Waak en Bid / Watch and Pray

omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie / for ye know not when the time is (Mark 13:33)

Posts Tagged ‘Kontemplatiewe spiritualiteit’

Ons eie eg Suid-Afrikaanse “Emergent Pinocchios”

Posted by Thomas on September 20, 2009

pinocchioDie ander Waarheid

Almal wat die kindervehaal Pinocchio ken en ook die fliek al gesien het, sal seker die volgende toneeltjie daaruit onthou waar die polisie vir Fox Fox & Cat en Cat arresteer omdat hulle iets verkeerd gedoen het en toe probeer om Pinocchio se arm te draai om hulle uit die verknorsing te help.

Fox: My boy, Pinocchio! Come here, hurry!
Fox: [to the cat] It’s old Wood-legs.
Pinocchio: Oh boy, you two must have done something really bad.
Fox: Oh, no, no, no! Not we! Of course we did nothing wrong! Why, they picked up the wrong fellows.
Cat: Yeah. Now, how about you tell that nice policeman that you like, know us, Pinocchio, buddy? Maybe he’ll let us… scram.
Policeman: Right! What’s all this then, you know these two?
Pinocchio: Yeah. Yes, I do.
Policeman: And how is it that a nice hardworking kid like you would know a couple of bums like these two?
Pinocchio: Well, I…
Pinocchio: [to the fox and the cat] Do you want me to tell the truth?
Fox: Oh yes! Always tell the truth, Pinocchio.
Cat: Oh yeah, the truth, the whole truth and nothing but the truth, little buddy.
Pinocchio: [looks at Cricket, who nods] These two took my money!
Policeman: That’s what I figured. Well boys, that’s gonna add a little more time to your sentence.
Policeman: [to his horses] Aye, get up there!
Fox: Urgh, not that truth, you little wooden-headed netwit!
Cat: Oh, no, no, no, man. The other truth, tell him the other truth.
Cat: [to the fox] Hey, hey! Give me a little clue here. What was that other truth? (Klem deurgaans bygevoeg)

Ons weet almal dat Pinocchio die kuns geken het om ‘n leuen so oor te dra dat dit soos die reine waarheid geklink het. Daar was egter ‘n klinklare manier waarop sy leuens aan die lig gekom het – sy neus het langer en langer geword met elke leuen wat hy vertel het.

Soos Cat in die Pinocchio verhaal wil ek ook baie graag vir Willem Nicol en Carel Anthonissen vra “What was that other thruth? Voordat ek u op hoogte bring van die “ander waarheid” wat ons eg Suid-Afrikaanse Pinocchios vir hulle landgenote en veral ook hulle NGK Ontluikende kerkgenote opdis, wil ek net eers ter inleiding sê dat hierdie kommentaar gerig is op die onderhoud wat Johan Symington verlede Sondagaand (13/09/2009) op RSG in die program “Kruis en Dwars” met Nicol en Anthonissen oor Postmoderne spiritualiteite gehad het. Dr. Willem Nicol is ‘n bekende figuur in die NG Kerk wat Christelike meditasie en in die besonder die verskynsel van “stilte” in kontemplatiewe meditasie onder die aandag bring van die NG kerklui. Dr. Carel Antohosissen is betrokke by die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit in Kaapstad. U kan hier meer oor hom lees.

Dié moet ek darem sê: Johan Symington het ‘n paar indringende vrae gevra. Een hiervan wat Willem Nicol ‘n “emerging” eierdans laat doen het, was die volgende. Ek is jammer dat ek my lesers moet toegooi met Willem en Carel se wyshede maar ek haal hulle eerder uitgebreid en volledig aan voordat hulle my daarvan beskuldig dat ek hulle buite konteks aanhaal.

Johan: As ek nou ‘n stildiiens gaan bywoon, wat kan ek verwag?

Carel: Ek dink ‘n ervaaaaring. Willem het vroeër daarna verwys dat ons in die kerke het gewoond geraak dat die hoofitem van jou diens is maar die prediking en dit appelleer baie sterk [op] die rasionaele, die verstaan van die Evangelie, maar ek dink wat hier gebeur is dat die Woord funksioneer nog steeds; ons lees die Bybel, maar die Bybel word binne heeltemal ’n ander konteks geplaas. So, ek wil amper sê, mense beter luister daarna en dit word ook omring en versterk met simboliese handelinge, litrugiese dinge.

Johan: Verduidelik ‘n bietjie, hoe verskil dit van ‘n gewone erediens?

Carel: As jy instap in die diens, wil ek amper sê, is die tema van die oggend wat uit die Bybel uitkom, ons volg eintlik die kerklike jaar se rooster, is die tema onmiddellik simbolies voorgestel; jy stap in en jy sien reeds met jou oë wat amper gaan gebeur en dan speel ons gewoonlik inleidende musiek; dit skep ‘n bepaalde stemming maar dit is nie net dit nie. Ek dink dit is meer as dit, dit probeer mense, ek dink, via ‘n ander kanaal nader bring aan die Bybel, aan die Woord.

Johan: [Is dit] dan “chanterig” soos die ou Klassieke tradisie was? (Johan het waarskynlik gesinspeel op die ou Gregoriaanse Gesange wat in die Roomse katolieke Kerk en veral in hulle kloosters deur monikke en nonne gesing word, ek wil amper sê, om Carel se uitdrukkihng te gebruik, soos die Bhoeddiste met hulle dreunsang).

Carel: Ons sing ‘n verskeidenheid liedere, . . . nee, nee, gladnie “chanterig” nie. Ek gryp terug op die hele ou tradisie, van die misse wat Mozart geskryf het, die Kyries en Benedictusse, deur tot nuwer interpretasies van Psalm 23. Ek het nou in Wallis wonderlike musiek opgespoor. Ek het amper al gedink ek gee vir Fanie Smit ’n bietjie kompetisie daar in ons diens want dit raak mense nogal; musiek vul baie sterk aan. Miksien kan ek net [iets sê] oor die liturgiese of die rituele wat ons wel gebruik. Ons wissel nogal af; ek dink Willem hulle doen ook iets soortgelyks. Ons sal redelik gereeld, amper tweemaal ‘n maand die eucharistie of die Nagmaal hou, tekens van brood en wyn, bedien of uitdeel, en dan is daar ook ’n ritueel waar mense gewoon kerse aansteek as ’n teken van toewyding of waardeur hulle ook ander mense bring voor God. En dan’t ons, wat vir my een van die mees sinvolle rituele is, is ’n helingsritueel waar ons met olie mense salf, eintlik nader nooi, vorentoe nooi om te kom kniel, en dit is baie betekenisvol vir mense en, ek dink Willem het dit reg in die begin gesê, ek dink ons ken ’n klomp waarhede maar êrens is ons nie ingeoefen om dit ook te leef en te beleef nie en ek dink dit is wat die stildiens vir my beteken . . . ’n Vrou, wat nou eintlik in die NG kerk grootgeword het en deur al die tradisies gekom het, by die Charismatiese kerke ’n draai gegooi het, het beland by die stildiens en vir my na ’n ruk gesê, dit is nou waar sy haar huis gevind het, dit is waar sy tuisgekom het maar sy wil net vir my as leraar een iets sê, dat ek nooit hier moet “intrude” nie, nooit moet inmeng hier nie. En, ek dink is, dit sê miskien alles van die stildiens is dat daar’s nie iemand wat nou domineer of manipuleer, die hele ding probeer . . . ek berei voor maar dis amper soos ‘n tafel wat ’n mens dek, ’n ruimte wat jy skep waarbinne . . . kom ek sê dit maar vroomweg, ek dink waarbinne jy toelaat, meer ruimte gee vir God se eie Gees om in die stilte, deur hierdie handelinge, iets te doen met mense . . . in elk geval wat jy nie kan beheer nie, wat jy nie kan organiseer nie.

Johan: Sal jy preek? (Johan ken blykbaar die gedeelte in die Skrif baie beter as ons twee Pinocchios, wat sê: Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig! . . . Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.” Ek kom later weer by hierdie gedeelte om vir u te wys hoe onbybels en selfs demonies die sg. Stildiens” is en, kom ek sê soos Carel dit maar sommer vroomweg, dat almal wat glo dat hulle hul tuiste gevind het in die stildiens, gruwelik mislei is.

Carel: Ek, ek het die goed, baie interessant, omgedraai en dit werk, dink ek, binne daai konteks baie goed  . . . die hoofhandelinge is dat ons saam luister na die Woord en dit word in Engels en Afrikaans gelees want daar kom ook Engelsesprekendes, maar voor ons die Woord lees, sal ek seker in drie, vier miniute net inleidend aanwysings [gee] hoe ‘n mens beter kan luister na die Woord. Wat kan jy hoor; wat het dit aan my gedoen reeds. . . .  Maar, om een of ander rede, daai klein bietjie wat jy sê, maak amper die sintuie oop om beter te luister na wat dan gelees word.

Willem: Dit is baie soos ons dit hierso ook doen.  Die doel van die hele opset is om die mense oop en sensitief te maak vir die sentrale Skrifgedeelte volgens die Revised Common Lecttionary van dié dag sodat daar nie na die Skrifgedeelte ‘n preek of iets dergliks is nie. Daar’s net ‘n iets van ‘n inleiding wat seker maak dat die persoon hom reg verstaan [waarmee] jy hom miskien n bietjie nuuskierig maak daaroor en hom dus oopmaak, maar dan is dit die eie, eerstehandse ervaring met daardie Skrifgedeeltes sonder ‘n dominee wat daar tussen jou en die gedeelte kom en “intrude” soos Carel sou sê, en om die volle kollig op daardie gedeelte te laat val, gebruik ons dan musiek en poësie en die hele atmosfeer. Die dominee sit dan ook nie voor nie. Hy’s agter. Voor is die kers en dan gebruik ons ‘n skerm sodat daar geprojekteer kan word skilderye en fotos wat help en natuurlik ook die liedere en “chants” wat ons sing . . . en [dit is] eintlik ‘n baie lekker ervaring van elkeen – direk, persoonlik, eerstehands voor ‘n Skrifgedeelte – en dan is die ervaring tog eintlik dat geen preek kan dit beter doen nie want jy is die ene wat die beste weet hoe daai gedeelte jou nou raak. G’n dominee kan dit beter as jy weet nie, want jy ken jou eie ervaring in jou eie binnewêreld en die betrokke Skrifgedeelte raak jou daarso.

Johan: As ek dit reg het, dan sou die kritiek teen so ‘n sisteem gewees het dat ‘n mens vir die duiwel eweveel kans lewer om influistering te doen, veral as jy die teks nie uitlê nie . . .  die duiwel kan daarmee maak wat hy wil. Hoe sal jule reageer op so ‘n standpunt? (Dis ‘n uitstekende vraag, Johan).

Willem: Ja, nee, ek hoor telkens daai ding dat in die stilte kry die duiwel nou kans. My gevoel is hy kry natuurlik sy beste kans in die lawaai, nê – as my kop lawaai van vrees of kommer of watter ander negatiewe emosies – dit is kos vir die duiwel daai. As my kop stil raak in geloof dink ek hy hou nie daarvan nie en nou die probleem dat die Skrifgedeelte dalk verkeerd verstaan kan word en die duiwel fluister nou vir my ‘n verkeerde verstaan in, dit is wat ‘n mens probeer seker maak met die kort inleiding of as jy mense heeltemal op hulle eie sou laat mediteer vir hulleself nou nie in ‘n diiens waar ‘n inleiding nie gegee kan word nie, dan sê jy maar net dat jy moet lees en mediteer oor wat jy wel verstaan en nie oor wat jy nie verstaan nie. Die probleem dat ‘n mens dan nou heeltemal verkeerde gedagtes gaan vorm uit die Bybel dië vind ek nie. Ek vind die mense wat wel wil mediteer is mense wat die Bybel darem al ‘n entjie ken. Hulle het in ‘n mate met hom grootgeword. Ek dink dit is ook nodig om te sê die rede moet sy rol speel; daar moet genoeg verstaan en kennis wees van die Bybel en sy boodksap. Maar dan kan ‘n mens gerus verder beweeg sodat dit nie net die rede is en die Bybelstudie nie maar ook die belewenis, die intuïtiewe en die emosionele kant van die ding.

Dis net hier waar die “Emergent Pinocchio” neuse langer en langer word. Miskien moet Willem eers weer ‘n slag gaan lees wat hy in sy eerste gepubliseerde boek “Stem in die Stilte” oor die influisteringe van die duiwel geskryf het. Op bls. 97 sê Willem Nicol.

As mens op ingewings wag, kan jou eie innerlike of selfs bose magte ook met jou praat.” (Stem in die Stilte :97) (Klem bygevoeg).

Willem Nicol erken dus dat kontemplatiewe meditasie die duiwel en bose magte die kans gun om hulle eie bose idees en gedagtes in te fluister. Sir John Eccles, Nobelpryswenner vir sy navorsing op die brein, het gesê die brein is ”A machine that a ghost can operate.” Enige vorm van meditasie wat daarop ingestel is om jou gedagtes leeg en passief te maak sodat God kwansuis in die stilte met jou kan kommunikeer en jy in sy teenwoordigehid kan kom, is dus niks anders as ‘n medium waardeur ‘n ander geestesentiteit jou gedagtes kan oorneem om sy eie bose idees by jou in te fluister. Carel se stelling dat die simboliese handelinge, rituele en stilte vir die Gees van God ruimte gee om iets te doen met mense wat geen dominee kan doen nie, is net nie waar nie. Die Here Jesus self het verklaar dat sy Gees alleenlik dié dinge aan ons bekend sal maak wat Hy van Hom gehoor het (Johannes 16:13-16), m.a.w. die Gees sal nooit buite-om die waarheid soos dit in die Skrif vir ons uitgespel word, iets sê of doen nie.

Dié moet ek darem toegee; Willem glo  ten minste nog in die bestaan van die duiwel en bose magte terwyl ander NG predikante ruiterlik ontken dat hy wel bestaan en glo dat ons die naaste aan ‘n duiwel kom wanneer ons in ‘n spieël kyk, bedoelende dat die boosheid per se binne-in die mens die duiwel is. Maar nouja voordat ons Willem voor stok kry oor sy eierdans moet ons darem onthou dat daar nie sulke goeters soos leuens in die Ontluikende Kerk is nie. Dis maar net “’n ander waarheid” soos Pinocchio se twee “vriende” gesê het. Ek vind dit uiters tragies dat die ontluikende broederskap die Bybel alhoemeer minag omdat dit kwansuis teësprekende gedeeltes bevat of soos hulle dit stel die Bybel hom weerspreek, terwyl hulle met leepogies en ‘n afgodiese aanbidding van hulle ghoeroes (soos o.a. Willem Nicol) eerder na hulle “ander waarhede” (nie-weersprekende leuens) luister as na die Woord van God. Dit maak dus nie saak of hulle ghoeroes hulleself telkens weerpsreek nie want hulle “weersprekerigheid” is maar net “ander waarhede” maar wee die Bybel omdat hy hom kwansuis weerpreek.

Carel Anthonissen plaas die hele uitgangspunt en doel van die ontluikende spiritualiteit baie goed in konteks wanneer hy sê, “die Bybel word binne heeltemal ’n ander konteks geplaas.” Om in ‘n ander konteks ingebed te word moet dit noodwendig eers van ‘n bestaande konteks losgemaak of losgeskeur word alvorens dit in die nuwe konteks ingemessel kan word. Dit kom dus daarop neer dat die tradisionele of ou gevestigde erediensgebruike van die Bybel heeltemal ontdoen moet word om plek te maak vir die nuwe konteks waarvan Carel en Willem praat. Ek het reeds vluggies verwys na die gevestigde konteks van die Bybel toe ek Romeine 10:13-17 vir u aangehaal het. Hiervolgens is dit baie duidelik dat God die Bybel (sy Woord) aan ons gegee het om ons te leer en te oortuig wat ons nodig het om gered te word. Die prediking van God se Woord het dus ‘n reddinggewende funksie omdat almal wat dit hoor en terselfdertyd deur die geloof daarop reageer soos die Skrif sê (Johannes 7:38), gered word. As sodanig MOET die Woord van God te alle tye die middelpunt van die erediens inneem, en nie soos die vrou wat Carel vermaan het om nie te “intrude” nie, op ‘n syspoor gerangeer word nie. Sê die Here dan nie self van sy Woord dat dit lewend en kragtig en skerper is as ‘n tweesnydende swaard wat deurdring tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg nie, en dat dit ‘n beoordelaar is van die oorlegginge en bedoelinge van die hart? Die murg in die gewrigte is ‘n metafoor van die mens se diepste en donkerste geheime wat hy geneig is om te verbloem met mooi woordjies en goeie dadetjies (soos die blare waarmee Adam en Eva hulle naaktheid bedek het). G’n wonder die Bybel sê dat die mens se hart bedrieglik is bo alle dinge en uiters verdorwe is en dat niemand, nie eens jyself, dit kan ken nie (Jeremia 17:9). Alleenlik die woord an God wat skerper is as ‘n tweesnydende swaard kan die gewrigte (harde been) oopsny en oopkloof om die murg daarin bloot te lê en aan die lig te bring. Juis dan, wanneer sondaarmense hulleself in die lig van God se Woord sien en leer ken, sal dit hulle na die Here uitdryf om Hom aan te roep vir die vergifnis van hulle sondes en hulle redding (Romeine 10:13).

Maar nee, die postmoderne Pinocchios “skree” in die “stiltes” van hulle kontemplatiewe ekskursies: “Weg met die Here se manier om SY Woord in ons eredienste aan te wend. Ons gaan sy Woord binne ‘n heeltemal ‘n ander konteks plaas, ‘n konteks wat ons gaan haal in die verre verlede toe die Woestynvaders die Bybel op ‘n kontemplatiiewe wyse gelees het om hulle in die teenwoordigheid van God te bring (Lectio Divina). Om hierdie “heilige” atmosfeer te skep wil ons as predikante – wat nie gestuur is nie – eerder as huurlinge agter in die kerk gaan sit sodat ‘n aangesteekte kers voor in die kerk ons kontemplatiewe boeties en sussies in die regte stemming kan bring sodat die Woord beter te kan verstaan. Ons is nie juis begaan oor hulle sieleheil nie en ons gee werklik nie om of hulle gered is of nie. Almal, gered of nie, kan op die maniere wat ons in ons stildienste vir hulle aanbied in die teenwoordigheid van God kom.

Multi-sintuiglike of -sensoriese aanbidding

Ten spyte van die Here se opdrag in Johannes 4: 24 dat ons God (wat Gees is) in gees en in waarheid moet aanbid, dring die kontemplatiewe ontluikende voorbankers daarop aan dat jy al jou sintuie moet gebruik om die Here in die “stilte” te kan ervaar. U sal onthou dat toe Johan Symington Carel vra wat ‘n mens kan verwag as jy ‘n “stildiens” bywoon, het hy hom geantwoord met ‘n uitgerekte “ek dink ‘n ervaaaaring.” Hiermee saam gaan natuurlik ook die opsyskuif of marginalisering van die Woord van God as die episentrum van sy waarheid. Gesonde leerstelling word eenvoudig net geminag ter wille van die ervaring.

Doug Paggit (die mede-outeur saam met Tony Jones van die boek “An Emergent Manifesto of Hope”) se voormalige Pastoor, Leith Anderson het in 1992 die volgende redes aangevoer vir die soeke na ervaring in die plek van gesonde leerstelling.

The old paradigm taught that if you had the right teaching, you will experience God. The new paradigm says that if you experience God, you will have the right teaching. This may be disturbing for many who assume propositional truth must always precede and dictate religious experience. That mindset is the product of systematic theology and has much to contribute … However, biblical theology looks to the Bible for a pattern of experience followed by proposition. The experience of the Exodus from Egypt preceded the recording of Exodus in the Bible. The experience of the crucifixion, the resurrection and Pentecost all predate the propositional declaration of those events in the New Testament. It is not so much that one is right and the other is wrong: it is more of a matter of the perspective one takes on God’s touch and God’s truth. [1]

Anderson sê in werklikheid dat die Bybel by wyse van die ervaring van mense met nuwe en vars idees beskrewe word. Daarom lê Willem soveel klem op elkeen se eie, direkte, eerstehandse en persoonlike ervaring omdat geen preek, soos hy dit stel, mense se ervaring kan verbeter nie. Die Bybel is dus nie ‘n geslote kanon nie maar word voordurend aangevul met dié dinge wat mense gedurende hulle kontemplatiewe reise ervaar. Dit klink amper soos Doug Pagitt wanneer hy sê: “putting words around people’s experiences to allow them to find deeper connection in their lives.” Die rede hiervoor is natuurlik om jou eie “kontemplatief-ervaarde waarhede” en ook die “ander kontemplatief-ervaarde waarhede” van ander persone met mekaar te versoen sodat die een nie vir die ander kan sê dat sy of haar ervarings verkeerd is nie; dis maar net ‘n “ander waaheid” en kan  dus as sodanig gebruik word om die immer wordende en groeiende Bybel aan te vul. Die sg. “conversation” (gesprek) in die kontemplatiewe kultuur gaan dus juis oor die oorvertel en die sg. inkarnerende deelname aan mekaar se ervarings. Dis ‘n nimmmereindigende spirituele reis waarin elkeen se ervaring saam bou aan die “waarheid.” Daarom korrigeer Thomas Keating hom baie gou in die onderstaande uittreksel uit die video waarin hy praat oor “oneness” met God en met mekaar, wanneer hy aanvanklik sê “There is one final . . .” en  homself dan gou=gou herstel met die woorde: “since oneness’s are many, maybe its adventurous to say “one final” because there are probably many more final ones after that.”

Al jou sintuie, sig, reuk, gevoel, smaak en gehoor, word tydens stildienste ingespan. In teenstelling met die geloofsvoorwaardes in Romeine 10 wat verklaar dat geloof deur die prediking van die woord en deur predikers met lieflike voete in mense se harte ingebrurger word, glo die ontluikendes dat geloof aangewakker word deur te kyk na skilderye, die aanraking van beelde of ikone, die reuk van kerse of reukwerk en die aanhoor van “chants” en dan eers volg die Woord. Dit sluit aan by wat Carel gesê  het: “Ek, ek het die goed, baie interessant, omgedraai en dit werk.” Leonard Sweet verwys daarna as “EPIC culture” – Experiential, Participatory, Image-Driven, Connected.”[2] Beelde van Jesus wat aan die kruis hang of groot houtkruise asook beelde van die Moeder en die Kind is nie ongewoon in sulke “stildienste” nie.

Thomas Keating, van wie Willem Nicol met lof praat op bladsy 60 van sy boek “Gebed van die Hart” speel al sedert 1940 ‘n leidende rol in die herondekking en heropdieping van die kontemplatiewe/sentreerde gebeds-spiritualiteit en werk ook baie nou saam met Ken Wilber, ‘n sinkretis wat d.m.v. sy webblad die integrasie van alle spiritualiteite en godsdienste bevorder. Die “EPIC culture” (Experiential, Partipatory, Image-Driven, Connected) van Leonard Sweet word op treffende wyse deur Thomas Keating beskrywe waar hy in ‘n video vertel hoedat die Boeddha op ‘n dag 80 000 dissipels op vulture Peak byeengebring het om die konsep van “oneness” met God te illustreer.

Thomas Keating

There’s one final – since oneness’s are many, maybe its adventurous to say “one final” because there are probably many more final ones after that. But, perhaps this can be communicated by this story which seems to me the Buddhist writer has captured exactly what I’m referring to here.

In one of the Zen stories the Buddha is recorded to have brought together 80 000 disciples . . . and they met on Vulture Peak and there the Buddha chose a Lotus, as you know, the very important symbol of human transformation in the Buddhist and Hindu traditions, and so somewhat like a Eucharistic celebration he raised his Lotus flower and all the monks and nuns, I presume, gazed upon this symbol of unity and spiritual wanton and forgot themselves or lost themselves in the deepest silence of communion with the Absolute and with each other, and because of their numbers the intensity of this divine communication was . . . unsurpassed. And as this deep silence trickled deeper and deeper into the inmost being of all the monks one of the senior monks standing beside the Buddha,  . . . started to laugh and it wasn’t just hee hee hee, it was ho, ho ho ho; he was just bellowing of laughter that resounded off the mountain peaks and shocked all the monks into a kind of spiritual stupor so that their silence of the spiritual kind was utterly shattered.

Thomas Keating He lowered the Lotus, the laughter subsided, he turned to this senior student and he gave him the fullness of the dharma, that is to say ultimate enlightenment. Of course the Zen people never tell you what it means. . . . . That’s exactly what it means when you say there is no other; in other words the divine oneness is so unique, no word, no concept can come anywhere close to it; nor can any experience, even the highest kind in this life and probably in the next. In other words, its so transcendent and immiment at the same time that it blows you away and the only possible response when that experience of oneness has reached its peak is to laugh. Nothing is sacred compared to this experience however sacred we try to make it. It just means, “God Is.” There’s nothing else to say or do in that and yet at the same time this very experience, because of God’s infinite diversity is the source of every true ministry or service or love . . . but the acts are nothing compared to the source, to the love; it just is and is always happening and nothing can take anything away from it, nothings can add to it; it intervents reality that we poor little creatures, barely evolved from the vegetables and the animals, are invited.

What does that say if you believe that? What does that say about the ultimate? It must be that God is so humble, he doesn’t want to be God. He’s ready to throw it all away. Of course in Christian terms this is what the incarnation means. Paul says explicitly the Word of God and the Son of God didn’t consider being equal to God something to hang onto. To hell with it! That means God is so close that nobody is uninvited to this banquet of divine love, no matter who the hell you are or what you have done.

Hope, theolizing hope, is not about the past whether you did well, it doesn’t matter whether you did sins  . . . Its not of future because we don’t know whether that leads in. Its about right now, that God, the Ultimate host, is offering us his hospitality which goes to the extent of giving himself away, totally to each of us on condition that we consent. So in this perspective being is more important that doing. Being is more apostolic or evangelizing, to use those terms than silence. Sacrifice is the meaning of this universe. In heaven the total giving away of all that one has is delightful. In this world its hell but you can’t change God and the dynamic of manifesting this infinite humility of God involves for us the total loss of self – not just the false self but of any attachment to an identity that is not God. And so, if reincarnation really exists, its not us who are being reincarnated but Christ or whatever term you have for God. (Klem bygevoeg)

Willem Nicol verwys ook na sekere fisiese ervarings tydens meditatiewe stiltes in sy boek Gebed van de Hart:

“Daar kan allerhande fisiese ervarings wees, byvoorbeeld ’n gejeuk of tinteling, ’n kriewel in die keel, hoofpyn of ’n vreemde gevoel in die kop, ’n swaar gevoel of selfs ’n gevoel van gewigloosheid. Ander begin sug, lag of huil. Alles is tekens dat daar iets aan die gang is.” (Gebed van die Hart :135‑136).

Die geestelike ervarings waarna Carel en Willem verwys gaan dus nie net gepaard met sigbare elemente soos gedomplede ligte (donkerte, volgens Dan Kimball, verteenwoordig spiritualiteit in die ontluikende kultuur en is ook deel van die Bhoeddistiese en Roomse spiritualiteite. Donkerte dui daarop dat iets baie ernstigs besig is om te gebeur), gebedstasies, kerse, reukwerk, skilderye, fotos en ikone nie maar ook soms met ‘n onbedaarlike gelag of gehuil wat die geestelike ervaring van eenwording met die Absolute en met mekaar waarmerk of bekragtig. Die sg. “oneness” met God of die Absolute en met mekaar word dus aangebring deur hierdie mistieke ervarings wat in die stilte deur fisieke, sigbare en tasbare elemente aangehelp word, soveel so dat dit reeds beskou word as dié oppermetode om die Christendom met ander gelowe te versoen, selfs ook met Islam. Die liberale evangelis, Tony Campolo wat nie so lank gelede nie op uitnodiging van die Moreletapark NG gemeente na Suid-Afrika gekom het, glo soos die okkultis, Aldous Huxley dat mistisisme die “higest common factor” is. Campolo skryf in sy boek, Speaking My Mind, as volg op bladsye 149 enn 150:

Beyond these models of reconciliation, a theology of mysticism provides some hope for common ground between Christianity and Islam. Both religions have within their histories examples of ecstatic union with God … I do not know what to make of the Muslim mystics, especially those who have come to be known as the Sufis. What do they experience in their mystical experiences? Could they have encountered the same God we do in our Christian mysticism?[3]

Die hoofdoel van die mistieke ervarings wat mense in die stilte ondergaan is dus in die eerste plek om die skeidsmure tussen alle gelowe af te breek, al sou dit dan ook moes beteken dat die God van die Bybel se vleeswording (inkarnasie) op vernederende wyse afgewentel word tot op die vlak van iemand wat so nederig is dat hy nie meer God wil wees nie en selfs met afsku aan sy eie godheid bereid is om dit hel toe te stuur. Jesus Christus se bereidheid om nie aan sy goodheid vas te klem nie (Filippense 2:6) was beslis NIE omdat Hy in algehele nederigheid nie meer God wou wees nie, maar Hy het sy godheid as’t ware in sy vleeswording eenkant toe geskuif sodat hy as ware mens aan ‘n vloekhout kon sterwe vir ons sondes. Hier sien ons weer eens baie duidelik dat die ontluikende kerk alle grondwaarhede in die Bybel moet herverwoord en manipuleer sodat dit ‘n ander inhoud en betekenis moet kry, hoofsaaklik om dit soveel makliker te maak om die Christendom met ander gelowe te versoen. Daarom kan Suid-Afriikaanse ontluikende leiersfigure soos Stephan Joubert sonder om te blik of the bloos in ‘n preek verklaar dat daar ook waarhede in ander godsdienste soos die Bhoeddisme is en iemand soos Brian Mclaren kan deelneem aan Isalm se Ramadanfees as ‘n gebaar van eer en verheerliking aan God. Dis amper soos Aaron wat ‘n goue kalf gemaak het vir die volk van Israel en toe gesê het: “Môre is daar fees tot eer van die HERE.” (Exodus 32:5).

Môre is daar fees tot eer van die HERE.

Dieselfde gees wat hierdie leuens tydens die ontluikendes se stildienste by hulle ore influister, is diselfde gees wat reeds sedert die begin alles in die stryd werp om God te ontroon en self as God in die tempel te sit en as God aanbid te word. Hierdie gees van Satan is besig om die ontluikendes voor te berei vir ‘n ander Christus, by name die Antichris en die tragiese rondom die hele ou penarie is dat hulle dit nie agterkom nie terwyl hulle alle waarskuwings om hulle daarvan te bekeer in die wind slaan.

‘n stil – en leeggemaakte, passiewe gemoed

Die Bybel leer ons nêrens tussen sy blaaie vanaf Genesis tot Openbaring dat die mens sy kritiese denke moet prysgee deur sy “mind” leeg te maak met behulp van mistieke kontemplatiewe dissiplines nie. Die Woord van God sê juis dat die mens verander moet word deur die vernuwing van sy gemoed (Romeine 12: 2). Die King James sê dit so mooi: “And be not conformed to this world: but be ye transformed by the renewing of your mind, that ye may prove what is that good, and acceptable, and perfect, will of God.” Die  woord “anakoinosis” (vernuwing) beteken om ‘n algehele gemoedsverandering te ondergaan, in so ‘n mate dat dit jou in staat sal stel om God se soewereine wil vir jou lewe te verstaan en uit te lewe. Dit word beslis nie meegewerk deur mistieke kontemplatiewe gebruike nie maar deur die Woord van God. Ek sê dit op grond van die Here Jesus se woorde in Johannes 17: 17: “Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.” Petrus waarku ons baie duidelik dat ons te alle tye nugter en waaksaam moet wees. Die Amplified Bible stel dit so:

1 Peter 5: 8 Be well balanced (temperate, sober of mind), be vigilant and cautious at all times; for that enemy of yours, the devil, roams around like a lion roaring in fierce hunger], seeking someone to seize upon and devour.

Die ontluikende kontemplatiewe kerklui se teenargument is natuurlik Psalm 46:10 wat soos volg in die King James lui:”Be still and know that I am God.” Die Amplified stel dit as volg: “Let be and be still, and know (recognize and understand) that I am God. I will be exalted among the nations! I will be exalted in the earth!” Beide die ou en nuwe Afrikaanse vertalings sê  nie een “Wees stil” nie. Die Ou vertaling sê “Laat staan en weet dat ek God is” en die nuwe vertaling sê “Bedaar en erken dat ek God is.” Die woord “raphah” beteken nie om jou mond te hou of om niks te sê nie, of om jouself aan algehele stilte oor te gee nie. Die konteks  van Psalm 46 is dat God vir Jakob (Israel) ‘n veilige toevlug en beskutting sal wees wanneer Hy die nasies gaan oordeel en dat hulle dus nie nodig het om hulle oor enigiets te kwel nie. Die Engelse woord “relax” dra die betekenis daarvan baie beter oor omdat God vir hulle sê om nie op hulle eie vleeslike vermoëns staat te maak nie maar op Hom en sy magtige dade. Ons vind dieselfde begrip van “relax” in Eksodus 14:13 waar Moses die volk troos met die woorde:

“Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red, want soos julle die Egiptenaars nou daar sien, sal julle hulle nooit weer sien nie.”

Dit is absoluut verstommend om te sien hoeveel Suid-Afrikaners uit alle raasegroepe reeds deur die Ontluikende Kerk en hulle kontemplatiewe, mistieke spiritualiteit mislei is. Mag die Here voorsien dat sommiges van hulle so gou moontlik loskom van die gevaarlike web van mistisisme wat niks anders as ‘n Christelik-verbloemde vorm van die okkultisme is nie.

Ope 18:4 En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.


[1] Leith Anderson, A Church for the 21 st Century, p. 21.

[2] Leonard Sweet, Postmodern Pilgrims (Nashville, TN: Broadman Holman Publishers, 2000), p. 28.

[3] Tony Campolo, Speaking My Mind (Nashville, TN: Thomas Nelson, 2004), pp. 149-150.

Posted in Gestuurde Kerk, Ontluikende kerk | Tagged: , , , , , , , , , , , , , | 9 Comments »

“Stel ‘n hemelse wag aan voor jou mond” . . . sodat derduisende mislei kan word?

Posted by Thomas on August 20, 2009

‘n Mens hoor dikwels sommige van ons hedendaagse “toleransie-predikers” vir jou sê: “As jy niks positiefs of moois oor iemand kan sê nie, bly dan maar liewer stil.” Ongelukkig het hierdie mooi ongeskrewe reël baie mense in die afgrond help dompel eerder as om vir hulle van enige werklike waarde te wees. Ek het gevind dat wanneer die “toleransie-predikers” jou kritiek op hulle openbare en onbybelse uitsprake nie vanuit die Skrif kan repudieer nie, hulle na die “persoonlikheids-lat” gryp om jou aan te kla van karkatermoord omdat jy hulle kwansuis persoonlik aanval en nie die dinge wat hulle sê of skryf nie. Hulle skroom nie om jou te besluldig van halwe waarhede nie, maar versuim gerieflikheidshalwe om die halwe waarhede wat jy kwansuis oor hulle uitbasuin duidelik uit te spel. Om vir u ‘n aanduiding te gee wat ek bedoel, neem ek u graag na Stephan Joubert se e-kerk webblad waar hy onlangs onder die opskrif “Stel ‘n hemelse wag aan voor jou mond” met verwysing na Psalm 141:3 o.a. die volgende gesê het.

Navorsers het bevind dat wanneer mense baie negatief oor iets of iemand anders voel, dan vertel hulle dit vir 17 ander mense. Maar wanneer hulle baie positief voel, dan vertel hulle dit slegs vir 11 mense. Nou ja, daar het jy dit! Nou weet jy hoekom ‘n handjievol negatiewe mense dit regkry om ‘n ganse gemeenskap lam te lê met hulle negatiewe praatjies oor ‘n leier, of oor een of ander nuwe inisiatief, ook al voel die meeste mense positief. Slegte nuus trek gewoonlik strate verder as goeie nuus . . .

Dis verstommend hoe baie kerkmense eerder ‘n koerant of ‘n plaaslike skindermond sal glo as om hulle tonge onder beheer van die Here te stel. . . .

Die beste geneesmiddel vir ‘n gevaarlike tong is om ‘n hemelse Wag voor jou mond aan te stel (Psalm 141:3). Vra die Here om jou tong elke dag op te pas.

‘n Verkeerde eksegese van Bybeltekse en –hoofstukke lei onafwendbaar tot verkeerde lering en selfs ergerlike dwaallering. In Psalm 141 is daar geen sprake dat Dawid

daarop aandring dat jy niks mag sê oor iemand se leerstellige eierdanse nie. Ja! natuurlik bedoel hy hier dat die Here hom moet bewaar van slegte dinge en om slegte dinge te sê, menenende dat Hy hom moet keer om verkeerde dinge te sê; dinge wat indruis teen God se Woord en sy Wette. Dit is opvallend dat Dawid in die lig hiervan in vers 5 sê “Laat die regverdige my met liefde slaan en tugtig—hoofsalf sal my hoof nie weier nie.” Hoewel Dawid met hoofsalf deur Samuel as koning gesalf is en hy die hoogste gesag in die land beklee het, het hy nogtans ‘n leerbare gees (“teachable spirit”) gehad. Hy was bereid om hom te verneder onder die tug van die regverdiges wanneer hulle hom sou bestraf oor enigiets wat hy verkeerd gesê of gedoen het. Vir hom was dit soos hoofsalf. Dis interessant dat Dawid se seun Salomo ‘n soortgelyke ding in Spreuke 27:5 gesê het: “Openlike teregwysing is beter as verborge liefde.” Hy skryf o.m. ook die volgende:

Spreuke 10:17 Wie hom laat leer, ken die pad na die lewe; wie teregwysing verwerp, dwaal van dié pad af.

Spreuke 12:1 Wie hom laat leer, wil graag kennis ontvang; wie hom nie laat teregwys nie, is ‘n dom mens.

Spreule 13:18 [Geetselike] Armoede en vernedering wag vir iemand wat hom nie wil laat leer nie, wie ‘n teregwysing ter harte neem, word geëer.

Spreuke 15:31  Wie op ‘n teregwysing ag slaan, sal lewe en ‘n tuiste vind tussen mense wat wysheid het.

Spreuke 15:32 Wie onderrig in die wind slaan, gee nie om vir homself nie; wie op ‘n  teregwysing ag slaan, kry insig.

Paulus sluit pragtig hierby aan wanneer hy in 2 Timotheus 3:16 die volgende skryf:

Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,

Teregwysing, vermaning, bestrawwing en tugtiging is dus ‘n integrale deel van die liggaam van Christus. Ongelukkig sien die postmoderne mens en veral die toleransie-predikers en leierfigure hierdie vermaning en bestrawwing  as ‘n aanval op hulle persoon, so asof hulle sooooo belangrik is.  Pleks daarvan om gesonde vermaning met nederigheid te aanvaar en om ‘n “leerbare gees” te kweek, verkondig Stepan Joubert die volgende Twitter”-twak:

If you can’t be a good example, at least be a horrible warning—this is the motto of thousands of churchgoers. Dont follow them. 10:53 AM Aug 6th from web

Kom ons vergewis ons dan nou eers van die goeie voorbeeld wat die e-kerk en e-church familie veral vir ons jeug stel deur ‘n slag weer te kyk na die mense met wie hulle so graag langs dieselfde vuur sit. E-kerk ondersteun en onderskryf verkeie leierfigure in the ontluikende kerk wat onbeskaamd ‘n kontemplatiewe, “New Age” en intergeloof spiritualiteit verkondig terwyl hulle daarop aanspraak maak dat hulle toegewyde Christene is. Brian McLaren, een van e-kerk se voorbeeldigste sg. “volgelinge van Jesus,” is besig om toenemend die Naam van Jesus deur de modder te sleep. Suid-Afrikaanse geestelike leiers in die ontluikende kerk soos Guillaume Smit, Dries Lombaard, Dries Cronjé, Cobus van Wyngaard, Nelus Niemandt en natuurlik ook Stephan Joubert, e.a. praat met groot lof van Brian Mclaren op hulle onderskeie blogs en adverteer veral sy boeke “A Gennerous Orthodoxy,” “The Secret Message of Jesus” en “Everything Must Change.” Hier’s wat Brian McLaren onlangs op een van sy blogs kwytgeraak het. Terwyl u dit lees hou asseblief in gedagte wat ek onlangs oor die onmensllike onthoofding van Christene deur die Moslemgroep, al-Shahaab, in die Suide van Somalië geskryf het sodat u ‘n idee kan kry waarmee Brian McLaren en sy meelopers hulle deesdae vereenselwig, en ook die soort mense wat die-kerk familiekring ondersteun. U kan die volledige artikel hier lees.

Ramadan is the Muslim holy month of fasting for spiritual renewal and purification. It commemorates the month during which Muslims believe Mohammed received the Quran through divine revelation, and it calls Muslims to self-control, sacrificial generosity and solidarity with the poor, diligent reading of the Quran, and intensified prayer.

This year, I, along with a few Christian friends (and perhaps others currently unknown to us will want to join in) will be joining Muslim friends in the fast which begins August 21. We are not doing so in order to become Muslims: we are deeply committed Christians. But as Christians, we want to come close to our Muslim neighbors and to share this important part of life with them. Just as Jesus, a devout Jew, overcame religious prejudice and learned from a Syrophonecian woman and was inspired by her faith two thousand years ago (Matthew 15:21 ff, Mark 7:24 ff), we seek to learn from our Muslim sisters and brothers today.

Muslims observe Ramadan in the same basic way world-wide: they fast from food, water, sex, etc., from dawn to dusk. We Christians who are joining in the fast will share these four common commitments.

We, as Christians, humbly seek to join Muslims in this observance of Ramadan as a God-honoring expression of peace, fellowship, and neighborliness. Each of us will have at least one Muslim friend who will serve as our partner in the fast. These friends welcome us in the same spirit of peace, fellowship, and neighborliness.

We will seek to avoid being disrespectful or unfaithful to our own faith tradition in our desire to be respectful to the faith tradition of our friends. For example, since the Bible teaches us the importance of fasting and being generous to the poor, we can participate as Christians in fidelity to the Bible as our Muslim friends do so in fidelity to the Quran. (Klem bygevoeg)

Waarom sou iemand wat daarop aanspraak maak dat hy deel is van die liggaam en die bruid van Jesus Christus hom met die Ramadan-fees vereenselwig waarvan die feesgangers ontken dat God ‘n Seun het en die vermoording van Jode en Christene goedkeur? Benewens die feit dat die Moslems ontken dat Jesus self God is en dat Hy die Seun van God is omdat God nie ‘n Seun het nie, verwerp die Moslems ook Jesus Christus se kruisiging en verklaar dat iemand anders in sy plek gesterwe het, i.p.v. dat Hy in ons en in die Moselms se plek gesterwe het. Hulle verklaar ook dat enigeen wat in die Drie-Enige God glo direk hel toe gaan en dat Moslems nie vriende moet maak met die Jode en Christene nie. Kan u sien waarheen die Ontluiikende Kerk (“Emreging Church” of “Emergent Church”) op pad is? Sal u werklik deel wil wees van so ‘n kerk wat ‘n ander Jesus navolg? Dié is seker; die eindtyd Babiloniese kerk (Openbaring 19:2) waarin almal van watter godsdiensoord ookal ‘n heenkome sal vind, is baie vinnig besig om deur die fasiliteerders (“change agents) in the Ontluikende Kerk gevestig te word.

So van fasiliteerders (“change agents”) gepraat. Ron Martoia wat tans op besoek is in Suid Afrika noem homself ‘n “transformational architect.” Die volgende berig het op Dave Hunt en Tom McMahon se webblad The Berean Call verskyn.

[McLaren has joined forces with individuals such as Linnea NIlsen Capshaw. According to her resume, Capshaw works with Dr. Ron Martoia who is a transformational architect . . . . His area of expertise is on the new and shifting landscape of church/cultural intersection, where he helps churches consider how they can shift their theological outlook which in turn will shift and adjust their ministry trajectory and cultural interface. . . . Ron is using his cultural intonation to help churches shift paradigms from the old Newtonian world to the Quantum world of the 21st century context.

“In addition to monthly consultations, Ron currently facilitates a new experimental learning community model in Jackson, Michigan called Vortex. Meeting in an arts enclave with over 20 other artists, there are weekly facilitated conversations on everything from string theory and the origins of the universe to the insights of Aristotle on personal development, as well as theological discussions about world religions and global spiritual formation praxis. Vortex hosts immersive learning experiences as well as weekly yoga classes. This experiment hopes to be part of shaping a new learning container for 21st century spiritual and personal formation.” (Klem bygevoeg).

http://www.velocityculture.com/aboutron.html

Dis hoegenaamd nie moeilik om af te lei nie dat Ron Martoia se kerklik/kulturele en “transformerende argitektuur” (“transformational architecture”) in ‘n baie groot mate geskoei is op kontemplatiewe spiritualiteite en selfs ook joga, ‘n Oosterse merditatiewe praktyk wat Hindoes met hulle Hindoegode saam in dieselfde juk laat trek. Lees gerus hierdie artikel oor die gevare van joga en transendentale meditasie. Die volgende aanhaling toon baie duidelik hoedanig Ron Martoia meditasie propageer en aanwend om transformasie in die kerk en kulture te bewerkstellig.

“I want to infuse you with the insight and energy to assist you in attaining the transformation you desire. My experience in my own personal life and as a transformational architect helping other people along on the journey is that most of us realize the obvious growth barriers we face.”

“We must become aware of being aware and make a commitment to make that happen. If we were to do this on our own personal level it would transform who we are. If we begin to do that on the inner personal level with spouse and friends and kids, what might that do to transform the very systems of our lives and the very family units we live in. Second, we need to cultivate a daily practice of meditation. . .

The fact is meditation is a concentrated dose of awareness. It is quite clear that those who cultivate a daily practice of meditation have that as an anchor all day and can at times throughout their day go back to it and affirm the quiet center they are attempting to maintain. . . a quiet center, the place from which our true life flows. . . For us to grow at all we have to be aware.”- (Klem bygevoeg)

Ron Martoia – www.vortexdownload.com

En wil baie graag u aandag vestig op Martioia se gebruik van die woorde “journey,” en “growth barriers.” Thomas Keating, ‘n Rooms Katolieke mistikus wat as een van die belangriikste aavoerders van die moderne kontemplatiewe beweging beskou word, het soortgelyke terme gebruik om die struikelblokke en die oorkoming daarvan op jou geestelike reis (“journey”) in sy boek “A Contemplative Journey, Vol. II” te omskryf. U kan meer hieroor lees hier.

From infancy, Father Keating teaches, we accumulate emotional layers, or “programs,” as a result of traumatic experiences. The practice of Centering Prayer engages directly with the unconscious and loosens old traumas that hinder your spiritual development. This form of “divine therapy” draws from a contemplative method that has brought profound inner transformation into the lives of thousands of practitioners. The Contemplative Journey is Father Thomas Keating’s great masterwork: a complete curriculum devoted to a Christian path for achieving the “still point” of resting in God. Each volume includes a study guide.

Soos u reeds hierbo gesien het, noem Ron Martoia die “still point” waarna Thomas Keating verwys die “quiet center, the place from which our true life flows.” U het seker ook dadelik opgemerk dat die woord “transformation” telkens in die kontemplatiewe ghoeroes se taalgebruik opduik. Dis nie om dowe neute nie want “transformasie” wat aan die hart lê van die Evangelie van Jesus Christus moet ten alle koste vervang word met ‘n parallel-klinkende “transformerende argitektuur,” d.w.s. ‘n ander weg en nie dié Weg nie (Jesus Christus) om transformasie in individue en samelewings te bewerkstellig. Nouja, so ‘n argument klink miskien by die eerste aanhoor ‘n bietjie vreemd, maar laat my toe om te verduidelik. Wanneer ek sê “transformasie” lê aan die hart van die Evangelie van Jesus Christus dan verwys ek spesifiek na die essensie van bekering wat deur die woord metanoeo { met-an-o-eh’-o} omskryf word. Die woord beteken om ‘n algehele gemoedsverandering te ondergaan, soveel so dat jy anders begin dink oor God, sy geregtigheid, sy regverdige oordele, en sy genade asook oor jou eie sondige en verlore toestand. Die Engelse verklaring vir die woord lui as volg:

1) to change one’s mind, i.e. to repent

2) to change one’s mind for better, heartily to amend with abhorrence of one’s past sins

Bekering begin dus in die mens se gemoed of verstand. (Let asseblief noukeuring op ek sê “BEGIN” in die mens se gemoed deurdat die Heilige Gees die verlore sondaar oortuig van sondes, geregtigheid en oordeel. Jou gemoedsverandering is nie jou redding nie. Dis slegs die aansporingselement in jou gemoed om terug te draai na God toe en jou na Hom te wend vir redding deur Hom daadwerklik aan te roep vir jou redding—om van bo gewederbaar te word.–Kyk gerus weer na Romeine 10:13). Daarom sê die Here Jesus ook baie pertinent: “Kom na my toe, almal wat vermoeid en belas is en ek sal julle rus gee.” (Mattheus 11:28-29). Die “aanroep” om redding geskied dus wanneer die verlore sondaar hom na Christus wend (na Hom toe gaan in die gebed) om sy saak met Hom reg te maak (Jesaja 1:18).  Die noodsaaklikheid van ‘n veranderde gemoed ten aansien van redding en ‘n voortdurende transformasie in jou lewe word baie goed deur Paulus opgesom in Romeine 12:2: “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.” Diie Engelse weergawe lui as volg:

And be not conformed to this world: but be ye transformed by the renewing of your mind, that ye may prove what is that good, and acceptable, and perfect, will of God.

Japie Grobler skryf:

Oosterse meditasie wat as “Christelike meditasie” voorgehou word is ’n inwaarste reis wanneer mense hulle gedagtes leeg maak van alle gedagtes in hulle soeke na God sonder die gebruik van woorde, sodoende word God se Woord nietig gemaak. Deur op hierdie manier te mediteer beweeg die persoon na ’n alternatiewe bewussynsvlak waarin hy ontneem is van sy onderskeidingsvermoë. Sy rasionele denke is afgeskakel, dus kan hy nie analities dink nie en sodoende is hy onmagtig om sy gedagtes in die lig van sy kennis van die Skrif onder leiding van die Heilige Gees te toets. Dit is ’n heidense praktyk wat in totaliteit verwerp behoort te word.

Die mens se denke en gedagte is aktief betrokke by die bestudering en oordenking van die Woord. Die Here Jesus stel geloof bo die onsienlike en ondervinding, en die Skrif waarsku teen misleiding en stel dat alles aan die Skrif as maatstaf getoets moet word: (Joh 20:29; 2 Kor 5:7; Rom 10:17; Jes 8:20; Hand 17:21; 1 Tess 5:21; 1 Joh 4:1; 2 Kor 12:1‑4; Matt 24:4)

Nouja! Daar het u dit. Dis klinkklaar duidelik dat God nie buite-om die mens se verstand of gemoed te werk gaan in die voltrekking van sy redding en ook nie in sy Gebed van die Hart heiligmakende werk in ‘n gelowige se lewe nie. Die Calviniste kan dus maar gerus vergeet dat die mens nie ‘n vrye-wil het nie. God wil juis hê dat die mens se gemoed (verstand) nugter, waaksaam, wakker, aktief en vernuwe moet wees wanneer Hy hom tot redding en daarna tot heiligmaking, diens en aanbidding oproep. En nou kan ‘n mens ook beter verstaan waarom die duiwel die gemoed (verstand) wil uitskakel en verblind (2 Korinthiërs 4:4) en hy het beslis ‘n baie gevaarlike wapen in die hande gekry toe die sg. Westynvaders kontemplatiewe spiritualiteit gewild gemaak het. ‘n Passiewe gemoed is voorwaar ‘n baie gevaarlike instrument in die hande van die duiwel, óf dit nou deur Oosters-geïnspireerde sg. Christelike meditasie is, óf deur die val–in-die-gees fenomeen is, en óf dit deur die leuen dat ‘n mens nie ‘n vrye-wil het nie is, hy vryf sy hande met bose vergenoegdheid wanneer hy jou gemoed (verstand) kan uitskakel.

Dat daar gevaar in lê word deur meditasieskole erken en selfs ook nie deur Dr Nicol ontken nie. “Hy skryf:

As mens op ingewings wag, kan jou eie innerlike of selfs bose magte ook met jou praat.” (Stem in die Stilte :97) (Klem bygevoeg).

Hiermee erken Willem Nicol dat meditasie (die onderbou van die kontemplatiewe spiritualiteit) ook ‘n kanaal na die Satan kan wees. ’n Voormalige en bekeerde New Ager, Richard Baer, beaam Nicol se ruiterlike nerkenning in sy beskrywing van sy vreesaanjaende ervaring, wat ook die ommekeer in sy lewe gebring het, tydens ’n meditasiesessie so:

“…my spirit was roaming some of the farthest reaches of ‘heavenly light’ that I had ever perceived…I was surrounded by a virtually overwhelming luminosity—it was as if I was looking straight into the sun. Waves of bliss radiated through my spirit. I was totally captivated by the power. Suddenly another force stepped in. It took me by complete surprise. In the twinkling of an eye, it was like a supernatural hand had taken me behind the scene of the experience that I was having. I was taken behind the outer covering of dazzling luminosity and there saw something that left me literally shaking for a full week. What I saw was the face of devouring darkness! Behind the glittering outer facade of beauty lay a massively powerful, wildly churning face of absolute hatred and unspeakable abominations—the face of demons filled with the power of Satan.” (Richard Baer, Inside the New Age Nightmare, Huntington House, Inc., 1989:55)

Daar’s verskeie ander metodes wat die Satan gebruik om die gemoed of verstand uit te skakel. Een van die gevaarlikste hiervan is die sg val-in-die-gees fenomeen (“slain in the spirit). God TV en TBN asook ander bekende Christen TV-netwerke is deesdae deurweek met wonderwerkende genesers wat mense agteroor laat val en hulle met die sg. vuur van God doop. Miskien het u onlangs 50 opeenvolgende dae op Andre en Jenny Roebert se epiese TV-reeks “Days of Glory in Oos-Londen gesien hoedat hulle gasspreker, die sg. “lag-gees ghoeroe en Heilige Gees kroegman,” Rodney Howard-Brown sy lag- en huilgees hier in ons land kom loslaat het. Dit is uiters interessant maar hoegenaamd nie vreemd nie dat Willem Nicol presies dieselfde fisiese ervarings beskrywe wanneer hy sy “Christelike meditasie” tegnieke in sy boek Gebed van die Hart bespreek.

“Daar kan allerhande fisiese ervarings wees, byvoorbeeld ’n gejeuk of tinteling, ’n kriewel in die keel, hoofpyn of ’n vreemde gevoel in die kop, ’n swaar gevoel of selfs ’n gevoel van gewigloosheid. Ander begin sug, lag of huil. Alles is tekens dat daar iets aan die gang is.” (Gebed van die Hart :135‑136).

Daar is beslis iets aan die gang maar dit is nie van God nie (1 Johannes 4:1)

Ek wil nie nou langer oor die gevare van Ron Martoia en andere se sg. achieving the “still point” of resting in God” uitwei nie (ek beoog om later ‘n vollediger artikel te plaas oor die begrip “stil word”), maar dié is seker: Sommige van ons land se bekendste en toonaangewende predikers is besig om derduisende mense, en veral ons jongmense, in ‘n doolhoof (laberint) van kontemplatiewe duisternis en ellende te ly waaruit hulle nie sal kan kom nie, tensy hulle hul heelhartig tot Jesus Christus (van die Bybel) bekeer en Hom smeek om hulle genadiglik daaruit te red. Hy alleen kan dit doen. Intussen woeker hierdie toonaangewende predikers en hulle navolgers teen ‘n dolle vaart voort en bevorder hierdie uiters gevaarlike spiritualiteit in hulle preke, in hulle kerke, op hulle blogs (kyk gerus hierna) en in hulle boeke. Maar nouja, dis nog lank nie die einde nie. Die valse apostels, leermeesters en profete wat die e-kerk en e-church in hulle midde toelaat, lees soos ‘n regte “who’s who.” So gepraat van BBP’s. Stephan Joubert en Nelus Niemandt bied saam met die besoekende spreker Ron Martoia op Vrydag, 28 Augustus ‘n Oggendleierskap Seminaar in die Pierre van Ryneveldt NG Kerk aan.

Ek sluit af om julle te herinner aan die volgende Skrifgedeeltes.

1 Timotheus 4:1 Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang.

Openbaring 18:2-5 En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls, omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid. En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.

Jer 6:17 Ek het ook wagte oor julle gestel en gesê: Luister na die geluid van die basuin. Maar hulle het geantwoord: Ons wil nie luister nie.

Volgens Stephan Joubert is dit negatiewe mense wat ‘n hele gemeenskap lam kan lê. Ek wonder wie dit werklik is wat besig is om ‘n ganse gemeenskap lam te lê met hulle demonies geïnspireerde kontemplatiewe spiritualiteit.

Belangrike naskrif:

Ons kontemplatiewe vriend Guillaume Smit het intussen ‘n lys op sy blog beskikbaar gestel waarin hy aandui wie van die invloedrykste kontemplatiewe predikers in ons land is.

Some guy on Twitter gave me this idea – he made a list of the top ten pastors in America who’s twitter thoughts you should follow. That got me thinking on the influential Christian leaders of my own country: If I would have to propose blogsites and Tweeters to someone asking me, who would I suggest?
Let’s see …

* Braam Hanekom
* Andries Louw
* Dries Cronje
* Reggie Nel
* Tom Smith
* Cobus van Wyngaard
* Roger Saner
* Dries Lombaard
* Jan van der Watt
* Stephan Joubert
* Hennie Stander
* Theo Geyser
* Francois Mulder
* Frederick Marais

Miskien is Guillaume te nederig om sy eie naam by te voeg, maar ek dink regtig hy verdien ‘n ereplek in die bg. lys van name. Ek wil baie graag Stephan se goeie raad op Twitter navolg en ook vir u sê “Don’t follow them.”

Posted in New Age, Ontluikende kerk | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 1 Comment »

Om die Voorhangsel van Onder na Bo te Skeur

Posted by Thomas on May 5, 2009

READ THE ENGLISH VERSION OF MY COMMENTARY HERE.

Matteus 27:51

En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder (Klem bygevoeg)

Wat reken u sou die uitslag wees as ons ‘n steekproef sou doen en mense die vraag vra: “As u die belangrikste en mees rewolusionêre gebeurtenis in die ganse geskiedenis van die mensdom kon meebring, wat sou dit wees?” Die meerderheid sou waarkynlik ‘n geneesmiddel vir VIGS of kanker wou uitvind of Rent Veilmiskien blywende wêreldvrede inlui. Ander sou miskien armoede vir eens en altyd wou uitwis. Glo dit as u wil, dit is nie die belangrikste dinge wat die postmoderne en “ontluikende” denkers beoog nie, al sê hulle ook so. Wat hulle in werklikheid in gedagte het, is om “nuwe” maniere te vind om in die teewoordigheid van God te kom. Sedert die Sondeval het baie probeer om die koninkryk van die hemel met geweld (hulle eie pogings) te gryp omdat hulle God se manier verwerp het. Moenie geflous word deur hulle manifeste van “om armoede te verlig,” “om hulle met die armes te assosieer deur saam met hulle te gaan woon,” en “om in die voetspore van Jesus te volg om sy voorbeeld na te volg” nie. Dit is alles mooi geplaveide kliptrappies (eie pogings en goeie werke) om hulle in die teenwoordigheid van God te bring.

In die antieke tye was dit lewensgevaarlik om ‘n koning sonder sy toestemming te nader. Selfs vandag nog, in sommige dele van Afrika, word jy nie toegelaat om ‘n stat of gehuggie sonder die hoof se toestemming binne te gaan nie. Die normale prosedure is om eers die hoof se persoonlike assistent te nader en hom te vra of jy hom mag besoek. Hy sal dan na gelang hy die hoof se toestemming verkry het, jou inlig of en wanneer jy die hoof mag sien. Sodra ‘n aanvaarbare besoektyd bepaal is, ontmoet jy die assistent by die ingang en hy begelei jou dan na die hoof se huis in die middel van die stat. Moet nie eers daarin dink om aan sy deur te klop nie. Dis slegte maniere. Die assistent gaan alleen in die huis en dan eers mag jy die hoof se huis betree — dis te sê as die hoof nie intussen besluit het om sy afspraak met jou op diie laaste nippertjie uit of af te stel nie. Frustrerend . . .? Dis uiters frustrerend, maar dis die manier waarop jy jou respek en waardering teenoor die hoof as jou meerdere in sy huis en stat betoon. Nie net dit nie; dit toon aan die assistent en sy hoof dat jy gewillig is om jouself nederig te gdra in hulle teenwoordigheid. Daar is ‘n soortgelyke narratief in die Ou Testement. Toe Mordegai, koningin Ester se oom, Haman se komplot om al die Jode uit te wis aan haar meegedeel het, het hy by haar gepleit om haar man op sy troon te nader om hom oor die komplot in te lig. Sy was aanvanklik onwillig omdat dit lewensgevaarlik was om haar man, Ahasvéros, ongevraagd in sy troonkamer te nader. Hier’s hoe Ester haar oom geantwoord het:

Ester 4:11 Al die dienaars van die koning en die volk van die provinsies van die koning weet dat vir elke man of vrou wat na die koning in die binneste voorhof ingaan, sonder dat hy geroep is, een en dieselfde wet geld: hy moet gedood word; behalwe wanneer die koning sy goue septer na hom uitsteek, dat hy mag lewe; en ek is nou al dertig dae lank nie geroep om by die koning in te kom nie. (Klem bygevoeg)

Die uitkoms van hierdie gebeure is alombekend. Toe Ester die koning nader, het hy sy goue septer as ‘n gebaar van toegeeflikheid na haar toe uitgehou en sy het die punt van die septer aangeraak waardeur sy sy gesag oor haar as haar koning en heer erken het. Het sy dit nie gedoen nie sou Haman se komplot om haar volk, die Jode, uit te wis nie gestuit kon word nie. As die koninklike protokol so streng was in daardie dae hoe kan ons straks verwag dat die Koning van die konings en die Here van die here mensgemaakte weë om Hom in sy allerheiligste troonkamer in die hemel te nader moet aanvaar? Desnieteenstaande, wend die aanhangers van die Ontluikende Kerk hulle toenemend tot mensgemaakte maniere om hulleself in die teenwoordigheid van God te bring. HUlle is inderdaad besig om die voorhangsel met geweld van onder na bo te skeur. In hulle pogings om dit te doen, vereis die nuwe geslag “Christen” predikante, pastore, spostels, dissipels en leermeesters dat ons op nuwe en vars maniere oor ons spiritualiteit moet nadink en ook in die besonder oor die manier waarop ons ons Christenheid ervaar.

Die voorvoegsel “re” (in Engels) het een van die kragtigste taalfoefies in ons postmoderne tyd geword. Ten spyte van sy twee-letter omvang het dit ‘n geweldige potensiaal om jou lewe te verander. Woorde soos “think,” “imagine,” “construct,” “define,” en “painit” (met dank aan Rob Bell in sy “Velvet Elvis”) kry ‘n algeheel nuwe betekenis wanneer die voorvoegsel “re” bygevoeg word. ‘n Vinnige “google”-soektog op die internet het my stomgeslaan toe ek die volgende resultate sien:

  • Rethinking the world (1 300 000 results)
  • Rethinking leadership (2 020 000 results)
  • Rethinking the future (1 340 000)

Die idee om die wêreld, leierskap en die toekoms te “her”-interpreteer (“rethink”) is nie tot die sekulêre wêreld beperk nie maar word toenemend in die kerk bepleit. Een van die toonaangewende voorspraakmakers van die “possibility thinking” of “positive thinking” kulte, Robert Schuller, het verlede jaar ‘n “Rethink” Konferensie in sy Crystal Cathedral aangebied. ‘n Konferensie was vir hierdie jaar geskeduleer maar is uitgestel tot 2010. Baie van die sprekers by verlede jaar se konferensie, waaronder Erwin McManus, Kay Warren (Rick Warren se vrou) en Dan Kimball bevorder kontemplatiewe mistisisme en meditasie. Vyf e-kerk lede uit Suid-Afrika, insluitende Stephan Joubert, en Dries Lombaard, het die konferensie in 2008 bygewoon en skouers gevrywe met hierdie gesiene denkers wat daarop ingestel is om die aangesig van die Christendom vir ewig te verander. Hulle maak ‘n geweldige impak op ons jonger Suid-Afrikaanse kerklui wat op hulle beurt baie jongmense beïnvloed en bekendstel aan kontemplatiewe mistisisme. Die e-kerk webtuistes (Afrikaans en Engels), wat onder die beheer staan van Stephan Joubert en Dries Lombaard onderskeidelik, propageer met flinke oorgawe die kontemplatiewe spiritualliteit onder die dekmantel van “Jesliefhebbers en volgelinge van Jesus.” Om die waarheid te sê alle volgelinge van Jesus is welkom om op hulle webtuistes kommentaar te lewer en om deel te neem aan hulle “verhoudings-gesprekke” mits jy ook ‘n vurige navolger is van hulle gurus Rob Bell, Leonard Sweet, Nelus Niemandt, Erwin McManus, Doug Pgitt en baie ander kontemplatiewe mistieke Christene. Diegene wat in harmonie is met Stephan Joubert en Rob Bell dat waarheid ook in ander godsdienste soos die Bhoeddisme, Judaïsme en selfs ateïsme te vind is, is meer as welkom op hulle webtuistes maar jy word summier verban sodra jy hulle teen hulle kontemplatiewe maatjies waarsku.

Ek wil graag in orreenstemming met die “her-interpretasie (“rethinking”) kultuur van die kontemplatiewes ten minste ‘n enkele gedeelte uit die Skrif (Matteus 7:22-23) her-interpreteer, herverwoord en rekonstrueer om te illustreer hoedat hulle die voorhangsel van onder na bo skeur.

Here, Here, kyk net wat het ons vir U gedoen! Ons het voorwaar opreg eerbare en goeie baanbrekersweg gedoen deur die gemors en puinhope in die bosveld op te ruim en ‘n pragtige labirint in die plek daarvan te bou. Ons weet werklik nie hoe ons Afrikaanse jeug sal reageer wanneer ons hulle aan ons labirint blootstel nie maar ons probeer hard om hulle ware volgelinge van Jesus te maak. Miskien is dit iets van wat ons probeer om te doen as volgelinge van Jesus. Om die puinhope in die wêreld skoon te maak sodat ons plekke kan skep waar mense vrede en harmonie kan vind en met transendensie kan konnekteer. Toe het die “Labirint-Jesus” wat hulle met soveel liefde en oorgawe volg geantwoord: “Ek het julle nog altyd geken. Julle het my Weg (labirint) getrou, liefdevol en met vuur bewandel. Kom in die teenwoordigheid van my vader.

Verbaas . . .? Geskok . . . ? Dink u miskien . . . .? Hoe vermetel van hom om die Woord van God op so ‘n godslasterike wyse te verander en te herinterpreteer! Voordat u besluit om my te stenig met die klippies waarmee julle jul labirinte bou, lees gerus eers baie noukeurig hier. Wat makeer die ouens? Lees hulle nooit hulle Bybels om te leer wat die regte Jesus te sê het oor blywende vrede, harmonie en verbondenheid met God nie? Het hulle so blind geword vir die waarheid dat hulle met domastrantheid hulle wend tot die moddermeul en stowwerige weë van hulle eie maniere om God se vrede en teenwoordigheid te smaak? Het hulle dan vergeet wat Jesus gesê het?

Johannes 14:27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie.

Dit is beslis nie die “Labirint-Jesus” wat hier praat nie. Maar wie is in elk geval die “Labirint-Jesus?” Om ‘n gepaste antwoord te kry moet ons so ‘n bietjie teruggaan in die heidense geskiedenis. Wikipedia voorsien ‘n deeglike gesdkiedkundige agtergrond van die labirint wat bewys dat dit gewis nie van God kom nie. Roger Oakland omskryf die betekenis van die labirint soos volg in sy boek “Faith Undone.”

Labyrinth in Grace Cathedral San Francisco Die labirint is ‘n doolhof-agtige struktuur wat in gewildheid toeneem en tydens tye van kontemplatiewe gebede gebruik word. Die deelnemer loop deur hierdie stuktuur tot in die middel daarvan en weer terug. Anders as die doolhof wat verskeie paaie het, het die labirint net een paadjie. Dikwels word gebedstasies (met kerse, ikone, prente, ens.) langs hierdie paadjie besoek. Die labirint het in vroeë heidense gemeenskappe ontstaan. Die gewone scenario vereis dat die bidder ‘n soort van ‘n meditasie moet doen, wat hom in staat stel om te sentreer (d.w.s. om in God se teenwoordigheid te kom) terwyl hy die middel van die labirint bereik (Uit die Engels vertaal. Klem bygevoeg)

Wat lê aan die hart van kontemplatiewe praktyke soos die labirint, die stilte, asemgebede, eensaamheid, Jesus-kerse, ikone, die Jesus-gebed, lectio divina, lectio continua, 12 kruisstasies, wat jou na bewering in die allerheiligste teenwoordigheid van God bring. Labyrinth Dit het alles by Kain se bloedlose offer begin. Pa Adam en ma Eva het hom, nes vir hulle seun Abel, geleer dat God se onmeetbare heiligheid vereis het dat Hy op geen ander manier genader mag word as deur die storting van die bloed van ‘n onskuldige slagoffer nie. Kain, daarenteen, het God se slagting van ‘n onskuldige slagoffer om hulle naaktheid (sondes) te versoen (te bedek) verag en besluit om Hom met sy eie pogings en goeie werke tevrede te stel en te versadig. Sedertdien is sy weg, wat in die Bybel bekend staan as die weg van Kain (Judas 1:11) deur die eeue heen voortgesit deur mans en vroue wat God se oplossing vir ons sondes met gelyke argwaan bejeen. Brian McLaren se onbeskaamde ontkenning van die ware betekenis van die kruis is simptomaties van die ontluikende beweging. Hy skryf:

“Miskien is ons ‘inwaarts-gekeerde, individuele-verlossing-georiënteerde, nie-aanpasbare Christenheid’ ‘n kolossale en tragiese misverstand, en miskien moet ons weer luister na die ware lied van verlossing wat goeie nuus is vir die hele skepping. Dus is dit miskien die beste om dit, indien enigiets, oor boord te gooi wat jy ‘weet’ aangande wat dit beteken om Jesus jou ‘Verlosser’ te noem en om die saak rondom verlossing weer nuut te oordink. Kom ons begin gewoonweg. In die Bybel beteken verlossing ‘redding,’ of “heelmaking’ [‘genesing’]. Dit beteken beslis nie om ‘uit die hel gered te word’ of ‘om die ewige lewe na die dood te ontvang’  soos sommige leraars preek na preek verkondig nie. Die betekenis daarvan wissel eerder van teks tot teks, maar in die algemeen, in enige konteks, beteken verlossing ‘om uit die moeilikheid te kom.’ Die moeiliheid kan siekte, oorlog, politieke intrige, verdrukking, armoede, tronkstraf of enige ander tipe gevaar of boosheid wees.” (A Generous Orthodoxy, Grand Rapids: Zondervan, 2004, p. 93) (Uit die Engels vertaal).

Die kruisdood van Christus is vir McLaren niks meer en niks minder nie as ‘n tydelike verligting van die mensdom se lyding wat deur siektes, politieke intriges, verdrukking, armoede, gevangenisstraf (ongeag die redes vir ‘n misdadiger se tronkstraf) of enige ander soort gevaar of euwel meegebring word. Rob Bell se filosofie van verlossing hou ook verband met die tydelike in hierdie wêreld en nie soseer met ‘n plek (hemel of hel) waarheen jy gaan wanneer jy te sterwe kom nie.  Sy probleem lê nie by Jesus wat alle mense wil red en alles in Hom weer nuut wil maak nie, maar met dié mense wat daarop aandring dat net sekere mense hemel toe gaan. Tydens sy Mars Hill Konferensie in Januarie 2007 het hy enkele tersaaklike maar baie gevaarlike vrae gevra — gevaarlik vir almal wat hom glo.

Gaan jy hemel toe? . . .  Is dit al?  Die beste wat ons kan doen is om iets soos net ‘n versekering teen brand aan te bied? Ons het nodig om net siele te red? Is dit ‘n boodskap vir die wêreld? Dit is wanhoop.  . . . Is dit die beste wat God kan doen? Ek het vandag hulp nodig . . . Is dit wat Jesus voor mense se neuse gehou het?

Party Jesusse moet verwerp word. . . . Die Jesus wat mense inhok en doodmaak moet verwerp word. Glo julle in ‘n God wat biljoene Rob Bell mense geskape het net om te kyk hoe hulle brand met geen kans op enige ander soort toekoms nie? In wat se soort God glo julle?

Indien iemand julle sou vra “Hoe word ‘n persoon gered, bekeer, verlos ens?” en julle het net die Bybel gehad om die vraag te antwoord, sou daar baie antwoorde tot julle beskikking wees. [Dit] behels handelinge van liefde wat ‘n hartsverandering en lastige uitruilings demonstreer; dit is oral . . . Mense kom na Jesus op allerhande soorte maniere. As ons kon sê “dis hoe dit gebeur” – sou dit wonderlik wees, maar die probleem is dat dit nie so is soos ons dit insien nie. Mense gaan op allerhande maniere al struikelend die koninkryk in. Verlossing is holisties van aard. Jesus wil ons almal red. Jesus wil jou red van jou verlede, van jou vrese, van jou verlammende bekommernisse, jou haat, van die mite van ‘n verlossende geweld, van rassisme, armoede, enigiets wat die volledige shalom wat God vir hierdie wêreld geskep het, verhinder. (Klem bygevoeg)

Bell se evangelie van hoop (in teenstelling met God se Evangelie van wanhoop) wat verklaar dat Jesus almal van ons wil red, selfs van die klad van armoede, is seker die onmenslikste, oppervlakkigste en mees destruktiewe stukkie eksegeses wat ek nog ooit gehoor het. Tydens sy 2007 Leraarkonferensie het hy gewaarsku dat sommige Jesusse verwerp moet word maar hy het hoegenaamd geen gewetenswroeginge om ‘n ander Jesus te omhels wat die armes van hulle armoede wil red nie. Sy Jesus is beslis nie die Jesus wat gesê het:  “Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie (Johannes 12:8). Daar is biljoene desperate arm mense op die planeet. Wat moet hulle dink van ‘n Jesus wat hulle almal van hulle armoede wil red maar dit nie doen nie? Ek is bewus van ‘n “Christus” wat belowe het om die benarde toestand van die armstes onder die armes hok te slaan en selfs uit te wis. Sy naam is Maitreya. Hoor ‘n bietjie wat sê sy “wegbereider,” of “Johannes die Doper,” Benjamin Creme:

Al die hoofstroom godsdienste verwag ‘n goddelike boodskapper, hoewel onder verskillende name, sê Creme, en Maitreya het gekom om die profesieë van elkeen te vervul. Hy het weens die dringendheid van die tye vroeër gekom as wat baie religieuse groepe verwag het om sy raad aan ‘n wêreld in krisis te bied. Sy prioroteite is eenvoudig: voedsel, skuiling, gesondheidsdienste en opleiding as gewaarborgde regte vir almal. Sy raad aan die mensdom is netso eenvoudig. Wees mededeelsaam en red die wêreld. Wanneer die dilemma van die armes en die honger-sterwende miljoene verlig is, sal die herwinning van die omgewing eerste prioriteit geniet (Benjamin Creme op ‘n perskonferensie op 15 Augustus 2006) (Klem byegevoeg).

My taak is om vir julle te wys hoe om as broers in vrede saam te woon. Dit is eenvoudiger as wat julle dink, my vriende, want dit verg net ‘n gesindheid van mededeelsaamheid. Hoe kan julle tevrede wees met die omstandighede waarin julle tans lewe terwyl miljoene sterwe en in ellende omkom; terwyl die rykes hulle rykdom voor die armes paradeer; terwyl elkeen sy broer nie vertrou nie? Laat my toe om julle die pad vorentoe na ‘n eenvoudiger lewe waar niemand gebrek ly nie, aan te dui; waar niemand dieselfde is nie; waar die vreugde van Broederskap deur alle mense geopenbaar word. Neem jou broer se behoeftes as die meetsnoer vir jou optrede en los die probleme van die wêreld so op (“The Christ is Now Here”, advertensie in die Rand Daily Mail, 24 April 1982)

Is die bogenoemde die Jesus waarna Rob Bell verwys? Dit moet wees want die ware Jesus van die Bybel is in staat om mense van die regverdige oordele van God te red deur selfs gebruik te maak van die haglikste omstandighede wat deur ekstreme armoede veroorsaak word. In lande soos China het baie mense verlossing in Jesus gevind nadat hulle alles verloor het — hulle wonings, hulle vrouens, hulle mans, hulle besparings, ens. Hulle het geleer om tevrede te wees met wat hulle het ten spyte van hulle buitengewone armoede. (Hebreërs 13:5).

Die prediking van die Evangelie ter wille van die redding van siele vanuit die regverdige oordele van God is vir Rob Bell ‘n evangelie van wanhoop. Nee, sê Rob Bell, die boodskap van die Evangelie is dat God nooit biljoene mense sou maak net om te sien hoe hulle in die hel brand sonder enige kans op ‘n ander soort toekoms nie. Sy aanname dat mense op allerhande maniere na Jesus kom vir hulle verlossing maak die deur wawyd oop vir mense van ander geloofsoortuigings om hulle in die kontemplatiewe mistisisme te begewe.  Dit is daarom geen wonder nie dat so ‘n lae dunk van Christus se offer aanleiding gegee het tot die siening dat labirinte en ander kontemplatiewe praktyke misties gemagtig is om enigeen, ongeag hulle mening van die kruis, in die teenwoordigheid van God te bring. In ‘n aflaaibare PDF dokument van Rob Bell se Mars Hill Kerk word die volgende raad in die sesde fase van die mistieke praktyk van “lectio divina” voorsien.

Kontemplasie

Eindig deur jou aandag te fokus op die feit dat jy in God se teenwoordigheid is. Indien jy, terwyl jy op God se teenwoordigheid probeer fokus, ‘n behoefte het om die teks weer te lees, om voort te gaan met jou meditasie, of om eenvoudig net aan te hou om met God te praat, gun jouself dan die kans om dit te doen. Terwyl jy dit doen, weet dat jy in die teenwoordigheid van God is (Klem bygevoeg).

Siedaar! Jou eie doen (werke) van “lectio divina” bring jou in die teenwoordigheid van die Almagtige God. Hulle is maar net besig om Kain se weg om die voorhangsel van onder na bo te skeur, voort te sit. Dit is die manne na wie ons mees geëerde en gerespekteerde geetelike leiers soos Stephan Joubert, Dries Lombaard en Dries Cronjé opkyk vir geestelike leiding. Dries Cronjé, ‘n geestelike boetie van Dries Lombaard en Stephan Joubert het die volgende te sê gehad oor Rob Bell op hulle e-kerk webtuiste:

Ek was onlangs bevoorreg genoeg om my hande (en oë) te lê op Everything is Spiritual van Rob Bell. Stephan Joubert & Dries Lombaard

Jy vra “Waarom weer Rob Bell? Het jy sy materiaal nie verlede keer bespreek nie?” Wel, ek is besig om nogal heelwat by hierdie mees-geniale dissipel van Jesus te leer en ek wil my opgewondenheid met julle deel. My volgende pos sal oor iets anders wees . . . Belowe.

Die mees geniale dissipel van Jesus?” Werklik? Die een wat onbeskaamd die Evanglie van verlossing verdraai? Die een wat ‘n soort universele verslossing verkondig? Ek weet nie van u nie, maar ek verkies om die lof te besing van die vernaamste sondaars onder die dissipels van Jesus Christus. Sy naam was Paulus wat op ‘n dag gesê het:

1Timotheus 1:15 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is. (Klem bygevoeg)

Paulus, my arme broer, hoe kon jy met soveel minagting van jouself praat? Dis jammer dat jy nie vandag nog hier saam met ons kan wees nie want dié is seker, as jy vandag nog gelewe het, sou Dries Cronjé jou voorstel aan een van die mees geniale dissipels van ons tyd — Rob Bell, wat jou “self-esteem” en “self-image” ‘n geweldige hupstoot sou gee.  Het ons so gewoond geraak aan ons moedswillige afvalligheid dat ons eiesinniglik weier om die gees van die  antichris in diegene wat ons as volgelinge van Jesus beskou, raak te sien?

In my inleiding het ek na Ester verwys wat bang was om haar man, koning Ahasvéros, te nader omdat sy nie seker was of hy sy septer van outoriteit en goedkeuring na haar toe sou uithou nie. Hoewel ons vermaan word om God te vrees omdat dit ‘n verskriklike ding is om in die hande van die lewende God te val (Hebreërs 10:31), het alle gelowiges wat van hulle sondes gereinig  is deur die bloed van Christus die vrymoedigheid en die vertroue om in sy teenwoordigheid in die allerheiligste heiligdom in die hemel te gaan. Hulle mag enige tyd en enige plek vir die res van hulle lewe hier op aarde voor Hom verskyn totdat hulle Jesus van aangesig tot aangesig ontmoet.

Hebr 10:19-22: Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water (Klem bygevoeg).

Wat meer as dit wil ons hê? Wat meer as dit het ons nodig? Almal wat meen hulle kan in die teenwoordigheid van God kom d.m.v. hulle stowwerige en vuil labirinte in die bosvled of selfs op die stowwerige marmervloere van verhewe katedrale en ander mistieke kontemplatiewe monderings is mislei en is besig om ander te mislei, veral ons jeug. Hulle volg nie vir Jesus Christus, die Seun van die lewende God nie, maar ‘n ander Jesus. Hou op met julle nonsens en keer terug na die kruis van Jesus Christus. Die bloed van die kruis is God se septer wat na almal uitgereik word wat gewillig is om die kruis in geloof aan te raak vir hulle redding sodat hulle in sy teenwoordigheid mag kom met blydskap en ewige danksegging.

Posted in Missionêre Kerk, Ontluikende kerk | Tagged: , , , , , , , , , , | Leave a Comment »

Ons wil nie luister nie en ons sal nie luister nie

Posted by Thomas on January 30, 2009

Sommige van die mees tragiese gebeure in die Ou Testament was toe Israel keer op keer in God se gesig vir Hom gesê het: “ons wil nie luister nie en ons sal ook nie luister nie.” The anti-Stephen syndrom. I can't hear you while yo're disagreeing with me.

Jer 6:17 Ek het ook wagte oor julle gestel en gesê: Luister na die geluid van die basuin. Maar hulle het geantwoord: Ons wil nie luister nie.

Jer 7:27 Ook moet jy al hierdie woorde aan hulle meedeel, maar hulle sal na jou nie luister nie; en jy moet na hulle roep, maar hulle sal jou nie antwoord nie.

Jer 22:21  Ek het met jou gespreek in jou sorgelose rus, maar jy het gesê: Ek wil nie luister nie. Dit was jou weg van jou jeug af, dat jy na my stem nie geluister het nie.

As jy mooi kyk na die bogenoemde verse, sal jy sien hulle is almal nat van die trane van die profeet — die trane van die wenende profeet, Jeremia, soos hy ook genoem is. Daar was ook  ‘n ander profeet wat groter is as Jeremia wat op ‘n dag met ‘n gebroke hart en stem uitgeroep het:-

Mat 23:37 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!

As die mens, volgens die Calvinisme, nie ‘n wil van sy eie gehad het nie, sou die Here Jesus nooit met so ‘n diepgrondige hartgebrokenheid kon uitroep, “en julle wou nie.” Dit, net so terloops.

Dit was voorwaar tragiese insidente in die geskiedenis van Israel, maar daar is iets wat vandag nog tragieser is.

2Tim 4:3 . . .  daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, (Klem bygevoeg).

Deesdae is die mense darem so ‘n bietjie meer beskaafd; hulle sê nie botweg “ons wil of sal nie luister nie — Hulle sê: “Ons wil en sal luister na die predikers en leraars na wie ons graag wil luister, wat ons ore en ons harte met hulle mooi motiverings- en selfbeeldpreke streel, wat nie soos die nare fundamentalistiese Christene vir ons vertel dat daar ‘n verskriklike periode van ‘n Groot Verdrukking en ‘n Armeggadon op hande is nie, ‘n verdrukking wat daar nog nooit in die verlede en nooit weer in die toekoms sal wees nie. Ons wil nie hoor dat Jesus se wederkoms voor die deur is om die wêreld te oordeel nie. Ons wil eerder luister na leraars wat ons vertel dat die hele wêreld vir Christus gewin kan word en dat Sy Koninkryk hier en nou deur die nuwe super-apostels van die Ontluikende kerk en hulle missionêre volgelinge gevestig kan word. Gee eerder vir ons sulke leraars want ons is moeg om te luister na die fundamentalistiese Christene wat voortdurend vir ons sê ons moet ons bekeer en ook in ons pasoppens moet wees om nie mislei te word nie. Die Here sal in elk geval nie toelaat dat ons mislei word nie want HY is ‘n God van liefde.”

Hulle smag nie na ‘n sjirurg wat die doodsgevaarlike kanker kan uitsny nie maar na kwaksalwers wat pleistertjies opplak en met ‘n mooi soet stem vir hulle sê “Toemaar, alles sal regkom. Die toekoms vorentoe is blink, rooskleurig en belowend. God het ‘n besondere doelgerigte lewe vir julle in die oog. Julle moet dit maar net ontdek. Lees my boek en julle sal verseker weet wat daardie doel is.” Ons sien hierdie tendens ook telkens by die inhuldiging van nuwe presidente waarby die outeurs van hierdie “blockbuster” boeke dikwels die inhuldingsgebede doen. Hulle belowe almal vrede in die Midde-Ooste en ‘n wonderlike nuwe era wat op die horison vir ons wink. Wat sê die God wat hemel en aarde gemaak en die mens na sy beeld geskape het en gereed staan om die weerbarstiges te oordeel?

1Tes 5:3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.

Dit is nie dat die mens nie die vermoë het om sulke ernstige waarskuwings te verstaan nie. Hulle verseg om na God te luister. Hulle sê onbeskaamd en met ‘n mooi aangeleerdeDirkie van der Spuy godsdienstige arrogansie: “Ons wil nie luister nie; ons luister eerder na leraars wat vir ons ‘n mooi prentjie van die toekoms voorhou,” en glo my daar is ‘n groeiende kontingent leraars wat die “oor-streel-soekende-Christene” met graagte tegemoet kom en hulle leer dat daar ‘n wonderlike wêreldwye herlewing net hier om die hoek vir ons lê en loer. Jy sal dit waarskynlik weer ‘n slag hoor tydens Moreletapark Gemeente se Daniëlkonferensie (19-21 Maart 2009) wanneer Angus Buchan op dieselfde verhoog sal verskyn met Bennie Mostert en Graham Power en jou sal vertel dat Suid-Afrika reeds midde-in ‘n groot herlewing is.

Klink dit miskien vir jou ‘n bietjie oordrewe en verregaande? Nee!  sê ek, want Suid-Afrika is besig om oorspoel — ek wil amper sê ge-tsunami-niseer — te word  met ‘n spul valse leraars wat God se skape en lammers verslind, verskeur en eenvoudig net opeet. En wie bring hulle hierheen . . . wie nooi hulle om hulle valse leerstellings oor ons land uit te strooi? — niemand anders as ons bekendste plaaslike predikers en hulle megakerke nie. ‘n Mees resente voorbeeld hiervan is die uitnodiging wat die Moreletapark gemeente in Pretoria en een van hulle leierspredikante, Ds. Dirkie van der Spuy, aan Tony Campolo gerig het om hulle as hoofspreker van 19 tot 21 Februarie vanjaar tydens hulle Missions Fest toe te spreek.

Tony Campolo Wie is Tony Campolo?

Die Here Jesus het op ‘n dag gesê dat ons ‘n boom aan sy vrugte sal ken en om dit te kan doen moet ons die vrugte wat die lippe van hierdie leraars voortbring ook toets omdat ons uit ons woorde geoordeel sal word (Mat 12:35-37).

Tony Campolo is ‘n akademiese produk van Eastern University en hy het ‘n Ph.D op Temple University verwerf. Hy is tans Emeritus Professor in Sosiologie aan die Eastern University in St. Davids, Pennsylvania. Hy het reeds om en by 30 boeke geskryf waarvan Revolution and Renewal: How Churches Are Saving Our Cities een van sy bekendstes is. Hy is die stigter van die Evangelical Association for the Promotion of Education (EAPE) en dien ook op die Verwyssingsraad van Renovaré, ‘n New Age ekumeniese organisasie wat die meditatiewe en kontemplatiewe spiritualieit van die vroeë kerk (Roomse Kerk en Woestynvaders) beoefen en bevorder. Hy is ‘n groot aanhanger van Pierre Teilhard de Chardin wat die kosmiese Christus van die New Age verkondig het en nie die Christus van die Bybel nie. Campolo skryf bv. op bladsy 89 van sy boek How to Rescue the Earth Without Worshiping Nature:

If the Shalom of God and the peaceable kingdom of Isaiah 11 are to become real, then new ways of thinking must be established. With some help from St. Francis and Teilhard de Chardin, we just might make it.

Sy woorde “we just might make it” is gelaai met sy hele siening rondom die domeinistiese idee dat die mens self God se koninkryk hier en nou op die aarde kan vestig. Trouens, hy glo vas dat die probleme waarmee die wêreld te kampe het die regstreekse gevolge is van die eindtyd verkondigers en dat hulle selfs die oorsaak is van oorloë. In sy boek Speaking my Mind op bladsy 207 en 215 vaar hy as volg teen die Here Jesus, Paulus, die apostels en die hedendaagse verkondigers van ‘n eintyd Armeggadon en Groot Verdrukking uit.

Their doctrines are a major factor in determining a far-ranging set of consequences that include American policies regarding militarism, the emergence of evangelical Zionism, attitudes toward Palestinians and the role of American geopolitics.

. . . [whose] “impact on geopolitics can only lead to war.

Hoe is dit moontlik dat iemand homself ‘n Christen kan noem terwyl hy hom vereeenselwig met ‘n persoon soos Pierre Teilhard de Chardin wat sulke onbybelse uitlatings kon maak soos die volgende:

. . . a general convergence of religions upon a universal Christ who … satisfies them all: that seems to me the only possible conversion of the world, and the only form in which a religion of the future can be conceived [1] (Klem bygevoeg).

If, as the result of some interior revolution, I were to lose in succession my faith in Christ, my faith in a personal God, and my faith in spirit, I feel that I should continue to believe invincibly in the world. The world (its value, its infallibility and its goodness) – that, when all is said and done, is the first, the last, and the only thing in which I believe. It is by this faith that I live. And it is to this faith, I feel, that at the moment of death, rising above all doubts, I shall surrender myself. [2] (Klem bygevoeg)

Pierre Teilhard de Chardin het hom oorgegee aan sy geloof in ‘n onfeilbare en goeie wêreld en was bereid om by die oomblik van sy dood onwrikbaar aan hierdie geloof vas te kleef. Wat het die Here Jesus van mense gesê wat hierdie wêreldsisteem leer liefkry?

Jak 4:4 Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.

Wat sê Tony Campolo oor die mens?

Sy siening van die mens speel waarskynlik ‘n groter rol in die formulering van sy doktrine oor die eindtye as wat ‘n mens sou verwag. Indien die mens self God of ‘n goddelike wese is, het hy die Here kwalik nodig om  Sy Koninkryk hier op aarde te vestig. Die mens kan dit dan self net so netjies doen.

. . . Isn’t God’s message to sinful humanity that He sees in each of us a divine nature of such worth that He sacrificed His own Son so that our divine potentialities might be realized? … The hymn writer who taught us to sing “Amazing Grace” was all too ready to call himself a “wretch” … Forgetting our divinity and over-identifying with our [Freudian] anal humanity… Erich Fromm, one of the most popular psychoanalysts of our time, recognized the diabolical social consequences that can come about when a person loses sight of his/her own divinity . . . [3]

Demonologie het in Campolo se briljante denke ‘n geheel ander betekenis gekry. As jy nie glo dat jy self God of goddelik is nie, dan speel in jy die hande van die duiwel en sy diaboliese strategie om die gemeenskap te belemmer.

Wat sê Tony Campolo oor verlossing?

I am saying that there is no salvation apart from Jesus; that’s my evangelical mindset. However, I am not convinced that Jesus only lives in Christians.[4]

. . . what can I say to an Islamic brother who has fed the hungry, and clothed the naked? You say, “But he hasn’t a personal relationship with Christ.” I would argue with that. And I would say from a Christian perspective, in as much as you did it to the least of these you did it unto Christ. You did have a personal relationship with Christ, you just didn’t know it.[5]

Jesus is the only Savior, but not everybody who is being saved by Him is aware that He is the one who is doing the saving.[6] (Klem is deurgaans bygevoeg)

Werklik! Die Een wat verlossing bewerk, het juis radikaal die teenoorgestelde gesê:

Joh 17:3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het. (Klem bygevoeg).

Ek wil dit nie graag glo nie, maar Morletapark Gemeente en hulle leierskap se geneentheid om ‘n man te nooi wat die verlossingleer van Jesus Christus so openlik en agresssief teëstaan, is ‘n rooivlag waarskuwing van hoe ver hulle geestelik agteruitgegaan het. Is daar dan niemand in hulle kerk wat die spuug van smaad en hoon van Christus se gesig kan afvee nie? Hier volg nog ‘n paar Tony Campolo uitlatings oor verlossing.

What I am trying to say is that Jesus who incarnated God 2,000 years ago is mystically present and waiting to be discovered in EVERY person you and I encounter.[7]

I do not mean that others represent Jesus for us. I mean that Jesus actually is present in each other person.[8]

One of the most startling discoveries of my life was the realization that the Jesus that I love, the Jesus who died for me on Calvary, that Jesus, is waiting, mystically and wonderfully, in every person I meet. I find Jesus everywhere. The difference between a Christian and non-Christian is not that Jesus isn’t in the non-Christian—the difference is that the Jesus who is within him is a Jesus to whom he will not surrender his life. You say, “Are you saying that Jesus is present in everybody?” I am only telling you what it says in John 1:9; He is the light that lighteth every man, every woman that cometh into the world. The minute you start saying that God isn’t in some people, you’re on the verge of Fascism. Why? Erich Fromm saw that. The minute you can look at somebody and say God isn’t in him–he is only in Christians—that person is pure demon.[9] (Klem is deurgaans bygevoeg).

Wat hy einlik maar sê is dat die fundamentalistiese Christene wat sê jy moet eers die Evangelie van Jesus Christus glo, tot bekering kom en van bo deur God gewederbaar word voordat HY in jou kan woon, ‘n spul demone is. Het jy dit gehoor? Ek vertrou daar is heelwat kinders van die Here in Moreletapark Gemeente wat glo soos die Skrif sê en waaragtig tot bekering gekom het. Vir hulle het ek baie slegte nuus. Sou jy jou verwerdig om te gaan luister na Tony Campolo wat Jesus Christus, jou Saligmaker en Heer, so laster, dan gaan jy daar sit as ‘n “demoon” omdat Campolo jou sonder omhaal ‘n demoon noem. Maar troos jou daaraan dat jy in baie goeie geselskap verkeer omdat Paulus dan ook, volgens die super-apostel Tony Campolo, ‘n demoon was want hy het op ‘n kol gesê:

Rom 8:9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie (Klem bygevoeg).

Selfs die Here Jesus moes dan volgens die super-apostel, Tony Campolo, ‘n demoon gewees het omdat Hy gesê dat dat bitter min mense die Nou Poort en die Smal Pad vind. Maar nee! die ex cathedra uispraak van Tony Campolo bewys onomwonde dat Jesus Christus in alle mense woon al het hulle nog nie die Nou Poort en die Smal Pad gevind nie.

Mat 7: 13 en 14 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind (Klem bygevoeg)

Interessant genoeg, net nadat die Here Jesus hierdie woorde gesê het, het hy sy dissipels gewaarsku teen die valse profete wat dinge sou sê wat nie in harmonie is met sy eie woorde nie. Het HY miskien o.a. na Tony Campolo verwys toe HY dit gesê het?

Vers 15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. (Klem bygevoeg).

Wat sê Tony Campolo oor die meditatiewe of kontemplatiewe spiritualiteit?

Soos u seker reeds weet, word die kontemplatiewe spiritualiteit met sy laberinte, kruisstasies, asemgebede, die stilte, retraits, lectio divina, lectio continua, enneagramme, Emmaus wandelings, “centering prayer,” “coram deo” en Taize al geruime tyd deur verskeie predikante, leraars en akademici in hulle kerke beoefen en bevorder. Dr. Nelus Niemand se boek “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede” het die kontemplatiewe spiritualteit van die Ontluikende Kerk ‘n geweldige hupstoot gegee in die NG Kerk. Hoor wat sê Tony Campolo oor hierdie uiters gevaarlike, antichristelike en onbybelse spiritualiteit.

[M]ysticism [contemplative prayer] provides some hope for common ground between Christianity and Islam. Both religions have within their histories examples of ecstatic union with God … I do not know what to make of the Muslim mystics, especially those who have come to be known as the Sufis. What do they experience in their mystical experiences? Could they have encountered the same God we do in our Christian mysticism?“[10]

Hy skryf in Letters to a Young Evangelical op bladsy 20

In my case intimacy with Christ has developed gradually over the years, primarily through what Catholic mystics call ‘centering prayer.’ Each morning, as soon as I wake up, I take time-sometimes as much as a half hour-to center myself on Jesus. I say his name over and over again to drive back the 101 things that begin to clutter up my mind the minute I open my eyes. Jesus is my mantra, as some would say.[11] (Klem bygevoeg).

Wat sê die Here Jesus Christus?

Mat 6:7 En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.

Miskien sal hulle onmiddellik vir jou sê dat hulle nie die Naam van die Here Jesus as ‘n mantra herhaal omdat hulle gebedsverhoring soek nie, maar net om in sy teewoordigheid te kom. En ek het nog altyd gedag dis alleenlik die bloed van Jesus wat jou in God se teenwoordigheid bring en daar hou.

Attie Nel Ek het onlangs ‘n paar  kommentare op Ds. Attie Nel van die Bergsig NG Gemeente in Rustenburg se blog “Attie se Koffietafel” geskryf in antwoord op sy artikel, “Leef Coram Deo.” In kort handel dit oor twee bekende mistici, Brother Lawrence en Frank Laubach, se boek “Living in the Presence of God.” Toe ek, na aanleiding van die agt maniere wat hy aangevoer het as moontlike wyses om in die teenwoordigheid van God te leef, hom daarop wys dat hy nie ‘n enkele keer melding gemaak het van die enigste manier om in die teenwoordigheid van God te kom en te lewe nie, nl die bloed van Christus (Hebr. 10:19-22), het hy en sy volgelinge soos ‘n “ton of bricks” op my afgekom. Ag, dit was ook nie baie lank daarna nie, toe Ds. Attie my in geen onduidelike taal laat weet het ek is nie welkom op sy blog nie. Die enigste gevolgtrekking waartoe ek kon kom, was, dat sodra iemand God se Woord en die waarhede wat daarin vervat word, opsyskuif ter wille van mense se filosofieë, metodes en slim praatjies, daar ‘n agressie teen Bybelse waarhede en God se kinders by hulle onstaan terwyl hulle die vyande van God liefderik omarm en aanprys.

Jesus Christus het sy volgelinge die opdrag gegee om dissipels te maak van al die nasies en om hulle te leer om alles te onderhou wat Hy hulle beveel het. In die inleiding tot Frank Laubach (1884-1970) se ”Letters by a Modern Mystic” word vertel:

In 1915 Frank Laubach went with his wife to the Philippine Islands as a missionary. After founding churches on the island of Mindanao, he established and became dean of Union College in Manila. In 1930 he returned to Mindanao to work with the Mohammedan Moros who regarded the Christian Filipinos as their enemies. Laubach, however, went with a heart filled with the presence of God and sought only to live among them, not trying to coerce them into Christianity, but living each moment with a sense of God’s presence (Klem bygevoeg).

Terwyl Laubach skynbaar geleer het om elke oomblik in die teewoordigheid van God te lewe, hoofsaaklik by wyse van die beoefening van die mistieke kontemplatiewe spiritualiteit, het baie om hom ‘n ewigheid sonder Christus tegemoet gegaan. So tussen hakies, Tony Campolo is ‘n groot aanhanger van Frank Laubach.

Wat sê Tony Campolo oor die gays?

In sy boek 20 Hot Potatoes verklaar Tony Campolo dat homoseksuele gedrag nie teenstrydig is met die wil van God nie (p.115) en dat homoseksuele oriëntasie nie ‘n keuse nie maar ingebore is (p. 112, 113). Hy skryf:

Actually, Jesus never alludes to homosexuality in his teachings. The fact that homosexuality has become such an overriding concern for many contemporary preachers may be more a reflection of homophobia in the church than it is the result of the emphasis of Scripture [12](Klem bygevoeg).

Hierdie stelling is ‘n flagrante ontkenning dat die hele Skrif deur God (Vader, Seun en Heilige Gees) ingegee is en nuttig is tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, en tot onderwysing in die geregtigheid (2 Tim 3:16). Die Man by wie Abraham gepleit het om Sodom en Gomorra nie te vernietig nie indien daar tien regverdiges in die stad gevind kon word, was niemand anders as Jesus Christus nie (Genesis 18). Daar word nie minder nie as sestien keer in hierdie hoofstuk na Hom verwys as Here (Jehovah – die Selfbestaande Een). Hy het waarskynlik nie na homoseks in sy leringe hier op aarde verwys nie, maar sy oordele rus beslis op homoseks persone indien hulle hul nie tot Hom bekeer en hulle lewenswyse versaak nie, netsoos op enige heteroseksuele persoon wat sou weier om hom tot God te bekeer en sy sondige lewenswyse te versaak. ‘n Heteroseksuele persoon wat net na ‘n vrou kyk met begeerte in sy hart, het klaar owerspel gepleeg en het nodig om hom daarvan te bekeer. Wie is nou beter as wie? Albei, homoseksueel en heterosekuseel, het nodig om hulle te bekeer en hulle sondige lewenswyses te versaak. So-ook moet predikante en gemeentes wat valse leraars uitnooi om hulle toe te spreek, God om vergifnis smeek omdat hulle toelaat dat hulle skape en lammers mislei word.

Ek het op 26 Januarie vanjaar ‘n e-pos aan Moreletapark Gemeente gestuur wat soos volg lui:

Een van die groot litmustoetse wat Jesus aan ons voorgehou het om te bepaal of ons Hom werklik liefhet, vind ons in Johannes 21 toe Hy Petrus drie maal gevra het: “Het jy my lief?” en ook telkens gesê het: “Pas my skape en lammers op en voed hulle.” Ek is bevrees dat Ds. Van der Spuy en almal wat te make het met die reëlings rondom Tony Campolo se besoek aan Moreletapark,  nie juis omgee of Tony Campolo Moreletapark se skape en lammers mislei nie.

Hoe op deeske aarde kan julle as gemeente wat verlede jaar in ‘n hofgeding betrokke geraak het oor ‘n homoseks orrelis in julle gemeente, Campolo toelaat om julle gemeente toe te spreek wat onbybelse menings oor homoseksualisme huldig? “Tony Campolo and his wife Peggy have participated in public debates and discussions about the place of lesbians and gays within church and society. Tony Campolo contends that homosexuality is a sin in practice, though not in orientation. Campolo is ook baie uitgesproke oor die eenheid wat bereik kan word tussen Christene en Moslems d.m.v. die sg. kontemplatiewe spiritualiteit.

Ek vra julle om ter wille van die Here Jesus Christus en sy Evangelie (wat beslis nie deur Campolo gepredik word nie) julle skape en lammers teen hom te beskerm en om sodoende te bewys dat julle die Here Jesus waarlik liefhet (Johannes 21: 15-17).

Hulle het my tot op hede nog nie geantwoord nie. Miskien verkies hulle om soos die Ou Testamentiese Israel te sê: Ons wil nie luister nie. Nouja! na my hoef hulle nie te luister nie, maar sal hulle na die Here Jesus luister wat by monde van die apostel van liefde gesê het:

2 Joh 1:10 en 11 As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.

(Die “groet” in hierdie verband beteken natuurlik nie dat jy nie vir hom “hullo”,” goeiedag of goeienaad moet sê nie. Die “groet” in daardie dae was “shalom” wat beteken “mag die vrede van die Here jou vergesel” of “gaan in die vrede van die Here.” As jy dit vir ‘n valse leraar of profeet sou sê, dan beteken dit dat jy God se vrede ook oor sy valse leerstellings uitroep en dit as sodanig maak jou ‘n medepligtige aan sy bose werke).

Vergun my ‘n laaste vraag aan Ds. Dirkie van der Spuy en die Moreletapark Gemeente: Sien julle kans om gemeenskap te hê met die bose werke van persone wat die Evangelie van verlossing verdraai en sodoende die Naam van Jesus Christus oneer aandoen . . ? Die tyd het gekom vir die kinders van God in Suid Afrika om te waak, vas te staan in die geloof, manlik te wees, sterk te wees (1 Kor 16:13) en te sê, “Tot hiertoe en nie verder nie. Ons het Christus en sy waarheid lief met ons hele hart en ons verseg om voortaan valse leraars toe te laat om die skape en lammertjies in ons gemeentes te mislei. Ons wil gehoorsaam wees aan Jesus Christus, al kos dit ons lewens.” Tony Campolo is met een woord gesê gevaarlik. Lees gerus hierdie insiggewende artikel oor hom.


[1] Pierre Teilhard de Chardin, Christianity and Evolution (New York: Harcourt Brace Jovanovich, 1971), p. 99.

[2] Pierre Teilhard de Chardin, Christianity and Evolution (Collins, 1971), p. 130

[3] Tony Campolo, “Partly Right” 1995

[4] Tony Campolo, National Liberty Journal, 8/99

[5] Tony Campolo, EVANGELICALS AND INTERFAITH COOPERATION, An Interview by Shane Claiborne

[6] Tony Campolo, EP News Service, Oct. 4, 1985

[7] Tony Campolo, “A Reasonable Faith” 1983 p. 171

[8] Ibid, p. 192

[9] In ‘n toespraak in Prestatyn (Verenigde Koninkryk) in 1988,

[10] Tony Campolo, Speaking my Mind, p. 149, 150

[11] Tony Campolo, Letters to a Young Evangelical (New York, NY: Perseus Books Group, 2006), 20.

[12] Tony Campolo, 20 Hot Potatoes Christians are Afraid to Touch, p. 84

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 2 Comments »

Hoe Lank Tyd Is Daar Nog Vir Die Aarde Oor?

Posted by Thomas on January 19, 2009

Oop Gesprek, RSGHoe lank tyd nog . . . ? Hierdie gewigtige vraag is op Sondagaand, 11 Januarie 2009, in die program Oop Gesprek deur Flip Loots aan sy drie gespreksgenote — Dr. Piet Muller, toekomskundige, Pastoor, Lemmer du Plessis, reisende leraar van die AGS van Suid-Afrika en ‘n kenner oor die eindtyd en Prof. Adrio König, dogmatikus aan UNISA wat onlangs ‘n boek oor Openbaring die lig laat sien het — gevra. Dit was egter sommer reg van die begin af duidelik dat die drie here nie oor die eindtyd soos dit vir Flip Lootsons in die Woord van God uitgespel word, sou praat nie, maar hoofsaaklik oor die mens se pogings om moeder aarde van ondergang te red. Hoewel Pastoor Lemmer du Plessis gesê het dat hy hom nie deur die wêrledkrisisse, die donderstorms soos hy dit genoem het, laat intimideer of onderkry nie, omdat hy sy oë op God en sy beloftes gerig hou, het hy as kenner oor die eindtyd, ‘n gulde geleentheid laat verbyglip sonder om vir die luisteraars ‘n Bybelse perspektief op die eindtyd te gee. As programleier moes Flip Loots tog sekerlik gesien het waarop die gesprek afstuur en dit met diplomatiese bedagsaamheid regstel, maar hy het dit nie gedoen nie. “Hoe red ons ons aarde?” moes eerder die onderwerp van sy program wees en nie “Hoe lank tyd is daar nog vir die aarde oor?” nie.

Dr. Piet Muller het die strekking van die gesprek bepaal toe hy die einde van die wêreld metofories beskrywe het. Sy woorde was:

Metafories, wil ek sê, beleef [ons] die einde van die wêreld soos ons dit leer ken het van die Renaissance af Dr. Piet Muller— die wêreld wat oorheers word deur Europa, die blanke lande. Daar is beslis ‘n ekonomiese verskuiwing weg na die Ooste toe. Sjina wat vir baie eeue, voordat die Weste opgekom het, eintlik die grootste ekonomiese moondheid in die wêreld was, is op pad weer soontoe. Die handel tussen Sjina, Australië en Japan . . . is reeds groter as hulle gesamentlike handel met die twee Amerikas; . . . die hele magsbalans is besig om Oos te skuif en dit lyk, . . . . [in] daardie opsig, is [dit] die einde van die wêreld want dit is vreemde dinge waaraan ons gewoond [moet] raak.

Sommige van ons geestelikes (o.a. die Calviniste) en akademici het die vermoë om die betekenis van woorde — in hierdie geval die woord “wêreld”, — met die towerwoord “metafories” op te kikker sodat dit ‘n algeheel nuwe inhoud en betekenis kry. Ons Calvinistiese vriende verklaar dat “wêreld” in Johannes 3:16 nie die totale menseras (van die begin tot nou) insluit nie maar slegs na die uitverkorenes verwys. Die towerwoord “metafories” is beslis ‘n handige post-moderne towerstaffie in die hande van mense wat sekere konkrete Bybelwaarhede bevraagteken maar terselfdertyd tog ook iets van die “waarheid” wil behou. Neem nou maar die konkrete Bybelse waarheid van die letterlik-historiese en fisieke opstanding van Jesus Christus. Baie van ons geestelikes glo nie so daarin nie, maar kan in elk geval nog met redelike oortuiging sê hulle glo in die opstanding; ja, en hulle onderskryf heelhartig die gereformeerde belydenisskrifte omdat hulle ook elke Sondag in hulle onderskeie kerke die Apostolicum opsê. Dit sal in die verloop van hierdie kommentaar duideliker word waarom Dr. Piet Muller nie in ‘n letterlike apokaliptiese vernietiging van die aarde glo nie. Sy siening behels die einde van die Westerse wêreld en die herlewing of opstanding van die Oosterse wêreld.

Dit is dus baie duidelik dat Dr. Piet Muller sy evaluasie van toekomsgebeure en tendense nie op die profesieë in die Bybel begrond nie, maar hoofsaaklik op subjektiewe, post-moderne, metafories-gedrewe gewaarwordinge. Sy einde van die wêreld scenario behels dus die einde van ‘n Westers-georiënteerde wêreldbeskawing en -beskouing en die bloei en die groei van ‘n Oosters-georiënteerde wêreldbeskawing en -beskouing “waaraan ons gewoond moet raak.” Waarskynlik gaan hierdie “gewoond moet raak” ook gepaard met die panenteïstiese siening van God, nl. God is in alles en alles is in God. Die wêreld kan dus nie vergaan nie want indien die aarde waarin God kwansuis immanent teenwoordig is, sou vergaan, sou Hy dus ook daarmee heen wees.

Anders as Prof. Adrio König wat ‘n apokaliptiese siening oor die finale einde van die wêreld huldig, glo Piet Muller nie dat die wêreld op ‘n katastrofiese einde afstuur nie. Syns insiens sal die natuur nie toelaat dat daar met hom gespeel word nie en die tegnologie het die vermoë om baie van die wêreld se kopsere op te los mits die juridici genoeg druk kan uitoefen om die wil daarvoor by mense te kweek. Dr. Piet Muller se hele siening rondom die aarde en die natuur wat nie sal toelaat dat daar met hom gespeel word nie, berus blykbaar op die Oosterse filosofie dat die aardbol ‘n lewende organisme is (die sg “Gaia” hipotese) wat besig is om deur die mens vernietig te word. Daarmee wil ek nie voorgee dat Dr. Piet Muller die Gaia-prinsiep heelhartig ondersteun nie maar dat hy in sy agterkop daarmee speel is nie altemit nie. (Kyk gerus hierna).

Ironies genoeg, was dit nie Dr. Piet Muller wat die bal aan die rol gesit het oor die mensdom se vernietiging van ons planeet nie maar Prof. Adrio König wat sopas ‘n boek oor openbaring geskryf het; — nie dat König die aarde as ‘n lewende organisme beskou nie, maar dit toon maar net weer eens hoe maklik Christene willekeurig of onwillekeurig in die slaggate van die New Age religie kan trap. Sy woorde was:

Piet, is dit nie eenvoudig waar dat ons eintlik aan die einde van ‘n spiraal kom nie; dat die mens net te gevaarlik vir die planeet aarde is en dat daar nie rêrig meer ‘n draai moontlik is nie? Ons moet ekonomiese groei hê . . . om die geweldig vermeerderende mense bevolking van die aarde te voed. Is die mens nie net ‘n te gevaarlike wese vir die planeet nie? (Klem bygevoeg)

Dit is hoogs ironies dat Prof. König ‘n boek oor Openbaring kan skrywe waarin verwoestende apokaliptiese natuurrampe vir die aarde voorspel word, en terselfdertyd so ‘n hartroerende pleidooi vir die bewaring van die aarde kan lewer. Dink hy miskien ons pogings om die aarde te red gaan die apokaliptiese natuurrampe en God se oordele oor ‘n rebelse mensdom hokslaan? Wat bedoel König? Bedoel hy dat die mens ‘n groter gevaar vir planeet aarde inhou as wat die sondegevaar vir die mens inhou? Maar nouja! die post-moderne mens se siening oor sonde (ala Rick Warren en die aardebewaarders) wentel om die bewaring van die aarde en nie om die mens se verwerping van Christus en sy gebooie nie. In antwoord op Flip Loots se vraag: “Wat is die kenmerke daarvan [die eindtyd] en is ons nou werklik daarin” het König die wederkoms van Christus met diplomatiese korrektheid so ‘n bietjie op die agtergrond geskuif en die mens se “verskriklike” sonde teen die aarde weer eens beklemtoon.

Die wederkoms van Christus – Hy sal op die wolke verskyn – kan ons nie [vir ons] voorstel nie. Dis nie vir my maklik om dit direk in verband te bring met die situasie wat ons nou op aarde het nie want terwyl dit God se aarde is, [is] dit ’n klipharde waarheid dat ons God se aarde tot in die grond in kan vernietig. Dis wat sonde is, sonde is om teen die wil van God en teen die raad van God op te tree.

Prof. König se vraag: “Is die mens nie net ‘n te gevaarlike wese vir die planeet nie?” was natuurlik net die regte knoppie om te druk want Dr. Muller het met groot geesdrif soos ‘n wafferse aflosatleet die stokkie by hom oorgeneem en ‘n barshou verder gehardloop daarmee. Hy het soos volg gereageer.

Laat ek dit so stel – deksels gevaarlike wese. Weet jy dat ons in die laaste sestien jaar, as jy nou tot by 2010 gaan, dan het ons in sestien jaar een miljard mense meer geword op aarde. (Klem bygevoeg).

Let asseblief op dat dit nie, soos Christus gewaarsku het, die valse leringe van valse apostels en profete is wat vir die mensdom deksels gevaarlik is nie, maar die mensdom wat vir planeet aarde so gevaarlik is.

“Dis verskriklik” het Prof. König onnadenkend geantwoord. Ek sê “onnadenkend” omdat ek wonder of hy (ons dogmatikus by UNISA) by die geboorte van ’n pragtige bondeltjie vreugde in sy eie familiekring nog dieselfde woord “verskriklik” sou gebruik, veral as die bondeltjie vreugde argumentsonthalwe die wêreldbevolking by sy of haar geboorte sou opstoot van 5,999,999,999 na 6,000,000,000 . . . of miskien gebruik hy die woord “verskriklik” net wanneer ander mense ‘n nuwe bondeltjie vreugde in hulle familiekring verwelkom en sodoende die wêreldbevolking “verskriklik” aanvul. Geagte here, pasop wat julle op Flip Loots se program sê want dis nie almal wat met toe ore luister nie.

Is Prof Adrio König se onnadenkende uitroep van “verskriklik” nie maar ook ‘n direkte uitvloeisel van die wêreld se siening rondom homoseksualisme, aborsie en eutanasie (sg. genadedood) nie? Enigeen wat die geboorte van ‘n bondeltjie vreugde vir sy pappa en mamma, en oupa en ouma as “verskriklik” bestempel, moet noodwendig die drie bg. planeet-beskermende “voorbehoedmiddels” ondersteun en wyd en syd rugbaar maak. ‘n Mens wonder of Prof. König nie besig is om die liefdeloosheid waarvan Christus in Mattheus 24: 12 gepraat het, uit te speel nie: “En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.” Hulle is vreeslik lief vir planeet aarde, die natuur, die omgewing en die diere maar ongebore babatjies kan maar in hulle moederskote vermoor word, siek en ou mense kan maar “genadiglik” doodgemaak word, en normale huwelike kan maar deur die homoseks lewenswyse bedreig word. Kom dit nie neer op die vermoordering van ‘n lewende organisme wat na die beeld van God gemaak is ter wille van ‘n sg. lewende organisme wat nie na die beeld van God gemaak is nie.

So van “uitspeel” gepraat, Robert Muller, die voormalige Assistent Sekretaris Generaal van die VVO wat ook alombekend is as die Filosoof/Profeet van die VVO omdat hy die New Age beweging in die wêreldorganisasie bevorder het, het tydens die Global Citizenship 2000 Youth Congress. wat in 1997 in Vancouver gehou is, pens en pootjies in die skoene van moeder aarde geklim en in die eerste persoon namens haar ‘n hartroerende pleidooi gelewer.

Robert Muller, voormalige Assistent Generaal v/d VVOWhat are you doing to me? You have multiplied the number of beings on this planet from 2.5 billion in 1952 to 5.8 billion today. How could you do this to me? This big population explosion all around the world, and I, the Earth, am supposed to feed them. Why did you do this to me? . . . You are killing me! [1] (Klem bygevoeg)

Amerika se Stonehenge (Georgia Guidestones) wat op een van die hoogste heuwels in Elbert County, Georgia staan, is ‘n massiewe granietmonument wat Robert Muller en die VVO se ekoprogram duidelik uitspel. Inderdaad, dit is niks anders as die New Age se tien gebooie nie.

  1. Maintain humanity under 500,000,000 in perpetual balance with nature.Amerika se Stonehenge
  2. Guide reproduction wisely – improving fitness and diversity.
  3. Unite humanity with a living new language.
  4. Rule passion – faith – tradition – and all things with tempered reason.
  5. Protect people and nations with fair laws and just courts.
  6. Let all nations rule internally resolving external disputes in a world court.
  7. Avoid petty laws and useless officials.
  8. Balance personal rights with social duties.
  9. Prize truth – beauty – love – seeking harmony with the infinite.
  10. Be not a cancer on the earth – Leave room for nature – leave room for nature. (Klem deurgaans bygevoeg)

Die fundamentalistiese Christene word reeds as die kanker van planeet aarde beskou omdat hulle verseg om deel te wees van die lewensgevaarlike en God-onterende New Age eko-religie en die skreiende geestelike afval wat wêreldwyd plaasvind. Rick Warren, die guru en herder van die Ontluikende Kerk en meer as 300,000 leraars wêreldwyd (waarvan ‘n groot deel hier in Suid-Afrika sy sg “PEACE PLAN” bevorder), het reeds by verskeie geleenthede gesê dat fundamentalisme die grootste vyand van die 21ste eeu is.

Wat Flip Loots se drie gaste alles oor die bewaring van ons planeet in sy program Oop Gesprek kwytgeraak het, is dus niks nuuts nie. Hulle het maar net (wetend of onwetend) die oogmerke van die vyande van God in die New Age beweging onderskryf.

Weinig mense is daarvan bewus dat die huidige ekosentriese filosofie van die New Age in Nazi Duitsland groot aftrek gekry het en ook grootliks verantwoordelik was vir die menseslagting onder die Jode. Janet Biehl en Peter Staudenmaier skryf in hulle boek Ecofascism: Lessons from the German Experience as volg:

Ekofacisme -Janet Biehl & Peter StaudenmaierThe “green wing” of the NSDAP was not a group of innocents, confused and manipulated idealists, or reformers from within; they were conscious promoters and executors of a vile program explicitly dedicated to inhuman racist violence, massive political repression and worldwide military domination. Their “ecological” involvements, far from offsetting these fundamental commitments, deepened and radicalized them. In the end, their configuration of environmental politics was directly and substantially responsible for organized mass murder.

No aspect of the Nazi project can be properly understood without examining its implication in the holocaust. Here, too, ecological arguments played a crucially malevolent role. Not only did the “green wing” refurbish the sanguine antisemitism of traditional reactionary ecology; it catalyzed a whole new outburst of lurid racist fantasies of organic inviolability and political revenge. The confluence of anti-humanist dogma with a fetishization of natural ‘purity’ provided not merely a rationale but an incentive for the Third Reich’s most heinous crimes. Its insidious appeal unleashed murderous energies previously untapped. Finally, the displacement of any social analysis of environmental destruction in favor of mystical ecology served as an integral component in the preparation of the final solution.

This is the true legacy of ecofascism in power: “genocide developed into a necessity under the cloak of environment protection.”[2]

For all of these reasons, the slogan advanced by many contemporary Greens, “We are neither right nor left but up front,” is historically naive and politically fatal. The necessary project of creating an emancipatory ecological politics demands an acute awareness and understanding of the legacy of classical ecofascism and its conceptual continuities with present-day environmental discourse. An ‘ecological’ orientation alone, outside of a critical social framework, is dangerously unstable. The record of fascist ecology shows that under the right conditions such an orientation can quickly lead to barbarism. (Klem deurgaans bygevoeg)

Miskien sou Flip Loots, Pastoor du Plessis, Prof. Adrio König en Dr. Piet Muller my van onredelike assosiasie-politiek wou beskuldig, maar die twee here, Muller en König, se mensliewende uitsprake van “deksels gevaarlike wese,” “verskriklik” en “dat die mens net te gevaarlik vir die planeet aarde is, . . .” leen hulle baie maklik tot die filosofie van die gewraakte eerste gebod van die Georgia Guidestones in Amerika — “Maintain humanity under 500,000,000 in perpetual balance with nature.” Ek sidder om te dink waar dit alles gaan eindig as ons geliefde land Suid-Afrika voortdurend blootgestel word aan geleerde akademici, teologiese fakulteite, seminare, geestelikes, predikante, pastore, en ander leiersfigure wat toenemend uit ‘n New Age mond praat en ons jeug verlei en mislei met ‘n ervaringsteologie wat sy ontstaan het in die Roomse tradisie en die mistieke kontemplatiewe spiritualiteit van die Woestynvaders (St John of the Cross, Brother Lawrence), en wat voortgesit is/word deur Brennan Manning, Richard Foster, Thomas Merton, Henri Nouwen, Matthew Fox, Rick Warren, Rob Bell, Tony Jones, Doug Pagitt, Erwin McManus, Nelus Niemandt ensomeer. Miskien sou u wou vra wat hierdie name te make het met die onderwerp van bespreking. Daar word reeds in die geledere van die Ontluikende Kerk gepraat van ‘n “Kerk-ekologie” waarin die idee dat die kerk  as ‘n tuin vooropgestel moet word, voorkeur geniet teenoor die geïnstitusionaliseerde kerke met hulle groot en soms massiewe geboue. Daarom word die sg. retraits wat al hoe gewilder raak buite die kerk se mure in die natuur gehou waarin  die regte atmosfeer geskep word vir kontemplatiewe spiritualiteite (asemgebede, stilte, lectio divina, lectio continua,  laberinte wandelings, ens).

Nie een van Flip Loots se gaste het verwys na die kernbelangrike tekens wat vir ons aandui dat ons in die laaste van die laaste dae lewe nie. Hoewel König op Flip Loots se vraag “Adrio, daar word in die Bybel nogal baie gemaak van die eindtyd. Wat is die kenmerke daarvan en is ons nou werklik daarin?” ‘n redelike lang antwoord verskaf het, het hy nie veel gesê nie. Trouens, hy het dit as ‘n geleenheid beskou om sy “moederlike” besorgheid oor die vernietiging van moeder aarde te beklemtoon. Sy woorde was:

Flip, ja, ons is in die eindtyd maar ons moet nie dink ons is die eerste wat in die eindtyd is nie. Die eindtyd het aangebreek met die koms van die Here Jesus. Jy weet, teks op teks in die Nuwe Testament sê die laaste dae het God tot ons gepraat deur sy Seun (Hebreërs 1:1); in die laaste dae is die Heilige Gees uitgestort (Handelinge 2). Johannes skryf selfs, julle leef in die laaste uur en dit wemel al van antichriste; moenie dink daar gaan nog ‘n spesiale een kom nie; dit wemel al van antichriste sê Johannes en daaruit weet ons, ons is in die laaste uur. Dis baie moeilik om die Bybelse boodskap oor die eindtyd direk nou hiermee in verband te bring omdat daar een onondervedeelbare eindtyd [is] wat met die koms van Jesus begin het en met sy wederkoms gaan eindig. Maar die wederkoms van Christus is ‘n apokolaptiese begrip. Kyk, gewone goed soos hael en goeie reën en so is baie lekker; ons kan dit alles geniet maar as daar gepraat word van ’n wêreldeinde in die Bybel; en as daar gepraat word van die opstanding van alle mense en ’n oordeel, dan moet ons besef dit is apokaliptiese begrippe; die wederkoms van Christus – Hy sal op die wolke verskyn – ons kan ons dit nie voorstel nie. Dis nie vir my maklik nie om dit direk in verband te bring met die situasie wat ons nou op aarde het nie want terwyl dit God se aarde is, is dit ’n klipharde waarheid dat ons God se aarde tot in die grond in kan vernietig. Dis wat sonde is, sonde is om teen die wil van God en teen die raad van God op te tree. (Klem bygevoeg).

Dat die apokaliptiese eindtyd van ‘n sewejarige Groot Verdrukking nog nie aangebreek het nie, is nie altemit nie, hoewel König dit natuurlik nie so insien nie, maar dat die aanloop daartoe besig is om teen ‘n hoë spoed te eskaleer, is ook nie altemit nie. Prof. König onderspeel so effe die laaste dae wanneer hy sê dat ”ons nie moet dink ons is eerste wat in die eindtyd is nie.” Wil hy daarmee te kenne dat ons nie te veel van die huidige omstandighede moet maak nie omdat ons nie moet dink ons is so uniek om nou eers in die eindtyd te lewe nie en omdat die mense reeds sedert die eerste koms van Jesus daarin gelewe het? Dit gaan in die eerste plek nie oor ‘n spesifieke tydsbepaling nie maar oor ‘n toename in frekwensie van die eindtydtekens wat vir ons aandui hoe naby ons aan die einde is. Jesus Christus het nie om dowe neute die eindtyd met die geboortepyne van ‘n vrou vergelyk nie, want netsoos haar pyne in frekwensie toeneem hoe nader die oomblik vir haar aanbreek om geboorte te skenk, netso neem die tekens van die eindtyd in frekwensie toe namate die einde van die wêreld nader kom. Toe die dissipels hom vra: “Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?” was die heel eerste eindtydteken wat Hy genoem het “geestelike misleiding.” Hy het gesê: “Pas op dat niemand julle mislei nie” (Mattheus 24:3).

‘n Mens sou seker soos Prof. König kon redeneer dat geestelike misleiding, valse profete en apostels reeds in die Ou Testament doenig was met hulle vuil werk en dat ons nie die eerstes is wat met hierdie probleem te kampe het nie. Maar, ons moet egter nie uit die oog verloor dat die misleiding in ons eie tyd met rasse skrede toegeneem het nie en dat daar boonop ‘n nuwe dimensie van misleiding togetree het, en dit is dat valse apostels en profete openlik sê dat hulle die Christus (gesalfde van God) is. Trouens, New Agers beweer dat die mens self besig is om geestelik te evolueer na ‘n hoër self en inderdaad ook self ‘n Christus-bewussyn d.m.v. meditatiewe dissiplines kan bereik. Terloops, ons toekomskundige, Dr. Piet Muller, het al self by geleentheid gesê dat ons almal klein Christusse kan word wat natuurlik Prof. König se verwysing na ‘n gewemel van antichriste in Johannes se sendbriewe klinkklaar verifieer. Ongelukkig weerspreek König se ontkenning van ‘n spesiale antichris wat nog moet kom die Here Jesus en Paulus se beskrywing van so ‘n persoon wat inderdaad nog op die wêreldtoneel moet verskyn. Paulus skryf:

2 Thessalonicense 2:3-8 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie? En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

Dit is verstommend hoedat geleerdes sonder enige gewetenswroeging die taalgebruik in die Skrif oor die hoof kan sien om hulle eie agendas te pas. In die bg. gedeelte is die verwysing na die antichris telkens in die enkelvoud wat Paulus se skerp onderskeiding tussen enkelvoudige en meervoudige naamwoorde en voornaamwoorde sonder weerga toelig. Ek glo nie Paulus sou van enkelvoudige naam- en voornaamwoorde gebruik maak indien hy na ‘n gewemel van antichriste wou verwys nie. So-ook het die Here Jesus met ‘n skerp onderskeidingsvermoë tussen enkelvoud en meervoud na ‘n persoon verwys toe hy van die antichris gepraat het en nie na ‘n gewemel van anticrhiste nie.

Johhannes 5:43 Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.

Die res van Flip Loots se gesprek met sy drie gaste het uiters telleurstellend verloop. Pleks daarvan om die kenmerke van die eindtyd vanuit ‘n Bybelse perspektief te bespreek, en soos Petrus ‘n woord van bemoediging aan God se kinders te rig, het dit ontaard in ‘n kompetisie om te te sien watter kerk nou eintlik die meeste vir die noodlydendes doen. Maar, kom ons kyk eers wat Petrus gesê het:

2 Pertus 3:9-15 Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand. Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? — julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt. Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon. Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede. En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het . . .

Voordat ek oorgaan om die drie here se uitsprake rondom die kerk se noodlenigingshulp aan mense onder die loep te neem, wil ek die vinger druk op die kenmerke van die post-moderne missionêre spiritualiteit wat besig is om die Evangelie van Jesus Christus te rysmier. Dit kan opgesom word in Rick Warren se woorde:

“You know, 500 years ago, the first Reformation with Luther and then Calvin, was about beliefs. I think a new reformation is going to be about behavior. The first Reformation was about creeds; I think this one will be about deeds. I think the first one was about what the church believes; I think this one will be about what the church does. The first Reformation actually split Christianity into dozens and then hundreds of different segments. I think this one is actually going to bring them together.”

Daar is veral drie baie subtiele en uiters gevaarlike klemverskuiwings in die post-moderne aanbieding van die Evangelie:

  1. Dissipelskap/Volgelinge van Jesus: Beklemtoon die gedagte dat Jesus Christus net nog ‘n voorbeeld is (soos enige ander gode in ander godsdienste) om na te volg pleks daarvan dat Hy die enigste Weg, Waarheid en Lewe is, wat die voorwaarde stel dat ons Hom alleenlik kan volg as ons ons self verloën en ons kruis opneem.
  2. Leerstellng: Beklemtoon die rol wat die kerk moet speel in noodlenigingsprojekte op die terrein van VIGS, armoede, onderwys, en leierskap, pleks daarvan om klem te lê op Bybelse leerstellings.
  3. Eindtydteologie: Simboliseer/allegoriseer die eindtydteologie van die fundamentaliste; maak dit selfs bespotlik en lê eerder klem op die mens se tegnologiese vermoëns om hulle eie probleme op te los op die terrein van aardverwarming, aardbewaring, die nastreef van vrede en ekonomiese stabiliteit.

Al drie die bg. kenmerke van die post-moderne aanbieding van die Evangelie is in een of al drie die here se uitsprake aanwesig. Ek het vroeër gesê dat hulle met mekaar gewedywer het om te kyk wie se kerk nou eintlik die meeste goeie werke verrig. Flip Loots het sy vraag hieroor soos volg geformuleer:

Adrio, wat is die rol van die kerk in hierdie hele situasie waarin ons nou is. Jy weet, sommige mense beweer dat die kerke opeet terwyl Rome brand. Ek bedoel daarmee die kerk is besig om oor dinge te praat in hulle vergaderings wat nie regtig die mense op voetsoolvlak raak nie. Hulle praat van kerklike strukture, die vrou in die amp, kerkeenheid, die bestaan van die duiwel, en ag so kan ek seker aangaan. Hulle sê die kerke is uit voeling met die krisisse en nood van die land. Hoekom sou jy sê, maak hulle so ‘n stelling?

Prof. Adrio König het soos volg gereageer:

Kyk, dis vreeslik moeilik om oor dié kerk te praat want daar is nie eintlik so ‘n ding nie; jy weet, een groot ding wat nou dié kerk is nie. Die Christendom is geweldig verdeeld in kleiner groepe . . . Die kerk waaraan ek behoort, die NG Kerk, die sou jy kon sê het vir baie jare miskien vreeslik min gedoen, maar weet jy daar’s ‘n geweldige ontwaking; die hele vernuwing in die NG Kerk is darem ook ‘n vernuwing om mense in nood te help en as ek hoor van gemeentes, wat gemeentes doen en uitreik. Maar jou moeilikheid is natuurlik, dit is half op ‘n klein skaal, omdat die kerk nie een geweldige groot sentrale organisaie is nie kan jy nie verskriklik baie doen aan . . . wêreldprobleme nie. Behalwe dat ons, en dit dink ek in die verkondiging van die kerk en die boodskap van die verskillende kerke, sal ons baie duideliker moet praat oor ons sonde om die natuur te vernietig want baie leiers, veral in die Weste en Afrika ook, dié sit in die kerk en ek dink nie ons het vir hulle ‘n duidelike boodskap gegee dat dit in die Naam van die Here tyd is dat ons die aarde, die natuur begin beskerm nie.

Dit herinner my nogal aan die Here Jesus se gevleuelde woorde toe Hy gesê het: “Gaan dan heen, maak van al die mense dissipels van “’Green Peace’, . . . en leer die wêreldse leiers om op te hou sondig teen die aarde en die natuuur en om onmiddellik op te hou om dit te vernietig.” Pastoor Lemmer was dit roerend eens met Prof. König.

Ja! ek dink wat Adrio daar sê, is natuurlik waar. Ek dink ook dat ons predikante teiken gewoonlik ons gehoor waarvoor ons preek en ons speel baie keer, as ek so mag sê, speel ons na die begeertes van ons gehoor toe uit i.p.v. dat ons aktuele sake en dinge wat van belang is, nie net vir die mens nie maar ook vir die wêreld waarin ons leef, aanspreek. Maar as ek net kyk, Flip, na byvoorbeeld die Rapport van die 7de Desember, was daar ‘n interessante artikel oor Pastoor Christo Visser in Rustenburg en dan word daar vertel hoedat hulle begin het met ‘n insamelingsprojek vir mense, en dan wasmasjiene, stowe en yskaste ens.; agterstallige huurgeld is deur hierdie gemeente betaal, skoolgeld is betaal, ‘n splinternuwe houthuis is vir ‘n vrou opgerig in ‘n plakkersgebied, babagoed is vir ‘n swangervrou aangeskaf; so oral is die kerk besig om tog sy ding te doen. Dis nie asof ons nie ‘n bydrae maak tot die maatskappy en en sosiale omgewing waarin ons leef nie. As jy byvoorbeeld dink aan die fantastiese sukses wat ‘n man soos Angus Buchan gehad het met sy optrede op Loftus Versveld en op Nuweland — op Loftus het daar 71 000 mense bymekaar gekom het en op Nuweland waar daar twee dae lank saam 60 000 mense was en, die aksent wat hy plaas op die huwelik om ‘n voorbeeld te noem, en hoeveel getuienisse het ek persoonlik nie gehoor van mense wat na hierdie man geluister het en gesê het “maar die Here het my huwelik gehelp”; dis alles boustene daardie wat die wêreld vir ons beter en aangenamer maak. So oral is daar ligpunte. Daar’s baie duisternis maar oral is daar ligpunte.

Afgesien van die feit dat Flip Loots se drie gaste nie by die onderwerp van die program “Hoe lank tyd is daar vir die aarde nog oor” gebly het nie, het hulle telkens ook die opdragte van God verontagsaam. Dit is voorwaar baie edel om die noodlydendes te help maar dit is beslis nie so edelmoedig om jou eie beuel te blaas nie. Wat het dan van die Here se opdrag in Mattheus 6:2 geword?

Mattheus 6:2 Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ‘n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.

‘n Berig in ‘n sekulêre koerant oor Christene se weldadigheid is gewis nie die Here se wil nie en Prof Adrio König het juis vroeër tereg daarop gewys dat die wese van sonde is om teen die wil van God en teen die raad van God op te tree.

Angus Buchan mag miskien daarin slaag om ‘n fantastiese getalle-sukses te behaal wanneer derduisende mense sy saamtrekke bywoon, maar getalle is nie juis ‘n barometer vir sukses nie. As getalle die litmustoets was vir sukses dan was die hel ‘n helse sukses omdat die meeste mense uiteindelik daarheen gaan. Dit is nie ek wat so sê nie maar die Here self:

Mattheus 7:13, 14 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

Dit is juis hierom dat predikante, pastore, kerke en elke dissipel van die Here Jesus meer begaan moet wees oor die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus as ‘n moeder Teresa-geïnspireerde lewe van weldadigheid aan die noodlydendes. Daarmee sê ek nie dat die kerk sy taak om die noodlydendes te help moet afskeep nie, maar dat die kerk nie nodig het om sy weldade voor ‘n wêreld wat Christus vyandiggesind is met groot fanfare en trompetgeskal te reklameer en probeer verdedig nie. Toe die Griekssprekende Jode begin murmureer het omdat die daaglikse versorging van die wese en weduwees oor die hoof gesien is, het die dissipels as volg daarop geantwoord.

Handelinge 6:1 En in dié dae toe die dissipels vermeerder het, het daar ‘n murmurering ontstaan van die Griekssprekende Jode teen die Hebreërs, omdat hulle weduwees in die daaglikse versorging oor die hoof gesien is. En die twaalf het die menigte van die dissipels byeengeroep en gesê: Dit is nie reg dat ons die woord van God nalaat om die tafels te bedien nie. Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel; maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord.

Hoe weet ons of ons in die eindtyd lewe? Miskien moet ek herhaal wat die Here Jesus gesê het: “Pas op dat niemand julle mislei nie.” Die vraag is: hoe vind hierdie misleiding plaas? Die misleiding kom nie in die vorm van openlike leuens nie, maar hoofsaaklik deur mooi praatjies dat daar vir die wêreld ‘n blink toekoms van voorspoed en ongekende vrede voorlê. Wat sê die Skrif?

1 Thessalonicense 5:3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.

—————————————————————————————————–

[1] An audio recording of this event, including Muller’s speech, is in the author’s file/audio archives. This section of his speech is also included in the facilitator’s guide, When the Earth Still Had 1000 Days, a post-event handbook published by Creative Learning International (May, 1999).

[2] Gröning and Wolschke-Bulmahn, “Politics, planning and the protection of nature”, p. 138

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | Leave a Comment »

Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede – Nelus Niemandt

Posted by Thomas on December 9, 2008

Nuwe Drome Die ontluikende spiritualiteit (postmoderne, "ancient-future" [eertyds-toekomstige] missionêre kerk) het ‘n groot hupstoot in die Suid-Nelus Niemandt Afrikaanse N.G. Kerk gekry toe die boek "Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede" onlangs vrygestel is. Die outeur, Dr. Nelus Niemandt, is verbonde aan die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Pretoria waar ‘n briljante student en geleerde, Ferdie Mulder, op skaamtelose wyse in 2007 geskors is ná n ewe skandalige ondersoek na sy klagte dat sommige van die professore nie langer glo in die maagdelike geboorte en die fisieke opstanding uit die dood van Jesus Christus nie. Die professore (belydende Christene) is op al die aanklagte onskuldig bevind en word tans nog steeds toegelaat om hulle verderflike kettery aan ons toekomstige predikante te verkondig.

Dr. Nelus Niemandt se boek is deurspek met ontluikende brabbeltaal wat op die oog af eg Skriftuurlik lyk en tog dwing dit ‘n mens om ‘n skeptiese wenkbrou te lig as jy sien hoe kwistig hy gebruik maak van aanhalings uit boeke en geskrifte van Brian McLaren, Leonard Sweet, Rob Bell, Erwin McManus, Doug Pagitt, Dan Kimball, Thomas Bandy, Rodney Clapp, Karen Ward, Eddie Gibbs, Ryan Bolger, Martin Buber, Daniel Coleman en

baie ander. Selfs aanhalings uit bekende films kry voorkeur bo die yl gesaaide aanhalings uit die Bybel (waarvan sommiges geneem is uit Eugene Peterson se korrupte vertaling, Die Boodskap). Om die waarheid te sê, toe ek die boek die eerste keer onder oë neem, het ek die indruk gekry dat die groot filmmaatskappye nie meer nodig het om biljoene te spandeer op reklame nie; Nelus Niemandt doen dit vir hulle en dit nogal sonder ekstra kostes. Maar wag, grappies op n stokkie: Ek was pynlik geskok toe ek sien hoedat hy die filmreeks Harry Potter met lof besing. Hier’s wat hy op bladsy 138 sê:

 Harry Potter In die Harry Potter‑reeks illustreer die films die belang van antieke waarhede vir nuwe geslagte. Let op hoeveel boeke daar in die klaskamers en kantore van die skool is waar die verhaal afspeel. Die kinders moet ou-ou waarhede leer. Die kinders moet ook antieke spreuke en lewensreëls aanleer. So word die films (en boeke) ‘n les in die belang van antieke waarhede vir toekomstige geslagte.

Die ou waarhede waarna hy verwys is ooglopend die sg. waarhede van, ondermeer die Woestynvaders. Is die outeur besig om die gevaarlike towery, heksery en towerkuns van Harry Potter bewustelik of onbewustelik aan die "waarhede" van die Rooms Katolieke mistisisme van weleer te koppel? Hy sê met uitgelate ekstase op bladsy 139:

`n Jong retraitemeester, Herman Holtzhausen, diep geskool in die tradisies van die woestynvaders, het my een maal genooi om katkisante vir ‘n Saterdag na sy retraitesentrum te bring. Ek was nogal gespanne — om ‘n klomp tieners uit Johannesburg te neem vir ‘n Saterdag van kontemplasie en nadenke en baie stilte kan maklik anders verloop as wat ‘n mens hoop. Wat ‘n verrassing! Baie van die kinders het daardie besondere Saterdag beskryf as een van die geestelike hoogtepunte van die hele jaar, ‘n paar het dit selfs as van die mooiste oomblikke in hulle hele lewe beskou.

Ons moes eenvoudig weer ‘n keer met iets soortgelyks waag. Ons gemeente het ‘n jeugkamp vir hoërskoolkinders gehou. As deel van die kampprogram is tyd ingeruim sodat die kinders, aan die hand van die klassieke twaalf kruisstasies, in stilte kan nadink oor die gebeure en hulle lewe. Die gewyde erns en toewyding waarmee hulle vir byna drie ure daaraan deelgeneem het, het al ons predikante diep ontroer. In die evaluering van die kamp het meeste kinders dit as die hoogtepunt aangedui!

Hierdie jong seuns en dogters wat nodig het om die onvervalste Evangelie van Jesus Christus te hoor, word langs ‘n weg gelei wat uiteindelik op vernietiging sal uitloop as hulle hul nie bekeer en glo soos die Skrif sê nie. Dit is tipies van die ontluikende beweging om soliede Bybelse leerstellings ter wlle van ‘n ervaringspiritualiteit en ‘n onbybelse missiologie opsy te skuif. Dr. Niemandt moedig die kerk aan, en in die besonder die N.G. Kerk, om die kettings van die Modernisme te breek en om die nuwe missionêre strategie van die ontluikende kerk te omarm, en tog ondersteun hy heelhartig die boeke van Brian McLaren wat die volgende God-onterende dinge kwytraak:

Brian McLarenEk glo nie ons het die Evangelie nou al reg nie. Wat beteken dit om ‘gered te wees?’ Wanneer ek my Bybel lees, sien ek nie die betekenis daarvan raak nie. ‘Ek gaan hemel toe as ek sterwe.’ Voor die moderne evangelisasie het niemand Jesus Christus as hulle persoonlike Verlosser aangeneem nie, of in die kerkpaadjie afeloop nie, of die sondaarsgebed opgesê nie. [1]

Ek moet egter byvoeg dat ek nie glo om dissipels te maak dieselfde moet wees as om volgelinge van die Christelike geloof te maak nie.  Dit sou raadsaam wees om in baie gevalle (nie almal nie) mense te help om volgelinge van Jesus te word en om [terselfdertyd] in hulle Boeddhistiese, Hindoeïstiese of Joodse konteks te bly. [2]

Ek voel soos ‘n fundamentalis wat besig is om sy greep te verloor – wie se fundamentele waardes besig is om te kraak en uit te rafel en uit mekaar te val en deur my vingers te glip. Ek het gedink ek bou my huis op rots maar dit was toe ys, en noudat aardverwarming toegeslaan het, smelt die ys en alles tuimel inmekaar [3] (Uit die Engels vertaal)

Dr. Niemand skuld sy katkisante ‘n verskoning en ‘n verduideliking vir sy onnadenkende en baie gevaarlike assosiasie met Brian McLaren  wat nie weet wat dit beteken om gered te wees nie en wie se lewe gebou is op smeltende ys. Hoe op dees aarde kan jy die jeug vir Christus bereik wanneer jy die onbybelse uitsprake van ‘n man wat Jesus klaarblyklik nie ken nie agternapraat? Christus het gesê:

Mar 9:42 En elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as ‘n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word. (Klem bygevoeg).

Die see word as metafoor gebruik om aan te dui hoe volkome God sondaars hulle sondes vergewe waneer hulle hul tot Hom bekeer.

Mig 7:19 Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp. (Klem bygevoeg).

Die Here het dus in werklikheid gesê dat iemand wat kinders geestelik mislei in die dieptes van die see, waar die sondes gewerp word, gesmyt moet word. So erg is dit om kinders op ‘n dwaalspoor te lei.

Op bladsy 136 maak Dr. Niemandt ’n onderskeid tussen dit wat was en dit wat nog kom. Hy sê ook dat die postmoderne geestlike leiers op paradokse floreer in teenstelling met die ou leierskap in die kerk wat noukeurig tussen wit en swart onderskei het. Dit klink eerder na ‘n growwe weerspreking veral as jy in ag neem dat die ontluikende volgelinge daarop aanspraak maak dat hulle "barbaarse" volgelinge is (met opregte dank aan Erwin McManus) van Jesus Christus (wat altyd n klinklare onderskeid gemaak het tussen wit en swart, reg en verkeerd, regverdigheid en onregverdigheid ens.), maar in werklikheid en paradoksaal mekaar met ‘n fundamentalistiese bewondering navolg. Enigeen wat die leerstellings van mense navolg is nie besig om Jesus Christus te volg nie maar ‘n ander Jesus (Matteus 15:9).

Leef ons in die tyd waarna Paulus profeties verwys het as die afkap van die naam-Christene van die Olyfboom?


[1] http://www.brianmclaren.net/archives/000271.html

[2] A Generous Orthodoxy, p. 260

[3] A New Kind of Christian, p. 22

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | Leave a Comment »

Die Wyer-Gemaakte Poort en Pad

Posted by Thomas on November 20, 2008

Ek het onlangs tydens een van ons Bybelstudies twee lang palmtakke teen mekaar staan gemaak sodat dit soos ‘n poort of deur moes lyk om die betekenis van die nou poort en die smal pad in Mattheus 7:13 aan my gehoor te verduidelik. Daarna het ek hierdie “vindingryke” poort van my so ‘n klein bietjie wyer gemaak en my gehoor gevra of dit nog as dieselfde en oorspronklike poort beskou kon word. Hulle het feitlik deur die bank saamgestem dat dit nie dieselfde poort kon wees nie omdat die oorspronklike aansien of voorkoms daarvan van “nou” na wyer” verander is. Ek het hulle daarop attent gemaak dat hierdie “wyer-gemaakte” poort ook nie meer langer op ‘n smal pad kon uitloop nie, maar op ‘n pad wat in verhouding met die wyer-gemaakte poort ook noodwendig wyer sal wees en dus ook nie meer met ‘n smal pad geassosieer kon word nie. My volgende vraag aan hulle was: Hoe sou julle sê maak mense hierdie nou poort en smal pad wyer? Sommiges het met interessante antwoorde vorendag gekom maar die eintlike ding waarna ek gesoek het, het ek soos volg verduidelik.

Terwyl mense in die verlede gewoonlik iets tot die verlossingsleer van Jesus bygevoeg het, neem hulle deesdae iets daarvan weg hoewel hulle nog steeds ander dinge byvoeg. Deur die eeue heen het die Rooms Katolieke Kerk en ook die Protestantse Kerkfamilie Jesus plus iets anders vooropgestel om die ewige lewe te kan beërwe:- Jesus + die doop; Jesus + goeie werke; Jesus + volharding; Jesus + die Sabbat-onderhouding op ‘n Saterdag; Jesus + die Nagmaal; Jesus + aalmoese; Jesus + die spreke in tale; Jesus + wonderwerke; Jesus + ‘n spesifieke kerk; Jesus + die uitverkiesingsleer (as jy nie volgens die Calvinisme uitverkies is nie, is jou doppie geklink, jy sal hel toe gaan); Jesus + rykdom en voorspoed, ens. ens. ens. Deesdae bly mense nog steeds verknog aan hierdie maniere om die poort en die pad wyer te maak, maar daar het intussen ‘n baie gevaarliker manier ingekruip en dit is om Bybelse leerstellings of dogmas by die venster uit te gooi. Dié is seker: Sodra die poort en pad wyer gemaak word, kan dit hoegenaamd nie meer die oorspronklike poort of pad wees nie. Dit is ‘n ander poort en ‘n ander pad wat deur ‘n ander Jesus, gees en evangelie aan mense opgedis word. ‘n Baie goeie voorbeeld hiervan het op 14 November vanjaar in Prof. Hennie Stander se blog gepryk toe hy verduidelik het hoedat hy by sy preekgeleenhede binne net tien minute kan agterkom of ‘n kerk ‘n groeiende of ‘n kwynende kerk is. Dit wil darem gedoen wees. Om binne die bestek van net 10 minute te bepaal of ‘n gemeente groeiend of kwynend is, sit nie in almal se broek nie. Die Here Jesus self het gesê dat Hy sy kerk met oneindige lankmoedigheid en geduld bou en gevolglik is dit net Hy wat vooruit kan weet of ‘n kerk volgens sy standaarde sal groei of kwyn. Die kerk in Laodisea het gedink hulle is ryk en het verryk geword maar hulle was ellendig, beklaenswaardig, arm, naak en blind. Ek wonder net hoe Prof. Hennie ‘n kerk soos Smirna in Openbaring 2 sou evalueer. Hulle was verdruk; hulle was arm; die mense wat voorgegee het hulle is Jode maar inderwaarheid die Sinagoge van die Satan was, het hulle lelik gelaster; en sommige van hulle is deur die Satan in die tronk gegooi. Ten spyte hiervan het hulle getrou gebly aan God en sy leerstellings (dogmas).

Een van Prof. Hennie se vereistes vir ‘n groeiende kerk is dat hulle na ‘n stukkende wêreld moet uitreik. Pragtig! Christene is veronderstel om na ander mense in hulle nood uit te reik, maar watter tipe boodskap kan hulle aan ‘n stukkende wêreld bring wanneer kerke en hulle gemeentes nie meer belangstel in dogma en teologie nie? Dit is nie armoede, hongersnood en VIGS wat die wêreld stukkend maak nie maar die toestand van die individuele harte van mense wat sonder hoop en sonder God in hierdie wêreld wil lewe. Het u vergeet, Prof. Hennie, dat die geloof uit die gehoor is en dat die gehoor deur die prediking van God se Woord is (Romeine 10:17 – d.w.s. suiwer dogma en teolgie)? Predikers, kerke, gemeentelede of wie ookal wat van hierdie stukkende wêreld ‘n beter plek wil maak sonder om God se dogmas en teologie as die enigste oplossing vir die mensdom se dilemmas voorop te stel en te prioriseer, is besig met filantropiese werk en niks anders nie. Hierdie sg. uitreikaksies vorm deel van die nuwe missiologie wat sê: Behou jou eie godsdiens, voeg net vir Jesus by. Dit kom dus maar weer neer op Jesus + jou eie godsdiens. Glo my vry, die nou poort en smal pad gaan in  die komende jare al hoe wyer en wyer gemaak word deur mense wat die gedaante van godsaligheid het maar die krag van God se Evangelie (dogma en teologie) sal verloën. Een van die voorlopers van die nuwe missiologie, Rick Warren, het gesê:

I’m not talking about religion this morning. You may be Catholic or Protestant or Buddhist or Baptist or Muslim or Mormon or Jewish or you may have no religion at all. I’m not interested in you’re religious background. Because God did not create the universe for us to have religion.[1] (Klem bygevoeg)

Kom ons  vergelyk Prof. Hennie Stander se siening dat mense nie meer belangstel in dogma en teologie nie met dié van Rick Warren.

Ek het oor die jare heen baie rondgereis en in verskillende gemeentes regoor Suid-Afrika, asook in die

Prof. Hennie Stander

Prof. Hennie Stander

buiteland, gepreek. En binne 10 minute nadat ek by ’n kerk is, kan ek sien of dit ’n lewendige en groeiende kerk is, en of dit ’n kwynende kerk is. Laat ek ’n paar eienskappe van groeiende kerke noem:

Dit is kerke waar daar ’n suksesvolle musiekbediening is. Musiek (nie seks nie)[2] speel ’n geweldige belangrike rol. Die prediking moet eenvoudig, maar aktueel, wees. Die mense stel nie belang in dogma en teologie nie. Hulle wil hulp kry oor hoe om gewone daaglikse eise van die lewe te kan hanteer. Groeiende kerke is kerke waar daar gesonde verhoudinge is. Die mense ken mekaar, en kom met mekaar oor die weg. Hulle sorg vir mekaar, en gee vir mekaar om. Groeiende kerke is ook kerke wat vir hulle jongmense omgee. Ek ken baie mense wat by ’n kerk gaan aansluit het, sodat hulle kinders ’n warm kerklike tuiste kan hê. Groeiende kerke is kerke wat nie na binne gekeer is nie, en net na hul eie (seksuele) behoeftes omkyk nie, maar dit is kerke wat uitreikaksies het, en wat uitbeweeg uit hul kerk na ’n stukkende wêreld.[3] (Klem bygevoeg).

Het u opgelet dat die gemeentelede se oorboord gooi van dogma en teologie een van die maatstawwe is waarvolgens Prof. Hennie binne tien minute kan vasstel of ‘n kerk ‘n groeiende en suksesvolle of ‘n kwynende kerk is? Kom ons trek sy briljante opmerking deur na ons grondwet (dogmatiese wette, reëls en regulasies) en u sal gou-gou agterkom dat so ‘n “welmenende” siening op ongebreidelde chaos sal uitloop. Veronderstel ons sou almal sê: Ons stel nie belang in ons land se grondwet nie. Ons wil net weet hoe om die gewone daaglikse eise van die lewe te kan hanteer. Die ironie is dat ‘n aansienlike persentasie van ons bevolking die daaglikse eise van die lewe wil oplos met diefstal, moord, verkragtings, korrupsie ens. en sou daar in gemeenteverband vir hulle geleer word om hierdie dinge nie te doen nie, is ons weer terug by suiwer dogma en teologie. Is dit nie wat die streng dogmatiese tien gebooie van God ons leer nie, Prof. Hennie? Daar’s natuurlik ‘n ander manier om die gemeenskap te kry om saam te werk en dit is om die Nuwe Hartstigting en Inisiatief se norme en waardes waarvan Ds. Jannie Pelser van die Rant en Dal Gemeenskapskerk ‘n voorbanker is, op die samelewing los te laat. Volgens hulle beskeie mening is die samelewing self die formuleerders van gesonde normes en waardes en ons moet hulle maar net so ‘n bietjie aanpor om in te koop op hulle eie goeie normes en waardes. G’n wonder ons land is in so ‘n gemors nie.

Blykbaar dink Prof. Hennie dat ‘n kerk waarin die Here Jesus en sy ewig onveranderlike leerstellings nie meer figureer  nie ‘n “booming” suksesvolle kerk is. Skynbaar beteken die Here Jesus se woorde in Johannes 17:17: “Heilig hulle in U waarheid” (leerstellige waarhede), en ook in Mattheus 28:19: “ . . . en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het” net mooi niks nie. Wat sê die Here in sy Woord vir ons oor sy dogmas:

2 Johannes vers 9 Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. (Klem bygevoeg).

Daar is dus geen rede om te roem in ‘n kerk waarvan die herder en sy gemeentelede God se leerstellings op ‘n syspoor rangeer en hulle eerder toespits op die kweek van gesonde verhoudinge nie. Dit sou meer gepas wees om oor so ‘n kerk te treur en te huil omdat so ‘n kerk met gesonde verhoudings en al God se teenwoordigheid kwyt is. Johannes, die apostel van liefde wat geweet het hoe om gesonde verhoudinge te kweek, het sonder omhaal gesê hulle het God nie omdat hulle nie in Christus se leer bly nie. Jesus het eenmaal vir die Fariseërs gesê dat as hulle nie glo dat Hy God in die vlees is nie, sou hulle in hulle sondes sterf. Hy het nie ter wille van gesonde verhoudinge gesê dat hulle maar kan glo wat hulle wil nie of dat dit nie juis saak maak of hulle deur die nou poort gaan en die smal pad bewandel nie. Nee! Hy was streng dogmaties gewees. Ek kan u verseker, Prof. Hennie, enige kerk wat nie meer belangstel in Christus se dogmas en teologie nie, kan vir mekaar en hulle jongmense omgee soveel hulle wil; dit gaan nie deug nie omdat dit nie gesonde verhoudinge is wat mense help om die daaglikse eise van die lewe te hanteer nie, maar die gesonde leerstellings van God en sy Woord.

Die vraag is: Waar kom Prof. Hennie Stander aan die idee dat die groeikrag en sukses van ‘n kerk gemeet word aan mense se belangeloosheid in God se dogmas en teologie en eerder net wil hoor hoe om die daaglikse eise van die lewe te kan hanteer? Neem ‘n Mens in ag dat Prof. Hennie Stander baie goed bevriend is met Ds. Jannie Pelser van die Rant en Dal Gemeenskapskerk, Dr. Stephan Joubert[4] van die e-kerk, en dat hy (Stander) ‘n leerkrag is aan die Universiteit van Pretoria waar die leerstellinge van die ontluikende kerk onder leiding van Dr. Nelus Niemandt bevorder word, is dit voor-die-handliggend waarom hy sulke onbesonne dinge kan kwytraak. Die onderliggende energie wat die ontluikende kerk sy veerkragtigheid gee, is ervaring en verhoudinge en nie gesonde Bybelse leerstellings nie. In 1992 het Leigh Anderson, Doug Pagitt se voormalige pastoor, die volgende gesê oor die 21ste eeuse kerk:

The old paradigm taught that if you had the right teaching, you will experience God. The new paradigm says that if you experience God, you will have the right teaching. This may be disturbing for many who assume propositional truth must always precede and dictate religious experience. That mindset is the product of systematic theology and has much to contribute … However, biblical theology looks to the Bible for a pattern of experience followed by proposition. The experience of the Exodus from Egypt preceded the recording of Exodus in the Bible. The experience of the crucifixion, the resurrection and Pentecost all predate the propositional declaration of those events in the New Testament. It is not so much that one is right and the other is wrong: it is more of a matter of the perspective one takes on God’s touch and God’s truth.[5] (Klem bygevoeg)

Roger Oakland is volkome korrek as hy sê:

images-thumb.jpgAnderson is saying that the Word of God is still being written, and  today’s experiences can dictate what that Word is. This sounds like Pagitt when he said “putting words around people’s experiences to allow them to find deeper connection in their lives.”[6]

Leonard Sweet som hierdie versmagting na ‘n ervarings- en verhoudingsteologie soos volg op:

Post-modems want a God they can feel, taste, touch, hear and smell—a full sensory immersion in the divine.[7]

Hierdie aanbiddingswyse word Multi-sensoriese Aanbidding genoem, en is ‘n onding wat besig is om sy kop in talle Protestantse kerke, o.a. ook die NG Kerk uit te steek. Dit gaan gepaard met spirituele ervarings wat deur die gebruik van kerse, wierook, ikone en donker gebedstasies opgewek word. Dr. Nelus Niemandt skryf soos volg hieroor in sy boek “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede:”

Dit is “hele” mense en nie net rasionele mense wat aanbid nie. Daarom word moeite gedoen om al die  nuwe-drome.jpgsintuie te betrek in eredienste. Mense smag na whole body experiences. Al die sintuie word by aanbidding betrek en speel ‘n rol in die gebeure.

Sien: Daar word baie van visuele beelde gemaak en metafore speel ‘n groot rol in die prediking. Tegnologie word ook gebruik om beelde te projekteer. Kuns word ruim gebruik om sigbaar uitdrukking aan aanbidding te gee.

Hoor: Musiek, prediking, luister na verhale, maar ook nuwe waardering vir stilte en om God se stem in die stilte te hoor.

Proe Die liefdesmaal word in eredienste gevier en die gereelde viering van die nagmaal sorg dat eredienste ook ‘n proe-ervaring is. Gebedstasies gee die geleentheid om lidmate aan iets te laat proe wat die aanbidding bevestig (soos om aan sout te proe en so te onthou hoe waardevol die Woordverkondiging is).

Raak: Lidmate kry kans om aan mekaar te raak — ‘n voorbeeld is om mekaar te groet en jou hand op ‘n persoon se skouer te plaas tydens die uitspreek van die seënbede. ‘n Bak water waarin lidmate hulle hande kan steek aan die begin of einde van die diens help hulle om die doop te onthou.

Ruik: Die brood en wyn word geruik wanneer lidmate nagmaal vier. Wierook kan baie versigtig tydens gebed gebruik word om ‘n bewussyn van die heiligheid van die oomblik te skep.

Rex Miller meen dat die multisensoriese fokus in die toekoms nog verder kan groei na klem op aanraking en die verstand: “… the ultimate instruments of manipulation are the mind (interiors) and one fingers (exteriors). As we endlessly reconfigure and rearrange, we become participants in a changing world. [8]

Weet hierdie geleerde predikers wat soveel aansien in kerklike kringe geniet dan nie wat Jesus eenmaal gesê het toe die Samaritaanse vrou vir Hom sê: “Ons vind en ervaar God op hierdie berg maar die Jode sê dat ons Hom alleenlik in Jerusalem kan vind en ervaar.”

Johannes 4:20-23 Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom ‘n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie. Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode. Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

Is dit moontlik dat diegene wat voorspraak maak vir ‘n kerk waarin dogma en teologie nie meer belangrik is nie, nie weet wat hulle aanbid nie? Is dit moontlik dat hulle nie eens weet dat hulle hoegenaamd nie vir God nie maar iemand anders aanbid wat hom as God voordoen? Jesus het eenmaal in die teenwoordigheid van sy dissipels gebid dat God se Woord (dogmatiese leerstellings) die waarheid is (Johannes 17:17). Die redelike afleiding wat ‘n mens hiervan kan maak, is dat iemand wat God nie binne die parameters van hierdie waarheid aanbid nie, besig is om iemand anders te aanbid. Die feit is dat niemand God in waarheid kan aanbid nie as die Gees van waarheid nie in hom/haar woon nie (deur die Gees gewederbaar is nie). Hierdie waarheidsbeginsel is so intens belangrik dat God die gebede van ongelowiges as ‘n gruwel beskou (Spreuke 15:8) omdat hulle nie die Gees van God het nie en Hom gevolglik nie in waarheid kan aanbid nie.

Die voorbankers in die ontluikende kerk is besonderlik daarop ingestel om die jeug met hierdie nuwe multi-sensoriese aanbidding te indoktrineer omdat hulle onderskeidingsvermoëns nog nie deur oefening en ervaring skerp geslyp is nie. Nelus Niemand skryf:

Kontemplatiewe spiritualiteit soos "lectio continua, "lectio divina" en "stilte" is paaie wat teruglei na die Roomse tradisie.

Kontemplatiewe spiritualiteit soos "lectio continua, "lectio divina" en "stilte" is paaie wat teruglei na die Roomse tradisie.

Ek het nogal gewonder of Suid-Afrikaanse jongmense gereed is om ingelei te word in die wêreld van lectio continua en antieke geestelike dissiplines.`n Jong retraitemeester, Herman Holtzhausen, diep geskool in die tradisies van die woestynvaders, het my een maal genooi om katkisante vir ‘n Saterdag na sy retraitesentrum te bring. Ek was nogal gespanne — om ‘n klomp tieners uit Johannesburg te neem vir ‘n Saterdag van kontemplasie en nadenke en baie stilte kan maklik anders verloop as wat ‘n mens hoop. Wat ‘n verrassing! Baie van die kinders het daardie besondere Saterdag beskryf as een van die geestelike hoogtepunte van die hele jaar, ‘n paar het dit selfs as van die mooiste oomblikke in hulle hele lewe beskou. Ons moes eenvoudig weer ‘n keer met iets soortgelyks waag. Ons gemeente het ‘n jeugkamp vir hoërskoolkinders gehou. As deel van die kampprogram is tyd ingeruim sodat die kinders, aan die hand van die klassieke twaalf kruisstasies, in stilte kan nadink oor die gebeure en hulle lewe. Die gewyde erns en toewyding waarmee hulle vir byna drie ure daaraan deelgeneem het, het al ons predikante diep ontroer. In die evaluering van die kamp het meeste kinders dit as die hoogtepunt aangedui![9]

Wat hierdie predikante waarskynlik nie besef nie of miskien selfs doelbewus nastrewe, is dat hulle die oeroue sonde van die mens om ander weë na God en sy teenwoordigheid te soek en in die plek te bring van die enigste God-aanvaarde wyse (nl. deur die bloed van Jesus Christus) by mense inburger.

Hebreërs 10:19-22 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.

G’n wonder God waarsku teen weë wat vir die mens reg lyk maar die eindes daarvan is weë van die dood (Spreuke 14:12; 16:25).

Ek sou graag vir Prof. Hennie Stander wou vra of hy die bogenoemde aanhaling uit Hebreërs 10 as ‘n Heilige Gees geïnspireerde dogma van God beskou, maar ek kan dit ongelukkig nie doen nie omdat ek nie juis baie welkom is op sy “blog” nie. Indien hy ja sou antwoord, sou ek hom graag ‘n tweede vraag wou vra en dit is: Indien dit dan wel ‘n Heilige Gees geïnspireerde dogma is, waarom spoor hy mense aan om hulle belangeloosheid in dogma en teologie as ‘n voorwaarde vir groei en sukses in die kerk toe te eien? Derhalwe wil ek hom aanmoedig om eerder die volgende “groeiproses” soos ons dit in die vroeë kerk gevind het by sy volgende optredes in kerke, gemeentes en oor die hele wêreld aan sy gehore tuis te bring:

En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag. Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drie duisend siele toegebring. En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede. En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind. En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit. En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het. En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.

Let asseblief baie noukeurig op Prof. Hennie: Petrus het nie vir hulle gesê om ‘n suksesvolle musiekbediening aan die gang te kry of om hulle onderlinge verhoudinge op ‘n gesonde voet te bring sodat hulle kan groei nie. Hy het ook nie saam met die ander dissipels onderneem om hulle nie met dogma en teologie dood te gooi nie en nog minder het hy beloof om hulle in ‘n band van broederlike eenheid in gesonde verhoudinge saam te smee nie. Dit is in elk geval die werk van die Heilige Gees en Hy doen dit alleenlik wanneer die gemeentelede deur Hom in God se waarheid geheilig word. En wat is die essensie van hierdie waarheid? – dat Jesus Christus en sy Vader EEN is. Hierdie waarheid, vir u inligting Prof. Hennie Stander, is suiwer dogmaties – dit is suiwer teologie en enigeen wat dit ter wille van groei en sukses in ‘n gemeente onderdruk, vermy of versmaai, speel met vuur. Die sleutel tot sukses is om die waarheid soos ons dit in die Skrif vir ons opgeteken staan onvervals en onverdun aan ‘n verloregaande wêreld te predik en God self sal daagliks by die gemeente voeg die wat gered word. Dit, my liewe professor, is sukses en groei in volle bloei.

Salomo het eenmaal gesê daar is niks nuuts onder die son nie en as ‘n mens so kyk na Prof. Hennie se eienskappe en voorwaardes vir ‘n suksesvolle groeiende kerk, dan verbaas dit jou nie dat sy woorde die profetiese woorde van die apostels van weleer eggo nie. Vat nou maar net sy woord “Die mense stel nie belang in dogma en teologie nie. Hulle wil hulp kry oor hoe om gewone daaglikse eise van die lewe te kan hanteer en vergelyk dit met Paulus se woorde in 2 Timotheus 4:3 en 4

. . . want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

My pleidooi is dat jy jou heelhartig sal bekeer van jou verkeerde siening oor die dogma en die teologie soos ons dit in die Skrif vind en dat jy dit met mannemoed by alle geleenthede wat jy kry om plaaslik en oorsee te preek, sal verkondig sodat verlore mense gered kan word. Jy sal moontlik nie altyd so suksesvol wees nie omdat die onvervalste prediking van dogmatiese waarhede in die Woord jou ‘n vyand van baie mense sal maak. Maar onthou, die Woord sê nie vir ons “Mooi so, goeie en suksesvolle dienskneg nie,” maar “Mooi so goeie en getroue dienskneg.” God verwag nie van ons om suksesvol te wees of om sukses na te jaag nie, maar om getrou te bly aan Hom en sy dogmatiese waarhede en teologie, al lei dit na ons dood.

Kom ons kyk vir oulaas na Jesus se evaluering van sy en sy Vader se dogams, leerstellings en teologie.

Johannes 7:17 As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.

Johannes 8: 51 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie.

Johannes 14:23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.

Hiervolgens is dit baie duidelik dat Jesus Christus, anders as prof. Hennie Stander en so baie ander postmoderne predikers, ‘n geweldige hoë premie plaas op sy leer (dogma en teologie). Inderdaad, Hy lê ook geweldig baie klem op die feit dat alleenlik hulle wat bereid is om sy wil te doen, sal weet dat SY leer (dogma en teologie) van God kom. Enigiemand, hoe godsdienstig hulle ookal mag wees en hoeveel hulle ookal vir ander mag omgee en hoedanig hulle ookal na ‘n stukkende wêreld uitreik, wat Jesus Christus en sy Vader se dogmas en leersteellings op ‘n syspoor raangeer, het Hom nie lief nie. Dis wat SY dogma en teoloe sê en nie ek nie.

————————————————————————————-

[1] Rick Warren tydens die 2005 Verenigde Volke Gebedsontbyt, September 2005. Vir meer inligting oor hierdie Gebedsontbyt, sien “Rick Warren speaks about Purpose at United Nations” deur Rhonda Tse (Christians Post, September 14 2005, http://www.christianpost.com/article/20050914/21340_Rick_Warren_Speaks_about_Purpose_at_United_Nations.htm

[2] Prof Hennie Stander het sy artikel geskryf na aanleiding van Pastoor Ed Young van die Fellowship-kerk in Dallas, Texas, wat gevra het dat sy gemeente eerskomende Sondag vir ’n week van seks by die kerk moet kom aanmeld. Hy gaan hulle dan uitdaag om een keer per dag vir ’n week lank seks te hê. Omdat hy glo dat dit hulle sal help om op te hou kla. Vandaar Hennie Stander se afleiding dat ‘n suksesvolle musiekbediening geweldig belangrik is in die kerk en nie seks nie.

[3] http://www.carpediem.co.za/henniestander/

[4] Dr. Stephan Joubert het die voorwoord geskryf tot Dr. Nelus Niemandt se boek “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede” waarin hy die padaanwysers van die ontluikende kerk na ‘n nuwe hergedefinieerde Christendom onderskryf. Die padaanwysers is o.a. Brian McLaren, Leonard Sweet, Erwin MacManus, Rob Bell, Rick Warren en Doug Pagitt.

[5] Leigh Anderson, A Church for the 21st Century, p. 69

[6] Roger Oakland, Faith Undone, p.56

[7] ‘n Aanhaling deur Julie B Sevig in haar boek, The Lutheran, “Ancient New” uit Leonard Sweet se Soul Tsunami.

[8] Nelus Niemandt, Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede, p. 117

[9] Ibid, p. 139

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 2 Comments »

Sentrum vir Christelike Spiritualiteit: Kaapstad

Posted by Thomas on September 18, 2008

Dr Carel Anthoissen

‘n E-pos wat ‘n vriendin onlangs aan ons gestuur het, het my genoop om die spreekwoordelike stof wat deur die jare op die bladsye van my en ook ander se navorsing vergader het, so ‘n bietjie af te stof. Dis nogal ‘n interessante e-pos wat mense nooi om saam te gesels oor die pitkos-bydraes wat op die Eldoraigne Familiekerk se webtuiste verskyn.[1] In kort handel dit oor die mens se sonde van selfgesentreerdheid wat in die volksmond bekend geword het as die “eie ek.” Die skrywer, Gerhard Bothma, verwys tereg na Romeine 7 waar Paulus beskryf hoedat hy te alle tye probeer het om ’n welbehaaglike lewe voor God te lewe maar telkens misluk het, omdat hy en ook ons soos hy dit stel, “tot niks goeds in staat is nie” en voordurend die dinge wat hy haat en nie wil doen nie, tog teen sy wil gedoen het. Dan roep hy in wanhoop uit: “Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood.” En dan volg sy oorwinningskreet “Ek dank God, deur Jesus Christus.” Dis net jammer dat Gerhard Bothma meer klem gelê het op die dank wat ons teenoor God moet betuig en nie die Persoon deur Wie ons daagliks in oorwinning oor die “eie ek” kan lewe nie. Hy sê:

Om te besef en te aanvaar dat God dit doen deur Jesus Christus lei daarom tot meer as net die uitroep: “Aan God die dank!” (:25). Dit is moeilik om te aanvaar, want ons elkeen wil eintlik baie graag op ‘n manier ‘n bydrae lewer tot ons verlossing, groei en ander dinge wat eintlik die vrug van God se wonderlike werking in ons is. Niemand van ons is te groot om ‘dankie’ te sê nie.

Natuurlik moet ons dankie sê dat God dit deur Jesus Christus doen en daagliks in ’n gees van dankbaarheid teenoor Hom lewe, maar weet u, dis nie al wat Christus ons leer nie. Om net dankie te sê is nie genoeg nie. Ons kan sekerlik nie ‘n bydrae tot ons redding lewer nie, maar daar is beslis iets wat ons kan doen in die proses van ons heiligmaking en die gepaardgaande dra van die vrug van die Heilige Gees. Trouens, Christus beveel ons om in Hom te bly soos wat Hy in ons is.

Johannes 15:4 Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.

Paulus sê selfs in sy brief aan die Filippense dat ons ons eie heil met vrees en bewing moet uitwerk.

Filippense 2:12 Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing;

Dit beteken hoegenaamd nie dat ons iets kan doen of vermag om ons heil te bewerkstellig nie, maar Paulus sê wel dat ons iets kan doen en inderdaad ook moet doen om in die verloop van ons heiiligmaking te groei tot  geestelike volwassenheid. Die onus rus dus op elke Christen om in Hom te bly. Die Here sal dit nie vir ons doen nie. Indien dit sy bedoeling was om dit vir en namens ons te doen, sou Hy ons nooit die opdrag gegee het om in Hom te bly nie. Netso beveel Hy sy volgelinge om hulleself daagliks te verloën, hulle kruis op te neem en Hom te volg.

Lukas 9:23 En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.

Hier sien ons weer eens dat dit nie God is wat dit vir of namens ons doen nie. Ons moet dit self doen. Dit is dus ’n daadwerklike, gewillige en bewustelike ding wat ekself moet doen (ek gebruik spesifiek die woord “bewustelik” om dit te onderskei van die “veranderde bewussysntoestand” van meditasie (wat ek in die loop van hierdie kommentaar sal bespreek).

Hoewel Gerhard Bothma die Bybelse perspektief op die mens se selfgesentreerdheid vanuit Romeine 7 behandel, was dit telleurstellend om te sien dat hy sy “pitkos” begin met ’n verwysing na die liberale NG Kerk prediker, Willem Nicol, wat die term “ekkigheid” sou versin het. Hou ’n mens in gedagte dat Willem Nicol een van die grootste eksponente in die land is van die sg. Christelike meditasie, moet jy vir jouself afvra of hy sy “ekkigheid” in die lig van die Skrif beoordeel of dit t.o.v. die Oosterse seining daarvan verwerk. Ek het reeds in die 20 aflewerings oor Rick Warren se boek “Die Doelgerigte Lewe” daarop gewys dat dit nie net die Woord van God is wat die mens se beheptheid met sy “eie ek” aanspreek nie maar dat die ongelowiges dit ook as ‘n groot struikelblok in mense se verhouding met mekaar eien.

Djwhal Khul, die Tibetaanse geestegids wat sy boodskappe deur die medium Alice Bailey oorgedra het, het die volgende oor die ego van die mens gesê:

The aim should be the development of the habit of meditation all the day long, and the living in the higher consciousness till that consciousness is so stable that the lower mind, desire, and the physical elementals, become so atrophied and starved through lack of nourishment, that the threefold lower nature becomes simply the means whereby the Ego (soul) contacts the world for purposes of helping the race. (1-145). (klem bygevoeg)[2]

M.a.w. jy moet d.m.v. meditasie jou hoër bewussyn so goed ontwikkel dat jou laer bewussyn (jou “ekkigheid”) geheel en al wegkwyn sodat jy mense by wyse van jou ego (“eie ek”) tot hulp kan wees. Ons moet onthou dat die duiwel God se waarheid nie tot niet wil maak nie. Hy wil juis “nuwe” inhoud daaraan gee en dit gebruik vir sy eie doeleindes (2 Korinthiërs 11:14). Hy sal byvoorbeeld nie die waarheid dat die mens verslaaf is aan sy eie selfgesentreerdheid ontken nie, maar ’n ander manier aanbied om dit te bowe te kom — soos o.m. deur meditasie en ander mistieke spirituele dissiplines in plaas van die kruis van Jesus Christus.

Tydens my navorsing wat vanoggend deur ons vriendin se e-pos op dreef gebring is, het ek afgekom op ’n baie interessante artikel wat Prof. Johan Malan ’n klompie jare gelede geskryf het en dié het my beurtelings weer op die spoor gebring van ’n artikel wat op 12 Maart 2005 in “Die Burger” verskyn het — “Stilte is die moedertaal van God.” Ek was onder die indruk dat die kontemplatiewe/medatiewe/mistieke spiritualiteit ’n redelike nuwe verskynsel in die NG Kerk is en dat Dr. Nelus Niemandt se onlangse boek “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede” baanbrekerswerk gedoen het om die Ontluikende Kerk in ons land te bevorder. Trouens, Stephan Joubert verwys in die voorwoord na die boek as horison­verskuiwend en kontekstueel.” Tog blyk dit dat dit nie so “horisonverskuiwend” is nie omdat die NG Kerk reeds in 2005 ’n reuse stap geneem het om kontemplatiewe spiritualiteit in ons land ’n hupstoot te gee. Dr. Carel Anthonissen, NG leraar in die Studentekerk in Stellenbosch, was toe pas as die eerste Afrikaanse en NG direkteur van die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit in Kaapstad aangestel wat in 1987 deur Fancis Cull, ’n Anglikaanse priester, begin is. Hy was van die Studentekerk af daarheen gesekondeer. Dr. Hannes Koornhof, Wes-Kaapse moderator van die NG Kerk, het gesê:

Dié sekondering is in ooreenstemming met ‘n ontwikkeling in die NG Kerk die laaste jare om weer ál meer deel te raak van die ekumeniese kerk en die breër Christelike tradisie en om baie meer moeite te doen om lidmate en predikante te begelei in spiritualiteitsgroei en die beoefening van die geestelike dissiplines. (Klem bygevoeg).

Die Burger het soos volg oor sy aanstelling berig:

Anthonissen, voorheen ook predikant in dr. Beyers Naudé se ou gemeente, Aasvoëlkop, werk dus nou drie dae per week in die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit. Die res van die tyd is hy predikant op Stellenbosch, waar hy onder meer toesig hou oor die kerk se kunsprogram, in die Bybelskool onderrig en ondersteuningsgroepe reël vir gay Christene en hul ouers (Anthonissen was ‘n paar jaar gelede voorsitter van die Wes-Kaapse sinode se ad hoc-kommissie oor die homoseksualiteitsvraagstuk).

En in die sentrum se nuusbrief word ‘n kursus geadverteer waarin ‘n mens onder meer “Benediktynse meditasie” en “die beoefening van die teenwoordigheid van Jesus” kan leer.” . . . Die aktiwiteite vir die komende jaar is onder meer “oggende van nadenke”, “stil dae”, “inwaartse reise”, “meditatiewe staptogte . . .

Dr. Carl Anthoissen beskryf sy inisiasie in kontemplatiewe spiritualiteit as volg:

Ek het die kontemplatiewe tradisie die eerste keer ontdek toe ek in 1987 en 1988 Europa saam met Koinonia (‘n beweging wat deur dr. Nico Smith begin is om mense uit verskillende agtergronde byeen te bring) besoek het. Ons het onder meer die ANC se kongres in Londen besoek, maar ons het ook na talle kontemplatiewe gemeenskappe gegaan.

Dié gemeenskappe se spiritualiteit het ‘n geweldige impak op my gehad. Dit was ‘n spiritualiteit van kontemplasie, ‘n sagter spiritualiteit wat met stilte werk. Een vrou het aan my gesê die stilte maak jou weerloos en een van die belangrikste goed is dat jy moet leer om jou weerloosheid te omarm en te aanvaar, dat jy nie jou skadu moet probeer uitdryf nie, maar moet integreer.

Die kontemplatiewe tradisie werk ook met die idee dat God ‘n donkerder, misterieuse kant het — dat geloof nie alles kan verklaar nie. Daar is kante van God waarvoor jy woordeloos staan. Vanuit jou donkerte na God se donkerte. Al wat mens soms het om aan vas te hou, is dat daar in die donkerte ‘n Hart sit wat vir mense bloei.

Stilte is die eerste taal van God,” Stilte is eintlik God se moedertaal. Dit is ‘n ruimte waarin God makliker na jou kan beweeg en jy in voeling met God kan raak. Stilte is een ding wat jou help om wakker te word. In ons tradisie het stiltetyd ‘n aktiwiteit geword — jy moet ‘n klomp goed dóén. Die spiritualiteit van die sentrum behels daarenteen dat ons leer om in God te rus.

TWEE dae nadat hy oor die definisie van spiritualiteit begin dink het, het Anthonissen ‘n e-pos aan Johannes de Villiers van “Die Burger” gestuur wat lui:

Ek het weer nagedink oor my eie siening van spiritualiteit — was nie regtig tevrede met alles wat ek kwytgeraak het nie. En miskien lê dit in die rigting van iets soos (a) om as mens regtig wakker te word, sodat jy met jou totale liggaamlike en sintuiglike bestaan, ook jou weerloosheid as mens, oop en eg voor God se aangesig begin lewe. Soos Ireneaus gesê het: ‘The glory of God is a human being fully alive.’ “Of (b) die groeiende opmerksaamheid dat daar in die mees gewone dinge of gebeure van die lewe, goed of sleg, ‘n dieper dimensie skuilgaan; ‘n stukkie ekstase, ‘n aanraking van liefde, die wete van God se liefdevolle teenwoordigheid.

Dis verstommend dat predikante wat veronderstel is om die Evangelie van Jesus Christus te ken, kan glo dat die allerheiligste Seun van God se teenwoordigheid d.m.v. ’n tegniek aangeleer en beooefen kan word. Dis nie net ’n ontkenning en verwerping van God se Evangelie nie maar ten diepste ’n vertrapping van Jesus Chrisus se bloed. Dit is tog maar alleenlik geloof in Christus se bloed wat ons die vrymoedigheid gee om in die teenwoordigheid van die Allerheiligste God te mag kom en niks anders nie. Die voorhangsel in die tempel is van bo na onder geskeur toe Jesus uitgeroep het “Dit is volbring.”

Hebreërs 10:19-22 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. (Klem bygevoeg).

Indien sondige mense by wyse van Benediktynse meditasie of enige ander vorm van meditasie/inwaardse reise/kontemplatiewe gebede soos Ignatiaanse kontemplasie/stilte/laberinte wandelings en dies meer die Allerheiligste God se teenwoordigheid kon beoefen, dan was dit mos nie vir die Here Jesus nodig om aan ’n vloekhout te sterf en sy bloed te stort nie. Enige Jan Rap en sy maat kan dan maar net d.m.v. al hierdie Oosters-georiënteerde dissiplines in God se teenwoordigheid kom.

Die wêreld is baie vinnig op pad na ’n gesentraliseerde godsdiens waarin alle godsdienooruigings uiteindelik in die hedendaagse Ontluikende Kerk ’n tuiste sal vind, en die samebindende spiritualiteit wat die grense tussen godsdienste sal oorbrug is die sg. mistieke en kontemplatiewe aanbiddingswyses. Alle aanduiding is dat die NG Kerk ook vinnig op pad is daarheen, tensy daar iets drasties gebeur om die leierskorps van die kerk se oë betyds oop te maak.

2 Thessalonicense 2:10, 11 . . . omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie . . . sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,


[1] http://www.eldofam.co.za/6329.html

[2] http://www.lightinfo.org/aab/dkmed.htm

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 1 Comment »

Die Doelgerigte Misleiding – Deel 2

Posted by Thomas on June 26, 2008

The Purpose Driven Life 3Warren verwys dikwels in sy openbare optredes en onderhoude op Larry King Live (CNN) na Spreuke 16:18: “Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.” Nietemin, omdat hy en so baie ander fasiliteerders in die Emerging Church beweging die ego of self van die mens oor die boeg van diensbaarheid, harmonie en eenheid gooi, ignoreer hulle willekeurig of onwillekeurig die werklike doel van die verloëning en die afserwe van die ego of die self. Die primêre doel van die verloëning en die afsterwe van die eie ek is nie diensbaarheid nie (hoewel dit uiters belangrik is) maar om ‘n ware dissipel (volgeling) van die Here Jesus te kan wees. Diensbaarheid is nie uniek aan gelowiges nie. Soos ons reeds hierbo gesien het, lê die besigheidswêreld (wat hoofsaaklik in die hande van ongelowiges gesetel is) geweldig baie klem op diensbaarheid, maar dis ‘n tipe “diensbaarheid” wat gebaseer is op die besigheidsbeginsel van “vraag en aanbod.” Die behoeftes van die massas bepaal die aard en inhoud van die diens wat in hierdie besigheidsgedrewe “diensbaarheid” gewortel is. Dit was hoofsaaklik hierdie besigheidsgedrewe “diensbaarheid” wat Rick Warren aangespoor het om na die sg. “unchurched Harrys and Marys” (ongelowiges) uit te reik en hulle te vra wat hulle van die kerk verwag. Daarom sê hy dan ook:

The first Reformation was about belief; this one’s going to be about behavior,” . . . “The first one was about creeds; this one’s going to be about our deeds . . . The first one divided the church; this time it will unify the church.” (1)

Niemand kan ontken dat diensbaarheid (goeie dade) ‘n pragtige eienskap is nie, maar sonder die kruis van Jesus Christus is dit ‘n nul op ‘n kontrak. Daarom het Christus gesê:

Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. (Joh 15:5).

En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg (Luk 9: 23).

En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie (Luk 14: 27).

Dit is alleenlik maar die kruis van Christus (die sterwe aan die self) wat die gelowige in staat stel om in Christus te bly en om dusdoende ‘n instrument van diensbaarheid te kan wees. Sonder Christus en sy kruis kan ons niks doen wat ewigheidswaarde het nie en alles wat ons in elk geval sonder Hom doen beteken net mooi niks nie. Dit is niks anders nie as hout, hooi en stoppels wat by die Bema troon oordeel tot ‘n hopie as verbrand sal word (1 Kor 3: 12). Selfverloëning sonder die kruis van Jesus Christus pas ewe goed in die kader van enige ander godsdiens en kom eintlik neer op ‘n verheffing van die self eerder as ‘n afsterwe daarvan. Deur die daaglikse werking van die kruis van Christus as die enigste effektiewe instrument vir die afsterwe van die eie “ek” of die “self” uit te skakel, word die klem verskuif van ware dissipelskap (selfverloëning en die opneem van die kruis) na diensbaarheid; van God na die gemeenskap, soveel so dat die uitdrukking “dit gaan nie om jou nie” ‘n algehele humanistiese betekenis kry.

Die vraag is dus: Waarna verwys Warren as hy praat van die “dit” in dié veelbesproke frase “Dit gaan nie om jou nie?” Niemand kan ontken nie dat die hele Evangelie (Goeie Nuus) geskryf is ter wille van jou. Dit is die mooiste, wonderlikste en beste liefdesroman wat nog ooit geskryf is . . . vir jou. Warren het egter op ‘n baie subtiele wyse die klem verskuif vanaf redding, heiligmaking en gelykvormigmaking aan Jesus se lyde, na die nastreef en bereiking van ‘n doelgerigte lewe sodat hy nie net gelowiges nie, maar ook ongelowiges in sy doelgerigte agenda kan akkomodeer. Veral kommerwekkend van sy boek is dat dit deurspek is met teenstrydighede. Hy sê byvoorbeeld dat selfverheffing, selfbehoud en selfgesentreerdheid iets uit die bose is, maar versuim om God se oplossing vir hierdie “self-is-me” helder en duidelik te verklaar, nl. dat ons onself moet verloën, ons kruis opneem en Hom volg (Mat 16:24; Mark 8:34; Luk 9:23). Pleks daarvan, sê hy dat jy ‘n doelgerigte lewe vir God moet lewe. In weerwil van sy afkeur aan alles wat met die self te make het, is hy eintlik maar besig om “self-is-me” te bevorder. Hy doen dus maar presies dieselfde as wat enige ander ongelowige met die sonde van selgesentreerdheid doen. Die Webblad: Inner Frontier, skryf soos volg oor “selfgesentreerdheid” soos Isaac Luria, ‘n 16de-eeuse Kabalistiese okkultis dit beskrryf het:

Tikkun olam encompasses both the outer and the inner, both service to society by helping those in need and service to the Divine by liberating the spark within. (2) As we are, the Divine spark lies hidden beneath our layers of egoistic self-centeredness. That spark is our conscience, through which the promptings of the Divine Will flow toward us. By pursuing spiritual inner work to strengthen our soul and purify our heart, we grow more able to bear that spark without shattering, more willing to act on what we know to be right, less willing to act in harmful or grasping ways, and more able to notice the quiet presence of conscience beneath the din of our chattering minds and reactive emotions. The work of transformation, of building a soul creates a proper vessel for the Divine spark, for our unique share of the Divine Will, returning that spark to the service of the One Who sent it. By working to perfect ourselves, perfect our soul, and serve society, we each contribute in our own unique way to the perfecting of the world. This is our duty and our calling as human beings. (3) (klem bygevoeg)

Waaroor gaan dit dan alles? Gaan dit om die ewigheidswaardes van God se koninkryk wat jy moet nastreef ter wille van Christus en sy Evangelie en nie ‘n tydelike doelgerigte lewe hier op aarde nie, of om hierdie wêreld te transformeer en ‘n beter plek daarvan probeer maak?

Dit is eerder nodig om mensgemaakte harmonieë so ‘n bietjie te skud sodat God se harmonie in ons lewens tot ontplooing kan kom. Daarom het Christus gesê, “Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid.”(Luk 12: 51). Harmonie en eenheid word nie onderling teweeg gebring deur gesamentlik ‘n doelgerigte lewe op hierdie aarde na te jaag nie, maar alleenlik wanneer God self sy kinders in sy waarheid heilig (Joh 16: 16, 17). Daar is vandag talle mense wat in die naam van die Christendom baie vroom en mooi voorbeeldige en doelgerigte lewens lei, maar wat nie deur God self in sy waarheid geheilig is nie. Paulus noem hulle mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën (2 Tim 3: 5). Hulle jaag ‘n doelgerigte lewe na sonder die kruis van Jesus Christus. Waarom dink u is daar soveel ongelowige besigheidsinstansies wat doelgerig florerende besigheidsprojekte nastreef met Rick Warren se boek “Die Doelgerigte lewe” styf onder die arm? Selfs die Tony Robbinsongelowige en bekende Amerikaanse motiveringspreker, Anthony (Tony) Robbins, hou deesdae opleidingseminare getiteld “Die Doelgerigte lewe.” (4) Warren se boek het nie net ‘n geweldige invloed op kerke dwarsoor die wêreld nie, maar ook op groot besigheidsinstansies soos Ford, Wal-Mart en Coca-Cola. Hoe rym dit met Christus se woorde dat die wêreld Hom haat? (Joh 15: 18). Dit is ooglopend duidelik dat wanneer die wêreldse besighede ter wille van hulle eie agendas begin belangstel in sg. Christelike boeke, is hulle eintlik maar besig om ‘n ander Jesus na te volg omdat die Jesus van die Bybel nie langs dieselfde vuur as die wêreld kan of sal sit nie. As die wêreld jou begin ophemel en van jou begin goedpraat, is dit ‘n duidelike teken dat jy beslis nie God se doel vir jou in hierdie wêreld uitleef nie.

1 Joh 4:5 Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.

Luk 6:26 Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.

Waar in die Bybel vind ons dat die Here Jesus vir sy dissipels of enigiemand anders gesê het “Dit gaan nie om jou . . . of om my nie.” Om die waarheid te sê die uitdrukking “Dit gaan nie om jou nie” en “Dit gaan nie oor my nie” is uit en uit ‘n humanistiese siening van die self. Pleks daarvan om die self op sy regte plek te sit, is dit eintlik besig om die self op te blaas en te pamperlang tot iets wat naderhand so groot is dat dit op die ou ent net om jouself gaan en nie om God nie. Hou in gedagte dat Warren se leserskring uit ‘n baie groot kontingent van ongelowiges bestaan en om vir hulle te sê dit gaan nie om jou nie sonder om die werking van die kruis daarin duidelik te maak, sal telkemale uitloop op ‘n opgeblaasde verheerliking van die self. Rick Warren verwys nie ‘n enkele keer in sy boek na die noodsaaklikheid van Jesus Christus se kruis in die hantering van die “self” nie. Sodra iemand geestelike waarhede wil oordra sonder om die kruis van Jesus Christus dié ereplek in hulle lering te gee, is hulle besig om ‘n wêreldse wysheid kwyt te raak. Die kruis van Christus Jesus is die krag en die wysheid van God (1 Kor 1: 20-24) en predikers van die woord het ‘n plig teenoor God se skape om sy wysheid helder en duidelik aan hulle oor te dra. Daarom het Paulus gesê: “Ek wil niks onder julle weet as Jesus Christus en Hom as gekruisigde.”

As Christus nie vir Homself aan die vloekhout van Golgota vasgespyker was nie, vir wie en namens wie het Hy dan gesterwe? As die Gees van God deur wie die hele Skrif ingegee is en deur manne van God opgeteken is baie duidelik en onomwonde sê dat Sy kruisdood nie vir Homself was nie, dan beteken dit tog sekerlik dat dit wel om jou en om my gaan. Inderdaad, die volledige openbaring van God, vanaf Genesis tot Openbaring, is om jou en om my ontwil geskrywe. Trouens, nog voor die grondlegging van die wêreld het die drie Persone in die Drie-Eenheid in hulle alwetendheid vooraf geweet dat die mens in die sonde sou val en ooreengekom dat Christus vlees en bloed deelagtig sou word sodat Hy die hoogste prys vir die sondes en die verlorenheid van die mensdom kon betaal. Die mens was nog nie eens dáár nie toe God die Drie-eenheid besluit het om ter wille van jou en my en die hele wêreld sy lewe aan ‘n vloekhout af te lê sodat ons gered kan word.

Julle moet weet (besef) dat julle gered is (vrygekoop is) vanuit julle nuttelose (vrugtelose) lewenswandel wat julle tradisioneel van julle voorvaders oorgeërf het, nie met verganklike dinge [soos] silwer en goud nie, Maar [julle is vrygekoop] met die kosbare bloed van Christus, die Messias, soos dié van ‘n [geslagde en offervaardige] lam sonder vlek of rimpel. Dit is ‘n betroubare woord dat Hy gekies en voorbestem is vóór die grondlegging van die wêreld, maar Hy is in die laaste dae in die publieke oog gebring (geopenbaar) — aan die einde van die tye — vir julle onthalwe (‘n Vrye vertaling van 1 Pet 1: 20 uit die Amplified Bible)

Hy is vir ons onthalwe voor die grondlegging van die wêreld gekruisig. Die oomblik toe die Drie-Eenheid in hulle ondeurgrondelike liefde vir die mensdom besluit het dat Christus vir die ganse wêreld aan ‘n vloekhout sou sterwe, was dit in God se hart alreeds ‘n gedane en voldonge saak — alreeds voor die grondlegging van die wêreld. Dit is onteenseglik waar dat alles deur Hom en vir Hom geskep is en dat Hy dit alles vir Sy verheerliking gedoen het (Kol 1: 16). Die vraag bly egter . . . het God alles geskape sodat die gevalle mensdom met asembenewende bewondering net daarna kan kyk en uitroep Ag hoe wonderlik!? . . . of het Hy dit geskep sodat Hy ‘n vervloekte kruishout op ‘n heuwel net buitekant Jerusalem kon inplant sodat Sy Eniggebore Seun vir die sondes van die hele wêreld daaraan vasgespyker kon word? (Jes 53:10).

Dit is uiters jammer dat Rick Warren nie vanuit die staanspoor die Evangelie van Jesus Christus helder en duidelik vir sy lesers afskilder nie (Gal 3: 1). Om vir enigeen te probeer wysmaak dat die klem op onsself . . . “nooit ons lewensdoel duidelik maak nie,” en “jy [gaan] nie jou lewensdoel raaksien deur binne-in jouself te kyk nie” sonder dat hulle ten diepste en ten nouste begryp waarom Christus reeds voor die grondlegging van die wêreld vir ons gekruisig is, sal die ongelowiges maar net aanspoor om hulle ingebore en selfsugtige selfgesenstreerdheid nog verder te pamperlang. Hou in gedagte dat Warren sy boek so ingeklee het dat beide gelowiges en ongelowiges in sy Doelgerigte Lewe betrek kan word. Ongelowiges sal nooit die gruwel van hulle eie ingebore selfsugtige selfgesentreerdheid kan raaksien nie, tensy die bloed van die kruis hulle verlore siele aanraak en reinig. Het die Here Jesus dan nie eenkeer self gesê dat ons niks sonder Hom kan doen nie? (Joh 15: 5). Niks sluit ook jou onvermoë in om jou selfsugtige selfgesentreerdheid af te skud . . . want dit is alleenlik deur die kruis van Christus en nie jou doel nie dat enigeen die klem op homself kan afsterf. As die kruis van Christus nie sentraal in die lewe van ‘n persoon ingeplant is nie, kan hy nie God se doel met sy lewe raaksien en uitleef nie, want dit is alleen die kruis wat jou kan bring tot ‘n plek van swakheid sodat God se opstandingskrag in jou ‘n werklikheid kan word. Warren hoef maar net Joh 15: 8 aangehaal het om God se doel met Sy dissipels duidelik te maak — meer as dit (40 hoofstukke) is heeltemal oorbodig.

Om sy uitspraak “Dit gaan nie om jou nie” te onderskryf, gebruik Warren ‘n voorbeeld wat so effe aan die vedwaalde kant is. Op bladsy 16 begin hy deur die te sê Ek het op ‘n slag in die berge verdwaal. Toe ek stop en iemand vra om die pad na die kamp te verduidelik, hoor ek ‘Jy kan nie van hier af daar kom nie. Jy moet anderkant die berg begin!’ Net so kan jy jou lewensdoel nie verstaan as jy begin deur op jouself te konsentreer nie. Ek kan my nogal hiermee vereenselwig omdat ek baie maklik verdwaal, maar as iemand vir my sê ek moet aan die anderkant van die berg begin terwyl ek aan die verkeerde kant van die berg verdwaal het, is daar tog sekerlik net een van ‘n paar maniere waarop ek by die anderkant van die berg kan uitkom. Ek kan nie anders nie as om by die verkeerde kant waar ek aanvanklik begin het óf oor die te berg gaan óf links óf regs om die berg te gaan om by die anderkant uit te kom, en in dié proses sal ek in elk geval die kamp vind wat óf langs óf op die berg geleë is. Warren is korrek wanneer hy sê “Jy moet met God jou Skepper begin” maar dit is uiters tragies dat hy nie vir sy lesers vertel waar God te vinde is sodat jy met Hom kan begin nie. Interessant genoeg was dit ‘n berg (Sinaï) waarop God Hom aan Moses en die volk Israel geopenbaar en Sy tien gebooie aan hulle gegee het. Ook ons kan God alleenlik op ‘n berg (‘n heuwel) wat soos ‘n hoofskedel (in Hebreeus Golgota) gevorm is, vind. Nog meer, hierdie heuwel staan nie in die kamp nie maar buitekant die kamp.

Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely. Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer (kamp) en sy smaad dra. (Heb 13: 12, 13).

Dit is dus nie aan die duskant of die anderkant van die berg waar God te vinde is nie, maar op die hoofskedel-heuwel wat buitekant die kamp geleë is. Dit is uiters kommerwekkend en tragies dat Warren sy lesers nie vertel waar hulle God kan vind nie alvorens hulle met Hom kan begin. Ek kan maar net raai waarom hy dit nie doen nie. As herder van sy mega-kerk (Saddleback Valley Gemeenskapskerk) moet hy terdeë bewus wees van 1 Kor 1: 18 & 19 wat baie uitgesproke is oor die kruis van Christus.

Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God; want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak.

Warren kan dit waarkynlik nie bekostig om sulke diep-snydende tekse aan te haal nie omdat hy sy ongelowige lesersgehoor onmiddellik sou moes prysgee. Dit is opvallend dat die reuse sukses van sy boek nie te danke is aan gelowiges nie, maar hoofsaaklik aan ongelowiges en in die besonder die besigheidsektor wat gulsig van sy boeke gebruik maak om hulle besondere doelgerigte mylpale te bereik. Om sy ongelowige lesersgehoor te betrek, haal hy eerder godloënaars soos Bertrand Russel (‘n uitgesproke ateïs) aan. Myns insiens grens dit aan godslastering om Bertrand Russel (1872-1970)Bertrand Russel se spreuk “Tensy jy ‘n God versonderstel, is dit sinneloos om te vra wat die doel van die lewe is” naas Paulus se Heilie Gees-geïnspireerde teks in Kol 1: 16 te plaas. Dit herinner my aan ‘n groep Christene wat onlangs die ewe godslasterlike spreuk van Benjamin Franklin (‘n 13de graad Vrymesselaar) gebruik het om hulle drinkgewoontes te verdedig, “Beer is proof that God loves us and wants us to be happy.” Toe ek die godslasterlike en God-onterende spreuk aan hulle uitwys, het hulle my eenvoudig geïgnoreer en my lidmaatskap van hulle webwerf summier beëindig. Dit gaan my verstand te bowe dat God se kinders sulke blatante leuens soos dié van Bertrand Russel gelate kan aanvaar en met ‘n gejubel uitbasuin dat Warren se boek ‘n meesterstuk is. Het ons al so ver van die waarheid afgedwaal dat ons nie meer onderskeid kan maak tussen die heilige en die onheilige en die verskil tussen die onreine en die reine kan uitken nie? (Eseg 22: 26).

Waarom gebruik Rick Warren aanhalings uit die geledere van Godloënaars? In sy biografie oor Rick Warren het Richard Abanes ‘n hoofstuk onder die titel “A New Kind of Spirituality” ingesluit waarin hy poog om te bewys dat Rick Warren gekant is teen ‘n diverse universele waarheid. In hierdie hoofstuk verdedig hy Warren se neiging om die wysneusige spreuke van ongelowiges asook van ander godsdientige oortuigings aan te haal. Abanes toon aan dat hy dit doen nie omdat Warren saamstem oor wat hulle sê nie en nie omdat hy hulle as voorbeelde van ware Christene voorhou nie, maar omdat hy wil bewys dat alle waarheid — uit watter oord die ookal mag kom — God se waarheid is. (5) Daarmee plaas Warren hom solied in die kraal van okkultiste en Teosofiste soos Helena P Blavatsky, Alice Ann Annie Bessant (1847-1954)Bailey en Annie Besant. Blavatsky sê in haar boek “To the Readers of Lucifer” die volgende:

Helena Blavatsky (1831-1891)Our motto was from the first, and ever shall be: ‘THERE IS NO RELIGION HIGHER THAN–TRUTH.’ Truth we -search for, and, once found, we bring it forward before the world, whencesoever it comes.…

“There is, and can be, but one absolute truth in Kosmos. And … if it is absolute it must also be omnipresent and universal; and that in such case, it must be underlying every world-religion — the product of the thought and knowledge of numberless generations of thinking men. Therefore, that a portion of truth, great or small, is found in every religious and philosophical system, and that if we would find it, we have to search for it at the origin and source of every such system, at its roots and first growth, not in its later overgrowth of sects and dogmatism.

Our object is not to destroy any religion but rather to help to filter each, thus ridding them of their respective impurities. In this we are opposed by all those who maintain, against evidence, that their particular pitcher alone contains the whole ocean. (Klem bygevoeg; hoofletters in die oorspronklike) (6)

In ‘n onderhoud op Larry King Live (CNN, 22 November 2004) het Rick Warren hom soos volg oor ander godsdienste uitgelaat:

And by the way, there’s truth in every religion. Christians believe that there’s truth in every religion. But we just believe that there’s one savior. We believe we can learn truth — I’ve learned a lot of truth from different religions. Because they all have a portion of the truth. I just believe there is one savior, Jesus Christ.—Rick Warren (klem bygevoeg) (7)

As die Here Jesus die enigste Waarheid, die enigste Weg en die enigste lewegewende Verlosser is, dan kan daar geen saliggewende waarheid in enige van die ander godsdienste wees nie, juis omdat alle ander godsdienste Hom as die enigste Waarheid verwerp. Hierdie verwerping van Christus bring mee dat enige waarheid van watter aard ookal wat daar moontlik in enige ander godsdiens mag voorkom totaal van nul en gener waarde vir die mens is. Enige waarheid kry eers werklik betekenis wanneer Jesus Christus as die enigste Waarheid daardie besondere waarheid onderskryf. Toe die Satan vir Christus in die woestyn versoek het, het hy baie dinge uit die Skrif aangehaal wat die suiwere waarheid is en tog moes die Here Jesus hom met die waarheid teenstaan en verwerp. Die waarheid uit die mond van Christus Jesus se vyande is nutteloos. Die jong meisie wat Paulus dae lank gevolg en uitgeroep het “Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing” het die waarheid gepraat en tog moes Paulus die waarsêende gees in haar uitdryf (Hand 16: 16-18). Hoewel Warren in die verloop van die onderhoud pertinent sê dat Jesus die Waarheid, die Weg en die Lewe is en dat niemand na die Vader kom behalwe deur Hom nie, kan sy stelling dat daar waarheid in al die ander godsdienste opgesluit lê ‘n gevaarlike wanindruk oor die Evangelie by mense tuisbring. Daarmee skep hy die indruk dat — al sou die Christene Jesus Christus as die enigste Verlosser beskou — die waarhede in ander godsdienste ook ‘n belangrike bydrae lewer om sy agenda van ‘n doelgerigte lewe aan te vul. Trouens, dit is juis hierdie geloofwaardigheid wat hy aan die sogenaamde waarheid in ander godsdienste gee wat Warren die stukrag gee om die reusagtige probleme in die wêreld aan te pak en te probeer oplos.

Kyk gerus na hierdie video op YouTube: Rick Warren answers the Davos question.

Veronderstel die Here Jesus het vir die Satan gesê toe hy Hom in die woetyn versoek het: Ek is die enigste Verlosser van die wêreld maar jy het ook sekere waarhede in pag. Hy sou met so ‘n stelling geloofwaardigheid gee aan die Satan wat van die begin af die vader van die leuen is (Joh 8: 44), en sodoende sy aanspraak dat Hy die alleenreg op God se waarheid het, kompromiteer? Indien Hy dit sou doen, sou Hyself skuldig wees aan ‘n oortreding van God se waarskuwing in Jes 5: 20 en Homself as die Seun van God diskrediteer en selfs verloën.

Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.

Skynbaar glo Warren dat die Here Jesus die enigste Verlosser is maar dat Hy ook mense van ander geloofsoortuigings kan red sonder om hulle betrokke godsdienste prys te gee omdat daar ook sekere waarhede in hulle godsdienste opgesluit is. Trouens Warren het al by geleentheid gesê:

…You may be Catholic or Protestant or Buddhist or Baptist or Muslim or Mormon or Jewish or Jain, or you have no religion at all. I’m not interested in your religious background. Because God did not create the universe for us to have religion. He came for us to have a relationship with him.”—(klem bygevoeg) (8)

“I have known many people who believe in the Messiah of Jesus, regardless of what religion they are, because they believe in him. It’s about a relationship, not a religion. You’ve heard this many times.” —(klem bygevoeg) (9)

“I happen to know people who are followers of Christ in other religions. (klem bygevoeg)” (10)

“I don’t see many people interested in Christendom. But I see a lot of people interested in God.” (11)

Tony CampoloTony Campolo, ‘n voobanker in die Emergent Church beweging en skrywer van die boek “Speaking My Mind” waarin hy sê dat mistisisme (kontemplatiewe gebed) die “algemene raakpunt” is tussen die Christendom en Islam, huldig dieselfde mening as Warren. Howel hy erken dat Jesus Christus die enigste Verlosser is, glo hy dat dit nie nodig is om ‘n Christen te wees nie en dat dit onnodig is vir mense van ander gelowe om hulle tot Christus te bekeer. Hy sê:

I think there are Muslim brothers and sisters who are willing to say, “You live up to the truth as you understand it. I will live up to the truth as I understand it, and we will leave it up to God on judgment day. (12)

Die bogenoemde aanhalings pas netjies in by die missiologie van die post-moderne denkers. Hier volg ‘n paar van hulle:

For me, the beginning of sharing my faith with people began by throwing out Christianity and embracing Christian spirituality, a nonpolitical mysterious system that can be experienced but not explained — Donald Miller. (13) (klem byhgevoeg).

I must add, though, that I don’t believe making disciples must equal making adherents to the Christian religion. It may be advisable in many (not all!) circumstances to help people become followers of Jesus and remain within their Buddhist, Hindu, or Jewish contexts — Brian McLaren. (14) (klem bygevoeg).

YWAM (“Youth With a Mission”) is een van ander sendingaksies wat ‘n nuwe strategie gebruik om mense vir Christus te bereik in lande waar die Christendom verbied word en strafbaar is met die dood.

Messianic Muslims who continue to read the Koran, visit the mosque and say their daily prayers but accept Christ as their Savior are the products of the strategy, which is being tried in several countries, according to Youth With a Mission (YWAM), one of the organizations involved. (15)

Indien Warren se stelling “And by the way, there’s truth in every religion” (17) waar is, dan moet die Satanskerk van Anton La Vey sekerlik ook iets van die waarheid beet hê. Kan u sien hoe absurd dit word wanneer sulke stellings tot hulle normale konsekwensies deurgetrek word?

Ten spyte van die inligting oor Rick Warren wat enigeen met toegang tot die internet tot hulle beskikking het (insluitende die predikante in ons land) het die meeste kerke in Suid-Afrika reeds Warren se boek “Die Doelgerigte Lewe” behandel? Dit is uiters kommerwekkend om te aanskou hoedat kinders van die Here wat reeds jarelank ‘n pad met Christus wandel, deur Warren en ander Ontluikende Kerk fasiliteerders begogel word.

2Kor 11:2 Want ek is jaloers oor julle met ‘n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ‘n reine maagd aan Christus voor te stel.

————————————————————————————————————————————————–

VOETNOTAS

1 http://www.pastors.com/RWMT/?ID=207&artid=8280&expand=1

2 WARREN DENIES ANY CONNECTION WITH THE NEW AGE, YET HE SOMETIMES AFFILIATES WITH NEW AGE PROPONENTS AND THEIR TEACHINGS. It has been documented that Warren recently joined with the John Templeton Foundation, an organization which promotes spiritual humanism, to be a judge in their “Power of Purpose” Essay Contest. The winning essay, for which Warren cast his vote, was written by August Turak, a false teacher in New Age “Self Knowledge” who claims a “divine spark” within every person. http://www.apologeticsindex.org/214-why-rick-warren-has-critics.

3 http://www.innerfrontier.org/Practices/TikkunOlam.htm.

4 http://www.crossroad.to/News/Church/Klenck1.html.

5 Richard Abanes, Rick Warren and the Purpose that Drives Him, Harvest House p. 88.

6. To the Readers of “‘Lucifer’” by H. P. Blavatsky, Lucifer, January, 1888, http://www.blavatsky.net/blavatsky/arts/ToTheReadersOfLucifer.htm. http://inthenameofpurpose.org/chp17.htm.

7 Onderhoud met Rick Warren, CNN Larry King Live, Uitgesaai op November 22, 2004, Transkripsie. http://transcripts.cnn.com/TRANSCRIPTS/0411/22/lkl.01.html.

8 United Nations, Interfaith Prayer Breakfast, September 2005, transcribed from the audio of Rick Warren’s message available at Lighthouse Trails Research Project, “The New Missiology—Keep Your Own Religion, Just Add Jesus” at http://www.lighthousetrailsresearch.com/newmissiology.htm; below Rick Warren’s quote — “Listen to entire transcript.”

9 Onderhoud met Rick Warren, CNN Larry King Live, Uitggesaai op December 2, 2005, Transkripsie, http://transcripts.cnn.com/TRANSCRIPTS/0512/02/lkl.01.html.

10 Aspen Ideas Festival, The Aspen Institute, July 6, 2005, “Discussion: Religion and Leadership,” with David Gergen and Rick Warren, http://www.aspeninstitute.org/site/c.huLWJeMRKpH/b.901097/k.C0C7/Agenda.htm. Transcribed from the audio available at Lighthouse Trails Research Project, http://www.lighthousetrailsresearch.com/newsletternovember05.htm.

11 As quoted in “Rick Warren: Global Baptists ‘are all in this together’” by Trennis Henderson, Western Recorder, Baptist Congress Today, July 30, 2005, http://www.bwanet.org/Congress/congresstoday29f.htm.

12 In ‘n onderhoud met Tony Campolo deur Shane Claiborne. http://findarticles.com/p/articles/mi_m2096/is_1_55/ai_n13798048/pg_1

13 Donald Miller, Blue Like Jazz: Nonreligious Thoughts on Christian Spirituallity, p. 115

14 Brian DF Mclaren: A Generous Orthodoxy: Why I Am a Missional, Evangelical, Post/Protestant, Liberal/Conservative, Mystical/Poetic, Biblical, Charismatic/Contemplative, Fundamentalist/Calvinist, Anabaptist/Anglican, Methodist, Catholic, Green, Incarnational, Depressed-yet-Hopeful, Emergent, Unfinished CHRISTIAN,

15 http://www.deceptioninthechurch.com/youthwithamission.html; http://www.deceptioninthechurch.com/messianicmuslimsletter.html

16 Onderhoud met Rick Warren, CNN Larry King Live, Uitgesaai op November 22, 2004, Transkripsie. http://transcripts.cnn.com/TRANSCRIPTS/0411/22/lkl.01.html

17 Onderhoud met Rick Warren, CNN Larry King Live, Uitgesaai op November 22, 2004, Transkripsie. http://transcripts.cnn.com/TRANSCRIPTS/0411/22/lkl.01.html.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 2 Comments »

ERVARINGSTEOLOGIE – IS DIT BYBELS VERANTWOORDBAAR?

Posted by Thomas on June 20, 2008

‘N KRITIESE BESKOUING VAN DANIE VELDSMAN SE “JOHAN-HEYNS GEDENKLESING” “OOR VERWONDERING EN VERVREEMDING VAN TEOLOGIESE NADENKE: ‘N ERVARINGSPERSPEKTIEF” WAT HY OP 27 MEI 2008 AAN UP GELEWER HET – DEEL 3

HOEDANIG WORD ERVARINGS IN DIE ERVARINGSTEOLOGIE AANGEBRING OF BEWERK?

Dit is nie my doel om ‘n gedetaileerde en indringende studiestuk voor te lê nie maar om selgs die kerninhoudelike gevare verbonde aan die ervaringsteologie hier uit te lig. Om dit te doen moet ek heel eerstens daarop wys waarom dit vir die post-moderniste so belangrik is om die onstaan van die duiwel en demone te ontken. Die wesensinhoud van hulle ontkenning kom neer op “waar daar nie ‘n vyand is nie, is daar ook nie konflik nie en waar daar geen konflik is nie is daar vrede en waar daar vrede is, is daar eenheid.” Gevolglik is dit vrugteloos om die post-moderniste te probeer oortuig dat die ervaringsteologie baie diep in die leringe van duiwels gewortel is.

Die gemoed (verstand) van die mens is ongetwyfeld die gevegsterrein waar God en satan voortdurend om die lojaliteit en gehoorsaamheid van die individu in ‘n hewige stryd gewikkel is. Die Here wil dat die mens se gemoed nugter, waaksaam en wakker moet wees (Rom 12:2; 1 Ptr 1:13; 5:8) terwyl die duiwel ‘n passiewe, trae en onwaaksame verstand vereis sodat hy sy vestings daarin kan opwerp en sy leuens daarin kan verskans (2 Kor 10:4, 5). Daar is hoofsaaklik twee maniere waarop hy dit doen — deur twyfel te saai (“Is dit ook so dat God gesê het?”) en deur die verstand in ‘n veranderde bewussynstoestand te bring deur mistieke en okkulte tegnieke soos o.a. meditasie. Hierdie uiters gevaarlike tegniek het ‘n vastrapplek in die kerk gekry d.m.v. meditatiewe en mistieke tegnieke soos “labarinte-wandelings,” “asemgebede,” (waarin ‘n enkele woord soos “Jesus” of ‘n sinsnede soos “U is met my” in ‘n asemteug aanhoudend herhaal word), “kontemplatiewe” of “centering prayer” ensomeer. Selfs sielkundiges en psigoloë wat meditasie as ‘n vorm van onstspanning goedkeur, erken ronduit dat dit uiters gevaarlik kan wees. Hier volg ‘n uittreksel uit ‘n artikel wat Sandy Brundage op die internet oor die gevare van meditasie geskryf het:

Karen Long (a pseudonym), in her mid-20s, turned to meditation as a way to feel connected. “I wanted to experience that ‘oneness with the universe,’” she says. At a nondenominational San Francisco temple, she hooked up with a group of women practicing a hodgepodge of relaxation techniques, drawn from books and discussions. Long spent one to two hours a day meditating over the next three years.

“Then I began hearing voices,” she says. “I heard profound messages. The other people thought it was a sign of enlightenment. Some people at the temple told me that I had ‘contacted a spiritual guide.’ During my normal awake hours, I found myself feeling spacey sometimes.” Unconvinced that aural hallucinations were a sign from God, Long quit meditating. The voices stopped.

Long’s experience isn’t unique. Researchers have known for 30 years that meditating can have adverse health effects on some people, inducing psychological and physical problems ranging from muscle spasms to hallucinations.

Over the past year Dr. Andrew Newberg of the University of Pennsylvania scanned the brains of eight longtime practitioners of Buddhist meditation, snapping images of blood flow within the brain while they were meditating and comparing them with images taken when they were not. The scans tracked increased blood flow to the frontal lobe — used for concentration and focusing — during meditation. But blood flow to the parietal lobe, which calculates the boundaries of your body in relation to its environment — “You are not the chair, you are sitting on the chair, the chair is on the floor” — decreased. Other parts of the brain also activate during meditation — the limbic system, which is the heart of emotion and memory, and core areas that control heart rate, blood pressure, and arousal.

These results support what other researchers have discovered about the side effects meditation can cause. Dr. Michael Persinger, a psychologist at Laurentian University in Canada, found in 1993 that meditation induces epilepsylike brain seizures in some people. His study of 1,081 students showed that the 221 meditators among them had a higher rate of hallucinating floating spots of light, hearing voices, and even feeling the floor shake. Other studies reported that meditators complained of feeling emotionally dead and seeing the environment as unreal, two-dimensional, amorphous. Those results aren’t surprising if meditation reduces blood flow to the parietal lobe. In longtime meditators, unreality can strike spontaneously. Singer describes it as “involuntary meditation.” One of her patients took anti-seizure medication for 25 years after quitting meditative practice to regain control of his mind. (1) (Klem bygevoeg).

Geestegidse en hoorbare stemme . . .? Waar kom dit vandaan? Word dit aangebring deur fisiese ervaringe? Nouliks! Dit is eerder demoniese invloede wat bogenoemde fisiese ervarings ontketen.

Die volgende beskrywing van die gevare van enige vorm van meditasie verskyn op ‘n ander webblad:

Before participating in New Age meditation, it is wise to consider the dangers of meditation. This practice seeks to put a person in an altered state of consciousness, which leads to spiritual or self enlightenment. This is accomplished through stilling the mind. So, is this practice dangerous?

Many people believe that there are no dangers to practicing meditation. However, upon study, you will see that this is untrue. “New Age meditation uses the mind in an abnormal manner to radically restructure a person’s perceptions of self and the world in order to support occult New Age philosophy and goals…It seems that when altered states of consciousness are entered for even a short period of time, day after day, month after month, year after year, that some or even many of the same adverse phenomena found in more extensive meditation programs are encountered. Among these are philosophical conversion to the occult, demon possession, and various forms of physical, spiritual, and psychological damage,” says the Encyclopedia of New Age Beliefs.

Most people who participate in meditation do not realize that most meditation is based in the occult. According to the Encyclopedia of New Age Beliefs, all forms of New Age meditation involve the following occult phenomena:

  • the cultivation of altered states of consciousness;
  • the cultivation of altered states of consciousness;
  • the eventual development of psychic powers;
  • the possibility of spirit possession.

Those who practice meditation are taking a risk with their physical, mental, emotional, and spiritual health. There have been cases of meditators loosing bodily awareness, having LSD-like visions, experiencing uncontrollable screaming, encountering restlessness, experiencing horrors, etc. (2)

Ten spyte van die uiters gevaarlike gevolge wat dit vir die mens inhou, het die Ontluikende Kerk pens en pootjies binne-in die maelkolk van die kontemplatiewe spiritualiteit beland, en dit net omdat die post-moderne mens na ‘n ervaringsteologie soek. In weerwil van die ernstige waarkuwing in 2 Kor 11:13 en 14, het die Ontluikende Kerk Oosterse en antieke mistieke en okkulte tegnieke omhels en verkoop dit tans onder die Christelike dekmantel van “Be still . . .” (3) (Psalm 46:10). Sommige van die boodskappe wat ‘n Hindoe guru, Sivabalayogi, aan sy volgelinge oor “stilte” tuisbring is:-

  • “Abide in the silence,”
  • “Stillness is the means of climbing the spiritual ladder,”
  • “What occurs in the silence? The process of God manifesting,”
  • Concentrate on the silence.
  • Can you hear the voice of silence?
  • The search begins in silence.
  • Make contact with the infinite in deep silence.
  • In the footsteps of silence God draws near the meditating soul.
  • In perfect silence there is peace.
  • Discover who you are in the deep silence of meditation.
  • In the deep silence of total being God is found.
  • “Experience the silence of the divine wideness,”

Dit is duidelik dat die Ontluikende Kerk doelbewus raakpunte soek met ander godsdienste en dit inderdaad ook vind in hulle aanbiddingswyses.

————————————————————————————————————————————————————–

Voetnotas

1 http://www.arcanology.com/2002/09/06/the-dangers-of-mediation/

2 http://www.allaboutspirituality.org/dangers-of-meditation-faq.htm

3 Kyk gerus na http://www.lighthousetrailsresearch.com/bestilldvd.htm vir meer inligting oor hierdie kettery in die kerk.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , | 2 Comments »