die antichris jy en ek is. Iemand skryf soos volg op hulle blog:

The call here is to heed the warning, not engage in vain speculation; rather, we are to make sure we are lined up to Him, loyal to our LORD! This means that as we lead our lives and run our churches, we have to seek Him and ask, are we being disloyal to our Lord? If so, guess what? The antichrist is not a political figure; it is us…you! We are the ones who are opposing Christ! This aspect is far more important than the speculations, because it all comes down to one thing, loyalty. Are you devoted to Christ or a slave to your will and to the manipulations of others? [1] (Klem bygevoeg)

As dit net gaan om getrouheid en die verslawing aan jou eie wil, dan moet ons ons onself afvra in hoe ‘n mate moet ek, jy en ons getrou wees aan die Here sodat ek en jy en ons nie as die antichris bestempel kan word nie. Sal ‘n glyskaal tussen 0% en 99.99% van ontrouheid ‘n antichris van my, jou en ons maak of moet ek, jy en ons 100% getrou wees aan die Here om nie as die antichris bestempel te kan word nie. Wie van, ek en jy en ons was al ooit ons lewe lank getrou aan die Here? Indien jy, die leser, dit al reggekry het om 100% getrou te bly aan die Here, dan het jy Hom nie nodig om jou Saligmaker te wees nie, want dan het jy vermag wat Hy alleen hier op aarde reggekry het. Inderdaad, jy het dan beslis iets waarop jy kan roem en dit is dat jy nog nooit ‘n enkele sekonde rede daartoe gegee het om as die antichris bestempel te word nie. Hoe is dit moontlik dat Christene in hierdie soort eksegetiese valshede en warrelwinde kan opgaan?

Dit is ietwat van ‘n naïewe gevolgtrekking wat die persoon maak omdat hy nie die volledige Bybelse beskrywing van die antichris in oënskou neem nie. Kom ons kyk vir ‘n slag wat die Bybel oor die antichris sê:

Openbaring 13:1-9 en 11-17 En ek het op die sand van die see gaan staan. (13:1) En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?  En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen. En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster. Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie. . .

. . . En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak. En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is. Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het. En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie. En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.

Indien die anticrhis nie ‘n toekomstige politieke figuur is nie maar “ons” en “ek” en “jy,” dan beteken dit (as ons die bg. aanhaling in oënskou neem) dat die antichris hom reeds in “my,” “jou” en in “ons” geopenbaar het; dat die hele wêreld verwonderd agter “my,” “jou” en “ons” aangaan; dat die hele wêreld die draak (die duiwel) aanbid wat aan “my,” “ons” en aan “jou” die mag gee sodat hulle “my,” “ons” en “jou” ook aanbid; dat “ek,” “ons” en “jy” die mag ontvang het om oorlog te voer teen die heiliges en om hulle te oorwin; dat “ek,” “ons” en ”jy” mag het oor elke stam en taal en nasie. Nog meer, dit beteken dan ook dat die valse profeet wat in verse 11 tot 17 beskryf word, ook nie ‘n persoon kan wees nie maar ook ‘n gees is wat die hele wêreld dwing om die beeld van die anticrhis (d.w.s ‘n beeld van “my,” “jou” en van “ons”) te aanbid. Is die gees van die valse profeet ook in “jou” en in “my” en in “ons” of miskien in ander “onse” en “joue?” Kan u sien hoe absurd dit raak wanneer die antichris net vergeestelik en net as ‘n geestelike invloed vertolk word? Miskien sal u vir my wil sê dat so ‘n siening darem te dik is vir ‘n daalder. Die volgende uittreksels hieruit onderskryf hierdie eienaardige eksegese nog wyer.

There are only four verses in Scripture referring to “antichrist” by name and one has to ask why the apostle John — and only John — mentions him. Well, when were John’s books written? Around 95 to 105 A.D.. The other apostles had all been martyred and John was the only one still alive. By that time, many heresies had entered the church: the Marcionites, the Gnostics, the Nicolaitans, the Balaamites, etc., etc., and John knew about them all.

In my opinion, John’s Gospel and his epistle’s were written primarily to combat those heresies. For instance, John 1:1-18 directly refutes the Gnostic view of the nature of Jesus while the rest of John’s Gospel flatly declares Jesus’ deity and His oneness with God the Father. In my opinion, the four versus in 1st and 2nd John referring to antichrist were written for the same purpose: to combat false views that existed in the early church. The phraes “you have heard” shows that the idea of a coming super bad character called “The Antichrist” was already in the Church. . . .

Die argument dat dit of dat of sus of so net eenmaal of ‘n paar keer, of geensins in die Woord van God vermeld word nie en dus nie gewig verleen aan die Millenniale siening nie, is seker dié swakste stukkie eksegese denkbaar. Die woord “Drie-eenheid” kom nêrens in die Woord van God voor nie. Maak dit van die leerstelling oor die Drie-eenheid ‘n blote mite? Die name “Jesus Christus,” “Christus Jesus” en “Christus” kom nêrens in die Ou Testament voor nie. Moet ons dus aanvaar dat Hy nie in die Ou Testament aanwesig was nie? Hoewel hierdie besondere name van die Seun van God nie in die Ou Testament voorkom nie, word ander besondere name in die Ou Testament aan Hom toegedig:

  • Wonderbaar
  • Raadsman,
  • Sterke God,
  • Ewige Vader,
  • Vredevors (Jesaja 9:5)
  • Lelie van die Dale (Hooglied 2:1)
  • Narsing van Saron (Hooglied 2:1)
  • Die Engel van sy aangesig (Jesaja 63:9)
  • Die Engel van die Here (Exodus 3:2; Rigters 13:15-22)
  • Die Arm van die Here  (Jesaja 51:9; 53: 1)
  • Die Regverdige Spruit (Jeremia 23:5; Sagaria 3:8; 6:12)
  • Die Leërowerste van die Here (Josua 5:14, 15)
  • Die Vors en Gebieder van die nasies (Jesaja 55:4)
  • Die Here van die Leërskare (Haggai 2:7)
  • Die Uitverkorene van God (Jesaja 42:1)
  • God se Metgesel (Sagaria 13:7)
  • Die Wysheid van God (Spreuke 8:12)
  • ‘n Tere Loot voor God se aangesig (Jesaja 53:2)
  • Beproefde Steen; Kosbare Hoeksteen (Jesaja 28:16)
  • Die Son van Geregtigheid (Maleagi 4:2)
  • Die Ster uit Jakob; ‘n Septer uit Israel (Numeri 24:17)
  • Die Herder van Israel (Psalm 80:1)
  • Silo (Genesis 49:10)
  • Die Saad van die Vrou (Genesis 3:15)
  • Heerser van Israel (Miga 5:1)

Omdat die duiwel ‘n na-aper is van God (2 Korinthiërs 11:14) en Jesus vlees en bloed deelagtig geword het, moet sy finale valse Christus noodwendig ook iemand in die vlees hier op aarde wees om sy  na-apery geloofwaardig te maak. Kom ek swaai hierdie stelling so ‘n bietjie om deur te vra: Sou Jesus geloofwaardig wees as Hy net as ‘n gees hier op aarde verskyn het en sou Hy sy werk as Saligmaker kon volbring as Hy net as ‘n geestelike entiteit op aarde verskyn het? (Hebreërs 2:14). Die satan wil juis die vleeswording van Jesus Christus ondermyn deur iemand die mag te gee om as Antichris die Here Jesus Christus se plek in die vlees in te neem.

1 Johannes 4:3 . . . en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.

Hy wil die wêreld dus ‘n ander Jesus bied wat in die plek van en teen Jesus optree. Dit is so terloops wat die woord “antichris” beteken – in die plek van en teen Christus. Netsoos Jesus in die Ou Testament met verskillende name geëien word, so is daar ook verskeie titels en name warrmee die antichris in die Ou Testament geëien kan word.

  • Die horinkie (Daniël 7:8)
  • Die vors wat sal kom (Daniël 9: 26)
  • Die koning wat sal doen net wat hy wil (Daniël 11: 36)

Dit is nie net Johannes wat na hom verwys nie. Hy word ook op verskeie ander plekke in die Nuwe Testament vermeld.

  • Die mens van sonde; die seun van die verderf (2 Thessalonicense 2:3)
  • Die ongeregtige (2 Thessalonicense 2:8)
  • Die dier uit die afgrond (Openbaring 11:7)
  • Die dier uit die see (Openbaring 12:18)

Om agter die kap van die byl  van die a-millennialiste se siening oor die antichris te kom, is dit nodig om eers die preterisitese verklaring van Daniël se profesie oor die 490 weke van jare onder die oë te neem. Presterisme in ‘n Keiser Flavius Vespasianus Titusneutedom glo dat die eskatologiese of eindtyd profesie van Daniël 9: 24-27 in die eerste eeu na Christus se geboorte en veral met die vernietiging van die Joodse tempel in 70 NC deur die Romeinse generaal, Titus, vervul is. Hierdie tydstip in die Joodse geskiedenis, glo hulle, sluit ook die laaste sewe jaar van die 490 weke van jare, te wete die groot verdrukking, in. Daarvolgens is Jesus se verwysing na Daniël 9: 27 in Matteus 24 ook slegs ‘n heenwysing na die verwoesting van die Joodse tempel in 70 NC. Daarmee het hulle dan ook klaargespeel met ‘n toekomstige sewejarige verdrukking en natuurlik ook ‘n letterlike en persoonlike antichris wat ‘n verbond  met die Jode sluit.

Die pretiristiese verklaring van die 490 weke van jare is deur die Jesuïete priester, Luis de Alcasar, geformuleer hoofsaalik as teenvoeter vir die Protestantse Hervormers se aanklag dat die Pous die verpersoonliking was van die antichris. Hugo Grotius was een van die eertse Protestantse teoloë wat Alcasar se vertolking aanvaar het, merendeels om ‘n ekumeniese verhouding met die Roomse Katolieke Kerk te bewerkstellig. Hiervolgens is dit baie duidelik dat die hedendaagse preteriste wat die vervangingsteologie ondersteun, wetend of onwetend, ‘n Rooms Katolieke leerstelling omarm. Een van die hoofkenmerke van die preterisme is die aanname dat die Joodse tempel nie weer herbou gaan word nie. Dit veroorsaak natuurlik ‘n groot tameletjie omdat die Here Jesus self in Matteus na Daniël 9: 27 verwys het om sy dissipels te herinner aan die gruwel van die verwoesting wat sal staan in die heiligdom (van die tempel). Om hierdie tameletjie te omseil gryp die preteriste na tekse in die Woord wat die tempel vergeestelik. Ellis Skolfield verklaar die tempel as volg:

In 2nd Thessalonians 2 we read about a “man” that “sitteth in the temple of God, showing himself that he is Die Inname en Vernietiging van Jerusalem en die Joodse Tempel-70-NC,-geskilder-deur-David-Roberts-1850God.” Many believe that “man” [refers] to “The Antichrist” and surely he is against the Lord, but is he the Antichrist of popular belief? Well, let’s look at the Temple of God. The temple in Jerusalem was destroyed by the Romans in 70 A.D. Many believe 1st Thessalonians was written before that destruction, but Scripture indicates otherwise.

1Thessalonians 2:16 “Forbidding us to speak to the Gentiles that they might be saved, to fill up their sins alway: for the wrath is come upon them to the uttermost.” Look at the tense of the verb — past tense, so to what “wrath” could Paul be referring if it wasn’t the fall of Jerusalem? Consequently, Paul wrote 2nd Thessalonians after the destruction of the temple. Now lets look at where God’s Temple is located after the physical temple in Jeruslaem was destroyed:

1 Corinthians 3:16 “Know ye not that ye are the temple of God, and that the Spirit of God dwelleth in you?”

2 Corinthians 6:16 “And what agreement hath the temple of God with idols? for ye are the temple of the living God; as God hath said, I will dwell in them, and walk in them; and I will be their God, and they shall be my people.”

Ephesians 2:22 “In whom all the building fitly framed together groweth unto an holy temple in the Lord: In whom ye also are builded together for an habitation of God through the Spirit.”

Once we know where the temple is, we can then look at 2nd Thessalonians 2 in a new light . . .

2 Thessalonians 2:3-6 “Let no man deceive you by any means: for that day shall not come, except there come a falling away first, and that man of sin be revealed, the son of perdition; Who opposeth and exalteth himself above all that is called god, or that is worshipped; so that he as God sitteth in the temple of God, showing himself that he is God.”

Now that we understand where the temple of God is during the Christian Era, this “he” that takes his seat in the human heart is obviously not a human being at all, but a spirit, the same “spirit of antichrist” mentioned in 1st and 2nd John . . . and who is the man of sin if it isn’t Satan? [2] (Klem bygevoeg)

Dit klink mos alte veel na die persoon wat gesê het dat “ons” en “jy” en “ek” die antichris is indien ons ontrou is aan die Here (lees gerus maar weer 2 Timotheus 2:13). In die eerste plek is die verklaring hierbo ‘n gruwelike verdraaiing van die einste teksgedeeltes wat Skolfield aanhaal. 1 Korinthiërs 3:16 en 2 Korinthiërs 6:16 sê dan juis dat die tempel van God (die Liggaam van Christus) geen ooreenkoms het met of deelgenootkskap het aan die afgode nie, en waarom nie? – omdat die Gees van God in die indiwiduele en korporatiewe geestelike tempel van God woon. ‘n Sleutelteks wat die preteriste ook verdraai is 2 Thessalonicense 2: 6: 7

En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;

Dit is tog baie duidelik dat indien die antichris of die man van sonde die satan vanself is, dat net ‘n Persoon wat veel sterker en magtiger  is as hy, hom kan teëhou,  en dit is die Gees van Jesus Christus of die Heilige Gees wat in die geestelike tempel van God (die liggaam/Bruid van Christus) woon. Indien dit waar is dat die antichris tans as ‘n geestelike entiteit in die harte van God se kinders of in Sy geestelike tempel sit, is die Heilige Gees besig om in sy werk as teëhouer van die antichris op misrabele wyse te misluk. Neem asseblief kennis dat ek nie hier praat van die geïnstitusionaliseerde kerke soos die Rooms Katolieke Kerk, die drie gereformeerde susterskerke of enige ander Charismatiese kerke nie. Die gees van die antichris is in elk  geval lank reeds op verskillende wyses  in al hierdie kerke doenig, en veral ook in die teologiese fakulteite en seminare regoor die wêreld. Dit is egter ondenkbaar, en grens miskien aan godslastering, om te sê dat die gees van die antichris in die harte van die bloedgewaste kinders van God, d.i. die geestelike tempel van God, sit, hoe klein en gering die kudde wat hierdie tempel uitmaak ookal is, en glo my hulle is beslis ver in die minderheid in vergelyking met die biljoene mense op aarde. Sou dit waar wees dat ‘n geestelike antichris reeds in die geestelike tempel (liggaam van Christus/Bruid van Christus) sit dan het God die Vader versuim om sy Seun se gebed in Johannes 17: 17 en 19 te verhoor.

Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid . . . En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.

Is die antichris net ‘n gees of ook ‘n man wat sy verskyning êrens in die toekoms sal maak?

Dat die gees van die antichris (die gees van satan) sy vuil werk baie lank reeds in die wêreld doen, is nie altemit nie (1 Johannes 4:3), maar daar is ook ander Bybeltekse wat aandui dat hy inderdaad as ‘n manlike persoon op die wêreldtoneel sal en moet verskyn. Die Here Jesus self het van hom gesê:

Joh 5:43 Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.

Miskien sal jy vir my wil sê dat die “hóm? na wie die Here verwys het nie noodwendig ‘n persoon is nie maar ‘n gees. As ons egter die konteks van die gedeelte in ag neem, kan dit onmoontlik ‘n gees wees waarna Jesus verwys het. In vers 17 sien ons dat die Jode Hom wou doodmaak, nie net omdat Hy kwansuis die Sabbat gebreek het nie maar ook God sy eie Vader genoem het en Hom met God gelykgestel het. Die Here Jesus het inwerklikheid vir hulle gesê: Ek staan as die gestuurde van my Vader en as die beloofde Messias van Israel hier voor julle in die vlees maar julle weier om my as julle Koning en God te aanvaar. As iemand anders in sy eie naam (as verteenwoordiger van homself en nie soos Ek as verteenwoordiger van my Vader nie) in die toekoms gaan kom, sal julle hom as julle Messias en God aanvaar en aanbid. Indien die antichris ‘n gees is wat in die huidige geeteslike tempel van God (liggaam van Christus/Bruid van Christus) sit dan moet ons noodwendig die absurde afleiding maak dat die Jode tans die  ware Christene (geestelike tempel met die gees van die antichris) as God aanvaar en aanbid.

2 Thessalonicense 2:3-10 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. . . . En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

Daar is twee baie duidelike en onafskeidbare werklikhede wat vir ons hierbo afgeskilder word:

  1. Die verborgenheid van die ongeregtigheid  wat al aan die werk is. Dit beteken gewoon dat die ongeregtigheid wat tans en lank reeds deur die gees van die antichris (die gees van Satan) in die wêreld gewerk word, op die oomblik nog nie ten volle in ‘n persoonlike antichris geopenbaar is nie omdat hy op die oomblik nog in die verborgenheid is. Niemand weet wie die persoon is nie. Waarom nie . . .?

  2. . . . net  totdat hy wat hom teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word. Soos reeds gesê, is daar net een Persoon wat die antichris kan teëhou en dit is God se Gees wat in sy indiwiduele en korporatiewe geestelike tempel woonagtig is. Eers wanneer Hy wat hom teëhou uit die weg geruim is by die wegraping (voor die laaste sewe weke van jare van Daniël se 490 jaar profesie) sal die antichris hom as persoon aan die Jodedom en die heidendom wat agterbly na die wegraping, openbaar.

Die wegraping soos Paulus dit vir ons in 1 Korinthiërs 15:51-54 en 1  Thessalonicnese 4:13-18 beskrywe, sal voor die groot verdrukking plaasvind waarna die antichris hom aan die hele wêreld gaan openbaar. Die daaropvolgende sewe jaar sal die verskriklikste tyd in die ganse geskiedenis van die mensdom wees. Jesus beskryf hierdie tyd in Matteus 24:

Matteus 24:21 en 22 Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die Die Vier Apokaliptiese Perderuiters, deur Albrecht Dűrerwêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.

Die Gereformeerde teologie wat in baie aspekte nie die invloed van die Rooms Katolieke Kerk afgeskud het nie, het nie net by monde van Augustinus en Calvyn die onbybelse leer oor die uitverkiesing in hulle belydenisskrifte en kerke ingedra nie, maar ook ‘n bespotting gemaak van die wegraping. Ek sal in die volgende twee of drie aflewerings meer daaroor skrywe.

—————————————————————————————————–

[1] http://biblicaleschatology.wordpress.com/tag/augustine/

[2] http://www.ellisskolfield.com/notes-on-antichrist-may-2006.shtml

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | Leave a Comment »