Waak en Bid / Watch and Pray

omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie / for ye know not when the time is (Mark 13:33)

Posts Tagged ‘Valse Reddings-fondamente’

Is “onthoofding” in “Stander-taal” minder belangrik as “tandetrek?”

Posted by Thomas on August 14, 2009

Sword of Islam ‘n Baie hooggeleerde professor verbonde aan UP se Departement van Antieke Tale het die onmenslike onthoofding van Christene in die Suide van Somalië deur die al- Shahaab Islamitiese groep so “effentjies” versag toe hy onlangs op sy immer gewilde blog eerder klem gelê het op hulle gebruik om mense te ontvoer en die silwer en goue stopsels uit hulle tande te haal as op die menigvuldige onthoofdings van Christene. Trouens, hy het die onthoofdings geheel en al geïgnoreer en met mening teen Christene uitgevaar wat kwansuis net so geweldadig kan wees. Ons weet nie of die al-Shahaab moordenaars die silwer en goue tandestopsels net uit hulle mede-Moselms se monde verwyder nie maar dit kan selfs ook wees dat hulle Christene se silwer en goue tandestopsels verwyder voor of selfs na hulle onthoofding, maar dié is seker, Prof. Hennie Stander sal weer ‘n slag moet gaan kyk na sy “vergelykende UP-semantiek.” Hier’s Hennie se weergawe van die geweld in die Suide van Somalië:

Die Islamitiese groep al Shabaab in die suide van Somalië is tans besig om met geweld die silwer en goue stopsels in die tande van mense uit te haal. Hulle gebruik sommer die mees basiese gereedskap om dit te doen. Die Islamitiese groep sê dat silwer en goud vir mode en skoonheid is, en dit is teen die streng wette van Islam. Hulle “ontvoer” die mense teen hulle wil, en haal dan die silwer en goue stopsels uit hulle tande.

Mense is soms baie wreed in die beoefening van hulle godsdiens. Dit gebeur in alle godsdienste – ook in die Christendom. (Klem bygevoeg)

Kom ons laat vir eers ons hooggeleerde professor so ‘n bietjie agterweë om ons deeglik te vergewis van wat die werklike toedrag van sake in die Suide van Somalië is. Somalië word beslis nie net deur wrede “selfaangestelde tandartse” geteister nie. Was dit maar al sou ‘n mens dit glimlaggend met die Middeleesue tandetrek tegnieke kon vergelyk, maar dit is maar ‘n kleinigheidjie in vergelyking met die barbaarse onthoofding van Christene wat gereeld in Somalië  plaasvind.

WorldNetDaily Exclusive het op 11 Augustus 2009 sos volg berig.

  1. Vier Christene wat in Somalië gewerk het om weeskindertjies op te pas, is deur al-Qaida belanghebbedes onthoof.

Dis verstommend dat Prof. Hennie Stander slegs sy misnioë te kenne gee oor die silwer en goud wat sonder die basiese gereedskap uit mense se tande gehaal word nadat hulle geweldadig ontvoer is, terwyl die ontvoering en onthoofding van Christene sy geheue skynbaar ontglip het. Die dra van silwer en goud, al is dit ook om die gate in jou slegte tande toe te stop, is skynbaar ‘n baie groot oortreding van die sharia-wette van Islam. Nee professor, jy’t die kat by die stert beet. Die grootste oortrediing van die sharia-wette in Moslemlande is nie die dra van silwer of goud op jou persoon of self in jou tande nie, maar die dra van die Naam van Jesus Christus. Die Christene kom nie met so ‘n  ligte “straf” weg nie. Hulle word summier onthoof en die werklike rede vir hulle onthoofding is omdat hulle weier om hulle Saligmaker en Heer, Jesus Chrristus te verloën, en onder dwang die Islam geloof aan te neem. Die familie mog nie eens die liggame van die onthoofdes ontvang of begrawe nie omdat Somalië geen voorsiening maak vir begraafplase vir Christen-“ongelowiges” nie. Blykbaar word hulle sommer so vir die honde gegooi.

  1. Die Islamitiese al-Shahaab groep het verlede maand ses mense onthoof omdat hulle hul tot Jesus Christus bekeer het.

  2. WND het ‘n paar weke gelede op Compass Direct News berig dat al-Shahaab twee seuntjies ontvoer en onthoof het omdat hulle geweier het om inligting te verskaf oor die doen en late van ‘n sekere kerkkleier. Let asseblief op, Prof. Stander, die twee seuntjies het met ware heldemoed en mannemoed hulle geliefde pastoor beskerm en nie met hande in diie lug uitgeroep: “O! ons Christene is maar net so wreedaardig soos julle” nie. Dank die Here vir sulke seuntjies wat sonder enige hooggeleerde opleiding in die oorspronklike Hebreeuse en Griekse tale tog weet wat dit beteken om ‘n ware Christen te wees. Vir sulke mense het ek respek — die hoogste respek. “Ek het gekyk hoedat hulle my drie seuns hulpeloos wegsleep terwyl my jongste gehuil het” het hulle moeder gesê. “Ek het geweet hulle gaan geslag word.” ‘n Kort rukkie later het haar sewejarige seuntjie met trane in sy oë sy ma vertel hoedat sy 12-jarige en 11-jarige boeties onthoof is. Die moordenaars was op soek na hulle pa, wat die leier was van die ondergrondse kerk in Yonday in Somalië voordat hy en sy gesin in April na die Keniaanse kamp gevlug het.

Hoe Hennie Stander in die res van sy kommentaar die kloutjie by die oor kry om die misdaad van geweldadigheid ook aan die deur te lê van die Christene en veral dan ook die Christene wat so wreed onthoof is, weet net hy alleen. Om sout in die wonde te smeer, vergelyk hy die wreedheid wat kwansuis ook aan Christene toegedig kan word met die Fariseërs se sonde om allerlei reëls op mense af te dwing sonder dat hulleself die reëls nagekom het. Hy verwys dan spesifiek na Lukas 11:46 waar Jesus die Fariseërs bestraf het oor hulle huigelary.

Julle wetgeleerdes! Ellende wag vir julle ook, want julle laai ondraaglike laste op die mense, en self verroer julle geen vinger om die laste te dra nie (Luk 11:46).

Hennie Stander kom dan tot die gevolgtrekking dat Christene vandag steeds allerlei laste op mense lê. As voorbeeld verwys hy na ‘n predikant wat sy misnoë uitgespreek het omdat een van Hennie se vriende sy kar op ‘n Sondag gewas het terwyl die predikant self later in ‘n buite-egtelike verhoudiing betrap is. Hy roem dan daarop dat hy nog baie sulke voorbeelde kan gee. Dit, moet ek sê, wil darem gedoen wees, hoor. . . . ! Hennie! Leer die Skrif ons nie dat hy wat dink dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie? Dis juis wanneer ons so maklik val, wanneer ons, soos die Fariseërs wat swaar laste op ander geplaas het, dink dat ons nie so sleg is soos ander mense nie en dink dat ons vasstaan. Kom ek herinner jou aan Jesus se woorde in Matteus 5:28!!

Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.

As jy net een enkele keer in jou  hele lewe, ek herhaal—net één keer—na ‘n vrou gekyk het om haar in jou hart te begeer, het jy presies dieselfde sonde gedoen as wat daardie predikant gedoen het. Nie jy of ek is enigsins beter as die predikant waarna jy verwys nie, en ook nie die ander voorbeelde wat jy met soveel sorg kan noem nie.

Wat hoor ek jou sê, Hennie? Jy het nog nie ‘n enkele keer in jou hele lewe na ‘n vrou gekyk om haar in jou hart te begeer nie? Sjoe! Halleluja! In daardie geval het jy Jesus Christus nie nodig nie. Jy’s dan volmaak. As jy nog nooit nodig gehad het om die sonde in Matteus 5 by Jesus te bely nie, dan is daar darem ten minste een wat jy wel by Hom kan bely en dit is die sonde om met oop oë en ‘n glimlag op jou gesig te lieg.

As ons in ag neem wat ek so pas gesê het, dan hoef ons nie juis verbaas te wees oor Hennie se UP-belaaide verklaring van Matteus 11:28-30 nie. Hier’s Hennie se siening daaromheen nadat hy verwys het na die owerspelige predikant wat sy (Hennie) se vriend verbied het om sy kar op ‘n Sondag te was:

En ek sal nog baie sulke voorbeelde kan gee. Jesus het egter ’n ander boodskap gehad vir die mense wat so swaar gebuk gegaan het onder reëls. Hy het gesê: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.” (Mt. 11:28-30)

Het u Hennie se dartelende woord-omwentelende betekenis van Matteus 11:28-30 raakgesien? Om dit vir u makliker te maak sal ek herhaal wat hy gesê het:-

Jesus het egter ’n ander boodskap gehad vir die mense wat so swaar gebuk gegaan het onder reëls.

Werklik? Het Jesus werklikwaar mens geword, gely en gesterf, weer opgestaan uit die dood en weer opgevaar na sy Vader sodat ons ‘n stel reëls kan vryspring? Wat sê die Heilige Skrif?

Matteus 5:17 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.

Johannes 14:15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie.

Johannes 14:21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.

Johannes 15:10 As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.

Matteus 7:24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
Matteus 7:26 En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. (Klem deurgaans bygevoeg)

Hoe nou gemaak? Waarom moet die kinders van God sy gebooie (reëls) doen en bewaar as Hy dan self die gebooie volmaak vervul het? Sê Paulus dan nie ook dat God se kinders nie meer onder die Wet is nie maar onder die genade? (Romeine 6:14)

Onthou asseblief dat die essensie en die grondslag van die sonde die oortreding van God se gebooie is. Indien God nie sy Wet aan ons gegee het nie, sou niemand van ons ooit geweet en verstaan het wat sonde is nie. Daarom is God se gebooie, soos Paulus dit in Galasiërs 3:24 beskrywe, die tugmeester (of spieëlbeeld  waarin ons onsself sien) na Christus toe. In die tyd van die Ou Testamentiese Tabernakel en later die tempel is die koperwaskom wat tussen die koperaltaar en die ingang tot die heilige en allerheiligste gestaan het se bodem met spieëls uitgelê. Elke keer wanneer die Hoë Priester en die Priesters hulle in die kopwerwaskom gewas het, het hulle hulself in die spieëls gesien om hulle te herinner hoe oop en bloot hulle sondige lewens voor God was en hoe intens noodsaaklik dit vir hulle was om gereinig te word daarvan. Wanneer Christus (die finale en volmaakte Brandoffer van God) in Matteus 11 roep: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee,” was dit nie om sondaars wat onder reêls gebukkend gegaan het, vry te maak nie. Hy het dit juis gedoen om almal wat in hulle selfgesentreerde, roekelose, reël-lose en rigtinglose (Jesaja 53:6) lewenspatroon van sonde en rebellie vasgevang is en blindelings voortwoeker, aan Hom en sy gebooie te juk-band sodat Hy wat sy Vader se gebooie volbring het dit ook in en deur sy volgelinge kan volbring. Daarom sê die Here Jesus dat sy gebooie nie swaar is nie (1 Johannes 5:3) omdat Hy deur sy Gees sy volgelinge in staat stel om sy gebooie te bewaar. Word die Heilige Gees dan nie pertinent die “Parkletos” (die Trooster) genoem nie? Die “Enhanced Strongs Lexikon” beskryf die woord “Parakletos” as volg:

in the widest sense, a helper, succourer, aider, assistant

of the Holy Spirit destined to take the place of Christ with the apostles (after his ascension to the Father), to lead them to a deeper knowledge of the gospel truth, and give them divine strength needed to enable them to undergo trials and persecutions on behalf of the divine kingdom.

Waarom sou Hennie Stander dan so graag wil hê dat die laste in Matteus 11:28-30 na “reëls” verwys. Ag nouja! dis tog seker nie te moeilik om ‘n antwoord daarop te vind nie, veral nie as ‘n mens in ag neem dat die brose wesentjies van ons post-moderne eeu se nekhare gewoonlik rys wanneer ‘n mens praat oor sonde en die verskriklike gevolge daarvan as hulle hul nie bekeer nie. “Weg daarmee!” skree hulle. “Ons wil hoor hoe om ons selfbeeld op te kikker en nie hoe sleg ons is nie.”

Weet verseker dat die laste waarna die Here Jesus verwys nie die las van ‘n klomp reëls of regulasies is waaronder die mens kwansuis gebukkend gaan nie, maar die sonde waarin die mens versonke geraak het juis omdat hy God se reëls oortree het en nog steeds oortree. Die vloek van die Wet (Gebooie) is nie die Wet self nie, maar die voortdurende oortreding van die Wet.

Galasiërs 3:10 Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.

Dink daaraan, die Here Jesus wat die enigste Persoon was om God se Wet volmaak te vervul, het ‘n vloek geword (soos een wat God se Wet oortree het en tot sondaar gemaak is) om ons vanuit die greep van die vloek van die Wet (ons eie oortredinge van sy Wet) te ruk en te red. Dit het Hy vir ons almal (nie net vir die sg. Calvinistiese uitverkorenes nie) aan die kruis van Glogota gedoen. “DIT IS VOLBRING,” het Hy triomfantelik uitgeroep toe Hy sy Gees in die hande van sy Vader oorgegee het en dit  behoort ons almal met so ’n oorweldigende liefde vir Hom te vervul dat ons bereid sal wees om ons eie lewens vir HOM op die altaar af te lê en soos daardie twee jong knapies in die Suide van Somalië te sê: “Kap my kop maar af, maar ek weier volstrek om die lieflike Naam van my persoonlike Saligmaker en Meester, Jesus Christus, te verloën.”

Mag die Here voorsien dat daar, soos in die geval met Paulus wat Stefanus se moord goedgekeur het, onder die al-Shahaab moordenaars ten minste een wees wat vanweë die bloed van God se twee martelaartjies tot bekering kom om hierdie wonderlike Evangelie van Jesus Christus aan hulle eie mense te begin verkondig.

Ons hoor voortdurend uit die monde van super apostels en predikers soos Angus Buchan, Rodney Howard-Browne, Elza Meyer en nog vele ander dat Suid-Afrika reeds ‘n geweldige groot herlewing belewe. Ons is beslis nie nou midde-in ‘n groot herlewing nie. Skryf dit maar gerus op jou magie en vee dit met jou hempie af. Daar is hoegenaamd nie so-iets in ons land aan die gang nie. Wat as herlewings voorgehou word, is  valse sogenaamde herlewings. Wie se herlewing moet ons as ‘n egte herlewing aanvaar? Rodney Howard-Browne s’n waarin almal soos afgekapte boomstoompe agteroor val (val in die gees-fenomeen) en onbedaarlik begin lag of huil omdat hulle kwansuis die vuur van God ontvang het? Of miskien Angus Buchan se herlewing wat deur “God” self bevestig word met wondertekens soos hartvormige wolkies wat oor sy byeenkomste verskyn het? Of miskien Elza Meyer se herlewing wat ook deur hartvormige voorwerpe, maar in haar geval, hartvormige klippies wat oral deur haar volgelinge opgetel word, deur “God” self bevestig word? Of miskien Rick Warren se fenomenale sukesvolle herlewing (Die Doelgerigte Lewe) deurdat byne elke denkbare kerk in Suid-Afrika sy boeke in hulle Bybelstudies, selgroepe en gebedsgroepe lees en bestudeer? Of miskien Stephan Joubert van e-kerk en e-church faam wat glo dat die redding van die anorganiese wêreld netso belangrik is as die redding van verlore siele of selfs nog belangriker is omdat God net ‘n dag spandeer het om die mens te skape en vyf dae geneem het om die aarde en die uitspansel te skep. Wie s’n is die ware herlewing? Wie s’n word deur God bewerkstellig? Suid-Afrika het gewis nie ‘n gemis aan herlewings nie. Jy’s vry om te kies watter een jy wil navolg.

Ons het nie ‘n herlewing nodig nie, maar vervolging sodat ons soos Christene wat elders in die wêreld ter wille van hulle geloof in Jesus Christus vervolg en geslag word, kan weet wat dit is om waarlik kind van God te wees. Miskien sal ons dan kan onderskei dat onthoofding ‘n groter oortreding is as tandetrekkery.

Hierdie kommentaar word opgedra aan die Christenmartelare wat onlangs in die Suide van Somalië en elders in die wêreld onthoof is. Dit is terselfdertyd my poging om die skandalige minagting wat Hennie Stander op sy blog daarteenoor geopenbaaar het deur slegs te verwys na die verwydering van die silwer en goud uit mense se tande en nie die onmenslike onthoofding van Christene nie, in die reine te probeer bring. Wat my diep grief is dat Hennie Stander die verwydering van die silwer en goud uit mense se tande spesifiek as wegspringplek gebruik het om sy onbewese en onwetenskaplike uitspraak dat Christene netso gewelsadig kan wees, te loods. Weet hy en sy bloglesers wat dit beteken om ‘n Christen te wees?

Posted in Martelaarskap, Vervolging | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , | 2 Comments »

‘n Nuwe God-Verklaarde Manier om Verlore Siele in Suid-Afrika te Red

Posted by Thomas on June 22, 2009

View Elza Meyer se ooreenkoms met God

Read the English version here.

God het waarskynlik ‘n spiksplinternuwe fondament vir die redding van tien miljoen Suid-Afrikaners gelê en bekragtig. Hy het na bewering besluit dat die offerdood van sy Seun aan die kruis geheel en al onvoeldoende en ontoereikend is en het nou ‘n vrou, Elza Meyer, ‘n leier predikant by Moreletapark se NG Kerk, gekoöpteer om Christus by te staan in sy plaasvervangende lyding vir ons sondes aan die kruis. Elza se seun, Pieter, was instrumenteel om hierdie nuwe weg van saligheid teweeg te bring. Hier’s wat Elza op haar blog “Turn2God” geskryf het:

Tydens die Oos-Kaap konferensie was daar ’n aanval van die bose op my liggaam.  Ons kon nie die effek daarvan gebreek kry nie,  totdat ek laatnag my seun, Pieter,  gebel het en hom gevra het om vir my te bid. Hy het 10 miljoen siele,  gered en gedoop,  geëis in ruil vir die aanslag op my lewe. Dit het onmiddellik geëindig. Moreletapark Gemeente is deur die Here gelei om ’n nuwe doelwit vir die gemeente te formuleer nl. 10 miljoen siele binne 10 jaar.  Die oorhoofse doelwit is om 10 miljoen siele met die evangelie te bereik en hulle dissipels van Jesus te maak (Klem bygevoeg).

Hoe gaan hulle die Evangelie verkondig? Gaan hulle die verlore siele wat hulle vir Christus wil bereik, vertel dat Christus hulle wil red omdat Hy toegelaat het dat Elza Meyer ‘n hewige demoniese aanval op haar lewe oorleef? Nee . . .? Hoor ek miskien ‘n koor van Moreletapark se lidmate wat sing “Nee! ons gaan dit nie so doen nie”? Die ironie is dat hulle alreeds begin het om dit so te doen op Elza se blog “Turn2God.” Het hulle dan nog nooit gehoor van Paulus se waarskuwing in 1 Korinithiërs 3:11 nie?

1 Kor. 3:11 Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.

Jy’s volkome verkeerd, broer Paulus. Het jy nog nie gehoor van die spiksplinternuwe hoeksteen en fondament wat onlangs in die Moreletapark NG Kerk Gemeente gelê is nie? Nog nie . . .? Jy’s verspot. God gaan 10 miljoenverlore siele in die bestek van tien jaar in Suid-Afrika red (‘n miljoen per jaar) in ruil vir Elza Meyer se oorlweing van ‘n hewige demoniese aanval op haar lewe. Wat het jy gesê, Paulus? Het ek jou hoor sê ”Godslasterlik?” Nee, nee, nee, nee en nog ‘n nee, Paulus. Hoe durf jy sê dis godslasterlik. Jy’s te oudmodies. Ons leef in die verligte postmoderne dae en ons is besig om die Evangelie op baie ander maniere aan verlore siele in Suid-Afrika te verkondig. Ons Suid-Afrikaanse predikers is van die vindingrykstes ter wêreld . . . dink jy nie so nie, Paulus.

Ek is versot op die Woord van God en hou daarvan om waarhede wat ek nooit kon dink om dit daar te vind nie, op te diep. Ek was nogal verbaas om die volgende juweel in die Bybel te vind.

Lukas 16:8 . . . want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig.

Ag nee wat, broer Paulus! Jy probeer seker snaaks wees! Wel ek het so gedink totdat ek ‘n blog van ‘n ateïs gelees het wat in sy kommentaar op Elza Meyer se onbybelse eise die vraag vra: “Is skynvroomheid (huigelary) nie ‘n sonde nie?” Te midde van duisende vroue (en miskien net soveel mans wat onder die pantoffelregering by die Moreletapark Gemeente staan) wat sê hulle is Christene en Elza se nuwe manier om die Evangelie te verkondig met ontsag bejeen, en selfs ook ‘n nuwe doelwit vir die Moreletapark gemeente daargestel het, is daar ten minste een persoon, ‘n ongelowige, wat in die teenwoordigheid van gees behou het en dwarsdeur die hele skynvroomheid kon sien en vriendlik genoeg was om te waarsku teen die sonde van huigelary. U kan lees wat die woord “sanctimony” beteken, hier sien en glo my dis nie mooi nie, gladnie mooi nie.

Wat op aarde is besig om in ons geliefde land te gebeur? Elza Meyer sê ons moet “Terugkeer na God.” Stephan Joubert sê: “Nee, dis die verkeerde

View Buzz Lightyear se to infinity and beyond

rigting. Christene is nie veronderstel om na die Bybel of na God toe terug te keer nie. Hulle moet vorentoe gaan na God toe en die pad vorentoe is om moedig te gaan  waar niemand nog voorheen gewaag het om te gaan nie.” Dit laat my nogal dink aan Buzz Lightyear in “Toy Story” wat gewaag het om te gaan na “eindeloosheid en nog verder” totdat hy besef het sy vlerke is vals. Dan is daar ook nog Jannie Pelser en Graham Power wat sê: “Nee! ons manier is die beste. Laat ons nuwe norme en waardes aan elke persoon in ons geliefde land Suid-Afrika uitdeel en alles sal net honkie-dorie wees.” Dink hulle werklik hulle sal tien miljoen verlore siele in Suid-Afrika kan bereik met hierdie soort kakefonie van leuens?

Dit lyk nie juis of Angus Buchan se optredes tot dusver by die Moreletapark NG Kerk enige blywende invloed op die predikante en die mans en vrouens in die gemeente gehad het nie. Waar oom Angus ookal preek, moedig hy die mans aan om hulle vrouens lief te hê en vermaan die vrouens om onderdanig te wees aan hulle mans. Watter tipe “mighty men” het oom Angus by sy “Mighty Men” Konferensies hand grootgemaak wat versuim om hulle vrouens te waarsku teen Elza Meyer se dwaalleringe, of is hulle ook maar onderdanig aan die pantoffelregering in die gemeente? Elza Meyer self is nie juis ‘n goeie voorbeeld vir die vrouens wat blykbaar die manspredikers en die hele gemeente met ‘n ysterhand regeer, en boonop nog die weg vir die hele gemeente aandui van hoe om in te koop op haar onbybelse eise vir die redding van 10 miljoen verlore siele in ruil vir haar wonderbaarlike oorlewing van ‘n hewige demoniese aanvaal op haar lewe. Is dit werklik moontlik dat nie ‘n enkele manspredikant of enige ander manlike lidmaat haar oor haar onbybelse en Godslasterlike leringe gewaarku het nie?

Daar is net ‘n enkele, aanvaarbare en voldoende fondament (eis) wat Christene aan God mag voorlê vir die redding van verlore siele, en raai wat . . .? . . . dit is nie Elza Meyer se oorlewing van ‘n hewige demoniese aanval op haar liggaam nie. Dis suiwer en eenvoudig net Godslasterlik en sy en haar seun, tesame met die hele Moreleta Gemeente behoort God om vergifnis te vra vir hulle afvalligheid en rebellie. Dit was Jesus Christus se eie verskeurde en bebloede liggaam, en syne alleen, wat versoening meegebring het tussen verlore sondaars en die Almagtge God. Jy vind dieselfde dwalinge in die Roomse Kerk. Padre Pio wat vir 45 jaar gereeld stgmata ervaar het, het daarop aanspraak gemaak dat meer geeste uit die dood hom in sy sel besoek het as lewende mense, en die ander monikke sê dat hulle ‘n menigte stemme wat met hom gepraat het, gehoor het. Vader Pio het beweer dat hierdie mense uit die vagwevuur op pad was na die hemel om vir hom dankie tê omdat hy namens hulle vir hulle sondes gely het om hulle uit die vagevuur te kry. Om die waarheid te sê, hy het as nuweling toe hy ‘n monnik geword het, die owerste toestemming gevra om vir die sondes van die wêreld te ly en dié het hom toe die toestemming verleen. Sy stigmata (wat niks anders as demoniese aanvalle was nie) was gewaand sy lyding. Christus se lyding was nie voldoende nie en hy moes dit dus aanvul of daarop verbeter.

Keer terug na God? Sekerlik! maar dan moet dit nie die manier wees waarop Elza Meyer en haar Hadassa sussies en “Mighty Men” die Suid-Afrikaners vir Christus wil wen nie. God sal nooit as’t nimmer sondige mense toelaat om vir verlore siele te bie op die basis wat Elza Meyer, haar seun en die hele Morelettapark Gemeente dit wil doen nie. Julle is mislei en julle is besig om ander te mislei. Hou op met julle nonsens!

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 3 Comments »

Wat is Liefde? – Deel 1

Posted by Thomas on February 26, 2009

Wanneer ‘n kind nie sy sin kry nie, val hy gewoonlik soos ‘n sak patats neer en stamp sy voete so hard hy kan teen die vloer. Ek weet, want ek het dit self gedoen toe ek ‘n kind was. Party van hulle het nogal die verwaandheid om bokant hulle stemmetjies uit vir ma of pa te skree “Julle het my nie lief nie.” Ons sê dan gewoonlik: “Die klein vabond gooi nou behoorlik ’n ‘tantrum.’” Sommige ouers, en veral oupas en oumas, skrik so groot dat hulle maar toegee want hulle wil darem nie hê die arme bloedjie moet dink hulle het hom nie lief nie. Dis te wreedaardig. Intussen staar hulle hul so blind teen hulle eie sg. liefde dat hulle die kinders tot in die afgrond bederf. Wie lei skade? — die kind natuurlik want wanneer hy uiteindelik groot word en die samelewing toetree, word dit sy modus operandi om dinge in sy guns te swaai. Dit is die prentjie wat voor my opdoem elke keer as ek die verhaal van Simson en Delila lees. Hoewel sy nie soos ‘n stoue kind op die vloer neergeval en haar voete begin stamp het nie (of miskien het sy), het sy dieselfde ou armdraai taktiek gebruik toe Simson nie die waarheid omtrent sy bonatuurlike krag aan haar bekend wou maak nie. “Hoe kan jy sê: Ek het jou lief! terwyl jou hart nie met my is nie? Drie maal het jy my nou al bedrieg en my nie meegedeel waardeur jou krag so groot is nie.” (Rigters 16:15). En siedaar, Delila kry toe haar sin en sy gee haar “beminde” Simson so wrintie oor in die hande van sy vyande. Simson se hart moes in elk geval by die Here wees en nie by Delila nie, want dit gaan in die eerste plek nie om ‘n soetsappige liefde nie maar oor gehoorsaamheid aan God en sy bevele.

Glo my, dieselfde ou taktiek word vandag nog steeds deur ons post-moderne teoloë gebruik wanneer jy hulle met die waarheid konfronteer. Die enigste verskil is dat Simson die waarheid van Delila weerhou het terwyl die “Delilas” van vandag jou van liefdeloosheid, harteloosheid en venyn beskuldig sodra jy hulle bedag maak op die waarheid en die gif wat skuil in die vleispotte van die hedendaagse Skrifgeleerdes wie se gesigte blink gevryf is met ‘n “liefde” wat nie strook met die Bybel nie. In die loop van die afgelope aantal jare waartydens ek kommentaar op verskeie blogs en webtuistes gelewer het, is ek telkens van liefdeloosheid, arrogansie en hooghartigheid beskuldig. Liberale teoloë en hulle meelopers is waarkynlik nie meer so begaan oor die eer van God nie, maar die eer van hulle kollegas, vriende, familielede, hulle kerke en teologiese fakulteite wat hulle so innig lief het. Intussen gee hulle nie ‘n snars om oor wat met hulle op die geestelike terrein gebeur nie. Soos Delila is hulle besig om almal wat hulle kwansuis so innig lief het aan die vyande van God oor te gee. Moreletapark NG Gemeente en hulle herders is ‘n sprekende voorbeeld hiervan wat eersdaags gaan toelaat dat die godloënaar, Tony Campolo, hulle skape en lammers mislei.

Judas 1:16 Hulle is murmureerders wat oor hul lot klae, en volgens hulle begeerlikhede wandel; en hulle mond spreek trotse woorde, terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel. (Klem bygevoeg)

Kom ons speel oop kaarte en laat my toe om sommer prontuit te sê dat die hele struktuur van die Ontluikende Kerk met sy klem op die vestiging van die Koninkryk van God hier-en-nou, op “liefde” (sonder gesonde leerstellings), op “empatie” (sonder gesonde leerstellings) en op “barmhartigheid” (weer eens sonder gesonde leerstellings) berus wat neerkom op ‘n liefde wat nie uit God nie maar uit die hel aangesteek word. Harde woorde? Ja beslis, maar dit is woorde wat voortspruit uit ‘n liefde vir God en sy waarheid, die enigste waarheid wat mense waarlik vrymaak, en ‘n diepe kommer oor die rigting waarin al die kerke in Suid-Afrika tans beweeg. Ek kom agter dat baie teoloë onnadenkend toegeeflik is jeens die Ontluikende Kerk omdat hulle goed bevriend is met kollegas wat die leerstellings van die Ontluikende Kerk uitdra en verkondig. Ek hoor en sien telkens op verskeie internet “blogs” wat die kontemplatiewe spiritualiteit van die Ontluikende Kerk propageer, mense wat sê: “Ek is baie goed bevriend met Nelus Niemandt” of “Ek ken Stephan Joubert persoonlik” of “Ek eet en drink gereeld koffie saam met dié of daardie bekende teoloog.” (Die hedendaagse volgelinge van Jesus in die Ontluikende kerk is kranige koffiedrinkers. Kyk maar gerus op http://www.thinktoomuch.net). Hierdie mense is gou om te praat oor hulle eie sg. “empatie,” “liefde,” “barmhartigheid”(“compassion”) en “medemenslikheid” maar gee nie ‘n duit om of hulle medemens hel toe gaan al dan nie omdat daar vir hulle geleer word dat die hel ‘n mite is, of dat die hemel en hel hier op aarde is en dit hang maar van jouself af hoedanig jy dit vir jouself hier maak. Ek kry die indruk dat hulle bereid is om God en sy waarheid onder die mat in te vee ter wille van hulle vriendskap met teoloë wat onbeskaamd die Here van die leërskare oneer aandoen wanneer hulle hul solidariteit met mense soos Brian McLaren, Leonard Sweet, Rob Bell, Rick Warren, Tony Campolo, en baie ander sonder blik of bloos bevestig. Wat het geword van Christus se voorwaardes om ‘n dissipel van Hom te kan wees toe HY gesê het?:

Luk 14:26 As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie. (Sluit maar gerus ook persone in soos predikante, pastore, professore, toekomskundiges en dies meer wat God se Woord verdraai).

Die post-moderne denkers in die Ontluikende Kerk draai hierdie woorde van die Here Jesus mootjies nek om en verklaar met groot liefde “Ons is volgelinge van Jesus” ten spyte daarvan dat hulle selfs die gruwelikste afvalligheid en dwaalleringe van teoloë wat sê hulle het die Here lief, navolg en ondersteun. Paulus skryf:

Gal 1:10 Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.

Vleitaal is ‘n onding. Hoor wat sê die Here van mense wat deur ander mense gevlei word.

Luk 6:26  Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.

Paulus was bereid om die prys te betaal vir ware dissipelskap en het selfs op ‘n tydstip man-alleen gestaan omdat almal hom verlaat het (2 Tim 4:16). Hoor nou wat sê Stephan Joubert, in skreiende kontras met Paulus wat die Here Jesus waarlik liefgehad het in sy voorwoord tot Nelus Niemandt se boek “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede.”

My kop is geswaai. My belewing van hierdie boek. Stephan Joubert

Nelus Niemandt is een van die invloedrykste denkers en missionêre Suid-Afrikaanse teoloë aan die begin van millennium drie. Sy insigte in ingewikkelde sosio-religieuse vraagstukke is asemrowend, sy nederigheid aansteeklik en sy vermoë om eietydse kontekste en Bybelse kontekste op verstaanbare maniere aan mekaar te knoop, sonder weerga. Daarom dat ek nie kon wag om hierdie boek te lees nie. Wat ‘n absolute juweel. Nuwe drome vir nuwe werklikhede is kop-oopmaak materiaal. Dis propvol wêreldverskuiwende woorde!

Nelus se verstaan van “Christenheid” en die bedreiging wat dit inhou vir die evangelie, saam met ‘n indringende profiel van die post-modernisme en huidige kerklike gestaltes het my ure se genoegdoening verskaf. Nelus vra egter nie net kritiese vrae terwyl hy uitgediende kerklike maskers op meesterlike wyse rondom ons almal afhaal nie. Hy praat juis hooptaal deur nege vars nuwe geloofspraktyke vir ontluikende kerke op ons etenstafel neer te sit. Ewe aangrypend, oog-oopmakend en uitdagend is sy insigte in missionêre gemeentes in die laaste hoofstuk van die boek.

Nuwe Drome Nuwe drome vir nuwe werklikhede is sonder twyfel die belangrikste boek op die Suid-Afrikaanse kerklike toneel oor die Nelus Niemandtafgelope klompie jare. Dit is horison­verskuiwend en kontekstueel. Dit is deurdag, simpatiek, ontblotend, gevaarlik, maar altyd goeie medisyne! Terselfdertyd bied hierdie boek fantastiese hulpmiddels tot eksperimentering vir alle oopkop, saamdinkende gelowiges, met stylvolle visuele toepassings en roerende verhale oor ontluikende kerke.

Nuwe drome vir nuwe werklikhede het my kop van voor af geswaai. Dit is goed, groot en groots! Nelus het goed daarin  geslaag om die insigte van die mees invloedryke eietydse denkers oor kerkwees in homself te internaliseer en op vars maniere te verwoord! Hiermee saam het hy ‘n klompie radikale nuwe insigte op ons elkeen se kerklike voorstoep kom neersit. Lees dit … en droom saam oor die kerk van die Here in die nuwe werklikhede wat voor ons staan.

Doug Pagitt Nouja, ‘n mens moet onmiddellik vra of daar nie ‘n skroef los is nie as jou kop geswaai en oopgemaak word deur iemand wat met ’n aansteeklike nederigheid Harry Potter en ontluikende teoloë omhels wat die Here Jesus in die openbaar verloën, soos o.a. Brian McLaren, Leonard Sweet, Rob Bell Tony Jones, Doug Pagitt en ook ander persoonlikhede van die Ontluikende Kerk. Beide Rob Bell enRob Bell Doug Pagitt na wie Nelus Niemandt in sy boek verwys, het teen die wil van God se opdrag in 2 Kor 6:14 verlede jaar tussen 11 en 15 April tydens die Seeds of Compassion” konferensie in Seattle, Amerika, saam met die 14de geïnkarneerdeDalai Lama Dalai Lama van Tibet (wat as ‘n god beskou word), en Boedhiste, Mohammedane, Hindoes, Jode en ander gelowe op dieselfde verhoog verskyn om te besin oor nuwe wyses waarop barmhartigheid wêreldwyd verspei kan word. En ja, ek het amper vergeet, die immergroen grappiesmaker van die Anglikaanse Kerk, Biskop Desmond Tutu, was ook daar. Hy het langs die Dalai Lama op ’n erestoel gesit. Hulle het deurentyd met mekaar gewedywer om te kyk wie nou eintlik die nederigste was. Desmond het na Lama verwys as “your holiness” en Lama het op ’n keer na Demond verwys as “my boss.” Die Evangelie wentel lank nie meer om die kruis van Jesus Christus en wat Hy  as plaasvervangende slagoffer met ons sondige natuur aan die kruis gedoen het nie, maar om ander se pyn en seerkry jou eie te maak. Sprekers asook konferensiegangers by die konferensie het telkens van hulle eie en ander se stories  van pyn, lyding en seerkry vertel en hoedat hierdie beginsel in alle godsdienste vooropgestel word en dus as ‘n eenheid kan saamwerk om barmhartigheid (“compassion”) in die wêreld te verspei. Die konferensie was Desmond Tutuhoofsaaklik op die jeug gerig. Nelus sê op bladsy 102 van sy boek “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede”

Die waarheid is natuurlik dat dit nie so maklik is om by ander mense betrokke te raak nie. Die indiwidualisme van ons tyd het ons hard gemaak. Dit vat moed om ander se pyn, seerkry en nood jou eie te maak. Maar dit is die evangelie. Een van die beste maniere om ander se pyn en seerkry jou eie te maak, is om te luister na die stories van ander. Stories is die beste medisyne teen alleenheid en indiwidualisme. Dit is eers wanneer ons aan mekaar gebind is en genoeg vertroue het om ons verhale van seerkry met mekaar te deel, dat lewensveranderende genesing kan begin. (Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede, p. 102)

Die Dalai Lama en Desmond Tutu kon hierdie woorde netso as ‘n inleiding tot hulle “Seeds of Compassion” Konferensie gebruik het.

Wat! Ons moet na mekaar se stories luister en mekaar se hartseer, lyding en pyn met mekaar deel sodat daar genesing kan kom? Dit is niks anders as ‘n klap in die gesig van die Here Jesus wat gesê het:

Mat 11:28 en 29 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.

Suid-Afrika, en in die besonder die Suid-Afrikaanse kerke, hoe lank gaan julle hierdie valse leraars en profete verduur? Hoe lank gaan julle nog toelaat dat hulle die Here Jesus se gesig met hulle spuug, hoon, smaad en hulle sg. liefde skend, sy heilige Naam beswadder en oneer aandoen?

Die Evangelie is om ander se pyn, seerkry en nood jou eie te maak? Werklik . . .? Indien dit so was, sou dit beteken dat elke Jan Rap en sy maat in enige ander godsdiens die Evangelie (Goeie Booskap) sou kon uitdra en verkondig omdat, soos die “Seeds of Comapassion” Konferensie aangetoon het, alle godsdienste daarop aanspraak maak dat dit hulle doel is om ander mense se pyn, seerkry en nood hulle eie te maak. Is dit die soort kop-swaaiende leuens wat Dr. Stepan Joubert met die aansteeklike nederigheid van Dr. Nelus Niemandt ten hemele besing en aanprys? Waarom kry so baie mense in ons gebroke wêreld so seer; waarom ly hulle en is hulle nood soms so groot? Statistieke toon dat die gulsige gierigheid, korrupsie en inhaligheid van wêreldleiers, en veral in Afrika, een van die grootste oorsake is van die ellendige armoede en hongersnood waarin miljoene mense hulle tans bevind. Ook hier in Suid-Afrika, is daar byna daagliks berigte in die media van leiersfigure wat die Carl Niehaus grootste belhamels is ten aansien van die verarming van die grootstye deel van die land se bevolking. Carel Niehaus en die groot kerkman, Alan Boesak, is sprekende voorbeelde van leiersfigure wat hulle eie mense se seer, nood en pyn met hulle korrupsie South African politician Allan Boesak addresses the supporters of the newly-formed party,  Congress of the People, Cope, at the final session of Cope's three-day founding conference in Bloemfontein, South Africa, Tuesday Dec. 16, 2008, after announcing he was joining the breakaway party. (AP Photo/Jerome Delay) vererger en vergroot het. G’n wonder die Bybel sê dat die hele wêreld in die mag van die bose lê nie. Die Here waarsku ons in sy Woord dat daar ‘n tyd sal kom wanneer wetteloosheid, anargie en chaos hoogty sal vier omdat die gees van die antichris en sy wetteloosheid die hele samelewing sal deursuur.

Met in agneming van die hoëlui se korrupsie in Suid-Afrika word die oproep om die pyn, seerkry en nood van die mense jou eie te maak ‘n belaglikheid omdat die sg. geestelikes weinig of ooit die werklike oorsake van hierdie lyding en nood aanspreek. Pleks van om dit te doen, begogel die postmoderne geestelikes ons jeug deur hulle aandag af te trek van die werklike probleme in die land en hulle gewoond te maak aan God-onterende boeke en films soos Harry Potter, The Matrix, Lord of the Rings, The Golden Compass, en ander okkultiese media. Nog meer, om hulle verstand te benewel met mistieke praktyke soos Lectio Continua, Lectio Divina, Labarinte wandelings ens. ens.

Harry Potter Stephan besing die lof van Nelus se verstaan van die bedreiging wat die “Christenheid” vir die Evangelie van Jesus Chistus inhou, maar is klaarblyklik heeltemal blind vir die gevare wat Harry Potter en die ontluikende teoloë daarvoor inhou. Nelus skryf soos volg oor die belang wat antieke geloofspraktyke, insluitende towery (wat oorvloediglik in die Harry Potter reeks beoefen word) op ons jeug het.

In die Harry Potter‑reeks illustreer die films die belang van antieke waarhede vir nuwe geslagte. Let op hoeveel boeke daar in die klaskamers en kantore van die skool is waar die verhaal afspeel. Die kinders moet ou-ou waarhede leer. Die kinders moet ook antieke spreuke en lewensreëls aanleer. So word die films (en boeke) ‘n les in die belang van antieke waarhede vir toekomstige geslagte. (Nelus Niemandt: Drome vir Nuwe Werklikhede, p. 138)

Ek sal nie graag eendag in die oordeelsdag in enigeen se skoene wil staan wat ons jongmense op so ‘n gruwelike wyse mislei nie. Daar staan tog immers geskrywe: “ . . . maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.” (Mat 18:6). En tog is Stephan Joubert in ekstase oor die kop-swaaiende goeie, groot, grootse en horisonverskuiwende boek van Dr. Nelus Niemandt.

Voordat ek Nelus Niemandt verder aan die woord stel, wil ek die leser graag net weer herinner aan wat Alice Bailey jare gelede oor die ou antieke leerstellings gesê het:

. . . daar sal ‘n Universele kerk verskyn, en die definitiewe hooftrekke daarvan sal teen die einde van hierdie eeu verskyn . . . Hierdie kerk sal Alice Bailey tot aksie aangespoor word deur die Christus en sy dissipels wanneer die uitstorting van die Christus-beginsel, die WARE tweede Koms volbring is . . . die Christenkerk in sy veelvuldige vertakkinge kan as die nukleus dien om wêreldverligting te bereik . . . die kerk as ‘n leerfaktor behoort die groot basiese leerstellings te neem en hulle ware en innerlike spirituele betekenis openbaar. Die belangrikste werk van die kerk is om te onderrig, en onophoudelik te onderrig, en om die uiterlike gedaante te bewaar met die doel om die menigtes wat gewoond is aan kerkgebruike, te bereik. Leiers moet opgelei word; Bybelkennis moet versprei word; die sakramente moet misties vertolk word, en die kerk se krag om te genees moet gedemonstreer word. – Alice Bailey (2) (Uit die Engels vertaal) (Klem bygevoeg). Alice Bailey, The Externalization of the Hierarchy, 1957, Lucis Publishing.) Lucis Trust het aanvanklik bekend gestaan as Lucifer (Satan) Trust.

As dit nie ‘n bloudruk is vir die Ontluikende Kerk nie dan weet ek darem nie so mooi nie. Sy lê klem op presies dieselfde dinge as die leiersfigure in die Ontluikende Kerk.

  1. Gebruik die ou basiese leerstellings en herverwoord hulle net so bietjie sodat die menigte kerkgangers wat aan die slaap is met ‘n slap riem gevang kan word.
  2. Keer terug na die mistiek van die vroeë kerk (en in besonder die Rooms Katolieke Kerk).

Die vraag is: Waarom moet die Universele (ontluikende Kerk) dan juis bekend staan as ‘n kerk van Jesus- of Christus-volgelinge? Waarom moet die gedaante van godsaligheid behou word? (2 Tim 3:5). Opvallend van hierdie Jesus-volgelinge is dat hulle baie selektief is in hulle keuse van Bybeltekste en veral dié tekste wat nie so lekker verteerbaar is nie gerieflikheishalwe vermy of selfs verwerp. Paulus se uitspraak dat die hele Skrif deur God ingegee is en nuttig is tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, en tot onderwysing in die geregtigheid, is vir hulle onbelangrik omdat dit hulle muilband in hulle vrye keuse om slegs dié tekse te neem wat hulle volgelingskap (dissipelskap) van Jesus beklemtoon. Tekse waarin woorde soos “barmharigheid,” “liefde,” “vrede,” “ontferming,” “goedertierenheid,” “nederigheid,” en “sagmoedigheid” voorkom is hulle kos maar sodra woorde soos “toorn,” “geween en gekners van tande,” “oordeel,” en “poel van vuur” voorkom dan vermy hulle dit soos die dood. Waarom moet die Ontluikende Kerk mense voortbring wat as volgelinge van Jesus bekend staan? Ek dink die antwoord moet gesoek word in die feit dat die Antichris, wanneer hy uiteindelik op die toneel verskyn, sal sê “Ek is die Christus.” Die woord “Antichris” het tegelykertyd twee aanvullende betekenisse – “teen Christus” maar ook “in die plek van Christus.” Die voor die handliggende betekenis hiervan is dat sy volgelinge ook as Christus- of Jesus-volgelinge bekend moet en sal staan. Indien  die Antichris ‘n namaaksels is van die werklike Christus, dan moet sy volgelinge dus ook namaaksels wees van die werklike volgelinge van Jesus. Laat my toe om u te vra: “Volg jy die werklike Jesus van die Bybel of ‘n namaaksel van Hom?” G’n wonder die Here Jesus het gewaarsku nie: “Pas op dat julle nie mislei word nie.”

Die kerk moet dus nie afgeskryf word nie; dit moet net in ou-nuwe (ancient-future) gedaantes waarvan die mistiek ‘n oorkoepelende rol speel, ingebed word om van hierdie wêreld ‘n beter plek te maak. Die kerk is inderdaad reeds deur die post-moderne fasiliteerders (change-agents) gekaap en hulle is besig om Alice Bailey se aanbevelings vir die kerk baie getrou na te volg, of hulle dit wil erken of nie. Kom ons kyk nou wat sê Nelus Niemandt wat daarin geslaag het om Stephan Joubert se kop te swaai (en ek weet nie hoeveel ander predikante se koppe ook nie. Ek kan jou verseker, daar is reeds baie predikante wat Sondae vanaf hulle preekstoele die Ontluikende Kerk aan hulle lidmate opdis, en ook diegene wat nie daarmee wil saamgaan nie, uit hulle kerke ban.

Antieke spiritualiteit

Erwin McManus Ontluikende kerke het ‘n voorliefde vir die antieke spiritualiteit en gebruike wat in die vroeë kerk teenwoordig was . . . Ewin McManus praat van die Christelike lewe as The Barbarian Way om daarmee aan te dui dat dit ‘n lewe van dissipelskap is wat op die gebruike van die vroegste Christene gebou is. Hy sê dat dit ‘n tragedie is dat so baie Christene Jesus as Here bely, maar onder die invloed van Christenheid mak geword het en so die krag van hulle antieke spiritualiteit verloor het.

Die geloofwaardigheid van jou dissipelskap word dus nie meer langer getoets aan jou gehoorsaamheid aan Christus se vereistes vir dissipelskap nie (Matt 16:24; Luk 16:24), maar die gebruike (tradisies) van die vroegste Christene en die krag van hulle antieke spiritualiteit. Paulus het gewaarsku: Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan” (Hand 20:29, 30)

Geestelike dissiplines

Daar is besondere waardering vir die ou gebruike en geestelike dissiplines wat vir baie eeue ‘n groot rol in die Christelike kerk gespeel het. Ontluikende kerke wil ‘n mens juis help om hierdie antieke geloofspraktyke nuut te ontdek en te waardeer. In sekere kerke word sover moontlik by die klassieke gebedsure gehou, terwyl baie van hulle ryklik van die Lectio Continua gebruik maak. Dit is nogal verrassend om te ervaar hoe Tony Jones, een van die leiers in die ontluikende kerke, jongmense leer om antieke geloofsdissiplines te beoefen. Sy boekie “Read, Think, Pray, Live” kon netsowel gedien het as ‘n gids vir gelowiges in antieke tye. Hy bespreek lectio continua, oratio en contemplatio met die grootste gemak en verryk jongmense se geloof deur hierdie antieke dissiplines. Sy uitgangspunt is om weg te beweeg van die modernistiese benadering waar die teks beskou word as ‘n probleem wat opgelos moet word. Dit is nie asof die Here ‘n raaisel, toegedraai in poësie of prosa, geskiedenis of apokaliptiek, brief of Evangelie, aan die mensdom gegee het wat ten alle koste opgelos moet word nie. Dit is nie die mens wat bo-oor die Bybel staan om dit te interpreteer nie — die antieke gewoontes is eerder om jouself onder die Bybel te plaas en toe te laat dat die Bybel jou interpreteer. Len Sweet speel met die Engelse woord understand. “To understand the Bible, you must stand under it!”

In kort kom dit daarop neer dat jy nie meer nodig het om die Bybel met sy poësie of prosa, geskiedenis of apokaliptiek, of selfs die sendbriewe van Paulus en die ander apostels te verstaan nie. Daar is nou ‘n veel makliker en vinniger manier om in die teenwoordigheid van God te kom en te lewe ­­­— die beoefening van die antieke Leonard Sweet kontemplatiewe spiritualiteite­­­­ wat jou leer hoe om jouself   nederig onder die gesag van die Bybel te plaas. Len Sweet beïndruk mense met “sweet” woordespel “To understand the Bible, you must stand under it” maar as jy so ‘n bietjie dieper delf in sy en die ander ontluikende gurus se mening oor Bybelse leerstellings, dan word dit gou duidelik dat hulle hul juis nie onder die gesag van die Bybel plaas nie. Sweet skryf op bladsy 249 van sy boek “Quantum Spirituality” as volg oor die Evangelie van Jesus Christus.

The gospel is a story that is only partially completed. (D.w.s. die Here Jesus se triomfantelike uitroep aan die kruis “Dit is volbring” is betekenisloos). Openess to the mysterious suprises of the Spirit working through Logos, Pathos, Ethos, and Theos must affect our understanding of truth if we are to walk where the concret ends. Old things need to be said in new ways. New things can only be said in new ways. When they get corseted into old concepts, they get distorted and damaged. (Klem byegevoeg).

Volgens die ontluikende teoloë moet jy dus in jou soeke na die waarheid die Evanglie nie in konkrete, klaar-afgebakende grense inperk nie maar met die hulp van ou waarhede nuwe konsepte daaroor ontdek. Is dit miskien die rede waarom Brian McLaren in samewerking met Leonard Sweet ‘n nuwe korrupte vertaling van die Bybel, genaamd The Voice die lig laat sien het? The Voice

Leonard Sweet se “sweet” beeldspraak “To understand the Bible, you must stand under it!” kry ’n geweldige lelike wanklank wanneer jy die voorwoord tot sy boek “Quantum Spirituality” waarin hy erkenning verleen aan die “New Light Leaders” lees. Daarin gee hy o.a. erkenning aan Matthew Fox, die bekende Episkopaalse priester wat die boek “The Coming of the Cosmic Christ” geskryf het. Hierin skryf hy soos volg:

I foresee a renaissance, “a rebirth based on a spiritual initiative” … This new birth will cut through all cultures and all religions and indeed will draw forth the wisdom common to all vital mystical traditions in a global religious awakening I call “deep ecumenism.” [Matthew Fox, The Coming of the Cosmic Christ (San Francisco, CA: HarperCollins, 1988), p. 5.

Daar word gesê dat Stephan Joubert vandag een van die stemme is wat die duidelikste vir die Here in Suid-Afrika opklink. Kom ons toets hierdie lofuiting aan die sg. reëls van assosiasie.

  • Stephan praat met groot lof van Nelus Niemandt.
  • Nelus Niemand besing die lof van Leonard Sweet.
  • Leonard Sweet gee erkenning aan een van die ”New Light leaders,” Matthew Fox.
  • Matthew Fox verkondig die weergeboorte van ‘n spirituele inisiatief wat deur die koms van die Kosmiese Christus in alle kulture en godsdienste ingeadem sal word.

Max Lucado So terloops, Max Lucado het ‘n boek geskryf met die titel “A Cosmic Christmas” waarin hy op lasterlike wyse die vleeswording van Christus beskrywe. Die engel Cosmic Christmas Gabriël ontvang ‘n flesse van die Vader wat aanvanklik leeg is maar wanneer hy weer kyk, sien hy dat dit gevul is met die essensie van Christus.

He [God the Father] motioned toward me, and I responded, kneeling again before Him. Handing me the necklace, he explained, “This vial will contain the essence of Myself; a Seed to be placed in the womb of a young girl. Her name is Mary. She lives among My chosen people. The fruit of the Seed is the Son of God.
Take it to her.”
“But how will I know her?” I asked.
“Don’t worry. You will.”
I could not comprehend God’s plan, but my understanding was not essential. My obedience was. I lowered my head, and He draped the chain around my neck. Amazingly, the vial was no longer empty. It glowed with Light. (Klem bygevoeg)

Het jy opgemerk hoe subtiel jy geleer word om die Bybel nie te verstaan nie maar om soos ‘n zombie maar net gehoorsaam te wees? “I could not comprehend God’s plan, but my understanding was not essential. My obedience was.” Die Here sê dan juis dat sy volk (kinders) te gronde gaan weens ‘n gebrek aan kennis (Hosea 4:6).

En ek was nog altyd onder die indruk dat die Here Jesus uit die maagd Maria gebore is deur die Heilige Gees. Nou hoor ek die engel Gabriël was ook daarby betrokke. Ja, natuurlik het die engel Gabriël as boodskapper van die geboorte van Jesus aan Maria verskyn, maar ek lees nêrens dat hy ‘n fles met die essensie van Jesus in haar moedrskoot moes inplant nie.

Dit is maar weer eens die ou afgesaagde storie van die Julian Mullers van hierdie wêreld dat die Evangelie herverwoord moet word om aan te pas by die post-moderne mens se denke en leefwêreld. Kyk maar weer ‘n slag wat Alice Bailey hierbo gesê het en lees sommer ook wat sy oor die Koninkryk van God hier op aarde gesê het:

Your spiritual goal is the establishing of the Kingdom of God. One of the first steps towards this is to prepare men’s minds to accept the fact that the reappearance of the CHRIST is imminent. You must tell them everywhere that the Masters and Their groups of disciples are actively working to bring order out of chaos. You must tell them that there IS a Plan, and that nothing can possibly arrest the working out of that Plan. You must tell them that the Hierarchy stands, and that it has stood for thousands of years, and is the expression of the accumulated wisdom of the ages. You must tell them above all else that God is love, that the Hierarchy is love, and that Christ is coming because He loves humanity.

“It is time that the church woke up to its true mission, which is to materialize the kingdom of God on earth, today, here and now.… People are no longer interested in a possible heavenly state or a probable hell. They need to learn that the kingdom is here, and must express itself on earth … The way into that kingdom is the way that Christ trod. It involves the sacrifice of the personal self for the good of the world, and the service of humanity…” — Alice Bailey (Cited in chapter 15 of “In The Name of Purpose”).

Ek sluit hierdie eerste deel van my besinning oor die liefde af met hierdie vraag. As Dr. Stephan Joubert so ‘n belangrike stem is wat vir die Naam van Jesus in Suid-Afrika opklink, waarom vereenselwig hy hom met mense wat Jesus Christus se Naam oneer aandoen en verloën? Waarom repudieer hy hulle nie in die openbaar nie? Waarom kies hy nie om gehoorsaam te bly aan die Here wat hy sê hy navolg nie? Waarom doen hy nie wat Paulus gesê het “om hard te stry vir die geloof wat eenmaal deur die apostels aan ons oorgelwer is” nie? Ek wil hom uit die diepte van my hart aanmoedig om hom van sy verkeerde weë te bekeer en daadwerklik te begin om hard te stry vir die Evangelie van Jesus Christus en nie ‘n klomp valse profete se leuens die lof te besing nie. Ware liefde is om God se kudde teen valse leraars en hulle dwaalleringe te beskerm. Doen dit asseblief.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 21 Comments »

Die Doelgerigte Misleiding – Deel 2

Posted by Thomas on June 26, 2008

The Purpose Driven Life 3Warren verwys dikwels in sy openbare optredes en onderhoude op Larry King Live (CNN) na Spreuke 16:18: “Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.” Nietemin, omdat hy en so baie ander fasiliteerders in die Emerging Church beweging die ego of self van die mens oor die boeg van diensbaarheid, harmonie en eenheid gooi, ignoreer hulle willekeurig of onwillekeurig die werklike doel van die verloëning en die afserwe van die ego of die self. Die primêre doel van die verloëning en die afsterwe van die eie ek is nie diensbaarheid nie (hoewel dit uiters belangrik is) maar om ‘n ware dissipel (volgeling) van die Here Jesus te kan wees. Diensbaarheid is nie uniek aan gelowiges nie. Soos ons reeds hierbo gesien het, lê die besigheidswêreld (wat hoofsaaklik in die hande van ongelowiges gesetel is) geweldig baie klem op diensbaarheid, maar dis ‘n tipe “diensbaarheid” wat gebaseer is op die besigheidsbeginsel van “vraag en aanbod.” Die behoeftes van die massas bepaal die aard en inhoud van die diens wat in hierdie besigheidsgedrewe “diensbaarheid” gewortel is. Dit was hoofsaaklik hierdie besigheidsgedrewe “diensbaarheid” wat Rick Warren aangespoor het om na die sg. “unchurched Harrys and Marys” (ongelowiges) uit te reik en hulle te vra wat hulle van die kerk verwag. Daarom sê hy dan ook:

The first Reformation was about belief; this one’s going to be about behavior,” . . . “The first one was about creeds; this one’s going to be about our deeds . . . The first one divided the church; this time it will unify the church.” (1)

Niemand kan ontken dat diensbaarheid (goeie dade) ‘n pragtige eienskap is nie, maar sonder die kruis van Jesus Christus is dit ‘n nul op ‘n kontrak. Daarom het Christus gesê:

Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. (Joh 15:5).

En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg (Luk 9: 23).

En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie (Luk 14: 27).

Dit is alleenlik maar die kruis van Christus (die sterwe aan die self) wat die gelowige in staat stel om in Christus te bly en om dusdoende ‘n instrument van diensbaarheid te kan wees. Sonder Christus en sy kruis kan ons niks doen wat ewigheidswaarde het nie en alles wat ons in elk geval sonder Hom doen beteken net mooi niks nie. Dit is niks anders nie as hout, hooi en stoppels wat by die Bema troon oordeel tot ‘n hopie as verbrand sal word (1 Kor 3: 12). Selfverloëning sonder die kruis van Jesus Christus pas ewe goed in die kader van enige ander godsdiens en kom eintlik neer op ‘n verheffing van die self eerder as ‘n afsterwe daarvan. Deur die daaglikse werking van die kruis van Christus as die enigste effektiewe instrument vir die afsterwe van die eie “ek” of die “self” uit te skakel, word die klem verskuif van ware dissipelskap (selfverloëning en die opneem van die kruis) na diensbaarheid; van God na die gemeenskap, soveel so dat die uitdrukking “dit gaan nie om jou nie” ‘n algehele humanistiese betekenis kry.

Die vraag is dus: Waarna verwys Warren as hy praat van die “dit” in dié veelbesproke frase “Dit gaan nie om jou nie?” Niemand kan ontken nie dat die hele Evangelie (Goeie Nuus) geskryf is ter wille van jou. Dit is die mooiste, wonderlikste en beste liefdesroman wat nog ooit geskryf is . . . vir jou. Warren het egter op ‘n baie subtiele wyse die klem verskuif vanaf redding, heiligmaking en gelykvormigmaking aan Jesus se lyde, na die nastreef en bereiking van ‘n doelgerigte lewe sodat hy nie net gelowiges nie, maar ook ongelowiges in sy doelgerigte agenda kan akkomodeer. Veral kommerwekkend van sy boek is dat dit deurspek is met teenstrydighede. Hy sê byvoorbeeld dat selfverheffing, selfbehoud en selfgesentreerdheid iets uit die bose is, maar versuim om God se oplossing vir hierdie “self-is-me” helder en duidelik te verklaar, nl. dat ons onself moet verloën, ons kruis opneem en Hom volg (Mat 16:24; Mark 8:34; Luk 9:23). Pleks daarvan, sê hy dat jy ‘n doelgerigte lewe vir God moet lewe. In weerwil van sy afkeur aan alles wat met die self te make het, is hy eintlik maar besig om “self-is-me” te bevorder. Hy doen dus maar presies dieselfde as wat enige ander ongelowige met die sonde van selgesentreerdheid doen. Die Webblad: Inner Frontier, skryf soos volg oor “selfgesentreerdheid” soos Isaac Luria, ‘n 16de-eeuse Kabalistiese okkultis dit beskrryf het:

Tikkun olam encompasses both the outer and the inner, both service to society by helping those in need and service to the Divine by liberating the spark within. (2) As we are, the Divine spark lies hidden beneath our layers of egoistic self-centeredness. That spark is our conscience, through which the promptings of the Divine Will flow toward us. By pursuing spiritual inner work to strengthen our soul and purify our heart, we grow more able to bear that spark without shattering, more willing to act on what we know to be right, less willing to act in harmful or grasping ways, and more able to notice the quiet presence of conscience beneath the din of our chattering minds and reactive emotions. The work of transformation, of building a soul creates a proper vessel for the Divine spark, for our unique share of the Divine Will, returning that spark to the service of the One Who sent it. By working to perfect ourselves, perfect our soul, and serve society, we each contribute in our own unique way to the perfecting of the world. This is our duty and our calling as human beings. (3) (klem bygevoeg)

Waaroor gaan dit dan alles? Gaan dit om die ewigheidswaardes van God se koninkryk wat jy moet nastreef ter wille van Christus en sy Evangelie en nie ‘n tydelike doelgerigte lewe hier op aarde nie, of om hierdie wêreld te transformeer en ‘n beter plek daarvan probeer maak?

Dit is eerder nodig om mensgemaakte harmonieë so ‘n bietjie te skud sodat God se harmonie in ons lewens tot ontplooing kan kom. Daarom het Christus gesê, “Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid.”(Luk 12: 51). Harmonie en eenheid word nie onderling teweeg gebring deur gesamentlik ‘n doelgerigte lewe op hierdie aarde na te jaag nie, maar alleenlik wanneer God self sy kinders in sy waarheid heilig (Joh 16: 16, 17). Daar is vandag talle mense wat in die naam van die Christendom baie vroom en mooi voorbeeldige en doelgerigte lewens lei, maar wat nie deur God self in sy waarheid geheilig is nie. Paulus noem hulle mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën (2 Tim 3: 5). Hulle jaag ‘n doelgerigte lewe na sonder die kruis van Jesus Christus. Waarom dink u is daar soveel ongelowige besigheidsinstansies wat doelgerig florerende besigheidsprojekte nastreef met Rick Warren se boek “Die Doelgerigte lewe” styf onder die arm? Selfs die Tony Robbinsongelowige en bekende Amerikaanse motiveringspreker, Anthony (Tony) Robbins, hou deesdae opleidingseminare getiteld “Die Doelgerigte lewe.” (4) Warren se boek het nie net ‘n geweldige invloed op kerke dwarsoor die wêreld nie, maar ook op groot besigheidsinstansies soos Ford, Wal-Mart en Coca-Cola. Hoe rym dit met Christus se woorde dat die wêreld Hom haat? (Joh 15: 18). Dit is ooglopend duidelik dat wanneer die wêreldse besighede ter wille van hulle eie agendas begin belangstel in sg. Christelike boeke, is hulle eintlik maar besig om ‘n ander Jesus na te volg omdat die Jesus van die Bybel nie langs dieselfde vuur as die wêreld kan of sal sit nie. As die wêreld jou begin ophemel en van jou begin goedpraat, is dit ‘n duidelike teken dat jy beslis nie God se doel vir jou in hierdie wêreld uitleef nie.

1 Joh 4:5 Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.

Luk 6:26 Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.

Waar in die Bybel vind ons dat die Here Jesus vir sy dissipels of enigiemand anders gesê het “Dit gaan nie om jou . . . of om my nie.” Om die waarheid te sê die uitdrukking “Dit gaan nie om jou nie” en “Dit gaan nie oor my nie” is uit en uit ‘n humanistiese siening van die self. Pleks daarvan om die self op sy regte plek te sit, is dit eintlik besig om die self op te blaas en te pamperlang tot iets wat naderhand so groot is dat dit op die ou ent net om jouself gaan en nie om God nie. Hou in gedagte dat Warren se leserskring uit ‘n baie groot kontingent van ongelowiges bestaan en om vir hulle te sê dit gaan nie om jou nie sonder om die werking van die kruis daarin duidelik te maak, sal telkemale uitloop op ‘n opgeblaasde verheerliking van die self. Rick Warren verwys nie ‘n enkele keer in sy boek na die noodsaaklikheid van Jesus Christus se kruis in die hantering van die “self” nie. Sodra iemand geestelike waarhede wil oordra sonder om die kruis van Jesus Christus dié ereplek in hulle lering te gee, is hulle besig om ‘n wêreldse wysheid kwyt te raak. Die kruis van Christus Jesus is die krag en die wysheid van God (1 Kor 1: 20-24) en predikers van die woord het ‘n plig teenoor God se skape om sy wysheid helder en duidelik aan hulle oor te dra. Daarom het Paulus gesê: “Ek wil niks onder julle weet as Jesus Christus en Hom as gekruisigde.”

As Christus nie vir Homself aan die vloekhout van Golgota vasgespyker was nie, vir wie en namens wie het Hy dan gesterwe? As die Gees van God deur wie die hele Skrif ingegee is en deur manne van God opgeteken is baie duidelik en onomwonde sê dat Sy kruisdood nie vir Homself was nie, dan beteken dit tog sekerlik dat dit wel om jou en om my gaan. Inderdaad, die volledige openbaring van God, vanaf Genesis tot Openbaring, is om jou en om my ontwil geskrywe. Trouens, nog voor die grondlegging van die wêreld het die drie Persone in die Drie-Eenheid in hulle alwetendheid vooraf geweet dat die mens in die sonde sou val en ooreengekom dat Christus vlees en bloed deelagtig sou word sodat Hy die hoogste prys vir die sondes en die verlorenheid van die mensdom kon betaal. Die mens was nog nie eens dáár nie toe God die Drie-eenheid besluit het om ter wille van jou en my en die hele wêreld sy lewe aan ‘n vloekhout af te lê sodat ons gered kan word.

Julle moet weet (besef) dat julle gered is (vrygekoop is) vanuit julle nuttelose (vrugtelose) lewenswandel wat julle tradisioneel van julle voorvaders oorgeërf het, nie met verganklike dinge [soos] silwer en goud nie, Maar [julle is vrygekoop] met die kosbare bloed van Christus, die Messias, soos dié van ‘n [geslagde en offervaardige] lam sonder vlek of rimpel. Dit is ‘n betroubare woord dat Hy gekies en voorbestem is vóór die grondlegging van die wêreld, maar Hy is in die laaste dae in die publieke oog gebring (geopenbaar) — aan die einde van die tye — vir julle onthalwe (‘n Vrye vertaling van 1 Pet 1: 20 uit die Amplified Bible)

Hy is vir ons onthalwe voor die grondlegging van die wêreld gekruisig. Die oomblik toe die Drie-Eenheid in hulle ondeurgrondelike liefde vir die mensdom besluit het dat Christus vir die ganse wêreld aan ‘n vloekhout sou sterwe, was dit in God se hart alreeds ‘n gedane en voldonge saak — alreeds voor die grondlegging van die wêreld. Dit is onteenseglik waar dat alles deur Hom en vir Hom geskep is en dat Hy dit alles vir Sy verheerliking gedoen het (Kol 1: 16). Die vraag bly egter . . . het God alles geskape sodat die gevalle mensdom met asembenewende bewondering net daarna kan kyk en uitroep Ag hoe wonderlik!? . . . of het Hy dit geskep sodat Hy ‘n vervloekte kruishout op ‘n heuwel net buitekant Jerusalem kon inplant sodat Sy Eniggebore Seun vir die sondes van die hele wêreld daaraan vasgespyker kon word? (Jes 53:10).

Dit is uiters jammer dat Rick Warren nie vanuit die staanspoor die Evangelie van Jesus Christus helder en duidelik vir sy lesers afskilder nie (Gal 3: 1). Om vir enigeen te probeer wysmaak dat die klem op onsself . . . “nooit ons lewensdoel duidelik maak nie,” en “jy [gaan] nie jou lewensdoel raaksien deur binne-in jouself te kyk nie” sonder dat hulle ten diepste en ten nouste begryp waarom Christus reeds voor die grondlegging van die wêreld vir ons gekruisig is, sal die ongelowiges maar net aanspoor om hulle ingebore en selfsugtige selfgesenstreerdheid nog verder te pamperlang. Hou in gedagte dat Warren sy boek so ingeklee het dat beide gelowiges en ongelowiges in sy Doelgerigte Lewe betrek kan word. Ongelowiges sal nooit die gruwel van hulle eie ingebore selfsugtige selfgesentreerdheid kan raaksien nie, tensy die bloed van die kruis hulle verlore siele aanraak en reinig. Het die Here Jesus dan nie eenkeer self gesê dat ons niks sonder Hom kan doen nie? (Joh 15: 5). Niks sluit ook jou onvermoë in om jou selfsugtige selfgesentreerdheid af te skud . . . want dit is alleenlik deur die kruis van Christus en nie jou doel nie dat enigeen die klem op homself kan afsterf. As die kruis van Christus nie sentraal in die lewe van ‘n persoon ingeplant is nie, kan hy nie God se doel met sy lewe raaksien en uitleef nie, want dit is alleen die kruis wat jou kan bring tot ‘n plek van swakheid sodat God se opstandingskrag in jou ‘n werklikheid kan word. Warren hoef maar net Joh 15: 8 aangehaal het om God se doel met Sy dissipels duidelik te maak — meer as dit (40 hoofstukke) is heeltemal oorbodig.

Om sy uitspraak “Dit gaan nie om jou nie” te onderskryf, gebruik Warren ‘n voorbeeld wat so effe aan die vedwaalde kant is. Op bladsy 16 begin hy deur die te sê Ek het op ‘n slag in die berge verdwaal. Toe ek stop en iemand vra om die pad na die kamp te verduidelik, hoor ek ‘Jy kan nie van hier af daar kom nie. Jy moet anderkant die berg begin!’ Net so kan jy jou lewensdoel nie verstaan as jy begin deur op jouself te konsentreer nie. Ek kan my nogal hiermee vereenselwig omdat ek baie maklik verdwaal, maar as iemand vir my sê ek moet aan die anderkant van die berg begin terwyl ek aan die verkeerde kant van die berg verdwaal het, is daar tog sekerlik net een van ‘n paar maniere waarop ek by die anderkant van die berg kan uitkom. Ek kan nie anders nie as om by die verkeerde kant waar ek aanvanklik begin het óf oor die te berg gaan óf links óf regs om die berg te gaan om by die anderkant uit te kom, en in dié proses sal ek in elk geval die kamp vind wat óf langs óf op die berg geleë is. Warren is korrek wanneer hy sê “Jy moet met God jou Skepper begin” maar dit is uiters tragies dat hy nie vir sy lesers vertel waar God te vinde is sodat jy met Hom kan begin nie. Interessant genoeg was dit ‘n berg (Sinaï) waarop God Hom aan Moses en die volk Israel geopenbaar en Sy tien gebooie aan hulle gegee het. Ook ons kan God alleenlik op ‘n berg (‘n heuwel) wat soos ‘n hoofskedel (in Hebreeus Golgota) gevorm is, vind. Nog meer, hierdie heuwel staan nie in die kamp nie maar buitekant die kamp.

Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely. Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer (kamp) en sy smaad dra. (Heb 13: 12, 13).

Dit is dus nie aan die duskant of die anderkant van die berg waar God te vinde is nie, maar op die hoofskedel-heuwel wat buitekant die kamp geleë is. Dit is uiters kommerwekkend en tragies dat Warren sy lesers nie vertel waar hulle God kan vind nie alvorens hulle met Hom kan begin. Ek kan maar net raai waarom hy dit nie doen nie. As herder van sy mega-kerk (Saddleback Valley Gemeenskapskerk) moet hy terdeë bewus wees van 1 Kor 1: 18 & 19 wat baie uitgesproke is oor die kruis van Christus.

Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God; want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak.

Warren kan dit waarkynlik nie bekostig om sulke diep-snydende tekse aan te haal nie omdat hy sy ongelowige lesersgehoor onmiddellik sou moes prysgee. Dit is opvallend dat die reuse sukses van sy boek nie te danke is aan gelowiges nie, maar hoofsaaklik aan ongelowiges en in die besonder die besigheidsektor wat gulsig van sy boeke gebruik maak om hulle besondere doelgerigte mylpale te bereik. Om sy ongelowige lesersgehoor te betrek, haal hy eerder godloënaars soos Bertrand Russel (‘n uitgesproke ateïs) aan. Myns insiens grens dit aan godslastering om Bertrand Russel (1872-1970)Bertrand Russel se spreuk “Tensy jy ‘n God versonderstel, is dit sinneloos om te vra wat die doel van die lewe is” naas Paulus se Heilie Gees-geïnspireerde teks in Kol 1: 16 te plaas. Dit herinner my aan ‘n groep Christene wat onlangs die ewe godslasterlike spreuk van Benjamin Franklin (‘n 13de graad Vrymesselaar) gebruik het om hulle drinkgewoontes te verdedig, “Beer is proof that God loves us and wants us to be happy.” Toe ek die godslasterlike en God-onterende spreuk aan hulle uitwys, het hulle my eenvoudig geïgnoreer en my lidmaatskap van hulle webwerf summier beëindig. Dit gaan my verstand te bowe dat God se kinders sulke blatante leuens soos dié van Bertrand Russel gelate kan aanvaar en met ‘n gejubel uitbasuin dat Warren se boek ‘n meesterstuk is. Het ons al so ver van die waarheid afgedwaal dat ons nie meer onderskeid kan maak tussen die heilige en die onheilige en die verskil tussen die onreine en die reine kan uitken nie? (Eseg 22: 26).

Waarom gebruik Rick Warren aanhalings uit die geledere van Godloënaars? In sy biografie oor Rick Warren het Richard Abanes ‘n hoofstuk onder die titel “A New Kind of Spirituality” ingesluit waarin hy poog om te bewys dat Rick Warren gekant is teen ‘n diverse universele waarheid. In hierdie hoofstuk verdedig hy Warren se neiging om die wysneusige spreuke van ongelowiges asook van ander godsdientige oortuigings aan te haal. Abanes toon aan dat hy dit doen nie omdat Warren saamstem oor wat hulle sê nie en nie omdat hy hulle as voorbeelde van ware Christene voorhou nie, maar omdat hy wil bewys dat alle waarheid — uit watter oord die ookal mag kom — God se waarheid is. (5) Daarmee plaas Warren hom solied in die kraal van okkultiste en Teosofiste soos Helena P Blavatsky, Alice Ann Annie Bessant (1847-1954)Bailey en Annie Besant. Blavatsky sê in haar boek “To the Readers of Lucifer” die volgende:

Helena Blavatsky (1831-1891)Our motto was from the first, and ever shall be: ‘THERE IS NO RELIGION HIGHER THAN–TRUTH.’ Truth we -search for, and, once found, we bring it forward before the world, whencesoever it comes.…

“There is, and can be, but one absolute truth in Kosmos. And … if it is absolute it must also be omnipresent and universal; and that in such case, it must be underlying every world-religion — the product of the thought and knowledge of numberless generations of thinking men. Therefore, that a portion of truth, great or small, is found in every religious and philosophical system, and that if we would find it, we have to search for it at the origin and source of every such system, at its roots and first growth, not in its later overgrowth of sects and dogmatism.

Our object is not to destroy any religion but rather to help to filter each, thus ridding them of their respective impurities. In this we are opposed by all those who maintain, against evidence, that their particular pitcher alone contains the whole ocean. (Klem bygevoeg; hoofletters in die oorspronklike) (6)

In ‘n onderhoud op Larry King Live (CNN, 22 November 2004) het Rick Warren hom soos volg oor ander godsdienste uitgelaat:

And by the way, there’s truth in every religion. Christians believe that there’s truth in every religion. But we just believe that there’s one savior. We believe we can learn truth — I’ve learned a lot of truth from different religions. Because they all have a portion of the truth. I just believe there is one savior, Jesus Christ.—Rick Warren (klem bygevoeg) (7)

As die Here Jesus die enigste Waarheid, die enigste Weg en die enigste lewegewende Verlosser is, dan kan daar geen saliggewende waarheid in enige van die ander godsdienste wees nie, juis omdat alle ander godsdienste Hom as die enigste Waarheid verwerp. Hierdie verwerping van Christus bring mee dat enige waarheid van watter aard ookal wat daar moontlik in enige ander godsdiens mag voorkom totaal van nul en gener waarde vir die mens is. Enige waarheid kry eers werklik betekenis wanneer Jesus Christus as die enigste Waarheid daardie besondere waarheid onderskryf. Toe die Satan vir Christus in die woestyn versoek het, het hy baie dinge uit die Skrif aangehaal wat die suiwere waarheid is en tog moes die Here Jesus hom met die waarheid teenstaan en verwerp. Die waarheid uit die mond van Christus Jesus se vyande is nutteloos. Die jong meisie wat Paulus dae lank gevolg en uitgeroep het “Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing” het die waarheid gepraat en tog moes Paulus die waarsêende gees in haar uitdryf (Hand 16: 16-18). Hoewel Warren in die verloop van die onderhoud pertinent sê dat Jesus die Waarheid, die Weg en die Lewe is en dat niemand na die Vader kom behalwe deur Hom nie, kan sy stelling dat daar waarheid in al die ander godsdienste opgesluit lê ‘n gevaarlike wanindruk oor die Evangelie by mense tuisbring. Daarmee skep hy die indruk dat — al sou die Christene Jesus Christus as die enigste Verlosser beskou — die waarhede in ander godsdienste ook ‘n belangrike bydrae lewer om sy agenda van ‘n doelgerigte lewe aan te vul. Trouens, dit is juis hierdie geloofwaardigheid wat hy aan die sogenaamde waarheid in ander godsdienste gee wat Warren die stukrag gee om die reusagtige probleme in die wêreld aan te pak en te probeer oplos.

Kyk gerus na hierdie video op YouTube: Rick Warren answers the Davos question.

Veronderstel die Here Jesus het vir die Satan gesê toe hy Hom in die woetyn versoek het: Ek is die enigste Verlosser van die wêreld maar jy het ook sekere waarhede in pag. Hy sou met so ‘n stelling geloofwaardigheid gee aan die Satan wat van die begin af die vader van die leuen is (Joh 8: 44), en sodoende sy aanspraak dat Hy die alleenreg op God se waarheid het, kompromiteer? Indien Hy dit sou doen, sou Hyself skuldig wees aan ‘n oortreding van God se waarskuwing in Jes 5: 20 en Homself as die Seun van God diskrediteer en selfs verloën.

Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.

Skynbaar glo Warren dat die Here Jesus die enigste Verlosser is maar dat Hy ook mense van ander geloofsoortuigings kan red sonder om hulle betrokke godsdienste prys te gee omdat daar ook sekere waarhede in hulle godsdienste opgesluit is. Trouens Warren het al by geleentheid gesê:

…You may be Catholic or Protestant or Buddhist or Baptist or Muslim or Mormon or Jewish or Jain, or you have no religion at all. I’m not interested in your religious background. Because God did not create the universe for us to have religion. He came for us to have a relationship with him.”—(klem bygevoeg) (8)

“I have known many people who believe in the Messiah of Jesus, regardless of what religion they are, because they believe in him. It’s about a relationship, not a religion. You’ve heard this many times.” —(klem bygevoeg) (9)

“I happen to know people who are followers of Christ in other religions. (klem bygevoeg)” (10)

“I don’t see many people interested in Christendom. But I see a lot of people interested in God.” (11)

Tony CampoloTony Campolo, ‘n voobanker in die Emergent Church beweging en skrywer van die boek “Speaking My Mind” waarin hy sê dat mistisisme (kontemplatiewe gebed) die “algemene raakpunt” is tussen die Christendom en Islam, huldig dieselfde mening as Warren. Howel hy erken dat Jesus Christus die enigste Verlosser is, glo hy dat dit nie nodig is om ‘n Christen te wees nie en dat dit onnodig is vir mense van ander gelowe om hulle tot Christus te bekeer. Hy sê:

I think there are Muslim brothers and sisters who are willing to say, “You live up to the truth as you understand it. I will live up to the truth as I understand it, and we will leave it up to God on judgment day. (12)

Die bogenoemde aanhalings pas netjies in by die missiologie van die post-moderne denkers. Hier volg ‘n paar van hulle:

For me, the beginning of sharing my faith with people began by throwing out Christianity and embracing Christian spirituality, a nonpolitical mysterious system that can be experienced but not explained — Donald Miller. (13) (klem byhgevoeg).

I must add, though, that I don’t believe making disciples must equal making adherents to the Christian religion. It may be advisable in many (not all!) circumstances to help people become followers of Jesus and remain within their Buddhist, Hindu, or Jewish contexts — Brian McLaren. (14) (klem bygevoeg).

YWAM (“Youth With a Mission”) is een van ander sendingaksies wat ‘n nuwe strategie gebruik om mense vir Christus te bereik in lande waar die Christendom verbied word en strafbaar is met die dood.

Messianic Muslims who continue to read the Koran, visit the mosque and say their daily prayers but accept Christ as their Savior are the products of the strategy, which is being tried in several countries, according to Youth With a Mission (YWAM), one of the organizations involved. (15)

Indien Warren se stelling “And by the way, there’s truth in every religion” (17) waar is, dan moet die Satanskerk van Anton La Vey sekerlik ook iets van die waarheid beet hê. Kan u sien hoe absurd dit word wanneer sulke stellings tot hulle normale konsekwensies deurgetrek word?

Ten spyte van die inligting oor Rick Warren wat enigeen met toegang tot die internet tot hulle beskikking het (insluitende die predikante in ons land) het die meeste kerke in Suid-Afrika reeds Warren se boek “Die Doelgerigte Lewe” behandel? Dit is uiters kommerwekkend om te aanskou hoedat kinders van die Here wat reeds jarelank ‘n pad met Christus wandel, deur Warren en ander Ontluikende Kerk fasiliteerders begogel word.

2Kor 11:2 Want ek is jaloers oor julle met ‘n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ‘n reine maagd aan Christus voor te stel.

————————————————————————————————————————————————–

VOETNOTAS

1 http://www.pastors.com/RWMT/?ID=207&artid=8280&expand=1

2 WARREN DENIES ANY CONNECTION WITH THE NEW AGE, YET HE SOMETIMES AFFILIATES WITH NEW AGE PROPONENTS AND THEIR TEACHINGS. It has been documented that Warren recently joined with the John Templeton Foundation, an organization which promotes spiritual humanism, to be a judge in their “Power of Purpose” Essay Contest. The winning essay, for which Warren cast his vote, was written by August Turak, a false teacher in New Age “Self Knowledge” who claims a “divine spark” within every person. http://www.apologeticsindex.org/214-why-rick-warren-has-critics.

3 http://www.innerfrontier.org/Practices/TikkunOlam.htm.

4 http://www.crossroad.to/News/Church/Klenck1.html.

5 Richard Abanes, Rick Warren and the Purpose that Drives Him, Harvest House p. 88.

6. To the Readers of “‘Lucifer’” by H. P. Blavatsky, Lucifer, January, 1888, http://www.blavatsky.net/blavatsky/arts/ToTheReadersOfLucifer.htm. http://inthenameofpurpose.org/chp17.htm.

7 Onderhoud met Rick Warren, CNN Larry King Live, Uitgesaai op November 22, 2004, Transkripsie. http://transcripts.cnn.com/TRANSCRIPTS/0411/22/lkl.01.html.

8 United Nations, Interfaith Prayer Breakfast, September 2005, transcribed from the audio of Rick Warren’s message available at Lighthouse Trails Research Project, “The New Missiology—Keep Your Own Religion, Just Add Jesus” at http://www.lighthousetrailsresearch.com/newmissiology.htm; below Rick Warren’s quote — “Listen to entire transcript.”

9 Onderhoud met Rick Warren, CNN Larry King Live, Uitggesaai op December 2, 2005, Transkripsie, http://transcripts.cnn.com/TRANSCRIPTS/0512/02/lkl.01.html.

10 Aspen Ideas Festival, The Aspen Institute, July 6, 2005, “Discussion: Religion and Leadership,” with David Gergen and Rick Warren, http://www.aspeninstitute.org/site/c.huLWJeMRKpH/b.901097/k.C0C7/Agenda.htm. Transcribed from the audio available at Lighthouse Trails Research Project, http://www.lighthousetrailsresearch.com/newsletternovember05.htm.

11 As quoted in “Rick Warren: Global Baptists ‘are all in this together’” by Trennis Henderson, Western Recorder, Baptist Congress Today, July 30, 2005, http://www.bwanet.org/Congress/congresstoday29f.htm.

12 In ‘n onderhoud met Tony Campolo deur Shane Claiborne. http://findarticles.com/p/articles/mi_m2096/is_1_55/ai_n13798048/pg_1

13 Donald Miller, Blue Like Jazz: Nonreligious Thoughts on Christian Spirituallity, p. 115

14 Brian DF Mclaren: A Generous Orthodoxy: Why I Am a Missional, Evangelical, Post/Protestant, Liberal/Conservative, Mystical/Poetic, Biblical, Charismatic/Contemplative, Fundamentalist/Calvinist, Anabaptist/Anglican, Methodist, Catholic, Green, Incarnational, Depressed-yet-Hopeful, Emergent, Unfinished CHRISTIAN,

15 http://www.deceptioninthechurch.com/youthwithamission.html; http://www.deceptioninthechurch.com/messianicmuslimsletter.html

16 Onderhoud met Rick Warren, CNN Larry King Live, Uitgesaai op November 22, 2004, Transkripsie. http://transcripts.cnn.com/TRANSCRIPTS/0411/22/lkl.01.html

17 Onderhoud met Rick Warren, CNN Larry King Live, Uitgesaai op November 22, 2004, Transkripsie. http://transcripts.cnn.com/TRANSCRIPTS/0411/22/lkl.01.html.

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | 2 Comments »

Die Doelgerigte Misleiding – Deel 1

Posted by Thomas on June 25, 2008

Rick Warren In my gesprekke met NG Kerk lidmate wat in hulle selgroepe (omgee-groepe) Rick Warren se multi miljoen dollar suksesvolle boek "Die Doelgerigte Lewe" behandel het, het ek agtergekom dat hulle hul ore toesluit vir waarkuwings dat Warren ‘n lid van die CFR (Counsel on Foreign Relations) is, dat hy baie nou met die Verenigde Nasies saamwerk om ‘n globale vrede op tou te sit, dat hy aan die spits staan van die sg. kontemplatiewe spiritualiteit om mistieke en okkulte aanbiddingswyses wêreldwyd te bevorder, en dat hy samewerking bepleit tussen Christene, Moslems, en ander gelowe om armoede, ongeletterdheid, onverdraagsamheid ens. aan te spreek. Die fasiliteerder van ‘n selgroep waarvan ek ‘n lid was, het my argumente rondom die bg. waarskuwings telkens geïgnoreer en my laat verstaan dat die inhoud van die boek vir ons aandui hoedanige Christen Rick Warren werklik is en dat dit ook vir ons van onskatbare waarde kan wees. Daarom het ek besluit om eerder die inhoud van die boek onder die loep te neem en die gevare daarin uit te wys as om net op Warren se assosiasie met ongelowiges te fokus. Daar is genoeg inligting hieroor op die internet beskikbaar en dit sal net ‘n duplisering van inligting meerbring as ek dit hier sou herhaal. Ek wil dus graag in die volgende paar weke enkele dinge in sy boek uitwys wat skynbaar nie so maklik deur Christene onderskei word nie en gevolglik baie skade aanrig in die geledere van die gelowiges se selgroepe.

INLEIDING

Toe die Here se dissipels hom gevra het "Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?" het Hy vir hulle ‘n uiters belangrike oprdrag (gebod) gegee—"Pasop dat niemand julle mislei nie." Misleiding is sekerlik dié gemeenste en dié gevaarlikste manier waarop die duiwel en sy apostels gelowiges in hulle greep gevange neem en gevange hou. Ooglopende valse leringe is nie so gevaarlik nie omdat niemand hom sommer goedsmoeds daardeur sal laat mislei nie, maar sodra dieselfde valse leringe in ‘n ander gedaante opegedis word en veral wanneer dit met die kleed van Christenskap oorklee word, word dit uiters gevaarlik. Die onus rus dus op elkeen van ons om te sorg dat ons nie mislei word nie. God gaan dit nie vir ons doen nie. Om die waarheid te sê Hy laat selfs toe dat valse apostels en profete in ons midde kom om ons te toets of ons Hom werklik liefhet (Deut 13). Hy laat selfs ook toe dat valse leerstellings onder die mense gedy sodat Hy diegene wat Sy opdrag verontagsaam om hulle tot Hom te bekeer, kan oordeel. Hy sê as’t ware vir hulle: As julle nie die waarheid wat Ek vir julle in My Woord oordra wil gehoorsaam om gered te word nie, gee Ek julle oor aan die leuen.

En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid. (2 Thess 2: 6-12)

‘n Leser van Warren se boek het onlangs geskryf:-

There are some really good things that Rick Warren brings out. But they always seem to be mixed with so many confusing and theologically weak points that The Purpose Driven Life you go crazy trying to keep it all straight. You will read a great point and then he’ll throw in a quote from Mother Teresa or Aldous Huxley and your mind reels. There’s a push to paint God as a smiley face in the sky – but you have to ignore His justice and anger! Plus, when you are the only ‘naysayer’ in a group it gets old – especially when no one else seems to have anything but praise for the book.

As ‘n Mens mooi kyk, gaan Warren se boek, "Die Doelgerigte Lewe" nie om die verkondiging en bevordering van die ewige en onveranderlike Evangelie van Jesus nie maar om gelowiges en ongelowiges aan ter spoor om saam hande te vat om die euwels van die wêreld aan te spreek en uit te roei. Soos ons later sal sien verkondig hy ‘n "Social Gospel" wat dit ten doel het om ‘n globale vrede in die hand te werk. ‘n Universele vrede waarin almal as ‘n eenheid in liefde kan saamwoon is deesdae nommer een op die prioriteitslys van so te sê al die wêreldleiers, om nie eens te praat van die mees vooraanstande geestelike leiers nie. Die versmagting na vrede is so intens, dat die mens deesdae enigiets sal doen om daardie vrede te bereik — selfs al moet die kerke Christus as enigste Vredemaker verwerp.

Die Here Jesus praat met groot waardering van die vredemakers (Mat 5: 9). Daarmee het Hy egter nie bedoel dat die vredemakers ‘n alliansie moet vorm met die ongelowiges om wêreldvrede te bewerkstellig nie. Die vredemakers is die gelowiges wat die Evangelie onvervals verkondig sodat mense wat tans in vyandskap met God lewe, vrede met Hom kan maak.

Die eintlike doel agter "Die Doelgerigte Lewe" van Rick Warren is om almal (gelowiges en ongelowiges) in ‘n gees van diensbaarheid saam te snoer en om die vrede waarna almal smag d.m.v. hierdie gesamentlike diensbaarheid te berwerkstellig.

HOOFSTUK 1 – ALLES BEGIN MET GOD

Warren begin hierdie hoofstuk met twee anhalings — een uit Kol 1:16:

Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte — alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.

En ‘n aanhaling van die goddelose ateïs, Bertrand Russel:

Bertrand Russel (1872-1970) Tensy jy ‘n God veronderstel, is dit sinneloos om te vra wat die doel van die lewe is.

Die naasmekaarstel van ‘n Bybelse teks en ‘n aanhaling van die ateïs, Bertrand Russel, is nie om dowe neute nie. Die doel daarmee is om die skeidslyn tussen God se waarheid en wêreldse filosofieë te vervaag sodat die mens sensitief-gewoond gemaak kan word daaraan om buite-Bybelse sêgoed van beroemde persone ook as God se waarheid te aanvaar.

Netsoos die "wysheid" van bo of nie van bo kan kom nie (Jak 3: 14-18), is daar ook twee maniere waarop "self-is-me" geëvalueer en hanteer kan word – vanuit ‘n Bybelse perspektief of vanuit ‘n wêreldse oogpunt. "Dit gaan nie om jou nie," (bls. 15) die eerste woorde in hoofstuk 1, skep die indruk dat dit nie die outeur, of jy of ek of enigiemand anders is wat die middelpunt van Rick Warren se reuse suksesvolle boek inneem nie. En tog, namate die leser in die boek vorder, word dit duidelik dat Warren juis die klem plaas op jou en op my sonder om die jou en die my in die lig van God se Woord te evalueer. Dit is nie soseer die geskrewe dinge wat Warren in sy boek kwytraak wat altyd so verkeerd is nie, maar die ongeskrewe Bybelgefundeerde waarhede wat sy boek so gevaarlik maak. Hy het hierdie beginsel by een van sy belangrikste mentors, Peter Drucker, geleer. Drucker verklaar:

The most important thing in communication is to hear what is not being said.Peter Drucker (1909-2005)

Daarmee maak Warren die deur wawyd oop vir sy lesers om hulle eie vooropgestelde idees en hulle eie voorwaardes in die boek in te lees en te definieer. Die uitdrukking "Dit gaan nie om jou nie" is hoegenaamd nie ‘n nuutjie nie. Hierdie konsep het al so diep wortel geskied in die besigheidswêreld dat elke Jan Rap en sy maat dit vandag gebruik. In die besigheidswêreld is sukses die doel waarna elke goeie leier moet nastreef en hy kan dit alleenlik bereik deur andere te help om self ook suksesvol te wees. Travis Wright skryf op sy webblad onder die hoofopskrif Cultivate Greatness/Leadership Training as volg:

Believe it or not, it is NOT about you. You may like to think it is, or act like it is, but it isn’t. It is about the rest of us and how you treat and interact with the rest of us. (1) (Klem bygevoeg).

Op die webblad "Very well Said — Best Selling Books by Subject word die New Age boek The Celestine Prophecy" soos volg geresenseer:

This is a story of one man’s search for truth and the meaning of life. We join him on his journey as he experiences a series of key spiritual insights.

In the book we are told that the insights were found in an ancient Peruvian manuscript. The manuscript maybe fiction, however the insights are true. How do I know? Well I too have experienced them and this happened before I read the book.

The nine insights to experience are:

  • Becoming aware of the "coincidences" in one’s life.
  • Experiencing a heightened understanding of world history and man’s evolution.
  • Becoming aware that all living things have energy fields.
  • Becoming aware that people try to steal other people’s energy, creating conflict.
  • Realising that it’s not about you.
  • Becoming aware that you have a dream and a destiny to fulfil. [Purpose]
  • Becoming aware that many of your thoughts and actions are guided.
  • Realising that other people sometimes provide the answers that you seek.
  • Understanding that mankind is on a journey towards living in perfect harmony with each other and nature, as our world evolves over the next 1,000 years into an Eden-like paradise. (2) (Klem bygevoeg).

Rick Waren se omskrywing van "dit gaan nie om jou nie" verskil dus hoegenaamd nie van die sekulêre wêreld se aanwending daarvan nie, ten spyte van die feit dat hy dit in ‘n Christelike kleed toewikkel. Hy pas die beginsel "The most important thing in communication is to hear what is not being said" tot die maksimum toe wat maar eintlik neerkom op die sg. "open-ended" Evangelie waar die leser die vryheid verleen word om sy eie mening of interpretasie in die boek in te lees of in te prent.

Dit is onomwonde korrek om te sê dat die mens vasgevang is in sy eie egosentriese wêreld van die "self." en dat dit uiters noodsaaklik is om dit aan te spreek. Die vraag is: Hoe moet dit aangespreek word? Dit is juis hier waar Warren versuim om aan sy lesers te verduidelik hoedat alles wat met die ego te make het enkel alleen vanuit die perspektief van die kruis aangespreek moet word. Die kruis van Jesus Christus is die krag en wysheid van God en nie die nastreef van ‘n spesifieke doel hier op aarde nie. Die kruis van Jesus Christus is die enigste effektiewe teenvoeter vir die mens se mees diepgewortelde sonde — sy eie ek of die self. Desondanks maak Warren nie ‘n enkele keer melding van die Here Jesus se oplossing vir dié besondere probleem nie, nl. dat ons die self moet verloën, ons kruis opneem en Hom volg (Mat 16:24). ‘n Mens kan dus tereg vra of sy stelling "Dit gaan nie om jou nie" deel vorm van die Evangelie van Jesus Christus. Is dit Evangelies korrek om te sê "Dit gaan nie om jou nie?" Gaan die Evangelie van Jesus nie juis om jou en om my nie?

As dit nie om jou gaan nie, om wie gaan dit dan? In Daniël 9:26 sê die Heilige Gees dat ‘n Gesalfde uitgeroei (afgesny) sal word maar nie vir Homself nie. (Sy kruisdood het niks vir Hom oorgehou nie — "maar sonder iets vir Hom" soos die 1933 en 1953 Afrikaanse vertalings dit stel).

Selfs die opskrif van hierdie hoofstuk "Alles begin met God" is geheel en al onbybels. Het die sonde met God begin? Soos u later sal sien, glo Warren blykbaar dat God reeds voor die grondlegging van die wêreld die sondes van die mens beplan en bepaal het. As dit nie om jou (‘n verlore siel) gaan nie waarom sê die Bybel "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê" (Joh 3: 16)? As dit nie om jou (‘n verlore siel) gaan nie waarom sê die Bybel dan "Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis?" (Fil 2: 6-8) Het die allerheiligste God nie mens geword ter wille van jou (‘n verlore siel) nie?

As dit nie om jou (die geredde siel) gaan nie, waarom het die Here Jesus gesê "Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is." (Joh 14: 2, 3)? As dit nie om jou (die geredde siel) gaan nie, waarom sê die Bybel "En hulle het wel priesters geword in ‘n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly; maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ‘n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie. Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. (Heb 7: 23-25)? As dit nie om jou (die verlore siel) gaan nie, waarom stuur die Here Jesus vir jou (die geredde siel) oor die hele wêreld uit om die Evangelie te verkondig sodat jy (die velore siel) gered kan word (Mat 28: 19)?

Die uitdrukking "Dit gaan nie om jou nie" wat reeds soos ‘n slagspreuk oor die hele wêreld eggo, klink so mooi Christelik, skriftuurlik en baie vroom, en tog vind dit nie net byval by die gelowiges nie, maar ook die ongelowiges. Djwhal Khul, die Tibetaanse geestegids ("spirit guide") wat sy boodskappe deur die medium Alice Bailey oorgedra het, het die volgende oor die ego van die mens gesê:

The aim should be the development of the habit of meditation all the day long, and the living in the higher consciousness till that consciousness is so stable that the lower mind, desire, and the physical elementals, become so atrophied and starved through lack of nourishment, that the threefold lower nature becomes simply the means whereby the Ego (soul) contacts the world for purposes of helping the race. (1-145). (klem bygevoeg) (3)

Alice Bailey, een van die belangrikste voorstanders van die New Age en die Teosofie, het die volgende oor diensbaarheid gesê:

Service itself is definitely the result of a tremendous inner happening, and when that result is brought about, it will be found to have produced a number of creative secondary causes. These are, primarily, a change in the lower consciousness, a tendency to turn away from the things of the personal self to the larger issues of the group, a reorientation which is real and expressive and a power to change conditions (through creative activity) which is the demonstration of something dynamically new. (klem bygevoeg) (4)

(Later in die boek, promulgeer Warren die sg."asemgebed" wat niks anders as ‘n vorm van meditasie is nie om hierdie samehorigheidsgevoel en diensbaarheidsgevoel onder selgroeplede te bevorder. Luister gerus hierna.

Die doel met die uitskakeling van die ego of die self is dus om groter diensbaarheid aan die gemeenskap in die hand te werk en nie om daagliks in die regte verhouding met God te staan nie. Dit is dus nie verbasend nie dat Warren en die fasiliteerders ("change agents") geweldig baie klem plaas op diensbaarheid (filantropiese werk) asook harmonie en eenheid binne groepsverband (klein selgroepe) wat natuurlik volgens hulle alleenlik deur die effektiewe uitskakeling van die ego of die self bewerkstellig kan word.

Ek onthou baie goed hoedat ‘n lid van ‘n selgroep my daarop attent gemaak het dat hulle hooofsaaklik ‘n sg. omgee-groep is waarin elkeen met ‘n selflose barmhartigheid mekaar dien. Dit opsigself is baie prysenswaardig maar ongelukkig word Skrifgebonde leerstellings en die noodsaaklikheid om te onderskei soveel makliker en summier by die venster uitgegooi omdat hulle in hulle selflose liefde kwansuis nie aanstoot wil gee nie. Enigiemand wat met die geringste onderskeiding probeer om die gevare van misleiding in die "Emerging Church" aan hulle uit te wys, word summier as ‘n beroerder gebrandmerk wat die omgee-gees (ek wonder partykeer of dit nie ‘n omgee-demoon is nie) in die groep versmoor. Liefde sonder waarheid is nie liefde nie. Dit is ‘n valse liefde, ‘n valse manier om vir mekaar om te gee. Selgroepe gee dikwels so baie vir mekaar om dat hulle nie juis omgee of hulle broers en susters mislei word nie.

‘n Vrou het een keer briesend kwaad geword vir my omdat ek gesê het die belangrikste ding in ‘n mens se lewe is om te weet dat jy vergifnis ontvang het vir jou sondes. Ek het dit gesê na aanleiding van die getuienis van ‘n getroude paartjie by ‘n selgroep wat hulle redding gebaseer het op die feit dat hulle in ‘n Christelike huis grootgeword het. Die vrou wat vir my so kwaad geword het, het hulle getuienis aanvaar en was hoogs verontwaardig toe ek voorstel dat ons hulle moet probeer reghelp. Ons moet hulle nie onnodig ontstel nie en sodoende die samehorigheid en omgee-gees onder mekaar belemmer nie. Die boek "An Emergent Manifesto of Hope (emersion: Emergent Village Doug Pagitt resources for communities of faith)" van Doug Pagitt en Tony Jones verklaar dat die volgelinge van die nuwe inklusiewe, An Emergent Manifesto kollektiewe godsdiens nie begaan moet wees om mense uit die kake van die hel te red nie maar om eerder gemotiveerd te wees . . . om in ‘n verhouding te staan met mense wat in baie opsigte anders is. (5) Die fokus moet dus nie soseer op die bekering van individue wees nie maar eerder op die smeding en bevording van verhoudings in groepsverband. Op 2 November 2003 het Warren die volgende tydens ‘n diens in sy Saddleback Gemeenskapkerk gesê:

Now you’ve heard me say many times that the greatest thing you can do with your life is tell somebody about Jesus and invite them to come to know him. If you help somebody secure their eternal destiny that they spend the rest of their life in heaven, not hell, your life counts. Your life matters because nothing matters more than helping get a person and their eternal destiny settled. They will be forever ever grateful and thank you for the rest of eternity—thank you for telling me about Jesus Christ. And I’ve always said that that was the greatest thing you could do with your life. I was wrong. There is one thing you could do greater than share Jesus Christ with somebody, and it is help start a church. Because a church is going to outlast you and everybody else." (klem bygevoeg) (6)

Warren weerspreek homself gruwelik in sy bogenoemde uitspraak. Eers sê hy dat die persoon/persone wie jy na die Here Jesus lei jou vir ewig in die hemel dankbaar gaan wees, maar dan soos handomkeer dat die kerk vir jou en al die ander gaan oorlewe. Hoe kan die kerk iemand wat vir ewig in die hemel gaan lewe omdat iemand anders hom/haar na die Here Jesus gelei het, oorleef? Die ewige lewe beteken tog immers om onveranderd, onbelemmerd, ongeskonde en onafskeidbaar van God tot in alle ewigheid, eindelloos te lewe. Trouens, alle persone wat deur die getuienis van iemand anders tot ware geloof in die volbragte werk van Jesus Christus aan die kruis gekom het, is die ware kerk (ekklesia of die uitgeroeptes). Hoe op dees aarde kan die kerk die gelowiges oorlewe as hulle dan self die kerk is. Wie of wat ookal kan die liggaam van Christus (al die gelowiges) oorleef? Dit is verstommend hoedat mense en veral Christene hulle so maklik kan laat mislei deur sulke snert. G’n wonder Paulus het op ‘n stadium met absolute verbasing uitgeroep: "Dit verbaas my dat julle so gou van God wat julle deur die genade van Christus geroep het, afvallig word en ‘n ander evangelie aanneem. Daar is geen ander evangelie nie! Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai, en dit is hulle wat vir julle in verwarring bring." (Gal 1: 6, 7).

————————————————————————————————–

1 http://cultivategreatness.com/2007/04/16/let-go-of-your-ego-its-not-about-you

2 http://verywellsaid.com/titles/the/the-celestine-prophecy-0446671002.php?sorttype=mosthelpful

3 http://www.lightinfo.org/aab/dkmed.htm

4 Alice Bailey, Esoteric Psychology, Vol. II, pp. 125 – 133

5 Doug Pagitt & Tony Jones: An Emergent Manifesto of Hope (emersion: Emergent Village resources for communities of faith), Baker Books, p. 35

6 Rick Warren, Saddleback Church Service, November 2, 2003; transcribed from http://www.saddlebackfamily.com/peace/Services/110203_high.asx

Posted in Uncategorized | Tagged: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , | Leave a Comment »