Waak en Bid / Watch and Pray

omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie / for ye know not when the time is (Mark 13:33)

Posts Tagged ‘Geestelike Afval’

‘n Nuwe God-Verklaarde Manier om Verlore Siele in Suid-Afrika te Red

Posted by Thomas on June 22, 2009

View Elza Meyer se ooreenkoms met God

Read the English version here.

God het waarskynlik ‘n spiksplinternuwe fondament vir die redding van tien miljoen Suid-Afrikaners gelê en bekragtig. Hy het na bewering besluit dat die offerdood van sy Seun aan die kruis geheel en al onvoeldoende en ontoereikend is en het nou ‘n vrou, Elza Meyer, ‘n leier predikant by Moreletapark se NG Kerk, gekoöpteer om Christus by te staan in sy plaasvervangende lyding vir ons sondes aan die kruis. Elza se seun, Pieter, was instrumenteel om hierdie nuwe weg van saligheid teweeg te bring. Hier’s wat Elza op haar blog “Turn2God” geskryf het:

Tydens die Oos-Kaap konferensie was daar ’n aanval van die bose op my liggaam.  Ons kon nie die effek daarvan gebreek kry nie,  totdat ek laatnag my seun, Pieter,  gebel het en hom gevra het om vir my te bid. Hy het 10 miljoen siele,  gered en gedoop,  geëis in ruil vir die aanslag op my lewe. Dit het onmiddellik geëindig. Moreletapark Gemeente is deur die Here gelei om ’n nuwe doelwit vir die gemeente te formuleer nl. 10 miljoen siele binne 10 jaar.  Die oorhoofse doelwit is om 10 miljoen siele met die evangelie te bereik en hulle dissipels van Jesus te maak (Klem bygevoeg).

Hoe gaan hulle die Evangelie verkondig? Gaan hulle die verlore siele wat hulle vir Christus wil bereik, vertel dat Christus hulle wil red omdat Hy toegelaat het dat Elza Meyer ‘n hewige demoniese aanval op haar lewe oorleef? Nee . . .? Hoor ek miskien ‘n koor van Moreletapark se lidmate wat sing “Nee! ons gaan dit nie so doen nie”? Die ironie is dat hulle alreeds begin het om dit so te doen op Elza se blog “Turn2God.” Het hulle dan nog nooit gehoor van Paulus se waarskuwing in 1 Korinithiërs 3:11 nie?

1 Kor. 3:11 Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.

Jy’s volkome verkeerd, broer Paulus. Het jy nog nie gehoor van die spiksplinternuwe hoeksteen en fondament wat onlangs in die Moreletapark NG Kerk Gemeente gelê is nie? Nog nie . . .? Jy’s verspot. God gaan 10 miljoenverlore siele in die bestek van tien jaar in Suid-Afrika red (‘n miljoen per jaar) in ruil vir Elza Meyer se oorlweing van ‘n hewige demoniese aanval op haar lewe. Wat het jy gesê, Paulus? Het ek jou hoor sê ”Godslasterlik?” Nee, nee, nee, nee en nog ‘n nee, Paulus. Hoe durf jy sê dis godslasterlik. Jy’s te oudmodies. Ons leef in die verligte postmoderne dae en ons is besig om die Evangelie op baie ander maniere aan verlore siele in Suid-Afrika te verkondig. Ons Suid-Afrikaanse predikers is van die vindingrykstes ter wêreld . . . dink jy nie so nie, Paulus.

Ek is versot op die Woord van God en hou daarvan om waarhede wat ek nooit kon dink om dit daar te vind nie, op te diep. Ek was nogal verbaas om die volgende juweel in die Bybel te vind.

Lukas 16:8 . . . want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig.

Ag nee wat, broer Paulus! Jy probeer seker snaaks wees! Wel ek het so gedink totdat ek ‘n blog van ‘n ateïs gelees het wat in sy kommentaar op Elza Meyer se onbybelse eise die vraag vra: “Is skynvroomheid (huigelary) nie ‘n sonde nie?” Te midde van duisende vroue (en miskien net soveel mans wat onder die pantoffelregering by die Moreletapark Gemeente staan) wat sê hulle is Christene en Elza se nuwe manier om die Evangelie te verkondig met ontsag bejeen, en selfs ook ‘n nuwe doelwit vir die Moreletapark gemeente daargestel het, is daar ten minste een persoon, ‘n ongelowige, wat in die teenwoordigheid van gees behou het en dwarsdeur die hele skynvroomheid kon sien en vriendlik genoeg was om te waarsku teen die sonde van huigelary. U kan lees wat die woord “sanctimony” beteken, hier sien en glo my dis nie mooi nie, gladnie mooi nie.

Wat op aarde is besig om in ons geliefde land te gebeur? Elza Meyer sê ons moet “Terugkeer na God.” Stephan Joubert sê: “Nee, dis die verkeerde

View Buzz Lightyear se to infinity and beyond

rigting. Christene is nie veronderstel om na die Bybel of na God toe terug te keer nie. Hulle moet vorentoe gaan na God toe en die pad vorentoe is om moedig te gaan  waar niemand nog voorheen gewaag het om te gaan nie.” Dit laat my nogal dink aan Buzz Lightyear in “Toy Story” wat gewaag het om te gaan na “eindeloosheid en nog verder” totdat hy besef het sy vlerke is vals. Dan is daar ook nog Jannie Pelser en Graham Power wat sê: “Nee! ons manier is die beste. Laat ons nuwe norme en waardes aan elke persoon in ons geliefde land Suid-Afrika uitdeel en alles sal net honkie-dorie wees.” Dink hulle werklik hulle sal tien miljoen verlore siele in Suid-Afrika kan bereik met hierdie soort kakefonie van leuens?

Dit lyk nie juis of Angus Buchan se optredes tot dusver by die Moreletapark NG Kerk enige blywende invloed op die predikante en die mans en vrouens in die gemeente gehad het nie. Waar oom Angus ookal preek, moedig hy die mans aan om hulle vrouens lief te hê en vermaan die vrouens om onderdanig te wees aan hulle mans. Watter tipe “mighty men” het oom Angus by sy “Mighty Men” Konferensies hand grootgemaak wat versuim om hulle vrouens te waarsku teen Elza Meyer se dwaalleringe, of is hulle ook maar onderdanig aan die pantoffelregering in die gemeente? Elza Meyer self is nie juis ‘n goeie voorbeeld vir die vrouens wat blykbaar die manspredikers en die hele gemeente met ‘n ysterhand regeer, en boonop nog die weg vir die hele gemeente aandui van hoe om in te koop op haar onbybelse eise vir die redding van 10 miljoen verlore siele in ruil vir haar wonderbaarlike oorlewing van ‘n hewige demoniese aanvaal op haar lewe. Is dit werklik moontlik dat nie ‘n enkele manspredikant of enige ander manlike lidmaat haar oor haar onbybelse en Godslasterlike leringe gewaarku het nie?

Daar is net ‘n enkele, aanvaarbare en voldoende fondament (eis) wat Christene aan God mag voorlê vir die redding van verlore siele, en raai wat . . .? . . . dit is nie Elza Meyer se oorlewing van ‘n hewige demoniese aanval op haar liggaam nie. Dis suiwer en eenvoudig net Godslasterlik en sy en haar seun, tesame met die hele Moreleta Gemeente behoort God om vergifnis te vra vir hulle afvalligheid en rebellie. Dit was Jesus Christus se eie verskeurde en bebloede liggaam, en syne alleen, wat versoening meegebring het tussen verlore sondaars en die Almagtge God. Jy vind dieselfde dwalinge in die Roomse Kerk. Padre Pio wat vir 45 jaar gereeld stgmata ervaar het, het daarop aanspraak gemaak dat meer geeste uit die dood hom in sy sel besoek het as lewende mense, en die ander monikke sê dat hulle ‘n menigte stemme wat met hom gepraat het, gehoor het. Vader Pio het beweer dat hierdie mense uit die vagwevuur op pad was na die hemel om vir hom dankie tê omdat hy namens hulle vir hulle sondes gely het om hulle uit die vagevuur te kry. Om die waarheid te sê, hy het as nuweling toe hy ‘n monnik geword het, die owerste toestemming gevra om vir die sondes van die wêreld te ly en dié het hom toe die toestemming verleen. Sy stigmata (wat niks anders as demoniese aanvalle was nie) was gewaand sy lyding. Christus se lyding was nie voldoende nie en hy moes dit dus aanvul of daarop verbeter.

Keer terug na God? Sekerlik! maar dan moet dit nie die manier wees waarop Elza Meyer en haar Hadassa sussies en “Mighty Men” die Suid-Afrikaners vir Christus wil wen nie. God sal nooit as’t nimmer sondige mense toelaat om vir verlore siele te bie op die basis wat Elza Meyer, haar seun en die hele Morelettapark Gemeente dit wil doen nie. Julle is mislei en julle is besig om ander te mislei. Hou op met julle nonsens!

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 3 Comments »

Waaroor Gaan die Evangelie dan nou Eintlik?

Posted by Thomas on March 9, 2009

Daar is deesdae so ‘n wanklankige kakofonie van stemme wat oral opklink rondom die godsdiens en spiritualiteit dat ‘n mens kwalik kan byhou. Die ironie, of sal ek liewer sê, die gevaar hiervan is dat hierdie kakofoniese wanklanke voortspruit uit die monde van persone wat hoë aansien geniet by hulle kerkgenote, akademiese kollegas en selfs by mense van ander gelowe. Hulle is mense wat in die samelewing bekend staan as manne van God, maar is hulle dit werklik? Die Here sê dat ons hulle sal uitken aan hulle vrugte maar deesdae word ‘n mens gedwing om ook die vrug van hulle monde onder die loep te neem.

Waarom skarrel en tas hierdie sg. “manne van God” in die newels van die ontluikende spiritualiteit rond om nuwe idees te formuleer oor die godsdiens; om die Bybel en veral die Evangelie te herverwoord; om alles te verander, soos Brian McLaren dit in sy boek “Everything must Change” dit stel;” en om “Nuwe Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede Drome vir Nuwe Werklikhede” te koester, soos Dr. Nelus Nelus Niemandt Niemandt dit in sy boek met dieselfde naam uitspel? Waarom . . .? Ons het nie nodig om ver te gaan soek vir ‘n antwoord nie omdat Paulus dit reeds duisende jare gelede neergepen het.

2 Tim 4:3 . . . want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. (Klem bygevoeg)

Alles Moet VeranderEverything must Change

Toe my vrou en ek onlangs inkopies gaan doen het, het ons by ‘n advertensiebord verby gery waarop die woorde “It is time to change to a new homeloan.” gepryk het. Terwyl ek in die motor vir haar sit en wag het, het ek ‘n advertensie oor die radio gehoor wat min of meer soos volg geklink het, “Dit is tyd om te verander na ‘n ander kortermynverserking.” Byna onmiddellik daarna het hulle  ‘n liedjie gespeel waarin die woorde, “I don’t know where I’m going, but I’m going.” gespeel het. Dit onderstreep die feit dat ons hele kultuur deursuur is met ‘n gesug na verandering. Die woorde “It is time to change” en “I don’t know where I’m going, but I’m going” was vir my so kentekenend van die Ontluikende Kerk dat ek nie anders kon as om te glimlag nie, hoewel dit eintlik maar ‘n baie tragiese aangeleentheid is. Verandering moet kom, buig of bars, al weet ons nie so mooi waarheen dit ons uiteindelik gaan lei nie. In ‘n onderhoud met Brian McLaren waarin die onderhoudvoerder gevra het om anoniem te bly het hy die onsekerheid van die pad waarop die Ontluikende Kerk hom begeef soos volg in sy vraag verwoord.

One blogger who refers to you as the godfather – not sure how you feel about that – offered another metaphor. You’re telling people there’s this great new restaurant across town, and they go there with you, only to hear on arrival that the menu won’t be printed for another twenty years. (Klem bygevoeg)

McLaren het soos volg gereageer:

I can see how that’s frustrating. I think the metaphor makes the Brian McLaren 2 point very well. But I wonder if I could put a spin on it. Maybe that story should continue by the people saying, “Hey, let’s go in the kitchen and see if we can help create some new recipes.” If we get more people involved in the creative process, maybe it will only be ten years, not twenty. I think people need to feel empowered, like they’re contributors, not consumers buying the latest “postmodern ministry in a box” program. We’re all in this thing together. (Lees hier) (Klem bygevoeg).

Dit laat my nogal dink aan wat Prof. Malan Nel, Direkteur van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening by die Universiteit van Pretoria wat ook betrokke is by voortgesette bedienings-ontwikkeling in die NG Kerk,  in die program “Oop Gesprek” (Sondag, 14 Septemeber 2008) gesê het:

Ons het arm geword aan die waarheid wat in die vroeë kerk sterker gefunksioneer het. Een persoon het nie die wysheid in pag nie. Die Prof Malan Nel onderskeiding van die wil van die Here is ‘n kollektiewe – die Bybelse woord “corpus” vir liggaam – is ‘n korporatiewe onderneming. Dis deel van die teologie . . . In goeie akademiese onderrig moet jy met al jou gespreksgenote rekening hou en dominees behoort gemeentes te help om te verstaan dat dit is ons verantwoordelikheid om saam te worstel oor hoe verstaan ons die leiding van die Heilige Gees deur ‘n teks. (Klem bygevoeg).

Ons kan die waarheid dus eers vaspen wanneer al die gespreksgenote, gespreksvennote of rolspelers saam besin het oor die waarheid en saam tot die slotsom kom om te sê “Dis die ware waarheid.” Die probleem is egter dat die akademici meesal eensydig besluit wat die waarheid is en dit van bo-af (paternalisties) op die arme voetsool lidmate van hulle gemeentes afdwing. Dit is presies wat op die oomblik gebeur met die indoktrinering van die Ontluikende Kerk. En wanneer sommige van die gemeentelede nie met hulle saamstem nie word hulle voor tugkomitees gedaag om hulle op vernederende wyse te viktimiseer en sommige word soms versoek om maar liefs hulle goedjies te vat en uit die kerk pad te gee. Die uitdrukking “saam te worstel oor die Skrif” is mos deesdae die aller-nederigste manier om die Bybel te lees. Hulle moet net oppas om nie te lank saam te worstel oor Johannes 3:16 nie terwyl hulle eie gemeentelede moontlik ‘n Christuslose ewigheid binnegaan.

Brian McLaren het ook in die bg. onderhoud gesê:

The postmodern transition is well underway, but it’s still in process. The early deconstructive phase of the postmodern transition is evolving into a more constructive and creative phase, exemplified (for me) by thinkers and writers like Wendell Berry and Ken Wilber in the culture at large, plus a number of us writing specifically for the Christian community. (Of course, some folks are still fighting against the earliest phases, not realizing that the “battle lines” keep moving. But I shouldn’t use battle imagery, because I don’t see it that way.) For all the work we’ve done and all the progress we’ve made, we still have so far to go. – Brian McLaren (http://www.brianmclaren.net/archives/000133.html) (Klem bygevoeg).

Hoe op deeske aarde kan jy jou vertroue plaas in ‘n ding wat niemand weet waarheen dit op pad is nie omdat dit nog in ‘n proses van ontwikkeling is? Paulus het gesê:

2 Tim 1:12  Om hierdie rede ly ek ook hierdie dinge; maar ek skaam my nie, want ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié dag toe. (Klem bygevoeg)

Johannes skryf:

1 Joh 5: 10-13 Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie. En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God. (Klem bygevoeg).

Enigiemand wat sê ons moet eers lank saamsit om te worstel oor die betekenis van die bg. Skrifgedeeltes moet ten minste ‘n klap van die windmeuel weghê. Ek vra weer: Hoe lank gaan die Suid-Afrikaanse kerkgemeenskap hierdie wolwe in skaapsklere verduur? Hoe lank nog? Die “ontluikende” Christen weet nie so mooi waarheen hy op pad is nie en ook nie wat sy eindbestemming is nie. Hy worstel met die nederigste nederigheid saam met ander ontluikende Christene oor die betekenis van Bybeltekse want hulle wil darem nou nie soos die funfamentalistiese Christene so arrogant wees om te dink hulle het die volle waarheid in pag nie. Daarom is hulle, soos Stephan Joubert en sy maatjie Rob Bell, selfs bereid om die kultuur buite die kerk te omarm, om kers op te steek by die Boeddhiste en selfs ook die ateïste (wat die Here sommer reguit dwase noem – Ps 14:1) om hulle nuwe “brand” van die Christendom te verryk en aan te vul met hulle waarhede. Die Bybelse Christen, daarenteen, weet waarheen hy op pad is en wat sy eindbestemming is.

Dit is veral die eksponensiële ontwikkeling van die tegnologie wat die mens op ‘n baie subtiele manier breinspoel om verandering goedsmoeds te aanvaar. Wat vandag ‘n nuutjie is, is more verouderd en die verouderde dinge word summier soos ou uitgediende rekenaarkomponente weggegooi. Maar kan ‘n mens dit met die Christelike Godsdiens wat op God se Woord begrond is, doen? Durf ons die eeu-oue waarhede in die Skrif verander om aan te pas by ons postmoderne kultuur? Die leraars en voorbankers in die Ontluikende Kerk dink blykbaar so. Maar wat sê God:

1 Pet  1: 24, 25 Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.

Menere die ontluikende leaars, akademici, en kerklidmate, het julle dit gehoor? Julle is soos ‘n blom van die gras wat vir ‘n kort tydjie hier op aarde is (tot so 90, 95 jaar as die genade van die Here dit toelaat) en dan sterf  julle soos ‘n blom wat droog geword het en afval. Maar, die Woord van die Here bly tot in alle ewigheid.

Stephan Joubert Ek het onlangs ‘n transkripsie van Stephan Joubert se preek wat hy op Sondag 1 Maart vanjaar by Kemptonkruin gelewer het onder oë gehad en raai wat? Ja u het reg geraai. Hy het ter inleiding gesê: “Die interessante is, vriende, die wêreld verander.” Nee! Dr. Joubert, die wêreld het nie verander nie en is ook nie besig om te verander nie. Dieselfde ou sondes wat ons voorvaders gedoen het, is nog steeds dieselfde ou sondes wat ons vandag nog doen. Vandag se ouens en veral die kerk is net ‘n bietjie meer toegewend in die doen van daardie sondes. En daar is nog steeds net een oplossing vir dieselfde ou sondes — die kruisdood van Jesus Christus. Niks het verander nie. Die hart van die mens is nog steeds die bedrieglikste ding onder die son (Jer 17:9).

Hy verwys dan na Dan Dan Kimball Kimball, een van die leierfigure in die Ontluikende Kerk in Amerika en voltydse leraar in San Diego, wat tot die slotsom gekom het dat die kerk op pad is na nêrens. Sy woorde is “The Church is going nowhere slowly.” So ongeveer 2 minute na sy inleidende woorde oor die Ontluikende Kerk sê Stephan Joubert ‘n baie diepsinnige waarheid wat my nogal baie sterk herinner aan die woorde van die Here Jesus toe Hy sy dissipels uigestuur het om die Evangelie te verkondig. Ek haal aan:

Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, “engage” die Romeinse kultuur en prakseer  vindingryke idees, weë en maniere om te kyk of julle die kultuur binne julle eie geledere (die kerk) met die kultuur van die Romeinse heidendom kan versoen want dit is my soewereine wil dat die kultuur binne die kerk en die kultuur buite die kerk mekaar moet ontmoet. Ek wl ook hê dat julle die dissipels wat deur die jare na julle kom, moet leer om dieselfde te doen. Luister baie mooi na my. Dit is rêrig ”bad” daarbuite, sleg en sondig, maar ek wil nie hê julle moet te veel klem daarop lê nie. Dis darem te paternalisties en liefdeloos. Daar is ‘n baie beter manier om  hulle kultuur te omhels. Sit die Evangelie in hulle midde sover hulle dit kan verstaan; maak die Evangelie wat Ek aan julle verkondig het, relevant en siedaar, kul jou hier en kul jou daar, hulle sal julle met ope arms ontvang en met ongekende dankbaarheid vereer.

Net om te wys dat ek niks uit my duim suig nie en dat ons voortreflikste teoloë die Here Jesus getrou navolg en te alle tye gehoorsaam is aan sy opdragte, haal ek vir julle aan wat Stephan Joubert gesê het.

In die lig daarvan [“The Church is going nowhere slowly.”] het Dan Kimball-hulle agtergekom, en ‘n klomp ouens na hom ook, dat die eerste groot uitdaging wat ons het, is om te kyk of die kultuur binne die kerk en die kultuur buite die kerk mekaar kan ontmoet . . . Studie op studie, volgens hulle, [het] begin wys dat die kultuur buite die kerk so vinnig verander dat die kultuur binne die kerk, al wat hulle kan sê is: “It is bad out there.” sleg, sondig. Maar, dat daar ‘n beter manier is om daardie kultuur te omhels en die Evangelie, so ver moontlik hulle dit dan nou verstaan, relevant daarbinne neer te sit.

In kort kom dit daarop neer dat die reeds uitgediende “Christendom”, soos hulle dit graag noem, alewig net ‘n veroordelende vinger na die wêreld gewys het om hulle sondes en verlorenheid te beklemtoon, pleks daarvan om hulle kultuur te omarm en die Evangelie sodanig aan te pas dat die wêreldling dit kan verstaan. Dit gaan my verstand te bowe dat leraars wat veronderstel is om die Evangelie te ken en dit onvervals aan mense oor te dra sodat wêreldlinge gered kan word, daarop aandring dat die kerk hom by die wêreld moet aanpas. Nouja, hulle kan gerus probeer maar ek kan hulle verseker dat Jesus Christus (die Jesus van die Bybel) nie saam met hulle in dieselfde juk sal trek nie. Luister wat sê HY:

Joh 7:7  Die wêreld kan julle nie haat nie; maar My haat hy, omdat Ek van hom getuig dat sy werke boos is. (Klem bygevoeg)

Miskien moet ons hierdie gedeelte uit die Bybel uitskeur want dit herinner te veel aan die ou kultuur binne die kerk en dis tog nie wat ons ontluikende vriende wil hê nie, nê? Die wêreld sal en kan jou nie haat as jy soos Stephan Joubert en sy ontluikende pêlle die kultuur van die wêreld omarm en nie soos Jesus sy bose werke aanspreek nie. Jakobus, die broer van Jesus, het die liefhebbers van die kultuur van die wêreld baie strenger bestraf.

Jak 4:4 Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.

Sodra ‘n persoon wat daarop aanspraak maak dat hy kind van God is, kompromie maak met die wêreld en sy kultuur omarm, begin God teen daardie persoon te stry. Daar kom ‘n diep skeiding wat eers weer reggestel kan word wanneer die persoon sy sonde van kompromie voor God bely en hom heelhartig tot Hom bekeer.

Die Evangelie van Jesus Christus is nie maar sommer net ‘n kultuur soos enige ander kultuur nie, en nog minder is dit ‘n kultuur wat aanpasbaar gemaak kan word om ander kulture in die wêreld te omarm. Die Evangelie sentreer om die kruis van Jesus Christus wat die krag en die wysheid van God is (1 Kor 1:18). Dit is die unieke, eenmalige, onveranderlike en ewige manier waardeur God die sondes van bekeerlinge kan vergewe. Daarom sê die Skrif, “Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word” (Ps 130: 4). Dit beteken dat daar alleenlik by God ‘n saliggewende vergewing van sondes is en kan wees. Geen ander kultuur of godsdiens kan hierdie vergifnis vir mense bied nie en tog durf Stephan Joubert sê, soos ek later aandui, dat ander godsdienste ook waarhede in pag het. Dit kom neer op godslastering, of hy dit wil erken of nie.

Maar kom ons kyk vir eers na Dan Kimball wie Stephan Joubert so hoog aanprys en vereer. Die webblad “Lighthouse Trails Research” het soos volg sy boek “They Like Jesus but Not the Church” geresenseer:

According to Kimball’s book, there are two categories of Christians. Here is the first Kimball describes:

[P]eople who are always saying negative things about the world, are anti-gay, take the whole Bible literally, are card-carrying Republicans, are pro-Israel, read end-times novels, and endorse snake handling and fire-and-brimstone preaching. They think of King-James, finger-pointing, teetotaling, vengeful people who credit God for using natural disasters to punish people for sin, and who use Christian jargon and are arrogant and unloving toward anyone but themselves.

Kimball masterfully condemns Christians who are pro-Israel, take the Bible literally, study Bible end time prophecy and talk about hell, and likens them to negative, arrogant, unloving and vengeful people. He makes a mockery of the Bride of Christ and thus a mockery of Christ Himself. Kimball is careful to install built in defenses into the book that will self-validate his message. He says that if you are uncomfortable reading the book, it may be that you NEED to read the book because you are guilty of all these things. So who is going to want to say anything bad about Kimball’s book?

The glue that binds all this together is in Kimball’s last chapter, “A Great Hope for the Future.” He starts the chapter off with a quote by mystic Henri Nouwen. You see Kimball is a contemplative proponent. He promotes the use of labyrinths and stations of the Cross (meditative centers). He also encourages lectio divina and recommends books by mantra meditation proponents like Gary Thomas, Mike Yaconelli, John Michael Talbot, Brian McLaren and others. In They Like Jesus But Not the Church Kimball recommends Henri Nouwen’s book, In the Name of Jesus and John Shelby Spong’s book, Rescuing the Bible from Fundamentalism (though he gives a disclaimer of this latter but still thinks it’s good to be “familiar” with it). However, Kimball gives no disclaimer for his recommendation of Nouwen who said:

Today I personally believe that while Jesus came to open the door to God’s house, all human beings can walk through that door, whether they know about Jesus or not. Today I see it as my call to help every person claim his or her own way to God.(Sabbatical Journey, p. 51, 1998 edition). (Klem bygevoeg)

Die verandering wat plaas moet vind, is dus ‘n wegbeweeg van die fundamentele waarhede in die Skrif omdat die wêreld nie baie hou van die fundamentaliste wat vir hulle leer dat hulle eers waaragtigtig tot bekering moet kom alvorens hulle in die hemel toegelaat kan word nie. Dis darem te paternalisties. Hulle soek ‘n Jesus wat nie so sreng leerstellig is nie, maar een wat hulle knus en warm kan laat voel in hulle sondige kultuur. Stephan Joubert en sy vriend, Dan Kimball, vergeet gerieflikheidshalwe dat die regte Jesus gesê het:

2 Joh 9 Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun.

Miskien moet Stephan Joubert weer ‘n slag goed gaan kyk wat die leer van Christus alles behels.

Het ander gelowe ook dalk die waarheid in pag?

Voordat ek Stephan Joubert aan die woord stel oor sy siening van die waarheid, wil ek  my klein groepie lesers net weer herinner aan wat die Bybel oor die waarheid sê.

Joh 17: 38, 39 Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog ‘n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek ‘n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem. Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? (Klem bygevoeg).

Dit is opvallend dat Pilatus nie gevra het wat “die waarheid” is nie maar “wat is “waarheid.” Dit wil vir my lyk of hy eintlik gevra het: “Wat is die essensie van waarheid?” of om dit so ‘n bietjie anders te stel, “Wat is dit wat die waarheid as waarheid bevestig?” Waaraan meet ‘n mens die waarheid? Die enigste waterdigte en betroubare toets om te bepaal of enige geestelike waarheid volhoubaar vrymakend is, moet dit opgehou word teen die lig van ‘n onveranderlike, ewigdurende, en essensiële bron van waarheid en ons het beslis so ‘n waarheid — Jesus Chrisus wat gesê het “Ek IS die Waarheid.” ‘n Waarheid wat nie in staat is om vry te maak nie, vry te maak van die leuen en die sonde nie, is geen waarheid nie, en ons het beslis so ‘n waarheid — Jesus Christus wat gesê het, “Julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vrymaak.” Baie ander gelowe onderskryf en verkondig sekere waarhede wat in die Christelike godsdiens teruggevind kan word, maar dit kan nie vrymaak nie omdat dit Jesus Christus, die essensie van waarheid, uitsluit. Neem bevoorbeeld begrippe soos barmhartigheid (“compassion”), liefde, hulpvaardigheid, mededoëndheid, sagmoedigheid, en nederigheid; dit is almal geestelike waarhede wat in sommige ander godsdienste gevind en selfs uiteleef word, maar dit beteken net mooi niks nie omdat die onderbou en fondament van daardie waarhede in ander godsdienste ontbreek. Jesus self het gesê, “Sonder my kan julle niks doen nie.” Dit is dus geheel en al futiel om waarhede in ander godsdienste te soek en te glo dat ons daaruit kan leer. Luister nou wat sê Stephan Joubert in weerwil hiervan.

Hy (Rob Bell) sê jy moet die kultuur “engage.” Jy moet gaan luisterRob Bell 2 na die Boeddhiste. Jy moet gaan hoor wat sê daai ouens. Dan skrik Christene hulle dood, want hulle hoor nie wat Rob Bell mooi sê nie. Hy sê nie word soos hulle nie, hy sê maar gaan lees hulle goeters, gaan hoor hoekom hulle so belangrik is. Hulle het ook dalk waarheid. Waarheid is nie net in die Christendom nie. Waarheid vind jy by Judaïsme. Jy kan waarheid vind by ateïsme. Jy kan waarheid vind by wie ook al (ook by Anton la Vey se Satanskerk, prof. Joubert?). God se algemene openbaring is ‘n bietjie wyer, maar jy sê Jesus is die Here. Dis waarnatoe jy op pad is met hulle met so ’n beweging.

Om te sê “Jesus is die Here” beteken net mooi niks nie.

Mat 7:21-23 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! (Klem bygevoeg).

So terloops, Stephan moet nie sommer aweregs uitsprake maak oor wat Rob Bell sou gesê het en nie sou gesê het nie sonder om die feite in oënskou te neem. Rob Bell het nog nooit gesê “word [nie] soos hulle nie.” Trouens hy het op ‘n keer baie duidelik gesê:

“This is not just the same old message with new methods. We’re rediscovering Christianity as an Eastern religion, as a way of life. (Christianity Today The Emergent Mystique). (Klem bygevoeg).

Moenie dink dat hy daarmee wil sê dat die Westerse spiritualiteit in lyn gebring moet word met die Hebreeuse spiritualiteit in die Ooste nie. Sy teenwoordigheid by die “Seeds of Compassion” Konferensie verlede jaar (11-15 April) in Seattle, Amerika, spreek boekdele. Daar het hy in eerbied voor die Dalai Lama 14de geïnkarneerde Dalai Lama van Tibet gebuig en hom as “His Holiness” (hy word as ‘n god beskou) aangespreek. Bell se hele siening rondom versoening en rekonsiliasie pas baie goed in by die “Seeds of Compassion” van die Dalai Lama. Hy sê:

[T]here are around a billion people in the world who don’t have clean drinking water, and 46 million Americans don’t have health care. That means if they get sick, they don’t have anywhere to go. Half of the world, 3 billion people, live on less than two American dollars a day, so the world is an emergency. It’s on fire. It’s drowning. It’s an absolute crisis, and when followers of Jesus can think of nothing better to do with their time than to pick apart and shred to pieces the work of other followers of Jesus who are trying to do something about the world, that’s tragic, and I don’t owe those people anything. The world is desperately in need of people who will break themselves open and pour themselves out for the reconciliation of all things. When a Christian can find nothing better to do with their time in the face of this much pain and heartbreak, you start realizing that some Christians need to be saved. (Klem bygevoeg) (Relevant magazine)

Hy suggereer dus dat Christene wat nie bereid is om hande van barmhartigheid uit te steek na ‘n wêreld wat besig is om te verdrink nie, ongered is. Sy suggestie kom op niks anders neer as ‘n werkesaligheidsgeloof nie. Ek wonder net wat die een man aan die kruis langs Jesus, wie se hande en voete soos dié van Jesus aan ‘n houtkruis vasgespyker was, kon doen om die pyn en lyding van mense in die Romeinse Ryk te verlig. Ek weet net dat hy nou saam met Jesus in die paradys is.

Sodra jy van die Evangelie ‘n “social Gospel” wil maak, loop jy die gevaar om dié dinge wat die Here Jesus alleen in staat is om te doen, by Hom oor te neem en in eie krag te wil doen.  HY het nie gesê “julle moet alles nuut maak” nie maar “Ek maak alles nuut.” Dit sal alleenlik plaasvind nadat die Satan, die Antichris en die valse profeet in die poel van vuur gewerp is en die ongelowiges by die Wittroon oordeel geoordeel is. Dit gaan hier oor God se skepping van ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde en nie die doen van filantropiese werk om van hierdie teenswoordige wêreld ‘n beter plek te maak nie.  Hoe lees die Ontluikende leraars die Bybel? Hulle verstaan meesal nie die gedeeltes in die Bybel wat oor die eindtye handel nie omdat hulle dit as “ontvlugtingsteologie” beskou.

Indien Jesus Christus se aanspraak dat Hy die enigste waarheid is, soos HY ook daarop aanspraak maak dat HY die enigste weg en lewe is, wel die waarheid is, en as die Christelike godsdiens se aanspraak dat hy hierdie waarheid onvervals verkondig, ook die waarheid is, dan is die waarheid in geen ander godsdiens nie omdat Christus self in geen ander godsdiens is nie. In die lig hiervan, is Stephan Joubert se uitspraak dat waarheid nie net in in die Christendom is nie, uiters skokkend want dit suggereer dat Jesus Christus (dié Waarheid) gemeenskap het met die duiwel en sy gevalle engele. Paulus daarenteen sê onomwonde:

2 Kor 6:14-16 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode?

Word die Stem van die Kerk (“Eklesia” of die uitgeroeptes) al hoe stiller?

So, ek kan verstaan dat die stem van die tradisionele kerk al hoe stiller raak. Dit is die wêreld waarin ons lewe. Dis waar die “emergent church” [in]kom. Nou is daar verskillende soorte “emerging churches” en “emergent churches.” Ek vind my by ‘n groep van hulle wat ‘n groot passie het om die wêreld weer terug te wen, iemand soos Rob Bell in Amerika wat sy eie huis verkoop in Grand Rapids en tussen die armste mense in die stad intrek. Rob Bell is waarskynlik tans die mees sigbare, die mees prominente jong Christen leier in die VSA. As die Here wil, dan sien ek hom die 16 Maart, dan eet ek saam met hom ontbyt daar in Grand Rapids – Stephan Joubert

Ek kry gereeld nuusbriewe van sendelinge wat skryf oor die formidabele groei van die Kerk in Sjina ten spyte van, of moet ek liewer sê, by wyse van die gruwelike vervolging onder die Christene. Dit staan soos ‘n paal bo water dat vervolging dikwels die Bybelse manier is om groei, en in die besonder geestelike groei, onder God se kinders aan te wakker en te bevorder maar ook om hulle gemaksones so ‘n bietjie te skud sodat hulle na ander mense kan begin uitreik met die Evangelie van verlossing. Ons sien dit in Handelinge 8. Hierdie vervolging onder die Christene in lande soos Sjina, die Soedan, en ook elders in die Ooste, is vir my ‘n klinkklare bewys dat die Here sy belofte gestand doen en die  Kerk bou in weerwil van die duiwel se pogings om die Kerk te vernietig. Het HY dan nie self gesê: “ . . .op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie”? (Mat 16:18). Maar nee, die Emergents het ‘n towerstaffie ontwerp, genaamd “contextual and cultural engagement” om die wêreld  weer terug te wen vir Christus. Terug the wen . . . ? Op watter stadium in die geskiedenis van die wêreld het die wêreld Christus geken en toe weer teruggeval sodat hulle nou weer teruggewen moet word? Dit is nou maar weer net die ou-ou storie van, “Ons moet die Koninkryk van God hier en nou op aarde vestig sodat ons almal in ‘n wonderlike Utopia van vrede kan lewe.” Die stem van die tradisionele kerke in Suid-Afrika en ook elders in die Westerse wêreld is miskien besig om al hoe stiller te raak omdat hulle lank nie meer die suiwere Evangelie van Jesus Christus verkondig nie, maar die kerk in die Ooste is besig om die Kerk met hulle eie bloed en die genade van God te bou. G’n wonder Tertullius het op ‘n dag gesê: “The blood of the Martyrs is the seed of the Church.” Let asseblief op Stephan Joubert en al die ander “emergent” gurus: Dis nie Rob Bell se “cultural engagement” wat  die Kerk bou nie maar die bloed van die kruis van Christus en almal wat sy bloed met hulle eie bloed omhels (“engage”) wat aan die die Kerk (die Bruid van Christus) haar groei en stukrag verleen.

Stephan sê voorts:

Dit [die Ontluikende Kerk] het met mense te doen wat ‘n passie het om te sê [ons wil] die wêreld vir Jesus in ons generasie weer terugkry; die kultuur weer terugkry. En daarom gaan ek nie hulle kultuur kritiseer nie, maar ek gaan dit “engage.”  Daarom gaan ek nie ander ouens se spiritualiteit aanvat en my waarhede postuleer nie. Ek gaan luister wat hulle sê. Want ek kan die waarheid bewys ad infinitum soos, as ek in die 1960’s geleef het, en ek debateer met Boeddhis of ‘n Hindoe, sal ek daar sit en sê hier is my waarhede, hier is my goeters. Nou sal ek as ek in die “emerging church” is, sal ek sê, kom ons luister . . . Ek wil jou nie probeer verander nie, maar jy het ook die reg om te hoor hoe ek glo en ek gaan nie ekskuus sê vir wie ek is nie. Ek gaan nie my geloof in jou keel afdruk nie.

Die Evangelie van Jesus Christus gaan juis oor ‘n diepgrondige verandering wat begin by die verandering van jou gemoed.  As ek so luister dan wonder ek of Stephan Joubert en die ander ontluikende leraars die Evangelie van Jesus Christus werklik ken. Die Bybelse Christene (Bruid van Christus) het nog nooit die lewende Water van God in mense se kele afgegooi of afgedruk nie. Hulle het in gehoorsaamheid aan Christus, soms ten koste van hulle lewens, SY woorde getrou aan mense oorgedra sodat hulle self ‘n besluit kon maak of hulle die Lewende water verniet wil neem al dan nie.

Openb. 22:17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.

Die Evangelie van Christus kom beslis nie neer op ‘n dialoog tussen mense van verskillende gelowe om bloot net wedersydse respek vir mekaar se geloofsoortuigings te kweek nie. Die ontluikende predikers gee voor dat hulle hul mede aardse reisgenote baie lief het en hulle vir Christus wil terugwen, maar dit is ‘n liefde wat nie tred hou met God se liefde nie. God se liefde is ‘n gee-liefde en nie net ‘n sê-liefde nie en dit help ook net mooi niks om, soos Rob Bell dit stel, “to break yourself open and to pour yourself out for the reconciliation of all things” as jy versuim om ‘n verloregaande wêreld te vertel dat God sy eie Seun verbrysel het sodat hulle met Hom versoen kan word. Sodra jy klem lê op jou eie offervaardige goeie dade om die wêreld se kultuur terug te wen, soos Stephan Joubert Rob Bell telkens in sy preek die lof besing het, dan vervaag die betekenis van Jesus se kruisdood in die agtergrond. Daarom sê die Bybel dat wanneer ons barmhartigheidswerk doen ons linkerhand nie moet weet wat ons regterhand doen nie. In weerwil hiervan prys Stephan Joubert die barmhartigheidswerk van Rob Bell ten hemele.

Wat doen Rob Bell om die Evangelie uit te dra? Hy verkoop sy huis. Hy sit sy kinders in die armste skool waar die “drug lords” is en hy gaan bedien hulle met die Evangelie. Hulle is betrokke in Soweto saam met Johan Geyser-hulle van Mosaïek met ‘n reuse armsorg projek in sy gemeente.

Wonderlik! Maar . . . . .

Verkondig Rob Bell die Evangelie?

Stephan sê:

Ek het hom [Rob Bell] al sien optree, baie keer. Hy stap op daai verhoog, met sy swart bril en sy weird klere en sy kitaar, maar as hy sy mond oopmaak dan is dit die Evangelie. (Klem bygevoeg).

Die vleeswording of inkarnasie van die Here Jesus Christus by wyse van die maagdelike geboorte is die kern van die Evangelie. As Hy nie in die gedaante van ‘n mens na die aarde gekom het nie sou Hy nooit vir ons sondes aan die kruis kon betaal nie.  Daarom is dit dan ook so gevaarlik om die maagdelike geboorte te ontken of te onderspeel want elkeen wat dit doen, plaas homself in die kader van die Antichris. Luister weer ‘n slag hierna:

1 Joh 4: 1-3 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan. Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.

Rob Bell sê in sy boek, Velvet Elvis op bladsy 027 dat hy in die maagdelike geboorte van Christus glo, maar op bladsy 026 sinspeel hy op die gedagte dat ‘n persoon nog steeds ‘n Christen kan wees en die Here waarlik lief kan hê al sou hy nie in die maagdelike geboorte glo nie. Hy maak die deur dus wyd oop vir ‘n antichristelike siening van die maagdelike geboorte sonder om sy eie siening daaroor in die gedrang te bring. Hy het dus ‘n dialektiese en dualistiese siening oor die maagdelike ontvangenis. Hy gebruik albei na gelang dit nodig is om aan te pas by die gehoor waarin hy hom bevind.

In sy vergelyking van die Christelike Godsdiens met ‘n trampolien, sê Bell die volgende:

What if tomorrow someone digs up definitive proof that Jesus had a real, earthly, biological father named Larry, and archeologists find Larry’s tomb and do DNA samples and prove beyond a shadow of a doubt that the virgin birth was really just a bit of mythologizing the Gospel writers threw in to appeal to the followers of the Mithra and Dionysian religious cults that were hugely popular at the time of Jesus, whose gods had virgin births?

But what if, as you study the origin of the word “virgin” you discover that the word “virgin” in the gospel of Matthew actually comes from the book of Isaiah, and then you find out that in the Hebrew language at that time, the word “virgin” could mean several things. And what if you discover that in the first century being “born of a virgin” also referred to a child whose mother became pregnant the first time she had intercourse?

What if that spring [of the trampoline] were seriously questioned? Could a person keep on jumping? Could a person still love God? Could you still be a Christian? Is the way of Jesus still the best possible way to live? Or does the whole thing fall apart? (026,027)

Rob Bell saai maar eintlik twyfel in die harte van sy lesers deur te sê “Is dit ook so dat God gesê het . . .?”

Dan Kimball, van wie Stephan met groot lof in sy preek praat, het ook ‘n algeheel onbybelse siening van die verlossing in Christus. Hy skryf:

Without a doubt, the books that have made the most influence in my thinking on discipleship and spiritual formation for the emerging church are the following from Dallas Willard. Renovation of the Heart: Putting on the Character of Christ (NavPress 2002) and The Divine Conspiracy: Rediscovering Our Hidden Life in God (Harper Collins, 1998)” —Dan Kimball from his newsletter, 2002

The following is an excerpt of an article written by Dallas Willard, in which he hypothetically responds to a college girl who was raised a Christian but has now rejected the Christian faith and believes all paths lead to God …

Dallas Willard “What Paul is clearly saying is that if anyone is worthy of being saved, they will be saved. At that point many Christians get very anxious, saying that absolutely no one is worthy of being saved. The implication of that is that a person can be almost totally good, but miss the message about Jesus, and be sent to hell. What kind of a God would do that? I am not going to stand in the way of anyone whom God wants to save. I am not going to say “he can’t save them.” I am happy for God to save anyone he wants in any way he can. It is possible for someone who does not know Jesus to be saved.”—Dallas Willard, Apologetics in Action.

Ons kan tereg vrae: Waaroor gaan die Evangelie dan nou eintlik? Dit is duidelik dat die Evangelie besig is om ‘n drastiese gedaanteverwisseling te ondergaan en die rede hiervoor is omdat die verkondigers van hierdie Evangelie die gedaante van godsaligheid het maar die krag van die ware Evangelie verloën het. Ek sluit af met hierdie tekse in julle midde.

Joh 10:26  Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle gesê het.

Joh 10:27  My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

Ek kan maar net weer soos in die verlede ‘n ernstige versoek rig tot Stephan Joubert dat hy hom sal bekeer van die pad waarop hy hom tans begewe want dit is ‘n verderflike pad.

Moet ons Werklik Nuwe Maniere vind om die Evangelie te Verkondig?

Stephan Joubert sê in sy preek:

Ons moet nuwe maniere vind. Ons moet nuwe gestaltes vind. Ons moet nuwe gespreksvennote vind. Ons moet luister as die grootste groeiende spiritualiteit in die wêreld, tans nie die Christendom is nie. Dan moet ons gaan vra hoekom nie? Hoekom groei die Boeddhiste die vinnigste? Wat het hulle wat ons nie het nie? Hoekom kry die Amerikaanse Neurologiese Vereniging, as 40 000 van die wêreld se neuroloë saamtrek, die Dalai Lama om hulle te kom toespreek? Hoekom kry hulle die Dalai Lama, die hoof van die Boeddhiste?

Ons voortreflikste teoloë in die land wil nou maar eemaal nie verstaan dat sukses nie gemeet word aan getalle nie. Dit is beslis nie die hoeveelheid koppe wat die barometer vir sukses is nie. Indien getalle die litmustoets moes wees vir sukses dan was die hel ‘n helse suksesvolle plek gewees. Sê die Here Jesus dan nie juis dat daar maar baie min is wat die nou poort en die smal pad wat na die ewige lewe lei, vind nie? (Mat 7:13; Luk 13:24). En dan wil die Ontluikende leraars op die koop toe die nou poort en die smal pad toemaak en sluit deur vir die mense te sê, : Daar is ander maniere, ander gestaltes, ander gespreksvennote, ander vinnig-groeiene spiritualiteite wat julle kan help om die regte pad te vind. Wat sê God:

Jer 6:16  So spreek die HERE: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie. (Klem bygevoeg)

Ek moet u miskien dan maar vertel, Stephan Joubert, waarom 40 000 neuroloë van die Amerikaanse Neurologiese Vereniging ‘n afgod, die 14de geïnkarneerde Dalai Lama, gevra het om hulle toe te spreek en nie iemand wat die Here Jesus liefhet en waarlik volg nie. Soos Israel van ouds sê hulle ook: “Ons wil daarin [die ou paaie] nie wandel nie.” “Gee eerder vir ons nuwe maniere, nuwe gestaltes, nuwe gespreksvennote nuwe vinnig-groeiende spiritualiteite. Daarin lê ons heil, ons toekoms, ons vrede en ons redding.”

Ten slotte wil ek weer eens baie ernstig by jou pleit, Stephan Jounert: Bekeer jou van jou verkeerde weë want jy speel met vuur.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , | 7 Comments »

Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede – Nelus Niemandt

Posted by Thomas on December 9, 2008

Nuwe Drome Die ontluikende spiritualiteit (postmoderne, "ancient-future" [eertyds-toekomstige] missionêre kerk) het ‘n groot hupstoot in die Suid-Nelus Niemandt Afrikaanse N.G. Kerk gekry toe die boek "Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede" onlangs vrygestel is. Die outeur, Dr. Nelus Niemandt, is verbonde aan die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Pretoria waar ‘n briljante student en geleerde, Ferdie Mulder, op skaamtelose wyse in 2007 geskors is ná n ewe skandalige ondersoek na sy klagte dat sommige van die professore nie langer glo in die maagdelike geboorte en die fisieke opstanding uit die dood van Jesus Christus nie. Die professore (belydende Christene) is op al die aanklagte onskuldig bevind en word tans nog steeds toegelaat om hulle verderflike kettery aan ons toekomstige predikante te verkondig.

Dr. Nelus Niemandt se boek is deurspek met ontluikende brabbeltaal wat op die oog af eg Skriftuurlik lyk en tog dwing dit ‘n mens om ‘n skeptiese wenkbrou te lig as jy sien hoe kwistig hy gebruik maak van aanhalings uit boeke en geskrifte van Brian McLaren, Leonard Sweet, Rob Bell, Erwin McManus, Doug Pagitt, Dan Kimball, Thomas Bandy, Rodney Clapp, Karen Ward, Eddie Gibbs, Ryan Bolger, Martin Buber, Daniel Coleman en

baie ander. Selfs aanhalings uit bekende films kry voorkeur bo die yl gesaaide aanhalings uit die Bybel (waarvan sommiges geneem is uit Eugene Peterson se korrupte vertaling, Die Boodskap). Om die waarheid te sê, toe ek die boek die eerste keer onder oë neem, het ek die indruk gekry dat die groot filmmaatskappye nie meer nodig het om biljoene te spandeer op reklame nie; Nelus Niemandt doen dit vir hulle en dit nogal sonder ekstra kostes. Maar wag, grappies op n stokkie: Ek was pynlik geskok toe ek sien hoedat hy die filmreeks Harry Potter met lof besing. Hier’s wat hy op bladsy 138 sê:

 Harry Potter In die Harry Potter‑reeks illustreer die films die belang van antieke waarhede vir nuwe geslagte. Let op hoeveel boeke daar in die klaskamers en kantore van die skool is waar die verhaal afspeel. Die kinders moet ou-ou waarhede leer. Die kinders moet ook antieke spreuke en lewensreëls aanleer. So word die films (en boeke) ‘n les in die belang van antieke waarhede vir toekomstige geslagte.

Die ou waarhede waarna hy verwys is ooglopend die sg. waarhede van, ondermeer die Woestynvaders. Is die outeur besig om die gevaarlike towery, heksery en towerkuns van Harry Potter bewustelik of onbewustelik aan die "waarhede" van die Rooms Katolieke mistisisme van weleer te koppel? Hy sê met uitgelate ekstase op bladsy 139:

`n Jong retraitemeester, Herman Holtzhausen, diep geskool in die tradisies van die woestynvaders, het my een maal genooi om katkisante vir ‘n Saterdag na sy retraitesentrum te bring. Ek was nogal gespanne — om ‘n klomp tieners uit Johannesburg te neem vir ‘n Saterdag van kontemplasie en nadenke en baie stilte kan maklik anders verloop as wat ‘n mens hoop. Wat ‘n verrassing! Baie van die kinders het daardie besondere Saterdag beskryf as een van die geestelike hoogtepunte van die hele jaar, ‘n paar het dit selfs as van die mooiste oomblikke in hulle hele lewe beskou.

Ons moes eenvoudig weer ‘n keer met iets soortgelyks waag. Ons gemeente het ‘n jeugkamp vir hoërskoolkinders gehou. As deel van die kampprogram is tyd ingeruim sodat die kinders, aan die hand van die klassieke twaalf kruisstasies, in stilte kan nadink oor die gebeure en hulle lewe. Die gewyde erns en toewyding waarmee hulle vir byna drie ure daaraan deelgeneem het, het al ons predikante diep ontroer. In die evaluering van die kamp het meeste kinders dit as die hoogtepunt aangedui!

Hierdie jong seuns en dogters wat nodig het om die onvervalste Evangelie van Jesus Christus te hoor, word langs ‘n weg gelei wat uiteindelik op vernietiging sal uitloop as hulle hul nie bekeer en glo soos die Skrif sê nie. Dit is tipies van die ontluikende beweging om soliede Bybelse leerstellings ter wlle van ‘n ervaringspiritualiteit en ‘n onbybelse missiologie opsy te skuif. Dr. Niemandt moedig die kerk aan, en in die besonder die N.G. Kerk, om die kettings van die Modernisme te breek en om die nuwe missionêre strategie van die ontluikende kerk te omarm, en tog ondersteun hy heelhartig die boeke van Brian McLaren wat die volgende God-onterende dinge kwytraak:

Brian McLarenEk glo nie ons het die Evangelie nou al reg nie. Wat beteken dit om ‘gered te wees?’ Wanneer ek my Bybel lees, sien ek nie die betekenis daarvan raak nie. ‘Ek gaan hemel toe as ek sterwe.’ Voor die moderne evangelisasie het niemand Jesus Christus as hulle persoonlike Verlosser aangeneem nie, of in die kerkpaadjie afeloop nie, of die sondaarsgebed opgesê nie. [1]

Ek moet egter byvoeg dat ek nie glo om dissipels te maak dieselfde moet wees as om volgelinge van die Christelike geloof te maak nie.  Dit sou raadsaam wees om in baie gevalle (nie almal nie) mense te help om volgelinge van Jesus te word en om [terselfdertyd] in hulle Boeddhistiese, Hindoeïstiese of Joodse konteks te bly. [2]

Ek voel soos ‘n fundamentalis wat besig is om sy greep te verloor – wie se fundamentele waardes besig is om te kraak en uit te rafel en uit mekaar te val en deur my vingers te glip. Ek het gedink ek bou my huis op rots maar dit was toe ys, en noudat aardverwarming toegeslaan het, smelt die ys en alles tuimel inmekaar [3] (Uit die Engels vertaal)

Dr. Niemand skuld sy katkisante ‘n verskoning en ‘n verduideliking vir sy onnadenkende en baie gevaarlike assosiasie met Brian McLaren  wat nie weet wat dit beteken om gered te wees nie en wie se lewe gebou is op smeltende ys. Hoe op dees aarde kan jy die jeug vir Christus bereik wanneer jy die onbybelse uitsprake van ‘n man wat Jesus klaarblyklik nie ken nie agternapraat? Christus het gesê:

Mar 9:42 En elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as ‘n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word. (Klem bygevoeg).

Die see word as metafoor gebruik om aan te dui hoe volkome God sondaars hulle sondes vergewe waneer hulle hul tot Hom bekeer.

Mig 7:19 Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp. (Klem bygevoeg).

Die Here het dus in werklikheid gesê dat iemand wat kinders geestelik mislei in die dieptes van die see, waar die sondes gewerp word, gesmyt moet word. So erg is dit om kinders op ‘n dwaalspoor te lei.

Op bladsy 136 maak Dr. Niemandt ’n onderskeid tussen dit wat was en dit wat nog kom. Hy sê ook dat die postmoderne geestlike leiers op paradokse floreer in teenstelling met die ou leierskap in die kerk wat noukeurig tussen wit en swart onderskei het. Dit klink eerder na ‘n growwe weerspreking veral as jy in ag neem dat die ontluikende volgelinge daarop aanspraak maak dat hulle "barbaarse" volgelinge is (met opregte dank aan Erwin McManus) van Jesus Christus (wat altyd n klinklare onderskeid gemaak het tussen wit en swart, reg en verkeerd, regverdigheid en onregverdigheid ens.), maar in werklikheid en paradoksaal mekaar met ‘n fundamentalistiese bewondering navolg. Enigeen wat die leerstellings van mense navolg is nie besig om Jesus Christus te volg nie maar ‘n ander Jesus (Matteus 15:9).

Leef ons in die tyd waarna Paulus profeties verwys het as die afkap van die naam-Christene van die Olyfboom?


[1] http://www.brianmclaren.net/archives/000271.html

[2] A Generous Orthodoxy, p. 260

[3] A New Kind of Christian, p. 22

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | Leave a Comment »

Cas Vos versus Hoffie Hofmeyr in Beeld [1]

Posted by Thomas on November 14, 2008

cas-vosDie koerant Beeld het onderskeidelik op 6 en 12 September, briewe van Proff. Hoffie Hofmeyr (“Klonkies en kabouters en die gekweste hart van die Evangelie”) en Cas Vos (“By: Te veel sout en peper in dié gereg”) geplaas wat maar net weer daarop dui dat die stof sedert Ferdie Mulder se skorsing uit die Teologiese Fakulteit van Pretoria nog lank nie gaan lê het nie.

Die pers en ander media het die afgelope klompie jare talryke berigte geplaas waarin verskeie teoloë en veral ook gewone lidmate van die NG Kerk hulle diepe kommer uitgespreek het oor die dwaalleer wat ongebreideld in die Teologiese Fakulteit en verskeie NG Gemeentes voortwoeker en nog steeds nie na behore aangespreek of hok geslaan word nie. Daar word nog steeds en voortdurend met striemende ironie geskerm, doekies omgedraai, weggeskram en ‘n slim eierdans uitgevoer wanneer kerklidmate met eerlike opregtheid die dwaalleer aan die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Pretoria in die pers en ander media uitwys. Dis daarom ook nie verbasend nie dat Prof. Cas Vos in sy repliek op Proff Hoffie Hofmeyr se brief veel eerder vir die voormalige voorsitter van die EI (Evangeliese Inisiatief), Dr. Johan van Schalkwyk, ‘n pluimpie gee wat “in die taal en gesindheid van die Evangelie” sy misnoeë te kenne gegee het omdat sekere dosente se name genoem is in ’n EI-brief wat onder sy naam uitgestuur is. Soos so dikwels in die verlede is Cas Vos meer begaan oor die integriteit as Christene van sy kollegas en die goeie naam van hulle fakulteit as oor die Evangelie van Jesus Christus. Terloops,“die taal en gesindheid van die Evangelie” is nie daarop ingestel om “ander mense se integriteit as Christene” te beskerm nie, veral nie wanneer hulle die Evangelie van Jesus Christus verdraai nie. Vir Paulus het dit geen verskil gemaak wie as leiers in aansien was by mense nie omdat God nie na die uiterlike van die mens kyk nie (Galasiërs 2:6) en daarom het hy nie geskroom om Petrus se afvalligheid in die openbaar te bestraf nie toe hy verseg het om as Jood saam met die heidene te eet. In skrille kontras hiermee, het Cas Vos en sommige van sy kollegas rustig gesit en luister toe Prof. Pieter Craffert van die Nuwe Hervormers tydens ‘n openbare debat op 16 Oktober vanjaar met godslasterlike beweringe vorendag gekom dat Jesus Christus ‘n sjamaan (toordokter) was en sy wonderwerke waarskynlik in sjamanistiese trans-toestande gedoen het. Die vraag is: In hoeverre is Cas Vos bereid om die integriteit van Pieter Craffert se sg. Christenskap te verdedig terwyl hy openlik die Heilige Gees belaster? Kan hy met oortuiging iemand soos prof. Andries van Aarde se sg Christenskap verdedig terwyl met soortgelyke laster in sy boek “Fatherless in Galilee: Jesus as a Child of God” skrywe dat Jesus se ma ‘n hoer en sy pa waarskynlik ‘n Romeinse soldaat was? En tog skryf Cas Vos :

n Teologie wat nie met die Bybelse teks, tradisie en konteks worstel nie, is sy sout nie werd nie. In alle beskeidenheid doen al die kollegas by Tuks se teologiese fakulteit dit met oorgawe. Ons sal tog verstaan dat persoonlikhede en benaderinge verskil.

Blykbaar het hierdie “worsteling” so intens geword dat niemand meer omgee wat “Christene met integriteit in die taal en gesindheid van die Evangelie” oor God en sy Seun Jesus Christus sê nie omdat persoonlikhede en hulle verskillende benaderinge kwansuis van soveel meer belang is as die ewig onveranderlike Woord van God. Prof. Hoffie Hofmeyer se brief is, soos Cas Vos dit stel, miskien ‘n gereg wat met te veel sout en peper bestrooi is, maar dit staan soos ‘n paal bo water uit dat Cas Vos se Christelike stilswye oor die tallose ketters wat op uitnodiging van die Teologiese Fakulteit die Evangelie van Jesus Christus bespot en beswadder, volkome soutloos en skaamteloos smakeloos is. Ek het al verskeie kere in die verlede gesê dat die afvalligheid van sommige leerkragte aan TUKS se Teologiese Fakulteit lewende monumente is van die onaanvegbare en ewig onveranderlike waarhede in God se Woord omdat Paulus en andere reeds duisende jare gelede deur die krag van die Heilige Gees voorspel het dat sommiges in die laaste dae afvallig sou word van die Evangelie.

1 Timotheus 4:1 Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang . . .

Cas Vos skryf vervolgens:

Teologie is mensewerk. Mense dink anders oor tekste.

Wat ook saak maak, is dat die Evangelie vra dat daar brood en water vir die armes gegee moet word; dat die samelewing met God se genade en goedheid gevul sal word.

Laat daar in ons land tog meer bevrydende dade en minder skeldwoorde wees.

Dit laat my onwillekeurig dink aan die onderonsie tussen Griekssprekende Jode en die Hebreërs toe die dissipels versuim het om na die welsyn van die weduwees om te sien (Handelinge 6:1-6). Die Evangelie en die onvervalste prediking daarvan asook volhardende gebed was vir die twaalf dissipels prioriteit nommer een. Hulle het besef dat die Evangelie van Jesus Christus nie ter wille van die versorging van die weduwees, wese, armes en hulpbehoewendes verwaarloos moes word nie. Hulle het die Teologie beslis ook nie as blote mensewerk beskou omdat mense anders oor tekste gedink het nie. Hulle was een van hart en een van sin in hulle prediking en dit was juis hierdie eenheid in die waarheid van die Evangelie wat die bewys was dat God vir Christus aarde toe gestuur het om sondaars te red (Johannes 17:21). Die wêreld sal nooit in der ewigheid weet of kan glo dat God sy Seun gestuur het wanneer elke Jan Rap en sy maat anders dink oor die tekste en die teologie as blote mensewerk beskou nie. Ek het vroeër melding gemaak van die Teologiese Fakulteit aan TUKS se striemende ironie. Hier vind ons dit weer in Cas Vos se woorde: “Laat daar in ons land tog meer bevrydende dade en minder skeldwoorde wees.” Blykbaar raak dit hom nie in die minste wanneer mense wat anders dink oor tekste skeldwoorde teen God, sy Seun en hulle Evangelie slinger nie. Die aansien van mense en hulle andersdenkende opinies oor tekste is vir hom veel belangriker as die Evangelie?

Cas Vos sluit sy brief af met hierdie pragtige vroom woorde:

Moenie veralgemeen en die fakulteit as ’n plek van dwaling afskryf nie. Ons glo in God Drie-enig en dat Jesus Christus mens geword het en uit die dood opgestaan het. Gun elkeen die vreugde om te glo en te leef.

Prof. Vos verwys natuurlik hierbo na die Apostolicum wat elke Sondag in ons kerke opgesê word, selfs deur mense soos Prof. Julian Müller wat nie in die histories fisieke opstanding van Jesus Christus glo nie maar dit as ‘n metaforiese gebeurlikheid sien. Die belydenis “Ons glo in God-Drie-enig” beteken net mooi niks nie, veral as jy dit in die lig beskou van Jakobus 2:19: “Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.” As hierdie geloof nie gepaard gaan met n hartgrondige bekering nie, veral ten opsigte van die dwaalleringe wat nog steeds hoogty vier aan TUKS se Teologiese Fakulteit, dan maak jou belydenis in God-Drie-enig geen sin nie. Daarom maak sy pleidooi om elkeen die vreugde te gun om te glo en te leef ook geen sin nie. Word die teologiese studente wat volgens Cas Vos die lewensbloed van die Fakulteit is die vryheid gegun om indringende vrae te vra wanneer hulle met dwaalleringe geïndoktrineer word? Wat sou gebeur as een of twee van hierdie studente soos Ferdie Mulder begin kapsie maak teen sommige van hulle leerkragte se dwaalleringe? Gaan die Fakulteit hulle ook soos Ferdie Mulder vervolg en uiteindelik skors?

————————————————————————————–

[1] http://www.news24.com/Beeld/In-Diepte/0,,3-67_2392509,00.html

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , | 1 Comment »

Word predikante goed genoeg opgelei?

Posted by Thomas on September 14, 2008

Flip Loots se gespreksgenoot in “Oop Gesprek” was op Sondagaand (14 Septemeber 2008) Prof. Malan Nel, Direkteur van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening by die Universiteit van Pretoria wat ook betrokke is by voortgesette bedienings-ontwikkeling in die NG Kerk en ook klas gee in praktiese teologie.

Flip Loots het die program geopen met ‘n kernbelangrike opmerking “Dat dit lyk, volgens die Bybel, asof die prediker in ‘n gemeente ‘n uiters waardevolle taak het. Die vraag nou is: Word predikante goed genoeg hiervoor opgelei en watter rol speel die Heilige Gees in die opleiding veral waar dit sy taak is, volgens die Bybel, om mense van Jesus te vertel.” Om die kernbelangrikheid hiervan te illustreer het hy Romeine 10:13 en 14 aangehaal:

Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?

Wie sou ooit kon dink dat die kerk, en in die besonder die NG Kerk, pertinent herinner moet word aan wat die eintlike doel en bediening van die kerk is? ‘n Mens sou verwag dat die NG Kerk hierdie besondere kernbelangrike waarheid heel bo aan hulle lys van prioriteite sou plaas. Dit herinner my aan wat ‘n groot prediker eenmaal gesê het:

If the church loses its primary goal to be a soul winning station for Christ, it may as well close its doors permanently.

Met hierdie skerp waarneming in my gedagtes, het ek die gevorderde soekfasiliteit op die webtuiste van die Teologiese Fakulteit aan die Universiteit van Pretoria, waar ons toekomstige predikante hul opleiding ontvang, geraadpleeg. Ek het spesifiek gesoek na woorde soos “bekering,” “verlossing, “redding,” “wedergeboorte,” “wedergebore” en “Heilige Gees.” “Raai wat? In elkeen van hierdie gevalle het die soekfasiliteit vir my gesê “Geen resultate gevind nie.” Daar is slegs twee artikels waarin onderskeidelik die woorde “gees” en “heilige” voorkom, nl. “Verklaring deur Dagbestuur van Kuratorium” en “Fundamentalisme: Grootste Bedreiging vir die Kerk.” Nouja, dit spreek nie alleen boekdele nie maar verduidelik ook terselfdertyd waarom ons toekomstige predikante en ook ‘n groot persentasie van ons huidige predikante kwalik voldoen aan die vereistes wat Romeine 10: 13 en 14 stel. Hulle word nie opgelei om deur die krag van die Heilige Gees mense na die Here te lei nie maar om ontslae te raak van fundamentaliste en veral die fundamentele waarhede van God’s Woord. Daar is tans 30 artikels en 7 preekhulpe op hulle webtuiste geplaas en nie ‘n enkele een verwys ‘n enkele keer na die bg. woorde wat in elke predikant se woordeskat behoort te wees nie.

Toe Flip Loots sy gas, prof. Malan Nel, vra om te verduidelik hoedanig die opleiding aan die Teologiese Fakulteit behartig word, het hy soos ‘n wafferse meester Romeine 10: 13 en 14 ontwyk. Ek het eers so heel aan die einde van die program agtergekom waarom hy die belangrikste doel van die opleiding van jong predikante verontagsaam. Hy het gesê:

In wetenskaplike onderrig, weet jy mos nou, daar is mos nie net een standpunt nie. Ons is in 2010 en ons sal in 2030 nog altyd dieselfde goed sê . . . Daar is nie net een standpunt in die teologie se verstaan nie en wat sal ons nie aan ons studente doen as ons hulle nie blootstel aan hierdie opleiding nie.

Hierop het Flip Loots soos volg gereageer:

“Ons glo dat die Heilige Gees die Gees is wat ons in die volle waarheid lei. Maar die vraag is, die Heilige Gees gaan tog nie nou sus en dan weer so lei nie. Waarom is dit dan so dat ons dit kry dat sommige dominees wat al jare in die bediening is ‘n sekere saak sê en dis wat die Bybel sê, verkondig hulle, maar dan kom daar weer studente tien, twintig jaar later wat sê, nee dit klink nou anders. So, waar sou jy sê pas die Heilige Gees in hierdie hele saak?

Hoewel Prof. Malan erken het dat die Heilige Gees die Persoon is wat in die hele gesprek kern-kern belangrik is en waarkynlik nie vandag sus en more so lei nie, het hy dit beklemtoon dat dit waarskynlik ons is wat Hom vandag sus en more so verstaan en daai worsteling, sê hy, is ‘n moeilike worsteling. Hy het voorts gesê:

Ons het arm geword aan die waarheid wat in die vroeë kerk sterker gefunksioneer het. Een persoon het nie die wysheid in pag nie. Die onderskeiding van die wil van die Here is ‘n kollektiewe – die Bybelse woord “corpus” vir liggaam – is ‘n korporatiewe onderneming. Dis deel van die teologie . . . In goeie akademiese onderrig moet jy met al jou gespreksgenote rekening hou en dominees behoort gemeentes te help om te verstaan dat dit is ons verantwoordelikheid om saam te worstel oor hoe verstaan ons die leiding van die Heilige Gees deur ‘n teks.

Hou asseblief nog steeds in gedagte dat Flip Loots die kernbelangrike doel van die opleiding van predikante beklemtoon het toe hy Romeine 10: 13 en 14 heel in die begin van sy program aangehaal het. Nou vra ek u met trane in my oë: Waarom word die korrekte verstaan van die verlossingsleer van Jesus Christus onderhewig gemaak aan ‘n kollektiewe of ‘n korporatiewe besluit? Kom ons veronderstel ‘n ongelowige lees die wonderlike teks in die Bybel wat die wonderlike uitnodiging rig om die Here se lewende water verniet te neem en te drink (Openbaring 22:17). Kom ons versonderstel ook dat hierdie ongelowige op Sondagaand, 14 September 2008, geluister het na Oop Gesprek waarin Prof Malan Nel die uiters insiggewende akadmiese raad gegee het dat die indiwidu nie sommer so goedsmoeds die leiding van die Heilige Gees in die verstaan van ‘n teks kan aanvaar nie (omdat een persoon nie die wysheid in pag het nie), maar dat ons die verantwoordelikheid het om saam in ‘n korporatiewe verband daaroor te worstel. Heel moontlik kan hierdie ongelowige, indien hy die goue raad van Prof. Malan Nel sou volg, so vreeslik lank korporatief saam met ander worstel oor die betekenis van Openbaring 22: 17 dat hy intussen doodgaan en ook vir ewig verlore gaan. Van wie se hand of hande gaan die Here hierdie ongelowige se bloed eis? (Esegiël 3:20). Dit sou dus vir hom veel beter wees om nie na Flip Loots se Oop Gesprek te geluister het nie omdat dit hom ‘n totaal skewe beeld van die verstaan van Openbaring 22: 17 gegee het – ‘n korporatiewe of kollektiewe verstaan daarvan in plaas van ‘n Heilige Gees geïnspireerde verstaan daarvan.

Om sy blink idees oor ‘n “korporatiewe verstaan van ‘n teks” te beklemtoon het Prof. Malan Nel gesê:

My eie oortuiging is, dat hoe langer die samelewing so moeilik is soos wat hy is waar mense baie ernstige vrae vra – niks is meer simplisties nie – hoe meer noodsaaklik gaan grondige teologiese nadenke word . . . Flip, my waarneming oor baie jare is, dat jy kom nooit met simplisme weg nie. Jy kan kort termyn met simpel antwoordjies wegkom, maar op die lang termyn kom jy nie daarmee weg nie. Ons skuld dit aan mekaar om grondig te dink en daarom moet ons die Here dank vir die teologiese opleiding in hierdie land.

Ons lees in Handelinge 4:13 dat dit ongeleerde en eenvoudige manne was wat die Evangelie verkondig het. Daar was nie by hulle so iets soos korporatiewe nadenke oor die korrekte verstaan van die Bybel nie. Nee! hulle was manne wat vervul was met die Heilige Gees en in ‘n gees van eensgesindheid die eenvoudige en Goeie Boodskap van verlossing deur geloof in die volbragte werk van Jesus Christus aan die kruis aan verlore sondaars vekondig het . . . en derduisende mense het tot bekering gekom. Miskien moet ons jong mense wegbly van die korporatiewe en kolletktiewe nadenke van die teologiese fakulteit en eerder soos die eenvoudige manne van ouds sorg dat hulle vervul word en bly met die Heilige Gees sodat Hy hulle kan leer wat die eenvoudige betekenis van Bybeltekse is en sodat hulle ander kan help om waarlik tot bekering te kom.

Vanwaar kom Prof. Malan Nel en so baie ander postmoderne denkers se idee dat niks meer so simplisties is nie? Ek verstout my deur te sê dat hulle deesdae te veel oorsee gaan waar hulle gretig drink by die besoedelde fonteine van die Ontluikende Kerk van Brian McLaren, Leonard Sweet, Rob Bell, Doug Pagitt, Erwin McManus en so baie ander. Mag die Here ons van hulle bewaar.

Ek beveel jou voor God en voor Christus Jesus wat die lewendes en die dooies sal oordeel, ek beveel jou met die oog op sy koms en sy koningskap: verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerlê, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee, want daar sal ‘n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend.

Ek wonder hoeveel van hierdie menigte predikante en leermeesters kom vandag uit die geledere van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , | 5 Comments »

Die Doelgerigte Misleiding – Deel 1

Posted by Thomas on June 25, 2008

Rick Warren In my gesprekke met NG Kerk lidmate wat in hulle selgroepe (omgee-groepe) Rick Warren se multi miljoen dollar suksesvolle boek "Die Doelgerigte Lewe" behandel het, het ek agtergekom dat hulle hul ore toesluit vir waarkuwings dat Warren ‘n lid van die CFR (Counsel on Foreign Relations) is, dat hy baie nou met die Verenigde Nasies saamwerk om ‘n globale vrede op tou te sit, dat hy aan die spits staan van die sg. kontemplatiewe spiritualiteit om mistieke en okkulte aanbiddingswyses wêreldwyd te bevorder, en dat hy samewerking bepleit tussen Christene, Moslems, en ander gelowe om armoede, ongeletterdheid, onverdraagsamheid ens. aan te spreek. Die fasiliteerder van ‘n selgroep waarvan ek ‘n lid was, het my argumente rondom die bg. waarskuwings telkens geïgnoreer en my laat verstaan dat die inhoud van die boek vir ons aandui hoedanige Christen Rick Warren werklik is en dat dit ook vir ons van onskatbare waarde kan wees. Daarom het ek besluit om eerder die inhoud van die boek onder die loep te neem en die gevare daarin uit te wys as om net op Warren se assosiasie met ongelowiges te fokus. Daar is genoeg inligting hieroor op die internet beskikbaar en dit sal net ‘n duplisering van inligting meerbring as ek dit hier sou herhaal. Ek wil dus graag in die volgende paar weke enkele dinge in sy boek uitwys wat skynbaar nie so maklik deur Christene onderskei word nie en gevolglik baie skade aanrig in die geledere van die gelowiges se selgroepe.

INLEIDING

Toe die Here se dissipels hom gevra het "Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?" het Hy vir hulle ‘n uiters belangrike oprdrag (gebod) gegee—"Pasop dat niemand julle mislei nie." Misleiding is sekerlik dié gemeenste en dié gevaarlikste manier waarop die duiwel en sy apostels gelowiges in hulle greep gevange neem en gevange hou. Ooglopende valse leringe is nie so gevaarlik nie omdat niemand hom sommer goedsmoeds daardeur sal laat mislei nie, maar sodra dieselfde valse leringe in ‘n ander gedaante opegedis word en veral wanneer dit met die kleed van Christenskap oorklee word, word dit uiters gevaarlik. Die onus rus dus op elkeen van ons om te sorg dat ons nie mislei word nie. God gaan dit nie vir ons doen nie. Om die waarheid te sê Hy laat selfs toe dat valse apostels en profete in ons midde kom om ons te toets of ons Hom werklik liefhet (Deut 13). Hy laat selfs ook toe dat valse leerstellings onder die mense gedy sodat Hy diegene wat Sy opdrag verontagsaam om hulle tot Hom te bekeer, kan oordeel. Hy sê as’t ware vir hulle: As julle nie die waarheid wat Ek vir julle in My Woord oordra wil gehoorsaam om gered te word nie, gee Ek julle oor aan die leuen.

En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid. (2 Thess 2: 6-12)

‘n Leser van Warren se boek het onlangs geskryf:-

There are some really good things that Rick Warren brings out. But they always seem to be mixed with so many confusing and theologically weak points that The Purpose Driven Life you go crazy trying to keep it all straight. You will read a great point and then he’ll throw in a quote from Mother Teresa or Aldous Huxley and your mind reels. There’s a push to paint God as a smiley face in the sky – but you have to ignore His justice and anger! Plus, when you are the only ‘naysayer’ in a group it gets old – especially when no one else seems to have anything but praise for the book.

As ‘n Mens mooi kyk, gaan Warren se boek, "Die Doelgerigte Lewe" nie om die verkondiging en bevordering van die ewige en onveranderlike Evangelie van Jesus nie maar om gelowiges en ongelowiges aan ter spoor om saam hande te vat om die euwels van die wêreld aan te spreek en uit te roei. Soos ons later sal sien verkondig hy ‘n "Social Gospel" wat dit ten doel het om ‘n globale vrede in die hand te werk. ‘n Universele vrede waarin almal as ‘n eenheid in liefde kan saamwoon is deesdae nommer een op die prioriteitslys van so te sê al die wêreldleiers, om nie eens te praat van die mees vooraanstande geestelike leiers nie. Die versmagting na vrede is so intens, dat die mens deesdae enigiets sal doen om daardie vrede te bereik — selfs al moet die kerke Christus as enigste Vredemaker verwerp.

Die Here Jesus praat met groot waardering van die vredemakers (Mat 5: 9). Daarmee het Hy egter nie bedoel dat die vredemakers ‘n alliansie moet vorm met die ongelowiges om wêreldvrede te bewerkstellig nie. Die vredemakers is die gelowiges wat die Evangelie onvervals verkondig sodat mense wat tans in vyandskap met God lewe, vrede met Hom kan maak.

Die eintlike doel agter "Die Doelgerigte Lewe" van Rick Warren is om almal (gelowiges en ongelowiges) in ‘n gees van diensbaarheid saam te snoer en om die vrede waarna almal smag d.m.v. hierdie gesamentlike diensbaarheid te berwerkstellig.

HOOFSTUK 1 – ALLES BEGIN MET GOD

Warren begin hierdie hoofstuk met twee anhalings — een uit Kol 1:16:

Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte — alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.

En ‘n aanhaling van die goddelose ateïs, Bertrand Russel:

Bertrand Russel (1872-1970) Tensy jy ‘n God veronderstel, is dit sinneloos om te vra wat die doel van die lewe is.

Die naasmekaarstel van ‘n Bybelse teks en ‘n aanhaling van die ateïs, Bertrand Russel, is nie om dowe neute nie. Die doel daarmee is om die skeidslyn tussen God se waarheid en wêreldse filosofieë te vervaag sodat die mens sensitief-gewoond gemaak kan word daaraan om buite-Bybelse sêgoed van beroemde persone ook as God se waarheid te aanvaar.

Netsoos die "wysheid" van bo of nie van bo kan kom nie (Jak 3: 14-18), is daar ook twee maniere waarop "self-is-me" geëvalueer en hanteer kan word – vanuit ‘n Bybelse perspektief of vanuit ‘n wêreldse oogpunt. "Dit gaan nie om jou nie," (bls. 15) die eerste woorde in hoofstuk 1, skep die indruk dat dit nie die outeur, of jy of ek of enigiemand anders is wat die middelpunt van Rick Warren se reuse suksesvolle boek inneem nie. En tog, namate die leser in die boek vorder, word dit duidelik dat Warren juis die klem plaas op jou en op my sonder om die jou en die my in die lig van God se Woord te evalueer. Dit is nie soseer die geskrewe dinge wat Warren in sy boek kwytraak wat altyd so verkeerd is nie, maar die ongeskrewe Bybelgefundeerde waarhede wat sy boek so gevaarlik maak. Hy het hierdie beginsel by een van sy belangrikste mentors, Peter Drucker, geleer. Drucker verklaar:

The most important thing in communication is to hear what is not being said.Peter Drucker (1909-2005)

Daarmee maak Warren die deur wawyd oop vir sy lesers om hulle eie vooropgestelde idees en hulle eie voorwaardes in die boek in te lees en te definieer. Die uitdrukking "Dit gaan nie om jou nie" is hoegenaamd nie ‘n nuutjie nie. Hierdie konsep het al so diep wortel geskied in die besigheidswêreld dat elke Jan Rap en sy maat dit vandag gebruik. In die besigheidswêreld is sukses die doel waarna elke goeie leier moet nastreef en hy kan dit alleenlik bereik deur andere te help om self ook suksesvol te wees. Travis Wright skryf op sy webblad onder die hoofopskrif Cultivate Greatness/Leadership Training as volg:

Believe it or not, it is NOT about you. You may like to think it is, or act like it is, but it isn’t. It is about the rest of us and how you treat and interact with the rest of us. (1) (Klem bygevoeg).

Op die webblad "Very well Said — Best Selling Books by Subject word die New Age boek The Celestine Prophecy" soos volg geresenseer:

This is a story of one man’s search for truth and the meaning of life. We join him on his journey as he experiences a series of key spiritual insights.

In the book we are told that the insights were found in an ancient Peruvian manuscript. The manuscript maybe fiction, however the insights are true. How do I know? Well I too have experienced them and this happened before I read the book.

The nine insights to experience are:

  • Becoming aware of the "coincidences" in one’s life.
  • Experiencing a heightened understanding of world history and man’s evolution.
  • Becoming aware that all living things have energy fields.
  • Becoming aware that people try to steal other people’s energy, creating conflict.
  • Realising that it’s not about you.
  • Becoming aware that you have a dream and a destiny to fulfil. [Purpose]
  • Becoming aware that many of your thoughts and actions are guided.
  • Realising that other people sometimes provide the answers that you seek.
  • Understanding that mankind is on a journey towards living in perfect harmony with each other and nature, as our world evolves over the next 1,000 years into an Eden-like paradise. (2) (Klem bygevoeg).

Rick Waren se omskrywing van "dit gaan nie om jou nie" verskil dus hoegenaamd nie van die sekulêre wêreld se aanwending daarvan nie, ten spyte van die feit dat hy dit in ‘n Christelike kleed toewikkel. Hy pas die beginsel "The most important thing in communication is to hear what is not being said" tot die maksimum toe wat maar eintlik neerkom op die sg. "open-ended" Evangelie waar die leser die vryheid verleen word om sy eie mening of interpretasie in die boek in te lees of in te prent.

Dit is onomwonde korrek om te sê dat die mens vasgevang is in sy eie egosentriese wêreld van die "self." en dat dit uiters noodsaaklik is om dit aan te spreek. Die vraag is: Hoe moet dit aangespreek word? Dit is juis hier waar Warren versuim om aan sy lesers te verduidelik hoedat alles wat met die ego te make het enkel alleen vanuit die perspektief van die kruis aangespreek moet word. Die kruis van Jesus Christus is die krag en wysheid van God en nie die nastreef van ‘n spesifieke doel hier op aarde nie. Die kruis van Jesus Christus is die enigste effektiewe teenvoeter vir die mens se mees diepgewortelde sonde — sy eie ek of die self. Desondanks maak Warren nie ‘n enkele keer melding van die Here Jesus se oplossing vir dié besondere probleem nie, nl. dat ons die self moet verloën, ons kruis opneem en Hom volg (Mat 16:24). ‘n Mens kan dus tereg vra of sy stelling "Dit gaan nie om jou nie" deel vorm van die Evangelie van Jesus Christus. Is dit Evangelies korrek om te sê "Dit gaan nie om jou nie?" Gaan die Evangelie van Jesus nie juis om jou en om my nie?

As dit nie om jou gaan nie, om wie gaan dit dan? In Daniël 9:26 sê die Heilige Gees dat ‘n Gesalfde uitgeroei (afgesny) sal word maar nie vir Homself nie. (Sy kruisdood het niks vir Hom oorgehou nie — "maar sonder iets vir Hom" soos die 1933 en 1953 Afrikaanse vertalings dit stel).

Selfs die opskrif van hierdie hoofstuk "Alles begin met God" is geheel en al onbybels. Het die sonde met God begin? Soos u later sal sien, glo Warren blykbaar dat God reeds voor die grondlegging van die wêreld die sondes van die mens beplan en bepaal het. As dit nie om jou (‘n verlore siel) gaan nie waarom sê die Bybel "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê" (Joh 3: 16)? As dit nie om jou (‘n verlore siel) gaan nie waarom sê die Bybel dan "Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis?" (Fil 2: 6-8) Het die allerheiligste God nie mens geword ter wille van jou (‘n verlore siel) nie?

As dit nie om jou (die geredde siel) gaan nie, waarom het die Here Jesus gesê "Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is." (Joh 14: 2, 3)? As dit nie om jou (die geredde siel) gaan nie, waarom sê die Bybel "En hulle het wel priesters geword in ‘n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly; maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ‘n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie. Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. (Heb 7: 23-25)? As dit nie om jou (die verlore siel) gaan nie, waarom stuur die Here Jesus vir jou (die geredde siel) oor die hele wêreld uit om die Evangelie te verkondig sodat jy (die velore siel) gered kan word (Mat 28: 19)?

Die uitdrukking "Dit gaan nie om jou nie" wat reeds soos ‘n slagspreuk oor die hele wêreld eggo, klink so mooi Christelik, skriftuurlik en baie vroom, en tog vind dit nie net byval by die gelowiges nie, maar ook die ongelowiges. Djwhal Khul, die Tibetaanse geestegids ("spirit guide") wat sy boodskappe deur die medium Alice Bailey oorgedra het, het die volgende oor die ego van die mens gesê:

The aim should be the development of the habit of meditation all the day long, and the living in the higher consciousness till that consciousness is so stable that the lower mind, desire, and the physical elementals, become so atrophied and starved through lack of nourishment, that the threefold lower nature becomes simply the means whereby the Ego (soul) contacts the world for purposes of helping the race. (1-145). (klem bygevoeg) (3)

Alice Bailey, een van die belangrikste voorstanders van die New Age en die Teosofie, het die volgende oor diensbaarheid gesê:

Service itself is definitely the result of a tremendous inner happening, and when that result is brought about, it will be found to have produced a number of creative secondary causes. These are, primarily, a change in the lower consciousness, a tendency to turn away from the things of the personal self to the larger issues of the group, a reorientation which is real and expressive and a power to change conditions (through creative activity) which is the demonstration of something dynamically new. (klem bygevoeg) (4)

(Later in die boek, promulgeer Warren die sg."asemgebed" wat niks anders as ‘n vorm van meditasie is nie om hierdie samehorigheidsgevoel en diensbaarheidsgevoel onder selgroeplede te bevorder. Luister gerus hierna.

Die doel met die uitskakeling van die ego of die self is dus om groter diensbaarheid aan die gemeenskap in die hand te werk en nie om daagliks in die regte verhouding met God te staan nie. Dit is dus nie verbasend nie dat Warren en die fasiliteerders ("change agents") geweldig baie klem plaas op diensbaarheid (filantropiese werk) asook harmonie en eenheid binne groepsverband (klein selgroepe) wat natuurlik volgens hulle alleenlik deur die effektiewe uitskakeling van die ego of die self bewerkstellig kan word.

Ek onthou baie goed hoedat ‘n lid van ‘n selgroep my daarop attent gemaak het dat hulle hooofsaaklik ‘n sg. omgee-groep is waarin elkeen met ‘n selflose barmhartigheid mekaar dien. Dit opsigself is baie prysenswaardig maar ongelukkig word Skrifgebonde leerstellings en die noodsaaklikheid om te onderskei soveel makliker en summier by die venster uitgegooi omdat hulle in hulle selflose liefde kwansuis nie aanstoot wil gee nie. Enigiemand wat met die geringste onderskeiding probeer om die gevare van misleiding in die "Emerging Church" aan hulle uit te wys, word summier as ‘n beroerder gebrandmerk wat die omgee-gees (ek wonder partykeer of dit nie ‘n omgee-demoon is nie) in die groep versmoor. Liefde sonder waarheid is nie liefde nie. Dit is ‘n valse liefde, ‘n valse manier om vir mekaar om te gee. Selgroepe gee dikwels so baie vir mekaar om dat hulle nie juis omgee of hulle broers en susters mislei word nie.

‘n Vrou het een keer briesend kwaad geword vir my omdat ek gesê het die belangrikste ding in ‘n mens se lewe is om te weet dat jy vergifnis ontvang het vir jou sondes. Ek het dit gesê na aanleiding van die getuienis van ‘n getroude paartjie by ‘n selgroep wat hulle redding gebaseer het op die feit dat hulle in ‘n Christelike huis grootgeword het. Die vrou wat vir my so kwaad geword het, het hulle getuienis aanvaar en was hoogs verontwaardig toe ek voorstel dat ons hulle moet probeer reghelp. Ons moet hulle nie onnodig ontstel nie en sodoende die samehorigheid en omgee-gees onder mekaar belemmer nie. Die boek "An Emergent Manifesto of Hope (emersion: Emergent Village Doug Pagitt resources for communities of faith)" van Doug Pagitt en Tony Jones verklaar dat die volgelinge van die nuwe inklusiewe, An Emergent Manifesto kollektiewe godsdiens nie begaan moet wees om mense uit die kake van die hel te red nie maar om eerder gemotiveerd te wees . . . om in ‘n verhouding te staan met mense wat in baie opsigte anders is. (5) Die fokus moet dus nie soseer op die bekering van individue wees nie maar eerder op die smeding en bevording van verhoudings in groepsverband. Op 2 November 2003 het Warren die volgende tydens ‘n diens in sy Saddleback Gemeenskapkerk gesê:

Now you’ve heard me say many times that the greatest thing you can do with your life is tell somebody about Jesus and invite them to come to know him. If you help somebody secure their eternal destiny that they spend the rest of their life in heaven, not hell, your life counts. Your life matters because nothing matters more than helping get a person and their eternal destiny settled. They will be forever ever grateful and thank you for the rest of eternity—thank you for telling me about Jesus Christ. And I’ve always said that that was the greatest thing you could do with your life. I was wrong. There is one thing you could do greater than share Jesus Christ with somebody, and it is help start a church. Because a church is going to outlast you and everybody else." (klem bygevoeg) (6)

Warren weerspreek homself gruwelik in sy bogenoemde uitspraak. Eers sê hy dat die persoon/persone wie jy na die Here Jesus lei jou vir ewig in die hemel dankbaar gaan wees, maar dan soos handomkeer dat die kerk vir jou en al die ander gaan oorlewe. Hoe kan die kerk iemand wat vir ewig in die hemel gaan lewe omdat iemand anders hom/haar na die Here Jesus gelei het, oorleef? Die ewige lewe beteken tog immers om onveranderd, onbelemmerd, ongeskonde en onafskeidbaar van God tot in alle ewigheid, eindelloos te lewe. Trouens, alle persone wat deur die getuienis van iemand anders tot ware geloof in die volbragte werk van Jesus Christus aan die kruis gekom het, is die ware kerk (ekklesia of die uitgeroeptes). Hoe op dees aarde kan die kerk die gelowiges oorlewe as hulle dan self die kerk is. Wie of wat ookal kan die liggaam van Christus (al die gelowiges) oorleef? Dit is verstommend hoedat mense en veral Christene hulle so maklik kan laat mislei deur sulke snert. G’n wonder Paulus het op ‘n stadium met absolute verbasing uitgeroep: "Dit verbaas my dat julle so gou van God wat julle deur die genade van Christus geroep het, afvallig word en ‘n ander evangelie aanneem. Daar is geen ander evangelie nie! Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai, en dit is hulle wat vir julle in verwarring bring." (Gal 1: 6, 7).

————————————————————————————————–

1 http://cultivategreatness.com/2007/04/16/let-go-of-your-ego-its-not-about-you

2 http://verywellsaid.com/titles/the/the-celestine-prophecy-0446671002.php?sorttype=mosthelpful

3 http://www.lightinfo.org/aab/dkmed.htm

4 Alice Bailey, Esoteric Psychology, Vol. II, pp. 125 – 133

5 Doug Pagitt & Tony Jones: An Emergent Manifesto of Hope (emersion: Emergent Village resources for communities of faith), Baker Books, p. 35

6 Rick Warren, Saddleback Church Service, November 2, 2003; transcribed from http://www.saddlebackfamily.com/peace/Services/110203_high.asx

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | Leave a Comment »

Laat God Homself Beskerm

Posted by Thomas on May 31, 2008

DEEL 4: IS DIE WOORD VAN GOD ‘N INGEWIKKELDE BOEK?

Ek is moeg om te wonder waar ek staan. Ek is moeg omdat ek weet ek ken die lewende Here, ek weet ek is gered, ek weet Hy sorg vir my en Hy is besig met my, maar ek verstaan nie reg nie. Omdat ek nie een honderd persent soos die Evangeliese Inisiatief óf Nuwe Hervorming dink oor God, verlossing en kerk nie; omdat ek nie glo in ‘n bepaalde teologie nie, wonder ek soms of ek in die kerk of buite die kerk hoort. (1)

Is die Woord van God ‘n ingewikkelde boek? Is dit in staat om ons vry te maak van ons onsekerhede sodat ons reg kan verstaan? Indien die Bybel nie die gesag of die krag gehad het om die mens se onsekerhede, vrese, twyfel, hartsverskeurdheid, koersloosheid ens. aan te spreek en te genees nie sou dit soos enige ander sg. heilige of geestelike boek niks anders wees nie as ‘n stel morele kodes waarvolgens die mens met ywer, inspanning en toegewydheid ‘n mooi godsdienstige lewe kan lei.

Sal ‘n jongman ‘n minnebrief aan sy geliefde skryf en besluit om dit so ingewikkeld te maak dat sy dit nie kan verstaan nie? As hy dit sou doen, sou sy hart aan die erns ontbreek om haar vir homself te win. Sou dit die Here behaag het om sy minnebrief (die Bybel) aan die mensdom so ingewikkeld te maak dat hulle dit nie kan verstaan nie, sou ook Hy nie juis ernstig wees om die mensdom vir Homself te win nie.

Ps 119:9 Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.

Jak 1:5, 6 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

Die belangrikste vraag wat die mens moet kan antwoord, is nie of hy sekerheid het oor sy saligheid nie maar of sy saligheid begrond is op die Woord van God. Daarom het die Here Jesus op ‘n dag gesê “Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei” (Joh 7:38). Om in die Here Jesus te glo, is baie maklik. Die duiwels glo ook, maar hulle sidder (Jak 2:19). Wat saak maak is of ek glo soos God dit van my vereis en nie soos ek dink ek behoort te glo nie.

Persone wat seker is van hulle saligheid (ons noem hulle fundamentaliste omdat hulle so seker is van hulle redding en omdat hulle weet dat die Woord van God die absolute waarheid is) hoef nie te wonder of hulle binne of buite die kerk hoort nie, en ek praat nie nou van ‘n spesifieke kerk soos die NG, Gereformeerde, Hervormde, Rooms Katolieke kerke of watter kerk ookal nie. As rein en saligverklaarde gelowige hoort die persoon, wat daardie sekerheid het, in die liggaam van Christus omdat die Gees van God hom/haar by hulle redding daar ingedoop het (ek praat nie van die waterdoop nie). Ek vind dit dus vreemd dat dr. Brink twyfel of hy in die kerk hoort, en al sou hy nie meer langer in die kerk wat hy so lief het tuishoort nie, maak dit hoegenaamd geen verskil aan sy saligheid en sy plek in die liggaam van Christus (alle gelowiges) nie. Ek sou eerder dink dat hy as gelowige nog steeds in die kerk tuishoort omdat daar nog so baie ongeredde mense in die kerk is wat nodig het om die waarheid te hoor en moontlik tot redding te kom en ook om die geredde mense te waarsku teen die valse leringe wat in die kerk hoogty vier. As hy hierin getrou sou bly aan Christus sal hy eendag die Kroon van Roem en Blydskap vir die sielewinner (1 Thess 2: 19) en die Onverwelklike Kroon van Heerlikheid vir elkeen wat bereid is om die skape die regte voeding te gee (1 Petr 5: 4) ontvang. ‘n Predikant wat waarlik deur God geroep is om die Evangelie in sy kerk te verkondig en nie sommer maar net dáár is om ‘n mooi Christelike lewe te lei en ‘n salaris te verdien nie, sal sorg dat Hy sy godgegewe en opgelegde taak vervul al sou hy voel hy hoort nie daar nie.

Dr. Brink se aanname dat die Bybel nie ‘n eenvoudige boek is nie en dat die teologie nie ‘n eenvoudige wetenskap is nie, herinner aan die Middeleeuse hiërargiese priestersamp in die Rooms Katolieke Kerk wat die Bybel doelbewus uit die hande van die proletariaat gehou het omdat dit kwansuis so esoteries en onverstaanbaar is. Slegs die kerk kon die ingewikkelde teologiese en wetenskaplike inhoud van die Bybel verklaar m.d.g. dat die gewone voetsool outjies geheel en al aangewese was op die kerk se interpretasie van die Bybel. Soos ons almal weet, het dit uitgeloop op ‘n leerdwaal fiasko wat uiteindelik deur die Protestantse Hervoming van Luther gefnuik is. Dr. Brink se stelling strook nie met Paulus se raadgewing dat ons daagliks die Skrifte moet ondersoek om seker te maak dat alles wat die doktore en professore oor die Bybel sê honderd persent korrek is nie (Hand 17: 11).

Indien die Bybel nie ‘n maklik verstaanbare boek was nie, sou die Heilige Gees nie vir Paulus geïnspireer het om vir ons te sê om dit daagliks te ondersoek nie. Trouens, selfs die jongeling is in staat om sy pad suiwer te hou deur dit te hou volgens die Woord van God (Ps 119: 9). Dit is juis die eenvoudiges wat verstandig gemaak word deur die lig van God’s Woord (Ps 119: 130) en dit is juis diegene wat nie wys is na die vlees nie, maar dwaas is by die wêreld wat God uitverkies het om die sg. wyses te beskaam (1 Kor 1: 1: 26-29). Miskien wil die post-moderne Skrifgeleerdes hê dat die voetsool kerkgangers moet glo dat die Bybel ‘n baie ingewikkelde en moeilike boek is om te verstaan en dat niemand obtektiwiteit [oor die Bybel] vir homself kan opeis nie omdat dit “immers van daardie mens God sou maak.” (2) Op hierdie wyse kan hulle groter beheer uitoefen oor God se skape en lammers en hulle in ‘n denkpatroon indwing wat pas by ons hedendaagse wêreldbeeld wat die ou wêreldbeeld m.b.t. die maagdelike geboorte, wonderwerke, kruisiging en opstanding van Christus nie meer kan aanvaar nie.

Ek wonder net wat God bedoel het toe Hy gesê het, “Julle SAL die waarheid ken, en die waarheid SAL julle vrymaak” (Joh 8: 32). Mense verstaan nie die Bybel nie, nie omdat dit so ingewikkelde boek is nie maar omdat die natuurlike mens die dinge van die Here nie kan verstaan nie omdat dit geestelik beoordeel word (1 Kor 2: 14). Dit is juis die dwases wat wysheid ontvang as hulle hul dwaasheid herken en erken en hulle heelhartig tot God bekeer (1 Kor 1: 25; 1 Kor 3: 18).

Voetnotas

1. Dr. Aldert Brink, Laat God Homself Beskerm, Kerkbode, 14 Sept. 2008
2. Ibid

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , | Leave a Comment »

Laat God Homself Beskerm

Posted by Thomas on May 30, 2008

DEEL 3: MOET PREDIKANTE DIE KERK VERDEDIG?

“Ek is moeg om te wonder waar ek staan. Ek is moeg omdat ek weet ek ken die lewende Here, ek weet ek is gered, ek weet Hy sorg vir my en Hy is besig met my, maar ek verstaan nie reg nie. Omdat ek nie een honderd persent soos die Evangeliese Inisiatief óf Nuwe Hervorming dink oor God, verlossing en kerk nie; omdat ek nie glo in ‘n bepaalde teologie nie, wonder ek soms of ek in die kerk of buite die kerk hoort. Wat dit uiters sleg maak, is dat ek lief is vir die kerk omdat ek glo dat dit die Here se kerk is, maar dat ek ook nie altyd seker is of ek lekker in die kerk pas nie, want mense dink dit is hulle kerk. Feit is: Hy pas hierdie kerk op daarom dink ek kan ons maar ophou om die kerk so naarstiglik te verdedig. Ons werk is om ‘n Christelike lewe te lei.” (1) (Klem bygevoeg)

Die kerk is nie ‘n gebou nie en nog minder ‘n instituut of ‘n klub waarvan mense sommer goedmoeds lede kan word. So behoort dit altans te wees as Handelinge 2:47 vir ons enigsins iets beteken want daarin sê Lukas vir ons ondubbelsinnig waaruit die kerk veronderstel is om te bestaan — mense wat waarlik gered is en die Here volg. Hierdie mense word ook God se skape en lammers genoem en daarom word die predikers wat die Here oor hulle aangestel het herders genoem wat voortdurend daarop bedag moet wees om nie soos huurlinge op te tree nie.

Joh 10:11-13 Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. Maar die huurling en hy wat nie ‘n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar. En die huurling vlug, omdat hy ‘n huurling is en niks vir die skape omgee nie.

Indien dit Christus se bedoeling was om alleen sy kerk op te pas en dat dit die herders se werk was om maar net ‘n mooi voorbeeldige Christelike lewe te lei, sou Hy nooit vir Petrus die opdrag gegee het om sy skape en lammers te voed en op te pas nie (Joh 21:1-17) Tewens, die herders wat God se skape en lammers (L.W. die skape en lammers behoort aan God en nie die herders nie) nie oppas nie toon duidelik dat hulle Christus nie liefhet nie. Jesus het wel gesê dat HY sy kerk sal bou en dat die poorte van die hel dit nie sal oorweldig nie (Matt 16:18), maar Hy doen dit in samewerking met sy geesvervulde herders wat Hom liefhet. Daarom sê Hy ook dat hulle sy mede-arbeiders is (1 Kor 3:9). Die herders kan die mooiste denkbare Christelike lewe lei en deur almal vir hulle voorbeeldige lewens bewonder word maar as hulle versuim om God se lammers en skape op te pas en te verdedig teen die wolwe in skaapsklere dan is hulle mooi Christelike lewens ook maar soos ‘n hol klinkende metaal of ‘n luidende simbaal. Almal sien en hoor net vir hulle; hulle self is op die voorgrond omdat hulle sulke mooi Christelike lewens lei maar die lammers en skape se geestelike lewens word ondermyn omdat die herders hulle nie met hulle eie lewens oppas nie.

‘n Onderhoud op CNN wat Larry King met John MacArthur en Biskop Talbort gevoer het, het soos volg verloop:

Larry King: Don’t you believe, Bishop Talbort, that Christianity is the right path?

Biskop Talbort: I believe it is for Christians . . .

Larry King: But you believe that your religion is right.

Biskop Talbort: Yes I do!

Larry King: Or else . . . why believe it?

Biskop Talbort: That is right.

Larry King: So, all the other religions will have to be wrong.

Biskop Talbort: No! I don’t say that at all.

Larry King: I don’t follow that. (Ongelowiges is dikwels baie wyser en het meer insig as sommige Christene – bygevoeg)

Biskop Talbort: I believe my God is large enough to be inclusive of all human beings who are created in God’s image, and that includes those religions who are not Christian. (Sy God is “large enough” maar hy vergeet gerieflikheidshalwe dat die God van die Bybel ‘n baie nou poort en ‘n baie smal pad vir sy ware volgelinge gekies het om binne te gaan en te bewandel. Enigeen wat NIE deur daardie nou poort gaan nie, kan nie aanspraak maak op redding nie – bygevoeg).

John MacArthur: Can I ask a question? Why did Jesus say . . . why dit Paul say . . . if any man preaches any other Christ than the true Jesus Christ let him be accursed, let him be anathema? Why does the Bible say, neither is there salvation in any other name than Jesus Christ? Why does the Scripture condemn anyone who rejects Jesus Christ and the Gospel of Christ? Why is the message so exclusive?

Biskop Talbort: For me, salvation in Jesus Christ, is the way and what I try do do as a Christian is to live that example. My responsibility is not to convert all other religions but to live the Christian faith in the face of those religions. Are you gong to say our friend on this show who is Jewish is on the wrong path? That’s God’s choice. That’s God’s judment, not mine. (U kan die volledige onderhoud hier sien)

Daar het u dit. Ek is nie my mede aardse reisiger en buurman se oppasser nie. Hy kan maar anders glo as wat God van hom vereis. As hy verlore gaan, sal ek maar net mootjies my hande in onskuld was. Hierdie siening wat oral in die Christelike kerk kop uitsteek dat dit nie die kerk se taak is om mense met ander geloofsoortuigngs die evangeliseer nie maar om net vroompies ‘n mooi Christelike lewe voor hulle te lewe, is besig om Christus se opdrag in Mattheus 28:19 effektief te versmoor.

Waar kom hierdie onbybelse ding vandaan dat Christene slegs mooi Christelike lewens moet lei sonder om die Evangelie en God se leerstellings helder en duidelik te verklaar, veral in die aangesig van valse apostels en profete wat God se lammers en skape mislei en verlei? Een van die subtielste en gevaarlikste aanslae op God se Woord is Eugene Peterson se korrupte parafrase van die Nuwe Testament, “Die Boodskap”. Warren maak vrypostig daarvan gebruik in sy hiper suksesvolle boek, “Die Doelgerigte Lewe.” Baie teer Christene het alreeds onder die subtiele vleitaal van Peterson geswig en glo dat die tyd gekom het om nie meer hard te stry vir die geloof nie, maar om God se Woord net uit te lewe. In die Engelse weergawe van Warren se boek “The Purpose Driven Life” op bladsy 289 haal hy ‘n gedeelte van 1 Thessalonicense 1:8 uit “Die Boodskap” aan: “Your lives are echoing the Master’s Word . . . . The news of your faith in God is out. We don’t have to say anything anymore – you’re the message.” Ter wille van klarigheid moet ons kyk wat Paulus werklik gesê het:

1 Thess 15-8 . . . want die evangelie wat ons aan julle verkondig het, het nie bloot met woorde tot julle gekom nie, maar ook met krag en deur die Heilige Gees en met volle oortuiging. Julle weet trouens hoe ons by julle opgetree het, en dít om julle ontwil. En julle het ons voorbeeld gevolg en volgelinge van die Here geword. In baie moeilike omstandighede het julle die woord aangeneem met ‘n blydskap wat van die Heilige Gees kom. So het julle ‘n voorbeeld geword vir al die gelowiges in Masedonië en in Agaje. Van julle af is die woord van die Here in Masedonië en in Agaje verkondig, en oral het die mense gehoor van julle geloof in God, sodat dit nie vir ons nodig is om nog iets daaroor te sê nie.

Daar staan nêrens in hierdie gedeelte of eens gesuggereer dat die Thessaloniërs die boodskap is nie. Dit gaan enkel alleen daarom dat hulle voorbeelde was vir die gelowiges in Masedonië en Agaje van hoedanig hulle die Woord wat Paulus aan hulle verkondig het met die blydkskap van die Heilige Gees ontvang het, en geleer het om navolgers te wees van Paulus en die Here. Dit was hierdie bonatuurlike blydksap van die Heilige Gees wat hulle bekragtig het om soos Paulus die Evangelie te midde van die felste vervolging onbevrees te verkondig. Die nuus oor hulle geloof het so kragtig in die streke om hulle versprei dat dit nie vir Paulus nodig was om enigiets daaroor te sê nie. Almal het geweet van die wonder van verlossing wat God onder hulle bewerk het. Peterson suggereer op baie subtiele wyse dat Christene, nes Jesus wat die vleesgeworde Woord van God is, self ook klein inkarnasies van sy Woord is. Is dit ons lewenswandel, hoe mooi en voorbeeldig dit ookal mag wees, wat mense tot bekering lei? God sê vir ons baie duidelik dat dit Sy Woord is wat sondaars tot bekering bring.

Is dit werklik die kinders van die Here in die kerk (Ekklesia – uitgeroeptes) se enigste plig om ‘n Christelike lewe te lei of is dit ook hulle taak om die Evangelie van Jesus Christus onvervals te verkondig en te verdedig sodat verlore sondaars gered kan word? Miskien sal Dr. Brink goed onthou dat Christus eenmaal vir sy dissipels gesê het:

Julle is alreeds rein deur die volmaakte, mooi, heilige, sondelose en vlekkelose lewe wat ek daagliks voor julle lei. (Joh 15: 3)

Nee! Christus, die enigste Persoon wat nog ooit ‘n volmaakte en sondelose lewe hier op aarde gelei het, was ook die Persoon wat dit nodig geag het om te sê:

“Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het” (Johannes 15: 3).

Dit is dus nie ‘n mooi Christelike lewe en selfs ook nie eens die sondelose lewe wat Christus hier op aarde geleef het wat ander mense in die hemel bring nie, maar enkel alleen die onvervalste prediking van die Woord van God. Daarom sê Paulus ook baie pertinent in Romeine 10:17: “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.” Dit is nie net die taak van Christene om ‘n mooi en heilige lewe te lei en om die Evangelie onvervals te verkondig nie, maar ook om die waarheid teen die leuen te verdedig. As die Here Jesus, sy dissipels en Paulus dit gereeld gedoen het, dan behoort ons dit ook te doen en soveel te meer in die verskriklike tyd van afvalligheid waarin ons vandag lewe.

Judas 1:3 Geliefdes, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.

Dit is dus nie net ‘n opdrag wat elke Christen ontvang om intens vir die geloof soos dit deur die heiliges (profete en apostels) oorgelewer is, te stry nie maar ook ‘n baie ernstige vermaning om dit te doen. Dit is ‘n opgelegde plig wat ons baie ernstig ter harte moet neem. As ons dit nie doen nie, kan dit uitloop op ernstige misleiding en verleiding onder die skape en lammers van God. Ons kan God nie verdedig nie, maar ons moet te alle tye sy Evangelie teen die leuens van die Satan verdedig omdat sy leuens daarop gemik is om verlore sondaars in hulle toestand van verlorenheid te hou en te vermoor. Die staf van die herder het ‘n tweërlei doel gehad — om die skape en lammers wat afgedwaal het met die kromsteel kant te skaapvang en terug te bring en om die wilde roofdiere en voëls met die reguit kant daarvan te verjaag. Pas my skape op.

Voetnotas

1 Dr. Aldert Brink, Laat God Homself Besekerm, Kerkbode, 14 Sept. 2007

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , | 2 Comments »

Laat God Homself Beskerm

Posted by Thomas on May 29, 2008

DEEL 2: CHRISTUS SE ONWANKELBARE VERTROUE IN DIE GETUIENIS VAN SY PROFETE EN APOSTELS

Dit is opvallend dat toe Johannes die Doper in die tronk gesmyt is hyself begin twyfel het of Jesus Christus werklik die Messias was. Hyself het begin wonder of die Woord (dit wat hy in sy tyd beskikbaar gehad het) nie maar net ‘n klomp onwaarhede en teenstrydighede aan die mense opgedis het nie. Die Ou Testament het dan so duidelik belowe dat die Messias die Koninkryk van God sou oprig maar sy omstandighede in die tronk en opdoemende onthoofding het nie juis enige vertroosting gebied nie en hy het sterk begin twyfel. Hy wou die feite op die tafel hê; hy wou sien voordat hy sou glo. Hy het toe twee van sy dissipels gestuur om seker te maak of Jesus werklik die Messias was. Hier’s wat Christus gesê het.

Joh 7:22 Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig.

Christus het Hom nie na die tronk gehaas om Johannes met ‘n klomp wonderwerke te oortuig dat Hy die Messias is nie. Hy het ook nie vir hulle gesê om hulle “altered states of conciousness” of denkbeeldige ervarings wat hulle van sy wonderwerke gehad het aan hom oor te vertel nie. Hy het Johannes se dissipels teruggestuur om te vertel wat hulle gesien en gehoor het. Feite berus nie net altyd op wat ons persoonlik sien nie, maar op wat ander betroubare getuienisse gesien het. As dit nie so was nie sou ons howe nie kon vasstel wat die waarheid in ‘n saak is nie. Daarom het die Here Jesus ook eenmaal gesê: “Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.” Ek dink in hierdie verband ook aan wat Jesus in Johannes 17:20 in sy gebed vir sy dissipels gebid het:

Joh 17:20 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo— dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.

Christus het soveel vertroue gehad in die getuienis van sy dissipels en ook geweet hulle sou sy Woord honderd persent getrou oordra dat HY die vrymoedigheid gehad het om te praat van hulle woord. Moet ons dan nie dieselfde hoë premie op hulle getuienis plaas as Hy nie? As Hy so seker was dat hulle sy woorde en dade en alles wat Hy hier op aarde meegemaak het honderd persent aan die mense sou oordra, moet ons hulle nie ook glo nie? En weet u, Hy het dieselfde hoë premie geplaas op die getuienis van sy Ou Testamentiese profete.

Luk 24:44 En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die Psalms, vervul moet word.

‘n Mosie van wantroue in die getuienis van sy apostels wat sy lewe, dood en opstanding eerstehands ervaar het, is eintlik maar ‘n mosie van wantroue in God se karkater. Die huidige post-moderne siening dat sy geroepe profete en dissipels se getuienisse alles deel vorm van ‘n ou wêreldse denkpatroon of wêreldbeeld en dat ons die Bybel nuut moet verwoord, is niks anders as ‘n ontkenning van Christus se waarmerkstempel op sy dissipels en profete se getuienis nie. As Hy, die Ewige Onveranderlike wat gister, vandag en tot in alle ewigheid dieselfde is, dan is sy waarmerkstempel voldoende bewys dat hulle getuienis eweneens ewig en onveranderlik is (Luk 21: 33). Sy disssipels en profete se woorde was inderdaad sy eie woorde en daarom kon Hy ook met absolute oortuiging sê:

Luk 10:16 Wie na julle luister, luister na My; en wie julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het. (sien ook Matt 10:40)

Die Evangelie van Jesus Christus (sy maagdelike geboorte, sy letterlik fisieke kruisiging, sy letterlik fisieke opstanding uit die dood, sy letterlik fisieke hemelvaart en sy letterlik fisieke wederkoms) het net mooi niks met “Slim ouens se selfversekerde teologiese antwoorde en standpunte” (1) en ‘n komplekse wetenskap te make nie. Dit het enkel alleen met geloof te make, en soos reeds vermeld, is dit nie ‘n geloof wat ‘n wilde sprong in die duisternis maak nie, maar ‘n eenvoudige kinderlike geloof in die getuienis van sy profete en apostels van wie Hy gesê het “Wie na julle luister, luister na My. Enigeen wat hulle getuienis nie glo nie, speel nie met ‘n vuur waarby jy jou warm maak nie maar die helse vuur van die ewige verdoemenis. Ek sê dit op goeie gesag omdat Christus self gesê het dat enigeen wat sy profete en apostels se getuienis verwerp eintlik maar besig is om Hom en sy Vader te verwerp. Dis so eenvoudig soos dit en iemand wat die Drie-enige God verwerp, verwerp maar eintlik die ewige saligheid wat Hy uit genade aan alle mense skenk (Titus 2:11).

Deel 3: Moet predikante die kerk verdedig teen dwaalleer of moet hulle ophou om die kerk te verdedig? Volg later.

Voetnotas

1. Dr. Aldert Brink, Laat God Homself Beskerm: Kerkbode, 14 Sept. 2008

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , | Leave a Comment »

Laat God Homself Beskerm

Posted by Thomas on May 28, 2008

Die NG kerkkoerant “Kerkbode” het op 14 September 2007 ‘n artikel onder die titel “Laat God Homself Beskerm” deur Dr. Aldert Brink van die NG Gemeente, Kuruman-”Die Oog” gepubliseer waarop ek graag as volg kommentaar wil lewer. Omdat dit ietwat lank is, het ek besluit om dit in ses dele te plaas.

DEEL 1: WAT SOU PAULUS SÊ?

Sedert die skandelike skorsing van die student, Ferdie Muller, en die daaropvolgende vrystelling van die veelbesproke DVD “Nuwe Strominge in die Teologie: Word die Hart van die Evangelie uitgeruk” het verskeie kerklui en veral predikante die pen opgeneem en uitgelese artikels geskryf om die verwarring in die NG Kerk te help besweer. Groot gewag is gemaak van die feit dat God Homself kan beskerm en dat ons eerder nodig het om in gesprek te tree met mekaar sodat die veelvuldige probleme behoorlik deurgetrap kan word en kompromiterende oplossings gevind kan word. Dr. Aldert Brink het reeds twee gelykluidende artikels geskryf: “Laat God Homself beskerm” (14 Sept. 2007) en “Laat God Homself beskryf” (2 Mei 2008) wat ek graag in die volgende paar dae in die lig van die Skrif wil evalueer.

Waarom is dit so belangrik om te weet wat Paulus sou sê oor die huidige woelinge in die Ng Kerk? Is dit nie belangriker om te weet wat Jesus Christus self gesê het nie? Dra Paulus se woorde meer gewig as dié van Jesus Christus? Die kort antwoord is, nee! omdat Paulus alles wat hy in sy sendbriewe opgeteken het regsreeks van Jesus Christus ontvang het. Hy sê:

Gal 1:10-12 Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie. Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie. Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus.

Hy sê ook:

1 Kor 14:37 As iemand meen dat hy ‘n profeet of ‘n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is.

Dit beteken gewoon dat as vandag se post-moderne predikers meen dat hulle opregte en eerlike verkondigers van God se waarhede is en op die koop toe geestelik volwasse mense is, dan moet hulle noodwendig erken dat alles wat Paulus geskrywe het regstreekse bevele van Jesus Christus is. Dit is juis op grond van hierdie onomseilbare feit dat ons met vrymoedigheid kan sê “Wat sou Paulus sê.”

Die eerste ding wat hom dus by my opdring wanneer ek van die artikels in Kerkbode lees, is die vraag, “Wat sou Paulus daarvan sê as hy vandag nog geleef het?” Sou hy saamstem met Dr. Brink dat ons nederig na mekaar moet luister en ophou paniekerig word oor mense wat anders glo? Sou hy soos Dr. Brink ook verskeurdheid en verwarring beleef het oor die verdeeldheid wat die huidige teologiese oorlog in die kerk meebring? Paulus sou gewis nie aanbeveel dat ons nederig na mekaar moet luister nie, veral nie na mense wat anders glo nie. Trouens, omdat hy ‘n heilige ontsag gehad het vir Jesus Christus se woorde in Johannes 7: 38, “Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: (let wel, nie anders as wat die Skrif ons leer nie) strome van lewende water sal uit sy binneste vloei” kon hy met oortuiging skrywe:-

Gal 1: 8 Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!

Dit was juis die toegewings wat sommige geestelike leiers in sy tyd gemaak het om “anders te glo” wat Paulus aangespoor het om sy broers en susters drie jaar lank met baie smeekbede en trane te waarsku teen die wolwe wat na sy dood onder hulle sou inkom (Handelinge 20:29-31). Waar is ons hedendaagse herders wat soos Paulus met baie trane bid vir die beskerming van God se skape teen die wolwe wat die kerk binnegekom het om te plunder, te verskeur en te verslind? Waarom was Paulus se oë vir drie jaar lank deurdrenk met trane? . . . Beslis nie omdat die eenheid van die kerk in gedrang was nie. Inteendeel, indien hy beswaard was oor onenigheid in die kerk sou hy nooit die volgende kon skryf nie:-

1 Kor 11:18,19 Want in die eerste plek hoor ek dat, as julle saamkom in die gemeente, daar skeuringe onder julle is, en gedeeltelik glo ek dit. Want daar moet ook partyskappe onder julle wees, sodat die beproefdes onder julle openbaar kan word.

Nee! Paulus se diepste kommer was nie oor die eenheid wat beskadig was nie maar juis oor ‘n “ander Jesus . . . ‘n “ander gees” . . . ‘n “ander evangelie” . . . en “‘n ander geloof” (2 Kor 11:4; Gal 1:6) wat die kerk deursuur het. Paulus het geweet “om anders te glo,” uiters gevaarlik is omdat dit vir die persoon wat “anders glo” reg mag lyk maar die eindes daarvan lei na die ewige verdoemenis (Spreuke 14:12). Ten spyte hiervan leer die hedendaagse fasiliteerders (“change agents”) in die kerk ons dat om “anders te wees” of om “anders te glo” nie die grootste probleem in ons kerke is nie, maar wel die gemis aan kerkeenheid, samehorigheid, en ‘n onderlinge omgeegees — kortom, goeie verhoudinge. Hoewel hierdie dinge belangrik is, mag dit nooit die waarheid op ‘n syspoor rangeer nie. Ongelukkig is dit juis wat tans in al die kerke gebeur. “An Emergent Manifesto of Hope (emersion: Emergent Village resources for communities of faith)” van Doug Paggit en Tony Jones verklaar dat die volgelinge van die nuwe inklusiewe, kollektiewe godsdiens nie begaan moet wees om “mense uit die kake van die hel” te red nie maar om eerder “gemotiveerd te wees . . . om in ‘n verhouding te staan met mense wat in baie opsigte anders is.” (1) Die fokus moet dus nie soseer op die bekering van individue wees nie maar eerder op die smeding en bevordering van verhoudings in groepverband, al sou sommige van die ander in die groep anders glo.

Die volgende vraag wat by my opkom, is of Paulus soos Dr. Brink nie geweet het watter kant om te kies nie. Hoewel Paulus in diepe en opregte nederigheid kon erken dat hy die vernaamste (of groootse) van alle sondaars was (1 Tim 1:15) het hy onomwonde geweet watter kant om te kies. Om in die hedendaagse milieu van onsekere relatiwisme kant te kies, is blykbaar netso ‘n goot sonde en onding as fundamentalisme. Dit striem, versmoor en verstik kwansuis die “mooi” menslike eienskap om te erken dat iemand wat anders as ek glo netso veel van die waarheid beet het as ek wat anders as hy glo. Inderwaarheid striem fundamentalisme kwansuis die mooi menslike eienskap om in eenheidsgebondenheid met andere in ‘n euforiese samesyn van geestelike welsyn te lewe. Werklik? Is dit wat Paulus ons in sy traandeurdrenkte sendbriewe leer?

Waarom het die woord “fundamentalisme” ‘n melaats-infesteerde begrip geword? Waarom is so baie Christene so bang om as fundamentaliste gebrandmerk te word? Kan dit wees omdat ‘n fundamentalis verwaand genoeg is om te sê dat hy die enigste waarheid beet het?; dat enige ander geloof buiten die Christelike geloof uitloop op die ewige verdoemenis?; dat Christus die enigste Weg, Waarheid en lewe is en dat niemand na die Vader kom behalwe deur Hom nie?; dat Hy die verlossing bring en niemand anders nie?; dat daar geen ander naam onder die hemel gegee is deur wie ons gered moet word nie? As hierdie dinge die waarheid is, dan is die Vader en sy Seun, Jesus Christus, ook self fundamentaliste omdat dit juis die Drie-enige God is wat hierdie fundamentele waarhede vasgeknoop en ewig onveranderlik in sy hart ingegraveer het.

Ek kan maar net nie wegkom om myself die vraag te vra wat Paulus sou sê as hy vandag nog gelewe het nie. Een ding weet ek, hy sou nooit in der ewigheid die volgende kwygeraak het nie:

Miskien moet ons meer kuberneties begin dink oor die Bybel en oor teologie. Die Bybel en teologie is nie entiteite wat deur één wetenskaplike metode met ‘n liniêre formule verklaar kan word nie. Daarom kan die een nie regtig bewys dat Jesus nie opgestaan het nie of die ander dat hy wel opgestaan het nie. Om die opstanding waar of onwaar te probeer bewys met die beskeie metodes tot ons menslike beskikking, is om van ‘n saak wat groter as wetenskap is, popspeel te maak. Slim ouens se selfversekerde teologiese antwoorde en standpunte, maak my ongemaklik. Miskien is dit omdat hulle ‘n komplekse wetenskap soos die teologie wil aanbied as iets wat gelyk is aan graad 8 wiskunde. (2)

Miskien moet dr. Brink ‘n bietjie wegkom van die sielkunde navorsers en hulle subjektiewe benadering t.o.v. die tweede orde-kubernetika manier van dink en hom begin toespits op Christus se absolute vertroue in die getuienis van sy profete en apostels. Kom ons kyk nou vir ‘n slag na die eenvoudige betekenis van Christus se woorde sonder om ‘n komplekse wetenskap daarvan te wil maak. Geloof is tog immers nie ‘n wetenskap nie en nog minder ‘n sprong in die duisternis maar ‘n vaste vertroue in die dinge wat ons nie sien nie.

Deel 2: Christus se onwankelbare vertroue in die getuienis van sy profete en apostels volg later.

1. Doug Pagitt & Tony Jones: An Emergent Manifesto of Hope (emersion: Emergent Village resources for communities of faith), Baker Books, p. 35
2. Dr. Aldert Brink, Laat God Homself beskerm, Kerkbode: 14 September 2008

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , | 2 Comments »