Waak en Bid / Watch and Pray

omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie / for ye know not when the time is (Mark 13:33)

Posts Tagged ‘Ontluikende kerk’

Die Nederduits Gereformeerde Kerk se [Versnelde] Afwaartse Spiraal na Geloofsversaking

Posted by Thomas on May 17, 2009

READ THE ENGLISH VERSION OF MY COMMENTARY HERE

Iemand vra my onlangs “Hoe is dit moontlik dat enigeen wat eens op ‘n tyd ‘n vaste geloof in Jesus Christus bely het skielik van dié geloof afvallig kan word en ‘n ander Jesus begin navolg terwyl hulle vas oortuig is dat hulle die regte Jesus volg?” Eers daarna het ek besef my antwoord was toe nie so oortuigend nie en ek het gevoel om my eie bas te skop omdat ek nie ‘n beter antwoord op ons postmoderne siekte van kroniese geestelike afval kon gee nie. Ek moet erken ek het baie beter gevoel toe ek besef dat toe Paulus met die fenomeen van afvalligheid geworstel het, hy maar ook net sy verbasing oor die ernstige en baie gevaarlike ontrouheid aan gesonde Bybelse leerstellings in die kerk in Galasië kon uitspreek sonder om enige goeie redes te gee. Die skokkendste ding van hulle afvalligheid was dat dit so skielik gebeur het. Dit het sedert Paulus se laaste sendingbesoek aan hulle en kort na die valse leraars se dreigende dwaalleerstellige infiltrasie van hulle kerk teen ‘n geweldige vinnige tempo toegeneem. Dit dui daarop dat wanneer dwaalleerstellings nie dadelik in die kiem gesmoor word nie en toegelaat word om sy gang te gaan dat dit baie vinnig soos ‘n kanker van liggaamsel tot liggaamsel versprei totdat die hele liggaam besmet word en uiteindelik doodgaan (2 Timotheus 2:13-19). Terloops, ds. Attie Nel van die NG Gemeente, Bergsig het op Sondag 10 Mei 2009 oor hierdie teksgedeelte gepreek, maar pleks daarvan om sy gemeentelede teen die menigvuldige dwaalleraars van ons tyd te waarsku, het hy die “whistle-blowers” as die sondebokke en kankerdraers uitgesonder en sy gemeentelede aanbeveel om eerder die webtuiste www.bible.org te lees indien hulle soliede Bybelmentors of leermeesters nodig het om hulle op hulle geestelike reis te begelei. Hy het gesê:

NT Wright with the Archbishop of Cantebury “Vandag is daar drie persone wat ‘n baie groot invloed op my lewe het: N.T. Wright, SCOT McKNIGHT Eugene Peterson. In Suid Afrika: Stephan Joubert en Jan van der Watt en selfs Adrio König. Elkeen van ons behoort in ons lewe ‘n leermeester te hê, of twee, verkieslik meer as een [en] sê: ‘ek sal graag by jou wil leer.’ Maar mense leer op verskillende maniere. Sommige leer deur te lees; ander leer deur te luister; ander leer deur te praat, te gesels. Ek hou nie van die gesels ding nie want ek dink te stadig. Maar, ek lees graag en ek luister graag. Nou! ek gaan vir jou ‘n webwerf se naam gee waar al drie hierdie goed gaan gebeur. Daar’s baie leesstof; dis baie goeie leesstof en behoudende teoloë; hulle publiseer elke dag op daardie webwerf en dan’s daar ook preke waarna jy kan luister en dan’s daar ‘n plek waar jy in gesprek kan gaan met ander ouens. Die adres is baie eenvoudig, www.bible.org. Gaan kyk daar; jy kan daardie persone maar ook jou leermeesters maak.”

Teen die einde van sy preek sê ds. Nel.

Maak God die eerste liefde, die enigste liefde in jou lewe. As ek dit alles gesê het, dan wonder mens nou maar, maar hoe leef ek dit uit? En juis een van die manne na wie ek in dié week geluister het hieroor, die Engels sê dit so maklik, hy sê “Just love Jesus.” Dis al. Wees net lief vir die Here. As jy die Here liefhet en as jy Hom meer liefhet as enigiets anders dan val die ander goed in plek. ‘Just love Jesus.” So maklik. So makklik. Dis nie ‘n emosie nie. Ek kies nie om iets te voel nie. Ek kies om iets te wees. Hoe voel dit om jou vrou life te hê? Ek weet nie. . . . Al wat ek weet, is ek wil niks doen wat haar seermaak nie. Hoe voel dit om jou vrou lief te hê? Ek weet nie. . . . Ek weet nie hoe voel dit nie. Al wat ek weet, is dat as ek ons kinders veilig kan hou; dis wat my vrou wil hê . . . ‘Just love Jesus.’”

Dit is inderdaad voortreflike woorde, maar voortreflike woorde skilder ongelukkig nie altyd vir ons die volledige prentjie nie. Jesus Christus wil ook hê dat ds. Attie Nel en al die ander herders in die NG Kerkfamilie God se kinders veilig moet hou, netsoos sy vrou wil hê hy hulle kinders veilig moet hou. Het Jesus dan nie juis gesê dat ons liefde vir Hom gespieëlbeeld word in die wyse waarop ons sy skape en lammers voed en oppas nie? (Johannes 21:15-17). Om Hom lief te hê is dus veel meer as net die versugting “just love Jesus.” Trouens, die Skrif sê nêrens dat ons net lief moet wees vir die Here nie. Liefde vir God vind neerslag in die wyse waarop jy sy Woord (leerstellings) hanteer en beoefen (Joh 14:21; 2 Joh 9) en ook in die wyse waarop jy sy kinders voed en oppas. Om God se kinders veilig te hou beteken in die eerste plek om hulle binne die omvang en parameters van sy Woord te voed en te bewaar sodat hulle geestelik mag groei en om hulle te beskerm teen die gewetenlose aanvalle van valse leraars. Doen ons herders dit? Nee, sê ek, want hulle is besig om die skape en die lammertjies oor die te gee aan leermeesters wat geheel en al ander dinge sê en doen as ons groot Leermeester, Jesus Christus. Hulle lei die skape en veral die lammers langs weë wat reg lyk maar in werklikheid weë van die dood is (Spreuke 14:12)

N.T. Wright, een van ds. Attie Nel se invloedryke leermeesters, is ‘n biskop in The Church of England wat Christene die war instuur met sy boek “What Saint Paul Really Said.” Hy is ook een van die medeskrywers van ‘n boek wat opslae maak in die kerk, genaamd “Stricken By God, Nonviolent Identification & the Victory of Christ deur Brad Jersak en Michael Hardin. Verskeie toonaangewende leiersfigure in die Ontluikende Kerk, o.a. Brian Mclaren, is gaande daaroor. Biskop Wright geniet hoë aansien in die geledere van die ontluikende kerk. Op bladsy 119 van sy boek “What Saint Paul Really Said” skryf hy die volgende oor die leerstelling van “regverdigmaking.”

“‘Regverdigmaking’ in die erste eeu het nie gegaan oor hoe iemand in die regte verhouding met God kom nie. Dit het gegaan oor God se eskatalogiese definisie van wie, beide toekomstig en teenswoordig, ‘n lid was van sy volk.”

Met hierdie konkoksie word van die leser verwag om nuut te dink oor die konsep van regverdigmaking. Volgens Wright word “regverdigmaking” nie meer omskryf in terme van God wat sondaars deur die toegesegde regverdigheid van sy Seun red nie, maar bloot as ‘n uitdrukking of spreekwyse (metafoor) van God se getrougheid t.o.v. sy verbond om Israel in die aangesig van die nasies te verdedig. G’n wonder Paulus het gesê nie:

Galasiërs 1: 6:7 Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai. (Klem bygevoeg)

Die apostel Johannes was netso verbaas toe hy in ‘n visoen die apokaliptiese VERBORGENHEID, DIE GROOT BABILON, DIE MOEDER VAN DIE HOERE EN VAN DIE GRUWELS VAN DIE AARDE gesien het:

Openbaring 17:6 En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien. (Klem bygevoeg)

Om die waarheid te sê, dieselfde woord vir “verwondering,” “thaumazo { thou-mad’-zo},word in albei hierdie teksgedeeltes gebruik. Ongelukkig het verbasing (verstomming, verbystering en skok) plek gemaak vir bewondering en waardering, in so ‘n mate dat die eens ontoelaatbare en afkeurenswaardige leerstellings van die Rooms Katolieke Kerk met toenemende ywer en verwondering in Protestantse kringe geassimileer word. Diegene wat nie die globaal georkestreerde en onverbiddelike pogings van sommige van die mees gerespekteerde geestelike leiers in die Rooms Katolieke en Protestantse kerke om die Reformasie om te keer, raaksien nie, hoef net vir ‘n uur lank op die internet rond te snuffel om agter te kom hoe ver hulle gevorder het om die skeidslyn tussen die twee uit die weg te ruim. Tydens my navorsing op die internet het ek op ‘n webuiste met die naam PBS afgekom wat via hulle televisiestasies en internet-beriggewing op die voorpunt staan in die verskaffing van nuus en menings. Hulle maak aanspraak op ‘n gehoor van oor die 65 miljoen kykers en luisteraars wat die wêrelde van die wetenskap, geskiedenis, die natuur en openbare aangeleenthede in hulle binnekamers kan ervaar; diverse menings hoor en die voorste sitplek aanbiedinge van wêreldklas dramas en opvoerings kan geniet. Ek het veral belanggestel in hulle blad genaamd RELIGION AND ETHICS en hulle voorbladberig onder die titel “Protestant Mary” wat op 17 Desember 2004 verskyn het. Kim Lawton, Hoofredakteur/Korrespondent en bekroonde verslaggewer en skrywer wat al amper 20 jaar lank in die uitsaai- en drukkersbedryf werk en aangeleenthede rondom die godsdiens, die etiek en die kultuur aanraak, het onderhoude met verskeie bekende kerklui en akademici gevoer. Sy het Prof. Timothy George, “Southern Baptist” en deken van die Evangelical Divinity School in Birmingham, Alabama, voorgestel as ‘n voorbeeld van een van die toenemende aantal teoloë en skrywers wat evangeliese Christene en ander Protestante dringend versoek om op te hou om Maria te ignoreer. Sy het ook ‘n onderhoud gevoer met Professor BEVERLEY ROBERTS GAVENTA (Princeton Teologiese Kweekskool) wat aandring op ‘n nuwe Protestantse beskouing van Maria. Sy sê:

So even in order to understand fully what those Gospels are about, which is so much what Protestants prize, we have to pay more attention to her. We can’t just bring her out for Christmas Eve and put her back away on the 26th.

Kan u agterkom hoedat die postmoderne obessie met die herverwoording, herinkleding, herinterpretasie vaan die Rvanelie besig is om elke faset van die kerk te deursuur en te verkanker? Ons moet nou kwansuis meer aandag aan moeder Maria skenk sodat ons die vier evangelies en natuurlik ook die boek Handelinge volledig te kan verstaan. Watse nonsens is dit? . . . en tog nooi die NG Kerk sulke mense om ons te kom leer hoe om die boek Handelinge te gebruik vir die vestiging van n missionale strategie in die Suid-Afrikaanse konteks.

Mother Mary Waarom moet ons meer aandag gee aan Maria terwyl sy nouliks of ooit bygedra het tot die bevordering of beligting van die Evangelie? Daardie taak is aan die twaalf apostels opgedra van wie Jesus eenmaal gesê het: “Dáár is my moeder en my broers. Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.” Ons durf nie partydig wees nie terwyl Christus self elke persoon wat die wil van sy Vader in die hemel doen, uitgesonder het as sy broer en suster en moeder. Maria wat haarself aan God oorgegee het sodat Hy sy wil t.o.v. die vleeswording van God die Seun kon bereik, was inderdaad geseënd maar so-ook is die armes van gees, hulle wat treur oor hulle sondes en oortredinge, die sagmoediges, die wat honger en dors na God se geregtigheid, die barmhartiges, die wat rein van hart is, die vredemakers en hulle wat ter wille van die geregtigheid vervolg word. Niemand kan ontken dat Maria die geseënde verkose instrument van God was, want as Hy dit nie gedoen het nie sou ons geseënde Heer en Verlosser nooit vlees en bloed deelagtig kon word nie en sou ons sondes en oortredinge nooit in sy geslane en bebloede liggaam aan die kruis geoordeel kon word nie. Die maagdelike en uitverkore instrument was voorwaar geseënd maar nie meer as enige ander man, vrou en kind wat die wil van sy Vader in die hemel doen nie. Sodra ons Maria op ‘n troontjie plaas om haar vir spesiale aandag bo alle ander mense wat God se wil doen, uit te sonder, is ons gevaarlik na-aan die Maria-verering van die Rooms Katolieke kerk. Maria-verering in die Rooms Katolieke tradisie gaan nie maar net daarom om Maria op ou-Kersaand en kersfees tevoorskyn te haal nie en om haar betekenis te re-evalueer sodat ons die Evangelies beter en vollediger kan verstaan nie. Die uiteindelike doel van Maria-verering is om Maria as Mede-verlosser saam met en gelyk aan Jesus Christus te verklaar. Die volgende definisie van die woord “Mede-verlosser” verskyn in Wikipedia.

Mede-verlosser in Rooms Katolieke Maria-verering verwys na die rol van die Geseënde Maagd Maria in die verslossingsproses. Dit is ‘n ander konsep as Bemiddelaarster [Mediatrix]. Die konsep van Mede-verlosser verwys na ‘n indirekte of ongelyke maar belangrike deelname deur die Geseënde Maagd Maria in die verlossing. Sy het vryelik ingewillig om die lewe te skenk aan die verlosser, om sy lewe te deel, om saam met hom onder die kruis te ly en om hom vir die doel van die redding van die mensdom te offer. Mede-verlosser is nog nie formeel as ‘n dogma geformuleer nie, hoewel petisies vir die verklaring daarvan (tesame met Bemiddelaarster [Mediatrix]) tot dogma deur verskeie Kardinale aan die Pous oorhandig is. Dit sal ‘n Vyfde Maria-dogma word as dit deur die Heilige Stoel goedgekeur word.

Miljoene Rooms Katolieke het reeds ‘n petisie opgetrek en dit aan die Pous oorhandig waarin hulle by hom pleit om Maria tot Mede-verlosser, Bemiddelaarster en Advokaat vir alle Christene te verklaar. Op 9 April 1997 het die afgestorwe Pous Johannes Paulus II tyens een van sy oudiënsies
verwys na die rol van Maria in die kruisiging.

“Maria . . . het in die rol van moeder in die gebeurtenis self deelgeneem; dus omhels haar deelname die totaliteit van Christus se reddingswerk. Sy alleen was op hierdie wyse geassosieer met die verlossingsoffer wat die redding van die mensdom verdien het. In harmonie met Christus en in oorgawe aan hom, het sy meegewerk in die verkryging van die genade van verlossing vir alle mense. . . . In God se plan is Maria die ‘vrou’ (cf. Johannes 2:4; Johannes 19:26), die Nuwe Eva wat verenig is met die Nuwe Adam om die mensdom tot sy oorspronklike staat van waardigheid te herstel. Haar samewerking met haar Seun word vir alle tye voortgesit in die universele moederskap wat sy in die rang van genade geniet. Deur te vertrou op hierdie maternale samewerking , laat ons ons tot Maria wend, terwyl ons haar smeek om ons te help in al ons node (Klem bygevoeg).

Die onheilspellende realiteit van die groeiende en wêreldwye versoek om Maria tot Mede-verlosser, Bemiddelaarster [Mediatrix] en Advokaat vir alle Christene te verklaar is dat dit ‘n toenemend bonatuurlike dimensie met die talle Maria-verskynings dwarsoor die wêreld aangeneem het. In baie van hierdie Maria-verskynings maak sy daarop aanspraak dat sy inderdaad die Mede-verlosser, Bemiddelaarster, Advokaat, Verlosser (Vredesark) en alomteenwoordige is; alles titels wat aan God alleen toegedig kan word. Haar mees ontstellende aanspraak is dat sy die Mede-verlosser van die wêreld is. Die volgende aanhalings kom regstreeks uit die mond van die “Maria” wat baie mense oor die wêreld heen gesien het.

“Ek staan hier as Mede-verlosser en Advokaat. Alles moet daarop gekonsentreer word. Sê agter my aan: Die nuwe dogma sal die dogma van die Mede-verlosser wees. Ek sal nie in staat wees om my mag in die ewige werk van Mede-verlosser en in die universele bemidddeling van genades te kan doen nie, nie voordat erkenning aan my verleen word nie, dáár waar die allerheiligste Drie-eenheid my wil hê.”

Sy maak daarop aanspraak dat sy saam met Christus vir die sondes van die wêreld gely het.

Ek het julle lief al is jy ver van my en my seun. Ek vra julle om nie toe te laat nie dat my hart trane van bloed stort vir die siele wat vanweë hulle sondes verlore gaan.

Ek het vir ‘n lang tyd vir julle gely. Ek word gedwing om self sonder ophou tot hom te bid omdat ek nie wil hê hy moet julle verlaat nie. Julle gee nie ag nie. Wat julle ookal doen, julle kan nooit die pyn wat ek namens julle verdra het, vergoed nie.

Ek verklaar met oortuiging dat sy lyding my lyding geword het omdat sy hart myne was. En net soos Adam en Eva die wêreld vir ‘n appel verkoop het, so het ek en my seun in ‘n sekere sin die wêreld met een hart verlos.

Ek is sy wat verwant is aan die goddelike Drie-eenheid. Ek is die maagd van Openbaring.

My kinders, ek is die Deur van die hemel en ‘n hulp op aarde.

Sy moedig haar kinders aan om haar beelde te vereer.

As moeder wil ek julle vertel dat ek hier met julle is in die beelde wat wat julle hier het. Elkeen van my beelde is ‘n teken van my teenwoordigheid en herinner julle aan julle hemelse moeder. Daarom moet dit vereer word en in plekke van groot eerbied geplaas word. Julle moet met liefde na elke beeld van julle hemelse moeder kyk.

Sy moedig haar volgelinge ook aan om heilige plekke en tempels in haar eer te bou.

Ek begeer vuriglik dat ‘n tempel vir my gebou word waar ek al my liefde, barmhartigheid, hulp en beskerming kan toon en offer want ek is julle genadige moeder.

In 1999 is sy nie net as die Mede-verlosser in Amsterdam vereer nie maaar ook vir die eerste keer as die Die Vrou van al die Nasies.


In een van haar verskynings het sy die volgende gesê:

Wanneer die dogma, die laaste dogma in Maria se geskiedenis aangekondig is, sal Die Vrou van al die Nasies vrede, ware vrede op aarde gee. Die nasies moet ewewel my gebed in eenheid met die kerk opsê. Hulle moet weet dat Die Vrou van al die Nasies gekom het as Mede-verlosser, Mediatrix en Advokaat.

Die Maria-verskynings maak nou dus ook daarop aanspraak dat sy nie meer net die Moeder van God is nie maar ook die Vrou van al die nasies en sodra die Pous haar amptelik tot die Mede-verlosser saam met Christus verklaar, sal sy die nuwe era van vrede inlei.

Praat van die moeder van die eucharistie want die moeder van die eucharistie sluit die geskiedenis af. Al die boodskappe kom van God en oral waar ek verskyn, praat ek oor dieselfde dinge. Vanweë die triomf van die eucharistie, wil die moeder hê dat al die kerke verenig word sodat daar net een kerk vir alle mense moes wees.

Miskien het julle al begin wonder waarom ek u hierdie dinge meedeel en hoedat hulle inpas by die NG Kerk se Scot McKnight afwaartse spiraal van afvalligheid. Die kerk is nie net besig om stormderhand oorgeneem te word deur die mistieke spirituatliteit van die Desert Fathers en ander persoonlikhede in die Roomse tradisie nie (o.a. kontemplatiewe gebed, sentreergebede, lectio divina, lectio continua, enneagramme, labirinte, afsondering, die stilte, meditasie, asemgebede, die Jesusgebed, kontemplatiewe retraits, twaalf kruisstasies, Jesuskerse, ikone, Ignatius kontemplasie, ens.) maar is ook besig om haar ware kleure en doelstellings te toon, nl. Om die Protestante terug te lei na die Rooms Katolieke Kerk.

Die Teologiese Fakulteit aan die Universiteit van Stellenbosch en Communitas bied gesamentlik ‘n driedaagse konferensie aan van 18 tot 20 Mei 2009 met die tema “Wat kan ons uit die boek Handelinge oor Missionêre Gemeente-wees leer?” Die konferensie sal navorsgroepe op dreef kry om sewe temas in die boek Handelinge oor ‘n periode van drie jaar te bestudeer. Die projek het dit ten doel om twee hoof diskussies binne die konteks van die teologie en kerkpraktyk te versoen. BEVERLY GAVENTA (Princeton Teologiese Kweekskool) wie ek reeds flussies aan julle bekend gestel het as iemand wat ‘n nuwe Protestantse navorsing oor Maria aanmoedig en SCOT McKNIGHT (North Park Universiteit, Chicago) is die hoofsprekers op die konferensie. Soos Prof. Gaventa, moedig McKnight Protestantse kerke aan om Maria te vereer. Die volgende uittreksel het in een die webtuiste Lighthouse Trails Research se Nuusbriewe verskyn.

In die ontluikende kerkleier, Scot McKnight, se boek, “The Real Mary: Why Evangelical Christians Can Embrace the Mother of Jesus, sê McKnight dat die Protestantse Christene die enigste Christene is wat Maria nie eer nie. Hy stel voor dat Protestantse kerke almal ‘n “Dag van Maria-verering” (p144) vier en sê dat sy “lei ons na Jesus wat verlossing bring . . . Om na Maria te luister is om die boodskap van Jesus se dood en opstanding as ‘n mega-gebeurtenis te hoor waardeur God ‘n nuwe soort krag, ‘n nuwe soort familie en ‘n nuwe soort koninkryk (p.145) gevestig het. McKnight beskryf hierdie groot gebeurtenis as’n tyd waarop die wêreld bymekaar sal kom om Maria te aanbid.

McKnight wat reeds ‘n groot impak het op die ontluikende kerk is ook hartstogtelik besig om die Eucharisiese Jesus in Protestantse kringe te bevorder. Hy sê dat die Eucharistie dit moontlik maak om die genade van God met al sy glories en seëninge te ontvang.” (Scot McKnight, Turning to Jesus, Louisville, KY Westminister Johh Knox Press, 2002, p. 7).

Dit is duidelik dat die NG Kerk se drie-daagse konferense met die tema “Wat kan ons uit die boek Handelinge oor Missionêre Gemeente-wees leer?” niks anders as ‘n baie goed-gekamofleerde poging is om die Roomse Katolieke Kerk se Nuwe Evanglisasie program te bevorder. Baie jong NG kerk predikante is besig om hulle toenemend vir ‘n missionale stategie om die koninkryk van God op aarde te bring te beywer en om hulle lidmate aan te moedig om volgelinge van Jesus te word. Die Jesus wat hulle volg is stadig maar seker besig om in die Eucharistiese Jesus te verander wat herhaaldelik op die altare van Rooms Katolieke katedrale dwarsoor die wêreld geoffer word. Vir meer inligting hioeroor lees gerus hier.

Jeremia 44:15-25 Die mans, wat almal geweet het dat hulle vrouens vir ander gode offer, en al die vrouens wat teenwoordig was, ‘n hele menigte, trouens, almal wat daar in Egipte in Patros gewoon het, het toe vir Jeremia gesê: “Ons gaan nie luister na wat jy vir ons sê in die Naam van die Here nie. Ons sal bly doen wat ons beloof het: ons sal vir die hemelkoningin wierookoffers bring en drankoffers uitgiet net soos ons, ons voorvaders, ons konings en ons amptenare in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem gedoen het. Ons het daardie tyd genoeg te eet gehad, ons was voorspoedig, en geen ramp het ons getref nie. Dit is vandat ons opgehou het om vir die hemelkoningin wierookoffers te bring en drankoffers uit te giet dat ons aan alles gebrek het en dat ons sterf deur oorlog en deur hongersnood.” Die vrouens het bygevoeg: “Dink jy ons het sonder die medewete van ons mans vir die hemelkoningin wierookoffers gebring en drankoffers uitgegiet en vir haar offerkoekies gebak wat soos sy lyk?” Toe sê Jeremia vir al die mense, vir die mans en die vrouens, vir almal wat hom so geantwoord het: “Het die Here nie juis gedink aan die wierookoffers wat julle in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem gebring het nie, julle en julle voorvaders, julle konings en julle amptenare, het Hy nie juis dít in ag geneem nie? Hy kon julle gruweldade, die afskuwelike dinge wat julle gedoen het, nie langer verdra nie. Daarom het julle land ‘n puinhoop geword, iets wat mense met afgryse vervul en wat as voorbeeld genoem word wanneer mense ander iets slegs toewens, ‘n land sonder inwoner, soos dit vandag is. Dit is omdat julle die wierookoffers gebring het en teen die Here gesondig het, omdat julle ongehoorsaam was aan die Here en nie geleef het volgens sy wet, sy voorskrifte en sy verordeninge nie, dat die ramp julle getref het soos dit vandag is!” Jeremia het verder vir al die mense, ook vir al die vrouens, gesê: Hoor die woord van die Here, alle Judeërs in Egipte! So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Julle en julle vrouens het gedoen wat julle beloof het. Julle het gesê julle sal bly by julle belofte om vir die hemelkoningin wierookoffers en drankoffers te bring. Hou by julle belofte, hou daarby, doen wat julle beloof het, doen dit!

Wanneer ‘n kerk, sy leiers, hulle landgenote en hulle land weier om te luister na God se waarskuwings in sy Woord, gee Hy hulle oor aan hulle eie begeertes en laat hulle begaan om selfs dieper in hulle selfopgelegde, afvalligheid en afgodiese leefstyle te versink. Soos Israel van ouds het hulle ook hulle redes vir hulle ongehoorsaamheid. Ons land is reeds lank in die greep van misdaad en geweld verstrengel en ten spyte van die baie waarskuwing uit verskeie oorde dwarsoor die land, gaan kerkleiers en in die besonder ons jonger geslag kerklui onverpoos en verbete voort om hulle eie “nuwe-hart” en “labirinte” weë te volg om vrede en versoening in die hand te werk. Ook hulle sê: “Ons en ons vaders, ons konings en ons amptenare — in al die stede van Suid-Afrika — sal vrede, voorspoed en geluk bewerkstellig deur ons eie pogings en metodes. Ons het die ou weë beproef, maar dit het nie gewerk nie. Laat ons die Evangelie herbedink en konteksualiseer; laat ons luister na die volgelinge van ander geloofsoortuigings en in eenheid en harmonie met hulle saamwerk om ons geliefde land te red.” God sê vir hulle nes Hy vir Israel gesê het: “Bly by julle beloftes om vrede en kwansuis My Koninkryk op aarde met julle verfoeilike metodes in te bring; bring eer aan die hemelkoningin soos my volk dit in die ou dae gedoen het — bevestig dan nou maar julle geloftes, ja, hou nou maar julle geloftes!”

1 Korinthiërs 9:10-11 Laat ons Christus nie uittart nie, soos sommige van hulle Hom uitgetart het, en hulle het deur slange omgekom. En moenie teen God in verset kom nie, soos sommige van hulle in verset gekom het, en hulle het deur die engel van die dood omgekom. Hierdie dinge het oor hulle gekom as ‘n voorbeeld vir ons en is opgeskryf as ‘n waarskuwing vir ons wat die einde van die tye al beleef.

Posted in Gestuurde Kerk, Ontluikende kerk | Tagged: , , , , , , , , , | Leave a Comment »

Die “Brandpunt” van Suid-Afrika se Ontluikende Kerk

Posted by Thomas on April 6, 2009

Jannie Pelser Ds. Jannie Pelser, die leierleraar van die Rant en Dal Gemeenskapskerk in Krugersdorp, het in sy program “Brandpunt” op Radio Kansel (3 April 2009 om 06:30) een van die hedendaagse mees besproke onderwerpe onder die loep geneem, nl. die Ontluikende Kerk (“Emerging Church” of “Emergent Church”). Sy drie gesprekgenote was mnr. Sarel van de Merwe, ‘n voormalige New Ager wat die Here sowat drie en dertig jaar gelede gered het en sedertdien navorsing doen oor verskeie strominge in die kerk. Hy is veral betrokke by die maak van hoë kwaliteit DVD’s en die aanbieding van seminare dwarsoor die land. Hy was ook onlangs in die nuus toe Kerkbode ‘n voorbladberig oor een van sy seminare oor die Ontluikende Kerk geplaas het en waarin Dr. Nelus Niemandt, die outeur van “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede, ‘n striemende aanval op hom gemaak het. Die res van Pelser se paneel het bestaan uit ds. Guillame Smit, predikant van die NG Kerk in Brackenfell-Wes in die Kaap en ds. Cobus van Wyngaard, leraar van die Kameeldrif NG Gemeeente in Pretoria wat die Ontluikende spiritualiteit met oorgawe verkondig.

Byvoeglike naamwoorde kan nogal handig wees wanneer jy die stemming van ‘n gesprek in ‘n sekere rigting wil stuur of wanneer jy op subtiele wyse die gedagtegang van mense subliminaal wil beïnvloed. Ds. Jannie Pelser se inleidende woorde tot sy program “Brandpunt” is ‘n sprekende voorbeeld hiervan.

“Die afgelope tyd is die sg. Opkomende Kerk, die ‘Emerging Church’ baie in die nuus, en sommige mense is onbeskaamd krities daaroor; andere is weer rasend opgewonde en nou, hoe moet ‘n mens daaroor oordeel.” (Klem bygevoeg)

Sy woordkeuse van “onbeskaamd” en “rasend opgewonde” toon nie net waar sy eie lojaliteite lê nie, maar dit het mnr. Sarel van Merwe onmiddellik in die beskuldigde bank geplaas. Hy kon net sowel gesê het “Mnr van der Merwe, skaam jy jou nie om so krities teenoor die Ontluikende Kerk te wees nie?" Sou dit enigsins ‘n verskil maak indien hy sy program eerder as volg ingelui het?

"Die afgelope tyd is die sg. Opkomende Kerk, die ‘Emerging Church’ baie in die nuus, en sommige mense is onbeskaamd opgewonde daaroor; andere staan weer rasend krities daarteenoor."

Die woordjie “skaam” kom nogal heel dikwels in die Bybel voor en dit kan geweldige implikasies vir die mens inhou, veral wanneer dit betrekking het op die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus. Die enigste Verlosser van die mensdom het juis op ‘n dag gesê:

Mar 8:36-38 . . . wat sal dit ‘n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel? Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.(Klem bygevoeg)

Dalai Lama Daar is natuurlik verskeie maniere waarop jy jou vir die woorde van Jesus Christus kan skaam. Die ooglopendste hiervan is om stil te bly en nie ‘n rob-bell1woord te sê nie wanneer jy die geleentheid kry om Christus se Naam voor mense te bely en onbeskaamd vir hulle te vertel dat Hy die enigste Verlosser is. Ek kan talle voorbeelde noem van Ontluikende Kerk-leraars wat wonderlike geleenthede gehad het maar hopeloos versuim het om sy Naam te bely. Verlede jaar het Rob Bell en Doug Pagitt, twee van die mees toonaangewende figure van die Ontluikende Kerk, onbeskaamd hulle solidariteit met die Dalai Lama en sy “Seeds of Compassion” Konferensie in Seattle Amerika getoon toe hulle saam met Desmond Tutu op dieselfde verhoog as Tenzin Gyatso (die 14de geïnkarneerde Dalai Lama van Tibet) verskyn het. So-ook het die NG Kerk hulle solidariteit met die Dalai Lama getoon toe hulle onlangs by monde van hulle Algemene Sekretaris, Dr. J.J. Gerber, in ‘n amptelike persverklaring hulle van die ANC gedistansieer het omdat hulle hom nie wou toelaat om die Vredeskonferensie op die vooraand van die 2010 wêreldbeker sokkertoenooi by te woon nie.

Dit is opvallend dat Boeddhisme en ook die New Age beweging ‘n magnetiese trekkrag het vir baie mense wat hulleself Christene noem, veral ook in die geledere van die Ontluikende Kerk. Die rede hiervoor is dat die Dalai Lama, die 14de geïnkarneerde Boeddha van barmahartigheid (“Bodhisattva of compassion”), beskou word as ‘n besondere en geëerde geestelike leier wat vrede, verdraagsamheid, nie-geweldadigheid, en onderlinge respek predik en bevorder waar hy ookal as spreker optree. Die hele wêreld smag na vrede maar die tragedie is dat die meeste mense, en selfs ook baie Christene, vrede wil hê sonder die kruis van Jesus Christus. Sy vrede kan alleenlik via sy kruis geskied maar dit het vir baie ‘n struikelblok in die weg na hulle siening van vrede geword en hulle is selfs bereid om die Evangelie van die kruis ter wille van ‘n mensgemaakte vrede te kompromiteer en selfs ook te verwerp. Daarom sê die Skrif ook baie duidelik:

Jes 53:5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

1Kor 1:18 Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;

Die ironie is dat baie Christene, ook hier ons eie land, nooit sal ontken dat die kruis van Jesus Christus die vrede aanbring nie, maar terselfdertyd onbesonne dinge sê oor die vredesinisiatiewe van ander godsdienste en die beweerde waarhede wat kwansuis in godsdienste soos die Boeddhisme en selfs die ateïsme opgesluit lê. Stephan Joubert, een van die voorste bevorderaars van die Ontluikende Kerk in Suid-Afrika het in een van sy onlangse preke (Sondag, 1 Maart 2009) gesê:

stephan-joubertHy (Rob Bell) sê jy moet die kultuur “engage.” Jy moet gaan luister na die Boeddhiste. Jy moet gaan hoor wat sê daai ouens. Dan skrik Christene hulle dood, want hulle hoor nie wat Rob Bell mooi sê nie. Hy sê nie word soos hulle nie, hy sê maar gaan lees hulle goeters, gaan hoor hoekom hulle so belangrik is. Hulle het ook dalk waarheid. Waarheid is nie net in die Christendom nie. Waarheid vind jy by Judaïsme. Jy kan waarheid vind by ateïsme. Jy kan waarheid vind by wie ook al. God se algemene openbaring is ‘n bietjie wyer, maar jy sê Jesus is die Here. Dis waarnatoe jy op pad is met hulle met so ’n beweging.

My vraag aan Stephan is nog steeds: Kan jy ook by die Satanskerk van Anton la Vey waarheid vind? Hy sê Skyfie 3 mos "jy kan waarheid vind by wie ookal." Stephan sal hierdie vraag natuurlik as verregaande beskou, maar hy vergeet gerieflikheidshalwe Paulus se waarkuwing dat die afgodiese godsdienste aan duiwels offer en nie aan God nie – 1 Kor 10:20. Jy kan dus maar kers opsteek by ander godsdienste wat aan die duiwels hulle lofoffers bring, netso lank jy sê "Jesus is die Here." Die Naam "Jesus’ word dan ‘n soort towerwoord wat jou vrywaar van jou soeke na waarheid in ander godsdienste en die New Age. Wat sê die Here self? "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?" Deesdae word die duiwels nie uitgedryf nie; daar word eerder vir die mense gesê om by die duiwelofferaars [in weerwil van Paulus van Tarsus se waarskuwing] heerlike, kopoopmakende waarhede te soek. Natuurllik sal baie Christene skrik wanneer hulle hoor wat Rob Bell oor die Boeddhisme en ander godsdienste sê. Skrik is  ‘n goeie ding en dikwels ‘n bedekte seën want dit weerhou jou van dinge wat jy miskien sou wou doen, omdat die vrees van die Here die begin van die wysheid is. Maar dan is daar ook baie jong Christene (die lammertjies wat spesifiek deur die Ontluikende Kerk geteiken word) wat deesdae so oorweldig word deur die leierfigure in die Ontluikende Kerk dat hulle geredelik makliker gehoor gee aan hulle ghoeroes se mooi Christelike aanbevelings, en daadwerklik in ander godsdienste begin soek na waarhede wat die waarhede in God se Woord kwansuis sou aanvul. Wat sê die Woord:

Mar 9:42 En elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as ‘n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word (M.a.w. daar waar God, metafories gesproke, die sondes van bekeerde mense gooi – Miga 7:19)

Sommige van die gevaarlikste uitsprake wat al amper ‘n spreekwoord in die geledere van die Ontluikende Kerk geword het, is dat “God se algemene openbaring ‘n bietjie wyer is” en dat “God se openbaring groter is as net die Christendom en sy geopenbaarde woord.” In sy boek “Velvet Elvis” begin Rob Bell te vertel hoedat hy op ‘n dag ‘n skildery van Elvis Presley langs die pad gekoop het. Die beste deel van hierdie skildery, sê Rob, is heel links-onder aan die skildery waar die kunstenaar net sy voorletter “R” geverf het want, as jy so goed is, is dit nie nodig om jou volle naam te onderteken nie. Veronderstel, sê hy voorts, die ondergetekende kunsteaar “R” sou dan ‘n verklaring uitreik dat sy skildery die allerlaaste en beslissende meesterstuk is en dat niemand dus voortaan meer nodig het om ‘n verfkwas in die hand te neem om te skilder nie. Hulle sou m.a.w. geen nuwe bydrae tot sy allerbeste meesterstuk kon lewer nie. Dan skryf Rob Bell, wat sommiges as die opvolger van Billy Graham beskou, die volgende op bls. 10 van sy boek "Velvet Elvis."

"We would say that R had lost his mind. We say this because we instinctively understand that art has to, in some way, keep going. Keep exploring, keep arranging,, keep shaping, and forming and bringing in new perspectives. For thousands of years followers of Jesus, like artists have understood that we have to keep going, exploring what it means to live in harmony with God and each other. The Christian faith tradition is filled with change and growth and transformation. Jesus took part in this process by calling people to rethink faith and the Bible and hope and love and everything else and by inviting them into the endless process of working out how to live as God created us to live." (Klem bygevoeg)

Volgens Rob Bell het die fundamentaliste hulle verstand verloor omdat hulle die Woord van God as ‘n geslote kanon (of as die volledig geskilderde meesterstuk van God) beskou en glo dat die Here se “goddelike krag ons alles geskenk [het] wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug” (2 Petrus 1:3). Hulle is, volgens Rob Bell, totaal buite hulle sinne. Werklik? Die woord vir “goddelike” (“theias”) in hierdie gedeelte is afgelei van “theos” (God) en word slegs drie keer in die Nuwe Testament gebruik (hier en in Handelinge 17:29 en 2 Petrus 1:4). “Krag: (“dynameos” – die woord waarvan ons woord “dinamiet” afgelei is) is een van Petrus se geliefkoosde woorde (1 Petrus 1:5; 3:22; 2 Petrus 1:16; 2: 11). Die enigste ding wat alle gelowiges nodig het om in die regte verhouding met God en hulle medemens te lewe, is verkrygbaar deur hulle kennis van Christus wat hulle tussen die bladsye van Genesis tot Openbaring vind. Dit is hoofsaaklik hulle kennis van hulle posisie in Christus Jesus waar Hy tans aan die regterhand van God sit, en die inwonende Gees van God wat hulle in staat stel om ‘n goddelike lewe te lei en daagliks in die regte verhouding met God en hulle medemens te lewe. Die Drie-enige God wat hemel en aarde gemaak het en alles wat daarin is, wat van ewigheid tot ewigheid dieselfde is, wat geen man is dat Hy sou lieg nie, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie, en wie in ondeurdringbare lig lewe, sê: “My Enigste Seun het aan die Kruis namens julle uitgeroep ‘Dit is volbring;’ Ek het my Heilige Gees na julle gestuur om in julle diepste binneste te woon sodat HY julle in die HELE waarheid kan lei; sodat julle heilig kan lewe omdat Ekself heilig is; sodat julle my getuienisse kan wees tot aan die uiteindes van die aarde; sodat julle niks kortkom in heerlikheid, deugsaamheid en goddelike krag nie.” Maar nee! ons spiksplinternuwe Billy Graham, Rob Bell, wat soos ons almal eendag in die graf gaan beland en tot stof toe sal terugkeer, weet beter as die ewig onveranderlike God. Hy sê:

"Jesus took part in this proces by calling people to rethink faith and the Bible and hope and love and everything else and by inviting them into the endless process of working out how to live as God created us to live." (Velvet Elvis, p. 10)

"As part of this tradition [the Reformation] I embrace the need to keep painting, to keep reforming. By this I do not mean cosmetic, superficial changes like better lights and music, sharper graphics and new methods with easy-to-follow steps. I mean theology: the beliefs about God, Jesus, the Bible, salvation, the future. We must keep reforming the way teh Christian faith is defined,, lived and explained." (Velvet Elvis, p. 12) (Klem bygevoeg).

Brian McLaren, nog een van die toonaangewende leierfigure in die Ontluikende Kerk, stem heelhartig met Rob Bell saam dat ons eindeloos moet voortgaan om die geloof oor God, Jesus, die Bybel, verlossing en die toekoms te oordink, te herverwoord en met nuwe skakeringe te beskilder. Brian, wat volgens ons eie ontluikende kerk se opkomende meesterskilders (Stephan Joubert, Nelus Niemandt en so baie ander NG predikante), navolgingswaardig is, het gesê:

“I’d have to say that we probably have a couple of things right, but a lot of things wrong, and even more spreads before us unseen and unimagined. But at least our eyes are open! To be a Christian in a generously orthodox way is not to claim to have the truth captured, stuffed, and mounted on the wall.” (Brian McLaren, The Emergent Mystique, Christianity Today, 2004) (Jesus sê: "Joh 9:41  As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie; maar nou sê julle: Ons sien! ["at least our eyes are open") Daarom bly julle sonde." Stephan Joubert, Nelus Niemandt, Dr. Johan van den Heever, ds. Guillaume Smit, ds. Jannie Pelser, ds. Cobus van Wyngaard en al die ander Ontluikende leraars in ons land behoort eintlik so vinnig en so hard hulle kan soos Josef weg te hardloop van die hedendaagse Potifar-vrouens; maar nee, hulle verkies om hulle te skaar aan die kant van 'n klomp geestelike hoereerders en gemeenskap ["conversations"] met hulle te hou).

I don’t think we’ve got the gospel right yet. "What does it mean to be “saved?”

“I must add, though, that I don’t believe making disciples must equal making adherents to the Christian religion. It may be advisable in many circumstances to help people become followers of Jesus and remain within their Buddhist, Hindu, or Jewish contexts.” (A Generous Orthodoxy, p. 260)

Wat sê die Skrif van persone wat nie tevrede is met God se finale en geopenbaarde “meesterstuk” nie en die vermetelheid het om hulle verfkwas in die palette van ander gosdienste te doop sodat hulle kwansuis by hulle kan leer. Ek haal aan uit die Amplified Bybel.

2 John 9 Anyone who runs on ahead [of God] and does not abide in the doctrine of Christ [who is not content with what He taught] does not have God; but he who continues to live in the doctrine (teaching) of Christ [does have God], he has both the Father and the Son. (Klem bygevoeg)

Enigeen, en dit maak nie saak wie dit is of watter hoë aansien hy in die samelewing en die kerk geniet nie, wat nie tevrede en vergenoeg is met Christus se leerstellings en sy openabaring (en enigste meesterwerk) soos ons dit in sy Woord teëkom nie, is nie gered nie. Dis nie ek wat so sê nie maar die einste apostel van liefde. Moet my dus asseblief nie van liefdeloosheid, verwaandheid en arrogansie beskuldig nie. Daarom is dit ook ‘n skreiende skande en skokkend dat ds. Jannie Pelser tydens die onderhoud wat hy in sy program Brandpunt met Sarel van der Merwe en ds. Guillaume Smit en ds. Cobus van Wyngaard gevoer het, gesê het:

"Is God se openbaring, God se werk, nie groter as net die Christendom nie? Sou daar nie ook elemente wees, sou ons nie by mekaar kon leer [nie], selfs al moet dit nou die New Age wees. Maar as ek dink rondom die kontemplatiewe . . . ‘n stil word voor God, ‘n oopstel voor God. is dit nie ‘n winsmoment nie?"

Die New Age is ten diepste ‘n afgodiese beweging wat die leuen verkondig dat die mens self God kan word. Wil ds. Jannie Pelser werklikwaar by hulle kers opsteek om die groter openbaringe van God te ontdek en te verkondig? Miskien is hy alreeds besig om dit te doen, veral as ‘n mens in oënskou neem dat hy verlede jaar op 21 November in ‘n preek die motiveringspreker en New Age aanhanger, Annie Coetzee, met waardering aangehaal het. Ds. Jannie, ek het jou reeds by vorige geleenthede dringend versoek om jou te bekeer van die pad waarop jy jou tans begewe en ek wil dit nou weer doen. Jy speel met vuur.

In antwoord op ds Jannie se simpatieke benadering tot die New Age en veral ook die kontemplatiewe spiritualiteit, het ds. Gullaume Smit as volg gereageer:

Ongetwyfeld is dit ‘n winsmoment. Die Bybel self sê vir ons, in Romeine nogal, dat waar die mense nie die wet van Moses het nie, gaan God in hulle harte kyk want hulle skryf hulle eie wet in hulle harte neer en die konteks daar is baie duidelik dat dit gaan oor mense wat nie die openbaring van die Jode gekry het voordat hulle Christene geword het nie, of dan nou selfs doodgegaan het sonder blootstelling aan die Joodse geloof of die Christelike geloof nie. ‘n Mens kry die idee dat die Bybel self die uitspraak lewer dat God met die hele wêreld besig is, ook buite om die Christendom. Daarmee sê ek nie almal gaan hemel toe nie. Daarom sê ek ons moet daai vraag op die tafel sit dat God besig is met alles en met almal en dat ons die draers van die openbaring is, as gelowige Christene, maar spesifiek wil ek dan ook sê, die winsmoment is die feit dat ons die geleentheid het om in gesprek te tree met kultuuruitinge wat ons in staat stel om tot stilstand te kom sodat ons weer op ‘n vars manier kan hoor wat God vir ons wil sê. Jy het na die kontemplatiewe verwys. Die kontemplatiewe lê toevallig in die vroeë kerk . . . en kom uit die kloosterera uit en as ‘n mens daarop sou ingaan dan dink ek nie ‘n mens moet die baba met die badwater uitgooi nie. En ‘n mens moet veral ook bereid wees om, wanneer ‘n mens mense wil beoordeel, in gesprek met hulle te tree en na hulle te luister want om ‘n ding krities te ondersoek beteken nie dat jy net foute uitlig nie maar dat jy ook na die persoon se hart gaan kyk en na sy integriteit gaan kyk. (Klem bygevoeg).

Waar ds. Guillaume Smit sy idees vandaan kry weet nugter, maar dit is baie duidelik dat hyself ook reeds deur die Ontluikende Kerk beïmvloed is. Ons lees nêrens in die Skrif dat Christene in gesprek moet tree met ander klultuuruitinge (godsdienste) om ons in staat te stel om op nuwe en vars maniere te hoor wat God vir ons wil sê nie. Die Here sê mos baie duidelik dat Hy sy finale Woord deur sy eniggebore Seun, Jesus Christus, met en tot ons gespreek het. Vergun my die geleentheid om ons drie hooggeëerde en hooggeleerde predikante te herinner aan sy woorde in Hebreërs 1:

Hebr. 1:1-2 Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.

Die probleem met ons “ontluikende” of “opkomende kerk”-vriende is dat hulle nie wil hoor nie en ook nie sal hoor nie, nie tensy hulle hul van hul ketterse uitsprake en leerstellings bekeer nie. Smit se “winsmoment” soos hierbo aangehaal, is niks anders as ‘n dwarsklap na die gesig van Jesus Christus nie. Wat hy entlik sê, soos ds. Jannie Pelser ook in sy vraag gesuggereer het, is dat God se openbaring deur sy Seun nie voldoende is nie en dat ons in gesprek moet tree met ander kultuuruitinge (godsdiense) sodat ons met nuwe insigte en op vars maniere kan hoor wat God vir ons wil sê. Op die koop toe moet ons hulle nie aanspreek net om hulle foute uit te lig nie, maar ons moet na hulle harte gaan kyk (so asof Smit die vermoë het om mense se harte te sien. Lees gerus maar weer Jeremia 17:9, ds. Smit). Dit is juis die hele probleem. Hierdie valse leraars se integriteit en harte word so geweldig hoog aangerprys deur die samelewing en die kerk dat hulle maar kan sê net wat hulle wil; die arme skape en lammertjies loop nog steeds soos verlore skape agter hulle aan. Gn wonder Paulus het op ‘n kol gesê nie:

Hand 20: 29, 30 Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.

Weer eens, die Heilige Skrif moedig ons nie aan om in gesprek te tree met ander kultuuruitinge (godsdienste) nie. Paulus vermaan sy jonger boetie in die Here:

2 Tim 4:2-4 . . . verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. (Klem bygevoeg).

Die woord vir verkondig, is κηρύσσω [kerusso /kay·roos·so/] en beteken om die Woord heraldies uit te roep, altyd met die voorneme om dit formeel en met groot erns en outoriteit uit te dra want daar MOET daarna geluister word en dit MOET gehoorsaam word. Daarom sê Paulus:

1Kor 9:16 Want as ek die evangelie verkondig, is dit vir my geen roem nie; want die dwang is my opgelê, en wee my as ek die evangelie nie verkondig nie!

Waarom MOET almal gehoorsaam wees aan die heraldiese roep van die Evanglie?

Joh 3:36 Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom. (Klem bygevoeg).

Let tog asseblief noukeurig op, Jannie, Guillaume en Cobus, Paulus het nie gesê “tree in gesprek met ander kultuuruitinge sodat julle God se stem nuut en vars kan hoor nie.” Soos Paulus, wil ek ook vir julle sê “Wee julle as julle die evangelie nie verkondig nie,” en moet asseblief nie vir my sê dat julle wel deeglik die evangelie verkondig nie want as julle dit reeds doen, sou julle nooit sulke onbesonne dinge sê soos “maar spesifiek wil ek dan ook sê, die winsmoment is die feit dat ons die geleentheid het om in gesprek te tree met kultuuruitinge wat ons in staat stel om tot stilstand te kom sodat ons weer op ‘n vars manier kan hoor wat God vir ons wil sê.”

Ek wou ook baie graag kommentaar op ds. Guillaume Smit se eienaardige eksegese oor Romeine 1 lewer, maar ek sal dit liewer oorlaat tot ‘n volgende keer.

Ek sluit af met Jesus se woorde in Johannes 21.

Joh 21:15-17 Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei. Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Pas my skape op. Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.

Indien Jannie, Guillaume en Cobus die Here Jesus waarlik liefhet, sal hulle sorg dat God se skape en lammertjies die regte geestelike weiding en voedsel kry en glo my hulle sal dit nimmer as’t nooit in ander weivelde (kultuuruitinge of godsdienste) vind nie. Julle speel met vuur.

Posted in Emergent Church, Gestuurde Kerk, Missionêre Kerk, Ontluikende kerk | Tagged: , , , , , , , , , , , | 13 Comments »

Die Waarheid Maak Seer

Posted by Thomas on March 20, 2009

My oorlede pa was nie ‘n geleerde man nie. Hy het maar net Std. 5 gemaak en moes toe noodgedwonge inspring om hulle groot gesin van dertien kinders te help versorg. Desnieteenstaande het hy dikwels wyshede kwytgeraak wat my tot vandag toe nog bybly. Hy het op ‘n dag vir my gesê:

Ou seun, die waarheid maak kalm, nie kwaad nie. As iemand sê hy dra die waarheid in sy boesem om . . .  maar word maklik kwaad wanneer jy hom daaroor uitvra om seker te maak of hy wel die waarheid praat , moet jy weet hy speel eintlik met leuens. Dan maak die waarheid seer en nie kalm nie.

Jare na my bekering het ek besef dis nogal ‘n heel Bybelse waarneming, veral in die lig van die feit dat die Waarheid ‘n mens vry maak. Dit maak jou vry van woede, van kleinserigheid, van selfverdediging, van eersug en grootdoenerigheid; om die waarheid te sê, die waarheid maak jou vry van jouself.

Sy woorde het onwillekeurig na my toe teruggekom toe ek die woedende tirade teen mnr. Sarel van der Merwe in die NGK “Kerkbode” (6 Maart 2009) gelees het. Die berig het verskyn na aanleiding van ‘n seminaar wat mnr. van der Merwe op 28 Februarie in Centurion, Pretoria oor die Ontluikende Kerk aangebied het.

Kom ek val sommer dadelik met die deur in die huis en haal aan wat die bewakers van die Ontluikende Kerk en die Teologiese Fakulteit op UP hom op die voorblad van “Kerkbode” toegesnou het. Skynbaar het Kerkbode ‘n baie handige spreekbuis geword vir ons geestelike leiers (?) om ander mense te laster. Kerkbode het soos volg berig:

Prof. Niemandt, wat ook assessor van die NG Kerk se Algemene Sinode is, het by navraag aan Kerkbode gesê ’n mens huiwer eintlik om op die wilde stellings van mnr Van der Merwe te reageer. Hy beskuldig hom van haatspraak en sê dié selfaangestelde aanklaer, regter en laksman is besig met ’n volgende rondte leuens en karaktermoord”.

“Kort gelede nog het hy by wyse van ’n DVD teologiedosente van dwaalleringe beskuldig. Ná ’n groot klomp ondersoeke en vergaderings het die kerk hulle onskuldig bevind. Nou gebruik mnr. Van der Merwe ’n konferensie om sy haatspraak voort te sit. Die reklamemateriaal daarvoor kan in drie woorde opgesom word: leuens, laster en liefdeloos. Die Inkwisisie is dood! Lank lewe die Inkwisisie!” het prof Niemandt aan Kerkbode gesê met verwysing na mnr. Van der Merwe se optrede.

Nuwe Strominge in die Teologie. Kliek hier vir meer inligting. Ek het mnr. Sarel van de Merwe se seminaar oor die Ontluikende Kerk  bygewoon en nie ‘n enkele keer gehoor dat hy die man en nie die bal speel nie — ‘n “gentleman’s” kunsvaardigheid wat sy aanklaers by die Teologiese Fakulteit op UP nog lank nie onder die knie kon kry nie. Hy het telkens met noukeurige presiesheid slegs die feite op die tafel gelê wat hy deur die jare by wyse van nougesette en wetenskaplike navorsing ondersoek het. Sy hele aanslag is gebou op God se opdrag om die geeste te toets omdat hulle nie almal uit God is nie (1 Johannes 4). Nie een van die persone wat hom so liederlik in Kerkbode beswadder, is in staat om hom vanuit die Woord van God te repudieer nie en wend nie eens die geringste poging aan om hom met die “regte” feite (hulle eie navorsing) oor die Ontluikende Kerk te konfronteer nie. Nee! Pleks daarvan snou hulle hom die mees lasterlike woorde toe.

Ek kan tot nou toe nog nie begryp waarom ‘n klomp hooggeleerde en hoogwaardeerde teoloë en akadmici aan UP se Teologiese Fakulteit nie  ‘n enkele keer vir Jean Oostuizen op die voorblad van Kerkbode aangetree het oor sy Kletskerk nie. Mnr. Oosthuizen is tans op die redaksiepersoneel van Kerkbode. Christus word gereeld op sy Kletskerk gelaster en die aller vieslikste krutaal word gereeld daarin gebruik. Hoe werk julle koppe menere, professore en doktore? Prof. Stephan Joubert roem daarop dat sy kop geswaai is nadat hy Dr. Nelus Niemandt se blitsverkoper, Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede gelees het. Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om hom vriendelik te versoek om sy kop net nog ‘n bietjie meer te swaai en soos ‘n wafferse man ‘n artikel vir die voorblad van Kerkbode te skryf waarin hy Jean Oosthuizen en sy God-onterende webblad Kletskerk aanvat en in die sterkste taal in die openbaar repudieer. Dit sal vir my ‘n aanduiding wees dat die Ontluikende Kerk wat hy en Nelus Niemandt in ons land bevorder diep begaan is oor die wyse waarop die eer en die Naam van God op Kletskerk belaster word. Indien hulle dit nie sou doen nie, sal dit ‘n aanduiding wees dat hulle mense soos Jean Oosthuizen en sy Godloënaar maatjies met broederlike liefde verdra en omarm terwyl hulle diegene wat werklik begaan is oor die eer van die Here van liefdeloosheid, haatspraak, en leuens beskuldig. Wat se soort liefde is dit? Toe mnr. van der Merwe Dr. Nelus Niemand by geleentheid van ‘n  vergadering in die Wonderboom NGK Gemeente  (11 Maart 2009) met behulp van aanhalings uit Leonard Sweet se boek “Quantum Spiritulaity” bewys dat die Ontluikende Kerk se leiersfigure en hulle filosofie diep ingebed is in die New Age en die Oosterse godsdienste (soos o.a. joga en meditasie) het die Voorsitter die vergadering op versoek van Nelus Niemandt onmiddellik beëindig. Die Teologiese Fakulteit op UP kla voortdurend dat mnr. van der Merwe nie die broederlike pad van Mattheus 18 met hulle wil loop nie, maar dit lyk eerder of dit hulle is wat verseg om hierdie pad met hom te loop. Sodra hy sy mond oopmaak, maak hulle hom stil, soos ons “broeders in die Here” tydens die genoemde vergadering op so ‘n mooi “Christelike” wyse gedoen het.

Soos ek reeds in een van my vorige skrywes gesê het, is vleitaal ‘n opperste onding. Daarvan getuig verskeie gedeeltes in die Bybel wat daarteen waarsku.

Job 32:21, 22 Ek wil nie partydig wees nie; en ‘n mens vlei, sal ek nie. Want ek verstaan nie om te vlei nie; gou sou my Maker my wegneem!

Spr 28:23 Hy wat ‘n mens teregwys, sal agterna meer guns vind as hy wat vlei.

Spr 29:5 ‘n Man wat sy naaste vlei, sprei ‘n net uit voor sy voetstappe.

Jud 1:16 Hulle is murmureerders wat oor hul lot klae, en volgens hulle begeerlikhede wandel; en hulle mond spreek trotse woorde, terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel.

Vleitaal is waarskynlik ‘n algemene verskynsel onder die Ontluikende kerklui en veral hulle leraars. Sodra jy hulle konfronteer met onskriftuurlike aanhalings uit die boeke van mense soos Leonard Sweet, Rob Bell, Doug Pagitt, Tony Jones en nog vele ander, skakel hulle onmiddellik oor in vleitaal-rat en sê gewooonlik iets in dier voege: “Prof. Stephan Joubert en Dr. Nelus Niemandt praat met groot lof van Leonard Sweet se aansien, integriteit, intellek en energieke dinamika en ek aanvaar hulle woord en dis vir my genoeg” – so asof dit die barometer is waaraan ‘n mens die waarheid moet meet en nie die Woord van God nie. Kom ons toets hulle hoogaangeskrewe integriteit aan die hand van ‘n paar voorbeelde uit die Ontluikende Kerk se leierskorps.

“Quantum spirituality bonds us to all creation as well as to other members of the human family. New Light pastors are what Arthur Leonard Sweet - Quantum Spirituality Peacocke calls ‘priests of creation’  earth ministers who can relate the realm of nature to God, who can help nurture a brother-sister relationship with the living organism called Planet Earth. This entails a radical doctrine of embodiment of God in the very substance of creation. The Oxford Dictionary of the Christian Church (1974) identifies the difference between pantheism and panentheism:

Pantheism is ‘the belief or theory that God and the universe are identical’ panentheism is ‘the belief that the Being of God includes and penetrates the whole universe, so that every part of it exists in Him, but… that His Being is more than, and is not exhausted by, the Universe.”

“New Light spirituality does more than settle for the created order, as many forms of New Age pantheism do. But a spirituality that is not in some way entheistic (whether pan- or trans-), that does not extend to the spirit-matter of the cosmos, is not Christian.”  (http://www.leonardsweet.com/Quantum/quantum-ebook.pdfp. 123-124)

Ware Christenskap word dus nie gemeet aan jou verhouding met God deur Jesus Christus nie, maar jou verbondenheid aan en afhanklikheid van die geestes-materie van die kosmos. Dit is suiwer paganistiese New Age spiritualiteit en tog verklaar Stephan Joubert en Nelus Niemandt asook hulle meelopers dat Leonard Sweet ‘n leiersfiguur met groot integriteit in die Ontluikende Kerk is. Het hulle dan blinde leiers van blindes geword of was hulle nog altyd so gewees?

“New Light embodiment means to be ‘in connection’ and ‘information’ with other faiths. To be in-formation means to know  each other’s songs almost as well as one knows them oneself, and to enlarge the community to include those whose conceptions of God differ from ours in form. To be in connection means to be able to sing, not only selected stanzas, but all the verses….” (p. 129)

“One can be a faithful disciple of Jesus Christ without denying the flickers of the sacred in followers of Yahweh, or Kali, or Krishna. A globalization of evangelism ‘in connection’ with others, and a globally ‘in-formed’ gospel, is capable of talking across the fence with Hindu, Buddhist, Sikh, Muslim – people from other so called ‘new’ religious traditions (‘new’ only to us) – without assumption of superiority and power.”(p. 129-130) [Thomas se kommentaar: Die Hindoe godin Kali is die godin van die "dood" en "vernietiging" of "verwoesting." Ten spyte van haar konnotasies hiermee word sy ook beskou as die godin van "tyd" en "verandering." 'n Mens kan miskien ook nou beter verstaan waarom die Ontluikende Kerk, in sy affiliasie met ander godsdienste, soveel klem lê op die noodsaak vir verandering. Brian McLaren het 'n boek geskryf met die titel "Everything Must Change." Die Ontluikende leraars sal voortdurend vir jou sê dat jy nie jou verhouding met die Lewende God, Jesus Christus, kompromiteer nie al sou jy sekere konsepte - soos in hierdie geval "verandering" - in jou Christelike godsdiens assimileer. Die bloeddorstige Kali word ook as Bhavatarini aanbid (letterlik "die verlosser van die heelal"). Ook hier kan die raakpunte tussen die Ontluikende Kerk en ander godsdienste opgediep word. Soos die Hindoeïsme glo die Ontluikende Kerk ook dat verlossing nie net tot die individu beperk word nie maar dat dit van toepassing moet wees op die ganse heelal. Dit is dus 'n universele verlossing wat alles en almal insluit. Dit kan nie anders nie omdat die konsep van panenteïsme - God  is in alles en alles is in God - dit vereis. Indien God in alles en alles in God is, dan is dit mos vanselfsprekend waarom alles en almal met hierdie panentieïstiese God versoen moet word en dis hoogs interessant dat die kontemplatiewe spiritualiteit van die Roomse Desert Fathers die medium is waardeur almal nou in die teenwoordigheid van God kan lewe. Die meer resente bewegings in die Hindoeïsme aanbid Kali as die "moeder godin." Is dit so moeilik om te sien waarop dit alles uiteindelik gaan uitloop?]

“…It will take a decolonized theology for Christians to appreciate the genuineness of others’ faiths, and to see and celebrate what is good, beautiful, and true in their beliefs without any illusions that down deep we all are believers in the same thing.” [Thomas se kommentaar: Die Ontluikende leierskorps maak gereeld gebruik van gelaaide terme om hulle invloedsfeer soveel makliker uit te brei. Een hiervan is die woord "decolonized" wat sinspeel op die koloniale era waartydens sendelinge die boorlinge van ongekerstende volkere kwansuis gedwing het om hulle kultuur, gewoontes, folklore ens. prys te gee ter wille van die Christelike gosdiens.  Dit is gewoon nie waar nie. Hoewel sekere gevalle voorgekom het waar sendelinge boorlinge geleer het om hulle halfnaakte deurtrekkertjies met westerse kleredrag te vervang, het hulle slegs die kulture wat ingebed was in voorvadergeeste en afgodery baie streng aangespreek en die boorlinge geleer dat dit nie met die Christelike godsdiens versoenbaar is nie. Op hierdie wyse word die sendingaksies van vervloë dae waartydens die Evangelie suiwer verkondig is onder verdenking gebring en gedemoniseer. Die hedendaagse missionêre kerk het die klem verskuif vanaf  'n kompromielose Evangelie na 'n kompromiterende "Evangelie" waarvolgens "waarhede" in ander godsdienste as algemeen geldende riglyne, selfs ook vir die Christelike godsdiens, aanvaar word. Kontemplatiewe spiritualiteit speel 'n geweldige groot rol in die vervaging en selfs uitwissing van die grenslyne tussen godsdienste. Lees gerus hierdie artikel. Kerklidmate wie se lewens nie gebou is op die Rots (Jesus Christus) nie, en nie vertroud is met die hele raad van God soos Paulus dit in sy sendbriewe aan ons oorgedra het, val baie maklik ten prooi van hierdie nuwe kompromiterende "Evangelie" wat eintlik maar geen evangelie is nie. Dis niks anders as 'n baie slim namaaksel van die ware Evangelie nie.

Dis absoluut verstommend dat sg. behoudende leraars soos Stephan Joubert, Nelus Niemandt, Dries Lombaard en baie ander jong predikante in die NGK kerkfamilie mense soos Leonard Sweet kan verdedig en goedpraat terwyl hy sê dat Christene met behulp van 'n gedekoloniseerde teologie kan leer om ander gelowe se geloofwaardigheid te waardeer en om dit wat goed, mooi en waar is in hulle geloofstrukture, te waardeer sonder om enige voorbehoude te hê dat ons ten diepste almal gelowiges is van dieselfde ding. Dis dan ook geen wonder nie dat Paulus waarsku dat in die laaste dae die mense 'n gedaante van godsaligheid sal hê terwyl hulle die krag daarvan verloën. Soos ek reeds in talle van my ander kommentare verwys het, is die kruis van Jesus Christus die krag en die wysheid van God (1 Kor 1:18). Daar is hoegenaamd nie 'n greintjie van hierdie krag en wysheid in die sg. waarhede, goedheid en skoonheid van ander godsdiens aanwesig nie omdat hulle die kruis van Jesus Christus summier verwerp en tog verklaar Stephan Joubert en sy maatjies skaamteloos dat daar waarhede in ander godsdienste soos die Boeddhisme en selfs in nie-godsdienste soos die ateïsme aanwesig is. As dit nie 'n blatante verloëning is van God se enigste Waarheid en die kruis van Jesus Christus nie, dan weet ek nie meer so mooi nie.]

“The tide of an exoticized and orientalized theology is already at flood stage in New Age thinking partly because of modernist Christianity’s theological xenophobia…. An example of East-West integration that is less a subversion of the Christian tradition than an homage to it is the flourishing field of study known as transpersonal psychology, where the West’s emphasis on material processes of self-realization become mutually dependent on the East’s emphasis on consciousness journeys of self-annihilation.

“The interfaith embodiment of a quantum spirituality is based not on the Enlightenment search for what the world religions hold in common but on the multitudinousness and uniqueness of each particular vision of truth.” (Quantum Spirituality, 129-130 Lees hier.

Paulus het natuurlik ook “the flickers of the sacred in followers of Yahweh, or Kali, or Krishna” raakgesien en hy het ook erken dat “spirituality is based not on the Enlightenment search for what the world religions hold in common but on the multitudinousness and uniqueness of each particular vision of truth.” en daarom het hy die volgende woorde neergepen:

2Kor 6:14 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

Stephan en Nelus asook hulle meelopers sal natuurlik heel gou vir jou sê dat hulle darem nie met alles saamstem wat Leonard Sweet sê en skryf nie. Sê tog asseblief vir my hoe jy integriteit aan iemand kan toedig as jy nie met alles kan saamstem wat hy sê nie, veral rondom die kernboodskap van die Evangelie, nl die verlossing? Tog sê Stephan Joubert nes sy herder, Lennie, dat die Christendom nie alleenreg het op die waarheid nie maar dat daar ook in ander godsdienste soos die Boeddisme en Judaïsme waarhede opgesluit lê – ja, en selfs ook in die ateïsme. Wat makeer die man? Kan die sg. waarhede in die ander godsdienste die mens vrymaak van sy sonde en verlorenheid? Kan dit jou die sekerheid gee dat jy hemel toe gaan as jy die dag te sterwe kom? Indien nie, dan beteken daardie sg. waarhede in ander godsdienste net mooi niks nie. ‘n Mens sê sulke dinge wanneer jy nie tussen lig en duisternis kan onderskei nie. Nog meer, sodra iemand uit oortuiging en ware liefde vir hulle waarsku teen die dwaalweë waarop hulle hul begeef, kryt hulle jou uit as selfaangestelde aanklaers, regters en laksmanne [wat besig] is met ’n volgende rondte leuens en karaktermoord”.  Het hulle nie miskien al daaraan gedink dat hulle self besig is om die Here Jesus wat gesê het “Ek is die Waarheid” se onkreukbare karakter te vermoor nie? Is hulle nie besig om self as aanklaers, regters en laksmanne van die enigste ware Evangelie op te tree nie. Maar natuurlik nie! . . . al wat hulle besig is om te doen is om die Here Jesus as die enigste Waarheid te verloën deur te sê daar is ook geldige waarhede in ander godsdienste. Mag die Here Suid-Afrika van hierdie geestelike laksmanne bewaar en veral ook die skape en lammers in hulle eie gemeentes.

Soos in die verlede, wil ek julle weer eens smeek om julle te bekeer van julle verkeerde weë, want . . . . julle speel met vuur.

1Pet 4:14 As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 8 Comments »

Waaroor Gaan die Evangelie dan nou Eintlik?

Posted by Thomas on March 9, 2009

Daar is deesdae so ‘n wanklankige kakofonie van stemme wat oral opklink rondom die godsdiens en spiritualiteit dat ‘n mens kwalik kan byhou. Die ironie, of sal ek liewer sê, die gevaar hiervan is dat hierdie kakofoniese wanklanke voortspruit uit die monde van persone wat hoë aansien geniet by hulle kerkgenote, akademiese kollegas en selfs by mense van ander gelowe. Hulle is mense wat in die samelewing bekend staan as manne van God, maar is hulle dit werklik? Die Here sê dat ons hulle sal uitken aan hulle vrugte maar deesdae word ‘n mens gedwing om ook die vrug van hulle monde onder die loep te neem.

Waarom skarrel en tas hierdie sg. “manne van God” in die newels van die ontluikende spiritualiteit rond om nuwe idees te formuleer oor die godsdiens; om die Bybel en veral die Evangelie te herverwoord; om alles te verander, soos Brian McLaren dit in sy boek “Everything must Change” dit stel;” en om “Nuwe Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede Drome vir Nuwe Werklikhede” te koester, soos Dr. Nelus Nelus Niemandt Niemandt dit in sy boek met dieselfde naam uitspel? Waarom . . .? Ons het nie nodig om ver te gaan soek vir ‘n antwoord nie omdat Paulus dit reeds duisende jare gelede neergepen het.

2 Tim 4:3 . . . want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. (Klem bygevoeg)

Alles Moet VeranderEverything must Change

Toe my vrou en ek onlangs inkopies gaan doen het, het ons by ‘n advertensiebord verby gery waarop die woorde “It is time to change to a new homeloan.” gepryk het. Terwyl ek in die motor vir haar sit en wag het, het ek ‘n advertensie oor die radio gehoor wat min of meer soos volg geklink het, “Dit is tyd om te verander na ‘n ander kortermynverserking.” Byna onmiddellik daarna het hulle  ‘n liedjie gespeel waarin die woorde, “I don’t know where I’m going, but I’m going.” gespeel het. Dit onderstreep die feit dat ons hele kultuur deursuur is met ‘n gesug na verandering. Die woorde “It is time to change” en “I don’t know where I’m going, but I’m going” was vir my so kentekenend van die Ontluikende Kerk dat ek nie anders kon as om te glimlag nie, hoewel dit eintlik maar ‘n baie tragiese aangeleentheid is. Verandering moet kom, buig of bars, al weet ons nie so mooi waarheen dit ons uiteindelik gaan lei nie. In ‘n onderhoud met Brian McLaren waarin die onderhoudvoerder gevra het om anoniem te bly het hy die onsekerheid van die pad waarop die Ontluikende Kerk hom begeef soos volg in sy vraag verwoord.

One blogger who refers to you as the godfather – not sure how you feel about that – offered another metaphor. You’re telling people there’s this great new restaurant across town, and they go there with you, only to hear on arrival that the menu won’t be printed for another twenty years. (Klem bygevoeg)

McLaren het soos volg gereageer:

I can see how that’s frustrating. I think the metaphor makes the Brian McLaren 2 point very well. But I wonder if I could put a spin on it. Maybe that story should continue by the people saying, “Hey, let’s go in the kitchen and see if we can help create some new recipes.” If we get more people involved in the creative process, maybe it will only be ten years, not twenty. I think people need to feel empowered, like they’re contributors, not consumers buying the latest “postmodern ministry in a box” program. We’re all in this thing together. (Lees hier) (Klem bygevoeg).

Dit laat my nogal dink aan wat Prof. Malan Nel, Direkteur van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening by die Universiteit van Pretoria wat ook betrokke is by voortgesette bedienings-ontwikkeling in die NG Kerk,  in die program “Oop Gesprek” (Sondag, 14 Septemeber 2008) gesê het:

Ons het arm geword aan die waarheid wat in die vroeë kerk sterker gefunksioneer het. Een persoon het nie die wysheid in pag nie. Die Prof Malan Nel onderskeiding van die wil van die Here is ‘n kollektiewe – die Bybelse woord “corpus” vir liggaam – is ‘n korporatiewe onderneming. Dis deel van die teologie . . . In goeie akademiese onderrig moet jy met al jou gespreksgenote rekening hou en dominees behoort gemeentes te help om te verstaan dat dit is ons verantwoordelikheid om saam te worstel oor hoe verstaan ons die leiding van die Heilige Gees deur ‘n teks. (Klem bygevoeg).

Ons kan die waarheid dus eers vaspen wanneer al die gespreksgenote, gespreksvennote of rolspelers saam besin het oor die waarheid en saam tot die slotsom kom om te sê “Dis die ware waarheid.” Die probleem is egter dat die akademici meesal eensydig besluit wat die waarheid is en dit van bo-af (paternalisties) op die arme voetsool lidmate van hulle gemeentes afdwing. Dit is presies wat op die oomblik gebeur met die indoktrinering van die Ontluikende Kerk. En wanneer sommige van die gemeentelede nie met hulle saamstem nie word hulle voor tugkomitees gedaag om hulle op vernederende wyse te viktimiseer en sommige word soms versoek om maar liefs hulle goedjies te vat en uit die kerk pad te gee. Die uitdrukking “saam te worstel oor die Skrif” is mos deesdae die aller-nederigste manier om die Bybel te lees. Hulle moet net oppas om nie te lank saam te worstel oor Johannes 3:16 nie terwyl hulle eie gemeentelede moontlik ‘n Christuslose ewigheid binnegaan.

Brian McLaren het ook in die bg. onderhoud gesê:

The postmodern transition is well underway, but it’s still in process. The early deconstructive phase of the postmodern transition is evolving into a more constructive and creative phase, exemplified (for me) by thinkers and writers like Wendell Berry and Ken Wilber in the culture at large, plus a number of us writing specifically for the Christian community. (Of course, some folks are still fighting against the earliest phases, not realizing that the “battle lines” keep moving. But I shouldn’t use battle imagery, because I don’t see it that way.) For all the work we’ve done and all the progress we’ve made, we still have so far to go. – Brian McLaren (http://www.brianmclaren.net/archives/000133.html) (Klem bygevoeg).

Hoe op deeske aarde kan jy jou vertroue plaas in ‘n ding wat niemand weet waarheen dit op pad is nie omdat dit nog in ‘n proses van ontwikkeling is? Paulus het gesê:

2 Tim 1:12  Om hierdie rede ly ek ook hierdie dinge; maar ek skaam my nie, want ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié dag toe. (Klem bygevoeg)

Johannes skryf:

1 Joh 5: 10-13 Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie. En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God. (Klem bygevoeg).

Enigiemand wat sê ons moet eers lank saamsit om te worstel oor die betekenis van die bg. Skrifgedeeltes moet ten minste ‘n klap van die windmeuel weghê. Ek vra weer: Hoe lank gaan die Suid-Afrikaanse kerkgemeenskap hierdie wolwe in skaapsklere verduur? Hoe lank nog? Die “ontluikende” Christen weet nie so mooi waarheen hy op pad is nie en ook nie wat sy eindbestemming is nie. Hy worstel met die nederigste nederigheid saam met ander ontluikende Christene oor die betekenis van Bybeltekse want hulle wil darem nou nie soos die funfamentalistiese Christene so arrogant wees om te dink hulle het die volle waarheid in pag nie. Daarom is hulle, soos Stephan Joubert en sy maatjie Rob Bell, selfs bereid om die kultuur buite die kerk te omarm, om kers op te steek by die Boeddhiste en selfs ook die ateïste (wat die Here sommer reguit dwase noem – Ps 14:1) om hulle nuwe “brand” van die Christendom te verryk en aan te vul met hulle waarhede. Die Bybelse Christen, daarenteen, weet waarheen hy op pad is en wat sy eindbestemming is.

Dit is veral die eksponensiële ontwikkeling van die tegnologie wat die mens op ‘n baie subtiele manier breinspoel om verandering goedsmoeds te aanvaar. Wat vandag ‘n nuutjie is, is more verouderd en die verouderde dinge word summier soos ou uitgediende rekenaarkomponente weggegooi. Maar kan ‘n mens dit met die Christelike Godsdiens wat op God se Woord begrond is, doen? Durf ons die eeu-oue waarhede in die Skrif verander om aan te pas by ons postmoderne kultuur? Die leraars en voorbankers in die Ontluikende Kerk dink blykbaar so. Maar wat sê God:

1 Pet  1: 24, 25 Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.

Menere die ontluikende leaars, akademici, en kerklidmate, het julle dit gehoor? Julle is soos ‘n blom van die gras wat vir ‘n kort tydjie hier op aarde is (tot so 90, 95 jaar as die genade van die Here dit toelaat) en dan sterf  julle soos ‘n blom wat droog geword het en afval. Maar, die Woord van die Here bly tot in alle ewigheid.

Stephan Joubert Ek het onlangs ‘n transkripsie van Stephan Joubert se preek wat hy op Sondag 1 Maart vanjaar by Kemptonkruin gelewer het onder oë gehad en raai wat? Ja u het reg geraai. Hy het ter inleiding gesê: “Die interessante is, vriende, die wêreld verander.” Nee! Dr. Joubert, die wêreld het nie verander nie en is ook nie besig om te verander nie. Dieselfde ou sondes wat ons voorvaders gedoen het, is nog steeds dieselfde ou sondes wat ons vandag nog doen. Vandag se ouens en veral die kerk is net ‘n bietjie meer toegewend in die doen van daardie sondes. En daar is nog steeds net een oplossing vir dieselfde ou sondes — die kruisdood van Jesus Christus. Niks het verander nie. Die hart van die mens is nog steeds die bedrieglikste ding onder die son (Jer 17:9).

Hy verwys dan na Dan Dan Kimball Kimball, een van die leierfigure in die Ontluikende Kerk in Amerika en voltydse leraar in San Diego, wat tot die slotsom gekom het dat die kerk op pad is na nêrens. Sy woorde is “The Church is going nowhere slowly.” So ongeveer 2 minute na sy inleidende woorde oor die Ontluikende Kerk sê Stephan Joubert ‘n baie diepsinnige waarheid wat my nogal baie sterk herinner aan die woorde van die Here Jesus toe Hy sy dissipels uigestuur het om die Evangelie te verkondig. Ek haal aan:

Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, “engage” die Romeinse kultuur en prakseer  vindingryke idees, weë en maniere om te kyk of julle die kultuur binne julle eie geledere (die kerk) met die kultuur van die Romeinse heidendom kan versoen want dit is my soewereine wil dat die kultuur binne die kerk en die kultuur buite die kerk mekaar moet ontmoet. Ek wl ook hê dat julle die dissipels wat deur die jare na julle kom, moet leer om dieselfde te doen. Luister baie mooi na my. Dit is rêrig ”bad” daarbuite, sleg en sondig, maar ek wil nie hê julle moet te veel klem daarop lê nie. Dis darem te paternalisties en liefdeloos. Daar is ‘n baie beter manier om  hulle kultuur te omhels. Sit die Evangelie in hulle midde sover hulle dit kan verstaan; maak die Evangelie wat Ek aan julle verkondig het, relevant en siedaar, kul jou hier en kul jou daar, hulle sal julle met ope arms ontvang en met ongekende dankbaarheid vereer.

Net om te wys dat ek niks uit my duim suig nie en dat ons voortreflikste teoloë die Here Jesus getrou navolg en te alle tye gehoorsaam is aan sy opdragte, haal ek vir julle aan wat Stephan Joubert gesê het.

In die lig daarvan [“The Church is going nowhere slowly.”] het Dan Kimball-hulle agtergekom, en ‘n klomp ouens na hom ook, dat die eerste groot uitdaging wat ons het, is om te kyk of die kultuur binne die kerk en die kultuur buite die kerk mekaar kan ontmoet . . . Studie op studie, volgens hulle, [het] begin wys dat die kultuur buite die kerk so vinnig verander dat die kultuur binne die kerk, al wat hulle kan sê is: “It is bad out there.” sleg, sondig. Maar, dat daar ‘n beter manier is om daardie kultuur te omhels en die Evangelie, so ver moontlik hulle dit dan nou verstaan, relevant daarbinne neer te sit.

In kort kom dit daarop neer dat die reeds uitgediende “Christendom”, soos hulle dit graag noem, alewig net ‘n veroordelende vinger na die wêreld gewys het om hulle sondes en verlorenheid te beklemtoon, pleks daarvan om hulle kultuur te omarm en die Evangelie sodanig aan te pas dat die wêreldling dit kan verstaan. Dit gaan my verstand te bowe dat leraars wat veronderstel is om die Evangelie te ken en dit onvervals aan mense oor te dra sodat wêreldlinge gered kan word, daarop aandring dat die kerk hom by die wêreld moet aanpas. Nouja, hulle kan gerus probeer maar ek kan hulle verseker dat Jesus Christus (die Jesus van die Bybel) nie saam met hulle in dieselfde juk sal trek nie. Luister wat sê HY:

Joh 7:7  Die wêreld kan julle nie haat nie; maar My haat hy, omdat Ek van hom getuig dat sy werke boos is. (Klem bygevoeg)

Miskien moet ons hierdie gedeelte uit die Bybel uitskeur want dit herinner te veel aan die ou kultuur binne die kerk en dis tog nie wat ons ontluikende vriende wil hê nie, nê? Die wêreld sal en kan jou nie haat as jy soos Stephan Joubert en sy ontluikende pêlle die kultuur van die wêreld omarm en nie soos Jesus sy bose werke aanspreek nie. Jakobus, die broer van Jesus, het die liefhebbers van die kultuur van die wêreld baie strenger bestraf.

Jak 4:4 Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.

Sodra ‘n persoon wat daarop aanspraak maak dat hy kind van God is, kompromie maak met die wêreld en sy kultuur omarm, begin God teen daardie persoon te stry. Daar kom ‘n diep skeiding wat eers weer reggestel kan word wanneer die persoon sy sonde van kompromie voor God bely en hom heelhartig tot Hom bekeer.

Die Evangelie van Jesus Christus is nie maar sommer net ‘n kultuur soos enige ander kultuur nie, en nog minder is dit ‘n kultuur wat aanpasbaar gemaak kan word om ander kulture in die wêreld te omarm. Die Evangelie sentreer om die kruis van Jesus Christus wat die krag en die wysheid van God is (1 Kor 1:18). Dit is die unieke, eenmalige, onveranderlike en ewige manier waardeur God die sondes van bekeerlinge kan vergewe. Daarom sê die Skrif, “Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word” (Ps 130: 4). Dit beteken dat daar alleenlik by God ‘n saliggewende vergewing van sondes is en kan wees. Geen ander kultuur of godsdiens kan hierdie vergifnis vir mense bied nie en tog durf Stephan Joubert sê, soos ek later aandui, dat ander godsdienste ook waarhede in pag het. Dit kom neer op godslastering, of hy dit wil erken of nie.

Maar kom ons kyk vir eers na Dan Kimball wie Stephan Joubert so hoog aanprys en vereer. Die webblad “Lighthouse Trails Research” het soos volg sy boek “They Like Jesus but Not the Church” geresenseer:

According to Kimball’s book, there are two categories of Christians. Here is the first Kimball describes:

[P]eople who are always saying negative things about the world, are anti-gay, take the whole Bible literally, are card-carrying Republicans, are pro-Israel, read end-times novels, and endorse snake handling and fire-and-brimstone preaching. They think of King-James, finger-pointing, teetotaling, vengeful people who credit God for using natural disasters to punish people for sin, and who use Christian jargon and are arrogant and unloving toward anyone but themselves.

Kimball masterfully condemns Christians who are pro-Israel, take the Bible literally, study Bible end time prophecy and talk about hell, and likens them to negative, arrogant, unloving and vengeful people. He makes a mockery of the Bride of Christ and thus a mockery of Christ Himself. Kimball is careful to install built in defenses into the book that will self-validate his message. He says that if you are uncomfortable reading the book, it may be that you NEED to read the book because you are guilty of all these things. So who is going to want to say anything bad about Kimball’s book?

The glue that binds all this together is in Kimball’s last chapter, “A Great Hope for the Future.” He starts the chapter off with a quote by mystic Henri Nouwen. You see Kimball is a contemplative proponent. He promotes the use of labyrinths and stations of the Cross (meditative centers). He also encourages lectio divina and recommends books by mantra meditation proponents like Gary Thomas, Mike Yaconelli, John Michael Talbot, Brian McLaren and others. In They Like Jesus But Not the Church Kimball recommends Henri Nouwen’s book, In the Name of Jesus and John Shelby Spong’s book, Rescuing the Bible from Fundamentalism (though he gives a disclaimer of this latter but still thinks it’s good to be “familiar” with it). However, Kimball gives no disclaimer for his recommendation of Nouwen who said:

Today I personally believe that while Jesus came to open the door to God’s house, all human beings can walk through that door, whether they know about Jesus or not. Today I see it as my call to help every person claim his or her own way to God.(Sabbatical Journey, p. 51, 1998 edition). (Klem bygevoeg)

Die verandering wat plaas moet vind, is dus ‘n wegbeweeg van die fundamentele waarhede in die Skrif omdat die wêreld nie baie hou van die fundamentaliste wat vir hulle leer dat hulle eers waaragtigtig tot bekering moet kom alvorens hulle in die hemel toegelaat kan word nie. Dis darem te paternalisties. Hulle soek ‘n Jesus wat nie so sreng leerstellig is nie, maar een wat hulle knus en warm kan laat voel in hulle sondige kultuur. Stephan Joubert en sy vriend, Dan Kimball, vergeet gerieflikheidshalwe dat die regte Jesus gesê het:

2 Joh 9 Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun.

Miskien moet Stephan Joubert weer ‘n slag goed gaan kyk wat die leer van Christus alles behels.

Het ander gelowe ook dalk die waarheid in pag?

Voordat ek Stephan Joubert aan die woord stel oor sy siening van die waarheid, wil ek  my klein groepie lesers net weer herinner aan wat die Bybel oor die waarheid sê.

Joh 17: 38, 39 Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog ‘n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek ‘n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem. Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? (Klem bygevoeg).

Dit is opvallend dat Pilatus nie gevra het wat “die waarheid” is nie maar “wat is “waarheid.” Dit wil vir my lyk of hy eintlik gevra het: “Wat is die essensie van waarheid?” of om dit so ‘n bietjie anders te stel, “Wat is dit wat die waarheid as waarheid bevestig?” Waaraan meet ‘n mens die waarheid? Die enigste waterdigte en betroubare toets om te bepaal of enige geestelike waarheid volhoubaar vrymakend is, moet dit opgehou word teen die lig van ‘n onveranderlike, ewigdurende, en essensiële bron van waarheid en ons het beslis so ‘n waarheid — Jesus Chrisus wat gesê het “Ek IS die Waarheid.” ‘n Waarheid wat nie in staat is om vry te maak nie, vry te maak van die leuen en die sonde nie, is geen waarheid nie, en ons het beslis so ‘n waarheid — Jesus Christus wat gesê het, “Julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vrymaak.” Baie ander gelowe onderskryf en verkondig sekere waarhede wat in die Christelike godsdiens teruggevind kan word, maar dit kan nie vrymaak nie omdat dit Jesus Christus, die essensie van waarheid, uitsluit. Neem bevoorbeeld begrippe soos barmhartigheid (“compassion”), liefde, hulpvaardigheid, mededoëndheid, sagmoedigheid, en nederigheid; dit is almal geestelike waarhede wat in sommige ander godsdienste gevind en selfs uiteleef word, maar dit beteken net mooi niks nie omdat die onderbou en fondament van daardie waarhede in ander godsdienste ontbreek. Jesus self het gesê, “Sonder my kan julle niks doen nie.” Dit is dus geheel en al futiel om waarhede in ander godsdienste te soek en te glo dat ons daaruit kan leer. Luister nou wat sê Stephan Joubert in weerwil hiervan.

Hy (Rob Bell) sê jy moet die kultuur “engage.” Jy moet gaan luisterRob Bell 2 na die Boeddhiste. Jy moet gaan hoor wat sê daai ouens. Dan skrik Christene hulle dood, want hulle hoor nie wat Rob Bell mooi sê nie. Hy sê nie word soos hulle nie, hy sê maar gaan lees hulle goeters, gaan hoor hoekom hulle so belangrik is. Hulle het ook dalk waarheid. Waarheid is nie net in die Christendom nie. Waarheid vind jy by Judaïsme. Jy kan waarheid vind by ateïsme. Jy kan waarheid vind by wie ook al (ook by Anton la Vey se Satanskerk, prof. Joubert?). God se algemene openbaring is ‘n bietjie wyer, maar jy sê Jesus is die Here. Dis waarnatoe jy op pad is met hulle met so ’n beweging.

Om te sê “Jesus is die Here” beteken net mooi niks nie.

Mat 7:21-23 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! (Klem bygevoeg).

So terloops, Stephan moet nie sommer aweregs uitsprake maak oor wat Rob Bell sou gesê het en nie sou gesê het nie sonder om die feite in oënskou te neem. Rob Bell het nog nooit gesê “word [nie] soos hulle nie.” Trouens hy het op ‘n keer baie duidelik gesê:

“This is not just the same old message with new methods. We’re rediscovering Christianity as an Eastern religion, as a way of life. (Christianity Today The Emergent Mystique). (Klem bygevoeg).

Moenie dink dat hy daarmee wil sê dat die Westerse spiritualiteit in lyn gebring moet word met die Hebreeuse spiritualiteit in die Ooste nie. Sy teenwoordigheid by die “Seeds of Compassion” Konferensie verlede jaar (11-15 April) in Seattle, Amerika, spreek boekdele. Daar het hy in eerbied voor die Dalai Lama 14de geïnkarneerde Dalai Lama van Tibet gebuig en hom as “His Holiness” (hy word as ‘n god beskou) aangespreek. Bell se hele siening rondom versoening en rekonsiliasie pas baie goed in by die “Seeds of Compassion” van die Dalai Lama. Hy sê:

[T]here are around a billion people in the world who don’t have clean drinking water, and 46 million Americans don’t have health care. That means if they get sick, they don’t have anywhere to go. Half of the world, 3 billion people, live on less than two American dollars a day, so the world is an emergency. It’s on fire. It’s drowning. It’s an absolute crisis, and when followers of Jesus can think of nothing better to do with their time than to pick apart and shred to pieces the work of other followers of Jesus who are trying to do something about the world, that’s tragic, and I don’t owe those people anything. The world is desperately in need of people who will break themselves open and pour themselves out for the reconciliation of all things. When a Christian can find nothing better to do with their time in the face of this much pain and heartbreak, you start realizing that some Christians need to be saved. (Klem bygevoeg) (Relevant magazine)

Hy suggereer dus dat Christene wat nie bereid is om hande van barmhartigheid uit te steek na ‘n wêreld wat besig is om te verdrink nie, ongered is. Sy suggestie kom op niks anders neer as ‘n werkesaligheidsgeloof nie. Ek wonder net wat die een man aan die kruis langs Jesus, wie se hande en voete soos dié van Jesus aan ‘n houtkruis vasgespyker was, kon doen om die pyn en lyding van mense in die Romeinse Ryk te verlig. Ek weet net dat hy nou saam met Jesus in die paradys is.

Sodra jy van die Evangelie ‘n “social Gospel” wil maak, loop jy die gevaar om dié dinge wat die Here Jesus alleen in staat is om te doen, by Hom oor te neem en in eie krag te wil doen.  HY het nie gesê “julle moet alles nuut maak” nie maar “Ek maak alles nuut.” Dit sal alleenlik plaasvind nadat die Satan, die Antichris en die valse profeet in die poel van vuur gewerp is en die ongelowiges by die Wittroon oordeel geoordeel is. Dit gaan hier oor God se skepping van ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde en nie die doen van filantropiese werk om van hierdie teenswoordige wêreld ‘n beter plek te maak nie.  Hoe lees die Ontluikende leraars die Bybel? Hulle verstaan meesal nie die gedeeltes in die Bybel wat oor die eindtye handel nie omdat hulle dit as “ontvlugtingsteologie” beskou.

Indien Jesus Christus se aanspraak dat Hy die enigste waarheid is, soos HY ook daarop aanspraak maak dat HY die enigste weg en lewe is, wel die waarheid is, en as die Christelike godsdiens se aanspraak dat hy hierdie waarheid onvervals verkondig, ook die waarheid is, dan is die waarheid in geen ander godsdiens nie omdat Christus self in geen ander godsdiens is nie. In die lig hiervan, is Stephan Joubert se uitspraak dat waarheid nie net in in die Christendom is nie, uiters skokkend want dit suggereer dat Jesus Christus (dié Waarheid) gemeenskap het met die duiwel en sy gevalle engele. Paulus daarenteen sê onomwonde:

2 Kor 6:14-16 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode?

Word die Stem van die Kerk (“Eklesia” of die uitgeroeptes) al hoe stiller?

So, ek kan verstaan dat die stem van die tradisionele kerk al hoe stiller raak. Dit is die wêreld waarin ons lewe. Dis waar die “emergent church” [in]kom. Nou is daar verskillende soorte “emerging churches” en “emergent churches.” Ek vind my by ‘n groep van hulle wat ‘n groot passie het om die wêreld weer terug te wen, iemand soos Rob Bell in Amerika wat sy eie huis verkoop in Grand Rapids en tussen die armste mense in die stad intrek. Rob Bell is waarskynlik tans die mees sigbare, die mees prominente jong Christen leier in die VSA. As die Here wil, dan sien ek hom die 16 Maart, dan eet ek saam met hom ontbyt daar in Grand Rapids – Stephan Joubert

Ek kry gereeld nuusbriewe van sendelinge wat skryf oor die formidabele groei van die Kerk in Sjina ten spyte van, of moet ek liewer sê, by wyse van die gruwelike vervolging onder die Christene. Dit staan soos ‘n paal bo water dat vervolging dikwels die Bybelse manier is om groei, en in die besonder geestelike groei, onder God se kinders aan te wakker en te bevorder maar ook om hulle gemaksones so ‘n bietjie te skud sodat hulle na ander mense kan begin uitreik met die Evangelie van verlossing. Ons sien dit in Handelinge 8. Hierdie vervolging onder die Christene in lande soos Sjina, die Soedan, en ook elders in die Ooste, is vir my ‘n klinkklare bewys dat die Here sy belofte gestand doen en die  Kerk bou in weerwil van die duiwel se pogings om die Kerk te vernietig. Het HY dan nie self gesê: “ . . .op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie”? (Mat 16:18). Maar nee, die Emergents het ‘n towerstaffie ontwerp, genaamd “contextual and cultural engagement” om die wêreld  weer terug te wen vir Christus. Terug the wen . . . ? Op watter stadium in die geskiedenis van die wêreld het die wêreld Christus geken en toe weer teruggeval sodat hulle nou weer teruggewen moet word? Dit is nou maar weer net die ou-ou storie van, “Ons moet die Koninkryk van God hier en nou op aarde vestig sodat ons almal in ‘n wonderlike Utopia van vrede kan lewe.” Die stem van die tradisionele kerke in Suid-Afrika en ook elders in die Westerse wêreld is miskien besig om al hoe stiller te raak omdat hulle lank nie meer die suiwere Evangelie van Jesus Christus verkondig nie, maar die kerk in die Ooste is besig om die Kerk met hulle eie bloed en die genade van God te bou. G’n wonder Tertullius het op ‘n dag gesê: “The blood of the Martyrs is the seed of the Church.” Let asseblief op Stephan Joubert en al die ander “emergent” gurus: Dis nie Rob Bell se “cultural engagement” wat  die Kerk bou nie maar die bloed van die kruis van Christus en almal wat sy bloed met hulle eie bloed omhels (“engage”) wat aan die die Kerk (die Bruid van Christus) haar groei en stukrag verleen.

Stephan sê voorts:

Dit [die Ontluikende Kerk] het met mense te doen wat ‘n passie het om te sê [ons wil] die wêreld vir Jesus in ons generasie weer terugkry; die kultuur weer terugkry. En daarom gaan ek nie hulle kultuur kritiseer nie, maar ek gaan dit “engage.”  Daarom gaan ek nie ander ouens se spiritualiteit aanvat en my waarhede postuleer nie. Ek gaan luister wat hulle sê. Want ek kan die waarheid bewys ad infinitum soos, as ek in die 1960’s geleef het, en ek debateer met Boeddhis of ‘n Hindoe, sal ek daar sit en sê hier is my waarhede, hier is my goeters. Nou sal ek as ek in die “emerging church” is, sal ek sê, kom ons luister . . . Ek wil jou nie probeer verander nie, maar jy het ook die reg om te hoor hoe ek glo en ek gaan nie ekskuus sê vir wie ek is nie. Ek gaan nie my geloof in jou keel afdruk nie.

Die Evangelie van Jesus Christus gaan juis oor ‘n diepgrondige verandering wat begin by die verandering van jou gemoed.  As ek so luister dan wonder ek of Stephan Joubert en die ander ontluikende leraars die Evangelie van Jesus Christus werklik ken. Die Bybelse Christene (Bruid van Christus) het nog nooit die lewende Water van God in mense se kele afgegooi of afgedruk nie. Hulle het in gehoorsaamheid aan Christus, soms ten koste van hulle lewens, SY woorde getrou aan mense oorgedra sodat hulle self ‘n besluit kon maak of hulle die Lewende water verniet wil neem al dan nie.

Openb. 22:17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.

Die Evangelie van Christus kom beslis nie neer op ‘n dialoog tussen mense van verskillende gelowe om bloot net wedersydse respek vir mekaar se geloofsoortuigings te kweek nie. Die ontluikende predikers gee voor dat hulle hul mede aardse reisgenote baie lief het en hulle vir Christus wil terugwen, maar dit is ‘n liefde wat nie tred hou met God se liefde nie. God se liefde is ‘n gee-liefde en nie net ‘n sê-liefde nie en dit help ook net mooi niks om, soos Rob Bell dit stel, “to break yourself open and to pour yourself out for the reconciliation of all things” as jy versuim om ‘n verloregaande wêreld te vertel dat God sy eie Seun verbrysel het sodat hulle met Hom versoen kan word. Sodra jy klem lê op jou eie offervaardige goeie dade om die wêreld se kultuur terug te wen, soos Stephan Joubert Rob Bell telkens in sy preek die lof besing het, dan vervaag die betekenis van Jesus se kruisdood in die agtergrond. Daarom sê die Bybel dat wanneer ons barmhartigheidswerk doen ons linkerhand nie moet weet wat ons regterhand doen nie. In weerwil hiervan prys Stephan Joubert die barmhartigheidswerk van Rob Bell ten hemele.

Wat doen Rob Bell om die Evangelie uit te dra? Hy verkoop sy huis. Hy sit sy kinders in die armste skool waar die “drug lords” is en hy gaan bedien hulle met die Evangelie. Hulle is betrokke in Soweto saam met Johan Geyser-hulle van Mosaïek met ‘n reuse armsorg projek in sy gemeente.

Wonderlik! Maar . . . . .

Verkondig Rob Bell die Evangelie?

Stephan sê:

Ek het hom [Rob Bell] al sien optree, baie keer. Hy stap op daai verhoog, met sy swart bril en sy weird klere en sy kitaar, maar as hy sy mond oopmaak dan is dit die Evangelie. (Klem bygevoeg).

Die vleeswording of inkarnasie van die Here Jesus Christus by wyse van die maagdelike geboorte is die kern van die Evangelie. As Hy nie in die gedaante van ‘n mens na die aarde gekom het nie sou Hy nooit vir ons sondes aan die kruis kon betaal nie.  Daarom is dit dan ook so gevaarlik om die maagdelike geboorte te ontken of te onderspeel want elkeen wat dit doen, plaas homself in die kader van die Antichris. Luister weer ‘n slag hierna:

1 Joh 4: 1-3 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan. Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.

Rob Bell sê in sy boek, Velvet Elvis op bladsy 027 dat hy in die maagdelike geboorte van Christus glo, maar op bladsy 026 sinspeel hy op die gedagte dat ‘n persoon nog steeds ‘n Christen kan wees en die Here waarlik lief kan hê al sou hy nie in die maagdelike geboorte glo nie. Hy maak die deur dus wyd oop vir ‘n antichristelike siening van die maagdelike geboorte sonder om sy eie siening daaroor in die gedrang te bring. Hy het dus ‘n dialektiese en dualistiese siening oor die maagdelike ontvangenis. Hy gebruik albei na gelang dit nodig is om aan te pas by die gehoor waarin hy hom bevind.

In sy vergelyking van die Christelike Godsdiens met ‘n trampolien, sê Bell die volgende:

What if tomorrow someone digs up definitive proof that Jesus had a real, earthly, biological father named Larry, and archeologists find Larry’s tomb and do DNA samples and prove beyond a shadow of a doubt that the virgin birth was really just a bit of mythologizing the Gospel writers threw in to appeal to the followers of the Mithra and Dionysian religious cults that were hugely popular at the time of Jesus, whose gods had virgin births?

But what if, as you study the origin of the word “virgin” you discover that the word “virgin” in the gospel of Matthew actually comes from the book of Isaiah, and then you find out that in the Hebrew language at that time, the word “virgin” could mean several things. And what if you discover that in the first century being “born of a virgin” also referred to a child whose mother became pregnant the first time she had intercourse?

What if that spring [of the trampoline] were seriously questioned? Could a person keep on jumping? Could a person still love God? Could you still be a Christian? Is the way of Jesus still the best possible way to live? Or does the whole thing fall apart? (026,027)

Rob Bell saai maar eintlik twyfel in die harte van sy lesers deur te sê “Is dit ook so dat God gesê het . . .?”

Dan Kimball, van wie Stephan met groot lof in sy preek praat, het ook ‘n algeheel onbybelse siening van die verlossing in Christus. Hy skryf:

Without a doubt, the books that have made the most influence in my thinking on discipleship and spiritual formation for the emerging church are the following from Dallas Willard. Renovation of the Heart: Putting on the Character of Christ (NavPress 2002) and The Divine Conspiracy: Rediscovering Our Hidden Life in God (Harper Collins, 1998)” —Dan Kimball from his newsletter, 2002

The following is an excerpt of an article written by Dallas Willard, in which he hypothetically responds to a college girl who was raised a Christian but has now rejected the Christian faith and believes all paths lead to God …

Dallas Willard “What Paul is clearly saying is that if anyone is worthy of being saved, they will be saved. At that point many Christians get very anxious, saying that absolutely no one is worthy of being saved. The implication of that is that a person can be almost totally good, but miss the message about Jesus, and be sent to hell. What kind of a God would do that? I am not going to stand in the way of anyone whom God wants to save. I am not going to say “he can’t save them.” I am happy for God to save anyone he wants in any way he can. It is possible for someone who does not know Jesus to be saved.”—Dallas Willard, Apologetics in Action.

Ons kan tereg vrae: Waaroor gaan die Evangelie dan nou eintlik? Dit is duidelik dat die Evangelie besig is om ‘n drastiese gedaanteverwisseling te ondergaan en die rede hiervoor is omdat die verkondigers van hierdie Evangelie die gedaante van godsaligheid het maar die krag van die ware Evangelie verloën het. Ek sluit af met hierdie tekse in julle midde.

Joh 10:26  Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle gesê het.

Joh 10:27  My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

Ek kan maar net weer soos in die verlede ‘n ernstige versoek rig tot Stephan Joubert dat hy hom sal bekeer van die pad waarop hy hom tans begewe want dit is ‘n verderflike pad.

Moet ons Werklik Nuwe Maniere vind om die Evangelie te Verkondig?

Stephan Joubert sê in sy preek:

Ons moet nuwe maniere vind. Ons moet nuwe gestaltes vind. Ons moet nuwe gespreksvennote vind. Ons moet luister as die grootste groeiende spiritualiteit in die wêreld, tans nie die Christendom is nie. Dan moet ons gaan vra hoekom nie? Hoekom groei die Boeddhiste die vinnigste? Wat het hulle wat ons nie het nie? Hoekom kry die Amerikaanse Neurologiese Vereniging, as 40 000 van die wêreld se neuroloë saamtrek, die Dalai Lama om hulle te kom toespreek? Hoekom kry hulle die Dalai Lama, die hoof van die Boeddhiste?

Ons voortreflikste teoloë in die land wil nou maar eemaal nie verstaan dat sukses nie gemeet word aan getalle nie. Dit is beslis nie die hoeveelheid koppe wat die barometer vir sukses is nie. Indien getalle die litmustoets moes wees vir sukses dan was die hel ‘n helse suksesvolle plek gewees. Sê die Here Jesus dan nie juis dat daar maar baie min is wat die nou poort en die smal pad wat na die ewige lewe lei, vind nie? (Mat 7:13; Luk 13:24). En dan wil die Ontluikende leraars op die koop toe die nou poort en die smal pad toemaak en sluit deur vir die mense te sê, : Daar is ander maniere, ander gestaltes, ander gespreksvennote, ander vinnig-groeiene spiritualiteite wat julle kan help om die regte pad te vind. Wat sê God:

Jer 6:16  So spreek die HERE: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie. (Klem bygevoeg)

Ek moet u miskien dan maar vertel, Stephan Joubert, waarom 40 000 neuroloë van die Amerikaanse Neurologiese Vereniging ‘n afgod, die 14de geïnkarneerde Dalai Lama, gevra het om hulle toe te spreek en nie iemand wat die Here Jesus liefhet en waarlik volg nie. Soos Israel van ouds sê hulle ook: “Ons wil daarin [die ou paaie] nie wandel nie.” “Gee eerder vir ons nuwe maniere, nuwe gestaltes, nuwe gespreksvennote nuwe vinnig-groeiende spiritualiteite. Daarin lê ons heil, ons toekoms, ons vrede en ons redding.”

Ten slotte wil ek weer eens baie ernstig by jou pleit, Stephan Jounert: Bekeer jou van jou verkeerde weë want jy speel met vuur.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , | 7 Comments »

Wat is Liefde? – Deel 1

Posted by Thomas on February 26, 2009

Wanneer ‘n kind nie sy sin kry nie, val hy gewoonlik soos ‘n sak patats neer en stamp sy voete so hard hy kan teen die vloer. Ek weet, want ek het dit self gedoen toe ek ‘n kind was. Party van hulle het nogal die verwaandheid om bokant hulle stemmetjies uit vir ma of pa te skree “Julle het my nie lief nie.” Ons sê dan gewoonlik: “Die klein vabond gooi nou behoorlik ’n ‘tantrum.’” Sommige ouers, en veral oupas en oumas, skrik so groot dat hulle maar toegee want hulle wil darem nie hê die arme bloedjie moet dink hulle het hom nie lief nie. Dis te wreedaardig. Intussen staar hulle hul so blind teen hulle eie sg. liefde dat hulle die kinders tot in die afgrond bederf. Wie lei skade? — die kind natuurlik want wanneer hy uiteindelik groot word en die samelewing toetree, word dit sy modus operandi om dinge in sy guns te swaai. Dit is die prentjie wat voor my opdoem elke keer as ek die verhaal van Simson en Delila lees. Hoewel sy nie soos ‘n stoue kind op die vloer neergeval en haar voete begin stamp het nie (of miskien het sy), het sy dieselfde ou armdraai taktiek gebruik toe Simson nie die waarheid omtrent sy bonatuurlike krag aan haar bekend wou maak nie. “Hoe kan jy sê: Ek het jou lief! terwyl jou hart nie met my is nie? Drie maal het jy my nou al bedrieg en my nie meegedeel waardeur jou krag so groot is nie.” (Rigters 16:15). En siedaar, Delila kry toe haar sin en sy gee haar “beminde” Simson so wrintie oor in die hande van sy vyande. Simson se hart moes in elk geval by die Here wees en nie by Delila nie, want dit gaan in die eerste plek nie om ‘n soetsappige liefde nie maar oor gehoorsaamheid aan God en sy bevele.

Glo my, dieselfde ou taktiek word vandag nog steeds deur ons post-moderne teoloë gebruik wanneer jy hulle met die waarheid konfronteer. Die enigste verskil is dat Simson die waarheid van Delila weerhou het terwyl die “Delilas” van vandag jou van liefdeloosheid, harteloosheid en venyn beskuldig sodra jy hulle bedag maak op die waarheid en die gif wat skuil in die vleispotte van die hedendaagse Skrifgeleerdes wie se gesigte blink gevryf is met ‘n “liefde” wat nie strook met die Bybel nie. In die loop van die afgelope aantal jare waartydens ek kommentaar op verskeie blogs en webtuistes gelewer het, is ek telkens van liefdeloosheid, arrogansie en hooghartigheid beskuldig. Liberale teoloë en hulle meelopers is waarkynlik nie meer so begaan oor die eer van God nie, maar die eer van hulle kollegas, vriende, familielede, hulle kerke en teologiese fakulteite wat hulle so innig lief het. Intussen gee hulle nie ‘n snars om oor wat met hulle op die geestelike terrein gebeur nie. Soos Delila is hulle besig om almal wat hulle kwansuis so innig lief het aan die vyande van God oor te gee. Moreletapark NG Gemeente en hulle herders is ‘n sprekende voorbeeld hiervan wat eersdaags gaan toelaat dat die godloënaar, Tony Campolo, hulle skape en lammers mislei.

Judas 1:16 Hulle is murmureerders wat oor hul lot klae, en volgens hulle begeerlikhede wandel; en hulle mond spreek trotse woorde, terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel. (Klem bygevoeg)

Kom ons speel oop kaarte en laat my toe om sommer prontuit te sê dat die hele struktuur van die Ontluikende Kerk met sy klem op die vestiging van die Koninkryk van God hier-en-nou, op “liefde” (sonder gesonde leerstellings), op “empatie” (sonder gesonde leerstellings) en op “barmhartigheid” (weer eens sonder gesonde leerstellings) berus wat neerkom op ‘n liefde wat nie uit God nie maar uit die hel aangesteek word. Harde woorde? Ja beslis, maar dit is woorde wat voortspruit uit ‘n liefde vir God en sy waarheid, die enigste waarheid wat mense waarlik vrymaak, en ‘n diepe kommer oor die rigting waarin al die kerke in Suid-Afrika tans beweeg. Ek kom agter dat baie teoloë onnadenkend toegeeflik is jeens die Ontluikende Kerk omdat hulle goed bevriend is met kollegas wat die leerstellings van die Ontluikende Kerk uitdra en verkondig. Ek hoor en sien telkens op verskeie internet “blogs” wat die kontemplatiewe spiritualiteit van die Ontluikende Kerk propageer, mense wat sê: “Ek is baie goed bevriend met Nelus Niemandt” of “Ek ken Stephan Joubert persoonlik” of “Ek eet en drink gereeld koffie saam met dié of daardie bekende teoloog.” (Die hedendaagse volgelinge van Jesus in die Ontluikende kerk is kranige koffiedrinkers. Kyk maar gerus op http://www.thinktoomuch.net). Hierdie mense is gou om te praat oor hulle eie sg. “empatie,” “liefde,” “barmhartigheid”(“compassion”) en “medemenslikheid” maar gee nie ‘n duit om of hulle medemens hel toe gaan al dan nie omdat daar vir hulle geleer word dat die hel ‘n mite is, of dat die hemel en hel hier op aarde is en dit hang maar van jouself af hoedanig jy dit vir jouself hier maak. Ek kry die indruk dat hulle bereid is om God en sy waarheid onder die mat in te vee ter wille van hulle vriendskap met teoloë wat onbeskaamd die Here van die leërskare oneer aandoen wanneer hulle hul solidariteit met mense soos Brian McLaren, Leonard Sweet, Rob Bell, Rick Warren, Tony Campolo, en baie ander sonder blik of bloos bevestig. Wat het geword van Christus se voorwaardes om ‘n dissipel van Hom te kan wees toe HY gesê het?:

Luk 14:26 As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie. (Sluit maar gerus ook persone in soos predikante, pastore, professore, toekomskundiges en dies meer wat God se Woord verdraai).

Die post-moderne denkers in die Ontluikende Kerk draai hierdie woorde van die Here Jesus mootjies nek om en verklaar met groot liefde “Ons is volgelinge van Jesus” ten spyte daarvan dat hulle selfs die gruwelikste afvalligheid en dwaalleringe van teoloë wat sê hulle het die Here lief, navolg en ondersteun. Paulus skryf:

Gal 1:10 Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.

Vleitaal is ‘n onding. Hoor wat sê die Here van mense wat deur ander mense gevlei word.

Luk 6:26  Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.

Paulus was bereid om die prys te betaal vir ware dissipelskap en het selfs op ‘n tydstip man-alleen gestaan omdat almal hom verlaat het (2 Tim 4:16). Hoor nou wat sê Stephan Joubert, in skreiende kontras met Paulus wat die Here Jesus waarlik liefgehad het in sy voorwoord tot Nelus Niemandt se boek “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede.”

My kop is geswaai. My belewing van hierdie boek. Stephan Joubert

Nelus Niemandt is een van die invloedrykste denkers en missionêre Suid-Afrikaanse teoloë aan die begin van millennium drie. Sy insigte in ingewikkelde sosio-religieuse vraagstukke is asemrowend, sy nederigheid aansteeklik en sy vermoë om eietydse kontekste en Bybelse kontekste op verstaanbare maniere aan mekaar te knoop, sonder weerga. Daarom dat ek nie kon wag om hierdie boek te lees nie. Wat ‘n absolute juweel. Nuwe drome vir nuwe werklikhede is kop-oopmaak materiaal. Dis propvol wêreldverskuiwende woorde!

Nelus se verstaan van “Christenheid” en die bedreiging wat dit inhou vir die evangelie, saam met ‘n indringende profiel van die post-modernisme en huidige kerklike gestaltes het my ure se genoegdoening verskaf. Nelus vra egter nie net kritiese vrae terwyl hy uitgediende kerklike maskers op meesterlike wyse rondom ons almal afhaal nie. Hy praat juis hooptaal deur nege vars nuwe geloofspraktyke vir ontluikende kerke op ons etenstafel neer te sit. Ewe aangrypend, oog-oopmakend en uitdagend is sy insigte in missionêre gemeentes in die laaste hoofstuk van die boek.

Nuwe Drome Nuwe drome vir nuwe werklikhede is sonder twyfel die belangrikste boek op die Suid-Afrikaanse kerklike toneel oor die Nelus Niemandtafgelope klompie jare. Dit is horison­verskuiwend en kontekstueel. Dit is deurdag, simpatiek, ontblotend, gevaarlik, maar altyd goeie medisyne! Terselfdertyd bied hierdie boek fantastiese hulpmiddels tot eksperimentering vir alle oopkop, saamdinkende gelowiges, met stylvolle visuele toepassings en roerende verhale oor ontluikende kerke.

Nuwe drome vir nuwe werklikhede het my kop van voor af geswaai. Dit is goed, groot en groots! Nelus het goed daarin  geslaag om die insigte van die mees invloedryke eietydse denkers oor kerkwees in homself te internaliseer en op vars maniere te verwoord! Hiermee saam het hy ‘n klompie radikale nuwe insigte op ons elkeen se kerklike voorstoep kom neersit. Lees dit … en droom saam oor die kerk van die Here in die nuwe werklikhede wat voor ons staan.

Doug Pagitt Nouja, ‘n mens moet onmiddellik vra of daar nie ‘n skroef los is nie as jou kop geswaai en oopgemaak word deur iemand wat met ’n aansteeklike nederigheid Harry Potter en ontluikende teoloë omhels wat die Here Jesus in die openbaar verloën, soos o.a. Brian McLaren, Leonard Sweet, Rob Bell Tony Jones, Doug Pagitt en ook ander persoonlikhede van die Ontluikende Kerk. Beide Rob Bell enRob Bell Doug Pagitt na wie Nelus Niemandt in sy boek verwys, het teen die wil van God se opdrag in 2 Kor 6:14 verlede jaar tussen 11 en 15 April tydens die Seeds of Compassion” konferensie in Seattle, Amerika, saam met die 14de geïnkarneerdeDalai Lama Dalai Lama van Tibet (wat as ‘n god beskou word), en Boedhiste, Mohammedane, Hindoes, Jode en ander gelowe op dieselfde verhoog verskyn om te besin oor nuwe wyses waarop barmhartigheid wêreldwyd verspei kan word. En ja, ek het amper vergeet, die immergroen grappiesmaker van die Anglikaanse Kerk, Biskop Desmond Tutu, was ook daar. Hy het langs die Dalai Lama op ’n erestoel gesit. Hulle het deurentyd met mekaar gewedywer om te kyk wie nou eintlik die nederigste was. Desmond het na Lama verwys as “your holiness” en Lama het op ’n keer na Demond verwys as “my boss.” Die Evangelie wentel lank nie meer om die kruis van Jesus Christus en wat Hy  as plaasvervangende slagoffer met ons sondige natuur aan die kruis gedoen het nie, maar om ander se pyn en seerkry jou eie te maak. Sprekers asook konferensiegangers by die konferensie het telkens van hulle eie en ander se stories  van pyn, lyding en seerkry vertel en hoedat hierdie beginsel in alle godsdienste vooropgestel word en dus as ‘n eenheid kan saamwerk om barmhartigheid (“compassion”) in die wêreld te verspei. Die konferensie was Desmond Tutuhoofsaaklik op die jeug gerig. Nelus sê op bladsy 102 van sy boek “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede”

Die waarheid is natuurlik dat dit nie so maklik is om by ander mense betrokke te raak nie. Die indiwidualisme van ons tyd het ons hard gemaak. Dit vat moed om ander se pyn, seerkry en nood jou eie te maak. Maar dit is die evangelie. Een van die beste maniere om ander se pyn en seerkry jou eie te maak, is om te luister na die stories van ander. Stories is die beste medisyne teen alleenheid en indiwidualisme. Dit is eers wanneer ons aan mekaar gebind is en genoeg vertroue het om ons verhale van seerkry met mekaar te deel, dat lewensveranderende genesing kan begin. (Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede, p. 102)

Die Dalai Lama en Desmond Tutu kon hierdie woorde netso as ‘n inleiding tot hulle “Seeds of Compassion” Konferensie gebruik het.

Wat! Ons moet na mekaar se stories luister en mekaar se hartseer, lyding en pyn met mekaar deel sodat daar genesing kan kom? Dit is niks anders as ‘n klap in die gesig van die Here Jesus wat gesê het:

Mat 11:28 en 29 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.

Suid-Afrika, en in die besonder die Suid-Afrikaanse kerke, hoe lank gaan julle hierdie valse leraars en profete verduur? Hoe lank gaan julle nog toelaat dat hulle die Here Jesus se gesig met hulle spuug, hoon, smaad en hulle sg. liefde skend, sy heilige Naam beswadder en oneer aandoen?

Die Evangelie is om ander se pyn, seerkry en nood jou eie te maak? Werklik . . .? Indien dit so was, sou dit beteken dat elke Jan Rap en sy maat in enige ander godsdiens die Evangelie (Goeie Booskap) sou kon uitdra en verkondig omdat, soos die “Seeds of Comapassion” Konferensie aangetoon het, alle godsdienste daarop aanspraak maak dat dit hulle doel is om ander mense se pyn, seerkry en nood hulle eie te maak. Is dit die soort kop-swaaiende leuens wat Dr. Stepan Joubert met die aansteeklike nederigheid van Dr. Nelus Niemandt ten hemele besing en aanprys? Waarom kry so baie mense in ons gebroke wêreld so seer; waarom ly hulle en is hulle nood soms so groot? Statistieke toon dat die gulsige gierigheid, korrupsie en inhaligheid van wêreldleiers, en veral in Afrika, een van die grootste oorsake is van die ellendige armoede en hongersnood waarin miljoene mense hulle tans bevind. Ook hier in Suid-Afrika, is daar byna daagliks berigte in die media van leiersfigure wat die Carl Niehaus grootste belhamels is ten aansien van die verarming van die grootstye deel van die land se bevolking. Carel Niehaus en die groot kerkman, Alan Boesak, is sprekende voorbeelde van leiersfigure wat hulle eie mense se seer, nood en pyn met hulle korrupsie South African politician Allan Boesak addresses the supporters of the newly-formed party,  Congress of the People, Cope, at the final session of Cope's three-day founding conference in Bloemfontein, South Africa, Tuesday Dec. 16, 2008, after announcing he was joining the breakaway party. (AP Photo/Jerome Delay) vererger en vergroot het. G’n wonder die Bybel sê dat die hele wêreld in die mag van die bose lê nie. Die Here waarsku ons in sy Woord dat daar ‘n tyd sal kom wanneer wetteloosheid, anargie en chaos hoogty sal vier omdat die gees van die antichris en sy wetteloosheid die hele samelewing sal deursuur.

Met in agneming van die hoëlui se korrupsie in Suid-Afrika word die oproep om die pyn, seerkry en nood van die mense jou eie te maak ‘n belaglikheid omdat die sg. geestelikes weinig of ooit die werklike oorsake van hierdie lyding en nood aanspreek. Pleks van om dit te doen, begogel die postmoderne geestelikes ons jeug deur hulle aandag af te trek van die werklike probleme in die land en hulle gewoond te maak aan God-onterende boeke en films soos Harry Potter, The Matrix, Lord of the Rings, The Golden Compass, en ander okkultiese media. Nog meer, om hulle verstand te benewel met mistieke praktyke soos Lectio Continua, Lectio Divina, Labarinte wandelings ens. ens.

Harry Potter Stephan besing die lof van Nelus se verstaan van die bedreiging wat die “Christenheid” vir die Evangelie van Jesus Chistus inhou, maar is klaarblyklik heeltemal blind vir die gevare wat Harry Potter en die ontluikende teoloë daarvoor inhou. Nelus skryf soos volg oor die belang wat antieke geloofspraktyke, insluitende towery (wat oorvloediglik in die Harry Potter reeks beoefen word) op ons jeug het.

In die Harry Potter‑reeks illustreer die films die belang van antieke waarhede vir nuwe geslagte. Let op hoeveel boeke daar in die klaskamers en kantore van die skool is waar die verhaal afspeel. Die kinders moet ou-ou waarhede leer. Die kinders moet ook antieke spreuke en lewensreëls aanleer. So word die films (en boeke) ‘n les in die belang van antieke waarhede vir toekomstige geslagte. (Nelus Niemandt: Drome vir Nuwe Werklikhede, p. 138)

Ek sal nie graag eendag in die oordeelsdag in enigeen se skoene wil staan wat ons jongmense op so ‘n gruwelike wyse mislei nie. Daar staan tog immers geskrywe: “ . . . maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.” (Mat 18:6). En tog is Stephan Joubert in ekstase oor die kop-swaaiende goeie, groot, grootse en horisonverskuiwende boek van Dr. Nelus Niemandt.

Voordat ek Nelus Niemandt verder aan die woord stel, wil ek die leser graag net weer herinner aan wat Alice Bailey jare gelede oor die ou antieke leerstellings gesê het:

. . . daar sal ‘n Universele kerk verskyn, en die definitiewe hooftrekke daarvan sal teen die einde van hierdie eeu verskyn . . . Hierdie kerk sal Alice Bailey tot aksie aangespoor word deur die Christus en sy dissipels wanneer die uitstorting van die Christus-beginsel, die WARE tweede Koms volbring is . . . die Christenkerk in sy veelvuldige vertakkinge kan as die nukleus dien om wêreldverligting te bereik . . . die kerk as ‘n leerfaktor behoort die groot basiese leerstellings te neem en hulle ware en innerlike spirituele betekenis openbaar. Die belangrikste werk van die kerk is om te onderrig, en onophoudelik te onderrig, en om die uiterlike gedaante te bewaar met die doel om die menigtes wat gewoond is aan kerkgebruike, te bereik. Leiers moet opgelei word; Bybelkennis moet versprei word; die sakramente moet misties vertolk word, en die kerk se krag om te genees moet gedemonstreer word. – Alice Bailey (2) (Uit die Engels vertaal) (Klem bygevoeg). Alice Bailey, The Externalization of the Hierarchy, 1957, Lucis Publishing.) Lucis Trust het aanvanklik bekend gestaan as Lucifer (Satan) Trust.

As dit nie ‘n bloudruk is vir die Ontluikende Kerk nie dan weet ek darem nie so mooi nie. Sy lê klem op presies dieselfde dinge as die leiersfigure in die Ontluikende Kerk.

  1. Gebruik die ou basiese leerstellings en herverwoord hulle net so bietjie sodat die menigte kerkgangers wat aan die slaap is met ‘n slap riem gevang kan word.
  2. Keer terug na die mistiek van die vroeë kerk (en in besonder die Rooms Katolieke Kerk).

Die vraag is: Waarom moet die Universele (ontluikende Kerk) dan juis bekend staan as ‘n kerk van Jesus- of Christus-volgelinge? Waarom moet die gedaante van godsaligheid behou word? (2 Tim 3:5). Opvallend van hierdie Jesus-volgelinge is dat hulle baie selektief is in hulle keuse van Bybeltekste en veral dié tekste wat nie so lekker verteerbaar is nie gerieflikheishalwe vermy of selfs verwerp. Paulus se uitspraak dat die hele Skrif deur God ingegee is en nuttig is tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, en tot onderwysing in die geregtigheid, is vir hulle onbelangrik omdat dit hulle muilband in hulle vrye keuse om slegs dié tekse te neem wat hulle volgelingskap (dissipelskap) van Jesus beklemtoon. Tekse waarin woorde soos “barmharigheid,” “liefde,” “vrede,” “ontferming,” “goedertierenheid,” “nederigheid,” en “sagmoedigheid” voorkom is hulle kos maar sodra woorde soos “toorn,” “geween en gekners van tande,” “oordeel,” en “poel van vuur” voorkom dan vermy hulle dit soos die dood. Waarom moet die Ontluikende Kerk mense voortbring wat as volgelinge van Jesus bekend staan? Ek dink die antwoord moet gesoek word in die feit dat die Antichris, wanneer hy uiteindelik op die toneel verskyn, sal sê “Ek is die Christus.” Die woord “Antichris” het tegelykertyd twee aanvullende betekenisse – “teen Christus” maar ook “in die plek van Christus.” Die voor die handliggende betekenis hiervan is dat sy volgelinge ook as Christus- of Jesus-volgelinge bekend moet en sal staan. Indien  die Antichris ‘n namaaksels is van die werklike Christus, dan moet sy volgelinge dus ook namaaksels wees van die werklike volgelinge van Jesus. Laat my toe om u te vra: “Volg jy die werklike Jesus van die Bybel of ‘n namaaksel van Hom?” G’n wonder die Here Jesus het gewaarsku nie: “Pas op dat julle nie mislei word nie.”

Die kerk moet dus nie afgeskryf word nie; dit moet net in ou-nuwe (ancient-future) gedaantes waarvan die mistiek ‘n oorkoepelende rol speel, ingebed word om van hierdie wêreld ‘n beter plek te maak. Die kerk is inderdaad reeds deur die post-moderne fasiliteerders (change-agents) gekaap en hulle is besig om Alice Bailey se aanbevelings vir die kerk baie getrou na te volg, of hulle dit wil erken of nie. Kom ons kyk nou wat sê Nelus Niemandt wat daarin geslaag het om Stephan Joubert se kop te swaai (en ek weet nie hoeveel ander predikante se koppe ook nie. Ek kan jou verseker, daar is reeds baie predikante wat Sondae vanaf hulle preekstoele die Ontluikende Kerk aan hulle lidmate opdis, en ook diegene wat nie daarmee wil saamgaan nie, uit hulle kerke ban.

Antieke spiritualiteit

Erwin McManus Ontluikende kerke het ‘n voorliefde vir die antieke spiritualiteit en gebruike wat in die vroeë kerk teenwoordig was . . . Ewin McManus praat van die Christelike lewe as The Barbarian Way om daarmee aan te dui dat dit ‘n lewe van dissipelskap is wat op die gebruike van die vroegste Christene gebou is. Hy sê dat dit ‘n tragedie is dat so baie Christene Jesus as Here bely, maar onder die invloed van Christenheid mak geword het en so die krag van hulle antieke spiritualiteit verloor het.

Die geloofwaardigheid van jou dissipelskap word dus nie meer langer getoets aan jou gehoorsaamheid aan Christus se vereistes vir dissipelskap nie (Matt 16:24; Luk 16:24), maar die gebruike (tradisies) van die vroegste Christene en die krag van hulle antieke spiritualiteit. Paulus het gewaarsku: Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan” (Hand 20:29, 30)

Geestelike dissiplines

Daar is besondere waardering vir die ou gebruike en geestelike dissiplines wat vir baie eeue ‘n groot rol in die Christelike kerk gespeel het. Ontluikende kerke wil ‘n mens juis help om hierdie antieke geloofspraktyke nuut te ontdek en te waardeer. In sekere kerke word sover moontlik by die klassieke gebedsure gehou, terwyl baie van hulle ryklik van die Lectio Continua gebruik maak. Dit is nogal verrassend om te ervaar hoe Tony Jones, een van die leiers in die ontluikende kerke, jongmense leer om antieke geloofsdissiplines te beoefen. Sy boekie “Read, Think, Pray, Live” kon netsowel gedien het as ‘n gids vir gelowiges in antieke tye. Hy bespreek lectio continua, oratio en contemplatio met die grootste gemak en verryk jongmense se geloof deur hierdie antieke dissiplines. Sy uitgangspunt is om weg te beweeg van die modernistiese benadering waar die teks beskou word as ‘n probleem wat opgelos moet word. Dit is nie asof die Here ‘n raaisel, toegedraai in poësie of prosa, geskiedenis of apokaliptiek, brief of Evangelie, aan die mensdom gegee het wat ten alle koste opgelos moet word nie. Dit is nie die mens wat bo-oor die Bybel staan om dit te interpreteer nie — die antieke gewoontes is eerder om jouself onder die Bybel te plaas en toe te laat dat die Bybel jou interpreteer. Len Sweet speel met die Engelse woord understand. “To understand the Bible, you must stand under it!”

In kort kom dit daarop neer dat jy nie meer nodig het om die Bybel met sy poësie of prosa, geskiedenis of apokaliptiek, of selfs die sendbriewe van Paulus en die ander apostels te verstaan nie. Daar is nou ‘n veel makliker en vinniger manier om in die teenwoordigheid van God te kom en te lewe ­­­— die beoefening van die antieke Leonard Sweet kontemplatiewe spiritualiteite­­­­ wat jou leer hoe om jouself   nederig onder die gesag van die Bybel te plaas. Len Sweet beïndruk mense met “sweet” woordespel “To understand the Bible, you must stand under it” maar as jy so ‘n bietjie dieper delf in sy en die ander ontluikende gurus se mening oor Bybelse leerstellings, dan word dit gou duidelik dat hulle hul juis nie onder die gesag van die Bybel plaas nie. Sweet skryf op bladsy 249 van sy boek “Quantum Spirituality” as volg oor die Evangelie van Jesus Christus.

The gospel is a story that is only partially completed. (D.w.s. die Here Jesus se triomfantelike uitroep aan die kruis “Dit is volbring” is betekenisloos). Openess to the mysterious suprises of the Spirit working through Logos, Pathos, Ethos, and Theos must affect our understanding of truth if we are to walk where the concret ends. Old things need to be said in new ways. New things can only be said in new ways. When they get corseted into old concepts, they get distorted and damaged. (Klem byegevoeg).

Volgens die ontluikende teoloë moet jy dus in jou soeke na die waarheid die Evanglie nie in konkrete, klaar-afgebakende grense inperk nie maar met die hulp van ou waarhede nuwe konsepte daaroor ontdek. Is dit miskien die rede waarom Brian McLaren in samewerking met Leonard Sweet ‘n nuwe korrupte vertaling van die Bybel, genaamd The Voice die lig laat sien het? The Voice

Leonard Sweet se “sweet” beeldspraak “To understand the Bible, you must stand under it!” kry ’n geweldige lelike wanklank wanneer jy die voorwoord tot sy boek “Quantum Spirituality” waarin hy erkenning verleen aan die “New Light Leaders” lees. Daarin gee hy o.a. erkenning aan Matthew Fox, die bekende Episkopaalse priester wat die boek “The Coming of the Cosmic Christ” geskryf het. Hierin skryf hy soos volg:

I foresee a renaissance, “a rebirth based on a spiritual initiative” … This new birth will cut through all cultures and all religions and indeed will draw forth the wisdom common to all vital mystical traditions in a global religious awakening I call “deep ecumenism.” [Matthew Fox, The Coming of the Cosmic Christ (San Francisco, CA: HarperCollins, 1988), p. 5.

Daar word gesê dat Stephan Joubert vandag een van die stemme is wat die duidelikste vir die Here in Suid-Afrika opklink. Kom ons toets hierdie lofuiting aan die sg. reëls van assosiasie.

  • Stephan praat met groot lof van Nelus Niemandt.
  • Nelus Niemand besing die lof van Leonard Sweet.
  • Leonard Sweet gee erkenning aan een van die ”New Light leaders,” Matthew Fox.
  • Matthew Fox verkondig die weergeboorte van ‘n spirituele inisiatief wat deur die koms van die Kosmiese Christus in alle kulture en godsdienste ingeadem sal word.

Max Lucado So terloops, Max Lucado het ‘n boek geskryf met die titel “A Cosmic Christmas” waarin hy op lasterlike wyse die vleeswording van Christus beskrywe. Die engel Cosmic Christmas Gabriël ontvang ‘n flesse van die Vader wat aanvanklik leeg is maar wanneer hy weer kyk, sien hy dat dit gevul is met die essensie van Christus.

He [God the Father] motioned toward me, and I responded, kneeling again before Him. Handing me the necklace, he explained, “This vial will contain the essence of Myself; a Seed to be placed in the womb of a young girl. Her name is Mary. She lives among My chosen people. The fruit of the Seed is the Son of God.
Take it to her.”
“But how will I know her?” I asked.
“Don’t worry. You will.”
I could not comprehend God’s plan, but my understanding was not essential. My obedience was. I lowered my head, and He draped the chain around my neck. Amazingly, the vial was no longer empty. It glowed with Light. (Klem bygevoeg)

Het jy opgemerk hoe subtiel jy geleer word om die Bybel nie te verstaan nie maar om soos ‘n zombie maar net gehoorsaam te wees? “I could not comprehend God’s plan, but my understanding was not essential. My obedience was.” Die Here sê dan juis dat sy volk (kinders) te gronde gaan weens ‘n gebrek aan kennis (Hosea 4:6).

En ek was nog altyd onder die indruk dat die Here Jesus uit die maagd Maria gebore is deur die Heilige Gees. Nou hoor ek die engel Gabriël was ook daarby betrokke. Ja, natuurlik het die engel Gabriël as boodskapper van die geboorte van Jesus aan Maria verskyn, maar ek lees nêrens dat hy ‘n fles met die essensie van Jesus in haar moedrskoot moes inplant nie.

Dit is maar weer eens die ou afgesaagde storie van die Julian Mullers van hierdie wêreld dat die Evangelie herverwoord moet word om aan te pas by die post-moderne mens se denke en leefwêreld. Kyk maar weer ‘n slag wat Alice Bailey hierbo gesê het en lees sommer ook wat sy oor die Koninkryk van God hier op aarde gesê het:

Your spiritual goal is the establishing of the Kingdom of God. One of the first steps towards this is to prepare men’s minds to accept the fact that the reappearance of the CHRIST is imminent. You must tell them everywhere that the Masters and Their groups of disciples are actively working to bring order out of chaos. You must tell them that there IS a Plan, and that nothing can possibly arrest the working out of that Plan. You must tell them that the Hierarchy stands, and that it has stood for thousands of years, and is the expression of the accumulated wisdom of the ages. You must tell them above all else that God is love, that the Hierarchy is love, and that Christ is coming because He loves humanity.

“It is time that the church woke up to its true mission, which is to materialize the kingdom of God on earth, today, here and now.… People are no longer interested in a possible heavenly state or a probable hell. They need to learn that the kingdom is here, and must express itself on earth … The way into that kingdom is the way that Christ trod. It involves the sacrifice of the personal self for the good of the world, and the service of humanity…” — Alice Bailey (Cited in chapter 15 of “In The Name of Purpose”).

Ek sluit hierdie eerste deel van my besinning oor die liefde af met hierdie vraag. As Dr. Stephan Joubert so ‘n belangrike stem is wat vir die Naam van Jesus in Suid-Afrika opklink, waarom vereenselwig hy hom met mense wat Jesus Christus se Naam oneer aandoen en verloën? Waarom repudieer hy hulle nie in die openbaar nie? Waarom kies hy nie om gehoorsaam te bly aan die Here wat hy sê hy navolg nie? Waarom doen hy nie wat Paulus gesê het “om hard te stry vir die geloof wat eenmaal deur die apostels aan ons oorgelwer is” nie? Ek wil hom uit die diepte van my hart aanmoedig om hom van sy verkeerde weë te bekeer en daadwerklik te begin om hard te stry vir die Evangelie van Jesus Christus en nie ‘n klomp valse profete se leuens die lof te besing nie. Ware liefde is om God se kudde teen valse leraars en hulle dwaalleringe te beskerm. Doen dit asseblief.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 21 Comments »

Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede – Nelus Niemandt

Posted by Thomas on December 9, 2008

Nuwe Drome Die ontluikende spiritualiteit (postmoderne, "ancient-future" [eertyds-toekomstige] missionêre kerk) het ‘n groot hupstoot in die Suid-Nelus Niemandt Afrikaanse N.G. Kerk gekry toe die boek "Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede" onlangs vrygestel is. Die outeur, Dr. Nelus Niemandt, is verbonde aan die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Pretoria waar ‘n briljante student en geleerde, Ferdie Mulder, op skaamtelose wyse in 2007 geskors is ná n ewe skandalige ondersoek na sy klagte dat sommige van die professore nie langer glo in die maagdelike geboorte en die fisieke opstanding uit die dood van Jesus Christus nie. Die professore (belydende Christene) is op al die aanklagte onskuldig bevind en word tans nog steeds toegelaat om hulle verderflike kettery aan ons toekomstige predikante te verkondig.

Dr. Nelus Niemandt se boek is deurspek met ontluikende brabbeltaal wat op die oog af eg Skriftuurlik lyk en tog dwing dit ‘n mens om ‘n skeptiese wenkbrou te lig as jy sien hoe kwistig hy gebruik maak van aanhalings uit boeke en geskrifte van Brian McLaren, Leonard Sweet, Rob Bell, Erwin McManus, Doug Pagitt, Dan Kimball, Thomas Bandy, Rodney Clapp, Karen Ward, Eddie Gibbs, Ryan Bolger, Martin Buber, Daniel Coleman en

baie ander. Selfs aanhalings uit bekende films kry voorkeur bo die yl gesaaide aanhalings uit die Bybel (waarvan sommiges geneem is uit Eugene Peterson se korrupte vertaling, Die Boodskap). Om die waarheid te sê, toe ek die boek die eerste keer onder oë neem, het ek die indruk gekry dat die groot filmmaatskappye nie meer nodig het om biljoene te spandeer op reklame nie; Nelus Niemandt doen dit vir hulle en dit nogal sonder ekstra kostes. Maar wag, grappies op n stokkie: Ek was pynlik geskok toe ek sien hoedat hy die filmreeks Harry Potter met lof besing. Hier’s wat hy op bladsy 138 sê:

 Harry Potter In die Harry Potter‑reeks illustreer die films die belang van antieke waarhede vir nuwe geslagte. Let op hoeveel boeke daar in die klaskamers en kantore van die skool is waar die verhaal afspeel. Die kinders moet ou-ou waarhede leer. Die kinders moet ook antieke spreuke en lewensreëls aanleer. So word die films (en boeke) ‘n les in die belang van antieke waarhede vir toekomstige geslagte.

Die ou waarhede waarna hy verwys is ooglopend die sg. waarhede van, ondermeer die Woestynvaders. Is die outeur besig om die gevaarlike towery, heksery en towerkuns van Harry Potter bewustelik of onbewustelik aan die "waarhede" van die Rooms Katolieke mistisisme van weleer te koppel? Hy sê met uitgelate ekstase op bladsy 139:

`n Jong retraitemeester, Herman Holtzhausen, diep geskool in die tradisies van die woestynvaders, het my een maal genooi om katkisante vir ‘n Saterdag na sy retraitesentrum te bring. Ek was nogal gespanne — om ‘n klomp tieners uit Johannesburg te neem vir ‘n Saterdag van kontemplasie en nadenke en baie stilte kan maklik anders verloop as wat ‘n mens hoop. Wat ‘n verrassing! Baie van die kinders het daardie besondere Saterdag beskryf as een van die geestelike hoogtepunte van die hele jaar, ‘n paar het dit selfs as van die mooiste oomblikke in hulle hele lewe beskou.

Ons moes eenvoudig weer ‘n keer met iets soortgelyks waag. Ons gemeente het ‘n jeugkamp vir hoërskoolkinders gehou. As deel van die kampprogram is tyd ingeruim sodat die kinders, aan die hand van die klassieke twaalf kruisstasies, in stilte kan nadink oor die gebeure en hulle lewe. Die gewyde erns en toewyding waarmee hulle vir byna drie ure daaraan deelgeneem het, het al ons predikante diep ontroer. In die evaluering van die kamp het meeste kinders dit as die hoogtepunt aangedui!

Hierdie jong seuns en dogters wat nodig het om die onvervalste Evangelie van Jesus Christus te hoor, word langs ‘n weg gelei wat uiteindelik op vernietiging sal uitloop as hulle hul nie bekeer en glo soos die Skrif sê nie. Dit is tipies van die ontluikende beweging om soliede Bybelse leerstellings ter wlle van ‘n ervaringspiritualiteit en ‘n onbybelse missiologie opsy te skuif. Dr. Niemandt moedig die kerk aan, en in die besonder die N.G. Kerk, om die kettings van die Modernisme te breek en om die nuwe missionêre strategie van die ontluikende kerk te omarm, en tog ondersteun hy heelhartig die boeke van Brian McLaren wat die volgende God-onterende dinge kwytraak:

Brian McLarenEk glo nie ons het die Evangelie nou al reg nie. Wat beteken dit om ‘gered te wees?’ Wanneer ek my Bybel lees, sien ek nie die betekenis daarvan raak nie. ‘Ek gaan hemel toe as ek sterwe.’ Voor die moderne evangelisasie het niemand Jesus Christus as hulle persoonlike Verlosser aangeneem nie, of in die kerkpaadjie afeloop nie, of die sondaarsgebed opgesê nie. [1]

Ek moet egter byvoeg dat ek nie glo om dissipels te maak dieselfde moet wees as om volgelinge van die Christelike geloof te maak nie.  Dit sou raadsaam wees om in baie gevalle (nie almal nie) mense te help om volgelinge van Jesus te word en om [terselfdertyd] in hulle Boeddhistiese, Hindoeïstiese of Joodse konteks te bly. [2]

Ek voel soos ‘n fundamentalis wat besig is om sy greep te verloor – wie se fundamentele waardes besig is om te kraak en uit te rafel en uit mekaar te val en deur my vingers te glip. Ek het gedink ek bou my huis op rots maar dit was toe ys, en noudat aardverwarming toegeslaan het, smelt die ys en alles tuimel inmekaar [3] (Uit die Engels vertaal)

Dr. Niemand skuld sy katkisante ‘n verskoning en ‘n verduideliking vir sy onnadenkende en baie gevaarlike assosiasie met Brian McLaren  wat nie weet wat dit beteken om gered te wees nie en wie se lewe gebou is op smeltende ys. Hoe op dees aarde kan jy die jeug vir Christus bereik wanneer jy die onbybelse uitsprake van ‘n man wat Jesus klaarblyklik nie ken nie agternapraat? Christus het gesê:

Mar 9:42 En elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as ‘n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word. (Klem bygevoeg).

Die see word as metafoor gebruik om aan te dui hoe volkome God sondaars hulle sondes vergewe waneer hulle hul tot Hom bekeer.

Mig 7:19 Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp. (Klem bygevoeg).

Die Here het dus in werklikheid gesê dat iemand wat kinders geestelik mislei in die dieptes van die see, waar die sondes gewerp word, gesmyt moet word. So erg is dit om kinders op ‘n dwaalspoor te lei.

Op bladsy 136 maak Dr. Niemandt ’n onderskeid tussen dit wat was en dit wat nog kom. Hy sê ook dat die postmoderne geestlike leiers op paradokse floreer in teenstelling met die ou leierskap in die kerk wat noukeurig tussen wit en swart onderskei het. Dit klink eerder na ‘n growwe weerspreking veral as jy in ag neem dat die ontluikende volgelinge daarop aanspraak maak dat hulle "barbaarse" volgelinge is (met opregte dank aan Erwin McManus) van Jesus Christus (wat altyd n klinklare onderskeid gemaak het tussen wit en swart, reg en verkeerd, regverdigheid en onregverdigheid ens.), maar in werklikheid en paradoksaal mekaar met ‘n fundamentalistiese bewondering navolg. Enigeen wat die leerstellings van mense navolg is nie besig om Jesus Christus te volg nie maar ‘n ander Jesus (Matteus 15:9).

Leef ons in die tyd waarna Paulus profeties verwys het as die afkap van die naam-Christene van die Olyfboom?


[1] http://www.brianmclaren.net/archives/000271.html

[2] A Generous Orthodoxy, p. 260

[3] A New Kind of Christian, p. 22

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | Leave a Comment »

Die Wyer-Gemaakte Poort en Pad

Posted by Thomas on November 20, 2008

Ek het onlangs tydens een van ons Bybelstudies twee lang palmtakke teen mekaar staan gemaak sodat dit soos ‘n poort of deur moes lyk om die betekenis van die nou poort en die smal pad in Mattheus 7:13 aan my gehoor te verduidelik. Daarna het ek hierdie “vindingryke” poort van my so ‘n klein bietjie wyer gemaak en my gehoor gevra of dit nog as dieselfde en oorspronklike poort beskou kon word. Hulle het feitlik deur die bank saamgestem dat dit nie dieselfde poort kon wees nie omdat die oorspronklike aansien of voorkoms daarvan van “nou” na wyer” verander is. Ek het hulle daarop attent gemaak dat hierdie “wyer-gemaakte” poort ook nie meer langer op ‘n smal pad kon uitloop nie, maar op ‘n pad wat in verhouding met die wyer-gemaakte poort ook noodwendig wyer sal wees en dus ook nie meer met ‘n smal pad geassosieer kon word nie. My volgende vraag aan hulle was: Hoe sou julle sê maak mense hierdie nou poort en smal pad wyer? Sommiges het met interessante antwoorde vorendag gekom maar die eintlike ding waarna ek gesoek het, het ek soos volg verduidelik.

Terwyl mense in die verlede gewoonlik iets tot die verlossingsleer van Jesus bygevoeg het, neem hulle deesdae iets daarvan weg hoewel hulle nog steeds ander dinge byvoeg. Deur die eeue heen het die Rooms Katolieke Kerk en ook die Protestantse Kerkfamilie Jesus plus iets anders vooropgestel om die ewige lewe te kan beërwe:- Jesus + die doop; Jesus + goeie werke; Jesus + volharding; Jesus + die Sabbat-onderhouding op ‘n Saterdag; Jesus + die Nagmaal; Jesus + aalmoese; Jesus + die spreke in tale; Jesus + wonderwerke; Jesus + ‘n spesifieke kerk; Jesus + die uitverkiesingsleer (as jy nie volgens die Calvinisme uitverkies is nie, is jou doppie geklink, jy sal hel toe gaan); Jesus + rykdom en voorspoed, ens. ens. ens. Deesdae bly mense nog steeds verknog aan hierdie maniere om die poort en die pad wyer te maak, maar daar het intussen ‘n baie gevaarliker manier ingekruip en dit is om Bybelse leerstellings of dogmas by die venster uit te gooi. Dié is seker: Sodra die poort en pad wyer gemaak word, kan dit hoegenaamd nie meer die oorspronklike poort of pad wees nie. Dit is ‘n ander poort en ‘n ander pad wat deur ‘n ander Jesus, gees en evangelie aan mense opgedis word. ‘n Baie goeie voorbeeld hiervan het op 14 November vanjaar in Prof. Hennie Stander se blog gepryk toe hy verduidelik het hoedat hy by sy preekgeleenhede binne net tien minute kan agterkom of ‘n kerk ‘n groeiende of ‘n kwynende kerk is. Dit wil darem gedoen wees. Om binne die bestek van net 10 minute te bepaal of ‘n gemeente groeiend of kwynend is, sit nie in almal se broek nie. Die Here Jesus self het gesê dat Hy sy kerk met oneindige lankmoedigheid en geduld bou en gevolglik is dit net Hy wat vooruit kan weet of ‘n kerk volgens sy standaarde sal groei of kwyn. Die kerk in Laodisea het gedink hulle is ryk en het verryk geword maar hulle was ellendig, beklaenswaardig, arm, naak en blind. Ek wonder net hoe Prof. Hennie ‘n kerk soos Smirna in Openbaring 2 sou evalueer. Hulle was verdruk; hulle was arm; die mense wat voorgegee het hulle is Jode maar inderwaarheid die Sinagoge van die Satan was, het hulle lelik gelaster; en sommige van hulle is deur die Satan in die tronk gegooi. Ten spyte hiervan het hulle getrou gebly aan God en sy leerstellings (dogmas).

Een van Prof. Hennie se vereistes vir ‘n groeiende kerk is dat hulle na ‘n stukkende wêreld moet uitreik. Pragtig! Christene is veronderstel om na ander mense in hulle nood uit te reik, maar watter tipe boodskap kan hulle aan ‘n stukkende wêreld bring wanneer kerke en hulle gemeentes nie meer belangstel in dogma en teologie nie? Dit is nie armoede, hongersnood en VIGS wat die wêreld stukkend maak nie maar die toestand van die individuele harte van mense wat sonder hoop en sonder God in hierdie wêreld wil lewe. Het u vergeet, Prof. Hennie, dat die geloof uit die gehoor is en dat die gehoor deur die prediking van God se Woord is (Romeine 10:17 – d.w.s. suiwer dogma en teolgie)? Predikers, kerke, gemeentelede of wie ookal wat van hierdie stukkende wêreld ‘n beter plek wil maak sonder om God se dogmas en teologie as die enigste oplossing vir die mensdom se dilemmas voorop te stel en te prioriseer, is besig met filantropiese werk en niks anders nie. Hierdie sg. uitreikaksies vorm deel van die nuwe missiologie wat sê: Behou jou eie godsdiens, voeg net vir Jesus by. Dit kom dus maar weer neer op Jesus + jou eie godsdiens. Glo my vry, die nou poort en smal pad gaan in  die komende jare al hoe wyer en wyer gemaak word deur mense wat die gedaante van godsaligheid het maar die krag van God se Evangelie (dogma en teologie) sal verloën. Een van die voorlopers van die nuwe missiologie, Rick Warren, het gesê:

I’m not talking about religion this morning. You may be Catholic or Protestant or Buddhist or Baptist or Muslim or Mormon or Jewish or you may have no religion at all. I’m not interested in you’re religious background. Because God did not create the universe for us to have religion.[1] (Klem bygevoeg)

Kom ons  vergelyk Prof. Hennie Stander se siening dat mense nie meer belangstel in dogma en teologie nie met dié van Rick Warren.

Ek het oor die jare heen baie rondgereis en in verskillende gemeentes regoor Suid-Afrika, asook in die

Prof. Hennie Stander

Prof. Hennie Stander

buiteland, gepreek. En binne 10 minute nadat ek by ’n kerk is, kan ek sien of dit ’n lewendige en groeiende kerk is, en of dit ’n kwynende kerk is. Laat ek ’n paar eienskappe van groeiende kerke noem:

Dit is kerke waar daar ’n suksesvolle musiekbediening is. Musiek (nie seks nie)[2] speel ’n geweldige belangrike rol. Die prediking moet eenvoudig, maar aktueel, wees. Die mense stel nie belang in dogma en teologie nie. Hulle wil hulp kry oor hoe om gewone daaglikse eise van die lewe te kan hanteer. Groeiende kerke is kerke waar daar gesonde verhoudinge is. Die mense ken mekaar, en kom met mekaar oor die weg. Hulle sorg vir mekaar, en gee vir mekaar om. Groeiende kerke is ook kerke wat vir hulle jongmense omgee. Ek ken baie mense wat by ’n kerk gaan aansluit het, sodat hulle kinders ’n warm kerklike tuiste kan hê. Groeiende kerke is kerke wat nie na binne gekeer is nie, en net na hul eie (seksuele) behoeftes omkyk nie, maar dit is kerke wat uitreikaksies het, en wat uitbeweeg uit hul kerk na ’n stukkende wêreld.[3] (Klem bygevoeg).

Het u opgelet dat die gemeentelede se oorboord gooi van dogma en teologie een van die maatstawwe is waarvolgens Prof. Hennie binne tien minute kan vasstel of ‘n kerk ‘n groeiende en suksesvolle of ‘n kwynende kerk is? Kom ons trek sy briljante opmerking deur na ons grondwet (dogmatiese wette, reëls en regulasies) en u sal gou-gou agterkom dat so ‘n “welmenende” siening op ongebreidelde chaos sal uitloop. Veronderstel ons sou almal sê: Ons stel nie belang in ons land se grondwet nie. Ons wil net weet hoe om die gewone daaglikse eise van die lewe te kan hanteer. Die ironie is dat ‘n aansienlike persentasie van ons bevolking die daaglikse eise van die lewe wil oplos met diefstal, moord, verkragtings, korrupsie ens. en sou daar in gemeenteverband vir hulle geleer word om hierdie dinge nie te doen nie, is ons weer terug by suiwer dogma en teologie. Is dit nie wat die streng dogmatiese tien gebooie van God ons leer nie, Prof. Hennie? Daar’s natuurlik ‘n ander manier om die gemeenskap te kry om saam te werk en dit is om die Nuwe Hartstigting en Inisiatief se norme en waardes waarvan Ds. Jannie Pelser van die Rant en Dal Gemeenskapskerk ‘n voorbanker is, op die samelewing los te laat. Volgens hulle beskeie mening is die samelewing self die formuleerders van gesonde normes en waardes en ons moet hulle maar net so ‘n bietjie aanpor om in te koop op hulle eie goeie normes en waardes. G’n wonder ons land is in so ‘n gemors nie.

Blykbaar dink Prof. Hennie dat ‘n kerk waarin die Here Jesus en sy ewig onveranderlike leerstellings nie meer figureer  nie ‘n “booming” suksesvolle kerk is. Skynbaar beteken die Here Jesus se woorde in Johannes 17:17: “Heilig hulle in U waarheid” (leerstellige waarhede), en ook in Mattheus 28:19: “ . . . en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het” net mooi niks nie. Wat sê die Here in sy Woord vir ons oor sy dogmas:

2 Johannes vers 9 Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. (Klem bygevoeg).

Daar is dus geen rede om te roem in ‘n kerk waarvan die herder en sy gemeentelede God se leerstellings op ‘n syspoor rangeer en hulle eerder toespits op die kweek van gesonde verhoudinge nie. Dit sou meer gepas wees om oor so ‘n kerk te treur en te huil omdat so ‘n kerk met gesonde verhoudings en al God se teenwoordigheid kwyt is. Johannes, die apostel van liefde wat geweet het hoe om gesonde verhoudinge te kweek, het sonder omhaal gesê hulle het God nie omdat hulle nie in Christus se leer bly nie. Jesus het eenmaal vir die Fariseërs gesê dat as hulle nie glo dat Hy God in die vlees is nie, sou hulle in hulle sondes sterf. Hy het nie ter wille van gesonde verhoudinge gesê dat hulle maar kan glo wat hulle wil nie of dat dit nie juis saak maak of hulle deur die nou poort gaan en die smal pad bewandel nie. Nee! Hy was streng dogmaties gewees. Ek kan u verseker, Prof. Hennie, enige kerk wat nie meer belangstel in Christus se dogmas en teologie nie, kan vir mekaar en hulle jongmense omgee soveel hulle wil; dit gaan nie deug nie omdat dit nie gesonde verhoudinge is wat mense help om die daaglikse eise van die lewe te hanteer nie, maar die gesonde leerstellings van God en sy Woord.

Die vraag is: Waar kom Prof. Hennie Stander aan die idee dat die groeikrag en sukses van ‘n kerk gemeet word aan mense se belangeloosheid in God se dogmas en teologie en eerder net wil hoor hoe om die daaglikse eise van die lewe te kan hanteer? Neem ‘n Mens in ag dat Prof. Hennie Stander baie goed bevriend is met Ds. Jannie Pelser van die Rant en Dal Gemeenskapskerk, Dr. Stephan Joubert[4] van die e-kerk, en dat hy (Stander) ‘n leerkrag is aan die Universiteit van Pretoria waar die leerstellinge van die ontluikende kerk onder leiding van Dr. Nelus Niemandt bevorder word, is dit voor-die-handliggend waarom hy sulke onbesonne dinge kan kwytraak. Die onderliggende energie wat die ontluikende kerk sy veerkragtigheid gee, is ervaring en verhoudinge en nie gesonde Bybelse leerstellings nie. In 1992 het Leigh Anderson, Doug Pagitt se voormalige pastoor, die volgende gesê oor die 21ste eeuse kerk:

The old paradigm taught that if you had the right teaching, you will experience God. The new paradigm says that if you experience God, you will have the right teaching. This may be disturbing for many who assume propositional truth must always precede and dictate religious experience. That mindset is the product of systematic theology and has much to contribute … However, biblical theology looks to the Bible for a pattern of experience followed by proposition. The experience of the Exodus from Egypt preceded the recording of Exodus in the Bible. The experience of the crucifixion, the resurrection and Pentecost all predate the propositional declaration of those events in the New Testament. It is not so much that one is right and the other is wrong: it is more of a matter of the perspective one takes on God’s touch and God’s truth.[5] (Klem bygevoeg)

Roger Oakland is volkome korrek as hy sê:

images-thumb.jpgAnderson is saying that the Word of God is still being written, and  today’s experiences can dictate what that Word is. This sounds like Pagitt when he said “putting words around people’s experiences to allow them to find deeper connection in their lives.”[6]

Leonard Sweet som hierdie versmagting na ‘n ervarings- en verhoudingsteologie soos volg op:

Post-modems want a God they can feel, taste, touch, hear and smell—a full sensory immersion in the divine.[7]

Hierdie aanbiddingswyse word Multi-sensoriese Aanbidding genoem, en is ‘n onding wat besig is om sy kop in talle Protestantse kerke, o.a. ook die NG Kerk uit te steek. Dit gaan gepaard met spirituele ervarings wat deur die gebruik van kerse, wierook, ikone en donker gebedstasies opgewek word. Dr. Nelus Niemandt skryf soos volg hieroor in sy boek “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede:”

Dit is “hele” mense en nie net rasionele mense wat aanbid nie. Daarom word moeite gedoen om al die  nuwe-drome.jpgsintuie te betrek in eredienste. Mense smag na whole body experiences. Al die sintuie word by aanbidding betrek en speel ‘n rol in die gebeure.

Sien: Daar word baie van visuele beelde gemaak en metafore speel ‘n groot rol in die prediking. Tegnologie word ook gebruik om beelde te projekteer. Kuns word ruim gebruik om sigbaar uitdrukking aan aanbidding te gee.

Hoor: Musiek, prediking, luister na verhale, maar ook nuwe waardering vir stilte en om God se stem in die stilte te hoor.

Proe Die liefdesmaal word in eredienste gevier en die gereelde viering van die nagmaal sorg dat eredienste ook ‘n proe-ervaring is. Gebedstasies gee die geleentheid om lidmate aan iets te laat proe wat die aanbidding bevestig (soos om aan sout te proe en so te onthou hoe waardevol die Woordverkondiging is).

Raak: Lidmate kry kans om aan mekaar te raak — ‘n voorbeeld is om mekaar te groet en jou hand op ‘n persoon se skouer te plaas tydens die uitspreek van die seënbede. ‘n Bak water waarin lidmate hulle hande kan steek aan die begin of einde van die diens help hulle om die doop te onthou.

Ruik: Die brood en wyn word geruik wanneer lidmate nagmaal vier. Wierook kan baie versigtig tydens gebed gebruik word om ‘n bewussyn van die heiligheid van die oomblik te skep.

Rex Miller meen dat die multisensoriese fokus in die toekoms nog verder kan groei na klem op aanraking en die verstand: “… the ultimate instruments of manipulation are the mind (interiors) and one fingers (exteriors). As we endlessly reconfigure and rearrange, we become participants in a changing world. [8]

Weet hierdie geleerde predikers wat soveel aansien in kerklike kringe geniet dan nie wat Jesus eenmaal gesê het toe die Samaritaanse vrou vir Hom sê: “Ons vind en ervaar God op hierdie berg maar die Jode sê dat ons Hom alleenlik in Jerusalem kan vind en ervaar.”

Johannes 4:20-23 Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom ‘n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie. Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode. Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

Is dit moontlik dat diegene wat voorspraak maak vir ‘n kerk waarin dogma en teologie nie meer belangrik is nie, nie weet wat hulle aanbid nie? Is dit moontlik dat hulle nie eens weet dat hulle hoegenaamd nie vir God nie maar iemand anders aanbid wat hom as God voordoen? Jesus het eenmaal in die teenwoordigheid van sy dissipels gebid dat God se Woord (dogmatiese leerstellings) die waarheid is (Johannes 17:17). Die redelike afleiding wat ‘n mens hiervan kan maak, is dat iemand wat God nie binne die parameters van hierdie waarheid aanbid nie, besig is om iemand anders te aanbid. Die feit is dat niemand God in waarheid kan aanbid nie as die Gees van waarheid nie in hom/haar woon nie (deur die Gees gewederbaar is nie). Hierdie waarheidsbeginsel is so intens belangrik dat God die gebede van ongelowiges as ‘n gruwel beskou (Spreuke 15:8) omdat hulle nie die Gees van God het nie en Hom gevolglik nie in waarheid kan aanbid nie.

Die voorbankers in die ontluikende kerk is besonderlik daarop ingestel om die jeug met hierdie nuwe multi-sensoriese aanbidding te indoktrineer omdat hulle onderskeidingsvermoëns nog nie deur oefening en ervaring skerp geslyp is nie. Nelus Niemand skryf:

Kontemplatiewe spiritualiteit soos "lectio continua, "lectio divina" en "stilte" is paaie wat teruglei na die Roomse tradisie.

Kontemplatiewe spiritualiteit soos "lectio continua, "lectio divina" en "stilte" is paaie wat teruglei na die Roomse tradisie.

Ek het nogal gewonder of Suid-Afrikaanse jongmense gereed is om ingelei te word in die wêreld van lectio continua en antieke geestelike dissiplines.`n Jong retraitemeester, Herman Holtzhausen, diep geskool in die tradisies van die woestynvaders, het my een maal genooi om katkisante vir ‘n Saterdag na sy retraitesentrum te bring. Ek was nogal gespanne — om ‘n klomp tieners uit Johannesburg te neem vir ‘n Saterdag van kontemplasie en nadenke en baie stilte kan maklik anders verloop as wat ‘n mens hoop. Wat ‘n verrassing! Baie van die kinders het daardie besondere Saterdag beskryf as een van die geestelike hoogtepunte van die hele jaar, ‘n paar het dit selfs as van die mooiste oomblikke in hulle hele lewe beskou. Ons moes eenvoudig weer ‘n keer met iets soortgelyks waag. Ons gemeente het ‘n jeugkamp vir hoërskoolkinders gehou. As deel van die kampprogram is tyd ingeruim sodat die kinders, aan die hand van die klassieke twaalf kruisstasies, in stilte kan nadink oor die gebeure en hulle lewe. Die gewyde erns en toewyding waarmee hulle vir byna drie ure daaraan deelgeneem het, het al ons predikante diep ontroer. In die evaluering van die kamp het meeste kinders dit as die hoogtepunt aangedui![9]

Wat hierdie predikante waarskynlik nie besef nie of miskien selfs doelbewus nastrewe, is dat hulle die oeroue sonde van die mens om ander weë na God en sy teenwoordigheid te soek en in die plek te bring van die enigste God-aanvaarde wyse (nl. deur die bloed van Jesus Christus) by mense inburger.

Hebreërs 10:19-22 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.

G’n wonder God waarsku teen weë wat vir die mens reg lyk maar die eindes daarvan is weë van die dood (Spreuke 14:12; 16:25).

Ek sou graag vir Prof. Hennie Stander wou vra of hy die bogenoemde aanhaling uit Hebreërs 10 as ‘n Heilige Gees geïnspireerde dogma van God beskou, maar ek kan dit ongelukkig nie doen nie omdat ek nie juis baie welkom is op sy “blog” nie. Indien hy ja sou antwoord, sou ek hom graag ‘n tweede vraag wou vra en dit is: Indien dit dan wel ‘n Heilige Gees geïnspireerde dogma is, waarom spoor hy mense aan om hulle belangeloosheid in dogma en teologie as ‘n voorwaarde vir groei en sukses in die kerk toe te eien? Derhalwe wil ek hom aanmoedig om eerder die volgende “groeiproses” soos ons dit in die vroeë kerk gevind het by sy volgende optredes in kerke, gemeentes en oor die hele wêreld aan sy gehore tuis te bring:

En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag. Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drie duisend siele toegebring. En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede. En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind. En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit. En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het. En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.

Let asseblief baie noukeurig op Prof. Hennie: Petrus het nie vir hulle gesê om ‘n suksesvolle musiekbediening aan die gang te kry of om hulle onderlinge verhoudinge op ‘n gesonde voet te bring sodat hulle kan groei nie. Hy het ook nie saam met die ander dissipels onderneem om hulle nie met dogma en teologie dood te gooi nie en nog minder het hy beloof om hulle in ‘n band van broederlike eenheid in gesonde verhoudinge saam te smee nie. Dit is in elk geval die werk van die Heilige Gees en Hy doen dit alleenlik wanneer die gemeentelede deur Hom in God se waarheid geheilig word. En wat is die essensie van hierdie waarheid? – dat Jesus Christus en sy Vader EEN is. Hierdie waarheid, vir u inligting Prof. Hennie Stander, is suiwer dogmaties – dit is suiwer teologie en enigeen wat dit ter wille van groei en sukses in ‘n gemeente onderdruk, vermy of versmaai, speel met vuur. Die sleutel tot sukses is om die waarheid soos ons dit in die Skrif vir ons opgeteken staan onvervals en onverdun aan ‘n verloregaande wêreld te predik en God self sal daagliks by die gemeente voeg die wat gered word. Dit, my liewe professor, is sukses en groei in volle bloei.

Salomo het eenmaal gesê daar is niks nuuts onder die son nie en as ‘n mens so kyk na Prof. Hennie se eienskappe en voorwaardes vir ‘n suksesvolle groeiende kerk, dan verbaas dit jou nie dat sy woorde die profetiese woorde van die apostels van weleer eggo nie. Vat nou maar net sy woord “Die mense stel nie belang in dogma en teologie nie. Hulle wil hulp kry oor hoe om gewone daaglikse eise van die lewe te kan hanteer en vergelyk dit met Paulus se woorde in 2 Timotheus 4:3 en 4

. . . want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

My pleidooi is dat jy jou heelhartig sal bekeer van jou verkeerde siening oor die dogma en die teologie soos ons dit in die Skrif vind en dat jy dit met mannemoed by alle geleenthede wat jy kry om plaaslik en oorsee te preek, sal verkondig sodat verlore mense gered kan word. Jy sal moontlik nie altyd so suksesvol wees nie omdat die onvervalste prediking van dogmatiese waarhede in die Woord jou ‘n vyand van baie mense sal maak. Maar onthou, die Woord sê nie vir ons “Mooi so, goeie en suksesvolle dienskneg nie,” maar “Mooi so goeie en getroue dienskneg.” God verwag nie van ons om suksesvol te wees of om sukses na te jaag nie, maar om getrou te bly aan Hom en sy dogmatiese waarhede en teologie, al lei dit na ons dood.

Kom ons kyk vir oulaas na Jesus se evaluering van sy en sy Vader se dogams, leerstellings en teologie.

Johannes 7:17 As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.

Johannes 8: 51 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie.

Johannes 14:23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.

Hiervolgens is dit baie duidelik dat Jesus Christus, anders as prof. Hennie Stander en so baie ander postmoderne predikers, ‘n geweldige hoë premie plaas op sy leer (dogma en teologie). Inderdaad, Hy lê ook geweldig baie klem op die feit dat alleenlik hulle wat bereid is om sy wil te doen, sal weet dat SY leer (dogma en teologie) van God kom. Enigiemand, hoe godsdienstig hulle ookal mag wees en hoeveel hulle ookal vir ander mag omgee en hoedanig hulle ookal na ‘n stukkende wêreld uitreik, wat Jesus Christus en sy Vader se dogmas en leersteellings op ‘n syspoor raangeer, het Hom nie lief nie. Dis wat SY dogma en teoloe sê en nie ek nie.

————————————————————————————-

[1] Rick Warren tydens die 2005 Verenigde Volke Gebedsontbyt, September 2005. Vir meer inligting oor hierdie Gebedsontbyt, sien “Rick Warren speaks about Purpose at United Nations” deur Rhonda Tse (Christians Post, September 14 2005, http://www.christianpost.com/article/20050914/21340_Rick_Warren_Speaks_about_Purpose_at_United_Nations.htm

[2] Prof Hennie Stander het sy artikel geskryf na aanleiding van Pastoor Ed Young van die Fellowship-kerk in Dallas, Texas, wat gevra het dat sy gemeente eerskomende Sondag vir ’n week van seks by die kerk moet kom aanmeld. Hy gaan hulle dan uitdaag om een keer per dag vir ’n week lank seks te hê. Omdat hy glo dat dit hulle sal help om op te hou kla. Vandaar Hennie Stander se afleiding dat ‘n suksesvolle musiekbediening geweldig belangrik is in die kerk en nie seks nie.

[3] http://www.carpediem.co.za/henniestander/

[4] Dr. Stephan Joubert het die voorwoord geskryf tot Dr. Nelus Niemandt se boek “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede” waarin hy die padaanwysers van die ontluikende kerk na ‘n nuwe hergedefinieerde Christendom onderskryf. Die padaanwysers is o.a. Brian McLaren, Leonard Sweet, Erwin MacManus, Rob Bell, Rick Warren en Doug Pagitt.

[5] Leigh Anderson, A Church for the 21st Century, p. 69

[6] Roger Oakland, Faith Undone, p.56

[7] ‘n Aanhaling deur Julie B Sevig in haar boek, The Lutheran, “Ancient New” uit Leonard Sweet se Soul Tsunami.

[8] Nelus Niemandt, Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede, p. 117

[9] Ibid, p. 139

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 2 Comments »

Word predikante goed genoeg opgelei?

Posted by Thomas on September 14, 2008

Flip Loots se gespreksgenoot in “Oop Gesprek” was op Sondagaand (14 Septemeber 2008) Prof. Malan Nel, Direkteur van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening by die Universiteit van Pretoria wat ook betrokke is by voortgesette bedienings-ontwikkeling in die NG Kerk en ook klas gee in praktiese teologie.

Flip Loots het die program geopen met ‘n kernbelangrike opmerking “Dat dit lyk, volgens die Bybel, asof die prediker in ‘n gemeente ‘n uiters waardevolle taak het. Die vraag nou is: Word predikante goed genoeg hiervoor opgelei en watter rol speel die Heilige Gees in die opleiding veral waar dit sy taak is, volgens die Bybel, om mense van Jesus te vertel.” Om die kernbelangrikheid hiervan te illustreer het hy Romeine 10:13 en 14 aangehaal:

Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?

Wie sou ooit kon dink dat die kerk, en in die besonder die NG Kerk, pertinent herinner moet word aan wat die eintlike doel en bediening van die kerk is? ‘n Mens sou verwag dat die NG Kerk hierdie besondere kernbelangrike waarheid heel bo aan hulle lys van prioriteite sou plaas. Dit herinner my aan wat ‘n groot prediker eenmaal gesê het:

If the church loses its primary goal to be a soul winning station for Christ, it may as well close its doors permanently.

Met hierdie skerp waarneming in my gedagtes, het ek die gevorderde soekfasiliteit op die webtuiste van die Teologiese Fakulteit aan die Universiteit van Pretoria, waar ons toekomstige predikante hul opleiding ontvang, geraadpleeg. Ek het spesifiek gesoek na woorde soos “bekering,” “verlossing, “redding,” “wedergeboorte,” “wedergebore” en “Heilige Gees.” “Raai wat? In elkeen van hierdie gevalle het die soekfasiliteit vir my gesê “Geen resultate gevind nie.” Daar is slegs twee artikels waarin onderskeidelik die woorde “gees” en “heilige” voorkom, nl. “Verklaring deur Dagbestuur van Kuratorium” en “Fundamentalisme: Grootste Bedreiging vir die Kerk.” Nouja, dit spreek nie alleen boekdele nie maar verduidelik ook terselfdertyd waarom ons toekomstige predikante en ook ‘n groot persentasie van ons huidige predikante kwalik voldoen aan die vereistes wat Romeine 10: 13 en 14 stel. Hulle word nie opgelei om deur die krag van die Heilige Gees mense na die Here te lei nie maar om ontslae te raak van fundamentaliste en veral die fundamentele waarhede van God’s Woord. Daar is tans 30 artikels en 7 preekhulpe op hulle webtuiste geplaas en nie ‘n enkele een verwys ‘n enkele keer na die bg. woorde wat in elke predikant se woordeskat behoort te wees nie.

Toe Flip Loots sy gas, prof. Malan Nel, vra om te verduidelik hoedanig die opleiding aan die Teologiese Fakulteit behartig word, het hy soos ‘n wafferse meester Romeine 10: 13 en 14 ontwyk. Ek het eers so heel aan die einde van die program agtergekom waarom hy die belangrikste doel van die opleiding van jong predikante verontagsaam. Hy het gesê:

In wetenskaplike onderrig, weet jy mos nou, daar is mos nie net een standpunt nie. Ons is in 2010 en ons sal in 2030 nog altyd dieselfde goed sê . . . Daar is nie net een standpunt in die teologie se verstaan nie en wat sal ons nie aan ons studente doen as ons hulle nie blootstel aan hierdie opleiding nie.

Hierop het Flip Loots soos volg gereageer:

“Ons glo dat die Heilige Gees die Gees is wat ons in die volle waarheid lei. Maar die vraag is, die Heilige Gees gaan tog nie nou sus en dan weer so lei nie. Waarom is dit dan so dat ons dit kry dat sommige dominees wat al jare in die bediening is ‘n sekere saak sê en dis wat die Bybel sê, verkondig hulle, maar dan kom daar weer studente tien, twintig jaar later wat sê, nee dit klink nou anders. So, waar sou jy sê pas die Heilige Gees in hierdie hele saak?

Hoewel Prof. Malan erken het dat die Heilige Gees die Persoon is wat in die hele gesprek kern-kern belangrik is en waarkynlik nie vandag sus en more so lei nie, het hy dit beklemtoon dat dit waarskynlik ons is wat Hom vandag sus en more so verstaan en daai worsteling, sê hy, is ‘n moeilike worsteling. Hy het voorts gesê:

Ons het arm geword aan die waarheid wat in die vroeë kerk sterker gefunksioneer het. Een persoon het nie die wysheid in pag nie. Die onderskeiding van die wil van die Here is ‘n kollektiewe – die Bybelse woord “corpus” vir liggaam – is ‘n korporatiewe onderneming. Dis deel van die teologie . . . In goeie akademiese onderrig moet jy met al jou gespreksgenote rekening hou en dominees behoort gemeentes te help om te verstaan dat dit is ons verantwoordelikheid om saam te worstel oor hoe verstaan ons die leiding van die Heilige Gees deur ‘n teks.

Hou asseblief nog steeds in gedagte dat Flip Loots die kernbelangrike doel van die opleiding van predikante beklemtoon het toe hy Romeine 10: 13 en 14 heel in die begin van sy program aangehaal het. Nou vra ek u met trane in my oë: Waarom word die korrekte verstaan van die verlossingsleer van Jesus Christus onderhewig gemaak aan ‘n kollektiewe of ‘n korporatiewe besluit? Kom ons veronderstel ‘n ongelowige lees die wonderlike teks in die Bybel wat die wonderlike uitnodiging rig om die Here se lewende water verniet te neem en te drink (Openbaring 22:17). Kom ons versonderstel ook dat hierdie ongelowige op Sondagaand, 14 September 2008, geluister het na Oop Gesprek waarin Prof Malan Nel die uiters insiggewende akadmiese raad gegee het dat die indiwidu nie sommer so goedsmoeds die leiding van die Heilige Gees in die verstaan van ‘n teks kan aanvaar nie (omdat een persoon nie die wysheid in pag het nie), maar dat ons die verantwoordelikheid het om saam in ‘n korporatiewe verband daaroor te worstel. Heel moontlik kan hierdie ongelowige, indien hy die goue raad van Prof. Malan Nel sou volg, so vreeslik lank korporatief saam met ander worstel oor die betekenis van Openbaring 22: 17 dat hy intussen doodgaan en ook vir ewig verlore gaan. Van wie se hand of hande gaan die Here hierdie ongelowige se bloed eis? (Esegiël 3:20). Dit sou dus vir hom veel beter wees om nie na Flip Loots se Oop Gesprek te geluister het nie omdat dit hom ‘n totaal skewe beeld van die verstaan van Openbaring 22: 17 gegee het – ‘n korporatiewe of kollektiewe verstaan daarvan in plaas van ‘n Heilige Gees geïnspireerde verstaan daarvan.

Om sy blink idees oor ‘n “korporatiewe verstaan van ‘n teks” te beklemtoon het Prof. Malan Nel gesê:

My eie oortuiging is, dat hoe langer die samelewing so moeilik is soos wat hy is waar mense baie ernstige vrae vra – niks is meer simplisties nie – hoe meer noodsaaklik gaan grondige teologiese nadenke word . . . Flip, my waarneming oor baie jare is, dat jy kom nooit met simplisme weg nie. Jy kan kort termyn met simpel antwoordjies wegkom, maar op die lang termyn kom jy nie daarmee weg nie. Ons skuld dit aan mekaar om grondig te dink en daarom moet ons die Here dank vir die teologiese opleiding in hierdie land.

Ons lees in Handelinge 4:13 dat dit ongeleerde en eenvoudige manne was wat die Evangelie verkondig het. Daar was nie by hulle so iets soos korporatiewe nadenke oor die korrekte verstaan van die Bybel nie. Nee! hulle was manne wat vervul was met die Heilige Gees en in ‘n gees van eensgesindheid die eenvoudige en Goeie Boodskap van verlossing deur geloof in die volbragte werk van Jesus Christus aan die kruis aan verlore sondaars vekondig het . . . en derduisende mense het tot bekering gekom. Miskien moet ons jong mense wegbly van die korporatiewe en kolletktiewe nadenke van die teologiese fakulteit en eerder soos die eenvoudige manne van ouds sorg dat hulle vervul word en bly met die Heilige Gees sodat Hy hulle kan leer wat die eenvoudige betekenis van Bybeltekse is en sodat hulle ander kan help om waarlik tot bekering te kom.

Vanwaar kom Prof. Malan Nel en so baie ander postmoderne denkers se idee dat niks meer so simplisties is nie? Ek verstout my deur te sê dat hulle deesdae te veel oorsee gaan waar hulle gretig drink by die besoedelde fonteine van die Ontluikende Kerk van Brian McLaren, Leonard Sweet, Rob Bell, Doug Pagitt, Erwin McManus en so baie ander. Mag die Here ons van hulle bewaar.

Ek beveel jou voor God en voor Christus Jesus wat die lewendes en die dooies sal oordeel, ek beveel jou met die oog op sy koms en sy koningskap: verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerlê, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee, want daar sal ‘n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend.

Ek wonder hoeveel van hierdie menigte predikante en leermeesters kom vandag uit die geledere van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , | 5 Comments »

Die Doelgerigte Misleiding – Deel 13

Posted by Thomas on July 29, 2008

Hoofstuk 7 “DIE REDE VIR ALLES” van Warren se boek Die Doelgerigte Lewe begin met die woorde:

Rom 11:36 Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid!

Dis alles vir Hom. Die einddoel van die heelal is om die glorie van God duidelik te maak. Dit is die rede vir alles wat bestaan — ook jy. God het alles vir sy heerlikheid gemaak. Sonder God se heerlikheid sou daar niks wees nie.

Spr 16: 4 Die Here het alles gemaak met ‘n doel . . .

Soos so baie ander dinge wat Warren sê, klink hierdie stelling ook baie mooi Christelik en God-vererend maar dit is nie die volle waaarheid nie. Die “ook jy” in die bogenoemde aanhaling kwalifiseer nie die “jy” nie en ons kan dus aanneem dat Warren nie net die gelowiges nie maar ook die ongelowiges hierby insluit. Daarmee gee hy te kenne dat die Here sy kinders en die ongelowiges onder dieselfde kam skeer. Dit is daarom ook nie verbasend nie dat hy slegs die eerste gedeelte van Spr 16: 4 anhaal en “ja, ook die goddelose vir die dag van onheil” gerieflikheidshalwe weglaat. Enige prediker of skrywer wat sy sout werd is, sal dit nooit durf waag om die waarheid te onderdruk nie en dit is presies wat Warren hier doen. Om vir ‘n ongelowige te sê: “die rede waarom alles bestaan — ook jy . . . is om die glorie van God duidelik te maak,” is nie alleen misleidend nie maar plaas die ongelowige op ‘n valse fondament wat hom eerder van die Here af weghou as om hom by Hom uit te bring. Hoe kan ‘n ongelowige die glorie van God duidelik maak as die toorn van God nog op hom rus? (Joh 3: 36). Die volle waarheid, soos die Here dit vir ons in Spr 16: 4 uitspel, lui as volg:

Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil (klem bygevoeg).

Dit beteken nie dat God reeds voor die grondlegging van die aarde ‘n dekreet uitgevaardig het waarvolgens sommiges volgens sy doel tot die ewige verdoemenis uitverkies is nie. Die Skrif verklaar deurentyd dat almal wat hulle harte verhard en weier om Christus se soenoffer aan die kruis vir hulle sondes deur die geloof toe te eien, die Here se regverdige straf verdien. Daarom sê Paulus:

Rom 2: 4, 5 Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie? Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God. (klem bygevoeg).

Deur die eensydige verharding van hulle onbekeerlike harte is hulle besig om God se doel in hulle lewens te vervul, nl. om sy reverdige oordele en straf vir hulleself op die hals te haal. God het reeds voor die grondlegging van die wêreld dit ten doel gehad om almal wat deur die geloof in Sy Seun tot redding sou kom, te heilig maar ook om almal wat Sy offer aan die kruis sou verwerp, te oordeel en te straf. As God nie reeds voor die grondlegging van die aarde dit ten doel gehad het om die onbekeerlinge te oordeel en te straf nie, kan Hy nie die allerheiligste God wees soos ons Hom in die Skrif leer ken nie. Ongelukkig verkondig Warren nie soos Paulus die volle raad van God nie. Om dit te kan doen moet hy soos Paulus onomwonde verklaar dat God ‘n uiteenlopende doel het vir albei die groepe lesers van Warren se boek — gelowiges en ongelowiges.

Hy sê voorts:

Wat is God se heerlikheid? Dit is wie God is. Dit is die wese van sy aard, die gewig van sy belangrikheid, die skittering van sy luister, die demonstrasie van sy krag, en die atmosfeer van sy teenwoordigheid. God se heerlikheid is die uitdrukking van sy goedheid en al sy ander intrinsieke, ewige hoedanighede.

Alles wat Warren hierbo sê, is waar en tog versuim hy om dié één ding te noem wat God se karakter ten diepste omskryf — sy heiligheid (Openb 4:8). Hy praat van God se heerlikheid, sy luister, sy krag, sy goedheid en sy wysheid, maar nie ‘n enkele keer van sy heiligheid nie. Waarom nie . . .? Sou dit wees omdat God se heiligheid nie net sy goedheid, genade, liefde, en lankmoedigheid insluit nie maar ook sy geregtigheid, toorn en regverdige straf, en omdat Warren doelbewus nie sy ongelowige lesersgehoor met sulke negatiewe dinge die skrik op die lyf wil jaag nie. As daar een ding is wat ongelowiges onmiddellik op die agtervoet plaas, is dit God se heilige toorn en sy regverdige oordele. Daarmee wil hulle niks te make hê nie omdat dit kwansuis God se liefde skend en skeef trek — só redeneer hulle altans. Dit mag wel baie edel wees om van God se heerlikheid te praat en te skryf, maar as dit nie vanuit die oogpunt van God se offer aan die kruis gesien word nie, kom dit neer op ‘n versuim om die volle raad van God te verkondig.

Iemand het op ‘n dag vir my gevra hoe sou ek die heiligheid van God beskryf? Aanvanklik het hy die wind so effe uit my seile geneem, maar my gedagtes get onmiddellik na die kruis gegaan en sonder aarseling gesê” “God se bloed. . .”
“Ekskuus” . . . het die man half verdwaas gevra. “Die bloed van God, Jesus Christus, beskryf vir ons hoe ontsettend heilig God is,” het ek gesê. Dink daaraan, dwarsdeur die Bybel, vanaf Genesis to Openbaring, is dit die bloed alleen wat die mens die reg en die vrymoedigheid gee om God in die allerheiligste te nader. Sonder die bloed en die voortdurende werking daarvan in ‘n persoon se lewe, is dit onmoontlik om eer tot God te bring deur Hom te aanbid, eer tot God te bring deur ander lief te hê, eer tot God te bring deur soos Christus te word, eer tot God te bring deur ander met ons gawes te dien, en eer tot God te bring deur ander van Hom te vertel. Warren bring hierdie besondere waarheid nêrens onder die aandag van sy lesers nie. As Paulus, die grootste sendeling van alle tye hom voorgeneem het “om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde,” dan behoort die skrywer van ‘n boek wat naas die Bybel die meeste verkope in die geskiedenis van die kerk geniet tog sekerlik ook dieselfde voorneme huldig. Niemand sal ontken dat die kinders van God hulle lewe lank tot eer van God moet lewe nie, maar dan moet dit alleenlik in die wete en in die krag van die Helige Gees en deur sy toediening van die bloed van Christus te wees. Tot op hierdie stadium in sy boek, versuim Warren steeds om die Evangelie helder en duidelik aan sy lesers oor te dra, met die gevolg dat sy ongelowige leserskring ‘n wanindruk kry van watter voorwaardes God aan sy skepsels stel om tot Sy eer te lewe. Hy sê byvoorbeeld op bladsy 47: “Die grootste prestasie wat ons in ons lewens kan bereik, is om tot God se eer te leef.” Sy woordkeuse van “prestasie” en “bereik” is opsigself onbybels, maar dit pas so in die kraal van die ongelowiges en daarom gebruik hy dit. Dit impliseer dat ‘n persoon deur self-inspanning, dryfkrag, deursettingsvermoë en “vooma” n lewe tot eer van God kan lewe — iemand wat energiek ‘n doelgerigte lewe nastrewe. Broeder Paulus het met brute inspanning en deursettingsvermoë probeer om deurentyd ‘n lewe tot eer van God te lewe maar telkens hopeloos misluk. Luister ‘n slag weer eens wat hy gesê het toe hy besef dat sy eie pogings om tot eer van God te lewe altyd op ‘n ronde nul uitgeloop het.

Rom 7: 14-25 . . . . ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde. Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek. En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is. Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon. Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig. Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens; maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is. Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here!

Later verklaar hy in triomfantelike afhanklikheid aan die kruis van Christus Jesus:

Gal 2: 19, 20 . . . deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe. Ek is met Christus gekruisig, en ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Was dit die wete dat dit ‘n groot prestasie is om tot eer van God te lewe wat Paulus aangespoor het om tot sy eer te lewe? Nee! . . . beslis nie! Dit was die heerlike oorwinning wat Christus in sy lewe bereik het toe Paulus sy algehele onvermoë om tot eer van God te lewe, besef het en geheel en al boedel oorgegee het. Toe eers kon Christus sy lewe deur Paulus tot eer van God lewe. Daarom sê hy ook: “Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word” (2 Kor 4: 10). Dit opsigself onderstreep weer eens dat die kinders van God net mooi niks vir Hom kan doen nie, selfs nie eens die eer aan Hom bring wat Hom toekom nie, as die kruis van Christus nie sentraal in sy kinders se lewens ingeplant is nie en daagliks ‘n diepgrondige doding in hulle lewens bewerk nie . . . sodat hulle in sy opstandingskrag in hulle lewens tot eer van God kan lewe.

Warren maak nouliks melding van sonde in die Bybelse sin van die woord en as hy dit wel doen, versag hy die wese daarvan. Hy sê op bladsy 47:

Alle sonde is in wese ‘n versuim om eer aan God te betoon. Dit is om enigiets meer as God lief te hê.

Om enigiets liewer as God te hê is afgodery. Inderdaad, die Here Jesus het gesê dat jy nie sy dissipel kan wees nie as jy jou eie gesinslede en selfs jou eie lewe liewer het as vir Hom (Luk 14:26). Hoe betoon sy kinders hulle liefde vir Hom? Is dit maar sommer net ‘n abstrakte erkenning deur vir Hom te sê: Here, ek het u lief of is daar meer daaraan verbonde? Christus self het liefde vir Hom aan Sy Woord (gebooie) gekoppel.

Joh 14: 21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hom sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.

As alle sondes in wese die versuim is om aan God eer te betoon, dan was die profeet Jesaja verkeerd toe hy gesê het:

Mat 15: 7-9 Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is (Klem bygevoeg).

As ons in gedagte hou dat Warren sy boek op gelowiges en ongelowiges fokus, is hy besig om lg. te leer om ‘n geveindse vorm van eer en aanbidding aan God te betoon. Soos reeds gesê het Warren nog nie een keer tot op hierdie stadium in sy boek die Evangelie klinklaar afgeskilder nie. Hy praat dikwels van die Here Jesus en sy kruis en verwys so dan en wan na die sondes van die mens, maar tot nou toe het hy nie verduidelik waarom dit nodig is om vergifnis te ontvang vir jou sondes nie; hy het tot nou toe nog nie die grondslag vir die vergifnis van sondes aan sy ongelowige lesersgehoor verduidelik nie. Die basis wat hy tot dusver vir hulle geestelike lewe gelê het, is dat die lewe nie om hulle gaan nie, dat die lewe ‘n toets en ‘n trust is wat hulle deur volharding moet slaag sodat hulle hul doel in hierdie lewe kan bereik, en sodat God hulle in die hiernamaals kan beloon. Sonde is nie maar net ‘n versuim om aan God eer te betoon nie. Sonde is rebellie teen God; dit is die oortreding van sy gebooie; dit is ten diepste die verwerping van sy Enigste Seun, Jesus Christus en sy soendood aan die kruis omdat hulle op hulle eie meriete en goeie werke vertrou om in die hemel te kom. Die Here Jesus het gesê:

Joh 8: 24 Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.

Die vraag wat die ongelowige hom moet afvra is nie hoeveel eer en aanbidding hy in sy lewe hier op aarde aan God betoon het nie, maar hoedanig hy gaan sterwe — met sy sondes wat nog soos ‘n groot las op hom rus of as ‘n volledig vergewene omdat sy sondes deur die geloof op Jesus Christus oorgeplaas is? Ons lees nêrens in die Skrif dat dit jou eerbetoning aan of selfs aanbidding van God is wat jou eindbestemming gaan bepaal nie, maar enkel alleen of jy die Seun van God het en of jy Hom nie het nie. Luister mooi wat sê die apostel Johannes:

1 Joh 5: 9-13 As ons die getuienis van die mense aanneem — die getuienis van God is groter, omdat dit die getuienis is van God wat Hy aangaande sy Seun getuig het. Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie. En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en die lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , | 1 Comment »

Die Doelgerigte Misleiding – Deel 1

Posted by Thomas on June 25, 2008

Rick Warren In my gesprekke met NG Kerk lidmate wat in hulle selgroepe (omgee-groepe) Rick Warren se multi miljoen dollar suksesvolle boek "Die Doelgerigte Lewe" behandel het, het ek agtergekom dat hulle hul ore toesluit vir waarkuwings dat Warren ‘n lid van die CFR (Counsel on Foreign Relations) is, dat hy baie nou met die Verenigde Nasies saamwerk om ‘n globale vrede op tou te sit, dat hy aan die spits staan van die sg. kontemplatiewe spiritualiteit om mistieke en okkulte aanbiddingswyses wêreldwyd te bevorder, en dat hy samewerking bepleit tussen Christene, Moslems, en ander gelowe om armoede, ongeletterdheid, onverdraagsamheid ens. aan te spreek. Die fasiliteerder van ‘n selgroep waarvan ek ‘n lid was, het my argumente rondom die bg. waarskuwings telkens geïgnoreer en my laat verstaan dat die inhoud van die boek vir ons aandui hoedanige Christen Rick Warren werklik is en dat dit ook vir ons van onskatbare waarde kan wees. Daarom het ek besluit om eerder die inhoud van die boek onder die loep te neem en die gevare daarin uit te wys as om net op Warren se assosiasie met ongelowiges te fokus. Daar is genoeg inligting hieroor op die internet beskikbaar en dit sal net ‘n duplisering van inligting meerbring as ek dit hier sou herhaal. Ek wil dus graag in die volgende paar weke enkele dinge in sy boek uitwys wat skynbaar nie so maklik deur Christene onderskei word nie en gevolglik baie skade aanrig in die geledere van die gelowiges se selgroepe.

INLEIDING

Toe die Here se dissipels hom gevra het "Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?" het Hy vir hulle ‘n uiters belangrike oprdrag (gebod) gegee—"Pasop dat niemand julle mislei nie." Misleiding is sekerlik dié gemeenste en dié gevaarlikste manier waarop die duiwel en sy apostels gelowiges in hulle greep gevange neem en gevange hou. Ooglopende valse leringe is nie so gevaarlik nie omdat niemand hom sommer goedsmoeds daardeur sal laat mislei nie, maar sodra dieselfde valse leringe in ‘n ander gedaante opegedis word en veral wanneer dit met die kleed van Christenskap oorklee word, word dit uiters gevaarlik. Die onus rus dus op elkeen van ons om te sorg dat ons nie mislei word nie. God gaan dit nie vir ons doen nie. Om die waarheid te sê Hy laat selfs toe dat valse apostels en profete in ons midde kom om ons te toets of ons Hom werklik liefhet (Deut 13). Hy laat selfs ook toe dat valse leerstellings onder die mense gedy sodat Hy diegene wat Sy opdrag verontagsaam om hulle tot Hom te bekeer, kan oordeel. Hy sê as’t ware vir hulle: As julle nie die waarheid wat Ek vir julle in My Woord oordra wil gehoorsaam om gered te word nie, gee Ek julle oor aan die leuen.

En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid. (2 Thess 2: 6-12)

‘n Leser van Warren se boek het onlangs geskryf:-

There are some really good things that Rick Warren brings out. But they always seem to be mixed with so many confusing and theologically weak points that The Purpose Driven Life you go crazy trying to keep it all straight. You will read a great point and then he’ll throw in a quote from Mother Teresa or Aldous Huxley and your mind reels. There’s a push to paint God as a smiley face in the sky – but you have to ignore His justice and anger! Plus, when you are the only ‘naysayer’ in a group it gets old – especially when no one else seems to have anything but praise for the book.

As ‘n Mens mooi kyk, gaan Warren se boek, "Die Doelgerigte Lewe" nie om die verkondiging en bevordering van die ewige en onveranderlike Evangelie van Jesus nie maar om gelowiges en ongelowiges aan ter spoor om saam hande te vat om die euwels van die wêreld aan te spreek en uit te roei. Soos ons later sal sien verkondig hy ‘n "Social Gospel" wat dit ten doel het om ‘n globale vrede in die hand te werk. ‘n Universele vrede waarin almal as ‘n eenheid in liefde kan saamwoon is deesdae nommer een op die prioriteitslys van so te sê al die wêreldleiers, om nie eens te praat van die mees vooraanstande geestelike leiers nie. Die versmagting na vrede is so intens, dat die mens deesdae enigiets sal doen om daardie vrede te bereik — selfs al moet die kerke Christus as enigste Vredemaker verwerp.

Die Here Jesus praat met groot waardering van die vredemakers (Mat 5: 9). Daarmee het Hy egter nie bedoel dat die vredemakers ‘n alliansie moet vorm met die ongelowiges om wêreldvrede te bewerkstellig nie. Die vredemakers is die gelowiges wat die Evangelie onvervals verkondig sodat mense wat tans in vyandskap met God lewe, vrede met Hom kan maak.

Die eintlike doel agter "Die Doelgerigte Lewe" van Rick Warren is om almal (gelowiges en ongelowiges) in ‘n gees van diensbaarheid saam te snoer en om die vrede waarna almal smag d.m.v. hierdie gesamentlike diensbaarheid te berwerkstellig.

HOOFSTUK 1 – ALLES BEGIN MET GOD

Warren begin hierdie hoofstuk met twee anhalings — een uit Kol 1:16:

Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte — alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.

En ‘n aanhaling van die goddelose ateïs, Bertrand Russel:

Bertrand Russel (1872-1970) Tensy jy ‘n God veronderstel, is dit sinneloos om te vra wat die doel van die lewe is.

Die naasmekaarstel van ‘n Bybelse teks en ‘n aanhaling van die ateïs, Bertrand Russel, is nie om dowe neute nie. Die doel daarmee is om die skeidslyn tussen God se waarheid en wêreldse filosofieë te vervaag sodat die mens sensitief-gewoond gemaak kan word daaraan om buite-Bybelse sêgoed van beroemde persone ook as God se waarheid te aanvaar.

Netsoos die "wysheid" van bo of nie van bo kan kom nie (Jak 3: 14-18), is daar ook twee maniere waarop "self-is-me" geëvalueer en hanteer kan word – vanuit ‘n Bybelse perspektief of vanuit ‘n wêreldse oogpunt. "Dit gaan nie om jou nie," (bls. 15) die eerste woorde in hoofstuk 1, skep die indruk dat dit nie die outeur, of jy of ek of enigiemand anders is wat die middelpunt van Rick Warren se reuse suksesvolle boek inneem nie. En tog, namate die leser in die boek vorder, word dit duidelik dat Warren juis die klem plaas op jou en op my sonder om die jou en die my in die lig van God se Woord te evalueer. Dit is nie soseer die geskrewe dinge wat Warren in sy boek kwytraak wat altyd so verkeerd is nie, maar die ongeskrewe Bybelgefundeerde waarhede wat sy boek so gevaarlik maak. Hy het hierdie beginsel by een van sy belangrikste mentors, Peter Drucker, geleer. Drucker verklaar:

The most important thing in communication is to hear what is not being said.Peter Drucker (1909-2005)

Daarmee maak Warren die deur wawyd oop vir sy lesers om hulle eie vooropgestelde idees en hulle eie voorwaardes in die boek in te lees en te definieer. Die uitdrukking "Dit gaan nie om jou nie" is hoegenaamd nie ‘n nuutjie nie. Hierdie konsep het al so diep wortel geskied in die besigheidswêreld dat elke Jan Rap en sy maat dit vandag gebruik. In die besigheidswêreld is sukses die doel waarna elke goeie leier moet nastreef en hy kan dit alleenlik bereik deur andere te help om self ook suksesvol te wees. Travis Wright skryf op sy webblad onder die hoofopskrif Cultivate Greatness/Leadership Training as volg:

Believe it or not, it is NOT about you. You may like to think it is, or act like it is, but it isn’t. It is about the rest of us and how you treat and interact with the rest of us. (1) (Klem bygevoeg).

Op die webblad "Very well Said — Best Selling Books by Subject word die New Age boek The Celestine Prophecy" soos volg geresenseer:

This is a story of one man’s search for truth and the meaning of life. We join him on his journey as he experiences a series of key spiritual insights.

In the book we are told that the insights were found in an ancient Peruvian manuscript. The manuscript maybe fiction, however the insights are true. How do I know? Well I too have experienced them and this happened before I read the book.

The nine insights to experience are:

  • Becoming aware of the "coincidences" in one’s life.
  • Experiencing a heightened understanding of world history and man’s evolution.
  • Becoming aware that all living things have energy fields.
  • Becoming aware that people try to steal other people’s energy, creating conflict.
  • Realising that it’s not about you.
  • Becoming aware that you have a dream and a destiny to fulfil. [Purpose]
  • Becoming aware that many of your thoughts and actions are guided.
  • Realising that other people sometimes provide the answers that you seek.
  • Understanding that mankind is on a journey towards living in perfect harmony with each other and nature, as our world evolves over the next 1,000 years into an Eden-like paradise. (2) (Klem bygevoeg).

Rick Waren se omskrywing van "dit gaan nie om jou nie" verskil dus hoegenaamd nie van die sekulêre wêreld se aanwending daarvan nie, ten spyte van die feit dat hy dit in ‘n Christelike kleed toewikkel. Hy pas die beginsel "The most important thing in communication is to hear what is not being said" tot die maksimum toe wat maar eintlik neerkom op die sg. "open-ended" Evangelie waar die leser die vryheid verleen word om sy eie mening of interpretasie in die boek in te lees of in te prent.

Dit is onomwonde korrek om te sê dat die mens vasgevang is in sy eie egosentriese wêreld van die "self." en dat dit uiters noodsaaklik is om dit aan te spreek. Die vraag is: Hoe moet dit aangespreek word? Dit is juis hier waar Warren versuim om aan sy lesers te verduidelik hoedat alles wat met die ego te make het enkel alleen vanuit die perspektief van die kruis aangespreek moet word. Die kruis van Jesus Christus is die krag en wysheid van God en nie die nastreef van ‘n spesifieke doel hier op aarde nie. Die kruis van Jesus Christus is die enigste effektiewe teenvoeter vir die mens se mees diepgewortelde sonde — sy eie ek of die self. Desondanks maak Warren nie ‘n enkele keer melding van die Here Jesus se oplossing vir dié besondere probleem nie, nl. dat ons die self moet verloën, ons kruis opneem en Hom volg (Mat 16:24). ‘n Mens kan dus tereg vra of sy stelling "Dit gaan nie om jou nie" deel vorm van die Evangelie van Jesus Christus. Is dit Evangelies korrek om te sê "Dit gaan nie om jou nie?" Gaan die Evangelie van Jesus nie juis om jou en om my nie?

As dit nie om jou gaan nie, om wie gaan dit dan? In Daniël 9:26 sê die Heilige Gees dat ‘n Gesalfde uitgeroei (afgesny) sal word maar nie vir Homself nie. (Sy kruisdood het niks vir Hom oorgehou nie — "maar sonder iets vir Hom" soos die 1933 en 1953 Afrikaanse vertalings dit stel).

Selfs die opskrif van hierdie hoofstuk "Alles begin met God" is geheel en al onbybels. Het die sonde met God begin? Soos u later sal sien, glo Warren blykbaar dat God reeds voor die grondlegging van die wêreld die sondes van die mens beplan en bepaal het. As dit nie om jou (‘n verlore siel) gaan nie waarom sê die Bybel "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê" (Joh 3: 16)? As dit nie om jou (‘n verlore siel) gaan nie waarom sê die Bybel dan "Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis?" (Fil 2: 6-8) Het die allerheiligste God nie mens geword ter wille van jou (‘n verlore siel) nie?

As dit nie om jou (die geredde siel) gaan nie, waarom het die Here Jesus gesê "Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is." (Joh 14: 2, 3)? As dit nie om jou (die geredde siel) gaan nie, waarom sê die Bybel "En hulle het wel priesters geword in ‘n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly; maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ‘n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie. Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. (Heb 7: 23-25)? As dit nie om jou (die verlore siel) gaan nie, waarom stuur die Here Jesus vir jou (die geredde siel) oor die hele wêreld uit om die Evangelie te verkondig sodat jy (die velore siel) gered kan word (Mat 28: 19)?

Die uitdrukking "Dit gaan nie om jou nie" wat reeds soos ‘n slagspreuk oor die hele wêreld eggo, klink so mooi Christelik, skriftuurlik en baie vroom, en tog vind dit nie net byval by die gelowiges nie, maar ook die ongelowiges. Djwhal Khul, die Tibetaanse geestegids ("spirit guide") wat sy boodskappe deur die medium Alice Bailey oorgedra het, het die volgende oor die ego van die mens gesê:

The aim should be the development of the habit of meditation all the day long, and the living in the higher consciousness till that consciousness is so stable that the lower mind, desire, and the physical elementals, become so atrophied and starved through lack of nourishment, that the threefold lower nature becomes simply the means whereby the Ego (soul) contacts the world for purposes of helping the race. (1-145). (klem bygevoeg) (3)

Alice Bailey, een van die belangrikste voorstanders van die New Age en die Teosofie, het die volgende oor diensbaarheid gesê:

Service itself is definitely the result of a tremendous inner happening, and when that result is brought about, it will be found to have produced a number of creative secondary causes. These are, primarily, a change in the lower consciousness, a tendency to turn away from the things of the personal self to the larger issues of the group, a reorientation which is real and expressive and a power to change conditions (through creative activity) which is the demonstration of something dynamically new. (klem bygevoeg) (4)

(Later in die boek, promulgeer Warren die sg."asemgebed" wat niks anders as ‘n vorm van meditasie is nie om hierdie samehorigheidsgevoel en diensbaarheidsgevoel onder selgroeplede te bevorder. Luister gerus hierna.

Die doel met die uitskakeling van die ego of die self is dus om groter diensbaarheid aan die gemeenskap in die hand te werk en nie om daagliks in die regte verhouding met God te staan nie. Dit is dus nie verbasend nie dat Warren en die fasiliteerders ("change agents") geweldig baie klem plaas op diensbaarheid (filantropiese werk) asook harmonie en eenheid binne groepsverband (klein selgroepe) wat natuurlik volgens hulle alleenlik deur die effektiewe uitskakeling van die ego of die self bewerkstellig kan word.

Ek onthou baie goed hoedat ‘n lid van ‘n selgroep my daarop attent gemaak het dat hulle hooofsaaklik ‘n sg. omgee-groep is waarin elkeen met ‘n selflose barmhartigheid mekaar dien. Dit opsigself is baie prysenswaardig maar ongelukkig word Skrifgebonde leerstellings en die noodsaaklikheid om te onderskei soveel makliker en summier by die venster uitgegooi omdat hulle in hulle selflose liefde kwansuis nie aanstoot wil gee nie. Enigiemand wat met die geringste onderskeiding probeer om die gevare van misleiding in die "Emerging Church" aan hulle uit te wys, word summier as ‘n beroerder gebrandmerk wat die omgee-gees (ek wonder partykeer of dit nie ‘n omgee-demoon is nie) in die groep versmoor. Liefde sonder waarheid is nie liefde nie. Dit is ‘n valse liefde, ‘n valse manier om vir mekaar om te gee. Selgroepe gee dikwels so baie vir mekaar om dat hulle nie juis omgee of hulle broers en susters mislei word nie.

‘n Vrou het een keer briesend kwaad geword vir my omdat ek gesê het die belangrikste ding in ‘n mens se lewe is om te weet dat jy vergifnis ontvang het vir jou sondes. Ek het dit gesê na aanleiding van die getuienis van ‘n getroude paartjie by ‘n selgroep wat hulle redding gebaseer het op die feit dat hulle in ‘n Christelike huis grootgeword het. Die vrou wat vir my so kwaad geword het, het hulle getuienis aanvaar en was hoogs verontwaardig toe ek voorstel dat ons hulle moet probeer reghelp. Ons moet hulle nie onnodig ontstel nie en sodoende die samehorigheid en omgee-gees onder mekaar belemmer nie. Die boek "An Emergent Manifesto of Hope (emersion: Emergent Village Doug Pagitt resources for communities of faith)" van Doug Pagitt en Tony Jones verklaar dat die volgelinge van die nuwe inklusiewe, An Emergent Manifesto kollektiewe godsdiens nie begaan moet wees om mense uit die kake van die hel te red nie maar om eerder gemotiveerd te wees . . . om in ‘n verhouding te staan met mense wat in baie opsigte anders is. (5) Die fokus moet dus nie soseer op die bekering van individue wees nie maar eerder op die smeding en bevording van verhoudings in groepsverband. Op 2 November 2003 het Warren die volgende tydens ‘n diens in sy Saddleback Gemeenskapkerk gesê:

Now you’ve heard me say many times that the greatest thing you can do with your life is tell somebody about Jesus and invite them to come to know him. If you help somebody secure their eternal destiny that they spend the rest of their life in heaven, not hell, your life counts. Your life matters because nothing matters more than helping get a person and their eternal destiny settled. They will be forever ever grateful and thank you for the rest of eternity—thank you for telling me about Jesus Christ. And I’ve always said that that was the greatest thing you could do with your life. I was wrong. There is one thing you could do greater than share Jesus Christ with somebody, and it is help start a church. Because a church is going to outlast you and everybody else." (klem bygevoeg) (6)

Warren weerspreek homself gruwelik in sy bogenoemde uitspraak. Eers sê hy dat die persoon/persone wie jy na die Here Jesus lei jou vir ewig in die hemel dankbaar gaan wees, maar dan soos handomkeer dat die kerk vir jou en al die ander gaan oorlewe. Hoe kan die kerk iemand wat vir ewig in die hemel gaan lewe omdat iemand anders hom/haar na die Here Jesus gelei het, oorleef? Die ewige lewe beteken tog immers om onveranderd, onbelemmerd, ongeskonde en onafskeidbaar van God tot in alle ewigheid, eindelloos te lewe. Trouens, alle persone wat deur die getuienis van iemand anders tot ware geloof in die volbragte werk van Jesus Christus aan die kruis gekom het, is die ware kerk (ekklesia of die uitgeroeptes). Hoe op dees aarde kan die kerk die gelowiges oorlewe as hulle dan self die kerk is. Wie of wat ookal kan die liggaam van Christus (al die gelowiges) oorleef? Dit is verstommend hoedat mense en veral Christene hulle so maklik kan laat mislei deur sulke snert. G’n wonder Paulus het op ‘n stadium met absolute verbasing uitgeroep: "Dit verbaas my dat julle so gou van God wat julle deur die genade van Christus geroep het, afvallig word en ‘n ander evangelie aanneem. Daar is geen ander evangelie nie! Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai, en dit is hulle wat vir julle in verwarring bring." (Gal 1: 6, 7).

————————————————————————————————–

1 http://cultivategreatness.com/2007/04/16/let-go-of-your-ego-its-not-about-you

2 http://verywellsaid.com/titles/the/the-celestine-prophecy-0446671002.php?sorttype=mosthelpful

3 http://www.lightinfo.org/aab/dkmed.htm

4 Alice Bailey, Esoteric Psychology, Vol. II, pp. 125 – 133

5 Doug Pagitt & Tony Jones: An Emergent Manifesto of Hope (emersion: Emergent Village resources for communities of faith), Baker Books, p. 35

6 Rick Warren, Saddleback Church Service, November 2, 2003; transcribed from http://www.saddlebackfamily.com/peace/Services/110203_high.asx

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | Leave a Comment »