READ THE ENGLISH VERSION OF MY COMMENTARY HERE.
Matteus 27:51
En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder (Klem bygevoeg)
Wat reken u sou die uitslag wees as ons ‘n steekproef sou doen en mense die vraag vra: “As u die belangrikste en mees rewolusionêre gebeurtenis in die ganse geskiedenis van die mensdom kon meebring, wat sou dit wees?” Die meerderheid sou waarkynlik ‘n geneesmiddel vir VIGS of kanker wou uitvind of
miskien blywende wêreldvrede inlui. Ander sou miskien armoede vir eens en altyd wou uitwis. Glo dit as u wil, dit is nie die belangrikste dinge wat die postmoderne en “ontluikende” denkers beoog nie, al sê hulle ook so. Wat hulle in werklikheid in gedagte het, is om “nuwe” maniere te vind om in die teewoordigheid van God te kom. Sedert die Sondeval het baie probeer om die koninkryk van die hemel met geweld (hulle eie pogings) te gryp omdat hulle God se manier verwerp het. Moenie geflous word deur hulle manifeste van “om armoede te verlig,” “om hulle met die armes te assosieer deur saam met hulle te gaan woon,” en “om in die voetspore van Jesus te volg om sy voorbeeld na te volg” nie. Dit is alles mooi geplaveide kliptrappies (eie pogings en goeie werke) om hulle in die teenwoordigheid van God te bring.
In die antieke tye was dit lewensgevaarlik om ‘n koning sonder sy toestemming te nader. Selfs vandag nog, in sommige dele van Afrika, word jy nie toegelaat om ‘n stat of gehuggie sonder die hoof se toestemming binne te gaan nie. Die normale prosedure is om eers die hoof se persoonlike assistent te nader en hom te vra of jy hom mag besoek. Hy sal dan na gelang hy die hoof se toestemming verkry het, jou inlig of en wanneer jy die hoof mag sien. Sodra ‘n aanvaarbare besoektyd bepaal is, ontmoet jy die assistent by die ingang en hy begelei jou dan na die hoof se huis in die middel van die stat. Moet nie eers daarin dink om aan sy deur te klop nie. Dis slegte maniere. Die assistent gaan alleen in die huis en dan eers mag jy die hoof se huis betree — dis te sê as die hoof nie intussen besluit het om sy afspraak met jou op diie laaste nippertjie uit of af te stel nie. Frustrerend . . .? Dis uiters frustrerend, maar dis die manier waarop jy jou respek en waardering teenoor die hoof as jou meerdere in sy huis en stat betoon. Nie net dit nie; dit toon aan die assistent en sy hoof dat jy gewillig is om jouself nederig te gdra in hulle teenwoordigheid. Daar is ‘n soortgelyke narratief in die Ou Testement. Toe Mordegai, koningin Ester se oom, Haman se komplot om al die Jode uit te wis aan haar meegedeel het, het hy by haar gepleit om haar man op sy troon te nader om hom oor die komplot in te lig. Sy was aanvanklik onwillig omdat dit lewensgevaarlik was om haar man, Ahasvéros, ongevraagd in sy troonkamer te nader. Hier’s hoe Ester haar oom geantwoord het:
Ester 4:11 Al die dienaars van die koning en die volk van die provinsies van die koning weet dat vir elke man of vrou wat na die koning in die binneste voorhof ingaan, sonder dat hy geroep is, een en dieselfde wet geld: hy moet gedood word; behalwe wanneer die koning sy goue septer na hom uitsteek, dat hy mag lewe; en ek is nou al dertig dae lank nie geroep om by die koning in te kom nie. (Klem bygevoeg)
Die uitkoms van hierdie gebeure is alombekend. Toe Ester die koning nader, het hy sy goue septer as ‘n gebaar van toegeeflikheid na haar toe uitgehou en sy het die punt van die septer aangeraak waardeur sy sy gesag oor haar as haar koning en heer erken het. Het sy dit nie gedoen nie sou Haman se komplot om haar volk, die Jode, uit te wis nie gestuit kon word nie. As die koninklike protokol so streng was in daardie dae hoe kan ons straks verwag dat die Koning van die konings en die Here van die here mensgemaakte weë om Hom in sy allerheiligste troonkamer in die hemel te nader moet aanvaar? Desnieteenstaande, wend die aanhangers van die Ontluikende Kerk hulle toenemend tot mensgemaakte maniere om hulleself in die teenwoordigheid van God te bring. HUlle is inderdaad besig om die voorhangsel met geweld van onder na bo te skeur. In hulle pogings om dit te doen, vereis die nuwe geslag “Christen” predikante, pastore, spostels, dissipels en leermeesters dat ons op nuwe en vars maniere oor ons spiritualiteit moet nadink en ook in die besonder oor die manier waarop ons ons Christenheid ervaar.
Die voorvoegsel “re” (in Engels) het een van die kragtigste taalfoefies in ons postmoderne tyd geword. Ten spyte van sy twee-letter omvang het dit ‘n geweldige potensiaal om jou lewe te verander. Woorde soos “think,” “imagine,” “construct,” “define,” en “painit” (met dank aan Rob Bell in sy “Velvet Elvis”) kry ‘n algeheel nuwe betekenis wanneer die voorvoegsel “re” bygevoeg word. ‘n Vinnige “google”-soektog op die internet het my stomgeslaan toe ek die volgende resultate sien:
- Rethinking the world (1 300 000 results)
- Rethinking leadership (2 020 000 results)
- Rethinking the future (1 340 000)
Die idee om die wêreld, leierskap en die toekoms te “her”-interpreteer (“rethink”) is nie tot die sekulêre wêreld beperk nie maar word toenemend in die kerk bepleit. Een van die toonaangewende voorspraakmakers van die “possibility thinking” of “positive thinking” kulte, Robert Schuller, het verlede jaar ‘n “Rethink” Konferensie in sy Crystal Cathedral aangebied. ‘n Konferensie was vir hierdie jaar geskeduleer maar is uitgestel tot 2010. Baie van die sprekers by verlede jaar se konferensie, waaronder Erwin McManus, Kay Warren (Rick Warren se vrou) en Dan Kimball bevorder kontemplatiewe mistisisme en meditasie. Vyf e-kerk lede uit Suid-Afrika, insluitende Stephan Joubert, en Dries Lombaard, het die konferensie in 2008 bygewoon en skouers gevrywe met hierdie gesiene denkers wat daarop ingestel is om die aangesig van die Christendom vir ewig te verander. Hulle maak ‘n geweldige impak op ons jonger Suid-Afrikaanse kerklui wat op hulle beurt baie jongmense beïnvloed en bekendstel aan kontemplatiewe mistisisme. Die e-kerk webtuistes (Afrikaans en Engels), wat onder die beheer staan van Stephan Joubert en Dries Lombaard onderskeidelik, propageer met flinke oorgawe die kontemplatiewe spiritualliteit onder die dekmantel van “Jesliefhebbers en volgelinge van Jesus.” Om die waarheid te sê alle volgelinge van Jesus is welkom om op hulle webtuistes kommentaar te lewer en om deel te neem aan hulle “verhoudings-gesprekke” mits jy ook ‘n vurige navolger is van hulle gurus Rob Bell, Leonard Sweet, Nelus Niemandt, Erwin McManus, Doug Pgitt en baie ander kontemplatiewe mistieke Christene. Diegene wat in harmonie is met Stephan Joubert en Rob Bell dat waarheid ook in ander godsdienste soos die Bhoeddisme, Judaïsme en selfs ateïsme te vind is, is meer as welkom op hulle webtuistes maar jy word summier verban sodra jy hulle teen hulle kontemplatiewe maatjies waarsku.
Ek wil graag in orreenstemming met die “her-interpretasie (“rethinking”) kultuur van die kontemplatiewes ten minste ‘n enkele gedeelte uit die Skrif (Matteus 7:22-23) her-interpreteer, herverwoord en rekonstrueer om te illustreer hoedat hulle die voorhangsel van onder na bo skeur.
Here, Here, kyk net wat het ons vir U gedoen! Ons het voorwaar opreg eerbare en goeie baanbrekersweg gedoen deur die gemors en puinhope in die bosveld op te ruim en ‘n pragtige labirint in die plek daarvan te bou. Ons weet werklik nie hoe ons Afrikaanse jeug sal reageer wanneer ons hulle aan ons labirint blootstel nie maar ons probeer hard om hulle ware volgelinge van Jesus te maak. Miskien is dit iets van wat ons probeer om te doen as volgelinge van Jesus. Om die puinhope in die wêreld skoon te maak sodat ons plekke kan skep waar mense vrede en harmonie kan vind en met transendensie kan konnekteer. Toe het die “Labirint-Jesus” wat hulle met soveel liefde en oorgawe volg geantwoord: “Ek het julle nog altyd geken. Julle het my Weg (labirint) getrou, liefdevol en met vuur bewandel. Kom in die teenwoordigheid van my vader.
Verbaas . . .? Geskok . . . ? Dink u miskien . . . .? Hoe vermetel van hom om die Woord van God op so ‘n godslasterike wyse te verander en te herinterpreteer! Voordat u besluit om my te stenig met die klippies waarmee julle jul labirinte bou, lees gerus eers baie noukeurig hier. Wat makeer die ouens? Lees hulle nooit hulle Bybels om te leer wat die regte Jesus te sê het oor blywende vrede, harmonie en verbondenheid met God nie? Het hulle so blind geword vir die waarheid dat hulle met domastrantheid hulle wend tot die moddermeul en stowwerige weë van hulle eie maniere om God se vrede en teenwoordigheid te smaak? Het hulle dan vergeet wat Jesus gesê het?
Johannes 14:27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie.
Dit is beslis nie die “Labirint-Jesus” wat hier praat nie. Maar wie is in elk geval die “Labirint-Jesus?” Om ‘n gepaste antwoord te kry moet ons so ‘n bietjie teruggaan in die heidense geskiedenis. Wikipedia voorsien ‘n deeglike gesdkiedkundige agtergrond van die labirint wat bewys dat dit gewis nie van God kom nie. Roger Oakland omskryf die betekenis van die labirint soos volg in sy boek “Faith Undone.”
Die labirint is ‘n doolhof-agtige struktuur wat in gewildheid toeneem en tydens tye van kontemplatiewe gebede gebruik word. Die deelnemer loop deur hierdie stuktuur tot in die middel daarvan en weer terug. Anders as die doolhof wat verskeie paaie het, het die labirint net een paadjie. Dikwels word gebedstasies (met kerse, ikone, prente, ens.) langs hierdie paadjie besoek. Die labirint het in vroeë heidense gemeenskappe ontstaan. Die gewone scenario vereis dat die bidder ‘n soort van ‘n meditasie moet doen, wat hom in staat stel om te sentreer (d.w.s. om in God se teenwoordigheid te kom) terwyl hy die middel van die labirint bereik (Uit die Engels vertaal. Klem bygevoeg)
Wat lê aan die hart van kontemplatiewe praktyke soos die labirint, die stilte, asemgebede, eensaamheid, Jesus-kerse, ikone, die Jesus-gebed, lectio divina, lectio continua, 12 kruisstasies, wat jou na bewering in die allerheiligste teenwoordigheid van God bring.
Dit het alles by Kain se bloedlose offer begin. Pa Adam en ma Eva het hom, nes vir hulle seun Abel, geleer dat God se onmeetbare heiligheid vereis het dat Hy op geen ander manier genader mag word as deur die storting van die bloed van ‘n onskuldige slagoffer nie. Kain, daarenteen, het God se slagting van ‘n onskuldige slagoffer om hulle naaktheid (sondes) te versoen (te bedek) verag en besluit om Hom met sy eie pogings en goeie werke tevrede te stel en te versadig. Sedertdien is sy weg, wat in die Bybel bekend staan as die weg van Kain (Judas 1:11) deur die eeue heen voortgesit deur mans en vroue wat God se oplossing vir ons sondes met gelyke argwaan bejeen. Brian McLaren se onbeskaamde ontkenning van die ware betekenis van die kruis is simptomaties van die ontluikende beweging. Hy skryf:
“Miskien is ons ‘inwaarts-gekeerde, individuele-verlossing-georiënteerde, nie-aanpasbare Christenheid’ ‘n kolossale en tragiese misverstand, en miskien moet ons weer luister na die ware lied van verlossing wat goeie nuus is vir die hele skepping. Dus is dit miskien die beste om dit, indien enigiets, oor boord te gooi wat jy ‘weet’ aangande wat dit beteken om Jesus jou ‘Verlosser’ te noem en om die saak rondom verlossing weer nuut te oordink. Kom ons begin gewoonweg. In die Bybel beteken verlossing ‘redding,’ of “heelmaking’ [‘genesing’]. Dit beteken beslis nie om ‘uit die hel gered te word’ of ‘om die ewige lewe na die dood te ontvang’ soos sommige leraars preek na preek verkondig nie. Die betekenis daarvan wissel eerder van teks tot teks, maar in die algemeen, in enige konteks, beteken verlossing ‘om uit die moeilikheid te kom.’ Die moeiliheid kan siekte, oorlog, politieke intrige, verdrukking, armoede, tronkstraf of enige ander tipe gevaar of boosheid wees.” (A Generous Orthodoxy, Grand Rapids: Zondervan, 2004, p. 93) (Uit die Engels vertaal).
Die kruisdood van Christus is vir McLaren niks meer en niks minder nie as ‘n tydelike verligting van die mensdom se lyding wat deur siektes, politieke intriges, verdrukking, armoede, gevangenisstraf (ongeag die redes vir ‘n misdadiger se tronkstraf) of enige ander soort gevaar of euwel meegebring word. Rob Bell se filosofie van verlossing hou ook verband met die tydelike in hierdie wêreld en nie soseer met ‘n plek (hemel of hel) waarheen jy gaan wanneer jy te sterwe kom nie. Sy probleem lê nie by Jesus wat alle mense wil red en alles in Hom weer nuut wil maak nie, maar met dié mense wat daarop aandring dat net sekere mense hemel toe gaan. Tydens sy Mars Hill Konferensie in Januarie 2007 het hy enkele tersaaklike maar baie gevaarlike vrae gevra — gevaarlik vir almal wat hom glo.
Gaan jy hemel toe? . . . Is dit al? Die beste wat ons kan doen is om iets soos net ‘n versekering teen brand aan te bied? Ons het nodig om net siele te red? Is dit ‘n boodskap vir die wêreld? Dit is wanhoop. . . . Is dit die beste wat God kan doen? Ek het vandag hulp nodig . . . Is dit wat Jesus voor mense se neuse gehou het?
Party Jesusse moet verwerp word. . . . Die Jesus wat mense inhok en doodmaak moet verwerp word. Glo julle in ‘n God wat biljoene
mense geskape het net om te kyk hoe hulle brand met geen kans op enige ander soort toekoms nie? In wat se soort God glo julle?
Indien iemand julle sou vra “Hoe word ‘n persoon gered, bekeer, verlos ens?” en julle het net die Bybel gehad om die vraag te antwoord, sou daar baie antwoorde tot julle beskikking wees. [Dit] behels handelinge van liefde wat ‘n hartsverandering en lastige uitruilings demonstreer; dit is oral . . . Mense kom na Jesus op allerhande soorte maniere. As ons kon sê “dis hoe dit gebeur” – sou dit wonderlik wees, maar die probleem is dat dit nie so is soos ons dit insien nie. Mense gaan op allerhande maniere al struikelend die koninkryk in. Verlossing is holisties van aard. Jesus wil ons almal red. Jesus wil jou red van jou verlede, van jou vrese, van jou verlammende bekommernisse, jou haat, van die mite van ‘n verlossende geweld, van rassisme, armoede, enigiets wat die volledige shalom wat God vir hierdie wêreld geskep het, verhinder. (Klem bygevoeg)
Bell se evangelie van hoop (in teenstelling met God se Evangelie van wanhoop) wat verklaar dat Jesus almal van ons wil red, selfs van die klad van armoede, is seker die onmenslikste, oppervlakkigste en mees destruktiewe stukkie eksegeses wat ek nog ooit gehoor het. Tydens sy 2007 Leraarkonferensie het hy gewaarsku dat sommige Jesusse verwerp moet word maar hy het hoegenaamd geen gewetenswroeginge om ‘n ander Jesus te omhels wat die armes van hulle armoede wil red nie. Sy Jesus is beslis nie die Jesus wat gesê het: “Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie (Johannes 12:8). Daar is biljoene desperate arm mense op die planeet. Wat moet hulle dink van ‘n Jesus wat hulle almal van hulle armoede wil red maar dit nie doen nie? Ek is bewus van ‘n “Christus” wat belowe het om die benarde toestand van die armstes onder die armes hok te slaan en selfs uit te wis. Sy naam is Maitreya. Hoor ‘n bietjie wat sê sy “wegbereider,” of “Johannes die Doper,” Benjamin Creme:
Al die hoofstroom godsdienste verwag ‘n goddelike boodskapper, hoewel onder verskillende name, sê Creme, en Maitreya het gekom om die profesieë van elkeen te vervul. Hy het weens die dringendheid van die tye vroeër gekom as wat baie religieuse groepe verwag het om sy raad aan ‘n wêreld in krisis te bied. Sy prioroteite is eenvoudig: voedsel, skuiling, gesondheidsdienste en opleiding as gewaarborgde regte vir almal. Sy raad aan die mensdom is netso eenvoudig. Wees mededeelsaam en red die wêreld. Wanneer die dilemma van die armes en die honger-sterwende miljoene verlig is, sal die herwinning van die omgewing eerste prioriteit geniet (Benjamin Creme op ‘n perskonferensie op 15 Augustus 2006) (Klem byegevoeg).
My taak is om vir julle te wys hoe om as broers in vrede saam te woon. Dit is eenvoudiger as wat julle dink, my vriende, want dit verg net ‘n gesindheid van mededeelsaamheid. Hoe kan julle tevrede wees met die omstandighede waarin julle tans lewe terwyl miljoene sterwe en in ellende omkom; terwyl die rykes hulle rykdom voor die armes paradeer; terwyl elkeen sy broer nie vertrou nie? Laat my toe om julle die pad vorentoe na ‘n eenvoudiger lewe waar niemand gebrek ly nie, aan te dui; waar niemand dieselfde is nie; waar die vreugde van Broederskap deur alle mense geopenbaar word. Neem jou broer se behoeftes as die meetsnoer vir jou optrede en los die probleme van die wêreld so op (“The Christ is Now Here”, advertensie in die Rand Daily Mail, 24 April 1982)
Is die bogenoemde die Jesus waarna Rob Bell verwys? Dit moet wees want die ware Jesus van die Bybel is in staat om mense van die regverdige oordele van God te red deur selfs gebruik te maak van die haglikste omstandighede wat deur ekstreme armoede veroorsaak word. In lande soos China het baie mense verlossing in Jesus gevind nadat hulle alles verloor het — hulle wonings, hulle vrouens, hulle mans, hulle besparings, ens. Hulle het geleer om tevrede te wees met wat hulle het ten spyte van hulle buitengewone armoede. (Hebreërs 13:5).
Die prediking van die Evangelie ter wille van die redding van siele vanuit die regverdige oordele van God is vir Rob Bell ‘n evangelie van wanhoop. Nee, sê Rob Bell, die boodskap van die Evangelie is dat God nooit biljoene mense sou maak net om te sien hoe hulle in die hel brand sonder enige kans op ‘n ander soort toekoms nie. Sy aanname dat mense op allerhande maniere na Jesus kom vir hulle verlossing maak die deur wawyd oop vir mense van ander geloofsoortuigings om hulle in die kontemplatiewe mistisisme te begewe. Dit is daarom geen wonder nie dat so ‘n lae dunk van Christus se offer aanleiding gegee het tot die siening dat labirinte en ander kontemplatiewe praktyke misties gemagtig is om enigeen, ongeag hulle mening van die kruis, in die teenwoordigheid van God te bring. In ‘n aflaaibare PDF dokument van Rob Bell se Mars Hill Kerk word die volgende raad in die sesde fase van die mistieke praktyk van “lectio divina” voorsien.
Kontemplasie
Eindig deur jou aandag te fokus op die feit dat jy in God se teenwoordigheid is. Indien jy, terwyl jy op God se teenwoordigheid probeer fokus, ‘n behoefte het om die teks weer te lees, om voort te gaan met jou meditasie, of om eenvoudig net aan te hou om met God te praat, gun jouself dan die kans om dit te doen. Terwyl jy dit doen, weet dat jy in die teenwoordigheid van God is (Klem bygevoeg).
Siedaar! Jou eie doen (werke) van “lectio divina” bring jou in die teenwoordigheid van die Almagtige God. Hulle is maar net besig om Kain se weg om die voorhangsel van onder na bo te skeur, voort te sit. Dit is die manne na wie ons mees geëerde en gerespekteerde geetelike leiers soos Stephan Joubert, Dries Lombaard en Dries Cronjé opkyk vir geestelike leiding. Dries Cronjé, ‘n geestelike boetie van Dries Lombaard en Stephan Joubert het die volgende te sê gehad oor Rob Bell op hulle e-kerk webtuiste:
Ek was onlangs bevoorreg genoeg om my hande (en oë) te lê op Everything is Spiritual van Rob Bell.
Jy vra “Waarom weer Rob Bell? Het jy sy materiaal nie verlede keer bespreek nie?” Wel, ek is besig om nogal heelwat by hierdie mees-geniale dissipel van Jesus te leer en ek wil my opgewondenheid met julle deel. My volgende pos sal oor iets anders wees . . . Belowe.
“Die mees geniale dissipel van Jesus?” Werklik? Die een wat onbeskaamd die Evanglie van verlossing verdraai? Die een wat ‘n soort universele verslossing verkondig? Ek weet nie van u nie, maar ek verkies om die lof te besing van die vernaamste sondaars onder die dissipels van Jesus Christus. Sy naam was Paulus wat op ‘n dag gesê het:
1Timotheus 1:15 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is. (Klem bygevoeg)
Paulus, my arme broer, hoe kon jy met soveel minagting van jouself praat? Dis jammer dat jy nie vandag nog hier saam met ons kan wees nie want dié is seker, as jy vandag nog gelewe het, sou Dries Cronjé jou voorstel aan een van die mees geniale dissipels van ons tyd — Rob Bell, wat jou “self-esteem” en “self-image” ‘n geweldige hupstoot sou gee. Het ons so gewoond geraak aan ons moedswillige afvalligheid dat ons eiesinniglik weier om die gees van die antichris in diegene wat ons as volgelinge van Jesus beskou, raak te sien?
In my inleiding het ek na Ester verwys wat bang was om haar man, koning Ahasvéros, te nader omdat sy nie seker was of hy sy septer van outoriteit en goedkeuring na haar toe sou uithou nie. Hoewel ons vermaan word om God te vrees omdat dit ‘n verskriklike ding is om in die hande van die lewende God te val (Hebreërs 10:31), het alle gelowiges wat van hulle sondes gereinig is deur die bloed van Christus die vrymoedigheid en die vertroue om in sy teenwoordigheid in die allerheiligste heiligdom in die hemel te gaan. Hulle mag enige tyd en enige plek vir die res van hulle lewe hier op aarde voor Hom verskyn totdat hulle Jesus van aangesig tot aangesig ontmoet.
Hebr 10:19-22: Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water (Klem bygevoeg).
Wat meer as dit wil ons hê? Wat meer as dit het ons nodig? Almal wat meen hulle kan in die teenwoordigheid van God kom d.m.v. hulle stowwerige en vuil labirinte in die bosvled of selfs op die stowwerige marmervloere van verhewe katedrale en ander mistieke kontemplatiewe monderings is mislei en is besig om ander te mislei, veral ons jeug. Hulle volg nie vir Jesus Christus, die Seun van die lewende God nie, maar ‘n ander Jesus. Hou op met julle nonsens en keer terug na die kruis van Jesus Christus. Die bloed van die kruis is God se septer wat na almal uitgereik word wat gewillig is om die kruis in geloof aan te raak vir hulle redding sodat hulle in sy teenwoordigheid mag kom met blydskap en ewige danksegging.

die gevolge is ‘n paradoksale wêreld. Paradokse beteken dan twee dinge, wat oënskynlik teenoor mekaar staan, terselfdertyd waar en geldig is. Dit is ‘n geval van “die een en ook die ander”. Ons leef in so ‘n en/ook wereld. Die een ding is waar en ook die ander. Teenoorgesteldes is beide waar en geldig. Die lewe en die werklikheid kan nie meer in eenvoudige swart/wit kategorieë geplaas en verklaar word nie.
het: die wêreld soek hoop en soek ’n toekoms. Dit is die soort boodskap wat kinders van die Here by uitstek aan die wêreld kan bring. Dit is net jammer dat ons dit nie genoegsaam verkondig nie. Veral in Kerstyd kan ons gerus weer die boodskap verkondig dat Baba Jesus nie net ’n ou hulpelose babatjie in ’n krip is nie.
Dit is opvallend dat ‘n hele klomp leraars, o.a. ds Jannie Pelser, Nelus Niemandt, Stephan Joubert en Jan van der Watt, groot aansien geniet, nie net onder ‘n groot aantal Chrstene nie maar ook die wêreld en die sekulêre pers. So terloops, die feit dat die sekulêre pers Angus Buchan so hoog aanprys, is genoeg rede tot kommer omdat hulle hoofsaaklik beïndruk is met die groot getalle mense wat hy lok. Buchan self maak ook gereeld by sy byeenkomste, op sy webtuiste en nuusbriewe groot gewag van die derduisende mense wat sy byeenkomste bywoon. Die Here Jesus het op ‘n dag gesê:
Ek glo nie om dissipels te maak dieselfde moet wees as om volgelinge te maak van die Christelike godsdiens nie. Dit mag raadsaam wees om in baie omstandighede (nie alle nie!) mense te help om volgelinge van Jesus te word en [nog steeds] binne hulle Boeddhistiese, Hinduïstiese en Joodse konteks te bly . . .
God. I’ve always said we should help a Hindu become a better Hindu, a Muslim become a better Muslim, a Catholic become a better Catholic. We believe our work should be our example to people. We have among us 475 souls – 30 families are Catholics and the rest are all Hindus, Muslims, Sikhs—all different religions. But they all come to our prayers.[6]
verlore beskou en slegs die Christen gelowige as gered, en tog het Christus die heeltyd vir ons vertel dat liefde die weg na die koninkryk is, en dat die feit van die teenwoordigheid van goddelikheid in elkeen van ons, ons geskik maak vir daardie koninkryk . . . 



sintuie te betrek in eredienste. Mense smag na whole body experiences. Al die sintuie word by aanbidding betrek en speel ‘n rol in die gebeure.
Warren verwys dikwels in sy openbare optredes en onderhoude op Larry King Live (CNN) na Spreuke 16:18: “Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.” Nietemin, omdat hy en so baie ander fasiliteerders in die Emerging Church beweging die ego of self van die mens oor die boeg van diensbaarheid, harmonie en eenheid gooi, ignoreer hulle willekeurig of onwillekeurig die werklike doel van die verloëning en die afserwe van die ego of die self. Die primêre doel van die verloëning en die afsterwe van die eie ek is nie diensbaarheid nie (hoewel dit uiters belangrik is) maar om ‘n ware dissipel (volgeling) van die Here Jesus te kan wees. Diensbaarheid is nie uniek aan gelowiges nie. Soos ons reeds hierbo gesien het, lê die besigheidswêreld (wat hoofsaaklik in die hande van ongelowiges gesetel is) geweldig baie klem op diensbaarheid, maar dis ‘n tipe “diensbaarheid” wat gebaseer is op die besigheidsbeginsel van “vraag en aanbod.” Die behoeftes van die massas bepaal die aard en inhoud van die diens wat in hierdie besigheidsgedrewe “diensbaarheid” gewortel is. Dit was hoofsaaklik hierdie besigheidsgedrewe “diensbaarheid” wat Rick Warren aangespoor het om na die sg. “unchurched Harrys and Marys” (ongelowiges) uit te reik en hulle te vra wat hulle van die kerk verwag. Daarom sê hy dan ook:
ongelowige en bekende Amerikaanse motiveringspreker, Anthony (Tony) Robbins, hou deesdae opleidingseminare getiteld “Die Doelgerigte lewe.” (4) Warren se boek het nie net ‘n geweldige invloed op kerke dwarsoor die wêreld nie, maar ook op groot besigheidsinstansies soos Ford, Wal-Mart en Coca-Cola. Hoe rym dit met Christus se woorde dat die wêreld Hom haat? (Joh 15: 18). Dit is ooglopend duidelik dat wanneer die wêreldse besighede ter wille van hulle eie agendas begin belangstel in sg. Christelike boeke, is hulle eintlik maar besig om ‘n ander Jesus na te volg omdat die Jesus van die Bybel nie langs dieselfde vuur as die wêreld kan of sal sit nie. As die wêreld jou begin ophemel en van jou begin goedpraat, is dit ‘n duidelike teken dat jy beslis nie God se doel vir jou in hierdie wêreld uitleef nie.
Bertrand Russel se spreuk “Tensy jy ‘n God versonderstel, is dit sinneloos om te vra wat die doel van die lewe is” naas Paulus se Heilie Gees-geïnspireerde teks in Kol 1: 16 te plaas. Dit herinner my aan ‘n groep Christene wat onlangs die ewe godslasterlike spreuk van Benjamin Franklin (‘n 13de graad Vrymesselaar) gebruik het om hulle drinkgewoontes te verdedig, “Beer is proof that God loves us and wants us to be happy.” Toe ek die godslasterlike en God-onterende spreuk aan hulle uitwys, het hulle my eenvoudig geïgnoreer en my lidmaatskap van hulle webwerf summier beëindig. Dit gaan my verstand te bowe dat God se kinders sulke blatante leuens soos dié van Bertrand Russel gelate kan aanvaar en met ‘n gejubel uitbasuin dat Warren se boek ‘n meesterstuk is. Het ons al so ver van die waarheid afgedwaal dat ons nie meer onderskeid kan maak tussen die heilige en die onheilige en die verskil tussen die onreine en die reine kan uitken nie? (Eseg 22: 26).
Bailey en Annie Besant. Blavatsky sê in haar boek “To the Readers of Lucifer” die volgende:
Our motto was from the first, and ever shall be: ‘THERE IS NO RELIGION HIGHER THAN–TRUTH.’ Truth we -search for, and, once found, we bring it forward before the world,
Tony Campolo, ‘n voobanker in die Emergent Church beweging en skrywer van die boek “Speaking My Mind” waarin hy sê dat mistisisme (kontemplatiewe gebed) die “algemene raakpunt” is tussen die Christendom en Islam, huldig dieselfde mening as Warren. Howel hy erken dat Jesus Christus die enigste Verlosser is, glo hy dat dit nie nodig is om ‘n Christen te wees nie en dat dit onnodig is vir mense van ander gelowe om hulle tot Christus te bekeer. Hy sê: