Pilatus het hierdie vraag aan die Here Jesus op die vooraand van sy kruisiging gestel nadat die gesprek soos volg tussen hulle verloop het:
Johannes 18:33-38 Pilatus gaan toe weer in die goewerneur se paleis en roep Jesus en sê vir Hom: Is U die Koning van die Jode? Jesus antwoord hom: Sê u dit uit uself, of het ander u dit van My gesê? Pilatus antwoord: Is ek dan ‘n Jood? U volk en die owerpriesters het U aan my oorgelewer. Wat het U gedoen? Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie. Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog ‘n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek ‘n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem. Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? En toe hy dit gesê het, gaan hy weer uit na die Jode en sê vir hulle: Ek vind geen skuld in Hom nie. (Klem bygevoeg)
Kom ons wees sommer wansuit eerlik met mekaar en verklaar onomwonde dat enigeen wat daarop aanspraak maak dat hy die Here Jesus liefhet en hom volg maar versuim om netsoos HY vir SY waarheid (leerstellings, dogmas, doktrines) te getuig. is besig om homself te bedrieg. So’n persoon kan ‘n duisend keer op ‘n dag sê “Ek is ‘n volgeling van Jesus” maar as hy of sy, SY waarheid nie liefhet nie en nie vir SY waarheid getuig soos Hy dit self gedoen het nie, is besig om ‘n ander Jesus te volg. Ons leef in tye waar daar geweldig baie klem gelê word op liefde, verhoudings, onderlinge gesprek, verdraagsaamheid, barmhartigheid en respek (veral t.o.v. die onderskeie godsdienste in die wêreld), maar hierdie dinge word nagejaag ten koste van die waarheid soos ons in in God se Woord vind. Gevolglik word die waarheid waarvoor Jesus Chirstus as ‘n getuie mens geword en aarde toe gekom het in repies geskeur en in die snippermandjie gegooi. Enigeen wat in gehoorsaamheid vir Jesus Christus se waarheid wil getuig word sonder seremonie as liefdelose, arrogante fundamentaliste bestempel omdat hulle kwansuis veroordelend pleks van liefdevol optree.
Dis opmerklik dat Pilatus nie gewag het op ‘n antwoord van die Here Jesus nie, maar hom onmiddellik tot die Joodse gespuis gewend het om SY onskuld te verklaar maar ook om Hom in deselfde asem te verdoem deur Hom gerieflikheidshalwe in hulle hande oor te lewer. Ek verstout my deur te sê dat Stephan Joubert waarskynlik ‘n baie beter joppie sou doen om aan Pilatus te verduidelik wat waarheid is. Ek sê dit op grond van sy onlangse relaas oor wat hy as waarheid definieer op e-kerk se webblad. Kom ons wees gehoorsaam aan die Here Jesus, van wie Stpehan getuig dat Hy die essensie van warheid is, en stel alles wat hy op die webblad kwytgeraak het aan die hand van die Skrif op die proef om vas te stel of sy woorde uit God is, al dan nie.
Stephan begin deur te sê:
Die waarheid is nie proposisies, leerstukke, belydenisse of teologiese geskrifte nie. (Klem bygevoeg)
Stephan, soos die meeste ander ontluikende Kerk leiers, is ‘n baie goeie naprater. Trouens, hy gebruik soms presies dieselfde woorde om sy idees oor te dra.
The truth of the Bible, like any truth, is not best seen ‘objectively’ . . . Where, then can I find authority that I can be sure of? Since God is (by and large) invisible, we are left with ordinary people holding a book. As we had said before, we cannot simply ‘go to the book.’ Truth cannot properly reside as a mere proposition on a paper. Truth lives in persons and relationships.” (Klem bygevoeg). Neil Livingstone
Indien dit nie nodig was om die waarheid in leerstukke (leerstellings, dogmas of dokrines) neer te skryf en in geskriffte saam te vat nie, sou die Here waarskynlik nooit sy eie gekose profete en apostels geïnspireer het om SY waarheid in 66 boeke op te skryf nie. Ons sou dus vandag geen geskrewe bewyse gehad het oor die kernleerstellings rondom Christus se maagdelike geboorte, sy fisieke kruisging, sy fisieke opstanding uit die dood en sy hemelvaart nie. Wat sê die Woord van God — die WAARHEID waarvoor die Here Jesus aarde toe gekom het om ‘n getuienis te wees.
1 Johannes 5: 13 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.
2 Timotheus 3:16 en 17 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
Dit is die geskrewe Woord, ‘n samevatting van God se leerstellings, wat God se kinders die sekerheid gee dat hulle nou reeds die ewige lewe as ‘n onontneembare werklikheid besit. Dis vir my tog te ironies dat almal, sekerlik ook Stephan Joubert, aanvaar dat ons land se wetgewing en konstitusie as geskrewe dokument bindend en geldend is vir alle burgers, maar sodra diie Woord van God se wetgewing en leerstellings ter sprake kom, kan ons maar daarmee maak wat ons wil. Dit sou voorwaar dom wees om van die land se burgers te verwag om binne die land se konstitusionele ordeningstukture te lewe as dit nie in ‘n algemeen geldende dokument saamgevat was nie. Objektiewe “kopgimnastiek” is miskien nie die uiteindelike doelwit nie maar dit is beslis die beginpunt vir ‘n lewe van gehoorsaamheid aan God en sy leerstellings. Jesus het dan self gesê: “En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het” (Johannes 17: 3). Hoe sou ons ooit vir God en sy Seun leer ken as ons nie hulle leerstellings in ‘n leerstuk (die Bybel) beskikbaar gehad het nie. Maar nouja, wanneer Stephan later sê “Sy Waarheid word geleef, gedoen, gesien, gevoel. Hierdie Waarheid gaan veel meer oor die lewe as oor leerstukke” bedoel hy maar eintlik dat die Bybel nie ‘n geslote kanon is nie, maar dat elkeen se persoonlike spirituele reis, gesprekke (“converstations”) en mistieke ervaringe ‘n bydrae maak tot die voorgesette en voortdurende beskrywing, herskrywing en by-skrywing van die Bybel. Dit is dus ‘n “lewende boek” (“open-ended book”) wat nog nie klaar geskrywe is nie.
The Bible is not considered an accurate, absolute, authoritative, or authoritarian source but a book to be experienced and one experience can be as valid as any other can. Experience, dialogue, feelings, and conversations are equated with Scripture while certitude, authority, and doctrine are to be eschewed! No doctrines are to be absolute and truth or doctrine must be considered only with personal experiences, traditions, historical perspectives, etc. The Bible is not an answer book. (Brian, McLaren, A New Kind of Christianity, p. 52.)
EC leader Tony Jones, youth speaker and National Coordinator of Emergent Village, declared, “I am quite convinced that the Bible is a subversive text, that it constantly undermines our assumptions, transgresses our boundaries, and subverts our comforts. This may sound like academic mumbo-jumbo, but I really mean it. I think the Bible is a f***ing scary book (pardon my French, but that’s the only way I know how to convey how strongly I feel about this.)”(Tony Jones, “Why is the Emerging Church drawn to deconstructive theology?, The church and postmodern culture: Conversation website, 3-26-2007.) Lees hier. (Klem bygevoeg)
Tony Jones se uit die hel aangesteekte uitspraak dat die Bybel hulle grense oorskry en hulle gemaksug ondermyn, laat my dink aan Psalm 2
Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle. Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik. (Klem bygevoeg)
Het dit nie tyd geword dat Stephan Joubert en sy e-kerk boeties ronduit vir ons sê waar hulle staan t.o.v. sulke sataniese uitlatings nie? Het dit nie tyd geword vir julle om die Ontluikende Kerk leierfigure soos Tony Jones, Brian McLaren, Rob Bell, en Leonard Sweet soos manlike mans in die openbaar te repudieer nie . . . of moet ons aanvaar dat hierdie klomp God-haters se integriteit en aansien vir julle belangriker is as die allerheiligste Naam van Jesus Christus? Beteken julle vriendskap en broederskap met hierdie valse apostels en profete vir julle meer as julle volgeling-verhouding met Jesus Christus? Hoe kan ons aanvaar dat julle waarlik gered is as julle onbeskaamd voortploeter om hulle lof te besing terwyl hulle God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees se ewige en onveranderlike leerstellings in die Bybel bespot? Die Here sê tog uitdruklik in 2 Johannes 9 dat enigiemand wat nie bly in die leer van Christus nie, nie gered is nie, en tog hou jy, Stephan Joubert, en jou boeties nog steeds vol dat hulle ware en tere kinders van die Here is.
Ons sou vandag die ellendigste van mense wees indien God sou versuim om sy leerstellings m.b.t. die wedergeboorte, heiligmaking en die ewige lewe in sy Woord laat opteken het nie. Selfs ook die feit dat die Here Jesus die essensie van waarheid is, sou vir ons onbekend wees indien dit nie as ‘n leerstelling in ‘n teologiese boek soos die Bybel vir ons opgeteken was nie. Waar anders sou Stephan Joubert leer dat die waarheid ‘n persoon is en dat sy Naam Christus is? Jy kan nie ‘n enkele leerstelling soos dat Jesus die eesensie van waarheid is uit ‘n leerstellige boek soos die Bybel aanvaar nie sonder om ook ander leersstellige waarhede, ook uit ‘n teologiese geskrif soos die Bybel, te aanvaar nie. Dis egter tragies dat Stephan nie die rede waarom Christus die waarheid is volledig aanhaal nie. Hy is nie net die essensie van Waarheid nie, maar ook die enigste Weg en die Lewe na God die Vader. Hy is dus die enigste Waarheid omdat Hy terselfdetyd ook die enigste Weg en Lewe na die Vader is. Waarom versnipper Stephan Joubert Johannes 14:6 op so ‘n onvanpaste wyse? Is dit nie miskien omdat hy al in die verlede verklaar het dat daar ook waarhede in ander godsdienste soos die Boeddhisme en selfs in die ateïsme is nie? Wil hy daarmee te kenne gee dat jy Jesus, die essensie van waarheid, ook in ander godsdienste kan vind op voorwaarde dat jy sy essensiële eienskappe soos dat Hy ook die enigste Weg en Lewe is, weglaat?
Die Ontluikende Kerk plaas geweldig baie klem op barmhartigheidswerk, veral onder die armes en die vertotelinge, maar in 2 Timotheus 3: 16 en 17 sien ons baie duidelik dat as jy nie die hele Skrif as ‘n nuttige leerstuk beskou om leuens te weerlê, die afvalliges tereg te wys en hulle in die geregtigheid te onderlê nie, beteken jou goeie werke net mooi niks nie. Dis dan ook om hierdie rede dat die Here Jesus gebid het; “Heilig hulle in U waarheid; U Woord (leerstellige geskrifte) is die waarheid” (Johannes 17: 17). Heiligmaking word dus pertinent deur God se leerstukke in sy Woord bewerkstellig en nie deur goeie werke nie.
Stephan Joubert sê voorts:
Waarheid is nie objektiewe kennis wat in kerklike dokumente of teologiese laaie weggepak is wat mens na willekeur daar kan uithaal en objektief bespreek nie. Waarheid is nie blote kop-gimnastiek nie. Sulke soort waarheid kos jou nie veel nie.
Toegegee, waarheid wat stof in laaie of op rakke versamel beteken ook niks nie. Leerstellige waarhede wat jy alleen in God se Woord kan opdiep, moet in jou daaglikse lewenswandel ‘n werklikheid wees; dit moet jou hele uitkyk op God, jouself, die wêreld en veral ook die onglowiges in ander godsdienste sodanig moduleer dat jy daarna kyk volgens God se perspektiewe en nie jou eie vooropgestelde idees nie. Stephan het nog altyd die noodsaaklikheid en die belang van kosteberekning in die beoefening van die waarheid beklemtoon. Kosteberekning kom daarop neer dat elke Christen stil moet gaan sit om te besluit of hy werklik bereid is om “na Hom te gaan buite die laer om sy smaad te dra.” (Hebreërs 13:13). Wat is hierdie smaad? Christene wat dit hulle erns maak om die Here Jesus te volg al sou dit ook hulle lewens kos, moet verwag om die smaad en die hoon van hulle eie familielede, vriende, kollegas, mede-Christene, en kerkgenote te verduur. Hierdie smaad en hoon word hulle deel, veral wanneer hulle hard stry vir die leerstellings wat eenmaal deur die apostels aan ons oorgelewer is (Judas 1:3). U kan maar verseker weet dat as Jesus Christus wat aarde toe gekom het om vir die waarheid te getuig ter wille van hierdie waarheid gekruisiig is, gaan elkeen wat ook bereid is om vir dieselfde waarheid te getuig ook verguis, vervolg, verneder en selfs doodgemaak word (soos diit tans in baie lande die geval is). Dis die prys wat elke ware volgeling van Jesus besreid moet wees om te betaal.
Ek het eintlik nog nooit hierdie tipe kosteberekening om Jesus se smaad buitekant die laer te verra by Stephan Joubert of enige van sy mede-ontuikende broers gewaar nie. Trouens, van die toonaangewendste leierfigure wat nog steeds in Stephan Joubert se goeie boekies is, sê soms skreiend godddelose dinge sonder dat hy hulle in die openbaar repudieer, teregwys of ten minste so ‘n bietjie reghelp na aanleiding van 2 Timotheus 4: 1-3.
2 Timotheus 4:1-3 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: ver-kondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening. (Klem bygevoeg).
Indien die Evangelie van Jesus Christus die waarheid is, en ‘n mens sou nogal dink dat dit wel die waarheid is omdat Christus self verklaar het dat die waarheid die mens vrymaak, dan moet Stephan Joubert se ontluikende boeties besig wees om die waarheid te verkondig omdat hulle, volgens Stephan, die Evangelie in die wereld uitdra. Is dit die waarheid? Verkondig hulle werklikwaar die waarheid van die Evangelie. Stephan Joubert dink so.
Rob Bell — ek het hom al sien optree — baie keer. Hy stap op daai verhoog, met sy swart bril en sy weird klere en sy kitaar, maar as hy sy mond oopmaak dan is dit die Evangelie. Dieselfde met Dan Kimball. Ons sit en luister in Amerika, in Los Angeles, laasjaar en soos ek sê hierdie ou het nie een plek, het hy die Skrif oortree nie. Hy sê “ek glo in die hel, letterlik.” “Ek glo in die opstanding, letterlik.” “Ek glo in die maagdelike geboorte.” “Ek dink homoseksualiteit is verkeerd.” Maar hy word beskou as die leier van die emerging church. Hy lyk net weird . . . . sulke mowhawk hare wat so staan. Dit lyk of daar een of ander, of iets in sy kop ontplof het. Maar dit is mense wat die vraag vra hoe gaan ek die wêreld in 2008, 2009, 2010 vir Jesus bereik? Maar moet ek die kerk transformeer op ’n nuwe manier?
Vir die waarheid om werklik waarheid te kan wees, moet dit onveranderlik, absoluut en onfeilbaar wees. Indien waarheid vandag so en more anders is, d.w.s. as waarheid sommer so goedmoeds aangepas of verander word om nuwe generasies en hulle behoeftes te akkomodeer, kan gister se waarheid hoegenaamd nie meer as die waarheid beskou word nie. Gister se waarheid sou dan nie meer betroubaar wees nie en indien gister se waarheid onbetroubaar is, sal vandag se waarheid oor ‘n klompie jare self ook onbetroubaar wees. Dis die einste rede waarom die ontluikende boeties en sussies voortdurend praat van hulle spirituele reis (“spiritual journey”), ‘n reis waarop hulle voortdurend soek na die waarheid. Brian McLaren sê “We need a new quest” bedoelende dat die ou waarhede uitgedien is.
Hoe dit ookal sy, Stephan Joubert stem blykbaar saam dat die waarheid onveranderlik moet wees want hy sê met oortuiging die volgende:
Maar is die waarheid net proposies, leerstukke en preke? Nee, die waarheid is ‘n persoon. Sy naam is Christus. Sy Waarheid is relasioneel, verhoudings-gedrewe. Sy Waarheid word geleef, gedoen, gesien, gevoel. Hierdie Waarheid gaan veel meer oor die lewe as oor leerstukke. Geen wonder nie dat die eerste volgelinge van Jesus “mense van die Weg” genoem is. Hulle het Waarheid geleef, Jesus se soort. (Klem bygevoeg)
Dit klink baie mooi en suiwer evangelies, maar dis beslis nie die waarheid nie. Christus Jesus het baie meer waarde geheg aan die waarheid van sy Evangelie as aan verhoudingsgedrewe relasies. Trouens Hyself het op ‘n kol baie duidelik gesê:
Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. (Klem bygevoeg).
Hoor u dit? Om enigiemand wat die Evangelie van Jesus Christus wil her-bedink of –oordink, wil herverwoord en “repaint,” as ware en suiwere evangelieverkondigers te loof en te prys, is nie besig om hulle verhouding met Jesus Christus te bou of te verstewig nie maar is juis besig om hulle verhouding met Hom te vernietig deur hulleself onwaardig te maak. Hulle heg meer waarde aan hulle verhouding met valse sg. evangelieverkondigers as aan Jesus Christus en sy waarheid. Hoe durf hulle dit doen as Jesus Christus self sy waarheid bokant sy eie Naam verhewe het?
Ps 138: 2 I will worship toward Your holy temple and praise Your name for Your loving-kindness and for Your truth and faithfulness; for You have exalted above all else Your name and Your word and You have magnified Your word above all Your name!
Indien Jesus Christus die waarheid is, en Hy IS inderdaad die waarheid, dan moet die waarheid ook ewigdurend onveranderlik, onbuigsaam, onfeilbaar en onaantasbaar wees omdat Jesus Christus gister en vandag en tot in alle ewigheid dieselfde is. En tog is Stephan Joubert en sy ontluikende boeties voortdurend besig om die Evangelie (die waarheid van God) te her-oordink (“re-think”), te herverwoord, en te “repaint” (soos Rob Bell dit in sy boek “Velvet Elvis” stel). Die spirituele reis waarop hulle hul begeef maak dat hulle voortdurend dinge verkondig wat hoegenaamd nie met die Woord van God ooreenkom nie. Hoe op deeske aarde kan Stephan Joubert in die openbaar in een van sy preke verklaar dat wanneer Rob Bell sy mond oopmaak dan is dit die Evangelie, as die man God se Woord (dié Woord wat die Evangelie van Jesus Christus bevat) verkleineer? Rob Bell het ‘n besondere lae dunk van die Woord van God. Syns insiens kan niemand met sekerheid sê “Ek ken die Here en sy waarheid” nie. Die beste wat ons kan doen is om inwaarts te keer en te luister na ons innerlike stem. Vir hom is die Bybel te misterieus om volledig verstaan te kan word.
“One of the great ‘theologians’ of our time, Sean Penn, put it this way: ‘When everything gets answered, it’s fake. The mystery is the truth. ”The mystery is the truth” (Velvet Elvis, p. 33).
“Jesus wants to heal our souls, wants to give us the shalom of God. And so we have to stop. We have to slow down. We have to sit still and stare out the window and let the engine come to an idle. We have to listen to what our inner voice is saying.” (Rob Bell: Velvet Elvis: Repainting the Christian Faith p. 118). (Emphasis added)
Een van die groot teoloë van ons tyd, Sean Penn, het dit so gestel: “Wanneer alles ‘n antwoord het, is dit ‘n namaaksel. Die misterie is die waarheid. “Die misterie is die waarheid.”
Jesus wil ons siele heelmaak, wil ons die shalom van God gee. En daarom moet ons stop. Ons moet ons pas verminder. Ons moet stilsit en by die venster uitstaar en die enjin laat luier. Ons moet luister na wat ons innerlike stem sê.” (Klem bygevoeg)
God sê tog baie duidelik dat “sy goddelike krag ons alles geskenk [het] wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug” (2 Petrus 1:3). Let asseblief daarop dat dit “deur die kennis van Hom” is dat sy kinders in staat gestel word om sy godsvrug te belewe en uit te lewe. Dis nie iets hier binne-in onsself (die innerlike stem) waarna ons moet luister om die vrede van God en sy siels-helende werking te ervaar nie. Jou innerlike stem of intuitiewe waarneming is met een woord gesê onbetroubaar omdat jou hart bo alles bedrieglik en uiters verdorwe is m.d.g. dat jyself dit nie kan ken nie (Jeremia 17: 9). In weerwil hiervan, suggereer Rob Bell dat jou innerlike stem die medium is waardeur God ons siele wil heelmaak en ons die shalom (vrede) van God wil gee. Dit is niks anders as ‘n ander heils-evangelie nie (wat natuurlik nie, soos Paulus gesê het, bestaan nie – Galasiërs 1:6 en 7). Dit kom daarop neer dat jy jou heil in jouself moet soek deur die enjin so ‘n beitjie te laat “idle” sodat jy na jou innerlike stem kan luister. Is dit nie ironies nie? Rob Bell verruil God se Woord wat absoluut betroubaar is en ten volle aangeneem moet word (2 Timotheus 2:11) vir die “innerlike stem” wat geheel en al onbetroubaar is. Moet ons verbaas wees oor Rob Bell se onbybelse uitlatings? Hoegenaamd nie, veral nie wanneer ons in ag neem wat sy siening rondom die verkondiging en uitdra van die Evangelie van Jesus Christus is nie. Luister ‘n bietjie hierna:
“Oftentimes the Christian community has sent the message that we love people and build relationships in order to convert them to the Christian faith. So there is an agenda. And when there is an agenda, it isn’t really love, is it? It’s something else. We have to discover love, period. Love that loves because it is what Jesus teaches us to do. We have to surrender our agendas” (Velvet Elvis, p. 167).
Die Christen gemeesnkap het dikwels die boodskap uitgedra dat ons mense liefhet en verhoudings bou met die doel om hulle tot die Christelike geloof te bekeer. Daar is dus ‘n agenda. En wanneer daar ‘n agenda is is dit nie ware liefde nie, is dit? Dis iets anders. Ons moet liefde ontdek, punt. Liefde wat liefhet want dit is wat Jesus ons leer om te doen. Ons moet ons agendas prysgee.
Rob Bell het ‘n volkome skewe siening van wat ware liefde is. Maar, voordat ons sy baanbrekerswaarhede onder die loep neem wat, soos Stephan ons probeer oortuig, die suiwere Evanglie is sodra die man sy mond oopmaak, moet ons eers gaan kyk wat God sê:
2 Korinthiërs 5:11-14 Omdat ons dan die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig; maar voor God is ons openbaar, en ek hoop om ook in julle gewetens openbaar te wees. Want ons beveel ons nie weer by julle aan nie, maar ons gee julle aanleiding tot roem oor ons, sodat julle iets kan hê teenoor die wat hulle op die uiterlike beroem en nie op die hart nie. Want as ons uitsinnig is, is dit tot eer van God; en as ons by ons verstand is, is dit om julle ontwil. Want die liefde van Christus dring ons. (Klem bygevoeg)
Uit die bg. gedeelte is dit baie duidelik dat Paulus ‘n besondere agenda gehad het en daardie agenda was om mense te probeer oortuig om hulle tot die Here Jesus te bekeer omdat die liefde van Christus hom daartoe gedring het. Dit is uiters belangrik om te weet dat alleenlik diegene wat die vrees van die Here ken se kop reg opgeskroef sal wees om God se agenda van bekering, wederbaring en verlossing aan mense te verkondig. Hulle wat die vrees van die Here nie ken nie sal agendas, insluitende Paulus s’n, prysgee — en dit nogal ter wille van ‘n sg. liefde. Hoedat intelligente en hoogaangeskrewe mense soos Stephan Joubert sulke uitlatings as suiwer envangelie kan beskou, gaan ‘n mens se verstand te bowe. Dink ‘n bietjie daaraan, Rob Bell sê “Ons moet liefde ontdek – liefde wat liefhet want dit is wat Jesus ons leer om te doen.” Van watter Jesus praat hy? Dit kan beslis nie die Jesus van die Bybel wees nie. Paulus sê dat dit nie sy eie liefde is wat hom gedring het om mens met die Evangelie te bereik nie, maar die liefde van Christus (in Hom) wat hom daartoe gedring het. Dis dus ‘n liefde wat jy nie nodig het om nog te ontdek nie of waarvoor jy op ‘n eindelose spirituele reis moet gaan om dit te soek nie. Dis ‘n liefde wat nog altyd daar was omdat Jesus Christus gister en vandag en tot in alle ewigheid onveranderlik dieselfde is. Hy is die essensie van liefde en sy liefde kan jou alleenlik dring wanneer sy liefde in jou hart uitgestort is en dit geskied alleenlik by jou bekering. As jy nog nie tot bekering gekom het nie, sal jy beslis nog nie sy liefde in jou binneste ervaar nie en sal jy noodwendig op ‘n nimmereindigende reis moet gaan om ‘n ander soort “liefde” te ontdek, ‘n liefde wat God se agenda om mense te oortuig om hulle tot Hom te bekeer, eenkant skuiwe. En Stephan Joubert het die vermetelheid om in die openbaar te verklaar dat wanneer Rob Bell sy mond oopmaak, is dit die Evangelie en dat hy ‘n persoon is wat die vraag vra “hoe gaan ek die wêreld in 2008, 2009, 2010 vir Jesus bereik.” Vergeet dit! Hy sal nooit in der ewigheid ‘n enkele persoon vir Christus wen as hy Jesus, Paulus en die ander apostels se agenda om verlore sondaars tot bekering te lei, prysgee nie.
‘n Verkeerde sotereologie lei onomwonde tot ‘n verkeerde siening m.b.t. die ewigheidebestemming van gelowiges en ongelowiges asook ‘n onbybelse benadering tot die regverdige oordele van God. Die liefde wat Rob Bell sê ons moet ontdek, hou verband met sy siening oor die hemel en die hel. Die algemeen aanvaarde vooropstelling wat in baie geestelike kringe geld, is dat ‘n God van liefde nooit enige van sy skepsels ‘n ‘n verskriklike plek soos die hel, sal werp nie. Daarom probeer hulle voortdurend om die hel eerder op ‘n ander plek, soos hier op aarde, te lokaliseer. Rob Bell sê:
“Now if there is a life in heaven, and we can choose it, then there’s also another way. A way of living out of sync with how God created us to live. The word for this is hell: a way, a place, a realm absent of how God desires things to be. We can bring heaven to earth; we can bring hell to earth.
For Jesus, heaven and hell were present realities. Ways of living we can enter into here and now. He talked very little of the life beyond this one because he understood that the life beyond this one is a continuation of the kinds of choices we make here and now.
For Jesus, the question wasn’t, how do I get into heaven? But how do I bring heaven here? The question wasn’t, how do I get in there? But how do I get there, here?” (Velvet Elvis, p. 147).
Nou, as daar ‘n lewe in die hemel is, en ons kan dit kies, dan is daar ook ‘n ander weg, ‘n lewensweg wat nie in harmonie is met hoe God ons geskape het om te lewe nie. Die woord hiervoor is hel: a weg, ‘n plek, ‘n gebied waar God se begeertes vir dinge om te wees, afwesig is. Ons kan hemel op aarde bring; ons kan hel op aarde bring.
Vir Jesus was hemel en hel teenswoordige realiteite. Weë wat ons kan betree hier en nou. Hy het baie min oor die lewe anderkant hierdie een gepraat omdat Hy verstaan het dat die lewe anderkant hierdie een ‘n voortsetting is van die soort keuses wat ons hier en nou maak.
Vir Jesus as die vraag nie, hoe kom ek in die hemel? Maar hoe ek hemel hierheen bring? Die vraag was nie, hoe kom ek daar in nie? Maar hoedat ek hier daar uitkom?
Die Here Jesus het op ‘n dag gesê: “Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele” (Matteus 25: 41). As ons, soos Stephan Joubert, ons sou oorgee aan die Rob-Bell-hemel-en-hel-evangelie, dan moet ons glo dat die Here Jesus, deur wie alles ontstaan het (Johannes 1:3), so wrintie waar die aarde vir die duiwel en sy engele gemaak het. U sien, sodra ‘n mens sulke Bybel-vreemde opmerkings maak dan val ander gedeeltes in die Woord so gevaarlik uit plek dat dit in ‘n sirkus ontaard. Ja, ek word kwaad en ek het die reg om kwaad te word wanneer ek sien hoedat ons jongmense deur sulke snert mislei en verlei word. Hulle vergeet gerieflikheidshalwe Jesus se woorde in Matteus 18: “ . . . maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.” Rob Bell se heils-evangelie — dié een wat Stephan Joubert die ware Evangelie noem — berus op die soort keuses wat ons hierdie kant van die graf maak. As jy ‘n bietjie dieper delf, sal jy agterkom dat Rob Bell maar eintlik verwys na die Oosterse begrip van goeie en slegte karma.
Weer eens, enigiemand wat elke woord uit Rob Bell se mond as suiwer evangelie beskou, moet óf ‘n klap van die windmeul weghê óf moes reeds so ver van die Here af weggedryf het dat hy nie meer die ware evangelie van ‘n valse een kan onderskei nie. Trouens, die Woord van God waarsku baie ernstig teen die gevaar om al hoe verder en verder van die Here af weg te dryf.
Hebreërs 2:1-4 Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie. Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang het, hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het, terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?
Rob Bell dryf soms openlik die spot met die Evangelie van Jesus Christus. Hy skryf onder andere:
“The presentation often begins with sin and the condition of human beings, separated from God and without hope in the world. God then came up with a way to fix the problem by sending Jesus, who came to the world to give us a way out of the mess we find ourselves in. So if we were to draw a continuum of the story of the Bible, Jesus essentially shows up late in the game” (Velvet Elvis, p. 82).
Die aanbieding begin dikwels met sonde en die toestand van mense, geskei van God sonder hoop in die wêreld. God het toe met ‘n manier vorendag gekom deur Jesus te stuur wat na die wêreld gekom het om vir ons ‘n manier uit die gemors waarin ons ons bevind, te gee. As ons dus ‘n konrtinuüm van die verhaal van die Bybel moet deurtrek, dan het Jesus essensiëel laat in die spel opgedaag.
Volgens Rob Bell is God so ‘n bietjie onkant betrap deur die sondeval van die mens en het eers heelwat later in die konrtinuüm van die verhaal van die Bybel besluit om sy Seun te stuur, in die eerste plek nie om vir ons sondes aan die kruis te betaal nie maar om vir ons ‘n nuwe visie te gee omtrent die lewe wat ons met mekaar moet deel en om ons ‘n beter weg aan te dui vir die wêreld waarin ons lewe.
I’m part of this global, historic stream of people who believe that God has not left us alone but has been involved in human history from the beginning. People who believe that in Jesus, God came among us in a unique and powerful way, showing us a new kind of life. Giving each of us a new vision for our life together, for the world we live in” (Velvet Elvis, p. 12).
Ek is deel van hierdie globale, historiese stroom van mense wat glo dat God ons nie alleen gelaat het nie maar van die begin af betrokke was in die mens se geskiedenis. Mense wat glo dat God in Jesus op ‘n unieke en kragtige wyse onder ons kom woon het om ‘n nuwe soort lewe vir ons aan te dui, wat elkeen van ons ‘n nuwe visie vir ons lewens saam en vir die wêreld waarin ons lewe, te gee.
Die sg. herbeskildering van die Evangelie is nie om dowe neute nie. Die hele doel daaragter is om die mensdom en veral die vervalle Christendom voor te berei vir ‘n “Christus” wat ons ‘n nuwe visie sal gee om te leer hoe om met mekaar in vrede en harmonie saam te lewe en om die pad vorentoe vir ons aan te dui.
WHO IS THE CHRIST?
Throughout history, humanity’s evolution has been guided by a group of enlightened men, the Masters of Wisdom. They have remained largely in the remote desert and mountain places of earth, working mainly through their disciples who live openly in the world. This message of the Christ’s reappearance has been given primarily by such a disciple trained for his task for over 20 years.
At the centre of this Spiritual Hierrarchy stands the World Teacher, Lord Maitreya, known by Christians as the Christ. And as Christians await the Second Coming, so the Jews await the Messiah, the Bhuddists the fifth Buddha, the Moslims the Imam Mahdi, and the Hindus await Krishna. These are all names for one individual.
His presence in the world guarantees there will be no Third World War.
WHAT IS HE SAYING?
My task will be to show you how to live together peacefully as brothers. This is simpler than you imagine, My friends, for it requires only the acceptance of sharing.
How can you be content with the modes within which you now live: when millions starve and die in squalor; when the rich parade their wealth before the poor; when each man is his neighbor’s enemy; when no man trusts his brother?
Allow me to show you the way forward into a simpler life where no man lacks; where no two are alike; where the Joy of Brotherhood manifests through all men.
Take your brother’s needs as the measure of your action and solve the problems of the world.
WIE IS DIE CHIRSTUS?
Die mens se evolusie is dwardeur die geskiedenis deur ‘n groep verligte mans, die Meesters van Wysheid, gebaan. Hulle het hoofsaaklik in die verafgeleë woestyn en bergstreke van die aarde gebly en werk grotendeels deur hulle dissipels wat openlik in die wêreld woon. Hierdie boodskap van die Christus se herverskyning word hoofsaaklik deur so ‘n dissipel wat vir meer as 20 jaar opgelei is vir sy taak, uitgedra.
In die senter van hierdie Spiriutele Hiërargie staan die Wêreldleermeester, Heer Maitreya, wat vir die Christene bekend staan as die Christus. En soos die Christene wat wag vir sy Tweede Koms, so wag die Jode vir die Messias, die Boeddhiste vir die vyfde Boeddha, die Moslems vir die Imam Mahdi, en die Hindoes vir die Krishna. Dit is almal name van een persoon.
Sy teenwoordigheid in die wêreld waarborg dat daar nie ‘n Derde Wêreldoorlog sal wees nie.
WAT Sê HY?
My taak sal wees om julle te wys hoe om as broers saam in vrede te lewe. Dit is eenvoudiger as wat julle dink, My vriende, want dit verg maar net ‘n bereidwilligheid om mededeelsaam te wees.
Hoe kan julle tevrede wees met die maniere waarop julle nou lewe: wanneer miljoene honger lei en in ellende sterwe; wanneer die rykes hulle rykdom voor die armes paradeer; wanneer elke persoon sy naaste se vyand is; wanneer niemand sy broer vertrou nie?
Laat my toe om vir julle die weg vorentoe aan te dui na ‘n eenvoudiger lewe waar niemand gebrek lei nie; waar niemand dieselfde sal wees nie; waar die Vreugde van Broederskap deur alle mense gemanifesteer sal word.
Neem jou broer se behoeftes as die maat vir jou aksie en los so die probleme van die wêreld op.
Die bg. volblad advertensie het op Saterdag, 24 April 1982 in die Rand Daily Mail en in koerante dwarsoor die wêreld verskyn. Sedertdien is die Maitreya se dissipels verwoed besig om sy boodskap in die hele wêreld uit te dra. Die naam Christus (Gesalfde Een) moet noodwendig van al sy unieke karaktereinskappe gestroop word om aan te pas by die valse Christus (anti-Chris) wat sal kom om die wêreld onder Satan se heerskappy te bring. Om dit te kan doen moet die Evangelie van Christus natuurlik ook herbedink en herverwoord word om in te pas by die Antichris se doelwitte. Hierdie valse Christus kan hoegenaamd nie sondes vergewe nie en ook nie die ewige lewe in die hemel aan jou voorsien nie; al wat hy vir jou kan doen is om ‘n visie vir ‘n nuwe lewe hier en nou op aarde te verskaf, waarin die ganse mensdom saam onder een spirituele sambreel as broers en susters in vrede en liefde saam verkeer — en om dan te sê “DIE KONINKRYK VAN GOD HET UITEINDELIK HIER EN NOU OP AARDE GEKOM.”
Dit is dan ook een van die hoofredes waarom kennis en insig as sodanig uitgefaseer moet word want die Satan weet baie goed dat ‘n gebrek daaraan die Here se volk ten gronde rig (Hosea 4: 6), en daarom word daar voortdrend vir hulle gesê: “Julle kan die waarheid nie ken nie en daarom moet ons saam daarna soek op ons gesamentlike spirituele reis.” Daar is hoofsaaklik twee duidelike raakpunte in die doelstellings van die Ontluikende Kerk en dié van die sg. Maitreya – hulle wil die armes, die onderdruktes en die vertraptes se lewenspeil ophef en verbeter (wat natuurlik ‘n baie mooi en deugsame ding is) en hulle wil die Koninkryk van God hier en nou op aarde vestig (wat natuurlik ook ‘n baie mooi en deurgsame ding blyk te wees). Daar is egter een probleem hiermee: hulle wil dit doen deur die waarheid soos ons dit in die Woord van God opgeteken vind (sy leerstellings, doktrines of dogmas) “repaint,” en “rethink,” sodat dit nie meer langer ‘n beskrywing moet wees van Jesus Christus, die essensie van Waarheid, die Weg en die Lewe, nie maar van ‘n ander Christus wie se taak dit is om vir ons te wys watter pad ons moet loop op ons nimmereindigende spirituele reis sodat absolute waarheid geneutraliseer kan word en ons as broers en susters kan saamlewe (wat natuurlik ook ‘n baie mooi en deugsame ding blyk te wees).
2 Johannes 9-11 Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.
Let Us Reason Ministries skryf as volg:
The attitude of liberalism is strong in the Emergent church as they try to reshape Christianity into something different. Experience is held above doctrine which is straight out of the New Age movement’s handbook. New age promoter the late Marilyn Ferguson wrote The Aquarian Conspiracy stating, “The radical Center of spiritual experience seems to be knowing without doctrine … the teacher does not impart knowledge but technique. This is the ‘transmission of knowledge by direct experience.’ Doctrine on the other hand, is second-hand knowledge, a danger” (Marilyn Ferguson, The Aquarian Conspiracy pp. 371, 377.)