Waak en Bid / Watch and Pray

omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie / for ye know not when the time is (Mark 13:33)

Posts Tagged ‘Flip Loots’

Hoe Lank Tyd Is Daar Nog Vir Die Aarde Oor?

Posted by Thomas on January 19, 2009

Oop Gesprek, RSGHoe lank tyd nog . . . ? Hierdie gewigtige vraag is op Sondagaand, 11 Januarie 2009, in die program Oop Gesprek deur Flip Loots aan sy drie gespreksgenote — Dr. Piet Muller, toekomskundige, Pastoor, Lemmer du Plessis, reisende leraar van die AGS van Suid-Afrika en ‘n kenner oor die eindtyd en Prof. Adrio König, dogmatikus aan UNISA wat onlangs ‘n boek oor Openbaring die lig laat sien het — gevra. Dit was egter sommer reg van die begin af duidelik dat die drie here nie oor die eindtyd soos dit vir Flip Lootsons in die Woord van God uitgespel word, sou praat nie, maar hoofsaaklik oor die mens se pogings om moeder aarde van ondergang te red. Hoewel Pastoor Lemmer du Plessis gesê het dat hy hom nie deur die wêrledkrisisse, die donderstorms soos hy dit genoem het, laat intimideer of onderkry nie, omdat hy sy oë op God en sy beloftes gerig hou, het hy as kenner oor die eindtyd, ‘n gulde geleentheid laat verbyglip sonder om vir die luisteraars ‘n Bybelse perspektief op die eindtyd te gee. As programleier moes Flip Loots tog sekerlik gesien het waarop die gesprek afstuur en dit met diplomatiese bedagsaamheid regstel, maar hy het dit nie gedoen nie. “Hoe red ons ons aarde?” moes eerder die onderwerp van sy program wees en nie “Hoe lank tyd is daar nog vir die aarde oor?” nie.

Dr. Piet Muller het die strekking van die gesprek bepaal toe hy die einde van die wêreld metofories beskrywe het. Sy woorde was:

Metafories, wil ek sê, beleef [ons] die einde van die wêreld soos ons dit leer ken het van die Renaissance af Dr. Piet Muller— die wêreld wat oorheers word deur Europa, die blanke lande. Daar is beslis ‘n ekonomiese verskuiwing weg na die Ooste toe. Sjina wat vir baie eeue, voordat die Weste opgekom het, eintlik die grootste ekonomiese moondheid in die wêreld was, is op pad weer soontoe. Die handel tussen Sjina, Australië en Japan . . . is reeds groter as hulle gesamentlike handel met die twee Amerikas; . . . die hele magsbalans is besig om Oos te skuif en dit lyk, . . . . [in] daardie opsig, is [dit] die einde van die wêreld want dit is vreemde dinge waaraan ons gewoond [moet] raak.

Sommige van ons geestelikes (o.a. die Calviniste) en akademici het die vermoë om die betekenis van woorde — in hierdie geval die woord “wêreld”, — met die towerwoord “metafories” op te kikker sodat dit ‘n algeheel nuwe inhoud en betekenis kry. Ons Calvinistiese vriende verklaar dat “wêreld” in Johannes 3:16 nie die totale menseras (van die begin tot nou) insluit nie maar slegs na die uitverkorenes verwys. Die towerwoord “metafories” is beslis ‘n handige post-moderne towerstaffie in die hande van mense wat sekere konkrete Bybelwaarhede bevraagteken maar terselfdertyd tog ook iets van die “waarheid” wil behou. Neem nou maar die konkrete Bybelse waarheid van die letterlik-historiese en fisieke opstanding van Jesus Christus. Baie van ons geestelikes glo nie so daarin nie, maar kan in elk geval nog met redelike oortuiging sê hulle glo in die opstanding; ja, en hulle onderskryf heelhartig die gereformeerde belydenisskrifte omdat hulle ook elke Sondag in hulle onderskeie kerke die Apostolicum opsê. Dit sal in die verloop van hierdie kommentaar duideliker word waarom Dr. Piet Muller nie in ‘n letterlike apokaliptiese vernietiging van die aarde glo nie. Sy siening behels die einde van die Westerse wêreld en die herlewing of opstanding van die Oosterse wêreld.

Dit is dus baie duidelik dat Dr. Piet Muller sy evaluasie van toekomsgebeure en tendense nie op die profesieë in die Bybel begrond nie, maar hoofsaaklik op subjektiewe, post-moderne, metafories-gedrewe gewaarwordinge. Sy einde van die wêreld scenario behels dus die einde van ‘n Westers-georiënteerde wêreldbeskawing en -beskouing en die bloei en die groei van ‘n Oosters-georiënteerde wêreldbeskawing en -beskouing “waaraan ons gewoond moet raak.” Waarskynlik gaan hierdie “gewoond moet raak” ook gepaard met die panenteïstiese siening van God, nl. God is in alles en alles is in God. Die wêreld kan dus nie vergaan nie want indien die aarde waarin God kwansuis immanent teenwoordig is, sou vergaan, sou Hy dus ook daarmee heen wees.

Anders as Prof. Adrio König wat ‘n apokaliptiese siening oor die finale einde van die wêreld huldig, glo Piet Muller nie dat die wêreld op ‘n katastrofiese einde afstuur nie. Syns insiens sal die natuur nie toelaat dat daar met hom gespeel word nie en die tegnologie het die vermoë om baie van die wêreld se kopsere op te los mits die juridici genoeg druk kan uitoefen om die wil daarvoor by mense te kweek. Dr. Piet Muller se hele siening rondom die aarde en die natuur wat nie sal toelaat dat daar met hom gespeel word nie, berus blykbaar op die Oosterse filosofie dat die aardbol ‘n lewende organisme is (die sg “Gaia” hipotese) wat besig is om deur die mens vernietig te word. Daarmee wil ek nie voorgee dat Dr. Piet Muller die Gaia-prinsiep heelhartig ondersteun nie maar dat hy in sy agterkop daarmee speel is nie altemit nie. (Kyk gerus hierna).

Ironies genoeg, was dit nie Dr. Piet Muller wat die bal aan die rol gesit het oor die mensdom se vernietiging van ons planeet nie maar Prof. Adrio König wat sopas ‘n boek oor openbaring geskryf het; — nie dat König die aarde as ‘n lewende organisme beskou nie, maar dit toon maar net weer eens hoe maklik Christene willekeurig of onwillekeurig in die slaggate van die New Age religie kan trap. Sy woorde was:

Piet, is dit nie eenvoudig waar dat ons eintlik aan die einde van ‘n spiraal kom nie; dat die mens net te gevaarlik vir die planeet aarde is en dat daar nie rêrig meer ‘n draai moontlik is nie? Ons moet ekonomiese groei hê . . . om die geweldig vermeerderende mense bevolking van die aarde te voed. Is die mens nie net ‘n te gevaarlike wese vir die planeet nie? (Klem bygevoeg)

Dit is hoogs ironies dat Prof. König ‘n boek oor Openbaring kan skrywe waarin verwoestende apokaliptiese natuurrampe vir die aarde voorspel word, en terselfdertyd so ‘n hartroerende pleidooi vir die bewaring van die aarde kan lewer. Dink hy miskien ons pogings om die aarde te red gaan die apokaliptiese natuurrampe en God se oordele oor ‘n rebelse mensdom hokslaan? Wat bedoel König? Bedoel hy dat die mens ‘n groter gevaar vir planeet aarde inhou as wat die sondegevaar vir die mens inhou? Maar nouja! die post-moderne mens se siening oor sonde (ala Rick Warren en die aardebewaarders) wentel om die bewaring van die aarde en nie om die mens se verwerping van Christus en sy gebooie nie. In antwoord op Flip Loots se vraag: “Wat is die kenmerke daarvan [die eindtyd] en is ons nou werklik daarin” het König die wederkoms van Christus met diplomatiese korrektheid so ‘n bietjie op die agtergrond geskuif en die mens se “verskriklike” sonde teen die aarde weer eens beklemtoon.

Die wederkoms van Christus – Hy sal op die wolke verskyn – kan ons nie [vir ons] voorstel nie. Dis nie vir my maklik om dit direk in verband te bring met die situasie wat ons nou op aarde het nie want terwyl dit God se aarde is, [is] dit ’n klipharde waarheid dat ons God se aarde tot in die grond in kan vernietig. Dis wat sonde is, sonde is om teen die wil van God en teen die raad van God op te tree.

Prof. König se vraag: “Is die mens nie net ‘n te gevaarlike wese vir die planeet nie?” was natuurlik net die regte knoppie om te druk want Dr. Muller het met groot geesdrif soos ‘n wafferse aflosatleet die stokkie by hom oorgeneem en ‘n barshou verder gehardloop daarmee. Hy het soos volg gereageer.

Laat ek dit so stel – deksels gevaarlike wese. Weet jy dat ons in die laaste sestien jaar, as jy nou tot by 2010 gaan, dan het ons in sestien jaar een miljard mense meer geword op aarde. (Klem bygevoeg).

Let asseblief op dat dit nie, soos Christus gewaarsku het, die valse leringe van valse apostels en profete is wat vir die mensdom deksels gevaarlik is nie, maar die mensdom wat vir planeet aarde so gevaarlik is.

“Dis verskriklik” het Prof. König onnadenkend geantwoord. Ek sê “onnadenkend” omdat ek wonder of hy (ons dogmatikus by UNISA) by die geboorte van ’n pragtige bondeltjie vreugde in sy eie familiekring nog dieselfde woord “verskriklik” sou gebruik, veral as die bondeltjie vreugde argumentsonthalwe die wêreldbevolking by sy of haar geboorte sou opstoot van 5,999,999,999 na 6,000,000,000 . . . of miskien gebruik hy die woord “verskriklik” net wanneer ander mense ‘n nuwe bondeltjie vreugde in hulle familiekring verwelkom en sodoende die wêreldbevolking “verskriklik” aanvul. Geagte here, pasop wat julle op Flip Loots se program sê want dis nie almal wat met toe ore luister nie.

Is Prof Adrio König se onnadenkende uitroep van “verskriklik” nie maar ook ‘n direkte uitvloeisel van die wêreld se siening rondom homoseksualisme, aborsie en eutanasie (sg. genadedood) nie? Enigeen wat die geboorte van ‘n bondeltjie vreugde vir sy pappa en mamma, en oupa en ouma as “verskriklik” bestempel, moet noodwendig die drie bg. planeet-beskermende “voorbehoedmiddels” ondersteun en wyd en syd rugbaar maak. ‘n Mens wonder of Prof. König nie besig is om die liefdeloosheid waarvan Christus in Mattheus 24: 12 gepraat het, uit te speel nie: “En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.” Hulle is vreeslik lief vir planeet aarde, die natuur, die omgewing en die diere maar ongebore babatjies kan maar in hulle moederskote vermoor word, siek en ou mense kan maar “genadiglik” doodgemaak word, en normale huwelike kan maar deur die homoseks lewenswyse bedreig word. Kom dit nie neer op die vermoordering van ‘n lewende organisme wat na die beeld van God gemaak is ter wille van ‘n sg. lewende organisme wat nie na die beeld van God gemaak is nie.

So van “uitspeel” gepraat, Robert Muller, die voormalige Assistent Sekretaris Generaal van die VVO wat ook alombekend is as die Filosoof/Profeet van die VVO omdat hy die New Age beweging in die wêreldorganisasie bevorder het, het tydens die Global Citizenship 2000 Youth Congress. wat in 1997 in Vancouver gehou is, pens en pootjies in die skoene van moeder aarde geklim en in die eerste persoon namens haar ‘n hartroerende pleidooi gelewer.

Robert Muller, voormalige Assistent Generaal v/d VVOWhat are you doing to me? You have multiplied the number of beings on this planet from 2.5 billion in 1952 to 5.8 billion today. How could you do this to me? This big population explosion all around the world, and I, the Earth, am supposed to feed them. Why did you do this to me? . . . You are killing me! [1] (Klem bygevoeg)

Amerika se Stonehenge (Georgia Guidestones) wat op een van die hoogste heuwels in Elbert County, Georgia staan, is ‘n massiewe granietmonument wat Robert Muller en die VVO se ekoprogram duidelik uitspel. Inderdaad, dit is niks anders as die New Age se tien gebooie nie.

  1. Maintain humanity under 500,000,000 in perpetual balance with nature.Amerika se Stonehenge
  2. Guide reproduction wisely – improving fitness and diversity.
  3. Unite humanity with a living new language.
  4. Rule passion – faith – tradition – and all things with tempered reason.
  5. Protect people and nations with fair laws and just courts.
  6. Let all nations rule internally resolving external disputes in a world court.
  7. Avoid petty laws and useless officials.
  8. Balance personal rights with social duties.
  9. Prize truth – beauty – love – seeking harmony with the infinite.
  10. Be not a cancer on the earth – Leave room for nature – leave room for nature. (Klem deurgaans bygevoeg)

Die fundamentalistiese Christene word reeds as die kanker van planeet aarde beskou omdat hulle verseg om deel te wees van die lewensgevaarlike en God-onterende New Age eko-religie en die skreiende geestelike afval wat wêreldwyd plaasvind. Rick Warren, die guru en herder van die Ontluikende Kerk en meer as 300,000 leraars wêreldwyd (waarvan ‘n groot deel hier in Suid-Afrika sy sg “PEACE PLAN” bevorder), het reeds by verskeie geleenthede gesê dat fundamentalisme die grootste vyand van die 21ste eeu is.

Wat Flip Loots se drie gaste alles oor die bewaring van ons planeet in sy program Oop Gesprek kwytgeraak het, is dus niks nuuts nie. Hulle het maar net (wetend of onwetend) die oogmerke van die vyande van God in die New Age beweging onderskryf.

Weinig mense is daarvan bewus dat die huidige ekosentriese filosofie van die New Age in Nazi Duitsland groot aftrek gekry het en ook grootliks verantwoordelik was vir die menseslagting onder die Jode. Janet Biehl en Peter Staudenmaier skryf in hulle boek Ecofascism: Lessons from the German Experience as volg:

Ekofacisme -Janet Biehl & Peter StaudenmaierThe “green wing” of the NSDAP was not a group of innocents, confused and manipulated idealists, or reformers from within; they were conscious promoters and executors of a vile program explicitly dedicated to inhuman racist violence, massive political repression and worldwide military domination. Their “ecological” involvements, far from offsetting these fundamental commitments, deepened and radicalized them. In the end, their configuration of environmental politics was directly and substantially responsible for organized mass murder.

No aspect of the Nazi project can be properly understood without examining its implication in the holocaust. Here, too, ecological arguments played a crucially malevolent role. Not only did the “green wing” refurbish the sanguine antisemitism of traditional reactionary ecology; it catalyzed a whole new outburst of lurid racist fantasies of organic inviolability and political revenge. The confluence of anti-humanist dogma with a fetishization of natural ‘purity’ provided not merely a rationale but an incentive for the Third Reich’s most heinous crimes. Its insidious appeal unleashed murderous energies previously untapped. Finally, the displacement of any social analysis of environmental destruction in favor of mystical ecology served as an integral component in the preparation of the final solution.

This is the true legacy of ecofascism in power: “genocide developed into a necessity under the cloak of environment protection.”[2]

For all of these reasons, the slogan advanced by many contemporary Greens, “We are neither right nor left but up front,” is historically naive and politically fatal. The necessary project of creating an emancipatory ecological politics demands an acute awareness and understanding of the legacy of classical ecofascism and its conceptual continuities with present-day environmental discourse. An ‘ecological’ orientation alone, outside of a critical social framework, is dangerously unstable. The record of fascist ecology shows that under the right conditions such an orientation can quickly lead to barbarism. (Klem deurgaans bygevoeg)

Miskien sou Flip Loots, Pastoor du Plessis, Prof. Adrio König en Dr. Piet Muller my van onredelike assosiasie-politiek wou beskuldig, maar die twee here, Muller en König, se mensliewende uitsprake van “deksels gevaarlike wese,” “verskriklik” en “dat die mens net te gevaarlik vir die planeet aarde is, . . .” leen hulle baie maklik tot die filosofie van die gewraakte eerste gebod van die Georgia Guidestones in Amerika — “Maintain humanity under 500,000,000 in perpetual balance with nature.” Ek sidder om te dink waar dit alles gaan eindig as ons geliefde land Suid-Afrika voortdurend blootgestel word aan geleerde akademici, teologiese fakulteite, seminare, geestelikes, predikante, pastore, en ander leiersfigure wat toenemend uit ‘n New Age mond praat en ons jeug verlei en mislei met ‘n ervaringsteologie wat sy ontstaan het in die Roomse tradisie en die mistieke kontemplatiewe spiritualiteit van die Woestynvaders (St John of the Cross, Brother Lawrence), en wat voortgesit is/word deur Brennan Manning, Richard Foster, Thomas Merton, Henri Nouwen, Matthew Fox, Rick Warren, Rob Bell, Tony Jones, Doug Pagitt, Erwin McManus, Nelus Niemandt ensomeer. Miskien sou u wou vra wat hierdie name te make het met die onderwerp van bespreking. Daar word reeds in die geledere van die Ontluikende Kerk gepraat van ‘n “Kerk-ekologie” waarin die idee dat die kerk  as ‘n tuin vooropgestel moet word, voorkeur geniet teenoor die geïnstitusionaliseerde kerke met hulle groot en soms massiewe geboue. Daarom word die sg. retraits wat al hoe gewilder raak buite die kerk se mure in die natuur gehou waarin  die regte atmosfeer geskep word vir kontemplatiewe spiritualiteite (asemgebede, stilte, lectio divina, lectio continua,  laberinte wandelings, ens).

Nie een van Flip Loots se gaste het verwys na die kernbelangrike tekens wat vir ons aandui dat ons in die laaste van die laaste dae lewe nie. Hoewel König op Flip Loots se vraag “Adrio, daar word in die Bybel nogal baie gemaak van die eindtyd. Wat is die kenmerke daarvan en is ons nou werklik daarin?” ‘n redelike lang antwoord verskaf het, het hy nie veel gesê nie. Trouens, hy het dit as ‘n geleenheid beskou om sy “moederlike” besorgheid oor die vernietiging van moeder aarde te beklemtoon. Sy woorde was:

Flip, ja, ons is in die eindtyd maar ons moet nie dink ons is die eerste wat in die eindtyd is nie. Die eindtyd het aangebreek met die koms van die Here Jesus. Jy weet, teks op teks in die Nuwe Testament sê die laaste dae het God tot ons gepraat deur sy Seun (Hebreërs 1:1); in die laaste dae is die Heilige Gees uitgestort (Handelinge 2). Johannes skryf selfs, julle leef in die laaste uur en dit wemel al van antichriste; moenie dink daar gaan nog ‘n spesiale een kom nie; dit wemel al van antichriste sê Johannes en daaruit weet ons, ons is in die laaste uur. Dis baie moeilik om die Bybelse boodskap oor die eindtyd direk nou hiermee in verband te bring omdat daar een onondervedeelbare eindtyd [is] wat met die koms van Jesus begin het en met sy wederkoms gaan eindig. Maar die wederkoms van Christus is ‘n apokolaptiese begrip. Kyk, gewone goed soos hael en goeie reën en so is baie lekker; ons kan dit alles geniet maar as daar gepraat word van ’n wêreldeinde in die Bybel; en as daar gepraat word van die opstanding van alle mense en ’n oordeel, dan moet ons besef dit is apokaliptiese begrippe; die wederkoms van Christus – Hy sal op die wolke verskyn – ons kan ons dit nie voorstel nie. Dis nie vir my maklik nie om dit direk in verband te bring met die situasie wat ons nou op aarde het nie want terwyl dit God se aarde is, is dit ’n klipharde waarheid dat ons God se aarde tot in die grond in kan vernietig. Dis wat sonde is, sonde is om teen die wil van God en teen die raad van God op te tree. (Klem bygevoeg).

Dat die apokaliptiese eindtyd van ‘n sewejarige Groot Verdrukking nog nie aangebreek het nie, is nie altemit nie, hoewel König dit natuurlik nie so insien nie, maar dat die aanloop daartoe besig is om teen ‘n hoë spoed te eskaleer, is ook nie altemit nie. Prof. König onderspeel so effe die laaste dae wanneer hy sê dat ”ons nie moet dink ons is eerste wat in die eindtyd is nie.” Wil hy daarmee te kenne dat ons nie te veel van die huidige omstandighede moet maak nie omdat ons nie moet dink ons is so uniek om nou eers in die eindtyd te lewe nie en omdat die mense reeds sedert die eerste koms van Jesus daarin gelewe het? Dit gaan in die eerste plek nie oor ‘n spesifieke tydsbepaling nie maar oor ‘n toename in frekwensie van die eindtydtekens wat vir ons aandui hoe naby ons aan die einde is. Jesus Christus het nie om dowe neute die eindtyd met die geboortepyne van ‘n vrou vergelyk nie, want netsoos haar pyne in frekwensie toeneem hoe nader die oomblik vir haar aanbreek om geboorte te skenk, netso neem die tekens van die eindtyd in frekwensie toe namate die einde van die wêreld nader kom. Toe die dissipels hom vra: “Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?” was die heel eerste eindtydteken wat Hy genoem het “geestelike misleiding.” Hy het gesê: “Pas op dat niemand julle mislei nie” (Mattheus 24:3).

‘n Mens sou seker soos Prof. König kon redeneer dat geestelike misleiding, valse profete en apostels reeds in die Ou Testament doenig was met hulle vuil werk en dat ons nie die eerstes is wat met hierdie probleem te kampe het nie. Maar, ons moet egter nie uit die oog verloor dat die misleiding in ons eie tyd met rasse skrede toegeneem het nie en dat daar boonop ‘n nuwe dimensie van misleiding togetree het, en dit is dat valse apostels en profete openlik sê dat hulle die Christus (gesalfde van God) is. Trouens, New Agers beweer dat die mens self besig is om geestelik te evolueer na ‘n hoër self en inderdaad ook self ‘n Christus-bewussyn d.m.v. meditatiewe dissiplines kan bereik. Terloops, ons toekomskundige, Dr. Piet Muller, het al self by geleentheid gesê dat ons almal klein Christusse kan word wat natuurlik Prof. König se verwysing na ‘n gewemel van antichriste in Johannes se sendbriewe klinkklaar verifieer. Ongelukkig weerspreek König se ontkenning van ‘n spesiale antichris wat nog moet kom die Here Jesus en Paulus se beskrywing van so ‘n persoon wat inderdaad nog op die wêreldtoneel moet verskyn. Paulus skryf:

2 Thessalonicense 2:3-8 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie? En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

Dit is verstommend hoedat geleerdes sonder enige gewetenswroeging die taalgebruik in die Skrif oor die hoof kan sien om hulle eie agendas te pas. In die bg. gedeelte is die verwysing na die antichris telkens in die enkelvoud wat Paulus se skerp onderskeiding tussen enkelvoudige en meervoudige naamwoorde en voornaamwoorde sonder weerga toelig. Ek glo nie Paulus sou van enkelvoudige naam- en voornaamwoorde gebruik maak indien hy na ‘n gewemel van antichriste wou verwys nie. So-ook het die Here Jesus met ‘n skerp onderskeidingsvermoë tussen enkelvoud en meervoud na ‘n persoon verwys toe hy van die antichris gepraat het en nie na ‘n gewemel van anticrhiste nie.

Johhannes 5:43 Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.

Die res van Flip Loots se gesprek met sy drie gaste het uiters telleurstellend verloop. Pleks daarvan om die kenmerke van die eindtyd vanuit ‘n Bybelse perspektief te bespreek, en soos Petrus ‘n woord van bemoediging aan God se kinders te rig, het dit ontaard in ‘n kompetisie om te te sien watter kerk nou eintlik die meeste vir die noodlydendes doen. Maar, kom ons kyk eers wat Petrus gesê het:

2 Pertus 3:9-15 Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand. Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? — julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt. Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon. Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede. En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het . . .

Voordat ek oorgaan om die drie here se uitsprake rondom die kerk se noodlenigingshulp aan mense onder die loep te neem, wil ek die vinger druk op die kenmerke van die post-moderne missionêre spiritualiteit wat besig is om die Evangelie van Jesus Christus te rysmier. Dit kan opgesom word in Rick Warren se woorde:

“You know, 500 years ago, the first Reformation with Luther and then Calvin, was about beliefs. I think a new reformation is going to be about behavior. The first Reformation was about creeds; I think this one will be about deeds. I think the first one was about what the church believes; I think this one will be about what the church does. The first Reformation actually split Christianity into dozens and then hundreds of different segments. I think this one is actually going to bring them together.”

Daar is veral drie baie subtiele en uiters gevaarlike klemverskuiwings in die post-moderne aanbieding van die Evangelie:

  1. Dissipelskap/Volgelinge van Jesus: Beklemtoon die gedagte dat Jesus Christus net nog ‘n voorbeeld is (soos enige ander gode in ander godsdienste) om na te volg pleks daarvan dat Hy die enigste Weg, Waarheid en Lewe is, wat die voorwaarde stel dat ons Hom alleenlik kan volg as ons ons self verloën en ons kruis opneem.
  2. Leerstellng: Beklemtoon die rol wat die kerk moet speel in noodlenigingsprojekte op die terrein van VIGS, armoede, onderwys, en leierskap, pleks daarvan om klem te lê op Bybelse leerstellings.
  3. Eindtydteologie: Simboliseer/allegoriseer die eindtydteologie van die fundamentaliste; maak dit selfs bespotlik en lê eerder klem op die mens se tegnologiese vermoëns om hulle eie probleme op te los op die terrein van aardverwarming, aardbewaring, die nastreef van vrede en ekonomiese stabiliteit.

Al drie die bg. kenmerke van die post-moderne aanbieding van die Evangelie is in een of al drie die here se uitsprake aanwesig. Ek het vroeër gesê dat hulle met mekaar gewedywer het om te kyk wie se kerk nou eintlik die meeste goeie werke verrig. Flip Loots het sy vraag hieroor soos volg geformuleer:

Adrio, wat is die rol van die kerk in hierdie hele situasie waarin ons nou is. Jy weet, sommige mense beweer dat die kerke opeet terwyl Rome brand. Ek bedoel daarmee die kerk is besig om oor dinge te praat in hulle vergaderings wat nie regtig die mense op voetsoolvlak raak nie. Hulle praat van kerklike strukture, die vrou in die amp, kerkeenheid, die bestaan van die duiwel, en ag so kan ek seker aangaan. Hulle sê die kerke is uit voeling met die krisisse en nood van die land. Hoekom sou jy sê, maak hulle so ‘n stelling?

Prof. Adrio König het soos volg gereageer:

Kyk, dis vreeslik moeilik om oor dié kerk te praat want daar is nie eintlik so ‘n ding nie; jy weet, een groot ding wat nou dié kerk is nie. Die Christendom is geweldig verdeeld in kleiner groepe . . . Die kerk waaraan ek behoort, die NG Kerk, die sou jy kon sê het vir baie jare miskien vreeslik min gedoen, maar weet jy daar’s ‘n geweldige ontwaking; die hele vernuwing in die NG Kerk is darem ook ‘n vernuwing om mense in nood te help en as ek hoor van gemeentes, wat gemeentes doen en uitreik. Maar jou moeilikheid is natuurlik, dit is half op ‘n klein skaal, omdat die kerk nie een geweldige groot sentrale organisaie is nie kan jy nie verskriklik baie doen aan . . . wêreldprobleme nie. Behalwe dat ons, en dit dink ek in die verkondiging van die kerk en die boodskap van die verskillende kerke, sal ons baie duideliker moet praat oor ons sonde om die natuur te vernietig want baie leiers, veral in die Weste en Afrika ook, dié sit in die kerk en ek dink nie ons het vir hulle ‘n duidelike boodskap gegee dat dit in die Naam van die Here tyd is dat ons die aarde, die natuur begin beskerm nie.

Dit herinner my nogal aan die Here Jesus se gevleuelde woorde toe Hy gesê het: “Gaan dan heen, maak van al die mense dissipels van “’Green Peace’, . . . en leer die wêreldse leiers om op te hou sondig teen die aarde en die natuuur en om onmiddellik op te hou om dit te vernietig.” Pastoor Lemmer was dit roerend eens met Prof. König.

Ja! ek dink wat Adrio daar sê, is natuurlik waar. Ek dink ook dat ons predikante teiken gewoonlik ons gehoor waarvoor ons preek en ons speel baie keer, as ek so mag sê, speel ons na die begeertes van ons gehoor toe uit i.p.v. dat ons aktuele sake en dinge wat van belang is, nie net vir die mens nie maar ook vir die wêreld waarin ons leef, aanspreek. Maar as ek net kyk, Flip, na byvoorbeeld die Rapport van die 7de Desember, was daar ‘n interessante artikel oor Pastoor Christo Visser in Rustenburg en dan word daar vertel hoedat hulle begin het met ‘n insamelingsprojek vir mense, en dan wasmasjiene, stowe en yskaste ens.; agterstallige huurgeld is deur hierdie gemeente betaal, skoolgeld is betaal, ‘n splinternuwe houthuis is vir ‘n vrou opgerig in ‘n plakkersgebied, babagoed is vir ‘n swangervrou aangeskaf; so oral is die kerk besig om tog sy ding te doen. Dis nie asof ons nie ‘n bydrae maak tot die maatskappy en en sosiale omgewing waarin ons leef nie. As jy byvoorbeeld dink aan die fantastiese sukses wat ‘n man soos Angus Buchan gehad het met sy optrede op Loftus Versveld en op Nuweland — op Loftus het daar 71 000 mense bymekaar gekom het en op Nuweland waar daar twee dae lank saam 60 000 mense was en, die aksent wat hy plaas op die huwelik om ‘n voorbeeld te noem, en hoeveel getuienisse het ek persoonlik nie gehoor van mense wat na hierdie man geluister het en gesê het “maar die Here het my huwelik gehelp”; dis alles boustene daardie wat die wêreld vir ons beter en aangenamer maak. So oral is daar ligpunte. Daar’s baie duisternis maar oral is daar ligpunte.

Afgesien van die feit dat Flip Loots se drie gaste nie by die onderwerp van die program “Hoe lank tyd is daar vir die aarde nog oor” gebly het nie, het hulle telkens ook die opdragte van God verontagsaam. Dit is voorwaar baie edel om die noodlydendes te help maar dit is beslis nie so edelmoedig om jou eie beuel te blaas nie. Wat het dan van die Here se opdrag in Mattheus 6:2 geword?

Mattheus 6:2 Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ‘n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.

‘n Berig in ‘n sekulêre koerant oor Christene se weldadigheid is gewis nie die Here se wil nie en Prof Adrio König het juis vroeër tereg daarop gewys dat die wese van sonde is om teen die wil van God en teen die raad van God op te tree.

Angus Buchan mag miskien daarin slaag om ‘n fantastiese getalle-sukses te behaal wanneer derduisende mense sy saamtrekke bywoon, maar getalle is nie juis ‘n barometer vir sukses nie. As getalle die litmustoets was vir sukses dan was die hel ‘n helse sukses omdat die meeste mense uiteindelik daarheen gaan. Dit is nie ek wat so sê nie maar die Here self:

Mattheus 7:13, 14 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

Dit is juis hierom dat predikante, pastore, kerke en elke dissipel van die Here Jesus meer begaan moet wees oor die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus as ‘n moeder Teresa-geïnspireerde lewe van weldadigheid aan die noodlydendes. Daarmee sê ek nie dat die kerk sy taak om die noodlydendes te help moet afskeep nie, maar dat die kerk nie nodig het om sy weldade voor ‘n wêreld wat Christus vyandiggesind is met groot fanfare en trompetgeskal te reklameer en probeer verdedig nie. Toe die Griekssprekende Jode begin murmureer het omdat die daaglikse versorging van die wese en weduwees oor die hoof gesien is, het die dissipels as volg daarop geantwoord.

Handelinge 6:1 En in dié dae toe die dissipels vermeerder het, het daar ‘n murmurering ontstaan van die Griekssprekende Jode teen die Hebreërs, omdat hulle weduwees in die daaglikse versorging oor die hoof gesien is. En die twaalf het die menigte van die dissipels byeengeroep en gesê: Dit is nie reg dat ons die woord van God nalaat om die tafels te bedien nie. Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel; maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord.

Hoe weet ons of ons in die eindtyd lewe? Miskien moet ek herhaal wat die Here Jesus gesê het: “Pas op dat niemand julle mislei nie.” Die vraag is: hoe vind hierdie misleiding plaas? Die misleiding kom nie in die vorm van openlike leuens nie, maar hoofsaaklik deur mooi praatjies dat daar vir die wêreld ‘n blink toekoms van voorspoed en ongekende vrede voorlê. Wat sê die Skrif?

1 Thessalonicense 5:3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.

—————————————————————————————————–

[1] An audio recording of this event, including Muller’s speech, is in the author’s file/audio archives. This section of his speech is also included in the facilitator’s guide, When the Earth Still Had 1000 Days, a post-event handbook published by Creative Learning International (May, 1999).

[2] Gröning and Wolschke-Bulmahn, “Politics, planning and the protection of nature”, p. 138

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | Leave a Comment »

Die Nuwe Hartstigting en -Inisiatief – Kan dit ons samelewing verander?

Posted by Thomas on November 29, 2008

Is Christene Veronderstel om Agting en Respek te Toon vir Ander Mense se Geloofsoortuigings?

View Jannie Pelser

In Flip Loots se onderhoud (Oop Gesprek, 23 November 2008) met Ds. Jannie Pelser van die Rant en Dal Gemeenskapskerk, wat ook die stigter is van die Jesus Projek en die Nuwe Hartstigting en -Inisiatief, het daar dinge na vore gekom wat baie mooi en verblydend is maar tog ook dinge wat kommerwekkend is. Soos in baie vorige radioprogramme was die tema die skreiende misdaad, korrupsie en rassewrywing wat ons land in ‘n soort Irakese oorlogsone verander het.

Ek wil graag met die verblydende deel van die program begin omdat dit vir my die belangrikste aanknopingspunt behoort te wees in die Nuwe Hartstigting en -Inisiatief se pogings om die Evangelie van Jesus Christus aan alle bevolkingsgroepe en mense van ander geloofsoortuigings in ons samelewing te bring. Ek neem aan dat die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus wel hulle hoofdoel is omdat hulle praat van nuwe harte vir alle Suid Afrikaners. Flip Loots het ter inleiding gesê:

Misdaad, korrupsie en ook rassespanning is iets waarmee Suid-Afrikaners byna elke dag te doen het maar tegelyk is dit ‘n situasie waarmee niemand tevrede is nie. Hoe dan gemaak om dit te verander? Is daar hoegenaamd ‘n oplossing? Ja! Sê die Nuwe Hartstigting maar net as alle Suid-Afrikaners nuwe harte kry.

Ek het so teen die einde van die program ingebel en Ds. Jannie Pelser gevra of die Here sommer goedsmoeds nuwe harte aan mense gee – of is daar ‘n voorwaarde? Hy het my soos volg geantwoord en sommer ook kortliks sy getuienis gegee.

Uit die aard van die saak, ek het vroeër gesê dat ons kom na die Here toe en ons sê, Here ek kan nie lewe na die eise van u Woord nie. Ek is diep afhanklik, ek ken myself, ek is korrup in my mensheid. Dit is tog wat die Bybel ons leer. Daar’s ‘n teks in Romeine wat sê die mense se kele is ’n oop graf, dit wat daar uitkom is eenvoudig net verskriklik, nê, en so ken ek myself maar, Flip. Laat ons nie vingers wys nie, dis maar ekself en daarom 26 Januarie 1977 nege uur die aand, die wind het buite gewaai, het ek gesê, ‘Here ek kan nie sonder U nie. As U nie kom in my hart om [dit te] transformeer en [te] kom verander of my ’n nuwe hart kom gee nie, maak nie saak wat jy vir die Here sê nie, Hy stel nie belang in mooi woorde nie, al wat jy hoef te doen of hoef sê is, Here, hierdie pad, hierdie manier van lewe gaan my in die hel laat beland, ek het nodig dat U ingryp in my lewe, asseblief Here, transformeer my lewe en dan oombliklik, bonatuurlik kom doen HY dit deur die Heilige Gees en kom plaas Hy vir mens op ’n nuwe baan maar die lewe van die geloof is ‘n lewe van dissipline en eerlikheid en medemenslikheid vloei nie sommer natuurlikerwys voort nie, jy maak ’n keuse om nou te gaan lewe uit dankbaarheid vir hierdie nuwe lewe en hart wat jy van die Here ontvang het.

Myns insien behoort dit, jou persoonlike getuienis van hoe die Here jou siel gered en ‘n nuwe hart gegee het, die Nuwe Hartstigting en -Inisiatief se uitgangspunt te wees in julle uitreik na mense. Die vraag is: Doen die Nuwe Hartstigting en -Inisiatief dit? Is hulle besig om volgens Skriftuurlike voorwaardes dissipels te maak van mense in die Suid-Afrikaanse samelewing? Die opdrag is tog seer sekerlik “Maak dissipels van al die nasies . . . en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het. Die onmiddelike antwoord hierop sou waarskynlik wees: “Maar dit is presies wat die Nuwe Hartstigtng en -Inisiatief doen wanneer ons die wonderlike norme en waardes van eerlikheid, medemenslikheid, selfbeheersing en verantwoordelikheid by mense wil inburger.” Ek wonder net hoe hulle dit gaan regkry as Paulus, die grootste “hart-inisiatiewer” van alle tye, ruiterlik erken het dat hy altyd die slegte dinge gedoen het terwyl hy so hard probeer het om die goeie te doen (d.w.s. om Jannie se norme en waardes van eerlikheid, medemenslikheid, selfbeheersing en verantwoordelikheid uit te lewe).

Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon. Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig. Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens; maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is. Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here!

Paulus sê in werklikheid hier, Man! julle kan so hard probeer as julle wil om die norme en waardes van eerlikheid, medemenslikheid, selfbeheersing en verantwoordelikheid uit te lewe; julle gaan netsoos ek telkens in die doldrums van onbeholpenheid, mislukkings en wanhoop verval. Moenie dink dat ‘n nuwe hart genoeg is nie. Ek het reeds ‘n nuwe hart ontvang, maar nou kom ek agter dat daar nog steeds ‘n ander beginsel in my woel en werskaf en dit is my ou Adamnatuur, daardie lelike ding wat voortdurend sê ‘ek wil dit en dat doen, ek wil sus en so maak, ek, ek, ek . . .’ Dis juis hierdie lelike ding in my wat Jesus verhinder om sy lewe van nederigheid en sagmoedigheid waarin Jannie se waardes soos eerlikheid, medemenslikheid, selfbeheersing en verantwoordelikheid ingebed is, in en deur my uit te lewe. Maar, dank die Here, die Heilige Gees het my oortuig dat Jesus en Jesus alleen my kan verlos van hierdie liggaam van die dood (die ou Adamnatuur) wat hoegenaamd nie in staat is  om Jannie se mooi norme en waardes uit te lewe nie. Al wat Hy van my verwag is om te reken dat ek dood is vir die sonde en lewend gemaak is vir God. Daarom kan ek met vaste oortuiging sê ‘Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.’

Dit bring my by die gedeeltes in Flip Loots se onderhoud met Ds. Jannie Pelser wat my diep bekommer. Ds Jannie sê heel aan die begin:

Ek dink luisteraars is bekend met die Jesus Projek wat die misbruik van die Here se Naam in die media wil aanspreek, en natuurlik as daar nie respek is en agting is vir God [nie], wat ookal mens se persepsie van hom is, in ‘n samelewing, dan kan ‘n mens ook nie verwag dat mense se gedrag dienooreenkomstig reg en positief sal wees nie.

As jy apel wil maak rondom mense se gedrag en optrede dan begin jy onafwendbaar by God. Daar’s nie ‘n ander beginpunt nie en as jy nie vir hom respek en agting het nie, nouja, dan het jy eintlik die stryd klaar verloor. (Klem bygevoeg).

Ons het sopas by broeder Paulus verneem dat dit net Jesus Christus is wat mense in staat kan stel om Jannie se norme en waardes van eerlikheid, medemenslikheid, selfbeheersing en verantwoordelikheid te kan uitlewe en dat daar terselfdertyd ‘n voorwaarde is, nl. dat ek moet met Christus gekruisig wees sodat Hy sy lewe (norme en waardes) in en deur my kan uitlewe. In weerwil hiervan sê Ds. Jannie dat elkeen respek en agting moet hê vir God maar dat dit nie juis saak maak wat mense se persepsie van hom ookal mag wees nie. Ek kan maar netsoos Jesus vra “Jy is ‘n leraar . . . en jy weet hierdie dinge nie?”

Ds. Jannie Pelser het ook met groot dankbaarheid op Flip Loots se vraag: “Dit is nie net Christene wat sekerlik met moraliteit moet lewe en kerke wat daardie oproep moet doen nie. Hoe voel julle van die Nuwe Hartstigting oor die, kom ek sê, die volledige samelewing van Suid-Afrika, soos volg geantwoord.

Ek is so bly jy vra daardie vraag. Maar natuurlik, daar’s baie ander samelewingsverbande en geloofsgroeperinge in Suid-Afrika en as Christene het ons respek en agting vir ander mense en vir hulle oortuigings en as mens begin praat oor eerlikheid, en selfbeheersing, verantwoordelikheid en medemenslikheid, dan sal mense wat in ander groeperinge as die Christelike geloof behoort ook sê, weet jy, daardie goed is vir ons ook baie belangrik. In ’n sekere sin is hierdie universele waardes . . . (Klem bygevoeg)

Dat elke persoon onafwendbaar by God moet begin, is nie altemit nie maar die vraag is, watter god – die god wat elkeen maar vir homself kan voorstel soos hy dink Hy moet wees en wat ookal sy eie persepsie van hom mag wees? Ds Jannie weet tog sekerlik dat mense van ander geloofsoortuigings dikwels sê dat hulle Jesus as ‘n profeet soos enige ander profeet respekteer maar dat hulle sy lyding, kruisiging, opstanding en hemelvaart minag en verwerp. Kan Ds. Jannie met sy nuwe hart en lewe wat hy op 26 Januarie 1977 van die Here ontvang het met liefdevolle oortuiging verklaar dat hy hierdie besondere geloofsoortuiging hoog ag en respekteer? Natuurlik moet Christene ander mense met agting en respek bejeen – ja, Christene is veronderstel om hulle  nie net hoog te ag en te respekteer nie maar selfs ook hulle vyande lief te hê. Maar, sodra Christene agting en repsek het vir ander mense se geloofsoortuigings wat Jesus Christus se dood, opstanding en hemelvaart minag  en verwerp, is daar ‘n groot skroef los. So iemand moet dan maar gerus seker maak of sy eie nuwe lewegewende nuwe hartervaring werklik van die God en Vader van Jesus Christus afkomstig is.

Daarom is dit miskien nodig om op hierdie stadium weer ‘n slag te kyk na Esegiël 36 vers 26 in die konteks waarin dit geskryf is, want dit lyk nie vir my of ds. Jannie die konteks in ag neem nie. Hy pas dit sommer goedsmoeds op enigeen toe want dit maak waarskynlik nie saak of die mense van ander geloofsoortuigings ‘n ander persepsie van God het nie; al wat vir hom saak maak is dat almal in Suid-Afrika voetstoots ‘n nuwe hart moet kry. Onthou asseblief dat Ds. Jannie reeds laat blyk het dat dit net God is wat nuwe harte kan gee, maar dit is ‘n god wat in elkeen se besondere en persoonlike godsbegrip of -persepsie inpas. Die Here praat in die eerste plek hier met Israel wat Hy vanweë hulle afgodery en die verwerping van sy Seun, Jesus Christus, oor die hele wêreld in ballingskap gestuur het. Maar, God het reeds op verskeie plekke in die Ou Testament belowe dat Hy ‘n oorblyfsel van Israel in die eindtye na hulle beloofde land sal terugbring. Hy is tans besig om dit te doen, maar let baie noukeurig op dat Hy hulle nie terugbring om nuwe norme en waardes in hulle harte in te burger nie. Nee! Hy en Hy alleen sal vir hulle ‘n nuwe hart (enkelvoud) en nie nuwe harte (meervoud) gee nie. Dit beteken gewoon dat die hele Israel soos een man met een hart dieselfde Godgegewe lewensbeginsels sal uitleef. En wat is die grondslag van hierdie Godgegewe lewensbeginsels? Die antwoord is in vers 25 “Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. Dit gaan dus in die eerste plek nie oor die inburgering van nuwe waardes en norme in die Israelse samelewing waar almal maar ‘n god kan aanbid soos hy/sy hom vir hulleself voorstel nie, maar oor die verering, aanbidding, respektering van, en die heilige vrees vir, en diensbaarheid aan die enige ware God, die God van Abraham, Isak en Jakob omdat daar geen ander God is nie. Maar nee, Ds. Jannie en sy meelopers gee werklik nie om om Esegiël 36 vers 26 behoorlik nek om te draai nie. Hulle bely met die mond dat dit net God is wat nuwe harte kan gee, maar wil Hom darem so ‘n bietjie aanhelp deur met ander inisiatiewe en geloofsoortuigings saam te werk omdat hulle nie die enigste inisiatief in hierdie verband is nie. Ds Jannie pleit dat ons darem nie die baba met die badwater moet uitgooi nie. Ag nee wat dominee, as die badwater net so ‘n klein bietjie besoedel is, dan moet dit vervang word met die rein water wat God alleen (soos in Esegiël 36:25) kan toedien — en dit is die badwater van die wedergeboorte (Titus 3:5). Ek het reeds in ‘n vorige skrywe van my op hierdie blog vir jou en jou hulppredikers aangeraai om liewer die suiwer Evangelie te verkondig wat soos volg lui “Bekeer julle want die Koninkryk van God het naby gekom” eerder as om nuwe norme en waardes in die samelewing te probeer inburger. Maar nouja, “bekering” is ‘n woordjie wat deesdae ‘n vloekwoord in die NG Kerk geword het.

Ds. Jannie het met groot lof gepraat van Elia, die uitnemende profeet en man van God:

Ek het vanoggend gepreek daar by Randfontein na aanleiding van Elia se pragtige gedeelte, ek is so mal oor Elia want hy’s ’n profeet, ’n man van God by uitnemendheid, en dan staan hy daar voor die volk en hy sê: ‘Here stuur weer die vlam uit die hemel uit,’ ag die mense ken daai geskiedenis, en dan kom die vlam, en dan kom dit uit die hart van die volk – die HERE is God, die Here is God.

Blykbaar ken Ds. Jannie nie daai geskiedenis nie. Respek vir ander mense is sekerlik in orde maar om hulle geloofsoortuigings met agting te bejeen, is ‘n klap in die gesig van Jesus Christus wat vir hulle gesterwe het. Jannie mag miskien mal wees oor Elia en die gedeelte in die Skrif waar hy die Baälprofete op die berg Karmel aangedurf het, maar ek is nie so seker of Elia so mal sou wees oor Jannie nie. Ek kan maar net raai wat Elia vir hom sou antwoord as hy vir die uitnemende profeet en man van God sou sê: “Ag nee wat Elia, jy gaan darem nou heeltemal “overboard” om die Baälprofete so stief te behandel. Hoewel ek nie met hulle saamstem nie, kan ons hulle met broederlike liefde en geduld opvoed om die universele waardes en norme van eerlikheid, medemenslikheid, verantwoordelikheid en selfbeheersing in hulle daaglikse lewens te beoefen. En waarom nie? Ek respekteer hulle geloofsoortuigings.” Die ironie is dat Jannie se uitnemende profeet en man van God waaroor hy so mal is met die Baälprofete die spot gedryf het en nie, soos Jannie, hulle godsdiens met respek en agting bejeen het nie.

1 Konings 18:27 Teen die middag het Elia hulle begin spot: “Roep harder! Hy is mos ‘n  god! Miskien is hy diep in gedagte of gou bietjie uit, of op reis, of dalk slaap hy en moet hy eers wakker word!”

Is God in Beheer?

In die verloop van hulle gesprek het Ds. Jannie Pelser telkens gesê dat God in beheer is; dat Hy op sy troon sit en ‘n besonderse plan vir elkeen afsonderlik en hierdie wêreld het.

. . . nuwe harte wil vir ons sê dat die tyd gekom het waarin elke Suid-Afrikaner, dit maak nie saak wie jy is en binne watter samelewingsverband jy jouself bevind nie, beginnende binne in mens se eie huishouding, uitkringende tot op elke terrein waarop ‘n mens jou self bevind, dat ons nodig het om anders te begin dink oor die lewe, oor ons verhouding teenoor ons medemens, oor ons verhouding teenoor die omgewing, wat natuurlik eweneens ‘n verskriklike krisis is, en daai nuwe manier van dink, daai nuwe manier van doen is ‘n uitdrukking van ‘n nuwe gesindheid, ‘n nuwe hart, ’n nuwe ingesteldheid, ‘n nuwe visie, ‘n nuwe lewensetiek, ’n nuwe lewensfilosofie. Dit beteken eintlik vir ons as gelowiges, want ons is Christene, dat ons opnuut weer ’n Christelike lewens en wêreldbeskouing [uitlewe], m.a.w. God is in beheer, Hy’s op die troon, Hy’t ’n plan met my; Hy’t ’n plan met hierdie wêreld, HY wil hê dat ek ’n eksponent moet wees van sy Koninkryk wat in hierdie wêreld gekom het, dat ek dit sigbaar weer sal begin voor lewe.

Ek het in my gesprekke op die internet en ook in my persoonlike lewe met heelwat mense te make gekry wat ontnugter, kwaad, en telleugesteld is met dié God wat die Christene aan hulle voorhou en verkondig. Daar word voortdurend vir hulle gesê “God is op die troon,”Hy is in beheer,” Hy’t ’n wonderlike plan met my en jou lewe, en ook met hierdie wêreld. ” Die eerste ding wat hulle vir jou vra is: “Hoe kan ’n God van liefde wat op sy troon sit en in beheer is, toelaat dat babatjies en vrouens so gruwelik verkrag word, dat kosbare mense so moet ly en doodgaan aan VIGS, dat terroriste derduisende mense met een slag vermoor wanneer hulle in ’n gebou vasvlieg, dat Amerika in Irak moet ingryp om oorlog te maak teen daardie terroriste en in die proses ook miskien baie onskuldige mense doodmaak, waarom, waarom, waarom? Hou maar gerus julle God wat kwansuis in beheer is, want ek wil niks te make hê met ’n God wat so wreed is nie.” Waar kom hierdie idee vandaan dat God in beheer is terwyl Jesus Christus self gesê het dat Satan die god van hierdie wêreld is en dat hy die oë en sinne van mense verblind sodat die heerlike boodskap van verlossing hulle harte nie kan bereik nie? (2 Korinthiërs 4: 4) Ons hoef nie ver te gaan soek nie. Calvyn en sy navolgers glo dat God verantwoordelik is vir die sondes van alle mense omdat Hy dit reeds voor die skepping van die wêreld so verordineer het.

Calvyn het gesê:

Vir baie is dit waarskynlik ’n ingewikkelde onderwerp, omdat hulle dit as uiters inkonsekwent beskou dat uit die groot massa van die mensdom sommiges tot redding en andere tot verdoeming bestem is.[1]

Die dekreet, moet ek erken, is verskriklik; en tog is dit onmoontlik om te ontken dat God vooruit geweet het wat die einde van die mens sou wees voordat Hy hom gemaak het, en [Hy] het vooruit geweet omdat Hy dit deur sy dekreet so verordineer het.[2] (Klem bygevoeg)

Laat hom . . . altyd onthou dat daar geen . . . mag of aksie of beweging in skepsels is wat nie deur God se geheime plan beheer word nie, op so ’n wyse dat niks gebeur nie behalwe wat Hy willens en wetens verorden het.[3] (Klem bygevoeg).

Het u die woordjie “beheer” raakgesien? Dit is veral ateïste wat na so ‘n onbybelse uitspraak kyk en sê: “Sien julle! julle God is ‘n wrede God want Hy maak dat kindermolesteerders klein babatjies, en seuntjies en dogtertjies verkrag want Hy, sê julle mos, is in beheer. As Hy in beheer was, soos julle sê, dan kon Hy mos al lankal verhoed het dat klein babatjies en kindertjies so verskriklik gemolesteer word.” Die Calviniste, soos ek reeds aangedui het, glo vas dat God die sondes van die mens verordineer het maar dat Hy hulle nog steeds verantwoordelik hou vir daardie sondes.

R.C. Sproul, ‘n geharde Calvinis, skryf:

Dit was God se begeerte dat die mens in sonde val. Ek beskuldig God nie van sonde nie. Ek suggereer dat God sonde geskep het.[4]

. . . En dit terwyl God self baie duidelik vir ons sê:

Jak 1:13, 14 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.

Hoewel Ds. Jannie teen die einde van die program op ‘n vraag van ‘n inbeller, wat die afleiding maak dat God die mens so gemaak het omdat hy in sonde ontvang en gebore word, baie duidelik gesê het dat die Here ons nog nooit gedwing het om te sondig nie, laat sy credo van “God is in beheer” die deur wawyd oop vir ongelowiges om Hom te belaster. Dit suggereer aan ongelowiges dat Hy in staat is om die gemors in ons land op te klaar maar dit nie wil doen nie.

Die dieperliggende probleem met mense wat God altyd die skuld gee vir alles lê in hulle minagting vir en verwerping van die kruis van Jesus Christus. Dit het God behaag om sy handelinge met die mens via die kruis van sy Seun te doen. Die kruis van Jesus Christus is die krag en wysheid van God en nie die powere pogings van mense om deur een of ander stigting of projek mense se harte te probeer verander nie.

1 Korinthiërs 1:21-24 Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red; want die Jode vra ‘n teken en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ‘n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke; maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God.

Nie Jannie Pelser of Flip Loots het ‘n enkele keer na die kruis van Jesus Christus verwys nie. Jannie het gesê dat ons anders moet “begin dink oor die lewe, oor ons verhouding teenoor ons medemens, oor ons verhouding teenoor die omgewing, wat natuurlik eweneens ‘n verskriklike krisis is,” maar nie ‘n enkele keer melding gemaak van die noodsaaklikheid van ons verhouding met die God van Abraham, Isak en Jakob nie. Hy het ook gesê dat ons eksponente moet wees van God se Koninkryk wat in hierdie wêreld gekom het. Dit is suiwer domeinistiese taal wat in die kraal van mense soos Graham Power, Angus Buchan en die Transformasiebeweging inpas. Die Koninkryk van God het nog nie in hierdie wêreld gekom nie en dit sal ook nie in hierdie wêreld kom nie, nie voordat Jesus Christus teruggekeer het om sy Koninkryk hier op te rig nie. Indien sy Koninkryk alreeds in hierdie wêreld gekom het, dan sou dit nie meer vir ons nodig wees om te bid nie “Laat U Koninkryk kom, laat U wil geskied soos in diie hemel netso ook op die aarde.”

Die wêreld tree vandag op netsoos die owerpriesters en die twee misdadigers wat aan weerskante van Hom gekruisig is.

Markus 15: 32 Laat die Christus, die Koning van Israel, nou van die kruis afkom, sodat ons kan sien en glo! Ook die wat saam met Hom gekruisig is, het Hom beledig.

Die post-moderne mens soek uitkoms maar hulle wil ’n Jesus hê wat hulle kan verlos van die verskriklike omstandighede waarin hulle hul bevind—sonder die kruis. Hulle soek inderwaarheid ‘n kruislose Jesus en ‘n bloedlose Evangelie wat in almal se geloofsoortuigings inpas, ‘n Jesus wat vir almal sommer goedsmoeds nuwe harte gee (soos Flip Loots heel aan die program gesê het: “Is daar hoegenaamd ‘n oplossing? Ja! Sê die Nuwe Hartstigting maar net as alle Suid-Afrikaners nuwe harte kry). (Lees gerus maar weer Mattheus 7: 13 en 14)

Ds. Jannie Pelser se Nuwe Hartstigting en -Inisiatief is niks anders as ‘n verlengstuk van Rick Warren se PEACE PLAN nie. Hulle wil ‘n utopia (God se Koninkryk) op aarde vestig waarin almal met “nuwe harte” ’n god (om ds. Pelser se eie woorde te gebruik “wat ookal mens se persepsie van hom is”) kan aanbid. G’n wonder Paulus sê op ’n plek dat hulle ‘n gedaante van godsaligheid sal hê maar willens en wetens die krag en die wysheid van God (Jesus se kruis) verloën. Ek sê nie dat Jannie Pelser of Flip Loots en baie ander predikante Jesus se kruis willens en wetens verloën nie. Dit is nie wat ek sê nie. Wat ek wel sê, is dat hulle in hulle eie kerke en vanaf hulle eie preekstoele dikwels na Jesus se kruis verwys maar wanneer hulle met die samelewing praat en werk, wil hulle op ander maniere ‘n verskil maak. Groot houtkruise pryk dikwels op die verhoogde verhoë van baie van hulle kerke maar op die verhoë van die wêreld wil hulle die mense darem nie aanstoot gee nie (11 Korinthiërs 1: 18). Rick Warren het hierdie dualisme in die hedendaagse kerke baie goed opgesom toe hy in ‘n onderhoud vertel het hoe Jesus hom geleer het hoe om sy PEACE PLAN wêreldwyd te bevorder:

“And so I said, “What is the man of peace?” He  [Jesus] said, “When you find the man of peace, if he’s open and he’s willing to work with you, you bless him and you start your work there. If the guy’s not open to working with you, you dust the dust off your shoes and you go to the next villages, ’cause you can always find someone to work with.”

The man of peace is open and influential….The man of peace does not have to be a Christian believer. Could be Muslim. Could be Jewish. Because, when Jesus said, “Find the man of peace,” there were no Christians yet. Jesus hadn’t died on the cross. There was no resurrection. He’s just saying, “go out and find somebody to work with.”

When I go out and I start telling people, “Do you want to work with us on poverty, disease, AIDS, illiteracy, injustice?” I often find people are more unwilling to work with us than we are willing to work with them. In other words, we’re saying, “You don’t have to change your beliefs for us to work with you.” If you can only work with people that you agree with, then most of the world, you’re ruling out. Okay. I don’t insist that a Muslim change his belief for me to work on poverty. I don’t even insist that a gay person has to change their beliefs. They’re not going to accept my belief, or I’m not going to accept theirs.[5]

Dis maar dieselfde ou storie – hou jy jou by jou geloofsoortuigings en ek sal my by myne hou maar kom ons werk saam om van hierdie wêreld ‘n beter plek te maak. Kom ons vestig die Koninkryk van God hier en nou op aarde deur mense te leer hoe om die universele norme en waardes van eerlikheid, medemenslikheid, selfbeheersing en verantwoordelikheid in hulle daaglikse omgang met ander mense te beoefen en uit te lewe. Dit het hoegenaamd niks met die Evangelie te make nie. Dit is pogings wat Christene in die vlees wil uitrig, en wat sê die Skrif oor die vlees? – “die vlees is van geen nut nie…” (Johannes 6:63)

Hoe Leef ‘n Christen ‘n Lewe van Dankbaarheid Teenoor God?

Ds. Jannie het ‘n paar keer beklemtoon dat ‘n Christen ‘n lewe van dankbaarheid teenoor die Here moet voer. In antwoord op Flip Loots se vraag of die morele norme en waardes wat Christene vir hulleself toeëien nie ook vir die volledige samelewing geld nie, het hy ondermeer soos volg gereageer.

. . . vir ’n Christen is daar ’n ander motivering hoekom hy probeer en aspireer om in lyn met hierdie norme te lewe, nl. ’n lewe van dankbaarheid. Kyk, die eerste indeks . . . opsomming van waardes en norme vind ons in die tien gebooie, daar in die Ou Testament, en dis nie ’n spul reëls aan die hand waarmee ons vir God kan beïndruk en hoop om uiteindelik die ewige lewe te beërwe nie; ook die Nuwe Testament, ek dink maar aan Galasiërs 5, waar daar ’n hele lys is van dinge van hoedat mense lewe wat in verhouding met God lewe. Ons lewe nie daai goeters sodat ons God kan beïndruk nie. Hy’s klaar beïndruk want Jesus het klaar gesterwe op Golgota se heuwel. Nee! Ons lewe dit omdat ons verlostes is en ons intens dankbaar is vir die verlossing.

Dit klink baie mooi en heel Skriftuurlik om te sê dat Christene die universele norme en waardes van eerlikheid, medemenslikheid, selfbeheersing en verantwoordelikheid uitlewe, nie om God te probeer beïndruk nie, maar uit dankbaarheid vir sy verlossingswerk aan die kruis. Die werklikheid is dat mense van ander geloofsoortuigings dit hulle erns maak om dieselfde universele norme en waardes wat Ds. Jannie propageer wel deeglik uit te lewe, juis met die doel om hulle god of gode te beïndruk. Waarom . . .? Die onvermydelike antwoord hierop is, omdat alle ander gelowe, anders as die Christendom, onlosmaaklik gebaseer is op ‘n werkesaligheidsleer. Gaan Ds. Jannie hulle werkesaligheids-lewenspatroon aanprys en die Here die eer gee daarvoor? Die Christen se lewe van dankbaarheid teenoor God maak nie juis ‘n indruk op mense van ander geloofsoortuigings nie omdat hulle in hulle eie oë die Christene se mooi dankbaarheid-lewens ewenaar en soms selfs ver oorskadu. Die Moslems sal byvoorbeeld, vanuit hulle perspektief rondom valse leringe, nooit agter valse leraars en profete aanloop nie. Hulle bly getrou aan Allah en sy profeet Mohammad, selfs al moet hulle hul lewens vir hulle aflê, terwyl Christene dikwels agter valse profete en leraars soos T.B. Joshua aanhardloop wat op godslasterlike wyse kraanwater kwansuis in die bloed van Christus verander.[6] Nee! ‘n mooi morele lewe van eerlikheid, medemenslikheid, selfbeheersing en verantwoordelikheid is nie noodwendig ‘n lewe van dankbaarheid teenoor die Here nie. Ons het reeds gesien dat Paulus baie hard probeer het om so te lewe maar keer op keer misluk het. ‘n Lewe van dankbaarheid teenoor die Here staan in werklikheid op twee bene – leer en lewe (1 Timotheus 4:16).

Jou leer of leerstellings het betrekking op jou getuienis wat in die waarheid soos ons dit in die Skrif vind, ingebed moet wees. Ek het reeds na die eerste gedeelte van Johannes 6:63 verwys wat sê dat die vlees van geen nut is nie, maar die tweede gedeelte vorm eintlik die kern van hierdie teks, nl “die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.” Jesus was tydens sy lewe op aarde die enigste Persoon wat Jannie se vier mooi norme en waardes te alle tye 100% uitgeleef het. Hy het nooit misluk nie, en tog was dit nie sy mooi lewe wat ander mense se lewens aangeraak het nie maar sy leer – sy woorde wat HY tot hulle gespreek het, kom van die Gees en gee lewe. Die tweede been is natuurlik jou lewenswandel voor God en mense, maar hoor hier, ‘n Christen kan alleenlik so lewe as hy of sy daagliks sterwe. Jesus het nie verniet vir ons die opdrag gegee om onsself te verloën en ons kruis op te neem as ons vir Hom wil volg nie. Ds. Jannie en Flip Loots se gesprek het ‘n sprankelende gemis gehad aan hierdie waarhede.

Ek haas my om af te sluit met ‘n bydrae wat een van die gereelde kommentators op my blog, Amanda, elders geplaas het. Ek wil dit graag volledig hier herhaal omdat dit vir my Flip Loots se gesprek met Ds. Jannie Pelser raak opsom.

“…The liberal preacher is really rejecting the whole basis of Christianity, which is a religion founded not on aspirations, but on facts. Here is found the most fundamental difference between liberalism and Christianity – liberalism is altogether in the imperative mood, while Christianity begins with a triumphant indicative; liberalism appeals to man’s will, while Christianity announces, first, a gracious act of God.

“In maintaining the doctrinal basis of Christianity, we are particularly anxious not to be misunderstood. There are certain things that we do not mean. In the first place, we do not mean that if doctrine is sound it makes no difference about life. On the contrary, it makes all the difference in the world. From the beginning, Christianity was certainly a way of life; the salvation that it offered was a salvation from sin, and salvation from sin appeared not merely in a blessed hope but also in an immediate moral change. The early Christians, to the astonishment of their neighbors, lived a strange new kind of life–a life of honesty, of purity and of unselfishness. And from the Christian community all other types of life were excluded in the strictest way. From the beginning Christianity was certainly a life.

“But how was the life produced? It might conceivably have been produced by exhortation. That method had often been tried in the ancient world; in the Hellenistic age there were many wandering preachers who told men how they ought to live. But such exhortation proved to be powerless. Although the ideals of the Cynic and Stoic preachers were high, these preachers never succeeded at transforming society. The strange thing about Christianity was that it adopted an entirely different method. It transformed the lives of men not by appealing to the human will, but by telling a story; not by exhortation, but by the narration of an event. It is no wonder that such a method seemed strange. Could anything be more impractical than the attempt to influence conduct by rehearsing events concerning the death of a religious teacher? That is what Paul called “the foolishness of the message.” It seemed foolish to the ancient world, and it seems foolish to liberal preachers today. But the strange thing is that it works. The effects of it appear even in this world. Where the most eloquent exhortation fails, the simple story of an event succeeds; the lives of men are transformed by a piece of news. It is especially by such transformation of life, today as always, that the Christian message is commended to the attention of men.”

But Christian service consists primarily in the propagation of a message, and specifically Christian fellowship exists only between those to whom the message has become the very basis of all life. The character of Christianity as founded upon a message is summed up in the words of the eighth verse of the first chapter of Acts–”Ye shall be my witnesses both in Jerusalem, and in all Judea and Samaria, and unto the uttermost part of the earth.”

From the beginning Christianity was a campaign of witnessing. And the witnessing did not concern merely what Jesus was doing within the recesses of the individual life. To take the words of Acts in that way is to do violence to the context and to all the evidence.

“On the contrary, the Epistles of Paul and all the sources make it abundantly plain that the testimony was primarily not to inner spiritual facts but to what Jesus had done once for all in His death and resurrection. Christianity is based, then, upon an account of something that happened, and the Christian worker is primarily a witness. But if so, it is rather important that the Christian worker should tell the truth. When a man takes his seat upon the witness stand, it makes little difference what the cut of his coat is, or whether his sentences are nicely turned. The important thing is that he tell the truth, the whole truth, and nothing but the truth. [7]

Hoe laat Christene Hulle Lig Skyn?

Ds. Jannie het groot nadruk gelê op die feit dat “die grootste uitdaging wat die kerk seker nog ooit gehad het, en wat ’n Christen ooit gehad het om anders te lewe; as ons ooit nodig gehad het om ons lig te laat skyn, dan is dit nou, hier in die jaar 2008, 2009.” Dit is voorwaar baie mooi woorde. Die Christen moet sy lig laat skyn in ’n wêreld wat al hoe donkerder word, maar hoe laat ’n Christen sy lig skyn? Beteken dit dat hy of sy maar net die hele dag mooi moet glimlag, mooi Christelike glanstydskrifte druk en versprei, “nice” moet wees vir mense en die noodlydendes bystaan; ja! en om die Hartstigting en –Inisiatief se nuwe norme en waardes van eerlikheid, medemenslikheid, selfbeheersing en verantwoordelikheid uit te leef? Om jou lig te laat skyn, beteken in die eerste plek om in God se waarheid te wandel, daarin te lewe, dit toe te pas en dit vreesloos en in liefde te verkondig. Sê die Skrif dan nie juis dat dit God se waarheid is wat mense vrymaak nie — vrymaak van sondes soos misdaad, korrupsie, moordgierigheid, geldgierigheid, “hi-jacking,” omkopery, politieke onderkruipery, rassisme ens.? Ek kan jou verseker dat jy nooit jou lig sal kan laat skyn wanneer jy mense leer om God soos hulle hom vir hulleself voorstel (“wat ookal mens se persepsie van hom is”) met agting en respek te bejeen nie. Dit is ’n leuen wat in die donkerste duisternis van die duiwel se domein ontstaan het en waar daar hoegenaamd geen lig is nie. Rick Warren het op ‘n kol die “lig-skyn” verskoning gebruik toe hy ‘n lid van die CFR (Council on Foreign Relations) geword het. Syns insiens het hy ‘n lid geword omdat dit hom die geleentheid gee om sy lig daar te laat skyn. Die vraag is: Verkondig hy die waarheid? Die antwoord is ‘n besliste nee!

Ek wil afsluit (rêrig afsluit) met ‘n getuienis wat ek sopas in ‘n sendbrief oor Zimbabwe gelees het. Te midde van die hewige vervolging onder die Christene is hulle te alle tye blymoedig en prys en dank die Here tydens hulle dienste. Van hulle stap kilometers ver om saam met ander Christene na die Woord van God te luister. Een van die getuienisse lui as volg:

Redcliffe, a pastor, told us a precious story of seeing an old African woman at the side of her door with her arms raised in praise to God. He stopped to ask her why was she there on her knees praising God. Her reply was, “I am thanking God for Robert Mugabe. Because of him, many people are finding Jesus.”

Die Here gebruik dikwels intense krisisse om mense weer ‘n slag te dwing om stil te sit en na te dink oor hulle sondes en weerbartigheid teen God. HY het dit destyds met Israel gedoen waarom sou Hy dit nie ook nog vandag met lande doen nie? Hoor ‘n bietjie wat sê die Skrif:

Jes 26:9  Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.

Is die verskriklike dinge wat in ons land gebeur nie juis die oordele van God oor ‘n weerbarstige volk wat by monde van hulle sg. geetelike leiers (misleiers?) hulle ewe misleide kerklidmate leer dat “as daar nie respek is en agting is vir God [nie], wat ookal mens se persepsie van hom is, . . .” om vir ons te leer wat ware geregtigheid is nie? Dis “plein” afgodery. Stephan Joubert verkondig dieselfde infame leuien wanneer hy sê Christene kan maar gaan kers opsteek by wie ookal want die waarheid is nie net in die Christendom te vinde nie. Dis orals! . . . . selfs in die ateïsme maar dan moet die Christene nog steeds net sê “Jesus is Lord.”

Ds. Jannie en Flip, miskien moet ons, in die gesindheid van Zimbabwe se Christene, die Here begin dank vir ‘n regering wat magteloos is om die misdaad in die land hok te slaan want dit kan, net soos in Zimbabwe, die manier wees vir mense om Christus te vind. Maar, dan moet ons vir hulle die waarheid en niks anders as die waarheid bring nie, en nie van hulle verwag om ‘n god te eer, hoog te ag en te respekteer soos hulle hom vir hulleself voorstel nie.

U kan die volledige potgooi van Flip Loots se onderhoud met Ds. Jannie Pelser in Oop Gesprek hier aflaai.

 


[1] Johannes Calvyn: Institute van die Christelike Godsdiens, III:xxi. 1

[2] Op. cit., IIIxxiii, 7

[3] Johannes Calvyn: Institute van die Christelike Godsdiens, I, xvi, 3

[4] R.C. Sproul, Almighty Over All (Baker Book House, 1999), 54,

[5] Onderhoud deur Charlie Rose met Rick Warren (Augustus 17, 2006, http:// videagoogle.com/videoplay?docid=-5555324196046364882).

[6] http://www.deceptioninthechurch.com/tbjoshua-rebuke.html. Ek hoop van harte dat Ds. Jannie nie meer van sy gemeentelede en ander Christene soos in die verlede na Lagos, Nigerië, neem om deur die valse profeet T.B. Joshua genees te word nie. Baie Christene het hom reeds gewaarsku maar of hy dit ter harte geneem het, is ope vraag. Miskien moet Ds. Jannie waardes soos “gehoorsaamheid” en “leerbaarheid” (“teachability”) by sy vier norme en waardes voeg. Dit sal ons almal geweldig baie baat.

[7] J. Gresham Machen, Christianity and Liberalism, p. 45, 52

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 1 Comment »

Word predikante goed genoeg opgelei?

Posted by Thomas on September 14, 2008

Flip Loots se gespreksgenoot in “Oop Gesprek” was op Sondagaand (14 Septemeber 2008) Prof. Malan Nel, Direkteur van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening by die Universiteit van Pretoria wat ook betrokke is by voortgesette bedienings-ontwikkeling in die NG Kerk en ook klas gee in praktiese teologie.

Flip Loots het die program geopen met ‘n kernbelangrike opmerking “Dat dit lyk, volgens die Bybel, asof die prediker in ‘n gemeente ‘n uiters waardevolle taak het. Die vraag nou is: Word predikante goed genoeg hiervoor opgelei en watter rol speel die Heilige Gees in die opleiding veral waar dit sy taak is, volgens die Bybel, om mense van Jesus te vertel.” Om die kernbelangrikheid hiervan te illustreer het hy Romeine 10:13 en 14 aangehaal:

Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?

Wie sou ooit kon dink dat die kerk, en in die besonder die NG Kerk, pertinent herinner moet word aan wat die eintlike doel en bediening van die kerk is? ‘n Mens sou verwag dat die NG Kerk hierdie besondere kernbelangrike waarheid heel bo aan hulle lys van prioriteite sou plaas. Dit herinner my aan wat ‘n groot prediker eenmaal gesê het:

If the church loses its primary goal to be a soul winning station for Christ, it may as well close its doors permanently.

Met hierdie skerp waarneming in my gedagtes, het ek die gevorderde soekfasiliteit op die webtuiste van die Teologiese Fakulteit aan die Universiteit van Pretoria, waar ons toekomstige predikante hul opleiding ontvang, geraadpleeg. Ek het spesifiek gesoek na woorde soos “bekering,” “verlossing, “redding,” “wedergeboorte,” “wedergebore” en “Heilige Gees.” “Raai wat? In elkeen van hierdie gevalle het die soekfasiliteit vir my gesê “Geen resultate gevind nie.” Daar is slegs twee artikels waarin onderskeidelik die woorde “gees” en “heilige” voorkom, nl. “Verklaring deur Dagbestuur van Kuratorium” en “Fundamentalisme: Grootste Bedreiging vir die Kerk.” Nouja, dit spreek nie alleen boekdele nie maar verduidelik ook terselfdertyd waarom ons toekomstige predikante en ook ‘n groot persentasie van ons huidige predikante kwalik voldoen aan die vereistes wat Romeine 10: 13 en 14 stel. Hulle word nie opgelei om deur die krag van die Heilige Gees mense na die Here te lei nie maar om ontslae te raak van fundamentaliste en veral die fundamentele waarhede van God’s Woord. Daar is tans 30 artikels en 7 preekhulpe op hulle webtuiste geplaas en nie ‘n enkele een verwys ‘n enkele keer na die bg. woorde wat in elke predikant se woordeskat behoort te wees nie.

Toe Flip Loots sy gas, prof. Malan Nel, vra om te verduidelik hoedanig die opleiding aan die Teologiese Fakulteit behartig word, het hy soos ‘n wafferse meester Romeine 10: 13 en 14 ontwyk. Ek het eers so heel aan die einde van die program agtergekom waarom hy die belangrikste doel van die opleiding van jong predikante verontagsaam. Hy het gesê:

In wetenskaplike onderrig, weet jy mos nou, daar is mos nie net een standpunt nie. Ons is in 2010 en ons sal in 2030 nog altyd dieselfde goed sê . . . Daar is nie net een standpunt in die teologie se verstaan nie en wat sal ons nie aan ons studente doen as ons hulle nie blootstel aan hierdie opleiding nie.

Hierop het Flip Loots soos volg gereageer:

“Ons glo dat die Heilige Gees die Gees is wat ons in die volle waarheid lei. Maar die vraag is, die Heilige Gees gaan tog nie nou sus en dan weer so lei nie. Waarom is dit dan so dat ons dit kry dat sommige dominees wat al jare in die bediening is ‘n sekere saak sê en dis wat die Bybel sê, verkondig hulle, maar dan kom daar weer studente tien, twintig jaar later wat sê, nee dit klink nou anders. So, waar sou jy sê pas die Heilige Gees in hierdie hele saak?

Hoewel Prof. Malan erken het dat die Heilige Gees die Persoon is wat in die hele gesprek kern-kern belangrik is en waarkynlik nie vandag sus en more so lei nie, het hy dit beklemtoon dat dit waarskynlik ons is wat Hom vandag sus en more so verstaan en daai worsteling, sê hy, is ‘n moeilike worsteling. Hy het voorts gesê:

Ons het arm geword aan die waarheid wat in die vroeë kerk sterker gefunksioneer het. Een persoon het nie die wysheid in pag nie. Die onderskeiding van die wil van die Here is ‘n kollektiewe – die Bybelse woord “corpus” vir liggaam – is ‘n korporatiewe onderneming. Dis deel van die teologie . . . In goeie akademiese onderrig moet jy met al jou gespreksgenote rekening hou en dominees behoort gemeentes te help om te verstaan dat dit is ons verantwoordelikheid om saam te worstel oor hoe verstaan ons die leiding van die Heilige Gees deur ‘n teks.

Hou asseblief nog steeds in gedagte dat Flip Loots die kernbelangrike doel van die opleiding van predikante beklemtoon het toe hy Romeine 10: 13 en 14 heel in die begin van sy program aangehaal het. Nou vra ek u met trane in my oë: Waarom word die korrekte verstaan van die verlossingsleer van Jesus Christus onderhewig gemaak aan ‘n kollektiewe of ‘n korporatiewe besluit? Kom ons veronderstel ‘n ongelowige lees die wonderlike teks in die Bybel wat die wonderlike uitnodiging rig om die Here se lewende water verniet te neem en te drink (Openbaring 22:17). Kom ons versonderstel ook dat hierdie ongelowige op Sondagaand, 14 September 2008, geluister het na Oop Gesprek waarin Prof Malan Nel die uiters insiggewende akadmiese raad gegee het dat die indiwidu nie sommer so goedsmoeds die leiding van die Heilige Gees in die verstaan van ‘n teks kan aanvaar nie (omdat een persoon nie die wysheid in pag het nie), maar dat ons die verantwoordelikheid het om saam in ‘n korporatiewe verband daaroor te worstel. Heel moontlik kan hierdie ongelowige, indien hy die goue raad van Prof. Malan Nel sou volg, so vreeslik lank korporatief saam met ander worstel oor die betekenis van Openbaring 22: 17 dat hy intussen doodgaan en ook vir ewig verlore gaan. Van wie se hand of hande gaan die Here hierdie ongelowige se bloed eis? (Esegiël 3:20). Dit sou dus vir hom veel beter wees om nie na Flip Loots se Oop Gesprek te geluister het nie omdat dit hom ‘n totaal skewe beeld van die verstaan van Openbaring 22: 17 gegee het – ‘n korporatiewe of kollektiewe verstaan daarvan in plaas van ‘n Heilige Gees geïnspireerde verstaan daarvan.

Om sy blink idees oor ‘n “korporatiewe verstaan van ‘n teks” te beklemtoon het Prof. Malan Nel gesê:

My eie oortuiging is, dat hoe langer die samelewing so moeilik is soos wat hy is waar mense baie ernstige vrae vra – niks is meer simplisties nie – hoe meer noodsaaklik gaan grondige teologiese nadenke word . . . Flip, my waarneming oor baie jare is, dat jy kom nooit met simplisme weg nie. Jy kan kort termyn met simpel antwoordjies wegkom, maar op die lang termyn kom jy nie daarmee weg nie. Ons skuld dit aan mekaar om grondig te dink en daarom moet ons die Here dank vir die teologiese opleiding in hierdie land.

Ons lees in Handelinge 4:13 dat dit ongeleerde en eenvoudige manne was wat die Evangelie verkondig het. Daar was nie by hulle so iets soos korporatiewe nadenke oor die korrekte verstaan van die Bybel nie. Nee! hulle was manne wat vervul was met die Heilige Gees en in ‘n gees van eensgesindheid die eenvoudige en Goeie Boodskap van verlossing deur geloof in die volbragte werk van Jesus Christus aan die kruis aan verlore sondaars vekondig het . . . en derduisende mense het tot bekering gekom. Miskien moet ons jong mense wegbly van die korporatiewe en kolletktiewe nadenke van die teologiese fakulteit en eerder soos die eenvoudige manne van ouds sorg dat hulle vervul word en bly met die Heilige Gees sodat Hy hulle kan leer wat die eenvoudige betekenis van Bybeltekse is en sodat hulle ander kan help om waarlik tot bekering te kom.

Vanwaar kom Prof. Malan Nel en so baie ander postmoderne denkers se idee dat niks meer so simplisties is nie? Ek verstout my deur te sê dat hulle deesdae te veel oorsee gaan waar hulle gretig drink by die besoedelde fonteine van die Ontluikende Kerk van Brian McLaren, Leonard Sweet, Rob Bell, Doug Pagitt, Erwin McManus en so baie ander. Mag die Here ons van hulle bewaar.

Ek beveel jou voor God en voor Christus Jesus wat die lewendes en die dooies sal oordeel, ek beveel jou met die oog op sy koms en sy koningskap: verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerlê, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee, want daar sal ‘n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend.

Ek wonder hoeveel van hierdie menigte predikante en leermeesters kom vandag uit die geledere van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , | 5 Comments »

Maak die Christendom Nog ‘n Impak in die Wêreld?

Posted by Thomas on May 22, 2008

DEEL 3: HOE LYK DIE POST-MODERNE VOLGELINGE VAN JESUS?

Is die gesug na ervaring besig om geloof te vervang?

Ek glo nie om dissipels te maak dieselfde moet wees as om volgelinge te maak van die Christelike godsdiens nie. Dit mag raadsaam wees om in baie omstandighede (nie alle nie!) mense te help om volgelinge van Jesus te word en [nog steeds] binne hulle Boeddhistiese, Hinduïstiese en Joodse konteks te bly . . . eerder as om die paradoks op te los via verklarings oor die ewige bestemming van mense wat meer oortuig is deur of lojaal is teenoor ander godsdienste as ons eie, ons moet eenvoudig voortgaan . . . om Boeddhiste, Moslems, Christene en al die ander te help om die lewe ten volle te ervaar op die wyse van Jesus [en] (terwyl ek dit self beter leer ken), ook graag een van hulle sou wou word (wie hulle ookal mag wees), tot watter mate ek kan, om hulle te omhels, by hulle aan te sluit, om hulle wêreld te betree sonder om veroordelend te wees maar met reddende liefde soos myne deur die Here betree is — Brian McLaren (1) (Uit die Engelse vertaal) (Klem bygevoeg).

Miskien kan ‘n mens die hedendaagse post-moderne volgelinge van Jesus as volg beskryf, veral as jy mooi luister na wat hulle oor leersteling sê: Jesus Christus minus leerstelling (reëls, lering, wette, ideologieë) = Jesus volgelinge. Kan hierdie volgelinge van Jesus daarop aanspraak maak dat hulle sy dissipels is terwyl hulle sy leerstellings minag of beskou hulle Hom maar as net nog ‘n model of ‘n voorbeeld van hoe om te lewe? Om hierdie vraag te beantwoord moet ons weer eens luister na wat Jesus van die Bybel self gesê het.

Joh 8:31 En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord (leerstellings) bly, is julle waarlik my dissipels. (Klem bygevoeg).

Om soos Jesus te lewe beteken dus om in sy woord (leerstellings) te bly. Hy het ook gesê:

Joh 15:10 As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.

Die aanspraak dat iemand ‘n volgeling van Jesus is sonder om ag te gee op sy leerstellings wat vir ons sê wat ons mag en nie mag doen nie, dui óf op onkunde óf op misleiding óf albei. Selfs Alice Bailey wat haar boeke geskryf het onder die invloed en leiding van haar geestegids, Djwhal Khul, het geroem op die feit dat Jesus haar voorbeeld was. Sy skryf:

Ons het baklei oor die leerstellings waardeur mense gered sal word . . . Ons het die helfte van die wêreld as verlore beskou en slegs die Christen gelowige as gered, en tog het Christus die heeltyd vir ons vertel dat liefde die weg na die koninkryk is, en dat die feit van die teenwoordigheid van goddelikheid in elkeen van ons, ons geskik maak vir daardie koninkryk . . . Mense word nie gered deur ‘n geloof in die formulering van ‘n teologiese dogma nie, maar deur die feit van Sy lewende Teewoordigheid, of die lewende onmiddelikheid van Christus . . . Dit wat uiteindelik ons menslike lewe sal erken is die teenwoordigheid in die wêreld van diegene wat Christus as hulle voorbeeld ken, en herken dat hulle dieselfde goddelike lewe besit, net soos die bekragtiging van die basiese wet van die koninkryk van God, die wet van die liefde, die wêreld finaal sal red – Alice Bailey en Djwhal Khul (2) (Uit die Engels vertaal) (Klem bygevoeg).

Dit is besonder interessant dat Piet Muller wat in die verlede al openlik gesê het dat ons almal Christusse kan word ook lustig saamgepraat het oor die noodsaaklikheid om volgelinge van Jesus te wees.

Weet jy, ek will ook baie graag [iets byvoeg] wat Dries gesê het oor volgelinge van Jesus. Daar is ‘n ongelooflike tendens van ‘n terugkeer na wat het Jesus gesê. Jy weet, mense deur die eeue wat [Jesus] probeer letterlik volg het, het dikwels in die moeilikheid geland, soos Franciscus van Assisi gou agtergekom het, maar daar’s ‘n baie groot beweging terug na wat het Jesus gesê en in watter situasie Hy dit gesê het . . . ? Hoe kan ons ons lewens skoei op Jesus se voorbeeld? Ekself is bevoorbeeld besig om die saligspreuke uit my kop uit te leer dat ek dit 3 uur in die nag as ek wakker word, dat ek dit myself kan sê en daarmee kan leef. En ek kry . . . waar jy ookal na tendense kyk in publikasies, tel jy hierdie ding op van mense wat sê hulle is volgelinge van Jesus, en dit word ‘n baie, baie groot tendens. En dis dikwels ‘n tendens wat dwars staan teenoor die eise en die behoeftes van die geïnstitusionaliseerde kerk.

Tamara Hartzell som hierdie tendens baie goed op in haar boek “In The Name of Purpose: Sacrificing Truth on the Altar of Unity.”

Die hedendaagse Christendom mag miskien deesdae baie pret hê in sy nuwe manier van dink en optree, maar dis nie ‘n speletjie nie. Onsterflike siele is op die spel en die geloofsafvalligheid is ‘n werklikheid. Jesus Christus word voorgestel as ‘n weg van relatiwisme eerder as dié Weg en dié Waarheid, en dié geloof word aangebied as ‘n voortdurend veranderende metode van ervaring wat by enige geloofsoortuiging ingepas kan word (3) (Klem bygevoeg)

Om die inhoudelike van dissipelskap (volgelingskap van Jesus) te verstaan, moet ons weer eens gaan kyk na wat Jesus gesê het:

Mat 16:24 Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg (Klem bygevoeg).

Hierdie woorde van die Here Jesus is nie maar net sommer ‘n lukrake stelling nie. Hy het dit nie gesê om ons vriendelik te versoek om sy volgelinge te wees nie. Hy het nie breë, algemene riglyne neergelê waarvolgens elkeen nou maar self kan besluit hoe hy of sy Hom wil volg nie. Hy het vir ons presies vertel hoedanig ons Hom moet volg en as ons dit nie doen soos Hy dit van ons vereis nie, dan kan ons nooit as te nimmer sê ons is sy volgelinge nie. Sy eise om Hom te volg, is niks anders as ‘n leerstellige dogma (opdrag) nie en elkeen wat hierdie dogma verontagsaam of op ‘n syspoor rangeer, is besig om homself te mislei as hy sê hy is ‘n volgeling van Jesus. HY of sy is dan besig om ‘n ander Jesus te volg.

Die post-moderne paradigma skuif weg van Skrifgebonde dogma of leerstelling na ‘n kultuur van “doen” om die nood van die wêreld te verlig is ‘n baie subtiele en gevaarlike skuif weg van die vereistes om ‘n volgeling van Jesus te wees. Ek kan die wonderlikste dinge vir mense doen om hulle nood en lyding te verlig maar as ek Jesus se leerstellige vereistes om Hom te volg, verontagsaam dan is ek nog lank nie sy volgeling nie. Ja, miskien is dit ‘n ander Jesus maar beslis nie die Jesus van die Bybel nie.

As dit werklik ons erns is om volgelinge van Jesus te wees dan moet ons die dinge wat sommige hedendaagse mega- of super-apostels van die megakerke sê baie sterk bevraagteken. Rick Warren sê bevoorbeeld:

Die eerste Reformasie het gegaan oor geloof; hierdie een gaan wees oor optrede . . . Die eerste een was oor geloofsbelydenisse; hierdie een gaan wees oor ons dade . . . Die eerste een het die kerk verdeel, hierdie keer gaan dit die kerk verenig. (4)

Een van die gonswoorde in die woordeskat van die post-moderne aspostels en profete is die woord “spiritualiteit.” Dit is een van daardie mooi generiese woorde wat nommerpas gemaak kan word in enige godsdiens. In wese is dit ‘n baie subtiele en baie gevaarlike manier om ontslae te raak van die woord “geloof” omdat dit darem te eng is en deur die eeue die oorsaak was van baie oorloë en konflikte. Peter Drucker, skrywer, besigheidskonsultant en selfverklaarde sosio-ekoloog asook Rick Warren se mentor, het gesê:

Dit is nodig vir die gemeenskap om terug te keer na spirituele waardes — nie as teenvoeter vir die materiële nie maar om dit ten volle produktief te maak . . . Dit is vir die mensdom nodig om terug te keer na spirituele waardes omdat dit barmhartigheid nodig het. Dit het die diepe ervaring van dat U (God) en ek een is, wat al die hoër godsdienste onderskryf (3) (Woorde in hakies en klem bygevoeg) (5)

Siedaar!! Dis nou nie meer God wat die essensie van barmhartigheid, goedertierenheid en liefde is nie maar die mens se spiritualiteit wat hy deur ervaring deelagtig word.

Ons moet gladnie verbaas wees om te hoor hoedat die post-moderne fasiliteerders (“change-agents”) voortdurend dieselfde gonswoorde gebruik en mekaar napraat nie. Piet Muller het in die tweede program op 11 Mei gesê:

Mense ervaar ‘n verskil tussen godsdiens en spiritualiteit. Godsdiens is (sic) vir die meeste mense te doen met dogma en geloofsbelydenisse, en glo (Flip Loots kom tussenbeide en sê: En dit wil die post-moderne mens nie hê nie). Nee! Presies! Die post-moderne mens wil geestelike ervaring hê. Hy wil self voel; hy wil self ervaar. Hy wil in ‘n persoonlike verhouding met God staan en dit is twee dinge wat ons nie altyd mooi besef nie wat baie uitmekaar uitloop (Klem bygevoeg)

Hier sê Piet Muller ‘n paar dinge wat die post-moderne mens se godsbegrip en begrip van die godsdiens radikaal weerspreek. Eers sê hy die post-moderne mens wil net mooi niks met dogma, geloofsbelydenisse of geloof te make hê nie en dan, soos handomkeer, dat hulle wel in ‘n persoonlike verhouding met God wil staan. Indien hy en Dries Lombaard bereid is om by hulle voorneme te bly om te luister en te sê wat Jesus Christus gesê het, dan moet albei die here erken dat geloof en dogma hoegenaamd nie uitgesluit kan word nie. Wat sê die Woord?

Hebr. 11: 6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek. (Klem bygevoeg).

Alice Bailey, ‘n teosoof toe sy nog geleef het, het onder leiding van haar geestegids, Djwhal Khul,(6) dieselfde dinge gesê as Piet Muller en Dries Lombaard. Dis dus maar dieselfde ou gees wat hulle geïnspireer het en nog steeds inspireer. Ek kan u verseker dis beslis nie die Heilige Gees – die Gees van Waarheid nie.

Spiritualiteit sal teologie in die Nuwe Wêreldorde vervang; lewende ervaring sal die plek inneem van teologiese aannames. (7) (Klem bygevoeg).

Die SABC en in die besonder die godsdiensprogramme, waaronder Die Bybel in ons Lewe” en Oop Gesprek” is besig om toenemend ‘n platform te bied aan die post-moderne apostels en profete wat ‘n ander Jesus, ‘n ander gees en ‘n ander evangelie verkondig (2 Kor. 11: 4). Dis hoog tyd dat hulle Jesus van die Bybel se ernstige waarkuwing in Matt. 24: 4 ter harte neem: “Pasop dat niemand julle mislei nie.”

1. Brian McLaren, A Generous Orthodoxy, pp. 260, 262, 264
2. Alice Bailey & Djwhal Khul, The Externalization of the Hierarchy, Section II – The General World Picture, http://laluni.helloyou.ws/netnews/bk/externalisation/exte1087.html.
3. Tamara Hartzell, In the Name of Purpose p. 385
4. http://www.pastors.com/RWMT/?ID=207&artid=8280&expand=1
5. http://www.1099.com/c/ar/ia/petersprinciples.html.
6. http://www.crossroad.to/Quotes/occult/theosophy.htm.
7. Alice Bailey & Djwhal Khul, The Externalization of the Hierarchy, Section II – The General World Picture, http://laluni.helloyou.ws/netnews/bk/externalisation/exte1087.html

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | Leave a Comment »

Maak die Christendom Nog ‘n Impak in die Wêreld?

Posted by Thomas on May 21, 2008

Deel 2: POST-MODERNE RELEVANSIE

Die post-moderne kerk kan nie juis baie trots wees op sy pogings om relevant te wees nie, veral nie wanneer hy kers opsteek by ‘n wêreld wat in die mag van die Bose lê nie en nog minder by mense vir wie Jesus Christus ‘n steen des aanstoots en ‘n rots van struikeling is. Hierdie obsessie met relevansie word só in een sinnetjie deur Rick Warren opgesom:

Om vis op hulle voorwaardes te vang, beteken om toe te laat dat jou teikengroep jou benadering bepaal (1) (Uit die Engels vertaal).Rick Warren

Vroeër is gesê dat "vergelyking" en "assosiasie" ‘n goeie manier is om die bedoelinge agter mense se woorde te evalueer. Kom ons vergelyk nou die woorde wat ons reeds van Dries Lombaard aangehaal het met sommige van die ander dinge wat hy in die loop van Oop Gesprek gesê het en sommer ook met ander leiers van die "Emerging Church." Hou asseblief in gedagte dat hy sy luisteraars verseker het dat hy altyd graag wil weet en ook in gehoorsaamheid wil reageer op wat Jesus gesê het en tog verklaar hy ook:

Ek dink die kern hiervan [samekoms in kleiner groepe] is, soos ek dit waarneem, lê rondom een woord vagevang en dis die woord "verhoudinge." Mense vandag is moeg geluister, soos jy tereg sê, na reëls en regulasies en ideologieë. Hulle soek werklik na iets wat beleef kan word . . . ek dink die mens beweeg uit die Dries Lombaard institusie uit omdat dit verhoudingloos bedryf word; dit word programgedrewe bedryf. In die middel van elke kerk vandag, as jy instap, wat sien jy? In die middel sien jy lering of sang of enige program; wat mense soek is wat hulle in kleiner omgewings kry en dit is outentieke verhoudinge (Klem bygevoeg).

Dit wat Dries Lombaard hierbo sê, sluit nou aan by wat Rick Warren van die Saddleback Gemeenskapskerk in Amerika by geleentheid gesê het:

Verhoudings is die gom wat ‘n kerk aanmekaar geheg hou (2) (Vertaling uit die Engels).

Soos Dries Lombaard en Piet Muller, minag Rick Warren die belangrikheid van doktrine (ideologieë, soos Lombaard dit noem).

Uit die Bybel kan ons aflei dat God ons twee baie belangrike vrae gaan vra: Eerstens: Wat het jy met my Seun, Jesus Christus, gedoen? God gaan nie oor jou kerkverband of menings oor doktrine uitvra nie. Al wat gaan saak maak, is of jy aanvaar het wat Jesus vir jou gedoen het, en of jy geleer het om Hom lief te hê en te vertrou (3) (Klem bygevoeg).

Hoe kan ons leer om Hom te vertrou as ons nie weet wat sy doktrines (leerstellings of ideologieë) is nie?

Laurie Beth-Jones Laurie Beth Jones wat saam met Rick Warren op Ken Blanchard (‘n uitgesproke New Ager) se Raad van Direkteurs se "Lei soos Jesus Konferensies" Ken Blanchard dien, sê die volgende oor doktrine.

In die eerste plek moet ons onthou wat ons verenig eerder as dié dinge wat ons verdeel, en doktrines en stamgelowe eenkant gooi – die "ons-is-beter-as julle-ding." Ons het nie nodig om ons tradisies oorboord te gooi nie, maar dit is nodig om te verstaan dat Jesus nie gekom het om ‘n nuwe godsdiens op die been te bring nie, maar om ons te leer van die individuele konneksies wat elkeen van ons met God het. (4) (Uit die Engels vertaal) (Klem bygevoeg).

Teen die einde van die progam sê Dries Lombaard:

Jy weet, in die antieke tyd was Christene wat volgelinge van Jesus was genoem "mense van die Weg" en die rede daarvoor is omdat hulle geleef het volgens wat Jesus gesê het, Nou ongelukkig, in my opinie het ons, die Christene, verander na mense van die boek en waar dit gegaan het oor die wet, nie oor die Weg nie. En ek dink ook ons moet terugbeweeg, soos Piet ook tereg sê, is om Jesus te volg . . . om iemand van die Weg te word, die Weg van Jesus en nie iemand van die boek wat heeltyd staan en wette voorsit van wat ons mag en wat ons nie mag doen nie.

Piet Muller was dit met hom roerend eens dat reëls en regulasies mense uit die geïnstitusionaliseerde strukture verdryf na kleiner groepe.

Mense wil vandag openlike debat hê. Hulle wil nie meer sit en luister na reëls nie. Hulle wil ope debat hê, ope bespreking van probleme wat hulle kwel. Hulle will praat Piet Muller oor . . . dinge wat vir hulle bots tussen die wetenskap en godsdiens. Hulle wil nie daaroor swyg en stilbly nie. Hulle wil die ding deurtrap. En ek dink miskien, dit is waar die kerk nie altyd aan die behoefte voldoen nie (Klem bygevoeg).

Natuurlik is verhoudinge van kardinale belang. Daarsonder kan die mens as sosiale wese nooit klaarkom en ‘n sinvolle bestaan voer nie. Maar, op geestelike vlak kan verhoudinge ook beslis nie sonder vasgestelde standaarde (leerstellings, reëls en regulasies, wette of ideologieë) beoefen word nie. Dit is ietwat van ‘n teenstrydigheid om te sê dat ons mense van die Weg eerder as mense van die Boek moet wees. ‘n Mens kan amper hier vra wat eerste kom, die hoender of die eier? As ons nie die Boek gehad het nie, sou ons nie weet hoe om in die regte verhouding met God en ons naaste te lewe nie. In Oop Gesprek wat op 11 Mei uitgesaai is, het Dries Lombaard gesê:

As jy Jesus volg dan sê jy, dit is; ek lees nou die dag, iemand noem dit so mooi; dis ‘n "portable spirituality." Ek kan dit met my saamvat waar ek gaan, waar ek leef, waar ek werk terwyl Christendom is verskans in geboue of in ‘n groep mense wat saam is, of in sekere programme of rituele en dis nie wat Jesus verkondig het nie (Klem bygevoeg).

Natuurlik leef ons in ‘n tyd waarin ‘n baie groot groep mense dwarsoor die wêreld ‘n gedaante van godsaligheid het maar miskien moet Dries ook weer vir hom afvra wat Jesus sê oor leerstelling (leer, wette, reëls en regulasies, ideologieë [5]). Jesus het gesê:

2 Joh. vers 9 Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun (Klem bygevoeg).

Die Amplified Bible stel dit so:

Anyone who runs on ahead [of God] and does not abide in the doctrine of Christ [who is not content with what He taught] does not have God; but he who continues to live in the doctrine (teaching) of Christ [does have God], he has both the Father and the Son (Klem bygevoeg).

Iemand het eenmaal gesê: "Anyone who pooh-poohs Christ’s doctrine is running ahead of God and definitely not following Him.

Christus het ook gesê:

Joh 14:15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie

Paulus het telkens besondere klem gelê op korrekte Bybelse leerstelling.

Titus 2:7 Titus Betoon jou in alles ‘n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid.

2 Tim. 3:10 Maar jy het my navolger geword in leer, lewenswandel, planne, geloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid.

1 Tim 4:16 Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor (Klem telkens bygevoeg).

Paulus verwys keer op keer na die "leer" (God se Boek) en sê pertinent dat sommiges wat hierdie leer hoor ook gered sal word en nie "die wat jou mooi lewe sien" nie? Dis nie ons lewens as volgelinge van Jesus wat daardie bonatuurlike krag het om mense na Christus te lei nie, maar die onvervalste Woord van God. Die Here Jesus self het ‘n volmaakte sondelose lewe gelei maar Hy het op ‘n keer gesê: "Julle is rein deur die Woord wat ek tot julle gespreek het" (Joh. 15:3)(Klem bygevoeg). Soos ons reeds vroeër by monde van Piet Muller en Dries Lombaard gehoor het, skeel die Ontluikende kerk se Jesus-volgelinge hulle maar bra min aan absolute waarhede (Bybebgefundeerde leerstellings).

As Jesus se leerstellings, hetsy in die geïnstitusionaliseerde kerke of in die geledere van die "portable spirituality"-volgelinge van Jesus verontagsaam word, is daar hoegenaamd geen verskil tussen die twee nie, en as ‘n mens so luister na Piet en Dries se vertoë teen leer en ideologie (dogma, doktrine, geloofsoortuiging), dan bevind hulle hulself presies in dieselfde situasie as die hedendaagse geïnstitusionaliseerde Christendom.

————————————————————————————————————————–

Voetnotas

1. Rick Warren: The Purpose Driven Church, p. 196
2.
http://www.pastors.com/RWMT/article.asp?ArtID=3917.
3. Rick Warren: Die Doelgerigte Lewe, p. 29
4. Laurie Beth Jones Biography, Q & A with Laurie Beth Jones, under "What do you see as the major challenges to the Christian faith?",
http://www.jesusceo.com/profile/index.html.
5. The body of doctrine, myth, belief, etc., that guides an individual, social movement, institution, class, or large group.
http://dictionary.reference.com/browse/ideology.

Posted in Emergent Church, Gestuurde Kerk, Missionêre Kerk, Ontluikende kerk | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , | 1 Comment »

Maak die Christendom nog ‘n Impak in die Wêreld?

Posted by Thomas on May 21, 2008

DEEL 1: EVALUERING VAN WOORDINHOUD BY WYSE VAN VERGELYKING

Enige Christen sal met dankbaarheid teenoor die Here aandagtig luister wanneer iemand sê:

Dries Lombaard . . . ons moet nie so naïef wees om te dink dat as iemand die Bybel aanhaal dan is hulle per definisie ‘n volgeling van Jesus nie. Dis vir my persoonlik baie moeilik om die Christelike godsdiens te verdedig en te sê uit watter mond moet ek praat. Ek val maar altyd persoonlik terug en sê maar, “wag, ek sal sê wat Jesus gesê het en waarvoor Hy gestaan het – Dries Lombaard, Oop Gesprek, RSG, 4/5/2008 (Klem bygevoeg).

Niemand sal ontken dat dit pragtige en inspirerende woorde is, veral die laaste sinnetjie, maar kom ons doen wat Dries Lombaard ons aanraai en vra: “Wat sou Jesus sê as Hy sou verneem dat die post-moderne mens so vreeslik begaan is oor die wêreld se opinie van die Christendom?” Flip Loots was duidelik ontstel toe hy luisteraars se reaksie op die internet voorgelees het, soos onder meer:

Die Christendom is maar net nog ‘n geloof wat aanhangers dink die ware een is. Almal val egter oor die hekkie van ‘n onvermoë om te bewys dat hulle God bestaan.

Ek is ‘n ongelowige. Waarom? Wat ek in die wêreld sien, is dat daar nog nooit ‘n God was nie. Volgens die Bybel, as ek na die Bybel kyk, is Hy in elk geval nie ‘n ‘nice’ ou nie.

Dit wil voorkom of die Christene wat deesdae soos paddastoele opskiet Suid-Afrika in ‘n Christen staat wil omskep.

Dit lyk of die postmoderne Christendom meer begaan is oor wat die wêreld daarvan dink en sê as wat God daarvan dink en sê. Wanneer Jesus iets gesê het, het Hy nie doekies omgedraai nie en ook nie probeer om die mense wat hom gehoor het met “nice” woorde te beïndruk nie. Sy woorde was gewoonlik vlymskerp en op die man af en daarom is die post-moderne Christendom, by name die “Emergent Church” (sg. “Ontluikende” of “Opkomende Kerk” waarby die e-kerk en Mosaïek Kerk ingesluit kan word) baie selektief in hulle keuse van die gebruik van Jesus se woorde en soms baie huiwerig om sekere van sy woorde in hoorafstand van die wêreld te herhaal sodat dit hulle nie aanstoot gee nie. Daarom glo ek vry dat Dries Lombaard eerder ‘n helpende hand na mense wil uitreik as om vir hulle met ideologieë of leerstellings te oorweldig. In die opvolgprogram (11 Mei 2008) sê hy bevoorbeeld:

[Die] Christelike godsdiens kom van Christus af. Nou moet ons gaan kyk na wat het Christus geleer, as ons dan by die term [godsdiens] wil hou, wat het Hy gesê, en Hy het juis gesê “kom uit en kom daar waar die nood is in die wêreld.” Sy hele optrede, as ons gaan kyk, enigiets wat Hy gedoen het wat die Farisiërs so kwaad gemaak het, was sy optrede teenoor hierdie godsdientigheid.

Natuurlik is daar nood in die wêreld. Meer as die helfte van die wêreld se bevolking ly honger terwyl ‘n geweldige groot deel van die wêreld aan vigs ly. Natuurrampe is daagliks aan die orde van die dag en Christene is veronderstel om ‘n bydraende impak te maak op die lewens van hierdie noodlydende mense. Maar weet u, Christene wat net ‘n helpende hand uitreik en in gebreke bly om die leerstellings van Christus aan hulle te bring (sy leerstellings t.o.v. sy kruisiging, sy histories-fisieke opstanding, sy wederkoms, sy opdrag t.o.v. bekering en heiligmaking ens.) is juis besig met ‘n leë en niksseggende godsdienstigheid. Die vroeë kerk in Handelinge het juis met hierdie probleem te kampe gekry toe sommige van die Griekssprekende Jode begin kla het oor die verwaarlosing van hulle weduwees. Dis baie opvallend dat die twaalf apostels nie onder mekaar gekoukus en besluit het dat Christus hulle wil hê daar waar die nood is nie. Nee! Hulle het die leerstellings van God vooropgestel en belangriker geag, maar nogtans nie die nood oor die hoof gesien nie.

Hand. 6:2 Dit is nie reg dat ons die verkondiging van die woord van God verwaarloos om die versorging te kan behartig nie. Nou, broers, soek sewe mans onder julle uit wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het, sodat ons hulle vir hierdie taak kan aanstel (Klem bygevoeg).

M.a.w. die opdrag van die Here Jesus om uit te gaan en dissipels (volgelinge van Christus) te maak deur hulle te leer om alles te onderhou wat Hy hulle beveel het, was vir hulle veel belangriker. Skynbaar dink die postmoderne “Emerging Church” nie so nie.

Maar, kom ons kyk flussies na ‘n paar dinge wat Jesus persoonlik van die wêreld gesê het en ook by monde van sy dissipels gesê het.

Joh 15:18 As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.

1 Kor 1:18 Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;

1 Pet 2:7 Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword; en: ‘n Steen des aanstoots en ‘n rots van struikeling—

1 Joh 5:19 Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê.

1 Joh 4:5 Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.

Die vroeë dissipels het nooit daaraan gedink om relevant te wees in die wêreld nie of om die Weg van Jesus tot ‘n filantropiese dienstigheid te ontwikkel nie. Hulle was deeglik bewus gewees van die feit dat alles wat Jesus hulle geleer het om te sê, nie altyd so lekker op die mense se ore sou val nie en dat hulle as gevolg daarvan die dood dikwels in die oë moes staar. Hewige vervolging was hulle voorland en tog het hulle alles wat Jesus hulle geleer het om te sê baie getrou en in gehoorsaamheid aan ‘n verlore wêreld oorgedra. Hulle het nie net gesê wat Jesus gesê het nie maar onder geen omstandighede sy leer met soet en sappige woordjies probeer verdun of afwater nie. Daarom kon Paulus met oortuiging sê:

1 Kor 4: 9-13 Want dit lyk vir my dat God ons apostels die laaste plek aangewys het as tot die dood veroordeel; want ons het ‘n skouspel geword vir die wêreld, vir die engele sowel as vir die mense. Ons is dwaas ter wille van Christus, maar julle is verstandig in Christus. Ons is swak, maar julle sterk. Julle is in aansien, maar ons in oneer. Tot op hierdie uur ly ons honger en dors, is ons naak en word geslaan, en swerwe ons rond, en swoeg ons deur met ons eie hande te werk. Word ons uitgeskel, ons seën; word ons vervolg, ons verdra dit; word ons belaster, ons troos; soos uitvaagsels van die wêreld het ons geword, die afskraapsel van almal tot nou toe.

Hiervolgens blyk dit dat die mate waarin die wêreld die Christen haat, die litmustoets is vir die kwaliteit van sy volgelingskap van Jesus en nie die mate waarin jy relevant is of ‘n impak maak in die wêreld nie. Christene wat die wêreld liefkry, is vyande van God (Jak 4:4) maar sodra die wêreld Christene begin liefkry omhels hulle die vyande van God. Beteken dit dat ons nie die noodlydendes moet help nie? Gewis nie! Christene moet hulle bystaan, want hulle moet juis Jesus se liefde teenoor die mensdom betoon sodat hulle sy Evangelie en al sy leerstellings aan hulle kan verkondig. Waarom . . .? Om hulle lewensomstandighede maar net so effens te verbeter? Nee! sodat hulle in die eerste plek gered kan word. Die Here Jesus het nie mens geword om van hierdie wêreld ‘n beter plek te maak nie, of om ‘n massiewe universele opstanding van die heelal en die wêreld te bewerkstellig nie. HY het hierheen gekom om te soek en te red dié wat verlore is (Matt 118:11). Die Ontluikende Kerk waarvan Dries Lombaard ‘n sterk voorstander is, glo daarenteen dat nie net die indiwidu gered moet word nie maar ook die hele samelewing. Die hele samelewing moet ‘n opwekking (redding) belewe, soos Rob Bell in die volgende video uittreksel verklaar.

Alles wat Rob Bell op een van sy Nooma videos hiernaas sê, klink Skriftuurlik en eg Christelik, maar as ons dit in die lig van die Bybel toets, rym dit nie met wat Christus ons leer nie. Johannes 3:16 sê baie duidelik dat God die ganse wêreld liefhet maar beslis nie dat “’n reuse opstanding [van die hele wêreld] onderweg is waarvan jy en ek ‘n deel kan wees” nie. Johannes verklaar ronduit dat hoewel dit die wil van God is dat almal (die hele wêreld) gered word, sal sommiges verlore gaan — nie omdat die Here hulle nie wil red nie maar omdat hulle Christus as die enigste Saligmaker van die mensdom verwerp. Christus self het gesê dat die poort en die pad na die ewige lewe nou en smal is en dat min mense dit vind (Mat 7:13). Die Here waarsku ons wat reeds in die eindtye woon om nie dieselfde oortredinge te begaan waaraan sy volk Israel hulle aandadig gemaak het nie want ons sal nes hulle in dieselfde oordele kom.

1 Kor 10: 6 en 11 En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie . . . Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.

Een van die gruwelikste dinge wat hulle gedoen het, was om hulle te beroem op hulle godsdienstigheid terwyl hulle agter ander gode (afgode) aangeloop het.

Eseg 8:15, 16 En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Jy sal nog ander gruwels, groter as hierdie, sien. Toe bring Hy my na die binneste voorhof van die huis van die HERE; en kyk, by die ingang van die tempel van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar, was omtrent vyf en twintig man, met hulle rug na die tempel van die HERE en hulle gesig na die ooste, en hulle het hul voor die son neergebuig na die ooste. (Klem bygevoeg).

Esef 14:7, 8 “Wanneer ‘n Israeliet of ‘n vreemdeling wat onder Israel woon, van My afvallig word en aan afgode waarde heg en so in sonde verval is dat hy net ag gee op sy afgode, en hy kom na ‘n profeet toe om My te raadpleeg, sal Ek, die Here, op my eie wyse met hom praat. Ek sal so ‘n man se teenstander wees en van hom ‘n voorbeeld, ‘n spot maak, hom van my volk afsny. Dan sal julle besef dat Ek die Here is. En as ‘n profeet hom dan laat verlei om iets te sê, is dit Ek die Here wat hom verlei het, maar tog sal Ek my hand teen hom uitsteek en hom tussen my volk Israel uit verdelg. Hulle sal die straf op hulle sonde dra: die man wat My raadpleeg en die profeet het ewe veel skuld. (Klem bygevoeg)

Rob Bell en baie ander Ontluikende leraars skroom nie om hulle affiliteit met ander godsdienste in die openbaar te propageer en selfs ook baie nou met hulle saam te werk nie. In ‘n Mp3–opname van een van sy dienste het Bell die gehoor van hoofsaaklik jong mense soos volg in ‘n joga asemhalingssessie gelei:

[In Yoga] it’s not how flexible you are, it’s not whether you can do the poses, it’s not how much you can bend yourself, it’s can you keep your breath [breathes in and out] consistent [breathes out] through whatever you are doing.

And the Yoga Masters say this is how it is when you follow Jesus and surrender to God. Is it’s your breath being consistent. It’s your connection with God regardless of the pose you find yourself in. That’s integrating the divine into the daily.

Rob Bell leer die jeug dat hulle by wyse van Joga asemhalingoefeninge die Hindoe panteïstiese Jogameester genaamd “Jesus” kan volg en hoedat hulle asemhaling hulle in aanraking bring met God.  Wat die hedendaagse “profete” soos Dries Lombaard, Stephan Joubert enn Nelus Niemandt en baie ander jong predikante in ons land blykbaar nie besef nie, is dat hulle hulself onder die oordele van God in maneuvreer wanneer hulle waarde heg aan mense soos Rob Bell wat afgodery in hulle harte bedink en verkondig. Stephan Joubert het in ‘n preek gesê:

Ek het hom [Rob Bell] al sien optree, baie keer. Hy stap op daai verhoog, met sy swart bril en sy weird klere en sy kitaar, maar as hy sy mond oopmaak dan is dit die Evangelie. (Klem bygevoeg).

Het hierdie hedendaagse “profete” dan geen vrees voor hulle oë vir God nie (Rom 3:18)? Hulle is bevriend met ‘n man en praat met groot lof van hom van wie God sê,Ek sal so ‘n man se teenstander wees en van hom ‘n voorbeeld, ‘n spot maak, hom van my volk afsny. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.Nog meer, die Here sê dat dié profete wat toelaat om sy verderflike leer te verkondig ewe veel skuld het en saam onder die oordele van God sal kom. Tom Smith, een van die navolgers van die Ontluikende Kerk skryf soos volg op Dries Lombaard se blog “E-Church”:

Whenever someone makes the discovery that church is something more than just going to a building on a Sunday, all kinds of reactions follow. One of the reactions I’ve noticed is one that I’ll term a ‘transcendent ecclesiology.’ A transcendent ecclesiology has as its base belief the understanding that church happens at any place and at any time.

These people repeat over and again that, ‘church is everywhere’, when two people get together for drinks, golf, yoga, chess or whatever they are the church.(Klem bygevoeg).

Enigiemand wat nie in die Here Jesus (waarlik gered is) is nie kan gerus maar sy paar “drinks” neem en sommer so in sy benewelde toestand ‘n paar joga-oefeninge doen sonder om skuldig te voel. ‘n Mens kan nie van hulle verwag om gehoorsaam te wees aan die Heilige Gees nie, om die eenvoudige rede dat hulle Hom nie ken nie en dus hoegenaamd nie waarskuwings soos hieronder kan verstaan nie.

Gal 5:16, 17 Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.

Thomas Keating en Basil Pennington, twee Rooms Katolieke priesters wat ‘n groot invloed uitoefen op die “Emerging Church” (Ontluikende Kerk) sê in hulle boek “Finding Grace at the Center:”

We should not hesitate to take the fruit of the age old wisdom of the East and “capture” it for Christ. Indeed, those of us who are in ministry should make the necessary effort to acquaint ourselves with as many of these Eastern techniques as possible . . .

Many Christians who take their prayer life seriously have been greatly helped by Yoga, Zen [1], TM and similar practices, especially where they have been initiated by reliable teachers and have a solidly developed Christian faith to find inner form and meaning to the resulting experiences. (pp. 5-6) (Klem bygevoeg).

Sommige Christene wend hulle dikwels tot aktivisme en vaar die strate in met groot plakkate om hulle misnoë uit te spreek oor kwessies soos aborsie ensomeer, maar daar is maar weinig van hulle wat hulle kommer uitspreek oor die vloedgolf van dwaalleringe wat ons opledingseminare, fakulteite, en kerke oorspoel. Ek wil hulle aanspoor om leraars soos Nelus Niemandt, Stephan Joubert, Dries Lombaard en hulle eie predikante wat die Ontluikende Kerk leerstellings verkondig in persoonlike e-posse te vermaan en hulle ernstig te versoek om hulle dwaalleringe en hulle assosiasie met dwaalleraars soos Brian McLaren, LRob Bell, Leonard Sweet, Rick Warren, Doug Pagitt, Tony Jones en baie ander te staak.

2 John 9-11 Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.

Gaan na Deel 2

———————————————————————————-

[1] Op Dries Lombaard, gemeentekonsultant, betrokke by die e-kerk en “African Mosaic” se blog verskyn onbeksaamd ‘n skakel na “Zen Habits,” ‘n blad wat hulle doelwitte as volg beskryf I love Zen. I named one of my dogs Zen. I’ve read it, tried it, love its simple philosophy, love the meditation and love the aesthetics.” Lombaard en kie verklaar “We at the The Bread and Wine spend a significant time online [our apologies, loved ones!] and we bring you this list of resources that has been a great source of inspiration and help in the past.” http://thebreadandwine.org/home/upload.

Posted in Emergent Church, Gestuurde Kerk, Missionêre Kerk, Ontluikende kerk | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | Leave a Comment »

Maak die Christendom Nog ‘n Impak in die Wêreld?

Posted by Thomas on May 21, 2008

INLEIDING

Brian McLaren 2 Die post-moderne oorgang is goed op dreef, maar dit is nog steeds ‘n proses. Die vroeë dekonstruktiewe fase van die post moderne oorgang is besig om na ‘n meer konstruktiewe en kreatiewe ontwikklelingsfase te vorder, wat (vir my) in die breë kultuur geïllustreer word deur denkers soos Wendell Berry en Ken Wilber, plus ‘n antal van ons wat spesifiek vir die Christengemeenskap skrywe. (Daar is natuurlik sommige mense wat nog steeds veg teen hierdie vroegste fases, sonder om te besef dat die ‘gevegslinies’ verander. Maar, ek behoort nie gevegsbeelde te gebruik nie, want ek sien dit nie so in nie). Ten spyte van al die werk wat ons reeds gedoen het en al die vordering wat ons gemaak het, het ons nog ‘n ver pad om te gaan – Brian McLaren (Uit die Engels vertaal ) (Klem bygevoeg).

. . . daar sal ‘n Universele kerk verskyn, en die definitiewe hooftrekke daarvan sal teen die einde van hierdie eeu verskyn . . . Hierdie kerk sal Alice Bailey tot aksie aangespoor word deur die Christus en sy dissipels wanneer die uitstorting van die Christus-beginsel, die WARE tweede Koms volbring is . . . die Christenkerk in sy veelvuldige vertakkinge kan as die nukleus dien om wêreld–verligting te bereik . . . die kerk as ‘n leerfaktor behoort die groot basiese leerstellings te neem en (d.m.v. die vernietiging van die ou vorme waarin hulle uitgedruk en gehou word) hulle ware en innerlike spirituele betekenis openbaar. Die belangrikste werk van die kerk is om te onderrig, en onophoudelik te onderrig, en om die uiterlike gedaante te bewaar met die doel om die menigtes wat gewoond is aan kerkgebruike, te bereik. Leiers moet opgelei word; Bybelkennis moet versprei word; die sakramente moet misties vertolk word, en die kerk se krag om te genees moet gedemonstreer word. – Alice Bailey [1] (Uit die Engels vertaal) (Klem bygevoeg).

Flip Loots het in sy weeklikse program “Oop Gesprek” twee agtereenvolgende Sondae (4 en 11 Mei) die vraag “MAAK DIE CHRISTENDOM Dries Lombaard NOG ‘N IMPAK IN DIE WÊRELD?” onder die loep geneem. Sy twee gaste was Dr. Piet Muller, skrywer en Piet Mullertoekomskundige en Dries Lombaard gemeentekonsultant, betrokke by die e-kerk en “African Mosaic.” Albei die gaste het soms mooi dinge kwytgeraak wat die oningeligte luisteraar sou kon aanspoor om  hulle op die skouer te klop en te sê “Wel gedaan goeie en getroue dienskneg.” Ek het egter al geleer om die postmoderne toekomskundiges en ander postmoderne geleerdes se woorde met ‘n knippie sout te neem want dit wat hulle sê, klop nie altyd met dit wat hulle werklik bedoel nie. Nouja, ek moet erken dat dit uiters moeilik is om vas te stel wat die eintlike bedoelinge agter mense se woorde is omdat “bedoelinge” as sondanig woorde van die hart is terwyl die gesproke woorde soms en selfs ook dikwels net woorde van die mond is. Daar is egter, soos ek mettertyd agtergekom het, ‘n redelike waterdigte manier om vas te stel of iemand se woorde en sy bedoelinge harmoniseer — en dit is deur vergelyking en assosiasie. Een van die mees enigmatiese fenomene van ons postmoderne tyd is dat geestelike leiers met oortuiging bely dat hulle Christene is. Hulle sal vir jou sê hulle glo in Jesus Christus se kruisdood, sy opstanding en sy hemelvaart en dat hulle Hom volg en navolg en tog skroom hulle nie om hedendaagse leraars, denkers en filosowe wat hierdie dogmatiese leerstellings verloën, te ondersteun, na te volg en selfs te nooi om as sprekers in hulle kerke op te tree.

Gaan na Deel 1

——————————————————————————————————–
2. Alice Bailey, The Externalization of the Hierarchy, 1957, Lucis Publishing.) Lucis Trust het aanvanklik bekend gestaan as Lucifer (Satan) Trust. Lees gerus
http://en.wikipedia.org/wiki/Lucis_Trust.

Posted in Emergent Church, Gestuurde Kerk, Ontluikende kerk | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , | 9 Comments »