Die ander Waarheid
Almal wat die kindervehaal Pinocchio ken en ook die fliek al gesien het, sal seker die volgende toneeltjie daaruit onthou waar die polisie vir Fox
en Cat arresteer omdat hulle iets verkeerd gedoen het en toe probeer om Pinocchio se arm te draai om hulle uit die verknorsing te help.
Fox: My boy, Pinocchio! Come here, hurry!
Fox: [to the cat] It’s old Wood-legs.
Pinocchio: Oh boy, you two must have done something really bad.
Fox: Oh, no, no, no! Not we! Of course we did nothing wrong! Why, they picked up the wrong fellows.
Cat: Yeah. Now, how about you tell that nice policeman that you like, know us, Pinocchio, buddy? Maybe he’ll let us… scram.
Policeman: Right! What’s all this then, you know these two?
Pinocchio: Yeah. Yes, I do.
Policeman: And how is it that a nice hardworking kid like you would know a couple of bums like these two?
Pinocchio: Well, I…
Pinocchio: [to the fox and the cat] Do you want me to tell the truth?
Fox: Oh yes! Always tell the truth, Pinocchio.
Cat: Oh yeah, the truth, the whole truth and nothing but the truth, little buddy.
Pinocchio: [looks at Cricket, who nods] These two took my money!
Policeman: That’s what I figured. Well boys, that’s gonna add a little more time to your sentence.
Policeman: [to his horses] Aye, get up there!
Fox: Urgh, not that truth, you little wooden-headed netwit!
Cat: Oh, no, no, no, man. The other truth, tell him the other truth.
Cat: [to the fox] Hey, hey! Give me a little clue here. What was that other truth? (Klem deurgaans bygevoeg)
Ons weet almal dat Pinocchio die kuns geken het om ‘n leuen so oor te dra dat dit soos die reine waarheid geklink het. Daar was egter ‘n klinklare manier waarop sy leuens aan die lig gekom het – sy neus het langer en langer geword met elke leuen wat hy vertel het.
Soos Cat in die Pinocchio verhaal wil ek ook baie graag vir Willem Nicol en Carel Anthonissen vra “What was that other thruth? Voordat ek u op hoogte bring van die “ander waarheid” wat ons eg Suid-Afrikaanse Pinocchios vir hulle landgenote en veral ook hulle NGK Ontluikende kerkgenote opdis, wil ek net eers ter inleiding sê dat hierdie kommentaar gerig is op die onderhoud wat Johan Symington verlede Sondagaand (13/09/2009) op RSG in die program “Kruis en Dwars” met Nicol en Anthonissen oor Postmoderne spiritualiteite gehad het. Dr. Willem Nicol is ‘n bekende figuur in die NG Kerk wat Christelike meditasie en in die besonder die verskynsel van “stilte” in kontemplatiewe meditasie onder die aandag bring van die NG kerklui. Dr. Carel Antohosissen is betrokke by die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit in Kaapstad. U kan hier meer oor hom lees.
Dié moet ek darem sê: Johan Symington het ‘n paar indringende vrae gevra. Een hiervan wat Willem Nicol ‘n “emerging” eierdans laat doen het, was die volgende. Ek is jammer dat ek my lesers moet toegooi met Willem en Carel se wyshede maar ek haal hulle eerder uitgebreid en volledig aan voordat hulle my daarvan beskuldig dat ek hulle buite konteks aanhaal.
Johan: As ek nou ‘n stildiiens gaan bywoon, wat kan ek verwag?
Carel: Ek dink ‘n ervaaaaring. Willem het vroeër daarna verwys dat ons in die kerke het gewoond geraak dat die hoofitem van jou diens is maar die prediking en dit appelleer baie sterk [op] die rasionaele, die verstaan van die Evangelie, maar ek dink wat hier gebeur is dat die Woord funksioneer nog steeds; ons lees die Bybel, maar die Bybel word binne heeltemal ’n ander konteks geplaas. So, ek wil amper sê, mense beter luister daarna en dit word ook omring en versterk met simboliese handelinge, litrugiese dinge.
Johan: Verduidelik ‘n bietjie, hoe verskil dit van ‘n gewone erediens?
Carel: As jy instap in die diens, wil ek amper sê, is die tema van die oggend wat uit die Bybel uitkom, ons volg eintlik die kerklike jaar se rooster, is die tema onmiddellik simbolies voorgestel; jy stap in en jy sien reeds met jou oë wat amper gaan gebeur en dan speel ons gewoonlik inleidende musiek; dit skep ‘n bepaalde stemming maar dit is nie net dit nie. Ek dink dit is meer as dit, dit probeer mense, ek dink, via ‘n ander kanaal nader bring aan die Bybel, aan die Woord.
Johan: [Is dit] dan “chanterig” soos die ou Klassieke tradisie was? (Johan het waarskynlik gesinspeel op die ou Gregoriaanse Gesange wat in die Roomse katolieke Kerk en veral in hulle kloosters deur monikke en nonne gesing word, ek wil amper sê, om Carel se uitdrukkihng te gebruik, soos die Bhoeddiste met hulle dreunsang).
Carel: Ons sing ‘n verskeidenheid liedere, . . . nee, nee, gladnie “chanterig” nie. Ek gryp terug op die hele ou tradisie, van die misse wat Mozart geskryf het, die Kyries en Benedictusse, deur tot nuwer interpretasies van Psalm 23. Ek het nou in Wallis wonderlike musiek opgespoor. Ek het amper al gedink ek gee vir Fanie Smit ’n bietjie kompetisie daar in ons diens want dit raak mense nogal; musiek vul baie sterk aan. Miksien kan ek net [iets sê] oor die liturgiese of die rituele wat ons wel gebruik. Ons wissel nogal af; ek dink Willem hulle doen ook iets soortgelyks. Ons sal redelik gereeld, amper tweemaal ‘n maand die eucharistie of die Nagmaal hou, tekens van brood en wyn, bedien of uitdeel, en dan is daar ook ’n ritueel waar mense gewoon kerse aansteek as ’n teken van toewyding of waardeur hulle ook ander mense bring voor God. En dan’t ons, wat vir my een van die mees sinvolle rituele is, is ’n helingsritueel waar ons met olie mense salf, eintlik nader nooi, vorentoe nooi om te kom kniel, en dit is baie betekenisvol vir mense en, ek dink Willem het dit reg in die begin gesê, ek dink ons ken ’n klomp waarhede maar êrens is ons nie ingeoefen om dit ook te leef en te beleef nie en ek dink dit is wat die stildiens vir my beteken . . . ’n Vrou, wat nou eintlik in die NG kerk grootgeword het en deur al die tradisies gekom het, by die Charismatiese kerke ’n draai gegooi het, het beland by die stildiens en vir my na ’n ruk gesê, dit is nou waar sy haar huis gevind het, dit is waar sy tuisgekom het maar sy wil net vir my as leraar een iets sê, dat ek nooit hier moet “intrude” nie, nooit moet inmeng hier nie. En, ek dink is, dit sê miskien alles van die stildiens is dat daar’s nie iemand wat nou domineer of manipuleer, die hele ding probeer . . . ek berei voor maar dis amper soos ‘n tafel wat ’n mens dek, ’n ruimte wat jy skep waarbinne . . . kom ek sê dit maar vroomweg, ek dink waarbinne jy toelaat, meer ruimte gee vir God se eie Gees om in die stilte, deur hierdie handelinge, iets te doen met mense . . . in elk geval wat jy nie kan beheer nie, wat jy nie kan organiseer nie.
Johan: Sal jy preek? (Johan ken blykbaar die gedeelte in die Skrif baie beter as ons twee Pinocchios, wat sê: Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig! . . . Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.” Ek kom later weer by hierdie gedeelte om vir u te wys hoe onbybels en selfs demonies die sg. Stildiens” is en, kom ek sê soos Carel dit maar sommer vroomweg, dat almal wat glo dat hulle hul tuiste gevind het in die stildiens, gruwelik mislei is.
Carel: Ek, ek het die goed, baie interessant, omgedraai en dit werk, dink ek, binne daai konteks baie goed . . . die hoofhandelinge is dat ons saam luister na die Woord en dit word in Engels en Afrikaans gelees want daar kom ook Engelsesprekendes, maar voor ons die Woord lees, sal ek seker in drie, vier miniute net inleidend aanwysings [gee] hoe ‘n mens beter kan luister na die Woord. Wat kan jy hoor; wat het dit aan my gedoen reeds. . . . Maar, om een of ander rede, daai klein bietjie wat jy sê, maak amper die sintuie oop om beter te luister na wat dan gelees word.
Willem: Dit is baie soos ons dit hierso ook doen. Die doel van die hele opset is om die mense oop en sensitief te maak vir die sentrale Skrifgedeelte volgens die Revised Common Lecttionary van dié dag sodat daar nie na die Skrifgedeelte ‘n preek of iets dergliks is nie. Daar’s net ‘n iets van ‘n inleiding wat seker maak dat die persoon hom reg verstaan [waarmee] jy hom miskien n bietjie nuuskierig maak daaroor en hom dus oopmaak, maar dan is dit die eie, eerstehandse ervaring met daardie Skrifgedeeltes sonder ‘n dominee wat daar tussen jou en die gedeelte kom en “intrude” soos Carel sou sê, en om die volle kollig op daardie gedeelte te laat val, gebruik ons dan musiek en poësie en die hele atmosfeer. Die dominee sit dan ook nie voor nie. Hy’s agter. Voor is die kers en dan gebruik ons ‘n skerm sodat daar geprojekteer kan word skilderye en fotos wat help en natuurlik ook die liedere en “chants” wat ons sing . . . en [dit is] eintlik ‘n baie lekker ervaring van elkeen – direk, persoonlik, eerstehands voor ‘n Skrifgedeelte – en dan is die ervaring tog eintlik dat geen preek kan dit beter doen nie want jy is die ene wat die beste weet hoe daai gedeelte jou nou raak. G’n dominee kan dit beter as jy weet nie, want jy ken jou eie ervaring in jou eie binnewêreld en die betrokke Skrifgedeelte raak jou daarso.
Johan: As ek dit reg het, dan sou die kritiek teen so ‘n sisteem gewees het dat ‘n mens vir die duiwel eweveel kans lewer om influistering te doen, veral as jy die teks nie uitlê nie . . . die duiwel kan daarmee maak wat hy wil. Hoe sal jule reageer op so ‘n standpunt? (Dis ‘n uitstekende vraag, Johan).
Willem: Ja, nee, ek hoor telkens daai ding dat in die stilte kry die duiwel nou kans. My gevoel is hy kry natuurlik sy beste kans in die lawaai, nê – as my kop lawaai van vrees of kommer of watter ander negatiewe emosies – dit is kos vir die duiwel daai. As my kop stil raak in geloof dink ek hy hou nie daarvan nie en nou die probleem dat die Skrifgedeelte dalk verkeerd verstaan kan word en die duiwel fluister nou vir my ‘n verkeerde verstaan in, dit is wat ‘n mens probeer seker maak met die kort inleiding of as jy mense heeltemal op hulle eie sou laat mediteer vir hulleself nou nie in ‘n diiens waar ‘n inleiding nie gegee kan word nie, dan sê jy maar net dat jy moet lees en mediteer oor wat jy wel verstaan en nie oor wat jy nie verstaan nie. Die probleem dat ‘n mens dan nou heeltemal verkeerde gedagtes gaan vorm uit die Bybel dië vind ek nie. Ek vind die mense wat wel wil mediteer is mense wat die Bybel darem al ‘n entjie ken. Hulle het in ‘n mate met hom grootgeword. Ek dink dit is ook nodig om te sê die rede moet sy rol speel; daar moet genoeg verstaan en kennis wees van die Bybel en sy boodksap. Maar dan kan ‘n mens gerus verder beweeg sodat dit nie net die rede is en die Bybelstudie nie maar ook die belewenis, die intuïtiewe en die emosionele kant van die ding.
Dis net hier waar die “Emergent Pinocchio” neuse langer en langer word. Miskien moet Willem eers weer ‘n slag gaan lees wat hy in sy eerste gepubliseerde boek “Stem in die Stilte” oor die influisteringe van die duiwel geskryf het. Op bls. 97 sê Willem Nicol.
As mens op ingewings wag, kan jou eie innerlike of selfs bose magte ook met jou praat.” (Stem in die Stilte :97) (Klem bygevoeg).
Willem Nicol erken dus dat kontemplatiewe meditasie die duiwel en bose magte die kans gun om hulle eie bose idees en gedagtes in te fluister. Sir John Eccles, Nobelpryswenner vir sy navorsing op die brein, het gesê die brein is ”A machine that a ghost can operate.” Enige vorm van meditasie wat daarop ingestel is om jou gedagtes leeg en passief te maak sodat God kwansuis in die stilte met jou kan kommunikeer en jy in sy teenwoordigehid kan kom, is dus niks anders as ‘n medium waardeur ‘n ander geestesentiteit jou gedagtes kan oorneem om sy eie bose idees by jou in te fluister. Carel se stelling dat die simboliese handelinge, rituele en stilte vir die Gees van God ruimte gee om iets te doen met mense wat geen dominee kan doen nie, is net nie waar nie. Die Here Jesus self het verklaar dat sy Gees alleenlik dié dinge aan ons bekend sal maak wat Hy van Hom gehoor het (Johannes 16:13-16), m.a.w. die Gees sal nooit buite-om die waarheid soos dit in die Skrif vir ons uitgespel word, iets sê of doen nie.
Dié moet ek darem toegee; Willem glo ten minste nog in die bestaan van die duiwel en bose magte terwyl ander NG predikante ruiterlik ontken dat hy wel bestaan en glo dat ons die naaste aan ‘n duiwel kom wanneer ons in ‘n spieël kyk, bedoelende dat die boosheid per se binne-in die mens die duiwel is. Maar nouja voordat ons Willem voor stok kry oor sy eierdans moet ons darem onthou dat daar nie sulke goeters soos leuens in die Ontluikende Kerk is nie. Dis maar net “’n ander waarheid” soos Pinocchio se twee “vriende” gesê het. Ek vind dit uiters tragies dat die ontluikende broederskap die Bybel alhoemeer minag omdat dit kwansuis teësprekende gedeeltes bevat of soos hulle dit stel die Bybel hom weerspreek, terwyl hulle met leepogies en ‘n afgodiese aanbidding van hulle ghoeroes (soos o.a. Willem Nicol) eerder na hulle “ander waarhede” (nie-weersprekende leuens) luister as na die Woord van God. Dit maak dus nie saak of hulle ghoeroes hulleself telkens weerpsreek nie want hulle “weersprekerigheid” is maar net “ander waarhede” maar wee die Bybel omdat hy hom kwansuis weerpreek.
Carel Anthonissen plaas die hele uitgangspunt en doel van die ontluikende spiritualiteit baie goed in konteks wanneer hy sê, “die Bybel word binne heeltemal ’n ander konteks geplaas.” Om in ‘n ander konteks ingebed te word moet dit noodwendig eers van ‘n bestaande konteks losgemaak of losgeskeur word alvorens dit in die nuwe konteks ingemessel kan word. Dit kom dus daarop neer dat die tradisionele of ou gevestigde erediensgebruike van die Bybel heeltemal ontdoen moet word om plek te maak vir die nuwe konteks waarvan Carel en Willem praat. Ek het reeds vluggies verwys na die gevestigde konteks van die Bybel toe ek Romeine 10:13-17 vir u aangehaal het. Hiervolgens is dit baie duidelik dat God die Bybel (sy Woord) aan ons gegee het om ons te leer en te oortuig wat ons nodig het om gered te word. Die prediking van God se Woord het dus ‘n reddinggewende funksie omdat almal wat dit hoor en terselfdertyd deur die geloof daarop reageer soos die Skrif sê (Johannes 7:38), gered word. As sodanig MOET die Woord van God te alle tye die middelpunt van die erediens inneem, en nie soos die vrou wat Carel vermaan het om nie te “intrude” nie, op ‘n syspoor gerangeer word nie. Sê die Here dan nie self van sy Woord dat dit lewend en kragtig en skerper is as ‘n tweesnydende swaard wat deurdring tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg nie, en dat dit ‘n beoordelaar is van die oorlegginge en bedoelinge van die hart? Die murg in die gewrigte is ‘n metafoor van die mens se diepste en donkerste geheime wat hy geneig is om te verbloem met mooi woordjies en goeie dadetjies (soos die blare waarmee Adam en Eva hulle naaktheid bedek het). G’n wonder die Bybel sê dat die mens se hart bedrieglik is bo alle dinge en uiters verdorwe is en dat niemand, nie eens jyself, dit kan ken nie (Jeremia 17:9). Alleenlik die woord an God wat skerper is as ‘n tweesnydende swaard kan die gewrigte (harde been) oopsny en oopkloof om die murg daarin bloot te lê en aan die lig te bring. Juis dan, wanneer sondaarmense hulleself in die lig van God se Woord sien en leer ken, sal dit hulle na die Here uitdryf om Hom aan te roep vir die vergifnis van hulle sondes en hulle redding (Romeine 10:13).
Maar nee, die postmoderne Pinocchios “skree” in die “stiltes” van hulle kontemplatiewe ekskursies: “Weg met die Here se manier om SY Woord in ons eredienste aan te wend. Ons gaan sy Woord binne ‘n heeltemal ‘n ander konteks plaas, ‘n konteks wat ons gaan haal in die verre verlede toe die Woestynvaders die Bybel op ‘n kontemplatiiewe wyse gelees het om hulle in die teenwoordigheid van God te bring (Lectio Divina). Om hierdie “heilige” atmosfeer te skep wil ons as predikante – wat nie gestuur is nie – eerder as huurlinge agter in die kerk gaan sit sodat ‘n aangesteekte kers voor in die kerk ons kontemplatiewe boeties en sussies in die regte stemming kan bring sodat die Woord beter te kan verstaan. Ons is nie juis begaan oor hulle sieleheil nie en ons gee werklik nie om of hulle gered is of nie. Almal, gered of nie, kan op die maniere wat ons in ons stildienste vir hulle aanbied in die teenwoordigheid van God kom.
Multi-sintuiglike of -sensoriese aanbidding
Ten spyte van die Here se opdrag in Johannes 4: 24 dat ons God (wat Gees is) in gees en in waarheid moet aanbid, dring die kontemplatiewe ontluikende voorbankers daarop aan dat jy al jou sintuie moet gebruik om die Here in die “stilte” te kan ervaar. U sal onthou dat toe Johan Symington Carel vra wat ‘n mens kan verwag as jy ‘n “stildiens” bywoon, het hy hom geantwoord met ‘n uitgerekte “ek dink ‘n ervaaaaring.” Hiermee saam gaan natuurlik ook die opsyskuif of marginalisering van die Woord van God as die episentrum van sy waarheid. Gesonde leerstelling word eenvoudig net geminag ter wille van die ervaring.
Doug Paggit (die mede-outeur saam met Tony Jones van die boek “An Emergent Manifesto of Hope”) se voormalige Pastoor, Leith Anderson het in 1992 die volgende redes aangevoer vir die soeke na ervaring in die plek van gesonde leerstelling.
The old paradigm taught that if you had the right teaching, you will experience God. The new paradigm says that if you experience God, you will have the right teaching. This may be disturbing for many who assume propositional truth must always precede and dictate religious experience. That mindset is the product of systematic theology and has much to contribute … However, biblical theology looks to the Bible for a pattern of experience followed by proposition. The experience of the Exodus from Egypt preceded the recording of Exodus in the Bible. The experience of the crucifixion, the resurrection and Pentecost all predate the propositional declaration of those events in the New Testament. It is not so much that one is right and the other is wrong: it is more of a matter of the perspective one takes on God’s touch and God’s truth. [1]
Anderson sê in werklikheid dat die Bybel by wyse van die ervaring van mense met nuwe en vars idees beskrewe word. Daarom lê Willem soveel klem op elkeen se eie, direkte, eerstehandse en persoonlike ervaring omdat geen preek, soos hy dit stel, mense se ervaring kan verbeter nie. Die Bybel is dus nie ‘n geslote kanon nie maar word voordurend aangevul met dié dinge wat mense gedurende hulle kontemplatiewe reise ervaar. Dit klink amper soos Doug Pagitt wanneer hy sê: “putting words around people’s experiences to allow them to find deeper connection in their lives.” Die rede hiervoor is natuurlik om jou eie “kontemplatief-ervaarde waarhede” en ook die “ander kontemplatief-ervaarde waarhede” van ander persone met mekaar te versoen sodat die een nie vir die ander kan sê dat sy of haar ervarings verkeerd is nie; dis maar net ‘n “ander waaheid” en kan dus as sodanig gebruik word om die immer wordende en groeiende Bybel aan te vul. Die sg. “conversation” (gesprek) in die kontemplatiewe kultuur gaan dus juis oor die oorvertel en die sg. inkarnerende deelname aan mekaar se ervarings. Dis ‘n nimmmereindigende spirituele reis waarin elkeen se ervaring saam bou aan die “waarheid.” Daarom korrigeer Thomas Keating hom baie gou in die onderstaande uittreksel uit die video waarin hy praat oor “oneness” met God en met mekaar, wanneer hy aanvanklik sê “There is one final . . .” en homself dan gou=gou herstel met die woorde: “since oneness’s are many, maybe its adventurous to say “one final” because there are probably many more final ones after that.”
Al jou sintuie, sig, reuk, gevoel, smaak en gehoor, word tydens stildienste ingespan. In teenstelling met die geloofsvoorwaardes in Romeine 10 wat verklaar dat geloof deur die prediking van die woord en deur predikers met lieflike voete in mense se harte ingebrurger word, glo die ontluikendes dat geloof aangewakker word deur te kyk na skilderye, die aanraking van beelde of ikone, die reuk van kerse of reukwerk en die aanhoor van “chants” en dan eers volg die Woord. Dit sluit aan by wat Carel gesê het: “Ek, ek het die goed, baie interessant, omgedraai en dit werk.” Leonard Sweet verwys daarna as “EPIC culture” – Experiential, Participatory, Image-Driven, Connected.”[2] Beelde van Jesus wat aan die kruis hang of groot houtkruise asook beelde van die Moeder en die Kind is nie ongewoon in sulke “stildienste” nie.
Thomas Keating, van wie Willem Nicol met lof praat op bladsy 60 van sy boek “Gebed van die Hart” speel al sedert 1940 ‘n leidende rol in die herondekking en heropdieping van die kontemplatiewe/sentreerde gebeds-spiritualiteit en werk ook baie nou saam met Ken Wilber, ‘n sinkretis wat d.m.v. sy webblad die integrasie van alle spiritualiteite en godsdienste bevorder. Die “EPIC culture” (Experiential, Partipatory, Image-Driven, Connected) van Leonard Sweet word op treffende wyse deur Thomas Keating beskrywe waar hy in ‘n video vertel hoedat die Boeddha op ‘n dag 80 000 dissipels op vulture Peak byeengebring het om die konsep van “oneness” met God te illustreer.
There’s one final – since oneness’s are many, maybe its adventurous to say “one final” because there are probably many more final ones after that. But, perhaps this can be communicated by this story which seems to me the Buddhist writer has captured exactly what I’m referring to here.
In one of the Zen stories the Buddha is recorded to have brought together 80 000 disciples . . . and they met on Vulture Peak and there the Buddha chose a Lotus, as you know, the very important symbol of human transformation in the Buddhist and Hindu traditions, and so somewhat like a Eucharistic celebration he raised his Lotus flower and all the monks and nuns, I presume, gazed upon this symbol of unity and spiritual wanton and forgot themselves or lost themselves in the deepest silence of communion with the Absolute and with each other, and because of their numbers the intensity of this divine communication was . . . unsurpassed. And as this deep silence trickled deeper and deeper into the inmost being of all the monks one of the senior monks standing beside the Buddha, . . . started to laugh and it wasn’t just hee hee hee, it was ho, ho ho ho; he was just bellowing of laughter that resounded off the mountain peaks and shocked all the monks into a kind of spiritual stupor so that their silence of the spiritual kind was utterly shattered.
He lowered the Lotus, the laughter subsided, he turned to this senior student and he gave him the fullness of the dharma, that is to say ultimate enlightenment. Of course the Zen people never tell you what it means. . . . . That’s exactly what it means when you say there is no other; in other words the divine oneness is so unique, no word, no concept can come anywhere close to it; nor can any experience, even the highest kind in this life and probably in the next. In other words, its so transcendent and immiment at the same time that it blows you away and the only possible response when that experience of oneness has reached its peak is to laugh. Nothing is sacred compared to this experience however sacred we try to make it. It just means, “God Is.” There’s nothing else to say or do in that and yet at the same time this very experience, because of God’s infinite diversity is the source of every true ministry or service or love . . . but the acts are nothing compared to the source, to the love; it just is and is always happening and nothing can take anything away from it, nothings can add to it; it intervents reality that we poor little creatures, barely evolved from the vegetables and the animals, are invited.
What does that say if you believe that? What does that say about the ultimate? It must be that God is so humble, he doesn’t want to be God. He’s ready to throw it all away. Of course in Christian terms this is what the incarnation means. Paul says explicitly the Word of God and the Son of God didn’t consider being equal to God something to hang onto. To hell with it! That means God is so close that nobody is uninvited to this banquet of divine love, no matter who the hell you are or what you have done.
Hope, theolizing hope, is not about the past whether you did well, it doesn’t matter whether you did sins . . . Its not of future because we don’t know whether that leads in. Its about right now, that God, the Ultimate host, is offering us his hospitality which goes to the extent of giving himself away, totally to each of us on condition that we consent. So in this perspective being is more important that doing. Being is more apostolic or evangelizing, to use those terms than silence. Sacrifice is the meaning of this universe. In heaven the total giving away of all that one has is delightful. In this world its hell but you can’t change God and the dynamic of manifesting this infinite humility of God involves for us the total loss of self – not just the false self but of any attachment to an identity that is not God. And so, if reincarnation really exists, its not us who are being reincarnated but Christ or whatever term you have for God. (Klem bygevoeg)
Willem Nicol verwys ook na sekere fisiese ervarings tydens meditatiewe stiltes in sy boek Gebed van de Hart:
“Daar kan allerhande fisiese ervarings wees, byvoorbeeld ’n gejeuk of tinteling, ’n kriewel in die keel, hoofpyn of ’n vreemde gevoel in die kop, ’n swaar gevoel of selfs ’n gevoel van gewigloosheid. Ander begin sug, lag of huil. Alles is tekens dat daar iets aan die gang is.” (Gebed van die Hart :135‑136).
Die geestelike ervarings waarna Carel en Willem verwys gaan dus nie net gepaard met sigbare elemente soos gedomplede ligte (donkerte, volgens Dan Kimball, verteenwoordig spiritualiteit in die ontluikende kultuur en is ook deel van die Bhoeddistiese en Roomse spiritualiteite. Donkerte dui daarop dat iets baie ernstigs besig is om te gebeur), gebedstasies, kerse, reukwerk, skilderye, fotos en ikone nie maar ook soms met ‘n onbedaarlike gelag of gehuil wat die geestelike ervaring van eenwording met die Absolute en met mekaar waarmerk of bekragtig. Die sg. “oneness” met God of die Absolute en met mekaar word dus aangebring deur hierdie mistieke ervarings wat in die stilte deur fisieke, sigbare en tasbare elemente aangehelp word, soveel so dat dit reeds beskou word as dié oppermetode om die Christendom met ander gelowe te versoen, selfs ook met Islam. Die liberale evangelis, Tony Campolo wat nie so lank gelede nie op uitnodiging van die Moreletapark NG gemeente na Suid-Afrika gekom het, glo soos die okkultis, Aldous Huxley dat mistisisme die “higest common factor” is. Campolo skryf in sy boek, Speaking My Mind, as volg op bladsye 149 enn 150:
Beyond these models of reconciliation, a theology of mysticism provides some hope for common ground between Christianity and Islam. Both religions have within their histories examples of ecstatic union with God … I do not know what to make of the Muslim mystics, especially those who have come to be known as the Sufis. What do they experience in their mystical experiences? Could they have encountered the same God we do in our Christian mysticism?[3]
Die hoofdoel van die mistieke ervarings wat mense in die stilte ondergaan is dus in die eerste plek om die skeidsmure tussen alle gelowe af te breek, al sou dit dan ook moes beteken dat die God van die Bybel se vleeswording (inkarnasie) op vernederende wyse afgewentel word tot op die vlak van iemand wat so nederig is dat hy nie meer God wil wees nie en selfs met afsku aan sy eie godheid bereid is om dit hel toe te stuur. Jesus Christus se bereidheid om nie aan sy goodheid vas te klem nie (Filippense 2:6) was beslis NIE omdat Hy in algehele nederigheid nie meer God wou wees nie, maar Hy het sy godheid as’t ware in sy vleeswording eenkant toe geskuif sodat hy as ware mens aan ‘n vloekhout kon sterwe vir ons sondes. Hier sien ons weer eens baie duidelik dat die ontluikende kerk alle grondwaarhede in die Bybel moet herverwoord en manipuleer sodat dit ‘n ander inhoud en betekenis moet kry, hoofsaaklik om dit soveel makliker te maak om die Christendom met ander gelowe te versoen. Daarom kan Suid-Afriikaanse ontluikende leiersfigure soos Stephan Joubert sonder om te blik of the bloos in ‘n preek verklaar dat daar ook waarhede in ander godsdienste soos die Bhoeddisme is en iemand soos Brian Mclaren kan deelneem aan Isalm se Ramadanfees as ‘n gebaar van eer en verheerliking aan God. Dis amper soos Aaron wat ‘n goue kalf gemaak het vir die volk van Israel en toe gesê het: “Môre is daar fees tot eer van die HERE.” (Exodus 32:5).
Dieselfde gees wat hierdie leuens tydens die ontluikendes se stildienste by hulle ore influister, is diselfde gees wat reeds sedert die begin alles in die stryd werp om God te ontroon en self as God in die tempel te sit en as God aanbid te word. Hierdie gees van Satan is besig om die ontluikendes voor te berei vir ‘n ander Christus, by name die Antichris en die tragiese rondom die hele ou penarie is dat hulle dit nie agterkom nie terwyl hulle alle waarskuwings om hulle daarvan te bekeer in die wind slaan.
‘n stil – en leeggemaakte, passiewe gemoed
Die Bybel leer ons nêrens tussen sy blaaie vanaf Genesis tot Openbaring dat die mens sy kritiese denke moet prysgee deur sy “mind” leeg te maak met behulp van mistieke kontemplatiewe dissiplines nie. Die Woord van God sê juis dat die mens verander moet word deur die vernuwing van sy gemoed (Romeine 12: 2). Die King James sê dit so mooi: “And be not conformed to this world: but be ye transformed by the renewing of your mind, that ye may prove what is that good, and acceptable, and perfect, will of God.” Die woord “anakoinosis” (vernuwing) beteken om ‘n algehele gemoedsverandering te ondergaan, in so ‘n mate dat dit jou in staat sal stel om God se soewereine wil vir jou lewe te verstaan en uit te lewe. Dit word beslis nie meegewerk deur mistieke kontemplatiewe gebruike nie maar deur die Woord van God. Ek sê dit op grond van die Here Jesus se woorde in Johannes 17: 17: “Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.” Petrus waarku ons baie duidelik dat ons te alle tye nugter en waaksaam moet wees. Die Amplified Bible stel dit so:
1 Peter 5: 8 Be well balanced (temperate, sober of mind), be vigilant and cautious at all times; for that enemy of yours, the devil, roams around like a lion roaring in fierce hunger], seeking someone to seize upon and devour.
Die ontluikende kontemplatiewe kerklui se teenargument is natuurlik Psalm 46:10 wat soos volg in die King James lui:”Be still and know that I am God.” Die Amplified stel dit as volg: “Let be and be still, and know (recognize and understand) that I am God. I will be exalted among the nations! I will be exalted in the earth!” Beide die ou en nuwe Afrikaanse vertalings sê nie een “Wees stil” nie. Die Ou vertaling sê “Laat staan en weet dat ek God is” en die nuwe vertaling sê “Bedaar en erken dat ek God is.” Die woord “raphah” beteken nie om jou mond te hou of om niks te sê nie, of om jouself aan algehele stilte oor te gee nie. Die konteks van Psalm 46 is dat God vir Jakob (Israel) ‘n veilige toevlug en beskutting sal wees wanneer Hy die nasies gaan oordeel en dat hulle dus nie nodig het om hulle oor enigiets te kwel nie. Die Engelse woord “relax” dra die betekenis daarvan baie beter oor omdat God vir hulle sê om nie op hulle eie vleeslike vermoëns staat te maak nie maar op Hom en sy magtige dade. Ons vind dieselfde begrip van “relax” in Eksodus 14:13 waar Moses die volk troos met die woorde:
“Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red, want soos julle die Egiptenaars nou daar sien, sal julle hulle nooit weer sien nie.”
Dit is absoluut verstommend om te sien hoeveel Suid-Afrikaners uit alle raasegroepe reeds deur die Ontluikende Kerk en hulle kontemplatiewe, mistieke spiritualiteit mislei is. Mag die Here voorsien dat sommiges van hulle so gou moontlik loskom van die gevaarlike web van mistisisme wat niks anders as ‘n Christelik-verbloemde vorm van die okkultisme is nie.
Ope 18:4 En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.
[1] Leith Anderson, A Church for the 21 st Century, p. 21.
[2] Leonard Sweet, Postmodern Pilgrims (Nashville, TN: Broadman Holman Publishers, 2000), p. 28.
[3] Tony Campolo, Speaking My Mind (Nashville, TN: Thomas Nelson, 2004), pp. 149-150.


miskien blywende wêreldvrede inlui. Ander sou miskien armoede vir eens en altyd wou uitwis. Glo dit as u wil, dit is nie die belangrikste dinge wat die postmoderne en “ontluikende” denkers beoog nie, al sê hulle ook so. Wat hulle in werklikheid in gedagte het, is om “nuwe” maniere te vind om in die teewoordigheid van God te kom. Sedert die Sondeval het baie probeer om die koninkryk van die hemel met geweld (hulle eie pogings) te gryp omdat hulle God se manier verwerp het. Moenie geflous word deur hulle manifeste van “om armoede te verlig,” “om hulle met die armes te assosieer deur saam met hulle te gaan woon,” en “om in die voetspore van Jesus te volg om sy voorbeeld na te volg” nie. Dit is alles mooi geplaveide kliptrappies (eie pogings en goeie werke) om hulle in die teenwoordigheid van God te bring.
Hoe lank tyd nog . . . ? Hierdie gewigtige vraag is op Sondagaand, 11 Januarie 2009, in die program Oop Gesprek deur Flip Loots aan sy drie gespreksgenote — Dr. Piet Muller, toekomskundige, Pastoor, Lemmer du Plessis, reisende leraar van die AGS van Suid-Afrika en ‘n kenner oor die eindtyd en Prof. Adrio König, dogmatikus aan UNISA wat onlangs ‘n boek oor Openbaring die lig laat sien het — gevra. Dit was egter sommer reg van die begin af duidelik dat die drie here nie oor die eindtyd soos dit vir
ons in die Woord van God uitgespel word, sou praat nie, maar hoofsaaklik oor die mens se pogings om moeder aarde van ondergang te red. Hoewel Pastoor Lemmer du Plessis gesê het dat hy hom nie deur die wêrledkrisisse, die donderstorms soos hy dit genoem het, laat intimideer of onderkry nie, omdat hy sy oë op God en sy beloftes gerig hou, het hy as kenner oor die eindtyd, ‘n gulde geleentheid laat verbyglip sonder om vir die luisteraars ‘n Bybelse perspektief op die eindtyd te gee. As programleier moes Flip Loots tog sekerlik gesien het waarop die gesprek afstuur en dit met diplomatiese bedagsaamheid regstel, maar hy het dit nie gedoen nie. “Hoe red ons ons aarde?” moes eerder die onderwerp van sy program wees en nie “Hoe lank tyd is daar nog vir die aarde oor?” nie.
— die wêreld wat oorheers word deur Europa, die blanke lande. Daar is beslis ‘n ekonomiese verskuiwing weg na die Ooste toe. Sjina wat vir baie eeue, voordat die Weste opgekom het, eintlik die grootste ekonomiese moondheid in die wêreld was, is op pad weer soontoe. Die handel tussen Sjina, Australië en Japan . . . is reeds groter as hulle gesamentlike handel met die twee Amerikas; . . . die hele magsbalans is besig om Oos te skuif en dit lyk, . . . . [in] daardie opsig, is [dit] die einde van die wêreld want dit is vreemde dinge waaraan ons gewoond [moet] raak.
What are you doing to me? You have multiplied the number of beings on this planet from 2.5 billion in 1952 to 5.8 billion today. How could you do this to me? This big population explosion all around the world, and I, the Earth, am supposed to feed them. Why did you do this to me? . . . You are killing me! [1] (Klem bygevoeg)
The “green wing” of the NSDAP was not a group of innocents, confused and manipulated idealists, or reformers from within; they were conscious promoters and executors of a vile program explicitly dedicated to inhuman racist violence, massive political repression and worldwide military domination. Their “ecological” involvements, far from offsetting these fundamental commitments, deepened and radicalized them. In the end, their configuration of environmental politics was directly and substantially responsible for organized mass murder.



sintuie te betrek in eredienste. Mense smag na whole body experiences. Al die sintuie word by aanbidding betrek en speel ‘n rol in die gebeure.
Warren verwys dikwels in sy openbare optredes en onderhoude op Larry King Live (CNN) na Spreuke 16:18: “Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.” Nietemin, omdat hy en so baie ander fasiliteerders in die Emerging Church beweging die ego of self van die mens oor die boeg van diensbaarheid, harmonie en eenheid gooi, ignoreer hulle willekeurig of onwillekeurig die werklike doel van die verloëning en die afserwe van die ego of die self. Die primêre doel van die verloëning en die afsterwe van die eie ek is nie diensbaarheid nie (hoewel dit uiters belangrik is) maar om ‘n ware dissipel (volgeling) van die Here Jesus te kan wees. Diensbaarheid is nie uniek aan gelowiges nie. Soos ons reeds hierbo gesien het, lê die besigheidswêreld (wat hoofsaaklik in die hande van ongelowiges gesetel is) geweldig baie klem op diensbaarheid, maar dis ‘n tipe “diensbaarheid” wat gebaseer is op die besigheidsbeginsel van “vraag en aanbod.” Die behoeftes van die massas bepaal die aard en inhoud van die diens wat in hierdie besigheidsgedrewe “diensbaarheid” gewortel is. Dit was hoofsaaklik hierdie besigheidsgedrewe “diensbaarheid” wat Rick Warren aangespoor het om na die sg. “unchurched Harrys and Marys” (ongelowiges) uit te reik en hulle te vra wat hulle van die kerk verwag. Daarom sê hy dan ook:
ongelowige en bekende Amerikaanse motiveringspreker, Anthony (Tony) Robbins, hou deesdae opleidingseminare getiteld “Die Doelgerigte lewe.” (4) Warren se boek het nie net ‘n geweldige invloed op kerke dwarsoor die wêreld nie, maar ook op groot besigheidsinstansies soos Ford, Wal-Mart en Coca-Cola. Hoe rym dit met Christus se woorde dat die wêreld Hom haat? (Joh 15: 18). Dit is ooglopend duidelik dat wanneer die wêreldse besighede ter wille van hulle eie agendas begin belangstel in sg. Christelike boeke, is hulle eintlik maar besig om ‘n ander Jesus na te volg omdat die Jesus van die Bybel nie langs dieselfde vuur as die wêreld kan of sal sit nie. As die wêreld jou begin ophemel en van jou begin goedpraat, is dit ‘n duidelike teken dat jy beslis nie God se doel vir jou in hierdie wêreld uitleef nie.
Bertrand Russel se spreuk “Tensy jy ‘n God versonderstel, is dit sinneloos om te vra wat die doel van die lewe is” naas Paulus se Heilie Gees-geïnspireerde teks in Kol 1: 16 te plaas. Dit herinner my aan ‘n groep Christene wat onlangs die ewe godslasterlike spreuk van Benjamin Franklin (‘n 13de graad Vrymesselaar) gebruik het om hulle drinkgewoontes te verdedig, “Beer is proof that God loves us and wants us to be happy.” Toe ek die godslasterlike en God-onterende spreuk aan hulle uitwys, het hulle my eenvoudig geïgnoreer en my lidmaatskap van hulle webwerf summier beëindig. Dit gaan my verstand te bowe dat God se kinders sulke blatante leuens soos dié van Bertrand Russel gelate kan aanvaar en met ‘n gejubel uitbasuin dat Warren se boek ‘n meesterstuk is. Het ons al so ver van die waarheid afgedwaal dat ons nie meer onderskeid kan maak tussen die heilige en die onheilige en die verskil tussen die onreine en die reine kan uitken nie? (Eseg 22: 26).
Bailey en Annie Besant. Blavatsky sê in haar boek “To the Readers of Lucifer” die volgende:
Our motto was from the first, and ever shall be: ‘THERE IS NO RELIGION HIGHER THAN–TRUTH.’ Truth we -search for, and, once found, we bring it forward before the world,
Tony Campolo, ‘n voobanker in die Emergent Church beweging en skrywer van die boek “Speaking My Mind” waarin hy sê dat mistisisme (kontemplatiewe gebed) die “algemene raakpunt” is tussen die Christendom en Islam, huldig dieselfde mening as Warren. Howel hy erken dat Jesus Christus die enigste Verlosser is, glo hy dat dit nie nodig is om ‘n Christen te wees nie en dat dit onnodig is vir mense van ander gelowe om hulle tot Christus te bekeer. Hy sê: