“Teenoorgesteldes is beide waar en geldig”
Die post-modernisme is deurspek met teenstydighede. In die gewone spreektaal verwys ons na hierdie fenomeen as “paradokse.” Dr. Nelus Niemandt, outeur van die boek “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede” omskryf “paradoksaal” as volg:
Die feit dat verskillende wêreldbeskouings gelyktydig ons wêreld beïnvloed, krap sake nogal om. Een van
die gevolge is ‘n paradoksale wêreld. Paradokse beteken dan twee dinge, wat oënskynlik teenoor mekaar staan, terselfdertyd waar en geldig is. Dit is ‘n geval van “die een en ook die ander”. Ons leef in so ‘n en/ook wereld. Die een ding is waar en ook die ander. Teenoorgesteldes is beide waar en geldig. Die lewe en die werklikheid kan nie meer in eenvoudige swart/wit kategorieë geplaas en verklaar word nie.
Dit lyk my paradokse is deel van die wese van die mens. En mense moet sommer gou leer om daarmee saam te leef. [1] (Klem bygevoeg)
Let asseblief noukeurig op die vet gedrukte gedeelte “Die een ding is waar en ook die ander. Teenoorgesteldes is beide waar en geldig.” As jy baie mooi luister, sal jy die gesis van die slang hoor wat Eva in die Paradys met ‘n soortgelyke leuen verlei het: “Is dit ook so dat God gesê het . . .?” Jy het gewis nie ‘n doktorsgraad nodig om agter te kom dat dit wesentlik ‘n aanslag op die ewig en onveranderlike Woord van God is nie. Nog meer, dit is ‘n georkestreerde aanslag van die satan op Jesus Christus wat gesê het: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” Dié paradoks-fenomeen wat kwansuis “deel [is] van die wese van die mens” gee hom dus die reg om met oortuiging te verklaar dat Christus Jesus die Waarheid is sonder om die ander Christusse wat deesdae oral soos paddastoele opspring, as vals te bestempel. Die tragedie hieromheen is dat verskeie invloedryke predikers in toemender mate paradokse in hulle preke en in hulle kommentare op hulle “blogs” inweef. Hulle erken geredelik gou dat Jesus Christus die enigste Verlosser is, maar erken ook heel dikwels netso geredelik maklik dat andersdenkendes in die teologie ook waarhede in pag het. Ek het reeds in een van my vorige kommentare daarop gewys dat ds. Jannie Pelser van die Rant en Dal Gemeenskapskerk in ‘n onderhoud met Flip Loots[2] paradoksaal daarop gewys het dat die mens by God moet begin indien hy nuwe norme en waardes in die samelewing wil uitlewe maar dat die Christen ander geloofsoortuigings ook moet respekteer.
Op Flip Loots se vraag: “Dit is nie net Christene wat sekerlik met moraliteit moet lewe en kerke wat daardie oproep moet doen nie. Hoe voel julle van die Nuwe Hartstigting oor die, kom ek sê, die volledige samelewing van Suid-Afrika, het ds. Jannie soos volg geantwoord.
Ek is so bly jy vra daardie vraag. Maar natuurlik, daar’s baie ander samelewingsverbande en geloofsgroeperinge in Suid-Afrika en as Christene het ons respek en agting vir ander mense en vir hulle oortuigings en as mens begin praat oor eerlikheid, en selfbeheersing, verantwoordelikheid en medemenslikheid, dan sal mense wat in ander groeperinge as die Christelike geloof behoort, ook sê, weet jy, daardie goed is vir ons ook baie belangrik. In ’n sekere sin is hierdie universele waardes . . . (Klem bygevoeg)
‘n Ander mees onlangse voorbeeld van paradoksale teologiese taal verskyn in Prof. Hennie Stander se blogartikels “Hoop vir ‘n Donker Wêreld” en “’n Kerk se Week van Seks.”
In eersgenoemde artikel sê Stander dat Jesus Christus hoop vir ‘n donker wêreld bring, en nie die nuutverkose Amerikaanse President, Barak Obama, nie wat onlangs deur Time-tydskrif aangewys is as “Persoonlikheid van die Jaar” omdat hy “die selfvertroue gehad het om ’n rooskleurige toekoms op ’n donker tydstip te skilder en dat hy die Amerikaners weer hoop gegee het.” Stander sê voorts:
Hiermee het die bekende Time-tydskrif duidelik uitgespel wat dit is waaraan ’n donker wêreld behoefte
het: die wêreld soek hoop en soek ’n toekoms. Dit is die soort boodskap wat kinders van die Here by uitstek aan die wêreld kan bring. Dit is net jammer dat ons dit nie genoegsaam verkondig nie. Veral in Kerstyd kan ons gerus weer die boodskap verkondig dat Baba Jesus nie net ’n ou hulpelose babatjie in ’n krip is nie.
. . . Dit is die boodskap van hoop waaraan die wêreld so ’n behoefte het. Daarom dat hulle elke woord van hoop van Obama opslurp. Elke volgeling van Jesus sit met ’n veel beter boodskap van hoop in sy skoot. Kom ons vertel dit vir elke mens rondom ons wat honger is daarvoor. (Klem bygevoeg)
En tog sê Stander in een van sy vorige arikels “’n Kerk se Week van Seks” met meesterlike paradoksale ingeborenheid:
Ek het oor die jare heen baie rondgereis en in verskillende gemeentes regoor Suid-Afrika, asook in die buiteland, gepreek. En binne 10 minute nadat ek by ’n kerk is, kan ek sien of dit ’n lewendige en groeiende kerk is, en of dit ’n kwynende kerk is. Laat ek ’n paar eienskappe van groeiende kerke noem:
Dit is kerke waar daar ’n suksesvolle musiekbediening is. Musiek (nie seks nie) speel ’n geweldige belangrike rol. Die prediking moet eenvoudig, maar aktueel, wees. Die mense stel nie belang in dogma en teologie nie. Hulle wil hulp kry oor hoe om gewone daaglikse eise van die lewe te kan hanteer.
Volgens Stander “sit elke volgeling van Jesus met ‘n veel beter boodskap van hoop in sy skoot” maar dit is ‘n boodskap wat dogma en teologie by die venster uitgooi omdat die mense nie meer daarin belangstel nie. Dit klink mos alte veel na Paulus se waarskuwing in sy tweede brief aan Timotheus.
2 Tim 4:3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, (Verwys Paulus hier na die eindtydse Parodaksale teoloë?)
Ek het telkemale in die verlede “Christene” wat dogma en teologie minag gewys op die uiters gevaarlike vuur waarmee hulle speel. Ek haal aan uit die “Amplified Bible.”
2 John 9 Anyone who runs on ahead [of God] and does not abide in the doctrine of Christ [who is not content with what He taught] does not have God; but he who continues to live in the doctrine (teaching) of Christ [does have God], he has both the Father and the Son.
Iemand wat nie in Christus se leerstellings gegrond en gevestig is en daarin bly nie, is beslis nie besig om Hom te volg nie. Trouens, die Skrif sê onomwonde dat hy/sy hoegenaamd nie gered is nie. Kom u agter met watter gevaarlike paradokse een van die voorste teologiese professore in ons land besig is om te speel? Stander is egter nie die enigste leraar wat dit doen nie. Ek het reeds ds. Jannie Pelser se naam genoem, maar so is daar ook andere soos Stephan Joubert wat kop in een mus is saam met Nelus Niemant. Op hulle beurt werk hulle saam met oorsese valse leraars soos Brian McLaren, Doug Pagitt, Rob Bell, Tony Jones, Rick Warren en nog vele ander. Aan die eenkant wil hulle hê Jesus moet vir hulle hoop, voorspoed, vrede, en geluksaligheid gee maar aan die ander paradoksale kant is hulle nie bereid om Sy leerstellings na te volg en dit ook aan andere te verkondig nie.
Soos so baie ander leraars in die kader van die ontluikende kerk, praat Stander telkens van ‘n “boodskap van hoop” vir ‘n donker wêreld wat ‘n toekoms soek. Ek sien nêrens in die Skrif dat die Here Jesus vlees en bloed deelagtig geword het om vir hierdie donker wêreld hoop en ‘n toekoms te gee nie. Die ironie is dat hierdie donker wêreld juis so donker is omdat dit Hom eerste gehaat het en sy volgelinge met net soveel minagting bejeen.
Joh 15:18 As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.
Blykbaar wil Stander vir hierdie wêreld wat Christus en sy ware volgelinge so intens haat, hoop en ‘n toekoms gee sodat dit ongehinderd kan voortgaan om Hom en sy ware volgelinge nog intenser te haat — en dit nogal terwyl hy ‘n boodskap van hoop aan die wêreld opdis wat geheel en gestroop is van Christus se leerstellings (omdat die mense nie meer daarin belangstel nie). Paradoks op paradoks op paradoks is vir Stander en sy meelopers aan die orde van die dag.
Nee! Prof. Stander, die Here Jesus het nie mens geword om vir hierdie wêreld hoop en ‘n toekoms te gee nie. Kom ons kyk ‘n slag na wat Hyself vir ons in sy onveranderlike leerstellings gesê het:
Mat 10:34 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.
Luk 12:51 Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid.
John 12: 46-48 Ek het as ‘n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red. Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.
Luk 19:10 Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was. (Klem deurgaans bygevoeg).
Hy het dus nie gekom om hoop en ‘n toekoms vir en in hierdie wêreld te gee nie maar inderdaad om te red. Wat behels hierdie redding waarvan die Here Jesus hierbo praat?
Kol 1:13 Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,
Verlossing behels nie net die vergifnis en vrymaking van jou sondes nie, maar die oorplasing (die Engelse woord is “transference”) vanuit die mag van die koninkryk van hierdie wêreldsisteem en sy duisternis (waarvan satan die god is) na die koninkryk van die Seun van sy liefde. Daarom het die Here Jesus op ‘n dag gesê “Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin” (Joh 16:33). Weer eens is dit duidelik dat Hy nie gekom het om vir hierdie wêreld hoop en ‘n toekoms te gee nie, maar om dit te oorwin, en dit het Hy met vlieënde vaandels gedoen sodat sy ware volgelinge nie meer nodig het om vertrengel te raak in die wêreld se lekkernye nie.
Die hedendaagse postmoderne predikers en leraars het ‘n subtiele klemverskuiwing gemaak van God na die mens. Alles draai om die mens – sy toekomsverwagtinge, ideale, hoop, welsyn, voorspoed, gesondheid, sy siening rondom positiwiteit, [3] sy norme en waardes, sy behoeftes ens. Stander stel dit vir ons baie duidelik in sy woorde “Die mense stel nie belang in dogma en teologie nie. Hulle wil hulp kry oor hoe om gewone daaglikse eise van die lewe te kan hanteer.” [4] G’n wonder die Here lag en spot met hulle nie (Ps 2: 4) terwyl hulle in eiewaan dink hulle kan die bande van sy leerstellings (dogma en teologie) stukkend ruk sodat hulle uit die gebreekte erdekruike van hulle eie waansin ‘n bietjie brak en vuil water kan drink. Is dit werklik die hoop en toekoms vir die wêreld waarvan prof. Hennie Stander praat?
Dit is opvallend dat ‘n hele klomp leraars, o.a. ds Jannie Pelser, Nelus Niemandt, Stephan Joubert en Jan van der Watt, groot aansien geniet, nie net onder ‘n groot aantal Chrstene nie maar ook die wêreld en die sekulêre pers. So terloops, die feit dat die sekulêre pers Angus Buchan so hoog aanprys, is genoeg rede tot kommer omdat hulle hoofsaaklik beïndruk is met die groot getalle mense wat hy lok. Buchan self maak ook gereeld by sy byeenkomste, op sy webtuiste en nuusbriewe groot gewag van die derduisende mense wat sy byeenkomste bywoon. Die Here Jesus het op ‘n dag gesê:
Luk 6:26 Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.
1Joh 4:5 Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.
Is daar hoop en ’n toekoms vir die wêreld?
Die Here Jesus het een maal gesê:
Joh 5:43 Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.
Die “hóm” na wie die Here Jesus verwys het, is die Antichris wat deur die Jode en die hele wêreld as hulle Messias aanvaar sal word en die skokkende ding hieromtrent is dat sy volgelinge as “Christene” bekend sal staan (2 Tim 3:5). In die Here Jesus se woorde “en julle neem my nie aan nie” beteken hierdie “aanneem” nie om ‘n gebed agter iemand anders aan te herhaal en te sê “Here, ek neem U as my persoonlike Saligmaker aan” nie. Dit beteken ten diepste om God se leerstellings (dogma en teologie) rondom sy kruis en die gepaardgaande verloëning en sterwe aan die self daagliks met oorgawe te omarm. Daarom het Paulus hom “voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde” (1Kor 2: 2). Die kruis van Jesus Christus is die krag en die wysheid van God (1 Kor 1:17-19) en dit is juis hierdie leerstelling wat die wêreld nie wil aanneem en omarm nie. Dit is dan ook geen wonder nie dat Hennie Stander en die post-moderne paradoksale predikers verklaar dat die mense nie belangstel in dogma en teologie nie maar hulp wil hê oor hoe om hulle gewone alledaagse lewenseise te hanteer. Die gevolg is dat hierdie leraars hulle ‘n Jesus bied wat hulle net as hulle rolmodel (voorbeeld) hoef na te volg.
Om te verduidelik wat ek hiermee bedoel, wil ek graag herhaal wat ek op 22 Mei vanjaar onder die opskrif “Hoe lyk die post-moderne volgelinge van Jesus?” gesê het. Ek het begin met ‘n aanhaling uit Brian McLaren se veelbesproke boek, “A Generous Orthodoxy”
Ek glo nie om dissipels te maak dieselfde moet wees as om volgelinge te maak van die Christelike godsdiens nie. Dit mag raadsaam wees om in baie omstandighede (nie alle nie!) mense te help om volgelinge van Jesus te word en [nog steeds] binne hulle Boeddhistiese, Hinduïstiese en Joodse konteks te bly . . . eerder as om die paradoks op te los via verklarings oor die ewige bestemming van mense wat meer oortuig is deur of lojaal is teenoor ander godsdienste as ons eie, ons moet eenvoudig voortgaan . . . om Boeddhiste, Moslems, Christene en al die ander te help om die lewe ten volle te ervaar op die wyse van Jesus [en] (terwyl ek dit self beter leer ken), ook graag een van hulle sou wou word (wie hulle ookal mag wees), tot watter mate ek kan, om hulle te omhels, by hulle aan te sluit, om hulle wêreld te betree sonder om veroordelend te wees maar met reddende liefde soos myne deur die Here betree is — Brian McLaren (5) (Uit die Engels vertaal) (Klem bygevoeg).
Moeder Teresa (27 Augustus 1910 – 5 September 1997) wat deur baie Christene met besondere hoë agting bejeen word, het ‘n soortgelyke ding gesê wat Nelus Niemandt en vriende se paradoksale teologie een honderd persent onderskryf:
There is only one God and He is God to all; therefore it is important that everyone is seen as equal before
God. I’ve always said we should help a Hindu become a better Hindu, a Muslim become a better Muslim, a Catholic become a better Catholic. We believe our work should be our example to people. We have among us 475 souls – 30 families are Catholics and the rest are all Hindus, Muslims, Sikhs—all different religions. But they all come to our prayers.[6]
Beide Nelus Niemandt en Stephan Joubert praat met groot lof van Moeder Teresa en gebruik dikwels haar liefdadigheidswerk in Kalkutta as voorbeeld om die doelsetellings van die ontluikende kerk te illustreer. Die volgende uittreksel kom uit ‘n artikel van Stephan Joubert op die “Elijah Africa” webtuiste
In die Nuwe Testament, voeg hy by, is daar baie minder tekste wat sê jy moet met jou mond getuig as met jou lewe. Dade praat harder as woorde. Oor dié gedagte van onselfsugtige diens noem Niemandt en Joubert vir moeder Teresa as ’n goeie voorbeeld. Joubert trek dit ook deur na die kwessie van reg en verkeerd.
Tradisioneel, sê hy, het die kerk ’n sterk morele sondebeskouing, met lysies soos dans, drink, dobbel en dies meer. Hy bepleit ’n skuif na sosiale verantwoordelikheid waar gelowiges ’n voorbeeld is van ’n samelewing waarin Christus is. Moenie sê wat verkeerd is nie, maar wys en leef wat reg is. Dis ’n skuif van die handhawing van reëls na die uitleef van ’n waardestelsel tussen mense wat dit nié leef nie. (Klem bygevoeg)
Ek het by verskeie vorige geleenthede gesê dat die Christen as nuwe skepping in die Here die verantwoordelikheid het om as lig en sout in hierdie wêreld ‘n voorbeeld te wees vir andere maar sodra ‘n ongebalanseerde klem op jou mooi lewe gelê word, ondermyn dit die Evangelie en Christus se opdrag om dit by elke geleentheid te verkondig. Christus self, die enigste Persoon wat ‘n volslae heilige lewe kon lewe, het op ‘n dag gesê “Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.“ (Joh 15:3). Dit was dus nie sy heilige lewe wat mense tot redding gebring het nie, maar God se Woord wat HY aan hulle verkondig het (Romeine 10: 17). Blykbaar steur Nelus Niemandt en Stephan Joubert hulle nie veel aan Christus se vooropstelling van sy Evangelie nie omdat hulle ‘n persoon soos Moeder Teresa as voorbeeld vir hulle ontluikende kerk voorhou. Sy het inderdaad ‘n wonderlike en pragtige voorbeeldige lewe van selfopoffering uitgeleef, maar soos ons reeds gesien het, het sy Christus se opdrag om dissipels te maak van al die nasies, verontagsaam. Sy het die Moslems en Hindoes wel deeglik met liefde versorg maar haar ongehoorsaamheid aan Christus het die armes in ‘n baie erger toestand gelaat as wat hulle was – ewige verlorenheid. Wil Nelus Niemandt en Stephan Joubert werklik voorgee dat hulle beter kan doen as die helige Seun van God wat die prediking van die Woord van God (en dit sluit die aanspreek van sondes soos dans, drink , dobbel en dies meer in) vooropggestel het? Wat sê die Skrif?
Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. (1 Kor 13: 1-3)
In hierdie gedeelte word “doen” gestel teenoor “liefde.” Dit is egter nie ‘n filantropiese soort liefde nie, maar in die eerste plek ‘n liefde vir God en sy Evangelie (leerstellings, dogma, teologie). Dit is juis hierdie liefde vir God en sy Woord wat verkondig moet word wat die Christen moet dring om mense te vermaan om hulle met God te versoen.
1 Kor 2:14 en 20 Want die liefde van Christus dring ons . . . Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.
Hierdie ongebalanseerde klem op Christene se voorbeeldige lewens as die primêre wyse waarop mense vir die koninkryk van God gewin moet word, is ‘n baie subtiele aanslag op die Evangelie van Jesus Christus en die verkondiging daarvan. Paulus het nie vir Timotheus gesê om net op sy lewe alleen te let nie maar op sy LEER en sy LEWE (1 Tim 4:6). Miskien kan ‘n mens die hedendaagse post-moderne volgelinge van Jesus as volg beskryf, veral as jy mooi luister na wat hulle oor leersteling sê: Jesus Christus minus leerstelling (reëls, lering, wette, ideologieë) = Jesus volgelinge. Kan hierdie volgelinge van Jesus daarop aanspraak maak dat hulle sy dissipels is terwyl hulle sy leerstellings minag of beskou hulle Hom maar as net nog ‘n rolmodel of ‘n voorbeeld van hoe om te lewe en hulle gewone alledaagse lewenseise te hanteer? Om hierdie vraag te beantwoord moet ons weer eens luister na wat Jesus van die Bybel self gesê het.
Joh 8:31 En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord (leerstellings) bly, is julle waarlik my dissipels. (Klem bygevoeg).
Om soos Jesus te lewe beteken dus om in sy woord (leerstellings) te bly. Hy het ook gesê:
Joh 15:10 As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
Die aanspraak dat iemand ‘n volgeling van Jesus is sonder om ag te gee op sy leerstellings wat vir ons sê wat ons mag en nie mag doen nie, dui óf op onkunde óf op misleiding óf albei. Selfs Alice Bailey wat haar boeke geskryf het onder die invloed en leiding van haar geestegids, Djwhal Khul, het geroem op die feit dat Jesus haar voorbeeld was. Sy skryf:
Ons het baklei oor die leerstellings waardeur mense gered sal word . . . Ons het die helfte van die wêreld as
verlore beskou en slegs die Christen gelowige as gered, en tog het Christus die heeltyd vir ons vertel dat liefde die weg na die koninkryk is, en dat die feit van die teenwoordigheid van goddelikheid in elkeen van ons, ons geskik maak vir daardie koninkryk . . . Mense word nie gered deur ‘n geloof in die formulering van ‘n teologiese dogma nie, maar deur die feit van Sy lewende Teewoordigheid, of die lewende onmiddelikheid van Christus . . . Dit wat uiteindelik ons menslike lewe sal erken is die teenwoordigheid in die wêreld van diegene wat Christus as hulle voorbeeld ken, en herken dat hulle dieselfde goddelike lewe besit, net soos die bekragtiging van die basiese wet van die koninkryk van God, die wet van die liefde, die wêreld finaal sal red – Alice Bailey en Djwhal Khul (7) (Uit die Engels vertaal) (Klem bygevoeg).
Die wêreld smag inderdaad na ‘n Jesus, maar nie die Jesus wat gesê het “Ek IS die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” Hulle wil alleenlik ‘n Jesus hê wat vir hulle die weg aandui; ‘n Jesus wat vir hulle ‘n voorbeeld kan wees in hulle eindelose soeke na die weg en die waarheid en hoe om hulle gewone alledaagse lewenseise te hanteer. Hoewel die antichris hom nog nie as persoon in lewende lywe aan die wêreld geopenbaar het nie (en hy kan ook nie, nie voordat God dit toelaat nie – 2 Thess 2:7), is sy gees (invloed) lankal reeds waarneembaar in die wêreld. ‘n Persoon deur wie die gees van die antichris reeds sedert 1977 merkbaar in die wêreld werk, is die sg. Maitreya. Hy het gesê:
Allow Me to show you the way ― forward, into a simpler life where no man lacks; where no two days are alike; where the joy of Brotherhood manifests through all men.
Mine is the task to lead and guide, but you, willingly, must follow. Otherwise, I can do nothing. My hands are tied by Law. The decision rests with mankind.
When I make Myself known, I shall express the hope of all mankind for a new life, a new start, a readiness to change direction; to see the construction of a New World in which men can live in peace; can live free from fear of themselves or their brothers; free to create from the joy in their hearts; free to be themselves, in simple honesty. [8] (Klem bygevoeg)
Klink dit nie nogal baie na Hennie Stander se wyse woorde nie? – Die mense stel nie belang in dogma en teologie nie. Hulle wil hulp kry oor hoe om gewone daaglikse eise van die lewe te kan hanteer. As ons sy woorde so ‘n bietjie wyer omskryf, sal dit moontlik as volg verwoord kan word: Die mense stel nie belang in Jesus Christus se leerstellings en teologie nie maar soek iemand wat vir hulle die weg kan aanwys oor hoe om hulle gewone alledaagse lewenseise te kan hanteer.
Ek vra weer: “Is daar hoop en ‘n toekoms vir hierdie wêreld?” Die antwoord hierop is ‘n klinklare ja! Maar, dit is ‘n valse hoop en ‘n verskriklike toekoms omdat die Jesus wat die paradoksale postmoderne predikers die wêreld bied, ‘n valse Jesus is waarvan die profeet Daniël geskrywe het en ek haal aan uit die Amplified Bible:
Dan 8:25 And through his policy he shall cause trickery to prosper in his hand; he shall magnify himself in his heart and mind, and in their security he will corrupt and destroy many. He shall also stand up against the Prince of princes, but he shall be broken and that by no [human] hand.
laat my asseblief toe om jou te vra. Watter Jesus volg jy? Die een wat gesê het: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg” of die een wat sê “Allow Me to show you the way ― forward, into a simpler life where no man lacks; where no two days are alike; where the joy of Brotherhood manifests through all men. Mine is the task to lead and guide, but you, willingly, must follow.” Ek kan met absolute sekerheid sê dat die eersgenoemde na die ewige lewe lei en die laasgenoemde na die ewige verderf, tensy jy jou heelhartig bekeer en jou huidige pad verlaat om deur die nou poort te gaan sodat jy die smal pad kan bewandel. Hierdie poort en weg is ‘n Persoon en sy Naam is Jesus Christus, die Seun van die Lewende God. Die keuse lê by jou. Maak asseblief die regte keuse, ter wille van onse Here Jesus Christus.
(Let asseblief baie noukerurig daarop dat ek nie besig is om persone en hulle persoonlike verhouding met Christus aan te val nie. Ek ken nie mense se harte nie. God alleen weet wat in hulle harte aangaan. Ek is slegs besig om hulle openbare verklarings aan die hand van die Skrif te ondersoek en te evalueer. Ons taak is om hard te stry vir die geloof wat eenmaal deur die apostels aan ons oorgelewer is. Ek voel baie sterk daaroor dat ek net soveel reg het om die vooraanstaande leraars en predikers in ons land se openbare teologiese verklarings ook in die openbaar aan te vat indien dit nie met God se Woord strook nie. Sou dit wees dat hulle nie met my saamstem nie, is hulle welkom om my vanuit God se Woord te repudieer en verkeerd te bewys).
Gal 1:10 Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.
—————————————————————————————————–
[1] Nelus Niemandt, Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede, Lux Verbi BM, Junie 2007 p. 26 en 27
[2] Oop Gesprek, RSG, Sondag, 23 November 2008, 19:30
[3] Skrifgefundeerde geloof word al hoe meer deur positiewe denke vervang. In een van haar gereelde preke op TBN het Joyce Meyer onlangs gesê dat Christene elke nuwe dag met ‘n positiewe verklaring soos “Iets goeds gaan vandag met my gebeur” en “Ek word by die dag beter.” moet begin. Dit is nie geloof nie maar ‘n okkultiese vertroue in jou eie positiewe denkprosesse. Dit is, met ‘n positiewe woord gesê, suiwer afgodery.
[4] http://www.carpediem.co.za/henniestander/
[5] Brian McLaren, A Generous Orthodoxy, pp. 260, 262, 264
[6] http://www.ewtn.com/MotherTeresa/words.htm
[7] Alice Bailey & Djwhal Khul, The Externalization of the Hierarchy, Section II – The General World Picture, http://laluni.helloyou.ws/netnews/bk/externalisation/exte1087.html.
[8] http://www.share-international.org/background/printed/messages.htm
die gevolge is ‘n paradoksale wêreld. Paradokse beteken dan twee dinge, wat oënskynlik teenoor mekaar staan, terselfdertyd waar en geldig is. Dit is ‘n geval van “die een en ook die ander”. Ons leef in so ‘n en/ook wereld. Die een ding is waar en ook die ander. Teenoorgesteldes is beide waar en geldig. Die lewe en die werklikheid kan nie meer in eenvoudige swart/wit kategorieë geplaas en verklaar word nie.
het: die wêreld soek hoop en soek ’n toekoms. Dit is die soort boodskap wat kinders van die Here by uitstek aan die wêreld kan bring. Dit is net jammer dat ons dit nie genoegsaam verkondig nie. Veral in Kerstyd kan ons gerus weer die boodskap verkondig dat Baba Jesus nie net ’n ou hulpelose babatjie in ’n krip is nie.
Ek glo nie om dissipels te maak dieselfde moet wees as om volgelinge te maak van die Christelike godsdiens nie. Dit mag raadsaam wees om in baie omstandighede (nie alle nie!) mense te help om volgelinge van Jesus te word en [nog steeds] binne hulle Boeddhistiese, Hinduïstiese en Joodse konteks te bly . . .
God. I’ve always said we should help a Hindu become a better Hindu, a Muslim become a better Muslim, a Catholic become a better Catholic. We believe our work should be our example to people. We have among us 475 souls – 30 families are Catholics and the rest are all Hindus, Muslims, Sikhs—all different religions. But they all come to our prayers.[6]
verlore beskou en slegs die Christen gelowige as gered, en tog het Christus die heeltyd vir ons vertel dat liefde die weg na die koninkryk is, en dat die feit van die teenwoordigheid van goddelikheid in elkeen van ons, ons geskik maak vir daardie koninkryk . . . 
sintuie te betrek in eredienste. Mense smag na whole body experiences. Al die sintuie word by aanbidding betrek en speel ‘n rol in die gebeure.