Die Engelse het ‘n baie mooi spreekwoord om die euwel van dubbele standaarde te beskryf: “To run with the hare and hunt with the hounds.” Prof Hennie Stander het die vermoë om nie die “hare” en die “hounds” te kan
onderskei nie en trap gevolglik heel dikwels in die slaggat van dubbele standaarde. Hy het dit onlangs weer op baie voortreflike wyse gedoen toe hy knap na mekaar kommentaar op sy blog gelewer het oor die Daniël- en Esterkonferensies (20 en 21 Maart, Moreletapark NGK Gemeente) en die Dalai Lama se voornemende deelname aan die Vredeskonferensie op die vooraand van die 2010 wêreldsokkerbeker toernooi waarvoor die SA regering ‘n stokkie gesteek het omdat hulle nie hul diplomatieke verhoudinge met China in die wiele wil ry nie. Dit is nie my doel om die moontlike internasionale politieke implikasies wat dit vir Suid-Afrika inhou hier deur te trap nie, maar om te besin oor die bedekte seën wat die SA regering se besluit vir ons land inhou.
Ek wil begin deur Hennie Stander se esktatiese blydskap oor die Daniël– en Esterkonferensies wat op 20 en 21 Maart vanjaar in Moreletapark se NGK gemeente in oënskou te neem.
Ek wil vandag net sê hoe gelukkig en dankbaar en opgewonde ek is oor die Ester- en Daniëlkonferensies wat hier in Pretoria gehou is. Die tema was “Draai terug na God toe”. Ek was nou nie daar nie, maar Lottie en my 2 dogters was by die Esterkonferensie, en hulle het opgewonde teruggekom. Ek glo uit my hart uit dat God hierdie geleenthede gaan gebruik om ons land se mense weer na Hom toe terug te bring. En ek is ewe opgewonde oor die Mighty Men-konferensie wat eersdaags op Angus Buchan se plaas gehou word.
Eers wil ek ‘n paar oomblikke stilstaan by die oproep “Draai terug na God toe.”
Volgens verskeie internetberigte en -kommentare sou Elza Meyer, ‘n leierleraar van die Moreletapark NGK Gemeente, in 2002 ‘n stem vir haar hoor sê “Draai terug na God toe.” Haar onmiddellike reaksie hierop was “Niemand sal na my luister nie, God” waarop die Here volhardend geantwoord het “Suid-Afrika, draai terug na God.” Toe sy in gehoorsaamheid aan dié stem hierdie boodskap begin verkondig, het sy gesien hoe haar woorde teen die Drakensberge weerklink en terugbons om oor die hele land te eggo. Sy het die Swartland gesien. Dit was oestyd. Sy het gesien hoe werkers van die stropers afklim om te luister. Die woorde het oor die hele land weergalm. Sy het gesien hoedat mense van oor die hele Suid-Afrika in dorpe en stede bymekaar kom om te luister.
As ek nie vertroud was met alles wat die Woord van God oor die eindtye vir ons uitspel nie, sou ek soos Hennie Stander, Elza Meyer, Angus Buchan en hullle aanhangers ook geweldig opgewonde wees oor hierdie diep geestelike vermaning om terug te keer na God toe. So-iets is natuurlik niks nuuts nie. Volgens ‘n webblad op die inerernet het Moeder Maria al verskeie kere aan mense in Afrika verskyn om
aan hulle die opdrag te gee om haar boodskap “Keer terug na God toe” oor die hele Afrika te verkondig. Elza Meyer het natuurlik nie vir ons vertel of die stem wat sy gehoor het dié van ‘n vrou of ‘n man was nie. Hoe dit ookal sy, haar oproep en vermaning om terug te draai na God toe, is nie uniek nie. Mail Online het verlede jaar op 28 November berig dat die Vatikaan ‘n besondere woord van dank aan die Moslems gerig het omdat hulle God weer teruggebring het in die openbare oog van die gesekulariseerde Europese gemeenskap. Dit blyk dat dit nie juis saak maak hoe mense oorgehaal word om terug te draai na God toe nie, net so lank hulle terugkeer na God – hetsy ‘n generiese God, ‘n New Age God, ‘n Ontluikende Kerk God, ‘n feministiese God, n Kosmiese Christus, ‘n Christus-bewussyns God of watter God ookal nie. Buig of bars, almal moet terug keer na God toe.
Wat is die hoofmotief van hierdie oproep om terug te keer na God toe? Gewoonlik is dit maar net ‘n versmagting na vrede, voorspoed, veiligheid, ‘n misdaad-vrye samelewing, gemeenskaplike norme en waardes en ‘n euforiese gevoel van samehorigheid en eenheid wat mense aanspoor om terug te keer na God toe. ‘n Ware terugkeer na God toe het meesal die teenoorgestelde effek op ‘n land en veral die Christene. Kyk maar gerus na China waaroor die hêrrie in Suid-Afrika tans uitgebars het. ‘n Ware terugkeer na God en herlewing is reeds geruime tyd in China aan die orde van die dag . . . maar die gevolge daarvan is nie wat die Christene hier in Suid-Afrika verwag om te ervaar nie. Daar is vervolging, lyding en marteling alledaagse gebeurlikhede. Dié is seker, die Chinese Christene gooi nie klippe in die see en verwag dan dat God die klipharde harte van mense moet vervang met harte van vlees nie. Die Chinese weet beter. Daar is miljoene van hulle wat hulle op hartgrondige wyse waarlik tot God bekeer . . . en dan . . .? Nouja! dan volg die lyding, vervolging en marteling. Hulle grootste versmagting is nie na ‘n vredevolle, misdaad-vrye, ‘n “Jannie-Pelser-nuwe-norme-en-waardes” samelewing nie, maar hulle smag daarna dat hulle regering en hulle regeringsleiers vrede maak met God.
Dit sou verreweg die beste wees as Hennie Stander, Elza Meyer, Dirkie van der Spuy en Angus Buchan asook die Ontluikende Kerk aanhangers eerder sommige Christene vanuit China wat die wonde van Christus in hulle liggame dra, sou nooi om hier vir hulle te kom vertel wat dit regtig beteken om na God toe terug te keer. Elza Meyer het egter ander veel makliker maniere om Suid-Afrika te laat terugkeer na God. Deur die eeue heen het sendelinge geswoeg, gesweet, gely en sommiges is doodgemartel om die Evangelie aan mense dwarsoor die wêreld te bring sodat hulle na God kan terugkeer, maar Elza en haar Hadassa-sussies gooi klippies in die see. Op die koop toe het die “Here” vir hulle ‘n teken gegee dat Hy
sy verbond met Suid-Afrika gestand sal doen. Na haar “klip-in-die-see-gooi ritueel” het mense oral hartvormige klippe begin optel – van Plettenbergbaai se strand tot Bloubergstrand, tot die Drakensberge en selfs Kilimanjaro. Oom Angus se Mighty Men sien hartvormige wolkies by sy samekomste en Elza Meyer samel hartvormige klippies in. Miskien moet die Hadassa-sussies en die Mighty Men ooreenkom om hulle wondertekens om te ruil. ‘n Hartvormige wolkie (Lees gerus hierdie berig in “Die Burger” waarin Angus Buchan verklaar dat die hartvormige wolkie hiernaas die TEKEN is dat die mense van Suid-Afrika besig is om terug te keer na Hom toe) is mos verreweg sagter en vrouliker as klipharde hartvormige klippe. Gee die hartvormige klippe vir die Mighty Men en hou julle die hartvormige wolkies vir julleself, dames, want dis soveel vrouliker. Tekens . . .? Tekens van die Here . . .? Wat sê God van die volk wat na tekens soek?
2 Thess 2: 7-10 Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.
Mat 12:39 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: ‘n Slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.
Maar wag, die leierleraar van die Moreltapark NGK stem nie met Jesus saam nie, en tog wil sy hê die hele Suid-Afrika moet na Hom toe terugkeer. Hoe rym dit? Hy sê “geen teken sal aan hulle gegee word nie behalwe die teken van die profeet Jona” maar sy sê (dis nou ons klip-gooiende Elza): “Toe ons die [hartvormige] klippe sien, het ons besef dat God ‘n teken gegee het, dat Hy die hart van klip uit ons land se mense sal verwyder. Ons was oorstelp.” Elza, en ook al die ander Hadassa-sussies, luister mooi wat sê Thomas vir julle: Die God wat vir julle ‘n teken gegee het in die vorm van hartvormige klippies is nie die God van die Bybel nie want Hy het uitdruklik gesê dat Hy net EEN ENKELE teken sal gee en dis die teken van Jona, d.w.s. die OPSTANDING VAN JESUS CHRISTUS. As Hy wel ander tekens sou gee, het Hy gelieg toe Hy dit gesê het en ek glo werklikwaar nie dat Hy ooit sal of kan lieg nie want HY IS WAARHEID. Die duiwel is ‘n leuenaar van die begin af en ook die vader daarvan – nie die Here Jesus nie (Johannes 8:33). Elza Meyer skryf ten spyte hiervan soos volg:
Skynbaar gooi die leraars van die Moreletapark NGK nie net klippe in die see nie maar maak hulle deure ook wawyd oop vir enigeen wat Suid-Afrika wil oorhaal om terug te keer na God toe. Leonard Sweet, ‘n selferkende New Age geïnspireerde leraar en professor aan die Drew Universiteit in Amerika het reeds so vroeg as in Agustus 2005, waarvan Nelus Niemandt die organiseerder was, in die Ouditorium van die Moreletapark NGK as spreker opgetree. Sweet is ‘n man wat nie skroom om ‘n ander Jesus te verkondig nie. Op bls. 300 van sy aflaaibare e-boek “Quantum Spirituality” skryf hy as volg oor sy “Jesus” in die konteks van tien asemhalingoefeninge wat kwansuis die fiksheid van postmoderniste kan verbeter.” Nr. 9 in hierdie asemhalingoefeninge lui as volg:
Keep breathing quietly while holding your Bible. You have within you not just the powers of goodness resident in the great spiritual leaders like Moses, Jesus, Muhammed, Lao Tzu. You also have within you the forces of evil and destruction. The youthful comrade and confidant of Joan of Arc was Gilles de Rais, a marshall of France and one of the wealthiest men in Europe, who was condemned to the stake in 1440 for the crimes of witchcraft, heresy, sodomy, and the sexual abuse and murder of over 140 children. Resident in each breath you take is the body of angels like Joan of Arc and devils like Gilles de Rais, Genghis Khan, Judas Iscariot, Herod, Hitler, Stalin and all the other destructive spirits throughout history.
Leonard Sweet se siening rondom die goeie en die bose wat syns insiens langs mekaar in elke persoon en ook in hulle asemteue aanwesig is, is niks anders as die yin/yang beginsel van die Ooste nie. Daarom skroom hy nie om volgelinge van Jesus in dieselfde asem te noem nie as afgode soos Kali, die Hindoe godin van die dood en verwoesting. Op bls. 129 van sy boek “Quantum Spirituality” skryf hy as volg:
Just as physicists cannot understand truth by one model alone—that is, either the wave nature of light or the particle nature of light—so one model may not suffice to understand God completely. In fact, Bohr’s Complimentarily Principle, which he used the yin/yang imbalances to symbolize, says that both features can’t be brought into existence at the same time even though both are true. One can be a faithful disciple of Jesus Christ without denying the flickers of the sacred in followers of Yahweh, or Kali, or Krishna.
Soos ek reeds in een van my vorige kommentare vermeld het, was Tony Campolo, wat glo dat Jesus Christus in alle mense woon al weet hulle dit nie, ook vanjaar ‘n spreker by Moreletapark NGK se sg. Missions Fest. Ek wil voorstel dat die leraars van kerke hulle eers deeglik vergewis van oorsese sprekers se sotereologie of verlossingsleer en om hulle boeke te lees alvorens hulle hul na Suid-Afrika nooi.
Hoewel prof. Hennie Stander in vervoering is oor Moreletapark NGK se Ester- en Daniël konferensies (20 en 21 Maart 2009) waartydens Suid-Afrika in die geheel vermaan is om “terug te draai na God toe,” bekommer dit hom waarskynlik nie dat Suid-Afrika ‘n ander God, die 14de geïnkarneerde Dalai Lama van Tibet, Suid-Afrika se Vredeskonferensie op die vooraand van die 2010 wêreld sokkerbeker besoek nie. Hennie is woedend omdat die Suid-Afrikaanse regering die Dalai Lama verbied het om die Vredeskonferensie by te woon. Hy skryf:
Beide Desmond Tutu en F.W. De Klerk sê dat hulle nie meer die Vredes-konferensie sal bywoon wat deel sou vorm van die opbou
tot die Wêreldbeker-sokkertoernooi nie. Dit gaan alles daaroor dat die regering nie die Dalai Lama wil toelaat om Suid-Afrika te besoek nie. Die rede wat die regering aanvoer, is belaglik. Die regering sê dat die Dalai Lama se besoek die land se voorbereidings vir die 2010-Wêreldbeker-sokkertoernooi sou oorskadu. Dit is natuurlik een infame leuen.
Ons het hier dus ’n baie gevaarlike situasie, want dit beteken dat ons regering ’n slaaf is van China.
Nouja, die Engelse sê ook “Ignorance is bliss,” maar in hierdie geval klink dit meer soos “Ignorance is blush.” Hennie Stander wil Suid-Afrika vrymaak van die slawerny aan China, maar gee nie ‘n duit om om ons land, saam met F.W. de Klerk en Desmond Tutu, ‘n slaaf te maak van die Dalai Lama nie. Jy voel inderdaad skaam wanneer “Christene” onbeskaamd die vyande van Christus as vredesgesante ontvang en vereer. Dave Hunt skryf:
The recent stunning events in Eastern Europe have probably moved the world closer to the “peace” that precedes Antichrist’s rise to power. The partnership between Gorbachev and the Pope could play an important role. When the world imagines it has achieved “peace and safety,” sudden destruction will come (1 Thess 5:3). A powerful spiritual “peace” delusion seems to be gathering momentum.
Take for example a peace poster popular in North America and Europe. Its full-color replica was the front cover of the December 1989 issue of Whole Life Times, a major New Age monthly. The scene offers a magnificent view of the sprawling eleven-story, gilt-roofed “Palace of the Gods” in Lhasa, Tibet, ancient residence of the Dalai Lamas. Towering in the background are the snow-capped Himalayas overarched with a dazzling rainbow—all mirrored perfectly on the glassy surface of a lake.
Superimposed upon the breathtaking landscape is a head-and-shoulders picture of Tenzin Gyatso, “His Holiness the Dalai Lama of Tibet,” smiling most benignly. His huge image rises out of the palace, dwarfing it and blocking the view of a portion of the majestic mountains behind. In large print at the bottom of the poster/magazine cover are the words, “Peace on Earth.” The blasphemous implication is clear: The promise of the angels at the birth of Christ will be fulfilled through the Dalai Lama!
This was the December issue, but it contained no mention of Christmas or of Jesus Christ. The entire magazine was devoted to “Peace on Earth” and how to attain it—yet the “Prince of Peace” (Is 9:6), through whom comes “peace with God …through the blood of his cross” (Rom 5:1; Col 1:20), was not mentioned even once in its pages. His gospel has been replaced by the human potential gospel of self-help and self-esteem that occupies each issue of Whole Life Times and has even invaded the church.
This poster and magazine represent an attitude that permeates society and is growing. That Jesus Christ alone can bring peace to this earth is considered an intolerably dogmatic statement and is rejected out of hand—not because it can be shown to be false, but because it is too narrow-minded for today’s pluralistic world.
Christianity is called a religion. Those representing it are limited to what they can say or do in the public arena. It is considered improper, even illegal in some places such as the public schools, to offer Jesus Christ as a solution to the moral problems that plague society, much less as the hope for world peace.
Not so with Buddhism. The Dalai Lama is immune to criticism, given access to all levels of government, education and society, and respected as the ambassador of religious tolerance. Yet he engages in the most blatant missionary activity, initiating tens of thousands around the world into occultic Tibetan Buddhist beliefs and practices. He is also associated with the World Hindu Congress, which has as its goal the neutralization of Christianity and the establishment of a Hindu-Buddhist belief system as the world religion. So much for “religious tolerance.”
The Dalai Lama taught in Santa Monica that it was possible for all human beings to eventually become a Buddha, a being of the highest wisdom and compassion and power…[through] a method called Deity Yoga….Deity Yoga…is a special conscious act of…visualizing the illusion that we are already…god-like…[able] to create our own reality…[that we] are Buddhas. (Klem bygevoeg)
Dit is die “god-man van vrede” vir wie F.W. de Klerk en Biskop Desmond Tutu (en op die oog af ook Hennie Stander)
bereid is om ‘n sg. Vredeskonferensie te boikot omdat die Suid-Afrikaanse regering geweier het om hom by die Vredeskonferensie toe te laat. Sal hulle, en ook Hennie Stander, bereid wees om sodanige vredeskonferensies te boikot ter wille van Jesus Christus omdat sodanige vredeskonferensies eintlik maar ‘n dwarsklap is na die enigste Prins van Vrede? Dis ‘n skreiende skande vir enige persoon wat Christus bely om valse vredemakers soos die Dalai
Lama te ontvang en te vereer. My gebed is dat die Suid-Afrikaanse regering voet by stuk sal hou – al is dit om politieke redes – om die Dalai Lama, een van die grootste vyande van Jesus Christus, te boikot.
1 Tes 5:3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.



