Waak en Bid / Watch and Pray

omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie / for ye know not when the time is (Mark 13:33)

Posts Tagged ‘Hennie Stander’

‘n Kritiese gees teen “oorkritiese mense”

Posted by Thomas on November 5, 2009

Wolf - sheepIn sy ywer om mense wat oorkrities of hiperkrities is ‘n regte pyn in die nek en ‘n groot irritasie te noem, maak Hennie Stander maar eintlik die blaps om homself skuldig te maak aan oordrewe kritiek. Hy skryf:

Ons almal ken mos sulke mense. Hulle wil oor elke ding ’n eiertjie lê. “Elke preek is sleg. Almal is skelm. Alle dominees en alle onderwysers is agterbaks.” Kyk, mense wat so krities is oor alles, jaag my ook teen die mure uit. Ken Hennie werklikwaar sulke mense wat voortdurend sê “elke preek is sleg, almal is skelm, alle dominees en alle onderwysers is agterbaks?”

Kom ons veronderstel hy verwys net na ‘n enkele oorkritiese persoon. Al sou dit net een persoon wees na wie Hennie verwys, moes hy tot nou toe elke woord wat daardie persoon nog ooit geuiter het, gehoor het om met oortuiging te kan sê “hy sê elke preek is sleg, almal is skelm, [en] alle dominees en alle onderwysers is agterbaks.”

Kom ons veronderstel ook dat daardie persoon wel tog net een keer in sy lewe gesê het “dit was darem vir jou ‘n allemintige goeie preek” maar Hennie het hom dit nie hoor sê nie. Kan hy dan nog steeds sê daardie persoon is net altyd oorkrities? Miskien is die persoon nie oorkrities, soos Hennie  dit wil hê nie, maar iemand wat alles wat hy van die preekstoel af hoor aan die hand van die Skrif evalueer. So ‘n persoon kan dan beslis nie as ‘n oorkritiese persoon, ‘n pyn en ‘n groot irritasie beskrywe word nie omdat die Here self so ‘n persoon as ‘n geestelik volwasse mens aanprys. Ek haal vir Hennie die Engels uit 2 Korinthiërs 2: 15 aan.

But the spiritual man tries all things [he examines, investigates, inquires into, questions, and discerns all things], yet is himself to be put on trial and judged by no one [he can read the meaning of everything, but no one can properly discern or appraise or get an insight into him]. (Klem bygevoeg).

Die teenoorgestelde hiervan is ‘n kinderagtige gees wat alles as goed en mooi en heilsaam beskou en aanvaar.

Efesiërs 4:14 . . . sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; (Klem bygevoeg).

Om dinge nog meer problematies te maak, verklaar Hennie dat hy sulke mense (meervoud) ken wat sou beteken dat hy hulle almal intensief ken omdat hy elke woord gehoor het wat nog ooit uit hulle monde gekom het. Dis dus nie net ‘n uiters subjektiewe opmerking wat hy met waagmoed maak nie, maar ook ‘n oorkritiese benadering tot die persone wat hy van ‘n oorkritiese gees beskuldig. Hennie sluit sy kommentaar op sy blog af met die volgende woorde.

1 Kor 13:7 sê: “Die liefde bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.” Wat beteken die frase “liefde hoop alles?” Waarvoor hoop een wat liefde het? Hoop jy om die lotto te wen? Nee, “hoop alles” beteken dat jy vertrou dat mense altyd net die goeie sal doen. Ek het hierdie frase in die Bybel@kinders vertaal as “Mense wat liefhet, vertrou dat ander mense altyd net mooi dinge sal doen.” Ek weet dit is seker dom en ek weet dit kan gevaarlik wees om so ’n uitgangspunt te handhaaf. Maar iemand wie se lewe regtig deur liefde gekenmerk word, kan nie anders nie as om regtig in die eerste plek mooi dinge van ander mense te verwag, selfs al word jy soms teleurgesteld. Die liefde dwing jou mos om as “default” ’n geneigdheid te hê om eerder die mooie te glo, as om die slegte te verwag.

Natuurlik hoop die liefde dat mense altyd net die goeie sal doen; dit kan nie anders as om in die eerste plek mooi dinge van ander mense te verwag nie; om eerder die mooi dinge oor hulle te glo as die slegte. Maar, ongelukkig werk dit nie altyd so mooi uit nie. Hennie erken self dat dit ‘n dom en selfs ‘n gevaarlike ding is om so ‘n uitgangspunt te handhaaf. Trouens, dit kan so gevaarlik wees dat predikante wat kindertjies en jong mense wat in Jesus glo laat struikel skielik ‘n swaar meulsteen om hulle nek mag voel en ervaar dat hulle in die diepte van die see gewerp word om ‘n blyplekke te vind waar God al die sondes van sy kinders gewerp het (Matteus 18:6; Miga 7:19). Natuurlik hoop die liefde dat sulke predikers hulle van hulle verkeerde weë dal bekeer en weer sal terugkeer na God en sy waarheid, maar as dit nie gebeur nie is dit ons plig, en ook joune Hennie, om die kindertjies (op Bybel@kinders) en jongmense te waarsku teen sulke ooms en tannies wat lyk soos ons prentjie hierbo. Ons kan nie vir ons kinders en ander jongmense sê nie: “Ag hulle is tog sulke goeie mense en ons verwag altyd net die beste van hulle omdat hulle so hard werk om die Woord van God te verdraai. Kyk net hoe mooi lyk hulle in hulle oulike ou skaapskleertjies” Selfs Paulus wat sulke mooi dinge in 1 Korinthiërs 13 oor die liefde geskryf het, moes op ‘n kol waarsku:

Galasiërs 1: 8 “Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees! (vir ewig weg van die aanngesig van God, m.a.w. in die hel).”

Miskien moet Hennie weer ‘n slag begin onderskei tussen kritiek en onderskeiding. Maak 100% seker dat die pyn in jou nek  nie miskien veroorsaak word deur ‘n kritiese houding jeens mense wat in opdrag van die Here alles volgens sy Woord wil onderskei nie. Pyne in die nek word heel dikwels veroorsaak deur ‘n meulsteen om die nek. Kom ons maak dus almal eers seker of ons nie dalk self meulstene om die nek het nie deur in die spieël van God se Woord te kyk.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , | 1 Comment »

A “man of peace” versus a man of war

Posted by Thomas on October 11, 2009

Obama-Official-Photo To what extent do you have to stretch your imagination to compare a so-called man of peace with a man of war? Prof. Hennie Stander David with the head of Goliath seems to have mastered the art of morphing his imagination from one extreme bit of nonsense to a next extreme bit of nonsense, even to the degree that he’s able to compare the criticism levelled at  the President of America, Barack Obama’s Nobel Peace Prize award, with King Saul’s contempt of David, one of the most brilliant war strategists who ever lived. Hennie seems to have been so keen to tongue lash Obama’s critics that he forgot to recap history before making an attempt to compare a “peace-loving” man with a man of war.

Hennie Stander is surprised and also finds it rather interesting to see who it was who congratulated Obama on his winning the Nobel Peace Prize. Even Fidel Castro was overjoyed by his great achievement. Really! Should we be surprised? I don’t think so, especially when we take into account how easy it is these days to be hailed a peace-maker. It’s as easy as as eating pie — including American Pie. All you need to do is to foster a peace-loving hatred of Israel (who are still God’s chosen people) and do everything in your power to divide God’s land. God’s land? Yes! God’s land. Don’t you ever read your Bible?

Joel 3:2 I will gather all nations and will bring them down into the Valley of Jehoshaphat, and there will I deal with and execute judgment upon them for [their treatment of] My people and of My heritage Israel, whom they have scattered among the nations and [because] they have divided My land.

Dave Hunt commented on Joel 3:2 as follows in The Berean Call of May 28, 2009.

This is remarkable! Throughout its entire 3,000-plus-year history, the land of Israel had never been divided. It had been conquered by various nations, but even when the Turks held it as part of their Ottoman Empire for 400 years, they did not divide the land. A conqueror keeps the land he has conquered intact for himself. Why divide it?

This division of Israel has occurred only in our day. Britain, which had been placed in charge of “Palestine” by the allied forces who had conquered it in World War I, had been given the mandate by the League of Nations to see that this land should remain as a refuge for the Jews, who had been scattered everywhere.

Instead of fulfilling this mandate, Britain gave about 75 percent of the land to the Arab Muslims in exchange for oil. In 1947, the United Nations, through Resolution 181 and in fulfilment of Joel 3:2, formalized this breach of trust. Israel finally received a mere 13 percent of what they had been promised. This is now history. Britain and the UN infamously fulfilled Joel 3:2 and parted God’s land.

Many have since tried to divide God’s land. Some of the most recent greatly honoured and distinguished men like Carter, Clinton and Bush have endeavoured to bring peace in the Middle East, even if it meant that Israel should pay the costly price of losing her freedom or of being exterminated from the face of the earth. And now Barack Obama is continuing this abominable relay race which is leading him headlong into a battle with the God of Abraham, Isaac and Jacob Himself. I’m no prophet but I can tell you with unflinching certainty who is going to win this battle.

By an ingenious stretch of the imagination Hennie then calls upon the prophet Samuel to explain to his readers how he managed to reconcile the criticism of one of our modern-day peace-making heroes with King Saul’s utter contempt of one of the most successful war strategists who ever lived – Obama and David. Hennnie continues to say:

There is a similar typically human narrative in the Bible. It is in 1 Samuel 18:6-9 and goes as follows: When David returned from the slaughter of the Philistines and Saul and his entourage were on their way home, the women of all the cities of Israel met him with tambourines and three-stringed instruments and with jubilation. The women danced and sang “Saul has slain his thousands but David his ten thousands.” Saul was very wroth and displeased and said: “They have ascribed unto David ten thousands, and to me they have ascribed but thousands: and what can he have more but the kingdom?” And Saul distrusted David from that day and forward.

Isn’t that interesting? The women celebrate in song David’s victory but Saul was enraged. This is the sort of thing that happens around us everyday: Someone excels and is venerated and in stead of rejoicing and being thankful with the person a piece of resentment rises up in you.

If you really have the love of the Lord in your heart you will not begrudge others their success. You do not need to pull down achievers to your level. Be glad when things are going well with other people and when they are successful.

Success in the eyes of today’s highly educated academics is to oppose the will of God and then call it “love?” Really? The Bible is fraught with exhortations warning all the would-be peacemakers who are trying to thwart God’s divine plans for Israel. There are many people who claim to be Christians pretending to know the Bible so well while they remain in such complete ignorance of God’s plans for Israel as a people and HIS LAND that they blunderingly fall over their own tongues again and again. Their Christian piety enmeshed in love and even more love is doing more harm to the cause of peace in the world than they can imagine. Thinking they are doing God a favour they are actually going against Him.

Robert Fisk of The Independent wrote in his article “Obama, man of peace? No, just a Nobel prize of a mistake”

Isn’t there anyone in the White House to remind Mr Obama that the Israelis have never obliged a US president who asked for an end to the building of colonies for Jews – and Jews only – on Arab land? Bill Clinton demanded this – it was written into the Oslo accords – and the Israelis ignored him. George W Bush demanded an end to the fighting in Jenin nine years ago. The Israelis ignored him. Mr Obama demands a total end to all settlement construction. “They just don’t get it, do they?” an Israeli minister – apparently Prime Minister Benjamin Netanyahu – was reported to have said when the US Secretary of State, Hillary Clinton, reiterated her president’s words. That’s what Avigdor Lieberman, Israel’s crackpot foreign minister – he’s not as much a crackpot as Mahmoud Ahmadinejad, but he’s getting close – said again on Thursday. “Whoever says it’s possible to reach in the coming years a comprehensive agreement,” he announced before meeting Mr Obama’s benighted and elderly envoy George Mitchell, “… simply doesn’t understand the reality.”

David was a man of war and because of that God forbad him to build the temple in Jerusalem. His son Solomon would be given that awesome job. Nonetheless, David was a man after God’s own heart. I doubt whether Barack Obama is a man after God’s own heart when considering the fact that he, like his predecessors, want to divide God’s land.

I doubt whether King David would have won the Nobel Peace Prize if he’d been alive today. Let’s assume such a possibility: Would Hennie Stander have sung his praises like the women in the book of Samuel? I sincerely doubt it.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , | 4 Comments »

Die dag toe Jesus op die grond geskrywe het

Posted by Thomas on August 24, 2009

Johannes 8:1-11 En vroeg in die môre het Hy weer in die tempel gegaan, en al die mense het na Hom gekom, en Hy het gaan sit en hulle geleer.  En die skrifgeleerdes en dieWriting-in-the-Sand-1889 Fariseërs het ‘n vrou wat in egbreuk betrap was, na Hom gebring. En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op ‘n daad van egbreuk betrap; en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?  En dit het hulle gesê om Hom te versoek, sodat hulle iets kon hê om Hom te beskuldig; maar Jesus het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe.  Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste ‘n klip op haar gooi.  En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe.  En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het.  En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?  En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.

Miskien het u ook al gewonder waarom Jesus hurkend op die grond begin skryf het toe die Fariseërs en die skrifgeleerdes ‘n owerspelige vrou na Hom gebring het. Sommiges beweer Hy het dit gedoen om die Fariseërs en die Skriggeleelerdes te herinner dat watter sonde die mens ookal doen — sy dit in die daad of in die gedgates is — dit in ‘n boek in die hemel opgeskryf word en dat dit in die oordeelsdag tevoorskyn gehaal gaan word as bewysstuk teen die oortreders. Om hulle standpunt te staaf, verwys hulle na die gedeelte in die Skrif wat sê dat “die skuldbrief teen ons [al die gelowiges], wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael (Kolossense 2:14). Daarom kon Paulus jubelend in Romeine 8 skryf:

Romeine 8: 1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Ander beweer weer dat Jesus die Fariseërs en die skrifgeleerdes se dwaasheid om Moses se wette met haat en agressie te handhaaf, aan die kaak wou stel  en dusdoende hulle eie bose harte vir hulle oopvlek. Diegene wat hierdie standpunt voorhou, beweer dat Hy verwys het na Spreuke 27:3 soos dit neergepen is deur ‘n man wat self ook ‘n goddelose, afgodiese en owerspelige lewe gelei het.

Spreuke 27:3 Klip en sand is swaar om te dra, maar die ergernis wat ‘n dwaas veroorsaak, is swaarder as altwee.

Die Amplified Bible stel dit soos volg:

Stone is heavy and sand weighty, but a fool’s [unreasoning] wrath is heavier and more intolerable than both of them

Hoe dit ookal sy, ek wil u nooi om gou saam met my in die geestesoog terug te gaan na dié dag toe Jesus Christus, die enigste Verlosser van die mensdom, met sy vinger op die  grond geskryf het.

‘n Tengerige vrou word huilend en strompelend voor ‘n skree-mal en jouende klomp mans uitgejaag. Elkeen het ‘n swaar klip in albei die hande en hulle brand behoorlik in hulle ywer vir Moses en sy wette om dit met die bloed van die hoer te bevlek. “Weg met haar! Sy is ‘n skandvlek op ons en die wette van Moses!” skree hulle bokant hulle stemme uit. Die vrou se handpalms en knieë bloei reeds soos sy telkens val en hande-viervoet probeer wegkom van die woedende skare, maar die twee voorste Fariseërs gryp in reëlmaat haar polse stewig vas sodat sy hulle nie kan ontvlug nie. Die wete dat haar man tussen die skare is en moontlik ook klippe dra om haar lewe te neem, sny soos ‘n mes deur haar hart. Skielik sien sy die Man na wie hulle haar gedra-sleep het en soos ‘n hond aangejaag het in die tempel tussen ‘n klompie mense sit. Tot haar eie verbasing is sy nie meer bang nie. Sy vriendelike dog gesaghebbende stem bring ‘n kalmte oor haar wat sy nie kan verstaan nie. Dan word sy weer deur ‘n skel stem teruggeruk na die werklikheid wat hoogdrawend en met gemaakte gesag sê “Meester, hierdie vrou se man het haar met ‘n ander man betrap en in gehoorsaamheid aan die wet van Moses na ons gekom om haar aan te kla. Sy verdien die dood want Moses het beveel dat sulke vrouens gestenig moet word. In sy ywer om Moses te eer, het hy vergeet dat die wet ook vir mans geld en nie net vrouens nie en hoogdrawend gevra “ Wat sê U?”

“Aha! Nou het ons Hom,” dink hulle met handevryf-genoegdoening. “Ons het Hom in ‘n hoek gedryf waaruit Hy hom nie sal kan loswikkel nie, en dit is vir ons die bewys dat Hyself, nes hierdie owerspelige vrou, die dood verdien.” “Aha” dink hulle, “Kyk! Hy kan ons nie antwoord nie. Is dit al wat Hy kan doen . . . om af te buk en verleë met sy vinger op die grond te krabbel?” “Toe sê vir ons” vra hulle weer en weer en weer om Hom in ‘n hoek te drywe. Dan kom die antwoord soos ‘n skerp tweesnydende swaard uit sy mond: “Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste ‘n klip op haar gooi.” ‘n Doodse stille volg wanneer elkeen se gedagtes op onverklaarbare wyse ingekeer en omgekeer word; hulle aandag is nie meer op die slegte vrou gevestig nie maar hulle eie gedagtewêreld. “Ek het net gister met smaak en wellus na ‘n mooi vrou gekyk terwyl ek besig was om God in die tempel te dien,” dink die een. “Maar dit kan tog sekerlik nie sonde wees nie al het hierdie Persoon wat ons as Meester aanspreek op ‘n dag gesê het dat ‘n enkele wellustige blik op ‘n vrou netso goed soos die daad is.” Geeneen van die mans wat met klippe in hulle hande staan, kon dit ontken nie, ook nie die owerspelige vrou se man nie. Hulle was al almal aandadig aan hierde stille, geheime en interne ou sondetjie, maar nouja, hoe sal ons nou weet as Moses net gesê het dat sulke vroue gestenig moet word en die mans daarvan gevrywaar word.

Jesus het nie weer iets gesê nie; Hy het klaargepraat, weer afgebuk en op die grond begin skrywe want dit wat Hy gesê het was genoeg om elke selfregverdigmakende mens se mond te snoer. Toe hulle dit hoor, kla hulle “mooi” en “skoon” Fariseïese gewetens hulle aan en hulle draai een vir een om en gaan weg. Ja! Die hele ou spulletjie kon soos een man omgedraai en weggeaan het, maar hulle het een vir een weggegaan. Terwyl die een omgedraai en weggegaan het, het die ander nog bly staan omdat hulle darem eers seker wou maak of hulle wel in die verlede gesondig het en of hulle sondes netso groot en doodsverdiend was as die sonde van die vrou. “Ja, ek het dit of dat gedoen, maar dit of dat is darem nie so erg soos owerspel nie,” dink hulle.

Die allerversriklikste en hartseerste ding omtrent hierdie episode in die lewe van onse Here Jesus, is dat almal wat die vrou dood wou hê, kragdadig deur Jesus oortuig was van hulle eie sondes maar nie een van hulle — nie ‘n enkele een van hulle — het bly staan om by Jesus om genade te pleit vir hulle redding nie. Hulle het een vir een omgedraai en weggegaan, waarsklynlik om nooit weer by Hom uit te kom nie. Hoekom . . . .? Die antwoord hierop is dat hulle die owerspelige daad van die vrou en haar oortreding van die wette van Moses maar net as ‘n rookskerm wou gebruik om Jesus Christus te beskuldig en uiteindelik om die lewe te bring. Ja! Natuurlik het sulke dinge soos selfveronsuldiging, selfregverdigmaking en ‘n roemryke selfvoldaanheid in hulle skynbare onderhouding van Moses se wette ‘n rol gespeel, maar die eintlike rede was om hulle Messias te pootjie sodat Hy ook ‘n misstap teen Moses se wette moes begaan, hoofsaaklik met die doel om Hom te kan beskuldig en dood te maak. Hulle het omgedraai en weggestap om maar net weer ‘n nuwe plan van aksie teen Hom te smee. Die enigste persoon wat bly staan het, was die owerspelige vrou. Streng gesproke moes sy ook, hoewel sy die slagoffer was in hierdie verhaal, omgedraai en weggegaan het omdat ook sy deur haar gewete aangekla is van haar eie sondes en oortredige. Nee! Dié slagoffer was die enigste een wat agtergebly het. Sy het geweet en ervaar dat hierdie Man wat hulle hul Meester genoem het maar nie as hulle Meester geëer en gehoorsaam het nie, iets vir haar kon doen — iets wat ewigheidswaarde het en toe Hy opkyk vra Hy haar: “Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?  En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.” Hy, die enigste Persoon wat kan en mag veroordeel, het haar nie veroordeel nie. Hy het haar vrygespreek en vrygemaak van haar sonde en die smet van haar sondes en haar opdrag gegee om nie meer te sondig nie.

Niks het sedertdien verander nie. In baie godsdienstige kringe word die vrou veel makliker van die oortreding van hulle wette en reëls beskuldig terwyl die mans dikwels ligter daarvan afkom of selfs nie eens dieselfde strawwe verduur nie. Die volgende berig het onlangs op die webblad Radio Islam verskyn:

A religious court in Malaysia has sentenced a Singapore model to six strokes of the cane for drinking  beer in a nightclub. Kartika Sari Dewi Shukarno, has  pleaded guilty to consuming alcohol at a hotel nightclub last year. The Sharia High Court judge Abdul Rahman Yunus says the sentence is fair. He says “The cane is aimed at making the accused repent and serves as a lesson to Muslims. Malaysia, operates a two-track legal system. Civil courts function alongside state-based sharia courts, which can try Muslims for religious offences.

Die regter het geen ander keuse gehad om die vrou so ‘n vernerende straf op te lê nie, in die eerste plek omdat die hof waarin sy gevonnis is ‘n religieuse hof is en tweedens omdat die Qur’an en Mohammed mans toestemming verleen om hulle vrouens te slaan. Terwyl die Nuwe Testament (in Efesiërs 5) mans opdrag gee om hulle vrouens life te hê, selfs tot die mate dat hy bereid moet wees om sy lewe vir haar af te lê soos Jesus sy lewe vir ons afgelê het, verklaar die Qur’an sonder omhaal dat die mans hulle vrouens mag tugtig sodra hulle enige tekens van ongehoorsaamheid toon.

In Surah 4:34 staan daar geskrywe:

As for these from women, fear rebellion, admonish them and banish them to beds apart and sourge them.” *

In die Yusuf Ali vertaling lui dieselfde vers onder die opskrif Surah 4. An Nisa’ (Women). In the name of Allah, most gracious, most merciful as volg

As to those women on whose part ye fear disloyalty and ill-conduct, admonish them (first), (Next), refuse to share their beds, (And last) beat them (lightly); but if they return to obedience, seek not against them Means (of annoyance): For Allah is Most High, great (above you all). (Klem bygevoeg)

Dis duidelik dat die word “lightly” later ingevoeg is om die straf wat mans hulle vroue mag toedien, te versag. Maar skynbaar was hierdie slanery nie so ligtelik toegedien toe Islam in sy beginstadia was nie. Daar’s ‘n bekende insident wat al die Moslem geskiedskrywers aanhaal (verwys na Imam al-Nawawi: Riyad al-Salihin, “The Orchards of Righteous Men.” P. 107-108.)

“Umar Ibn al-Khattab came to Muhammad saying, ‘Women have dared to disobey husbands.’ He allowed their husbands to scourge them. Many women approached Muhammad complaining against their husbands because Muhammad received a verse for the Qur’an which commands their husbands to scourcge them.” * (Klem bygevoeg).

In die Kash-shaf (the revealer) deur al-Zamakhshari (Vol. 1, p. 525), lees ons die volgende skokkende openbaring:

On the authority of Muhammad (peace and blessing of Allah be upon him), he said: ‘Hang up your scourge in a place where your wife (or wives) can see it.’ * (Klem  bygevoeg)

Ook op die gesag van Asmaa die dogter van Abu Bakr El Sedik, lees ons die volgende:

“I was the fourth wife (among four) of al-Zabauyr Ibn al-Awwam. Whenever he became angry at one of us he struck us with a hook rod until it was broken.” *(Klem bygevoeg).

Baie hedendaagse Moslemskrywers beaam hierdie optrede teen vrouens. In die boek, “You ask an Islam Answers” (p.94 bevoorbeeld), sê Abdul-Latif Mushtahiri die volgende:

“If admonishing and sexual desertion fail to bring forth results and the woman is of a cold and stubborn type, the Qur’an bestows on the man the right to straighten her out by way of punishment and beating provided he does not break her bones nor shed her blood. Many a wife belongs to this querulous type and requires this sort of punishment to bring her to her senses.” * (Klem bygevooeg) (As die mans in die Qur’an die reg gegun word om hulle vrouens te slaan maar slegs ligtelik dan is dit mos nie nodig om ‘n addendum by te voeg wat sê dat hulle net nie hulle bene moet breek of bloed sort nie. Dan moes dit eerder soos volg bewoord gewees het: Die Qur’an verleen aan die mans die reg om hulle ongehoorsame vrouens ‘n les the leer deur hulle ligtelik te slaan maar hulle moet versigtig wees om nie hulle bene te breek of bloed te stort nie.)

In sy boek, The Inidividual Guarantee in the Islamic Law” (p. 63), sê Ahmad Ahmad,’n professor aan die regskollege van die Universiteit van Qatar, die volgende onder die titel Family Problems and Solutions.

“If a woman is afraid that her husband may turn away from her or detest her, she will hasten to bring understanding and reconciliation. But if the husband is afraid that his wife may rebel against him, he hastens to bring mutual understanding by means of exhortation, then by abandonment of the bed, then by scourging which deters.” * (Klem bygevoeg).

Volgens die Qur’an het Allah die man as heerser oor die vrou aangestel, omdat hulle ‘n trappie hoër en beter is as vrouens. Op bladsy 79 verklaar die Jalalan:

“Men have been given authority over women to discipline and control them by the merits of knowledge, intelligence and custody, etc., which God bestowed on some over others.” *

Op bladsy 11 sê die Jalalan:

God preferred men over women, and the reason for the bestowing on this verse (4:34) is a well-known episode which says that a man from the helpers beat his wife, whose name was habiba, the daughter of Zayd. Her father took her to the apostle of God (to complain). Muhammad said: ‘Let us punish him.’ But God sent down this verse 4:34. The woman returned home without having her husband punished. Muhammad said: ‘I intended to do something (that is, to punish the man), but God willed otherwise, and what God wills is better.’” * (Klem bygevoeg).

Wat die ware God en Vader van Jesus Christus werklik wil hê, is om mans en vrouens, soos die vrou wat in sonde betrap is, vry te maak van hulle sondes en hulle weg te stuur met die vermaning om nie weer te sondig nie. Hy het onder geen omstandighede die man oor die vrou aangestel as ‘n superlatiewe wese nie en nog minder het hy die man die reg gegee om sy vrou te slaan of the mishandel. En dan wil baie sg. Christene jou wysmaak dat die God van die Bybel en Allah een en dieselfde God is? ‘n Armsalige en beteuterde Biskop van die Roomse Kerk in Amsterdam, Martinus Muskens, het onlangs versoek dat Christene na God moet begin verwys as Allah omdat dit kwansuis die verhouding tussen “Christene” en Moslems sal verbeter. Dink hy werklik die Moslems gaan die gedeeltes wat Allah vir Mohammad  gegee het om in die Qur’an op te skryf waarin hulle aangesê word om Jode en Christene dood te maak, verwyder? Die man is voorwaar “in sy bol gepik.”. Radio Islam het hierdie storie baie gou opgetel en dit in hulle Latest News kolom geplaas.

Hennie Stander het natuurlik weer eens die hele debakel rondom die openbare geseling van ‘n 32-jarige Islamitiese vrou, Kartika Shukarno, versag, netsoos hy die onthoofding van Christene in Somalië onderspeel het. Hennie skryf:

Ek neem aan dat een en elkeen in SA hierdie wandaad teenoor hierdie vrou sal veroordeel. Ek het nogal gewonder hoe voel die Moslems in SA hieroor. Maar ek neem aan dat ook hulle dit sal veroordeel. Alhoewel sekere politici en vroueregtegroepe in Maleisië kritiek uitgespreek het teenoor die straf, is daar tog baie mense in Maleisië wat dit goedkeur, en dink dat dit alles reg is dat sy met ’n rottang geslaan word omdat sy oortree het. Dit is darem snaaks tot watter mate ’n mens beïnvloed word deur die gemeenskap waarbinne jy jou bevind. Solank jy binne ’n situasie is, is dit baie moeilik om objektief van ’n afstand na ’n saak te kyk. Dit is hoekom dit altyd vir my lekker is om ’n rukkie in die buiteland te kom en net weer van ’n afstand af na ons eie land te kyk. Dit gee weer vir ’n mens soveel ander perspektiewe.

Nee Hennie, my ou vriend, die Moslems in Suid-Afrika is nie anders as die Moslems in Moslemlande nie en sal NIE die wrede geseling van ‘n weerlose Moslem vrou in die openbaar teenstaan nie maar dit eerder terdeë goedkeur. Die rede hiervoor is eenvoudig. Soos die regter wat die wrede straf opgelê het geen ander keuse gehad het nie, netso moet alle Moslems dit goedkeur want as hulle dit nie doen nie bring hulle oneer op die name van Allah, sy profeet, Muhammad en die Qur’an, en veral omdat “what God wills is better” hulle finale riglyn is. Jy slaan die bal ook ver mis wanneer jy beweer dat die gemeenskap waarbinne jy jou bevind jou handelinge en leefwyse bepaal. Die gemeenskap se lewens, wêreld en godsbeskouing word bepaal deur die godsdiens wat hulle bedryf, wat op sy beurt weer bepaal word deur die geskrifte van ‘n gemeeskap se godsdiens, in hierdie geval, die Qur’an. Die Christene wat in Somalië deur die al-shahaab Moslems vermoor is, was getroue Moselms totdat hulle Jesus Christus as hulle enigste Verlosser ontmoet het. Daar was dus ‘n tydstip in hulle lewens toe hulle in ‘n regstreekse botsing met hulle Moslemgemeenskap gekom het en het as gevolg daarvan met hulle lewens geboet. Spaar maar gerus jou geld want jy het nie nodig om jou land te verlaat om ander perspektiewe op jou land te kry nie. As ‘n deurwinterde akademikus behoort jy te weet dat jy midde in ‘n gemeenskap en hulle omstandighede moet wees om gesonde perspektiewe daarop te kry. Miskien moet jy jou eie raad navolg en “probeer vir ’n slag om buite jou situasie te staan en objektief na jou eie optrede in ’n bepaalde situasie te kyk.” Dan sal jy ‘n geheel ander perspektief kry op die geweldige stryd wat tans in Moslemklande aan die gang is vir die kosbare siele van mense.

‘n Belangrike naskrif:

Onthou gerus ook maar om jou biertjie en jou wyntjie te geniet want sodra die Moslems hulle shariawette in Suid-Afrika begin afdwing, sal jy nie meer langer jou plesiertjies kan geniet nie. En moenie dink die 70 tot 80% sg. Christene gaan jou help nie. Die meerderheid van hulle wat desesdae verstrengel geraak het in die goddelose Ontluikende kerk volg manne na wat die Moslems se Ramadanfeeste en Bhoedistiese konferensies ewe lustig bywoon. Hulle name is onderskeidelik Brian McLaren en Rob Bell.

——————————————————————————-

* Soos aangehaal in Beyond the Veil, Unmasking Islam deur Abd El Schafi, Pioneer Book Company 2001

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , | 3 Comments »

“Stel ‘n hemelse wag aan voor jou mond” . . . sodat derduisende mislei kan word?

Posted by Thomas on August 20, 2009

‘n Mens hoor dikwels sommige van ons hedendaagse “toleransie-predikers” vir jou sê: “As jy niks positiefs of moois oor iemand kan sê nie, bly dan maar liewer stil.” Ongelukkig het hierdie mooi ongeskrewe reël baie mense in die afgrond help dompel eerder as om vir hulle van enige werklike waarde te wees. Ek het gevind dat wanneer die “toleransie-predikers” jou kritiek op hulle openbare en onbybelse uitsprake nie vanuit die Skrif kan repudieer nie, hulle na die “persoonlikheids-lat” gryp om jou aan te kla van karkatermoord omdat jy hulle kwansuis persoonlik aanval en nie die dinge wat hulle sê of skryf nie. Hulle skroom nie om jou te besluldig van halwe waarhede nie, maar versuim gerieflikheidshalwe om die halwe waarhede wat jy kwansuis oor hulle uitbasuin duidelik uit te spel. Om vir u ‘n aanduiding te gee wat ek bedoel, neem ek u graag na Stephan Joubert se e-kerk webblad waar hy onlangs onder die opskrif “Stel ‘n hemelse wag aan voor jou mond” met verwysing na Psalm 141:3 o.a. die volgende gesê het.

Navorsers het bevind dat wanneer mense baie negatief oor iets of iemand anders voel, dan vertel hulle dit vir 17 ander mense. Maar wanneer hulle baie positief voel, dan vertel hulle dit slegs vir 11 mense. Nou ja, daar het jy dit! Nou weet jy hoekom ‘n handjievol negatiewe mense dit regkry om ‘n ganse gemeenskap lam te lê met hulle negatiewe praatjies oor ‘n leier, of oor een of ander nuwe inisiatief, ook al voel die meeste mense positief. Slegte nuus trek gewoonlik strate verder as goeie nuus . . .

Dis verstommend hoe baie kerkmense eerder ‘n koerant of ‘n plaaslike skindermond sal glo as om hulle tonge onder beheer van die Here te stel. . . .

Die beste geneesmiddel vir ‘n gevaarlike tong is om ‘n hemelse Wag voor jou mond aan te stel (Psalm 141:3). Vra die Here om jou tong elke dag op te pas.

‘n Verkeerde eksegese van Bybeltekse en –hoofstukke lei onafwendbaar tot verkeerde lering en selfs ergerlike dwaallering. In Psalm 141 is daar geen sprake dat Dawid

daarop aandring dat jy niks mag sê oor iemand se leerstellige eierdanse nie. Ja! natuurlik bedoel hy hier dat die Here hom moet bewaar van slegte dinge en om slegte dinge te sê, menenende dat Hy hom moet keer om verkeerde dinge te sê; dinge wat indruis teen God se Woord en sy Wette. Dit is opvallend dat Dawid in die lig hiervan in vers 5 sê “Laat die regverdige my met liefde slaan en tugtig—hoofsalf sal my hoof nie weier nie.” Hoewel Dawid met hoofsalf deur Samuel as koning gesalf is en hy die hoogste gesag in die land beklee het, het hy nogtans ‘n leerbare gees (“teachable spirit”) gehad. Hy was bereid om hom te verneder onder die tug van die regverdiges wanneer hulle hom sou bestraf oor enigiets wat hy verkeerd gesê of gedoen het. Vir hom was dit soos hoofsalf. Dis interessant dat Dawid se seun Salomo ‘n soortgelyke ding in Spreuke 27:5 gesê het: “Openlike teregwysing is beter as verborge liefde.” Hy skryf o.m. ook die volgende:

Spreuke 10:17 Wie hom laat leer, ken die pad na die lewe; wie teregwysing verwerp, dwaal van dié pad af.

Spreuke 12:1 Wie hom laat leer, wil graag kennis ontvang; wie hom nie laat teregwys nie, is ‘n dom mens.

Spreule 13:18 [Geetselike] Armoede en vernedering wag vir iemand wat hom nie wil laat leer nie, wie ‘n teregwysing ter harte neem, word geëer.

Spreuke 15:31  Wie op ‘n teregwysing ag slaan, sal lewe en ‘n tuiste vind tussen mense wat wysheid het.

Spreuke 15:32 Wie onderrig in die wind slaan, gee nie om vir homself nie; wie op ‘n  teregwysing ag slaan, kry insig.

Paulus sluit pragtig hierby aan wanneer hy in 2 Timotheus 3:16 die volgende skryf:

Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,

Teregwysing, vermaning, bestrawwing en tugtiging is dus ‘n integrale deel van die liggaam van Christus. Ongelukkig sien die postmoderne mens en veral die toleransie-predikers en leierfigure hierdie vermaning en bestrawwing  as ‘n aanval op hulle persoon, so asof hulle sooooo belangrik is.  Pleks daarvan om gesonde vermaning met nederigheid te aanvaar en om ‘n “leerbare gees” te kweek, verkondig Stepan Joubert die volgende Twitter”-twak:

If you can’t be a good example, at least be a horrible warning—this is the motto of thousands of churchgoers. Dont follow them. 10:53 AM Aug 6th from web

Kom ons vergewis ons dan nou eers van die goeie voorbeeld wat die e-kerk en e-church familie veral vir ons jeug stel deur ‘n slag weer te kyk na die mense met wie hulle so graag langs dieselfde vuur sit. E-kerk ondersteun en onderskryf verkeie leierfigure in the ontluikende kerk wat onbeskaamd ‘n kontemplatiewe, “New Age” en intergeloof spiritualiteit verkondig terwyl hulle daarop aanspraak maak dat hulle toegewyde Christene is. Brian McLaren, een van e-kerk se voorbeeldigste sg. “volgelinge van Jesus,” is besig om toenemend die Naam van Jesus deur de modder te sleep. Suid-Afrikaanse geestelike leiers in die ontluikende kerk soos Guillaume Smit, Dries Lombaard, Dries Cronjé, Cobus van Wyngaard, Nelus Niemandt en natuurlik ook Stephan Joubert, e.a. praat met groot lof van Brian Mclaren op hulle onderskeie blogs en adverteer veral sy boeke “A Gennerous Orthodoxy,” “The Secret Message of Jesus” en “Everything Must Change.” Hier’s wat Brian McLaren onlangs op een van sy blogs kwytgeraak het. Terwyl u dit lees hou asseblief in gedagte wat ek onlangs oor die onmensllike onthoofding van Christene deur die Moslemgroep, al-Shahaab, in die Suide van Somalië geskryf het sodat u ‘n idee kan kry waarmee Brian McLaren en sy meelopers hulle deesdae vereenselwig, en ook die soort mense wat die-kerk familiekring ondersteun. U kan die volledige artikel hier lees.

Ramadan is the Muslim holy month of fasting for spiritual renewal and purification. It commemorates the month during which Muslims believe Mohammed received the Quran through divine revelation, and it calls Muslims to self-control, sacrificial generosity and solidarity with the poor, diligent reading of the Quran, and intensified prayer.

This year, I, along with a few Christian friends (and perhaps others currently unknown to us will want to join in) will be joining Muslim friends in the fast which begins August 21. We are not doing so in order to become Muslims: we are deeply committed Christians. But as Christians, we want to come close to our Muslim neighbors and to share this important part of life with them. Just as Jesus, a devout Jew, overcame religious prejudice and learned from a Syrophonecian woman and was inspired by her faith two thousand years ago (Matthew 15:21 ff, Mark 7:24 ff), we seek to learn from our Muslim sisters and brothers today.

Muslims observe Ramadan in the same basic way world-wide: they fast from food, water, sex, etc., from dawn to dusk. We Christians who are joining in the fast will share these four common commitments.

We, as Christians, humbly seek to join Muslims in this observance of Ramadan as a God-honoring expression of peace, fellowship, and neighborliness. Each of us will have at least one Muslim friend who will serve as our partner in the fast. These friends welcome us in the same spirit of peace, fellowship, and neighborliness.

We will seek to avoid being disrespectful or unfaithful to our own faith tradition in our desire to be respectful to the faith tradition of our friends. For example, since the Bible teaches us the importance of fasting and being generous to the poor, we can participate as Christians in fidelity to the Bible as our Muslim friends do so in fidelity to the Quran. (Klem bygevoeg)

Waarom sou iemand wat daarop aanspraak maak dat hy deel is van die liggaam en die bruid van Jesus Christus hom met die Ramadan-fees vereenselwig waarvan die feesgangers ontken dat God ‘n Seun het en die vermoording van Jode en Christene goedkeur? Benewens die feit dat die Moslems ontken dat Jesus self God is en dat Hy die Seun van God is omdat God nie ‘n Seun het nie, verwerp die Moslems ook Jesus Christus se kruisiging en verklaar dat iemand anders in sy plek gesterwe het, i.p.v. dat Hy in ons en in die Moselms se plek gesterwe het. Hulle verklaar ook dat enigeen wat in die Drie-Enige God glo direk hel toe gaan en dat Moslems nie vriende moet maak met die Jode en Christene nie. Kan u sien waarheen die Ontluiikende Kerk (“Emreging Church” of “Emergent Church”) op pad is? Sal u werklik deel wil wees van so ‘n kerk wat ‘n ander Jesus navolg? Dié is seker; die eindtyd Babiloniese kerk (Openbaring 19:2) waarin almal van watter godsdiensoord ookal ‘n heenkome sal vind, is baie vinnig besig om deur die fasiliteerders (“change agents) in the Ontluikende Kerk gevestig te word.

So van fasiliteerders (“change agents”) gepraat. Ron Martoia wat tans op besoek is in Suid Afrika noem homself ‘n “transformational architect.” Die volgende berig het op Dave Hunt en Tom McMahon se webblad The Berean Call verskyn.

[McLaren has joined forces with individuals such as Linnea NIlsen Capshaw. According to her resume, Capshaw works with Dr. Ron Martoia who is a transformational architect . . . . His area of expertise is on the new and shifting landscape of church/cultural intersection, where he helps churches consider how they can shift their theological outlook which in turn will shift and adjust their ministry trajectory and cultural interface. . . . Ron is using his cultural intonation to help churches shift paradigms from the old Newtonian world to the Quantum world of the 21st century context.

“In addition to monthly consultations, Ron currently facilitates a new experimental learning community model in Jackson, Michigan called Vortex. Meeting in an arts enclave with over 20 other artists, there are weekly facilitated conversations on everything from string theory and the origins of the universe to the insights of Aristotle on personal development, as well as theological discussions about world religions and global spiritual formation praxis. Vortex hosts immersive learning experiences as well as weekly yoga classes. This experiment hopes to be part of shaping a new learning container for 21st century spiritual and personal formation.” (Klem bygevoeg).

http://www.velocityculture.com/aboutron.html

Dis hoegenaamd nie moeilik om af te lei nie dat Ron Martoia se kerklik/kulturele en “transformerende argitektuur” (“transformational architecture”) in ‘n baie groot mate geskoei is op kontemplatiewe spiritualiteite en selfs ook joga, ‘n Oosterse merditatiewe praktyk wat Hindoes met hulle Hindoegode saam in dieselfde juk laat trek. Lees gerus hierdie artikel oor die gevare van joga en transendentale meditasie. Die volgende aanhaling toon baie duidelik hoedanig Ron Martoia meditasie propageer en aanwend om transformasie in die kerk en kulture te bewerkstellig.

“I want to infuse you with the insight and energy to assist you in attaining the transformation you desire. My experience in my own personal life and as a transformational architect helping other people along on the journey is that most of us realize the obvious growth barriers we face.”

“We must become aware of being aware and make a commitment to make that happen. If we were to do this on our own personal level it would transform who we are. If we begin to do that on the inner personal level with spouse and friends and kids, what might that do to transform the very systems of our lives and the very family units we live in. Second, we need to cultivate a daily practice of meditation. . .

The fact is meditation is a concentrated dose of awareness. It is quite clear that those who cultivate a daily practice of meditation have that as an anchor all day and can at times throughout their day go back to it and affirm the quiet center they are attempting to maintain. . . a quiet center, the place from which our true life flows. . . For us to grow at all we have to be aware.”- (Klem bygevoeg)

Ron Martoia – www.vortexdownload.com

En wil baie graag u aandag vestig op Martioia se gebruik van die woorde “journey,” en “growth barriers.” Thomas Keating, ‘n Rooms Katolieke mistikus wat as een van die belangriikste aavoerders van die moderne kontemplatiewe beweging beskou word, het soortgelyke terme gebruik om die struikelblokke en die oorkoming daarvan op jou geestelike reis (“journey”) in sy boek “A Contemplative Journey, Vol. II” te omskryf. U kan meer hieroor lees hier.

From infancy, Father Keating teaches, we accumulate emotional layers, or “programs,” as a result of traumatic experiences. The practice of Centering Prayer engages directly with the unconscious and loosens old traumas that hinder your spiritual development. This form of “divine therapy” draws from a contemplative method that has brought profound inner transformation into the lives of thousands of practitioners. The Contemplative Journey is Father Thomas Keating’s great masterwork: a complete curriculum devoted to a Christian path for achieving the “still point” of resting in God. Each volume includes a study guide.

Soos u reeds hierbo gesien het, noem Ron Martoia die “still point” waarna Thomas Keating verwys die “quiet center, the place from which our true life flows.” U het seker ook dadelik opgemerk dat die woord “transformation” telkens in die kontemplatiewe ghoeroes se taalgebruik opduik. Dis nie om dowe neute nie want “transformasie” wat aan die hart lê van die Evangelie van Jesus Christus moet ten alle koste vervang word met ‘n parallel-klinkende “transformerende argitektuur,” d.w.s. ‘n ander weg en nie dié Weg nie (Jesus Christus) om transformasie in individue en samelewings te bewerkstellig. Nouja, so ‘n argument klink miskien by die eerste aanhoor ‘n bietjie vreemd, maar laat my toe om te verduidelik. Wanneer ek sê “transformasie” lê aan die hart van die Evangelie van Jesus Christus dan verwys ek spesifiek na die essensie van bekering wat deur die woord metanoeo { met-an-o-eh’-o} omskryf word. Die woord beteken om ‘n algehele gemoedsverandering te ondergaan, soveel so dat jy anders begin dink oor God, sy geregtigheid, sy regverdige oordele, en sy genade asook oor jou eie sondige en verlore toestand. Die Engelse verklaring vir die woord lui as volg:

1) to change one’s mind, i.e. to repent

2) to change one’s mind for better, heartily to amend with abhorrence of one’s past sins

Bekering begin dus in die mens se gemoed of verstand. (Let asseblief noukeuring op ek sê “BEGIN” in die mens se gemoed deurdat die Heilige Gees die verlore sondaar oortuig van sondes, geregtigheid en oordeel. Jou gemoedsverandering is nie jou redding nie. Dis slegs die aansporingselement in jou gemoed om terug te draai na God toe en jou na Hom te wend vir redding deur Hom daadwerklik aan te roep vir jou redding—om van bo gewederbaar te word.–Kyk gerus weer na Romeine 10:13). Daarom sê die Here Jesus ook baie pertinent: “Kom na my toe, almal wat vermoeid en belas is en ek sal julle rus gee.” (Mattheus 11:28-29). Die “aanroep” om redding geskied dus wanneer die verlore sondaar hom na Christus wend (na Hom toe gaan in die gebed) om sy saak met Hom reg te maak (Jesaja 1:18).  Die noodsaaklikheid van ‘n veranderde gemoed ten aansien van redding en ‘n voortdurende transformasie in jou lewe word baie goed deur Paulus opgesom in Romeine 12:2: “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.” Diie Engelse weergawe lui as volg:

And be not conformed to this world: but be ye transformed by the renewing of your mind, that ye may prove what is that good, and acceptable, and perfect, will of God.

Japie Grobler skryf:

Oosterse meditasie wat as “Christelike meditasie” voorgehou word is ’n inwaarste reis wanneer mense hulle gedagtes leeg maak van alle gedagtes in hulle soeke na God sonder die gebruik van woorde, sodoende word God se Woord nietig gemaak. Deur op hierdie manier te mediteer beweeg die persoon na ’n alternatiewe bewussynsvlak waarin hy ontneem is van sy onderskeidingsvermoë. Sy rasionele denke is afgeskakel, dus kan hy nie analities dink nie en sodoende is hy onmagtig om sy gedagtes in die lig van sy kennis van die Skrif onder leiding van die Heilige Gees te toets. Dit is ’n heidense praktyk wat in totaliteit verwerp behoort te word.

Die mens se denke en gedagte is aktief betrokke by die bestudering en oordenking van die Woord. Die Here Jesus stel geloof bo die onsienlike en ondervinding, en die Skrif waarsku teen misleiding en stel dat alles aan die Skrif as maatstaf getoets moet word: (Joh 20:29; 2 Kor 5:7; Rom 10:17; Jes 8:20; Hand 17:21; 1 Tess 5:21; 1 Joh 4:1; 2 Kor 12:1‑4; Matt 24:4)

Nouja! Daar het u dit. Dis klinkklaar duidelik dat God nie buite-om die mens se verstand of gemoed te werk gaan in die voltrekking van sy redding en ook nie in sy Gebed van die Hart heiligmakende werk in ‘n gelowige se lewe nie. Die Calviniste kan dus maar gerus vergeet dat die mens nie ‘n vrye-wil het nie. God wil juis hê dat die mens se gemoed (verstand) nugter, waaksaam, wakker, aktief en vernuwe moet wees wanneer Hy hom tot redding en daarna tot heiligmaking, diens en aanbidding oproep. En nou kan ‘n mens ook beter verstaan waarom die duiwel die gemoed (verstand) wil uitskakel en verblind (2 Korinthiërs 4:4) en hy het beslis ‘n baie gevaarlike wapen in die hande gekry toe die sg. Westynvaders kontemplatiewe spiritualiteit gewild gemaak het. ‘n Passiewe gemoed is voorwaar ‘n baie gevaarlike instrument in die hande van die duiwel, óf dit nou deur Oosters-geïnspireerde sg. Christelike meditasie is, óf deur die val–in-die-gees fenomeen is, en óf dit deur die leuen dat ‘n mens nie ‘n vrye-wil het nie is, hy vryf sy hande met bose vergenoegdheid wanneer hy jou gemoed (verstand) kan uitskakel.

Dat daar gevaar in lê word deur meditasieskole erken en selfs ook nie deur Dr Nicol ontken nie. “Hy skryf:

As mens op ingewings wag, kan jou eie innerlike of selfs bose magte ook met jou praat.” (Stem in die Stilte :97) (Klem bygevoeg).

Hiermee erken Willem Nicol dat meditasie (die onderbou van die kontemplatiewe spiritualiteit) ook ‘n kanaal na die Satan kan wees. ’n Voormalige en bekeerde New Ager, Richard Baer, beaam Nicol se ruiterlike nerkenning in sy beskrywing van sy vreesaanjaende ervaring, wat ook die ommekeer in sy lewe gebring het, tydens ’n meditasiesessie so:

“…my spirit was roaming some of the farthest reaches of ‘heavenly light’ that I had ever perceived…I was surrounded by a virtually overwhelming luminosity—it was as if I was looking straight into the sun. Waves of bliss radiated through my spirit. I was totally captivated by the power. Suddenly another force stepped in. It took me by complete surprise. In the twinkling of an eye, it was like a supernatural hand had taken me behind the scene of the experience that I was having. I was taken behind the outer covering of dazzling luminosity and there saw something that left me literally shaking for a full week. What I saw was the face of devouring darkness! Behind the glittering outer facade of beauty lay a massively powerful, wildly churning face of absolute hatred and unspeakable abominations—the face of demons filled with the power of Satan.” (Richard Baer, Inside the New Age Nightmare, Huntington House, Inc., 1989:55)

Daar’s verskeie ander metodes wat die Satan gebruik om die gemoed of verstand uit te skakel. Een van die gevaarlikste hiervan is die sg val-in-die-gees fenomeen (“slain in the spirit). God TV en TBN asook ander bekende Christen TV-netwerke is deesdae deurweek met wonderwerkende genesers wat mense agteroor laat val en hulle met die sg. vuur van God doop. Miskien het u onlangs 50 opeenvolgende dae op Andre en Jenny Roebert se epiese TV-reeks “Days of Glory in Oos-Londen gesien hoedat hulle gasspreker, die sg. “lag-gees ghoeroe en Heilige Gees kroegman,” Rodney Howard-Brown sy lag- en huilgees hier in ons land kom loslaat het. Dit is uiters interessant maar hoegenaamd nie vreemd nie dat Willem Nicol presies dieselfde fisiese ervarings beskrywe wanneer hy sy “Christelike meditasie” tegnieke in sy boek Gebed van die Hart bespreek.

“Daar kan allerhande fisiese ervarings wees, byvoorbeeld ’n gejeuk of tinteling, ’n kriewel in die keel, hoofpyn of ’n vreemde gevoel in die kop, ’n swaar gevoel of selfs ’n gevoel van gewigloosheid. Ander begin sug, lag of huil. Alles is tekens dat daar iets aan die gang is.” (Gebed van die Hart :135‑136).

Daar is beslis iets aan die gang maar dit is nie van God nie (1 Johannes 4:1)

Ek wil nie nou langer oor die gevare van Ron Martoia en andere se sg. achieving the “still point” of resting in God” uitwei nie (ek beoog om later ‘n vollediger artikel te plaas oor die begrip “stil word”), maar dié is seker: Sommige van ons land se bekendste en toonaangewende predikers is besig om derduisende mense, en veral ons jongmense, in ‘n doolhoof (laberint) van kontemplatiewe duisternis en ellende te ly waaruit hulle nie sal kan kom nie, tensy hulle hul heelhartig tot Jesus Christus (van die Bybel) bekeer en Hom smeek om hulle genadiglik daaruit te red. Hy alleen kan dit doen. Intussen woeker hierdie toonaangewende predikers en hulle navolgers teen ‘n dolle vaart voort en bevorder hierdie uiters gevaarlike spiritualiteit in hulle preke, in hulle kerke, op hulle blogs (kyk gerus hierna) en in hulle boeke. Maar nouja, dis nog lank nie die einde nie. Die valse apostels, leermeesters en profete wat die e-kerk en e-church in hulle midde toelaat, lees soos ‘n regte “who’s who.” So gepraat van BBP’s. Stephan Joubert en Nelus Niemandt bied saam met die besoekende spreker Ron Martoia op Vrydag, 28 Augustus ‘n Oggendleierskap Seminaar in die Pierre van Ryneveldt NG Kerk aan.

Ek sluit af om julle te herinner aan die volgende Skrifgedeeltes.

1 Timotheus 4:1 Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang.

Openbaring 18:2-5 En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls, omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid. En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.

Jer 6:17 Ek het ook wagte oor julle gestel en gesê: Luister na die geluid van die basuin. Maar hulle het geantwoord: Ons wil nie luister nie.

Volgens Stephan Joubert is dit negatiewe mense wat ‘n hele gemeenskap lam kan lê. Ek wonder wie dit werklik is wat besig is om ‘n ganse gemeenskap lam te lê met hulle demonies geïnspireerde kontemplatiewe spiritualiteit.

Belangrike naskrif:

Ons kontemplatiewe vriend Guillaume Smit het intussen ‘n lys op sy blog beskikbaar gestel waarin hy aandui wie van die invloedrykste kontemplatiewe predikers in ons land is.

Some guy on Twitter gave me this idea – he made a list of the top ten pastors in America who’s twitter thoughts you should follow. That got me thinking on the influential Christian leaders of my own country: If I would have to propose blogsites and Tweeters to someone asking me, who would I suggest?
Let’s see …

* Braam Hanekom
* Andries Louw
* Dries Cronje
* Reggie Nel
* Tom Smith
* Cobus van Wyngaard
* Roger Saner
* Dries Lombaard
* Jan van der Watt
* Stephan Joubert
* Hennie Stander
* Theo Geyser
* Francois Mulder
* Frederick Marais

Miskien is Guillaume te nederig om sy eie naam by te voeg, maar ek dink regtig hy verdien ‘n ereplek in die bg. lys van name. Ek wil baie graag Stephan se goeie raad op Twitter navolg en ook vir u sê “Don’t follow them.”

Posted in New Age, Ontluikende kerk | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 1 Comment »

Is “onthoofding” in “Stander-taal” minder belangrik as “tandetrek?”

Posted by Thomas on August 14, 2009

Sword of Islam ‘n Baie hooggeleerde professor verbonde aan UP se Departement van Antieke Tale het die onmenslike onthoofding van Christene in die Suide van Somalië deur die al- Shahaab Islamitiese groep so “effentjies” versag toe hy onlangs op sy immer gewilde blog eerder klem gelê het op hulle gebruik om mense te ontvoer en die silwer en goue stopsels uit hulle tande te haal as op die menigvuldige onthoofdings van Christene. Trouens, hy het die onthoofdings geheel en al geïgnoreer en met mening teen Christene uitgevaar wat kwansuis net so geweldadig kan wees. Ons weet nie of die al-Shahaab moordenaars die silwer en goue tandestopsels net uit hulle mede-Moselms se monde verwyder nie maar dit kan selfs ook wees dat hulle Christene se silwer en goue tandestopsels verwyder voor of selfs na hulle onthoofding, maar dié is seker, Prof. Hennie Stander sal weer ‘n slag moet gaan kyk na sy “vergelykende UP-semantiek.” Hier’s Hennie se weergawe van die geweld in die Suide van Somalië:

Die Islamitiese groep al Shabaab in die suide van Somalië is tans besig om met geweld die silwer en goue stopsels in die tande van mense uit te haal. Hulle gebruik sommer die mees basiese gereedskap om dit te doen. Die Islamitiese groep sê dat silwer en goud vir mode en skoonheid is, en dit is teen die streng wette van Islam. Hulle “ontvoer” die mense teen hulle wil, en haal dan die silwer en goue stopsels uit hulle tande.

Mense is soms baie wreed in die beoefening van hulle godsdiens. Dit gebeur in alle godsdienste – ook in die Christendom. (Klem bygevoeg)

Kom ons laat vir eers ons hooggeleerde professor so ‘n bietjie agterweë om ons deeglik te vergewis van wat die werklike toedrag van sake in die Suide van Somalië is. Somalië word beslis nie net deur wrede “selfaangestelde tandartse” geteister nie. Was dit maar al sou ‘n mens dit glimlaggend met die Middeleesue tandetrek tegnieke kon vergelyk, maar dit is maar ‘n kleinigheidjie in vergelyking met die barbaarse onthoofding van Christene wat gereeld in Somalië  plaasvind.

WorldNetDaily Exclusive het op 11 Augustus 2009 sos volg berig.

  1. Vier Christene wat in Somalië gewerk het om weeskindertjies op te pas, is deur al-Qaida belanghebbedes onthoof.

Dis verstommend dat Prof. Hennie Stander slegs sy misnioë te kenne gee oor die silwer en goud wat sonder die basiese gereedskap uit mense se tande gehaal word nadat hulle geweldadig ontvoer is, terwyl die ontvoering en onthoofding van Christene sy geheue skynbaar ontglip het. Die dra van silwer en goud, al is dit ook om die gate in jou slegte tande toe te stop, is skynbaar ‘n baie groot oortreding van die sharia-wette van Islam. Nee professor, jy’t die kat by die stert beet. Die grootste oortrediing van die sharia-wette in Moslemlande is nie die dra van silwer of goud op jou persoon of self in jou tande nie, maar die dra van die Naam van Jesus Christus. Die Christene kom nie met so ‘n  ligte “straf” weg nie. Hulle word summier onthoof en die werklike rede vir hulle onthoofding is omdat hulle weier om hulle Saligmaker en Heer, Jesus Chrristus te verloën, en onder dwang die Islam geloof aan te neem. Die familie mog nie eens die liggame van die onthoofdes ontvang of begrawe nie omdat Somalië geen voorsiening maak vir begraafplase vir Christen-“ongelowiges” nie. Blykbaar word hulle sommer so vir die honde gegooi.

  1. Die Islamitiese al-Shahaab groep het verlede maand ses mense onthoof omdat hulle hul tot Jesus Christus bekeer het.

  2. WND het ‘n paar weke gelede op Compass Direct News berig dat al-Shahaab twee seuntjies ontvoer en onthoof het omdat hulle geweier het om inligting te verskaf oor die doen en late van ‘n sekere kerkkleier. Let asseblief op, Prof. Stander, die twee seuntjies het met ware heldemoed en mannemoed hulle geliefde pastoor beskerm en nie met hande in diie lug uitgeroep: “O! ons Christene is maar net so wreedaardig soos julle” nie. Dank die Here vir sulke seuntjies wat sonder enige hooggeleerde opleiding in die oorspronklike Hebreeuse en Griekse tale tog weet wat dit beteken om ‘n ware Christen te wees. Vir sulke mense het ek respek — die hoogste respek. “Ek het gekyk hoedat hulle my drie seuns hulpeloos wegsleep terwyl my jongste gehuil het” het hulle moeder gesê. “Ek het geweet hulle gaan geslag word.” ‘n Kort rukkie later het haar sewejarige seuntjie met trane in sy oë sy ma vertel hoedat sy 12-jarige en 11-jarige boeties onthoof is. Die moordenaars was op soek na hulle pa, wat die leier was van die ondergrondse kerk in Yonday in Somalië voordat hy en sy gesin in April na die Keniaanse kamp gevlug het.

Hoe Hennie Stander in die res van sy kommentaar die kloutjie by die oor kry om die misdaad van geweldadigheid ook aan die deur te lê van die Christene en veral dan ook die Christene wat so wreed onthoof is, weet net hy alleen. Om sout in die wonde te smeer, vergelyk hy die wreedheid wat kwansuis ook aan Christene toegedig kan word met die Fariseërs se sonde om allerlei reëls op mense af te dwing sonder dat hulleself die reëls nagekom het. Hy verwys dan spesifiek na Lukas 11:46 waar Jesus die Fariseërs bestraf het oor hulle huigelary.

Julle wetgeleerdes! Ellende wag vir julle ook, want julle laai ondraaglike laste op die mense, en self verroer julle geen vinger om die laste te dra nie (Luk 11:46).

Hennie Stander kom dan tot die gevolgtrekking dat Christene vandag steeds allerlei laste op mense lê. As voorbeeld verwys hy na ‘n predikant wat sy misnoë uitgespreek het omdat een van Hennie se vriende sy kar op ‘n Sondag gewas het terwyl die predikant self later in ‘n buite-egtelike verhoudiing betrap is. Hy roem dan daarop dat hy nog baie sulke voorbeelde kan gee. Dit, moet ek sê, wil darem gedoen wees, hoor. . . . ! Hennie! Leer die Skrif ons nie dat hy wat dink dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie? Dis juis wanneer ons so maklik val, wanneer ons, soos die Fariseërs wat swaar laste op ander geplaas het, dink dat ons nie so sleg is soos ander mense nie en dink dat ons vasstaan. Kom ek herinner jou aan Jesus se woorde in Matteus 5:28!!

Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.

As jy net een enkele keer in jou  hele lewe, ek herhaal—net één keer—na ‘n vrou gekyk het om haar in jou hart te begeer, het jy presies dieselfde sonde gedoen as wat daardie predikant gedoen het. Nie jy of ek is enigsins beter as die predikant waarna jy verwys nie, en ook nie die ander voorbeelde wat jy met soveel sorg kan noem nie.

Wat hoor ek jou sê, Hennie? Jy het nog nie ‘n enkele keer in jou hele lewe na ‘n vrou gekyk om haar in jou hart te begeer nie? Sjoe! Halleluja! In daardie geval het jy Jesus Christus nie nodig nie. Jy’s dan volmaak. As jy nog nooit nodig gehad het om die sonde in Matteus 5 by Jesus te bely nie, dan is daar darem ten minste een wat jy wel by Hom kan bely en dit is die sonde om met oop oë en ‘n glimlag op jou gesig te lieg.

As ons in ag neem wat ek so pas gesê het, dan hoef ons nie juis verbaas te wees oor Hennie se UP-belaaide verklaring van Matteus 11:28-30 nie. Hier’s Hennie se siening daaromheen nadat hy verwys het na die owerspelige predikant wat sy (Hennie) se vriend verbied het om sy kar op ‘n Sondag te was:

En ek sal nog baie sulke voorbeelde kan gee. Jesus het egter ’n ander boodskap gehad vir die mense wat so swaar gebuk gegaan het onder reëls. Hy het gesê: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.” (Mt. 11:28-30)

Het u Hennie se dartelende woord-omwentelende betekenis van Matteus 11:28-30 raakgesien? Om dit vir u makliker te maak sal ek herhaal wat hy gesê het:-

Jesus het egter ’n ander boodskap gehad vir die mense wat so swaar gebuk gegaan het onder reëls.

Werklik? Het Jesus werklikwaar mens geword, gely en gesterf, weer opgestaan uit die dood en weer opgevaar na sy Vader sodat ons ‘n stel reëls kan vryspring? Wat sê die Heilige Skrif?

Matteus 5:17 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.

Johannes 14:15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie.

Johannes 14:21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.

Johannes 15:10 As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.

Matteus 7:24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
Matteus 7:26 En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. (Klem deurgaans bygevoeg)

Hoe nou gemaak? Waarom moet die kinders van God sy gebooie (reëls) doen en bewaar as Hy dan self die gebooie volmaak vervul het? Sê Paulus dan nie ook dat God se kinders nie meer onder die Wet is nie maar onder die genade? (Romeine 6:14)

Onthou asseblief dat die essensie en die grondslag van die sonde die oortreding van God se gebooie is. Indien God nie sy Wet aan ons gegee het nie, sou niemand van ons ooit geweet en verstaan het wat sonde is nie. Daarom is God se gebooie, soos Paulus dit in Galasiërs 3:24 beskrywe, die tugmeester (of spieëlbeeld  waarin ons onsself sien) na Christus toe. In die tyd van die Ou Testamentiese Tabernakel en later die tempel is die koperwaskom wat tussen die koperaltaar en die ingang tot die heilige en allerheiligste gestaan het se bodem met spieëls uitgelê. Elke keer wanneer die Hoë Priester en die Priesters hulle in die kopwerwaskom gewas het, het hulle hulself in die spieëls gesien om hulle te herinner hoe oop en bloot hulle sondige lewens voor God was en hoe intens noodsaaklik dit vir hulle was om gereinig te word daarvan. Wanneer Christus (die finale en volmaakte Brandoffer van God) in Matteus 11 roep: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee,” was dit nie om sondaars wat onder reêls gebukkend gegaan het, vry te maak nie. Hy het dit juis gedoen om almal wat in hulle selfgesentreerde, roekelose, reël-lose en rigtinglose (Jesaja 53:6) lewenspatroon van sonde en rebellie vasgevang is en blindelings voortwoeker, aan Hom en sy gebooie te juk-band sodat Hy wat sy Vader se gebooie volbring het dit ook in en deur sy volgelinge kan volbring. Daarom sê die Here Jesus dat sy gebooie nie swaar is nie (1 Johannes 5:3) omdat Hy deur sy Gees sy volgelinge in staat stel om sy gebooie te bewaar. Word die Heilige Gees dan nie pertinent die “Parkletos” (die Trooster) genoem nie? Die “Enhanced Strongs Lexikon” beskryf die woord “Parakletos” as volg:

in the widest sense, a helper, succourer, aider, assistant

of the Holy Spirit destined to take the place of Christ with the apostles (after his ascension to the Father), to lead them to a deeper knowledge of the gospel truth, and give them divine strength needed to enable them to undergo trials and persecutions on behalf of the divine kingdom.

Waarom sou Hennie Stander dan so graag wil hê dat die laste in Matteus 11:28-30 na “reëls” verwys. Ag nouja! dis tog seker nie te moeilik om ‘n antwoord daarop te vind nie, veral nie as ‘n mens in ag neem dat die brose wesentjies van ons post-moderne eeu se nekhare gewoonlik rys wanneer ‘n mens praat oor sonde en die verskriklike gevolge daarvan as hulle hul nie bekeer nie. “Weg daarmee!” skree hulle. “Ons wil hoor hoe om ons selfbeeld op te kikker en nie hoe sleg ons is nie.”

Weet verseker dat die laste waarna die Here Jesus verwys nie die las van ‘n klomp reëls of regulasies is waaronder die mens kwansuis gebukkend gaan nie, maar die sonde waarin die mens versonke geraak het juis omdat hy God se reëls oortree het en nog steeds oortree. Die vloek van die Wet (Gebooie) is nie die Wet self nie, maar die voortdurende oortreding van die Wet.

Galasiërs 3:10 Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.

Dink daaraan, die Here Jesus wat die enigste Persoon was om God se Wet volmaak te vervul, het ‘n vloek geword (soos een wat God se Wet oortree het en tot sondaar gemaak is) om ons vanuit die greep van die vloek van die Wet (ons eie oortredinge van sy Wet) te ruk en te red. Dit het Hy vir ons almal (nie net vir die sg. Calvinistiese uitverkorenes nie) aan die kruis van Glogota gedoen. “DIT IS VOLBRING,” het Hy triomfantelik uitgeroep toe Hy sy Gees in die hande van sy Vader oorgegee het en dit  behoort ons almal met so ’n oorweldigende liefde vir Hom te vervul dat ons bereid sal wees om ons eie lewens vir HOM op die altaar af te lê en soos daardie twee jong knapies in die Suide van Somalië te sê: “Kap my kop maar af, maar ek weier volstrek om die lieflike Naam van my persoonlike Saligmaker en Meester, Jesus Christus, te verloën.”

Mag die Here voorsien dat daar, soos in die geval met Paulus wat Stefanus se moord goedgekeur het, onder die al-Shahaab moordenaars ten minste een wees wat vanweë die bloed van God se twee martelaartjies tot bekering kom om hierdie wonderlike Evangelie van Jesus Christus aan hulle eie mense te begin verkondig.

Ons hoor voortdurend uit die monde van super apostels en predikers soos Angus Buchan, Rodney Howard-Browne, Elza Meyer en nog vele ander dat Suid-Afrika reeds ‘n geweldige groot herlewing belewe. Ons is beslis nie nou midde-in ‘n groot herlewing nie. Skryf dit maar gerus op jou magie en vee dit met jou hempie af. Daar is hoegenaamd nie so-iets in ons land aan die gang nie. Wat as herlewings voorgehou word, is  valse sogenaamde herlewings. Wie se herlewing moet ons as ‘n egte herlewing aanvaar? Rodney Howard-Browne s’n waarin almal soos afgekapte boomstoompe agteroor val (val in die gees-fenomeen) en onbedaarlik begin lag of huil omdat hulle kwansuis die vuur van God ontvang het? Of miskien Angus Buchan se herlewing wat deur “God” self bevestig word met wondertekens soos hartvormige wolkies wat oor sy byeenkomste verskyn het? Of miskien Elza Meyer se herlewing wat ook deur hartvormige voorwerpe, maar in haar geval, hartvormige klippies wat oral deur haar volgelinge opgetel word, deur “God” self bevestig word? Of miskien Rick Warren se fenomenale sukesvolle herlewing (Die Doelgerigte Lewe) deurdat byne elke denkbare kerk in Suid-Afrika sy boeke in hulle Bybelstudies, selgroepe en gebedsgroepe lees en bestudeer? Of miskien Stephan Joubert van e-kerk en e-church faam wat glo dat die redding van die anorganiese wêreld netso belangrik is as die redding van verlore siele of selfs nog belangriker is omdat God net ‘n dag spandeer het om die mens te skape en vyf dae geneem het om die aarde en die uitspansel te skep. Wie s’n is die ware herlewing? Wie s’n word deur God bewerkstellig? Suid-Afrika het gewis nie ‘n gemis aan herlewings nie. Jy’s vry om te kies watter een jy wil navolg.

Ons het nie ‘n herlewing nodig nie, maar vervolging sodat ons soos Christene wat elders in die wêreld ter wille van hulle geloof in Jesus Christus vervolg en geslag word, kan weet wat dit is om waarlik kind van God te wees. Miskien sal ons dan kan onderskei dat onthoofding ‘n groter oortreding is as tandetrekkery.

Hierdie kommentaar word opgedra aan die Christenmartelare wat onlangs in die Suide van Somalië en elders in die wêreld onthoof is. Dit is terselfdertyd my poging om die skandalige minagting wat Hennie Stander op sy blog daarteenoor geopenbaaar het deur slegs te verwys na die verwydering van die silwer en goud uit mense se tande en nie die onmenslike onthoofding van Christene nie, in die reine te probeer bring. Wat my diep grief is dat Hennie Stander die verwydering van die silwer en goud uit mense se tande spesifiek as wegspringplek gebruik het om sy onbewese en onwetenskaplike uitspraak dat Christene netso gewelsadig kan wees, te loods. Weet hy en sy bloglesers wat dit beteken om ‘n Christen te wees?

Posted in Martelaarskap, Vervolging | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , | 2 Comments »

Die rol van die vrou in die kerk

Posted by Thomas on July 29, 2009

“Kontekstualisering,” die post-moderne foefie om die Bybel binne sy bepaalde kulturele tydsbestek te lees en te interpreteer, het ‘n baie handige towerstaffie in die hande van die hedendaagse Paulusse en Petrusse geword om kernwaarhede in die Skrif te verander of selfs geheel en al uit te skryf. As iets in die Bybel ons hedendaagse verwronge vryheidsin bedreig is dit mos baie maklik om te sê: “ Sus of so is nie meer in ons moderne kultuur aanvaarbaar nie omdat dit slegs vir sus of so binne Paulus en Petrus se kulturele raamwerk gegeld het.” Raai wat! Prof Hennie Stander het, soos te wagte, in sy vierde en skynbaar laaste aflewring van sy reeks oor die rol van die vrou die spreekwoordelike “cherry op die koek gesit” en Paulus se uitsprake rondom die vrou agter die tralies van kultuurgebondenheid en tydsgebondenheid toegesluit. Hennie, jy’s vir eers weer aan die woord:

In 1 Timoteus 2:11-12 sê Paulus “’n Vrou moet in die erediens stil en onderdanig wees en haar laat leer. Ek laat haar nie toe om daar onderrig te gee of oor die man gesag uit te oefen nie.” Die vraag is nou of hierdie ’n algemene beginsel is wat vir alle eeue in alle kerke geld, en of dit ’n lokale aangeleentheid is. Ons moet onthou dat nie alle uitsprake in die Bybel bedoel is om vir alle tye te geld nie. . . . Net so, reken ek, is Paulus se opdrag aan Timoteus dat ’n vrou stil en onderdanig moet wees, en nie onderrig mag gee nie, ook tydsgebonde. Binne die kultuur van daardie tyd moes ’n vrou altyd stil en op haar plek wees.

So ‘n bek moet jam kry want dit gebeur nie aldag dat ‘n eksegeet van sy formaat met slegs twee versies uit die Skrif so ‘n grondverskuiwende afleiding kan maak nie. Op die oog af sou ‘n mens waarskynlik kon toegee dat die twee versies kultuurgebonde is maar lees jy verder word dit ietwat moeiliker om die opvolgende dinge waarna Paulus verwys en onlosmaaklik deel vorm van verse 11 en 12 kultuurgebonde en tydsgebonde te maak. Hoe op deeske aarde gaan jy vers 13 kontekstualiseer en kultuurgebonde en tydsgebonde maak?

Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva.

Hennie, ten einde standhoudend (konsekwent) te wees in jou gekontekstualiseerde redenasies, MOET jy, ek herhaal, MOET jy die verse wat op 11 en 12 volg ook in aanmerking neem. Die woordjie “want” sê tog  baie duidellik dat vers 13 deel vorm van die vorige twee verse en voorsien aan ons die rede waarom die vrou nie toegelaat word om in kerklike en gesinsverband gesag oor die man uit te oefen nie. Of, miskien sou jy wou redeneer dat Adam se posisie as eersgeskapene kultuurgebonde en tydsgebonde is en dus nie ‘n algemene beginsel vir alle eeue is nie maar slegs ‘n lokale aangeleentheid is. Maar kom ek maak dit vir jou en jou kollegas aan die Universiteit van Pretoria makliker. Ons gaan ter wille van ons hedendaagse post-moderne, post-mortem kultuur nie meer glo dat Adam die eersgeskapene van God was nie, maar Eva en dat die man in werklikheid uit een van haar ribbebene gemaak is. Siedaar! ons het nou nie meer nodig om van die vrou te verwag om onderdanig te wees aan die man nie maar dat die man onderdanig moet wees aan die vrou, dat die ouers onderdanig moet wees aan die kinders en dat die werkgewers onderdanig moet wees aan die werknemers. Die Elza Meyers en ander vroue predikante kan maar nou lustig voortgaan om gesag in hulle onderskeie kerke uit te oefen en vir die mans te leer wat NIE in die Bybel staan nie. Myns insiens is die mans wat hulle deur vroue in die kerk laat leer (sommige daarvan is van die ergste vorme van dwaalleringe) ‘n klomp lamsakke wat versuim om hulle Godgegewe opdragte in hulle gemeentes uit te voer, of miskien is hulle nie waarlik deur God geroep om as predikante in hulle gemeentes te dien nie en is  dus maar net ‘n spul huurlinge.

Adam is eerste geskape maar Eva is eerste verlei en het eerste in die oortreding gekom. Dit is die volgende rede waarom die vrou nie in ‘n gesagsposisie oor die man mag heers nie en weer eens kan dit nie as ‘n kultuurgebonde en tydsgebonde gebeurlikheid beskou word nie. Sou enigeen dit wil waag om Eva se oortreding kultuurgebonde en tydgebonde te maak, sou jy dan ook moes redeneer dat haar oorteding geen gevolge vir ons hedendaagse kultuur en tyd het nie. Waarom dink u het die duiwel die vrou geteiken met sy slinkse verleidinge en nie die man (Adam) nie. Ek hou ogal van Barnes se verklaring van vers 14.

Verse 14. And Adam was not deceived. This is the second reason why the woman should occupy a subordinate rank in all things. It is that in the most important situation in which she was ever placed, she had shown that she was not qualified to take the lead. She had evinced a readiness to yield to temptation; a feebleness of resistance; a pliancy of character, which showed that she was not adapted to the situation of headship, and which made it proper that she should ever afterwards occupy a subordinate situation. It is not meant here that Adam did not sin, nor even that he was not deceived by the Tempter, but that the woman opposed a feebler resistance to the temptation than he would have done, and that the temptation as actually applied to her would have been ineffectual on him. To tempt and seduce him to fall, there were needed all the soft persuasions, the entreaties, and the example of his wife. Satan understood this, and approached man not with the specious argument of the serpent, but through the allurements of his wife. It is undoubtedly implied here that man, in general, has a power of resisting certain kinds of temptation, superior to that possessed by woman, and hence that the headship properly belongs to him. This is, undoubtedly, the general truth, though there may be many exceptions, and many noble cases to the honour of the female sex, in which they evince a power of resistance to temptation superior to man. In many traits of character, and among them those which are most lovely, woman is superior to man; yet it is undoubtedly true that, as a general thing, temptation will make a stronger impression on her than on him. When it is said that “Adam was not deceived,” it is not meant that when he partook actually of the fruit he was under no deception, but that he was not deceived by the serpent; he was not first deceived, or first in the transgression. The woman should remember that sin began with her, and she should therefore be willing to occupy an humble and subordinate situation (Klem bygevoeg).

But the woman being deceived. She was made to suppose that the fruit would not injure her, but would make her wise, and that God would not fulfil his threatening of death. Sin, from the beginning, has been a process of delusion. Every man or woman who violates the law of God is deceived as to the happiness which is expected from the violation, and as to the consequences which will follow it.

“The law of God” waarna Barnes hier verwys gaan juis oor die verordeninge van God ten opsigte van die rol wat die man en die vrou in gesins- en kerkverband moet speel. As ons sy verordeninge rondom die man en die vrou in ‘n gesin, die nukleus van die kerk, verontagsaam sal ons die vrugte daarvan pluk en die kerk is besig om tans die vrugte daarvan te pluk omdat God ons oorgegee het aan allerhande dwaalleringe. Die rede? . . . omdat God se orde in die samelewing totaal oor boord gegooi word.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , | Leave a Comment »

Moet ‘n vrou onderdanig wees?

Posted by Thomas on July 28, 2009

emergent-cartoonProf. Hennie Stander, hoe lees jy die Bybel? In sy jongste aflewring (deel 3) van sy reeks “Moet ‘n vrou onderdanig wees?, sê hy die volgende:

Efesiërs 5:22 sê: Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is.” Die meeste Bybellesers sal seker sê: “Daar het jy dit! Wat soek jy meer? Die antwoord is tog duidelik!” Daar is egter ’n hele paar probleme met so ’n uitleg. In die eerste plek sê die vers dat “vroue aan hulle mans” onderdanig moet wees. Die vers praat dus oor getroude vroue. Dit is nie ’n opdrag vir ALLE vroue nie. Ek kan nie op grond van hierdie vers verwag dat ook die ongetroude vroue in my werksomgewing (of selfs in my gemeente) aan my onderdanig moet wees nie.

Verder, mans vergeet natuurlik gerieflikheidshalwe dat daar ’n ander versie is direk vóór vers 22 wat sê: “Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.” ’n Man en vrou moet natuurlik wedersyds aan mekaar onderdanig wees.

Nêrens in die gedeeltes waarin Petrus en Paulus praat van “onderdanigheid” het dit enigsins betrekking op ‘n gesindheid van oorheersing of dominansie nie. Dis nie waaroor dit gaan nie. Dit gaan oor ‘n ordeningsreëling waarin iemand die leiding moet neem, leiding gee en die koers aandui. Kan u dink watter chaos dit sou afgee as ‘n generaal of ‘n admiraal van ‘n leërmag en vloot ‘n wedersydse onderdanigheidreëling met hulle manskappe sou aangaan? Ek is nie besig om die huwelik met ‘n oorlog te vergelyk nie (hoewel die meeste huwelike deesdae ‘n slagveld geword het) en nog minder is ek besig om die man van ‘n huisgesin te sien in die rol van ‘n generaal. Ek is bloot besig om ‘n voorbeeld te gee van hoe uiters belangrik dit is vir iemand om die leiding te neem, en dit  is nou maar eenmaal so dat die Here die man gekies het om hierdie rol in die huisgesin en die kerk te vervul. Waarom? Omdat God beslis het dat sy eniggebore Seun, Jesus Christus, die Hoof van die kerk moet wees en dat die man as Sy verteenwordiger die rol van ‘n leier in sy huisgesin moet speel. Die huwellik moet dus as’t ware ‘n afbeelding wees (netsoos Christus die volmaakte afbeelding van sy Vader is) van Christus se verhouding met sy kerk (die “ekklesia” waarin almal onderdanig is aan Christus). Die huwelik moet inderwaarheid die kerk in die kleine wees. Hoe moet dit as kerk in die kleine funksioneer? Die man moet sy vrou liefhê soos Christus die gemeente liefgehad het en sy lewe daarvoor afgelê het en die vrou moet onderdanig wees aan haar man. Sy is veronderstel om haar man in sy rol as hoof (leier) van die huis in alles te ondersteun en aan te moedig, en as hy te papbroekig  is om sy rol as leier van sy gesin te vervul, dan moet sy in opdrag van die Here nog steeds aan hom onderdanig wees met die doel om hom vir Christus te wen sodat hy gered en vervul kan word met die Heilige Gees wat  hom in staat sal stel om sy rol as verteenwoordiger van Christus in die huis te kan begin nakom. God is ‘n God van orde en nie wanorde nie.

Hennie is blitsvinnig om uit te wys dat die man en die vrou wedersyds aan mekaar onderdanig moet wees en haal die gedeelte voor vers 22 uit die 1983 Afrikaanse vertaling aan om sy standpunt te rugsteun. Die gedeelte voor vers 22 verwys nie net na die verhouding tussen man en vrou nie, maar ook tussen ouers en kinders en werkgewers en werknemers. Indien dit, soos prof. Hennie dit verklaar, sou beteken dat man en vrou wedersyds aan mekaar onderdanig moet wees, dan sou dit ook beteken dat die ouers onderdanig moet wees aan hulle kinders en die werkgewers aan hulle werknemers. Dit beteken gewoon dat die verskillende Godgegwe ordeningsreëlings in die samelewing gehandhaaf moet word. Elkeen van hierdie groepe persone moet binne hulle eie ordeningsreëling onderdanig wees aan die persone wat oor hulle aangestel is — d.i. die vrou aan haar man, die kinders aan hulle ouers en die werknemers aan hulle werkgewers.

Die hele debakel wat tans nog steeds woed rondom die vrou se rol in die kerk en die groeiende aandrang dat die vrou ook ‘n leiersposisie in die huisgesin en die kerk moet speel, is niks anders as ‘n ontkenning en ‘n verwerping van Jesus Christus as Hoof van die sy kerk nie. Dis niks anders as openlike rebellie teen God en sy verordeninge nie.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , | Leave a Comment »

Die Nuwe gesalfde Paulusse en Petrusse in ons midde

Posted by Thomas on July 27, 2009

Man and Woman shouting Dit  is hoegenaamd nie ‘n vreemde verskynsel om te sien hoedat daar op die vooraand van die wederkoms vanHennie Stander Christus Jesus oral nuwe Paulusse en Petrusse soos paddastoele opduik nie. Daar is egter ‘n hemeslbreë verskil tussen die Paulus en die Petrus van die Bybel en die hedendaagse Paulusse en Petrusse wat dinge sê en verkondig wat lynreg in stryd is met wat Paulus van Tarsus en Petrus in die Woord van God ons leer. Ag, kom ek noem sommer dadelik een van hierdie nuwe gesalfde Paulusse en Petrusse van ons geheiligde post-moderne era op sy naam — Hennie Stander, professor in Grieks in die Departement Antieke Tale aan die Universiteit van Pretoria en ook ’n jarelange medewerker by FINESSE tydskrif, en die redakteur van finesse MAN. Kom ek verseker my lesers sommer wansuit dat ek hoegenaamd niks persoonliks teen Prof. Hennie koester nie, maar ek het ‘n kleintjie dood aan sy verwaandheid om die Woord van God met ‘n enkele oogknip te verdraai. Ja! glo dit as julle wil, Hennie het dit weer gedoen, maar voordat ek my wend tot sy mees onlangse Bybelse verdraaiing moet ek u baie ernstig daaraan herinner dat Petrus en Paulus (dis nou die Paulus van die Bybel) die evangelie en alles wat daarmee gepaard gaan regstreeks van Jesus Christus ontvang het. Onthou dus asseblief, as julle met Petrus of Paulus ‘n appeltjie te skil het oor wat hulle alles in hulle sendbriewe kwytgeraak het, moet julle weet dat julle nie teen hulle nie maar teen Jesus Christus sigselwers stry. Paulus skryf:

Galasiërs 1:1—12 Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie. Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie. Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus.

‘n Mens kan nie altyd agterkom wat agter die kap van Hennie se byl sit om dié dinge te sê wat hy so manhaftig kwytraak nie, maar dit lyk of hy in hierdie geval doelbewus die guns van die skonere geslag in ons land soek en wil wen. Nouja! dit alleen is al klaar ‘n wanklankige doelwit veral as ‘n mens in ag neem dat die guns van mense vir Paulus van Tarsus ‘n nul op ‘n kontrak was. Om ‘n ware dienskneg van Christus te kan wees, moet jy die evangelie vreesloos en kompromieloos verkondig al sou jou eie familielede jou soos ‘n stuk weggooilap behandel. Kom ons kyk dan nou eers wat Hennie gesê het en vergelyk dit met wat Paulus in die verkondiging van Jesus se evangelie gesê het. Dit gaan kortom oor die debakel rondom die  rol wat die vrou in die kerk en die samelewing moet speel. Hennie, jy’s aan die woord:

Laat ek sommer dadelik reg aan die begin sê dat ek baie ongemaklik is met die idee dat die vrou onderdanig aan die man moet wees. My ongemaklikheid word selfs nog groter wanneer ek in die praktyk sien hoe baie mans hulle vroue hanteer (lees “mishandel”). Dan lyk dit vir my amper soos ’n vrou wat op ’n motor se agtersitplek sit terwyl die man alleen voor sit en onverskillig bestuur en roekeloos jaag, terwyl hy verwag dat die vrou haar mond moet hou en moet stilbly. Dit is presies dieselfde wat gebeur wanneer ’n man sy vrou en sy gesin roekeloos “bestuur” terwyl hy verwag dat sy haar mond moet hou en die man moet toelaat om alleen aan die hoof van die gesin te staan.

Hennie, miskien sal jy geskok wees om dit te hoor, maar die Here wil juis hê dat die vrou haar mond moet hou in ‘n huwelik met ‘n man wat hom soos ‘n skarmunkel gedra. Maar, dan moet ek onmiddellik byvoeg dat dit alleenlik heilige vroue wat in Christus is (waarlik gered is) wat so ‘n uiters moeilike opdrag kan uitvoer. So ‘n vrou volg haar Meester na “wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel” (1 Petrus 2:23). ‘n Vrou wat die Here nie ken nie (nie gered is nie) kan gerus maar soos ‘n tiewyfie terugbaklei omdat sy nie die Heilige Gees het om haar in sulke moeilike omstandighede die krag en die wysheid te gee om stil te bly nie. Waarom verwag die Here van ‘n vrou om stil te bly in selfs die allermoeilikste omstandighede in haar huwelik? Indien jy nog nie weet nie, is dit miskien nou die geleentheid om weer ‘n slag te kyk na wat Petrus in sy eerste brief hieroor sê. Ek haal uit die Amplified Bible aan omdat dit vir my die saak baie duideliker omskrywe:

1 Peter 3:1-2 IN LIKE manner, you married women, be submissive to your own husbands [subordinate yourselves as being secondary to and dependent on them, and adapt yourselves to them], so that even if any do not obey the Word [of God], they may be won over not by discussion but by the [godly] lives of their wives, When they observe the pure and modest way in which you conduct yourselves, together with your reverence [for your husband; you are to feel for him all that reverence includes: to respect, defer to, revere him—to honor, esteem, appreciate, prize, and, in the human sense, to adore him, that is, to admire, praise, be devoted to, deeply love, and enjoy your husband].

Die Ou Afrikaanse 1953 lui as volg:

Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word

En die nuwer Afrikaanse vertaling van 1983 sê dit as volg:

Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees. As daar van julle is met mans wat nie die woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om ‘n woord te sê nie.

A nee a, Hennie, skaam jy jou nie om Petrus se goeie raad in die wind te slaan met jou aweregse uitlating nie: “Laat ek sommer dadelik reg aan die begin sê dat ek baie ongemaklik is met die idee dat die vrou onderdanig aan die man moet wees.” Jy sien, Hennie, sodra Jesus Christus en sy evangelie jou hoogste pririoteit in hierdie lewe word en dit jou hoogste doel is om jou geliefdes vir Christus te win, sal jy bereid wees om SY opdragte uit te voer, al is en klink dit hoe moeilik ookal. Lyk my die vroue wat alles ter wille van Christus wil doen — ja! selfs om haar mond te hou in ‘n ongelukkige huwelik — weet skynbaar beter as die mans wat die volgende skrifgedeelte beteken>

Sagaria 4: 6 Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.

(Belangrike naskrif: Hennie Stander het die formaat van sy blog geheel en al verander. Toe ek weer daarop wou ingaan om die res van sy artikels oor die rol van die vrou te lees, het die volgende onaardse kennisgewing my in die gesig gestaar “Jy moet in teken om hierdie inskrywing te sien.” My doppie is dus geklink want ek is hoeka al deur hom aangesê om my ry te kry. Die man hou eenvoudig net nie van my kommentare nie).

(Nog ‘n belangrike naskrif: Ek sien Hennie is vanoggend weer terug en almal kan sy blog lees sonder om in te teken).

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , | Leave a Comment »

Mag ‘n Mens Prominente Gelowiges se Leringe Bevraagteken?

Posted by Thomas on June 11, 2009

Galasiërs 2:6 Moreover, [no new requirements were made] by those who were reputed to be something—though what was their individual position and whether they really were of importance or not makes no difference to me; God is not impressed with the positions that men hold and He is not partial and recognizes no external distinctions—those [I say] who were of repute imposed no new requirements upon me [had nothing to add to my Gospel, and from them I received no new suggestions]. (Klem bygevoeg)

Galasiërs 2: 11 Maar toe Petrus in Antiochíë gekom het, het ek hom openlik teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het.

In reaksie op my kommentaar oor prof. Hennie Stander, ‘n baie prominente gelowige in Suid-Afrika, se aweregse uitlating dat “Dit is ‘n natuurlike reaksie om so op te tree nadat ‘n werknemer sy werkgewer se huis afgebrand het omdat hy gevoel het hy te nagekom is, het een van Hennie se bewonderaars haar in ‘n opvolg kommentaar, getiteld “Heilige goed voor die honde gooi” soos volg uitgelaat:

Ek het net gister op ‘n blog hierdie sieklike ding raakgelees. Hoe iemand glo dat hy die reg het om prominente gelowiges letterlik uitmekaar te skeur op grond van dit wat so ‘n gelowige sê of doen. Wat vir my so erg is, is dat hierdie persoon homself die reg toe eien om die Bybel hiervoor te gebruik! . . . Neewat, ek stem saam – moet beslis nie jou perels voor die varke gooi nie! (Klem bygevoeg)

Hoewel haar woedebui darem nog nie so erg is soos ds. Guilliame Smit s’n wat my op ‘n dag ‘n agent van die duiwel genoem het nie, grens haar tirade ook baie na aan laster.

Die Here Jesus se vermaning in Matteus 7:6 is hoofsaaklik gemik op valse leraars wat sy Woord minag en verdraai. Barnes skryf in sy kommentaar:

Give not that which is holy, etc. By some, the word holy has been supposed to mean flesh offered in sacrifice, made holy, or separated to a sacred use. But it probably means here anything connected with religion–admonition, precept, or doctrine. Pearls are precious stones found in shell-fish, chiefly in India, in the waters that surround Ceylon. They are used to denote anything peculiarly precious, Revelation 17:4; 18:12-16; Matthew 13:46. In this place they are used to denote the doctrines of the gospel. Dogs signify men who spurn, oppose, and abuse that doctrine; men of peculiar sourness and malignity of temper, who meet it like growling and quarrelsome curs, 2 Peter 2:22; Revelation 22:15. Swine denote those who would trample the precepts under feet; men of impurity of life; corrupt, polluted, profane, obscene, and sensual; who would not know the value of the gospel, and who would tread it down as swine would pearls, 2 Peter 2:22; Proverbs 11:22. The meaning of this proverb then is, do not offer your doctrine to those violent and abusive men, who would growl and curse you; nor to those peculiarly debased and profligate, who would not perceive its value, would trample it down, and abuse you. This verse furnishes a beautiful instance of the introverted parallelism. The usual mode of poetry among the Hebrews, and a common mode of expression in proverbs and apothegms, was by the parallelism, where one member of a sentence answered to another, or expressed substantially the same sense with some addition or modification. See my Introduction to Isaiah. Sometimes this was alternate, and sometimes it was introverted—where the first and fourth lines would correspond, and the second and third. This is the case here. The dogs would rend, and not the swine; the swine would trample the pearls under their feet, and not the dogs. It may be thus expressed:

Give not that which is holy unto the dogs. Neither cast ye your pearls before swine, Lest they trample them under their feet, And turn again [that is, the dogs] and rend you. (Klem bygevoeg)

Dis opvallend dat die postmoderne “prominente gelowiges” eerder godloënaars aanhaal as vir Jesus Christus en enigeen wat dit durf waag om Christus aan te haal word dikwels soos volg uitgekryt:

En kan hy vir jou teksverse aanhaal hoor! Dis skoon “indrukwekkend” – maar net tot op ‘n punt. Want dit gaan nie vir hom oor die eer van God nie. Hy gebruik die Bybel as ‘n sweep – om mense wat hom grief mee te slaan. Soos ‘n vriendin van my sou sê: “Bible bashing” (Klem bygevoeg)

Die doktrine van vrede en die wyse waarop dit bekom word is sekerlik een van dié belangrikstes in die Bybel. Daarom kan Christene  (en selfs ook die prominente gelowiges) enige ander siening oor vrede wat nie met Jesus Christus se beskrywing daarvan ooreenkom nie, nie aanvaar nie. Prof. Hennie Stander het Dorothy Thompson (9/07/1893 – 30/01/1961), ‘n Amerikaanse joernalis wat ‘n persoonlike onderhoud met Hitler in haar leeftyd gevoer het en later uit Duitsland gedeporteer is se siening rondom “vrede”  hier aangehaal. Sy was drie keer getroud, o.a. ook met die novelleskrywer, Sinclair Lewis. Sy het ook ‘n lesbiese verhouding gehad met Christa Winlsow, die outeur van Mädchen in Uniform, omdat, soos Thompson geglo het, elke persoon “die reg het op liefde.”

As iemand my sou vra: “Wie kies jy om aan te haal wanneer belangrike geestelike onderwerpe soos bekering, redding en vrede ter sprake kom?, ” sal my antwoord hierop wees dat ek kies om Jesus Christus, die essensie van Waarheid, aan te haal omdat dit my die enigste sekerheid gee dat ek die waarheid en niks anders as die waarheid aanhaal nie. Dit is duidelik dat prof. Hennie Stander en sy bewonderaars ook gekies het, maar hulle keuse berus op mense wat God se waarheid weerspreek. Boonop kies hulle om minder prominente gelowiges wat eerder vir Jesus Christus wil aanhaal as honde en varke te brandmerk.

2 Timotheus 4:1-4 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , | 7 Comments »

Is jy kwaad vir jou Buurman? Neem wraak! Brand sy huis af! Dis ‘n natuurlike reaksie!

Posted by Thomas on June 8, 2009

House burning Ons land het darem nie ‘n gemis aan goeie raadgewers nie. Dink daaraan: Stephan Joubert moedig Christene aan om by mense van ander geloofsoortuigings te leer; Jannie Pelser vra, Maar kan ons nie maar ook by die New Age dinge leer nie. En nou kom Hennie Stander met een van die briljanste uitsprake vorendag wat gerus maar as die uitspraak van die jaar bestempel kan word. In eergister se uitgawe van sy blog (Sondag, 7 Junie) vertel hy hoedat Pres. Barack Obama  op ‘n vredesending na verskillende lande in die wêreld tans besig is om mense te leer dat vrede moeilik en nie goedkoop is nie. In Duitsland het hy die Israeli’s en die Palestyne gewaarku dat hulle baie moeilike stappe sal moet doen om vrede te bewerkstellig. ‘n Mens kan net raai wat daardie stappe moet wees; Israel sal maar net nog meer grondgebied aan die Palestyne moet afstaan; Jerusalem sal in twee verdeel moet word; die veiligheidsmuur wat Israel tussen hulle en die Palestyne gebou het, sal gesloop moet word; en die Palestyne sal hulle eie soewereine staat met ‘n gedeelte van Jerusalem as hulle hoofstad moet kry. Moeilik en nie goedkoop nie? . . . Vir wie nogal? En siedaar! Vrede, vrede skree hulle wanneer ‘n skielike verderf hulle oorval (1 Thessalonicense 5:3).

Om sy aanname dat vrede nie maklik of goedkoop is nie nog beter te verduidelik, vertel Hennie van ‘n werker in Johannesburg wat hierdie afgelope week sy werkgewer se huis in ‘n gegoede woonbuurt afgebrand het omdat hy gedink het hy word benadeel. Dan sê Hennie met die wysheid soos dié van ‘n Delphi-orakel: “Dit is ‘n natuurlike reaksie om so op te tree.” Moet ons hieruit aflei dat die Tweede Wêreldoorlog waarin Hitler miljoene Jode uitgeroei het ‘n natuurlike reaksie was? Was die destydse grusame vermoording van miljoene mense in Rwanda ‘n natuurlike reaksie?

Ek nooi u om gou-gou saam met my ‘n hofsaak by te woon waarin ‘n man aangekla word van brandstigting en waartydens verskeie mense dood is. Hy word verteenwooordig deur adv. Hennie Stander, een van die briljantste advokate in ons land.

Regter: Hoe pleit u?

Advokaat Stander: Onskuldig! u edelagbare. Dit was ‘n natuurlike reaksie van die man om so op te tree.

Die regter loer met groot bewondering oor sy dik brilraam na adv. Stander, slaan met sy houthamertjie op die regbank en skree: “Onskuldig! Die saak is gesluit!” Die brandstigter glimlag breed, omhels Stander met groot dankbaarheid en stap as ‘n vry-man uit die hof om voort te gaan met sy natuurlike reaksies.

Blykbaar is Hennie Stander salig onbewus van Jannie Pelser se “Nuwe Hartstigting” wat ons hele gemeenskap wil omdolwe met sy “nuwe waardes en norme.” Moontlik het hy ook nog nie gehoor van Graham Power se projek genaamd “Onbeskaamd Eties” nie. Pelser en Power is tot die dood toe bekommerd oor die misdaad, geweld, korrupsie en onetiese optredes onder ons mense, maar Stander sê: Ag nee wat, dis tog nie so ‘n groot probleem nie. Dit is alles maar net natuurlike reaksies om so op te tree. Jannie! ek het ‘n uiters belangrike werk vir jou om te doen ter wille van ons land en sy mense. Skakel tog asseblief vir Hennie en tik hom so ‘n bietjie oor die vingers omdat hy julle werk in die wiele ry. Terwyl julle swoeg en sweet om nuwe waardes en norme en etiese optrede onder ons mense in te burger, breek Hennie alles af deur te sê dat “dit meer gewoon of natuurlik is om wraak te neem . . . Dit is ‘n natuurlike reaksie om so op te tree.” Veronderstel ons plaas vir julle (Jannie en Graham) in die een hoek van ‘n bokskryt en Hennie in die ander. Vir wie dink julle gaan die skare misdadigers, geweldenaars, en korrupte politici toejuig en ondersteun?

Die soort vrede wat Hennie Stander bepleit wanneer hy sê: “Dit is nogal iets wat ’n mens moet onthou, naamlik dat vrede nie maklik of goedkoop is nie. Dit vra altyd groot opoffering en ’n duur prys. Die rede is doodgewoon omdat vrede ’n onnatuurlike reaksie is. Dit is meer gewoon of natuurlik om byvoorbeeld wraak te neem”,” is ‘n vrede wat die wêreld jou gee. Die Here Jesus het juis na hierdie wêreldse vrede verwys  toe hy gesê het:

Johannes 14:27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie.

Die vrede wat die Here Jesus sy volgelinge gee is ook nie goedkoop nie. Hy het ‘n geweldige hoë prys daarvoor bepaal toe Hy sy lewe aan ‘n vloekhout, die kruis, vir ons sondes afgelê het. Dit is ‘n vrede wat nie net alle verstand te bowe gaan nie maar jou ook ‘n goddelike liefde gee vir ander mense, en ja selfs ook jou vyande, sodat jy geen wraakgedagtes of onmin jeens hulle koester nie. Troens, jy streef om die evangelie aan hulle te bring sodat hulle waaragtig tot bekering kan kom en sodoende ook die vrede van Christus kan smaak. Die wêreld kan jou vrede gee (die Here Jesus het diit nie betwis nie) maar dis ‘n vrede wat beslis nie vrede kan bewerk tussen jou en God nie. Trouens, die vrede wat die wêreld jou gee kan nooit die stigma van onvrede wat aan ‘n ongelowige kleef, afskud nie. Daarom sê die Here dat daar eintlik nooit werklike vrede in die hart van die ongelowige kan wees nie.

Jesaja 57:20-21 Maar die goddelose is soos ‘n onstuimige see; want dit kan nie tot rus kom nie, en sy waters gooi slyk en modder op. Geen vrede, sê my God, vir die goddelose nie!

Iemand het eenmaal gesê: “Man is restless until he finds rest in God through Jesus Christ.” Dis ‘n vrede waaraan jyself nie nodig het om te werk nie. Dis nie ‘n vrede wat jyself kan skep nie en nog minder is dit ‘n vrede wat jy in eie krag, geloof, energie, wilskrag, simpatie, geregtigheid, verbeelding en deur die triomf van beginselvastheid kan meebing. Dis ‘n vrede wat aan jou geskenk word dié dag wanneer jy na Christus kom om jou saak met Hom reg te maak, tot bekering te kom en jou hele lewe aan Hom oor te gee sodat Hy jou kan gebruik soos Hy wil. Dis ware vrede en nie soos Hennie Stander dit omskryf in die woorde van iemand anders wat sou gesê het nie:

Peace has to be created, in order to be maintained. It is the product of Faith, Strength, Energy, Will, Sympathy, Justice, Imagination, and the triumph of principle. It will never be achieved by passivity and quietism.”

Hennie sluit sy kort artikel op sy blog af met hierdie woorde.

Maar dit is die moeite werd om vrede te soek. Immers, God vra dit van ons.

Nee Hennie, die Here verwag nie van ons om vrede te soek soos die wêreld dit aan ons wil gee nie—deur ons eie skeppingsvermoë, geloof, krag, energie, wilskrag, simpatie, geregtigheid, verbeelding en die triomf van ons eie beginselvastheid nie—en jy as belydende Christen behoort dit te weet.

1Thessalonicense 5:3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.

Posted in Uncategorized | Tagged: , | 16 Comments »